2. die portugese ontdek die seeweg na indi (gr.5 gesk) · 2015-07-30 · vasco da gama in julie...

8
Die Portugese ontdek die seeweg na Indië Gevare op die uitgestrekte Oseane Terwyl Marco Polo op sy beroemde reis deur die vasteland van Asië gereis het, het seelui terselfdertyd dit geleidelik steeds verder en verder in hulle skepe op die groot oseane gevaar. Daar was egter baie gevare, want in daardie dae was 'n seereis nie naastenby so veilig soos vandag nie. Hulle klein skepies, wat nie baie langer as julle klaskamer was nie, was so swak gebou dat storms op see hulle baie maklik beskadig het. Hulle was natuurlik uit hout gemaak en omdat hulle seilskepe was, kon hulle alleen vaar wanneer daar wind ge- waai het. Een van die probleme wat hulle die meeste gevrees het, was dat hulle in 'n streek kon beland waar daar weke lank geen wind gewaai het nie, want dit sou beteken dat hulle kos en water kon opraak. In daardie dae het die mense nog nie koelkaste gehad nie. Daar was dus geen vars groente en vrugte op so 'n seereis was nie. Alle vleis moes ingesout of gepekel word. Hulle kon nie op so 'n reis soveel water drink as wat hulle wou nie en beskuit het dikwels muf geword of daar het wurms ingekom. Daar was ook nog 'n ander probleem - die matrose was baie bygelowig. Hulle het geglo dat die aarde plat was en as hulle te ver sou vaar, hulle oor die rand van die aarde in 'n eindelose put sou val. Ook het hulle geglo dat daar 'n groot, verwoestende vuur naby die ewenaar gebrand het. Die vuur het mense wat dit te naby daaraan gewaag het, swart gebrand, terwyl die geel en uitgedorde grond al langs die kus ook volgens hulle as gevolg van die verskriklike vuur was. Maar dit was nog nie al nie. Hulle sou ook nog iewers op die pad na die onbekende op kokende riviere en skrikwekkende seemonsters afkom. Laasgenoemde se bekke was glo so groot - so het die seelui vas geglo - dat hulle skepe met net een hap kon vernietig. Daar was natuurlik ook seerowers. Hulle meestal misdadigers wat deur die samelewing uitgestoot was en hulle aan dronkenskap oorgegee het. Gewoonlik het hulle die mense wat hulle gevang het as slawe verkoop of doodgemaak. Dit is dus goed te verstane dat die skepe 'n ontmoeting met 'n seerowerskip gevrees het. Die grootste van alle gevare was waarskynlik die moontlikheld dat hulle hul koers kon verloor en verdwaal raak en dan nie genoeg kos sou hê om die beplande reis te voltooi nie. Die son en sterre het hulle wel baie gehelp om die rigting te bepaal, maar die lug was dikwels bewolk en dan was daar geen son of sterre sigbaar nie. Ook het hulle geen akkurate instrumente gehad om hulle dan te help nie. As gevolg hiervan het hulle nie daarvan gehou om ver weg van die kuslyn te vaar of lang seereise te onderneem nie.

Upload: others

Post on 26-Jul-2020

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 2. Die Portugese ontdek die seeweg na Indi (gr.5 Gesk) · 2015-07-30 · Vasco da Gama in Julie 1497 in bevel geplaas van `n vloot bestaande uit vier skepe. Hy het aan Da Gama opdrag

Die Portugese ontdek die seeweg na Indië

Gevare op die uitgestrekte Oseane

Terwyl Marco Polo op sy beroemde reis deur die vasteland van Asië gereis het, het seelui terselfdertyd dit geleidelik steeds verder en verder in hulle skepe op die groot oseane gevaar. Daar was egter baie gevare, want in daardie dae was 'n seereis nie naastenby so veilig soos vandag nie. Hulle klein skepies, wat nie baie langer as julle klaskamer was nie, was so swak gebou dat storms op see hulle baie maklik beskadig het. Hulle was natuurlik uit hout gemaak en omdat hulle seilskepe was, kon hulle alleen vaar wanneer daar wind ge-waai het.

Een van die probleme wat hulle die meeste gevrees het, was dat hulle in 'n streek kon beland waar daar weke lank geen wind gewaai het nie, want dit sou beteken dat hulle kos en water kon opraak. In daardie dae het die mense nog nie koelkaste gehad nie. Daar was dus geen vars groente en vrugte op so 'n seereis was nie. Alle vleis moes ingesout of gepekel word. Hulle kon nie op so 'n reis soveel water drink as wat hulle wou nie en beskuit het dikwels muf geword of daar het wurms ingekom.

Daar was ook nog 'n ander probleem - die matrose was baie bygelowig. Hulle het geglo dat die aarde plat was en as hulle te ver sou vaar, hulle oor die rand van die aarde in 'n eindelose put sou val. Ook het hulle geglo dat daar 'n groot, verwoestende vuur naby die ewenaar gebrand het. Die vuur het mense wat dit te naby daaraan gewaag het, swart gebrand, terwyl die geel en uitgedorde grond al langs die kus ook volgens hulle as gevolg van die verskriklike vuur was. Maar dit was nog nie al nie. Hulle sou ook nog iewers op die pad na die onbekende op kokende riviere en skrikwekkende seemonsters afkom.

Laasgenoemde se bekke was glo so groot - so het die seelui vas geglo - dat hulle skepe met net een hap kon vernietig. Daar was natuurlik ook seerowers. Hulle meestal misdadigers wat deur die samelewing uitgestoot was en hulle aan dronkenskap oorgegee het. Gewoonlik het hulle die mense wat hulle gevang het as slawe verkoop of doodgemaak. Dit is dus goed te verstane dat die skepe 'n ontmoeting met 'n seerowerskip gevrees het. Die grootste van alle gevare was waarskynlik die moontlikheld dat hulle hul koers kon verloor en verdwaal raak en dan nie genoeg kos sou hê om die beplande reis te voltooi nie. Die son en sterre het hulle wel baie gehelp om die rigting te bepaal, maar die lug was dikwels bewolk en dan was daar geen son of sterre sigbaar nie. Ook het hulle geen akkurate instrumente gehad om hulle dan te help nie. As gevolg hiervan het hulle nie daarvan gehou om ver weg van die kuslyn te vaar of lang seereise te onderneem nie.

Page 2: 2. Die Portugese ontdek die seeweg na Indi (gr.5 Gesk) · 2015-07-30 · Vasco da Gama in Julie 1497 in bevel geplaas van `n vloot bestaande uit vier skepe. Hy het aan Da Gama opdrag

Uitvindings wat Seereise makliker en veiliger help maak het Gelukkig is daar nuwe dinge uitgevind, wat die skeepvaart gehelp het:

� Die Kompas Die eerste kompasse was saamgestel uit 'n stuk "magneetsteen" wat aan 'n stukkie tou gehang het of wat op 'n plat kurkprop geplaas was en dan in 'n kom water gedryf het. Die steen het altyd in een rigting gewys en kon dus as 'n gids gebruik word. Dit was in werklikheid 'n "rigtinggewende" steen! Blykbaar was die Chinese die eerste mense wat die kompas gebruik het, terwyl dit eers omtrent in 1300 n. C. die eerste keer in Europa bekend geword het. Aangesien seelui nou die kompas gehad het, kon hulle verder weg van die land vaar en was daar minder gevaar dat hulle hul koers sou verloor.

� Die astrolabium Met hierdie instrument kon seemanne volgens die posisie van die sterre bepaal waar hulle op die see was. � Copernicus se uitvindings Hy het bewys dat die aarde rond was. Daarom hoef seemanne nie meer bang te wees dat hulle van die aarde sou afval nie. � Buskruit Buskruit is uitgevind. Met die nuwe vuurwapens kon seemanne hulle beter teen seerowers verdedig. � Verbeterde skepe Seemanne het uitgevind hoe om `n skip met `n roer te stuur en beter seile is vir skepe gemaak.

Die Portugese neem die voortou `n Mens sou eintlik verwag dat die handelaars van Genua en Venesië `n seeroete sou soek. Die Portugese was egter die eerste mense wat besef het dat `n seeweg na die Ooste die enigste oplossing was. Maar waarom juis hulle ? Baie Portugese was vissermanne. Hulle het die see goed geken en was nie bang om dit op die see te waag nie. Portugal was ook so geleë dat hulle die naaste aan die onbekende wêrelddele was. Hulle het ook goeie leiers soos prins Hendrik die Seevaarder, Dias en da Gama gehad.

Prins Hendrik was die seun van die Portugese koning Johan I. Hy was `n slim man en het geglo dat die aarde rond was. Ook wou hy meer van die onbekende wêrelddele uitvind. By Sagres, in die suide van Portugal, het hy vir hom `n huis laat bou. Daar het hy seevaart begin studeer. Hy het gou bekend geword. Van heinde en verre het matrose en ander mense wat in seevaart belanggestel het, daarheen gekom. Hulle het kaarte geteken, winde en seestrome bestudeer en met instrumente soos die kompas en astrolabium geleer werk. Verder het hulle geoefen met `n paar skepe en verskillende soorte seile uitgetoets. So het prins Hendrik se huis `n seevaartskool vir seemanne geword. Prins Hendrik het self nooit op `n seereis gegaan nie, maar as gevolg van sy seevaartskool het hy die bynaam van Seevaarder geword. Aangespoor deur prins Hendrik het die Portugese begin om die kus van Afrika te ontdek.

Page 3: 2. Die Portugese ontdek die seeweg na Indi (gr.5 Gesk) · 2015-07-30 · Vasco da Gama in Julie 1497 in bevel geplaas van `n vloot bestaande uit vier skepe. Hy het aan Da Gama opdrag

Vrae: 1. Waarom was die seereise so gevaarlik ? _____________________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________

2. In watter bygelowe het die matrose geglo ?

_____________________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________

3. Wat het die vroeë matrose gebruik om rigting mee te bepaal ?

_________________________________________________________________________________

4. Watter uitvindings het skeepvaart baie gehelp ?

_____________________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________

5. Waarvoor is `n astrolabium gebruik ?

_____________________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________

6. Wie het bewys dat die aarde rond is ?

_________________________________________________________________________________

7. Waarom was die Portugese die eerste mense wat die seeroete na die Ooste gesoek het ?

_____________________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________________

8. Waar en deur wie is die eerste seevaartskool gestig ?

_________________________________________________________________________________

Page 4: 2. Die Portugese ontdek die seeweg na Indi (gr.5 Gesk) · 2015-07-30 · Vasco da Gama in Julie 1497 in bevel geplaas van `n vloot bestaande uit vier skepe. Hy het aan Da Gama opdrag

9. Wat het matrose alles by die seevaartskool geleer ?

_____________________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________________

_________________________________________________________________

Verryking 1. Vind uit hoe die vroeëre matrose die volgende bepaal het: 1.1 Diepte 1.2 Spoed

Page 5: 2. Die Portugese ontdek die seeweg na Indi (gr.5 Gesk) · 2015-07-30 · Vasco da Gama in Julie 1497 in bevel geplaas van `n vloot bestaande uit vier skepe. Hy het aan Da Gama opdrag

Bartholomeus Dias In 1487 het koning Johan II opdrag aan Dias gegee om verder na die suidpunt van Afrika te gaan soek. Hy het hom egter versoek om nie, soos die vorige ontdekkers, met die inboorlinge handel te dryf nie. Met drie skepe het hy Portugal in Augustus 1487 verlaat. Hy het by verskeie plekke suid van die Kongo rivier aangegaan. By Lüderitzbucht (hulle het dit Angra Pequena genoem) het hy

'n klipkruis geplant. Teen die einde van Desember het hy verder suid gevaar. In die omgewing van St. Helenabaai het 'n storm hulle verder suid die see ingedwing. Na die storm het hulle oos gevaar, maar hulle kon geen land kry nie. Dias het besef dat hulle geen land sou kry nie, omdat die storm hulle te ver suid gedryf het. Hulle was dus

by die suidpunt van Afrika verby. Hulle het toe noord gevaar en by die huidige Visbaai het hulle weer land gesien. Hier kon hulle geen water kry nie. Water is by Mosselbaai ingeneem. Hier het die inboorlinge die matrose onder klippe gesteek en Dias het een gewond. Die reis is voortgesit tot by Algoabaai (Port Elizabeth). Kort hierna het Dias se matrose teen hom in opstand gekom. Hulle het gedreig om hom oorboord te gooi as hy nie sou omdraai nie. Hy moes na 'n paar dae se reis verder oorwaarts, terugkeer na Portugal. Op sy terugtog net hy in April 1488 Tafelbaai ontdek en aan dié plek die naam van Stormkaap gegee. Terug in Portugal, het koning Johan II die naam egter verander tot Kaap die Goeie Hoop. Na die ontdekking van die suidpunt van Afrika, was daar goeie hoop dat 'n seeweg na Indië gevind kon word.

Page 6: 2. Die Portugese ontdek die seeweg na Indi (gr.5 Gesk) · 2015-07-30 · Vasco da Gama in Julie 1497 in bevel geplaas van `n vloot bestaande uit vier skepe. Hy het aan Da Gama opdrag

Vasco da Gama, ontdek die seeweg na Indië In 1495 is koning Johan II oorlede. Hy is opgevolg deur Manuel I. Die nuwe koning het Vasco da Gama in Julie 1497 in bevel geplaas van `n vloot bestaande uit vier skepe. Hy het aan Da Gama opdrag gegee om om die suidpunt van Afrika `n seeweg na Indië te vind. Met die kennis wat Dias opgedoen het tot sy beskikking het Da Gama nie al langs die weskus van Afrika gevaar nie, maar die Atlantiese

Oseaan oorgesteek. Aan die begin van November 1497 het hy St. Helenabaai binnegevaar. Hier moes hulle Strandlopers veg en Da Gama is in sy been gewond. Op 22 November is die vloot by die Kaap die Goeie Hoop verby. Op 2 Desember het hulle die kus van Nata1 bereik waaraan hy ter herinnering aan

Kersdag, die naam Terra da Natal gegee het. Hy het hierna by Kilimane, Mosambiek en Mombassa aangedoen. By Malindi het hy `n gids gekry wat hom in Mei 1498 oor die Indiese Oseaan na Kalikoet, aan die weskus van Indië gebring het. Hy het gedink die moontlikhede van handel in hierdie land sou goed wees, maar dan moes die Moslem Arabiere verslaan kon word. Met `n vrag speserye

het Da Gama weer Portugal in Augustus 1499 bereik waar groot eerbewyse op hom gewag het. Slegs 55 van sy oorspronklike bemanning van 170 wat na Indië vertrek het, het weer teruggekeer. Baie van hulle is dood aan skeurbuik. Don Fransisco d`Almeida Hierdie man was die onderkoning van Portugal. Hy het na Vasco da. Garma, se ontdekking van die seeweg na Indië, self na die Ooste gereis om handelsposte vir Portugal te vind en te verower. . In Februarie 1510 het d'Almeida op sy terugreis vanaf die Ooste anker gegooi in Tafelbaai. Matrose het aan wal gegaan om hul vate vol vars water te maak en om vee van die Khoi-khoi te ruil. Die Khoi-khoi was gelukkig na aan die strand en baie vee is geruil. Die matrose het selfs saam met die Khoi-khoi na hulle kraal gegaan om nog meer vee te ruill. Toe hulle egter wou vertrek, het daar moeilikheid ontstaan.

Die matrose is teruggedryf na die skip waar hulle die voorval aan D`Almeida gerapporteer het. Daar is besluit om die Khoi-khoi te straf. Op die oggend van 1 Maart 1510 het 150 man geland en dadelik na die Khoi-khoikraal gemarsjeer. Die Portugese was gewapen met swaarde en lanse, maar dit kon.hulle ongelukkig nie teen die pyl en boë en ander wapens van die Khoi-khoi beskerm nie. Toe die Khoi-khoi hulle gewaar, het hulle hul vee voor hulle uitgejaag en al skuilende agter

Page 7: 2. Die Portugese ontdek die seeweg na Indi (gr.5 Gesk) · 2015-07-30 · Vasco da Gama in Julie 1497 in bevel geplaas van `n vloot bestaande uit vier skepe. Hy het aan Da Gama opdrag

die vee, het hulle die Portugese met pyle bestook. Daar het nie minder nie as 65 Portugese gesneuwel. Don Fransisco d`Almeida het self ook gesterf. Twee jaar later het die Portugese `n gedenkteken van klip op die grafte opgerig, maar hulle het Tafelbaai vermy. Die plek was volgens hulle te gevaarlik. Daarom het hulle verkies om by plekke aan die wes- en ooskus van Afrika aan te doen. Vrae: 1. Wie was die eerste Portugees wat om die suidpunt van Afrika gevaar het ?

_____________________________________________________________________________________

2. In watter jaar het hy vertrek en hoelank het sy reis geneem ? _________________________________

3. Tot waar het Dias gevaar en waarom moes hy omdraai ?

_____________________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________________

4. Wat het hy die Kaap genoem ? _________________________________________________________

5. Waarom het hy orals waar hy aanland gegaan het klipkruise opgerig ?

_____________________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________________

6. Waar in die Kaap kan ons nog so `n klipkruis sien ?

_____________________________________________________________________________________

7. Wie het die seeroete na die Ooste gevind ? ______________________________________________

8. In watter jaar het hy uit Lissabon vertrek en wanneer het hy teruggekeer ?

_____________________________________________________________________________________

9. Noem `n paar plekke wat hy aangedoen het ?

_____________________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________________

10. Waarom het hy die ooskus van Suid-Afrika “Terra da Natal” genoem ?

_____________________________________________________________________________________

11. Wat het hy as die grootste gevaar vir die Portugese handel gesien ?

_____________________________________________________________________________________

12. Aan watter siekte is baie van sy matrose dood, wat is die simptome en waarom gebeur dit ?

_____________________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________________

_____________________________________________________________________________________

13. Met wie het die Portugese in die Kaap stry gekry ? ________________________________________

14. Watter Portugese onderkoning het in die Kaap gesneuwel.

_____________________________________________________________________________________

Page 8: 2. Die Portugese ontdek die seeweg na Indi (gr.5 Gesk) · 2015-07-30 · Vasco da Gama in Julie 1497 in bevel geplaas van `n vloot bestaande uit vier skepe. Hy het aan Da Gama opdrag

15. Verduidelik wat die volgende woorde beteken:

15.1 Karveel ____________________________________________________________________

15.2 Imboorling _________________________________________________________________

__________________________________________________________________

15.3 Padrao ____________________________________________________________________