andrew verwag ’n lied in die oor€¦ · die glimlag van andrew tlhaole, ’n...
TRANSCRIPT
Kampusnuus - 5
Die glimlag van Andrew Tlhaole, ’n laboratoriumas-
sistent by farmakologie, is deesdae sommer baie
breër.
Dié vriendelike man is pas deur die universiteit
gehelp om ’n gehoorapparaat te bekom. Andrew
werk die afgelope 26 jaar by farmakologie en is onder
andere verantwoordelik vir bodewerk.
Hy vertel hy is al sedert sy kinderdae gehoorge-
stremd en mense moet soos hy dit self stel “’n bietjie
harder” met hom praat. Hoewel ál sy probleme
volgens Peet du Toit, senior mensehulpbronbeampte:
arbeidsverhoudinge, werknemerwelstand en oplei-
ding, nie met die gehoorapparaat opgelos kan word
nie, is dit nou onder beheer.
Hulle het die nodige mediese toetse op Andrew
gedoen en bevind dat hy met ’n gehoorapparaat
gehelp sal kan word. “Dit verbeter die gehalte van
sy werk- en huislewe,” sê Du Toit.
Die besluit om hom te help is ’n uitvloeisel van ’n
oudit wat die PUK ’n paar jaar gelede, na aanleiding
van die instelling van die Wet op Gelyke Indiensne-
ming gedoen het. Aan die hand van ’n definisie vir
gestremdheid kon werknemers van die PUK hulself
openlik of konfidensieel as beduidend gestremd
klassifiseer.
Du Toit sê dinge verander vinnig en mense het
intussen deur ongelukke en siekte gestremd geraak
terwyl ander weer meer bewus en ingelig oor die
saak geraak het.
’n Beperkte fonds is beskikbaar om mense met
gestremdhede te kan help en diegene met bewese
gestremdhede en verdienstelike aansoeke sal vir hulp
oorweeg word. Du Toit sê die fonds verleen finansiële
bystand, maar mense sal nie in alle gevalle die volle
bedrag ontvang nie. Die werknemer se eie bydrae,
die mediese fonds of die aard, omvang en intensiteit
van die gestremdheid speel ook ’n rol – veral wanneer
dit hul vermoë om hul werk produktief te kan doen
beduidend strem. Volgens Du Toit is die strewe om
so konsekwent moontlik, na gelang van die behoefte
en soort gestremdheid, hulp te verleen. Iemand met
AndrAndrAndrAndrAndreeeeew vw vw vw vw verwerwerwerwerwaaaaag ’n lied in die oorg ’n lied in die oorg ’n lied in die oorg ’n lied in die oorg ’n lied in die oor’n disleksieprobleem sal byvoorbeeld nie dieselfde
finansiële bystand ontvang as iemand wat gehoorge-
stremd is nie. Nie alle bystand is finansieel van aard
nie.
Andrew se gehoorgestremdheid het hom egter nie
gekeer om ’n vol lewe te hê en om sy werk goed te
doen nie. “Ek werk lekker op die PUK.” Hy glimlag
van oor tot oor as hy vertel van sy werk in die proef-
diersentrum en sy werk as posbode wat hom reg oor
die kampus laat beweeg. Die apparaat sal nie net sy
werk makliker maak nie, maar sal hy ook die voëls
kan hoor as hy oor die kampus stap...
Mense met gestremdhede kan mnr. Peet du Toit
by x2694 of [email protected] vir meer inligting en
advies skakel.
PersoneelsakeTeistering is ’n vorm van onbillike diskriminasie
Seksuele teistering is een van dié vorme van
teistering. Dit is gedrag, optrede of kommentaar
van ’n seksuele aard wat ’n negatiewe uitwerking
op die ontvanger daarvan het. Dit sluit ook
sinspeling, onvanpaste gebare, betasting sonder
toestemming en verkragting in. Dit kan ’n enkele
optrede of herhaalde optredes wees.
Viktimisasie vind plaas waar ’n werknemer
geviktimiseer of geïntimideer word wanneer hy/sy
nie instem tot die seksuele toenadering nie of waar
gepoog word om ’n persoon af te kraak of te
verneder. Binne die konteks van viktimisasie hoef
’n seksuele aantrekkingskrag glad nie te bestaan
nie en hoef dit ook nie (slegs) aan ’n persoon van
die teenoorgestelde geslag gerig te gewees het
nie.
Seksuele aandag word teistering wanneer:
(i) dit volgehou word – hoewel ’n enkele
voorval van teistering ook as seksuele teistering
beskou kan word; en/of
(ii) die slagoffer dit duidelik gemaak het dat die
gedrag onaanvaarbaar is of waar dit onaanvaar-
baar geword het; en/of
(iii) die beweerde oortreder moes geweet het
dat die gedrag as onaanvaarbaar beskou word.
Quid pro quo (’n “in ruil vir”/”iets vir iets”)
teistering vind plaas waar iemand soos die eienaar,
werkgewer, toesighouer, bestuurslid of ’n
medewerknemer, die slagoffer se werks-
omstandighede beïnvloed of probeer beïnvloed
(byvoorbeeld met bevordering, opleiding, dissipline,
ontslag, salarisverhoging of ander byvoordele) om
die persoon te dwing of te probeer dwing om die
klag van seksuele teistering te laat vaar.
Spesifieke optrede of dreigemente kan gemaak
word in weerwraak vir die weiering om aan die
seksuele versoek te voldoen.
Werknemers wat aan dié teistering blootgestel
word is gewoonlik ondergeskiktes van die
beweerde oortreder wat moet “met die groot
moontlikheid van die benadeling van ’n loopbaan”
saamleef.
Seksuele bevoordeling (as deel van quid pro quo
teistering) vind plaas waar ’n senior persoon in die
werkplek slegs die persone wat aan sy of haar
seksuele toenaderings voldoen, beloon. Hoewel
diegene wat nie vir seksuele gunste genader word
nie, nie geteister word nie, word daar ook teen
hulle gediskrimineer omdat ’n werknemer wat
beskikbaar is vir seksuele gunste slegs beloon
word vir geen ander rede as juis hulle seksuele
“beskikbaarheid” nie.
Selfs die werknemer wat wedersydse seksuele
gedrag goedkeur is ’n onwetende slagoffer
omdat hy/sy ’n slagoffer van voortdurende
inwilliging is.
Hier is Peet du Toit, Andrew Tlhaole en prof. Madoda
Zibi, direkteur:diversiteit, gelykheid en menseregte.
KN September 2005 uitgawe.p65 9/14/2005, 12:07 PM5
Kampusnuus - 6
Taalwenk
’n Mens sien dikwels dat die woord eventueel (n.a.v.
die Engelse woord eventual) gebruik word met die
betekenis “uiteindelik”.
Dis verkeerd, want eventueel beteken iets anders,
t.w. “waarskynlik, moontlik, gevolglik”. Beslis nie
uiteindelik nie. Hierdie soort foutiewe woordgebruike
word maklik opgelos deur van goeie naslaanbronne
gebruik te maak vir kontroledoeleindes.
Daar is volgens bronne wel ’n besliste verskuiwing
aan die gang, naamlik dat eventueel al hoe meer
voorkom in die betekenis van uiteindelik. Dis helaas
nog nie veelvoorkomend nie.
WAMC
Eventueel en uiteindelik
Die fakulteit opvoedingswetenskappe se akademiese
personeel het op 6 en 7 September ’n UGO-werkswinkel
bygewoon wat deur me. Freda Wilkens en dr. Peet le
Roux van die nasionale departement van onderwys
gefasiliteer is. Die doel van die werkswinkel was om
akademiese personeel toe te rus met die jongste
kennis en vaardighede wat die UGO-kurrikulum in die
algemene onderwys en opleidingsband in skole vereis.
Deurlopende professionele ontwikkeling van aka-
demiese personeel is essensieel om te verseker dat
die universiteit kwaliteit onderwysers aan die professie
lewer. Op 21 September sal personeel deur me. Nadine
Pote, ook van dié departement, opgelei word in die
verdere onderwys en opleidingsband wat vanaf 2006 in
hoërskole geïmplementeer word. Voor is Johan Zerwick,
dosent in Setswana, Maryna Reyneke, dosent in
Engels, Ria van den Berg, dosent in Afrikaans, en
Christine du Toit, dosent in Afrikaans. Agter staan dr.
Peet le Roux van die nasionale departement onderwys,
prof. Barry Richter, direkteur van POK en me. Freda
Wilkens van die nasionale departement onderwys.
UGO-werkswinkel vir
personeel
Personeel van ekonomiese wetenskappe is as die “aantreklikste” span gekroon tydens ’n onlangse gholfdag wat
toerisme-honneursstudente gereël het as deel van ’n projek wat met die “Apprentice” ooreenstem. Hulle klere is deur
Platinum Press geborg. Hier is Melville Saayman, Mariëtte van Zyl, Peet van der Merwe en Albert de Klerk.
Die skool vir ekonomie, risikobestuur en internasionale handel het die verlede jaar se tradisie voortgesit en die eerste week in Augustus in tradisionele akademiese drag
klasse aangebied. Dit het ook gepaard gegaan met sprekers wat met studente oor werkgeleenthede, onderhoud en CV-voorbereiding gepraat het. Agter is prof. Fanus van
der Merwe, mnre. Joseph John Pearson, Jeandré Swanepoel, drs. Ewert Kleynhans, Waldo Krugell en mnre. Riaan Rossouw en Gerrit Bronkhorst. Voor is me. Marianne
Matthee, Stephanie van der Westhuizen, proff. Wilma
Viviers (direkteur) en Andrea Saayman.
KN September 2005 uitgawe.p65 9/14/2005, 12:07 PM6
Kampusnuus - 7
Kampus in beeld
Personeel van die depar-
tement bemarking en kom-
munikasie het Loslitdag on-
dersteun. Voor is Desmond
Phuthi, Kiewiet Scheppel en
Nareze Lincoln. Agter hulle is
Hannelie Fourie, Annemarié
Hefer, Hannatjie Visagie,
Vivian Claassen, Ona Cain
en Kathleen Foutie. In die
middel is Gerda Grobbelaar,
Sandra Rossouw, Karien
Brits en Vincent Eastes.
Agter staan Charles Ntsizi,
Winton Windell, Chris Win-
dell, Marlizé Kruger, Lizanne
Pretorius, Matt Gibbs, He-
leen Mulder-Coetzee, Piet
Steyn en Hilda Nyelele.
Die BEK
steun
Loslitdag
Altesame tien
personeellede van
die Potchefstroom-
kampus het hul
doktorsgrade tydens
die lentegra-
deplegtigheid van
16 September
ontvang. Drie
personeellede van
die Vaaldriehoek-
kampus kry ook
tydens die
geleentheid hulle
doktorsgrade 34
doktorsgrade word
tydens die
plegtigheid
toegeken.
Die PUK-personeel
wat doktorsgrade kry is Dewald van Niekerk –
fakulteit lettere en wysbegeerte, Johan Jordaan,
Abraham Motlhabane, Daléne van Heerden en Ché
Weldon van die fakulteit natuurwetenskappe,
Andrew Abdool en Rouaan Maarman van die
fakulteit opvoedingswetenskappe, Leoné Malan en
Rudolph Schutte van die fakulteit gesondheidswe-
tenskappe en Waldo Krugell van die fakulteit
ekonomiese en bestuurswetenskappe.
Die drie personeellede van die Vaaldriehoekkam-
pus wat hulle doktorsgrade verwerf, is Joey
Buitendach, Jaqueline Bosman en Werner Nell.
Nege van die 34 doktorandi het hulle doktorsgrade
aan die Vaaldriehoekkampus verwerf.
PUK-personeel kry
doktotsgrade
Die senior provinsiale wenners van Noordwes se wiskunde olimpiade is onlangs by die Potchefstroom-
kampus aangewys. Tussen 700 en 1 000 leerders het vanjaar aan dié olimpiade in Noordwes deelgeneem.
Die toetse vir die olimpiade is deur wiskundiges van die universiteit opgestel. Hier is van die wenners in die
seniorafdeling (agter) Karin Campbell (70%) van Potchefstroom Gimnasium, Junhyung Ban (eerste met
90%) van Boys High School, Jiho Kim (70%) van Boys High School, Ipeleng Mathebula (70%) van Makgetse
High School en prof. Koos Grobler, direkteur van die eenheid vir bedryfswiskunde en informatika van die
PUK. In die middel is Shinsik Roh (70%), Dean Mapaba (70%), Gontse Sekhitla (70%), al drie van Boys
High School, Anuroop Nair (tweede met 80%) van Zinniville Secondary, Johandi Visser (70%) en Peet
Wolmarans (70%), albei van Gimmies. Voor staan dr. Enrico Pedro, hoofdirekteur van die Noordwes
onderwysdepartement, Me. Ilze Schoeman, wiskundedosent aan die PUK, mnr. Johann Engelbrecht,
areabestuurder van Makwassie Hills en me. Hettie Antinus, vakspesialis vir wiskunde van die NW
onderwysdepartement. Prof. Koos Grobler, direkteur van die eenheid vir bedryfswiskunde en informatika,
is op die inlas.
Abraham Motlhabane.
PUK-wiskundiges stel toetse vir olimpiade op
KN September 2005 uitgawe.p65 9/14/2005, 12:07 PM7
Kampusnuus - 8
PROFIEL
Redakteur: Kiewiet Scheppel • e-pos: [email protected] • Tel: (018) 299-2761 • Sel: 083-274-8931
Kampusnuus is op die web beskikbaar by www.puk.ac.za/nuus/kampusnuus
Oor sy vakgebied is hy passievol en kan hy boeke vol sê,
maar oor homself is prof. Hein Viljoen baie beskeie.
Daarby is hy (in sy eie woorde) glad nie ’n mens vir ’n
“gunsteling” dit of dat nie; dit was vir hom van die
moeilikste vrae.
Breyten Breytenbach is jou geliefkoosde digter.
Eerstens, het jy hom al ontmoet en wat het jy van hom
ervaar?
Ek het hom al ’n keer of wat raakgeloop soos by ’n
Winterforum op Wits en hy het al op die kampus gepraat.
Ons het egter nooit regtig op persoonlike vlak gekliek nie.
Tweedens, hy was destyds al ’n omstrede persoon,
veral wat politiek aanbetref, wat in sy werk het jou
aangetrek?
Hy is omstrede, ja. Ek het selfs so ’n dag van sy destydse
verhoor in Pretoria bygewoon. Wat my egter interesseer is
sy verbluffende kreatiwiteit en sy vermoë om met woorde
te speel en met onverwagse beelde vorendag te kom. Dood
en aftakeling is baie belangrik in sy werk, maar terselfdertyd
ook groei en ontwikkeling. Die vreemdste is sy sogenaam-
de nietweeledigheid. Soos ek dit aan studente verduidelik,
beteken dit om ’n skakelaar te dink wat tegelykertyd aan-
en afgeskakel is. Die paradoksale van sy werk interesseer
my geweldig. By hom is mooi lelik, en omgekeerd, en as
hy vloek, bid hy eintlik. Sy werk is vol teenstrydighede wat
hy voortdurend probeer oplos.
Jy het in jou studentejare al met T.T. Cloete te doen
gehad. Watter rol het hy in jou lewe as student, dosent
en digter gespeel?
’n Baie groot rol. Ek beskou hom as my “akademiese
vader”. Sy manier van dink en doen het ’n groot invloed
op my gehad, veral as student. By hom het ek veral geleer
om die woorde op die papier te lees. Soms verskil ek van
hom, soos met ’n regte pa ook maar, maar ek het eintlik
te veel ontsag vir hom om met hom te baklei. Hy is die
grondlegger van die literatuurwetenskap in die land. Ek
probeer vandag sy skoene in die akademie vol staan. Ek
weet net nie met hoeveel sukses nie
Hoe het jou kennis van letterkunde jou gehelp met die
skryf van jou gedigte?
Ek weet nie eintlik of daar ’n verband is nie. ’n Mens
leer maar by ander digters. Almal sê altyd jy moet so wyd
moontlik lees, maar ek sien self nie ’n duidelike verband
tussen my werk en ander s’n nie. Breytenbach se werk
het ’n groot invloed op my werk, maar ek dink ek steek
dit goed weg. Ek dig soms in reaksie op ander digters se
werk. Ek is ook ’n bewonderaar van die Vlaamse digter,
Paul van Ostaijen, wat baie eksperimenteer met bladuitleg
en lettertipes en so aan. Van Wyk Louw se werk het my
ook baie beïndruk.
Jy het al baie hoogaangeskrewe publikasies die lig laat
sien. Verstaan die gewone mens wat jy daarmee sê? Of
is dit net vir ’n spesifieke gehoor geskryf?
Ek sal graag eendag bekend wil wees as ’n “Man of
Letters”, maar die akademie dwing jou vandag meer na
die navorsingskant van letterkunde toe. Ek skryf
hoofsaaklik vir ’n akademiese gehoor, maar ook vir die
ingeligte leser. Ek probeer altyd helder skryf. Wat mense
nie altyd insien nie, is dat letterkunde eintlik oor die lewe
gaan. Letterkunde is deesdae meer toeganklik as
byvoorbeeld in die sestigerjare. Ons het nie meer soveel
uitleggers nodig om letterkunde te verklaar nie. Ek stel
wel ook belang in die nuwe wêreld van elektronies skryf,
soos die Internet. ’n Paar van my studente het al ’n
webwerf van Potchefstroomse digters geskryf (wat
jammer genoeg nog in my laai lê). Ek voel die toekoms
van letterkunde lê ook in hierdie elektroniese media, veral
omdat vandag se kinders dit die beste ken.
Waar en wie het jou liefde vir die letterkunde laat
ontvlam?
My hoërskoolonderwyser, Hendriek Boon by Volkies.
Sy was ’n formidabele vrou wat my deeglik leer lees het.
Maar eintlik was ek altyd maar ’n groot leser. Ek wou na
skool eintlik regte gaan studeer, maar het toe nooit daarby
uitgekom nie. Na my BA het ek selfs twee maande by
die destydse Bantoe Administrasie in Carletonville gewerk
voordat ek ’n beurs vir honneurs in Afrikaans gekry het.
Het van jou kinders jou liefde vir taal geërf?
My dogter Willemien is die naaste. Sy het B Mus studeer
en verlede jaar met ook ’n honneurs in literatuurstudie
gedoen. Sy is baie lief vir Latyn. My oudste is advokaat
en my jongste, wat nog op skool is, wil argitek word.
Waar sien jy Afrikaans oor tien of twintig jaar?
Afrikaans het genoeg inherente vitaliteit om te bly
voortbestaan. Die grootste probleme lê rondom die
politiek. Afrikaans moenie eksklusief gemaak word nie;
dit moet deel wees van die hele Suid-Afrika. Ek het ’n
broertjie dood aan politici wat wil dikteer wat moet
gebeur. Ek voel die mense self, die burgerlike samelewing,
moet opstaan vir hulle saak.
Wat is die belangrikste ding wat jy vir jong mense wil
leer?
Wat ek altyd by hulle probeer tuisbring is dat hulle vir
hulself moet kan dink. Hulle moet selfstandig en krities
kan wees en ek probeer hulle leer wat ’n mens “mens”
maak. Hulle moet mense in die breë sin van die woord
wees en nie net tegnies afgerond wees nie.
Wat is die beste boek wat jy al gelees het?
Dis baie moeilik want daar is soveel goeie boeke. Die
interessantste boek wat ek onlangs gelees het is van ’n
Indiese skrywer, Arundhati Roy, met die titel “The God of
Small Things”. ’n Fassinerende boek. Ek lees baie en hou
van “spy”-stories. Van die stories wat ek graag lees is sto-
ries oor die see, soos sê maar Douglas Reeman s’n of ’n
lekker spanningsverhaal van skrywers soos Deon Meyer en
Dick Francis. Of Kas van den Berg se boeke in die verlede.
Hoe ontspan jy?
Ek lees, kyk televisie en speel bietjie tennis. En ek mis
nie graag my yoga-klas nie.
Waar is jou gunsteling plek in die wêreld?
Ek dink nie eintlik in terme van gunstelinge nie. Ek hou
van stede soos Amsterdam en Parys, maar het ook nog
nie so wyd gereis nie. Ek sal dit graag nog wil doen. Ek
was onlangs in Barkly-Oos se wêreld. Dit is baie mooi daar
en die mense is baie vriendelik. Die suidoos-Kaap tussen
Eersterivier en Knysna is natuurlik ook pragtig. En in die
Kaap sal ek kan bly.
Waarvoor is jy bang?
Oor my kinders se toekoms in ons land. ’n Mens won-
der maar altyd of daar vir hulle nog plek gaan wees en
of hulle werk sal kry. ’n Ander ding is natuurlik die
“managerialism” vandag. Alles word tog so bestúúr. Ek
dink dit lei tot groot verarming van mense en hoe hulle
dink. Die idee dat die wêreld bestuur moet word, tegnies
rasioneel, en dat net meet- en weegfaktore tel. Op dié
manier word daar verby die mens in al sy fasette, ook sy
religieuse en spirituele fasette, gekyk.
Wie sal jy nog eendag graag wil ontmoet?
Ek het nie regtig hierop ’n antwoord nie want dis is nie hoe
my kop werk nie. Dis seker nou al afgesaag om te sê Mandela,
maar hy bly ’n formidabele persoon.
Waarsonder kan jy nie?
Boeke, my vrou en natuurlik die geborgenheid van my
gesin.
Watter musiek luister jy graag?
Klassieke musiek en ek hou ook van jazz. Ek hou ook van
ernstiger Afrikaanse musiek soos dié van Amanda Strydom.
En natuurlik David Kramer. Hy’s eintlik my gunsteling.
Het jy onlangs jou humeur verloor en wat doen jy om
weer “goed” te word?
Dit het nie onlangs gebeur nie. My kinders weet
natuurlik hoe om dit reg te kry! Ek vat lank om weer goed
te word. Ek word ook baie kwaad vir dinge wat ek as
onbillik of onregverdig beskou.
Voltooi, ek kan my nooit sien as....
’n Bloubul-ondersteuner nie!
PrPrPrPrProfofofofof..... Hein Hein Hein Hein Hein VVVVViljoeniljoeniljoeniljoeniljoen
Gebore: Pretoria.
Hoërskool: Hoër Volkskool in Potchefstroom.
Universiteit: BA honneurs aan die PU vir CHO. MA (met
lof) aan die Universiteit van Pretoria oor die poësie van
Breyten Breytenbach. Studeer vergelykende literatuur-
wetenskap aan die Ryksuniversiteit Utrecht in Neder-
land. D. Litt. aan die PUK.
Loopbaan: Na drie jaar as vertaler in die staatsdiens
word hy in 1975 lektor in Afrikaans by Tukkies, in 1978
in Afrikaans-Nederlands aan die PUK. In 1984 word hy
oorgeplaas na die departement algemene taal- en
literatuurwetenskap en tien jaar later is hy terugverplaas
na Afrikaans-Nederlands. In 1986 word hy tot senior
lektor bevorder, ’n jaar later tot mede-professor en in
1992 tot professor.
Hein Viljoen het reeds twee digbundels, Waterkristal in
1982 en Holtrom en groot kabaal in 2003, gepubliseer.
Hy is hoofredakteur van Literator en assistent-redakteur
van die Tydskrif vir Literatuurwetenskap, voorsitter van
die SA vereniging vir algemene literatuurwetenskap,
dien op die redaksie van Woord en Daad en is lid van
die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns en die
Maatschappij voor Nederlandse Letterkunde.
Man sonder 'gunstelinge'Man sonder 'gunstelinge'Man sonder 'gunstelinge'Man sonder 'gunstelinge'Man sonder 'gunstelinge'Man sonder 'gunstelinge'Man sonder 'gunstelinge'Man sonder 'gunstelinge'Man sonder 'gunstelinge'Man sonder 'gunstelinge'
KN September 2005 uitgawe.p65 9/14/2005, 12:07 PM8