menswaardigheid.co.za€¦  · web viewons bely dat jesus waarlik mens kom word, het om mense uit...

46
Preekriglyne Respek...Hoogtyd! 29 Januarie 2017 Week 1 Die Effek van Respek 5 Februarie 2017 Week 2 God: die Bron van Respek 12 Februarie 2017 Week 3 Respek vir Jouself 19 Februarie 2017 Week 4 Respek vir Randfigure 26 Februarie 2017 Week 5 Respek vir my Nabymense 5 Maart 2017 Week 6 Respek vir my Vyande 12 Maart 2017 Week 7 Kom ons vier Waardigheid! CREDO Ons glo in God Drie-enig, totaal anders, heilig en rein, en Hy is alle lof, eer en aanbidding waardig. Ons glo dat God elke mens geskep het na sy beeld; daarom is elke mens waardevol. Ons bely dat Jesus waarlik mens kom word, het om mense uit die mag van sonde te bevry. Ons glo dat ons in Christus ʼn nuwe identiteit het – Koningskind – uitverkies en geliefd. Ons erken dat ons geroep is om, net soos ons Here, almal wat na sy beeld geskape is, met deernis nederig te dien. 1

Upload: dangkhue

Post on 26-Jul-2018

216 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

PreekriglyneRespek...Hoogtyd!29 Januarie 2017 Week 1 Die Effek van Respek 5 Februarie 2017 Week 2 God: die Bron van Respek 12 Februarie 2017 Week 3 Respek vir Jouself 19 Februarie 2017 Week 4 Respek vir Randfigure26 Februarie 2017 Week 5 Respek vir my Nabymense5 Maart 2017 Week 6 Respek vir my Vyande 12 Maart 2017 Week 7 Kom ons vier Waardigheid!

CREDOOns glo in God Drie-enig, totaal anders, heilig en rein, en Hy is alle lof, eer en aanbidding waardig.Ons glo dat God elke mens geskep het na sy beeld; daarom is elke mens waardevol.Ons bely dat Jesus waarlik mens kom word, het om mense uit die mag van sonde te bevry.Ons glo dat ons in Christus ʼn nuwe identiteit het – Koningskind – uitverkies en geliefd.Ons erken dat ons geroep is om, net soos ons Here, almal wat na sy beeld geskape is, met deernis nederig te dien.Ons glo in die Heilige Gees, ons Trooster, wat ons leer om soos ons Leermeester te leef.Ons bely dat ons hoogste roeping is om liefde sonder onderskeid aan alle mense te betoon: in ons huise, kerke, strate, stede en land.Ons glo in genade, ons beoefen geduld, ons dien en ons vergewe.Ons verklaar dat liefde altyd sal wen.En hierop antwoord ons almal: Amen, ook vir my.

1

Week 1 Die Effek van Respek

Die land waarin ons bly en waarvoor ons lief is, Suid-Afrika, is in die moeilikheid. Ons is nie in die moeilikheid omdat ons ekonomiese en politieke probleme het nie – hoewel ons onteenseglik ekonomies en polities in moeilike vaarwaters is – ons is in die moeilikheid omdat daar iets is wat ons nodig het, krities nodig het, wat ons nie het nie. Die feit dat ons dit nie het nie, is besig om ons menswees af te takel. Dit is besig om ons siele dood te maak; dit is besig is om ons van ons diepste vreugde te ontneem.Baie van die volgende wat in Suid-Afrika vandag gebeur, is simptome van hierdie kritiese “missing element”:

Groeiende polarisasie tussen groepe Geweld en misdaad wat hoogty vier Mense wat mekaar minag en afkraak Weerloses in ons samelewing wat mishandel, verwaarloos word Geweld teen vrouens en kinders

Wat is daardie iets wat ons nodig het? Waar kan ons dit kry?Die Bybel help ons om dit te identifiseer – om dit raak te sien. Wat sien ons wanneer ons na antwoorde in die Bybel soek? Filippense 2

5 Τοῦτο φρονεῖτε ἐν ὑμῖν ὃ καὶ ἐν Χριστῷ Ἰησοῦ, Hierdie bedink onder julle dit wat ook in

Christus Jesus6 ὃς ἐν μορφῇ θεοῦ ὑπάρχωνHy wat in aard (vorm) van God alhoewel/omdat Hy

wasοὐχ ἁρπαγμὸν ἡγήσατοnie iets om uit te buit Hy het beskouτὸ εἶναι ἴσα θεῷ,die om te wees gelyk aan God,7 ἀλλὰ ἑαυτὸν ἐκένωσεν Maar Homself Hy het ontledigμορφὴν δούλου λαβών,aard (vorm) van slaaf toe Hy aangeneem het

2

ἐν ὁμοιώματι ἀνθρώπων γενόμενος·in gelykheid van mense toe Hy geword het

καὶ σχήματι εὑρεθεὶς ὡς ἄνθρωπος

en in voorkoms toe Hy bevind is as mens

8 ἐταπείνωσεν ἑαυτὸνHy het verneder Homself γενόμενος ὑπήκοος μέχρι

θανάτου,toe Hy geword het gehoorsaam

tot doodθανάτου δὲ σταυροῦ.Dood en van kruis.

Agtergrond:ʼn Baie ou Christelike lied wat deur Paulus hier aangehaal word. Die weerspieël beginsels en waardes wat diep in die wese van die eerste Christene teenwoordig was.

Wat sien ons hier raak? Wat val op?Jesus kom openbaar iets van God se karakter. God is God wat Homself ontledig. Dit is anders as die gode van die Romeine. Dit is in teenstelling met die heersende kultuur en gesindheid van die tyd.Hoekom doen God dit?Hy doen dit onder andere om te wys watter ontsaglike hoë waarde mense – elkeen van ons en elke mens op aarde – in sy oë het. Dít wat ontbreek in Suid-Afrika en byna alles wat sleg en verkeerd met ons land is, veroorsaak, is ʼn gebrek aan ʼn erkenning van mekaar se menswaardigheid, ʼn gebrek aan respek vir mekaar – die soort respek

3

AFRIKAANS 19835Dieselfde gesindheid moet in julle wees wat daar ook in Christus Jesus was: 6Hy wat in die gestalte van God was, het sy bestaan op Godgelyke wyse nie beskou as iets waaraan Hy Hom moes vasklem nie,7maar Hy het Homself vernederdeur die gestalte van ’n slaafaan te neem en aan mense gelyk te word. En toe Hy as mens verskyn het,8het Hy Homself verder verneder.Hy was gehoorsaam tot in die dood,ja, die dood aan die kruis.9Daarom het God Hom ook tot die hoogste eer verhef en Hom die Naam gegee wat bo elke naam is,10sodat in die Naam van Jesuselkeen wat in die hemel en op die aarde en onder die aarde is, die knie sou buig,11en elke tong sou erken: “Jesus Christus is Here!” tot eer van God die Vader.

wat Jesus hier in Filippense 2 toon en iets wat ons in verhaal op verhaal oor Jesus raaksien. Dit wat in hierdie lied wat Paulus hier aanhaal staan, word in verhaalvorm in die evangelies vertel. Daar sien ons hoe dit gestalte kry: Jesus wat omdraai en luister, Jesus wat melaatses aanraak, Jesus wat oor die grense van sosiale aanvaarbaarheid na mense uitreik.Wanneer ons verhale oor Jesus lees, sien ons ʼn Jesus wat ʼn diep respek vir mense het, nie ʼn soort respek wat op verdienste gebaseer is nie, maar ʼn respek wat spruit uit ʼn raaksien van die waarde van mense – wat elke mens as waardig beskou – al is hulle straatvrouens, tollenaars en sondaars. Dit maak nie dat hulle hulle waarde verloor nie.Waar Jesus mense respekteer, word hulle waardigheid herstel, ʼn waardigheid wat misken en ontken is. Dit is die effek van respek. En dit is waaroor die res van hierdie reeks handel.Wanneer mense se waardigheid ontken en misken word, wanneer hulle nie gerespekteer word nie, of as minderwaardig beskou word, ontstaan frustrasie, woede, haat. Dit lei tot verbrokkelde verhoudings, disfunksionele gesinne en samelewings wat uitmekaar val.Wanneer mense se waardigheid egter raakgesien en geag word, waar hulle gerespekteer word, daar tel mense weer hulle koppe op, verhoudings word heelgemaak, stukkende en seer mense kry genesing, huwelike en gesinne kry weer nuwe hoop.Om respek te betoon is nie altyd maklik nie. Dit verg iets. As ons na die Jesus kyk wat ons in Filippense 2 ontmoet, dan sien ons dat respek ʼn prysetiket het. Dit behels dat ons nie in die eerste plek ons eie belange sal najaag en op ons eie regte sal staan nie, maar dat ons van ons meerderwaardige trone sal afklim en respek sal betoon waar ons dit normaalweg nie sou doen nie.Dit behels dat ons sal afsien van die gedagte dat respek iets is wat verdien moet word en dat ons soos Jesus respek sal betoon aan die mense wat dit soms die heel minste verdien. ʼn Sosioloog vertel dat hy op ʼn vliegtuig langs ʼn FBI-agent beland het. Terwyl hulle gesels, vra hy hom uit oor wat hy as FBI-agent spesifiek doen. Hy antwoord dat hy ʼn onderhandelaar in gyselaarsituasies is. Op ʼn vraag wat hy doen wanneer hy op ʼn toneel kom waar iemand ander gyselaar hou, was die antwoord:

4

“Drie dinge: Eerstens beveilig ek die omgewing sodat daar nie inmenging van buite is nie. Tweedens vestig ek die nodig kommunikasiekanale.”“Dit klink na ding wat ʼn agent soos jy sal doen. Maar wat is die derde ding?”“Wat ek dan doen,” antwoord die FBI-agent, “is om na ʼn stil plek toe te gaan en daar ontwikkel dan diep in my binneste ʼn egte respek vir die persoon met wie ek gaan praat – die persoon wat besig om ander gyselaar te hou.”“Dit klink nie soos iets wat ʼn FBI-agent sal doen nie! Hoekom doen jy dit?”“Wel,” sê hy toe, “indien daardie persoon vir een oomblik voel dat ek hom nie respekteer nie, is dit die einde van enige poging om te onderhandel.”Respek is iets wat gegee word – nie iets wat noodwendig verdien word nie. Soos wat die reeks ontwikkel, sal ons al hoe meer verstaan hoe belangrik respek is, maar ook op baie praktiese maniere in staat gestel word om die waarde van respek diep in ons binneste te plant waar dit kan groei en ontwikkel.Wat sal gebeur as alle mense in Suid-Afrika ʼn diep, hartgrondige, egte respek vir mekaar ontwikkel? Wat sal gebeur as ons as gelowiges dit kan regkry om hierdie waarde, die waarde van respek by alle mense in ons land te vestig? Sal ons dan nie onbevange na mekaar kan luister en ons vooroordele opsy kan skuif nie? En sal ons dit dan nie regkry om alle mense te aanvaar en te omarm nie – ten spyte van ons verskille? En sal ons dan nie mekaar begin dien en onsself vir mekaar gee nie?En wanneer dit gebeur – dan word ons land heel, dan word ons wonde genees, dan ontdek ons die lewe in oorvloed (Johannes 10:10).

5

Week 2 God: Die Bron van Respek

Skriflesing: Genesis 1:26-31. Eksegetiese notas:v.26: Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.”Die mens is laaste geskep, op die sesde dag. Dis beide ʼn eer en ʼn voorreg. Dis ʼn eer want daar is ʼn duidelike progressie van ʼn meer basiese skepping na ʼn meer komplekse skepping; dus is die mens die kroon van die skepping: die hoogste vlak van God se handewerk. Dis ook ʼn voorreg want sy aardse woonplek was voorberei en gereed gemaak en reeds voltooi teen die tyd dat hy geskep is. Die mens is die produk van God-Drie-enig se skeppingswerk. Vader, Seun en Gees het saamgestem met die mens se skepping. Ons ontvang ons waarde van die Drie-enige God af. Die Bybel leer: God is liefde (1 Johannes 4:8). Die mens is dus gebore uit die liefdevolle samesprekinge van die Drie-eenheid. Die mens is geskep sodat hierdie liefdevolle Drie-eenheid hul liefde op ons kan uitstort. So sien ons hierdie drie-enige liefde manifesteer in die volgende:- Die Vader se liefdevolle beplande skepping,- Die Woord wat die skepping kataliseer en maak gebeur,- Die Gees wat sweef oor alles totdat dit gestalte kry,- Die Vader wat met vuil hande die mens vorm gee,- Die Gees wat lewe gee in hierdie modder-mens,- Die Seun wat later hierdie vleeslikheid sou aantrek om ons te kom verlos,- Die Seun wat die ware beeld van die Vader vir ons kom wys het (Johannes 14: 9),- Die Vader wat die wêreld so liefhet dat Hy sy eniggebore Seun gee,- Die Gees wat nuwe lewe met wedergeboorte kom skep,- Die Gees wat hierdie nuwe skepsels met die vrug van die Gees toerus.

6

A. Ons verteenwoordiger, ons beeldTot hiertoe is alles geskep met ʼn magswoord: “Laat daar wees…”. Dis gespreek met outoriteit en dit het dadelik gebeur. Maar hier is ʼn verskil. Met die mens se skepping word gesê: “Kom laat ons maak”. Dis verhoudingstaal. Dis nie saaklik soos die ander skeppingswoorde nie. Soos Spreuke 8:31 sê: “...die mense was vir my ʼn vreugde”. Dis amper asof al die voorafgaande net voorbereiding was vir hierdie oomblik: die skepping van God se verteenwoordiger.Die mens is die enigste wese wat beide stoflik en geestelik is. Alle ander wesens is óf stoflik óf geestelik. Die mens verteenwoordig ʼn geestelike God op ʼn stoflike planeet.

• Ons beeld. God se beeld behels die volgende: 1.Om gees wat onsterflik is, te kan besit; ʼn bewussyn te gee van ʼn

ewige God; kommunikasie met God moontlik maak, God se kreatiewe skeppingsvermoë in ons los te laat,

2. Sy outoriteit: hy word aangestel om te heers. God se verteenwoordiger wat moet oppas en bewerk,

3. Sy reinheid en sondelose toestand. Met sy skepping is die mens sondeloos in suiwer heiligheid en regverdigheid. Hy het vrye kommunikasie en inskiklikheid met God.

4.God was die patroon vir die menslike persoon. God wat Persoon is, en persoonlik in verhoudings wil staan met ander. Ons is dus gevorm vir interpersoonlike kontak. Dit op sigself veronderstel ʼn basiese etos wat ons ook van God aflei. In ons rasionele lewe is ons ook soos God deurdat ons kan redeneer, moraliteit het, kan onderskei tussen goed en kwaad, emosies en ʼn vrye wil het.

• “En dit was baie goed”Al die vorige dae van die skepping is afgesluit met “Dit was goed”. Hier verander die patroon. Die oortreffende trap word gebruik: Dit was baie goed! Waarskynlik is deel van die rede hiervoor dat alle ander skepsels slegs deur God se woorde gemaak is. Maar die mens se skepping was meer. Genesis 2 verduidelik dat God sy hande vuilgemaak het met hierdie ene: Hy het die grond van die aarde kom

7

vat en die mens gevorm. Dis ʼn veel hoër graad van betrokkenheid en aandag. Ons dra die vingerafdrukke van ons Skeppergod. Genesis 2 gee ons ʼn verdere aanduiding van die waarde van die mens. Genesis 2:7: Hy het sy asem in die mens se neus ingeblaas. Ruag is die woord vir asem of Gees. Dus: ons dra ʼn stukkie goddelikheid binne-in ons. Uiters kosbaar en waardevol.

Wat glo ons? 1. Elke mens is uniek. 2. Elke mens is na God se beeld geskape, en het sy gees van God

ontvang.3.Daaruit trek elke persoon waarde.4. Ek ontdek God d.m.v. my naaste. My naaste is beelddraer van

die Skepper.5.Niemand is net goed of sleg nie. 6. Ek eer die Beeldhouer deur sy handewerk te waardeer.

Die rede hoekom ons respek betoon en menswaardigheid gee aan mense, is te vind in die skeppingsverhaal. Nie in humanisme nie. Ons vind ons identiteit in die manier hoe ons geskep is. Evolusioniste bepaal dat die mens die eindproduk van ʼn ewekansige ontwikkeling is: net nog ʼn skakel in ʼn ketting wat ʼn nis in die voedselketting vul. In hierdie lig gesien is ons nie spesiaal of enigsins anders as enige ander dier nie. Ons het dan geen intrinsieke waarde nie. Ons maak ook nie soveel saak nie en sou ons uitsterf, sal ander lewensvorms net ons plek inneem. Die Bybel leer anders: Jy is die kroon van die skepping. Jy is anders geskep as die diere en die voëls. God het jou gevorm en sy asem in jou ingeblaas. Evolusie sien ons as een stappie bo die ape. Die Bybel sien ons as een stappie onder die engele (Psalm 8: 6)Maar sonde het hierdie beeld van God in ons ernstig beskadig. In baie gevalle is dit glad nie meer opsigtelik nie. Hoe kan hierdie beeld van God in ons herstel word? Juis hiervoor het Jesus ons menslikheid aangetrek en onder ons kom woon. 2 Korintiërs 4:4 “Dit is die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is.” Hy kom wys ons die beeld van God. En Hy demonstreer dit deur liefdevolle dade, empatie en

8

omgee. Hy herstel die waarde van mense wat minderwaardig geag word deur die gemeenskap: melaatses, prostitute, blindes, armes. En wanneer ons die knie voor Jesus buig, beklee ons ons met Hom. (Galasiërs 3:27, OV). Nou word ons navolgers van Jesus, wat kos gee aan hongeres, siekes versorg en gevangenis besoek (Matt 25). Jesus, die beeld van God, het gekom en die beeld van God in ons herstel.Maar die Heilige Gees is ook hierin hoogs betrokke. Hy maak ons meer en meer soos Jesus. Efesiërs 5:1-2. Ons identiteit as geliefde kinders van die Vader word meer en meer sigbaar. Die vrug van die Gees het juis hierdie doel: om gemeenskaplikheid en liefde te bevorder. Om die beeld van ʼn liefdevolle, omgee-God duideliker te laat vertoon. Ons is die meeste soos God wanneer ons ander liefhet. Die "ons" van Genesis is nou al drie betrokke. Die Heilige Gees binne-in ons kom om dit volhoubaar te maak. Tweede natuur. Nou is dit nie 'n goeie werk wat uitput of vermoei nie, dis so natuurlik soos vrug dra. Al die vrug is verhoudingsgerig. Interpersoonlik. Ons kan nie vriendelikheid, nederigheid of goedhartigheid beoefen sonder ʼn medemens nie. Die oorspronklike beeld van God en kwaliteit van lewe van die tuin van Eden is hier te vinde: kom doen dus die vrug van die Gees nou. Sonder dwang of moeite. Ons eer ons Skepper wanneer ons dit uitleef.

ILLUSTRASIESDie Alan Guttmacher Instituut het ouers wat vir aborsies aanmeld gevra wat die rede vir die aborsie is:

5% het geantwoord: ʼn kind sal my beroep, studies of verantwoordelikhede in die wiele ry.

66%: ons kan nie die kind bekostig nie. 50%: wil nie ʼn enkelouer wees nie, of daar is probleme in die

verhouding wat net deur ʼn baba vererger sal word. 1%: slagoffers van verkragting of bloedskande.

(IL) Dr. Leo Alexander was a consultant to the Secretary of War in the Nuremberg Trials. He had extraordinary access to accused Nazi war criminals in the medical community. He wrote in the New England

9

Journal of Medicine in 1949, arguing that compassionate killing of the terminally ill set the stage for the Holocaust:“WHATEVER PROPORTIONS THESE CRIMES FINALLY ASSUMED, IT BECAME EVIDENT TO ALL WHO INVESTIGATED THEM THAT THEY HAD STARTED FROM SMALL BEGINNINGS. THE BEGINNINGS AT FIRST WERE MERELY A SUBTLE SHIFT IN EMPHASIS IN THE BASIC ATTITUDE OF THE PHYSICIANS. IT STARTED WITH THE ACCEPTANCE OF THE ATTITUDE. . . THAT THERE IS SUCH A THING AS LIFE NOT WORTHY TO BE LIVED. THIS ATTITUDE IN ITS EARLY STAGES CONCERNED ITSELF MERELY WITH THE SEVERELY AND CHRONICALLY SICK. GRADUALLY THE SPHERE OF THOSE TO BE INCLUDED IN THIS CATEGORY WAS ENLARGED TO ENCOMPASS THE SOCIALLY UNPRODUCTIVE, THE IDEOLOGICALLY UNWANTED, THE RACIALLY UNWANTED, AND FINALLY ALL NON-GERMANS.”

Een manier om hierdie respek en waardigheid te demonstreer, sou dalk wees om die lidmate op te roep om hierdie week of op te staan wanneer hulle bid, of op die knieë te gaan. Ons kan kinders aanmoedig om op hul netjiesste vir stiltetyd aan te trek.

10

Week 3 Respek vir Jouself

VAN ASPOESTERTJIE TOT KONINKLIKE

Preek: Psalm 8, Matteus 22:34-40. Moet lief wees vir myself voordat ek kan lief wees vir ander. Daar is twee teksgedeeltes vir hierdie week se preek. Begin die preek met Matteus 22:34-40. Hanteer teks volgens struktuur. Psalm 8 word dan eers later in preek gelees waar van toepassing.Eksegese: Matteus 22:34-40Die Fariseërs wil Jesus uitvang wanneer hulle die vraag vra oor die grootste gebod. Watter een van die baie bepalings sou Jesus sê staan uit? Hy haal Deuteronomium 6:5 aan: Jou HELE wese moet op God gerig wees. Wat hul nie verwag het nie, is dat Jesus uit Levitikus 19:18 ʼn opdrag aanhaal wat Hy met sy eerste opmerking gelykstel. Jesus wys hier dat die wet en profete as die totale wil van God bekend gemaak word. Dus is die 2 gebooie eintlik EEN gebod. Dit hang sterk saam met Matteus se klem dat geregtigheid en deernis wat aan die ander bewys moet word, as die eintlike wil van God is.Jesus se probleem met die Fariseërs is dat hulle dít wat die swaarste weeg by God, nl. om deernis aan ander te betoon, nagelaat het. ʼn Christen se lewe is gedissiplineerd, nooit rigied nie.Matteus wys dat die kern van die lewe die liefde is: eerstens teenoor God en dan teenoor ander. Ons HELE wese moet daarin opgeneem wees om God en ander lief te hê. Ons kan nie God se totale liefde ontvang en dan net halfpad teruggee nie. Ons kan ander liefhê wanneer ons onthou dat hulle óók na God se beeld geskape is. As die liefde nie in jou leef nie, sal jou lewe nie kan standhou nie.

Eksegese: Psalm 8:4-8Die fokus in Psalm 8 word tot hierdie middelste gedeelte beperk omdat dit om ’n bepaalde punt hier gaan. Die grootheid van God word reeds in Week 2 behandel en daarom moet versigtig gewerk word om nie ’n herhaling daarvan te maak uit Psalm 8 nie.

11

Dis belangrik om in die eksegese deeglik aandag te gee aan vers 6a. In verskillende vertalings is daar verskeie keuses gemaak wat wissel tussen engele, hemelse wesens, goddelike wesens en Goddelike wesens. Die Hebreeus is Elohim en daarom die onsekerheid. Ons keuse is “hemelse wese” (1983) wat neutraal is, of “bietjie minder as ’n goddelike wese” met ’n klein letter. Ons as mense is tog meer as engele juis omdat ons na God se beeld geskape is (Genesis 1) en engele boodskappers en gesante van God is wat daar is om die mens te dien. Daar moet egter met versigtigheid gepraat word dat verwarring nie veroorsaak word nie. Mense moenie hulself op God se vlak wil sit nie. Ons is die kroon van die skepping, maar steeds skepsels van die Skepper. Dis ’n belangrike balans om te handhaaf. Louis Giglio praat in sy DVD Indescribable van ons “Insignificant significance”. Aansien en eer in vers 6 het ʼn koninklike konnotasie. Dit dui op die oorspronklike of bedoelde “status” van die mens. Hierdie status het met die sondeval skade gely en word deur Christus weer herstel. Die Psalm begin en eindig met die skrywer wat in verwondering staan oor die Here se grootheid. Dit word omarm met eerbied en respek vir God. Dat die mens wat swak, vol sonde, vergeetagtig ens. is, deur God as belangrik geag word. Een kommentaar verwys na hoe God dan eintlik ook respek aan die mens bewys in die sin dat Hy die mens waardig ag. Dat Hy die mens ʼn belangrike plek in sy skepping gee. Dis egter belangrik dat die mens hierdie verhewe posisie wat God aan hom toeken, nie sal misbruik nie of dit verloor omdat dit anders aangewend is as waarvoor God dit bedoel het.Ons kyk gewoonlik na hierdie teks vanuit ʼn bevoorregte posisie. Hoe sou iemand wat op die kantlyn staan, hierdie teks beleef / Internaliseer? As ons slegs na die teks kyk vanuit ʼn bevoorregte posisie, is die gevaar dat ons fokus skeefgetrek raak. Vir ons as verteenwoordigers / koninklikes het ons sekere mag op die aarde – om te heers is tog die opdrag in Genesis. Maar volgens Psalm 72 is die werk van die heerser / menslike koning om die armes te verdedig (vers 4), om oorvloed vir mense te bring (vers 16) om geregtigheid te laat geskied en vrede te bewerk (vers 12-14).

12

As beelddraers moet ons daarna bly streef om al meer God se karakter in ons eie lewens te ontwikkel.

ʼn Moontlike / voorgestelde struktuur: As inleiding kan geraak word aan die storie van Aspoestertjie; óf deur die verhaal kortliks te vertel, óf ʼn video te soek wat daarby aanpas. Sy word aanvanklik as ʼn nikswerd meisie voorgestel op grond van die wyse waarop haar stieffamilie haar hanteer. Wanneer die prins haar anders hanteer, kry sy nuwe waarde en ʼn nuwe identiteit. Later kan dan terugverwys word deur te sê dat indien ons na die wêreld se stem gaan luister, ons Aspoestertjies gaan bly. Maar wanneer ons na God se waarheid luister, word ons koninklikes. Begin met Matteus 22:34-40Jy moet God liefhê

- Verwys terug na Week 2 Jy moet jou naaste liefhê

- Opdrag is daarmee saam om die naaste lief te hêDit kan net gebeur indien jy jouself liefhet

- Hoekom het mense hulleself nie lief nie?- Wat breek ons selfbeeld / selfwaarde af?- Watter stemme praat hard in my lewe?- Wat is die leuens wat mense glo?

Jy kan jouself net waarlik liefhê indien jy God se liefde beleef- In God vind ons waarde en identiteit- Wat is sy waarheid oor ons?

Waarin sien ons sy liefde? In hoe Hy ons gemaak het - Psalm 8 kan dan hier gelees word, fokus is op vers 4-8.- “Insignificant significance.” Ons is belangrik, maar nie groot nie. - God gee aan ons hierdie posisie, ons kan dit nie self kry nie. As ons

dink ons kan dit op ons eie manier hanteer, word dit skeefgetrek.- Ons kan vanuit ʼn nuwe waarheid leef!

ʼn Praktiese ritueel kan gedoen word waar mense afstand doen van die leuens wat hul geglo het en God se waarheid aanvaar en deel van hul lewens maak. ʼn Voorbeeld is om bakke met water te hê waar mense na

13

ʼn tyd van verootmoediging rondom die saak, kan opstaan en hul hande gaan was as simbool van God wat hul vrymaak van die leuen. Dus begin hul nou nuut.

14

Week 4: Respek vir Randfigure

Teks: Lukas 4:16-30

Opmerkings oor die teksLukas dui vier momente aan in die perikoop: Die Sabbat; Skrif; Genadejaar; Vandag. Jesus word deur die Gees na Galilea, en later na Nasaret, gelei. Hy gaan soos alle vroom Jode op die Sabbat na die sinagoge toe en lees voor uit die Jesaja boekrol. Jesus lees die profesie in Jesaja 61:1-2 en 'n enkele sin uit Jesaja 58:6. Jesus lees dus nie lectio continua nie, maar selekteer twee tekste. Dit wil voorkom uit die grondteks asof Jesus doelbewus sy tekste gekies het en dat dit nie soseer die voorgeskrewe teks vir die Sabbat was nie.Jesus maak vervolgens die voorspellings van Jesaja oor die koms van God se genadejaar op Homself van toepassing – deur Hom sou God sy genade aan almal toon. Die genadejaar (of Sabbat- of Jubeljaar) is 'n gebruik waarna in Levitikus 25 verwys word. In dié jaar moes alle slawe vrygestel word, eiendom wat onteien is moes teruggegee word, alle skuld afgeskryf word en die lande met rus gelaat word. Hier kan dit as 'n sinoniem vir die koms van God se koninkryk geneem word.Die woorde van Jesus is die uitleg (Derasja) wat in die sinagogediens op die lees van die Profete gevolg het. Dit sinspeel daarop dat Jesus se verkondiging die profetiese uitspraak oor God se verlossing en genade vervul. Anders gestel: dat Hy die Messias is. Sy dienswerk as Messias sou gerig wees op almal wat in nood en lyding verkeer: die armes, die gevangenes, die blindes en die onderdruktes. Dit is opvallend dat Jesus die verwysing na oordeel in Jesaja 62:2 weggelaat het.Jesus maak dit hier in Lukas 4:18-21 duidelik dat sy bediening afgestem sou wees op die uitgeworpenes van die samelewing: die armes, blindes, gevangenes en onderdruktes. Spesifiek sou Hy hulle in 'n omvattende sin vrymaak. Só bevry Jesus dan ook mense vanuit die greep van die duiwel (13:10-17), skuld (11:4) en sonde (1:77; 3:3; 24:47) in Lukas.Die volk se reaksie op Jesus se woorde was eers positief (vers 22) voordat dit later negatief word. Hulle wou Hom naamlik reeds hier, reg

15

aan die begin van sy bediening, doodmaak (vers 29). Die rede vir die verandering in die gesindheid by die Jode kry ons in verse 25-27 waar Jesus hulle goed laat verstaan dat diegene wat hulle gewoonlik uitsluit van God se genade, die heidene, ook ingesluit is: Die weduwee van Sarfat (gebied van Sidon) in Elia se tyd en die melaatse Naäman, ’n Siriër, in Elisa se tyd. Hierdie storm wat om Jesus se optrede losbars, plaas week 4 se tema vierkantig in ons midde. Daar is persone in elke samelewing wat op een of ander manier nie deur die deursnee samelewing geag word nie. Hulle is nie waardig genoeg om van kennis geneem te word nie. Hulle word oorgeslaan in die betoning van respek. En dan dink ons nie net aan misdadigers, vreemdelinge uit die buiteland, gestremdes, prostitute en verslaafdes nie. Soms is dit die vreemdeling agter die toonbank, of die petroljoggie of die persoon aan die ander kant van die telefoonlyn wat skakel uit ’n oproepsentrum en iets aan jou wil smous.Daar is ’n goeie rede hoekom die mense wat jou van agter ’n toonbank bedien deesdae die meeste van die tyd ’n naamkaartjie dra. Diensverskaffers het raadop geraak met die hoë wisseling in personeel as gevolg van die onaangename optrede van kliënte teenoor hulle personeel. Hulle het met die dra van naamkaartjies begin met die hoop dat as kliënte die persoon se naam sien, hulle die persoon dan menswaardig en met respek sal behandel. Ek dra kennis van ’n lidmaat wat in ’n oproepsentrum werk en gehospitaliseer is vir depressie wat veroorsaak is deur die verbale mishandeling waaraan hy voortdurend blootgestel was.Kyk die persoon wat jou bedien in die oë, glimlag, kyk dan wat sy/haar naam is en groet hom/haar op die naam. Wanneer die transaksie afgehandel is, kyk die persoon weer in die oë, glimlag weer en bedank die persoon by die naam en groet vriendelik… en kyk wat gebeur. Leer aanspreekvorme in die verskillende landstale aan en gebruik dit waar van toepassing: Voorbeelde – Tate (meneer), Baba (bejaarde man, vader), Mama of Me (vrou wat al ouer is) en so meer. Jy doen nie ’n bejaarde ’n guns deur hulle as “Oupatjie” of “Oumatjie” of “Oompie” aan te spreek nie.

16

Ons samelewing sal verseker beter daar uitsien wanneer mense, ongeag hulle status in die samelewing met respek hanteer word. Dit is hoekom Jesus hier in Lukas 4 die gemeente van Nasaret uitdaag om die reikwydte van die respek wat hulle bereid is om te betoon, uit te brei om die randfigure van die samelewing in te sluit. Onthou God het hulle geskep en aan hulle waarde gegee. Vir hulle het Hy ook gesterf. Wanneer my en jou optrede teenoor hulle nie respek oordra nie, dra dit die boodskap oor dat ons die waarde wat God aan hulle toeken, wil wegneem en selfs ontken.

Illustrasies wat in die preek gebruik kan word:

Daar word vertel dat Moeder Teresa op ’n keer Australië besoek het. Gedurende haar verblyf was ʼn jong Franciskaanse priester haar gids. Hy was super opgewonde oor hierdie opdrag en om so naby die grootse vrou te kon wees. Hy het gedroom oor al die wonderlike dinge wat hy by haar sou leer. Maar soos die tyd aangestap het, het hy meer en meer gefrustreerd geraak, want hulle het skaars ʼn woord met mekaar gepraat – daar was altyd mense wat haar wou ontmoet.Uiteindelik was haar toer oor en sy was op pad om na Nieu Guinea te vlieg. Uit desperaatheid het die priester vir haar gesê: “As ek my eie vliegtuigkaartjie na Nieu Guinea koop, kan ek langs u in die vliegtuig sit en met u gesels en by u leer?” Toe vra sy hom: “Het jy genoeg geld vir ʼn vliegkaartjie na Nieu Guinea?”“Ja”, het hy opgewonde geantwoord.Toe sê sy: “Gee dan daardie geld vir die armes, jy sal meer daaruit leer as enigiets wat ek vir jou kan vertel.”---------------------------“Vandag is hierdie Skrifwoord wat julle nou net gehoor het, vervul. “(vs 21) Vandag is die sleutelwoord. Vandag is die genadejaar!Jesus het nie daardie dag in die sinagoge gesê: “Gister was die Skrif vervul” nie ook nie “Môre” nie! Miskien as Hy gesê het “In die toekoms sal die Skrif vervul wees”, het dit dalk hoop gegee, iets waarna ons kon uitsien.

17

’n Teoloog, Fred Craddock, stel dit nogal diep:“It is no wonder that, in the time of Jesus, all the wonderful stories people told began not with “Once upon a time,” but with the words, “When the Messiah comes ...”See a beggar on the street, hollow eyes gazing over an empty cup. “I'm sorry, friend, but someday, when the Messiah comes ...”To every crippled person, with twisted limbs folded beneath him. “I'm sorry, friend, but someday, when the Messiah comes ...”To every prisoner straining after a ray of light in the narrow window. “I'm sorry, but someday, when the Messiah comes ...”To every parent consoling a daughter assaulted by a Roman soldier. “Now, now, child, someday, when the Messiah comes ...”Maar nou sê Jesus vandag is dit deur Hom vervul… Hy self is die verskil.-------------------------Dit laat dink ʼn mens aan hierdie storie: ʼn Geleerde rabbi was besig om sy daaglikse take in die sinagoge te verrig, toe een van die gemeentelede inhardloop en opgewonde uitbars: “Rabbi, die Messias is hier. Hy is nou in ons stad.”“Regtig?” vra die rabbi. Die rabbi stap na een van die sinagoges se vensters en kyk na die stad: “Wel, ék sien geen verskil nie.”Dis wat die Jode geglo het: die Messias sal die verskil bring! ----------------------------Tim Dearborn vertel in ʼn boek van hom, “Taste & See; Awakening Our Spiritual Senses” van ʼn vrou in sy gemeente met die wonderlike naam, Grace. Veertig jaar lank het Grace ʼn bediening aan die straatmense in Seattle gehad. Toe hulle haar vra wat haar geheim is, het sy geantwoord: “If you want to have a ministry on the streets, then walk slowly and it will happen to you. If you want to avoid it, then walk fast.” Jesus het sy dissipels destyds geleer en Hy wil sy dissipels vandag leer om stadig te loop sodat ons die kuns van opmerk, van waarneem en raaksien, kan beoefen. Want opmerk en waarneem en raaksien is ’n teken van respek wat betoon word.-------------------------

18

Tim Dearborn vertel dan ʼn storie oor stadig loop én opmerk: “Ek en David het een Sondagmôre deur die Skotse platteland gery om ʼn erediens in ʼn dorpie te gaan lei. David was ʼn uitstekende teologiese student met ʼn fassinerende agtergrond. Hy was twintig jaar lank ʼn skaapwagter en voorman op ʼn plaas voordat hy dramaties tot bekering gekom het en besluit het om ʼn predikant te word.Terwyl hulle so ry, breek die son deur op ʼn groen weiveld waar duisende skape gewei het. En Tim het toe vir David gesê: “Dit moet baie herinneringe terugbring?” Al wat David gesê het: “Tim, stop asseblief gou en ry terug tot waar ek vir jou sê.” Daar het David uitgeklim, oor die pad geloop, oor die klipmuur geklim en in die veld tot by ʼn skaap geloop wat op sy rug lê. Hy het die skaap weer op sy voete gehelp. Terug in die motor het David aan Tim verduidelik dat ongeskeerde skape so swaar is dat as hulle val en op hulle rug beland, hulle nie weer kan regop kom nie en dan kan versmoor en doodgaan.Dan maak Tim die volgende opmerking: “David and I had seen the same field. I had admired its pastoral beauty. He had seen the one sheep out of a hundred that was in danger. He viewed the sheep with the experienced eyes of a shepherd. I viewed them with the eyes of a lifelong city-dweller. Without his sight and his touch, the sheep would have soon died.All around us are people whose distress we may not be able to see. Often it's carefully hidden. God would give us the gift of his sight, so that we can stop, climb over the walls that divide us, gently touch others and help them to their feet.” ---------------------------Sal ons kan stadiger loop en waarneem en opmerk in die wêreld om ons sodat ons in die wêreld ’n verskil kan maak deur die respek wat ons betoon, ook daar waar dit die minste verwag word? Respek is een van die vernaamste gestaltes van God se koninkryk! Dit dra die boodskap: Jy het waarde as mens, nie net in my oë nie, maar ook in God se oë. So bring jy hoop vir die hooploses van hierdie wêreld, vir

19

die uitgestotenes, vir die randfigure, vir die onwaarskynlike burgers van die Koninkryk van God.

20

Week 5 Respek vir my Naby-mense

Wat is sukses? Elkeen van ons begeer sukses. Ons elkeen sou graag wou hê dat

daar aan die einde van ons lewe gesê word dat “So-en-so”, ʼn suksesvolle lewe geleef het.

Hoewel ons almal sukses jaag, verskil ons definisies van sukses heelwat.

Hoe lyk jou definisie van sukses? Vir party is sukses om bekend te wees – en tog kan elkeen van ons

dink aan voorbeelde waar iemand bekend is – maar glad nie vir die regte redes nie. Die persoon is allermins ʼn rolmodel. Dus is bekendheid ʼn baie slegte baken vir jou soektog na sukses.

Ander mense stel rykdom as die termometer van sukses voor. In hulle gedagtes dink hulle dat hoe ryker hulle eendag gaan wees, hoe meer suksesvol hulle gaan wees. Maar rykdom is ook ʼn baie slegte rigtingwyser vir sukses. Nie almal wat immers ryk is, is suksesvol nie. Jy kry baie mense wat ryk is, en hulle doodgewoon soos varke gedra.

Aan die ander kant ken jy ook mense wat ʼn doodgewone bestaan voer. Hulle is nie bekend nie. Hulle is eintlik heel alledaags. Hulle is ook nie buitengewoon ryk nie. Jy sou hulle dalk beskryf as iemand met ʼn normale middelklas-bankbalans. En tog is daar iets wat jou aantrek tot die persoon. Om een of ander rede beskou jy die persoon as suksesvol. Waarom? Wat is dit wat iemand suksesvol maak of nie?

Daar is baie definisies van sukses, maar die leierskapsguru, John Maxwell, het ʼn definisie geformuleer waarby mens nie kan verbykom nie. John Maxwell sê: “Sukses is wanneer die mense die heel naaste aan jou, die mense is wat jou die heel meeste respekteer.”

Dit is relatief maklik om deur ánder mense wat ʼn armlengte weg van my staan, ʼn sekere persona voor te hou om sodoende deur daardie mense gerespekteer te word as ʼn “suksesvolle persoon”.

21

Dit is iets heeltemal anders om met so ʼn hoë integriteit te leef dat my huismense my respekteer. Dit is immers die mense voor wie ek my skanse laat sak. Dit is die mense wat my sien soos wat ek werklik is. Dit is die mense wat weet of my oggend en aandpraatjies ooreenstem – of wie ék voor ander mense is, dieselfde persoon is as wat ek by die huis is.

As jy met hierdie definisie van sukses sou werk, hoe “suksesvol” sou jy wees? Sou jou huismense jou beskou as iemand wat ʼn deurleefde persoon is? Iemand wat oral dieselfde is?

Leefw ê reld van die Bybel Die Bybel het ʼn baie interessante invalshoek as dit kom by die

hantering van jou huismense. Maar voordat ons daarna gaan kyk, moet eers so ʼn bietjie agtergrond gee oor die leefwêreld van die Bybel.

In die antieke tyd was die sosiale waardes van “eer” en “skande” die dryfveer wat alles beïnvloed het. Amper soos mense mekaar vandag klassifiseer aan die hand van jou inkomste of die kar waarmee jy ry of die gebied waar jy bly, so was “eer” en “skande” gebruik om jou sosiale stand te bepaal.

Die probleem was net dat daar ʼn beperkte hoeveelheid “eer” beskikbaar was. Ons kan sê hierdie 10 albasters stel die beskikbare eer in die samelewing voor. As ek “eer” wou hê, moes ek ʼn eer-albaster wegneem by iemand anders.

Die strydgesprekke tussen Jesus en die Fariseërs geskied byvoorbeeld teen hierdie agtergrond. Telkens wou die Fariseërs groter aansien in die oë van die mense verwerf – en die enigste manier was om Jesus te verneder met moeilike vrae en dan sy eer te verwerf. Die probleem was net dat Hy hulle telkens getroef het en dat hulle dan eer verloor het en Hy net nog meer aansien in die oë van die volk gekry het.

As jy die rangorde dus klim, ontvang jy “eer”. Maar die persoon by wie jy die eer wegneem, beleef “skande”. “Eer” en “skande” is dus die 2 antiteses van mekaar.

22

Maar die sosiale waarde van “eer” was ʼn manlike waarde. Dit was beperk net tot mans. Hoewel vrouens ook “skande” kon oorkom (soos om swanger te word voor jy getroud is), kon net mans “eer” ontvang. “Eer” was ʼn manlike waarde.

Die positiewe vroulike sosiale waarde was “skaamte” (ingetoënheid, skugterheid, nederigheid). ʼn Spreuke 31-vrou was die toonbeeld van ʼn vrou wat baie “skaamte” het – en gevolglik baie “eer” vir haar man inbring.

Die hele samelewing het gewentel rondom hierdie sosiale waardes van “eer”, “skande” en “skaamte”.

Die skok En dan gebeur daar die skokkende… Petrus skryf aan sy geestelike kinders ʼn brief waarin hy vir hulle

raad gee oor hulle huislike verhoudings. Hy skryf:

7Mans, julle moet verstandig met julle vrouens saamleef. Bewys eer aan hulle as die swakker geslag wat saam met julle deel in die lewe as genadegawe. Dan sal julle kan bid sonder dat iets julle hinder (1 Petrus 3:7)

Petrus sê dat die vrouens in die samelewing van sy tyd die “swakker geslag” is. En dit was waar. Hulle was dikwels onderdruk en misbruik.

Maar besef jy hoe skokkend dit vir Petrus se manlike lesers moes wees as hulle hoor dat hulle aan die vrouens “eer” moet bewys?!

Besef ons hoe ‘n rewolusionêre gedagte hierdie was?! Op aanbeveling van die apostel Petrus moes die mans van die

Christelike gemeente die ondenkbare doen en hulle vrouens tot só ʼn mate respekteer dat hulle die manlike sosiale waarde van “eer” aan hulle toedig…

Dit is verbysterend…

23

Beginsels wat na vore kom Wat ek hieruit leer, is eerstens dat daar geen plek is vir

“geslagtelike meerderwaardigheid” onder Christene nie. Die apostel Petrus het so sterk daaroor gevoel dat hy “eer” aan vrouens wou skenk. Die apostel Paulus het so sterk daaroor gevoel dat hy skryf: “Dit maak nie saak of iemand Jood of Griek, slaaf of vry, man of vrou is nie: in Christus Jesus is julle almal één” (Galasiërs 3:28).

Wat ons tweedens hieruit aflei is dat die Here van ons verwag om ons huismense met die grootste respek te hanteer. As Petrus sê dat mans “eer” aan hulle vrouens moet bewys, dan beteken dit tog dat mans anders na hulle vrouens moet begin kyk. Dat huismense – hetsy man of vrou – anders na mekaar moet begin kyk. Dat huismense mekaar met die grootste respek sal behandel.

Maar hoe lyk dit gewoonlik in ons samelewing? Gewoonlik is ons geneig om geduldig en respekvol op te tree teenoor die mense vêr van ons af, terwyl ons meer geneig is om kortaf, ongeduldig en vol nukke te wees teenoor ons huismense…

Ander mense beleef ons miskien as geduldig, liefdevol en respekvol… maar beleef ons huismense ons so? Hoekom is dit so dat ons voel dat ons juis teenoor die mense vir wie ons die liefste is, ongeskik mag wees?

Slot Ons het met die vraag begin: “Wat is ware sukses?” En ons het gesê sukses is wanneer die mense wat die naaste aan

jou is, vir jou die meeste respek het. Wat kan jy doen dat jou naaste mense die mense in jou lewe sal

word wat vir jou die meeste respek het? Jy kan hulle met respek hanteer! Wys vir hulle jy hou nie net vir

ander mense ʼn sekere prentjie voor nie. Wys vir hulle dat jy hulle genoeg respekteer om daardie mens wie jy voor ander is, ook by die huis te wees.

24

Week 6 Respek vir my Vyande

Skriflesing: 1 Petrus 2:11-171 Pet 2:11-1711 Geliefdes, in die wêreld is julle vreemdelinge en bywoners. Daarom dring ek by julle daarop aan om nie aan sinlike begeertes toe te gee nie. Dit verwoes net ʼn mens se lewe. 12 Gedra julle altyd goed onder die heidene sodat, al praat hulle kwaad van julle asof julle misdadigers is, hulle julle voorbeeldige lewe kan sien en God kan verheerlik op die dag van afrekening. 13 Omdat die Here dit wil, moet julle julle onderwerp aan elke menslike owerheid, of dit nou die keiser as hoogste gesag is14 of die goewerneurs as sy gevolmagtigdes wat dié wat kwaad doen, moet straf, maar dié wat goed doen, moet prys. 15 Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, ʼn einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat. 16 Julle is vry, maar moenie julle vryheid gebruik as dekmantel om kwaad te doen nie. Gebruik dit om God te dien. 17 Julle moet alle mense respekteer en julle medegelowiges liefhê. Vrees God. Eer die keiser.

Teksvers: 1 Petrus 2:17: Julle moet alle mense respekteer…

Dit doen darem maar iets vir 'n mens wanneer iemand wat misbruik gemaak het van ander, ook sy dag kry. Weerwraak maak iets stil in 'n mens. Dit is asof mens die onreg geniet wanneer jy weet hoe soet die weerwraak gaan wees. In die fliek, "Secret in their eyes", vermoor 'n man 'n polisievrou se dogter. Dertien jaar lank sien ʼn mens hoe sy vernietig word. Sy het 'n progressiewe hardheid en die groeiende seer is sigbaar in haar gesig. Aanvanklik dink ʼn mens dit is omdat hulle nie die moordenaar kan vang nie, maar aan die einde van die fliek kom dit uit dat sy self die moordenaar kort na die moord gevang het en hom 13 jaar lank in eensame aanhouding gehou het, hom elke dag kos gegee het, maar self doelbewus nie 'n woord met hom gepraat het nie. Hy is as gevolg daarvan totaal waansinnig toe hy opgespoor word. Die hele fliek deur groei ʼn mens se simpatie met die vrou omdat daar nie geregtigheid

25

geskied het nie, maar wanneer jy die effek op die moordenaar sien, kom daar 'n onkeerbare stuk "Lekker, jou wou mos."

Konflik, wanneer mense daarna soek, is eie aan ons wêreld. Die eindelose siklus van vergelding, wraak en weerwraak is die verhaal van die mens se bestaan op aarde. Ons dink baie keer dat die oertye baie meer vol konflik was as die moderne tye. Mense was barbaars en wou gereeld ander se goed inpalm, en dit was verstaanbaar, want meer mense as nou het dit regtig swaar gehad. Weens hulle min kontak sou daar ook oordrewe agterdog teenoor ander wees. Soos die mens egter meer ontwikkeld raak en nader aan mekaar beweeg, sou dit begin verander. Die teendeel is egter waar: Dit is asof die wêreld heeltemal absurd geraak het. Die omvang van konflik en wraak en misbruik kan nie in woorde omskryf word nie. Voor ons eie oë… Groter wordende kloof tussen ryk en arm wys dat mense nie meer empatie met ander ontwikkel wanneer hulleself genoeg het nie.

Dit is maar hoe die wêreld is, en dit is hartseer, maar verstaanbaar.

Daar is egter 'n ander onreg wat ʼn mens moeilik in woorde kan omsit, en dit is wanneer mense goed doen en probeer doen aan ander, maar dan benadeel of selfs vervolg word. Dit voel net nie reg nie.

Christene is bekend daarvoor dat hulle dit goed bedoel met alle mense om hulle, selfs met hulle vyande. Wanneer daar rampe was, het hulle hulleself ingedoen om ander te help. Daar word nie gevra of mense "van ons soort" is nie, waar daar nood is, word uitkoms gebring.In die wêreld waar mense selfsugtig is en geweld die laaste woord het, dien hulle en beantwoord hulle misbruik met respek en liefde. As hulle vals beskuldig word, beskuldig hulle nie terug nie. Wanneer die regering wette maak wat ander die harnas injaag, bly hulle lojaal ten koste van hulleself. Hulle beantwoord telkens kwaad met goed.

26

Wat is dit met hulle, hoekom doen hulle dit? Hoe lank kan 'n mens so optree teen ander? Waar trek ʼn mens die streep as dit by onreg en vyandskap deur ander kom?

Die feit is: vertroue mag verdien word, maar respek word nie gegee omdat mense dit verdien nie; dit word in elk geval gedoen.

1Petrus 2:15 Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, ʼn einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat.

God se vreemde, maar kragtige antwoord is dat die boosheid van die kringloop verbreek word wanneer iemand die eerste waagmoedige tree uit hierdie vasgevaldheid neem. Kwaad word nie met meer en erger kwaad bestry nie, maar met goed. Dit voel vreemd, want watter baba het 'n kans teen 'n woeste boosdoener?

Op ons eie is ons nie in staat is om die kwaad te stuit nie. God alleen kan dit doen, en Hy doen dit deur die konstante dryf van gelowiges om nét goed te wees.

In "What's so amazing about grace?" vertel Philip Yancey die verhaal van Gordon Wilson, 'n toegewyde Methodis in Noord-Ierland:

In 1987 het 'n IRL-bom afgegaan in 'n klein dorpie, Inniskille, waar 'n groep Protestante saam op 'n Herinneringsdagviering was. 11 mense is dood en 63 ander beseer. Wat hierdie daad van terrorisme anders maak, is die reaksie van een van die beseerdes, Gordon Wilson. Die ontploffing het hom en sy dogter, Marie, onder amper 2 meter rommel begrawe. Haar laaste woorde, terwyl sy haar pa se hand vasgehou het toe hulle wag vir die reddingswerkers, was, "Pappa, ek het jou baie lief." Sy is ure later in die hospitaal dood weens haar erge rug- en breinbeserings.

'n Koerant het later gesê: "Niemand onthou wat die politici te sê gehad het daaroor nie, maar niemand sal ooit Gordon Wilson se reaksie vergeet nie." Uit sy hospitaalbed het Wilson gesê: "Ek het my dogter

27

verloor, maar ek koester geen wrok nie.” Hy het gesê dat hy vir hulle sou bid. Hy het ook 'n pleidooi gelewer dat niemand Marie se dood moes wreek nie. "Want,” het hy gesê, "dit sou haar nie terugbring nie."

Na sy ontslag uit die hospitaal het hy hom beywer vir versoening tussen Protestante en Katolieke. Protestantse ekstremiste wat beplan het om die aanval te wreek, het besluit om eers daarmee te wag omdat Wilson se houding so 'n groot invloed gehad op die mense gehad het.

Hy het ook die mense ontmoet wat die ontploffing beplan het en hulle persoonlik vergewe vir wat hulle gedoen het. Hy het hulle gevra om hulle wapens neer te lê. "Ek weet julle het ook geliefdes verloor, net soos ek, maar genoeg is genoeg. Genoeg bloed is reeds verspil."

Die Ierse Republiek het hom 'n senator gemaak

Wilson se rol het uiteindelik 'n direkte rol gespeel dat die bomontploffings en skietery in Noord-Ierland heeltemal gestop het.

Dit is immers deur goed te doen dat ons 'n einde maak aan die kwaad. Iemand moet die eerste stap neem en nie sy reg op vergelding gebruik nie.

Ons kan groot genoeg wees om dit te doen.

28

Week 7 Kom ons vier Menswaardigheid!

Teks: Gal 2:11-14; 5:13-15.

Inleiding

Hoe vry is jy? Vry genoeg om onbevange, onbevooroordeeld te kan liefhê? Of is jy nog vasgevang in vooroordele wat jou vasknel?Ons het so pas ʼn reeks oor menswaardigheid, respek vir almal gedoen.

Het jou kyk na ander mense ruimer geword? Sagter? Met meer deernis?

Kon jy dit regkry om oor grense na ander mense toe te beweeg? Om nuwe respek te kry vir andersoortige mense? (Google gerus prentjies onder die opskrif “A brother from another mother”).

Vir party mense is dié beweging moeilik, vir ander is dit makliker. Petrus moes veg teen sy eie vooroordele; Paulus was hewig ontsteld en verontwaardig oor Petrus se onvermoë om dit reg te kry. Hieroor het hulle baie skerp verskil – twee apostels vir wie ons die grootste respek het…Vandag vier ons menswaardigheid! Juig ons oor God wat sy beeld in alle mense ingebou het. En ons vier die vryheid wat ons beleef as ons Hom volg in daardie betoning van respek.Stap saam met my deur hierdie drie v’s… Die eerste is

VOOROORDEEL

Die godsdienstige grens tussen Jode en heidene (álle ander volke) is deur die loop van baie eeue in klip gegiet: ondeurdringbaar, hoog, onversoenlik. “Ons is die uitverkore Godsvolk, God se spesiale mense, ontvangers van die wet/openbaring van God aan die mensdom, heilige draers van die verbondsteken. Julle is afgryslike afgodsdienaars met bespotlike afgode. Ons lééf anders as julle (ons het ander waardes); ons éét anders as julle (die Pasga en al die ander kosvoorskrifte) en ons bid anders as julle.”

29

Toe kom Jesus. Hy ruk die Jode uit hulle oeroue klipvestings van godsdienstige vooroordele en tradisies uit. Hy trek Jode en Grieke en Egiptenaars en Arabiere uit hulle afgodsdiens na Hom toe. Hy was hulle met sy bloed, Hy maak hulle oë oop vir Hom en vir mekaar en Hy smee hulle saam in een liggaam: sy kerk.Maar dis moeilik! Petrus moes (soos Handelinge 10 ons vertel) eers oortuig word deur ʼn hemelse gesig van ʼn laken wat uit die hemel sak… Maar hy doen dit: hy bedien die heidense hoofman, Kornelius, én toe hy in Antiogië kom, éét hy saam met die gelowiges uit die heidendom – ʼn teken van baie hegte gemeenskap. Maar toe die regte-egte Joodse gelowiges uit Jerusalem (met al hulle reëls) ook in Antiogië aankom, val hy terug op sy default mode: hy onttrek hom aan die tafelgemeenskap. “Ons mág nie saam met onbesnede heidene eet nie…” Daar staan letterlik “hy was bang”. Al die ou vooroordele en vrese is weer daar.En ek en jy? Hoeveel keer hoor jy: “Dis nou maar soos ek grootgeword het…” Woorde wat dikwels gebruik word om die vooroordele te bedek wat ons koester teenoor ander rasse, kulture, mense van ander godsdienste, gestremdes, kinders, bejaardes, armes…

VRYHEIDTotdat Jesus wéér na jou toe kom en jou oë oopmaak. Dan sien jy ander mense deur die Jesusbril. Jy sien hulle bloot as mense: dikwels broos (met dieselfde angste en vrese en behoeftes as wat jy ook maar het); óók beelddraers van God; óók voorwerpe van sy genade (Jesus het ook sy bloed aan die kruis van Golgota vir húlle gestort)… en skielik word jy vry. Vry van jou vrese en wantroue, vry om lief te kan hê.Paulus skryf vir die Galasiërs: “Julle is tot vryheid geroep…” Julle is vry van julle ou godsdienstige reëls, vry van angs vir die oordeel van God (vrygespreek uit suiwere genade), vry van die magsgreep van sonde in julle lewe… vry om lief te hê!Het jy al iets hiervan beleef? Het hierdie reeks se saamdink en -loop en -luister en -bid jou hiermee gehelp? Onthou, jy word hiertoe geroep: dit beteken dit is nie vanselfsprekend nie – jy moet kies om te antwoord op daardie roepstem.

30

VIER DIT!

Kom ons vier dit vandag. (Dis die derde v…) Ons vier ʼn nuwe - Respek vir God. Hy wat groot kunswerke aanmekaar geweef het

(mense geskep het). En dit met soveel kreatiwiteit gedoen het. Hulle is só mooi. En kyk net die wonderlike verskeidenheid!

Respek vir jouself. Jý is beeldraer van hierdie wonderlike God. Jy is sy liefling, só kosbaar. Dit pas by jou om soos Hy oor ander stukkies van sy skepping te dink, nie met vooroordele en vrese rond te loop nie.

Respek vir ander. Vir almal oor alle grense, veral vir stukkende, seer mense wat op die rand van die samelewing is, hulle wat dikwels nie eers meer vir hulleself respek het nie…

Jy hét mos beweeg van vooroordeel na vryheid. Nou kan jy dit met vreugde vier!

Met wie praat ek vandag? Dalk met Paulus wat maklik oor grense beweeg en selfs ʼn bietjie geïrriteerd is met ander wat daarmee sukkel? Dalk met Petrus wat worstel met sy eie vooroordele?Dit maak nie saak nie! Jý is vry. Jesus máák jou vry. Vier dit! Amen.

31