151 15.2.8.3 die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te...

31
151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf wat k1aarb1yk1ik bewus moet wees van die vertrou1ike aard van die beraads1agings in kamers tussen lede van die regbank. 15.2.8.4 Die regsgeleerdes huiwer geen oomblik om die privilegie van die beraadslagings tussen Regter en assessore te skend nie deur te probeer vasstel wat daar gebeur het en om in die proses n voorrnalige lid van die bank aan te moedig om daardie privilegie te skend. 15.2.8.5 Dr. Joubert word onder geen twyfel gelaat nie dat die privilegie geskend moet word met die uitsluitlike doel om die verhoor se voortsetting te verongeluk of dat die Verhoorregter en ander ' assessor hulle MOET rekuseer nie, en dan: "It is important for the purpose of the application which our clients intend to bring to have accurate information concerning the circumstances relevant to the Judge's ruling."

Upload: others

Post on 30-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

151

15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf

wat k1aarb1yk1ik bewus moet wees van die

vertrou1ike aard van die beraads1agings in ~

kamers tussen lede van die regbank.

15.2.8.4 Die regsgeleerdes huiwer geen oomblik om die

privilegie van die beraadslagings tussen

Regter en assessore te skend nie deur te

probeer vasstel wat daar gebeur het en om in

die proses n voorrnalige lid van die bank aan

te moedig om daardie privilegie te skend.

15.2.8.5 Dr. Joubert word onder geen twyfel gelaat

nie dat die privilegie geskend moet word met

die uitsluitlike doel om die verhoor se

voortsetting te verongeluk of dat die

Verhoorregter en ander 'assessor hulle MOET

rekuseer nie, en dan:

"It is important for the purpose of the

application which our clients intend to

bring to have accurate information

concerning the circumstances relevant

to the Judge's ruling."

Page 2: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

152

15.2.8.6 Dr. Joubert word versoek om die geprivili-

geerde inligting onder eed te bevestig en

word die spesifieke aspekte waaroor inlig­~

ting verlang word, gespesifiseer. Al

hierdie aspekte is belangrik. Tog is dit

opvallend hoedat hy telkens om kommentaar

gevra word. Dit kan Dr. Joubert noodwendig

slegs beantwoord deur kritiek teenoor

die Verhoorregter te lewer sien bv.

paragrawe 3, 4, 5, 6 en 7.

Petisie, Vol. 3, p.243 reel 30 - p.243

reEH 30.

15.2.8.7 Die inhoud van die brief bevestig sonder

enige twyfel dat beplan was om Dr. Joubert

ex post facto teenoor Sy Edele die Verhoor-

regter af te speel . en om 19. in diskre-

diet te bring. Dr. Joubert se reaksie het

dan ook sonder eniqe twyfel bewys dat hy

homse1f volkome hiermee vereenselwig het.

Page 3: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

15.2.9

153

Dit is dan ook wat in werklikheid gebeur het

en nog steeds gebeur. Di t is die metode

aangewend om die voortsetting van die saak ~

ex post fact te vernietig.

Die handhawing van die privilegie van die

beraadslagings in kamers is n gesonde regs-

beginsel wat die vrylike verwisseling van

menings in die soeke na die waarheid groot-

Iiks bevorder. Dit moet ten aIle koste

gehandhaaf word sonder vrees van n "rugste-

kery" • As konsensus nie bereik kan word

nie, word dit opgelos deur minderheids- en

meerderheidsuitsprake.

Deur die hantering van die Dr. Joubert-

insident om ex post facto en deur skending

van die privilegie van beraadslagings in

kamers, word benadruk hoe maklik n verhoor

verongel uk kan word. Hier het n vyandige

Page 4: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

154

assessor wat alreeds sy voorkeure verklaar

het, 'n guIde geleentheid om 'n verhoor te

verongeluk deur die eerbaarheid en integri­~

teitvan 'n Regter aan te val en in diskre-

diet te bring deur waarhede, halwe waarhede

en leuens. Dit is dan ook wat werklik in

hierdie saak gebeur het en het Dr. Joubert

seker gereken dat Sy Edele die Verhoorregter

nie ex post facto kan of sou reageer op sy

aanslag nie.

Petisie, Vol. 4, p.333 reel 20-30.

Petisie, Vol. 4, p.344 reel 11-29.

15.3 Die maak van die ex post facto verklaring deur Dr.

Joubert beklemtoon 'n aantal belangrike feite wat nie

aIleen verdag en vreemd opval nie, maar beslis van

betekenis is.

15.3.1 Voorheen was Dr. Joubert nie bereid om sy

deelname . aan die MSC te verduidelik nie;

Page 5: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

15.3.2

155

Volgens sy eie beedigde bevestiging selfs

nie eers in die ope-Hof as Sy Edele die

Verhoorregter hom 'n geleentheid gebied het ~

om dit te doen nie.

In sy ex post facto verklaring en op aan-

drang van die beskuldigdes, blykbaar omdat

hulle dit wil gebruik om die verhoor se

voortsetting te vernietig, is hy bereid om 'n

verduideliking te gee. Nogtans verklaar hy

nie sy aanvanklike leuen aan Sy Edele die

Verhoorregter nie.

Dit is opvallend hoedat die verklaring wat

Dr. Joubert na ' bewering beplan het om aan

verskeie instansies te stuur, voldoen aan

die inligting aangevra deur die beskuldigdes

in die brief van 12 Maart 1987. Is die

ander instansies wat hy na bewering wou

inlig nie slegs 'n rookskerm om te verbloem

Page 6: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

15.3.3

15.3.4

156

dat hy met die beskuldigdes n komplot gedeel

het om die voortsetting van die verhoor te

vernietig nie. ~

Watse belang het hierdie

ander instansies gehad in sy ontheffing?

Petisie, Vol. 3, pp.242-243 en

Petisie, Vol. 2, p.95 reEH 22 - p.96

reeH 9.

Dat, om die verhoor te vernietig, was dit

noodsaaklik dat inligting beskikbaar word

wat pertinent die integriteit van die bank

aanval en dat n beeld geskep word van n

onregverdige verhoor, en dit is wat Dr.

Joubert ex post facto op aandrang van die

beskuldigdes doen.

Dit is belanghebbend en "betekenisvol dat die

beskuldigdes lank voor die Staat of die

regbank, wat ook genoem word as belangheb-

bende partye, beskik het oor die ex post

facto verklar ing van Dr. Joubert. Is dit

Page 7: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

157

die geval omdat Dr. Joubert se verklarinq

juis bedoel was vir die beskuldigdes in

antwoord op hul brief, en die ander partye

soos reeds ~genoem, slegs n rookskerm was.

Hoekom ' word die Staat en Verdediging spesi-

fiek ingesluit in Dr. Joubert se lys van

belanghebbende partye as hy as regsman

geweet het di t kan net verdagsaaiery tot

gevolg he.

15.3.5 Dr. Joubert het baie beslis as geleerde

regsman met baie praktiese ondervinding

geweet dat om aan· die beskuldigdes se

versoek te voldoen hy noodwendig die privi-

legie van beraadslagings tussen Regter en

Assessore in kamers sou skend. Dit het hom

geensiris gestuit in sy vasberadenheid om die

ve~hoor ex post facto te vernietig nie.

Page 8: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

158

15.4 Die ex post facto verk1aring van Dr. Joubert was met

respek op sigse1f n getuigskrif van sy vasberadenheid

om aan die besku1digdes die ammunisie te verskaf om

~ die verhoor te vernietig. Baie faktore tree daarin

sterk op die voorgrond waarvan ons slegs enkeles gaan

uitlig:

15.4.1 In die eerste verklaring probeer Dr. Joubert

nie eers om sy onwaarheid met sy aanstelling

te verduide1ik nie en bly daardie leuen

steeds onbetwis staan.

15.4.2 Dit is met respek verregaande dat Dr.

Joubert nou, soos versoek deur en vir die

doeleindes van die beskuldigdes, (sien

paragraaf 3 ev van die brief Petisie, Vol 3

p.242 reels 10 - p.243 reel 1 en p.242 reels

30-4~, n geregverdige bevinding van die

Verhoorregter met die mees krasse taal en

bewerings aanva1 en afkraak. Wat nog meer

afkeurenswaardig is, is die feit dat die

Page 9: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

159

beskuldigdes hierdie bewerings aangryp en

aanwend om die verhoorregter se karakter aan

te val. Dit kom met respek neer op een van

~ die ergst~ gevalle van minagting van die Hof

-denkbaar.

"3. I do not accept that the presiding

judge acted lawfully in terms of the

Criminal Procedure Act. I do not

accept, aside from the provisions of

that statute, that the presiding judge

acted properly or fairly in purporting

to exercise any statutory or other

powers so as to dismis me from my

office. I regard my self as still

being subject to the public undertaking

I gave to give a true verdict on the

charges bro~ght against the accused."

Petisie, Vol. 2, p.79 reel 7-15.

Hoedat enige denkende mens sulke verregaande

stellings kan maak, gaan die verstand te

bowe. Dit ignoreer totaal die feite van die

saak. Dit was Dr. Joubert wat n 1euen

vertel het om sy assosiasie met UDF weg te

steek; Dit is Dr. Joubert self wat s y

assosiasie en steun aan UDF verk1aar het;

Page 10: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

160

Dit is Dr. Joubert self wat versuim het om

sy regsplig na ' te kom en aan Sy Edele die

Verhoorregter enige soort van verduideliking

te verskaf; ~ Dit is Dr. Joubert self wat Sy

Edele die Verhoorregter in die situasie

geplaas het waar hy volgens geldende regsbe-

ginsels verplig was om Dr. Joubert te onthef

van sy amp.

Juis die fei t dat die beskuldigdes hierdie

mening van Dr. Joubert spes ifiek ui tgelok

het en gepaardgaande met die fei t dat Dr.

Joubert dit op sulke kwetsende algemene

stellings maak, en die beskuldigdes daarvan

gebruik maak, bevesti~ onomstootlik die

bestaan van n plan en ook tot watter uiter-

stes hulle bereid is om te gaan ten einde n

kunsmatige situasie te skep van n onregver-

dige verhoor.

Page 11: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

15.4.3

161

Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

hier oordra, behoef geen verdere betoog nie.

Die voorgaande stelling gebruik Dr. Joubert

~ dan in paragraaf 3 van sy verklaring as

grondslag vir 'n aansl~g op die wyse waarop

die onderhawige verhoor deur Sy Edele die

Verhoorregter hanteer is. Dit is met die

grootste respek pateties hoe hy homself

probeer regverdig om die vertroulike aard

van die beraadslagings in kamers te skend,

om sodoende 'n skreiende en onware aanval op

Sy Edele die Verhoorregter te loeds:

"I consider myself to be under a duty

to make known certain of these facts to

those responsible for the administra­

tion of justice in this country. I do

so reluctantly. Th~s is not only since

I myself will in the last instance bear

alone the heavy burden of disclosure,

but also because I am aware that the

disclosure ef these facts IT.v have an

impact upon the continued conduct of

Page 12: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

162

the Delmas trial. But my conscience as

an individual, my duty as one

who undertook an oath to give a true

verdict in the trial and my anxious

concern as a lawyer for the administra­

tion Of~ justice through the · courts of

law in this country compel me to make

this report."

Petisie, Vol. 2 p.79 reel 20 - p.8

reel 7.

Di t is ons respekvolle betoog dat hierdie

sg. eerbare motiewe nie oortuig nie. Soos

reeds genoem was hierdie verklaring volgens

aIle aanduidings n deel van n komplot om die

voortsetting van die verhoor ex post facto

te vernietig. Hierdie verklaring is volgens

aIle feite n direkte antwoord op die versoek

van die beskuldigdes en wat meer is, n

antwoord volgens die patroon voorgestel in

die skrywe van die beskuldigdes. S005 in

para. 4.2 supra duidelik blyk, word die

werklike feite en geldende regsbeginsels

Page 13: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

163

geheel en al geIgnoreer of verdraai om die

verhoor ex cost facto te vernietig.

~ Die vraag kan met reg gevra word of Dr.

Joubert werklik bona fide was. Hy was

volgens die onbetwisbare feite nooit bereid

om enige verduidelikins aan die Verhoorhof

te gee nie en dit beklemtoon hy ook spesiaal

in paragraaf 32 van sy verklaring. Daar-

teenoor verklaar hy dan herhaaldelik dat hy

nie n geleentheid gebied was om n verduide-

liking te verskaf nie. Sien paragrawe 23,

24, 25, 26, 29, 30 en 31. Dit is met respek

'r. duidelike inherente weerspreking en juis

sy self-verklaarde vasberadenheid bevestig

dat hy 'n onwaarheid vertel as hy verklaar

dat hy geen geleentheid gehad het om te

verduidelik nie. Dit ~vord verder ook

bevestig deur die volgende:

Page 14: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

15.4.3.1

164

Toe Dr. Joubert op 9 Maart 1987 bekend

gemaak het dat hy die MSC verklaring onder-

teken het, het hy geen verduideliking gegee

~ nie.

Sien Petisie Aanh~ngsel A, Vol. 4 p.259

reels 8-15.

In sy verklaring in paragraaf 21, verklaar

Dr. Joubert dat hy weI redes verskaf het.

Dit is beslis n onware stelling en bots met

sy stellings in die paragrawe hierbo genoem

en veral met die volgende:

"25. The presiding judge did not give

me any opportunity of being properly

heard on the question as to why I

should recuse myself. I had good

reasons why I did . not wish to recuse

myself."

Die leuenword ook bevestig deur paragraaf

32.

Page 15: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

165

Dit was in elk geva1 die aangewese oomblik

om daar aan die Verhoorregter te verduidelik

omtrent sy assosiasie met UDF. Dit het hy

~ nie gedoen en blameer hy die Verhoorregter

vir sy eie versuim.

15.4.3.2 Dit is ook baie duidelik dat Dr Joubert die

volle implikasies van sy verklaring begryp

het want direk daarna toe die Hof hervat het,

het hy spesiaal die moe i te gedoen om die

MSC-verklaring te gaan lees.

Petisie Aanhangsel A, Vol. 4 p.259 reels

15-19.

Toe die nof daarna verdaag het, het Dr.

Joubert verdwyn. As dit vir horn enigsins

moontlik was om enige verduideliking te

verskaf, was dit weereens h guIde geleentheid

om dit te dcen.

Page 16: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

166

15.4.3.3 Nadat die Hof na die middagsessie verdaag

het, het Sy Edele die Verhoorregter vir Dr.

Joubert pertinent gekonfronteer met die

it aangeleentheld. Di t was weer 'n gulde ge-

leentheid vir Dr. Joubert om aan die Verhoor-

regter sy kant van die saak te stele Hy het

egter aggressief geraak en ges~ hy is "moeg

vir insinuasies".

Petisie Aanhangsel A, Vol. 4 p.259 reel

23 - p.260 reel 4.

Dit is duidelik dat Dr. Joubert hoegenaamd

nie in twyfel gelaat was dat sy deelname en

ondertekening van die MSC-verklaring ernstige

reperkussies skep vir d~e voortsetting van sy

.deelname aan die verhoor. So bevestig hy dit

self:

"22. The judge then said that he

had reservations about my position and

that he would consider the matter that

night. His reservations stemmed, he

said, from the fact the the UDF was on

Page 17: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

167

trial.

kla' ) . "

('Die UDF staan hier aange-

Petisie, Vol. 2 p.89 reel 21

reel 26. ~

Enige ander redelike mens sou baie beslis op

hierdie oomblik baie angstig gewees het om

dadelik daar en dan die kwelvraagstuk op te

los en sou dit ook gedoen het.

15.4.3.4 Toe Dr. Joubert nie gereageer het op 5y Edele

die Verhoorregter se uiteensetting nie, het

die Verhoorregter hom uitgenooi om die

aangeleentheid gedurende die nag te oordink.

Die volgende oggend het Sy Edele die Verhoor-

regter die aangeleentheid weer te berde

gebring en hom spesifiek qevra of hy die

aangeleentheid oordink het. Dit, met die

grootste respek, was h guIde geleentheid aan

Dr. Joubert om s y kant van die saak te stel.

Hy doen dit nie en raak antagonisties en se

Page 18: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

168

hy het en of die Regter dit gedoen het. Die

vraag ontstaan hoekom stel hy nie toe sy

saak nie. Blykbaar is die som totaal van

~ sy oordenking van die saak die feit dat hy n

eed geneem het om reg te spreek.

Petisie Aanhangsel A, Vol. 4 p.260 reels

12-30.

5elfs Dr. Joubert se eie onvolledige weergawe

bevestig steeds dat hy 'n guIde geleentheid

gehad het om sy saak te stele Volgens hom

het 5y Edele die Verhoorregter en Die Regter-

President die mening gehuldig da r. Joubert

homself moet rekuseer. Dit was baie beslis n

uitnodiging om sy saak te stele Op hierdie

stadium was dit nog slegs n opinie van die

Verhoorregter volgens Dr. Joubert wat hy

volgens hom maklik kon weerle omdat hy na

Page 19: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

169

bewering oor gronde beskik om homself nie te

rekuseer nie. Hoekom het hy di t nie toe

aangebied nie?

~ 15.4.3.5 Dit is met respek baie opvallend hoedat Dr.

Joubert · die gebeure van 10 Maart 1987 in

kamers kort en boncig stel en belangrike

feite tctaal uitlaat. Dit is met respek nie

hoe hy ander insidente behandel het nie. Die

uiters belangrike feite wat hy verswyg is dat

Sy Edele die Verhoorregter toe en daar aan

hom die relevante geskilpunte in die saak

verduidelik het en dat, omdat hy die dokument

geteken het sou hy moeilik kon beslis of dit

deel van die komplot was om die Regering

omver te werp of nie. . D·at Dr. Joubert se

antwoord daarop was dat hy need geneem het

as assessor en cat h y weier om homself te

rekuseer.

Page 20: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

170

Dat Sy Ede1e hom toe meegedeel het dat dit

hom geen ander opsie laat as om vir Dr.

Joubert te ontslaan nie.

~

Petisie Aanhangsel A, Vol. 4 p.260 reel

24 - p.261 reel 1.

Dit is baie duidelik uit die verklaring van

Dr. Joubert self dat sy rekusering as asses-

sor baie deeglik en pertinent ter sprake was.

Volgens sy eie weergawe het Sy Edele die

Verhoorregter hom selfs inglig waarom hy

homself moet rekuseer (par. ' 24) I en sien ook

paragraaf 30 vir n herhaling.

Petisie , Vol. 2 p.90 reels 9-18.

Volgens bogenoemde uiteensetting blyk dit

baie duidelik dat Dr. Joubert nie die waar-

heid vertel in paragraaf 25 van s y verkla-

ring I e n di t word verder bevestig deur s y

Page 21: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

171

gesindheid wat hy deurgaans gehandhaaf het en

dan p~rtinent bevestig het in paragraai 32

van die verklaring.

~

Ook sy verklaring in ·paragraaf 29 tot die

volgende effek, is ongeloofwaardig en vals.

"29. I wish to make it clear that

before the judge made his statement he

at no stage informed me that he propo­

sed doing so. Nor did he canvass my

views as to whether it was proper or

lawful for him to do so."

Petisie, Vol. 2 p.93 reels 16-20.

Die laaste sin van hierdie aanhaling spreek

met respek boekdele vir Dr. Joubert se

oor-evaluering van · sy eie waarde deur te

verwag dat 'n Regter wat volgens Wet aIleen

moet beslis oor regsaangeleenthede, hom eers

moes raadpleeg oor die toepaslike reg en hoe

om dit toe te pas - en dit r.adat Dr. Joubert

Page 22: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

172

deur sy houding aangetoon het dat hy nie van

plan is om die saak te bespreek nie.

15.4.4 Dit word met respek betoog dat die uiteen-

~

setting hierbo van die geleenthede wa t Dr.

Joubert gehad het om sy saak te stel, eor-

tuigende bewys lewer van Dr. Joubert se

houding en hoedat hy homself ex post facto

laa t gebruik om I deur onwaarhede I aan die

beskuldigdes die basis te verskaf om die

voortsetting van die verhoor te verongeluk.

n Opvallende kenmerk van Dr. Joubert se

verklaring is die wyse waarop dit ooreenstem

met die saak seos bedryf deur die beskuldig-

des met die aansoek om die verhoor te staak

of anders dat Sy Edele die Verhoorregter horn

moet rekuseer. In di§ veiband spreek veral

Page 23: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

173

paragrawe 29, 30 en 31 vir hulself (vergelyk

met kennisgewing van mosie) .

Petisie, Vol. 2 p.93 reel 8 - p.95

reEH 1.

15.4.5 Die insident toe Dr. Joubert na bewering die

MSC verklaring onderteken het, bevestig ook

met respek hoe onbetroubaar Dr. Joubert se

weergawe werklik is.

15.4.5.1 Volgens die getuienis en bewysmateriaal in

c:h

\~ ..p die saak was die MSC arnptelik ge·loods deur ~t" \

~~~ UDF in Februarie 1984. Voor dit was geen MSC

verklaring vorms beskikbaar nie. Die karnpan-

je was geloods te Soshanguwe.

Dit is ook n alorn bekende feit dat die

referendum waar Blankes gestem het vir of

teen die nuwe konsti tus ie, reeds November

1983 plaasgevind het.

Page 24: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

174

15.4.5.2 In paragraaf 21 van sy verklaring (alreeds

supra uitgewys as n onware bewering dat hy

di t aan die Verhoorregter meegedeel het),

~ maak Dr. Joubert die vae algemene stelling

dat hy nie presies kan onthou wanneer en

onder watter omstandighede hy dit geteken het

nie. Hy glo dat dit was op n vergadering

gedurende die Blanke referendum in n kampanje

teen die nuwe konstitusie.

Petisie, Vol. 2, p.89 reels 7-17.

Dit is dus reeds baie duidelik dat sy beweer-

de tyd en doel vir die . ondertekening van

spesefiek die MSC verklaring nie korrek kan

wees nie.

15.4.5.3 In paragraaf 24 beweer hy dat Sy Edele die

Verhoorregter sou gemeld het dat Dr. Joubert

4 jaar gelede s y steun verleen het aan UDF.

Petisie, Vol. 2 p.90 reels 12-15.

Page 25: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

175

Die Verhoorregter het dit beslis nie so

gestel nie. Die datum kom klaarblyklik van

Dr. Joubert self. Sy Edele het aan hom,

~ sonder om n datum te noem, slegs die impli-

kas ies van die ondertekening van die vorm

verduidelik.

Petisie Aanhangsel A, Bylae 4 p.260

reels 24-28.

Met sy 4 jaar plaas dit hom weer in 1983 en

die inhoud van sy bewering is feitelik nie

betroubaar nie.

15.4.5.4 Een van sy goeie redes in paragraaf 25.1

waarom hy nie homself wou rekuseer nie, is

dat hy nou h positiewe stelling rnaak, nl. dat

hy die verklaring 4 jaar gelede onderteken

het. (Nou is hy seker dit ~as in 1983).

Page 26: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

176

Wat opvallend is, is dat hy nou seker is en

dit as 'n positiewe feit stel dat die vorm

aangebied was vir ondertekening op 'n vergade-

~

ring wat gehou was om die nuwe konstitusie te

opponeer. Dit moet dus noodwendig voor die

Blanke referendum gewees het.

Nou is Dr. Joubert ook skielik seker van die

doel waarvoor hy die verklaring onderteken

het. Sy doel was om nogmaals sy oortuiging

te vestig dat die nuwe Konstitusie noodlot-

tige gevolge sou he omdat dit die Swartmense

permanent sou vervreem . .

Dit kan beslis nie korrek wees nie, wat die

nuwe Konstitusie was reeds aanvaar en die MSC

nog nie geloods nie.

Page 27: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

177

Die moontlikheid da t Dr. Joubert met die

laaste stelling moontlik n fout gemaak het,

word deur Dr. Joubert self vernietig as hy in ~

paragraaf 25.5 met groot beslistheid verklaar

dat hy min onthou van die geleentheid maar

dat hv spesifiek onthou dat hy daar sy

teenkanting teen die nuwe Konstitusie uitge-

spreek het deur die verklaring te onderteken

op n vergadering gedurende n kampanje gedu-

rende die Blanke referendum.

Petisie, Vol. 2 p.9l reels 20-25.

Die fei te genoem in paragraaf 5.4.1 supra

bewys ondubbelsirinig hoe foutief Dr. Joubert

se goeie gronde is. Dit bewys ontwyfelbaar

da t Dr. Joubert nooi t die verklar ing op 'n

protes vergadering teen die nuwe Konstitusie

geteken het nie. Wat veral van be lang is, as

dat dit bewys dat Dr. Joubert dit nie geteken

Page 28: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

178

het met die doel om teen die nuwe Konstitusie

te protesteer nie, en verval sy bewerings

gemaak in paragraaf 25.4, 25.6 en 25. 7 ir.

~

geheel as foutief en kan nie waar wees nie.

Petisie, Vol. 2, p;91 reel 13 p.92 reel

15.

Die kruks van die saak is, met respek, dat

daar nog steeds geen verduideliking bestaan

t.o.v~ die geleentheid toe dit onderteken was

en die doel waarmee dit onderteken was nie.

Die ondertekening van die NSC vestig nog

steeds prima facie bewys dat Dr. Joubert UDF

en sy doelstellings ondersteun en dat hy

homself daarmee assosieer.

Sy verduideliking is en bly onbetroubaar en

onaanvaarbaar en bevestig hoedat Dr. Joubert

en die beskuldigdes se ex post facto aanslag

Page 29: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

179

gefundeer word op onware bewerings, en wat

beslis nie steun verleen aan hul beweerde

bona fides nie. Dit moet met respek on thou

~

word da t hierdie sogenaamde "goeie gronde"

van Dr. Joubert slegs ex post facto en op

spesiale aandrang van die beskuldigdes die

lig gesien het.

15.5 Dit word met respek aangevoer dat elke en iedere faset

van die ex post facto-aanslag teen die integriteit en

eerbaarheid van Sy Edele die Voorsittende Regter sowel

as die agbare assessor, om daardeur die voortsetting

van die verhoor doelbewus te vernietig, baie beslis

nie gegrond is op bona fide bestaande feite en

regsgronde nie, maar steun op feite wat spesifiek

geproduseer was deur Dr. Joubert op aandrang van die

beskuldigdes en waarmee die ander lede van die

Regbank nie saamgestem het nie.

Page 30: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

180

Dit is met respek 5005 -die feite hierbo uiteengesit

bevestig, 'n kunsmatig geproduseerde weergawe waara an

die beskuldigdes ~ vername aandeel gehad het. ~

Alles

dui met respek die bestaan van 'n plan aan om die

verhoor te vernietig.

Dit word met respek betoog dat die appellante hoege-

naamd nie kan steun op hierdie skepping van hul eie

nie, en de facto is daar hoegenaamd nie deur die

beskuldigdes of Dr. Joubert bewys dat daar enige

suspisie bestaan van n mcontlike onregverdige verhoor

nie.

In hierdie verb and wil ons ook n paar aanhalings maak

van 8y Edele die Verhoorregter se sienswyse soos dit

voorkom in sy uitspraak.

"Not only was the action taken by myself in terms

of section 147 unprecedented, but the reaction of

Dr. Joubert and the conduct of the defence team

in the ensuing Gay s was, to say t h e least,

unusual."

Petisie Aanhangsel A, ' Vol. 4 p.332 reels

26-29.

Page 31: 151 15.2.8.3 Die brief word deur regsge1eerdes geskryf · 2016-05-17 · kunsmatige situasie te skep van n onregver-dige verhoor. 15.4.3 161 Die absolute onwaarheid van wat Dr. Joubert

Collection Number: AK2117 Collection Name: Delmas Treason Trial, 1985-1989

PUBLISHER: Publisher: Historical Papers Research Archive, University of the Witwatersrand Location: Johannesburg ©2016

LEGAL NOTICES:

Copyright Notice: All materials on the Historical Papers website are protected by South African copyright law and may not be reproduced, distributed, transmitted, displayed, or otherwise published in any format, without the prior written permission of the copyright owner. Disclaimer and Terms of Use: Provided that you maintain all copyright and other notices contained therein, you may download material (one machine readable copy and one print copy per page) for your personal and/or educational non-commercial use only.

People using these records relating to the archives of Historical Papers, The Library, University of the Witwatersrand, Johannesburg, are reminded that such records sometimes contain material which is uncorroborated, inaccurate, distorted or untrue. While these digital records are true facsimiles of paper documents and the information contained herein is obtained from sources believed to be accurate and reliable, Historical Papers, University of the Witwatersrand has not independently verified their content. Consequently, the University is not responsible for any errors or omissions and excludes any and all liability for any errors in or omissions from the information on the website or any related information on third party websites accessible from this website.

This document forms part of a collection, held at the Historical Papers Research Archive, University of the Witwatersrand, Johannesburg, South Africa.