’n nuwe opname oor die voorkeure van ons brief van die ... · ons het met die vorige opname baie...
TRANSCRIPT
Mills & Boon Boekklub
Maandelikse nuusbrief vir Mills & Boon Boekklublede
Januarie 2008
’n Nuwe opname oor die voorkeure van ons Mills & Boon KluBlede
Brief van dieRedAKTeuR’n Gelukkige 2008 aan al ons
lesers!
Liewe lesers,
Dis 2008 en ’n nuwe jaar vol
splinternuwe uitdagings lê vir ons
voor! En met nuwe voornemens.
Mag 2008 vir almal hope geluk
en goeie gesondheid bring, en
heerlike leesgenot. En natuurlik ’n
lang en gelukkige verhouding met
die Mills & Boon Boekklub!
Soos die meeste klublede sal
onthou, het ons sowat ’n jaar
gelede ’n vraelys uitgestuur om ’n
profiel saam te stel en ’n opname
te maak van wat ons klublede
se voorkeure is. Daarom val ons
hierdie nuwe jaar sommer weg
met ’n splinternuwe opname om te
hoor wat ons lesers nog graag in
ons nuusbrief wil lees, en wat julle
behoeftes is wat ons boeke betref.
In 2007 het ons ’n opwindende
liefdesverhaalwedstryd aangebied
en ons wenner, Lelanie le Roux
van Oudtshoorn, het reeds haar
wenverhaalboeke ontvang.
Maar ons kan nie nuwe planne
maak met die klub en ons
Hartsgedagtes-brief tensy ons
weet wat ons lesers verkies nie.
Ek doen dus GROOT asseblief ’n
beroep op al ons klublede om ons
vraelys, wat saam met hierdie
maand se nuusbrief uitgestuur
word, te voltooi. Dit sal verseker
dat julle elke maand iets nuuts
kry om te lees.
En dié wat lus het, kan sommer ’n
briefie insluit – dis altyd lekker om
van nader met ons lesers kennis
te maak!
Help dus asseblief en sê wat julle
dink.
Mills & Boon Boekklub
Aan die einde van 2007 het ons byna 3 000
Mills & Boon Klublede gehad. dis aansienlik
meer as waarmee ons sowat twee jaar
gelede begin het en ons klub groei steeds.
die behoefte aan Afrikaanse ligte leesstof is
die rede waarom ons klub so fluks groei en
daarom wil ons graag ’n nuwe opname maak
oor die voorkeure van ons klublede.
ons het met die vorige opname baie goeie
reaksie van ons lesers gekry. lesers was
bereid om deel te neem en hulle mening
te gee wat ons baie help om die nuusbrief
volgens julle smaak saam te stel. soos
julle agtergekom het, het ons gedurende
die afgelope jaar probeer om ons lesers se
voorstelle in die nuusbrief aan te bied en
hoop julle het dit geniet. Maar dis nou al weer
meer as ’n jaar later en daar het heelwat nuwe
lesers (en nuwe behoeftes) bygekom.
Resultate uit ons vorige opname:
a. Ideale hoeveelheid boeke per maand
ons vorige opname toon dat 60% van ons
lesers graag vier of meer boeke per maand
wil ontvang. die opgraderingsopsies van die
Boekklub is dus aangepas sodat lede tot ses
boeke per maand kan ontvang.
b. Mills & Boon-omnibus
die resultate het ons ’n goeie aanduiding
gegee van wat ons lesers van ’n omnibus
verwag. nie minder nie as 77% van ons
boekklublede verkies dat die omnibus uit
’n verskeidenheid reekse saamgestel word.
die 3-in-1 keurbundel van 2006 was dus ’n
reusesukses en het heeltemal uitverkoop!
c. Nuwe Mills & Boon-reekse
Volgens 2006 se opname het 75% van
ons lesers belangstelling getoon in
spanningsliefdesverhale asook liefdesverhale
met ’n Christelike inslag. dit het gelei tot die
bekendstelling van ons twee nuwe gewilde
reekse, intrige en inspirerende Romans.
d. Boekklub-nuusbrief
Boekklublede het ook uitgewys dat hulle
’n groter verskeidenheid artikels in
Hartsgedagtes wil sien, soos resepte, artikels
oor diere, gesondheid en tuinmaak. die Mills &
Boon Boekklub-nuusbrief het ’n nuwe blaadjie
omgeslaan en bied nou elke maand artikels
oor hierdie onderwerpe. Hartsgedagtes het ook
in 2007 ’n splinternuwe voorkoms gekry saam
met die nuwe omslae van die M & B-romans.
ons lesers se mening is vir ons baie belangrik
want daarsonder kan ons nie ’n suksesvolle
boekklub of nuusbrief aanbied nie. en soos
julle kan sien, neem ons die resultate van ons
navorsing baie ernstig op! ons wil graag die
Boekklub aanpas volgens jul voorkeure sodat
julle die maksimum leesgenot daaruit kan put,
en sien dus uit na jul terugvoer!
Só het ons gegroei!
{ { {20052006
2007
{2007
{2005
Mills & Boon Boekklub
Brief van dieRedAKTeuR (verv.)
Ons herinner julle ook net weer
aan ons 3-in-1 keurbundel wat in
November verskyn het. Dis heerlike
leesstof met verhale wat nog nie
aan ons klublede gestuur is nie.
Bestel dus gerus jou kopie as jy
nog nie een het nie.
Soos gewoonlik het ons ook weer
interessante brokkies uit Animal
Talk, ’n liplekker soetigheid-
resep uit Avokado (voor die goeie
voornemens om die vakansie se
oordadigheid weer af te skud,
begin), ’n kykie na die sterre se
voorspellings en natuurlik ons
blokraai.
Ons wens julle nogmaals ’n
voorspoedige 2008 toe en hoop ons
het nog jare se lekkerlees saam!
Nuwejaarsgroete,
Elizabeth
BoeKe vir volgende maandFyn uitgesoekte vrouLee Wilkinson
Valentina se skoonheid
sou op sigself die
biljoenêr Richard
Anders se aandag getrek
het – al het hy nie
genoeg rede gehad om
haar te verlei nie!
Richard, erfgenaam van die allerpragtige
Anders-kasteel, kan slegs verseker wees van
sy erfporsie indien hy met Valentina trou.
Valentina is smoorverlief op die aantreklike
heer wat haar skoon oorrompel het! in die
slaapkamer skenk sy hom haar onskuld,
voor die kansel haar woord – maar sal sy
ook haar hart aan Richard kan gee wanneer
sy die waarheid uitvind?
die Griekse biljoenêr se babawraakJennie Lucas
Vir Anna Rostoff was dit
opwindend om vir nikos
stavrakis te werk – tot
een noodlottige nag toe
die Griekse magnaat
met haar liefde maak . . .
Maar toe kry nikos vir hom ’n nuwe
minnares en Anna vlug. nege maande later
moet Anna ’n pap babatjie – en ’n gebroke
hart – versorg.
nikos is briesend toe hy ontdek dat Anna
sý seun weggeneem het – hy sweer dat hy
wraak sal neem! Hy sal Anna as sy bruid
besit, en haar leer wie baas is!
Beesboer en beskermerJudy Christenberry
Jason Barton met sy
staalgrys blik is ’n man
om mee rekening te
hou!
Rosemary Wilson
het pas haar huis en
haar erfenis verloor, maar sy laat haar nie
onderkry nie. ewe tuis in ’n sjiek pakkie as
in haar jeans op ’n perd se rug, weet sy ook
wat sy wil hê.
Toe Rosie en Jason onder die westelike
sterrehemel gestrand raak, raak dinge
gevaarlik. daar is net een plek waar Rosie
wil wees, en dit is in die arms van haar
cowboy – wat belowe het om haar te
beskerm!
’n soldaat vir KersfeesJillian Hart
Kelly logan val amper
op haar rug toe Mitch
dalton, die klasmaat op
wie sy destyds beenaf
was, die boekwinkel
binnekom. die verruklik
aantreklike man wil hê
sy moet hom help om ’n geskenk vir sy ma
uit te soek.
’n Vriendskap ontwikkel tussen hulle. Maar
Mitch vertrek binnekort na die Midde-ooste
en ná haar onstuimige grootwordjare glo
Kelly buitendien dat verhoudings gewaag
is. nogtans is daar ’n vae hoop in haar hart
dat die Goeie Vader dalk spesiale planne vir
hulle het . . .
Geheime agent en paDelores Fossen
Federale agent luke
Buchanan will net sy
seun opspoor en wraak
neem op almal wat
betrokke was by die
onwettige aanneming.
Toe hy oplaas die vrou opspoor wat sy
seun as haar eie grootgemaak het, is hy
vasbeslote om haar te laat boet omdat sy sy
seun van hom gesteel het.
luke is egter nie al een wat op elaina se
spoor is nie. iemand maak jag op haar en
hou haar bewegings noukeurig dop. die
oomblik toe luke die vrees in elaina se oë
sien, sweer hy ’n eed om haar en die baba
ten alle koste te beskerm. Maar wie gaan
hom beskerm teen die teer gevoelens wat
elaina in hom wakker maak?
’n dokter om voor te wagMargaret McDonagh
dokter Conor Anderson
word by die eerste
aanblik deur die locum
Kate Fisher bekoor. Haar
donker, sielvolle oë trek
hom soos ’n magneet en
agter Kate se afsydige
houding skuil daar ’n passievolle vrou. Maar
nie lank nie of haar verlede haal haar in . . .
Het die losbol-dokter eindelik sy ander
helfte ontdek? Kan hy Kate help om weer
heling te vind, weer haar pragtige oë laat
skitter?
Die Groot Ses verwys na
’n paar van suid-Afrika se
majestueuse voëls: die gompou,
breëkoparend, saalbekooievaar,
bromvoël, swart-aasvoël en die
visuil.
’n Groot Vyf vir soogdiere . . .
’n Groot Ses vir voëls . . .
’n Supertwaalf vir rugby-
spelers . . . Hoekom dan nie ’n
Groot Twaalf vir die insekwêreld
nie?
Het jy geweet daar is ’n paar
indrukwekkende soorte in suid-
Afrika: die reuse-naaldekoker,
Tafelberg se vlerklose kakkerlak,
termiet, blaasopsprinkane, reuse-
stokinsek, reuse-hotnotsgot,
reuse-waterwants, reuse-
mierleeu, reuse-sluipvlieg,
reuse-miskruier, mopaniewurm
en reuse-houtboorderby.
Die groot ses . . .
Mills & Boon Boekklub
Uit: Van Lill se Suid-Afrikaanse Trivia Uitgegee deur Zebra Press.
Mills & Boon Boekklub
Breinkrag-BloKKiesRAAisel nr. 1
Kopiereg voorbehou: Anina Roux en Albé Grobbelaar © http://www.xword.co.za/Toestemming word hiermee verleen om hierdie blokkiesraaisel in een uitgawe van Jacklin uitgewers se Hartsgedagtes-nuusbrief te publiseer
dwars 6 skryfster van die Maasdorp-reeks, __ Blakemore
(6)
8 Groot ongeluk of ramp (6)
9 eskimohut (4)
10 sonder om aan eie belange te dink (8)
11 Resiteer of opsê (7)
13 na eie keuse (latynse afk.) (2,3)
15 landengte (5)
16 skrywer van The Jungle Book, Kim en Gunga
Din, Rudyard __ (7)
18 omkom deur gebrek aan lug (8)
19 nie dooierig nie (4)
21 Klein onderdeel van ’n geheel (6)
22 Koningin van die speurverhaal, __ Christie (6)
Af1 onvriendelik (4)
2 Gedrukte verslag van die verrigtinge in die
Parlement (7)
3 skrywer van Charlie and the Chocolate Factory,
__ dahl (5)
4 springsteen se oscar-liedjie, Streets of __ (12)
5 Gifstof in tabak (8)
7 skrywer van die Fritz Deelman-reeks en Die
Groot Verlange (4,8)
12 Aanhitser of opstoker (8)
14 iets eervols of iemand wat uitblink (7)
17 Ronderige vlekke (5)
20 Anna neethling- __ (4)
Dwars: 6 stella,
8 onheil, 9 iglo,
10 selfloos,
11 Voordra, 13 Ad lib,
15 ismus, 16 Kipling,
18 Versmoor, 19 Hups,
21 detail, 22 Agatha.
Af: 1 stug, 2 Hansard,
3 Roald, 4 Philadelphia,
5 nikotien,
7 leon Rousseau,
12 opsweper,
14 sieraad, 17 Kolle,
20 Pohl.
oplossing nr. 1
Mills & Boon Boekklub
Hierdie lekkernye sal tot twee weke in
die yskas hou – as dit nie voor die tyd
geheimsinnig verdwyn nie . . .
Genoeg vir 6
Tyd: 10 minute + vriestyd
Bestanddele:
20 oreo-koekies (hou 3 vir versiering)
1 liter vanieljeroomys
250 ml gesmelte sjokolade vir roomys
100 ml gesmelte sjokolade vir kolwyntjie-
doppies
250 ml styf geklopte room
125 ml neute (opsioneel)
Metode:
1. Breek oreo-koekies in groot stukkies en
meng met vanieljeroomys wat sag geword
het. (Hou 3 vir versiering.) Vou eers
helfte van 250 ml gesmelte sjokolade en
geklopte room in, en dan die ander helfte
van die sjokolade en die neute. Plaas in
vrieskas tot gevries.
2. Voer ’n silikon 6-muffinpan met die 100 ml
gesmelte sjokolade. Gebruik ’n kwassie.
Verf verskeie lae op sodat dit soliede
sjokoladedoppies vorm.
3. Plaas in yskas totdat sjokolade heeltemal
gestol het – sowat 20 minute.
4. Verwyder sjokolade uit die vorms en vul
met ’n skeppie of twee van die oreo-
roomysmengsel. Versier met ’n halwe
oreo-koekie.
KoM sit aan . . .
Oreo-roomys-kolwyntjiesOreo-roomys-kolwyntjies
Teken in op Avokado-tydskrif en ontvang 20% afslag as jy die Mills & Boon Boekklub
noem. Skakel hulle gerus by (011) 280-5787.
Uit: Avokado
Mills & Boon Boekklub
sTeRWYseRsvir
Januarie 2008deur William Smith
ons diere . . . uit Animal Talk – uittreksel
ster van die maand: steenbok (22 des – 21 Jan)
Jy word gemotiveer deur
’n begeerte om beroemd
en ryk te wees – en die
drang na sukses stel jou
sonder uitsondering in
staat om alle struikelblokke
te oorkom. Hoe dit ook
al sy, soms is jy jou eie
grootste vyand omdat jy te
veel op jou neem. leer om
tevrede te wees wanneer
jy jou doelwit bereik het.
Teleurstelling kry jou nie
onder nie en jy reik telkens
weer boontoe. omdat jy
soveel waarde heg aan mag,
is jy nie besonder sensitief
of simpatiek nie, maar jy is
nogtans lojaal aan diegene
wat by jou staan. Hoewel
jy gewoonlik diplomaties is
en betroubaar wat jou lewe
en liefde betref, kan jy ook
koel berekenend wees in jou
strewe om te voldoen aan
jou wense en begeertes.
© 2007 Jacklin uitgewers, Posbus 521, Parklands 2121Mills & Boon Boekklub
SLIM pERD!
’n sweetvosmerrie, Kerry, het ’n skotse
boervrou se lewe gered toe die perd ’n
koei, wat die vrou aangeval het, geskop
het totdat die koei die aftog geblaas het.
Fiona Boyd het aan The Scotchman vertel:
“ek twyfel g’n oomblik dat Kerry my
gered het nie. As sy nie in dieselfde kamp
gewei het nie, was ek dood. Kerry was
fantasties. sy het my lewe gered.”
Mevrou Boyd was alleen by die huis op
hulle plaas Chapmanton naby Castle
douglas in skotland toe sy ’n kalfie
benoud hoor skree. sy het gaan kyk wat
aangaan en gesien die kalf het van sy ma
af weggedwaal. Mevrou Boyd het besluit
om die kalf en sy ma saam in ’n hok te
jaag, maar toe sy naby die kalfie kom, het
die koei skynbaar uiteindelik ook die kalf
se gekerm gehoor en op mevrou Boyd
afgestorm en haar onderstebo gestamp.
Toe mevrou Boyd probeer regop kom, het
die koei haar weer omgestamp en toe met
haar volle gewig bo-op die vrou geval.
Terwyl mevrou Boyd onder die dier
probeer uitkom het, het sy gesien hoe
Kerry, haar 15-jaar oue sweetvosmerrie
wat in dieselfde kamp gewei het,
aangehardloop kom en wild na die koei
begin skop. Te midde van die stryd
tussen die twee diere, het mevrou Boyd
daarin geslaag om onder die koei uit
te kom en ses meter ver tot onder ’n
elektriese heining te kruip. sy het dit
uiteindelik reggekry om haar man wat in
’n ander kamp gewerk het, te roep en hy
het haar hospitaal toe geneem.
Fiona Boyd sê: “Koeie is gewoonlik
vreedsame diere, maar dié koei wou
sekerlik net haar kalf beskerm. ek moes
nie die kalf alleen probeer aanjaag het nie
en sal dit vir seker nie weer doen nie.”
So ’n getroue perd moet
’n medalje kry!
Vir meer inligting oor die Animal Talk-tydskrif, skakel hulle gerus by (011) 468-2090.
Voorspoedige nuwejaar!
♦ Hy is jou vriend, jou maat, jou beskermer, jou hond. Jy is sy lewe, sy liefde, sy leier. Hy sal joune wees, getrou en opreg, tot die dood toe. Jy is dit aan hom verskuldig om soveel toewyding te verdien. – onbekend.
♦ Honde is nie ons hele lewe nie, maar hulle maak ons lewe heel. – Roger Caras
♦ Jy sal altyd gelukkig wees as jy weet hoe om met ’n vreemde kat vriende te maak. – Amerikaanse gesegde