· web viewhierdie kunstefees se drama-afdeling bestaan al 5 jaar en vanjaar word daar 'n...

23
Kunstefees Beeldende Kunste: Illustreer 'n gedig! Hierdie kunstefees se drama-afdeling bestaan al 5 jaar en vanjaar word daar 'n afdeling vir beeldende kunste bygevoeg. Omdat ons lief is vir woorde is ons uitdaging aan almal met beeldende kunstalent soos volg: Illustreer een van die gedigte wat vir jou graad deur ons voorgeskryf is. Gedigte 'n Lys van gedigte is aangeheg. Uitstalling van werke Die kunstenaars se werk sal uitgestal word tydens die Pierneefteater Kunstefees in die lokaal waar die dramafees plaasvind: Laerskoolwerke: die Saal van die NG Kerk Monumentpark (tye sal later verskaf word). Inskrywings (sien aangehegte vorm vir kunsskole) Deelnemer se naam en graad en die gekose gedig se naam moet voor of op 28 Februarie ge-epos word aan [email protected] of afgelewer word by Rietboklaan 58, Monumentpark, Pretoria. Die deelnemer mag meer as een voorgeskrewe gedig illustreer. Heg die bewys van betaling asseblief aan die inskrywingsvorm. Die inskrywingsfooi van R70 per illustrasie moet in die volgende rekening inbetaal word deur die kunsonderwyser: *Slegs elektroniese betalings of tjeks word aanvaar. Pierneefteater Jeugfees. Rekeningnommer: 921 563 2201. ABSA, Ben Swartstraat. Bankkode: 334645

Upload: buinhan

Post on 27-Nov-2018

293 views

Category:

Documents


3 download

TRANSCRIPT

Kunstefees

Beeldende Kunste: Illustreer 'n gedig!

Hierdie kunstefees se drama-afdeling bestaan al 5 jaar en vanjaar word daar 'n afdeling vir

beeldende kunste bygevoeg. Omdat ons lief is vir woorde is ons uitdaging aan almal met

beeldende kunstalent soos volg:

Illustreer een van die gedigte wat vir jou graad deur ons voorgeskryf is. Gedigte'n Lys van gedigte is aangeheg.

Uitstalling van werkeDie kunstenaars se werk sal uitgestal word tydens die Pierneefteater Kunstefees in die lokaal waar

die dramafees plaasvind: Laerskoolwerke: die Saal van die NG Kerk Monumentpark (tye sal later

verskaf word).

Inskrywings (sien aangehegte vorm vir kunsskole) Deelnemer se naam en graad en die

gekose gedig se naam moet voor of op 28 Februarie ge-epos word aan [email protected] of

afgelewer word by Rietboklaan 58, Monumentpark, Pretoria. Die deelnemer mag meer as een

voorgeskrewe gedig illustreer. Heg die bewys van betaling asseblief aan die inskrywingsvorm. Die

inskrywingsfooi van R70 per illustrasie moet in die volgende rekening inbetaal word deur die

kunsonderwyser: *Slegs elektroniese betalings of tjeks word aanvaar.

Pierneefteater Jeugfees. Rekeningnommer: 921 563 2201. ABSA, Ben Swartstraat. Bankkode:

334645

Inhandiging van Kunswerke Handig die kunswerk vir laer- , sowel as Hoërskool voor of op 20

Maart 2014 by Rietboklaan 58, Monumentpark in asb. Tyd: slegs tussen 14h00 en 17h00.

UitslaeUitslae word ge-epos vanaf 17 April 2014. Werke, sertifikate en medaljes moet afgehaal word by

Rietboklaan 58 Monumentpark vanaf 7 Mei tot 10 Mei 2014. Tyd: Slegs tussen 14h00 en 17h00.

Aanwysings vir kunswerkGrootte: A3

Montering: Op karton. Indien op doek geskep, moet die doek gereed wees om gehang te word.

Geen geraamde werke nie asseblief.

Media: Die werke kan geskep word deur enige media of gemengde media te gebruik.

Illustrasie:

'n Aspek van 'n gedig of die globale indruk van die gedig kan illustreer word.

Kunstenaar se inligting: In die linker of regter onderste hoek van die werk moet die volgende

inligting op die gegewe vorm verskyn.

Naam van kunstenaar...........................................................Graad...................................................Naam van gedig wat ge-illustreer is.................................................................................................Kunsskool se naam...........................................................................................................................Kunsskoolkontaknr............................................................................................................................

BeoordelingDie kunswerke sal deur 'n ervare beoordelaar beoordeel word. Die kunswerke sal gegradeer word

volgens die volgende simbole:

Simbole A ++ 90%

A+ 85% - 89%

A 80% - 84%

B + 75% - 79%

B 70% - 74%

C 60% - 69%

Alle deelnemers sal sertifikate ontvang. Die wenners van grade sal 'n medalje ontvang en die

algehele laerskoolwenner en algehele hoërskoolwenner ontvang 'n trofee wat sy/haar eiendom

word.

Ons sien uit na julle kreatiewe, interessante skeppings!

2Pierneefteater Kunstefeesinskrywingsvorm vir Beeldende Kunsonderwyser: Naam van

Instansie................................................................................................................................Kontakpersoon se

naaam.......................................................................................................................Selfoonnommer...................................................................................................................................Eposadres.........................................................................................................................................Straatadres........................................................................................................................................Posadres..........................................................................................................................................Totale bedrag vir inskrywings inbetaal R..................................................................................................

INSKRYWINGS VIR LEERDERS Graad 0 tot Graad 12.Naam en Van van Kunstenaar Graad van

kunstenaarNaam van ge-illustreerde gedig.Kunstenaar mag meer as een gedig illustreer en inskryf.

Bedrag vir inskrywing: R70 per inskrywing

3

Naam van kunstenaar Graad Naam van gedig. Kunstenaar mag vir meer as een voorgeskrewe gedig inskryf.

Bedrag van R70 per inskrywing

4

Pierneefteater Kunstefees:

Voorgeskrewegedigte vir 2014

(elektroniese formaat ~ sien aangeheg)

5GEDIGTE VOORGESKRYF VIR

BEELDENDE KUNSTE PIERNEEFTEATER KUNSTEFEES

2013Graad 0 tot RBallone deur Elizabeth van der MerweBallonne, ballonne wat waai in die wind,oranje-en-bloues met strikkies gebind,'n groene, 'n gele en een bloedbloedrooi,net reg om so hoog in die lug op te gooi.

Wens deur Jaco JacobsEk wens dat daar iewers 'n winkelwaentjie waswaarin die hele wêreld se lekkergoed kan pas

Kat op die muur deur Elizabeth van der MerweVeilig, vet en houtgerussit jy op die muur en droom.Droom jy van 'n balie vis?Van 'n melkkan propvol room?Van 'n spekvet muis – of wat?Sê my bietjie, Snorrekat.

Die olifant deur A.G. VisserHierdie gomlastiekkalantmet sy stert aan elke kant,met sy turfvel kaal en skurf,met sy langslang van 'n slurf,is dieOlie-rolie-polie-katjie-poetjie-olifant.

Graad 1Tekkies deur Jaco Jacobs 6tekkies is mooien tekkies is cooltekkies laat jou voetelekker voel

tekkies is modetekkies is funkymaar hier kom nou 'n nare klankiewant nà stap en nà draf is dit tekkies se lotom sleg te ruik en kwaai te vrot

In die wolke deur Jelieke WierengaGaan lê op die naat van jou rug:kyk op in die blou-en-wit lug.

Goeiste! Is dit 'n hond wat daar vlieg?Sy ore flap soos vlerke – sonder lieg.Kyk! Daar draf 'n trapsuutjies verby en op sy rug ry 'n heuningby.Diékant dans 'n kwikkie die kwêla,in sy bek 'n wurm-pasella.Doer koes 'n reus met 'n uitpeuloogvir 'n kraai wat skeit met pyl en boog.

Lief deur Jaco Jacobsek het jou liewer as milkshake en tjoklitsek het jou liewer as roomysek en jy moet saam gaan blyin ons twee se droomhuisek het jou liewer as wat die see diepof die aarde rond isdis omtrent hoe lief ek jou hetomdat jy my hond is

Muis in die huis deur Franci Greyling“Hier's 'n muis in die huis!” skree Ma verskriken spring op die stoel dat die pote ruk,dat die koppies van die tafel valen die muisie woerts by die deur uit nael.

“'n Muis in die huis?” roep Pa verbaas,“Is dit die rede vir die groot geraas?Gee hier die besem, bring die flits!Ek jaag hom weg – die stoute klits!”

“Hier's 'n muis in die huis, “ sê ek te bly.“Nou gaan ek tog 'n geldjie kry.In my tekkie, onder die bed, dis waar ek my voortand het...”

“Hier's 'n mens in die huis!” piep muis verskriken hol deur die gang dat sy stertjie ruk.“Waar is die kamer, waar is die tekkiewaar is die beste wegkruipplekkie?”

EEEEEEEEEEEEE EAAA AA AAAAA!

My speelkamer deur C vd Berg

My speelkamer is die mooiste plek! Waar ek die heeldag lank nuwe speelgoed kan ontdek!‘n Sagte hasie om te druken reënboogkrale van plastiekas ek dit dra Meneer, Mevrou, lyk ek elegant en sjiek!My pophuis is pienk en propvolpret… Kompleet met ‘n poptafel, stoeltjie en ‘n bedEn hier is my slaappop … sy dra haar drome rok .. dis blouDis hoekom al my maatjies so baie van haar houDaar is my hondjie Flaffie, kyk net hoe sy ore flap…My kanarie, Twietie, is goudgeel en‘n regte skatMaar my liefste liefste speelding is my Poppie DotKyk sy het ‘n kolletjies kombers en sy het ‘n pot!!Vandag is haar hart so seerWant sy is so bang vir my Teddiebeer!My speelkamer is die plek waar jy nuwe stories kan ontdek! 7En as jy lekker vaak raak … kan jy net hier Op ou Teddie se pens … aan die slaap raak!!

Graad 2Drake hou van suigstokkies deur Jaco Jacobsdrake hou van suigstokkiesdrake hou van drop -roomys, tjips en tjoklitslaat 'n draakhart vinnig klopmaar as die lekkergoed gedaan isis jy vreeslik in die sop

want as 'n draak nie swiets kan kry nievreet hy stroopsoet kinders op!

Vlieër deur Jelleke WierengaO, ek wens ek kon saam met jouklim en styg en tol en vliegopper in die oop groot blou - met die wind en wolke wieg

Ek wens ek kon elke slegte dingsoos veertjies op jou lang tou plak.Ons duik en dartel terwyl ons sing:“Vort, alle vere! Vlieg na 'n tak!” Die Hanswors deur C vd BergEk is ‘n hanswors My klere is vol kolle tog te mooi My neus is rond en rooiEk hop en skop en spring en singEk is hier om vreugde te bringMaar in die nag in my karavaantjie Is ek alleen Veral in die reën Dan het ek nie eers ‘n maatjieMaar as die son weer skyn Het al my trane verdwyn en Ek is ‘n hanswors My klere is vol kolle Tog te mooi My neus is rond en rooiEk hop en skop en sing en springEk is hier om ….. VREUGDE TE BRING

Hompie Kedompie deur Jaco JacobsHompie Kedompie sit op die walHompie Kedompie vra: “Is jy mal?Dink jy ek gaan weer afval?Nà my laaste ongelukhet ek baie groot geskrik.Vanoggend het ek my sitvlakstewig met houtlym laat vasplak.My agterwêreld is goed vasgelym,loop soek iemand anders om oor te rym!”

Graad 3Pa, jy kan mos deur Peter KalebPa, maak vir my 'n vlieër, 'n regte, bamboes-kitewat sweef soos 'n arendoor berge en elketrisiteit.Pa, bou vir my 'n fiets,

'n regte, egte motorbikewat skeer soos 'n wenner oor gruis en warm teer. Pa, bou vir my 'n boomhuis. 'n regte , egte kothuismet kamers, en koppies en pierings, vir almal wat wil oorslaap.

Pa, ek's baie, baie lief vir jouwant jy kan mos alles maakmet jou hande van goud.

Pieter in die PlayStation deur Louis FourieMy beste vriend PieterHet Playstation gespeel heeldagHy het nooit ooit opgehouTot laaaat in die nag

Maar een Saterdag oggend 8Toe hy nog knoppies drukWas die liewe lawwe PieterDeur die Playstation ingesluk

Nou sit hy vas in ‘n speletjieEn hiers die nare dingAs iemand die X knoppie drukDan moet Pieter spring

Nou speel ek ook maar PlaystationMaar net omdat ek moetWant Pieter het my mooi gevraDat ek hom elke dag sal groet!

Haar probleem 'n haarprobleemdeur Jaco Jacobs“Raponsie, waar's jou prins dan heen?”“Ag, moet liewer nie vra nie!Hy was mos mal oor my hare, maar kon my skilfers nie verdra nie!”

Ballerina van die sirkustent deur C vd BergBallerina fladder vinnig,feetjievoetjies dans!Sy lyk nes‘n vlinderas sy so liggies wals!Sy het vlerke van satyn en kant!Dra ‘n skitterkroon van blou diamant!Tuimel,swaai,

darteldans,en draai!Sy sweef hoog aan ‘n tou in die sirkusring.Gaan sy sterre pluk om terug te bring?Ballerina, trippellende danseres!Dit lyk asof jy musiek in jou lyfie het.Sy gaan nou op die ponie klim en …en op sy rug begin te tiekiedraai!O, ballerina wat aan die reënboog swaai!

Graad 4Skottelgoed is gevaarlik deur Jaco JacobsSkottelgoed is goed wat jy liewer moet vermy,maar my ma wil my nie glo nie,sy reken ek's net lui.Ek tap toe maar die water in, vat die bottel borrelgoed en gooi dit in die wasbaksaam met al die skottelgoed.

En toe gebeur dit...

Die water begin te borrel,potte en panne verdwyn,die borde, die messe , die vurkeraak weg onder die skuim.Voordat ek kan padgee, voordat ek kan vlug,is ek binne-in 'n borrel en trek ek deur die lug.Ek probeer my ma roep,maar teen hierdie tydsweef die reuse borrelby die agterdeur uit.Al hoër en al hoër vat die borrel my,gou-gou vlieg ek wraggiesby die boomtoppe verby.

'n swerm voëltjies vlug verskrik,my maag die maak 'n draai,die mense in 'n vliegtuigbegin vir my te waai!“Help my tog!” roep ek benoud,ek skree my longe uit.En ewe skielik hoor ek 'n vreeslike geluid …

PLIENK

Ek val en 9val en val en valen val Met 'n hart wat bonstot ek eensklaps onverwagsin ons eie swembad plons.Niemand wou my glo nie,maar nou weet almal waarlik:Bly liewer weg van skottelgoed -die goed is te gevaarlik.

DIE KONING OP DIE SKOPFIETS – deur Annie M. Schmidt, vry vertaal uit Nederlands deur Celia van den BergDaar was eenmaal ‘n koning In ‘n verre, verre streek,hy had ‘n kroon vir Sondag en ook een vir die week!Hy dra ‘n swaelstertbaadjie,woon in ‘n wit kasteelen dertig perde trek sy koets – sjoe, ampertjies te veel!Hy moes dan tog tevrede wees?Maar ag, hy was toe nie!Hy was diep verdrietig, melancholies, depressief!En as sy Mevrou, haar Majesteit deur haar tande sis:“Wat’s met jou verkeerd, my Ssskattie? Ek’s moeg geraai en gis …!” Sê hy:“Ek begeer ‘n skopfietsie! Seker en gewis!” Die koningklike vrou gil:“Nee! O, skande! O, Seblief!.Jy laat my ril, my liewe, Lief.Jy kan tog nooit jou lewe waagop so belaglike, klein fiets!Bly liewer statig langs my sit hier

op jou goudbeslaande troon. ‘n Koning doen net nie iets so simpelen gewoon!”Die koning sê: “EK WIL DIT DOEN!”Die koningin sê “NEE! Kom, skat, drink nog ‘n koppie lekker rooibostee!”So sit die twee en stry en stry!Die minute tik verby.Later slaan die kamerdeure hard Die kandelare tril! “Ja!”“Nee!” “Ja!”“Neeeeeee!”,hoor jy hulle gil.Die oggend, vroeg, gaan mevrou, dikmond na ontbyt.En toe sy haar weer kon kry is sy haar manlief kwyt!“Waar is jy? O!, waar’s jy!” My eggenoot en Majesteit!”Sy roep en huil en roep – ja, sewe keer, roep sy, tot die volgende gebeur:Sy kyk mos deur die agterdeur en Zoei! Jaag hy verby!“My man! Die Koning! Waarlik! Dis mos hy!” “Hy ry so wraggies skopfiets! Kyk, sy skewe kroon!Hoe kry ons ooit sy goue koningskoene weer blink en silwerskoon?”Maar al sy onderdane juig en swaai die vlae!“O, Koning, liewe Koning … wat ‘n dag der dae!”Van toe af jaag die koning op sy skopfiets dag na dag!En hou die land se mense vrolik aan die lag. 10Maar Mevrou, Haar Majesteit bly opgeblaas en kwaad!“Dit bly ‘n skande, George! Met jou het ek nie raad!”Die Koning sê: “Bly stil, Gesiena! Bedaar tog Vrou!Wees bly ek dra nou tekkies om my skoene skoon te hou!”

Insektelrympie deur C vd BergTwaalf insekte sit op ‘n ry,

maar kokkerot het verkoue gekry.

Elf insekte vlieg in die lug.Daar val tor kaplaks op sy rug.

Tien insekte kuier op ‘n roos.Maar toe word bytjie vir almal boos.

Nege insekte drink water in die stroom.Naaldekoker vlieg vas in’n boom!

Agt insekte wil partytjie hou!Maar ruspe het aan die lekkers gekou.

Sewe insekte knaag, saag, en kriek,skielik voel muskiet vreeslik siek.

Ses insekte wil vrugte gaan eet maar,perdeby het die pad vergeet!

Vyf insekte sit op die draad.Maar vlieg word toe vir sy maatjie kwaad.

Vier insekte wil gaan sing; die winter is verby!Maar ou wurm wil eers op ‘n blaar gaan wei.

Drie insekte wil vrolik fees vier!Maar kewer drink te veel vrugtebier.

Twee insekte dans in die paden sien nie die yslike blouwildebees nie!En nou kan julle nie verder lees niewant …die twee insekte wasmieregewees!

Graad 5Drucudent deur Jaco JacobsWas jou grynslag eens op 'n tyd heelwat witter?Droom jy van tande wat weer lieflik skitter?Voel jy daar's deesdae fout met jou byt?Is jy jou dodelike sjarme kwyt?Is slegte asem vir jou 'n verleentheid?

Maak dan gebruik van hierdie UNIEKE GELEENTHEID!

Nuwe DracuDent-tandepasta!Waarom wag?Borsel daarmee - drie maal per nag!Dis spesiaal vir Vampieregeformuleer -en nou ook beskikbaar in verfrissende Volbloed-geur.Sink dan twee spierwit slagtande weg in haar keel!(Deur bekendes soos Dracula aanbeveel)

Skoenlapper deur Pieter W Grobbelaar'n Spatseltjie reënboog'n waaiseltjie wind -ek is die veld se vlinderkind:

Ek waaier uit 11oor bossie en gras,en koggel myself in die waterplas,

ek drink die klek van bloiesel en blom,en kantel die goud in die skede om -

maar daar het 'n net oor die son geval,en 'n speldpunt vonk deur die heelal.

'n Brulpadda in my tas deur Jaco JacobsAlmal gil en skree, Daar’s chaos … o wee o wee!Al die bohaai net.. oor die BRULPADDA in my tas!Juffrou gil benoud!“VAT DADELIK WEG DAAI DING!”Maar … ek verstaan nou nie mooi nie!Sy het dan gesê ons kan vandag ons … TROETELDIERE Skooltoe bring!!!

Graad 6

MISLUKTE FEE DEUR ANNIE SCHMIDT

Eenkeer was daar 'n … moederfee … En was daar kindertjies? Ja twee!Twee piepfyn feetjie kindertjies met vlerkies- net soos vlindertjies -Hul twee was albei mooi en slank.Die een was bleek en lelieblank - ‘n liewe kind – ‘n soete!….maar die ander was vol ….. sproete!

Die moeder voel toe erg begaan en was die kind met lewertraan,met katjiesdou en hondemelk!En doop haar toe in lelie kelk!“maar help dit my – o nee o neeek was en bly ‘n sproete fee”

Nou kon die moeder niks meer doen.Sy gee die kind ‘n afskeidsoen .“Jy het as fee – sag uitgedruk –volledig en totaal mislukGaan na die koning Barrebeiten sê vir hom –‘u Majesteit my moeder stuur haar groete -en ek is ‘n fee met sproete!’Dalk neem die koning jou in diens.Dus sê ek liewerste totsiens.Miskien het hy ‘n blink idee vir ‘n min of meer mislukte fee!”

Die feetjie het toe ver gereis …oppad na daardie blink paleis!En prewel sy die hele tyd :“O grote heer en majesteitMy moeder stuur haar groeteEn ek is ‘n fee met sproete.O grote heer en majesteitMy moeder stuur haar groeteEn ek is ‘n fee met sproete.”

Maar …toe sy die paleis bespied begin sy rittel soos ‘n riet! En toe sy voor die koning staan vra hy:“Waar kom die kind vandaan.???”

Skoon wit van senuweeagtigheid sê sy :“O grote heer en majesteit – my moeder stuur haar groeteEk is ‘n spree met voete!” 12

Die koning sê: “ek het opgelet en merk dat jy wel voete het.Maar liewe kindjie – glo my goed – ek het nog nooit ‘n spree ontmoet”

Toe gee hy dadelik bevel.Die hele hof kom aangesnel.Die koning sê – “Dit is ‘n spree – iets heel besonders -Gee haar tee en gee haar koek – en pienkRoomys – sy bly woon in my paleis”;.

Toe bly die fee ‘n laaaaang laaaang tyd in die paleis van BarrebeitEn nie as kamermeisie nee, sy … is benoem as … OPPERSPREE!

Uit hierdie storie kan jy leerDat jy as fee misluk mag wees …Maar heel geslaagd kan wees as ……… Spree!Dit maak mens dankbaar ja … terdeë!!

DIE LELIKE EENDJIE DEUR PHILIP DE VOSMoeder Eend gee sug op sug:Neem tog hierdie kind terugSy’s ‘n lelike klein eendjieKyk net daai nek en horrelbeentjie

Sê ‘n Koei: MoeJy moet besin … MoeLees liewerster Hans AndersenEn dan sal jy wel gou verstaan … Sy word mettertyd ‘n swaan

Maar ‘n dag of 20 laterNeem haar ma haar na die waterKWAK KWAK KWAK KWAKDie kind het nes ‘n klip gesinkEn byna – byna dood verdrink

Die diere het hul slap gelag!Sug die moeder: Kwak … gee my kragBlêr ‘n bok:

Mê … o nottendem …Kyk … sy weier om te swem

Dae en maande snel verby, Maar sy sou onaansienlik bly …Haar nek word kaal, sy kry ‘n bles.Blaf ‘n hond: whaf! Whaf she looks a mess!

Die diere wis toe wel beslis dat sy gewis ‘n AASVOëL … is!En toe het sy, sover ek weet, die spul gegryp en opgevreet!So leer hul wel ‘n dure les: Selfs ‘n aasvoël vind sukses!Mens moet nooit op voorkoms oordeel. Lelikwees het ook ‘n voordeel.

Die huis in Katjiepieringstraat deur Jaco JacobsAs dit volmaan is en dis reeds baie laatMoet jy wegbly van die huis in katjiepieringstraat

Deur die gapende kosyn en stukkende ruiteSweef die eensaamste, pragtigste klanke na buite

As jy doodstil gaan staan en baie fyn luisterSal jy hoor hoe die huis met 'n sagte stem fluister:

Kom Binne, kom binne, nooi die huisKom binne, kom binne, kom maak jou tuisKom binne, kom luister na die spook-klavierAs jy eers binne is, bly jy vir altyd hier!

Hahahaha!

Graad 7Blousambreel Verbeeldingsvlug 13Deur Celia van den BergOp ‘n gruwelike dag Met ‘n werwelwind

Sit ek pouse alleensoos ‘n weggooi kindEk sit op die koue sementblad stoepen ek voel soos ‘n wesie met doodgaan kroepDie pyn klou soos kougom onder my banken dag is ‘n optelhond wat tjankEn ek hoor almal lagEn ek vang nie die grap

Maar dan wens ek die wens van die Blousambreel …Ag, het ek tog net in daai fliek gespeel:Van die opskoptannie met die blom in haar hoedMet haar klopdansstewels en haar sak vol lekkergoedSy’s die soeperdoepertante van Kersieboomlaan!Mary Poppins is haar lekkersê naam!

Ek vergeet van die vaal dag en eensaam stoep en die weird skoolkinders se spotgeroep!Ek gryp my sambreel aan sy kamma-kammasteelen begin sommer net daar in my eie movie speel!En ek sing die lawwe liedjie oor die kasteroliedag,Dan begin ek giggel en dan begin ek lag!En ek dans op die stoep van koue sement‘n klopdans, hoogskop: bobbetie bob!Nou sweef ek zoei! in die bloulug op!

Toe lui die klok…Pouse is om …En ek wonder heeldag …Hoe’t ek terug op aarde gekom? TV-STORIEBOEK DEUR C VD BERGEk wens ek kan doen wat TV-kinders doen:hulle spring op 'n sjokoladebloken swem in melkskommelsop.

Ek wens ek kan wees waar TV-kinders is:

in ‘n veld vol blomme, Of in die lug … swaai-swaai aan ‘n tros ballonne!

Ek wens ek kan hê wat TV-kinders het:'n oupa wat met jou speel in 'n huis vol son,'n wollerige hondjie wat oral saam met jou kom.

Maar...

Ek sit in ons woonstel op die tiende vloerop ons grys en stok-ou bank.Ma en Pa moet alewig werk toe gaan …Ek het nie meer 'n oupa nie; Ek sit alleen en tjank.My lewe is regtig...Die TV wat my heeldag lok… is sommer net ‘n storieboek wat jok!

Brandweermanne is so braaf! Deur Celia van den Berg

Mevrou Bierman bel die brandweer: “Bring water! Bring sand!Die Van Huyssteens se huis is aan die brand!”

Brandweerman von Brandis doen altyd sy bes envra onmiddellik: “Wat’s die adres?”

Mevrou Bierman gil: “Oe! In ‘n straat, in die dorp!Soek na die rook, man! Is jy dan verspot?”

Meneer Bierman gryp die telefoon.“My vrou is histeries, u moet haar verskoon.

Hulle woon in Blomstraat nommer tien! 14So wat van rook het ek lanklaas gesien.”

Von Brandis is geskok: “Waar ‘n rokie is …! O tog!Kom, manne, kom! Lui solank die klok!”

Hulle trek hulle brandpakke blitsvinnig aan.En almal spring saam op die brandweerwa.

Die bloedrooi wa gee ‘n hik en laat waai.

Jy sien net hoe emmers vol sand rond swaai.

Piep pôp! Piep pôp! Jaag hulle nou,en soos blits het hul in Blomstraat stilgehou.

Wim van der Wateren gryp die brandslang,want vuur is mos vir water bang.

Fred van Vuuren en Ben Brandt help hom spuit.“Hierdie vuur moet ons blus! Die vuur moet uit!”

Die manne blus die vreeslike vuuren red die Van Huyssteens in minder as ‘n uur.

Vlam van Staden klim op die dak.Hy gryp die Van Huyssteens se skreeuende kat.

Dries Hammersma en Bill van der Bijlkap ‘n gat in die muur; Mevrou van Huyssteen huil.

Groot is die skade, maar ook die vreug!Brandweermanne is ‘n groot deug!

Almal wil weet wie’t die brand gestig.Die koerante wag almal vir die berig.

Dit was Henkie van Huyssteen, die kalant,

hy’t met vuur gespeel, en steek toe die hele huis aan die brand!

Graad 8

Herinnering deur Elizabeth EybersAs kind het ek eens die maan se ronde skyflangsaam sien uitswel bo die silwer vleiom saggies soos 'n seepbel weg te dryfen tussen yl populiere in te glyAgter my in die donker was 'n raam vol mense stemme en gelagen in my angs en weekheid sonder naamterwyl ek op die maan se loskom wag.Van tak tot tak het hy gewiegDie res was alles duister en vewardEk weet nog net dat die gekneusde gras se geursoos naeltjies wasen dat ek skielik seer gekry het van die inkrimp van my hart en met my pols die trane weggevee het.

'n Ander Romeo en Juliet deur Nina Kemp en C vd Berg.RomeoDaar staan sy nou op haar balkon en skitter soos die sonJuliet, jy blink so dat die maan skaam sal kry … Ag my pêl, Charlie , kry jou ry!Ek probeer die chick daarbo te chaf!Sy's mooi met oë soos sterre en sy’s gaaf!Juliet Ag tog, daai ou hou my nou al die hele skemer dop.Dit lyk my hy dink eks ‘n pop.

15Romeo, o, Romeo, hoekom roep jy pêlle jou Vanner Merwe?Nou gaan al my skoolpêls my mos têre!Vertel jou top dat ek so baie van jou hou.Maar ek weier om jou van te erwe..My eie van is miskien nie mooi nie. Maar daars nie so baie grappe oor myne rondgestrooi nieRomeo … o Romeo .. jy is jouself en nie jou van!Dit moet ek onthou ...

En wat is tog nou in ‘n simpel naam?Dit wat ons “Roos” noem kan net so wel deur gaan as “Koos”Romeo raak ontslae van Vanner Merwe!En ek sal saam met jou die wêreld deur gaan swerwe.RomeoDis ok. Baby, oor jou is ek heel crazy .. van nou af is ek Romeo de Beer!Al maak dit my pa se hart ook hoe seer.JulietMaar skat, as hul hoor ek's Van der Poel…. Wat gaan gebeur?… Jy weet jou pa is ANC EN MYNE AWB….Romeo O no .. o woe!Hulle gaan mekaar uitwis… as ek tog net vroeër geweet het wie jy rêrig is!JulietWie? Wie het jy gedink is ek ?RomeoO ek dog jys Juliet Coetzee! Hulle het my die verkeerde adres gegee.(Ek wou sê sy's ‘n bietjie dik en daar is zits in haar gesig… )Vir ‘n van der Poel gaan ek nie vry nie en my van der Merwe nooit veruil nie!Juliet Romeo, don’t go … ek wou so graag nog in Sun City met jou trou!O, so sad … makes me mad! Well, too bad... what ever!

Varkleerbaadjie deur Boerneef. Varkleerbaadjie en klinknaelbroekek is die Baaiplek se skorriekoning styfspanblous en nog stywerspanbroeksys my morrie my morriedoringdis sy en ek en ek en sy wat die mouterbaaik so heluitryons is een van Baaiplek se baie pareraasbekskorrieenmorriesnaremaar ek is ammal se skorriekoningen sys my lekkerdingmorriedoringblits in die fles en blits innie lyfwisenwragtag dan neuk dit styfgee pad voor hier kom die koningstyfhandommielyf sit my lekkerdingdoring

Graad 9DèNOUEMENT deur Sarina Dönges

Pierrot, ek stuur vir jou die pakkie

met jou pantaloon en in die sakkie

langs die kant, jou rouge en omkrulskoene en jou puntmus (die pers een vol soene)

Aan die trapezium van drome swaai akrobate eindelik bevry van vangnette en ledemate

die vuurvreter werk nukkerig aan sy aptytvoortaan sluk hy sonskyn vir ontbyt

Die temmers is weg, meneer Grimaldi nou n klerkDie sjimpanzee soek iewers vryskutwerk

Jumbo en mr Juggler die spookasemkraampieals het verdwyn , vergeel nou in 'n fotoraampie

Wat kan ek sê? Verby is die harlekinade, in die tent was liefde ons salto mortale

In my klein hoekiekie – deur C vd BergAg ek wens ek was oek important!Ek wens ek kon in daai fairy tail gloe. 16Ma wat is die important storie nou eintlik .. dja .. soe…?

Ek loop innie wind-verwaaide, godverlate vlaktes van swaarkry.Strate met onkryt vannie Cape flêts …Kinners met snotniesies haloep same.Kinners met vrolike gesiggies en hartseer name…Ek loep innie rooisand wind.Ek loep en word siende blind.En ek dink aan daai liedjie:

“Laat ons skynSoes ‘n heller glansSkitter, skitter soes die sterreAan die hiemel trans

Issie wêreld donker .. skyn boeta … skyn …Djy in djou klein hoekiekie .. en ek .. in myn”.

Windpomp deur Leon Strydomjare lank was sy geteem 'n stem in die woestynmaar toe skielik sluk hy windoor die werfdans en krulle van 'n kind

en vurig en fier soos oor 'n kleintandooidie kop geolie en die stert bloedrooistaan ons ou slyttand met 'n nuwer rugoor die jongste boorgat opgerig

die dun bene bewedie binnegoed kry lewedit slurp en dit skrokdis bokjol dis amok

en toe met pype wat roggelen koggelmet geknars en gekraak in liten gebit

toe raak die gulpwater rypin die weggooipyproesrooi en vol windklopdisselkind klopdisselkind

ons windpomp pomp weer wateren hoe later hoe kwaterons windpomp pomp weer wateren wie wie't gesê hy's bokkapater.

Graad 10

IN GROEPIE , UIT GROEPIE deur C van den BergMy naam is Wendy WannabeEks so bang ek's YesterdayDaarom surf ek faceboek urelankDaarom praat ek graag op mxitWant mxit het die klankEk hoop net dat ek mooi is Maar mooi is relatiefEk wens ek lyk soos GrietjieAg toggie, asseblief.

My naam is Grietjie GroepsdrukEk vloek graag wild en woes

Geen mode gaan by my verby nieSonder looks kan jy nie in die ingroep bly nieAs jy in wil voel met die crowd my skatMoet jy jou mond spoel met …peppermint!Dan ruik jou asem lekker As jy giggel in die windAs jy rook doen dit diskreetJy wil nie deel van die vrotkol weesDoen dit in die toilet en agter ‘n bloekomboomWant jou groep is mos die ingroepElkeen het ‘n leierword droomDis die klein dingetjies In ons kringetjies 17Wat ons help om in te blyDis wie jy ken en image gooiAmazing pretty great en mooiEn freekit maat dis harde werk om in die crowd te bly

My naam is Karen KliekieDie ingroep is my plekEk is so mal oor BettieEn Bettie is mal oor JackEn Jack kan swem en Jack kan vryEn dis hoekom ek in die ingroep blyWant eendag as Bettie en Jackman stryKan ek dalk Jack se spiere kry

Lied van die Kinders deurLina Spies

Laat die kindertjies na My toe komDie Joodse seuntjie wat sy armpies indie lug steek voor die SSSy oë wyd gerekOp sy mou die groot geel Dawid ster

Laat die kindertjies na My toe komDie Vietnamese dogtertjie Oumens krom aan haar stok geklemOor die slagveld heen en weerTerwyl oor haar bors ‘n kruisie hang

Laat die kindertjies na my toe kom’Die klein vergete IerOp ‘n sypaadjie in Belfast

Tussen die bloed en bommeWat opnuut sy land vrymaak

Laat die kindertjies na my toe komGevang in die kruisvuur by MahalotBang hasies in’n bos wat brand

Laat hulle kom Kinders van DachauKinders van KoreaKinders van Saigon

Ek sal hul teen my vasdruk en my hande op hulle lê

TOEMAAR, DIE DONKERMAN DEUR INGRID JONKER

Op die groen voetpadvan die horison ver om die aarde skat,stap ‘n ou man wat‘n oop maan dra in sy hare,nagtegaal in sy hart,jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgaten ‘n rug gebuk in sy jare

Wat maak hy, Mammie?

Hy roep die kriekies,hy roep die swart stilte wat sing soos die biesies, my harten die sterre wat tok,tok-tok, liefling,soos die klein toktokkiesin hul fyn, ver kring.

Wat is sy naam, Mammie?

Sy naam is Sjuut,sy naam is Slaap,Meneer Vergeet uit die land van vaak,Sy naam is …Toemaar, hy heet my lam,Toemaar, die Donkerman

Mammie … 18Toemaar, die Donkerman.

Graad 11 en 12is jy in of is jy uit? Deur Celia van den Bergdie uitelrympie is so kortjy weet nie wat van jou gaan wordwie jy is is spookasemwie jy word 'n droomHierdie tyd is valsNiks is vasAlles is so breekbaar Soos glasEk hoort hier en ek hoort nêrensEk is oppad na êrensEk weet vandag wie ek isEn more is my naam weer wegEk dans die oomblikStukkendEk lag en huil gelykEk is ‘n tiener dêmitEk is opreg en fakeMy afskeid is ‘n groot beginMy vriende is ‘n seepbel kringMy bly plek is my ouers s’nMy toekoms is ‘n vraagtekenMy liefde is ‘n warmspelSoms die hemel soms die helEk soek na God en kry HomIn sy Woorde, maar somsmaak mense my realityweer skeef en seer en krom.Ek is ‘n dromer van die droomEk is ‘n sanger van die liedEk is ‘n danser met die dromEk is die toekoms en die son

Die dans van die reën deurEugene MaraisLied van die vioolspeler, Jan Konterdans , uit die Groot WoestynO, die dans van ons Suster! 19Eers oor die bergtop loer sy skelm,en haar oë is skaam; en sy lag saggies.En van ver af wink sy met die een hand;haar armbande blink en haar krale skitter;saggies roep sy.Sy vertel die winde van die dans

en sy nooi hulle uit, want die werf is wyd en die bruilof groot

Die grootwild jaag oor die vlakte,hulle dam op die bultop.wyd rek hulle die neusgate en hulle sluk die wind;en hulle buk, om haar fyn spore in die sand te sien.

Die kleinvolk diep onder die grond hoor die sleepvan haar voete,en hulle kruip nader en sing saggies:“Ons Suster! Ons Suster!Jy het gekom! Jy het gekom!”

En haar krale skud, en haar koperringe blink in die wegraak van die son.Op haar voorkop is die vuurpluim van die berggier;sy trap af van die hoogte;sy sprei die vaal karos met altwee arms uit;die asem van die wind raak weg … O, die dans van ons Suster!

Oupa se slaapstoriesDeur S J PretoriusEers sien jy – bang selfs om te roer –Hoedat die draak vir Edith ontvoer,dan in die woud die wolf wat wreedRooikappietjie se ouma eet …

Maar telkens weer verskyn ‘n heldof prins wat kindertjies kom red …

Dan gaan jou ogies toe, sluimer jy in,gerus omdat soos Oupa sê,goed altyd weer oor kwaad oorwinen saligslapend bly jy lê.

Maar Oupa weet: in werklikheidkom heks en reus en wolf en draakaltyd weer terug met nuwe wraak.

Hoe soet jou slaap, die handjies los,jou mond ‘n glimlag, wang ‘n blos,verlos deur Oupa uit die leedwaarvoor hy self geen antwoord weet.

20