beefmaster 2016 · official journal 2016 amptelike joernaal beefmaster beestelersgenootskap van...

27

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras
Page 2: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras
Page 3: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras
Page 4: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras
Page 5: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 3

Content/Inhoud

The opinions expressed in this issue are not necessarily the views of the Management of the Beefmaster Ca le Breeders’ Society. The Beefmaster Ca le Breeders’ Society accepts no responsibillity for claims made in adver sements/ar cles.

Die menings wat in hierdie uitgawe uitgespreek word, is nie noodwendig die sienswyse van die Bestuur van die Beefmaster Genootskap nie. Die Beefmaster Genootskap aanvaar geen ver ant woordelikheid vir enige aan sprake wat in advertensies/ar kels gemaak word nie.

DESIGN & LAYOUTChrysalis Adver sing & PublishingTel: 051 522 1695e-mail: [email protected]

UITGEWERS/PUBLISHERSBeefmaster Beestelersgenootskap van SABeefmaster Ca le Breeders’Society of SAPosbus/PO Box 1977 • Parys 9585Breëstraat 34 • Parys 9585Tel: 086 111 3144 • Fax: 086 511 7721

Content/Inhoud 3

Preface/Voorwoord 6, 7

Raad | Council 8

Gedig: Soetdoring 10, 15, 16, 19, 22, 23

Wortelgroei belangrik om van kennis te neem in weiveldbestuur 12

Genomic Selection and how it fits into BLUP breeding values 26, 28, 31, 32, 35, 36, 39

Surviving The Financial Squeeze: Beefmaster 40, 41, 43

Belangrike en Veilingsdatums - 2016 44, 47, 48

Algemene oorsig oor sekere hoefeienskappe by vleisbeeste 51, 52, 53

Foto kompetisie 56, 57, 58, 59

Developing and managing small herd of beef cattle 60, 61, 63, 66, 71, 72, 75, 79

Veilingsuitslae 2015/2016 82, 86, 88, 92

Veilingsuitslae 2016 92

Kuddes wat toekennings ontvang het vir 2016 89

Elite Platinum Bul in SA Stamboek se jaarlikse Elite toekennings 90

SA Stamboek / Landbouweekblad Elite 2016 Platinum-Koei toekenning 91

Ledelys 96, 101, 102, 105, 106, 109, 110

Fotos on cover from LLB and Petana Beefmasters

Page 6: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Cattle Breeders’ Society of South Africa4

Lys van adverteerdersAgen Landgoed .........................................................108Alzu ....................................................................... 98, 99Amakosi .....................................................................111Amberdene .................................................................29Andre Pretorius Fotografi e ......................................50Beefmaster Alliance .................................................112Bengufarm ..................................................................34BKB van Wyk ..............................................................38Blinkmeneer Beefmasters ........................................27Bos Blanco ........................................................... 20, 21Budler Beefmaster .....................................................67Corbe Beefmaster ..................................................93Daybreaker .................................................................32Diadem ........................................................................46Elmic ...........................................................................104Hardus Steenkamp ...................................................13Human Beefmasters ..................................Back coverIvukile ..........................................................................62Janzel Beefmaster .....................................................81JM Beefmasters ........................................................14Kandys Beefmaster ................................................101Louis Bothma Beefmaster ................................ 68, 69Milestone Beefmaster ............................................100Molatek .......................................................................42Nooitverwag ..............................................................49Noordwes Klub ..........................................................50Oktavia ........................................................................45Oos-Vrystaat Veldbul Club ......................................93Open Range ................................................................11O ershaw ......................................................................9Petana ..........................................................................37Plaaspublishing ...........................................................30Pro Agri ........................................................................71PSB Beefmaster .........................................................87Quardsen .......................................................................2Rensgrow .....................................................................97Rhenostervallei Beefmaster ...................................73Rock Valley Beefmaster ..................................... 54, 55Sandspruit Beefmaster ............................................17Sarwipi ................................................................... 94, 95Schyff Beefmaster ........................................................1Sizana Beefmasters ........................................... 84, 85Super Beef Vova .........................................................24V8 Beefmasters ..........................................................77Valmar ..........................................................................74Van Dev .......................................................................80Vleissentraal ................................................................18Voermol .......................................................................78Vova Gene cs ............................................................25WO Beefmasters ............................................... 64, 65X Factor ......................................................................106

Page 7: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 5

Page 8: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Cattle Breeders’ Society of South Africa6

According to the South African Weather Service, we received the lowest rainfall between January and December 2015 since the recording of rainfall began in 1904. Since 1904, rainfall in all nine provinces has averaged 608 mm per year, while in 2015 South Africa received only an average of 403 mm (66% of the annual average). Previously, the lowest rainfall received in a year was in 1945 when we received 437mm (72%). As a result of the low rainfall in large areas, a large proportion of summer crops, especially maize, could not be planted in many areas, or plantings were severely damaged by the drought and heat. Livestock farmers also have no or little grazing and fodder for their livestock while drinking water for animals is a problem in many areas in these provinces.

Suid Afrika sal na beraming 5 tot 6 miljoen ton mielies moet invoer waarvan die helfte wit en die helfte geel, om te kan voldoen aan die binnelandse aanvraag. Mnr Jannie de Villiers, van Graan SA, het reeds in Julie 2015 gewaarsku dat 700 000 ton geelmielies vir veevoer ingevoer sal moet word. Die prys van mielies het ook beduidend gestyg en het derhalwe ‘n effek op veevoer pryse.

Die land steier behoorlik onder hierdie groot droogte wat die gevestigde El Niño verskynsel te weeg bring.

PrefaceVoorwoord

Ons lees en hoor

voortdurend daarvan

in die media. Die

meerderheid van

gesprekke is negatief

en almal is gevul met

kommer oor die toekoms.

Connie J v Vuuren

Page 9: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7

Ons moet kyk na

die internasionale

aanvraag na ons

produk en ons ras

promoveer in veral

ander Afrika lande.

Die droogte en die effek wat dit het op ons bestaan as boere oorheers ons denke en ons gesprekke. Ons lees en hoor voortdurend daarvan in die media. Die meerderheid van gesprekke is negatief en almal is gevul met kommer oor die toekoms. Ons bekommer ons oor ons voortbestaan as boere, oor die finansiële implikasies wat die droogte vir ons inhou, die verlies van inkomste en die stygende kostes. En dan is die grootste bekommernis natuurlik oor hoe ons, ons vee gaan deursien deur die winter met weidings wat nie herstel het in die somermaande nie, hoë veevoer pryse en waterbronne wat kwyn.

Maar ten spyte van die negatiewe milieu waarin ons, ons bevind is daar altyd ‘n ligpunt en altyd hoop. Die Beefmasterras en ons as beefmastertelers is steeds op die regte pad en bly steeds groei bo verwagting afgesien van omstandighede. Ons sal in hierdie nuwe jaar moet aanhou waarmee ons besig is en rigting hou. In tye soos hierdie moet ons, ons visie verbreed en nuwe moontlikhede bly ondersoek.

Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras promoveer in veral ander Afrika lande.

Dan ook op ‘n persoonlike vlak, hartlike gelukwense aan almal wat prestasies behaal het in die laaste jaar. Baie geluk aan almal wat nuwe lede in hulle gesinne verwelkom het. Ons glo en vertrou dat hulle baie vreugde en liefde sal besorg. Ons wil ook graag ons opregte medelye betoon aan die gesinne wat groot verlies ervaar het in hierdie tyd. Mag God julle vertroos en dra in dae van hartseer en verlange. Ons dra julle op in ons gebede.

Baie sterkte aan elkeen wat daar buite moedig bly werk om ‘n voortbestaan te verseker in die landbou. Ons glo en vertrou dat die Beefmasterras ‘n groot rol daarin sal bly speel.

Remain positive, look for alternatives and broaden your horizons. Keep believing in the grace of God and may you prosper amid adversities.

Connie J v Vuuren - President

Page 10: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Cattle Breeders’ Society of South Africa8

Raad | Council

Agterste ry van links na regs : Gerrie Jansen van Rensburg – Louis Bothma – Wilhelmus van der Schyff – Niel van Pletzen – Gideon Brits – Dave Armitage –

Kobus Gildenhuys – Nico Badenhorst – Pierre Hart

Voorste ry van links na regs :Pieter van Deventer – Jan Schoeman (Visie President) – Elaine Nieuwoudt – Connie van Vuuren (President) – Helga Prinsloo –

Willem Pieterse – Hans Coetzee

Connie van Vuuren - President / Nuusbrief / Joernaal / Kalender 082 373 4833Jan Schoeman - Visie President - Nasionale Veiling / Inspeksies / Opleiding 082 458 4158Pierre Hart - Dagbestuur / Finansies 082 652 5190Helga Prinsloo - Kantoor & Dagbestuur 083 417 7047Elaine Nieuwoudt - Veilingsdatums / Kantoorsake / Nuwe Lede 056 817 2404Pieter van Deventer - Raspromosie Bestuur / Webblad / Finansies 018 632 6061Hans Coetzee - Veilingskatalogusse / Inspeksies en Opleiding 083 259 2503Gideon Brits - Inspeksies en Opleiding / SA Stamboek / Konstitusioneel 082 457 2816Kobus Gildenhuys - Stamboek / Buitelandse Sake 082 577 8659Nico Badenhorst - Nasionale Media 083 429 1181Wilhelmus van der Schyff - Nuusbrief / Joernaal / Kalender 083 951 2196Dave Armitage – Datums / Inligtingsdae / Skoue 082 457 0260Niel van Pletzen – Datums / Inligtingsdae / Skoue 072 569 3539Louis Bothma - Facebook / Twitter / Instagram 082 900 9950Gerrie Jansen van Rensburg - Inspeksies en Opleiding 082 929 3988Willem Pieterse - Geonomika / KI 082 880 7172Herman Labuschagne - SA Stamboek 082 495 9764

Dagbestuur

Page 11: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 9

Page 12: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Cattle Breeders’ Society of South Africa10

Soetdoring, Acacia karroo, boom van my jeug, boom van my Wes Transvaal

Met jou lang wit dorings, skerp tussen die donker growwe bas

Maar wat na skelle winters met nuwegroen fyn blare die koms van die somer roep

En jou klein geel haartjie blomme die landskap oortrek

Jy wat, soos ons, met die breek van ‘n tak, lig heuningkleurige gom diep uit jou hart soos stadige trane oor die wond laat drup

Jy wat jou arms uithou vir die geelvink se nes en koelte gee aan die ruiter

Met jou penwortel diep in ons Afrikagrond die tye en elemente trotseer, soos ons ook moet

In jou sien ek ook ons, van jonk, dan groot en sterk, tot die einde waar die lewe na die winter nie weer bot nie en jou takke bros word en hier op aarde tot as verbrand

Jy is soos ons en ons is soos jy, boom van my jeug uit die oue Wes Transvaal.

Deur: Willie Nel

Gedig: Soetdoring

Page 13: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 11

Page 14: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Cattle Breeders’ Society of South Africa12

Die bogrondse produksie van die weiplant word oor jare meer intensief ondersoek, terwyl die ondergrondse dele nie die nodige aandag geniet wat dit wel verdien nie. Die belangrikste redes hiervoor mag wees dat dit nie ‘n direkte bydrae tot diereproduksie lewer nie en dat sulke studies is ongelukkig ook arbeidsintensief en langtermynprojekte. Verkeerde weiveldbestuurspraktyke hou nie slegs nadelige gevolge vir die benutbare bogrondse produksie van die weiveld in nie, maar benadeel ook die ondergrondse komponent wat uiteindelik weer indirek volhoubare diereproduksie verlaag en waarvan die Beefmasterboer wel deeglik kennis van moet dra. By wyse van spreuke kan met reg gesê word dat intensiewe wortelstudies by weiplante is waar Daantjie die wortels vir volhoubare weidingekosisteem funksionering gegrawe het.

Die tradisionele uitdagings van die ekonomie en volhoubare veeproduksie is steeds daar te midde van internasionale mededinging, wisselende ekonomiese toestande en wisselvallige klimaat. Hierdie uitdagings noodsaak die veeboer om nuut te probeer dink en planne te beraam om maksimum wins op sy plaas te probeer genereer. Wat spesifiek weiveld aanbetref moet die strewe wees om die weiplant se groeikrag so hoog moontlik te probeer hou sonder dat veldagteruitgang sal plaasvind en dit is hier waar wortelstudies ‘n essensiële rol kan speel. Die ernstigste onmiddelike uitdaging is sekerlik geleë daarin om die letsels wat die rampdroogte (2015/16), wat groot

weivelddele ondervind het, so gou moontlik weer uit te wis e n dit is weereens hier waar die weiplant se wortelstelsel navore kom.

Wanneer vind wortelgroei plaasWortelgroei is negatief met bogrondse groei gekorreleerd, met ander woorde, wanneer die bogrondse gedeelte van die weiplant nie groei nie, is die groei van die wortels die aktiefste. Wortels staan gevolglik tweede in die tou naas die bogrond as dit by die plant se voorsiening van groeireserwes vir groei en ontwikkeling kom. Die wortelgroei sal dus hoofsaaklik plaasvind indien voldoende of ‘n oormaat groeireserwes vir die plant beskikbaar is. Indien die plant herhaaldelik straf ontblaar word, toon wortels ‘n duidelike afsterwing (word later in detail bespreek).

Wortelgroei vind die aktiefste in die vroeë lente en laat somer (herfs) plaas, terwyl dit oor die algemeen in die midsomer en –winter nie juis veel groei toon nie. Die hoogtepunt vir die groeitye van wortels is Maart en April en die wortels toon in hierdie tyd 146% vinniger groei as in die midwinter. Dit is belangrik vir optimale wortelgroei dat die grondprofiel gedurende hierdie periodes wel nat is. Wortels kan nie in droë grond groei nie en sleg wanneer die grond nat is. Gevolglik sal wortelgroei nie verder plaasvind indien ‘n nat laag opgevolg word deur ‘n droë grondlaag nie, al is die dieper ondergrond wel weer nat. Wortels

Wortelgroei belangrik om van kennis te neem in

weiveldbestuurProf Hennie Snyman, Departement Vee-, Wild- en Weidingkunde,

Universiteit van die Vrystaat, [email protected]

vervolg op bladsy 15

Page 15: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 13

Page 16: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Cattle Breeders’ Society of South Africa14

Page 17: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 15

kan dus nie ruik dat daar voldoende water wel diep in die grondprofiel voorkom en vinnig deur ‘n droë laag daarheen groei nie. Graswortels se seisoenale groeisiklus moet beslis in die bepaling en beplanning van rus- en hersteltye binne ‘n weidingstelsel verreken word. Gesien teen die agtergrond van die bogenoemde moet ‘n boer besef dat indien sy weiveld bogronds in groeikragtigheid afneem, die plant ondergronds nog veel slegter af sal wees. ‘n Swak ontwikkelde wortelstelsel maak die plant meer droogte-sensitief en gee aanleiding tot swakker water- en voedingstofopname vanuit die grond. Kampe wat gevolglik gedurende hierdie kritiese periodes van wortelgroei benut is, moet die daaropvolgende seisoen weer oor hierdie tye van diere onttrek word.

Met die instelling van voldoende rusperiodes in ‘n weiveldbestuursprogram sal die weiplant se fabriek (blare) voldoende kan herstel om die nodige groeireserwes na die wortelstelsel te translokeer. ‘n Goed ontwikkelde wortelstelsel sal noodwendig aanleiding gee tot ‘n groeikragtige plant, wat vinnig na beweiding weer sal herstel om sodoende droogtetoestande ook die hoof te kan bied.

Wortelgroei, veldagteruitgang en droogteDie toestand of gesondheid waarin weiveld verkeer vorm die basis vir volhoubare diereproduksie. Dit is be-langrik dat die weiplant beskerm en reg benut sal word aangesien menslike voedsel indirek daarvan afkomstig is. Dierlike produkte soos vleis en melk is direk van grasvretende diere afkomstig. Weiveldagteruitgang het nie slegs ‘n negatiewe uitwerking op die bogrondse produksie van weiveld nie, maar ook ‘n drastiese afname in wortelontwikkeling. Die afname in bogrondse produksie weens veldagteruitgang in die sentrale grasveldgebied (gemiddeld oor ‘n 35 jaar periode) is byvoorbeeld vasgestel op 760 kg/ha, teenoor ‘n verlies van 1 825 kg/ha in wortelmassa. Wortelproduksie is dus twee keer sensitiewer vir veldagteruitgang as die bogrondse plantdele. Die beter bogrondse produksie oor die seisoen by weiveld in goeie toestand kan grootliks toegeskryf word aan

‘n Goed ontwikkelde

wortelstelsel sal

noodwendig aanleiding

gee tot ‘n groeikragtige

plant, wat vinnig na

beweiding weer sal

herstel

vervolg op bladsy 16

Page 18: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Cattle Breeders’ Society of South Africa16

die hoër wortelmassa waarmee dit gepaard gaan. Soos wat die toestand of gesondheid van weiveld verbeter gaan dit ook gepaard met ‘n dieper en beter verspreide wortelstelsel, wat die volle potensiaal van die grondprofiel ontgin. Die boer het tog vir die hele grondprofiel op sy plaas betaal, waarom dit nie tenvolle benut nie.

Oor die algemeen kom 80% van graswortels in die boonste 200 mm grondlaag by meeste veldtipes in Suid-Afrika voor. Hierdie oppervlakkige wortels is verantwoordelik vir plantproduksie, terwyl die dieper wortels se hoof funksie oorlewing van die plant is. By veld in ‘n goeie toestand spesifiek, kom 73% en 88% van die wortelmassa in onderskeidelik die boonste 150 mm en 300 mm grondlae voor. Soos reeds genoem is hierdié oppervlakkiger wortels grootliks vir produksie verantwoordelik. Nogtans sorg die wortels wat dieper as 300 mm die grondprofiel indring, en maar 12% van die totale wortelmassa beslaan, gewoonlik vir die grasplant se oorlewing in droogtes. Hul waarde moet nooit in ‘n weidingstelsel onderskat word nie. Studies het byvoorbeeld getoon dat Themeda triandra (rooigras) se wortels die grond tot so diep as 2 m binnedring.

Ongeveer 44% van die totale wortelmassa van swak veld kom in die boonste 50 mm van die grond voor. Dié veld kan met wisselvallige reënval nie ‘n stabiele en konstante produksie oor die duur van die groeiseisoen handhaaf nie en is ook net op oorlewing ingestel. Groot dele van Suid-Afrika is juis onderhewig aan geweldige seisoenale skommelinge in reënval. Sulke veld in swak toestand reageer wel vinnig op reënbuie, maar ongelukkig is dit van korte duur en is die plante nie instaat om dieper grondwater te onttrek nie. Uit bogenoemde verspreidingspatroon van die graswortels is dit te verstane waarom weiveld in goeie toestand, weens die benutting van beide oppervlakkige en dieper grondwater, normale droogtes beter kan hanteer en ‘n meer konstante voervloei en hoër diereproduksie kan handhaaf.

‘n Boer wie se weiveld oor ‘n swak ontwikkelde wortelstelsels beskik, benut dus net die boonste grondlagie op sy plaas, terwyl gesonde wortelstelsels die voedingstowwe en opgegaarde water van die hele

grondprofiel kan benut. Met veld in swak toestand skep die boer eintlik sy eie droogtes – sogenaamde mensgemaakte droogtes. So ‘n boer se plaas is teoreties dus kleiner as wat werklik op die transport en akte dokument staan. Vertikale uitbreiding in plaas van horisontaal is die voorland vir ‘n boer wie se veld in swak toestand verkeer

Die hoër wortelmassa en beter verspreide wortelstelsels wat by veld in goeie toestand voorkom, het ‘n meer groeikragtige plant tot gevolg en daarom die beter weidingkapasiteit vanaf sulke veld. Dit is daarom nie net meer diere wat op goeie veld aangehou kan word nie, maar die inkomste per eenheid reënval is ook aansienlik hoër as dié van veld in swak toestand. Veld in swak toestand verhoog gevolglik die intensiteit en frekwensie van droogtes wat ‘n normale verskynsel in die droë weivelddele is. Dit is gevolglik nie net die grootte van ‘n plaas wat bepaal of dit ‘n ekonomiese eenheid is nie, maar die toestand of gesondheid waarin die veld verkeer.

Wortelafsterwing is wel ‘n normale verskynsel ten einde die weidingekosisteem in balans te hou en organiese materiaal (humus) tot die grond aan te vul. Laer wortelmassa met veldagteruitgang is ‘n bron van kommer, aangesien die aanvulling van organiese materiaal tot die grond slegs kan plaasvind deur wortelafsterwing. Hierdie stadiger aanvulling van humus in swak veld verklaar waarom weiveld, wanneer dit eers ‘n sekere drempelwaarde van agteruitgang bereik het, lank neem om te herstel. Dit word verder onderstreep deurdat mineralisasie (biologiese omskakeling van organise N na anorganiese N) in die grond slegs plaasvind by voldoende grondwater en lae grondtemperature, wat ongelukkig nie die geval is waar die veld in swak toestand verkeer nie. ‘n Rampdroogte kan wel ‘n invloed op groot skaalse wortelafsterwing veroorsaak, soos die geval was met die 2015/16 intense droogte. Weens hierdie geweldige intense en langdurige droogte wat groot dele van ons land ondervind het, het meeste van die oppervlakkige graswortels afgesterf. Die droogte in sekere dele was selfs so intens dat die plant oor die drempel van oorlewing gestoot is en waar selfs van die dieper wortels, wat vir oorlewing geoormerk word,

vervolg op bladsy 19

Page 19: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 17

Page 20: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Cattle Breeders’ Society of South Africa18

Page 21: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 19

ook afgesterf het. Die meer reën wat benodig was om die grond tot die dieper wortels te benat, verklaar die stadige hergroei wat na die eerste reënval voorgekom het.

Invloed van ontblaring op wortelgroeiHoe strawwer die plant ontblaar word, hoe groter die afname in wortelmassa (Foto 1). Kort ontblaarde plante is dus langer aangewese op die onttrekking van groeireserwes vir hergroei. Dieselfde geld vir gereelde ontblarings waar die wortelmassa ook afneem en die fabriek (blare) van die plant nie die nodige rus kry om optimaal te kan herstel nie. Daar word dus soms verkeerdelik geredineer dat weiplante van tyd tot tyd wel straf ontblaar moet word ten einde toe te laat vir voldoende wortelafsterwing om sodoende die organise material in die grond weer aan te vul. Wortelafsterwing vir humus aanvulling in die grond is ‘n natuurlike proses wat seisoenaal gekoppel is en word ook deur die klimaat beinvloed. Met droogte tye is wortelafsterwing groter as wanneer optimale groei toestande voorkom.

Die blote afname in wortelmassa weens intensiteit en frekwensie van ontblaring is van minder belang as die feit dat wortelgroei deur ontblaring vertraag word. Indien 80 tot 90% van byvoorbeeld ‘n klimaksplant in die droër dele se blaaroppervlakte verwyder word, kan dit ‘n totale staking in wortelgroei van so lank as 12 tot 17 dae meebring. Ontblaring van 60 tot 70% laat wortelgroei vir ‘n paar dae gedeeltelik staak, terwyl 40 tot 50% se ontblaring wortelgroei net vertraag, maar nie heeltemal laat ophou nie (Foto 2).

Die graad van benutting van ‘n weiplant het dus ‘n direkte invloed op wortelontwikkeling, en gevolglik op die hergroei van die bogrondse komponent. Indien die plant baie straf ontblaar word is dit lank aangewese op die onttrekking van groeireserwes wat in die stoppels en wortelbasisse gestoor word vir gebruik in hergroei. Die weerstand van so ‘n plant om droogtetoestande en herhaalde ontblarings te oorleef is dus baie laag. So ‘n plant sal ook moeilik vir water en plantvoedingstowwe

vanuit die grond kan kompeteer met nie ontblaarde plante.

Vars benadering tot veldbestuurAlhoewel ontblaring van weiplante as normale verskynsel binne die funksionering van die weidingekosisteem beskou kan word, moet dit tog met omsigtigheid hanteer word, aangesien dit die produktiwitet van die weidingekosisteem aansienlik kan beinvloed. Hier word veral die intensiteit (hoe straf) en frekwensie (hoe gereeld) van ontblaring bedoel. Soos reeds uitgewys, is dit belangrik om ingedagte te hou dat wortelgroei by weiplante nie naastenby teen dieselfde tempo as bogrondse plantdele na beweiding herstel nie. Die nuutste gedagte rondom effektiewe en volhoubare weiveld benutting is juis gegrond rondom die wortelstelsel se optimale funksionering binne ‘n weidingbestuurstelsel. ‘n Veel langer rustyd as wat op die oog af nodig lyk, word hiervoor vereis. Sou dit nie toegelaat word nie, sal weiveld met swak verspreide wortelstelsel ‘n boer des te meer aan mens-gemaakte droogte uitlewer.

Tot onlangs was die tydperke van afwesigheid wat boere tussen opeenvolgende beweidings toegelaat het, dikwels te kort om veel regstreekse voordeel vir die veld in te hou. Daar was van die uitgangspunt uitgegaan dat ‘n kamp weer bewei kon word indien die grasse uitgegroei het na beweiding en moonlik ook saad gemaak het. Hierdie benadering sluit slegs die rus van die veld in sonder dat dit herstel het. Laasgenoemde gaan oor die opbou/herstel van groeikrag. In die jongste tyd is daar ‘n neiging om rustye lank genoeg te maak sodat die veld volkome kan herstel. Daar moet dus ‘n behoorlike onderskeid tussen rustye en die herstel van veld getref word. Laasgenoemde is die ideale benadering tot wortelontwikkeling en –herstel, wat ‘n volle groeiseisoensrus insluit. Hierdie oogmerk sal ‘n langer termynstrategie verg wat ten doel het om die groeikrag van die gewenste weiplante te herwin. Hierdie herwinning draai grootliks rondom die herstel van spesifiek die wortelselsel van die plant. Veld moet dus rus om te kan herstel.

vervolg op bladsy 22

Page 22: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Cattle Breeders’ Society of South Africa20

Page 23: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 21

Page 24: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Cattle Breeders’ Society of South Africa22

Hou ingedagte dat weiplante slegs voordeel vanuit ‘n sogenaamde rusperiode kan trek indien die plant gedurende daardie tydperk van afwesigheid van diere in ‘n kamp, sy volle groei aktiwiteit kan voltooi. Sou daar geen reën byvoorbeeld voorkom met die onttrekking van diere uit die kamp nie, het die plante mos nie gerus nie. Dit is dan juis hier waar die vollegroeiseisoensrus sy bydrae tot plant herstel maak.

‘n Kamp of groep kampe behoort na ten minste elke derde jaar ‘n volle groeiseisoensrus te ontvang, maar kan wel gedurende die dormante maande (Mei tot Augustus) bewei word sonder om werklik die uitwerking van die volle groeiseisoensrus in die wiele te ry. Die volle groeiseisoensrus benadering lei volgens verskeie navorsers selfs tot ‘n verdubbeling in plantproduksie van die smaaklike plante in die daaropvolgende seisoen (Tabel 1).

Jaar Nie rus(2 keer/seisoen ontblaar)

Volle groeiseisoensrus(elke 3de jaar)

2007/08 1 011 2 660

2008/09 915 1 914

2009/10 1 851 2 901

Gemiddeld 1 259 2 491

Weidingkapasiteit (ha/kleinvee-eenheid)

1.0 0.5

Die resultate van Tabel 1 dui daarop dat die produksie verkry met ‘n volle groeiseisoensrus 98% hoër is teenoor ontblaring twee keer per seisoen. Daar kan met veiligheid gespekuleer word dat hierdie produksie voordeel verkry, nog aansienlik sal toeneem soos wat die seisoene sal volg. Daar bestaan nog vele sulke suksesverhale met lang rusperiodes. Hierdie vollegroeiseisoensrus benadering is met ander woorde sterk gegrond daarop dat nie net na die bogrondse dele se herstel omgesien word nie, maar die wortelstelsel van die plant ontvang vir die eerste keer sy regmatige aandeel in die herstel fase soos wat dit verdien. As dit nou nie goeie produksie rendement op ‘n langrusbelegging is nie, dan wil ek liewers nie weet wat is goeie veldbestuur nie.

Tabel 1 Voorbeeld van volle groeiseisoensrus se produksie in die daaropvolgende jaar – sentrale grasveldgebied.

Die verhouding tussen die graad van benutting tussen plante word deur die dier se voorkeure bepaal. Nadat ‘n kamp, met ‘n laer drukbeweidingsbenadering benut is, sal smaakliker plante maksimaal ontblaar wees, terwyl die persentasie ontblaring van onsmaaklike plante laer sal wees. Minder ontblaarde plante se kompeteervermoë sal dus sterker wees vir voedingstowwe en water as die straf ontblaardes. Die lengte van die rusperiode moet dus lank genoeg wees sodat die groeireserwes van smaaklike plante weer aangevul kan word voor die daaropvolgende ontblaring.

‘n Ander beginsel is om die smaaklike plante net tot so ‘n mate te ontblaar dat dit so gou moontlik weer normaal kan fotosinteer en so kort moontlik aangewese is op

die onttrekking van groeireserwes vanuit die wortels vir hergroei. Gedurende die lentemaande, wanneer die fabriek (blaaroppervlakte) van die plant nog nie optimaal funksioneer nie, is die plant aangewese op groeireserwes vir bot en hergroei. Tydens hierdie periode is die plant vatbaar vir oorbeweiding (indien te lank in kamp gebly word) en moet sorg gedra word dat die fabriek eers optimaal funksioneer voordat beweiding weer plaasvind.

SamevattingMeer navorsers moet spreekwoordelik in die toekoms ondergronds beweeg ten einde die volle bydrae van die plant se wortelstelsel tot volhoubare diereproduksie

vervolg op bladsy 23

Page 25: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 23

te ontrafel. Hierdeur sal die volle prentjie van die verskillende weiveldbestuursbenaderings (lae benuttingsbenadering en hoë benuttingsbenadering) se voor en nadele duideliker uitgewys kan word. Daar moet dus nie net na die bogrondse produsiepotensiaal gekyk word in besluitnemings nie, maar deegliker besef word dat die bo- en ondergrond afhanklik is van mekaar.

Kennis oor plantegroei en die benutting daarvan is veranderlike hulpbronne waaroor die boer wel beheer het. Verder moet die veeboer nie alleen waarneem wat gebeur met die omgewing, klimaat, voeding, tegnologie, diere en hul produksie nie, maar hy moet die waarnemings behoorlik monitor. Om te monitor beteken om vrae soos wanneer, wat, waarom, hoe, hoeveel, en wie te beantwoord en hierdie antwoorde op rekord te plaas om as verwysingsbron te dien in toekomstige besluitnemings prosesse. Hoe fyner die waarnemings gemaak word en hoe deegliker die monitering geskied, hoe groter die vooruitsigte tot sukses.

Sorg vir jou weiplant en hy sal weer vir jou sorg. Streng gesproke boer die veeboer nie met vee nie maar wel met weidings. Die vee word slegs gebruik om beskikbare weiding in ‘n bemarkbare komoditeit wat vir menslike verbruik geskik is, om te sit. Die produsie van vleis, melk, wol of ander dier produkte hang primer af van die beskikbare weiding of voeding. Die toegewyde veeboer wat die wetenskap van waarneming en monitering vervolmaak sal nie alleen op ekologiese gebied kan getuig van sukses nie, maar ten opsigte van sy finansiële posisie as geheel verseker wees van sukses.

Hoewel daar eenstemmigheid oor die doelstellings en beginsels van veldbestuur bestaan, verskil navorsers, voorligters en boere baie oor die relatiewe meriete van elke veldbestuurstelsel ten opsigte van die bevrediging van hierdie beginsels. ‘n Veldbestuurstelsel is dus ‘n kombinasie van rus- en beweidingsperiodes waarby die beginsels en doelstellings van veld- en veebestuur ingebou is. Aangesien stelsels nie altyd die teoretiese beginsels in die praktyk bevredig nie, en ook nie die verwagte resultate lewer nie, word daar altyd verder na die ideale stelsel gesoek.

Foto 1 Invloed van ontblaring op wortelgroei. Matig bewei links en straf bewei regs

Foto 2 Uitwas van wortels onder verskillende behandelings

Page 26: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Cattle Breeders’ Society of South Africa24

Page 27: Beefmaster 2016 · Official Journal 2016 Amptelike Joernaal Beefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 7 Ons moet kyk na die internasionale aanvraag na ons produk en ons ras

Official Journal 2016 Amptelike JoernaalBeefmaster Beestelersgenootskap van Suid-Afrika 25