1 graad... · web viewpietie gholfhemp en “navyblou” pt-broek of skoolsweetpakbroek en tekkies...

20
PIETERSBURG LAERSKOOL "Waar elke kind vir ons belangrik is, hul sukses en geluk." INLIGTINGSTUK /home/website/convert/temp/convert_html/5e3e311fe4fb3e5fb0287ffd/document.doc 1

Upload: others

Post on 22-Jan-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 1 Graad... · Web viewPietie gholfhemp en “navyblou” PT-broek of skoolsweetpakbroek en tekkies gedra word. Skoolrokkie met kort wit kouse en swart skoene. Met uitsonderlike gevalle

PIETERSBURG LAERSKOOL

"Waar elke kind vir ons belangrik is,hul sukses en geluk."

INLIGTINGSTUKGRAAD EEN : 2016

/tt/file_convert/5e3e311fe4fb3e5fb0287ffd/document.doc 1

Page 2: 1 Graad... · Web viewPietie gholfhemp en “navyblou” PT-broek of skoolsweetpakbroek en tekkies gedra word. Skoolrokkie met kort wit kouse en swart skoene. Met uitsonderlike gevalle

Die voordeel wat leerders slegs aan Pietersburg Laerskool het:

Hoogste standaard in waarde gedrewe onderrig, opvoeding en bemagtiging van u kind.

Gedifferensieerde onderrig wat ook voorsiening maak vir een jaar “brugklasonderrig” en “spesiale onderwys”

CAPS gebasseerde Mathegenius Wiskunde- program

Japtrap leesonderrig Hulpoteek Remediërende rekenaarklasse

/tt/file_convert/5e3e311fe4fb3e5fb0287ffd/document.doc 2

Page 3: 1 Graad... · Web viewPietie gholfhemp en “navyblou” PT-broek of skoolsweetpakbroek en tekkies gedra word. Skoolrokkie met kort wit kouse en swart skoene. Met uitsonderlike gevalle

INHOUDSOPGAWE

1. Aansoek om Toelating2. Visie 3. Missie4. Eerste Skooldag 5. Wagklas, Afhaal en Skoolbywoning van leerlinge6. Aankope7. Skooldrag / Pryse8. Merk van Klere en Benodigdhede9. Skoolgeld10. Naskool11. Buite-kurrukulêre Aktiwiteite 12. Terapie en Ondersteuningsfunksies13. Beweginspele14. Siekte15. Skooltye16. Afsprake17. Oueraand18. Jaarprogram19. School Comminicator – PLS Kitsnuus20. Beheerliggaam21. Kontakbesonderhede22. Macro & My School Card1. AANSOEK OM TOELATING:

Geagte Ouers

/tt/file_convert/5e3e311fe4fb3e5fb0287ffd/document.doc 3

Page 4: 1 Graad... · Web viewPietie gholfhemp en “navyblou” PT-broek of skoolsweetpakbroek en tekkies gedra word. Skoolrokkie met kort wit kouse en swart skoene. Met uitsonderlike gevalle

Dit is vir die Beheerliggaam en Skoolhoof 'n aangename voorreg om u mee te deel dat u kind toegelaat is tot Pietersburg Laerskool met ingang van 2016.Wees verseker dat dit vir ons skoolgemeenskap 'n groot eer en voorreg sal wees om u en u kind aan ons skool te verwelkom. Die vertroue word uitgespreek dat u verbintenis met ons skool 'n aangename ervaring sal wees waar u kind sukses en geluk sal beleef.

Ons bring graag die volgende baie belangrike doelwitte van Pietersburg Laerskool onder u aandag: Kwalitatiewe bemoeienis met elke kind aan ons skool. Elke kind fisies versorg en gevoed. Elke kind toegang tot 'n stabiele/gunstige kultuur van onderrig en leer - by die skool en tuis. Elke kind toegang tot moedertaal onderrig (Afrikaans). Elke kind toegang tot 'n hoë standaard onderrig en opvoeding. Elke kind toegang tot 'n goed beplande buitekurrikulêre program. Elke kind toegang tot opvoeding en onderrig gefundeerd vanuit die Woord van God, gebaseer op 'n

eie kultuur in ooreenstemming met die amptelike voorgeskrewe sillabusse.Bybelonderrig.

ELKE INSKRYWINGSVORM MOET VERGESEL WEES VAN 'N FOTOSTATIESE AFSKRIF VAN DIE GEBOORTESERTIFIKAAT.

2. VISIE:Elke kind 'n gelukkige en suksesvolle kind wat binne 'n gelukkige skoolgemeenskap in vrese van God-Drie-Enig onderrig en opgevoed word.

3. MISSIE:i. Die Onderrig-, Opvoeding- en Leer van ons Verbondskinders binne die Christelike Aard en karakter

van ons skool.ii. Moedertaalonderrig. Medium – Afrikaansiii. Die totale ontwikkeling en vorming van die kind op so ‘n wyse dat elkeen weerbaar sal wees vir die

toekoms: Geestelik Akademies Fisies Emosioneel Sosiaal

iv. Die opvoeding van ons kinders op so ‘n wyse dat hulle mense sal wees wat in ‘n persoonlike verhouding met hul Skepper staan en wie se geloof in gesonde lewenswaardes en ‘n positiewe lewensuitkyk weerspieël word.

v. Die akademiese begronding van elke leerling op so ‘n wyse dat: Elke kind suksesvol en gelukkig sal wees Elke kind akademies hul volle potensiaal sal verwerf Die hoogste akademiese standaard gehandhaaf word.

vi. Die bemagtiging van ons leerlinge op so ‘n wyse dat hulle alle vaardighede, vermoëns, tegnieke en inligting verwerf wat hulle nodig mag hê tot hul eie voordeel, maar ook in belang en voordeel van die breë gemeenskap.

vii. Die daarstelling van ‘n opvoedkundige verantwoordbare buitekurrikulêre program (sport, kultuur) met die klem op massa deelname en maksimum blootstelling as deel van die vorming en ontwikkeling van elke kind se karakter, persoonlikheid, waardestelsel, deursettingsvermoë en selfstandige denke en optrede.

viii. Kweek en bevordering van die volgende deugde by elke kind: Dissipline Netheid Eerlikheid Deursettingsvermoë Lojaliteit Respek

/tt/file_convert/5e3e311fe4fb3e5fb0287ffd/document.doc 4

Page 5: 1 Graad... · Web viewPietie gholfhemp en “navyblou” PT-broek of skoolsweetpakbroek en tekkies gedra word. Skoolrokkie met kort wit kouse en swart skoene. Met uitsonderlike gevalle

Volhardingix. Ontwikkeling van elke kind se leierseienskappe.x. Die uitbouing van die leerkultuur aan ons skool op so ‘n wyse dat elke leerling ‘n werktrots en ‘n

werksetiek sal ontwikkel.xi. Die bevordering en ontwikkeling van Pietersburg Laerskool se dinamiese en lewenskragtige aard en

karakter.xii. ‘n Oopdeur-beleid wat elke verbondsouer die geleentheid bied om sy reg uit te oefen tot

betekenisvolle inspraak in hul kinders se onderwys en opvoeding.xiii. Die bevordering van ‘n gesonde interouer-, kind-, onderwysersverhouding in die daarstelling van ‘n

onderwysvennootskap waarin elke rolspeler hul taak en verantwoordelikheid met entoesiasme en oorgawe aanpak.

xiv. Voortgesette personeelontwikkeling en indiensopleiding ten einde elke personeellid te bemagtig vir hul taak en roeping ten einde die hoogste standaard en kwaliteit onderwys vir elke kind te verseker.

Pietersburg Laerskool, waar ‘n kind nog kind kan wees – ons kyk ook na die kind se binnekant.Pietersburg Laerskool dui die koers en pad aan, want hy wat in ander se spore loop sal nooit iets ontdek nie.

4. EERSTE SKOOLDAG : (Ons Gr. 1’s kom bymekaar 1 dag voor die skole heropen vir die res van die skool se leerlinge.)

Nuwe Gr. 1 leerlinge mag op 12 Januarie 2015 dus in gewone klere skooltoe kom. Ouers en nuwe graad een leerlinge neem plekke in die saal in vir opening (07:10); Parkering: Plaveisel, langs die skoolsaal. Alle leerlinge wat reeds voor die eerste skooldag ingeskryf het, is alreeds in 'n klas ingedeel. U ontvang 'n lys van die indeling by die deure sodat u kan weet wie u kind se juffrou is.

Na opening beweeg die leerlinge na hulle onderskeie onderwyseresse soos wat die name op die lys verskyn. Leerlinge wie se name nie op die lys verskyn nie, bly in die saal agter sodat hul ingedeel kan word.

Daarna vertrek elke Gr. 1-leerling saam met sy ouers. Voltooi asb. alle vorms rakende inligting oor u kind wat nodig is en stuur die volgende dag terug.

5. WAGKLAS / AFHAAL & SKOOLBYWONING VAN LEERLINGE:i. Die wagklas (13:00 tot 13:25] is in u kind se eie klas waar u kind se juffrou toesig hou vanaf

13 Januarie 2016. Wanneer leerlinge meer tuis is, sal daar ‘n wagklas op 1 sentrale punt wees met een Gr. 1 juffrou aan diens. Die veiligheid van u kind is vir ons BAIE belangrik. Daarom vra ons dat u, u kind by die wagklas sal afhaal. Ons strate is baie besig en gevaarlik. U moet asseblief nie vir u kind oorkant 'n straat wag nie - hulle hardloop voor motors in.

Ouers word ook versoek om nie u kind af te haal en voor die ouer-boetie of -sussie se klas te gaan wag nie, aangesien dit steurend is vir klasse wat tot 13:25 besig is met onderrig.

ii. Afhaal van Graad 1-leerlinge in skooltyd:

Leerlinge mag onder geen omstandighede net by ‘n klas afgehaal word nie. U meld by die ontvangs aan en moet u self identifiseer. U ontvang ’n hekpas waarna u kind na die kantoor ontbied sal word. Geen leerling sal toegelaat word om saam met ’n maatjie, oom, tannie, ens. te gaan of afgehaal

word nie – ’n skriftelike versoek met afskrif van I.D. en kontaknommer van die ouers dien as voorvereiste voordat toestemming verleen sal word.

iii. Laaste skooldag van ’n kwartaal:

Dit is verpligtend vir leerders om skool by te woon tot op die laaste skooldag van ’n kwartaal. Indien die leerder nie die laaste skooldag van ’n kwartaal kan bywoon nie, moet daar eers vooraf skriftelike toestemming van die skoolhoof verkry word.

6. AANKOPE:

U kan die onderstaande items by een van die volgende besighede aankoop: PNA / Pick & Pay / Checkers / Game / Macro.

/tt/file_convert/5e3e311fe4fb3e5fb0287ffd/document.doc 5

Page 6: 1 Graad... · Web viewPietie gholfhemp en “navyblou” PT-broek of skoolsweetpakbroek en tekkies gedra word. Skoolrokkie met kort wit kouse en swart skoene. Met uitsonderlike gevalle

Skryfbehoeftes vir die Eerste Kwartaal: Alle benodigdhede MOET gemerk wees

1 Wit Skryfbordjie 1x White Board Marker (Penflex / Pentel Maxiflo) 2 x Pakke Uitdraaikryte (Steadler / Monami) 1 x Houtgom (Ponal) 1 x Houer Sneesdoekies 1 x Skerppunt – skêrtjie 1 x Houertjie wit bordkryt 1 x 50 sakkie A4 Flip File 1 Legkaart van 60 stukke 1 Sponsie / Stoflappie 1 x Inkleurpotlode (sagte punte) lang pakkie 3 x HB Potlode

Hierdie benodigdhede is slegs vir die eerste kwartaal.

Indien u kind se benodigdhede tog deur die kwartaal sou op- of wegraak, word versoek dat u dit asb. weer sal aanvul.

Kwaliteit van skryfbehoeftes is ononderhandelbaar. Dit is baie belangrik dat u kind se stel reeds die eerste skooldag volledig sal wees. Vermy asb. Skryfbehoeftes van “Chinese Mark” of “Crazy Store”.

7. SKOOLDRAG / PRYSE:

Somersdrag: Seuns Somersdrag: Dogters

Kort Khaki-hemp en –broekLang grys skoolkouse en swart skoene.

Met uitsonderlike gevalle soos deur afrigters van verskeie sporte en/of onderwysers bepaal en met die hoof se goedkeuring kan:

Pietie gholfhemp en “navyblou” PT-broek of skoolsweetpakbroek en tekkies gedra word.

Skoolrokkie met kort wit kouse en swart skoene.

Met uitsonderlike gevalle soos deur afrigters van verskeie sporte en/of onderwysers bepaal en met die hoof se goedkeruing kan:

Pietie gholfhempie en skoolsweetpakbroek;(Netbal / Hokkie rompie opsioneel indien onderwysers so reël) met kouse en tekkies gedra word.

Wintersdrag: Seuns Wintersdrag: DogtersSkoolsweetpak met Pietie-gholfhempie.Lang grys skoolkouse en tekkies (Skooltrui of “pullover” opsioneel)

OFKhakihemp en broek met lang grys skoolkouse en swart skoene. (Skooltrui of “pullover” en/of sweetpakbaadjie opsioneel)

Geen leerder mag ‘n sweetpak dra sonder dat hy/sy tekkies aan het nie!

Geen leerder mag hulle skoolsweetpakbaadjie om hul lyf vasbind nie!.

Tekkies is drafskoene. Geen ander “tekkies” sal toegelaat word nie.

Skoolsweetpak met Pietie-gholfhempie. Lang grys- of wit skoolkouse en tekkies (Skooltrui of “pullover” opsioneel)

OFSkoolrokkie met lang grys skoolkouse en swart skoene. (Skooltrui of “pullover” en/of sweetpakbaadjie).

Geen leerder mag ‘n sweetpak dra sonder dat hy/sy tekkies aan het nie!

Geen leerder mag hulle skoolsweetpakbaadjie om hul lyf vasbind nie!.

Tekkies is drafskoene. Geen ander “tekkies” sal toegelaat word nie.

KLERE:Rokke:

Roklengte – nie korter as 4 vingers bo die knie.Slegs “navy hotpants” onder die rokke

Kouse:Geen “secretsocks”Wit omgevoude enkelsokkiesWit / grys skoolkouse by skoolsweetpak

Skoene:Slegs swart skoolskoene.Geen “sneakers”/platvorm skoeneWit/navy tekkies by skoolsweetpak

LW! Januarie - April & September – November = Somersdrag Mei - Augustus = Wintersdrag

KLEREWINKEL: PRYSE & TYE

Atletiekhempies R250 SEUNS Khakiebroek (54-60) R130Baggy broek (24-26) R80 Khakiebroek (62-70) R140Baggy broek (28-34) R90 Khakiebroek (72-90) R150Baggy broek (36-44) R100 Khakiebroek (92-112) R160/tt/file_convert/5e3e311fe4fb3e5fb0287ffd/document.doc 6

Klere kan by die skool aangekoop word by Me. Suzette Schoeman.

Page 7: 1 Graad... · Web viewPietie gholfhemp en “navyblou” PT-broek of skoolsweetpakbroek en tekkies gedra word. Skoolrokkie met kort wit kouse en swart skoene. Met uitsonderlike gevalle

SEUNSEERSTE dogters rompie R270 Khakiehemp (29-33) R170EERSTE dogters rokkie R360 Khakiehemp (34-39) R180EERSTE dogters hempie R300 Khakiehemp (40-46) R190EERSTE seuns hemp R330 SWEETPAKKEEERSTE BAADJIE R310 Sweetpakbaadjie (24/26) R 220

Sweetpakbaadjie (28/30) R 230Gr. R baadjie R120 Sweetpakbaadjie (32/34) R 240Gr. R hempie (24/26) R90 Sweetpakbaadjie (36/38) R 250Gr. R hempie (28/30) R100 Sweetpakbaadjie (40/42) R 250Gr. R langbroekie R140 Sweetpakbaadjie (44/46) R 260

GOLFHEMP R150 Sweetpakbroek (24/30) R 140Sweetpakbroek (32/34) R 150

Hotpants (24-30) R110 Sweetpakbroek (36/38) R 160Hotpants (32-40) R120 Sweetpakbroek (40/42) R 160

Sweetpakbroek (44/46) R 170Kriekethemp wit R130

SWEMKLERE seuns R 110Lintrekkies R20 SWEMKLERE dogters R 150Sweetpakrekkies R30 SKOOLKOUSE (Grys) R 40Rokrekkies R30 SKOOLKOUSE (Hokkie) R 50

SKOOLKOUSE (Netbal) R 50Netbal/hokkie hemp R120 SERPE R 110Netbal/hokkie romp R140

PETTE R 50Pull-over (24-26) R110 Pull-over (28-34) R120 Truie (24-30) R 130Pull-over (36-42) R130 Truie (32-38) R 140

Truie (40-42) R 150Rugbybroek (24-30) R90

Rugbybroek (32-38) R100

ROK (5-6) R260ROK (7-11) R280ROK (12-16) R300ROK (17-20) R320

Alternatiewe tye vir u gerief: Maandae – Donderdae: 16 tot 26 November 2015: 07:15 – 07:45 & 11:-00 – 13:30Maandag – Donderdag: 30 November 2015 – 3 Desember 2015: 08:00 – 10:00Maandag & Dinsdag: 11 & 12 Januarie 2016: 08:00 – 13:00

HARE:

Seuns: Netjies, skoon en gekam Geen gel, waks of kleur Kuif wat in die oë hang moet gesny word. Hare wat aan die ore / kraag raak moet gesny of vasgemaak word. Hare mag nie langer as 4cm wees nie. Hare wat regop staan (so gestyleer) is ontoelaatbaar.Dogters: Netjies, skoon en gekam / geborsel Geen kleur of sonstrepe – indien oortree het leerder 5 dae tyd om die probleem reg te stel. Geen slierte, alles netjies weggebind en vasgesteek. Hare wat aan die onderpunt van die kraag raak is te lank – moet gesny word.

/tt/file_convert/5e3e311fe4fb3e5fb0287ffd/document.doc 7

KLEREWINKELTYE: NORMALE TYE OGGENDE: MIDDAE:Maandae: 07:15 - 07: 45 Gesluit Dinsdae tot Donderdae: 07:15 – 07:45 13:00 – 15:00Vrydae: 07:15 – 07:45 13:00 – 14:00

Page 8: 1 Graad... · Web viewPietie gholfhemp en “navyblou” PT-broek of skoolsweetpakbroek en tekkies gedra word. Skoolrokkie met kort wit kouse en swart skoene. Met uitsonderlike gevalle

Wanneer leerling skryf / werk mag die hare nie in die oë hang nie. Slegs navy, goud, silwer en bruin bykomstighede (geen “butterflies”)

LW! Leerlinge met kopluise word onmiddellik huis toe gestuur.

Slegs die leerlinge wat in ons skool se amptelike atletiekspan opgeneem word, moet atletiekdrag koop. U sal per brief in kennis gestel word.Ons verkies dat die graad een leerlinge vir die duur van die eerste kwartaal kaalvoet skool toe kom. Ons is besig met atletiek en dit mors baie tyd om die skoene aan en uit te trek - en te soek. As u dit wel wil aantrek vir die neem van foto's die eerste skooldag, is u welkom. Elke Gr. 1-leerling moet ook ‘n blou skool Gholfhempie en baggy-broek hê vir bewegingspele.

Ons wil onder hierdie opskrif ook die belangrikheid van 'n goeie, stewige skooltas benadruk. 'n Groot rugsak verniel ons kinders se boeke. Belê asseblief in 'n "groot" skooltas waarin daar vir u kinders se boeke, twee skoene, 'n kosblik en ‘n A4-knipsak plek is.

8. MERK VAN KLERE EN BENODIGDHEDE:

ALLE klere (kouse, truie, hemde, broeke, skoene, - letterlik ALLES) moet asseblief gemerk wees. So kan ons die regte eienaar van verlore klerasie opspoor en dan ook vir u baie geld bespaar. Dieselfde geld ook vir al u kind se skryfbehoeftes ens. As elkeen se "eiendom" dus deeglik gemerk is, vergemaklik dit ons taak baie.

9. SKOOLGELD:

Pietersburg Laerskool: Vanaf graad R tot graad 7:

a. Die betaling van skoolgelde gehef, ‘n verpligte betaling is in terme van die SA skolewet.

b. Die skoolgelde vir 2016 is tydens die Begrotingsvergadering op Donderdag, 29 Oktober 2015 deur die ouers van Pietersburg Laerskool goedgekeur.

Skoolgelde word aan die begin van elke maand gehef. Vasgestelde skoolgelde: R950 per leerder per maand vir 11 maande van die jaar.

R950 x 11= R10 450 per jaar per leerder

Indien die volle skoolgelde vir die betrokke jaar voor of op 16 Februarie 2016 vereffen word, word korting van 5% toegestaan.

(R950 x 11) - 5 % = R10 450 - 5%= R10 450 - R523= R9 927 per leerder

Subsidie aansoeke:

Geen subsidies of reëlings van 2015 word oorgedra na 2016 nie – dit verval in totaliteit. Nuwe aansoek moet ingedien word tussen 15 Januarie 2016 en 16 Februarie 2016. Ouers wat kwalifiseer vir subsidie vir 2016 sal moet diens verrig by die skool as tenprestasie vir

subsidie ontvang.

c. Kragtens Artikel 39 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, is alle partye wat hulle kind(ers) in Pietersburg Laerskool ingeskryf het, aanspreeklik om verpligte skoolgelde te betaal.

Kragtens Artikel 40 van die Suid-Afrikaanse Skolewet, mag die skool betaling van hierdie verpligte

/tt/file_convert/5e3e311fe4fb3e5fb0287ffd/document.doc 8

Page 9: 1 Graad... · Web viewPietie gholfhemp en “navyblou” PT-broek of skoolsweetpakbroek en tekkies gedra word. Skoolrokkie met kort wit kouse en swart skoene. Met uitsonderlike gevalle

gelde afdwing. In terme van wetgewing is Pietersburg Laerskool as ‘n “Schoolfee” Q5-skool gegradeer.

* Die skoolgeld is maandeliks vooruitbetaal voor die 7 de dag van elke maand.* Rente sal gehef word op agterstallige skoolgeld soos wetlik bepaal.* Geen nuwe skoolkwartaal kan begin word indien daar nie reëlings getref is ten opsigte van

agterstallige skoolgeld nie.* ‘n Rekening sal maandeliks aan u besorg word. * Geen terugbetaling vir afwesighede word gedoen nie.* Skoolgeld word by skool se finansiële kantoor inbetaal. Onderwysers ontvang dit glad nie!* Indien u enige ander geld saam met u kind stuur, moet u duidelik op ‘n koevert; skryf waarvoor

dit is, asook u kind se naam + van en sy klasnaam. Ons ontvang geen los geld nie.

Die skool se bank besonderhede vir die skoolgeld is volg:

Bank: ABSARek naam: Pietersburg LaerskoolRekening: TjekrekeningRek no: 01029470100Takkode: 632005Verwysing: Rekening no. + Kind se naam + Gr.

Faks no: 0865904386 vir betalingsbewys

10. NASKOOL:

Hoe skryf ek by die Naskool in?

Alle Naskool-aansoekvorms vir 2016 sal deur die hoof van die Naskool, Stephanie Visser aan die begin van 2016 verskaf word. Die vorms sluit in ‘n inligtingsblad, debietorder en inskrywingsvorm.

Naskool se telefoonnommer: 0839617806 Naskool e-pos adres: [email protected] Die inskrywingsvorms kan afgehaal word by die Naskoolkantoor. Die Naskool is 'n diens wat ons graag aan ons werkende ouers bied en word onafhanklik deur die

Beheerliggaam van PLS bestuur. Dus staan die Naskool direk onder die beheer van die Beheerliggaamslid aan wie die portefeulje toegeken is.

Die Naskool bied:

* 'n Veilige, gelukkige en interessante omgewing.* Vriendelike personeel, wat omgee vir jou kind.* Hulp met voltooiing van huiswerk.* Aanleer van goeie studiegewoontes.* Sosiale interaksie met maats van eie portuurgroep.* Heerlike toebroodjies en versnaperings.* Dis maklik en gerieflik vir die kinders wat sport beoefen en skakel heen en weer ryery uit vir die ouers.* Een-dag-diens vir ouers in nood teen R50-00 per dag. U is welkom om u kind vir een dag om volgens

behoefte in te skryf. Stephanie Visser van die Naskool kan geskakel word. Die bedrag van R50-00 per dagfooi moet verkieslik vooruit by die skool se finansiële kantoor inbetaal word en die kwitansie moet aan die Naskoolhoof gegee word.

Gr. R en gr. 1 word saam geakkommodeer by die Junior Naskool. Die Junior Naskool word gehuisves op die graad R speelgronde.

Nuwe naskoolkinders van ander skole is welkom om die Naskoolhoof te skakel by 083 961 7806 ([email protected]) vir ‘n vorm en brosjure of enige ander navrae.

Die Naskoolgelde vir 2016 sal ook gedurende Oktober 2015 tydens die skool se Begrotingsvergadering vasgestel word:

/tt/file_convert/5e3e311fe4fb3e5fb0287ffd/document.doc 9

Page 10: 1 Graad... · Web viewPietie gholfhemp en “navyblou” PT-broek of skoolsweetpakbroek en tekkies gedra word. Skoolrokkie met kort wit kouse en swart skoene. Met uitsonderlike gevalle

NASKOOLGELDE ( Graad R – Graad 7)

PM PJ1 Kind R480 R52802 Kinders R760 R83603 Kinders R920 R101204 Kinders R1130 R12430

Indien die volle naskoolgelde vir die betrokke jaar voor of op 16 Februarie 2016 vereffen word, word korting van 5% toegestaan.

AFSLAG TOTAAL1 Kind R264 R50162 Kinders R418 R79423 Kinders R506 R96144 Kinders R622 R11808

Geen subsidies kan ongelukkig by die naskool toegestaan word nie.

Let asseblief op dat die Naskool gebruik maak van ‘n ander bankrekening as PLS.

Die Naskool se bankbesonderhede is as volg:

Bank: ABSARek naam: PLS OpvoedingsinstituutRekening: TjekrekeningRek no: 4069002645Takkode: 632005Verwysing: Rekening no. + Kind se naam + Gr.

U sal 'n aparte rekeningstaat ontvang vir die Naskool en let asseblief op dat die rekeningnommers ook effe verskil van die skool s’n. Kinders wat van Werk-en-Wen afkomstig is se rekeningnommers word oorgedra na die skool toe. Nuwe rekeningnommers sal toegeken word aan kinders van ander skole sodra die aansoekvorm voltooi is.

Ouers word versoek om toestemming te gee op die aansoekvorm vir 'n debietorder ten einde administrasie te vergemaklik. Indien u van internet oorbetalings gebruik maak onthou asseblief om die betaling te skeduleer sodat die betaling op die EERSTE dag van elke maand in ons rekening reflekteer. BAIE BELANGRIK: DIE REKENINGNOMMER, U KIND SE NAAM EN GRAAD AS VERWYSING!!!

Geen kind sal vir Januarie 2016 gratis toegelaat word by die Naskool nie. Register word gehou vanaf dag een en ouers sal aanspreeklik gehou word vir die kostes.Die Beheerliggaam het die reg om ouers wat nie binne 30 dae Naskool-fooie betaal nie, se kinders toestemming te weier totdat alle agterstallige fooie betaal word.Tye is vanaf 12:45 tot 17:15. In 'n NOODGEVAL moet die Junior Naskool gekontak word by 073 598 4804. Omdat ons in die verlede ouers gehad het wat gereeld laat gekom het is 'n boete van R50.00 vir elke 15 minute (of ’n gedeelte daarvan) ingestel. Dit word dan by die rekening gevoeg en is saam met die einde van die maand se bedrag betaalbaar.Indien 'n leerling nie die Naskool kan bywoon nie, moet die ouer of voog ons skriftelik of telefonies (sms) van die reëling in kennis stel. Indien ‘n kind nie by die Naskool aanmeld nie, neem ons aan dis MET U TOESTEMMING. Indien u wil hê dat ons u moet skakel in geval van afwesigheid, moet u asseblief die koste daarvan dra R5,00 – teken aan op Registrasievorm. Geen leerder mag elders afgehaal word as by die Gr. R-gronde nie. Alle leerders MOET deur hul ouers/voogde uitgeteken word - nie boetie of sussie nie. Geen kinders sal toegelaat word om die terrein te verlaat nie, tensy soos hierbo gereël - ter wille van hulle eie veiligheid.

Kennisgewing moet 'n maand vooruit skriftelik gegee word andersins sal u aanspreeklik gehou word vir die /tt/file_convert/5e3e311fe4fb3e5fb0287ffd/document.doc 10

Page 11: 1 Graad... · Web viewPietie gholfhemp en “navyblou” PT-broek of skoolsweetpakbroek en tekkies gedra word. Skoolrokkie met kort wit kouse en swart skoene. Met uitsonderlike gevalle

maand se fooie.

11. BUITEKURRIKULêRE AKTIWITEITE:By ons skool word die volgende buitekurrikulêre aktiwiteite vir graad een leerlinge aangebied:

Die leerlinge kan kies tussen:

* Atletiek* Rugbyvaardighede* Netbalvaardighede* Tennis

* Krieketontwikkeling* Hokkievaardighede* Skaak* Junior Koor

* Redenaars* Kitaarlesse* Eisteddfodd & Ander Kunstefeeste

12. TERAPIE EN ONDERSTEUNINGSFUNKSIES:12.1 HELPGRAAG TERAPIESENTRUM

Die Helpgraag-terapiesentrum ondersteun leerlinge ten einde bepaalde knelpunte met remediëring reg te stel. Die sentrum word deur Me. Carina van Niekerk hanteer en alle leerlinge, ook die wat akademies sterk is kan inskakel. Aandag word veral gegee aan Afrikaans, Engels, Wiskunde en verskeie leervaardighede. Tans word 220 verskillende opvoedkundige programme gebruik.Kostes beloop R55,00 per uur.

Hierdie is 'n unieke sentrum, die enigste in die land waarsonder ons kindersnie kan nie!

12.2 SKOOLSIELKUNDIGESMnr. Marius Liebenberg - 082 9632 054 / 015-295 9265Dr. Vincent Cloete - 082 9253 519 / 015 295 6943Bekende sielkundiges wat ons uithelp met die identifisering en behandeling van leerlinge met ernstige leerprobleme, gedragsafwykings en traumatisering.

12.3 ARBEIDSTERAPIEWanneer leerlinge arbeidsterapie benodig, word hulle verwys na ‘n arbeidsterapeut van u eie keuse. Me. Elsabé Krone het ‘n samewerkings-ooreenkoms met die skool en ‘n deeglike program in samewerking met die onderwyseres word uitgewerk en gevolg om die probleem op te los.

Kontaknommer: 015-296 0528 of Prov. Hospitaal: 015 – 287 5381/2/3

12.4 SPRAAKTERAPIEErnstige spraakprobleme en spraakafwykings word deur Me. Ronel Kilian of Me Petro van Beeck, in samewerking met die ouers en tuisoefeninge gedoen.

12.5 STIMULUS MAKSIMAStimulus Maksima bied ‘n ontluikleesprogram vir Gr.1-leerders aan waarin ons poog om in samewerking met die Gr. 1-onderwyseres die volgende te bemeester en vas te lê: 26 klanke (ouditief) 26 letters (simbole : visueel) lang klanke toepassing van die klank (eerste / middel / laaste) bou van woorde lees van hoë frekwensie woorde

Gelyktydig hiermee stel ons die leerdertjies bekend aan die Stimulus Maksima - Reading Rocket leesprogram. Ons doen oogopwarming – (visuele diskriminasie oefeninge), akkuraatheidsoefeninge (flitsoefeninge) en spelling (ook flitsoefeninge van woordjies wat neergeskryf en ingetik word). Sodra die leerders leesstukke kan hanteer, volg eenvoudige leesstukke waarna hulle vrae moet beantwoord. U kind leer dus van meet af aan om met begrip te lees. Ons sien daarna uit om u van hulp te wees.

Kantoor: 015 – 298 8260 of 072 222 4050

13. BEWEGINGSPELE:Dit is van groot belang dat leerlinge in totaliteit ontwikkel en groot-motoriese vaardighede vorm ‘n integrale deel hiervan.

/tt/file_convert/5e3e311fe4fb3e5fb0287ffd/document.doc 11

Page 12: 1 Graad... · Web viewPietie gholfhemp en “navyblou” PT-broek of skoolsweetpakbroek en tekkies gedra word. Skoolrokkie met kort wit kouse en swart skoene. Met uitsonderlike gevalle

Die graad 1’s doen 1 x per week ‘n georganiseerde beweginspele-les.

14. SIEKTE:Kinders wat reeds voor skool werklik siek is, moet asseblief nie skool toe gestuur word met die opdrag dat u geskakel moet word indien hy/sy sieker word nie. Hou die kind liefs tuis. Waak egter daarteen om 'n kind onnodig uit die skool te hou. Na elke afwesigheid moet ons asseblief 'n skriftelike verskoning ontvang.

15. SKOOLTYE:

Die skool begin elke dag 07:10.Sluitingstyd vir Gr. 1’s is 13:00.Wagklas is van 13:00 tot 13:25.Senior leerlinge verdaag om 13:25.

16. AFSPRAKE:

16.1 Algemene afsprake:Dit is vir algemene knelpunte rakende die kind.

Die beste tyd om die klasonderwyseres te spreek is vanaf 12:45 tot 13:25. Skakel asseblief vooraf en maak 'n afspraak sodat u seker kan wees dat die personeellid beskikbaar is.

16.2 Buite-kurrikulêre aangeleenthedeIndien u enige buitekurrikulêre aangeleenthede wil bespreek, kan u die afrigter of organiseerder skakel.

Die lys van afrigters/organiseerders word D.V. 2016 aan die begin van die jaar aan u gestuur.

17. OUERAAND:Ons eerste graad een oueraand word gehou op Woensdag, 2016-01-13 om 17:30 in die skoolsaal. Verdere inligting sal dan aan u verskaf word. 'n Beroep word op u gedoen om nou alreeds u program so te reël dat albei ouers teenwoordig kan wees.

18. JAARPROGRAM:Die skool se jaarprogram word in 2016 aan graad een-leerlinge gegee. Alle nuwe leerlinge aan Pietersburg Laerskool ontvang ‘n gratis program.

Ons skool se deur staan altyd oop - u moet nie huiwer om ons oor enige saak te kom spreek nie.

Die skoolkalender vir 2016 as volg:

2016Kwartaal Tydsduur

Aantal weke Aantal dae Aantal publieke

vakansiedaeAantal

Skooldae1 (11) 13 Januarie – 18 Maart 10 (50) 48 0 (50) 482 05 April – 24 Junie 12 59 3 + 1 553 18 Julie – 30 September 11 55 1 + 1 534 10 Oktober – 07 (09) Desember 09 (45) 43 0 (45) 43

Totaal: 42 (209) 205 4 + 2 (203) 199

NB! Die inligting in hakies ( ) is van toepassing op die personeel.

Publieke Vakansiedae:

1 Januarie – Nuwejaarsdag21 Maart – Menseregtedag25 Maart – Goeie Vrydag28 Maart – Familiedag27 April – Vryheidsdag

1 Mei – Werkersdag2 Mei – Publieke vakansiedag16 Junie – Jeugdag17 Junie – Skoolvakansiedag8 Augustus - Skoolvakansiedag

9 Augustus – Nasionale Vrouedag24 September – Erfenisdag16 Desember – Dag van Rekonsiliasie25 Desember – Kersdag26 Desember – Welwillendheidsdag

19. SCHOOL COMMUNICATOR – PLS KITSNUUSWil u elke dag op hoogte wees van die aktiwiteite en nuus in die skool?Maak die “School Communicator deel van u allerdaagse kommunikasiemiddel en laai dit gerus op u rekenaar!Tik "D6 School Communicator" in by GOOGLEKies Pietersburg Laerskool

/tt/file_convert/5e3e311fe4fb3e5fb0287ffd/document.doc 12

Page 13: 1 Graad... · Web viewPietie gholfhemp en “navyblou” PT-broek of skoolsweetpakbroek en tekkies gedra word. Skoolrokkie met kort wit kouse en swart skoene. Met uitsonderlike gevalle

Kies Windows of MacKies "RUN" opsie

20. BEHEERLIGGAAM: PORTEFEULJE& KONTAKBESONDERHEDE:Naam Selnr Epos adres BenamingOuerkomponentPierre de Ru 0834225366 [email protected] VoorsitterAdriaan Geldenhuys 0825229393 [email protected] FinansiesDave Retief 0823199460 retiefdasaps.gov.za Vervoer / Veiligheid en SekuriteitMarietjie Botha: 0798739815 [email protected] Naskool / Pre-primêre OnderwysDebbie Hartslief: 0824482599 [email protected] Leerderaangeleenthede / SkooldragJeannine Zanna 0827098056 [email protected] Personeel- en ArbeidsverhoudingeSkoolhoofPeet Bredenkamp 0798805808 [email protected] HoofPersoneelkomponentReinette Greyling 0825654018 [email protected] Personeel KomponentJan Carl Holtzhausen 0781141121 [email protected] Personeel KomponentJohan Müller 0820906179 [email protected] Personeel KomponentGe-koöpteerde ledeHeinrich Swartz 0828089216 [email protected] Ouer-./FondsinsamelingskomiteeChristo v d Heever 0837016972 [email protected] Infrastruktuur/Terrein en VoorraadChris de Klerk: 0834572127 [email protected] Buite kurrikulêre aangeleenthedeMonica Strauss 0722790341 [email protected] Werk en Wen HoofDebbie Hartslief 0824482599 [email protected] SekretaresseNie PersoneelkomponentAntionette Potgieter 015-2959062 [email protected] Finansies

21. KONTAKBESONDERHEDE:Adres: Pietersburg Laerskool Skool tel no: 015-295 9062

Voortrekkerstraat 52 Faks no: 015-295 2146Polokwane0699

E-pos adresse: Skool

[email protected] - Mnr. Peter [email protected] - Mev. Annelie [email protected] - Mev. Debbie [email protected] - Mnr. Jan Carel [email protected] - Mev. Antoinette [email protected] - Mnr. Peet [email protected] - Mnr. Peter [email protected] - Mev. Suzette Schoeman [email protected] - Mev. Dalene van der [email protected] - Mev. Kathy [email protected] - Mnr. Johan van [email protected] - Mev. Reinette Greyling (grondslagfase-hoof) [email protected] - Mev. Christa Venter

22. MACRO- & MY SCHOOL CARD:Die skool loots weer volgende jaar die “Macro & My School Card” projek. Elke keer as u as ouer aankope doen by sekere winkels en u kaart voorlê, dra u ook finansieël by tot Pietersburg Laerskool. U kan ook u vriende en familie versoek om so ‘n kaart te bekom, en aan Pietersburg Laerskool as begunstigde te noem so ‘n bydrae maak in belang van u kind.

Ons is trots daarop dat u ook nou deel van Pietersburg Laerskool is. Mag u en u kind se verbintenis met ons skool 'n besondere ervaring wees!

BAIE WELKOM!

___________________________MNR. P. H. BREDENKAMP/tt/file_convert/5e3e311fe4fb3e5fb0287ffd/document.doc 13

Page 14: 1 Graad... · Web viewPietie gholfhemp en “navyblou” PT-broek of skoolsweetpakbroek en tekkies gedra word. Skoolrokkie met kort wit kouse en swart skoene. Met uitsonderlike gevalle

HOOF:

/tt/file_convert/5e3e311fe4fb3e5fb0287ffd/document.doc 14