20mei2012 iii dieoopgesprek politiekeprotesis · “keiserin van rassisme en rassehaat”. baie...

Post on 21-Jan-2021

1 Views

Category:

Documents

0 Downloads

Preview:

Click to see full reader

TRANSCRIPT

20 Mei 2012 | Rapport WEEKLIKS|III

Keerpunt“Dit is net die begin. Vandag is’n keerpunt vir Suid­Afrika sedemokrasie.”– John Moodey, DA­leier in Gauteng,nadat sy party se protesoptog na Co­satu se hoofkantoor in Johannesburgin geweld geëindig het.

‘‘

Die oop gesprek

POLLUX

Skaflik gekleePrez Jaap het Donderdag sy ampswoning inDurban vernoem na dr. John Dube, eertydseANC­leier.Diemedia isnatuurliknadiéspogge­leentheid genooi, maar met die uitdruklikevoorskrif om “skaflik” te lyk.

Pollux wonder of joernaliste nie kopgekraphet oor wat nou eintlik skaflik in die Prez se oëis nie. Dié loop dan soms by plegtige geleenthe­de met beesvelle aan sy lyf rond.

Bring die sambok!Pollux verneem die agbare prinses LindiweSisulu, bekend as minister van verdediging, hetDinsdag in die parlement gebieg haar knieë isal deurgeskaaf soos sy voor die ouditeur­gene­raal kruip oor haar departement se herhaalde­like gekwalifiseerde ouditverslae.

LP’s van opposisiepartye en selfs dié vanhaar eie ANC het Sisulu toe gevra of sy al diewonder van Zambuk­salf ontdek het. Vir dieoningeligtes: Dit is ’n kruiesalf wat ’n kuur is virbykans enigiets onder die son.

Die LP’s het Sisulu toe ewe droogweg aange­raai om dié salf aan die sensitiewe knievelle tesmeer. Pollux stem saam, want die kanse isgoed dat die departement vanjaar weer pro­bleme by die ouditeur­generaal gaan kry en ge­lukkig is daar nou ook ’n kersiegeur­Zambuk opdie mark vir prinsesse soos Sisulu!

Dermiljoene aan heiningsNosiviwe Mapisa­Nqakula, oftewel die minis­ter van korrektiewe dienste, het die afgelopeweek in die Praathuis vertel van nuwe heiningsby die land se tronke en hoe dié R480 miljoen­tender nét vir die heinings is.

Sy het kwaai gesê sy weet mense wil altydweet of tenders ook instandhouding van watook al insluit. “Vir wat? Hulle moet die heiningsoprig en wegloop. Wie doen nou instandhou­ding aan ’n heining?”

Pollux wil nou nie duiwelsadvokaat of poten­siële tronkvoël speel nie, maar is dit nie dalkjuis omdat die heinings op die landsgrense sovrot is dat daar soveel oorgrensmisdaad is nie?

Maak boere nie gereeld húl heinings reg so­dat die beeste nie wegloop nie?

En, wonder Pollux, is dit nie juis weens gebrekaan instandhouding dat ’n kader, so lei Polluxaf, nou weer ’n enorme bedrag moet kry omheinings op te rig nie?

Agbare minister, Pollux hou wel sy heining instand om potensiële tronkvoëls buite te hou.

Vooruit dinkDie bejaarde egpaar ry van hul plaas dorp toevir hul weeklikse inkopies. Albei het Alzheimers.

Man: “Mamma, onthou jý tog waarheen onsgaan. Ék sal onthou wie ons is.”

Gatiep in hoë geselskapGatiep word genooi vir ete saam met die konin­gin. Aan die etenstafel haak hy af: “Jislaaik, youknow, Queen, you have a mooi house and,Queen, you have nice clothes and, Queen, yourfood is so lekker.”

Die koningin raak ’n bietjie geïrriteerd met die“Queen”­sêery en merk op: “Gatiep, you shouldnot call me ‘Queen’ all the time. My title is ‘YourHighness’. ”

Gatiep: “Jinne, what a coincidence, becausemy brother’s name is also Johannes!”

Toe die DA­leier, Helen Zille, onlangs dieterm “opvoedkundige vlugtelinge” (edu­cational refugees) gebruik het om kinderste beskryf wat van die Oos­Kaap na dieWes­Kaap vlug om aan hul tuisprovinsiese patetiese skole te ontsnap, is sy uit alleoorde verguis.

Op Twitter en ander sosiale media wasmense buite hulself van morele ontsto­kenheid. Hul reaksie is grootliks deur dieANC gedefinieer en Zille is beskryf metwoorde wat gewissel het van “dom” tot“keiserin van rassisme en rassehaat”.

Baie redaksionele kommentators het –so tipies van politieke ontleding vandag– op die morele heining gaan sit: Ja, syhet ’n punt, maar dit was onsensitief ofdwaas om haar só uit te druk.

Morele verontwaardiging is nie netfundamentalisties nie, dit leen dit ook totvergelyking. Die moreel verontwaardigdemoet immers konsekwent wees, want asdié persoon nie is nie, sê dit nogal baieoor diegene wat die oordeel uitspreek. Indie proses verklap dit ook iets oor die mo­rele kode wat hulle toepas.

Dinsdag se DA­optog na Cosatu­huiswaartydens die party teen Cosatu se teen­stand teen ’n jeugloonsubsidie geprotes­teer het, is materiaal vir ’n lekker gevalle­studie.

Cosatu en sy filiale het die DA­optogmet geweld en intimidasie probeer keer.

Hul afsku van en haat vir hul politieketeenstanders was veral duidelik in dieplakkate wat hulle rondgeswaai het.

Daar is baie voorbeelde, maar vir diedoeleindes van hierdie artikel is dit netnodig om twee aan te haal: “HIV is betterthan Zille” en “Zille stop ur k*k, jy is diehond”.

Sterk woorde vol onverdraagsaamheid.Plakkate en uitsprake soos dié is onge­

lukkig niks nuuts nie. Woorde soos diéword al 18 jaar lank na die DA geslingerdeur die ANC en sy alliansievennote.

Die ding wat éintlik opval, is die wysewaarop dié feit deur sosiale kommenta­tors geïgnoreer word.

Ja, dit is waar dat daar hier en daar ’nrubriekskrywer of politieke kommenta­tor is wat dit veroordeel. Maar vergelyk’n bietjie die veroordeling van sulke uit­sprake met die verontwaardiging van die­selfde kommentators as die DA (in hul oë)durf afwyk van die “reëls” van demokra­tiese diskoers.

Die manier waarop die DA uitgetrapword as iemand in dié party ’n rassistieseding durf sê, maak dit duidelik dat daarverskillende reëls vir verskillende deelne­mers aan ons nasionale diskoers is.

Hier is ’n paar vrae: Wie is die Cosatu­lid wat die plakkaat gedra het wat lees“MIV is beter as Zille”? Veroordeel Cosa­tu dit? Waar is die openbare druk op Co­

satu om iets hieraan te doen of om versko­ning te vra?

In die nadraai van Woensdag se optogis veel gemaak van die geweld wat uitge­breek het.

Dis ’n maklike, oop doelhok wat selfsdie mees ambivalente kommentator instaat stel om ’n doel aan te teken. Dit isegter veel moeiliker om te wys op dienaakte rassisme en onverdraagsaamheidwat die eintlike oorsaak van dié geweldwas.

Waarom dié skynheiligheid?Die antwoord is eenvoudig: Omdat

Suid­Afrika se morele polisie – diegenewat op die internet en in nuusblaaie rond­snuffel vir hul ammunisie – die ANC ashul belangrikste morele baken gebruik.

Enige vermeende rassisme by die DAmoet daarom ten volle ontleed en veroor­deel word. En rassisme elders? Ja, wel. Opdie allermeeste sal iemand miskien ietsmompel dat dit onvanpas is.

Dié benadering kan uitgebrei word nadie manier waarop die hele optog gesienis. Talle kommentators het die indruk ge­

wek dat daar die een of ander morele ge­lykheid tussen die DA en Cosatu bestaanen dat albei partye blaam moet dra vir diegeweld. Die DA vir hul “uitdagende” be­sluit om na Cosatu­huis op te ruk en Cosa­tu omdat hulle gereageer het soos hullehet. Watter absolute twak.

Die DA het ’n reg om te protesteer. Meernog, hulle het ook toestemming gehad omdit te doen. Cosatu se samekoms, daaren­teen, was onwettig. Terwyl die DA vreed­saam betoog het, was Cosatu daarop uitom te intimideer, te boelie en te dreig.Enigeen wat twyfel hoef net na hul plak­kate te kyk.

Dit is die feite. Om voor te gee dat albeipartye aandadig was, is aspris.

Tog word dié punt keer op keer herhaal.Hoekom? Omdat die aanname blykbaarbestaan dat die reg om te betoog net aandie ANC en sy vennote behoort. Vir dieDA om op dieselfde aan te dring is dusin beginsel onredelik. Hoe durf hulle? Asiets verkeerd loop, is die DA dus outo­maties te blameer.

Die ANC mag wel ’n lang en eerbare

tradisie van politieke verset hê, maar ditbeteken nie dat die konsep aan hulle be­hoort nie.

Politieke protes, in al sy fasette, is niealleen die voorreg van die ANC nie.

As die reg tot gelykheid en politieke ver­set deur almal erken word, is dit ook mak­lik om die blaam vir Woensdag se geweldte bepaal.

Dit beteken dat niemand, veral nie diemedia nie, skuldig hoef te voel om die vin­ger na die skuldige party te wys nie. Cosa­tu se optrede was skokkend. Hulle be­hoort hulle te skaam.

Meer tot die punt: Die DA se optredehet nie net Cosatu se onhoudbare stand­punt oor werkloosheid blootgelê nie,maar ook geïllustreer dat die ANC­allian­sie nie die alleenreg op protes het nie.

Die ANC­alliansie is nou die vyand vanregmatige politieke protes, nie die beligga­ming daarvan nie.

Hoe gouer Suid­Afrikaners dít besef,hoe beter.Gareth van Onselen is direkteur van politiekenavorsing en ontwikkeling by die DA.

Politieke protes isálmal se voorregDie ANC­alliansie is nou die vyand van regmatige protes in dieland, skryf Gareth van Onselen.

‘‘Hul afskuvan en haatvir hul poli­tieke teen­standers wasveral duide­lik in dieplakkate wathulle rondge­swaai het.

Pienk pantoffel­bevel enige vyand se mosesIn The Men Who Stare at Goats, dieboek van Jon Ronson wat later ’n fliekgeword het, is daar soldate wat vol­gens eie erkenning ’n bok se hart kanlaat staan deur glo net na die stommedier te kyk.

Nee, dit is nie heeltemal dieselfde astoe my hart byna gaan staan het toeek as prille jeugdige die ewe jongeNastassja Kinski sonder ’n draad klereop die voorblad van ’n destyds verbo­de tydskrif bespied het nie.

Die ding van ’n bok doodkyk is ’npsigiese vermoë wat na bewering deur’n lid van die sogenaamde First EarthBattalion ontwikkel is as deel van dieAmerikaners se deurlopende verknogt­heid aan andersoortige of sielkundigeoorlogvoering.

Hierdie fassinering het sy neerslagal gevind in ongeoorloofde eksperi­mente met LSD op soldate en diespeel van harde rockmusiek tydensdie inval van Panama in 1989. VanHalen is onder meer toe gespeel (eksou ook oorgegee het), maar aange­houdenes in Guantánamo Bay moesglo ook al luister na Metallica en kin­derliedjies uit Barney and friends.

In Suid­Afrika het ons ’n tyd lankmoedig probeer saamspeel. Tussen

nog nie een met pienk pantoffels aangewaar nie. Ten minste nie in werkurenie.

Dit het eers alles sin as mens dinkaan die Monty Python­skets van diesnaaksste grap ter wêreld. Die een vandie Britse grapskrywer wat hom dood­lag (letterlik) nadat hy die grap voltooihet. Daarna val die mense soos vlieë.Dit is oorlogtyd in Engeland en dieslim strateë vertaal die grap gou inDuits (’n span vertalers kry elkeen neteen woord, want anders lag hulle hulook dood) waarna dit na die voorstelinies versend word.

Die Britse troepe lees die grap alhuppelend en skreeuend voor, waaropdie opponerende Duitsers hortend in­mekaar stort. Die Tweede Wêreldoor­log is dan so te sê gewonne.

Ek dink nie daar is ’n manier hoedie vyand staande sal kan bly as ’nklomp kolonels soos Ruth met pienkpantoffels oor die linies aangetrippelgaan kom nie.

Dan kan die Swede en die Britte endie Duitsers maar hul vliegtuie en botekom haal en die geld teruggee, wantdan het ons dit nie meer nodig nie endie hele wapenskandaal is sommereensklaps opgelos.

mal hoe dit geëindig het.Nee wat, die Amerikaners is ons

nou maar eenmaal altyd voor. Hullesal altyd vegvliegtuie soos F15’s, F18’sen F22’s deur die lug wiks terwyl onsmet uitgediende sanksie­Mirages ofklein korrupsie­Gripens moet sit.

Hulle sal altyd vliegdekskepe op aldie oseane hê terwyl ons duikbote diebinnekant van die droogdok in Simon­stad warm hou. In sielkundige oorlog­voering sal hulle ook altyd die grotergedagte kry.

Maar dalk, net dalk, het die mensevan gesamentlike operasies by die nu­we weermag ’n ding beet wat dieAmerikaners nog op hul neuse kanlaat kyk.

Die eerste sweem hiervan het uitge­lek toe lt.kol. Ruth Ndayi, ’n lugmagof­fisier betrokke by gesamentlike opera­sies, onlangs in volle uniform, maarmet pienk pantoffels aan in ’n Pretori­ase winkelsentrum opgemerk is.

Dit is so dat die lugmag­ouens nogaltyd ’n soort vrygeestigheid gehad hetwanneer dit by die vertolking van diegewoonweg streng uniformreëls gekomhet. Ek het byvoorbeeld nog nooit ’nhelikoptervlieënier gesien wat met ste­wels aan kon vlieg nie. Maar ek het

moorde, so is voor verskillende kom­missies getuig, het die Burgerlike Sa­mewerkingsburo (BSB) byvoorbeeldpolitieke teenstanders met aapfetussebang gemaak en is beplan om Ecstasyin poeiervorm oor wrewelrige skareste spuit sodat hulle tot liefdevolle in­keer kon kom.

Dan was daar nog gerugte van aller­lei ander pogings om vrees in harte inte boesem as jy nie die vermeende vy­and se hart kon laat verteder of ’n be­hoorlike houvas op sy koejaweltjieskon kry nie.

Hoe bostaande pogings ook al die oëkan laat rek, blyk dit maar betreklikflou in vergelyking met wat die Ame­rikaners en die Russe al gedoen ofprobeer doen het.

Laasgenoemde het blykbaar al tele­patie probeer gebruik om die gedagteby troepe te laat posvat dat hulle eer­der nie te veel voor ’n geveg moet suipnie.

Volgens ’n artikel in The New YorkTimes het die Amerikaners dit voortsook al oorweeg om die “Stem vanGod” soos voorgedra deur die akteurCharlton Heston deur telepatie oor tedra aan die beleërde sektelede byMount Carmel, Waco. En ons weet al­

Jan TaljaardLUNSRIEM

Cosatu se optrede tydens Dinsdag se protesoptog was skokkend, argumenteer die skrywer. | FOTO: LOANNA HOFFMANN

Swembak!

top related