26 augustus 2018...2018/08/26 · spanlede se saailand het verskuif en ons benodig dus 2 vrouens...
TRANSCRIPT
Bergsig Boodskap 26 Augustus 2018
26 Aug: Bybelsondag & Ds.
Wynand Breytenbach afskeid
om 19:15
24-26 Aug: Bevrydingskursus
30 Aug: Seniors Basaar
31 Aug – 2 Sept: Mannekamp
8 Sept: Leiersberaad
9 Sept: Oupa-en-Ouma dag
Glow Kidz
08:15 Klassieke diens Ouditorium Dr. Kobus de Jager
10:00 Informele diens
Ouditorium
Arno Mattheus
Glow Kidz diens (Saal)
Bea Pretorius
18:00 @6 Aanddiens Ds. Wynand Breytenbach
Deuroffer: Instituut vir Blindes
26 Augustus 2018, BYBELSONDAG VELDTOG: DEEL JESUS
Me, myself and I -
selfgerig / eiegeregtig -
net my lewe, my gesin,
my familie, my huis, my
kar, my parkeerplek,
myne … myne.
Soms moet mense eers
Jesus se liefde beleef,
voor hulle dit kan begryp.
Om Jesus se liefde te
leef, betken dat ons vir
verhoudings-, en versorg-
ingshonger mense in ons
leefwêreld sal TYD maak,
OMGEE en hulle BE-
HOEFTES BEDIEN. So
word Jesus se liefde
sigbaar, tasbaar en voel-
baar.
Beleef mense van ons as
Christene liefde, aan-
vaarding en omgee in
plaas van veroordeling,
meerderwaardigheid en
liefdeloosheid?
“Don’t tell them Jesus
loves them, ‘till you are
ready to love them too
…” (Echo jeugontwikkel-
ing se leuse)
Deel Jesus OMGEE uitdaging
08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz
10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz Glow Kidz diens (Saal) Bea Pretorius
18:00 @6 Diens
Arno Mattheus
Deuroffer: CAD
2 September 2018, DOOP VELDTOG: DEEL JESUS, BIDDAG VIR DOWES
Lukas 5 : 12-16 Leef die liefde van Jesus deur omgee
Deel van ons OMGEE UITREIK uitdaging is dat lidmate, gesinne, klein-groepe of individue tydens die Deel Jesus Preekreeks hulle betrokkenheid by ʼn Bergsig Projek of gemeen-skapsprojek bevestig en tydens die vierde kwartaal ons OMHELSING tema uitleef deur spesifiek die
projekleiers en projek-spanne te ondersteun en in deernis te omhels, veral met die aanloop na Kers-fees en behoeftes wat pro-jekte mag hê in die tyd.
Inligting oor die verskillen-de projekte en hulle be-hoeftes verskyn in die GGO brosjure, op die plakkate soos opgeplak in die kerksentrum asook op die webblad.
Kleingroepe gaan ingedeel word by Bergsig se uitreikprojekte as deel van die kleingroep-uitreik gebedstrategie.
Stuur asseblief vir ons foto’s en getuienisse van julle betrokkenheid by die projekte na [email protected]
Teen 16 September wil ons graag ʼn lys in die eredienste aan die ge-meente wys van indi-vidue, gesinne en kleingroepe wat die uitdaging aanvaar het en bevestig het dat hulle tydens die vierde kwartaal Jesus se liefdevolle omhelsing aan projekleiers of pro-jekspanne gaan uitleef.
Ons groet Ds. Wynand Mens sukkel om ’n alleen vooraangesig foto van Wynand
te kry. Hy moet altyd êrens uitgesny word tussen ’n
klomp mense waar hy besig is met ’n aktiwiteit. Hy is lief
vir God, vir Afrika, vir kuns, vir mense en minder bevoor-
regte mense en help hulle graag. Ons gaan Wynand mis
en stuur die beste wense saam met hom!
Bladsy 2 Bergs ig Boodskap
Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke
wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]
ATTIE VAN WYK SKOOL
Twee van die Attie van Wyk spanlede se saailand het verskuif en ons benodig dus 2 vrouens wat vir ons elke Woensdag 9.15 – 10.00 sal kan kom help met ‘n Christe-
like gebaseerde opbouende/motiveringslessie vir die Graad 4 en Graad 6 klasse by die skool.
Wanneer die Here hierdie taak op jou hart lê is jy wel-kom om vir Nelda Rousseau te kontak by [email protected] of per Whatsapp of skakel by 083 235 1400
ECHO HUIS UITREIKGELEENTHEID 23 AUGUSTUS Die geleentheid van ‘n groot sukses. Ongeveer 12 per-sone van ons kerk het bygewoon. Volgende week sal ons fotos plaas. Baie dankie vir elkeen se deelname en bydraes.
Die idee was om gemeentelede die geleentheid te bied om een van die ECO huise waarby ons betrokke is te gaan besoek. (’n ECO huis is ’n heenkome vir jong-mense wat uit moeilike omstandighede kom, maar geen ander woonplek het nie.)
Op ’n Donderdagaand eet die inwoners van die huise en die gemeenskap saam. Ons lidmate het saam gesels en eet en so meer geleer oor die projek.
Durbanville Kinderhuis Golf dag
Dis weer daardie tyd van die jaar om met u gholf-talente ’n goeie daad of twee te doen vir die kinders by die Dur-banville Kinderhuis deur ’n vierbal te bespreek, ’n bof of setperk te borg of ’n finansiële donasie te maak. Ons nooi u graag uit om ons Jaarlikse Gholf dag te ondersteun op Vrydag 2 November 2018 by die Durbanville Gholfbaan. Borg asb. 'n vierbal teen R4,000-00 of 'n nat gat teen R 2,000-00. 'n Pryswenners ete, asook geskenkpakkie maak deel uit van die vierbal. Kontak asseblief vir Angelina Snyman by [email protected] of 021 975 6822 om u vierbal te bespreek.
Lesotho besoek 28 Sept - 6 Okt
Bergsig ondersteun die Semonkong Children’s Centre in Lesotho vanaf Nov 2017. Fondse van Bergsig af het gehelp om geboue op te knap, ’n groentetuin aan te lê ens. Lees meer hieroor in die GGO brosjure.
Lidmate is welkom om saam te gaan. Lees meer op die webblad of kry ’n inligtingsblad by die sydeure en voor-portaal of bel Jaco by 0730176662
’n Groot behoefte is: ‘n voertuig en bestuurder.
Die Magdalenahuis kort dringend skenkings van nie-bederfbare kos.
Gee asb. by die kerkkantoor af en merk vir Magdalenahuis.
Om meer uit te vind oor die projek lees gerus in die GGO brosjure daaroor.
VERSIERDE PLAATKOEKE Ons is op soek na drie dames wat kan help plaat-
koeke bak/borg vir kinders in die
kinderhuis se verjaarsdae.
Die verwagting is tussen 3-6 versierde
plaatkoeke per jaar.
As jy hiermee kan help bel Christa Kemp by:
021-976 6210 / 082 3911615
RUTERWACHT GEMEENTE
Daar is ‘n groot behoefte in Ruyterwacht NG Gemeente vir kos en warm klere en komberse. Indien u spesifiek hier wil help, laai dit by die kerk af of betaal in en merk baie duidelik “Ruyterwacht.”
WIL JY GRAAG DIE DIENS BYWOON,
MAAR JY KAN NIE? Die 10:00 en @6
Aanddienste om 18:00
word lewendig ge-
beeldsend
(“livestream”) op
You Tube.
HET JY ’n PREEK GEMIS? Ons poog om alle preke op die web beskikbaar te
stel vir lidmate om te luister. Met groot uitsonder-
ing ondervind ons soms tegniese probleme en is
dit nie moontlik nie. Gaan luister gerus by
www.bergsigdv.co.za by die skakel
MEDIA/preke.
05:45 Vrydagoggende
Luister ook na getuienisse by
www.tgifcape.co.za
Bladsy 3 Bergs ig Boodskap
Om vrywillig deel te word van
die kerk se algemene
WhatsApp ‘broadcast’ groep
stuur jou naam en van na:
071 529 9491
Bel ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te word of e-pos na: [email protected]
Durbanville-Bergsig se leiersberaad vind op 8 Septem-
ber 2018 plaas by die kerksentrum en dis die groot be-
plannings geleentheid in die jaar wanneer mense bid,
dink, gesels oor wat die volgende tydperk vir Bergsig
inhou.
Bergsig verheerlik Jesus Christus as ons Verlosser en
wil dit graag bly doen. Ons gebed is dat die beplanning
Hom sal eer.
Bid asb. saam vir dié geleentheid.
Louis Genis Via Nazionale 60, 083 984 4360 Vrou oorlede Troos en bemoediging
Wallace en Lené Albertlyn Vue Des Monds Baba mediese Herstel en bemoediging
Eduard Hattingh Primulalaan 43, 074 822 5217 Motorfietsongeluk Herstel en bemoediging
JC Smith Richterstraat 8., 082 563 0408 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Babs Schoeman Summer Places 2, 021 975 4965 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Dirk Carstens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging
Johan Haasbroek Vierlandenstraat 24, 021 976 0425 Beroerte Herstel en bemoediging
Alida Nel La Gratitude 25 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging
Danie en Alida Muller Zandkloofweg 10, 076 177 7626 Kanker Herstel en bemoediging
Elri du Preez Penniesingel 1, 084 592 9595 Mediese behandeling Herstel en bemoediging
Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging
Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106
Compassion is not a virtue - it is a commitment. It's not something we have or don't have -
it is something we choose to practice. Brené Brown
Vandag is Bybelsondag en ons fokus spesifiek op die Bybel en die voorreg om die volledige Bybel in elkeen van ons 11 amptelike landstale te hê.
Ons is diep bewus van die voorreg om ook in die Byb-elbehoeftes van Afrikaanssprekendes te voorsien. Die groot nuus is dat Die Bybel: ’n Direkte Vertaling na verwagting teen die einde van 2020 sal verskyn. Die Bybelgenootskap herdenk sy 200ste bestaansjaar in Suid-Afrika in 2020 en ons is opgewonde om weer ’n Bybel vir die volgende geslagte Afrikaanssprekendes bekend te stel.”
Vat vandag jou Bybel en dank God dat jy vrylik toe-gang het tot Sy Woord. Lees dit daagliks en ver-kondig die Evangelie verantwoordelik by elke geleent-heid wat jy moontlik kan kry.
Gee gerus ook vir iemand ’n Bybel wat nie een het nie. Daar is ‘n 1 miljoen Bybel projek vir 1 miljoen kinders byvoorbeeld.
Bladsy 4 Bergs ig Boodskap
DURBANVILLE & BERGSIG SENIORS
ONS HOU BASAAR
Datum: Donderdag, 30 Aug 2018 Tyd: 9:00
Plek: Bergsig kerksaal
Kom ondersteun en kuier saam met ons seniors.
GEBAK, PANNEKOEK, POED-ING, KERRIE & RYS, JAFFELS,
KOFFIE & TEE
**************
Lede wat die uitstappie op Don-derdag, 27 Sept 2018 na Klub My-konos, Bouzouki Restaurant, wil meemaak, moet op 30 Aug 2018
hul R100 per lid betaal.
ISRAEL TOER 2019 Ons baie opgewonde om jou te nooi na Bergsig se
Israel toer 16 – 25 Maart 2019 gelei deur Ds Johan Els en Pastoor Rykie Steyn van Menorah Toere.
Ons gaan dit aanpak as ’n Geestelike Pelgrimstog en jy kry ‘n geleentheid om die plekke te sien waarvan ons
elke dag in die Bybel lees.
Die koste is R 33 100 (bereken op S1 = R 14) en ’n deposito van R 3000 is betaalbaar om jou
plek te verseker. Opskud, daar is nog net 10 plekke oop van die 30 plekke. Kontak gerus vir Ds Johan Els by 084 672 0626 of Esther Goosen by 076 183 4568 of
[email protected] vir toer inligting.
Kerkraad nuus: Baie geluk en voorspoed vir die termyn
Voorsitter: Peter Montgommery Onder Voorsitter: Jouke Bekket
Lede nuut verkies:
Abrie Coetzee Junita de Swardt
Ruben Fick Stella Malan
Coenie Pretorius Murray Steenkamp Johan Swanepoel
Navrae: Pieter Henning, Gemeentebestuurder
Bladsy 5 Bergs ig Boodskap
NG GEMEENTE DURBANVILLE-BERGSIG
Vakature: Jeugbedienaar Die NG Gemeente Durbanville-Bergsig bestaan uit onge-veer 3,270 belydende lidmate en ongeveer 1,523 dooplid-mate.
Hierdie gemeente is reeds in 1982 gestig en het mettertyd gegroei en uitgebrei tot ‘n makro-gemeente wat in liefde omsien na die welsyn van sy naaste, met besondere aandag aan haar jeug.
Verantwoordelikhede
Instandhou en uitbou van die jeugbedieningsaksies, (Gr 0 tot 6) 80% fokus
Bestuur van juniorjeug se kategeseleiers
Pastorale begeleiding van die juniorjeug
Aktiewe betrokkenheid by laerskole en bou van verhoudings
Aanbied van jaarlikse jeugkampe
Verleen hulp met tienerbediening, (Gr 7 tot 12) 20% fokus
Vereistes
Jong, energieke en innoverende persoon
Passie om kinders na Jesus te lei
Toepaslike tersiêre kwalifikasie in Jeugwerk
Vorige soortgelyke ervaring in ‘n gemeente sal ‘n pluspunt wees
Goeie menseverhoudinge, veral in spanverband
Vergoeding sal volgens sinodale riglyne en na gelang van relevante ondervinding bepaal word.
Navrae: Ds. Johan Els ([email protected])
Aansoeke: Voorsitter van Diensverhoudinge ([email protected])
Sluitingsdatum: 3 September 2018 om 12:00
Aanstellingsdatum: So gou moontlik
DIT IS TYD OM TE SING Ons beleef ʼn tydperk
van knellende droog-
tes en vrese oor die
ekonomie, geweld,
burgerlike onrus en
politieke onseker-
heid. As gelowiges
glo ons God is daar;
Hy is betrokke by
ons lewe en
geskiedenis, en Hy
roep ons om self ʼn
verskil te gaan maak.
Uiteindelik kom sy
Koninkryk deur al hierdie donkerte en onsekerhede heen
en breek in mense se lewe aan.
Om hierdie belydenis uit te leef, bied die NG Kerk van
Wes-Kaapland en Bybel-Media op Saterdag 8 Sep-
tember 2018 ʼn massa-saamsinggeleentheid in die
Kaapstadse stadsaal aan. Ons sal saam sing om aan
God die eer te bring, om ons nood voor God neer te
lê en om ons hoop op God te plaas.
ʼn Massakoor van ongeveer 500 koorlede, saamgestel uit
20 gemeentes se kore, en die volle Kaapstadse Filhar-
moniese Orkes, sal die samesang begelei. Daar is plek
vir slegs 1 000 mense en kaartjies is beskikbaar teen
R200 elk. Geen wins word
gemaak nie. Alle inkomste
sal gebruik word om
uitgawes te dek en
soortgelyke “Dis Tyd om
te Sing”-geleenthede in
ander stede aan te bied.
Tydens die
saamsinggeleent-heid sal
24 van die bekendste
geloofsliedere van die
kerk saamgesing word.
Dié liedere is deur eeue
heen aan gelowiges
bekend. Dit het ons geloof
gevorm en mense deur moeilike tye in hulle lewe gedra.
Dis Tyd om Te Sing se massa-saamsinggeleentheid is ʼn
openbare getuienis van gelowiges wat sê: “Here, hoor
ons,” maar ook: “Here, hier is ons. Stuur ons.”
Die byeenkoms is die eerste van sy soort in ons land.
Soortgelyke byeenkomste word in ander sentra van die
land beplan. Ons droom is om dit ʼn jaarlikse gebeurtenis
te maak en só deur samesang ons getuienis uit te leef.
Navrae oor kaartjies: by Alida
NG Kerk Durbanville-Bergsig
021 976 4106 • [email protected] • www.bergsigdv.co.za
Facebook: Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers Straatadres: H/v. Boland- en Proteaweg, Durbanville 7550
Posadres: Posbus 479, Durbanville, 7551 Kantoor-ure: Ma tot Vry 08:00 - 14:00
Leraars en kantoorpersoneel kan daagliks by die kerkkantoor gebel word.
24 uur nood vir geestelike & emosionele ondersteuning 071 196 4191 / [email protected] S33 48.966 O18 39.728
Bankbesonderhede: NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810