a r˙k˛˛ns hu˙st˛˛l - creda communications€¦ · as jy siek voel, kom kuier by my. ek is...

50
Afrikaans Huistaal Graad 1 KABV Grootboek 3

Upload: others

Post on 13-Jul-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

PlatinumEnglishGrade 1

First Additional Language

PlatinumWiskunde

Graad 1

PlatinumLewensvaar-

dighedeGraad 1

PlatinumAfrikaans

Graad 1

Huistaal

Briljante KABV-dekking en geskryf deur kundige outeurs

Briljante illustrasies en aktiwiteite sal uitslae verbeter en leerders motiveer

Briljante onderwyseronder-steuning, o.a. fotokopieer-bare werkvelle en ’n e-beplanner-CD met hulpmiddels en opleidings-video’s maak voorbereiding vinnig en onderrig maklik

Briljant + gehalte = sukses!

Afrikaans Huistaal

Graad 1

KABV

Grootboek 3http://schools.pearson.co.za

ISBN van Grootboek-pakket 978-0-636-13184-2MASKEW MILLER LONGMAN

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za_cvr.indd 1 2015/03/04 12:44 PM

Page 2: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

InhoudMy skaduwee is ook my maat ............................... 2

Nuwe maats ......................... 7

Werk in die sirkus .............. 15

Wat wil ek word? ............... 22

Die stadsmuis en die plaasmuis ..................... 30

Doepie soek ........................ 38

Alle tekste is deur Sonia Gouws, Mari Lätti, Ilse Gouws en Marike Punt geskryf.

Afrikaans Huistaal

1Grootboek

3

Graad

Dit is onwettig om enige bladsye uit hierdie boek te fotokopieer sonder skriftelike verlof van die kopiereghouer.

KABV

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 1 2015/03/04 12:48 PM

Page 3: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

2

My skaduwee is ook my maat

Ek het ’n skaduwee.Ek speel daarmee.Kyk, ek het ’n kop!Ek het twee arms,ek steek hulle op!

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 2 2015/03/04 12:48 PM

Page 4: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

3

Ek het bene, een, twee,ek dans daarmee.Ek het baie vingers,vyf plus vyf is tien.Kan jy hulle sien?

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 3 2015/03/04 12:48 PM

Page 5: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

4

Met my voete kan ek stap.My tande kan ’n appel hap!My skaduwee doen alles wat ek sê.Hy kan sit, staan en lê.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 4 2015/03/04 12:48 PM

Page 6: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

5

As die son sak,sal my skaduwee verdwyn,maar hy kom weer terugas die maan verskyn!

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 5 2015/03/04 12:48 PM

Page 7: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

6

As ek alleen is,weet ek een ding beslis.My maat is my skaduweeen ek speel lekker daarmee!

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 6 2015/03/04 12:48 PM

Page 8: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

7

Nuwe maats

Die skoolklok lui.Dis die begin van die nuwe kwartaal.Al die graadeens is bly om terug te wees.Nou kan hulle weer speel en leer lees.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 7 2015/03/04 12:48 PM

Page 9: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

8

In die klas sê Juff rou:“Hier is ’n nuwe maat.Haar naam is Leen. Haar van is Raath.”Juff rou sê sy kan langs my sit.Sy lyk so bang, haar wange is wit.

Hier is ’n nuwe maat.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 8 2015/03/04 12:48 PM

Page 10: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

9

Leen voel alleen en alles lyk vir haar vreemd.“Moenie bang wees nie, Leen,dis lekker in ons klas. Ons sal jou mooi oppas,” troos ek haar.

Moenie bang wees nie, Leen.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 9 2015/03/04 12:48 PM

Page 11: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

10

Koos sit voor Leen in die klas.Hy haal ’n kaartjie uit sy tas.“Ek nooi jou na my partytjie, want ek verjaar.Kom asseblief. Ons gaan speel en baljaar.”

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 10 2015/03/04 12:48 PM

Page 12: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

11

Pouse wil al die maats met Leen speel.Hulle wil alles met haar deel.Roos stoot haar op ’n swaai.Leen swaai hoog, haar hare waai.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 11 2015/03/04 12:48 PM

Page 13: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

12

Leen gly gou by die glyplank af.Reet nooi vir Leen om saam te draf.

Kom ons gaan draf!

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 12 2015/03/04 12:48 PM

Page 14: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

13

Toe dit tyd is om huis toe te gaan,kom Koos langs Leen staan.Hy sê: “Ek wil jou iets vra,kan ek jou tas vir jou dra?”

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 13 2015/03/04 12:48 PM

Page 15: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

14

Almal is vriendelik met Leen.Voel Leen nog vreemd en alleen?Nee, sy is so bly.Sy het baie nuwe maats gekry.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 14 2015/03/04 12:48 PM

Page 16: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

15

Werk in die sirkus

“Watter werk sal julle in die sirkus wil doen?” vra Juffrou. Die kinders dink en dink.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 15 2015/03/04 12:48 PM

Page 17: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

16

Daan sê: “ ’n Leeutemmer! Ek wil die leeus leer. Dan sal hulle in ’n kring draf en spring.”

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 16 2015/03/04 12:48 PM

Page 18: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

17

“Ek wil ’n nar wees,” sê Saar. “Die mense moet vir my lag!”

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 17 2015/03/04 12:48 PM

Page 19: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

18

Faan wil ’n akrobaat wees. ’n Akrobaat kan in die lug swaai en om en om draai en draai.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 18 2015/03/04 12:48 PM

Page 20: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

19

“Ek wil die sirkusbaas wees,” sê Klaas. “Ek kry almal om mooi saam te werk, dan is die sirkus mos ’n fees.”

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 19 2015/03/04 12:48 PM

Page 21: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

20

Wat sê Naas?Naas sê: “Ja, ’n leeutemmer, ’n nar, ’n akrobaat en ’n sirkusbaas is pret!”

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 20 2015/03/04 12:48 PM

Page 22: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

21

“Maar ek sê julle net − ek wil ’n bestuurder wees. Ek sal die lorrie bestuur wat die sirkus bring. Anders is daar nie ’n sirkus nie!”

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 21 2015/03/04 12:48 PM

Page 23: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

22

Wat wil ek word?

Eendag as ek groot is, gaan ek ’n brandweerman word, want ek wil in ’n bloedrooi brandweerwa ry!As daar iewers ’n brand is, roep julle net vir my!

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 22 2015/03/04 12:48 PM

Page 24: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

23

Ek gaan eendag op ’n groot plaas boer en elke dag my diere voer.Vir my is dit lekkerop ’n groot geel trekker.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 23 2015/03/04 12:48 PM

Page 25: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

24

’n Juffrou wil ek wees.Gou-gou leer ek kinders lees.In ons boeke gaan ons skryf.In ’n japtrap weet ons wat is vyf plus vyf.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 24 2015/03/04 12:48 PM

Page 26: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

25

’n Spierwit taxi gaan ek ryas mense my nodig kry.Vroeg opstaan en veilig ryom elkeen betyds by sy werk te kry.

PLTlLEES

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 25 2015/03/04 12:49 PM

Page 27: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

26

Ek wil eendag ’n bakker wees,want ek is altyd honger soos ’n bees.Ek bak dan brode bruin en witen dan eet ek dit!

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 26 2015/03/04 12:49 PM

Page 28: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

27

Ek wil eendag ’n bakker wees,want ek is altyd honger soos ’n bees.Ek bak dan brode bruin en witen dan eet ek dit!

Ek is ’n polisieman.Ek vang skelms net waar ek kan.Ons mooi dorp pas ek dan open hou alles baie mooi dop.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 27 2015/03/04 12:49 PM

Page 29: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

28

As jy siek voel, kom kuier by my.Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry.Ek luister na jou hart met my stetoskoopen gee pille, salf en dalk ook stroop.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 28 2015/03/04 12:49 PM

Page 30: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

29

Ek is ’n kok in die kombuis.Ek maak sop, groente en vleis.Ek kan ook koekies bakvir die soet kinders by die huis.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 29 2015/03/04 12:49 PM

Page 31: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

30

Die stadsmuis en die plaasmuis

Daar was eenmaal ’n muis wat op ’n plaas gewoon het.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 30 2015/03/04 12:49 PM

Page 32: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

31

Die plaasmuis gaan op ’n dag stad toe. Hy gaan by die stadsmuis kuier.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 31 2015/03/04 12:49 PM

Page 33: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

32

Dit is baie besig in die stad. Die twee muise stap in die stad rond. Die plaasmuis skrik vir ’n kat.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 32 2015/03/04 12:49 PM

Page 34: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

33

Dit is baie besig in die stad. Die twee muise stap in die stad rond. Die plaasmuis skrik vir ’n kat.

Die plaasmuis sê: “Ek vat weer die pad. Ek moet terug plaas toe. Kom kuier gerus by my.”

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 33 2015/03/04 12:49 PM

Page 35: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

34

Die stadsmuis gaan saam met die plaasmuis plaas toe.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 34 2015/03/04 12:49 PM

Page 36: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

35

Maar, o wee! Die stadsmuis skrik vir ’n dier. Dis ’n bees! Hy is bang die groot dier gaan hom vang.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 35 2015/03/04 12:49 PM

Page 37: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

36

“O nee,” sê die stadsmuis. “Hier kan ek nie bly nie. Ek is te bang die diere gaan my vang. Ek hou van die stad. Ek bly liewer daar. Ek gee nou pad!”

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 36 2015/03/04 12:49 PM

Page 38: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

37

Nou woon die plaasmuis op die plaas. En die stadsmuis woon in die stad. En albei is gelukkig!

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 37 2015/03/04 12:49 PM

Page 39: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

38

Doepie soek

Doepie is Pietie se bruin hondjie.As Pietie skool toe gaan, bly Doepie alleen by die huis.Dan speel hy maar in die tuin.Maar Doepie hou niks daarvan om alleen te wees nie.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 38 2015/03/04 12:49 PM

Page 40: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

39

Eendag glip Doepie by die hek uit.Hy is moeg vir alleen wees.Hy gaan gou dorp toe om vir Pietie te soek.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 39 2015/03/04 12:49 PM

Page 41: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

40

In die dorp is daar baie karre.’n Groen motor ry vinnig verby.’n Bruin lorrie stop by die robot.’n Blou bus begin toet − toet-toet!Ag, waar is Pietie tog nou?

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 40 2015/03/04 12:49 PM

Page 42: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

41

Doepie sien ’n groot gebou.Ding-dong lui die kerk se klok.Doepie skrik groot. Hy draai vinnig om en soek verder.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 41 2015/03/04 12:49 PM

Page 43: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

42

Hy sien ’n skoenwinkel vol skoene. Daar is groot skoene, klein skoentjies, groen skoene, blou skoene, pienk skoene en bruin skoene.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 42 2015/03/04 12:49 PM

Page 44: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

43

By die groentewinkel sien hygroen ertjies. Daar is ook lemoene, pampoene, wortels en geel mielies.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 43 2015/03/04 12:49 PM

Page 45: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

44

By die slaghuis sien Doepie lekker vleis. Sy magie grom van die honger.Buite lees hy: Geen diere nie!Doepie is nou baie moeg.Hoe gaan hy verder na Pietie soek?

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 44 2015/03/04 12:49 PM

Page 46: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

45

Om die volgende hoek sien Doepie die skool.Dis pouse. Die kinders kom uit.Die seuns speel met ’n bal en die meisies spring tou. Dis seker waar hy na Pietie moet soek.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 45 2015/03/04 12:49 PM

Page 47: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

46

Skielik sien Pietie vir Doepie en Doepie sien vir Pietie.“Woef! Woef!” blaf hy.“Doepie, Doepie, wat maak jy hier, my liewe dier?” vra Pietie.Pietie tel vir Doepie op. Doepie is so bly. Hy is nie meer alleen nie.

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 46 2015/03/04 12:49 PM

Page 48: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

47

“Doepie, luister hier,” sê Pietie.“Dis nou pouse. Na pouse moet jy huis toe gaan.Ek kry jou daar, my liewe dier.Die hoof is te kwaai hier.”

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 47 2015/03/04 12:49 PM

Page 49: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

Pearson South Africa (Edms.) Bpk., Kaapstad, 8001

Kantore in Johannesburg, Durban, Oos-Londen, Polokwane, Bloemfontein, Rustenburg en Mbombela.

Webtuiste: http://schools.pearson.co.za

© Pearson South Africa (Edms.) Bpk.

Alle regte voorbehou. Geen gedeelte van hierdie publikasie mag sonder skriftelike verlof van die kopiereghouer gereproduseer of in enige vorm of deur enige elektroniese of meganiese middel weergegee word nie, hetsy deur fotokopiëring, plaat- of bandopname, vermikrofilming of enige ander stelsel vir inligtingsbewaring.

Die uitgewer het alle redelike pogings aangewend om die wettige kopiereghouers van materiaal wat in hierdie boek gebruik word, op te spoor. Ons vra om verskoning vir enige kopieregskending en versoek kopiereghouers om met ons in verbinding te tree ten einde die nodige regstellings te doen.

Eerste uitgawe 2011

ISBN 978 0 636 12440 0ISBN van Grootboek-pakket 978 0 636 13184 2

Boekontwerp deur Shereen PearsonIllustrasies deur Rosalind Stockhall, Alzette Prins, Chris Venter, Alistair Ackermann, Petra Gevers, Paddy BoumaGeredigeer deur Ilse BadenhorstGeset deur Charlene BateGedruk deu

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za.indb 48 2015/03/04 12:49 PM

Auto Atlantic Gebou, hoek van Hertzog Boulevard en Heerengracht

Vyfde druk 2017

r Creda Communications

Page 50: A r˙k˛˛ns Hu˙st˛˛l - Creda Communications€¦ · As jy siek voel, kom kuier by my. Ek is ’n dokter wat help as jy seerkry. Ek luister na jou hart met my stetoskoop en gee

PlatinumEnglishGrade 1

First Additional Language

PlatinumWiskunde

Graad 1

PlatinumLewensvaar-

dighedeGraad 1

PlatinumAfrikaans

Graad 1

Huistaal

Briljante KABV-dekking en geskryf deur kundige outeurs

Briljante illustrasies en aktiwiteite sal uitslae verbeter en leerders motiveer

Briljante onderwyseronder-steuning, o.a. fotokopieer-bare werkvelle en ’n e-beplanner-CD met hulpmiddels en opleidings-video’s maak voorbereiding vinnig en onderrig maklik

Briljant + gehalte = sukses!

Afrikaans Huistaal

Graad 1

KABV

Grootboek 3http://schools.pearson.co.za

ISBN van Grootboek-pakket 978-0-636-13184-2MASKEW MILLER LONGMAN

9780636124400_plt_lan_g01_bb_afr_za_cvr.indd 1 2015/03/04 12:44 PM