2017 nuusbrief 22lsbfn.com/pdf/nuusbrief-22-2017.pdf · %dlh jhoxn ddq glh yrojhqgh ohhughuv ydq...

3
Laerskool Bloemfontein Goeie waardes maak ons ’n Wenskool. Webblad: lsbfn.com Besoek ons op facebook: Laerskool Bloemfontein NUUSBRIEF 22 2017/06/22 Uit die kantoor So kom ons aan die einde van nog ‘n kwartaal. Laerskool Bloemfontein sê dankie aan elke ouer, leerder en onderwyser wat hierdie kwartaal hulle deel gedoen het. Geniet die rustyd en kom veilig terug. Die derde kwartaal begin 24 Julie. Die venster en die spieël Daar was 'n baie ryk man wie se hele lewe om homself gedraai het. Dag na dag het hy bereken hoeveel geld hy reeds het en hoeveel meer hy kon maak. Hy het net die beste kos geëet, ontwerpersklere gedra, in 'n tamaai groot huis gebly, met talle bediendes wat na al sy behoeftes omgesien het. Hy het alles gehad. Hy was gelukkig met homself en met die lewe. Aan wat buite sy huis aangaan, het hy hom selde gesteur. As hy by sy groot vensters sou uitkyk, sou hy net anderkant sy pragtige tuine die ellendige plakkershutte van die armes van die land kon sien. Hy het net oë gehad vir homself en sy besittings. Langsamerhand het daar 'n swaarmoedigheid oor hom gekom. Hy kon snags nie meer slaap nie en hy was nie meer lus vir die cordon bleu-disse wat vir hom voorgesit is nie. Selfs om sy baie geld te tel, kon hom nie beter laat voel nie! "Gaan haal vir my die wysste man in die land," beveel hy sy sekretaris. "Ek sal hom enigiets betaal as hy my kan help om beter te voel." "Waarmee kan ek help?" vra die wyse man toe hy by die rykmanshuis opdaag. "Seën my. Ek wil weer vreugde in die lewe ervaar." Die wyse man het 'n oomblik nagedink. Toe neem hy die ryk man na die venster wat aan die straat front. "Wat sien jy as jy deur die venster kyk?" vra hy. "Ek sien mense," antwoord die ryk man. "Ek sien 'n arm man wat bedel. En 'n seuntjie wat 'n ou dame oor die pad help. Ek sien kinders wat lag en speel!" Daar kom sommer weer lewe in sy stem. Toe lei die wyse man hom na 'n spieël in dieselfde vertrek. "Wat sien jy nou?" vra hy. "Ek sien myself!" "Kom sit hier, dan vertel ek jou iets," sê die wyse man. "In 'n venster is daar glas en in 'n spieël is daar ook glas. Kyk 'n mens deur die venster, sien jy ander mense en hulle behoeftes. Voeg jy silwer agter die glas by, het jy 'n spieël, waarin jy net jouself sien. Dink daaroor. Ek gaan nou. My advies kos niks." Die ryk man is so geruk deur dié wysheid dat sy lewe daardie dag totaal verander het. Hy het van homself weggekyk en na die behoeftes van ander begin omsien. Hy was weer gelukkig. Maar op 'n ander manier. Met watter hart…. 1 Johannes 5:1-5 “Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie…” (3,4). In die Sunday School Superintendent word ’n verhaal vertel, moontlik denkbeeldig, maar dit illustreer hoe God se wet vervul moet word. ’n Vrou is deur omstandighede gedwing om te trou met ’n man wat sy nie liefgehad het nie. Hy was ’n streng, veeleisende persoon. Hy het haar gedwing om elke oggend vyfuur op te staan om sy ontbyt te maak en dit presies om sesuur aan hom te bedien. Sy moes hom volgens presiese, geskrewe reëls dien. Hy het haar lewe ongelukkig gemaak. Uiteindelik is hy dood. Na ’n paar jaar trou sy weer. Hierdie keer trou sy met ’n man wat sy liefhet en oor wie se liefde vir haar, sy verseker was. Sy was nou ’n gelukkige en ontspanne vrou, sonder vrees en angs in haar man se teenwoordigheid. Op ’n dag maak sy huisskoon en kom af op die lys van streng reëls wat haar vorige man vir haar uitgeskryf het en waarvolgens sy presies moes leef. Sy lees dit: “Staan vyfuur op. Bedien ontbyt presies om sesuur.” Aan en aan lees sy met beklemde hart. Toe maak sy ’n wonderlike ontdekking en sy lag spontaan. Sy vervul steeds elkeen van daardie reëls in haar nuwe huwelik, maar sy het dit nie agtergekom nie, omdat sy haar nuwe man liefhet. Dit is die geheim van ’n gelukkige geestelike lewe: as ons God dien omdat ons Hom liefhet! In, onder andere, Psalm 19 en Psalm 119 praat Dawid uit sy groot liefde vir God, omdat die Gees van God, die Gees van die Messias, reeds in sy hart geheers het. Psalm 19:10-12: “Die eise van die Here vir sy diens is goed: dit staan altyd vas. Die bepalings van die Here is reg: elkeen van hulle regverdig. Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud, soeter as heuning, as druppels uit ’n heuningkoek. Die volgende tekse uit Psalm 119 haal ek uit die Lewende Bybel aan: “Die ware geluk lê by iemand wie se gedrag onbesproke is, omdat hy volgens die Here se maatstaf lewe (1).” “Met my hele hart wil ek U dien; laat my tog nie van u bevele afdwaal nie; leer my om te lewe soos U wil hê (10-12).” “U bevele maak my bly en ek het hulle lief. Omdat ek hulle liefhet, het ek eerbied vir hulle, en ek gee aandag aan u bepalings (47,48).” “Here, vandag dien ons by Laerskool Bloemfontein U uit liefde.” Ons is hier om vir elkeen te bid en vra elkeen om ook saam met ons vir ons skool en sy mense te bid. Onthou asb. van die grys gebedsposbussie in die kantoor by Lee- Ann. Neem asb. vrymoedigheid om u versoeke daarin te gooi. Kontak asb. een van die volgende ouers: Riette v Staden 0748431303 Ettienne v Staden 0742296709 OUERKOMITEE Gedagte van die week: Vriendskap is die houtkruis teen alleenheid, die hand wat jou vashou en vir jou ‘n roos pluk. Dis ‘n kombers teen die koue, ‘n sambreel teen die reën. Dis ‘n sms uit die bloute, ‘n drukkie wanneer jy dit die nodigste het! Bo al’s is vriendskap ‘n gawe van God, geen mens kan daarsonder nie. VERJAARDAGWENSE Aan personeellede, ouers en leerders, wat tydens JUNIE verjaar - baie geluk met julle verjaarsdae. Alles wat mooi, goed en geseënd is. Gaan groot en geniet!! Sterkte met elke geliefde wat olik voel, tuis aansterk of siek in die hospitaal verkeer. Ons bid vir spoedige en volkome herstel. Ons graad 3-maatjie, Antonio, het chemo gekry. Dylan Marais het ‘n groot operasie ondergaan. Hy sterk tans tuis aan. Baie sterkte!! BAIE BELANGRIK Vrydag, 1 September 2017 Merk jou dagboek vir Vrydag, 1 September 2017, as baie belangrik. Hierdie is ons derde kwartaal se fondsinsameling. Ons wil graag van dit ‘n groot sukses maak. Kom ons vat hande en raak betrokke asseblief. As u weet van iemand wat gholf speel sê asseblief vir hulle van ons gholfdag. As u weet van iemand wat dalk ‘n putjie sal borg, laat weet asseblief en ons stuur die briewe van die skool af vir die maatskappy of besighede. Kostes vir gholfdag is as volg: Borg van putjie: R500 Om te speel: R200 per persoon sluit ligte aandete in. U kan ook betrokke raak deur pryse te skenk. As u pryse skenk moet dit asb. twee van dieselfde item wees bv. 2 strykysters. Formaat: BBS Aan elke leerder, ouer en personeellid – geniet die welverdiende blaaskans ten volle. As julle die langpad aandurf, geniet dit en kom veilig terug. O N S I S N W A A R D E G E D R E W E S K O O L

Upload: buicong

Post on 01-Jul-2018

216 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 2017 Nuusbrief 22lsbfn.com/pdf/Nuusbrief-22-2017.pdf · %dlh jhoxn ddq glh yrojhqgh ohhughuv ydq /dhuvnrro %orhpirqwhlq zdw yhunlhv lv rp w\ghqv glh -xolh ydndqvlh ddq yhuvnhlh wrhuqrrlh

Laerskool Bloemfontein

Goeie waardes maak ons ’n Wenskool. Webblad: lsbfn.com Besoek ons op facebook: Laerskool Bloemfontein

NUUSBRIEF 22 2017/06/22

Uit die kantoor So kom ons aan die einde van nog ‘n kwartaal. Laerskool Bloemfontein sê

dankie aan elke ouer, leerder en onderwyser wat hierdie kwartaal hulle deel

gedoen het. Geniet die rustyd en kom veilig terug.

Die derde kwartaal begin 24 Julie. Die venster en die spieël Daar was 'n baie ryk man wie se hele lewe om homself gedraai het. Dag na dag het hy bereken hoeveel geld hy reeds het en hoeveel meer hy kon maak. Hy het net die beste kos geëet, ontwerpersklere gedra, in 'n tamaai groot huis gebly, met talle bediendes wat na al sy behoeftes omgesien het. Hy het alles gehad. Hy was gelukkig met homself en met die lewe. Aan wat buite sy huis aangaan, het hy hom selde gesteur. As hy by sy groot vensters sou uitkyk, sou hy net anderkant sy pragtige tuine die ellendige plakkershutte van die armes van die land kon sien. Hy het net oë gehad vir homself en sy besittings. Langsamerhand het daar 'n swaarmoedigheid oor hom gekom. Hy kon snags nie meer slaap nie en hy was nie meer lus vir die cordon bleu-disse wat vir hom voorgesit is nie. Selfs om sy baie geld te tel, kon hom nie beter laat voel nie! "Gaan haal vir my die wysste man in die land," beveel hy sy sekretaris. "Ek sal hom enigiets betaal as hy my kan help om beter te voel." "Waarmee kan ek help?" vra die wyse man toe hy by die rykmanshuis opdaag. "Seën my. Ek wil weer vreugde in die lewe ervaar." Die wyse man het 'n oomblik nagedink. Toe neem hy die ryk man na die venster wat aan die straat front.

"Wat sien jy as jy deur die venster kyk?" vra hy. "Ek sien mense," antwoord die ryk man. "Ek sien 'n arm man wat bedel. En 'n seuntjie wat 'n ou dame oor die pad help. Ek sien kinders wat lag en speel!" Daar kom sommer weer lewe in sy stem. Toe lei die wyse man hom na 'n spieël in dieselfde vertrek. "Wat sien jy nou?" vra hy. "Ek sien myself!" "Kom sit hier, dan vertel ek jou iets," sê die wyse man. "In 'n venster is daar glas en in 'n spieël is daar ook glas. Kyk 'n mens deur die venster, sien jy ander mense en hulle behoeftes. Voeg jy silwer agter die glas by, het jy 'n spieël, waarin jy net jouself sien. Dink daaroor. Ek gaan nou. My advies kos niks." Die ryk man is so geruk deur dié wysheid dat sy lewe daardie dag totaal verander het. Hy het van homself weggekyk en na die behoeftes van ander begin omsien. Hy was weer gelukkig. Maar op 'n ander manier.

Met watter hart…. 1 Johannes 5:1-5 “Die liefde vir God bestaan dan daarin dat ons sy gebooie gehoorsaam. Sy gebooie is ook nie moeilik om te gehoorsaam nie…” (3,4). In die Sunday School Superintendent word ’n verhaal vertel, moontlik denkbeeldig, maar dit illustreer hoe God se wet vervul moet word.

’n Vrou is deur omstandighede gedwing om te trou met ’n man wat sy nie liefgehad het nie. Hy was ’n streng, veeleisende persoon. Hy het haar gedwing om elke oggend vyfuur op te staan om sy ontbyt te maak en dit presies om sesuur aan hom te bedien. Sy moes hom volgens presiese, geskrewe reëls dien. Hy het haar lewe ongelukkig gemaak. Uiteindelik is hy dood.

Na ’n paar jaar trou sy weer. Hierdie keer trou sy met ’n man wat sy liefhet en oor wie se liefde vir haar, sy verseker was. Sy was nou ’n gelukkige en ontspanne vrou, sonder vrees en angs in haar man se teenwoordigheid. Op ’n dag maak sy huisskoon en kom af op die lys van streng reëls wat haar vorige man vir haar uitgeskryf het en waarvolgens sy presies moes leef. Sy lees dit: “Staan vyfuur op. Bedien ontbyt presies om sesuur.” Aan en aan lees sy met beklemde hart. Toe maak sy ’n wonderlike ontdekking en sy lag spontaan. Sy vervul steeds elkeen van daardie reëls in haar nuwe huwelik, maar sy het dit nie agtergekom nie, omdat sy haar nuwe man liefhet. Dit is die geheim van ’n gelukkige geestelike lewe: as ons God dien omdat ons Hom liefhet! In, onder andere, Psalm 19 en Psalm 119 praat Dawid uit sy groot liefde vir God, omdat die Gees van God, die Gees van die Messias, reeds in sy hart geheers het. Psalm 19:10-12: “Die eise van die Here vir sy diens is goed: dit staan altyd vas. Die bepalings van die Here is reg: elkeen van hulle regverdig. Hulle is kosbaarder as goud, selfs as baie goud, soeter as heuning, as druppels uit ’n heuningkoek. Die volgende tekse uit Psalm 119 haal ek uit die Lewende Bybel aan: “Die ware geluk lê by iemand wie se gedrag onbesproke is, omdat hy volgens die Here se maatstaf lewe (1).” “Met my hele hart wil ek U dien; laat my tog nie van u bevele afdwaal nie; leer my om te lewe soos U wil hê (10-12).” “U bevele maak my bly en ek het hulle lief. Omdat ek hulle liefhet, het ek eerbied vir hulle, en ek gee aandag aan u bepalings (47,48).” “Here, vandag dien ons by Laerskool Bloemfontein U uit liefde.”

Ons is hier om vir elkeen te bid en vra elkeen om ook saam met ons vir ons skool en sy mense te bid. Onthou asb. van die grys gebedsposbussie in die kantoor by Lee-Ann. Neem asb. vrymoedigheid om u versoeke daarin te gooi. Kontak asb. een van die volgende ouers:

Riette v Staden 0748431303 Ettienne v Staden 0742296709

OUERKOMITEE Gedagte van die week:

Vriendskap is die houtkruis teen alleenheid, die hand wat jou

vashou en vir jou ‘n roos pluk. Dis ‘n kombers teen die koue, ‘n sambreel teen die reën. Dis ‘n sms uit die bloute, ‘n drukkie wanneer jy dit die nodigste het!

Bo al’s is vriendskap ‘n gawe van God, geen mens kan

daarsonder nie.

VERJAARDAGWENSE Aan personeellede, ouers en leerders, wat tydens JUNIE verjaar - baie geluk met julle verjaarsdae. Alles wat mooi, goed en geseënd is. Gaan groot en geniet!!

Sterkte met elke geliefde wat olik voel, tuis aansterk of siek in die hospitaal verkeer. Ons

bid vir spoedige en volkome herstel. Ons graad 3-maatjie, Antonio, het chemo gekry. Dylan Marais het ‘n groot operasie ondergaan. Hy

sterk tans tuis aan. Baie sterkte!!

BAIE BELANGRIK

Vrydag, 1 September 2017

Merk jou dagboek vir Vrydag, 1 September 2017, as baie belangrik.

Hierdie is ons derde kwartaal se fondsinsameling. Ons wil graag

van dit ‘n groot sukses maak. Kom ons vat hande en raak betrokke

asseblief. As u weet van iemand wat gholf speel sê asseblief vir hulle van ons gholfdag.

As u weet van iemand wat dalk ‘n putjie sal borg, laat weet asseblief en

ons stuur die briewe van die skool af vir die maatskappy of besighede.

Kostes vir gholfdag is as volg: Borg van putjie: R500

Om te speel: R200 per persoon sluit ligte aandete in.

U kan ook betrokke raak deur pryse te skenk. As u pryse skenk moet dit asb.

twee van dieselfde item wees bv. 2 strykysters. Formaat: BBS

Aan elke leerder, ouer en personeellid – geniet die welverdiende blaaskans ten volle. As julle die langpad aandurf,

geniet dit en kom veilig terug.

O N S I S N W A A R D E G E D R E W E S K O O L

Page 2: 2017 Nuusbrief 22lsbfn.com/pdf/Nuusbrief-22-2017.pdf · %dlh jhoxn ddq glh yrojhqgh ohhughuv ydq /dhuvnrro %orhpirqwhlq zdw yhunlhv lv rp w\ghqv glh -xolh ydndqvlh ddq yhuvnhlh wrhuqrrlh

Baie geluk aan die volgende leerders van Laerskool Bloemfontein wat verkies is om tydens die Julie-

vakansie aan verskeie toernooie te gaan deelneem. Die volgende seuns

is in die Vrystaat A-span (Cravenweekspan)

Jaydon Botes Elrico Jonas Daniello May

Vrystaat B-span Simpiwe Nqubeni

Marno Victor Heinie Oelofse Fabian Carelse

Dian Mostert BAIE GELUK!!

Karabo Nyakane is gekies om in die Julie vakansie aan die SA-Toernooi

te gaan deelneem. Baie geluk!!

Jaydon Elliot gaan ook tydens die

vakansie aan die SA-hokkie toernooi deelneem.

KB Mepha is opgeneem in die Vrystaatse Gimnastiekspan.

Julle laat ons “Bloemie-harte” “tjoklits” klop!!! Baie geluk!!

TREINTJIEKLUB Rhynlaan 6, Bayswater

Oop 9:00 – 17:00 elke Sondag. Ons is ook oop tydens die vakansie.

Baie treine !!! Baie kos !!!

Kom geniet ‘n lekker gesinsdag saam met die treintjieklub.

31 Augustus – 2 September

STUDIE-LEERDERS Daar sal geen studie-toesig op Vrydag, 30 Junie, wees nie. Vandag is dus die

laaste dag vir studie vir hierdie kwartaal.

VCSV Teksvers van die maand

Ps. 46:10 Wees stil en weet ek is God.

THE EXHIBITION THE DINOS ARE BACK!! 23 June – 30 July

Bloemfontein Showgrounds Tickets: R120 for adults

R85 for children Family package – R370 (2 adults, 2 children)

Contact: 081 – 011 1718 www.dinosalive.co.za

email: [email protected] Tickets available at Computicket

DIENSTE VERSKAF NA SKOOL Optel en/of aflaai van kinders.

Middagetes en toesig tot 5uur wanneer u van die werk af kom. Ek kan ook u kinders oplaai

en aflaai by naskoolse aktiwiteite. Hierdie dienste kan op ‘n maandelikse of op ‘n

daaglikse basis verskaf word soos benodig. Kontak my by 082 777 5285 vir meer inligting.

Die ligaspan moet daarop let dat hul volgende ligawedstryd op Dinsdag, 25 Julie plaasvind. Dit is die dag net nadat die skool weer begin het. Bly dus oefen gedurende die vakansie!

Skaakoefeninge vir almal, sal weer op Donderdag, 27 Julie hervat.

‘n Man het ‘n appelboom in sy tuin. Die boom het sewe takke. Een tak dra net drie vrugte,

twee takke dra elkeen vier vrugte, en die res van die takke dra elkeen vyf vrugte. Hoeveel pere

dra die boom? Geen. Dis mos ‘n appelboom.

Wat is klein en rond en effens rooierig? ‘n Ertjie met koors!!!

Wat moet jy doen as jy graag vlieënde pierings wil sien? “Trip” ‘n kelner!!

SELECTIVE HAIR & EXTENSIONS Ons spesialiseer in:

Sny, Blaas, Kleur Perm, Haarverlengings Brazillian blow out

(straightner) Dames, mans, kinders - almal baie

welkom!! Ons doen die lekkerste kop

masserings. Skakel nou vir jou bederf.

Spring gou en maak jou afspraak!!

*Wendy – 071 467 2722

VAKANSIESORG R60 per dag.

U kind ontvang die volgende: 2 etes, “snack”: 11:00 en 15:00.

Tye: 7:00 – 17:15 Skakel: Tannie Net by

082 880 8711

PD-evalueringskamp is

1 – 3 September vir al die gr. 7’s by Doornkloof. Die koste verbonde aan die PD-kamp beloop R400 per Voortrekker. Geld moet asb. so gou as moontlik betaal word.

(Eerste week in volgende kwartaal op die laatste.)

Gebiedskamp vir gr. 4 – 7 is vanaf 30 September – 4 Oktober. Koste beloop R925. Die busgeld is hierby ingesluit. Betaal asb. voor

of op 15 Augustus.

Lekker kampe om na uit te sien!!

Kennisgewings

Donderdag, 29 Junie EKSAMEN VIR GR. 4 - 7 Skool kom 12:30 uit

Vrydag, 30 Junie Gewone klere @ R5 per leerder EKSAMEN VIR GR. 4 - 7

Skool sluit 10:00.

Skoolfonds

Betaal asb. u skoolfonds betyds. Dit is baie sleg om ons ouers oor te gee aan

invorderaars.

Groot dankie!!!! Vir die skenkings wat ons ontvang om te help met die maatjies wat ontbyt

moet eet by die skool. Ons waardeer dit opreg!!

GEWONEKLEREDAG Vrydag, 30 Junie @ R 5 per leerder

VIR DIE MAAK VAN SLEUTELHOUERS (R40), BEKERS(R40),

MOUSEPADS(R40), YSKASMAGNETE(R20) EN STICKERS(R1,50)

SKAKEL Irma by 071 642 9142 Irma neem ook pragtige foto’s.

LEERDERRAAD SE GEDAGTE Mag jy vandag die engel op iemand se

pad wees wat dit waarlik nodig het.

RESPEK EERLIKHEID LOJALITEIT UITNEMENDHEID

Page 3: 2017 Nuusbrief 22lsbfn.com/pdf/Nuusbrief-22-2017.pdf · %dlh jhoxn ddq glh yrojhqgh ohhughuv ydq /dhuvnrro %orhpirqwhlq zdw yhunlhv lv rp w\ghqv glh -xolh ydndqvlh ddq yhuvnhlh wrhuqrrlh