belvedere schoolbelvedereschool.co.za/lockdown/graad 11 - grade 11/gr…  · web view2020. 7....

17
AFRIKAANS: EAT GRAAD 11 WEEK 5 Aktiwiteit 16 Lees en kyk Kom ons kyk eers na die woordeskat wat julle nodig het om die verhaal te verstaan. Woordeskat Vyftig myl: omtrent 80 kilometer Enjinkap: bonnet Kierie: walking stick Skrefiesoë: oë wat amper toe is (narrowed eyes) Bearings geslaat: (the bearings and camshaft have seized) Tamaaie lorrie: (a very big truck) Wiegend op sy voete: (very unsteady on his feet ) ‘n Nugter mechanic: ‘n werktuigkundige wat nie dronk is nie ( a sober mechanic) Verongeluk: om te sterf in ‘n ongeluk (to die in an accident) Stuurwiel: waarmee ‘n voertuig bestuur word (Steering wheel) Kaptein Duiwel deur Dana Snyman Vyftig myl voor Pofadder ruk die Hillman Vogue ‘n paar keer,proes ‘n slag en vrek. Pa haal hom uit rat uit en draai die

Upload: others

Post on 19-Jan-2021

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GR…  · Web view2020. 7. 6. · Vyftig myl:omtrent 80 kilometer. Enjinkap:bonnet. Kierie:walking stick. Skrefiesoë:oë

AFRIKAANS: EATGRAAD 11

WEEK 5Aktiwiteit 16Lees en kyk

Kom ons kyk eers na die woordeskat wat julle nodig het om die verhaal te verstaan.

WoordeskatVyftig myl: omtrent 80 kilometer

Enjinkap: bonnet

Kierie: walking stick

Skrefiesoë: oë wat amper toe is (narrowed eyes)

Bearings geslaat: (the bearings and camshaft have seized)

Tamaaie lorrie: (a very big truck)

Wiegend op sy voete: (very unsteady on his feet )

‘n Nugter mechanic: ‘n werktuigkundige wat nie dronk is nie ( a sober mechanic)

Verongeluk: om te sterf in ‘n ongeluk (to die in an accident)

Stuurwiel: waarmee ‘n voertuig bestuur word (Steering wheel)

Kaptein Duiweldeur Dana Snyman

Vyftig myl voor Pofadder ruk die Hillman Vogue ‘n paar

keer,proes ‘n slag en vrek. Pa haal hom uit rat uit en

draai die sleutel,maar hy is dood.

“Wat nou,my hartjie?’ vra Ouma. “Is dit die fênbelt?”

Pa byt net op sy tande en swaai die Vogue tot op die

gruis langs die teer,regoor die bordjie wat sê: Pofadder

50. Toe klim hy in die warm son uit en maak die enjinkap oop.

Dit is Nuwejaarsdag en ons is vieruur vanoggend al op Danielskuil weg,op pad

Pofadder toe vir oom Gertjie Niemoller se Nuwejaarsbraai.

Ons ander klim ook uit: eers Ma wat voor sit, dan ek, Oupa en Ouma met haar

kierietjie. Ons gaan staan langs Pa by die enjin.

Ouma wys met haar kierie na die battery. “Is dit nie die fênbelt nie, hê?”

Page 2: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GR…  · Web view2020. 7. 6. · Vyftig myl:omtrent 80 kilometer. Enjinkap:bonnet. Kierie:walking stick. Skrefiesoë:oë

“Nee, Mammie, dis nie die fênbelt nie.”

Oupa stap tot in die middel van die pad, sy hemp natgesweet tussen die blaaie. “As

die son jou vandag hier alleen kry, brand hy jou dood,” sê hy en kyk met skrefiesoë

oor die kaal vlakte rondom ons uit. Daar is nie ‘n kar in sig nie, net stilte en klippe en

telefoonpale en tolbosse wat in die warm wind rol.

Pa skud sy kop en sê: Ons sal maar moet wag vir hulp. Ek dink sy het bearings

geslaat.” ‘n Halfuur tik verby op die dashbord se horlosie. ‘n Uur.

Later begin Pa en Oupa bereken hoe lank ons sal oorleef op die water in die Hillman

se radiator terwyl ek begin huil en Ma vertel van die storie wat

sy in ‘n tydskrif gelees het van ‘n vliegtuig wat in die

Andesgebergte geval het met ‘n klomp rugbyspelers in en

hoe hulle later die dooies begin eet het.

“Wag, wag, hier kom nou iets.” Oupa beduie na ‘n beweging in die verte.

Eers lyk dit na ‘n trein, maar dit word ‘n tamaaie lorrie wat oor die vlakte aangebewe

kom. En hy gewaar ons, want hy toet. Toe grom hy in ‘n

laer rat in en kom bewend en blasend langs ons tot

stilstand. Die deur swaai oop. ‘n Leë bottel val uit en breek

op die teerpad. ‘n Man in ‘n wit stofjas kom agterna, wiegend op sy voete.”

“Jis, jis, howzit, dit smaak my julle het troubles! But don’t fear when Kleingiel Stols is

near-hulle noem my nie verniet die Kaptein Duiwel van De Aar nie.”

Hy gaan peuter onder die enjinkap, stap om en draai die Hillman se sleutel. Maar

niks gebeur nie.

Ouma loer saam met hom onder die engin. “Is dit nie die fênbelt nie, Meneer?”

“Klink vir my na die coil, my antie.” Hy kyk op sy horlosie. “En dis Nuwejaar. Jy sal

nie nou ‘n nugter mechanickry nie. Ek sal julle moet insleep.”

Pa kyk na Kaptein Duiwel, toe na die gebreekte bottel in die pad en toe die verte in.

Hy knik . “Dit sal gaaf wees. Jy verongeluk ons net nie.”

Kaptein Duiwel bring ‘n dik tou en bind dit eers aan die lorrie se agterkant, toe aan

die Hillman se stamper. Nie lank nie, toe pluk daai tou weer styf. En daar gaat ons,

al agter die lorrie aan.

“Stadig!” roep Pa en gryp die stuurwiel met albei hande vas.

“Ho! Maar die lorrie gee net ‘n brul en spoeg ‘n donker rookwolk

onder sy maag uit. “Is die man van sy trollie af!” bulder Oupa.

“Toet vir hom!” Pa lig sy hand om te toet , maar Kaptein Duiwel

Page 3: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GR…  · Web view2020. 7. 6. · Vyftig myl:omtrent 80 kilometer. Enjinkap:bonnet. Kierie:walking stick. Skrefiesoë:oë

ruk die lorrie so vinnig oor die witstreep terug dat dit voel asof ons op die Big Dipper

by die Ranse Paasskou is.

Ma kyk nie eers op nie, sy lees een van haar Mills & Boon-boekies. “Ek sê toet vir

die fool!” beveel Oupa weer. Pa toet, maar bokant die lorrie se gebrul kan niemand

iets hoor nie. En die Hillman se speedometer staan klaar op 60 myl per uur.

Toe opeens, kom iets van voor af deur die lug gevlieg . Dit val op die klippe langs

die pad en spat in stukkies.

“Dis ‘n wynbottel!” roep Pa en gryp weer na die stuurwiel, want Kaptein Duiwel is al

weer met ons aan die verkeerde kant van die pad.

Langs my val Oupa weg met ‘n psalm: “Die duis-ter-nis ver-skrik ons nie, ons vree-

hees nie vir die na-haag…”

Later word die toring ‘n dorp met peperbome en huise, ‘n winkel en ‘n garage. Maar

die Hillman se speedometer bly stokstyf op 60 myl per uur staan.

Pa lê op die toeter, maar die vragmotor sug weer net een van daai donker wolke uit.

En beur met ons vorentoe. By die winkel en die garage en oom Gertjie se winkel

verby, by die hele Pofadder verby, met Oupa wat halflyf by die venster uithang en

roep: “Help! He-help!”

“Ons sal iets moet doen,” sê Pa. “Hierdie fool gaan met ons in ons

malle maai in ry – as hy ons nie dood verongeluk nie.”

Agter ons word Pofadder al hoe kleiner en die vlakte al hoe groter. Pa vat die

Hillman se stuurwiel stywer vas en frons sy dinkfrons. “Julle moet nou vashou, ek

gaan ons ontset.” “Wat beteken ontset, hê, Pa?” vra ek. Maar Pa luister nie, sy oë

is op die lorrie voor ons. Toe kom hy so halfregop agter die Hillman se stuurwiel. En

lig sy regtervoet. Toe trap hy die briek tot teen die vloer.

Die Hillman steek in die middel van die pad vas en kraak. Daai

dik tou rek en rek – en breek. Toe, amper asof ons sonder die Hillman agter Kaptein

Duiwel se lorrie wil aangaan, skiet ons vorentoe. Oupa se hoed spring van sy kop

af en Ouma se handsak trek verby Pa se kop tot teen die voorruit. Ek voel hoe ek

tussen die voorste twee sitplekke deurskuif en hoe my kop teen die dashbord stamp.

“Is dit nie die fênbelt nie, my hartjie? Is dit nie die fênbelt nie?”

Beantwoord die volgende vrae in jou skrif:1. Wie is almal in die motor?

2. In watter soort motor ry hulle?

3. Waarheen is hulle op pad?

4. Hoe ver is hulle nog van hulle bestemming?

Page 4: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GR…  · Web view2020. 7. 6. · Vyftig myl:omtrent 80 kilometer. Enjinkap:bonnet. Kierie:walking stick. Skrefiesoë:oë

5. Wat dink Ouma is verkeerd met die kar?

6. Beskryf die weerstoestand op daardie dag.

7. Watter dag van die jaar is dit?

8. Hoekom is hulle op pad Pofadder toe?

9. Wie is die verteller in die verhaal?

10.Wat dink Pa is die probleem met die motor?

11.Wat is hulle enigste bron van water?

12.Dink jy Ma hanteer die situasie goed? Hoekom sê jy so?

13.Hoe lank wag hulle voordat die eerste voertuig verby kom?

14.Waarom dink jy kom die lorrie “aangebewe”?

15.Wat val uit as die bestuurder van die lorrie sy deur oopmaak. Wat impliseer dit?

16.Wat is a) die bestuurder se regte naam? b ) sy bynaam?

17.Hoekom sal hulle nie nou ‘n nugter “mechanic” kry nie?

18.Waarmee vergelyk die verteller die rit terwyl die kar gesleep word?

19.Hoe weet ons ma steur haar nie veel aan die fiasko nie?

20.Ry Kaptein Duiwel teen ‘n veilige spoed? Hoekom sê jy so?

21.Wat doen Oupa as hy bang is?

22.Hoe weet ons dat Kaptein Duiwel van hulle vergeet het?

23.Wat bedoel Pa met “ek gaan ons ontset”?

24.Hoe ontset Pa vir hulle?

25.Pas die woorde by die karakters wat die woorde sê. (Skryf die korrekte letter langs die

regte nommer.)

Karakter Woorde1. Ouma A “don’t fear when Kleingiel Stols is

near”

2. Oupa B “Is dit nie die fênbelt nie?”

3. Pa C “Help! He-help!”

4. Kaptein Duiwel D ‘Ek dink sy het bearings geslaat.”

AKTIWITEIT 17Taalstrukture en –konvensies

1. In die volgende teks kom daar 20 spelfoute voor. Skryf die woorde wat verkeerd gespel is,

korrek oor.

Page 5: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GR…  · Web view2020. 7. 6. · Vyftig myl:omtrent 80 kilometer. Enjinkap:bonnet. Kierie:walking stick. Skrefiesoë:oë

Hier is dus ’n paar dinge wat onderwysers wens ouers het geweet . . .

1. Onderwysers is nie die aaklige draake wat kinders soms kom vertel hulle is nie.

Geen onderwyser sal ’n kind moedswilig benadeel nie. Dis baie

belangrik om na albei kante van ’n sak te kyk indien ’n probleem

ontstaan.

2. Onderwysers stap die ekstra myl vir ander mense se kinders en offer soms kosbare tyd op wat vir hul eie gesen bedoel is.Ek wonder of ouers besef hoeveel ekstra uure deur onderwysers buite die klaskamer

ingeploeg word – ure se afrigtig van buitemuurse aktiwitiete en die bywoon van

skoolaktiwiteite en wedstryde.

3. Die werklikheid van ’n onderwyser se dagtak word dikwels onderskat.Ouers besef nie watter eise elke dag aan onderwysers gestel word nie: periode ná

periode met klasse van 35 tot 40 leerders. Dikwels is somige leerders baie ongeskik

en ongehoorsam. Daar’s baie voorberyding; baie naasienwerk, om nie te praat van

terreindiens voor skool, ná skool en tydens pouse nie, en buitemuurse aktiwiteite en

vergaderings buite skoolteid.

4. Onderwysers waardeer ouers se samewerking en onderstuening ongelooflik baie.Daar ontstaan probleeme by ’n skool wanneer leerders hulle swak gedra, in stryd met

die skoolreels optree, nie hul plig nakom ten opsigte van huiswerk nie, ensovoorts.

As so ’n situasie ontstaan, waardeer onderwysers dit wanneer ouers hulle

samewerkking gee.

Gelukig weet ons as onderwysers ook dat daar soveel wonderlikke ouers is, wat hul

kinders, die onderwysers en die skole pragtig ondersteen. En dis nog iets wat

onderwysers wens ouers het geweet: HOEVEEL ONS DIT WAARDEER!

- Olga Channing

Page 6: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GR…  · Web view2020. 7. 6. · Vyftig myl:omtrent 80 kilometer. Enjinkap:bonnet. Kierie:walking stick. Skrefiesoë:oë

2. Die taalvrae wat volg is op die volgende artikel gebaseer.

Lees dit aandagtig deur en voltooi die opdrag:

Kinders se wense word een-een waar

Die Heilsleër se Angel Tree-program word jaarliks oral in die wêreld aangebied en

Namibië s’n word tans voor die Pick ‘n Pay in Wernhil Park tot 24 Desember gehou.

‘n Kersboom met engelversierings daarop wat die naam, ouderdom en geslag van ‘n

kind in nood bevat, word uitgestal en die gedagte is dat iemand ‘n engelversiering

afhaal en ‘n Kersgeskenk koop vir die kind wie se naam op die versiering is. Die

koper kan dan die versiering huis toe neem en aan die Kersboom ophang.

Vir meer inligting, kontak Rob of Juanita Wright by 061 223 661 of 081 308 7518 of

[email protected].

Bron: Republikein, Maandag 2011/12/19

2.1 Skryf die sinne oor , maar begin met die onderstreepte woorde:2.1.1 Die Heilsleër se Angel Tree-program word jaarliks oral in die wêreld aangebied.

2.1.2 Die koper kan die versiering huis toe neem en aan die Kersboom ophang.

2.1.3 Vir meer inligting kan mense Rob of Juanita Wright kontak.

2.2 Skryf die onderwerp, gesegde en voorwerp neer in die volgende sinne:2.2.1 Koop ‘n kersgeskenk vir ‘n kind in nood.

2.2.2 Die koper kan die versierings huis toe neem.

2.3 Skryf die sinne oor in die indirekte rede:2.3.1 “Wil jy nie ‘n kersgeskenk koop vir ‘n kind in nood nie?”

Begin so: Hy vra of…

Page 7: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GR…  · Web view2020. 7. 6. · Vyftig myl:omtrent 80 kilometer. Enjinkap:bonnet. Kierie:walking stick. Skrefiesoë:oë

2.4 Gee EEN WOORD vir die vetgedrukte woorde. Skryf dus die sin volledig oor:2.4.1 Sy koop ‘n geskenk vir Kersfees vir die kind in nood.

2.4.2 Die Heilsleër se Angel Tree-program word jaarliks oral in die wêreld aangebied.

2.4.3 Die Republikein is die mense wat in Namibië woon se koerant.

2.5 Kyk na die onderstreepte woorde in die teks2.5.1 Skryf die woorde neer.

2.5.2 Soek die betekenisse van die woorde in die woordeboek op.

2.5.3 Gebruik nou die woorde in jou eie sin.

2.6 Vervang die vetgedrukte woorde hieronder met persoonlike voornaamwoorde:2.6.1 Die seun vra die dogter wat die dogter vir Kersfees wil hê.

2.6.2 Hy en sy is baie bly oor die kersgeskenke.

AKTIWITEIT 18Lees en Kyk

Uit: Weg Januarie 2009

LEES nou die leesstuk sorgvuldig deur en beantwoord die daaropvolgende vrae:

1. VERKEN DIE KUS OP ‘N VESPA

Een van die heel lekkerste dinge op ‘n eiland is om met ‘n verlate pad te ry, afgeleë

strande te verken en te swem. Die beste plek om ‘n bromponie in Zanzibar te huur, is

die suidoostelike kus. Die paai is in ‘n goeie toestand en meestal sonder verkeer.

Page 8: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GR…  · Web view2020. 7. 6. · Vyftig myl:omtrent 80 kilometer. Enjinkap:bonnet. Kierie:walking stick. Skrefiesoë:oë

Wat kos dit? Tussen Ṩ20 en Ṩ35 per dag, plus die petrol (Ṩ2 per liter). Vra in Paje

rond vir Duli (Abdullah) met die Rastalokke.

Weg sê: Jy sal nie sommer voorgekeer word nie, maar vat jou Suid-Afrkaanse en

internasionale rybewys (beskikbaar by die AA) saam.

2. GROET ‘N AAP

Sowat 7km van Paje af, op pad na Stone Town, kry jy die Jozani-Chakwabaai-

nasionale park. Dis die laaste oorblywende stukkie van die inheemse mahoniewoud

wat eens op ‘n tyd die grootste deel van Unguja bedek het. Hier’s ‘n trop bedreigde

rooi kolobus-ape (stomp-ape) wat jy gewoonlik in die boomtoppe naby die park se

ingang sien. Die sowat 2500 ape, wat tien jaar gelede op die rand van uitwissing

was, is gered deur ‘n vindingryke plan waardeur die gemeenskap ‘n deel van die park

se toegangsgeld kry.

Wat kos dit? Toegang is Ts 10000 (R75) per volwassene en Ts 5000 (R38) vir

kinders onder 12. Die prys sluit ‘n gids in.

Weg sê: Besoek die Jozaniwoud terwyl jy nog die Vespa het en spaar sommer die

prys van ‘n taxirit.

3. GAAN OP ‘N BLOU SAFARI

‘n Blou safari is ‘n hele dag op ‘n dau in Menaibaai, ‘n doolhof van sandbanke en

koraalriwwe sowat ‘n halfuur van Paje af.

Die eerste stilhouplek is ‘n wortelboomstrandmeer(”mangrove”) op Kwale-eiland. Na

‘n lekker swem daar neem die dau jou na ‘n sandbank in die see, waar jy swem en

snorkelduik.

Daarna is dit terug Kwale toe vir ‘n seekosfees en ‘n stappie na ‘n uiters vreemde

kremetartboom wat meer as ‘n eeu gelede omgeval, maar bly leef het. Dit lyk soos

iets uit Lord of the Rings.

Wat kos dit? Ṩ40 - Ṩ60 per persoon, mits jy bereid is om te kibbel. Die prys sluit

vervoer van Paje af in, asook middagete en snorkeltoerusting. Die oorspronklike

Safari Blue-toermaatskappy van Ṩ55 per volwassene en Ṩ30 vir kinders onder 15.

Hierdie toer vertrek van die dorpie Fumba af; dus betaal jy Ṩ10p.p. ekstra vir vervoer.

Kontak: www.safariblue.net

Weg sê: Middagete is die hoogtepunt: Jy kry kreef, garnale, calamari,

koningvissteak, vrugte en chapatti-brood met yskoue Coke. Hou genoeg plek!

Page 9: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GR…  · Web view2020. 7. 6. · Vyftig myl:omtrent 80 kilometer. Enjinkap:bonnet. Kierie:walking stick. Skrefiesoë:oë

Uit: Weg Januarie 2009

Beantwoord die volgende vrae nadat jy die artikel gelees het:1. Op watter eiland vind mens die dorpie, Paje?

2. Noem twee kenmerke van die paaie op hierdie eiland.

3.Watter twee dokumente behoort ‘n Suid-Afrikaanse toeris by hom te hê as hy in

Zanzibar ‘n voertuig wil betuur?

4.Watter voertuig stel die skrywer voor behoort die toeris te gebruik om Zanzibar se

interressante plekke te besoek?

5.Waar sal mens die rooi kolobus-ape vind?

6.Kies die korrekte antwoord:

Die 2500 rooi kolobus-ape is vandag:

a. Almal uitgewis

b. ‘n Bedreigde spesie

7.Wat word ingesluit by die toegangsgeld wanneer jy na hierdie ape wil gaan kyk?

8.Op watter manier kan ‘n mens geld spaar wanneer jy die Jozaniwoud wil besoek?

9. Kies die korrekte antwoord:

‘n Dau is ‘n (boot/vliegtuig) waarop jy die koraalriwwe in Menaibaai kan besoek.

10.Noem 2 aktiwiteite wat die toeris op die sandbank naby Kwale-eiland

kan doen.

11.Soos wat lyk die ou, omgevalde kremetartboom op Kwale-eiland?

12.Kinders van watter ouderdom kwalifiseer vir afslag op die “Blou safari”?

13.Op watter webtuiste kan mens nog informasie oor die “Blou Safai” kry?

14.Watter drankie is ingesluit by jou middagete op jou “Blou Safari” toer?

AKTIWITEIT 19Taalstrukture en –konvensies

Lees die onderstaande artikel oor die Nasionale Kruger Wildtuin en beantwoord die

daaropvolgende vrae:

Page 10: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GR…  · Web view2020. 7. 6. · Vyftig myl:omtrent 80 kilometer. Enjinkap:bonnet. Kierie:walking stick. Skrefiesoë:oë

1. Soek woorde in die leesstuk wat dieselfde BETEKEN as elkeen van die volgende omskrywings en skryf dit in jou Taalkunde skryfboek neer: 1.1 natuurlike plantegroei

1.2 toer waartydens jy baie wilde diere kan sien

1.3 groep oornaghutte, kafeteria en restaurant in die wildtuin

1.4 baie besig

1.5 voertuie wat deur die wildtuin ry

1.6 pla (disturb)

1.7 geskiedenis(history)

1.8 basiese middele waarsonder jy nie kan klaarkom nie

1.9 Blatjang

1.10 verdeel (split)

Page 11: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GR…  · Web view2020. 7. 6. · Vyftig myl:omtrent 80 kilometer. Enjinkap:bonnet. Kierie:walking stick. Skrefiesoë:oë

2. Kies die korrekte word tussen hakies en skryf dit in jou Taalkunde skryfboek neer: 2.1 Toe die verkeersman hom voorkeer, neem hy ‘n (vyandige/vyandelike) houding in.

2.2 Die meisie het ‘n ( kinderagtige/kinderlike) vertroue in haar ma.

2.3 Ons (prakseer/praktiseer) vinnig ‘n plan om die stukkende fiets reg te maak.

2.4 Die (kliënt/klant) koop by die supermark.

2.5 Daar was ‘n groot (getal/aantal) mense wat die wildtuin besoek het.

AKTIWITEIT 20Taalstrukture en –konvensies

Kyk na die volgende figuurlike uitdrukkings by elke prentjie:

Wat beteken hierdie idiomaties woorde wat by elke dier gebruik is?

1. Hier volg die betekenis van bogenoemde idiomatiese taalgebruik. Rangskik dit in die korrekte volgorde. Skryf die antwoorde in jou Taalkunde skryfboek neer.

Kolom A Kolom B

1 Jou mond kan maar jem kry! A Dit gaan baie goed.

2So rats soos ‘n roer! B Hy mis die dae toe dit nog baie goed met

hom gegaan het.

3 Klein muisies het groot ore! C Dit is goed gesê!

4Natalie du Toit is soos ‘n vis in die

water.

D Jy het nie geslaag nie.

5Hy is ‘n bittereinder. E Word gesê as jy baie vinnig en beweeglik

is.

6 Hy verlang terug na die vleispotte van F Die persoon kan baie goed swem.

So rats soos ‘n roer!

Jou mond kan maar jem kry!

Klein muisies het groot ore!

Page 12: Belvedere Schoolbelvedereschool.co.za/Lockdown/Graad 11 - Grade 11/GR…  · Web view2020. 7. 6. · Vyftig myl:omtrent 80 kilometer. Enjinkap:bonnet. Kierie:walking stick. Skrefiesoë:oë

Palestina.

7 Alles gaan voor die wind! G Hy kan baie swaarkry verdra.

8 Hy het sak en pak vertrek. H Pas op wat jy voor kinders sê.

9 Sy rug is breed. I Hy hou aan tot die einde.

10 Dit is neusie verby. J Hy is weg met al sy goed.

2. Verbind die sinne met die voegwoorde tussen hakies:2.1 Julle moet begin oefen. Julle wil graag presteer in hokkie en sokker. (aangesien)

2.2 Die seuns gaan die staproete meemaak. Die seuns wil die mooi natuur in die

Drakensberge sien. (sodat)

2.3 Hulle doen geen oefening nie. Hulle is te lui. (want)

2.4 Die atlete moet aan die kompetisie deelneem. Hulle moet fiks word. (daarom)

2.5 Eet gesond. Mense wat verkeerde eetgewoontes het, raak gou siek. (dus)

2.6 Hy kon nie betyds van die aanstormende leeu wegkom nie. Hy kan vinnig hardloop.

(alhoewel)

2.7 Tiger Woods het gewen. Die gholfbaan was vir hom ‘n uitdaging. (aangesien)

2.8 Patrick Lambie is toegewyd aan rugby. Patrick Lambie sal sy doelskoppe oefen. (daarom)

2.9 Die sokkerspan sal hierdie seisoen hard moet oefen. Die sokkerspan het verlede jaar nie

goed gespeel nie. (dus)

2.10 Jy moet jou raket reg vashou. Jy kan die bal hard moker. (sodat)