25 september 2016 hartklop - ngk onrusriviervir enige navrae, kontak asb vir sandri op 082 907 4060....

8
VANOGGEND SE EREDIENS DR CLIFFORD HEYS Die Psalmbundel is anders. In die Bybel- boeke lees ons van God. In die Psalms praat ons met God. Psalm 42 is ‘n baie persoonlike gesprek met God. ‘n Oefening: Lees Psalm 42 diep-biddend (1) as ‘n Lidmaat van die NG Gemeente Onrusrivier – jou kerk staan voor die uitdaging om ‘n verskil te maak; Lees (2) as ‘n SA Burger met sy koerant in die hand – daar is besorgdheid oor jou land; Lees (3) as ‘n Boer – die damme is leeg; Lees (4) as ‘n Pasiënt in die hospitaal; Lees (5) ‘n Boere krygsgevange (14 April 1900) op die vreemde eiland St Helena, bekommerd is oor sy vrou en kinders in Suid-Afrika. Dis oorlog! Wat gebeur wanneer gelowiges saambid? Bewustelik/onbewustelik vat hulle hande. En wanneer mense hande vat, maak hulle ‘n kring, soos ‘n muur, om diegene vir wie hulle lief het, want - ‘n Muur beskerm die stad en sy mense. Ook die indiwidu. Daarom het Nehemia die muur om Jerusalem gaan opbou (Neh. 3). En daarom het die Christene in Egipte hande gevat om biddende Moslems te beskerm teen die rewolusioniste – 3 Febr. 2011, kort nadat 23 Chrisne deur Moslems vermoor is. ‘n Muur omarm en omhels die stad en sy mense. Ook die indiwidu. Daarom is daar in Opb. 21v12 ‘n muur om die Nuwe Jerusalem. En daarom het 13 000 mense van Dresden 70 jaar na die oorlog hande gevat en sodoende hul stad en hul geliefde Frauenkirche, om- hels – 13 Febr. 2015. Ons bid, ook met ons hande, en ons maak ‘n ‘Muur van Vuur’ (Sagaria 2v5). Ons almal saam in diens van JESUS CHRISTUS oral, altyd en in alles DEURKOLLEKTE VANDAG Sin. Kol. Bediening aan Dowes Baie dankie vir u gebede en volgehoue ondersteuning. Wees Lig! HARTLIK WELKOM ‘n Week van Gebed - maak dit enige verskil? God is nie soos ‘n ATM Masjien nie. Gebed is nie om ‘n gebedskaartjie in te pons en dan ontvang jy nie. Baie gebede word genadiglik juis nié beantwoord soos ons dit wil hê nie. Dink aan Jesus wat gebid het dat die lydensbeker by Hom verby moet gaan. Sou die Vader Jesus se gebedsversoek toegestaan het, sou Jesus nie aan die kruis vir ons sondevergifnis gesterf het nie. En dan sou daar vandag geen verlossing vir ons gewees het nie. Ander het ook gevra en genadiglik nie ontvang nie. Vra vir Moses, Job, Jona, Elia en Paulus. Ekself en moontlik jyself ...? God gee nie altyd wat jy vra nie – Hy weet beter en Hy gee iets beters! Weet dit: Daar is nie so iets soos onverhoorde gebede nie. Al gebed wat nie verhoor word nie, is dié gebed wat nie gebid is nie! ‘n Verstandige ouer gee nie aan die kind alles wat die kind vra nie! Moet dus nie God se genade en liefde meet aan wat Hy gee of weerhou nie. Daar is die verhaaltjie van 2 paddas wat in die melkemmer val. Hulle spartel en spook en trap melk, maar hulle kan nie uit die emmer kom nie. Die een padda besluit: Wat help dit tog. Ek verleng net my lyding. Ek trap nie meer nie. Dis verby met my. ‘Totsiens, ek gaan maar onder!’ Die tweede padda besluit anders. Hy gaan aanhou trap en trap en wag op ‘n onvoorsiene uitkoms. Hy doen dit ook. En toe gebeur daar dié wonder. Die melk word styf. Die melk word boer. En daar staan hy. Hy gee een groot sprong en uit is hy. ‘Hallo, ek is uit!’ ‘n Week van Gebed - maak dit enige verskil? Beslis, want die toekoms is in jou hande. Jou gebede beweeg die Hand wat die wêreld beweeg. Welkom. Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier 25 SEPTEMBER 2016 TEKS VIR DIE WEEK SONDAG 2 OKTOBER DR WILHELM BURGER Ons begin met 'n reeks oor ons Gemeentewaardes. Ons is gasvry teenoor almal Lees 1 Petrus 4:7-11 1. Vers 9 - Gasvryheid kan baie beteken. Wat sou dit vir ons ge- meente alles inhou? 2. Lees in ons gemeente se boekie oor ons waardes wat ons onder gasvryheid verstaan. 3. Hoe kan ons nuwe mense tuis laat voel en help inskakel? 4. Vers 10 - Hoe sien julle die gawes in ons gemeente funksio- neer? 5. Wat is jou gawes wat jy ge- bruik? GEEN AANDDIENS Ons woon almal die “Worship event” by Curro by. SONDAGMIDDAG AFSLUITING VAN WEEK VAN GEBED “WORSHIP EVENT” CURRO SKOOL (SANDBAAI) 14:00 - 16:30 KOM SING, LOOF, PRYS EN BID SAAM. WELKOM!

Upload: others

Post on 04-Feb-2020

10 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

VANOGGEND SE EREDIENS DR CLIFFORD HEYS

Die Psalmbundel is anders. In die Bybel-boeke lees ons van God. In die Psalms praat ons met God. Psalm 42 is ‘n baie persoonlike gesprek met God.

‘n Oefening: Lees Psalm 42 diep-biddend (1) as ‘n Lidmaat van die NG Gemeente Onrusrivier – jou kerk staan voor die uitdaging om ‘n verskil te maak; Lees (2) as ‘n SA Burger met sy koerant in die hand – daar is besorgdheid oor jou land; Lees (3) as ‘n Boer – die damme is leeg; Lees (4) as ‘n Pasiënt in die hospitaal; Lees (5) ‘n Boere krygsgevange (14 April 1900) op die vreemde eiland St Helena, bekommerd is oor sy vrou en kinders in Suid-Afrika. Dis oorlog!

Wat gebeur wanneer gelowiges saambid? Bewustelik/onbewustelik vat hulle hande. En wanneer mense hande vat, maak hulle ‘n kring, soos ‘n muur, om diegene vir wie hulle lief het, want -

‘n Muur beskerm die stad en sy mense. Ook die indiwidu. Daarom het Nehemia die muur om Jerusalem gaan opbou (Neh. 3). En daarom het die Christene in Egipte hande gevat om biddende Moslems te beskerm teen die rewolusioniste – 3 Febr. 2011, kort nadat 23 Christine deur Moslems vermoor is.

‘n Muur omarm en omhels die stad en sy mense. Ook die indiwidu. Daarom is daar in Opb. 21v12 ‘n muur om die Nuwe Jerusalem. En daarom het 13 000 mense van Dresden 70 jaar na die oorlog hande gevat en sodoende hul stad en hul geliefde Frauenkirche, om-hels – 13 Febr. 2015.

Ons bid, ook met ons hande, en ons maak ‘n ‘Muur van Vuur’ (Sagaria 2v5).

Ons almal saam in diens van

JESUS CHRISTUS

oral, altyd en in alles

DEURKOLLEKTE VANDAG Sin. Kol. Bediening aan Dowes

Baie dankie vir u gebede en

volgehoue ondersteuning.

Wees Lig!

HARTLIK WELKOM

‘n Week van Gebed - maak dit enige verskil?

God is nie soos ‘n ATM Masjien nie. Gebed is nie om ‘n gebedskaartjie in te pons en dan ontvang jy nie. Baie gebede word genadiglik juis nié beantwoord soos ons dit wil hê nie. Dink aan Jesus wat gebid het dat die lydensbeker by Hom verby moet gaan. Sou die Vader Jesus se gebedsversoek toegestaan het, sou Jesus nie aan die kruis vir ons sondevergifnis gesterf het nie. En dan sou daar vandag geen verlossing vir ons gewees het nie. Ander het ook gevra en genadiglik nie ontvang nie. Vra vir Moses, Job, Jona, Elia en Paulus. Ekself en moontlik jyself ...? God gee nie altyd wat jy vra nie – Hy weet beter en Hy gee iets beters!

Weet dit: Daar is nie so iets soos onverhoorde gebede nie. Al gebed wat nie verhoor word nie, is dié gebed wat nie gebid is nie! ‘n Verstandige ouer gee nie aan die kind alles wat die kind vra nie! Moet dus nie God se genade en liefde meet aan wat Hy gee of weerhou nie.

Daar is die verhaaltjie van 2 paddas wat in die melkemmer val. Hulle spartel en spook en trap melk, maar hulle kan nie uit die emmer kom nie.

Die een padda besluit: Wat help dit tog. Ek verleng net my lyding. Ek trap nie meer nie. Dis verby met my. ‘Totsiens, ek gaan maar onder!’

Die tweede padda besluit anders. Hy gaan aanhou trap en trap en wag op ‘n onvoorsiene uitkoms. Hy doen dit ook. En toe gebeur daar dié wonder. Die melk word styf. Die melk word botter. En daar staan hy. Hy gee een groot sprong en uit is hy. ‘Hallo, ek is uit!’

‘n Week van Gebed - maak dit enige verskil? Beslis, want die toekoms is in jou hande. Jou gebede beweeg die Hand wat die wêreld beweeg.

Welkom.

Hartklop van die NG Gemeente Onrusrivier

25 SEPTEMBER 2016

TEKS VIR DIE WEEK

SONDAG 2 OKTOBER

DR WILHELM BURGER Ons begin met 'n reeks oor ons

Gemeentewaardes.

Ons is gasvry teenoor almal

Lees 1 Petrus 4:7-11

1. Vers 9 - Gasvryheid kan baie beteken. Wat sou dit vir ons ge-meente alles inhou?

2. Lees in ons gemeente se boekie oor ons waardes wat ons onder gasvryheid verstaan.

3. Hoe kan ons nuwe mense tuis laat voel en help inskakel?

4. Vers 10 - Hoe sien julle die gawes in ons gemeente funksio-neer?

5. Wat is jou gawes wat jy ge-bruik?

GEEN AANDDIENS

Ons woon almal die “Worship

event” by Curro by.

SONDAGMIDDAG

AFSLUITING VAN

WEEK VAN GEBED

“WORSHIP EVENT” CURRO SKOOL (SANDBAAI)

14:00 - 16:30

KOM SING, LOOF, PRYS

EN BID SAAM. WELKOM!

DINSDAG 27 SEPTEMBER Sopkombuis

WOENSDAG 28 SEPTEMBER

11:00 - 13:00 KLEREKAS is oop. Welkom!

18:00 BYBELSKOOL (NG Hermanus) Dr. Kobus Kellerman is besig met ‘n aktuele reeks oor ‘Geloof’. Navrae: Clifford by Tel. 028 316 4895. Lesings beskikbaar by Mervian, by die NG Kerk Onrusrivier by Vonkpos: [email protected]

DONDERDAG 29 SEPTEMBER

09:00 BYBELSKOOL (NG Onrus)

10:00 SENIOR TEE by die Dienssentrum.

VRYDAG 30 SEPTEMBER

SKOLE SLUIT 09:30 - 11:30 DIE KOLWYNTJIE TEETUIN is oop.

VRYDAG 30 SEPTEMBER @ 19:00

STARGAZING EVENT BY DIE

NG GEMEENTE ONRUSRIVIER.

Ons gaan kyk na die “Big 5 of the Sky”

Die Hermanus Astronomy Centre se teleskope gaan

beskikbaar wees om al die wonders te geniet.

Daar gaan ook ligte etes en warm drankies beskikbaar

wees by die “Star Café”, so bring gerus „n geldjie saam.

Bevestig asb indien u wil kom, sodat ons kontaknommers

het ingeval van weersverandering. Stuur gerus „n epos

na [email protected] of sms Karin 084 305 2086.

KOM GENIET

GERUS GOD SE

SKEPPING SAAM

MET ONS!

SONDAG 2 OKTOBER 08:30 GEBEDSKAMER: Ons bid saam vir die erediens, die Leraar aan diens en die gemeente.

09:00 EREDIENS: Dr Wilhelm Burger gaan voor.

WYKE DIENSBEURTE Teebeurt (Maalruimte) (Wyk 13) GEEN KATEGESE agv VAKANSIE

18:00 MEDITATIEWE AANDDIENS gelei deur Ds Michiel de Kock. Kom word saam stil.

WAARNA KAN ONS UITSIEN?

MOSAÏEK OMGEEGROEP byeenkoms 26 September 2016 om 15h00 by Dienssentrum. Almal welkom. STAP IN DIE FERNKLOOFBERGE SATERDAG 1 OKTOBER 2016 @ 08:00 Ons vier die mooiste maand - Oktober en bewys ons dankbaar-heid aan ons Skepper. Ons gaan stap in die berg om die skoonheid van die natuur te geniet. Bring gerus ‘n wandelstok saam, ons stap rustig vir so 2 ure om alles te geniet en bewon-der. Ons gaan so bietjie berg klim, so beter as jy stapfiks is. Ons kry mekaar by die ingang van die Drie damme (links op by die Voelklip sirkel. Vir enige navrae, kontak asb vir Sandri op 082 907 4060. Sien julle in die berge!

POND-VIR-POND OORHANDIGING van kos en sporttoerustig geskied op Saterdag 15 Okt 2016 @ 10:00 BY DIE Siyakha Pre-School in Zwelihle. Enige skenkings is nog welkom voor dan. Vir navrae, kontak asb vir Anton Duvenhage. EMERITI-TEE UITNODIGING vir afgetrede predikante en hul gades op 2 November @ 10:00 by NG Kerk Suider-Strand. RSVP @ 7 Okt vir Sanet by 021 957 7155. ALLE JEUG - BESPREEK SOLANK HIERDIE DATUM: #IMAGINE IGNITE (CALEDON) 3 - 5 NOVEMBER 2016 WALK THE WHALE TRAIL (5 - 10 NOVEMBER 2016) Exquisite fynbos, mountain & beautiful coastline walking while watching the whales frolicking in the waves! Slack-Packing in nature at its best! We organise everything in-cluding the food. You are to do your own travel arrangements & snacks and be moderately fit. Overnight accommodation is excellent. For more detail, go to: www.caminocoaching.co.za Or contact Anita Botha on 083 458 6067 or [email protected]

Al ooit gewonder waarvoor staan die woord

BIBLE

Book of Instruction Before Leaving Earth

WEEK VAN GEBED

"U is die wind

wat warrelend oor die vlamwit

vlaktes waai van die heelal,

dat die blink stof van die sterre staan."

- WEG Louw

Die Predikerskring van Hermanus bid saam!

Gebedsmars by Hawston

Woensdagmiddag. Daar

was saam gestap deur die

strate van Hawston en

gebid vir die dorp. Vader,

in U hande gee ons

Hawston - laat U

koninkryk kom! Halleluja!

GEBED VIR NOOD EN SIEKTE

Almagtige, barmhartige God en Vader, ons dank en loof U dat U ons en ons kinders, deur die

bloed van U Liewe Seun, Jesus Christus, al ons sondes vergeef het, en ons deur U Heilige Gees, tot lidmate van U eniggebore Seun, en daardeur tot U kinders aangeneem het; en dat U aan ons met die Heilige Doop verseël en bekragtig.

GEBEDSBLAD

WEEK 26 SEP - 2 OKT

MAANDAG 26 SEP

Dierbare Vader, ons bid tot U dat ons families altyd met die Heilige Gees tot U sal bid. Sodat

hulle kan wandel in die Here Jesus Christus, en mag groei sodat die gesin U Vaderlike goedheid en barmhartigheid wat U aan hulle as gesin en ons almal bewys het, mag bely, en in alle geregtigheid onder ons enigste Leraar, Koning en Priester mag lewe.

DINSDAG 27 SEP

Ons Vader wat in die Hemel woon en so ook op die aarde, help ons om ook ander se laste

te dra. Help ons om bedagsaam te wees teenoor elkeen met wie ons te doen kry. Dankie Vader, vir alles wat deel word van soveel mooi herinneringe. Dankie Vader, omdat U ons gids is en elke tree van die pad ons lei.

WOENSDAG 28 SEP

Jesus Christus, ons Verlosser, help ons om

daagliks, U genade raak te sien. Here, help

ons om daagliks U met ons hele hart te dien. Here, vir al die onverdiende ge-

nade, se ons dankie. Dankie dat U luister en still in ons oor fluister: “Ek het

jou lief my kind, onvoorwaardelik lief!”

DONDERDAG 29 SEP

GEBEDSVERSOEKE Marietjie 076 713 4513

E-pos:

[email protected]

NOODKETTING

Sheila 082 895 9479

Francois Goosen

Suzette Rust Behandeling

Adriaan van Niekerk Bestraling

Cissy Coetzee Verswak

Marita Venter

Heinrich Steynberg Chemo

Chantelle Theron Kanker

Celeste Elfinstein Kanker

Lynette Crafford Behandeling

Duifie Theunissen

Pieter Cilliers Chemo

Marjorie du Toit Kanker

Piet Hoffman Chemo

Ester Bester Verswak

Joana Coetzee Parkinsons

Corlise Steyn Bestraling

Bekker van Wyk Hospitaal

Helena van Vuuren

WEEK VAN GEBED: Vader, mag al die gebede

van die gelowiges soos „n lofoffer opstyg na U!

SPESIALE GEBED: Belydeniskamp 30 Sep -

2 Okt. Ons bid vir Ds Anton en die belydenis-

groep wat vir die naweek weggaan, stilword,

gaan luister na God en saamgesels. Here, ons

bid vir elke jongmens en vir die naweek.

Here, Jesus Christus, dankie dat U ons liefhet. Ons

besef dit elke liewe dag van ons lewens. Hier is ons

hand, Vader, hou dit styf vas en moet dit asseblief nie los nie. Help ons om U

aan te roep en tot U te bid. Vader, Koning en Heilige Gees, sal U na my

gebede luister en as dit U wil is Vader, dit verhoor.

VRYDAG 30 SEP

Come close to Me, says the Lord, and I will

speak to your heart. I will direct you to where

you need to go and what you need to do. Let

Me be your navigator. I will warn you when

you are getting off track and steer you back

to the correct course. But, you must trust Me

and allow My intervention into your life. Quiet

your soul, and let Me lead.

Proverbs 3:6

In all your ways acknowledge Him,

and He shall direct your paths.

Die Vroue biduur Donderdagmiddag was tot groot seën vir al

die vroue van ons gemeenskap. Aan Vader al die eer!

Familienagmaal, Doopviering en Liedfesmaal ete - wat „n fees!!

10h00 - 12h00 HAARKAPPER: Kontak gerus vir Ester du Toit op Tel: 081 453 8130 vir ‘n afspraak.

KOM WEES KREATIEF: Sitkamer om 10h00 – 12h00: Kreatiewe span - hier is soveel mense met soveel verskillende talente in ons gemeente. As u dalk kennis dra van 'n aktiwiteit wat u graag met ons wil deel en ons wil leer - kontak Joan Ollewagen (028 316 1745). Ons wil ook graag met die Voedselfees fokus op kinders se behoeftes en sorg vir lekker eetgoed. In-dien u kennis dra van die maak van lekkers/kinder eetgoed, kom deel dit met ons asseblief.

NAALDWERK: Rita Ferreira nooi u om herstelwerk te bring. Kontak haar gerus op 073 218 1789 Baie dankie!

KLINIEK 10h00 – 12h00: Kontak sr. Ronel Calitz by 073 152 5623 en maak 'n afspraak. Sy kan gekontak word Maandag tot Vrydae: 08h00 – 13h00. Kontak sr. Calitz direk indien u versorging deur 'n versorger benodig .

TRIMGIM VIR VROUE in die OnsTeater om 10h00 - 11h00: Trimgim deur Mathilda Roos (bio-kinetikus). Trimgimfooie is R35 per maand vir lede. (R50 per maand vir nie-lede) Kontak no: 082 339 1085. TRIMGIM VIR DIE MANNE in die OnsTeater @ 11:00 - 12h00: Mathilda nooi alle manne wat graag wil deelneem om 11h00 om in die OnsTeater bymekaar te kom en saam te kom oefen. Welkom!

VOETE- EN HANDE VERSORGING Marilyn is terug! Kontak haar gerus op 082 532 6931 om ’n afspraak te maak. Kom bederf jouself met ‘n manikuur of pedikuur!

10h00: ONS VIER WÊRELDDAG VIR BEJAARDES. Sorg dat u sitplek bespreek is (RSVP teen Dinsdag, 27 September, by 028 316 1745). Kom geniet 'n gratis koppie koffie/tee en verversings by die Dienssen-trum. Spesiaal vir alle afgetredenes/uitgetredenes bo 60 jaar.

Ons almal saam in diens van

Jesus Christus

Oral, Altyd en in Alles

PROGRAM 26 Sep - 2 Okt

Onrusrivier Dienssentrum

“Deur die genade

van God”

MAANDAG 26 SEPTEMBER (GESLUIT OP MAANDAE)

DINSDAG 27 SEPTEMBER

WOENSDAG 28 SEPTEMBER

DONDERDAG 29 SEPTEMBER

Volle Pedikuur (60 min). (Toonnaels sny, vyl, skoonmaak, hakke skuur, afskilfering en massering van onderbeen en voete)

R75 (nie lede R95)

Mini pedikuur (30 min.) (Toonnaels sny, vyl en skoonmaak, hakke skuur)

R45 (nie lede R65)

Naellak (15 min.) R35 (nie lede R40)

Mans toonnaels sny en skoonmaak, hakke skuur R45 (nie lede R65)

Parafien waks behandeling (Vir stywe- of gewrigsontsteekte gewrigte of vir stadige sirkulasie, droë vel, bros droë naels ens.) Hande Voete Per gewrig

R55 (nie lede R75) R75 (nie lede R95) R45 (nie lede R65)

Verwydering van ongewenste gesigshare, wenkbroue en wimpers tinting Prys op aanvraag

Sny van hare: Mans R50 (nie lede R70)

Sny van hare: Dames R60 (nie lede R80)

Haarsny en droogblaas (“blow dry”) R75 (nie lede R95)

Haarsny en krullers indraai (“set”) R80 (nie lede R100)

Was hare en droogblaas (“blow dry”) R40 (nie lede R60)

DIENSSENTRUMNOMMER

028 316 1745 KONTAK VIR JOAN

OF HANNIE (09H30 – 12H30)

VIR ENIGE INLIGTING.

ERIKA OOSTHUYSEN

Maatskaplike Werker

O28 316 3115 / 079 322 0998

[email protected]

KOLWYNTJIE TEETUIN

VRYDAG, 30 SEPT

09H30 – 11H30

Besoek gerus die teetuin en laat ons

jou met KOLWYNTJIE-GASVRYHEID

bedien. Kontak asb vir MARIE by

028 316 4018 vir groepbesprekings.

Die reën, wind en koue het die

besoekers verlede Vrydag glad

nie gekeer om die Kolwyntjie te

besoek nie! Ons waardeer jul

ondersteuning geweldig baie.

Kyk net die mooi gedekte tafels!

ONDERSTEUNINGSROEP

Ons nooi almal wat aan MNS, MS, spierdistrofie,

Parkinsons, Alzheimer en alle vorme van Dimensie

ly en hulle familielede na 'n ondersteuningsgroep

wat op Maandag, 3 Oktober, om 11:00 - 12:00 in

die sitkamer van die Dienssentrum gehou sal

word. Dit is nie maklik om hierdie siektes en hulle

simptome te hanteer nie. 'n Mens het nodig om

daaroor te praat! Kom na die dienssentrum en

kom gesels saam of sit net agteroor en luister na

die res van die groep en kry weer motivering!

UITSTAPPIE OP DONDERDAG, 13 OKTOBER,

na Stanford Hills. Ons gaan heerlike skons en

tee/koffie geniet teen R40 per persoon. RSVP

en betaal asseblief teen Maandag, 10 Oktober by

028 316 1745. Ons vertrek om 09h30 met 'n

bussie na die plaas.

VERSORGING: Sr. Ronel Calitz staan gereed

om u moeder/vader/eggenoot te help met ver-

sorging. Sy het baie oulike versorgers

(huishoudsters) wat bereid is om u las ligter te

maak. Dit is nie maklik om die versorging van 'n

verswakte bejaarde te hanteer nie - daar is hulp

vir u beskikbaar. Sr. Calitz doen weekliks tuisbe-

soeke om te sorg dat u familielid en ook die

huishouster (versorger) gemaklik is en tevrede is

met die diens. Dit is vir ons belangrik om dit vir u

so gemaklik moontlik in u huis te maak sodat u so

lank as moontlik in u huis kan aanbly. Kontak

sr. Calitz by 073 152 5623 (Maandae - Vrydae

van 8h00 - 13h00). Sy kom na u huis, doen 'n

evaluasie en praat dan met u oor die versorging.

DS MICHIEL DE KOCK 028 316 4174 (K)

083 468 8194 [email protected]

DR WILHELM BURGER 028 316 2110 (K)

083 448 1651 [email protected]

DS ANTON DUVENHAGE 072 477 3185

[email protected]

DR CLIFFORD HEYS 028 316 4895

[email protected]

VOORSITTER KERKRAAD Piet van Zyl

082 339 9871 [email protected]

EVANGELIS Chookie Naudé 072 355 9633

[email protected]

MAATSKAPLIKE WERKER Dr Erika Oosthuysen

028 316 3115 (K) 079 322 0998

[email protected]

KOMMUNIKASIE BEAMPTE

Karin de Bruin 084 305 2086

[email protected]

ONTVANGS Mervian van der Merwe

084 875 7875 [email protected]

REK BEAMPTE Rika Eveleigh 082 679 1312

[email protected]

ADMIN BEAMPTE Hanna de Jager 082 441 9759

[email protected]

KOSTER Hennie Davies 061 300 4577

Vir navrae en kommentaar

op die Hartklop [email protected] (Advertensies sluit Dins 12:00)

KERKKANTOOR ma - vry 08h00 - 13h00

Tel (028) 316-2116 [email protected]

www.ngkonrusrivier.co.za

DANKOFFERS NG Kerk Onrusrivier

Bank: ABSA

Rek. 406 215 2718

SENDING (GBO) Geloof Belofte Offer

Bank: ABSA

Rek. 916 9799 886

Your local Manufacturer of Timber

* Skirting * Ceiling * *Flooring * Decking *

028 313 2183 www.coastaltimbermouldings.co.za

HUIS LETTIE THERON benodig ’n tweedehandse klavier of elektronise orrel / klawerbord om te gebruik tydens kerk- of begrafnisdienste asook funksies. U kan ’n donasie oorweeg of dit aan die tehuis verkoop teen ’n billike prys. Kontak asseblief die Bestuurder, Simon van Vuuren, gedurende kantoor-ure op (028) 312 3721.

WAAR KAN EK DIEN?

Wonder u soms waar u kan inskakel by

Jesus se gemeente in Onrusrivier?

Voorstel: Vat gerus die

gemeentekalender en kyk na al die

bedieninge agter in. Raak stil, bid tot

Vader, luister fyn - en kontak ons gerus

indien u enige navrae het oor wat die

bedieninge behels. Daar is beslis „n

plek / bedieninge / roeping wat net JY

kan vul! Ons sien uit daarna om hierdie

pad van seën saam met u te stap.

Kontak gerus enige van die leraars of

bedieningsleiers. Welkom!

wees BORGE GESOEK VIR

GEMEENTE KALENDER 2017

Ons nooi graag besighede (en individue)

om ons jaarlikse Gemeentekalender vir

2017 te borg. Daar is net plek vir

12 borge (WAARVAN DAAR NOG

NET 6 PLEKKE OOP IS) en vir die

hele jaar het u besigheid blootstelling

op die maande van die kalender asook op

jou spesifieke maand in die Harktlop.

Die koste beloop R2500 per borg.

Hierdie is „n eenmalige bedrag en dan

het u bemarking vir die hele jaar!

Kontak asb vir

Karin by die

kerkkantoor so

gou moontlik

om u plek te

verseker.

Baie dankie

vir al u

ondersteuning!

(FOTO BO) KOSPAKKIES So baie dankie vir al die bestanddele

ontvang! Waardeer dit opreg! Mag julle ook elke dag bewus wees van

ons Vader se omgee en liefde.

Kospakkies word met vreugde gepak!