27 januarie 2019 - ng kerk durbanville-bergsig · werk met papiermâché, gips, stysel, pastelle,...

6
Bergsig Boodskap 27 Januarie 2019 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz Glow Kidz Diens (Saal) Stephanie Steenkamp 18:00 @6 Diens Arno Mattheus Deuroffer: Alta du Toit Nasorg 27 Januarie 2019, Preekreeks TRINITEIT: VADER 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo 10:00 Informele diens Ouditorium Ds.Mizelle Prinsloo Glow Kidz Diens (Saal) Stephanie Steenkamp 18:00 @6 Diens Ds. Mizelle Prinsloo Deuroffer: Gemeentehulpfonds 3 Februarie 2019, Doop Preekreeks TRINITEIT: VADER Week van Gebed 27 Jan: Preekreeks Triniteit 29 Jan: Seniors Bybelstudie 30 Jan: Ringsontbyt 31 Jan: Seniors Opening 1 Febr: Lidmaatprediking- kursus 3 - 6 Febr: Week van Gebed 8 Febr: TGIF Manne konfe- rensie Jou identiteit in Christus 12 & 13 Febr: Veritas Bybel- skool loodsing 15 Febr: Uitreikgeleentheid 16 Febr: Betesda-mark 19 Febr: Doopkategese Die name van God , soos ons dit in die Bybel lees, is ʼn padkaart om ons meer van God se karakter te leer. Sy name is vir ons ʼn manier om Hom beter te verstaan en ʼn intiemer begrip van Hom te kry en daardeur ervaar ons verskeie elemente van sy karakter. God se Name daag ons uit, inspireer ons, troos ons, motiveer ons en bemagtig ons. Ons jaartema Lewe in Sy liggaan elke kwartaal toegelig word deur n preekreeks wat fokus op die Triniteit en kwartaal een kyk ons na God die Vader Hoe bid ons: Bid die name van God Hoe luister ons: Wat hoor ons van God oor sy name Hoe leef ons: Prak- tiese toepassing. Eienskappe van God Hy is heilig Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige! Die hele aarde is vol van sy magtige teen- woordigheid. Jesaja 6:3 Kyk na jou heilige God. Aanskou sy majesteit. Hy gaan jou verstand te bowe. Maar wat Hy jou reeds van Hom gewys het, is genoeg om jou vir altyd te verander. Aanskou sy majesteit. Die hele aarde is vol van sy majesteit, maar vul sy majesteit ook jou hart en gedagtes? Hy is Skepper Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Jesaja 40:28 Wanneer jy sê God is die Skepper, sê jy terselfder- tyd dat jy jou identiteit en doel in Hom vind. As jy God as Skepper erken, erken jy ook dat jy sy skepsel is. As Christen is jy dubbeld syne, want Hy het jou geskep en herskep vir sy majesteit. Jy is waarlik God se hande- werk. Hoe bid ons? – Bid tot God ons Skepper van al- les wat bestaan – Elohim Die Naam Elohim het ʼn drieledige betekenis: Skepper-God – Genesis 1:1 In die begin het God (Elohim) die hemel en die aarde geskape.Soewereine God – Jesa- ja 46:9-11 – Hy is die Op- permagtige Opperwese en daar is geen God soos Hy nie. God–van–Outoriteit – Psalm 138:2 U het u Naam en u Woord bo alles gestel.Hy is die God van outoriteit wat oor alles en almal en alle magte en gesag heers. Hoe luister ons? – Bid oor die volgende vrae: Wat leer die naam Elohim vir my van God? Wat leer die naam Elohim vir my van myself? Wat kan ek nou gaan doen, omdat ek God se naam Elohim beter verstaan? Hoe leef ons? Gesels oor: In watter klein/ gewone dinge kan/het jy die heiligheid van God al gesien. Gebruik die volgende aanhaling: Peter Marshall het dit so gestel: There is a beauty in homely things which many people have never seen: Sunlight through a jar of peach-plum jelly; A rainbow in soapsuds in dish water; An egg yolk in a blue bowl; White ruffled curtains sifting moonlight; The colour of cranberry glass; A little cottage with blue shutters; Crimson roses in an old clay pot; The smell of newly baked bread; Candlelight on old brass; The soft brown of a cocker spaniels eyes. Heilig, heilig, heilig … God die Vader Die sentrum maak voor- siening vir volwassenes (18 jaar en ouer) wat intel- lektueel gestremd is.

Upload: others

Post on 25-Feb-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: 27 Januarie 2019 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · werk met papiermâché, gips, stysel, pastelle, potlode, alle soorte klei, was, glas en perspeks. Die lesse word aangebied met die

Bergsig Boodskap 27 Januarie 2019

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz

10:00 Informele diens

Ouditorium

Ds. Philip Scholtz

Glow Kidz Diens (Saal) Stephanie Steenkamp

18:00 @6 Diens

Arno Mattheus

Deuroffer: Alta du Toit Nasorg

27 Januarie 2019, Preekreeks TRINITEIT: VADER

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo

10:00 Informele diens

Ouditorium

Ds.Mizelle Prinsloo

Glow Kidz Diens (Saal)

Stephanie Steenkamp

18:00 @6 Diens

Ds. Mizelle Prinsloo

Deuroffer: Gemeentehulpfonds

3 Februarie 2019, Doop Preekreeks TRINITEIT: VADER Week van Gebed

27 Jan: Preekreeks Triniteit

29 Jan: Seniors Bybelstudie

30 Jan: Ringsontbyt

31 Jan: Seniors Opening

1 Febr: Lidmaatprediking-

kursus

3 - 6 Febr: Week van Gebed

8 Febr: TGIF Manne konfe-

rensie Jou identiteit in

Christus

12 & 13 Febr: Veritas Bybel-

skool loodsing

15 Febr: Uitreikgeleentheid

16 Febr: Betesda-mark

19 Febr: Doopkategese

Die name van God , soos ons dit in die Bybel lees, is ʼn padkaart om ons meer van God se karakter te leer. Sy name is vir ons ʼn manier om Hom beter te verstaan en ʼn intiemer begrip van Hom te kry en daardeur ervaar ons verskeie elemente van sy karakter. God se Name daag ons uit, inspireer ons, troos ons, motiveer ons en bemagtig ons. Ons jaartema “Lewe in Sy lig” gaan elke kwartaal toegelig word deur ’n preekreeks wat fokus op die Triniteit en kwartaal een kyk ons na God die Vader …

Hoe bid ons: Bid die name van God

Hoe luister ons: Wat hoor ons van God oor sy name

Hoe leef ons: Prak-tiese toepassing.

Eienskappe van God Hy is heilig Heilig, heilig, heilig is die Here die Almagtige!

Die hele aarde is vol van sy magtige teen-woordigheid. Jesaja 6:3 Kyk na jou heilige God. Aanskou sy majesteit. Hy gaan jou verstand te bowe. Maar wat Hy jou reeds van Hom gewys het, is genoeg om jou vir altyd

te verander. Aanskou sy majesteit. Die hele aarde is vol van sy majesteit, maar vul sy majesteit ook jou hart en gedagtes? Hy is Skepper Die Here is die ewige God, Skepper van die hele aarde. Jesaja 40:28 Wanneer jy sê God is die Skepper, sê jy terselfder-tyd dat jy jou identiteit en doel in Hom vind. As jy God as Skepper erken, erken jy ook dat jy sy skepsel is. As Christen is jy dubbeld syne, want Hy het jou geskep en herskep vir sy majesteit. Jy is waarlik God se hande-werk. Hoe bid ons? – Bid tot God ons Skepper van al-les wat bestaan – Elohim Die Naam Elohim het ʼn drieledige betekenis: Skepper-God – Genesis 1:1 – “In die begin het God (Elohim) die hemel en die aarde geskape.” Soewereine God – Jesa-ja 46:9-11 – Hy is die Op-permagtige Opperwese en daar is geen God soos Hy nie. God–van–Outoriteit – Psalm 138:2 “U het u Naam en u Woord bo alles

gestel.” – Hy is die God van outoriteit wat oor alles en almal en alle magte en gesag heers. Hoe luister ons? – Bid oor die volgende vrae: •Wat leer die naam Elohim vir my van God? •Wat leer die naam Elohim vir my van myself? •Wat kan ek nou gaan doen, omdat ek God se naam Elohim beter verstaan? Hoe leef ons? Gesels oor: In watter klein/gewone dinge kan/het jy die heiligheid van God al gesien. Gebruik die volgende aanhaling:

Peter Marshall het dit so gestel:

There is a beauty in homely things which many people

have never seen: • Sunlight through a jar of

peach-plum jelly; • A rainbow in soapsuds in

dish water; • An egg yolk in a blue

bowl; • White ruffled curtains

sifting moonlight; • The colour of cranberry

glass; • A little cottage with blue

shutters; • Crimson roses in an old

clay pot; • The smell of newly baked

bread; • Candlelight on old brass;

• The soft brown of a cocker spaniel’s eyes.

Heilig, heilig, heilig … God die Vader

Die sentrum maak voor-

siening vir volwassenes (18

jaar en ouer) wat intel-

lektueel gestremd is.

Page 2: 27 Januarie 2019 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · werk met papiermâché, gips, stysel, pastelle, potlode, alle soorte klei, was, glas en perspeks. Die lesse word aangebied met die

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as

jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na

[email protected]

Ons is baie opgewonde om bekend te maak dat in 2019

Bergsig begin met ’n aanbidding- en musiekakademie.

Die “Worship Collective: Aanbidding en Musiek Akade-

mie” se doel is om musikante, oud en jonk, geleentheid

te gee om te leer hoe om ’n musiekinstrument te speel

en dit aan te wend in ’n lof- en aanbiddingsbediening.

By die “Worship Collective Akademie” sal die volgende

gebied word:

Onderrig in ’n verskeidenheid musiekinstrumente en

vaardighede deur ’n ervare onderwyser in aanbiddings-

bediening.

Onderrig om ’n verskeidenheid aanbiddingsmusiek te

speel en te kan toepas in verskeie musiekstyle.

Plaas studente volgens vaardighede en ontwikkeling in

verskeie “band” groepe om “band” dinamika te leer,

asook om as “band” saam te kan speel.

Indien jy enige vrae rondom die Worship Collective het

kan jy gerus met Arno Mattheus gesels. Jy kan ook www.worshipcollective.co.za besoek of ’n e-pos stuur

na [email protected].

Die sopgroep van Bergsig Gemeente het ’n dringende behoefte aan ‘n vrieskas.

Ons het baie vrywilligers wat help met sop kook vir ons hawelose mense.

Die persone bring dit dan na die kerk om daar in die vrieskas gehou te word.

Ons vrieskas – baie oud – het nou sy laaste asem uitgeblaas.

As daar iemand is wat kan help, sal dit opreg waardeer word.

Louise Kotze (koöordineerder)

Selfoon: 071 157 7601

House of Grace Ons benodig baie dringend iemand om verjaar-dagkoeke te bak. Ons gaan een koek een keer per maand vir die maats wat daardie maand verjaar het, gee. Jy kan ook ‘n koek borg. Jy hoef ook nie die hele jaar se koeke te bak nie, jy kan deel vorm van ‘n groep en een of meer bak soos jy kans sien.

Ons benodig persone om ons te help met die vervoer van die ses Hoërskoolkinders na die aand erediens.

Die projekspan wil baie graag iemand identifiseer om weekliks na die plaas te gaan en die gesin geestelik te versorg (kleingroep), bid asb hieroor en laat ons weet indien jy belangstel. Die hoofdoel is om die kinders almal te doop en te laat aanneem.

Die bussie breek konstant en het dringende herstelwerk nodig. Hiervoor benodig ons baie fondse.

Vir meer besonderhede oor enige van bogenoemde punte kontak asb vir Leonette by 0824405662

MAMMA OMGEEGROEP

Enige mamma (met babas & peuters) wat wil kom saamkuier is welkom. Ons bid saam, ondersteun mekaar in uitdagings en is saam opgewonde oor

mylpale en klein dingetjies wat saak maak.

Ons is saam kreatief en geniet mekaar se talente. Kom geniet ’n warm koppie tee.

Kontakpersone: Mareli Benson 072 620 1626 en Christa Odendaal 083 354 3527.

Woensdae vanaf 9:00 tot waneer jy wil huis toe gaan - op die laaste 12:00.

Sopprojek

Page 3: 27 Januarie 2019 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · werk met papiermâché, gips, stysel, pastelle, potlode, alle soorte klei, was, glas en perspeks. Die lesse word aangebied met die

Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die

gebedsketting te word of e-pos na: [email protected]

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap

Op soek na 4 mense wat Lourens Olivier op ’n Sondag

(altyd 4de week van ’n maand) help met ere-

diensontvangs. Dus mense gasvry ontvang, nuusbrief

uitdeel, offergawes opneem en Nagmaal bedien.Elize

021 9764106 / [email protected]

DAMVLAKKE Dink ons nog aan die droogte, dag zero? Of mors ons

alweer lekker met die water?

2018 was 26% en die jaar op 61.3%

SENIORS BYBELSTUDIE

Alle seniors (60+) word genooi na die Seniors Bybel-studie wat in die kerkgebou deur dr. Kobus de Jager gelei word. Ons Bybelstudie vanjaar is die Johannes-evangelie.

Datums: Dinsdae soos op Gemeenteprogram. Twee-weekliks.

Tyd: 09:30-10:30.

Ons eerste byeenkoms is Dinsdag 29 Januarie.

Baie welkom. Lidmate wat dit bywoon getuig van

groot seën in geestelike groei en samesyn met medege-lowiges.

Crafty Kids Durbanville se klassies is op ‘n Woensdag- en Donderdagmiddag.

(16:00 – 17:00 by De Tygerstraat 17, Schoongezicht, Dur-banville)

Kontak Anneke Scholtz (na 17:00) vir meer inligting op 0834621055 of 021-976 6480

Facebook: Crafty Kids – Durbanville

Crafty Kids gee kinders die geleentheid om in ‘n ontspanne omgewing blootgestel te word aan bykans élke kunsmedium wat daar is! Ons werk met verskillende soorte verf, bv kleur-

sel, ink, akriel-, olie-, glas-, materiaal- en waterverf. Ons werk met papiermâché, gips, stysel, pastelle, potlode, alle

soorte klei, was, glas en perspeks. Die lesse word aangebied met die uitgangspunt om kinders kreatief te stimuleer en hul selfvertroue te verbeter. Crafty Kids bevorder ook entrepre-

neurskap, want hulle kan self van die projekte by die huis gaan maak om te verkoop of kan dit gee vir geskenke

R423 052

Ons mikpunt is R750 000 (teen Febr 2019)

Page 4: 27 Januarie 2019 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · werk met papiermâché, gips, stysel, pastelle, potlode, alle soorte klei, was, glas en perspeks. Die lesse word aangebied met die

05:45 Vrydagoggende - Luister ook na getuienisse by www.tgifcape.co.za

Bladsy 4 Bergs ig Boodskap

Mans/Dames-horlosie

by kerk

opgetel in die vakansie.

Dis by kerkkantoor.

Durbanville / Bergsig Seniorgroep

Ons afskopvergadering vir 2019 vind plaas op

Donderdag 31 Jan 2019

9:30

Bergsig Gemeente

Alle seniors is welkom om aan te sluit.

Ledegeld beloop R50 per lid

Enige navrae kan slegs gerig word aan

Marietjie Marais 021-975 0207

Etha Korf 021-9763575

Sien julle daar

LOSIES BESKIKBAAR Kamer in huis vir mans- of damestudent,

2km van middedorp.

Nie-rokers

Marie Joubert

084 264 3758 / 021 979 1074 /

[email protected]

Hierdie is ’n deeltydse Teo-

logiese en Praktiese

Geestelike kursus (vir

Christene van enige kerk)

wat Donderdagaande

19:00-21:00 aangebied

word by die NG Kerk Bell-

ville-Uitsig - Mountain

Viewlaan (langs be-

sigheidsentrum).

Sewe leraars tree as

dosente op.

Die kursus is akademies

geakkrediteerd by die Teo-

logiese fakulteit van die

Universiteit van Pretoria -

studente wat slaag (met

inhandiging van werkstuk-

ke) kry dus ’n teologiese

sertifikaat van die fakulteit.

Die kursus bestaan uit

twee gedeeltes: 1) Lei-

erskapontwikkeling (een en

’n half jaar) 15 boekies & 2)

Bedieningsontwikkeling

(een en ’n half jaar) 15

boekies word bestudeer.

Die kursus begin die week

van 24 Jan op Don-

derdagaande. Koste baie

billik R400 registrasie en

R160 elke maand per

boekie.

Navrae: Prof Pieter Els

083 285 2617

[email protected]

NEHEMIA BYBELINSTITUUT In assosiasie met Bybel-Media

Ons is BAIE opgewonde

dat die Veritas Bybel-

skool weer hierdie jaar by

Bergsig aangebied word.

Dit word tans in 26 lande

aangebied en dra inter-

nasionale status. Die

hooffokus van Veritas is

om lidmate toe te rus met

die basiese vaardigheid

om die Bybel verant-

woordelik te kan lees,

van toepassing te maak

in jou alledaagse lewe en

bedieningsvaardighede

te leer.

Jy kan verwag om

geweldig te groei in jou

verhouding met Jesus

omdat jy God se stem

baie duideliker leer

onderskei vanuit die

Woord.

Module 1 word die jaar

by Bergsig aangebied op

Woensdagoggende om

09:00-11:00 en Module 1

& 2 Woensdagaande

19:00 – 21:00 vanaf 13

Februarie. Module 4 word

aangebied op Dinsdag-

oggende om 09:00 –

11:00 vanaf 12 Februa-

rie.

Die kursus strek tot Ok-

tober. (Hou kalender dop

vir af tye oor langnaweke

en vakansies.)

Die koste vir die hele

jaar: R450 pp & R700 per

paar.

Kontak Ds. Johan Els vir

verdere navrae by

[email protected]

Inligtingspamflet by deure

beskikbaar. Lees meer:

www.veritascollege.org

Page 5: 27 Januarie 2019 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · werk met papiermâché, gips, stysel, pastelle, potlode, alle soorte klei, was, glas en perspeks. Die lesse word aangebied met die

Bladsy 5 Bergs ig Boodskap

BABA- EN KLEUTERFASILITEITE

Langs die damesbadkamer op-pad na die galery is ’n

lokaal ingerig vir ouers met babas tot een jaar. Die erediens kan steeds gevolg word deur eenrigting-glas.

Vir ons peuters (1-3 jaar) het ons ’n speellokaal ag-ter die verhoog van die ouditorium. Die lokaal is spe-

sifiek ingerig vir peuters met ouderdomstoepaslike speelgoed en ’n familiebadkamer met ’n doekruilstasie (baba’s is ook welkom daar). Die diens word uitgesaai na hierdie lokaal. Ouers kan ook van ons oppasdiens gedurende die klassieke en informele diens gebruik

maak in die lokaal. Elke peuter sal ’n nommer ontvang sodat, indien nodig, ’n ouer gedurende die diens in ken-

nis gestel kan word sou sy/haar kind hom/haar be-nodig. Oppassers is vrywilligers uit die gemeente wat

op hierdie manier dien.

Word deel van 'n Kleingroep in 2019.

Individue, egpare, gesinne, vriendegroepe

ensovoorts, kan hier registreer om deel te

word van 'n kleingroep by Durbanville-Bergsig NG Kerk. Die indeling

sal vroeg in 2019 plaasvind.

Kliek op hierdie skakel of scan die QR code: http://bit.do/registreer

KLEINGROEPE 2019

KATEGESE 2019 SKAKEL OOR NA ELEKTRONIESE REGIS-

TRASIE

Om jou kind te registreer vir kategese by Bergsig gebruik die skakel: http://bit.do/glowkidz of

QR blok links

Om as kategeseleier te registreer gebruik die skakel: http://bit.do/glowkidzleiers of QR blok

Om vrywillig deel

te word van die

kerk se algemene

WhatsApp

‘broadcast’ groep

stuur jou naam

en van na:

071 529 9491

Ons nooi jou om deel te word van ’n kleingroep as jy

nog nie is nie. Of dalk een te begin waar jy die vreugde

kan beleef van goeie getroue geestelike vriende.

’n Kleingroep is waar jy intensioneel leef. Ons bid saam

en reik uit in geloof daar waar ons is.

Ons wil net baie dankie sê vir die ongeveer 30 vorms wat ons gekry het van mense wat wil deel word van 'n kleingroep of die materiaal wil ontvang. Ons probeer ons bes om julle so gou as moontlik in 'n groep in te deel. As enige iemand nog wil deel word van 'n kleingroep, moet hulle na die skakel hiernaas gaan of die QR kode gebruik.

Page 6: 27 Januarie 2019 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · werk met papiermâché, gips, stysel, pastelle, potlode, alle soorte klei, was, glas en perspeks. Die lesse word aangebied met die

NG Kerk Durbanville-Bergsig

021 976 4106 • [email protected]

www.bergsigdv.co.za

Facebook: Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers

Straatadres: H/v. Boland- en Proteaweg, Durbanville 7550

Posadres: Posbus 479, Durbanville, 7551

Kantoor-ure: Ma tot Vry 08:00 - 14:00 Leraars en kantoorpersoneel kan daagliks by die kerkkantoor gebel word.

24 uur nood vir geestelike & emosionele ondersteuning [email protected]

S33 48.966 O18 39.728

Bankbesonderhede: NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

https://pos.snapscan.io/qr/ALS0527

God is Teenwoordig. Ons elkeen ervaar en verstaan God op verskillende

maniere, daarom praat ons ook elkeen anders met Hom.

Die week van Gebed gaan ons help om ons eie persoonlike konneksie met God beter te ontwikkel en te verstaan.

Week van Gebed begin Sondag 3 Februarie as deel van die Eredienste en daar

sal gedurende die week Gebedstasies wees van Maandag tot Woensdag 09:00-14:00 & 18:00 - 20:00.