“mosselbaai en sy geweste!” 2020 | mosselbaai | ons … · jou reis ‘n lang jaar met ‘n...

7
2020 | MOSSELBAAI | ONS GAAN SEE TOE! TOER DATUMS: 5 - 9 NOVEMBER 2020 “MOSSELBAAI EN SY GEWESTE!”

Upload: others

Post on 24-Sep-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: “MOSSELBAAI EN SY GEWESTE!” 2020 | MOSSELBAAI | ONS … · Jou Reis ‘n lang jaar met ‘n magdom toere en opnames en juis daarom wil ons daardie spesiale vriende saamnooi op

2020 | MOSSELBAAI | ONS GAAN SEE TOE!

TOER DATUMS: 5 - 9 NOVEMBER 2020

“MOSSELBAAI EN SY GEWESTE!”

Page 2: “MOSSELBAAI EN SY GEWESTE!” 2020 | MOSSELBAAI | ONS … · Jou Reis ‘n lang jaar met ‘n magdom toere en opnames en juis daarom wil ons daardie spesiale vriende saamnooi op

INLEIDING:Almal weet dat by Leef Jou Reis is ons gaande oor treine - in alle groottes en vorme! Op diè toer slaap jy op ‘n trein amper op die immergewilde Santosstrand – ‘n paar meter nader en die branders het oor jou gebreek. Jy gaan letterlik met die see teenaan jou oor slaap. Ons gaan met ‘n unieke trein vanaf George na Groot-Brakrivier ry en daarvandaan die wynplase van die distrik verken; die bekende Groot 5 Wildsplaas Bottlierskop besoek en Gerrie gaan jou ‘n paar van sy eie gunsteling plekke wys. Hierdie is ’n baie gemaklike toer vir mense wat lekker wil kuier, ontspan en sommer bloot die strand geniet! Maar daar gaan nog baie ander dinge gedoen word en sommer weér trein gery word ook … dit alles voor die vakansiegangers op die toerisme-mekka toesak. Dis nou die een toer waaroor jy nie moet huiwer nie. Bespreek sommer dadelik.

DAG 1: DONDERDAG 5 NOVEMBER 2020Ons vlieg vanaf OR Tambo Johannesburg na George waar ons ‘n draai by die George Spoorweg- en Vervoermuseum maak. Hier staan ’n magdom treine en ou karre en geniet ons ook middagete tussen al die gerekende dames. Onder die bekendstes is die wa waarmee “Queen Elizabeth” in 1947 as tiener in Suid-Afrika gery het asook die “wit wa” waarin Paul Kruger in 1887 die vredesverdrag op die brug oor die Zambezi geteken het. Dan klim ons op ‘n “koekepan” – ‘n treintrollie vir ‘n baie vermaaklike rit na Groot-Brakrivier. Ons ry oor riviere en al langs die see tot by ons bestemming.

KOSTES: R9 800 PER PERSOON WAT DEEL TOER DATUMS: 5-9 NOVEMBER 2020

MOSSELBAAI 2020 |

Page 3: “MOSSELBAAI EN SY GEWESTE!” 2020 | MOSSELBAAI | ONS … · Jou Reis ‘n lang jaar met ‘n magdom toere en opnames en juis daarom wil ons daardie spesiale vriende saamnooi op

Ons almal boek in by Santos Express en kry ons kamers met asemrowende uitsig reg op die strand. Dis hier by Munrosbaai waar Dias in 1488 geland het. Die Santos Express het al verkeie internasionale toekennings gekry as van die mees unieke plekke ter wêreld waar jy kan slaap. Dit het ook in 2016 en 2017 die Sanlam Top Destination-toekenning vir ‘n lodge gewen. Ons geniet ‘n ou kouetjie saam met ‘n heerlike aandete van calamari, vis en chips sommer so op die dek van die Fork ‘n Train restaurant, terwyl die branders die agtergrondmusiek verskaf. Vanaand slaap jy salig danksy die vitamien see... Oornag: Santos Express.

DAG 2: VRYDAG 6 NOVEMBER 2020Ons slaap laat en word rustig wakker terwyl die oggendkoffie geniet word met die branders wat salig op die strand klots. Jy kan selfs ‘n lekker wandeling langs die see onderneem en die sand en water tusssen jou tone voel – ons is dan nou hier. Ons eet ‘n laat ontbyt en dan wys Gerrie vir jou sy hartsdorp.

Die bekende Punt met sy grot, antieke winkels, diè Posboom, Dias karveel en skulpmuseum word besoek en jy kry kans om bietjie die “ou dorp” met sy sandsteen juwele te verken. Mosselbaai spog met puik koffiewinkels en jy kry ‘n koepon om te kies waar jy ‘n connoisseur koffie wil geniet! Die Goods Shed – ‘n binneshuise kunsmark is ook op die spyskaart. In egte Mosselbaai tradisie word jy met ‘n draairoomys by die Poort bederf – beslis een van die langste natuurlike getypoel ter wêreld. Laatmiddag gaan ons op die Romonza boot om Robeiland vaar en die mooie

baai vanaf die water bekyk. Die kans is goed dat daar nog walvisse gaan wees. Vanaand smul ons weer lekker by ‘n spesiale restaurant. Oornag: Santos Express.

DAG 3: SATERDAG 7 NOVEMBER 2020 Jy slaap weér laat, want dis wat ‘n mens by die see doen. Gaan stap ‘n ent langs die strand of vang ‘n swem en kom terug vir ‘n heerlike ontbyt. Vandag wag ‘n groot verrassing op jou: Tom, Dick & Harry gaan jou uitvat. Ons ry op diè trein wat ons na ‘n baie spesiale kunsgallery toe vat waar jou mond behoorlik gaan oophang! Plek-plek stop ons by interessante plekke en Gerrie vertel jou alles.

Later besoek ons die Suid-Kaap se eie Groot 5 Wildsreservaat Bottlierskop. Hier wag van olifante tot buffels en leeus op jou. Ons kuier voort in Groot-Brakrivier en vat jou terug na sy ontstaan by ‘n smullekker restaurant waar daar lewendige musiek ook op jou wag. Ek vermoed vanaand gaan ons ‘n bietjie kuier… Oornag: Santos Express.

TOER DATUMS: 5-9 NOVEMBER 2020

MOSSELBAAI 2020 |

Page 4: “MOSSELBAAI EN SY GEWESTE!” 2020 | MOSSELBAAI | ONS … · Jou Reis ‘n lang jaar met ‘n magdom toere en opnames en juis daarom wil ons daardie spesiale vriende saamnooi op

DAG 4: SONDAG 8 NOVEMBER 2020 Raai wat? Ons slaap alweer laat, jy het weereens tyd om rustig te wees en sommer net die pragtige strand op jou voorstoep te geniet. Mosselbaai is bekend vir sy lekker weer en dalk verken jy die bekende “Pavilion” vir ‘n koffie. Dit is ‘n bekende baken en slegs ‘n paar meter vanaf ons verblyf. Die “Pavilion” is een van net twee van diè boustyle uit die koloniale era. Die ander een is in Brighton in Engeland. In 1925 het die Prins van Wallis die plaaslike een besoek.

Ons kuier nog so ‘n bietjie in die dorp en ontdek nog ‘n paar juwele voordat ons die pad vat Jakkalsvlei toe in die Herbertsdale omgewing. Diè landgoed maak puik wyne en ons gaan beslis van die wingerd se produkte op die proefstel. Die uitsig oor die wingerd en klowe is asemrowend mooi. Op pad daarheen stop ons ook by ‘n baie lekker plek met ‘n eet-ervaring uit vervloë dae waaroor die mees mense net kan droom. Hokaai sal jou weer en weer laat terugkom. Laatmiddag ry ons terug Mosselbaai toe en word daar vir oulaas weer by ‘n spesiaal uitgesoekte restaurant saamgekuier en geëet en word vriendskappe vir ‘n leeftyd gesmee! Vanaand sus die nou reeds strelende branders jou weer aan die slaap. Oornag: Santos Express.

DAG 5: MAANDAG 9 NOVEMBER 2020 Mosselbaai en die see het teen die tyd al diep onder jou vel ingekruip, so dit gaan beslis moeilik wees om afskeid te neem, maar ons moet George lughawe toe vir ons terugvlug na Johannesburg. Die streek bied soveel meer en daar is ‘n magdom dinge om te wys, maar ons belowe dat die saadjie

geplant sal wees sodat jy keer op keer wil terugkom… Ons nommerplaat is hoeka CBS: Come Back Soon.

TOER DATUMS: 5-9 NOVEMBER 2020

MOSSELBAAI 2020 |

Page 5: “MOSSELBAAI EN SY GEWESTE!” 2020 | MOSSELBAAI | ONS … · Jou Reis ‘n lang jaar met ‘n magdom toere en opnames en juis daarom wil ons daardie spesiale vriende saamnooi op

EK WIL GAAN – NOU WAT NOU? Stuur jou selnommer tesame met jou e-pos adres aan [email protected], asook die toer waarin jy belangstel se naam. Daarna stuur ons vir jou die besprekingsvorm wat jy deeglik moet invul en so gou moontlik vir ons terugstuur tesame met bewys van betaling van die R4 000-00 deposito.

Bank Besonderhede:GJ Pretorius ABSATakkode 632 005Rekeningnommer: 2078183449Verwysing: MOSSEL1 + NAAM EN VAN

WAAR SLAAP ONS?Ons slaap op ‘n plek wat aangewys is as een van die mees unieke slaapplekke ter wêreld! Die Santos Express bestaan uit ‘n aantal treinwaens (ou Trans-Karoo) wat omskep is in heerlike verblyf reg op die baie gewilde Santosstrand. Jy is basies op die see! Let daarop dat die badkamergeriewe gedeel word, maar dat dit deurentyd silwerskoon en van die hoogste gehalte is.Die eienaar is ‘n persoonlike vriend van Gerrie en sy hele span staan gereed om ons te ontvang. Hoewel ons waens heeltemal privaat is, mag daar ander gaste in die ander waens wees. Die trein het ook sy eie restaurant en ‘n lieflike dek wat uitkyk oor die see. Jy gaan dit baie geniet en lekker bederf word.

WAT BRING EK SAAM? Basies net jou klere! Hierdie is nie ‘n “afshow” toer nie so jy kan al die pêrels en diamante by die huis los. Bring bloot lekker “casual” gemaklike klere en dalk ‘n ligte baadjie sou daar ‘n briesie of twee opsteek. Mosselbaai het nie verniet die tweede gematigste klimaat in die wêreld nie. Onthou natuurlik ook jou swembroek, maar ons verwelkom ook almal wat dalk ‘n kans wil vat met n skinny dip…

TOER DATUMS: 5-9 NOVEMBER 2020

MOSSELBAAI 2020 |

Page 6: “MOSSELBAAI EN SY GEWESTE!” 2020 | MOSSELBAAI | ONS … · Jou Reis ‘n lang jaar met ‘n magdom toere en opnames en juis daarom wil ons daardie spesiale vriende saamnooi op

WAT MOET EK NOG WEET?Mosselbaai is Gerrie se tuisdorp en jy gaan ‘n besonderse unieke blik op sy wêreld kry. Die Suid-Kaap is deesdae die plek om te wees en Mosselbaai staan aan die voorpunt! Hierdie is ‘n “once-off” geleentheid vir jou om die beste van die omgewing te ervaar. Op die toer soek ons geen mense met drama of geite of nonsens nie. Dis ‘n toer waar jy moet kan lekker kuier en vriende maak sonder fieterjasies. Dit was vir Leef Jou Reis ‘n lang jaar met ‘n magdom toere en opnames en juis daarom wil ons daardie spesiale vriende saamnooi op hierdie geleentheid. Die wat weet hoe ons toere werk en die wat weet hoe om hulle reis te leef en hulself te kan geniet: basies die mense wat die lewe saam met ons wil kom vier. Dis boonop ‘n baie lekker tyd van die jaar. Die weer is mooi en ons het die dorp basies vir onsself voor die vakansieganers toesak.

WAT KOS DIT? R9 800-00 per persoon wat deel. Dit sluit ALLES in. Van jou vlugte tot verblyf en alle etes en alle uitstappies. Soos julle Leef Jou Reis ken, selfs ‘n drankie of wyntjie hier en daar. Ons kan jou ook verseker jy gaan heerlik eet. Jy het dus net geld nodig as jy dalk ‘n duur kunswerk wil koop of ietsie om jou altyd aan Mosselbaai te laat dink. Jy hoef nêrens ‘n kelner te “tip” nie en jy betaal slegs jou drankies. Alles maar alles is ingesluit. Die uitstaande bedrag is teen 1 Augustus 2020 betaalbaar.

TOER DATUMS: 5-9 NOVEMBER 2020

MOSSELBAAI 2020 |

Page 7: “MOSSELBAAI EN SY GEWESTE!” 2020 | MOSSELBAAI | ONS … · Jou Reis ‘n lang jaar met ‘n magdom toere en opnames en juis daarom wil ons daardie spesiale vriende saamnooi op

VIR MEER INLIGTING KONTAK ONS GERUS:Selfoon: +27 82 923 3626

Epos: [email protected]: www.gerriepretorius.co.za | www.goingplacesnow.com

Leef jou Reis met Gerrie Pretorius

Leef jou Reis Vriende @GerrieOfficial @Gerriepret