agribulletin 150403

12
Maart 2015

Upload: laeveld-bulletin

Post on 21-Jul-2016

267 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Monthly Agricultural Publication

TRANSCRIPT

Maart 2015Maart 2015Maart 2015

Maart 20152

Jacques Smuts071 268 2543

[email protected]

Youragri-advertising

solution provider

’n publikasie van Bulletin

Uitgewer:Francois Aucamp

[email protected]:Louis Roux

[email protected]:

Jacques [email protected]

Uitleg en ontwerp:Tamryn Branch

[email protected] Baloyi

[email protected] 8, Tzaneen,

0850015 307 7248015 307 7684

www.bulletin.us.comDrukker/Printer: Paarl-

Coldset

Laeveld Bulletin BK (Reg 2004/031396/23) is die uitgewer en verspreider van die Bulletin.

Lowveld Bulletin CC (Reg 2004/031396/23) is the publisher and distributor of Bulletin.

Copyright on advertisements, editorial material & photo’s reserved.

Kopiereg op advertensies, redaksionele inhoud & foto’s word voorbehou.

Spain will not see any South African cit-rus on their markets this year.

The Citrus Growers of Southern Africa will request the department of agricul-ture, forestry and � sheries (DAFF) to stop phytosanitary certi� cation for shipments to Spain, because their methods of test-ing for black spot (CBS) are in doubt.

Last year an SA expert was denied entry into facilities carrying out CBS testing in

Spain. In addition the noti� cations from Spain included a statement that they in-spected asymptomatic fruit from SA, but their ability to correctly identify viable CBS is unknown.

In the interests of securing the market and meeting the EU’s demand of re-ducing interceptions, it was decided to steer clear from Spain, until clarity on their testing methodology is obtained.

No SA citrus to Spain

A revolutionary mist blower, the Double Vega, was introduced to Limpopo farmers by Agri-Services recently.

The blower is � tted with two fans and is optimal for spraying trees with a higher vegetation density. The upper fan enables a deeper penetration of the crown of the tree.

At a recent study group meeting of macadamia growers in Letsitele, the mist blower was demonstrated by Mr Wikus Swart of Sprayrite, who will be the local distributors of the blower series by Agri-Services.

The tractor trailed blower can op-erate at di� erent levels in motion.

The lower fan (900 mm) ventilates fourteen anti-drip adjustable noz-zles, while the upper fan feeds twenty anti-drip nozzles. It has a hydraulic lifting tower allowing for spraying at various heights.

The blower is designed and built in Spain and is marketed in SA at approximately R380 000. Accord-ing to Mr Danie Kok of Agri-Ser-vices four of these blowers were imported from Spain this year. He expects a growing interest in so far as more demonstrations will be held elsewhere in the fruit grow-ing areas.

Swart can be contacted on 083 452 5398 for more details.

Spanish blower is eye-catching

Maart 2015 3

Dit is die swakste reënvalsyfers vir Januarie en Febru-arie wat sedert 1967 in Letsitele aangeteken is, sê mnr Burgert van Rooyen, eienaar van die R91-sitrusgroep in die gebied.

Hy was vroeër dié maand gasheer vir die makadamia studiegroepbyeenkoms op die plaas Novengilla net buite die dorpie.

Die R91-groep, wat hulle in 1984 in Letsitele as sitrus-produsente gevestig het, is sover die enigste boerdery wat makadamias in die streek verbou, hoewel kleiner aanplantings begin kop uitsteek het.

“Ons is sitrusboere, maar 2005 was ‘n baie swak reën-jaar. Die Tzaneendam was leeg en ons moes kyk na al-ternatiewe in die bedryf. Toe plant ons 24 ha makada-

mias aan, met die verwagting dat dié produk minder besproeiingswater sou vereis.”

Daar is egter bevind dat die verskil in waterbehoeftes tussen sitrus en makadamias nie so groot was as wat hulle gehoop het nie. Laasgenoemde gebruik twee-derdes minder water, maar die tonnemaat in produksie verskil baie groter as dit.

Hy is nietemin vol vertroue in die neutbedryf en het met nuwe aanplantings nog 31 ha tot die oorspronklike 24 ha bygevoeg.

Die aanvanklike boord het uit drie variëteite bestaan, maar is later uitgedun tot net die Beaumont-variëteit. Dit was die toppresteerder met vier ton/ha.

Van Rooyen beskou die betrokke gebied langs die Let-abarivier as uitstekend vir makadami-as, weens die goeie oesresultate wat behaal word. Sitrusboorde moes in die slag bly om plek te maak vir nuwe

makadamiaboorde, maar teen die bestaande groei in die bedryf is dit bes moontlik ‘n lonende landbouskuif, sê Van Rooyen.

Diefstal in Tzaneen se makadamiaboorde bly steeds ‘n ernstige bedreiging en produsente ly groot ver-liese in boorde wat naby deurgangroetes is.

Letsitele se enigste produsent, mnr Burgert van Rooyen, sê egter by hom is dit nie so ‘n groot pro-bleem nie.

“Gesteelde makadamias uit my boord word by die padstalletjies langs die hoofpad net buite Letsitele teen so ‘n lae prys verkoop, dat ek dit by hulle kan koop vir minder as waarteen ek dit self kan oes.”

Neutbedryf trap vas in Letsitele

Slim vangplek

Mnr Burgert van Rooyen van R91 gesels met ‘n besoeker aan die macadamia-studiegroep, mnr Edward Schreiber.

Mnre Lucas McLean en Francois Vorster het die vergadering van die Makadamia-studiegroep in Letsitele bygewoon.

Mnr Matthew Wood is aangewys as Le-taba se verteenwoordiger by SAMAC, nadat sy voorganger, mnr Wynand Es-

pach, na twee termyne uitgetree het.

Die verbruikersvriendelikheid van botterskorsies en lemoenpampoentjies dra by tot die toename in gewild-heid van hierdie tipes. Die vereiste is voorkoms en gehalte en dit is hier waar bastervariëteite steeds die voorkeur van die verbruiker geniet.

GrondvereistesRankgewasse sal met goeie bestuur op ‘n wye verskei-

denheid grondtipes goed presteer, mits die grond goed dreineer. Vermy lande waar rankgewasse die vorige jaar geplant was en maak seker van die onkruiddoders wat voorheen gebruik is. Neem gerus ‘n grondmonster, ten einde die optimale bemesting toe te dien. Die ideale pH vir rankgewasse is tussen 6,0 en 6,5.

BesproeiingBesproeiing van baster skorsies en pampoen variëtei-

te is noodsaaklik om maksimale opbrengste te verseker. Die besproeiingsbehoeftes van die gewasse word deur die klimaat en grondstruktuur bepaal.

Plant in klam grond. Grond moet klam gehou word, maar nie te nat nie totdat plante goed gevestig is. Vermy oormatige water gedurende koue wanneer die grondtemperatuur laag is.

Oorhoofse besproeiing moet eerder in die oggend geskied, sodat die plantmateriaal droog is in die aand om die risiko van die verspreiding van siektes te verlaag.

Waar besproeiingswater beperk is moet dit aangewend word vir die kritiese tye tydens blomvorming, vrugset en vrugvorming. Indien vogspanning gedurende dié ty-dperke voorkom kan die blomme en jong vrugte afspeen.

Verlaag besproeiing soos wat die vrugte bekwaam

raak om sagte vrugte met ‘n swak gehalte te voorkom.Gedurende warm tydperke dien 25 tot 40 mm water

per week toe. Besproei ten minste een keer per week gedurende die kritiese stadiums soos hierbo bespreek. Die waterbehoeftes van ‘n oes word beïnvloed deur die

grondtipe, wyse van besproeiing, weerstoestande en plantestand.

Die gebruik van plastiek sal die waterbehoeftes ver-minder en die laterale verspreiding van die water in sekere grondsoorte bevorder.

Ongeveer 3 megaliter water per hektaar word benodig om maksimale opbrengs te verseker.

Bestuiwing en byeBestuiwing van rankgewasse is sekerlik die grootste en-

kele faktor wat die opbrengs van die tipe gewas bepaal.Rankgewasse vorm af-

sonderlike manlike en vroulike blomme. Slegs die vroulike blomme pro-duseer vrugte. Blomme open slegs vir een dag vroeg in die oggend en vou toe in die middag (vroeër onder hoë temperature). Dit kom daarop neer dat ‘n blom dikwels slegs vir een dag en soms net ‘n halwe dag ontvanklik is vir bestuiwing en as daar

nie voldoende bye teenwoordig is om die proses te laat gebeur nie, kan ‘n optimale oes nie realiseer nie.

Navorsing dui daarop dat ten minste twee korwe per hektaar nodig is om ‘n rankgewas-oes te bestuif. Plaas die bye eers as die eerste blomme verskyn, anders kan hulle gevestigde roetes na ander bronne vestig.

Chemiese bespuitings moet laat in die namiddag toe-gedien word, nadat die bye na die korwe teruggekeer het, of gedurende bewolkte dae as die bye nie werk nie.

Gewilde skorsievariëteiteSakata se variëteite is doelgerig ontwikkel vir die be-

hoeftes van verskillende markte en boerderymetodes. Atlas is vir jare reeds die nommer een-keuse van ver-werkers, weens die vruggrootte, interne gehalte en kleur. Die bekende Pluto, en die nuwe susterlyn Quan-tum, wat e� e kleiner is as Pluto, is tans die eerste keuse vir uitvoer en die varsmark. Veenas is geskik vir die uit-voerder en voorafverpakking vir veral die kettingwin-kels wat ‘n kleiner vrug verkies. Dan is daar die unieke Cosmos: die enigste bostipe botterskorsie in die mark, ideaal vir kantrye in spuitpaaie, wat meganiese onkruid-beheer moontlik maak.

Pluto is vir die afgelope paar jaar reeds die voorloper in die SA mark. Die sterk groeiende basterplante is wyd aanpasbaar met uitstekende weerstand teen Poeier-agtige meeldou. Die opbrengspotensiaal van Pluto is besonder hoog en op-brengste van meer as 60 t/ha is al in kommersiële aanplantings verkry.

Gemini is ‘n vroeg bek-wame baster bostipe lem-oenpampoentjie. Gemini dra vrugte baie na aan die kroon en het korter internodes wat ‘n baie hoë opbrengspotensiaal verseker. Die besondere hoë gehalte vrugte is uiters geskik vir gebruik as baba-, jong- of bekwame lemoenpampoentjies.

Smarag is ‘n wydaanpasbare, medium bekwame lemoenpampoentjie met ‘n uitstekende opbrengspo-tensiaal. Ranke is groeikragtig en gesond. Soos met Gemini behou die vrugte hul donkergroen kleur langer as die standaard lemoenpampoentjie en die smaak word as voortre� ik beskou.

Barnacle Bill is ‘n baie vroeë bekwame hubbard-tipe baster wat tussen twee en drie weke vroeër as die oopbestuifde tipes bekwaam is. Die vol ranke is uiters groeikragtig. Dit is juis die groeikragtigheid wat goeie weerstand teen siektes aan dié variëteit verleen. Vrugte is eenvormig, groot tot ekstra groot, ovaal en donker-groen met medium vratte met ‘n goeie houvermoë en rakleeftyd.• Vir meer inligting oor Sakata se skorsiereeks, skakel gerus vir Leon Labuschagne by 083 585 1181 of besoek Sakata se webwerf, www.sakata.co.za.

Maart 20154

agri©10161wk150227dm

Cor Greyling | Cell: 082 856 5445 • Steve Smuts | Cell: 071 819 3269

Vir `n volledige reeks:• Mikro-element blaarvoeding• Na-oesbederfmiddels• Plaagdoders• Swamdoders• Citrosol Wakse

Wenkem S.A.(EDMS) BPK. (PTY) LTDReg № 1988/003854/07

[email protected]@wenkem.co.za

Wenkem S.A.

agri©10161wk150227dm

agri©10161wk150227dm

071 819 3269

agri©10161wk150227dm

Die gewildheid van skorsies neem nou nog steeds toe

Maart 2015 5

Maart 20156

Kleiner vrugte is Limpopo-sitrusboere se voorland weens die skrapser reënval sedert September verlede jaar. Vruggehalte sal egter uitstekend wees.

Mnr Justin Chadwick, die uitvoerende hoof van die SA Sitruskwekersvereniging (CGA), sê Limpopo en Mpumalanga word deur die droër toestande geraak, al het sitrusboere genoeg besproeiingswater beskikbaar.

Goeie reën bied egter beter dekking, teenoor wat met besproeiing verkry word.

Ander sitrusgebiede soos die Oos- en Wes-Kaap be-hoort nie soortgelyke probleme te hê nie, omdat hulle van winterreën afhanklik is.

Die CGA sal eers einde vandeesmaand amptelike syfers van oesberamings kan vrystel, maar die aandui-dings is daar dat dit nie veel van die afgelope seisoen sal verskil nie.

Al is die vrugte kleiner, word ‘n uitvoer-oes van om en by 110 miljoen kartonne steeds verwag.

Wat die uitvoermark betref, voorsien Chadwick ook nie buitengewone probleme nie. Hy sê wanneer si-trus die EU uit die Suidelike Halfrond bereik, is daar nog heelwat vrugte in die Noordelike Halfrond, maar dit is op die rand van die uitvoerseisoen en word deur bemarkers uitgestryk.

Die Europese verbod op uitvoere na Rusland kan ‘n geringe verskil maak, maar kanale is reeds geskep om oormaat-lewering na die EU te vermy.

Bosveld Sitrus, South Africa’s largest cit-rus producer and exporter, is a prime ex-ample of diversi� cation and integration of up and downstream activities as the ideal route to sustainability for individual agricultural operations, says Agribusiness at Standard Bank in an overview.

Mr Nico Groenewald, head of Agribusi-ness, said the bank has recommended for some years that farmers improve pro� t-ability through participation in the ex-tended agricultural value chain.

“Market tastes shift frequently and sus-tainability in the modern era is utterly dependent on adaptability, like Bosveld Sitrus has proved.”

Bosveld Sitrus is a holding company for ten operations, mostly based in Limpopo and Mpumalanga, covering 3 730 ha and focused on exporting 5,5 million car-tons of fruit, predominantly citrus, to 51

countries around the world annually. It also produces bananas, avocados, litchis, mangoes, sugarcane, potatoes, beans and butternut for the local market.

Total annual output for produce other than citrus exceeds 80 000 tons. In ad-dition, the company has interests in sec-ondary sectors such as processing and carton manufacture.

Group companies include a nursery, where new trees are cultivated for the various farms, packing facilities that ena-ble the group to control quality, and a lo-gistics arm that ensures quality and limits costs in the process of getting the fruit to the packing facilities and to markets.

Because of its integrative approach, Bosveld Sitrus achieves all this with 1 345 permanent sta� and 3 500 seasonal workers. It is a signi� cant employer, but its e� ciency is high.

Mr Piet Smit, CEO of the holding com-pany, said they have properly constituted companies, monthly exco meetings, and full sets of accounts for each division and company. They also have non-executive directors on the board to ensure inde-pendent advice on keeping focused on � nancial planning and to help assess risk and adapt strategies accordingly.

This approach extends to the group’s involvement in land reform bodies, its empowerment of employees and empowerment of local communities through shareholdings in a number of the group’s companies. Many employees have attained management status within the various operations.

Management at Bosveld Sitrus take a holistic view of all its operations, integra-ting environmentally positive practices into strategic and tactical activities. Water

usage, soil conditions, and cultivars are closely scrutinized on every area of each farm. Where land is not suitable for fruit trees or vegetables, it is used for grazing cattle or allocated to game farming.

Organic fertilizers are used wherever possible. Waterways are built to opti-mize both rainfall and irrigation, most of which is done through precision technology.

Introducing new varieties of fruit trees is done as part of the cyclical 30-year re-placement of older trees, ensuring that orchard yield remains high and that products remain modern and relevant to changing market preferences.

The group’s motto is: “Doing what we can best; trusting our partners for the rest”.(Reference: Themba Msimango at Mag-na Carta)

Droër weer bring kleiner sitrus; egter met hoër gehalte

Exploiting the extended value chain builds farmer wealth

Die oesbeskermer Screen Duo word deesdae milde-lik op gewasse en boorde gebruik, om beter oeste en gesonder groei te bevorder.

Dit is ‘n middel wat plante en bome (veral avoka-do’s) teen sonbrand, hitte en koue beskerm. Die mid-del speel ‘n groot rol in stresvermindering by plante en vorm ‘n koalienlagie op die blare, om ultraviolets-trale te re� ekteer. Dit koel ook die plante tydens hoë temperature af.

Voorts stimuleer dit die plante se natuurlike bio-chemiese stresbestuursmeganismes en werk vir ‘n volle seisoen.

Volgens me Brenda Botha van Abiotic Stress Man-agement Technology beskerm Screen Duo ook jong plante en blomme. Dit beperk vrugval en bevorder sel-deling. Die grootste bate van die middel is egter teen sonbrand en gewasverliese, terwyl koueskade veral in die wintermaande kostedoeltre� end hier-mee bestry kan word.

Screen Duo se plaaslike verspreider is mnr Piet Vis-ser van Nulandis. Hy is bereikbaar by 083 305 1390 in Tzaneen.

Middel beskerm oeste teen hitte en koue

Visser

Maart 2015 7

Die markte vir SA sitrus in Asië en Afrika lê en roep om ontgin te word, as byko-mende afsetpunte om die bedryf te stimuleer. Lande soos China, Suid-Korea, Indië en Indonesië is op die voorkeurlys van SA se uitvoerders.

Dit is die sterk boodskap wat vanjaar by die eerste spitsberaad van die Sitrus-kwekersvereniging van Suider Afrika in Phalaborwa na vore gekom het. Uitvoere na die Europese Unie (EU) moet gehand-haaf word, terwyl meer navorsing gedoen

moet word om die Afrika-mark te betree.Die uitvoerende beampte van die CGA,

mnr Justin Chadwick, het gesê sitrus-uitvoere het die afgelope tien jaar teen ‘n

koers van sewe persent per jaar gegroei, wat hoofsaaklik toegeskryf kan word aan

ander lande as die EU.“Dit het SA honderd

jaar geneem om van nul tot ‘n miljoen kartonne uit te voer. In tien jaar daarna is dit opgestoot tot 1,5 miljoen. Die EU-syfer staan reeds die af-

gelope klompie jare op 600 000 ton, wat beteken dat die styging aan ander

markte toegeskryf kan word.”Die groot trekpleisters in die Ooste is vol-

gens hom die snelgroeiende ekonomieë van gemiddeld 6,9%, met China (7,7%), die Fillippyne (7,2%), Indonesië (5,8%) en Viëtnam (5,4%) aan die voorpunt.

Dit is groot bevolkinggetalle met ‘n voorliefde vir vrugte en groente en hulle heg groot waarde aan ingevoerde vrugte van gehalte. Dit is vir Oosterlinge gebruik-lik om vrugte as geskenke aan te bied.

• Vervolg op bladsy 9

Kennis van die Ooste se taal & kultuur kan uitvoersitrus

daarheen bevorder

Maart 20158

ü Beste moontlike begin ü Groter eenvormigheid ü Konstante kwaliteit ü Opgedateerde tegnologie ü Tegniese advies ü Professionele diens ü Landswye aflewering

HishtilHOEKOM

Tel: +27 15 395 4034/43 | Faks: +27 15 395 4010 | Sel: +27 78 801 2746epos: [email protected] | Posbus 41, Mooketsi, 0825, Limpopo, Suid-Afrika

www.hishtilsa.com

Opgedateerde tegnologieOpgedateerde tegnologieOpgedateerde tegnologie

Hishtil Suid-Afrika se primêre produksie is beide geënt en nie-geënte groente saailinge wat landswyd afgelewer word.

Hishtil Suid-Afrika was gestig in 2007 in Mooketsi, Limpopo, en is deel van die Internasionale Hishtil Groep.

H I S H T I L - SUID-AFRIKA

The serious decline in rain patterns over large parts of Limpopo may become an obstacle in certain farming communi-ties who have limited access to water re-sources for irrigation.

A company in Polokwane specializes in the sale and construction of a� ordable reservoirs, to meet water shortages of this kind.

Since 1986, Quick Pools in Polokwane, under the brand name Vyna Reservoirs, have been manufacturing cost e� ective means of storing water for irrigation pur-poses.

Their steel wall vinyl lined reservoirs are for self-installation or delivered and installed by their team. It consist of steel

panels, bolted together to form the outer wall, and a custom made tough vinyl liner forms the waterproof inner of the tank.

With capacities from 10 000 litres up to 50 000 li-tres, they have proved that these are the most cost ef-fective solutions to water storage problems.

Installation only takes a day or so, depending on the size, and the reservoirs can be equipped with a 90% shade roof, with a 95% weave, keep-ing out all dirt and debris, eliminating

harmful UV rays, and so extending liner life, while reducing algae growths.

Any � at clean ground surface will do for the

range of 1,2 meter high tanks, and a simple concrete ringbeam is all that’s needed for the bigger capacity 2,4 meter high models.

“In use all around Limpopo and other areas, many farmers have come to rely on this proven system for increased produc-tion of crops of all sorts,” says Vyna Reser-voirs representative Jim Facey.

Should you have an old leaky concrete dam, and you’ve tried the paints, sealers etc, to repair it, the only lasting solution is a vinyl liner.

The company also specializes in the manufacture, supply and export of steel wall vinyl lined swimming pool kits.• Facey can be contacted on 015 293 2333.

Reserve farm water with Vyna

SA sitrus fokus skerp op Ooste

• Vervolg van bladsy 8Bevordering van uitvoere na China en

Indië kan ‘n hupstoot kry deur SA se lid-maatskap van die BRICS-lande, terwyl ambassadeurs en attachés in die Oos-terse lande ons ook in sitrusbemarking ter wille is.

Chadwick het gesê die toegang tot Oosterse markte het verskeie uitdagings wat nog oorkom moet word. Die grootste is invoer-tariewe, omdat van SA se grootste mededingers lank reeds op dié vlak bedrywig is. Australië het die afgelope tyd stewige voorkeur-handelsooreenkomste met China, Suid-Korea en Japan gesluit. Peru en Chile is ook bedrywig, gevolg deur Nieu-Zee-land, Argentinië en Uruguay.

Hulle het die voordeel dat hul tariewe laer is en ook ander handelsooreen-komste insluit.

Anders as in Europa waar almal in die bedryf mekaar ken, is Asië nog lugtig vir SA produkte. Veldtogte is nodig om hulle

te verseker dat SA sitrus buite seisoen is en nie met hul plaaslike produsente wil meeding nie. Dit is ook nodig om hul taal en kultuur beter te kan verstaan.

Maart 2015 9

Smit Garrun Brokers (Pty)Ltd

Change, Innovation, Creativity

PO Box 3314, Tzaneen, 0850 • Windsor Street 10, Tzaneen, 0850. Licensed Financial Services Provider. Reg No:  9919812/07. FSP license:  11184.

Landbou Oesversekering

KommersieelWildversekering

Lugvaartversekering

Johan Smith082 367 5397

[email protected]

Connie Koster076 391 0523

[email protected]

Ons bied versekering vir:

Mnr Harry Grové het by die sitrus-studiegroep se vergadering gesê boere moet voortaan self die aggressiewe vrugte-vlieg Bactrocera Invadens bestry, nadat die departe-ment van landbou vroeër

‘n bydrae gemaak het.

Mnr Johannes van Dyk van BASF was een van die sprekers by die Constan-tia Sitrus-studiegroep se byeenkoms. Hy het ge-praat oor Broadband, ‘n swam-kontakinsekdoder wat wêreldwyd gebruik

word.

Mnre Henry Cawood, Eddie Vorster en Johan van Zyl gesels by die sitrusstudiegroep se byeenkoms in Constantia.

Mnr Brian Trollip was een van die senior lede wat die sitrusstudievergader-ing bygewoon het. Die groep sal na verwagting ‘n paar byeenkomste voorkant toe opskort, wanneer die plukseisoen

op sy besigste is. Mnre Festus Coetzer, Willem Stolp en JJ de Nysschen

Mnre Corrie Large (jr), Wiehahn Hitchcock en Japie van Eeden — eersgenoemde en laasgenoemde was van die jonger geslag by die sitrusstudiegroep.

Oosterlinge hou daarvan om vrugte as

geskenke uit te deel.

Maart 201510

Die wysigings aan die Wet op Arbei-dverhoudings het op 1 Januarie vanjaar amptelik in werking getree, en bevat wysigings waarvan boere deeglik kennis moet neem.

‘n Prokureur en arbeidskenner van Tzaneen, mnr Danie Swanepoel, het die wysigings onlangs aan ‘n makadamia-studiegroep in Letsitele verduidelik.

Hy sê een van die belangrikste veran-derings hou verband met die indiensne-ming van tydelike arbeid. Boere hoef nie bekommerd te wees oor seisoenpluk-kers nie, omdat seisoenale arbeid spesi-� ek uitgesluit word van die gewysigde bepalings.

Werknemers wat meer as die voorge-skrewe inkomstedrumpel van R205 433 verdien, word ook uitgesluit. Aan-stellings wat gebaseer is op werkfluk-tuasies mag nie twaalf maande oor-skry nie.

“Die strekking van die wysigings met betrekking tot ander tydelike arbeid, in kort, is dat daar ‘n verbod geplaas word op die indiensneming van arbeid op ‘n tydelike basis (“� xed term”) vir langer as drie maande, of opeenvolgende her-nuwings wat dit oorskry, tensy daar ‘n regverdigbare rede vir ‘n langer tydperk bewys kan word.”

Hy sê dit beteken in boeretaal net dat die tipe aanstelling gegrond moet wees op werklike tydelike redes. Hierdie tyde-like werknemers word dan ook geag permanent te word na die drie maande en is dan ook geregtig om daarna aan te dring op diensvoorwaardes wat verge-lyk met dié van permanente werknem-ers in dieselfde posisies.

Uitgesonderd is faktore soos seniori-teit, meriete, kwaliteit en kwantiteit van werk of enige ander faktor wat nie dis-kriminerend van aard is nie.

Ander beskermings wat hulle geniet, is die reg tot gelyke geleentheid om aan-soek te doen vir vakante poste en die betaling van skeidingspakkette as hulle aangestel is vir projekte wat langer as 24 maande duur. Swanepoel waarsku dat die wysigings ernstige gevolge kan hê as werkgewers nie hulle indiensneming-praktyke by die wysigings aanpas nie, want die dispute sal waarskynlik eers ontstaan wanneer diens beëindig word, met die risiko van restrospektiewe per-manente aanstellings.

Dit word ook al belangriker om ‘n be-hoorlike papierspoor te los, veral met betrekking tot dienskontrakte omdat dit die bedoeling van die kontrakterende partye met intreevlak manifesteer.

Die uitgerekte hofsaak tussen Sasol Chemical Industries en etlike boere oor samespanning in die prys van kunsmis is uiteindelik geskik. Die skik-kingsbedrag is egter nie bekend ge-maak nie.

Dit bring ‘n einde aan een van die grootste verbruikersregsaksies wat in-gevolge die Mededingingswet van 1998 ingestel is.

TLU SA se regspan het in Mei 2012 ‘n dagvaarding namens verskeie boere op Sasol beteken, vir moontlike skade wat hulle gely het in die koop van kunsmis

en wat voortspruit uit die skikking wat Sasol met die Mededingingstribunaal in Mei 2009 bereik het.

Alle rolspelers betrokke in die saak het hulle verbind tot ‘n vertroulikheidsoor-eenkoms, waarvolgens die bereken-ingsmetode en die bedrae wat elke boer as skikkingsbedrag ontvang het, nie bekendgemaak sal word nie. TLU SA is egter tevrede dat die skikkings vir die meeste boere aanvaarbaar is.

Vertroue is ook opnuut in Sasol in-gestel, as verskaffer en vennoot in die landboubedryf.

Mr Stuart Symongton, CEO of PPECB for the past three years, will take over the reins as managing director of Capespan SA early in May this year. He will replace Mr Ronan Lennon, who will step down to pursue personal interests in the UK next year. Symington’s exten-sive experience in the fruit industry is well suited to further develop Cape-span’s strategy by building strong al-liances, growing the business and pro-viding guidance and leadership. Prior to his position at PPECB he was CEO of the Fresh Produce Exporters’ Forum

(FPEF) for ten years.

Tydelike werk kry 3-maande perk

Boere en Sasol skik oor kunsmis

Maart 2015 11

Visit amarok.co.za and fi nd us on facebook.com/AmarokSA

Amarok. Not just tough, smart.

The new Amarok 4x2 Automatic, now available at Lannie Motors.

Think of it as a bull with a bowtie.

OGILVY CAPE TOWN 72386/E

Power and luxury meet in the new 4x2 Amarok. Volkswagen’s German- engineered 132kW BiTDI engine and 420Nm of torque has been paired with its class-leading 8-speed automatic gearbox, making it one of the toughest, smartest double cabs yet. With standard features such as off-road ABS, Hill Start/Descent Assist, a generous payload and rear park distance control, finished off with a luxurious interior and Volkswagen AutoMotion Service Plan, the new Amarok Automatic 4x2 is undoubtedly a cut above the rest. Contact Lannie Motors to book a test drive today.

Die dienste by Onderstepoort, wat vir baie jare die bastion van entstowwe vir onder meer vleisprodusente in Suid-Afrika was, het so verval dat veeboere reeds geruime tyd by ander vervaardigers medisyne vir hul diere kry.

Die gebrek aan lewering van lewensbelangrike entstof vir die behandeling van ‘n ellelange lys veesiektes het so erg geword dat die nasionale forum vir dieregesond-heid (NAHF) nou die regering se hulp ingeroep het. Hulle het die direkteur van landbou dringend versoek om die � nansiële en bestuursake van Onderstepoort Biologiese Produkte (OBP) binne die volgende maand te oudit. Die versoek is op aandrang van alle lede van die NAHF asook AgriSA en ander verwante organisasies.

Weens die tekort aan entstowwe loop groot getalle kuddes landwyd die gevaar om aan siektes blootgestel te word, terwyl baie nuwe diere met aanwassing byge-kom het. Die NAHF vra dat die oudit so gou moontlik afgehandel word sodat sodat veeboere ander reëlings kan tref as entstof nie voor die aanbreek van 2015 se lente beskikbaar gaan wees nie.

Die toestand by Onderstepoort was reeds etlike kere ter sprake op vergaderings van komitees in die verskeie sektore van georganiseerde landbou in SA.

In Limpopo het die hoofbestuurder van AgriLimpopo, mnr Willem van Jaarsveld, gesê dis ‘n groot bron van kom-mer dat dié diens so verval het dat SA selfs genoop word om entstowwe van Botswana in te voer – ‘n land wat eens van Onderstepoort vir hul entstowwe afhanklik was.

“Boere het vir baie jare rustig voortgeboer omdat dinge by Onderstepoort klopdisselboom verloop het. Niemand het kennis geneem van enige agteruitgang in die bestuur en beplanning by die organisasie nie.”

Hy sê verbeterings van R400 miljoen is by Onderstepoort aangebring, maar navorsing en produksie het weens dié werk agterweë gebly. Dit is onverskoonbaar, sê hy, want ‘n agterstand het ontstaan en Onderstepoort het nie die kundigheid en kapasiteit om dit te hanteer nie.

“As jy jou huis binne ‘n nuwe ver� aag wil gee, dra jy nie al die meubels uit en slaap in die tuin nie. Nee, jy doen een vertrek op ‘n slag sodat die huishouding normaal kan voortgaan.”

Hy sê ook Onderstepoort het oor die jare ‘n uittog van kundiges beleef. Hulle is gelukkig nie almal vir SA verlore nie en bied hul kundigheid elders in die private sektor aan.

Ruk Onderstepoort reg, vra veeboere

Volkswage surprised the motor-ing world when they introduced the Amarok, since the German manufacturer has never really been a major role player in the commercial vehicle segment.

It didn’t take long for a number of other manufacturers of LDV’s to be almost horri� ed by the Amarok’s arrival, as it became clear tat VW meant business and had done their homework properly. Despite the initial scepticism about the 2 litre engine, the Amarok started making in-roads into the ever so popular “bakkie” market and to-day, a mere three years after its introduction, the Ama-rok has earned itself a rock steady place in the market.

In motoring publications worldwide the Amarok has earned top ratings and the double cab is also respected as a strong competitor in the utility vehicle segment.

It is the Amarok’s rugged design that makes it look very tough and the 2 litre twin-turbo diesel and 8-speed auto is respected as a great drivetrain, says Australia’s James Ward, one of the world’s most respected motoring writers.

Motoring writers state that the Amarok is certainly great at being an e� ective work vehicle while also o� er-ing an inviting cabin. Ward says, “the vehicle is positively enormous: over 5,2 m long and 2,2 m wide, and it is a cool-looking truck”.

“The � ared arches and high-riding stance present a strong ‘work hard, play hard’ image and I can certainly see the appeal. The Highline edition looks classy — more

building company owner than gofer with a hammer.“Inside, the Amarok is spacious and comfortable. The

seats give good support and the elevated driving po-sition provides great forward visibility. And I do mean elevated. If people moved from wagons to SUVs to feel higher, I can see why some are transitioning to big LDV’s like the Amarok — it’s a skyscraper,” he says.Other comments: • The fi t and fi nish is typical Volkswagen quality. The cabin is ergonomic and simple to get used to, but the plastics are designed to be more work than play and act as a constant reminder that this is, at its core, a commer-cial vehicle.• The 132 kW/420 Nm twin-turbocharged 2.0-litre four-cylinder diesel pulls well and easily provides adequate performance.

• The 8-speed automatic is smooth and matched very well to the engine.• Just as contented handling low-speed tra� c and parking situations as freeway runs, the

big Volkswagen proves very economical.• Despite its size, the Amarok is easy to drive. You can hop up high into the cab and just go. VW’s familiar switchgear makes adjusting to controls simple, and vision out is ex-cellent. For something this big, it is almost too simple – and this is where the ‘car-like’ marketing spin works.•  It’s one of the more comfortable of this breed to drive.• With the Amarok, you get a 3-ton towing capacity — which means power toys can all come along.•• “In all, the VW Amarok is a very good utility vehicle. It looks good, drives well and is very easy to be in day-in, day-out. It is an excellent UV and if you need a ve-hicle to handle work then play (in that order) you will not be disappointed. The Amarok is certainly the most civilised of its class.”

Amarok: sturdy like a rock

Maart 201512