26 januarie 2020 - midsuid.co.zamidsuid.co.za/uploads/images/gallery/afkondigings 26...
TRANSCRIPT
KERKLIKE JAARVandag is die derde Sondagna Epifanie. Die woordEpifanie beteken verskyning of openbaarmaking en word in die kerkjaar gebruik om te verwys na God severskyning in die wêreld met die geboorte van Jesus. Epifanie word gevier na die twaalf dae van Kersfees op die 6e Januarie. Die besoek van die drie wyse manne en die wat geskenke hulle saamgebring het word met Epifanie in verband gebring omdat die wyse manne deur hulle optrede Jesus as God erken het. Die kleure vir Epifanie is ook groen soos vir Koninkrykstyd. Die simbole vir Epifanie is die vyfpuntige Bethlehemstêr, kerse en ‘n doopvont.
26 JANUARIE 202008:00 en 10:00Prediker: Ds. Rika van Vuren
08:00 en 10:00 Kinderkerk
09:00 Sondagskoolklasindeling in die kerk
18:00 Belydenisklas (Gr. 11’s)
Deurkollekte: Uitreike
PROGRAM VIR DIE WEEKVandag 09:00 Sondagskoolklasindeling
18:00 Belydenisklas (2020) begin
Di. 28 Jan. 14:30 Belydenisonderhoude (2019)
18:00 Bestuursbedieningsvergadering
Wo. 29 Jan. 18:00 MXIT begin (Hoërskoolleerders)
Do. 30 Jan. 14:30 Belydenisonderhoude (2019)
Baie welkom aan besoekers en nuweintrekkers. Nuwe intrekkers is welkom
om na die tyd voor die kansel bymekaarte kom of na die Inligtingstoonbank in
die saal te gaan tussen die twee eredienste. Ons wil julle graag ontmoet.
“Die Woord het
mens geword en
onder ons kom
woon. Ons het sy
heerlikheid gesien,
die heerlikheid wat
Hy, as die enigste
Seun, van die Vader
het, vol genade en
waarheid.” Joh. 1:14
VERJAARSDAE 26 Januarie – 1 Februarie26 JANUARIE Wilmé Kruger Koos Weber Dudley Dutton
Jenien Cordier Waldo la Grange 29 JANUARIE Kobie Groenewald
Johannes Cordier Hester Maartens Heidi Buitendag Hannes Kruger
Petro French Engela Potgieter Cornelius Grobler Michael Marais
André Groenewald Jani Pretorius Maryké Harmse Johan Meyer
Dina Pretorius Dian van Schalkwyk Leon Labuschagne Evert Potgieter
Dian Snyman Johan van Wyk Tina Meyer Mariette Swanepoel
Marthonet Stangroom Susan Voges Jaco Pretorius Carla Swart
Lu-Marie Swart 28 JANUARIE Carolien Thesner Schalk van der Merwe
Nadine van der Berg Hester Bruce Antoinette van der Berg Eugene van Jaarsveld
Leanie van der Merwe Viktor Cogho Divan van der Berg Carina Venter
Florina van Deventer Matthew Cunningham Archie Vorster Jané Wiesner
Tertius Verwey Christina du Plessis 30 JANUARIE 1 FEBRUARIE
Ashley White Stef du Toit Michael Basson Zan-Roux de Koker
Robert Zietsman Luan Gebhardt Cathleen Boshoff Letitia Henning
27 JANUARIE Chrizaan Hattingh Malcolm Christie Koos Jacobs
Aninda Adam Gerhard Hattingh Zandrika Harrington Jock Nel
Jakes Calitz Petrie Jacobs Joshua Joubert Henk Smit
Amoné Conradie Urpie Labuschagne Pieter Naudé Chanel Strydom
Ockie de Bruyn Carli Matthee Werner Otto PS Tromp
Isabelle Goosen Sunel Mertz 31 JANUARIE Paul Venter
Kaitlin Janse v Vuuren Clifford Potgieter Lianette Botha
Pierre Julyan Ria van As Charl Dannhauser
Zak Kloppers Johan Vorster Helmo du Preez
Veels geluk aan almal wat die komendeweek verjaar. Tannie Engela Potgieter, word môre,
27 Januarie, 81 jaar oud en Oom Archie Vorster, word
Woensdag, 29 Januarie, 80 jaar oud. God's ryksteseën word u toegebid. Geniet die dag dag enmag die nuwe jaar oorvloedig geseënd wees.
GEBEDSWEEK26-30 Januarie by
die Witkerk om 18:00
DEURKOLLEKTEVolgende Sondag se
Deurkollekte gaan virOmgeegroepe en –opleiding.
POEDINGVERKOPEDie Flinke Vroue
verkoop vandag
poeding tussen die
twee eredienste by die
kombuis in die saal.
ATTESTATE ONTVANGBELYDENDE LIDMATE
Francois Swamers vanaf NG Kempton-Kruin
Hercules Johannes van der Merwe en
Celeste Berdine van der Merwe (neé Nel) vanaf NG Vaalpark
Willem Rudolph du Toit vanaf NG Nelspruit-Suid
Grant McSeveney vanaf NG Evander
Marilize McSeveney (neé Van Wyngaardt) vanaf
NG Secunda Goedehoop
DOOPLIDMAAT
Liam Hercules van der Merwe vanaf NG Vaalpark
PERSONE AAN DIENS VANDAGDeurdiens voor die 08:00 erediens:Maria le Roux, Vanessa van Niekerk, Anja KohrsDeurdiens voor die 10:00 erediens: Sandri Walker, Lizette Jordaan, Henk GroenewaldInligtingstoonbank tussen die twee eredienste: Peet Kruger, Beyers MeyerMediarekenaar: Johnathan HaarhoffBaie dankie aan elkeen wat op ‘n Sondag help om die erediens en
alles agter die skerms glad te laat verloop. Van die prediker, kreatiewe- en musiekbedieninge, die koster, persone bo genoem,
teeskinkers, Sondagskool- en Kinderkerkpersoneel, die adminpersoneel en betrokke kerkraadslede, skoonmakers enkarwagte. Elke bydrae en betrokkenheid is baie kosbaar.
DOOPRegistrasie vir die doop op
8 Maart, sluit op 31 Januarie en vir die doop
op 5 April, sluit op 28 Februarie.
AFLAAI VAN SKENKINGS EN
DONASIESTydens
kerkkantoorure08:00-13:00
by die PastoraleSentrum (bruin palisade heining
regs van die kerkkantoor) of Sondae in die houers by die
kerkdeureasseblief.
VERGETE EN VERLORE ITEMSOns het ‘n hele paar juweeltukke,
blokfluite, boeke, rugsakke, skoene, Bybels, ens. by die kerkkantoor in veilige
bewaring. As jy iets verloor het, mag onsdit dalk hê. Ons sal na drie maande die
onopge-eisde items skenk aanbehoeftiges.
Ons bedien volgende Sondag tydens
die tweede diens die sakrament van
die doop en op 9 Februarie, bedien
ons nagmaal tydens albei dienste.
Almal is baiewelkom om saammet ons ‘n gratis koppie koffie of
tee te drink tussendie twee
eredienste by die kombuis in die
saal.
HANDE VAT GROEI
EN DIEN UITREIK
BEDIENING (HVGD)
071 464 0532Hierdie nommer is beskikbaar vir enige navrae
rondom die volgende projekte wat deel vorm van die
Hande Vat Groei en Dien (HVGD) Uitreik Bediening.
Maandelikse Kospakkies: Word uitgedeel vir 3
maande aan gesinne wat groot nood ervaar. Hierdie
pakkies word gepak en uitgedeel deur gemeentelede
aan die einde van elke maand. Die volledige
voedsellys vir die opmaak van hierdie pakkies is
beskikbaar op ons HVGD sakke. Skakel bogenoemde
nommer as jy graag so ‘n sak wil bekom. Ons het tans
blikkieskos, soya maalvleis, langlewe melk,
ontbytpap, rys, pasta, toebroodjiesmeer,
soppoeier, koffie, tee, suiker, vleis, groente
en toiletware nodig asseblief.
Sopkombuis: Woensdae om 09:00 by die
kerkkombuis. Ons het asb hulp nodig. Persone wat
Woensdae by die kerk kan help, wat kan kosmaak by
jou huis en Woensdae hier kan aflaai. Voorraad wat
beskikbaar is vir ons maandelikse kospakkies word
tans gebruik. Enige verdere skenkings soos maalvleis,
wors, hoender, melk, kaas, eiers, meel, bakpoeier,
rys, pasta sal waardeer word spesifiek vir die
Sopkombuis.
Gevriesde Borde Kos: Ons het gereeld mense wat
instap en honger is. As jy dalk ‘n ekstra porsie kerk
toe bring vir sulke gevalle kan dit ons baie help.
Klerebank: GROOT BEHOEFTE AANMANSKLERE EN
-SKOENE, GORDYNE EN BEDDEGOED ASSEBLIEF
BAIE DANKIE AAN ALMAL WAT ONS REEDS
OP ‘N GEREELDE BASIS ONDERSTEUN
FNB Tjek Rekening nr 6278513323
Takkode 250655, Middelburg Mall
Verwysing: Sponcer number
GEDENKMUURAs jy meer wil weet
oor ‘n nissie, kontak
asseblief vir Johan by
082 977 1699
Ons Finansiële
kantoor is op
Donderdae gesluit.
Jammer vir die
ongerief.
VROUEBYBELSTUDIEWoensdae in die
kerksaal om 09:00. Kontak Minnie virmeer inligting by 073 790 3043.
PERSOONLIKE INLIGTINGLaat weet asseblief die kerkkantoor as
jou adres, kontaknommers, huwelikstatus of gesin groter of
kleiner geword het. Laat weet ons as jy die gemeente verlaat of trou. Ons
wil ons data op datum hou en het elkeen se samewerking nodig.
BOODSKAPPE AAN
KERKKANTOORJy kan ‘n whatsapp boodskap enige
tyd (selfs na-ure) stuur na ons
broadcast nommer 060 970 8277.
Slegs die kerkkantoor sal die
boodskap sien en die volgende
oggend terugskakel of die saak
aanspreek. Dié nommer is slegs vir
whatsapp boodskappe en oproepe
sal nie beantwoord word nie. Die
landlyn by die kerkkantoor sal slegs
tussen 08:00 en 13:00 beantwoord
word. Dinsdae slegs tot 11:30.
GEBEDSVERSOEKEIndien jy ‘n gebedsversoek
het of iemand op ons lys wilplaas, kontak asseblief 072
387 5147 of stuur ‘n whatsapp.
Ons weeklikseafkondigings is op die gemeente se webbladby www.midsuid.co.za
FLINKE VROUE VAN SUID
Ons gemeente se dames (die ou Vrouediens) kom
gewoonlik die eersteDinsdag van die maand
bymekaar om 17:30. Hou asseblief die almanak dopvir datums. Almal is baie
welkom. EREDIENSTYE TYDENS SKOOLKWARTALE OM 08:00 &
10:00 EN TYDENS SKOOLVAKANSIES EN
LANGNAWEKE OM 09:00
WERKSOEKBORDAs jy werk soek of werk het vir
iemand, gebruik gerus ons
inligtingsbord in die saal gratis.
DEURDIENSOns het nog persone
nodig om te help met
deurdiens voor elke
erediens. Dit behels dat jy
so een keer per kwartaal ‘n
beurt kry om ‘n halfuur
voor kerk by ‘n deur te
staan om almal welkom te
heet en afkondigings uit te
deel. Kontak asseblief vir
Sanet by die Kerkkantoor
as jy jou weg oopsien.
MOEDERSKAMER
EN
KLEINSAALTJIE
Ons moederskamer
is slegs vir
mammas met
babas. Ouers met
peuters en kleuters
is baie welkom in
die “kleinsaaltjie”.
Dis die gedeelte
heel regs, onder in
die kerk (as jy na
die preekstoel kyk).
As die kinders daar
jou pla, sit asseblief
êrens anders in die
kerk. Baie dankie
dat jy verstaan.
NAALDWERKKLASSE VIR
HUISWERKERSDie naaldwerkklasse is elke tweede Saterdag in die kwartaal om 13:30 –
16:30 in die kerksaal. Klasse in Februarie is op 8 en 22 Februarie. As jy dalk skêre,
handwerknaalde, spelde, materiaal of enige naaldwerktoerusting of items het wat jy wil skenk, sal ons dames dit baie handig kan gebruik. Baie dankie vir die skenkings wat ons ontvang. Sonder dit, sal die naaldwerksters nie so flink kan vorder nie. Kontak Marianna vir meer
inligting by 071 463 0842.
JEUGFAMILIE(Dis ons tema vir die jaar)- Ons kort ‘n Sondagskoolaanbieder vir graad 2.
As jy geroepe voel om so te dien, skakel
asseblief vir Lorraine by die kerkkantoor.
Registrasiefooi (R140) kan betaal word by
registraisetafels by konsistorie tussen die twee
eredienste of kind se kategeet of EFT.
- Vandag, het ons Sondagskoolklasindeling 09:00.
Graad 0 tot graad 6 in die kerk.
Graad 7 tot graad 9 - Kyk op die bord voor die
grasperkie by die Sondagskoolklasse vir jou
naam en klasnommer.
Graad 10's - in kerk in kleinsaaltjie, Ds. Hardus
gaan met julle praat oor die jaar se program.
Belydenisklas 2020 (graad 11's) begin om 18:00
in die kerksaal.
- Dinsdag 28 Januarie - Belydenisonderhoude
vir 2019 klas. Maak self 'n afspraak by
tannie Lorraine.
- Woensdag 29 Januarie - MXIT vir
hoërskoolkids begin om 18:00 in die
kerksaal.
- Donderdag 30 Januarie -
Belydenisonderhoude vir 2019 klas.
Genade
Die Kreatiwiteitsbedieninghet nog persone nodig wat kan help om die Liturgiese
ruimte (voor die kansel) mooi te maak vir
eredienste. Jy kry omtrenteen keer per kwartaal ‘n
beurt. Kontak asseblief virSanet by die kerkkantoor
as jy meer wil weet en lus is om jou kreatiwiteit in te
span.
PASTORALE SENTRUMAs jy meer wil uitvind oor die
werksaamhede van die PastoraleBedieningsentrum en dienste en kursussewat aangebied word, kontak vir Maud by die sentrum 013 243 3765 van 08:00 tot
13:00 of vir Zelna by 072 699 0853.
GEMEENTEKAMP28 FEBRUARIE TOT 1 MAART 2020
BY DEVOETPADKLOOFDie Besprekings en betalings sluit
stiptelik op Dinsdag, 28 Januarie. As jydie kamp wil meemaak en ‘n staanplek,
chalet of safaritent wil bespreek, kontakdringend die kerkkantoor asseblief.
CROSSing BOUNDARIES FIETSRENSaterdag 15 Februarie
Ons benodig borge vir uitgawes soos medaljes en tydhouers, asook pryse
en “goody bags” vir fietsryers. Ons het baie hande nodig vooraf en op die
dag om alles glad te laat verloop asseblief, soos by:- Borge soek, roete
merk, terrein voorberei, inskrywings, waterpunte, fotograwe, eindpunt en
opruim. As jy kan help, kontak asseblief vir Peet by 082 887 1763 of
Lizette by 084 602 8385 vir meer inligting.
A tot Z Huis /
Kantoorverbeterings &
Nutsman dienste
Lukas 083 236 6417Alle herstel, restourasie en
verbeteringswerk, sowel as
installering van nuwe toerusting in
badkamers & kombuise van alle
geboue. (Teël & loodgieterswerk
ingesluit.) Verf van huise/kantore &
dakke. Herstel van daklekke,
installering/herstel van plafonne,
polystyrene cornish, kaste, deure,
skirting, ens. Oprigting, verf en herstel
van omheinings. Sweiswerk. Basiese
herstel & installering van elektriese
bedrading, ligte, muurproppe,
stroombrekers, ens. Voltydse toesig.
(Een projek op ‘n slag). U kan my
met u huis se sleutels vertrou. Baie
billike tariewe. Gratis kwotasies.
2
As jy hier wil adverteer, kontak die
kerkkantoor asseblief. R30 per Sondag.
Pastorale Sentrumse noodnommer
na-ure 072 387 5147
Onthou julle kan die Zapper app op julle selfone aflaai. Ditmaak betalings vir jou baie
makliker en veiliger. Hierdie is die kode vir NG SUID. Jy kandit gebruik vir dankoffers enenige betaling by die kerk.
(Basaar)
Hierdie QR kodekan jy op jou foon
aflaai. Dit het die kerk se
kontakbesonderhedevir maklikeverwysing.
3