noe-rooz, - sat-7 · 2019-03-31 · letterlik vertaal beteken noe-rooz, ‘nuwe dag’, bestaande...
Post on 18-Jan-2020
3 Views
Preview:
TRANSCRIPT
SUID-AFRIKA KANTOOR: southafrica@sat7.org +27(12)807 2763 +27(83)628 6488/+27(84)506 3399 Kontak asb kantoor vir bankbesonderhede
“Al ons aanbiedings het ’n spesiaal ontwerpte Norooz
dekor gebruik en ons weeklikse Binnekring program het
tradisionele feestelike musiek en danse ingesluit,” vertel
Vervaardiger en Direkteur, Moe Pooladfar. “Die onder-
werpe in al die programme was gebaseer op temas van
herlewing en nuwe lewe.”
Letterlik vertaal beteken Noe-rooz, ‘Nuwe Dag’, bestaande
uit ’n kombinasie van die woorde noe wat ‘nuwe’, en rooz
wat ‘dag’ beteken.
Die antieke Nuwejaar feesviering in die Persiese wêreld,
wat die herlewing in die natuur vier, val op die oorgang na
lente in die Noordelike halfrond, wanneer die dae langer en
die nagte korter word.
Hoewel Norooz sterk verband hou met Zoroastrianisme,
vier byna alle Persies-sprekendes wel die fees. Die nuwe
begin wat Norooz vier het ook ’n spesiale betekenis vir
Persies-sprekende Christene waar hulle ’n nuwe identiteit
in Jesus Christus vind. Norooz beeld derhalwe vir hulle die
nuwe lewe in Christus uit waarvan die Woord getuig:
“Daarom, iemand wat aan Christus behoort, is ’n nuwe
mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom.” 2 Kor 5 :17
Lig speel ’n belangrike rol en word gevier deur die
Zoroastriste. Hoewel hulle ’n minderheid van sowat 25,000
in Iran (2011 sensus) verteenwoordig, is die verering van lig
’n sterk kenmerk van die Persiese kultuur.
Vir Persiese gelowiges het die ware nuwe lewe in Jesus,
die Lig van die wêreld, reeds gekom. Hulle hoop is op Hom
en saam met alle ander gelowiges glo hul in en verwag hulle
Sy uiteindelike oorwinning en ewige heerskappy.
Terwyl die Persies-sprekende gelowiges die Persiese
Nuwejaar vier, bid dat hulle nuwe hoop, nuwe vrede
en ’n nuwe doel in die lewe vind in Jesus Christus.
Dank God vir SAT-7 PARS wat die gelowiges in Iran
bemoedig en ook nuwe hoop vir die soekendes bied.
Kopiereg© 2018 SAT-7 www.sat7sa.org www.sat7.org
www.sat7uk.org
Die Christene in Egipte, wat reeds vele dodelike aanvalle
op aanbiddders—insluitende die bomaanvalle op kerke in
Kaïro, Aleksandrië en Tanta en die aanval op ’n moskee in
die Sinai, beleef het, het hul eenheid met ’n geskokte Nieu-
Seeland bewys.
SAT-7 het ’n boodskap van Dr Andrea Zaki, President
van die Protestante Kerk in Egipte, regstreeks vanaf die
“Eenduisend Evangeliese Leiers’ konferensie in Wadi el-
Natroun uitgesaai. In die boodskap het Dr Zaki hul solida-
riteit met die Nieu-Seelandse Moslem gemeenskap betoon.
Verwysende na die dood van 49 mense en die besering
van talle ander, het Dr Zaki gesê: “Ons staan vas in ons
oortuiging. Ons veroordeel geweld teenoor enigiemand.”
“Ons het soortgelyke ervarings gehad toe ons kerke aan-
geval is en het die pyn van ons mense beleef. Ons roep
vandag almal wat as martelare gesterf het, in herinnering.
“Die moord op iemand wat bid, hetsy Moslem, Christen,
Jood of watter geloof ookal, is onaanvaarbaar. Ons
veroordeel hierdie terroriste aanval en verklaar dat ons
sterk standpunt teen geweld en moord inneem.
“Ons ondersteun persoonlike veiligheid en vryheid asook
die vryheid om in veiligheid te aanbid sonder enige druk,
enige plek in die wêreld.
“Gebede vir vrede sal uit Egipte opgaan.”
“Here, ons staan vandag hier, ons bely ons menslike
swakheid. Ons bely dat sonde en boosheid oral om ons
is. Ons bely dat onskuldiges gedood en bloed vergiet is.
O, Koning van Vrede, na wie toe sal ons gaan? U het
die woorde van die ewige lewe. Koning van Vrede, wie
anders het ons buiten U wat die Gewer van vrede is?
Ons bid vir almal wat beseer is en vir die families van
almal wie se lewens geneem is.
Here, gee U vrede want U is die Koning van Vrede.
In Jesus se Naam, Amen.”
March
2019
“Ek is ’n Christen en dit is nou ’n jaar sedert ek met
behulp van SAT-7 PARS se programme in geloof begin
groei het. Dit is deur Facebook wat ek SAT-7 PARS
ontdek het. Ek het daarna deel geword van die Whatsapp
en Telegram gespreksgroepe en die Christelike geloof
begin verstaan. Ons durf nie met ander gelowiges hier
kontak maak nie, maar ek leer deur jul programme te
volg en kry so antwoorde op my vrae.
Ek is sewe-en-twintig jaar oud en het vyf kinders. My
vrou is nie ’n gelowige nie; bid asb vir haar en dat ons
lewens verander. Ek is vol vreugde. Ek het in Jesus
begin glo nadat ek Hom in ’n droom ontmoet het.
Ek leer elke dag nuwe dinge deur jul programme en is
dankbaar dat julle so baie tyd spandeer om ons te dien
terwyl ons nie ’n kerk kan bywoon nie. Ek is dankbaar
vir julle almal, geliefde broers en susters.”
* Getuienis van ’n kyker in Iran. Foto vir illustrasie doeleindes.
Bid asb vir hierdie kyker en sy familie.
Duisende kykers kyk SAT-7 in die geheim uit vrees
vir die reaksie van familie en vriende. Bid dat
die programme hulle sal bemoedig en hul geloof
versterk. Bid dat hulle ‘veilige’ vriende vind.
"Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie
bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk
jou, Ek help jou ... “ (Jes 41:10). Bid dat diegene
wat vervolg word hierdie versekering van God se
teenwoordigheid ervaar.
Bid asseblief vir die volgende kykers
terwyl jy hul boodskappe lees.
KYKER IN ALGERIË
“Vra God om in my hart te werk sodat ek ’n geestelike
moeder vir die jonger vroue in ons kerk kan wees. Ek
wil alles doen tot eer van Jesus Christus.”
KYKER IN TURKYE
“Ek is nie in staat om kerk toe te gaan nie, maar jul
programme help my om op die regte weg met Jesus
Christus te bly. Ek bedank almal wat betrokke is by
hierdie programme.”
KYKER IN LIBANON
“Sedert my familie in Egipte uitgevind het dat ek in
Christus glo, is my lewe in gevaar. Ek het na Libanon
toe gevlug. Ek dank God vir die geleenthede wat Hy
my gee om te onderrig en te dien.”
KYKER IN AFGHANISTAN
“Ek is 24 jaar oud en was in ’n ekstremiste groep
totdat ek ontsnap het. Nou lees ek die Bybel. Indien
my ouers my opspoor, sal hulle my doodmaak. Bid dat
hulle ook God se lig sal sien.”
Loof God vir die miljoene SAT-7 ARABIES en
SAT-7 KIDS YouTube kykers elke maand. Bid
dat die video’s die kykers help om in hul
verhouding met die Here te groei.
Bid asseblief vir die volgende kykers
terwyl jy hul boodskappe lees.
KYKER IN IRAN
“Broers en susters buite Iran, bid asb dat dit moontlik
sal wees om in hierdie land kerke te hê wat oop en
veilig is vir elkeen om by te woon. Vra Jesus om Sy
Heilige Gees en Sy liefde oor Iran uit te stort.”
KYKER IN SAOEDI-ARABIË
“My vriend vertel mense in die geheim van Jesus
Christus. Bid asb vir hom vir wysheid wanneer om
watter woorde en met wie te praat.”
KYKER IN IRAN
“ ’n Sekuriteitsdiens amptenaar het voorgegee dat hy
’n gelowige is. Nou is sowat 70 lede van ’n huiskerk
gearresteer, insluitende die pastoor. Bid vir hulle
vrylating en getuienis.”
KYKER IN FRANKRYK
“Ek kom van Sirië af. Ek het SAT-7 ’n Bybel gevra,
en hulle het een vir my gestuur. Baie dankie vir hierdie
kosbare geskenk. Dit maak my baie gelukkig.”
Dank die Here vir die kerke in die streek wat
hul eredienste oopstel vir SAT-7 om uit te saai.
Daardeur maak hulle dit vir kykers, wat nie in
staat is om ’n kerk in hul eie gemeenskap by te
woon nie, moontlik om aanbiddings geleenthede
te beleef.
top related