bedryfsoorsig - cape karoo international...bedryfsoorsig bl.2 omvang bl.3 hoogtepunte bl.4 klein...
TRANSCRIPT
BEDRYFSOORSIG
Bl.2 Omvang
Bl.3 Hoogtepunte
Bl.4 Klein Karoo Eiendoms Beperk
Bl.6 Klein Karoo International
Bl.8 Klein Karoo Saadproduksie
Bl.10 Klein Karoo Agri
GEÏNTEGREERDE VERSLAG
Bl.12 Korporatiewe Bestuur
Bl.16 Volhoubaarheid
OPGESOMDE FINANSIËLE STATE
Bl.19 Verantwoordeliksheidsverklaring deur die Raad van Direkteure
Bl.19 Verklaring deur Maatskappysekretaris
Bl.20 Oudit- en Risikokomiteeverslag
Bl.21 Direkteursverslag
Bl.23 Verslag van die Onafhanklike Ouditeur
Bl.24 Opgesomde Staat van Finansiële Posisie
Bl.25 Opgesomde Inkomstestaat
Bl.25 Opgesomde Staat van Omvattende Inkomste
Bl.26 Opgesomde Staat van Verandering in Ekwiteit
Bl.26 Opgesomde Staat van Kontantvloei
Bl.27 Opgesomde Segmentverslag
Bl.28 Aantekeninge by die Opgesomde Finansiële State
KKAHandel
MeganisasieDienste
A • G • R • IHANDEL • MEGANISASIE • DIENSTE
Process Yellow
Pantone Blue 072C
KENNISGEWING IN TERME VAN ARTIKEL 29(3) VAN DIE MAATSKAPPYWET, 2008 (DIE WET):
Hierdie opgesomde finansiële state is ’n opsomming van die Groep se finansiële state vir die jaar geëindig 30 Junie 2019.Die Groep se finansiële state is geouditeer ter voldoening aan die vereistes van die Wet.
J Oosthuizen GR (SA) het toesig gehou oor die voorbereiding van die finansiële state.’n Afskrif van die volledige finansiële state is op versoek beskikbaar by die Groep se geregistreerde kantoor.
OMVANG
Dit is vir ons aangenaam om Klein Karoo Eiendoms Beperk se geïntegreerde jaarverslag aan te bied. Die verslag het betrekking op Klein Karoo se prestasie vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie 2019. Die verslag dek inligting oor die Klein Karoo groep in die geheel.
ONS GROEP
Klein Karoo Eiendoms Beperk is ’n landboumaatskappy wat die grootste deel van sy inkomste uit die landbouwaardeketting verdien.
Die groep se beleggings is in die volgende ondernemings opgesom:
KKIVolstruisprodukte
Wildprodukte
KKEBVeeveilingsFinansiering
KKSPSaadproduksie
2 | KLEIN KAROO EIENDOMS BEPERK | OMVANG
201920162015 2017 2018 20162015 2017 2018 2019
20162015 2017 2018 2019 20162015 2017 2018 2019
KLEIN KAROO EIENDOMS BEPERK | HOOGTEPUNTE
OMSET(R MILJOEN)
EKWITEIT(R MILJOEN)
NETTO WINS(R MILJOEN)
RENTEDRAENDE SKULD TOT EKWITEIT(VERHOUDING TOT EKWITEIT)
201920162015 2017 2018
KONTANTVLOEI(R MILJOEN)
20162015 2017 2018 2019
RENTEDEKKING(AANTAL KEER)
3,7
5,7
7,6
4,95,3
| 3
Klein Karoo Eiendoms Beperk (KKEB) is ʼn landboubeheermaatskappy wat drie filiaal-bedryfsmaatskappye in sy stal het, naamlik Klein Karoo International Eiendoms Beperk (KKI), Klein Karoo Saadproduksie Eiendoms Beperk (KKSP) en Klein Karoo Agri Eiendoms Beperk (KKA).
Bedrywighede word gedesentrali-seerd in die gemelde drie maat-skappye bestuur, en die fokus
is hoofsaaklik op volstruisprodukte (vleis, leer en vere), saadproduksie en die verskaffing van landboubenodigdhede wat brandstof insluit. Elke maatskappy beskik oor ’n afsonderlike raad van direkteure asook ’n uitvoerende bestuur wat op bedryfsvlak verantwoordelikheid neem. Met die uitsondering van veebemarking en huurkoopfinansieringsaktiwiteite, word geen dag-tot-dag-bedrywighede op groepsvlak bedryf nie en die fokus val daar uitsluitlik op dienslewering aan die filiaalmaatskappye.
Die groep se omset het met 6,3% van R1,591 miljard tot R1,691 miljard toegeneem. Netto wins na belasting toeskryfbaar aan aandeelhouers het R44,3 miljoen beloop. Bedryfsbates het R826 miljoen beloop, teenoor R724 miljoen op 30 Junie 2018. In alle ondernemings asook op groepsvlak is die fokus deurlopend op kontantvloeibestuur om aanvaarbare skuldverhoudings asook voldoende finansieringsfasiliteite te handhaaf.
Vir meer besonderhede oor die aktiwiteite van die genoemde filiaalmaatskappye, verwys ek graag na die verslae van hulle bedryfshoofde later in hierdie jaarverslag.
Die ondersoek na ’n kleinhandelontwikkeling op die hoof-kantoorperseel is voltooi en gesprekke word tans met belangstellende partye gevoer. In ooreenstemming met die moderne neigings word meer op ’n woonbuurtwinkelsentrum as op ‘n groot streeksentrum gefokus. Die voorlopige ontwerp van
die ontwikkeling is gefinaliseer, alle professionele insette deur onder andere die water-, elektrisiteit- en padingenieurs is verkry en die hersoneringsproses is afgehandel. Die uitdaging is om ’n geskikte ankerhuurder te vind. Uit gesprekke tot dusver is dit duidelik dat die kleinhandelomgewing onder groot druk is.
Die samesmeltingsproses tussen KKI en Mosstrich waarmee reeds in Januarie 2018 begin is, is in Desember 2018 deur die Mededingingskommissie afgekeur. Daar is teen die afkeuring geappelleer na die Mededingingstribunaal en die samesmelting is finaal op 14 Augustus 2019 goedgekeur. Die goedkeuring is onderhewig aan sekere voorwaardes waarvan die meerderheid deur KKI en Mosstrich as die aansoekers gesamentlik voorgestel is. Die aktiwiteite van KKI en Mosstrich word in ‘n nuwe regsentiteit, Cape Karoo International, gekombineer. Die twee ondernemings se bates, laste, regte en verpligtinge word as ‘n lopende saak deur Cape Karoo ingevolge ‘n bate-vir-aandeel-ooreenkoms oorgeneem. Dit word verwag dat die effektiewe datum van die transaksie 1 Oktober 2019 sal wees.
Ons beskik oor ‘n toegewyde kernpersoneel en die volgehoue sukses van die groep is van hul bydraes en insette afhanklik. Ons dank word teenoor die personeel en die verskillende rade vir hul toegewydheid, asook ons lojale kliënte, klante en produsente vir hul volgehoue ondersteuning, uitgespreek.
Alle eer aan ons Hemelse Vader vir sy seën en genade die afgelope jaar.
Johan SchoemanHoof uitvoerende beampteKlein Karoo Eiendoms Beperk
JohanSchoeman
4 | KLEIN KAROO EIENDOMS BEPERK | BEDRYFSOORSIG VAN DIE UITVOERENDE HOOF
| 5
KKI se omset het die afgelope jaar R643 miljoen beloop en die netto wins na belasting toeskryfbaar aan aandeelhouers R5,4 miljoen. Daar word deurlopend op kontantvloeibestuur gefokus om aanvaarbare skuldverhoudings-, asook voldoende finansierings-fasiliteite te verseker. Die droogte het ’n groot negatiewe finansiële impak op onder andere die volstruisprodusente gehad en KKI is dankbaar om daarin te kon slaag
om bykans R104 miljoen as aanvullende betalings die afgelope finansiële jaar aan ons produsente te kon uitbetaal.
Die beskikbare slagvolstruisgetalle het weereens vir die soveelste opeenvolgende jaar ’n daling getoon. Weens die beleid om wanneer nodig voorraad te bou, het hierdie toedrag van sake nie die maatskappy benadeel nie, maar eerder bevoordeel aangesien die leer- en vleisvoorraadvlakke afwaarts bestuur kon word. Matige groei in die aanvraag na gehalte volstruisleer word ondervind en daar bestaan beslis ruimte om die volstruisgetalle matig te groei.
Vir die volle jaar onder oorsig kon KKI weens die AI probleem geen vars volstruisvleis uitvoer nie. Die uitvoer van die gaar produk kon egter op 26 Maart 2019 hervat word, maar die volume uitvoerbare vleis bly onder druk aangesien Avian Influenza nog steeds met ons is.
Die daling in die beskikbare slagvolstruise is die direkte uitvloeisel van die laer produsent-realisasie, asook die risiko vir die produsent wat oor tyd toegeneem het. Die droogte wat reeds oor bykans drie
jaar strek het direk tot ’n verhoging in die produsent se insetkostes bygedra. Dit alles het daartoe meegewerk dat die volstruisbedryf vir sommige produsente minder aantreklik geword het.
Aan die positiewe kant is die verepryse uitstekend, die aanvraag na gehalte leer het gestyg, uitvoerbare vleispryse het gestyg en indien die droogte finaal gebreek sou word en voertekorte daal, word verwag dat meer produsente tot die bedryf sal toetree.
Die samesmeltingsproses tussen KKI en Mosstrich waarmee reeds in Januarie 2018 begin is, is in Desember 2018 deur die Mededingingskommissie afgekeur. Daar is teen die afkeuring geappelleer na die Mededingingstribunaal en die samesmelting is finaal op 14 Augustus 2019 goedgekeur. Die goedkeuring is onderhewig aan sekere voorwaardes waarvan die meerderheid deur KKI en Mosstrich as die aansoekers gesamentlik voorgestel is. Die aktiwiteite van KKI en Mosstrich word in ‘n nuwe regsentiteit, Cape Karoo International, gekombineer. Die twee ondernemings se bates, laste, regte en verpligtinge word as ‘n lopende saak deur Cape Karoo ingevolge ‘n bate-vir-aandeel-ooreenkoms oorgeneem. Dit word verwag dat die effektiewe datum van die transaksie 1 Oktober 2019 sal wees.
Johan SchoemanHoof uitvoerende beampteKlein Karoo International Eiendoms Beperk
JohanSchoeman
6 | KLEIN KAROO INTERNATIONAL | BEDRYFSOORSIG
2017 2018 2019
Produsente-uitbetalings R308,8 miljoen R282,8 miljoen R322,8 miljoen
Realisasie per volstruis R3 345 R3 379 R5 130
Netto wins R17,1 miljoen R23,2 miljoen R5,1 miljoen
Bruto marge 17% 14% 14%
Bedryfswins R33,1 miljoen R37,4 miljoen R10,2 miljoen
Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteite R82,1 miljoen R106,3 miljoen (R57,4 miljoen)
Rentedekking 2,1 keer 5,1 keer 10,0 keer
Rentedraende skuld:ekwiteit 0,35 : 1 0,01 : 1 0,17 : 1
20120
50
100
150
200
250
400
300
450
350
20132010 20142011 2015 2016 2017 2018 2019
Leer Vleis Vere
7,5
18,0
-7,8 -7,1
-1,6
17,9
102
146
142
324253
156
329 311 345
2018 20182017 20172019 2019
| 7
NETTO WINS VOOR BELASTING(R MILJOEN)
Die jaar onder oorsig sal altyd onthou word vir een van die ergste droogtes wat nog in die gebied voorgekom het en wat lankal reeds krisis afmetings aangeneem het. In verskeie kringe word die droogte as die ergste in mense-heugenis in die gebied beskou. Die jaar sal ook onthou word vir algehele verslegting
van internasionale handels- en marktoestande en kan allerweë as een van die wisselvalligste jare in die geskiedenis beskou word. Nie alleen is die ekonomieë van die wêreld en ook verskeie van ons handelsvennote onder ongelooflike druk nie, maar is die handelsomgewing ook geweldig benadeel deur politieke onstabiliteit, handelsoorloë, invoertariewe en verskeie ander faktore.
Die uitwerking van die droogte op saadproduksie was veral waarneembaar in wisselvallige resultate wat in sommige produksie-gebiede behaal is. Sommige van ons produsente het nie goed gevaar nie, maar daarenteen het verskeie van ons produsente rekord-opbrengste behaal, ten spyte van die geweldige droogte. Hieroor was ons nie alleen baie verras nie, maar ook baie, baie dankbaar en dit het natuurlik ook geweldig baie bygedra tot die positiewe resultate van KKSP vanjaar. Dit herbevestig ook die ongelooflike vermoë van produsente om uit te styg bokant hulle omstandighede en om gedurig nuwe planne te beraam. Die kwaliteit van saad wat vanjaar geproduseer is, was oor die algemeen goed en dit ondersteun ook die persepsie dat ‘n droeë jaar, ‘n goeie saadproduksie jaar is.
Handelstoestande was die afgelope jaar uiters uitdagend. Die politieke onstabiliteit in die Midde Ooste, het nog nie verbeter nie. Die situasie is verder deur die VSA se aankondiging van tariewe en handelsbeperkings op verskillende lande in die Midde Ooste en Ooste vererger. As gevolg van die verskeie beperkings en beperkte buitelandse valuta in sommige van die lande, het dit tot gevolg gehad dat dit haas onmoontlik geword het om saad na sommige van die lande uit te voer. Dit het veroorsaak dat van ons kliënte wat saad na die gebiede heruitvoer, voorraad begin opbou het en daarom het ons ook ’n afname in uie-kontrakte vir 2021 gesien. Ons glo dat dit van tydelike duur sal wees.
Ons is egter ook van mening dat werklike saadvoorraad in meeste van die lande in die geaffekteerde gebiede baie laag is en ons verwag dat, sodra die handelstoestande verbeter, daar ‘n groot tekort van saad gaan ontstaan. Dit sal weer tot ‘n verhoging en toename in saadproduksiekontrakte lei, wat ‘n groot geleentheid bied vir maatskappye wat reg geposisioneer is. Tans is dit duidelik dat beperkte toegang tot VSA dollars tot gevolg het dat meeste van die lande tans eerder kos vir korttermyn behoeftes invoer, eerder as om produksiemiddele soos saad in te voer. Dit is egter nie volhoubaar nie en om langtermyn voedselsekuriteit te verseker,
sal hulle binnekort moet begin saad invoer om die normale voedselproduksiestelsels weer te aktiveer.
Te midde van die huidige tendense was dit tot dusver baie moeilik om saadproduksiepryse in VSA dollar- en euro-terme na die mark te verhoog. Te midde van baie lae en selfs negatiewe inflasiekoerse by meeste van ons handelsvennote, is dit dikwels ‘n stryd om selfs net pryse in stand te hou. Die verswakking van die rand is ’n welbekende feit en word dikwels deur ons kliënte misbruik om druk op dollar- en euro-pryse te plaas. Ons doen ons bes om dit te beveg so goed ons kan. Die risiko is egter altyd dat ons mededingers besluit om die voordeel van die verswakkende rand aan die mark weg te gee in ’n poging om groter kontrakte te bekom.
Ten spyte van die huidige negatiewe omstandighede het Klein Karoo Saadproduksie die afgelope jaar uitstekend gevaar, met rekord omsette, wins en ook rekord aankope van ons produsente. Hiervoor is ons nederig dankbaar. Danksy die ongelooflike poging van ons produsente in uiters moeilike omstandighede, het ons daarin geslaag om vanjaar die omset van KKSP met 19,5% van R292 miljoen in 2018 tot ‘n rekord R349 miljoen te verhoog. Daarmee saam het die aankope vanaf produsente met ‘n ongelooflike 43% toegeneem, wat maar net weer ’n duidelike aanduiding is van die sukses wat ons produsente onder baie moeilike omstandighede behaal het. Ons is ook baie tevrede daarmee dat die wins voor belasting in die tydperk toegeneem het met 9,6% teenoor die vorige jaar.
Daarteenoor en soos verlede jaar, het ons na-belaste netto wins op omset met 0,9% verlaag teenoor die vorige jaar, maar is ons steeds baie tevrede met die 9,0% netto wins na belasting op omset, wat wel behaal is.
Ten spyte van uiters uitdagende landbou en internasionale handelstoestande, slaag ons steeds daarin om ons besigheid daadwerklik tot voordeel van ons produsente en KKEB te ontwikkel. KKSP dra vanjaar ongeveer 70% tot die wesensverdienste van die Klein Karoo Groep by, terwyl die besigheid net 21% van die omset verteenwoordig. Ons is baie dankbaar dat ons vanjaar weer ‘n betekenisvolle bydrae tot die sukses van KKSP kon lewer, maar veral ook vir die bydrae wat ons tot die inkomste van ons produsente op voetsool-vlak kon lewer.
David MalanBesturende direkteurKlein Karoo Saad Produksie Eiendoms Beperk
8 | KLEIN KAROO SAADPRODUKSIE | BEDRYFSOORSIG
20192017 2018
2012 2013 2014 2015 2016 2017 2018 2019
8767
165
138
8,010,0
17,5
196
157
252
221
275
209
292
154
349
220
Omset Aankope van produsente
127
85
Aanvullende betalings
| 9
Klein Karoo Agri het ’n geseënde jaar beleef en bo verwagting goeie resultate behaal. Strategiese fokus was noodsaaklik om hierdie prestasie te midde van moeilike landbou-omstandighede te behaal. Die droogte bly ’n groot uitdaging in ons bedieningsgebied. Dit het egter aanleiding gegee tot
’n bo-gemiddelde vraag na veevoerprodukte, wat ’n bydrae tot die groei in omset gelewer het.
Klein Karoo Agri het in ’n uiters mededingende handelsomgewing daarin geslaag om sy omset met 20% tot R710 miljoen (2018 : R594 miljoen) te verbeter, ten spyte van nuwe toetreders in Klein Karoo Agri se tradisionele area.
Alhoewel die hooffokus steeds volhoubare groei en die versekering van ’n winsgewende besigheid is, is hernude fokus ook geplaas op ander aspekte soos die bestuur van ons balansstaat, identifisering van interne en eksterne rikiso’s, ‘n strewe tot groter markaandeel, strategiese vennootskappe met geselekteerde verskaffers en optimale aanwending van personeel.
Die tekort aan beskikbare vaardighede in die kleiner dorpe bly steeds ’n uitdaging. Ten einde die aangeleentheid die hoof te bied, sal bestuur voortgaan met interne opleiding om personeel te ontwikkel. Sodoende sal verseker word dat diensvlakke ’n mededingende voordeel bly.
Klein Karoo Agri se primêre doel is die verskaffing van insette wat in die daaglikse landboubedrywighede van produsente in ons streek benodig word. Hierdie besigheid word teen baie lae marges gedoen. Klein Karoo Agri bied die voordeel aan sy produsente en kliënte dat besigheid vanaf ‘n baie lae oorhoofse kostestruktuur
gedoen word. Die lae kostebasis waarop die besigheid bedryf word, onderskei ons van mededingende besighede en verseker dat ons kostedoeltreffend is vir elke produsent en kliënt wat met ons besigheid doen.
Die voortslepende droogte plaas druk op die spanderingsvermoë en kontantvloei van Klein Karoo Agri se kliënte. Die beskikbaarheid van krediet en die verantwoordelikheid van kredietbestuur bly steeds ’n integrale deel van die handelsomgewing.
Klein Karoo Agri het nie alleen die hoogste omset in die geskiedenis behaal nie, maar sal daar ook hierdie jaar die grootste uitbetaling in terme van ons lojaliteitsprogram aan die aandeelhouers van Klein Karoo Eiendoms Beperk gemaak word. Klein Karoo Agri se lojaliteitsprogram is uniek met ’n jaarlikse kontantuitbetaling aan alle lojale lede om hulle voortgesette ondersteuning van ons besigheid te erken. Dit word op aankope vanaf Klein Karoo Agri se handelstakke, meganisasie en besproeiingsafdeling gebaseer.
Klein Karoo Agri glo daarin om op ons kliënte en geleenthede in ons streek te fokus. Die ondersteuning van lojale kliënte, saam met strategiese aankope en voorraadbeplanning, het tot Klein Karoo Agri se sukses van die afgelope finansiële jaar bygedra.
Ons is trots op die resultate wat behaal is en dankbaar teenoor elke kliënt vir hulle ondersteuning. Alle dank en eer gaan aan ons hemelse Vader; alles wat ons is, is net genade. Die 2020 finansiële jaar gaan nie sonder uitdagings wees nie, maar bestuur is positief en sien uit na die jaar wat voorlê.
Terblanche du PlessisBesturende direkteurKlein Karoo Agri Eiendoms Beperk
A • G • R • IHANDEL • MEGANISASIE • DIENSTE
Process Yellow
Pantone Blue 072C10 | KLEIN KAROO AGRI | BEDRYFSOORSIG
2019
Lojaliteitsuitbetalings
2017 2018
2012 2014 2017 201820162013 2015 2019
| 11
DOELWIT EN STRATEGIEDie struktuur van Klein Karoo Eiendoms Beperk is daarop gemik om op die drie hoofaktiwiteite binne die groep te fokus, naamlik volstruis- en saadaktiwiteite asook handel, meganisasie en dienste.
NAKOMING VAN KING KODE MET BETREKKING TOT KORPORATIEWE BESTUURKlein Karoo Eiendoms Beperk en sy filiale (“die groep”) bedryf die onderneming volgens die hoogste standaarde van korporatiewe beheer en in die belang van alle belanghebbendes. Ons glo in deursigtige kommunikasie om te verseker dat al ons belanghebbendes, veral ons aandeelhouers, goed ingelig is.
Die direksie onderskryf die beginsels van goeie korporatiewe bestuur. Hulle is verbind tot die behoorlike nakoming van hul pligte en verantwoordelikhede, soos uiteengesit in wetgewing en toepaslike gedragskodes. Die direksie verwelkom die beginsels vervat in die King IV-kode. Die groep voldoen wel om praktiese redes nie aan sekere aspekte van al die vereistes nie, aangesien die King IV-kode redelik omvangryke verpligtinge op genoteerde maatskappye plaas en al die vereistes nie noodwendig op die groep van toepassing is nie. Die groep streef daarna om so ver prakties moontlik aan die vereistes te voldoen.
RISIKOBESTUURDoeltreffende risikobestuur op ‘n ondernemingswye grondslag is noodsaaklik vir die lewering van ’n volhoubare prestasie. Risikobestuur is stewig in die kultuur van die Klein Karoo-groep geanker. Die verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vir risikobestuur setel in alle vlakke van die organisasie – van die direksie tot by elke besigheidsbestuurder en werknemer. Die groep het ‘n formele risiko-evalueringsproses geïmplementeer waardeur risiko’s en bestuursaksies geïdentifiseer, geëvalueer en oor verslag gedoen word ten einde dit die hoof te bied. Die wesenlike risiko’s word binne hierdie risikobestuursraamwerk geïdentifiseer en die bestuur doen gereeld hieromtrent verslag aan die direksie en die oudit- en risikokomitee.
DIREKSIEDie bestuur van die groep word ooreenkomstig goeie kor-poratiewe beheerbeginsels nagestreef en die primêre doelwitte van goeie korporatiewe bestuur en die nakoming daarvan word deurlopend aan die hand van belanghebbendes se verwagtinge geëvalueer.
Die direksie bestaan uit sewe nie-uitvoerende direkteure. Die voorsitter, mnr. J.H. Delport, en die ondervoorsitter, mnr. J.E. Stumpf, is albei nie-uitvoerende direkteure.
Die formele verklaring van nuwe belange is ‘n staande item op die direksie se sakelys. Dit word van direksielede en senior bestuur verwag om hul persoonlike belange en ander direkteurskappe te verklaar. Direkteure het onbeperkte toegang tot die maatskappysekretaris, wat onder toepaslike omstandighede leiding en advies verskaf.
Die filiaalmaatskappye beskik elk oor ’n eie direksie wat onafhanklik optree en slegs op die betrokke maatskappy se doelstellings en werksaamhede fokus.
ROL EN FUNKSIE VAN DIE VOORSITTER Die voorsitters van die onderskeie direksies is nie-uitvoerende direkteure wat jaarliks deur die betrokke direksies verkies word. Die amp van voorsitter van die groep en dié van die groep-uitvoerende hoof is geskei en die nodige skeiding van pligte word toegepas.
Alhoewel die groepsvoorsitter nie onafhanklik is soos in King IV gedefinieer nie, is die direksie van mening dat, gesien in die lig van die aandeelhouerstruktuur en sy uitgebreide kennis van die landbou-omgewing, dit gepas is vir hom om as voorsitter van die direksie op te tree.
DIREKSIEKOMITEES
Die direksie het ‘n aantal komitees gestig wat doeltreffende besluitneming in die hand werk en die direksie in die uitvoering van sy magte en pligte bystaan. Die magte en uitvoering van die verantwoordelikhede van elke komitee word gereël deur middel van formele, geskrewe mandate wat jaarliks deur die direksie hersien en goedgekeur word. Die direksiekomitees lewer ‘n belangrike bydrae tot die doeltreffendheid van die direksie deur te verseker volledige toesig en verslagdoening vind wel plaas. Die voorsitters van die direksiekomitees doen volledig verslag aan die direksie om te verseker dat die funksies van die komitees ooreenkomstig die skriftelike mandate uitgevoer word.
Die huidige direksiekomitees is soos volg:
• Oudit- en risikokomitee• Vergoeding- en nominasiekomitee• Tesouriekomitee• Sosiale en etiese komitee• Raadskredietkomitee
OUDIT- EN RISIKOKOMITEE
Die komitee se hooftaak is om die direksie by te staan in die uitvoering van sy verantwoordelikhede met betrekking tot die beveiliging van bates, evaluering en bestuur van finansiële en bedryfsrisiko’s, die bedryf van stelsels, beheerprosedures en die voorbereiding van akkurate finansiële verslae en state. Die komitee is ook verantwoordelik om toe te sien dat die risikobestuursbeleid, -metodologie en -standaarde toegepas word. Die eksterne ouditeure het onbeperkte toegang tot die komitee.
Die komitee bestaan uitsluitlik uit nie-uitvoerende direkteure. Die uitvoerende direkteure dien nie op hierdie komitee nie, maar woon wel die vergaderings op uitnodiging by.
Drie geskeduleerde vergaderings het die afgelope jaar plaasgevind.
Ooreenkomstig die bepalings van die Maatskappywet en sy mandaat, skenk die komitee aandag aan die volgende:
• Jaarlikse interne en eksterne ouditbeplanning en begrotings;• Interne en eksterne ouditverslagdoening;• Geïntegreerde verslagdoening;• Integriteit van kontroles en finansiële blootlegging;• Aanstelling van eksterne ouditeure en bevestiging van
onafhanklikheid;• Goedkeuring en aanbeveling van finansiële jaarstate;• Beheerraamwerke; en• Oorhoofse gerusstelling ten opsigte van risiko, oudit en
nakoming.
12 | GEÏNTEGREERDE VERSLAG | KORPORATIEWE BESTUUR
Die komitee verseker toepaslike rapportering van die lopende saak-aanbevelings en verleen aktiewe ondersteuning aan die direksie deur te verseker toepaslike korporatiewe beheer- en inligtingstegnologieraamwerke is gereed en word in stand gehou.
Die komitee vervul ook ’n belangrike funksie om strategiese en bedryfsrisiko’s op alle vlakke te ontleed. Risikobestuur word regdeur die groep toegepas, en die huidige risikokultuur binne die groep dra by tot die skep van aandeelhouerswaarde op ‘n volhoubare grondslag. Die groep het reeds volledige risikoregisters per sake-eenheid saamgestel, en die fokus word in bestuursvergaderings deurlopend hierop geplaas.
Die groep het ook ’n bedroglyn ingestel wat onafhanklik bedryf word en waarvolgens enige bedrogaangeleentheid of onreëlmatigheid, werklik of verdag, op ’n onafhanklike, anonieme grondslag by die komitee aangemeld kan word.
VERGOEDING- EN NOMINASIEKOMITEE
Die vergoeding- en nominasiekomitee bestaan slegs uit nie-uitvoerende direkteure. Die komitee besluit of doen aanbevelings aan die direksie ten opsigte van algemene menslikehulpbronaangeleenthede, insluitende die vergoeding van die personeel, bestuur en direkteure. Die komitee is ook verantwoordelik vir die bepaling van riglyne vir die vergoedingsbeleid. Twee vergaderings per jaar word gewoonlik gehou, maar spesiale vergaderings vind volgens spesifieke behoeftes plaas. Soos reeds gemeld, skenk die komitee aandag aan onder andere die volgende:
• Aanbevelings aan die direksie met betrekking tot die vergoeding van nie-uitvoerende en uitvoerende direkteure;
• Hersiening en toepassing van die vergoedingsfilosofie;• Verseker goeie bestuur van gesonde aansporingskemas en
regverdige en toepaslike salarisse/lone;• Verseker toepaslike opvolgbeplanning vir uitvoerende
direkteure en bestuur; en• Regstellende aksie.
| 13
TESOURIEKOMITEE
Hierdie komitee fokus hoofsaaklik op wisselkoersbestuur en maak van eksterne kundigheid gebruik. Die komitee word saamgestel uit nie-uitvoerende sowel as uitvoerende direkteure en vergader minstens drie keer per jaar.
SOSIALE EN ETIESE KOMITEE
Die komitee is gevestig om spesifieke verantwoordelikhede, soos dit in die Maatskappywet omskryf is, na te kom. Die kernaspekte sluit onder andere die volgende monitering- en verslagdoeningsaspekte in:
• Arbeidsaspekte rakende goeie korporatiewe praktyke in die bevordering van diensbillikheid en voorkoming van diskriminasie en korrupsie;
• Bydraes tot die ontwikkeling van die gemeenskappe waarbinne die groep se aktiwiteite plaasvind;
• SEB-aspekte;• Rapportering van borgskappe, bydraes en skenkings aan
liefdadigheidsorganisasies;• Bydraes tot die ontwikkeling van werknemers;• Bydraes tot die omgewing, gesondheid en openbare
veiligheid; en• Interaksie met belanghebbendes.
‘n Formele etiese program is aanvaar en geïmplementeer en etiek in die groep word deurlopend gemoniteer. Dit sluit in die verklaring van persoonlike belange en botsende belange, opleiding en bewusmaking van waardes, en dui op toewyding tot die etiese kode en gedragskode op alle vlakke.
RAADSKREDIETKOMITEE
Hierdie komitee word saamgestel uit nie-uitvoerende direkteure, en alle uitvoerende direkteure asook sekere finansiële personeel woon die vergaderings op uitnodiging by. In die vergaderings word verslag gedoen oor die stand van debiteure van Klein Karoo Eiendoms Beperk en sy filiale, en waar nodig word besluite oor bestuur van debiteure geneem en sekere aksies aanbeveel.
MAATSKAPPYSEKRETARISDie maatskappysekretaris lei die direksie en die individuele direksielede in die uitvoering van hul verantwoordelikhede en pligte. Die maatskappysekretaris hou soos wat dit ingevolge die Maatskappywet vereis word, toesig oor voldoening aan wetgewing regdeur die groep.
TOEGANG TOT INLIGTINGDie groep voldoen aan die Wet op Toegang tot Inligting, en ’n handleiding in dié verband is op die groep se webtuiste beskikbaar.
Aandeelhouers het ook toegang tot die aandeleregister, notules van aandeelhouersvergaderings en inligting met betrekking tot ‘n aantal maatskappysake. Enige navrae kan aan die maatskappysekretaris as die inligtingshoof gerig word.
INLIGTINGSTELSELS EN BEHEER (“IT-BEHEER”)Die direksie verseker die aktiewe bestuur van die IT-beheerraamwerk en het ‘n IT-bestuurskomitee gevestig. Hierdie bestuurskomitee vorm ’n integrale deel van die risikobestuursraamwerk. Die strategie en prestasie van die groep is afhanklik van volledige geïntegreerde strukture en stelsels. Omvattende besigheid- en IT-rampherstelprosesse is gevestig.
14 | GEÏNTEGREERDE VERSLAG | KORPORATIEWE BESTUUR
Naam van direkteur Bywoning
KK
I
Aantal vergaderings 6Nie-uitvoerende direkteureJH Delport Voorsitter 6/6
JSN Fourie 4/6
JJ Klue 6/6JP Schoeman 5/6JE Stumpf 5/6JH Terblanche 6/6SS Terblanche 6/6HR van der Merwe 5/6JP van der Westhuizen 5/6Uitvoerende direkteureCA Albertyn 6/6L Droomer 6/6P Liebenberg 6/6
Direksievergaderings en bywoning van vergaderings
Die onderskeie direksies vergader normaalweg vier keer per jaar, met addisionele vergaderings om spesifieke behoeftes te bespreek. Bywoning van die vergaderings is uitstekend, soos blyk uit die volgende tabelle:
Naam van direkteur Bywoning
KK
EB
Aantal vergaderings 5Nie-uitvoerende direkteureJH Delport Voorsitter 5/5JJ Klue 5/5JJ Strasheim 4/5
JE Stumpf 5/5JH Terblanche 5/5SS Terblanche 5/5HR van der Merwe 5/5
Naam van direkteur Bywoning
KK
A
Aantal vergaderings 4Nie-uitvoerende direkteureJJ Klue Voorsitter 4/4JH Delport 4/4
JJ Strasheim 4/4
SS Terblanche 4/4HR van der Merwe 4/4Uitvoerende direkteureJET du Plessis Besturende direkteur 4/4
Naam van direkteur Bywoning
KK
SP
Aantal vergaderings 4Nie-uitvoerende direkteureSS Terblanche Voorsitter 4/4JH Delport 4/4
JD Gouws 4/4
JJ Klue Aangestel 23/11/2018 4/4
JJ Strasheim 4/4JH Terblance Aangestel 23/11/2018 4/4HR van der Merwe 4/4Uitvoerende direkteureDE Malan Besturende direkteur 4/4
Naam van direkteur Bywoning
Oud
it- e
n ris
ikok
omite
e Aantal vergaderings 3Nie-uitvoerende direkteureJD Gouws Voorsitter 3/3JH Delport 3/3JSN Fourie 3/3
JJ Klue 3/3
JJ Strasheim 3/3
Naam van direkteur Bywoning
Verg
oedi
ng- e
n no
min
asie
kom
itee Aantal vergaderings 3
Nie-uitvoerende direkteureHR van der Merwe Voorsitter 3/3
JH Delport 3/3
JD Gouws Aangestel 23/11/2018 2/3
JSN Fourie 1/3
JJ Klue 3/3JE Stumpf 1/3SS Terblanche 3/3
Naam van direkteur Bywoning
Teso
urie
kom
itee
Aantal vergaderings 3Nie-uitvoerende direkteureJH Delport Voorsitter 3/3JD Gouws Aangestel 23/11/2018 2/3
JJ Strasheim 3/3JH Terblanche 3/3
Naam van direkteur Bywoning
Sosi
ale
& E
tiese
ko
mite
e
Aantal vergaderings 1Nie-uitvoerende direkteure
JE Stumpf Voorsitter 1/1JH Delport 1/1
JD Gouws 1/1JH Terblanche 1/1
Naam van direkteur Bywoning
Raa
dskr
edie
tkom
itee Aantal vergaderings 3
Nie-uitvoerende direkteureJH Delport Voorsitter 3/3JSN Fourie 3/3
JD Gouws Aangestel 23/11/2018 2/3JJ Strasheim 3/3JH Terblanche 3/3
DIREKSIEVERGADERINGS KOMITEEVERGADERINGS
| 15
MARKOMGEWINGDie Klein Karoo-groep se strategie is daarop gefokus om volhoubare waarde vir alle belanghebbendes te skep. Ons kernwaardes kan soos volg saamgevat word:
• Lojaliteit deur te alle tye in die beste belang van die maatskappy en sy belanghebbendes op te tree;
• Verantwoordelikheid en aanspreeklikheid vir alle aksies binne die groep;
• Integriteit in die strewe om altyd eties op te tree; en• Vernuwende denke deur met kreatiewe en vindingryke idees
vorendag te kom om die onderneming uit te brei en aan klante se behoeftes te voldoen.
Die doelwit van die groep bly om waarde vir ons produsente toe te voeg, en dit kan slegs vermag word deur nuwe ontwikkelings om betekenisvolle inkomste te genereer. Klantefokus is van kardinale belang en die groep se oogmerk is ook om die algehele ondervinding van en diens aan die klant te verbeter.
WERKSOMGEWINGDie Klein Karoo-groep is verbind tot die bewusmaking en bevordering van etiese optrede asook om die groep se siening en standaarde aangaande etiese gedrag aan belanghebbendes te kommunikeer. Die groep streef daarna dat menseregte te alle tye gerespekteer en beskerm word. Dit is ons verantwoordelikheid om aan alle toepaslike werksverwante wetgewing en arbeidswette te voldoen. Ons dra by tot die ontwikkeling van ons werknemers deur toepaslik in die verbetering van hul kwalifikasies, vaardighede en bevoegdhede te belê.
ETIESE WAARDES
In Klein Karoo Eiendoms Beperk se strewe na voortreflikheid onderskryf ons die volgende beginsels:
• Die hoogste etiese waardes in alle verhoudings;• Wetsgehoorsaamheid;• Respek vir alle mense se waardigheid;• Die aanmoediging van die uitbreiding en toepassing van alle
werknemers se kundigheid;• Die verbetering van alle werknemers se lewensgehalte;• Gelyke geleenthede vir alle werknemers;• Erkenning van vernuwing;• Aanmoediging van deelname; en• Respek vir die omgewing.
Die groep beskik oor ’n formele beleid rakende bedrog-/diefstalaangeleenthede. Die bedroglyn verleen gerusstelling aan personeel dat vertroulikheid en beskerming verleen word aan enigeen wat ongerymdhede wil aanmeld. Die groep kom ook sy verpligting kragtens die Wet op die Voorkoming en Bekamping van Korrupsie na en sal misdade by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanmeld. Gereelde bewusmakingsprogramme word ten opsigte van die voorkoming van bedrog en korrupsie van stapel gestuur.
INDIENSNEMING
Alle maatskappye in die groep steun gelyke indiens-nemingsbeginsels asook ’n deeglike en regverdige aanstellingsproses. Hieronder val interne en/of openbare advertensies vir vakante poste, persoonlike onderhoudvoering met kortlyskandidate deur ’n relevante komitee, afneming van psigometriese toetse en finale evaluering van kandidate waar al die bogenoemde faktore in ag geneem word.
Dit is die groep se strewe om aanstellings binne die raamwerk van die wet te doen om gelyke geleenthede by die werkplek te bevorder. Die groepsdoelwit is om personeel by diensbeëindiging, indien noodsaaklik, met geskikte kandidate met kundigheid en toepaslike kwalifikasies te vervang, en daardeur enige vorm van diskriminerende ongelykhede uit te skakel.
Komitees is genomineer en aangestel om die werkgewerplan vir gelyke indiensneming te bestuur. Die komitees bestaan uit verskeie rolspelers wat bestuur-, werknemervlak- en groep-verteenwoordigers asook vakbondverteenwoordiging insluit. Die Departement van Arbeid moniteer gereeld die komitees se werksaamhede.
Die indiensnemingprogram bestaan uit twee prosesse, naamlik (1) werwing, keuring en plasing en (2) opleiding en ontwikkeling van personeel. Die groep slaag daarin om verskeie aanstellings en bevorderings op ’n gelyke-indiensnemingsgrondslag te doen. Hoewel die vordering as gevolg van verskeie eksterne faktore stadig geskied, volhard die groep daarin om kundige personeel aan te stel deur ’n deursigtige proses te volg. Die indiensnemingproses vorm ’n integrale deel van die SEB-telkaart en word nie gering geskat nie.
OPLEIDING EN ONTWIKKELING
Opleiding en ontwikkeling van interne menslike hulpbronne is van kardinale belang vir die bereiking van die groep van maatskappye se onderskeie strategieë. Alle opleiding- en ontwikkelingsintervensies is behoeftegerig om werknemers met die nodige bevoegdhede toe te rus ten einde optimale uitsette te verseker. Die opleiding en ontwikkeling van werknemers het verder ten doel om die potensiaal van werknemers te ontsluit ten einde bevordering- en loopbaangeleenthede daar te stel.
Opleiding en ontwikkeling fokus hoofsaaklik op die volgende:
• Statutêre opleiding soos binne die raamwerk van die toepaslike wetgewing van toepassing binne die bedryf voorgeskryf;
• Funksionele opleiding ten einde optimale werksuitsette daar te stel en te bevestig; en
• Bestuur- en leierskapopleiding van senior bestuur.
Selfontwikkeling van werknemers word aangemoedig en word binne die raamwerk van die huidige beleid met betrekking tot studiefinansiering en -verpligtinge bestuur. Hierdie proses
16 | GEÏNTEGREERDE VERSLAG | VOLHOUBAARHEID
ONS WAARDES
Klein Karoo heg waarde aan alle belanghebbendes as ’n onlosmaaklike deel van ons onderneming. Ons heg waarde aan die volgende omgewings:
NATUURLIKE OMGEWING
die beskerming van die natuur
MARKOMGEWING
die integriteit van al ons belanghebbendes
WERKSOMGEWING
die skep van ’n omgewing waar alle werknemers suksesvol kan wees
SOSIALE OMGEWING
die volhoubare groei en ontwikkeling van landelike
gebiede
spreek deurlopend die balans tussen maatskappy en individuele ontwikkeling aan vir verdere optimale aanwending van die maatskappy se menslike hulpbronne.
GESONDHEID EN VEILIGHEID
Personeel se gesondheid, veiligheid en welstand is ’n fokusgebied vir die groep. Die groep se personeel is standvastig, lojaal, hardwerkend en sonder twyfel een van die groep se mededingende voordele.
Die groep heg baie waarde aan die opleiding van sy personeel met betrekking tot gesondheid en beroepsveiligheid. Die aanstelling van ’n klinieksuster om werknemers by aanlegte by te staan, beklemtoon die verantwoordelikheid waarmee die groep gesondheid en veiligheid onderskryf. Onderwerpe soos gesondheidsorg en gesinsbeplanning is deel van daaglikse onderrig. Bewusmaking van lewensbedreigende siektetoestande en dwelmafhanklikheid in ons werkplek is ongelukkig ook ’n werklikheid. Dit word deurentyd deur toeligting en sprekers op uitnodiging uitgebou.
Beroepsveiligheid in alle maatskappye en afdelings van die groep word voortdurend herbesoek, veral in bedrywe waar masjinerie gebruik word. Gevorderde veiligheidskursusse word aangebied en veiligheidskomitees vergader gereeld om risiko’s uit te skakel. Voorkoming van risiko’s lei daartoe dat die groep voorkomend ten opsigte van moontlike beserings kan optree. Gereelde noodhulpkursusse word ook aangebied.
Dit is verder bekend dat sport nie net goed is vir elke individu se gesondheid nie, maar ook om werksdruk te verlig. Die groep is hier ’n rolspeler in die fasilitering, lewering van bydraes en ondersteuning van sportspanne soos rugby- en krieketspanne by sekere afdelings.
VERGOEDINGSBELEID
Die groep beskik oor ’n vergoedingsbeleid waaraan al die filiaalmaatskappye moet voldoen.
Die verantwoordelikhede van die vergoedingskomitee behels die bepaling en hersiening van die vergoedingsbeleid, vasstelling en hersiening van die vergoedingspakkette van uitvoerende en nie-uitvoerende direkteure, bestuur en personeel asook menslike hulpbronbeleid en diensvoorwaardes.
Die komitee gebruik data wat in erkende vergoedingsopnames opgeneem en gepubliseer is om te bepaal hoe die groep se direkteure, bestuur en personeel se vergoeding met dié van vergelykbare maatskappye en organisasies in die nasionale mark vergelyk.
Sodanige vergoedingsopnames is verteenwoordigend van die onderskeie bedrywe in Suid-Afrika en alle poste, insluitende topbestuursposte, word hierin vervat. Die poste word ingevolge ’n aantal erkende posevalueringsmetodes gegroepeer, soos die Peromnes-stelsel wat by die Klein Karoo-groep gebruik word. Hierdie opnames dek ’n groot persentasie Suid-Afrikaanse maatskappye. Die data is gevolglik hoogs verteenwoordigend, ongeag die grootte en omvang van die onderskeie maatskappye. Die vergoedingskomitee gebruik die inligting as ’n riglyn wanneer die groep se vergoedingstrukture en -vlakke hersien word.
Die groep se vergoedingstrukture kan in drie kategorieë verdeel word – uurliks besoldigde personeel (vergoeding soos jaarliks met vakbonde of personeelverteenwoordigers onderhandel), salarispersoneel met vaste salarisse en byvoordele, en senior bestuurslede. Personeel van die eerste twee kategorieë se vergoeding volg ’n bepaalde struktuur (soos onderling toepaslik) van basiese loon of salaris, voorsorg- of pensioenfonds, mediese
bystandsvoordele, oortydbetaling, toelaes van toepassing op spesifieke dienste en amptelike ritte, verkoopskommissies en ook ’n jaarlikse bonus (wat onderhandel/voorgeskryf word of volgens meriete toegestaan word).
Die bestuur se vergoedingstruktuur bestaan uit twee elemente: ’n gewaarborgde element soortgelyk aan dié van die ander personeellede, asook ’n buigsame element wat suiwer prestasiegedrewe is. Die prestasie-element sluit individuele prestasie (soos gemeet teenoor voorafbepaalde doelwitte) en die groep se finansiële resultate in.
Vergoedingsvlakke ten opsigte van loon- en salarispersoneel word hoofsaaklik deur markkragte bepaal. Faktore soos sukses met werwing van eksterne personeel om vakatures te vul, personeelomset, verbruikersprysindeks, vaardigheidstekorte en die moraal en motivering van personeel speel ’n belangrike rol in die vasstelling van vergoedingsvlakke. Al die bogenoemde faktore asook individuele prestasie word dus in die hersiening van vergoedingsvlakke en -strukture in ag geneem.
Die direksie en senior bestuur is verantwoordelik vir die daarstel en uitvoering van Klein Karoo Eiendoms Beperk se strategiese rigting, die ontsluiting van die groep se potensiaal en die daaropvolgende stabiliteit, groei en welvaart. Dit is dus van uiterste belang dat die vergoedingskomitee sal verseker dat die senior bestuur se vergoeding sodanig is dat die groep bekwame bestuurders kan werf, motiveer en behou. Die vergoedingstruktuur moet dus aan uitvoerende direkteure en senior bestuurslede die versekering gee dat hul vergoeding markverwant is en bly, en terselfdertyd uitstaande prestasie aanmoedig.
SOSIALE OMGEWINGDie Klein Karoo-groep is verbind tot volhoubare groei en ontwikkeling en is passievol daaroor om ‘n bydrae tot die volhoubare ontwikkeling van landelike omgewings, veral in die Klein Karoo-gebied, te lewer.
Werknemers is aktief betrokke by die gemeenskappe waarbinne die maatskappy bedryf word. Die groep lewer verskeie borgskap- en finansiële bydraes aan instellings en entiteite, wat tot voordeel van die breër gemeenskappe aangewend word. Dit sluit onder meer skole en liefdadigheid- en sportorganisasies in. Die maatskappy fokus ook op opleiding van werklose mense binne die raamwerk van leerlingskappe. Hierdie opleiding ondersteun dus die prosesse binne die SEB-raamwerk wat deur die maatskappy gesteun en gedryf word.
NATUURLIKE OMGEWINGDie groep is ook verbind tot die beskerming van die omgewing waarbinne Klein Karoo werk. Alle toepaslike omgewingswetgewing word nagekom, en alle nodige permitte om met bedrywe voort te gaan, is in plek. Spesifieke probleemgebiede word saam met owerhede deur middel van spesiale taakspanne aangepak.
Die volgende fokusgebiede is geïdentifiseer om die invloed op die natuur te beperk en die omgewing te beskerm:
• Energiedoeltreffendheid• Waterdoeltreffendheid• Afvalvermindering• Hulpbronalternatiewe
| 17
18 |
Rarity Handbags
Die Maatskappywet van Suid-Afrika, Wet Nr. 71 van 2008, bepaal dat die direkteure omvattende rekeningkundige rekords moet byhou. Hulle is verantwoordelik vir die inhoud en integriteit van die finansiële state en verwante finansiële inligting wat by die verslag ingesluit word. Dit is hul verantwoordelikheid om te verseker dat die finansiële state ter voldoening aan die “International Financial Reporting Standard for Small and Medium-sized entities (“IFRS for SMEs”)” ’n redelike weergawe is van die maatskappy en groep se sake aan die einde van die finansiële jaar en die resultate van sy bedrywighede vir die tydperk wat op daardie tydstip geëindig het. Die eksterne ouditeure is aangestel om ’n onafhanklike mening oor die finansiële state uit te spreek.
Die finansiële state is ooreenkomstig die “IFRS for SMEs” opgestel en berus op toepaslike rekeningkundige beleid wat konsekwent toegepas en deur redelike en verstandige oordeel en ramings ondersteun is.
Die direkteure is uiteindelik verantwoordelik vir die stelsels van interne finansiële beheer wat die groep ingestel het en hulle plaas aansienlike klem op die belangrikheid daarvan om streng beheer te handhaaf. Die direksie stel standaarde vir interne beheer saam wat daarop gerig is om die risiko van foute of verlies op ’n kostedoeltreffende wyse te verklein sodat die direkteure hierdie verantwoordelikhede kan nakom. Dié standaarde sluit in die behoorlike delegering van verantwoordelikhede binne ’n duidelik omskrewe raamwerk, doeltreffende rekeningkundige prosedure en toereikende skeiding van pligte om ’n aanvaarbare risikovlak te verseker.
Die beheermaatreëls word deur die hele groep gemoniteer. Alle werknemers moet die hoogste etiese standaarde handhaaf om te verseker dat die groep se sake op ’n wyse gedoen word wat in alle redelike omstandighede bo verdenking is. Die maatskappy en groep se risikobestuur is op die identifisering, evaluering, bestuur en monitering van alle bekende risiko’s in die groep gerig. Hoewel die bedryfsrisiko nie heeltemal uitgeskakel kan word nie, probeer die groep om dit tot die minimum te beperk deur te verseker dat die toepaslike infrastruktuur, beheer en ander stelsels asook etiese gedrag volgens voorafbepaalde prosedures en beperkings toegepas word.
Die direkteure is op grond van inligting en verduidelikings wat die bestuur verskaf, van mening dat die interne beheerstelsels redelike sekerheid bied dat op die finansiële rekords vir die opstel van die finansiële state gesteun kan word. Enige interne stelsels vir finansiële beheer kan egter slegs redelike en nie absolute versekering nie teen enige beduidende wanvoorstelling of verlies bied.
Die direkteure het die maatskappy se kontantvloei-vooruitskatting vir die jaar tot 30 Junie 2020 nagesien en is in die lig van die nasiening en die huidige finansiële posisie oortuig dat die maatskappy toereikende middele het of toegang tot toereikende middele het om sy bedrywighede in die afsienbare toekoms voort te sit.
Die eksterne ouditeure is verantwoordelik vir die onafhanklike nasiening en rapportering van die groep se finansiële state. Die finansiële state is deur die groep se eksterne ouditeure ondersoek en ’n ongekwalifiseerde verslag is uitgereik.
Die direksie het die finansiële state wat volgens die lopende saak-grondslag opgestel is, goedgekeur en dit is namens hulle onderteken deur:
Johannes Delport Johan StumpfVOORSITTER ONDERVOORSITTER26 September 2019
Ingevolge Artikel 88(2)(e) van die Maatskappywet van 2008 verklaar die maatskappysekretaris hiermee dat die maatskappy al die vereiste opgawes en kennisgewings ingedien het wat volgens wet vereis word en dat sodanige opgawes en kennisgewings waar, korrek en op datum is.
Johan SchoemanSEKRETARIS26 September 2019
DEUR DIE RAAD VAN DIREKTEURE
VERKLARING DEUR MAATSKAPPYSEKRETARIS
STATUTÊRE VERSLAE | VERANTWOORDELIKSHEIDSVERKLARING | 19
SAMESTELLING EN BYWONING VAN VERGADERINGS
Die oudit- en risikokomitee van Klein Karoo Eiendoms Beperk (“die komitee”) bestaan uit drie nie-uitvoerende direkteure wat jaarliks deur die aandeelhouers aangewys word. Die komitee vergader gewoonlik drie keer per jaar. Verteenwoordigers van die eksterne ouditeure en bestuur woon die komiteevergaderings op uitnodiging by.
Die komitee het gedurende die jaar tot op datum van hierdie verslag uit die volgende lede bestaan:
JH DelportJJ Klue JJ StrasheimJSN Fourie (Adviseur)JD Gouws (Adviseur)
DIE OUDIT- EN RISIKOKOMITEE SE SLEUTELFUNKSIES EN VERANTWOORDELIKHEDE
Die komitee het vrylik toegang tot die voorsitter van die direksie en is gemagtig om onafhanklike kundiges onbeperk op maatskappykoste te konsulteer. Die komitee is verantwoordelik om onafhanklike, geregistreerde ouditeure jaarliks vir aanstelling as ouditeure van die maatskappy en sy filiale te nomineer, die ouditfooie en aanstellingsvoorwaardes van die ouditeure te bepaal en voorgestelde ooreenkomste met ouditeure vooraf goed te keur om nie-ouditfunksies te verrig. Aanvullend is die komitee verantwoordelik vir die bespreking en beoordeling van:
• Die afsonderlike en gekonsolideerde finansiële state, wat die aanwending van inkomste insluit, voordat die finansiële state deur die direksie vir uitreiking gemagtig word;
• Die onafhanklikheid van die ouditeure;• Die rekeningkundige beleid en beoogde wysigings daarvan;• Die doeltreffendheid van die oudit;• Die doeltreffendheid van bestuursinligting en interne beheerstelsels;• Die fooi betaalbaar aan die ouditeure asook die ouditeure se aanstellingsvoorwaardes;• Enige klagtes wat verband hou met die rekeningkundige praktyke asook die inhoud en
ouditering van die finansiële state van Klein Karoo Eiendoms Beperk en sy filiale; en• Enige ander voorgeskrewe funksies wat van die komitee verlang word.
Gedurende die jaar het die komitee drie keer vergader om bostaande verpligtinge na te kom. Die interne ouditfunksie is uitgekontrakteer en word selektief ten opsigte van spesifieke fokusareas en aktiwiteite binne die groep uitgevoer.
GOEDKEURING
Die komitee het:
• Die geouditeerde finansiële state bestudeer en met die bestuur bespreek;• Die eksterne ouditeure se bevindinge en die bestuur se reaksie daarop bestudeer; en• Betekenisvolle aansuiwerings voortspruitend uit die eksterne oudit bestudeer en
onaangesuiwerde ouditverskille aanvaar.
Die komitee is in ooreenstemming met en aanvaar die eksterne ouditeure se gevolgtrekking oor die finansiële state en het die goedkeuring daarvan aan die direksie aanbeveel.
Die direksie het die finansiële state gevolglik goedgekeur wat by die eersvolgende jaarvergadering bespreek sal word.
Japie GouwsVOORSITTER: OUDIT- EN RISIKOKOMITEE26 September 2019
20 | STATUTÊRE VERSLAE | OUDIT- EN RISIKOKOMITEEVERSLAG
| 22
Ellis Meubels
OORSIG VAN DIE MAATSKAPPY SE BESIGHEID EN AKTIWITEITE
Die hoofbesigheid van die maatskappy en sy filiale is die hantering, verwerking, waardetoevoeging en bemarking van landbouprodukte.
FINANSIËLE RESULTATE
Die totale omset vir die huidige jaar bedra sowat R1,691 miljard (2018: R1,591 miljard) wat ’n styging van 6,3% verteenwoordig. In die verslagjaar het die groep ’n netto wins toeskryfbaar aan gewone aandeelhouers van sowat R44,3 miljoen behaal teenoor ’n netto wins van R58,6 miljoen in die vorige jaar.
KAPITALE UITGAWES
Toevoegings tot eiendom, aanleg en toerusting het sowat R15,9 miljoen (2018: R29,4 miljoen) beloop.
DIVIDENDE
Geen dividende is gedurende die finansiële tydperk onder oorsig verklaar of betaal nie.
ADRES
Die geregistreerde kantoor is Koöperasiestraat, Oudtshoorn, 6625. Die posadres is Posbus 241, Oudtshoorn, 6620.
GEBEURE NA VERSLAGDOENINGSDATUM
Die aandeelhouers van Klein Karoo International Eiendoms Beperk en Mosstrich Eiendoms Beperk het in Junie 2018 die amalgamasie van die twee ondernemings goedgekeur. Dié twee ondernemings sal in ’n nuwe regsentiteit, Cape Karoo International Eiendoms Beperk (“Cape Karoo”) gekombineer word. Alle bates (uitgesluit Klein Karoo International se belange in Ostriswell Eiendoms Beperk), laste, regte en verpligtinge ten opsigte van die twee ondernemings sal as ’n lopende saak deur Cape Karoo ingevolge ’n bate-vir-aandeel-ooreenkoms oorgeneem word. Klein Karoo International Eiendoms Beperk sal ’n ekwiteitsaandeelhouding van 57,6% in Cape Karoo verkry, alhoewel die stemreg tot 10% van die totaal beperk sal wees. Mosstrich Eiendoms Beperk sal op soortgelyke wyse ’n ekwiteitsaandeelhouding van 32,4% in Cape Karoo verkry, maar stemreg sal ook tot 10% beperk wees. ’n Breë-basis swart ekonomiese bemagtigingswerknemerstrust sal die oorblywende 10% van die ekwiteitsaandeelhouding verkry en ’n 10%-stemreg hê. Die oorblywende stemreg van Cape Karoo sal deur aktiewe verskaffers van volstruise en volstruisprodukte aan Cape Karoo gehou word. Die amalgamasie is goedgekeur deur die Mededingingstribunaal op 14 Augustus 2019, onderworpe aan sekere voorwaardes. Dit word verwag dat die effektiewe datum van die transaksie 1 Oktober 2019 sal wees. Geen ander aangeleenthede wat wesenlik tot die groep se finansiële stand en resultate is, het tussen die verslagdoeningsdatum en die datum van die goedkeuring van die finansiële state voorgekom nie.
MAATSKAPPYSEKRETARIS
Die maatskappysekretaris is JH Schoeman by Klein Karoostraat 12, Oudtshoorn, 6625. Die posadres is Posbus 241, Oudtshoorn, 6620.
OUDITEURE
PricewaterhouseCoopers Geïnk. het ingestem om as die groep se ouditeure aan te bly. ’n Resolusie ten opsigte van die heraanstelling van die ouditeure sal by die 2019-jaarvergadering voorgelê word.
RAAD VAN DIREKTEURE
Die raad van direkteure van die bedryfsmaatskappye binne die groep is soos volg:
DIE DIREKTEURE BIED HIERMEE DIE JAARLIKSE VERSLAG VAN DIE MAATSKAPPY SE AKTIWITEITE AAN VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 JUNIE 2019
STATUTÊRE VERSLAE | DIREKTEURSVERSLAG | 21 | 22 | STATUTÊRE VERSLAE | DIREKTEURSVERSLAG
INSAKE DIE OPGESOMDE GEKONSOLIDEERDE FINANSIËLE STATE AAN DIE AANDEELHOUERS VAN KLEIN KAROO EIENDOMS BEPERK
MENING
Die opgesomde gekonsolideerde finansiële state van Klein Karoo Eiendoms Beperk, soos uiteengesit op bladsye 24 tot 28, wat bestaan uit die opgesomde gekonsolideerde staat van finansiële posisie soos op 30 Junie 2019, die opgesomde gekonsolideerde inkomstestaat en opgesomde gekonsolideerde state van omvattende inkomste, veranderings in ekwiteit en kontantvloeie vir die jaar geëindig, en verwante aantekeninge, is opgestel vanuit die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state van Klein Karoo Eiendoms Beperk vir die jaar geëindig 30 Junie 2019.
Na ons mening is die meegaande opgesomde gekonsolideerde finansiële state konsekwent in alle wesenlike opsigte, met die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state, ooreenkomstig die grondslag wat beskryf is in die aantekening “Basis vir opstelling en rekeningkundige beleid” en die vereistes van die Maatskappywet van Suid-Afrika soos van toepassing op opgesomde finansiële state.
OPGESOMDE GEKONSOLIDEERDE FINANSIËLE STATE
Die opgesomde gekonsolideerde finansiële state bevat nie alle openbaarmaking soos vereis deur die “International Financial Reporting Standard for Small and Medium-sized entities” en die vereistes van die Maatskappywet van Suid-Afrika soos van toepassing op finansiële state nie. Die lees van die opgesomde gekonsolideerde finansiële state en die ouditeur se verslag daarop kan gevolglik nie as plaasvervanger vir die lees van die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state en die ouditeur se verslag daarop gesien word nie.
DIE GEOUDITEERDE GEKONSOLIDEERDE FINANSIËLE STATE EN ONS VERSLAG DAAROP
Ons het ’n ongekwalifiseerde ouditmening uitgespreek oor die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state in ons verslag gedateer 26 September 2019.
DIREKTEURE SE VERANTWOORDELIKHEID VIR DIE OPGESOMDE GEKONSOLIDEERDE FINANSIËLE STATE
Die direkteure is verantwoordelik vir die opstel van die opgesomde gekonsolideerde finansiële state ooreenkomstig die grondslag wat beskryf is in die Aantekening “Basis vir opstelling en rekeningkundige beleid tot die opgesomde gekonsolideerde finansiële state” en die vereistes van die Maatskappywet van Suid-Afrika soos van toepassing op opgesomde finansiële state.
OUDITEUR SE VERANTWOORDELIKHEID
Ons verantwoordelikheid is om ’n mening uit te spreek of die opgesomde gekonsolideerde finansiële state konsekwent in alle wesenlike opsigte is met die geouditeerde gekonsolideerde finansiële state, gebaseer op ons prosedures, wat ooreenkomstig die ‘International Standard on Auditing (ISA) 810 (Revised)’, “Engagements to Report on Summary Financial Statements”, uitgevoer is.
PricewaterhouseCoopers Geïnk.Direkteur: TS BruwerGeregistreerde OuditeurPaarl26 September 2019
STATUTÊRE VERSLAE | VERSLAG VAN DIE ONAFHANKLIKE OUDITEUR | 23STATUTÊRE VERSLAE | VERSLAG VAN DIE ONAFHANKLIKE OUDITEUR | 23
Groep
2019 2018R ’000 R ’000
BATES
Nie-bedryfsbates 203 173 213 548
Eiendom, aanleg en toerusting 168 419 171 123Ontasbare bates 8 192 11 961Lenings ontvangbaar 3 422 3 783Ander finansiële bates 1 060 2 729Handels- en ander debiteure 14 314 12 684Uitgestelde belasting 7 766 11 304
Bedryfsbates 825 923 724 152
Voorraad 440 344 391 284Lenings ontvangbaar 841 735Handels- en ander debiteure 357 390 310 526Ander finansiële bates 1 309 -Lopende belastingbates 1 848 1 280Valutatermynkontrakbates 5 296 -Suid-Afrikaanse Inkomstediens - BTW 13 244 11 384Kontant en kontantekwivalente 5 651 8 943
TOTALE BATES 1 029 096 937 700
EKWITEIT EN LASTE
Kapitaal en reserwes 679 671 635 484
Aandelekapitaal 7 6Aandelepremie 228 147Reserwes 70 786 70 938Behoue inkomste 608 650 564 393
Nie-beherende belang 76 408Totale ekwiteit 679 747 635 892
Nie-bedryfslaste 48 339 52 645
Voorsiening vir werknemersvoordele 16 482 15 589Nie-bedryfslenings 8 320 11 807Ledeleningsfonds 21 916 22 001Uitgestelde belasting 1 621 3 248
Bedryfslaste 301 010 249 163
Handels- en ander krediteure 123 904 120 589Ledeleningsfonds 1 316 1 325Geoormerkte reserwes 360 360Bedryfslenings 174 626 108 849Valutatermynkontraklaste - 14 274Suid-Afrikaanse Inkomstediens - BTW 186 36Lopende belastingverpligtinge 618 3 730
TOTALE EKWITEIT EN LASTE 1 029 096 937 700
24 | OPGESOMDE STAAT VAN FINANSIËLE POSISIE SOOS OP 30 JUNIE 2019
Groep
2019 2018R ’000 R ’000
Inkomste 1 690 835 1 590 790Koste van verkope (1 445 888) (1 340 587)Bruto wins 244 947 250 203Ander inkomste 31 195 47 247Verspreidingskoste (15 840) (22 306)Administratiewe uitgawes (17 612) (17 062)Ander bedryfsuitgawes (169 182) (161 042)
Bedryfswins 73 508 97 040Rente betaal (9 704) (17 142)Netto wins voor belasting 63 804 79 898Belasting (19 879) (21 290)Wins vir die jaar 43 925 58 608
Toeskryfbaar aan :Eienaars van die houermaatskappy 44 257 58 695Nie-beherende belang (332) (87)
Wins vir die jaar 43 925 58 608
Groep
2019 2018R ’000 R ’000
Netto wins vir jaar 43 925 58 608Ander omvattende inkomste (152) 55Items wat nie na wins of verlies herklassifeer sal word nieValuta omrekeningsverskille (152) 55Belastingeffek van valuta omrekeningsverskille - -
Totale omvattende inkomste vir die jaar 43 773 58 663
Toeskryfbaar aan:Eienaars van die houermaatskappy 44 105 58 750Nie-beherende belang (332) (87)
Totale omvattende inkomste vir die jaar 43 773 58 663
OPGESOMDE INKOMSTESTAAT VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 JUNIE 2019 | 25
Aandele- kapitaal
ReserwesBehoue
inkomsteNie-beherende
belangTotaal
R ’000 R ’000 R ’000 R ’000 R ’000
Saldo 1 Julie 2017 101 70 833 505 698 495 577 177Uitreiking van aandele 52 - - - 52
Totale omvattende inkomste vir die jaar - 55 58 695 (87) 58 663
Saldo 30 Junie 2018 153 70 938 564 393 408 635 892
Uitreiking van aandele 82 - - - 82
Totale omvattende inkomste vir die jaar - (152) 44 257 (332) 43 773
Saldo 30 Junie 2019 235 70 786 608 650 76 679 747
Groep
2019 2018R ’000 R ’000
Kontantvloei uit bedryfsaktiwiteiteKontant voortgebring uit / (aangewend in) bedrywighede (34 842) 168 185.Rente betaal (8 388) (17 142)Belasting betaal (21 648) (19 232)
Netto kontant invloei / (uitvloei) uit bedryfsaktiwiteite (64 878). 131 811.
Kontantvloei uit beleggingsaktiwiteiteToevoegings tot eiendom, aanleg en toerusting (15 876) (29 384)Opbrengs met verkoop van eiendom, aanleg en toerusting 2 002 1 255Toevoegings tot ontasbare bates - (2 495)Afname in lenings aan geassosieerdes - 2 014.Afname in lenings ontvangbaar 634 872Staatstoekennings ontvang 1 202 9 755Toename in ander finansiële bates (31) (309)Rente ontvang 12 452 13 370Dividende ontvang 27 23
Netto kontant invloei / (uitvloei) uit beleggingsaktiwiteite 410 (4 899)
Kontantvloei uit finansieringsaktiwiteiteUitbetalings aan lede (1 196) (1 130) Uitreiking van aandele 82 52Afname in lenings (3 966) (4 658)
Netto kontant uitvloei uit finansieringsaktiwiteite (5 080) (5 736)
Netto toename / (afname) in kontant en kontantekwivalente (69 548) 121 176.
Kontant en kontantekwivalente aan begin van die jaar (96 062) (217 238)
Kontant en kontantekwivalente aan einde van die jaar (165 610) (96 062)
26 | OPGESOMDE STAAT VAN VERANDERING IN EKWITEIT VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 JUNIE 2019
OPGESOMDE STAAT VAN KONTANTVLOEI VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 JUNIE 2019
Klein KarooKlein Karoo International
Klein Karoo Saadproduksie
Klein Karoo Agri
Inter-segment
Totaal
R ’000 R ’000 R ’000 R ’000 R ’000 R ’000
30 Junie 2019Inkomste 4 095 642 782 349 247 709 902 (15 241) 1 690 835Wins vir die jaar 1 455 5 085 31 304 6 081 - 43 925Totale bates 249 977 442 434 356 844 153 935 (174 094) 1 029 096Totale laste 41 968 108 310 185 003 114 944 (100 876) 349 349
30 Junie 2018Inkomste 4 191 709 971 292 351 594 013 (9 736) 1 590 790Wins vir die jaar 1 837 23 185 28 775 4 811 - 58 608Totale bates 249 817 399 570 329 071 137 335 (178 093) 937 700Totale laste 43 370 70 378 188 532 104 429 (104 902) 301 807
KLEIN KAROO AGRI
KLEIN KAROO EIENDOMS BEPERK KLEIN KAROO INTERNATIONAL
KLEIN KAROO SAAD PRODUKSIE
OPGESOMDE SEGMENTVERSLAG VIR DIE JAAR GEËINDIG 30 JUNIE 2019 | 27
BASIS VIR OPSTELLING EN REKENINGKUNDIGE BELEID
Die verkorte finansiële state van die groep is afgelei van die volledige finansiële state wat opgestel is in ooreenstemming met die “International Financial Reporting Standard for Small and Medium-sized entities”. Die volledige stel finansiële state sal by die geregistreerde kantoor op aanvraag beskikbaar wees. Die eksterne ouditeure PricewaterhouseCoopers Geïnk. het die groep se finansiële state geouditeer. ‘n Afskrif van die ongekwalifiseerde ouditverslag is beskikbaar by die geregistreerde kantoor.
28 | AANTEKENINGE BY DIE OPGESOMDE FINANSIËLE STATE
Cape Cobra
Klein Karoo Eiendoms Beperk
Hoof uitvoerende beampte Johan Schoeman | Tel 044 203 5100
Klein Karoo Veilings
Afslaer PA Geldenhuys | Tel 082 410 7705
Klein Karoo Saadproduksie
Besturende direkteur David Malan | Tel 044 203 5259Produksiebestuurder Pieter Burger | Tel 044 203 5259
Klein Karoo Agri
Besturende direkteur Terblanche du Plessis | Tel 044 203 5100
Takke
Beaufort-Wes Tel 023 415 1199Calizdorp Tel 044 213 3317De Rust Tel 044 241 2141Ladismith Tel 028 551 1050Oudtshoorn Tel 044 203 5700Prins Albert Tel 023 541 1660Meganisasie Tel 044 203 5210Besproeiing Tel 044 203 5254Vrugte Tel 028 551 1050Klein Karoo Engen Tel 044 279 2499Reinders Garage Total Tel 028 551 1050
Cape Karoo International
Besturende direkteur Francois de Wet | Tel 044 203 6200 / 044 404 6600Leer Frik Kriek | Tel 044 404 6600Vleis Len Droomer | Tel 044 203 6200Vere Peter Liebenberg | Tel 044 203 8400
Klein Karoo (Edms) BpkPosbus 241 | Oudtshoorn | 6620Koöperasiestraat | Oudtshoorn | 6625Suid-Afrika
+27 (0)44 203 5221 (Kantoor) +27 (0)44 203 5231 [email protected]
A • G • R • IHANDEL • MEGANISASIE • DIENSTE
Process Yellow
Pantone Blue 072C
KONTAKBESONDERHEDE | 29