bloedrobyne van valery du toit

238
**** Die robyne van Valery du Toit ***** deur Welma den Haan Die luukse swart motor se enjin luier saggies en as die bestuurder die pedaal dieper intrap, beweeg die motor skielik vinnig vorentoe. Die wit bekleding is koel op hierdie snikhete dag. Die bestuurder kyk na die groepie mooi meisies wat langs die pad stap en oorweeg vir ‘n oomblik om stil te hou en hulle op te laai. Dan ry hy tog verder en parkeer sy motor binne- in die parkeergarage van ‘n groot winkelsentrum in Pretoria. Nadat hy die motor gesluit het, draf hy die sentrum binne en stap doelgerig na ‘n mansklere winkel. Hy koop ‘n hemp en broek en loop hierna bietjie doelloos rond. Hy wonder oor die meisie van hom. Hy staan op die oomblik by die venster van ‘n juwelewinkel. Die ringe en hangertjies en armbande word ongelooflik mooi uitgestal en dit lyk goed. “Dis glad nie goedkoop goed dié nie, maar mens wil ook nie ‘n goedkoop ding koop nie, ek wil iets koop wat vir altyd sal hou. Sy is dit mos darem werd.” Die jongman dink aan sy meisie. ‘n Pragtige donkerkop, fyn gebou met die gelaat van ‘n prinses en die stem van ‘n godin. Sy is nog jonk, bietjie jonger as hy, maar ‘n ideale maat. Sy het pas klaar studeer en begin werk hier in die stad. Hy het haar leer ken by ‘n verjaardagpartytjie van ‘n gemeenskaplike vriend. Die eienaar loop hom tegemoet toe hy ‘n restaurant binnestap. “Hallo, Dave, hoe gaan dit?” “Baie goed, very good, my friend, wat kan ek aan jou bedien vandag?” vra Dave met sy tipiese Engelse aksent. “Wat van ‘n Irish Coffee en ‘n lekker groot stuk sjokolade koek.” “Coming up!” Hy eet en drink terwyl hy aan sy lewe en omstandighede dink. Hy het sy ouers vroeër die jaar verloor, en as enigste kind was hy ook die enigste erfgenaam van sy ouers se skatte. Sy ouers het vroeg afgetree en in die buiteland gaan reis, soos hulle 1

Upload: rooirobyn

Post on 10-Apr-2015

1.309 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Bloedrobyne Van Valery du Toit

**** Die robyne van Valery du Toit ***** deur Welma den Haan

Die luukse swart motor se enjin luier saggies en as die bestuurder die pedaal dieper intrap, beweeg die motor skielik vinnig vorentoe. Die wit bekleding is koel op hierdie snikhete dag. Die bestuurder kyk na die groepie mooi meisies wat langs die pad stap en oorweeg vir ‘n oomblik om stil te hou en hulle op te laai. Dan ry hy tog verder en parkeer sy motor binne-in die parkeergarage van ‘n groot winkelsentrum in Pretoria. Nadat hy die motor gesluit het, draf hy die sentrum binne en stap doelgerig na ‘n mansklere winkel. Hy koop ‘n hemp en broek en loop hierna bietjie doelloos rond. Hy wonder oor die meisie van hom. Hy staan op die oomblik by die venster van ‘n juwelewinkel. Die ringe en hangertjies en armbande word ongelooflik mooi uitgestal en dit lyk goed. “Dis glad nie goedkoop goed dié nie, maar mens wil ook nie ‘n goedkoop ding koop nie, ek wil iets koop wat vir altyd sal hou. Sy is dit mos darem werd.” Die jongman dink aan sy meisie. ‘n Pragtige donkerkop, fyn gebou met die gelaat van ‘n prinses en die stem van ‘n godin. Sy is nog jonk, bietjie jonger as hy, maar ‘n ideale maat. Sy het pas klaar studeer en begin werk hier in die stad. Hy het haar leer ken by ‘n verjaardagpartytjie van ‘n gemeenskaplike vriend. Die eienaar loop hom tegemoet toe hy ‘n restaurant binnestap. “Hallo, Dave, hoe gaan dit?”“Baie goed, very good, my friend, wat kan ek aan jou bedien vandag?” vra Dave met sy tipiese Engelse aksent.“Wat van ‘n Irish Coffee en ‘n lekker groot stuk sjokolade koek.”“Coming up!” Hy eet en drink terwyl hy aan sy lewe en omstandighede dink. Hy het sy ouers vroeër die jaar verloor, en as enigste kind was hy ook die enigste erfgenaam van sy ouers se skatte. Sy ouers het vroeg afgetree en in die buiteland gaan reis, soos hulle dikwels gedoen het. Met hul laaste toer, het hulle Amerika aangepak en besluit om met ‘n ‘motorhome’ deur Amerika te reis. Van hoek tot kant en van Oos na Wes. In ‘n baie afgeleë en verlate deel van die groot land, het hulle in ‘n sneeustorm beland en omdat hulle nie heeltemal vertroud is met dié soort weer nie, het hulle vasgeval en op die ou end verkluim. Die tragedie was hoofnuus vir ‘n hele paar dae. Omdat hy ook baie uitstedig is, het hy die nuus van sy ouers se dood eers ‘n week na die tragedie gekry. Die ding het hom geruk en was hy vir maande dwalende. Wat hom egter die meeste geruk het, was ‘n stukkie inligting wat in ‘n brief was wat sy pa vir hom saam met die testament nagelaat het. In die brief het gestaan: ‘Jy het iewers ‘n broer, ons het jou aangeneem, maar het nie kans gesien vir jou tweeling broer ook nie. Julle is ‘n identiese tweeling. Julle (jou) biologiese pa was my broer. Hulle is dood in ‘n bergklim ongeluk in die Alpe. Julle(jy) was twee jaar oud. Ek en jou ma het regtig net kans gesien vir een van die twee. Wat van jou broer geword het, weet ek nie. Jy is buitendien ons enigste erfgenaam.’“ Watter soort mens doen dit aan ‘n ander? ‘n Hulpelose kind. Hy sê ook nie of my broer ook aangeneem is of wat sy naam is nie.”Omtrent dieselfde tyd kom nog ‘n jongman met sy motor in dieselfde parkeergarage aan, parkeer, klim haastig uit, en drafstap die sentrum binne. Voor die deur van ‘n musiekwinkel, haal ‘n paar meisies hom in en terwyl hy sukkel om die deur oop te sluit, vertel hulle hom watter musiek hulle wil koop

1

Page 2: Bloedrobyne Van Valery du Toit

en dat hulle hoop dat hy dit het. Hulle storm saam met die man die winkel binne om te kyk wie die musiek eerste kan kry.Vir een of ander rede, kyk Dave met belangstelling na die bedrywigheid en skielik sien hy iets wat hom laat uitroep.“Oh my word,” hy kyk na sy klant wat aan sy Irish coffee en sjokolade koek smul, “that man is definitely your double, he looks excactly like you.” Die man kyk ook nou met meer belangstelling na die bedrywigheid en na die man wat Dave uitwys. “Ja, wragtig, hy lyk nogal nes ek. My tweeling wat ek nooit geken het nie!” Hy en Dave praat nog daaroor, en oor die feit dat hulle feitlik eenders geklee is. Hy betaal en stap met sy pakkie uit, maar loop in die teenoorgestelde rigting as die musiekwinkel. Hy stap oor na die juwelewinkel. Met die juwele in sy sak, verlaat hy die winkel en stap na die musiekwinkel. Hy kyk onderlangs na die man wat nes hy lyk. Hy hoor die mense noem hom Mike. Hy verlaat die winkel en loop na die parkeergarage. In sy motor kyk hy na die hemp en broek in die inkopie-sak. Op die ingewing van die oomblik, skryf hy ‘n nota op ‘n stuk papier en heg dit aan die inkopiesak. Hy klim weer uit die motor en staan vir ‘n oomblik besluiteloos. Skielik gewaar hy die man wat Mike genoem word na sy kant toe aangeloop kom. “Verskoon my, ek het hier ‘n pakkie wat ek reken jy moet kry.” “Dankie, maar dis nie...”“Nee ek weet, maar vat dit, dis joune.” Mike neem die pakkie en kyk na die inhoud. Die broek en hemp het ‘n nota by. ‘’n Geskenk van jou dubbelganger.’Hy kyk op na die motor wat nou-al naby die uitgang ry. Hy wonder oor die skielike geskenk. Hy klim in die motor en kyk weer na die nota. Nou-eers sien hy nog ‘n pakkie in die sak. ‘n Diamant-hangertjie val in sy hand. Hieraan is ‘n naam en adres geheg, met ‘n briefie. Die swart Mercedes staan in die parkeerterein van ‘n bekende kroeg kuierplek in die stad. ‘n Jongman het al sowat twee ure in die kroeg gesit en kuier, toe die vriende daar inloop. Nadat hulle gegroet het en ‘n heildronk op elkeen gedrink het, wys hy aan sy vriende die ringe wat hy gekoop het.“Dis nou ‘n man met ‘class’, kyk net die diamante, ek meen dis nou vir jou waarde daai.”“Hi pêl, hoe gaan dit deesdae met die girl van jou? Het jy haar al bietjie mak gemaak?”Die luidrugtige jongmans in ‘n kroeg in Hatfield, begin nou regtig opgewarm raak. Hulle het deur die loop van die aand al hoe luidrugtiger geword.“Ja, ek wonder oor jou vermoëns, ek bedoel nou maar, jy laat jou ook maar lekker voorsê deur haar, boelie haar bietjie man.” “Ja, jy moet haar wys wie is baas.” Laat die klomp van hulle hoor. Die jongman staan later op en groet. Hy stap na sy motor toe. Hy sukkel bietjie met die sleutel. Kom later agter dat hy die verkeerde sleutel in die hand het. Nadat hy die bos sleutels in sy hand bestudeer het in die straatlig, kies hy die regte een, druk die afstandbeheer knoppie en sluit sy motor oop. Klim in en skakel die motor aan. ‘n Baie mooi nuwe sportmodel Mercedes Benz. Die firma vir wie hy werk is baie vrygewig, want hulle weet hoe gevaarlik sy werk is. Hy vlieg al

2

Page 3: Bloedrobyne Van Valery du Toit

drie jaar vir die firma goedere na en van die DRK. Hy vlieg juis vanaand, so middernag, weer op ‘n geheime sending.Laatnag, by ‘n woonstelblok in ‘n voorstad van Pretoria, hou ‘n man stil, “Dit is mos die regte adres, wonder of sy nog wakker is?”Hy klop aan haar voordeur. Hy lui die klokkie. Na ‘n paar oomblikke klop hy weer, die keer harder, dringender, en toe gaan die deur uiteindelik op ‘n skrefie oop. Dis sy, “Maak oop, ek kry koud en ek het vir jou kom kuier.”“Jy is gedrink, ek het al geslaap, jy moet liewer loop.” Die meisie is onmiddellik vies vir die jongman.“Nee, girl, jy kan my nie wegstuur nie, ek moet eers bietjie by jou uitkom. Ek het vir jou iets gekoop.” Met dié stoot hy die meisie tot in die kamer en tot op haar bed. Hy trek haar teen hom vas, en haastig skeur hy haar klere van haar skraal lyfie af.“Nee, nee, moenie dit doen nie, ek wil nie jou dronk lyf hier by my hê nie, sies, jou asem stink..., jy stink.” Sy stamp hom van haar af weg. Hy gryp haar arm vas en val vorentoe. Sy gil en hy slaan haar met die vuis in haar gesig. Sy gil weer en hy slaan weer. Sy keer, maar hy is hopeloos te sterk vir haar. Sy voel hoe hy haar lyf platdruk teen die bed en hoe hy homself binne-in haar forseer. Dit walg haar só, dat sy naar word. Met een laaste poging, skop sy hom van haar af weg. Hy val van die bed af en sy lê toe huilend op die bed, ook net vir ‘n oomblik, sy spring op, en op dieselfde oomblik spring die man ook op, gryp haar voet, sy val en stamp haar kop teen die deurkosyn. Sy verloor haar bewussyn en bly lê. Die man gryp sy klere, ‘n nuwe broek en hemp, en trek dit blitsig aan. Sy word later wakker waar sy op die vloer lê. Sy krul op in die fetale posisie en staan later stram en seer op. Sy voel na die knop op haar kop en trek haar asem vinnig in toe sy haarself in die spieël sien. Iets bly in haar kop vassteek, iets vreemd, iets ongewoon. “Hoekom het hy dit gedoen, hy het nog nooit so iets probeer nie, dis vreemd...” Sy kyk na die bloed wat op haar bobene droog geword het. Sy was tot ‘n paar uur gelede nog ‘n maagd.Op die toneel bly daar ‘n diamant halssnoer agter.

3

Page 4: Bloedrobyne Van Valery du Toit

1. Noorde

Op ‘n pragtige Bosveld aand, as die sonsondergang rooi in die weste skyn, sit Jean du Preez met ‘n glasie rooiwyn van die plaas, Bordeaux wat aan sy familie behoort. Die plaas is baie ver van hier af. Terwyl hy in die Noorde van die land werk, ontmoet hy ‘n vrou wat, so dink hy, dieselfde passie vir die grond en die aarde het, as hy. Sy is ‘n vrou van gemengde afkoms. Haar moeder was ‘n Duitse sendeling en haar vader was ‘n Portugees van Mosambiek. Gabrielle Martinez. Sy is plaaslike sowel as Europese tale magtig. Dit is egter nie maklik om die vrou by geselskap te betrek nie. Sy ontwyk gewoonlik die groepe en besprekings, wanneer daar gebreek word vir ete of ‘n versnappering. Sy is absoluut toegewy aan haar dagtaak maar baie teruggetrokke. Sy bly op die plaas in ‘n rondawel. Dr Gabrielle Martinez is ‘n klipdokter, ‘n geoloog, wat op die vindplaas werk. Sy werk saam met ‘n klompie studente wat met hul prakties besig is. Sy het die prospekteerders geleer hoe om hul gereedskap te gebruik en skoon te maak en om ‘n waardevolle diens te lewer, deur te soek en te kap totdat hulle iets van waarde vind. Dis ‘n mooi vrou so in die oopte van die veld se hitte. Lank en lenig en vaardig.“Die oomblik toe die primitiewe mens gereedskap begin gebruik, het ‘n nuwe tydperk aangebreek. Die mens moes gereedskap maak, om sodoende doelmatig te gebruik, in die skerpmaak van ‘n stuk hout, of die afslag van ‘n dier. Dit was die geboorte van gereedskap. Dis die vordering van die mens in sy beskaafdheid. Die gereedskap het sedert daardie dag ontwikkel om die mens te help om al meer werk te kon doen en sy taak te verlig.” Gabrielle is ‘n leermeester duisend. Sy is sterk gebou, wat gewoonlik nie verwag dat iemand haar help met die dra van haar gereedskap nie. Sý is die verantwoordelike paleontoloog, een in murg en been. Sy is nie nors nie, net nie baie spraaksaam nie, ‘n ingetoë mens. Sy het donker hare en ligblou oë. As sy lank genoeg na jou kyk, lyk dit of sy tot binne in jou siel kyk. Haar hare is baie kort gesny, amper seunsagtig. Dis natuurlik gerieflik so vanweë die werk en omgewing. Dit kan maar goed warm word hier. Dit lyk asof sy in die gim boer, hoewel Jean weet dat dit nie moontlik is nie, want daar is nie genoeg ure in die dag nie. Van haar leer Jean en Dirk baie. Hoe om te soek, te kap of nie te kap nie en hoe om die omgewing te karteer. Gabrielle is ‘n geduldige mens. Sy is ook ‘n goeie luisteraar. Dirk is ‘n ywerige fotograaf. Dit was nog altyd sy droom om iets te fotografeer wat die wêreld aan die praat sal hou. Nou kan hy iets daaraan doen. Van elke stukkie grond het hy al foto’s geneem, al die goed wat Gabrielle uitgehaal het, het hy gefotografeer. “Jean, kyk hier, jy moet jou beitel so hou en dan moet jy saggies, baie saggies timmer. En net hier waar ek jou wys, nie op ander plekke nie, en dan vat jy die kwas en vee dit skoon. Ek wil hê jy moet gou hier help toue span. Dan moet jy dat Dirk hier kom foto’s neem voordat ons begin grawe.” Op die vindplaas moet al die inligting vertolk en met verslae en vondse na die monumente kommissie gestuur word.

4

Page 5: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Kennis van die verlede is nodig sodat ons die hede kan verstaan.” Dis Gabrielle se woorde aan hulle. Jean het die naweek bietjie wegkomkans gesoek en besluit om na die broodbome by Modjadji reservaat te gaan kyk. Gabrielle stem in om saam te ry. Dit is so mooi hier, maar dis warm en die pad is sleg.“Goeie hemel, ek het nog nooit so ‘n sleg pad gery nie. Kan liewer loop.” Hulle voeg ook die daad by die woord en loop die laaste end. Hulle skep bietjie asem deur in ‘n skadukol te gaan sit. Iets wat hy nou die dag gelees het, het Jean geïnteresseer, eintlik geamuseer, omdat hy ook ‘n wynmaker is. Wynmakers is mos baie jaloers op die produk wat hulle produseer.“In Duitsland is daar ‘n museum met ‘n fles wyn wat uit die derde eeu voor Christus dateer. Dit is in 1867 ontdek in ‘n Romeinse sarkofaag. Die wyn, natuurlik heeltemal ondrinkbaar, is nie van druiwe nie, maar van heuning gemaak. Dit het vandag nog die kleur van verwaterde heuning.”“Heuning, dis die eerste keer dat ek dit hoor!” Gabrielle neem ‘n groot sluk van die water wat sy saamgebring het. Jean gooi ‘n skoot water, wat hy met hom saamdra, oor sy nek en agterkop uit. Hy lag hardop, toe hy dink dat dit wyn kon wees. Gabrielle lag ook toe hy haar vertel waaraan hy dink.“Ja, ek sou jou nie opgelaai het as jy na ‘n wynvlieg ruik nie.”“Jy moet tog eendag Kaap toe gaan. Daar is ‘n plaas waar hulle presies dit doen. Van heuning maak hulle likeur. Jy sal sommer sien wat die mense alles met die druif kan doen. Heerlike wyn, onder andere, kaas en nog ‘n hele paar ander dinge.” Skielik kry hy ‘n groot heimweë na die plaas.“Waar is jou plaas? Die Bordeaux, waarvan jy al gepraat het.”“Dis die mooiste plaas in die Boland, maar dis nie myne alleen nie. Dit behoort aan die Du Preez-trust.”

Hulle kom moeg en warm op die plaas aan, ná die uitstappie, en vertel met smaak aan Dirk en sy gesin van die insiggewende uitstappie. “Die broodbome is verruklik. Volgende keer gaan julle ook saam. Ons moet net genoeg moed bymekaarskraap vir daai pad.”Daar ontstaan ‘n wedersydse vertroue tussen Jean en Inge. Sy moedig hom aan om sy studies in die geologie formeel te maak. Hy wil egter nie heeltemal byt aan die versoek nie. Jean sukkel al jare om lank op een plek te bly of om te studeer. Sy ma en pa het hom ook al gevra om iets te gaan studeer. “Jy is al amper veertig jaar oud en het nog niks meer studeer as net ‘n kursus in wynmaak en ‘n bietjie plaasbestuur nie.” Het sy pa eendag aan hom gesê. Wat niemand weet nie, is dat hy ook ‘n kursus in inligting/kommunikasie tegnologie gedoen het. Hy hou dit vir homself, want almal karring altyd aan hom. Op die liewe vindplaas vind hulle ook niks noemenswaardig, behalwe ‘n klipwerktuig of iets nie. Die instrumente van die klipdokters, die beitels, hamers en kwassies, is net so belangrik vir die werkers soos die musiekinstrumente vir ‘n musikant. Een middag, terwyl elkeen aan sy kospakkie se inhoud smul, vertel Jean vir almal wat wil hoor van fynbos. Sy liefde vir die veld en van die verskillende soort fynbos soorte.

5

Page 6: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Dirk en Jean het ‘n tafel prakseer van ‘n ou deur wat hulle van die plaas af gebring het. Die pote is stukke hout van bome wat rondlê en aan die eenkant is die rots sommer die stut. Almal sit dus heel gemaklik en eet. “Die fynbos is onverbeterlik, die skoonheid, die reuk en die ekologie van die plante.” Inge luister stilweg met verwondering en ingehoue trots na Jean. “Jy het soveel kennis van soveel plante en baie respek vir die grond waarop ons leef, ek het lanklaas soiets beleef. Ek dag jy het op ‘n wynplaas grootgeword, nou praat jy van die veld en die fynbos. Waar kom dit vandaan?” “Ek het baie gelees en geleer van die Kaapse rykdom van plante, so met die jare. Mens noem dit die fynbos koninkryk. Ek is nie ‘n boer nie, ek kan net wynmaak, dis ook aangeleer. My pa was ‘n groot natuurkenner, self aangeleer. Ek maar seker my liefde vir die natuur by hom geërf.”Gabrielle luister net en waag dit nie om weer iets kwyt te raak nie, sy is bang dat haar bewondering vlak in haar oë gaan wys en sy wil nie hê iemand moet dit agterkom nie. “Ek het inderdaad op ‘n wynplaas grootgeword, maar die liefde vir die natuur was maar altoos daar. Jy weet die wingerdplant, is ook maar ‘n makgemaakte natuurplant. Mens moenie te veel aan hom peuter nie en ook nie piep nie, dan kry jy probleme. In droogte jare, floreer die wingerd en het die boere gewoonlik rekord oeste. Dis ‘n bewys van die aanpasbaarheid van die wingerd.”

Vroeg in Desember, diep in die nag, begin dit reën. Die weer is swaar en die blitse en donderslae is aanmekaar en onophoudelik, die hele nag gaan dit so. Skielik besef die mense dat hierdie reën nie gou gaan ophou nie. ‘n Regte geelperske reën, maar na twee weke, is daar nog nie ‘n teken dat dit gaan ophou reën nie. Later begin die reën vloed-afmetings aanneem. Gabrielle vra haar studente en helpers om maar op te pak. En stuur hulle huis toe. Die ander werkers wat in die omgewing woon, is ook huis toe gestuur. Alles is naderhand ‘n modderbad. Die ander groep wat ook onder hul eie geoloog werk, het die vorige dag al begin oppak vir die feesseisoen.

Daar kom in die middaguur ‘n berig oor die plaaslike radiostasie se sender. ‘n Oproep vir hulp. Mense wat kan help met die verskuif van mense na die gemeenskap saal en na die kerksaal. Gabrielle en Jean besluit dat hulle sal gaan help. Met hulle aankoms op die dorp, word hulle na ‘n armoedige huisie gestuur. Die medisyne reuk hang swaar in die lug. Saam daarmee ook die reuk van nat klere en nat beddegoed. Die goed word nie meer droog nie en plek-plek word dit gebruik om die modderpaadjies makliker begaanbaar te maak. Skielik is Jean en Gabrielle nie op dieselfde golflengte nie. Dis sekerlik van die lang ure en die vreemde emosies wat veroorsaak dat hulle al kort-kort haaks is. Nou staan hulle by ‘n siekbed en sien dat die pasiënt, hoog teen die kussings, sukkel om asem te haal. Gabrielle voel haar pols. Dis eintlik net om haar hande besig te hou, sy weet nie eintlik wat sy voel nie, maar kan agterkom dat die pols nie sterk klop nie. Die lewe lê vlak. Tussen hom en Gabrielle moet hulle besluit wie hier bly en wie gaan die donker nag in. Terwyl hulle nog so staan, sterf die ou vroutjie en hulle gaan om die dood aan te meld. Die gesondheidswerkers doen die werk sonder om te veel te praat.

6

Page 7: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Sal julle my ‘n guns doen en na dié adres toe gaan. Julle moet die familie gaan inlig oor die ou tannie wat oorlede is.”“Oh man, ek kan nie meer nie.” Dis nie meer lekker hier nie, Jean en Gabrielle stry gedurig, oor wie moet waarnatoe en waarlangs hulle moet loop, sulke onbenullighede. Hulle loop toe maar weer en sukkel in die modder. Toe Gabrielle struikel en amper val, gryp Jean haar arm en sy uiter ‘n gedempte, “Ag fok!” Sy ruk haar arm los en sê vies “Eina, jy maak my arm seer.” Hulle kom by die gemeenskapsaal aan, waar hulle en ‘n klomp mense die nag sal moet probeer slaap.“Ek is nou regtig honger. Ruik hoe lekker ruik die sop of kos of iets.” Dis so ‘n geskarrel om droog te bly, dat hulle nou al hul skoonste droë klere aanhet.Die volgende oggend lyk dit amper asof die son gaan deurkom. Gabrielle probeer opgewek klink toe sy opmerk. “Dit lyk asof die son sukkel om deur te kom.” Jean kom agter dat selfs hy wat redelik fiks is, ook tekens van uitgeputheid toon. Na agt dae se gesukkel in die modder en nat weer, kom mens op die einde van jou kragte. Gabrielle is Zulu magtig en sy praat met die mamas en die kleingoed, wat huilerig is. Hy probeer ook troos en komberse, wat deur die weermag verskaf is, uitdeel. Hulle neem mense saal toe en maak hulle gemaklik. “Dis droog en warm daar, kom saam.” Die bedremmelde nat mense loop saam.Dié dag is daar meer kos, want die weermag helikopters kon uiteindelik land om die kos af te lewer. Daar is nou genoeg vir elkeen. Waar eers droë lope was, is nou briesende, bruisende riviere. Hierdie mense wag al so lank op reën, hulle het daarvoor gebid, nou bid hulle weer, dié keer vir uitkoms, hulp. Jean word bewus van ‘n geroep. Hulle bereik ‘n huis wat effens hoër staan as die ander. Die water het nog nie hier ingekom nie. Die bekende klam reuk saam met die medisyne reuk begroet hulle by die voordeur. Dis soos ‘n uitdaging, instinktief aanvaar hulle die uitdaging. Hulle aanvaar die bekertjies met koffie wat hulle aangebied word. Die vrou neem hulle na haar dogter se kamer. Dié het waarskynlik longontsteking. Sy het ook oral gehelp en natgereën en deur modder geploeg en nooit behoorlik gerus en droë klere aangetrek die afgelope tyd nie. “Hier is iets te ete en die medisyne.” Jean voel die moegheid saam met die koue aan sy lyf. Hulle teenwoordigheid het rustigheid gebring in die huis. Die twee vrouens slaap later rustig en Jean en Gabrielle het elkeen ‘n gemakstoel nadergesleep. Terwyl Gabrielle dadelik insluimer en nog later vas slaap, sit-lê Jean en dink aan die afgelope paar dae. ‘n Mens se waardes verander skielik en meteens. Hulle wou nog planne maak. Hy dink aan die plaas en sy ouers en sy broer. Hy verlang na hulle, hy moet gaan kuier. Hy kyk na Gabrielle waar sy sit-sit slaap. Hy kan nie verstaan hoekom hy soms so met onvergenoegdheid aan die vrou dink nie. Dis omdat altwee uit hul gemaksone is, dis nie hul gewoonte om so in die modder rond te strompel nie. Dis hoekom hulle so ongedurig is met mekaar. “Ek moet iets van my lewe begin maak, ek het nog nooit regtig gevoel ek moet iets gaan ‘word’ nie. Maar nou dink ek tog ek moet dalk geologie of soiets, gaan swot.” Hy sluimer in en slaap later vas. Toe hy wakker word, weet hy dis oggend, al is dit nog redelik donker. Hy hoor ‘n sagte gedruis en sit onmiddellik regop, voete op die grond. Dadelik weet hy hier is moeilikheid, sy voete is in water. Hy staan dadelik op en help Gabrielle om die vrouens uit die huis te kry.

7

Page 8: Bloedrobyne Van Valery du Toit

By die noodhulp tent kry hulle die nuus, dat die jong vrou in daardie huis, reeds in die nag oorlede is. Meteens voel dit of hy genoeg gehad het. Gabrielle spreek sy gedagtes hardop uit. “Ons sal onmiddellik plaas toe moet ry, ek het nie die krag vir nog tragedies nie.” Jean stribbel nie teë nie.

Later dieselfde maand, ‘n warm soel nag, dra Jean sy matras na buite. Hy woon nou al ses maande hier by Dirk en sy gesin op die plaas in ‘n rondawel, nie ver van Gabrielle s’n nie. Elke rondawel het ‘n lekker stoep, en dis hier op die stoep waar hy sy matras ‘n lêplek gee, homself tuismaak en lekker op sy rug gaan lê. As daar iewers ‘n koel luggie trek, wil hy dit voel. Hier sien hy die Oukersnag sterre. Hy dink aan die skaapwagters, só lank terug. Watter sterre sou hulle kon sien en hoe lyk die sterre in die Noordelike halfrond, op daardie plek. Hy verlang skielik na die plaas en sy mense. Hy onthou hoe hulle ook saans op hul rug op die grasperk gelê en sterre kyk het. Sy pa het vir hulle die Suiderkruis uitgewys, die Orion en al die sterre wat mens daar op ‘n helder nag kon uitken. Gabrielle Martinez sit ook nog buite en kyk ook na die sterre. Sy ken die sterre soos sy hulle as kind in Mosambiek leer ken het. Haar ouers was by uitstek mense vir die buitelug en hulle het baie sterre gekyk en bestudeer. So het sy dit dan ook geleer ken. Gabrielle is bang vir die donker. Die buitenste donker. Nie vir wilde diere of goggas nie – net vir die alleenheid, die stilte wat ‘n mens se ore laat suis. Die alleen wat mens vasdruk. “Here, stuur asseblief vir my ‘n engel om my vas te hou.” Is haar stille bede. Sy wonder skielik of Jean al slaap. Sy dink aan die nag toe haar ouers vermoor is. Dit was in Mosambiek en die guerilla-vegters het paniek gesaai en geplunder en gemoor sover hulle gaan. Dit was toe ook donker en stil. Haar bed het langs haar ouers s’n gestaan toe die guerillas die huis binnestorm en almal wat hulle met die eerste oogopslag kon raakslaan, doodmaak. Haar ouers het haar beskerm met hul liggame. Sy is eers twee dae na die voorval, die moord, deur getroue werksmense onder die rommel gevind. Vaal van die honger en dors. Huilend het hulle haar uitgehaal.“Hoekom sou ek nou skielik aan hulle dink. Ek word hartseer as ek aan die ou dae dink. Ek wil liewer aan die nou en die hier dink. Ek dink liewer aan Jean. Ons het so lekker saamgewerk daar op die vindplaas. By die oorstromings was hy so dwars. Ek dink ons het so vasgesit en verskil omdat ons so moeg was. Ons was albei uit ons diepte tussen die tragedie en siek mense. Nie een van ons is goed met mense nie, wel met die natuur. Vreemde omstandighede. Dit bring gewoonlik die swakste in ‘n mens uit.” Sy wonder of hy ‘n meisie iewers het. “Hy maak net allerhande begeertes in my wakker. Ek het nog nooit soiets beleef nie. Ek is mos nie ‘n klip nie.”Intussen dink Jean ook aan die mooi geoloog. Die mooi blou oë, die flink brein en die mooi lyf.“Ai, ek moet dalk probeer om haar ‘n keer uit te neem. Dalk uitvind van watter soort musiek sy hou...”Die volgende oggend bel Jean sy moeder.

8

Page 9: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Ek belowe ek kom net na Kersfees. Dalk ry ek sommer vanmiddag al. Ek het ook bietjie vakansie nodig, of verandering. Ek sal kom kuier, moeder. Hou moed. Ek is lief vir ma.”Sy moeder lê hom baie na aan die hart, hoewel hy haar al so baie teleurgestel het. Sy wou altyd hê moet ‘iets agter sy naam kry.’ Hy wou nie, hy wou gaan rondflenter oorsee en in sy land. Hy stel meer in dinge belang as in grade.Na die telefoonoproep plaas toe, loop Jean om Gabrielle te gaan haal, sodat sy saam met hom by Dirk en sy gesin kan middagete geniet.Hy is verbaas om te sien dat haar voertuig nie op sy plek staan nie. Vies draai hy om en gaan terug na sy voertuig toe om na die plaashuis toe te ry. “Miskien is sy al hier by Dirk en Connie.” Daar aangekom sien hy haar voertuig nêrens. Connie deel hom mee dat sy vroegoggend by hulle aangekom het en gesê het dat sy na vriende toe op pad is in Nelspruit. Dis ‘n klompie vrolike en gesellige klompie Kersgangers bymekaar om die tafel toe die ongeluk hulle soos ‘n donderslag tref.

Die flenters van my lewe lê oral rondgestrooi,Dit lê die land vol, nou weer so en dan weer anders,Ons wag dat die lewe ons gooi.Die lewe se flenters lê in ons pad.Volgende jaar gaan dit beter,Elke jaar is dit die wens,van elk en ieder en die mens.Maar steeds is dit net ‘n flenter wat hierEn dan weer daar sal spat.

Die flenters van ons lewens lê oral-oor rondgestrooiDie flenters is swart en groen en rooi,Dit waai oral rond en kom dan weer tot rus,So allemintig vér en wyd,Oor die wêreld uitgesmyt!

2. Suide

9

Page 10: Bloedrobyne Van Valery du Toit

‘n Jaar tevore het Jean vroeg-oggend Kaapstad toe gery om sy aansoek vir die pos in die Kruger Nasionale Park in die stad te gaan inhandig. Op hierdie helder oggend sien hy weer die Berg in sy volle glorie. Tafelberg.“Ek wonder hoeveel kante het ‘n berg? Fasette, eintlik, soos ‘n edelsteen, so is ‘n berg, enige berg. Deur die eeue heen geslyp en gevorm.” Jean ry met die snelweg stad toe en sien die berg dus soos duisende ander dit elke dag sien, of nie meer raaksien nie. Hy is diep ingedagte en dink aan die berge in Europa. Jean sien in dié tyd ‘n advertensie vir ‘n pos vir natuurbewaarder in die Kruger Park.“Ek gaan aansoek doen, hulle kan mos net nee of ja sê.”“As ek hierdie pos kry, gaan ek jou mis, ou Berg.” So gesels Jean met die berg en met homself. As mens van die ander kant af ry, dis nou van die Strand se kant af, lyk dit heeltemal anders, soos ‘n ander berg. Ry jy van Houtbaai se kant of van Kirstenbosch se kant af, is dit weer ‘n heel ander prentjie. Dan ry jy so naby aan die berg, dat jy nie eintlik besef dis Tafelberg wat hier neffens jou is nie. Ry jy van Malmesbury af, en dis vroeg oggend soos nou, dan is die berg pienk. Later verkleur dit na oranjerooi en nog later blou. Hoeveel kante het ‘n berg?“Dan is daar nog die bo-kant, die onderkant en as daar ‘n grot is, ‘n binnekant.” Jean dink aan sy broer. Jacques, met sy gelykmatige karakter. Vas soos ‘n berg. Hy het in sy studies geleer hoe om die wingerd te verbou en wyn te maak. Hy het daardeur ook geleer dat alles ‘n tyd het. Die regte tyd en die verkeerde tyd. Geduldig wees en metodies. Daar is planttyd, parstyd en wynmaaktyd. Dis presies soos Jacques is. Ordentlik, geduldig en metodies. Hy hou boek van alles. Omdat hy so presies van alles boekhou, kon Jean al sy data op die rekenaar databasis laai. Sodoende kan hy die hele plaas met die rekenaar beheer. Elke werker se rekords is daarop, sodat die personeel beampte presies weet wat hulle lone is. Die besproeiing van die wingerd, as dit sou nodig word, is ook op die databasis. Vanuit die kantoor op Bordeaux kan mens die blokke wingerd kontroleer en beheer. As daar probleme is, kan dit dadelik opgespoor word. Dis hoekom hy die kursus geloop het, om die werk sodoende te kon verbeter. Niemand het gedink dis van waarde nie, sy moeder het die bedryf nie verstaan nie.

Die lewe het soms te doen met leuens – baie leuens. Lewe sonder om vrae te vra. Lewe in ‘n grot met jou eie vooroordele. Lewe die lewe wat jou aangebied is; die drome en kodes vanjou voorvaders. Of albei van hulle alles onthou en dit so sal toepas, hang van die gang van hulle lewens af.

Op ‘n Bolandse plaas, waar die wingerde teen die berghang groei, staan ‘n statige ou gewel huis, uit die vroeg 1800s.Dis nou 1960. In hierdie huis stoei twee seuntjies, totdat ‘n vaas met ‘n slag die klipvloer tref. Albei is skielik stomgeskrik en skarrel kamer toe. Cecile du Preez het die lawaai gehoor en kom nou kyk wat gebeur het. Sy sien hoe die twee seuns die kamer se deur toedruk en toe sy in die eetkamer kom, sien sy die gebreekte vaas. “Aag, dis natuurlik weer Jean en Jacques se normale Saterdagoggend gestoei.” Sy gaan haal hulle uit die kamer en stuur hulle om die besem te gaan haal en op te ruim.

10

Page 11: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Ruim nou mooi op en moenie julle voete sny nie. Wees ook versigtig vir die splinters vir julle hande.” Cecile is beslis, maar liefdevol. Dis twee pragtige en gelukkige seuns wat op hierdie mooi Bolandse plaas grootword. Albei bring graag hul vryetyd in die berg, veld en wynkelder deur. Wanneer hulle in die wynkelder is, moet hulle vloere skoonspuit en die kratte en kuipe skoonspuit. Kleintyd is hulle soms nog verskoon van die werk, maar toe hulle begin skoolgaan, is dit deel van hul dagtaak.“Harde werk het niemand nog ooit doodgemaak nie, moenie ooit dink die gras is groener aan die anderkant van die draad nie – dit kos harde werk om dit groen te kry en so groen te hou.” Francois-Marchand du Preez, is die streng maar ‘n regverdige baas en pa. Hy het die plaas en boerdery by sy vader oorgeneem, toe dié nie meer in staat was om die fisiese werk te verrig nie. Dit was in die vroeë dertiger jare. Die depressie jare, net voor die tweede wêreld oorlog. Hy het die kuns van wynmaak by sy pa geleer, aangesien sy ma al oorlede was. Hy is in die vroeg jare 40 met Cecile getroud. Sy is ‘n sagmoedige mens. Goed onderrig in die maak van wyn. Sy het by korporatiewe wynmakers die kuns aangeleer. Sy en Francois is al 20 jaar getroud. Destyds het sy sonder om tweekeer te dink, by die wynkelder ingeval en die kuns aan Francois en ‘n paar werkers oorgedra. Sy het egter nog baie lank in die kelder gewerk. Francois wou haar eers teengaan, maar toe hy sien dat sy weet wat sy doen, het hy haal laat begaan.Francois het later die seuns gereeld op uitstappies die berg ingeneem en vir hulle die balans van natuur en die mens begin leer. Hy het hulle ook leer vuurmaak, water kook op die vuur en ook vir hulle wors en eiers geleer maak op die vuur. Francois het sommer ‘n leë koffie blik skoongemaak en water uit die bergstroompie geskep. Hulle moes op ‘n veilige manier vuur kan maak en vir hulself kon sorg. Hulle het eers eiers gekook in die leë blik. Later het hy sommer in ‘n graaf, wat hy saamgedra het om plantjies mee uit te haal, die eiers gebak en soms ‘n worsie binne in die graaf gaargemaak. Dit was die lekkerste tyd van hul kindwees.Dis tye waarin hulle geleer het om die natuur te waardeer en respek te hê vir die natuur. Soms maak hulle net koffie en dan sit en gesels hulle, seunsgoed, later mannegoed. Wat die plante se name is en hoekom dit bewaar moet word. Eendag het Francois hulle gevra om ‘n musiekinstrument te kies. Hulle moes elkeen ‘n musiekinstrument leer speel.“Ons is nie meisies nie, nie sissies nie.” het hulle geprotesteer.“Om mooi musiek te kan maak, is juis nie vir sissies nie. Dis altyd handig, om musiek te kan maak.” Francois is self ‘n kranige musikant. Die orrel is sy geliefkoosde instrument wat hy so dikwels as wat hy kan bespeel.Jacques het die tjello gekies en Jean het besluit om ook orrel te leer speel. Hy moes egter eers by die klavier begin. Hy het ook sommer die viool bygevoeg. Elkeen het later ‘n geliefkoosde komponis gehad. JSBach was die meester van die orrel, daarom ook Jean se held. Mozart was ook ‘n gunsteling by albei. Cecile was in haar noppies oor die keuses. Sy was ‘n kunstenaar, en het graag beelde gemaak asook sketse. Sy het ‘n ware kunstenaarsoog. “Baie genade en seën, is ‘n moeder se daaglikse brood.” Dis twee aantreklike jong seuns. Jacques met sy welige bos rooi hare en mooi gladde en gesonde vel. Enige model sal hom beny vir die vleklose vel. Die Bolandse son en vars

11

Page 12: Bloedrobyne Van Valery du Toit

buitelug het meegehelp om die vel te vervolmaak. Sy twee groen-blou oë het mens soms so met ‘n vraagteken aangekyk. Jacques is die saggeaarde een van die twee. Jean is egter gou op sy perdjie en kan soms erg rebels raak. “Mams moet hoor hoe praat die meisies van Jean. Hulle wil hom net altyd vasdruk en kielie of aan sy hare raak.” Jacques moet koes vir die hou wat Jean na hom mik. “Skei-uit, dis nie waar nie mams, dis eintlik vir hòm wat die meisies so ogies maak.” Jean het donker hare en blou oë. Vaalblou en hy is nogal ‘n aantreklike mannetjie. Cecile het hierdie twee energieke seuns allerhande fyner dinge van die lewe geleer. Hulle kon van kleins af al mooi inkleur en teken, sy het dit net afgerond. Sy het hulle geleer van teksture, van skaduwee van dimensies. Sy het ook eindeloos vir hulle stories gelees. Cecile vertel hulle van gedigte en lees soms ook vir hulle gedigte en versies. Sy het ook gereeld die Bybel vir hulle voorgehou as die maatstaf van ‘n jongmens en grootmens se lewe. Die ‘Profeet’ van Kahlil Gibran het ook ‘n beurt in hul leestyd gekry. Gedurende die lang wintersaande het Francois hulle geleer skaakspeel. Toe die twee egter eendag in hul musiek teorieboeke begin teken, het sy hulle gemaak-kwaai geraps en gemaan om nie haar geduld te vér te beproef nie.“Wat gaan julle twee doen volgende jaar as julle klaar is met skool.” Die twee het destyds in dieselfde jaar skool toe gegaan.“Ek gaan Maties toe. Ek het in die jaarboek gelees dat mens ‘n graad kan behaal in landbou en dan gaan ek daarna nog wingerbou en wynbou studeer.” Jacques het blykbaar klaar gedink en sy planne agtermekaar. Jean maak koggelgeluide, agter Jacques se rug, omdat hy weet sy ma gaan hom ook nou vra.“En jy, Jean?” Cecile was bekommerd oor sy antwoord. “Ek weet nog nie. Ek weet nie of ek lus is om nog te leer nie.” is Jean se antwoord.“Ek het nie geweet jy is so dom nie, broer, jy kan maklik leer, jy is die slim een van ons, hoekom kom jy nie ook maar saam Stellenbosch toe nie.”“Ek sê mos ek is nie lus nie.”

Wil hy maak soos die geskiedenis hom stuur? Wil hy boer of wat wil hy doen. Vry om te doen en te maak soos hy by sy voorouers geleer het, dit kan hy, want die land is vry en die godsdiens is hier om te bly. Deur die voorvaders gebring van oor die see, Frankryk.In 16 85 word die Edik van Nantes herroep. Dit weerklink soos ‘n sweepslag in die ore van die Protestante van Frankryk. Waarheen nou, wat nou? Kaap van storms, Kaap van Goeie Hoop! Ja, dit sal die Kaap van Goeie Hoop wees. Hugenote met hoë waardes en hardwerkende intelligente mense, hulle sal die nuwe landsburgers wees. Die Oosterland en ses ander skepe het die tweehonderd vlugteling veilig hier aan die Kaap die Goeie Hoop kom aflaai. Hercule Des Prez en gesin was ook onder hulle. Die vooreslagte van Francois-Marchand du Preez.

3

12

Page 13: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Eendag gebeur daar iets op die plaas, wat hulle hul lewe lank sou bybly. Een van die werkers het met ‘n trekker verongeluk. Die wingerd teenaan die berg is geweldig skuins en as ‘n mens met ‘n trekker daar wil draai, dan moet jy jou draai ken. Daniël, een van die getrouste en oudste werkers het die trekker bestuur, terwyl hy bietjie inspeksie gaan doen het. Aan die bo-ent van die ry maak Daniël ‘n draai met die trekker. Die trekker tip skielik en voor Daniël kon afspring, val hy en die trekker bo-op hom. Hy kry nog ‘n skreeu uit en probeer weer so hard hy kon om uit te kom. Teen die tyd dat daar van die jonger werkers op hom afkom, was dit reeds te laat. Hulle het die trekker probeer afrol van Daniël af, maar die wal was bietjie te skuins en die trekker te swaar. Intussen het een van die kleintjies huilend en skreeuend op die werf aangekom. Francois du Preez het ‘n paar kort bevele aan Henk en Cecile gebulder, in die bakkie gespring en soontoe gejaag. Henk, die Hollandse immigrant, wat as kuiper en nutsman op die plaas werk, het met behulp van die bakkie en ‘n tou, die trekker omgerol en Daniël bevry. Die ambulans het kort daarna daar aangekom. Dit was reeds te laat. Daniël was alreeds weg, dood. Die begrafnis het hulle daar op die plaas gehou. Die familie het hom daar naby waar hy verongeluk het, begrawe.“Ons gaan hierdie stuk grond skoonmaak, die wingerd uithaal en vir Daniël, en ander, ‘n rusplekkie gee.” Die hartseer vlak in sy stem, het Francois ‘n vloed van trane van sy gesig afgevee. Hy en ou Daniël het saam-saam oud geword hier op Bordeaux. Daniël se vrou is ‘n paar maande later ook daar te ruste gelê. Dit het alles ‘n geweldige indruk op die jongmanne gelaat. Skielik het ook hulle besef dat die skeiding tussen lewe en dood ‘n baie dun lyn is. Versigtigheid is dus die moeder van Wysheid. Daar het baie water in die see geloop voordat alles weer sy normale gang gegaan het.

Die kameeldoring houstomp brandTot aan die verste anderkantVan onthou, so trek die geur Van die rook deur my verstand.Dit benewel en maak my lighoofdig tot ek weggevoer raak deur beelde endenke en ek al die tyd sal pronk ensaam met die geluid van vonken geur, uitasem na my sinne snaktotdat die werklikheid in my knak.

Jacques het so pas ‘n graad in landbou ontvang. Hy gaan nou na-graadse kursusse by die landboukollege doen, om ‘n wingerbou- en ‘n wynmakerskursus te volg. Jean het intussen sy eie kop gevolg en ‘n wynmaakkursus gedoen asook ‘n kursus in personeelbestuur. Hy volg ook ‘n kursus in natuurbewaring. Jean is intelligent genoeg om sy tyd so te bestuur dat hy tog by alles uitkom. Sy ouers is nie baie gelukkig met hom nie, maar Jacques het hulle gepaai en gevra dat hulle hom uitlos, want hy sal net al meer hardkoppig raak. Hy ontvang sy graad en diplomas ook in dieselfde tyd. Niemand maak van hom ‘n ophef nie.Jean vertel toe dat hulle vir hom ‘n werk aangebied het by die Kaapse Natuurbewaring en wel by ontwikkeling en hervestiging van plante wat op die rooi data lys is. Hy sal by Kirstenbosch en Kaappunt natuurreservaat begin werk.

13

Page 14: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Die Kaapse fynbos is fassinerend en as ek dit kan verhelp, sal ek heeldag en aldag net daarmee wil werk. Dis ‘n unieke plantkoninkryk, een van ses in die wêreld, wat die kleinste grondoppervlak in die wêreld beslaan, maar die meeste plantegroei, wat fynbos genoem word, huisves. Dit word in Nieuwoudtville, Port Elizabeth en die kus rondom die Kaapse Skiereiland aangetref. As ek kon kies bly ek net hier, in die Kaap.”Sulke kere, is sy ouers stil, want hulle weet nie wanneer hy weer ‘n ander gier gaan kry nie, en hoop en bid dat hy net hierrond sal bly. Verkieslik op of naby die plaas.“Seuns, ons wil nie in julle pad staan nie. Ons wil net hê dat julle jul laat toerus vir die lewe en die toekoms. Gaan geniet dit.”

Jacques het aangegaan met sy werk op die plaas en sy merk gemaak. Jean het begin werk en ook sy lewe geniet, hoewel hy baie onseker gevoel het in die begin. Hy staan aan die voet van die Skiereiland, saam met die parkehoof. Hy voel heeltemal vry en tog, verlang hy na die standvastigheid van die plaas. Hy het ‘n verantwoordelike werk. Die feit dat hy hier aan die suidpunt van die kontinent gaan werk, maak hom vry van alles wat hom vasgemaak het gedurende sy grootwordtyd op die plaas. Die wind begin skielik waai, en die seesproei kom lê klam op sy gesig, waar die son dit droogmaak. Hy haal diep asem en begin terugstap na die parkeerterrein. Toe hy by sy motor kom, reën dit skielik saggies en toe hy veilig in sy motor sit, dink hy aan ‘n voorval by die universiteit, reg aan die begin van hul studiejaar.Moeder het aan Jacques ‘n sambreel gegee toe hy sy eerste winter by die universiteit is. Stellenbosch is nogal befaamd vir baie reën in die winter. Teen die tyd dat hy sy eerste winter daar moes deurbring, was die sambreel al weg. Nooit het moeder gevra of gewonder nie. “Ek dink tog dat sy iets vermoed het. Ons name was tog heel duidelik op die sambreel aangebring, maar die ding het weggebly.” Saam-saam hardloop die studente gewoonlik onder ‘n sambreel na die volgende klas. Dié oggend, het Jacques die sambreel in die staander gesit toe hy die klas inloop. Toe hy uitkom, was die sambreel nie meer daar nie. In sy se finale jaar, gaan Jacques na ‘n koshuis funksie. Dit was ‘n aandpak geleentheid, en toe hulle die aand na hul motor loop, het Jacques en sy metgesél ‘n sambreel gevra van die gasheer. Toe hy die sambreel vat, sien hy dat dit sy eie sambreel is. “Dis my eie sambreel! Uiteindelik, moeder sal baie bly wees om dit te sien.”Almal lag lekker en herinner hom dat hy dit nou vir Jean ook kan leen. Onthou, fietse word ook so geleen! Jean ry glimlaggend terug en verwonder hom aan die pragtige fynbosomgewing en die die ligte reën wat aan die landskap ‘n vreemde bekoring verleen.Soveel gawes ons gegeeSoveel soos die branders in die seeDis ‘n skenking van God gewees,Om in die gedagtes van iemand te kan wees.

Bordeaux is deur Francois du Preez opgebou tot die spogplaas wat dit vandag is. Sy oupa Louis het nie eintlik die formele kennis gehad vir wynbou of wingerdbou nie. Maar hy het baie gelees en kenners se kennis en raad ingewin en ‘n reuse sukses van die boerdery gemaak.

14

Page 15: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Oupa Louis du Preez het die geld gehad, maar hy was ook slim. Hy het homself die kuns van wynmaak aangeleer. Sy pa het die wynmakery vir hulle vervolmaak. Totdat Cecile bygekom het. Toe het Francois amper sy Moses teëgekom. Francois en Cecile het ‘n passie vir die maak van wyn. Jean en Jacques het hulle natuurlike aanvoeling altyd bewonder. Die liefde tussen hul ouers, vir mekaar, het hulle gefassineer en geìnspireer om ook so te kan liefhê en sulke wonderlike wyn te kan maak.“Ek dink mens kan net sulke wyn maak, as jy werklik liefhet. Dit proe behoorlik of dit van die gode gestuur is. Rooiwyn met so ‘n fyn, klein tikkie peper daarin met ‘n pruim en ‘n effense bessie smaak. Dit moet soos fluweel op jou tong wees, sonder ‘n droë of bitter smaak.” So moet sy vrou se stem eendag wees. Sy moet soos rooiwyn wees, haar stem moet jou rustig maak. Dit laat hom wonder of daar tog ook eendag ‘n vrou in sy lewe sal wees vir wie hy so lief sal kan word en wie ook vir hom so lief kan hê. Daar moet, net soos met rooiwyn, geen bysmaak of nagevolge wees nie. Nou is dit egter eers skouer aan die wiel en baie dinge wat hy wil aanpak. Vir hom en Jean sal daar nog baie water in see moet loop voordat hulle by al die dinge uitkom.

Tye van die lewe – wynmaaktyd, herfstyd, binnetoetyd, nadinktyd. Aanbiddingstyd, herfsblaartyd, vier die oranje rooityd met herfskleure in dié tyd, is dit liefhêtyd en poedingtyd, Hark die herinneringe in hopies, vir onthoutyd.

Jacques en Alida wil graag trou en hy moet nog gaan ouers vra. “Moet mens dan nog ouers vra as jy al mondig is? Ek sal maar liewer vra, dan is ek nie in die moeilikheid nie!” Jacques ry met sy Jeep, hy is amper net so lief vir die Jeep as vir Alida.“Ek sal dit nie vir haar sê nie, dis moeilikheid soek.” Jean sê altyd ‘n mens kan jou voertuig met ‘n vrou vergelyk, maar nooit jou vrou met ‘n voertuig nie. Hy hou gou in die dorp stil om ‘n paar koeldranke te koop voor hy na Alida se ouers se huis ry. Hy lag so vir die smous wat met sy groentestalletjie voor die winkel staan en smous.“’n Hond blaf, ‘n kat miaau en ‘n hoenderhaan kraai, ‘n perd runnik en mense moet groet, groet môre! dis verniet, maar nie die tamaties nie, dissie verniettie, dis te koep!”Hy hou oomblikke later voor die Du Plessis se huis stil. Hy kam gou sy hare met sy vingers, sodat hy nie so erg windverwaai voorkom nie. Hy wou net klop, toe gaan die deur oop.“Middag jongman, ek wag net vir jou.” Begroet oom Paul hom met ‘n laggie.“Goeiemiddag, Oom, hoekom, wat het ek verkeerd gedoen?” Jacques glimlag breed en groet die oom met die hand, terwyl hy die koel huis binnestap.“Nee niks nie, ons het jou hande nodig hier. Die Tannie het besluit die kas in die kamer moet op ‘n ander plek staan en ek kan nie alleen regkom nie.” Jacques dink, as jy nou op so ‘n manier sy geliefde in die hande moet kry, dan moet hy maar help, sonder om teë te praat!“Kyk wie kom nou net betyds hier aan.” Kondig die oom aan.“Dagsê, almal,” groet Jacques en die Tante sê aan haar man:

15

Page 16: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Haai nee, ou-man, ons kan mos nie so maak nie.” Die goedige tante keer dat haar man misbruik maak van Jacques.“Hallo, Alida, hoe gaan dit?” Jacques groet haar met ‘n piksoentjie.“Dit gaan goed dankie. Jong, ek is bly jy is hier, my pa order ons al die heeldag rond.”“Oom, waar moet ek vat, wat moet waarnatoe geskuif word.” Skielik is daar ‘n nuutgevonde dringendheid in die vertrek. Nadat alles op hul plekke staan volgens Tant Susie en Oom Paul, word hulle genooi vir iets te drinke. Nadat almal se kele nat is en die dors gestil is, vryf Jacques sy hande saam en maak keel skoon.“Oom, Tannie, ek kuier nou al geruime tyd by Alida en ek...” “Nou kom hier ‘n ding, vrou, die man het nou gewerk, en nou...”“Wag nou my man, gee hom kans.”“Wel, wat ek wou sê, ek is lief vir Alida en ons, ek, wil graag vra of ek en sy maar kan trou. Ons sal natuurlik eers verloofraak en dan...” Jacques kan die spanning nie meer in woorde omsit nie en Alida is nou al net so gespanne.“Toe nou julle, sê nou ja, julle weet tog al lankal ek en Jacques is lief vir mekaar.” Blaker Alida dit uit. Jacques vee senuagtig die sweet van sy voorkop af.“Ja, Jacques, as daar nou een man is aan wie ek my oudste dogter kan toevertrou, dan is dit jy. Julle kan maar verloof raak en trou, dit dra ons goedkeuring weg.” Dis Susie wat ook nie meer die spanning kan verduur nie en namens haar en Paul praat.“Ek is ook bly dat jy Alida jou vrou gaan maak. Baie geluk, Jacques.”Jacques neem ewe plegtig Alida se hand in syne en kyk haar in die oë. “My lief, ek vra jou nou ook hier voor jou ouers, of ek jou maar kan plaas toe vat, sal jy met my trou asseblief?” Met die woorde en sonder om op ‘n antwoord te wag, steek hy ‘n ring aan haar vinger.“Dankie, Jakkie, natuurlik sal ek saamkom plaas toe.”

4

Op die dorp.

Ingedagte sit Jean in die studeerkamer van die dorpshuis. So baie water het in die see geloop en so baie dinge het gebeur, voordat hy uiteindelik weer hier op

16

Page 17: Bloedrobyne Van Valery du Toit

die plaas uitgekom het. Hy staar by die vensteruuit. Dis eintlik so ‘n lekker dag en glad nie die plek vir ‘n mens wat sover sy lewe lank in die buitelug deurgebring het nie. Hy toon meer belangstelling in die plaas as voorheen. “Miskien moet ek bietjie meer uitkom. Ek wil hoeka gaan kyk hoe lyk daardie jong blok wingerd wat nou begin druiwe dra. Dis immers waar die wyn begin, in die wingerd.” Jean bly by Jacques en Alida in die dorpshuis, wat aan sy ouers behoort, sedert hy uit die hospitaal gekom het. Hy is skielik angstig om ‘n nuwe versnit-wyn te gaan uittoets in die kelder. Hy het ‘n aanvoeling vir die wyn ontwikkel. Jean was verbaas oor hierdie, vir hom nuwe, talent. Hy kan nooit wag om die wyn te ruik en te proe nie.“Ek wil gaan kyk of dit wat ek op papier uitgewerk het, in die praktyk sal werk.” Hy het al hierdie gedagtes, maar as dit by doen kom...soos die lied sê: Daar is baie myle tussen doen en sê. Die flenters van sy lewe het voorwaar die land vol gelê, en gespoel. Daar het soveel dinge gebeur sedert daardie Kersdag of Droogte, die plaas van Dirk en Connie. Hy dink aan die kommerlose dae wat hy beleef het terwyl hy by Kaappunt gewerk het.

Hy trek sy asem onwillekeurig stadig in. Hy ruik die plante. Dis ‘n koel mistige oggend, voor die wind begin waai of die son te warm word. In sy gedagtes stap hy tot bo by die uitkykpunt en kyk na die see wat daar ver onder soos ‘n dam aan sy voete lê. Nie altyd so rustig nie; soms soos ‘n tienderjarige wat uit sy nate wil bars. Aan die een kant, die mees Suid Westelike punt van Suid-Afrika en aan die ander kant, die see, die strande, die gewoel en gewerskaf van die mens. Daar is twee oseane wat hier spoel, wat hier ontmoet wat, so koud soos hulle is, tog bymekaar kom. Dan is daar nog die koue Benguela stroom ook. Walvistyd sien mens hulle. “Ek onthou hoe ons soms verwonderd gestaan en kyk het na die baldadige verbyvaart van die boggelrug en die suidelike regte, of noorkapper walvisse.” Dan, nadat die walvis seisoen verby is, of voor die tyd, staan jy net in verwondering na die see en oseane en staar, met die sout sproei op die gesig. Hy vee onwillekeurig oor sy gesig, asof hy die sproei wil wegvee. “Soms was Kaap Hangklip net ‘n dynserige vergesig, soms was dit net lekker om daar te staan aan die voet van Afrika en te weet: Hier lê my wortels, hier behoort ek.

“Soos ek nou hier sit, hier binne-in die huis, kan ek my verbeel ek ruik en voel die mistigheid van ‘n vroegoggend. Ek ken nog elke plant se naam. Ek mis dit so ontsettend baie.” Hy kyk om hom heen, net om seker te maak hy is nie dalk regtig tussen die plante en buite langs die see nie.“Dis my wêreld die – ek wil dit vir niks anders verruil nie.” Selfs toe hy later in Kirstenbosch navorsing gedoen het en sommige van die Rooi Data soorte weer help hervestig het, het hy vir ontspanning in die berg agter Kirstenbosch gaan stap. Hy het saam met ‘n groep orgidie-kenners in die Tulbagh omgewing die berge ingevaar, op soek na enige nuwe of vreemde soort orgidee. In die Wemmershoek berge is die waaier-aalwyn gevind. Dis ‘n endemiese soort aalwyn en lyk net soos ‘n reuse waaier. Watter vreugde was dit nie toe die Voortrekkers hom destyds gevra het om hand en raad te gee met die uitleg van hul kampterrein daar in die Wemmershoek berge.Hulle moes daardie tyd heelwat van die uitheemse dennebome verwyder. Die kruiptrekker het sulke wrede spore nagelaat en die volgende week het die natuur ons beloon met die

17

Page 18: Bloedrobyne Van Valery du Toit

allermooiste Amaryllis Belladonna, die Maartlelie. ‘n Ligpienk blom. Dit staan soos ‘n koningin in haar kuiergewaad en pryk of soos ‘n bruid in haar ‘going away’ rok. Dankbare grond. Die hele terrein bokant die dam is ‘n paradys.“Ek wonder hoe dit nou daar lyk, sal moet gaan kyk een of ander tyd.” Daar is die mooiste rotsformasies, vetplante en fynbos. Dis ‘n vreugde om daar te kan stap. Om daar te stap en af en toe ‘n rots te omhels.

In die Boland voel ek tuisWaar die winde saggies suiswaar storms om jou druis. waar die berge om jou troonEn die Boland mense woon,Hier is my eie, eie huis.Daar is natuurprag oral omwaar die protea statig blom en die fynbos jou verstom.waar die heide welig groeien die aalwyn vrolik bloeiOns eie eiendom.

Na sy studies van sowat ses jaar, het Jean nege jaar lank vir die Kaapse natuurbewaring gewerk. Hy was in sy vroeë dertigs. Hy het by heelwat natuurbewaring en wildbewaringsprojekte begin betrokke raak. Jean het ‘n hele paar goeie leermeesters gehad en het self later ‘n leermeester vir baie geword. Hy het ‘n passie vir plante, voëls, bome en wilde diere, die natuur. Die behoud van die ekologie en die aarde. Dis vir Jean ‘n saak van groot erns. Niks moet sommer net uitgeroei of doodgemaak word nie. daar moet ‘n balans behou word in die natuur. Wat hy vir niemand vertel het nie, is dat hy sy studies in die stilte voortgesit het. Hy het soms dae in die biblioteek op Stellenbosch deurgebring. Hier het hy ook die voorloper van die rekenaar stelsels en programme soos dit later gebruik sou word, bestudeer. Hy het programme begin skryf vir boerderye in die boland. Hy het ‘n konsep rekenaarprogram geskryf en geïmplimenteer op Bordeaux. Die hele plaas was gerekenariseer. Hiemee het hy ‘n meestersgraad verwerf en was hy vir eers tevrede. Intussen het hy met sy werk voortgegaan in die natuurbewaring en elke oomblik wat hy kon kry, het hy mense bewus gemaak van die belangrikheid van die behoud van die ekostelstel. Terwyl Jean in die veld is, het hy dikwels ringetjies van gras gevleg. In sy kantoor het hy dan die ringetjies aanmekaar gevleg en ‘n hele ketting daarvan opgehang. Daar waar daar geen formele aanplantings van watter aard ookal was nie, waar die bossies soms klein en soms groter as hyself was. Waar hy die son op sy vel kan voel, die hitte van die dag, die wind teen sy gesig, die son op sy rug, daar is hy dolgelukkig. Die plante en goggas het vir hom saakgemaak, meer as mense. Op die plaas het hy dikwels tot op die hoogste punt van die plaas geloop en daarvandaan die werkery op die plaas beskou. Jean het intens gelewe. Hy was tog ‘n gevoelsmens. Iemand wat dikwels by mense verbygekyk het, maar hulle tog raakgesien het. Hy sien baie dikwels ‘n spinnerak raak en loop ‘n draai daarom. Hy sit op sy hurke en hou ‘n skilpad of miskruier dop, maar sien nie sy geliefdes raak nie. Hy het lank terug ‘n jong vriend gehad wat eendag per ongeluk ‘n spinnerak gebreek het. Hy was so kwaad en wou die outjie te lyf gaan. Hy het op hom geskree, en toe tog bedaar.

18

Page 19: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Vandag is daardie vriend ook nie meer daar nie. Hy het aan ‘n seldsame hartkwaal gesterf, terwyl hy vir ‘n hartoorplanting gewag het. Nou en dan as hy ‘n spinnerak sien, dan dink hy aan Martin. “Hoekom is ek so, ek kon nie toesien dat die spinnekop die spinnerak wat hy so lank aan gewerk het, weer van voor af moes maak nie. Nou is Martin ook weg en niemand kan hom vervang vir sy ouers nie.”

Die swerwer reis graag deur verre lande,Die mens soek rus op vreemde strande.‘n Bekwelde siel soek rus en vrede en ‘n maat,‘n Pelgrim kry dit op ‘n bedevaart.

Waar jou pad ook heen mag lei,Daar is gasvryheid te kry.Waar die wingerd mense blyBy die Afrikaner jeug,Daardie deel is vir jou en my.

5 ‘n Oorsese Reis

19

Page 20: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Op ‘n dag kondig Jean aan dat hy oorsee gaan reis. Hy is lus om in Frankryk en Spanje te gaan stap. Hy wil net vakansie hou. Hy het pas van ernstige longontsteking herstel. Hy het net met sy doktorale studies begin en moes dit weer opsy skuif toe hy siek word. Hy vra ‘n ou universiteitsvriend om saam te gaan. Aangesien Chris ook nog nie sy hart verbind het aan ‘n vrou nie, vind die twee dit ideaal. Nie een sal dus na ‘n meisie of vrou verlang nie. Die dokter wat Jean behandel het is glad nie tevrede met Jean se idee nie, maar nou ja, die man is mos darem volwasse genoeg. Met die studies vergete en Chris se werk ook eers opsy, toer die twee vir ‘n volle maand in die buiteland.Hulle besoek aan Spanje is een van die vele hoogtepunte op die toer. Die dag toe hulle saam met ‘n toergroep na die plek by die rots van Gibraltar was, het die mense aan hul lippe gehang. ‘n Paar medetoeriste het aanhoudend uitgevra na Afrika, soos hulle van die land praat. Terwyl hulle dus by die rots van Gibraltar staan, kan mens die noordelike kus van Afrika sien en dis hier waar die toergroep se mense dink hulle twee is die helde in die groep. Almal wou weet hoe dit voel om in Afrika te woon. Chris en Jean het hulle kans waargeneem en hulle lyf ambassadeurs gehou soos nog nooit tevore nie.“Afrika is uniek. Dis warm en die wyn is die lekkerste. Die berge is die mooiste en...” so borduur die twee voort. “Die Vrystaat het vlaktes, aaneen en berge in die oostelike deel en stede.” Chris vertel van die Hoëveld en die Laeveld, van God’s Window en van Burke’s Luck. “What about the animals, tell us about the lions and elephants. Are they really wondering the city streets?”“Die diere is op verskillende wildplase en in die Nasionale parke. Hulle loop definitief nie in die strate rond nie.” Jean en Chris vertel van die verskillende soort diere, van die visse in die see, van die sardiens in Natal, van die vallei van duisend heuwels... Teen die einde van die toer ruil hulle adresse uit en beloftes van kuier.Hulle toer en kuier in Turkye. Daar verstom die twee hul weer aan die natuur en die ou wêreldse boustyle. Die matte wat daar geweef en gemaak word. Hulle bewonder die wonderlike kuns van mat weef en die versierings van allerhande ware wat te koop aangebied word op die markte.“Dis ongelooflik om te sien hoeveel werk in so ‘n mat ingaan. Dit lyk of die mense hul hele lewe hier spandeer.”“Tot ons voordeel natuurlik.” Dit lyk nie of daar armoede is as jy die groot mark so bekyk nie. Maar tog, daar buite, die handelaars is die mense wat die geld maak, die arbeiders word nooit ryk nie, want dan sal hulle hier weggaan en hul eie besigheid begin. Nadat hulle ooreengekom het oor ‘n prys is die twee vriende verder. Hulle kry werk vir sewe dae op ‘n seiljag in die Adriatiese see. Die Griekse miljoenêr is in sy skik met die twee flukse Suid-Afrikaners.“Me, I want to buy you two!”“Ek dink nog dat die ou my maar moes gekoop het, dalk was ek ook in besit van ‘n Griekse eiland vandag.” Uiteindelik keer hulle terug na Suid-Afrika. Chris na die plaas waar hy werk en waar sy mense bly en Jean, wel hy weet skielik nie wat hy wil doen nie. Hy is nie ‘n boer nie en jaag weereens vir Jacques die harnas in toe hy sê dat hy nie plaas toe gaan kom nie. Hy gaan hom toelê op sy studies.

20

Page 21: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Ons stap baie voetpaaie in ons lewe, ons loop ook draaie,Kom ons doen dit met ywer en lus, ‘n onblusbare redeGaan terug na jou huis en voel hoe die lus vir werkIn jou are bruis, van voor af voel jy weer tuis.

6

Jean se gedagtes loop nog steeds baie ver draaie met hom. Terwyl hy nog in die Skiereiland gewerk het, gebeur daar iets wat die verloop van hul lewens verreikend sou beïnvloed. Die pragtige ou opstal op Bordeaux brand af. ‘n Brand wat oënskynlik in die berg begin en reguit op die opstal afpeil. Daar brand ‘n groot deel van die huis af, hoewel die een voorgewel bly staan en ‘n deel van die huis ook die brand gespaar is. Gelukkig was niemand in die huis nie. Die skok was egter so erg dat sy Pa begin kwyn het. Na ‘n masiewe hartaanval as gevolg van die skok, het hy almeer belangstelling begin verloor en gekwyn. Hy was al baie bejaard. Die skok om sy geboorteplek so verloor, was eens te erg. Hulle het nog blyplek gehad, die dorpshuis. Jean onthou hoe hy die oggend na die brand in die smeulende puin gestaan en na die wat was staan en kyk het, was hy self so hartseer. Hoe het die boere gevoel wat na die Angloboereoorlog tuisgekom het en hul plaashuise so gekry. Dis nou ‘n verskroeide aarde. Sy ma het aangehou dat hy dit sy taak moes maak om die plaashuis oor te bou. “Ai Jean, wil jy nie maar die plek oorbou nie. Dit is mos nou ‘n edel taak wat jy op jouself kan neem.”“Nee moeder, wag nou, dis nie een van my beste punte nie. Laat iemand anders dit doen, daar is mos genoeg geld. Hoekom moet ek altyd die kastaiings uit die vuur krap.” Vies het hy van sy ma af weggedraai en sien hy nie die pyn in haar oë nie. Sy pa het ook nog ‘n slag probeer om hom om te praat, maar dit het ook nie gehelp nie. Dit was in elk geval ‘n eienaardige brand. Jean en Jacques het daaroor gepraat en gewonder of hulle nie maar die saak by die polisie moet aanmeld nie. “Waaroor kla ons, wat moet ons sê. Hulle sal net sê dit was ‘n brand wat handuit geruk het.” Was Jean se verweer.Cecile was so hartseer oor die huis en die meubels en ook oor Francois wat al hoe meer agteruitgaan. Hy neem sy ma vir tee by haar vriendinne, maar dan wil sy nie te lank bly nie want sy pa is alleen.Na twee maande se gesukkel, en terugslae, is Francois-Marchand du Preez oorlede. Die hele plaas en die buurplase sowel as die hele boeregemeenskap,

21

Page 22: Bloedrobyne Van Valery du Toit

was by die begrafnis. Hulle bêre hom daar op die plaas, tussen die wingerd, langs ou Daniël en sy vrou. Dit was sy wens.

Hierna kry Jean die pos in die Kruger Park waarvoor hy aansoek gedoen het. Cecile en Jean drink tee toe Jean dit vir haar vertel. Cecile is sowat tien jaar jonger as haar man.Vir oulaas probeer sy weer om Jean om te haal om te bly en die plaashuis te herbou. “Ek is moeg my kind, ek wil nie meer in die kelder werk nie en ook nie by die handwerk sentrum nie.” “Moeder, ek weet u is nie meer in staat om al die take te verrig nie, maar u kan mos nou lekker u vriendinne onthaal of hulle besoek. Moeder was altyd lief vir musiekuitvoerings, hoekom hou julle nie ‘n paar musiekuitvoerings hier op die plaas nie.”“Waarin sal ons dit hou, my kind, die huis is afgebrand.”“Ai, moeder. Ek sal weer terugkom, moeder weet mos ek het ‘n rustelose siel. Kom ek gaan wys vir moeder die foto’s wat ek oorsee geneem het.” Jean help sy moeder op en hulle stap uit die eetkamer van die pragtige dorpshuis en gaan na die studeerkamer, waar Jean die foto’s vir haar gaan wys.

Twee weke later vertrek Jean na die Noorde, om weereens ‘n rusplek vir sy voete te gaan soek.

7 Noorde

Natuurbewaring is in sy bloed. H voel hom dadelik weer student en is bereid om enigiets te leer by enigiemand wat meer as hy weet. Hier is soveel uitdagings. Die bewaring van die land se hulpbronne en natuur en sy inheemse volke, dis vir hom baie belangrik. Hy het by boomplantprojekte betrokke geraak en die mense wat houtkerfwerk lewe, geleer om bome te plant. “Vir elke beeld wat julle maak, moet julle ‘n boom plant.” Die bron is nie onuitputlik nie. So leer hy die mense rondom hom en self is hy ‘n student wat by die kunstenaars leer en ook by ander wildbewaarders dinge leer waarvan hy geen kennis dra nie. Hy moet al die inheemse bome leer ken. Hy het homself so

22

Page 23: Bloedrobyne Van Valery du Toit

ingeleef in die fynbos, dat hy die inheemse bome agterweë gelaat het. Die swart bewaarders ken die natuur soos hulle handpalm. Dit het altyd gelyk of hulle dinge in die donker kan sien. Dinge wat hy skaars kon hoor.Op ‘n dag kom daar ‘n amptelike brief vir hom. Dis ‘n ampte like kennisgewing van ‘n oorplasing na die Natal parkeraad. Nee, definitief nie nou weer skuif nie. Eers was hy so rusteloos en wou hy gedurig rondtrek, maar nou, na skaars ‘n jaar, wil hy definitief nie weer trek nie.Hy is seker dat dit iets te doen het met die brand waaroor hy ‘n lawaai opgeskop het. Daar het diere doodgebrand en dit kon voorkom word, as hulle die nodige gedoen het, betyds. Hy besluit toe om te bedank. Nou trek hy na die noordelike deel van die land.‘n Mens loop baie vreemde paaie en dit neem dalk baie lank voor ‘n mens uitvind, wat jy eintlik wil doen en waar jy moet wees. Hy voel skielik herderloos, moedeloos en besluiteloos. Dat dit nou weereens ‘n brand is wat hom ontwortel het. Hy dink aan sy moeder, met wie hy elke aand telefonies gesels, sy het hom op ‘n dag voortvarend genoem. Sy was altyd teleurgestel deur hom en sy optredes. Sy onsinnige besluite wat hy soms op kort kennisgewing geneem het. Hy is teleurgesteld in homself. “Moet ek nie maar terugkeer plaas toe nie? Moeder het toe nooit van my studies ‘n ophef gemaak nie. Jacques het hulle nooit in die opsig teleurgestel nie. Ek wou nie gaan leer nie, en tog het ek. Toe dit afgehandel is, het dit nie eintlik by hul saakgemaak nie. Seker omdat ek nie teruggegaan het plaas toe nie.”Hy ry by ‘n kerk verby en besluit op die ingewing van die oomblik om soontoe te gaan. Hy hoor ‘n treffende boodskap die oggend. “’n Doellose dwaalweg. Ek soek maar ek vind nie. Hoor die Stem van Jesus, bly net ‘n oomblik stil. Jy mag maar roep, jy mag maar sê: Here, Help my! Dan sal Hy help. Dan bring Hy ons weer terug op koers. Hy hou ons hand vas, sodat ons weer bo op die water kan loop.”Bly net ‘n oomblik stil en luister: Volg My!

Net ‘n dwaas sal dit welgeval, net die dwaas is soms totaal en al mal. Die wyse weet van ‘n beter ding, net die wyse soek die genade skenking.

8 Suide - Op die dorp en op die plaas

Jean ruk soos hy skrik toe die telefoon lui. Sy gedagtes het inderdaad vér draaie geloop, alweer. Hy word terruggeruk na die werklikheid.“Ja, Henk?” Die voorman op die plaas wat sy pa nog aangestel het, bly in kontak met Jean. Die enigste man wat onvoorwaardelik in Jean glo. “Jean, kom jy dalk vandag plaas toe? Hier is nuwe verwikkelinge en ek wil hê jy moet deel wees van die nuwe plan.” Daar is ‘n soort opgewondenheid in Henk se stem. Die onmiskenbare Nederlandse aksent wat hy, ten spyte van soveel jare in Suid-Afrika, nog behou het, ontgaan Jean nie. Dit is vir Jean alte mooi.“Wat is dit, Henk?” Jean wil net weer ‘n verskoning bedink om tog net nie uit te gaan nie.

23

Page 24: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Jean, hier is ‘n dame wat graag ‘n foto-artikel van die werksaamhede op die plaas wil kom maak. Dit is deel van die nuwe beleid wat ons wil volg, en ek wil dit met jou bespreek.” Henk weet hy kan na Jean toe ry, maar hy wil juis vir Jean dwing om weer deel te word van die plaas en sy bedrywighede. Hy hou albei duime vas terwyl hy die saak aan Jean verduidelik, want hy wil tog nie hê Jean moet weer verskoning maak om tog nie betrokke te raak nie. “Ag nee wat Henk, ek weet jy kan die dinge hanteer.”“Jean, ek wil graag hê, en nog baie ander wil jou graag hier hê, asseblief man.Ek sal iemand stuur om jou te kom oplaai.” Henk is dus half uit die veld geslaan toe Jean sê:“Goed, ek weet nie hoekom ek ja sê nie en ek hoop nie ek gaan spyt wees nie, maar ja, ek sal kom. Geen foto’s van my nie, hoegenaamd nie.”“Natuurlik, Jean, ek weet mos.” Henk slaak ‘n sug van verligting. Toe hy die foon neersit, maak hy soos die kinders: Jis,jis, hy kom. Nadia kan haar lag nie hou vir Henk se uitbundigheid nie. Toe die motor hom kom oplaai is Jean gereed, en hulle vertrek oomblikke later na die plaas. Dis nog ‘n vreemde gedagte en hy moet dit hardop sê:“Ons plaas, Bordeaux” Dis skaars vier maande sedert hy terug is uit die noorde. ‘n Verbitterde en ontnugterde mens. Daardie onheilsdag, Kersdag sowat elf maande gelede, by die van Zyls het hom geruk.

Al het ek net een snaar,Sal ek huppel en juig en spring,Of dalk net sing!Al het ek net een snaar,Ek sal die simfonie voltooi.

“Dit was altyd my filosofie, maar in die laaste tyd, wel, ek moet myself dwing om enigsins belang te stel in enigiets.”

Die motor draai by die imposante plaashek in, en Jean lees:BORDEAUX – PRIVAAT WYNMAKERS, DU PREEZ EN DU TOIT

Intussen het Henk en Nadia ‘n heerlike kaasbord en koue witwyn en ook heerlik rooiwyn, gereed gekry vir die onderhoud saam met die joernalis, Liza du Plessis. Die stoep van die restaurant is ‘n heerlike koelte-stoep met tafels en stoele en musiek. Dit is waar die kuiertjie sal plaasvind. ‘n Baie aangename dame met ‘n innemende persoonlikheid en ‘n bekoorlike stem, én nog mooi en slim daarby. Liza se donker bruin hare is stylvol gestilleer, bruin oë en fyn gelaatstrekke. Jean sal van haar hou, het Henk gedink. Sy is nuuskierig om die storie van die suksesvolle boere en hul plaas te hoor. Liza sien dadelik die sagte uitdrukking in Jean se vaalblou oë; wat geen mens kan miskyk nie. Miskien is hy bietjie te maer. ‘n Mens sien ook die lyne van intense pyn en swaarkry op sy gesig. Sy sien dat Jean in ‘n rolstoel sit.Liza is egter aangenaam verras met die sterk persoonlikheid van die man. Hy is nog jonk. Sy het regtig gedink die man is al oud. Jy sien egter, en jy kom dit ook

24

Page 25: Bloedrobyne Van Valery du Toit

dadelik agter, dat hy geen nonsens sal verdra nie. Jean wou ook dadelik weet wat Liza se agtergrond is, waar kom sy vandaan en waar en wat sy studeer het. “Ek het op Hermanus en Villiersdorp skoolgegaan, terwyl pa ‘n onderwyser was en ma ‘n regte eksentrieke toneelspeler. Ek is die jongste van drie kinders. Na skool het ek joernalistiek geswot in Pretoria.” Almal luister aandagtig.“In Pretoria, want ek moet darem een of ander tyd die land sien. Dit het eintlik die vuur in my aangesteek, om meer en meer te reis. Ek het ‘n aanbod gekry om ‘n paar vakansie oorde se geskiedenis op te teken en te publiseer in ‘n reistydskryf. Plekke met name soos Waenhuiskrans, Uilenkraalsmond, Gansbaai en die bekende plekke soos Pearly Beach, Rooi Els. Daar is Puntjie, Duivenhoksrivier, Vermaaklikheid. Dan is daar nog aan die anderkant van die kuslyn, Hondeklipbaai, Donkergat, Paternoster, ensovoorts.” Sy vertel aan hulle dat sy nou vryskut werk doen, harder werk as ooit tevore, en nog nooit opgehou het met reis nie. Sy ontmoet natuurlik baie interessante mense en sien wonderlike plekke. Sy maak dit haar doel om die land en sy mense aan die buiteland te verkoop. Toeriste is juis so honger om van Suid-Afrika te lees. Liza is passievol oor haar werk en die lewe.Sy is eerlik genoeg en definitief nie ‘n uitbuiter nie. Nadia wou haar hele biodata hoor, voordat sy wat Liza is, toegelaat sal word om enige artikel te publiseer. Nadia vertel ook vir Liza, dat sy die artikel eers aan hulle moet voorlê vir goedkeuring, voor publikasie. Liza gee nie om om dit te doen nie, want sy brand om in ruil daarvoor, alles van hierdie plaas te hoor. “Ek het so ‘n ruk terug van die groot oorstromings in die noorde gelees, en ek brand om met die man self ‘n onderhoud te doen. Ek moet darem sê dat hy nie heeltemal ‘n vreemdeling is nie, Jacques is immers met my suster, Alida, getroud.”“Haai, nou toe nou!” laat Tineke van haar hoor.“Jy gaan nog baie hê om oor te skryf.”Jacques sluit hom by die geselskap aan en vra: “Het julle al van die renoster en olifant by Bettysbaai gehoor?”“Renosters en olifante?”“As jy van Kleinmond se kant af ry, oor die Palmietrivier se brug, dan moet jy nog so 200 meter of so aanry en stilhouplek soek. Nee, nie wat jy dalk dink nie. Jy moet uitklim en na die see se kant toe kyk. Nie te lank nie of jy sien dalkies ‘n paar silwer lyfies van die dolfyne. As dit daardie tyd van die jaar is vir die walvisse, die Noorkapper, dan sien jy definitief een of meer van hulle ook. Nou laat jy jou oë dwaal oor die fynbos en draai dan stadig om. Voor jou teen die oorkantse berg, sal jy duisende Mimetes bosse met hulle rooi puntblare sien en ander fynbos ook. Maar as jy boontoe kyk, heelbo, sien jy ‘n olifant en ‘n renoster. Jy hoef nie te skrik of in jou motor te klim nie, jy kan maar bly kyk. Jy sal dit regtig sien, volgens ander wat daar was, sien jy dit op ‘n helder maanlignag ook. Dis nou die drie grotes, die walvis is nou wel nie een van die groot vyf nie, maar tel dalk as een van die groot ses.” Almal hang behoorlik aan Jacques se lippe. Toe, tot almal se verbasing, val Jean ook in.“Ry mens nou verby Bettysbaai, dan kry jy die Disakloof of Harold Porter se Natuurtuin. Nie Harry Potter nie. In die tuin is daar baie mooi inheemse plante. Jy loop net so ‘n entjie, dan sien mens die pragtige Koningsprotea, die heerser van die fynbos. As jy gelukkig is, sien jy die bruidjie ook. Sy is baie skaam en

25

Page 26: Bloedrobyne Van Valery du Toit

na die troue is sy bekend as die Protea Nana. Stap jy verder, sien jy dalk een of meer van die bruidsmeisies. Getooi in bloedrooi kelkblare. Die Disa. Dit is immers die Disakloof. Of die huwelik geslaag het, of die onthaal lekker was, sal net jy self kan bepaal. Jy sal ‘n piekniekmandjie moet bring en jy en jou maat kan julle op die grasperk neervlei onder een van die geil Pienk Keurbome. Dalk is daar nog ‘n mooi groot Rooiels met sy trosse wit blomme. Heerlik, dink net hoe lekker sal so ‘n piekniek nie wees nie.” Jean sluit sy vertelling met ‘n lag af.

Nadia en Liza het die plaas, soos die ander besoekers, met ‘n gholf karretjie deurkruis. Hulle kom oplaas te staan voor die pragtige statig herboude plaashuis.“Ek het nie geweet die plaashuis is herbou nie.” Liza is opreg verbaas, want sy het die verhaal gevolg in ‘n tydskrif oor die wynplase en van die een waarvan die plaashuis nog nooit herbou is nie. Daar was wel ‘n foto wat voor die brand geneem is. Daar was selfs ‘n afdruk van ‘n skildery van die plaashuis. Maar niks meer nie.

“Ja, Jean en Jacques het uiteindelik een dag besluit om die beeld van Bordeaux te verbeter. Dit het darem te sleg gelyk so ‘n mooi plaas met ‘n afgebrande plaashuis.”Nadia en Liza kom baie goed oor die weg en Nadia verklap dalk meer as wat sy mag. “Nou waar woon Jean dan?” Liza vra dit, want Nadia het vroeër gesê dat Jean nie hier in die huis bly nie.“Hy woon die afgelope tyd in sy oorlede ouers se dorpshuis. Hy het Jacques en sy gesin wat by hom bly. Eintlik bly Jean by hulle. Daar is ook ‘n verpleegster en ‘n fisioterapeut wat daagliks inkom om te kom hand bysit. Jacques se vrou is mos in beheer van die restaurant, hulle sorg vir hom.” Liza het so ‘n skalkse glimlag om haar mond.“Liza, vergeet wat ek gesê het, jy mag dit nie in jou artikel skryf nie.” Die byna smeekende oë van Nadia laat Liza byna hartdop lag, maar sy sê ewe ernstig.“Toemaar, ek sal niks daarvan skryf nie, ek belowe, ek kon agterkom dat dit soort van geheime inligting is.””Liza, kyk hier is so ‘n uitkykpunt gebou, waarvandaan jy mooi foto’s kan neem van die plaas.” Liza is alreeds op pad na die uitkykpunt, waar ‘n mens lekker kan sit en ontspan, asook foto’s neem.“Kan ek ‘n paar foto’s van die plaashuis ook neem? Dis so mooi hierdie oud vermeng met nuut, ek het nog nooit so iets gesien nie.” Nadia onthou eers veel later van die drieling huise wat ‘n ent weg van al die ander huise staan. Sy sal hulle later vir Liza gaan wys. Dit was huise wat met gewels en al, deur Jean se oupa hier gebou is vir die voormanne. Hulle is later gerestoureer. Alida het eenkeer aan haar vertel dat sy en Jacques in een gebly het, net na hul troue. Hulle het dit destyds laat verf, binne en buite en nog later is al drie gerestoureer. Sy sal later aan Liza verduidelik en vertel, veral van die gewels. Dis iets wat haar ook geïntresseer het. Dis tipiese barok-gewels van die ou Kaap Hollandse boustyl. Dis ook net so mooi gerestoureer. Die kleinste van die huise is hare, haar blyplek. In die ander een bly Henk en sy vrou en die derde een is die wingerd voorman se huis.

26

Page 27: Bloedrobyne Van Valery du Toit

9Nadat Nadia en Liza weg is om die plaas te besigtig, vra Jean vir een van die jong werkers om hom na die huis toe te vat.“Die huis, meneer..., Jean bedoel die nuwe plaashuis?” Andries is waarlik verras. Hulle het mekaar altyd op die voornaam genoem,maar nadat Jean vandie noorde af teruggekom het, het Andries vir hom begin ‘meneer’ sê. Jean het hom al gevra, ‘asseblief, noem my net Jean.’“Ja ek wil nou soontoe, ek het nou die moed om daar in te gaan.” Andries stoot die rolstoel met die sementpaadjie langs tot by die plaashuis. Jean haal die sleutel uit sy hempsak en gee dit vir Andries om die voordeur oop te sluit.“Ek sal oopsluit, meneer, maar Jean moet self oopmaak en ingaan, ek sal hier wag.”Jean gaan tot binne-in die huis. Hy beweeg tot aan die anderkant van die vertrek. Net toe Andries die deur toemaak om Jean privaatheid en ruimte te gee, kom die twee dames voor die huis aan. Hy maak hom vinnig uit die voete, sodat hulle hom nie sien nie. Dis mos eintlik verbode terrein hierdie. Andries skuil agter ‘n groot struik en wag in stilte daar sodat die dames hul foto’s klaar kan neem en hul ry kry. Hy is so bang hulle steur vir Jean. Hy weet Jean voer ‘n innerlike stryd op die stadium. Hy was een van die wat gehelp het met die herbou en verf van die nuwe huis. Hy weet wat daar gepraat is tussen die twee broers. Hy wat Andries is, is maar die ou wat altyd by is om Jean te help. Hy bewonder die man al van kleindag af. Jean was die een wat hom aangemoedig het om sy skoolloopbaan te voltooi. Hy het gewoonlik al Jean se skoolboeke ook gekry, soms sy klere ook. Dit was vir hom ‘n hoogtepunt, dat hy dieselfde lyf het as Jean.Die argitek wat hulle met die nuwe planne genader het, om te help met die herbou, het allerhande aanbevelings gedoen. Die idee is oorspronklik, maar aan moderne geriewe ontbreek dit nie. Provensaals, maar tog ook ‘n groot hap Kaaps-Hollands. Buite is die gewels behou. Die datum op die ou gewel bokant die deur is 1790. Meer as tweehonderd jaar se geskiedenis op hierdie stuk aarde. Die dik mure is behou. Bokant die ander deur, wat na ‘n ander nuwer deel lei, is die nuwe datum aangebring, 2000. Die oorspronklike vorm, die H-vorm, waarin die ou huis was, is behou. Dis modern aan die binnekant, deurdat daar ‘n moderne kombuis, en suite slaapkamers en selfs ‘n verhitte onderdak swembad met kleedkamers en ‘n musiekkamer is. Dis ‘n dubbelverdieping huis, maar die boonste deel van die huis kan heeltemal onafhanklik funksioneer van die grondvloer. Daar is ook badkamers by die boonste slaapkamers sowel as ‘n klein, goed ingerigte kombuisie. Die idee is dat gaste van die plaas se restaurant gebruik kan maak, in plaas van die kombuis. Dis nog nooit gebruik nie, nog nooit aangewend vir enige gas of inwoner nie. Die huis is sowat twee weke gelede deur die bouers afgegee. Miskien sal Jean nou, na vandag, wil intrek.Jean kyk na die orrel se kant toe. Hy sien hoe mooi die orrelpype teen die houtpanele lyk en hoog teen die muur gerangskik is. Hy sit nog so, toe sien hy die voordeur oopgaan. Hy dink eers dat dit Andries is, of is dit moeder...haar teenwoordigheid voel hy tog. Sy sou sekerlik baie bly gewees het om die voltooide huis te sien. Hy was ook so hardkoppig. Hy gewaar vir Liza, maar sy sien hom nie. Haar skoene maak nie ‘n geluid nie. Hy sien hoe sy haar oë ooprek

27

Page 28: Bloedrobyne Van Valery du Toit

om beter te kan sien. Voetjie vir voetjie loop sy vorentoe. Skielik sien sy vir Jean, en sy wil omspring, maar Jean roep na haar. Andries is ook net agter haar. Hy beduie dat sy stil moet staan. Gevries in haar eie spore staan sy daar.“Jean, ek is jammer. Ek het aan die voordeur se knip gedruk en toe die deur oopgaan, het ek kop verloor...” verduidelik Liza.“Toemaar nou, dis niks. Gaan nou, toe.”Andries kom nader en skud blad met Jean. “Geluk, Jean, dis nou baie goed dat Jean hier ingekom het. Ek is bly.”“Ja, dankie tog, ek het dit oorleef. Ek voel ‘n vreemde teenwoordigheid hier. Om hier te kon sit en dit te beleef, het nogal ou herinneringe opgeroep. Ek moet by die orrel uitkom.”“Dis ‘n mooi plek, Jean gaan lekker hier bly.” Andries is skoon aangedaan.

Die twee dames het stom geskrik en verlig die huis verlaat en staan nou buite. Hulle kyk woordeloos na mekaar. Hulle stap na die restaurant toe en saam met Jacques stap hulle die restaurant binne. “Waar kom julle vandaan?” “Ons het die plaas gaan bekyk.” Sê Nadia vinnig.Toe hulle twee alleen is sê Liza: “Die plek het ‘n vreemde gees. Ek het nogal gewonder of daar nog karakter na so ‘n herbouing sal wees, maar daar is tog.”“Ja, dit ruik nuut, maar dis tog ‘n ou gevoel.”

10

Jean wil nog ‘n rukkie alleen wees. “Ek moet liewer hier kom bly. Ek kan nie so aanhoudend op Jacques hulle se nekke lê nie. Ek moet net hier kom bly. Die vensters en deure moet oopgemaak word, hierdie plek moet lewe kry. Die son moet inskyn. Hier moet blomme in potte staan en die musiek moet deur die plek weergalm, dreun.”Jean deel die planne met Alida en Jacques. Hulle kyk verbaas, eintlik effens verskrik na hom.“Moenie dit doen nie Jean, jy kan nie alleen regkom nie.” Keer Alida.“Ek kan, en ek wil. Ek sal Andries kry om by my te kom bly en ek sal my terapeut elke dag laat kom. Jy moet asseblief die swembad se water begin verhit. Ek dink ek moet môre al begin. Julle kan my nie keer nie, ek het heeltemal te lank in ‘n kokon gebly.”Jacques en Alida belowe dat hulle hom al die ondersteuning sal gee wat hul kan. Intussen het Nadia en Liza ook haar besoek bespreek en Nadia sê aan Liza dat sy haar aan Alida en Jacques wil voorstel. Liza lag lekker.“Jy hoef dit nie te doen nie, Alida is my suster. Ek is nie verbaas dat jy dit nie weet nie, ek en Alida het nog laas ‘n uitval gehad en ek dink sy wou ook nie vir jou sê dat ek haar suster is nie, want dan is jy dalk bevooroordeeld. In elk geval, is ek en Alida nie nou meer kwaaivriende nie.”“Hoekom het jy niks gesê nie? Jy kon gesê het.”“Ek het dit vroeër genoem. Dalk het jy nie gehoor nie. Ek het gedink dit sal so uitkom. Vergeet nou daarvan. Ek wil Alida gou gaan groet.”“Sê gou vir my, gaan jy jou nou by ons aansluit, die Bordeaux-span?”

28

Page 29: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Natuurlik ek sal dit vir niks in die wêreld wil mis nie. Ek is baie aangenaam verras met julle opset hier en sal sekerlik hier baie lekker kan werk. Dankie Nadia.”

Die twee maak ‘n afspraak om die volgende week bymekaar te kom om die artikel en die foto’s te bestudeer. Dit moet eers gekeur word voordat daar iets geplaas mag word.Alida en Jacques is ook aan die gesels oor die nuwe gebeure rondom Jean en die huis.“Ek het so gebid vir Jean se geestelike herstel en nou kan ek net bid vir sy liggaamlike beterskap ook. Ons gebede is verhoor, my vrou.” Jacques weet eintlik nie hoe om hierdie emosie te hanteer nie. Hy trek aan sy hemp en vryf sy rooi hare deurmekaar. Hy draai die koue water oop in die wasbak en laat die water oor sy hande en deur sy vingers loop. Hy wil die bewing in sy binneste so probeer stil.“Natuurlik, my man, ons gebede word verhoor, jy moet net lank genoeg vra, daar’s baie mense wat bid en vir wie gebid word, en elkeen kry ‘n beurt, as jy geduldig is om te wag. Die suster van my het nog altyd rooimiere gehad, sy moet net altyd toer of reis. Ek dink sy wil haar paspoort so vol as moontlik van verskillende stempels hê. Ek is nogtans dankbaar dat sy ook hier uitgekom het. Ek het vir haar ook gebid.” Alida praat met baie dankbaarheid en deernis in haar hart. Sy weet hoe swaar het Jean se moeder gekry na die nuus van die oorstromings in die noorde. Jacques hulle se ma het daardie dag vir haar, Alida,‘n verhaal vertel en haar laat belowe dat sy vir g’n lewende siel daarvan sal vertel, terwyl sy nog lewe nie. Na haar dood kan sy dit maar vertel. Net na sy die verhaal aan haar vertel het, het sy vir Alida gevra om haar te help om dit in ‘n brief te skryf. Kort hierna het sy nog ‘n paar keer beroerte gekry. Die duidelike opdrag was dat Jean en Jacques die brief na haar dood moet kry. Sy sal dalk nou een van die dae vir Jean die brief moet gee. Sy kan dan ook aan hulle die verhaal van Cecile of van Val vertel. “Alida, Bokkie, hoor jy dan nie wat ek sê nie? Ek vra of daar nog van die lekker kerrie is?”

11 ‘n Vroeg wintersnag, sowat veertig jaar gelede:

Dis 01h00 in die nag. Die Stadshospitaal sit statig teen Tafelberg. In die nag lyk dit soos ‘n veilige hawe. Die ligte brand oral en die ongevalle afdeling is feitlik volstoom aan die gang. Toe die soveelste ambulans voor die hospitaal stilhou, is die portier dadelik by om die pasiënt uit te help en met nog ‘n rooi hospitaal kombers toe te maak. Sy word op ‘n trollie na die hospitaal se ongevalle afdeling

29

Page 30: Bloedrobyne Van Valery du Toit

geneem en agter die gordyn ingestoot. Die plastiek gordyne wat die beddens van mekaar skei, is plek-plek met bloed bespat. Die vrou is in vroeë kraam. Hier sterf mense saggies. ‘n Man bel sy ma, om haar mee te deel dat sy vrou so pas oorlede is. Dis na middernag, maar sy weet nie watter dag dit is nie. Tyd vir redelike denke is daar nie. Miskien is haar laaste gedagte nog aan die pa van haar kind. Die pyn laat haar liggaam sidder en sy klem haar vuiste om nie te gil nie. Sy voel die taai bloed aan haar hande. Waar is die dokter? Die geluide vervaag en sy sak weg in ‘n diep donkerte. Wie is verantwoordelik vir die arme vrou se wonde aan haar gesig en lyf? Al wat nog hoorbaar is in die afdeling van pyn en lyding, is die mense se gekerm en die reuk van bloed. Iewers huil ‘n kind... Die dokter het uiteindelik ‘n oomblik om by die pasiënt uit te kom. Hulle spook vir die behoud van die baba en moeder. Toe die vroeggebore, eintlik spontane miskraam, in die dokter se hande lê, vra hy die suster: “Sit dit in ‘n steriele bak. Sal dit nou-nou ondersoek.” Die dokter sukkel om die moeder se lewe te red, maar sy is in skok, as gevolg van erge bloedverlies en daar kan niks verder vir haar gedoen word nie. Sy sterf alleen, sonder die pa van haar kind. Alleen. Die jong dokter sien dat die vrou iets in haar hand vasklem. So in haar sterwensuur het die vingers om die string rooi krale al vaster geklem. Hy sien skielik uit die hoekie van sy oog ‘n beweging. Niemand wonder oor die blou kolle op die vrou se gesig en lyf nie, is sy aangerand? Is dit die rede vir haar vroeë kraam? “Iemand kom help my, die baba lewe!” Hulle skarrel en werp alles in die stryd, om die lewetjie te red. Hulle vat raak en vat reg. Die mensie het ‘n gees, God het sy asem oor hom geblaas!

Raak stil en weetDie Here het ons beet. Hy hou ons vasLos tog nou jou las.Bid vir wysheid en vir krag.Die krag om die bose te keerMet die wysheid van die woord.Verjaag die jakkals uit die boord,dit verhinder en vernielGod se redding van ons siel..

30

Page 31: Bloedrobyne Van Valery du Toit

12 Suide

Henk van Lingen het die plaaswerkers geleer hoe om goeie kuipe te maak. Dis ‘n ambag wat Henk hier kom leer het. Hulle, Henk en sy vrou, het hulle saam as wynmakers bekwaam. Hulle twee was skielik ‘n gedugte span om mee rekening te hou op Bordeaux.Die wyn is voortreflik. Die egpaar se twee dogters het hulle in die onderwys bekwaam en die plaasskool op Bordeaux, onder hande geneem en gesorg dat almal wat moes, by hulle skoolgaan. Die twee jonge here van Bordeaux was teen dié tyd goeie musikante. Saam met die van Lingen jongedames het hulle vir die kultuur en musiek op Bordeaux gesorg. Francois du Preez se ou orrel is na die wynkelder se proekamer verskuif en so kon die skoolkoor en die ander musiekmakers die gehore trakteer. Jean het die orrel laat restoureer en die klank is steeds voortreflik. Hanneke en Maryke het die skool en musiekafdeling beskou as hulle heiligdom. Daar is dringend ‘n opname ateljee nodig om die talente van die omgewing se sang en koormusiek op te neem. Dit was nog altyd hulle droom om so ‘n ateljee te kan bedryf. Die nutspanne doen oral verbeterings aan die buitegeboue. Dis algemene instandhouding en ook verbouings wat heelwat tyd verg. Aangesien Bordeaux ‘n privaat wynkelder is, moet hulle die status as sulks handhaaf. Daar kom nogal heelwat binnelandse en buitelandse besoekers. Jean en Jacques besluit om hul wyn-repertoire uit te brei en ook van nuwe metodes gebruik te maak om meer gebruikerwvriendelike en drinkbare wyne te maak. Dié wyn kry dan ook prettige name. Iets soos Silvervaring, Trots van Franschhoek, Konings Protea, ens. Henk stel ook voor dat hulle dier name kan gebruik. Henk verluister hom aan Jean se entoesiasme. “Dis vandat Jean op die plaas woon dat hy so vol vuur en drif is oor die plaas en sy mense.” Tineke het ook al laat val dat Jean eintlik ‘n nuwe mens is en dat hy baie planne het.“Jy moet stadig oor die klippe, jy sal jouself uitbrand.” Het Tineke hom gemaan. “Nooit, my pa het altyd gesê dat g’n mens al ooit oorgekom het van harde werk nie.” Jean het hierdie nuwe gevoel in sy binneste nog met niemand bespreek nie. Dis seker ook maar die nuwe blyplek en vars lug. Plaaslug was nog altyd goed vir enige mens.

Jean dink aan die Liza-vrou wat hier was. Haar beeld steek in sy gedagtes vas. “Hoekom het ons haar nog nooit leer ken nie, sy is mos ‘n suster van Alida. Maar ek ken haar skaars.” Praat Jean met homself. “Sy is ‘n mooi vrou en ek sal daarvan hou om met haar in gesprek te wees.” Sy het daardie iets, daardie ‘magic’ in haar stem en oë. Hoe moet mens iemand leer ken. “Wonder of Nadia haar toe ‘n werk aangebied het. As sy hier kom werk, dan sal ek haar leer ken. Ek kan ook nie juis ernstig raak met ‘n vrou nie, kyk waar sit ek, hoelank nog voordat ek weer kan loop.” As ‘n man al byna veertig jaar oud is en nog nie ‘n vrou het nie, dan begin mense wonder. Hy sal nie daaraan dink

31

Page 32: Bloedrobyne Van Valery du Toit

om haar met sy probleme op te saal nie. Hy wonder of sy al ooit ‘n man in haar lewe gehad het. Dalk het sy nou iemand in haar lewe. Henk staan vir ‘n rukkie stil en gewaar skielik vir Jean. Henk staan met ‘n wynkatalogus in sy hand en wil dit met Jean bespreek.“Jean, ons sal die katalogus moet opdateer en die pryse moet aanpas, het jy tyd, dat ons kan praat?”“Ja natuurlik, Henk, dis nogal ‘n groot verantwoordelikheid, so ‘n plaas bedryf.”“Ja, dit is, maar saam sal ons die wa deur die drif trek. Onthou jy hoe jou pa ons altyd vertel het van verantwoordelikheid en alles wat daarmee saamgaan.” “Ja, ek onthou, maar tesame daarmee onthou ek ook dat ek nooit die verantwoordelikste persoon was nie. O, my pa was altyd baie omgekrap met my.”Hy onthou hoe hy en Jacques as klein seuntjies met groot oë gestaan en luister het. Hierdie twee seuntjies is vandag uitgegroeide mans en sommige het nog nooit hul verantwoordelikhede nagekom nie. Here,Maak my ‘n juweel (vir my medemens)Nie ‘n klein tengerige of fyneKlein klippie nie;Nie ‘n blinkverblindende lig nie,Ook nie ‘n veelkleurige, skreeuende,Kleurvolle, nekband nie, (vir my familie)Here,Maak my net ‘n juweel.Amen

13 In die hospitaal

‘Doen slegs U wil Heer, U wil met my’so maak ‘n pottebakker met die kleidit word bewerk, gedruk en gebrei,

32

Page 33: Bloedrobyne Van Valery du Toit

totdatdit reg is. Maak ‘n kleipot van mydan vul ek die kleipot met die skatbinne-in my.

Na die tweede, of is dit nou die derde operasie, toe Jean bykom, hoor hy hoe die suster verslag doen aan die suster van die intensiewe sorg.“Sewe ure op ons voete, veertien skroewe, vier plate in die rug, nou is hy julle s’n.”Hy voel die ontsettende pyn. Die pyn wat hy elke keer nog gevoel het wanneer hy bykom. Hy hoop dis die laaste keer. Hy probeer om nie aan die pyn te dink nie en sing in sy gedagtes ‘Jesus min my...’ net om nie aan die oomblik te dink nie, die pyn, die pyn. Die suster sit morfien druppels op sy tong en mettertyd sink hy weer weg in ‘n diep slaap. Toe hy wakker word, is die pyn genadiglik ook weg. Die keer sing hy: ‘Doen slegs U wil, Heer, U wil met my.’“Suster, ek wil gou iets vra.” Jean voel vir die eerste keer baie beter en wil weet wat gebeur het, of iemand weet wat gebeur het. Die suster vra dat hy so ‘n oomblik moet wag, dan sal sy by hom kom sit. Jean is uit die intensief en in ‘n hoësorg saal. Dis nog privaat genoeg en hy voel heeltemal gemaklik om met iemand, ‘n sielkundige, te praat. Die suster bring die sielkundige na hom toe sodat hulle sy storie kan aanhoor.Jean wil heel eerste weet of hulle enigiets van die ander mense op die plaas weet.“Jean, ek dink jy moet ons vertel waar jy was toe die ding gebeur het, want ons is nie heeltemal seker watter mense almal bymekaar was nie.”“Dit was Kersfees en ek het by Dirk en Connie Erasmus van die plaas Droogte gebly. Hulle twee kindertjies was ook by. Toe die slag ons tref, ek weet nie wat dit was nie, toe is alles in chaos en ek het eers in die hospitaal my bewussyn herwin.”“Goed, ons kan met sekerheid sê dat daar nie ‘n Dirk en Connie Erasmus op die lys van oorledenes is nie. Die kinders se name?”“Ek kan nie meer onthou nie.”“Was sy ook daar?”“Ek kan nie meer onthou nie.”“Goed, kom ons los dit eers. Vertel ons wat jy kan onthou. Ons wil net hê dat jy jou gedagtes moet uitsorteer.”“Nee, julle wil weet of ek my varkies almal op hok het. Ek wil nie meer praat nie.”“Meneer, ons wil jou net help, toe vertel wat jy beleef het.”“Vroeg middag, terwyl ons begin eet het, het dit hard begin reën. Die weer was baie swaar en dit het skielik baie donker geword, sodat ons die ligte moes aanskakel. Ek het aan ‘n tornado gedink, toe die slag ons tref. Die hele muur aan die noordekant het ingetuimel, of padgegee. Toe is alles skielik vol water en deurmekaar. Die kinders het gegil en ek het oor iets, soos ‘n fiets, gestruikel. Die krag van die water was onsettend sterk. Dit het ons rondgeruk en jy het absoluut geen beheer gehad oor die deurmekaarspul nie. Daar was stoele en tafels, diere en later kon ek nie meer my oë oophou nie. Dit het gebrand, seker van die vuil water. My bors het ook gebrand omdat ek nie meer kon asem kry

33

Page 34: Bloedrobyne Van Valery du Toit

nie. Dit het gevoel asof my longe wil bars. Net toe ek dink dat ek nou seker gaan verdrink, toe hoor ek ‘n geraas en my kop is weer bo die watervlak. Die pyn was opeens onbeskryflik, die geweldige pyn in my rug. Ek onthou nog dat ek gedink het dat, as my rug gebreek was, ek niks sou kon voel nie. My bene het egter soos loshangende boomtakke saamgesleep. Ek onthou dat ek mense by my verby sien spoel het. Ek dink ek het toe my bewussyn verloor. Is dit nou soos mens Kersfees moet vier.” “Gelukkig het ek met moeder gepraat net voor die storm ons getref het. Ek hoor nog haar stem.”Jean sukkel om sy emosies in beheer te hou, al sê die dokter en suster dat hy maar mag huil. “Huil? hoe kan ek nog huil, waar moet die trane vandaan kom.”“Wat kan jy nog onthou? Die mense met wie jy saam was in die plaashuis, kon jy hulle nie sien terwyl jy so...h-mm, gespoel het nie?”“Nee, snaaks, ek het hulle nooit weer gesien nie. Nie die kinders nie, en ook nie vir Dirk en Connie nie. Ek wonder ook oor ‘n kollega, ek kan nou skielik nie haar naam onthou nie, sy is doktor...nee, ek kan nie onthou nie. Dit sal my later byval...Gabrielle, sy het ‘n Portugese van.”“Toemaar, jy sal nog onthou. Los dit maar.”“My ma, wat het julle van haar gehoor.”“Jy weet mos dat sy oorlede is, kort nadat jy jou bewussyn herwin het, het jy na haar gevra. Sy het net sag heengegaan in haar slaap.”“Ek is nou baie moeg, ek dink ek wil nie meer dink of praat nie.”“Goed, ons sal jou nou met rus laat.”“Jy moet geduldig wees, jou rug en bekken het sleg seergekry en al wat gaan help is dat jy rustig is en stil lê.”“Ons gaan môre skanderings doen om te sien wat die vordering in die groei is.”Hy lê en dink aan die eerste paar weke van sy herstel. Hulle wou nie hê dat hy moes sit nie, die rug moet eers herstel. Die been-inplantings moes ook kans kry om te groei. Hierna sou hy moet leer om te sit en te staan en te loop. Basiese dinge wat hy al sy lewe lank doen, maar wat skielik ‘n nuwigheid geword het en weer van voor af aangeleer moet word. Die gewone basiese goed soos skeer, tandeborsel en gesig was, dit kan hy nou weer doen, maar ander goed soos bad. ‘n Bedbad is elke dag sy voorland. As sy maag hom pla, dan dit ‘n proses wat sy menswaardigheid aantas. Nee, hy wil nie daaraan dink nie, dis te erg. Selfs net die basiese natuur behoeftes van ‘n mens, dis baie erg.“Ek wil nie dink nie, maar my gedagtes loop hul eie draaie. Ek wonder waar is Jacques, het hulle my al ooit kom opsoek, kan nie onthou nie.”

‘Vorm my en maak my, net soos U wil’ek wil soms uitklim en skree,ek word gebak en gebrei en gekneemaar U hou my veilig,

soos U wilbeskerm teen sonde, en vulmy, bou my en hou myneed’rig en stilNet soos U wil.

Hy dink aan ‘n voorval op universiteit.

34

Page 35: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Hoelank terug was dit? Niemand op die plaas het hulle aan my gesteur toe ek myself ingeskryf het nie. Net pa het geweet, want hy het die rekening gekry. Ek dink dat ek so tekere gegaan het, om nié varsity toe te gaan nie, dat hulle my of nie geglo het nie of nie geglo het dat ek ooit iets sal klaarmaak nie. Niemand weet wat my studies behels het nie. Niemand stel ook belang nie.” Net voordat die selfbejammering hom weer beetpak, kry hy die gedagte aan een Sondagmiddag se petalje. Hulle het almal op die stoep gesit en gesels, toe een of ander outjie op die vloer bokant hulle, kom kla, dat hulle raas, hy wil slaap. Natuurlik het hulle hul nie daaraan gesteur nie en verder gesels. Meteens keer die mannetjie ‘n emmer water op hulle om. Jean vererg hom so, dat hy agterna hardloop om die vent goed ‘n les te leer. Dié gaan kruip in sy kamer weg, Jean word so kwaad, dat hy die deur skop en ‘n gat dwarsdeur die een paneel skop. “Ag nee, wat makeer my tog.” Die reël by die koshuis is, as jy iets breek, jyself vir die herstel en koste verantwoordelik is. Chris kom na hom toe en nadat hy die skade ondersoek het, sê hy dat hy alles in sy kamer het om die deur te herstel. Hulle haal die deur af en herstel die skade. Nadat die deur weer aangesit is, sien hulle dat die klein vent, wat is tog sy naam, dwarsdeur alles geslaap het!“Hoekom dink ek nou weer aan die voorval? Dalk oor ek nie weer my voete kan gebruik om te skop nie?”Hy dink aan die suster wat nou die dag moes ondersoek instel na sy voete. “Ek is seker daar is kleeflint aan my tone en voete.” Die suster het sy voete oopgemaak en gekyk, en hom gewys dat daar niks is nie.Sy voete en bene is eintlik sonder lewe. Hy kon hulle nie beweeg nie, niks voel nie. Die suster het ‘n naald gaan haal en hom daarmee geprik. “Ek voel niks.”

Hy het skielik ‘n liefde vir fyn ys ontwikkel. Hy suig aan die ys, om sodoende sy dors te les. Net toe hy sy oë oopmaak omdat hy iets bekend hoor, sien hy vir Jacques en Alida.“Hallo, Jean, hoe gaan dit?” dis Alida se sagte stem wat hy hoor en nou wil hy net huil. Hy wonder vir ‘n oomblik waar hy is.

14

“Hallo vreemdelinge, het julle my gekry?” roep Jean verheug, nadat hy sy stem teruggekry het. Allerhande dinge word oor gepraat totdat Jean sê: “Vertel my gou van Moeder?” Albei is onverhoeds betrap en Jacques draai weg van Jean, steek sy hande in sy sakke en staar by die venster uit. Alida kom sit by hom en neem sy hand in hare.“Luister, ek weet sy lewe nie meer nie, maar vertel my toe, het sy oor my uitgevra of gepraat?”“Jean, sy het gepraat van jou oproep die oggend voor ons gehoor het van die oorstromings. Sy het elke dag net gewag vir jou oproep. Ons is so bly dat jy haar elke dag gebel het. Sy kon regtig nog ‘n gesprek met mens voer. Sy het na die oorstromings, aanhoudend gesê, dat sy glo jy lewe nog. Toe een môre het sy bly lê en ek kom toe agter dat iets nie heeltemal reg is nie. Toe ek met haar praat, vir

35

Page 36: Bloedrobyne Van Valery du Toit

haar sê dat hulle jou gevind het en dat jy lewe, het sy net geglimlag, en haar oë toegemaak en gesterf. Sy was so bly dat jy lewe, dat sy heeltemal rustig kon gaan.” Alida se stem breek toe sy vir Jean dit vertel, en Jacques kom nader en neem by Alida oor.Alida druk Jean se hand voordat sy vir Jacques plek maak. Jean is skielik baie hartseer.“Ek dink net aan my ellende. Ek het moeder gruwelik verwaarloos.”“Nee, Jean, ek dink nie so nie. Moeder was ‘n bedrywige mens. Haar dae was vol en sy was besonder besig met haar medemens en die werkers en hul mense. Jy weet tog. Sy het net die laaste tyd op ons, op jou, gekonsentreer. Moenie te veel hieroor stres nie, sy was baie rustig teen die einde. Jy moet nou net konsentreer om gesond te word, sodat jy kan huis toe kom. Die plaashuis moet herstel word en daar is baie dinge waaraan jy aandag kan gee, soos die rekenaar programme wat jy dalk sal kan opgradeer.” Jacques wil dat Jean belangrik voel, sodat hy kan plaas toe kom.“Moet net nie ongeduldig word nie, ons sal jou kom haal.” Voeg Alida by.Daardie aand beleef Jean ‘n baie wonderlike, maar vir hom onverstaanbare eienaardigheid. Die ligte was al afgeskakel. Hy was nog wakker, toe skyn daar ‘n lig van agter af oor hom. Terwyl sy oë toe is, uit eerbied, sien hy tog die lig, hoor hy ‘n stem.“Wees Heilig, want Ek is heilig...” dan weer “Leef heilig, want ...” wie is dit, waarvoor hoor hy dit. Hy weet skielik baie helder: dis sodat ek nie moet tob nie, sodat ek nie mag moed verloor nie.” Rustig raak hy aan die slaap.Die volgende oggend word hy wakker en sien vir die eerste keer hoe die son deur die gekleurde brandskilder glas venster skyn. Vir ‘n oomblik weet hy nie waar hy is nie. Toe onthou hy. Die gebou waarin hy versorg word, was eers ‘n kerk. Die brandglasvensters is toe net so behou toe hulle die plek weer herbou het vir die siekes wat versorging nodig het. Die Heiliges se afbeeldings is nou deursigtig en herkenbaar soos die son deur hulle skyn. Dis ‘n illustrasie van sy droom van die vorige aand.“Dis natuurlik hoekom die groot vensters van die ou kerke altyd so versier is.” Hy onthou meteens die droom of belewenis van die vorige aand. “Ek sal gesond word, ek sal na my plaas toe kan gaan.” Nog ‘n operasie, nog fisio, nog skanderings nog pyn, nog etes. Na ‘n ruk is dit uiteindelik sy beurt om huis toe te gaan. Die sestien weke van loutering is uiteindelik verby. Jacques en Alida wag die vliegtuig op die Kaapse lughawe in. Die hele familie wag op die plaas vir hom na die baie maande se siekte. Nou vir die herstel.

Here,Maak my net ‘n juweelIemand wat vir ander ‘n aanwins kan wees,Imand wat ‘n ander kan help blink o presteer,

-vir God en sy gebod-omdat ek U wil dank,sodat ek U kan eer,

-eer aan my God-en U as Vader en Verlosser het.Here, Maak my asseblief ‘n juweel!

Amen.

36

Page 37: Bloedrobyne Van Valery du Toit

15 Dis feestyd op Bordeaux.

Almal is hard besig om voorbereidings te tref vir die Bordeaux-fees. Hulle besluit op ‘n paar nuwe versnitwyne en ook om ‘n kompetisie uit te skryf en al die buurplase en die wynmakers te betrek. Die reëlings neem die meeste van hul tyd in beslag en Jean is saans so moeg dat hy nie tyd het om te tob nie. Hy volg soggens en saans ‘n strawwe oefen-program in die verhitte swembad. Die terapeut wat Nadia opgespoor het, is van die dorp, en was eers nie baie geneë om te help nie.“Nadia, jy’s seker laf as jy dink ek en Jean kan saamwerk. Hoe sal ek die man kan help, ek het destyds sy meisie afgevry en ek weet hy het my nog nooit vergewe nie. Nee, vriendin, ek weet darem nie.” Toe sy hom vertel dat Jean baie gewillig en besadig is in die laaste tyd, het Willem Vermeulen dit nie eintlik geglo nie. Hy was saam met Jacques en Jean op skool en daar was gedurig ‘n akademiese kompetisie tussen die seuns. Jean het dit gewoonlik afgelag en dit kon Willem nie hanteer nie. Hy wou altyd ‘n debat voer oor sekere standpunte van verskil. Daar het egter heelwat water in die see geloop sekert hul skooldae. Willem is ‘n baie suksesvolle fisioterapeut/biokinetikus, wat deesdae ook baie sukses behaal met rehabilitasie terapie en dan veral in die swembad. Willem weet ook dat ‘n ander terapeut Jean sonder sukses behandel het. Dié terapeut, moes Jean net eers gewoond maak aan die swembad en die water. Hy het Jean geleer ontspan, en mediteer.Toe Willem kom, het hy net aangegaan met die goeie werk. Hy het musiek as terapie medium gebruik. Jean het toe oë gelê en luister en later gesit en na vér plekke gegaan. In een so ‘n meditasie, het Jean hom verbeel hy is in die Noorde. Daar by die broodboom woud. Die Modjadji. Later sien hy bome waarvan hy geleer het, die bome het voor hom gestaan en later kon hy ‘n hele woud voor hom sien. Die Mopanies, wors bome, kierieklappers, raasblaar, fluweelboswilg. Vaderlandswilg, Boekenhout. Eendag sien hy, gedurende so ‘n sessie, vir Gabrielle. “Ja, dis haar naam, nou weet ek, sy lewe.” Skielik ruik hy haar parfuum, hy voel haar teenwoordigheid, hy ruik so suinig as hy kan, want hy is bang die reuk raak op. “Waar is sy? Wat het van haar geword. Sy was mos nie by die kersete nie. Waar was sy?”Die dokters het hom weereens aan ‘n klomp evaluering onderwerp en vir hom gesê dat die rugmurg kan herstel. Dit hét ook in ‘n groot mate herstel. Hy moet net aanhou met die oefeninge, dit sal sy spiere soepel hou en ook sy bene versterk. Hy moet net selfvertroue kry.Elke dag bring Alida vir hom ‘n bord kos.

37

Page 38: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Jy maak my vet,dan sukkel ek om hierdie lyf op my bene staan te maak,” lag Jean een aand toe Alida en Jacques weer vir hom kos bring. Jacques sien toe dat Jean elke aand in die bed kom. Hy en Andries neem beurte met die taak, totdat Jean een aand sê: “Ek is okay, julle hoef regtig nie dit alles vir my te doen nie, ek kan dit nou al self doen.”Andries en Jacques glimlag net en staan terug, sodat Jean hulle kan wys hoe hy dit self doen. “Julle weet, aan die begin het ek drie soorte nat op my gesig gehad. Snot en trane en sweet. Nou is dit net soms trane van dankbaarheid.”

‘n Bossie roosmarynmet bloublom vreugde injou kombuis of in jou kruietuin.Die laventel geur, Is in ons neuse en ons ruik en dans met vreugde die lente tot voor jou deur.

16

Jean dink filosofies aan Liza. “Jou stem is soos volrooi wyn.” Dit is rond en vol op die tong, romerig en dis goed om na te luister, dit rol so by jou ore in en kom lê hier in my hart. So proe ek die rooi, fluweelsagte, vol ronde rooiwyn. Dis ‘n streling op die oor, jou stem. Dis sag op die tong en dis voeding vir die wese en die fisieke. Dit streel en rol en bedwelm die sinne, maar dis goeie medisyne vir die hart, die siel, die oor en die tong en die lewe”Die buurplase reageer fluks op die uitnodiging na die fees van Bordeaux se base. Hoewel die meeste mense uiters verbaas was om so ‘n uitnodiging te ontvang, het baie seker ingeskryf, net omdat hulle nuuskierig is om die plaas te besoek. Nie dat iemand nog ooit weggewys is daar nie, maar na die brand en die dood van die ou mense, het van die nuwe en jong intrekkers en boere van die omgewing hulle nie veel gesteur aan Bordeaux nie. Nou is die belangstelling baie groot na die nuwigheid in hul omgewing. Nadia, Alida en Tineke het planne gemaak en spyskaarte uitgewerk en gemaak en die jong klomp aangesê om skoon te maak die mure te was, en te verf, en tafels te skrop. Dis skielik ‘n yslike gewerskaf op die werf by die kelder en die restaurant.“Julle, dis ‘n werkery die wat ons lank gaan onthou.” Die span in die kelder, onder die leiding van Henk, toets die kaas en wyn wat bymekaar sal pas. Met die uitsoek van die kaas het Liza een oggend tot hul redding gekom. Sy het ‘n besondere aanleg of aanvoeling vir die regte kaas by ‘n sekere wyn. Dit het die dag vir heelwat pret gesorg. Alida herinner hulle dat hulle die wyn mag uitspoeg en nie alles insluk nie. Hulle sal té vrolik word. Liza weet dat sy nie sommer net moet oorneem by Nadia nie. Sy en Nadia kom goed oor die weg en sy en Alida is ook meer gemaklik met mekaar. “Liza jy het soveel kennis van die Franse taal en dinge, jy kan net sowel hier oorneem. Jy weet ons kry baie buitelanders hier. Ek skiet regtig baie tekort.”“Nee wag Nadia, dis jou werk en ek is net ‘n raadgewer, eerlikwaar, as ek my voorregte oortree het, is ek jammer, maar dis jou werk en jy doen dit baie goed.”

38

Page 39: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Die groot dag kom nader en almal se senuwees is op hol. Jean en Jacques skimp naderhand so terloops oor ‘n eie kaasmakery. Henk sê weer, “Nee, kom ons bepaal ons nou maar by die wynmakery.” Die Hollander is nie baie gediend met nuwighede nie. Dis seker omdat hy van ‘n kaasmakende land afkomstig is, dalk dink hy die kaas hier gaan nie soveel karakter hê nie.“Ja, maar ons kan ons eie kaasmakery begin, dan gee ons vir nog werkloses werk en dan hoef ons nie meer die kaas ten duurste aan te koop nie.” Die kaasmakery bly maal deur Jean se kop. Hy was nog altyd ‘n man wat stil-stil baie dinge wil uittoets. Hy sal nog vir Henk ompraat. Hy is verbaas dat hy skielik soveel entoesiasme en nuwe idees het. Alida en Nadia het eendag geskerts en gevra waar al die nuwe idees so skielik vandaan kom.“Die idees was nog altyd daar, dit moes net raakgesien en uitgevoer word.” Jacques smul aan ‘n lekker kaasfondue en tuisgebakte brood.“Toemaar, ek en Jean sal nog vir Henk oortuig.” So dink die manne aan uitbreidings en ander nuwighede. Henk is waarskynlik bietjie jaloers dat Jean vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd iets nuuts bedink het. Nadia het met die pers gereël en Liza sal ook ‘n artikel doen oor die gebeurlikhede van die dag en foto’s kom neem vir die tydskrif waarvoor sy werk. Haar vorige artikels wat sy van Bordeaux gemaak en geskryf het, was wenners. Jean was baie beïndruk en het dadelik weer en weer van haar dienste gebruik gemaak. Twee weke voor die skouspel sal plaasvind, is alles al so te sê gereed. Jean het alles op die Bordeaux-landgoed webblad gesit en inskrywingsvorms en kaarte en alles en nog wat, gereed gemaak op die internet. ‘n Dag vòòr die groot dag, vroeg oggend, kry Nadia ‘n ontstellende oproep van Liza. Nadia is baie boos en teleurgesteld toe sy na Jacques en Henk in die kelder stap.“Verbeel jou, om op so ‘n kort kennisgewing te laat weet dat kamma sy ‘n belangriker opdrag gekry het om te gaan uitvoer.” So tier sy voort, terwyl haar oë bly soek na Jean.“Wat kan nou belangriker wees, as juis ons fees.” Jacques is ook teleurgesteld, want hy kan net dink wat die nuus aan Jean gaan doen. Hy belowe om Jean te gaan bel of self te sê. Om tyd te spaar, bel Jacques sommer vir Jean.“Ag nee, ek glo dit nie.” Jean is so teleurgesteld toe Jacques hom die nuus vertel, dat hy dadelik weer in ‘n stuurs houding verval. In sy dop kruip en homself bejammer.“Sy stel nie meer belang nie. Dis alles my skuld. Sy kom nie meer nie.” Hy voel hoe seer hy het in sy binneste, dis soos ‘n fisiese pyn. Hy is terselfdertyd ook baie kwaad. Hy pyl met sy rolstoel reg op die naaste stoel af. Hoe kan Liza dit aan hulle doen. Gee sy dan nie om nie. Jacques het vermoed dat die nuus Jean sou ontstel, so hy draf gou na die huis toe om hom te gaan kalmeer.“Ek dink dis alles my skuld. Maar ek weet nie wat ek gedoen het nie. Ek was nooit naar met haar nie. Ek was juis baie ordentlik. Sy het beslis iets teen my. Sy kan dan ook maar wegbly, in haar ‘glory’ vlieg.”Later sou hulle verneem dat Liza ‘n aanbod van ‘n internasionale reistydskrif gekry het. Hulle hoofkantoor in Suid-Afrika is in Johannesburg. Hulle benodig artikels oor nuwe gasteplase wat in die laaste tyd in Mpumalanga en Limpopo hul verskyning gemaak het. Dis vir inligting aan die oorsese sowel as die binnelandse markte. Dis ‘n aanbod van ‘n leeftyd, iets wat sy nog altyd wou

39

Page 40: Bloedrobyne Van Valery du Toit

doen. Die betaling is ook nie te versmaai nie en met al die byvoordele, ai, dis ‘n winskoop. Sy het ook drome, groot drome. Aangesien sy vryskut werk, kan sy dit aanvaar. Jean onthou skielik van Gabrielle, dis wat sy ook gedoen het, sy het ook weggegaan en hy weet nie eens waarheen nie.“’n Mens moet maar die aanbiedings aangryp wat na jou kant toe kom, dit is ‘n kans in ‘n leeftyd.” Liza dink aan die Bordeaux fees en troos haar daaraan dat daar wel dekking van die media se kant sal wees. Sy het haar kollegas ingelig, en hulle sal sekerlik die woord versprei. Sy het ‘n voorskou artikel geskryf vir ‘n dagblad. ‘n Soort advertensie, en lok-artikel. Die mense van Bordeaux behoort haar eintlik daarvoor te bedank. Die nuwe aanbod sal haar nie langer as so drie maande besig hou nie. Sy is buitendien lankal lus vir ‘n verandering.

Ek is mal oor jou, ek hou so baie van jou,Praat met my, toe asseblief, - Nee, moet nie die spel breek nie – moenie.Die tower oomblik is verby, daarmee heen. Dis net ‘n illusie, geen visie meer.Praat net, hou net aan met ‘speel’ met jou oë, jou mond, jou stem.Behou die illusie, ‘n oomblik, ‘n minuut, ‘n woord, ‘n raaisel?

17

Liza sak terug in die vliegtuig se sitplek.

“Ek kan nou ook nie eintlik Nadia se ontsteltenis begryp nie. Liza, jy is besig om teen jou beterwete te baklei. Of ek is besig om my gewete te sus. Dis nou nie asof ek ‘n verpligting ten opsigte van ‘n kontrak met die mense het nie. Ek voel net so ‘n klein bietjie skuldig, want Bordeaux het nog altyd goed betaal. Enigiets wat gepubliseer is, word met groot belangstelling en goeie gevolg gelees en vergoed. Nee wat, ek troos myself daaraan dat ek ‘n sukses gaan maak van die aanbod – ek kan mos nie my droom sommer so weggooi nie. As jy iets kan droom, kan jy dit doen. Ek sal weer terugkom Kaap toe, dis immers waar ek wil wees. Hierdie is net ‘n tussenspel.” Liza dink aan Nadia wat haar beskuldig het dat sy nie omgee vir Bordeaux en sy mense nie. As dit nou iemand anders was wat haar probeer ompraat het, het sy dalk gebly. As Alida wil, kan sy dalk vir hulle inlig oor haar manier van doen. Sy is ‘n hele sewe jaar jonger as Alida. Sy

40

Page 41: Bloedrobyne Van Valery du Toit

was nie by hulle troue nie en sy en Alida het ook nie veel vir mekaar te sê gehad sedert daardie tyd nie. Sy was juis op ‘n kort toer Zimbabwe toe. Sy stoot die gedagte aan ‘n baie aantreklike man dus uit haar gedagtes, want sy weet: “Hier is groot seerkry aan die kom. Hy is so ‘n indrukwekkende persoon. Ek wil nie sommer ‘n vaste adres hê nie. Sou ek dalk lief geword het vir die boer van die Boland? Dis onmoontlik, ek wil nie weer ‘n man in my lewe hê nie.” Sy raak van uitputting aan die slaap.Iemand sê haar naam saggies en sy antwoord. “H-mm?” Dis eers toe iemand aan haar arm raak dat sy wakker skrik en besef dat hulle in Johannesburg geland het en dat dit een van die kajuit bemanning is wat aan haar arm geraak het. Liza staan stram-stram op uit die sitplek. Sy stap aan na die eindpunt gebou en na ‘n nuwe uitdaging in haar lewe.“Ek dink ek is ‘n bietjie laf, maar ek is tog bietjie verlief op die aantreklike wynmaker van die Boland.” Sy skuif die gedagtes opsy en vergeet tydelik van die Boland en sy mense. Sy is nou in Gauteng en die begin van ‘n nuwe hoofstuk in haar lewe.

Die lewe is vol teenstrydighede.Lank terug was dit ook so.Toe begin ek glo dat alles sal herstel.Die dae loop weer glad en wel.Toe gebeur dit weer: die sinkplaatpaaie in die lewe begin weer wys,my ore suis, my lippe bewe,ek begin weer twyfel oor die lewe.

dandie teenstrydighede, die onsekerhede.Die lewe is vol teenstrydighede.

Een môre toe Jean en Jacques op die stoep uitstap, sien hulle ‘n kartondoos staan. Dit lyk asof daar iets in is wat lewe. Hulle hoor ook die onmiskenbare geluid van klein hondjies daarin. Jacques buk en maak die boks oop. Hy tel ‘n pragtige Laborador hondjie uit en sit hom op Jean se skoot neer. Die ander een is ‘n donkerbruin Dobermann hondjie. So sit en wonder die twee oor die twee hondjies en sien nie vir Andries aangedraf kom nie. “Julle het hulle gekry?” roep Andries uit.“Waar kom die goedjies vandaan?” vra Jacques.“Dis Donovan se honde se babas, dis julle geskenk. With compliments.”“Hierdie is ‘n baie lekker geskenk. Ons het lanklaas ons eie honde gehad, né Jacques.” Jean is baie in sy skik en druk die hondjies albei teen hom vas. Hulle krioel in sy hande. Andries staan nader met ‘n bak vol kleinhondjie kos en ‘n bak water. Toe hy dit neersit, sit Jean die hondjies ook neer en hulle skarrel met hul koddige lyfies nader aan die bakke. Kostelik om hulle dop te hou. Daar is bietjie van alles in die twee hondjies. In die Laborador is daar definitief bietjie

41

Page 42: Bloedrobyne Van Valery du Toit

boerboel en in die Doberman, ‘n bietjie Terrierbloed. Dit is nietemin ‘n wenkombinasie.“Wat is hul name, Andries?” vra Jean.“Dis Jean se voorreg om te sê.” “Reg, die ligte een sal Shiraz wees en die ander een is Merlot.”“Dit is nie heeltemal reg nie, broer, die Shiraz een is dan ‘n ligte kleur hond?”“Die ander een is Merlot en die hond is nie donkerrooi nie, maar dis hul name, en basta.” Jean is baie beslis met die name.“Goed, goed, hier kom die twee nuwe inwoners van Bordeaux, Shiraz en Merlot.” Sê Jacques en met die woorde kom Alida op die stoep aan. “Wat gaan hier aan? Hondjies, waar kom hulle vandaan? O, hulle is pragtig. Wat is hulle name?” Alida is in die wolke oor die honde.“Dis Shiraz en die een is Merlot.”“Hulle is buite honde, Jean, hulle moenie in die huis gaan nie. Ons het ‘n groot hok vir hulle gemaak. Ons gaan dit nou-nou bring, ek wil net die bakkie leen sodat ek die hok kan gaan oplaai. Is dit reg so, Jacques?”“Ja, natuurlik, dit sal waghonde word op die werf.”

Hierdie twee honde het inderdaad ‘n legende geword op die plaas. Pragtige twee honde, getrou aan hulle base en almal op die werf. Later het hulle ook bewys dat hulle nie vreemdelinge op die werf sou duld nie. Hulle het soos hul name aandui, beleë waghonde geword.Eendag het ‘n sekere John Green ook met die honde se humeure kennis gemaak. Dit het hom berou en hy het nooit weer sy voet op die plaas durf sit nie. Hy het probeer om vriende te maak, maar dit het nie gewerk nie. Die honde het geweet hy is nie welkom op die plaas nie.

In die hospitaal

As jy jou siel moet blootlê aan iemand, ‘n dokter, ‘n psigiater, ‘n ander mens, dan kan jy weer heel word. Dis egter ‘n lang, lang pad. Jean onthou die dae in die kliniek. Dit was hel. Dit was inbreuk maak op alles wat vir hom heilig is. Die binne in jou, word buite, oopgebreek. Die dokter wil alles weet, alles. ‘n Mens is so broos so weerloos. Die dokter wil weet, hoe dit gebeur het, wat het jy gedink, gesien en gedoen. Waar het jy jou bewussyn verloor en waar het jy weer bewus geword van alles. Het jy pyn gevoel, soveel dae, soveel genade. Dit was baie flenters wat bymekaar gemaak moes word, om weer net sin te kon maak van die lewe. “As ek nie so hulpeloos was nie, kon ek nog wegkom van die ondervraging, maar sonder hulp kon ek nie die pad vat nie. Dan kon ek wegkruip en in my eie dop bly. Nooit weer my oë oopmaak om die lewe en wêreld in die oë te kyk nie. Net myself afsluit en hoop dat, as ek hulle weer sou oopmaak, alles weer sal wees soos dit was. Dié keer sou ek wil hê dat ek op die plaas moet wees. In vrede en rus met my familie in die ou plaashuis. Die Bolandse berge rondom my

42

Page 43: Bloedrobyne Van Valery du Toit

wat waghou oor die plaas, die dorp en die mense. Die berge wat sommige dae so blou is dat jy die voue en plooie kan sien en ander dae so helder dat die rotse en plantegroei duidelik sigbaar is.” Die berge het buie, die berge het bekoring. Die fynbos, is sy asem, ja, die berge sug soms en haal asem. Dit glo hy, veral as die bergwinde warm waai en mens die hitte kan voel afdaal op jou. Die sweet op jou lyf en arms droog sommer op. As jy jou gesig teen die wind indraai, is dit asof iemand jou saggies oor die wange streel.

God is ‘n kunstenaar;Het jy al gesien hoe verfHy die berg soggens en saansAs jy die son in die verte gewaar?

God is ook die groot Geneesheer,Nie sommer ‘n dokter nie,Want Hy vertroos en maak gesonden is by ons, al is ons hoe seer

18

Saans, in die dae nadat Jean in die Boland terug gekom het, het die twee broers lang tye gesit en gesels. Soms het Alida en die kinders ook daar kom sit.Die lang dae in die kliniek het nie onmiddellik helderheid gebring nie. Die hele opset in die kliniek is soms ook maar ontstellend. Mense wat skree, aanvalle kry, weier om te eet en andere wat, soos Jean, met alles gehelp moet word. “Ek was bang ek gaan dood en later was ek bang ek gaan nie dood nie. Dit is ‘n ander soort gesukkel.” Jacques en Alida het sulke tye net in stilte na Jean se verhaal geluister en dit gekoester.“Jean, onthou jy hoe moeder ons altyd see toe gevat het op ‘n Saterdag of Sondag. Ek onthou nou skielik hoe ons op Blouberg se sand gesit en speel het, terwyl moeder en ‘n vriendin op stoele by die motor gesit en tee drink het. Dit was altyd vir my so snaaks, om geen rede nie, dat hulle tee drink by die see.” Jacques en Jean sit die oggend so en ‘onthou-jy-nog’ stories uitruil. Andries kom nader en gee vir Jean ‘n kniekombersie om sy bene warm te hou. “Andries, my vriend, ek is ‘n boer nie ‘n tannie nie!”

43

Page 44: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Ja, maar kyk hoe blou van die koue is jou bene, jy wou mos nie ‘n langbroek aantrek vanoggend nie,” brom Andries gemaak kwaad vir Jean. “Ag, toe nou maar, dankie. Ek sal een van die dae sterk wees, dan trek ek self aan en loop ek waar ek wil. Hierdie gesit in die rystoel, raak nou net te veel.” Mor Jean met ‘n glimlag, en knipoog vir Alida. Andries sê dat hy tee wil bring, en Jean sê: “Bring sommer ‘n lekker Pinotage. Maak die bottel oop. Een van voorverlede jaar, in die wynrak in die studeerkamer, asseblief Andries.”“Onthou jy hoe groot die strand toe gelyk het, daar by Blouberg. So ‘n lekker diep sand strand. Ons het sandkastele gebou, en dan spoel die branders bo-oor en alles is weer plat. Ons was dan kamma baie verontwaardig. Onthou jy nog hoe ons ons lywe verbrand het? Moeder het ons gesmeer met ‘n room, maar daardie tyd se room was nie UV, of iets, bestand nie. Ook nie waterdig nie.Met die eerste swem het dit afgewas.”“Ja, en Moeder en ant Sophie het so gesels dat hulle van ons vergeet het.” Voeg Jean by.“Jean, ons het ook lekker tye saam met pa in die veld deurgebring, né. Onthou jy?”“Ja, die vleisbraaiery onthou ek. In ‘n graaf of iets.”“In ‘n graaf?” vra Alida toe sy die tee begin skink.“Jis, ek dink my geheue het ook verspoel met die oorstromings. Vertel bietjie vir ons.”“Ons het in die veld saam met pa gestap, dan moes ons ‘n graaf saamdra, sodat ons vir ma plantjies kan uithaal. Soms het ek en Jean ‘n leë blik saamgedra en as pa die vuurgemaak het, het ons water in die blik gaan skep in die watervoor en gekook vir koffie en sulke slae het ons swart koffie, bitter, saam met pa gedrink. Iemand het vir ons bekertjies van kondensmelkblikkies gemaak. Ons het die graaf gaan skoonspoel en dan die wors in die graaf gaargemaak.”“Pa het ons goed geleer van vuurmaak en weer die vuur veilig geblus. Hy was baie streng daarmee.”“Het julle dit baie gedoen?” Vra Alida.“Ja, nogal, dit was vir ons lekker om so saam met pa in die veld te wees. Hy het die bossies en die plante geken en ons geleer van die verskillende soort grond en waar mens witwyn druiwe en waar mens rooiwyn druiwe aanplant.”“Pa het ons op sulke dae van allerhande goed geleer. Onthou, ons was toe al in ons tienerjare en dit is mos maar ‘n moeilike tyd van enige kind se grootword. Hy het ons geleer van die dinge waaroor ons gewonder het.”“As ons by die huis kom, het hy nooit oor sulke goed gepraat nie, dit was veldpraatjies.”“Op een so ‘n uitstappie het hy my vertel hoekom my van verskil van Jean s’n. Hy het my vertel dat ek ‘n ander ma en pa het as wat Jean het. Hy het net gesê dat ek hul wettige aangenome kind is en dat my pa se naam John Green is. Hy was ‘n omstrede karakter van die omgewing. My ma het hy nie genoem nie, net dat sy oorlede is toe ek klein was.”Alida sit haar hand op Jacques se arm en kyk na hom terwyl hy die verte instaar. Jean sê ook nie ‘n woord nie. Hy voel aan dat dit ‘n oomblik is om stil te bly. Na ‘n paar oomblikke se stilte, merk Jacques op.“Jean, ek dink baie keer daaraan dat moeder ons Vrydagaande gedreig het om ons koshuis toe te stuur, omdat ons altyd iemand gesoek het om saam met ons te

44

Page 45: Bloedrobyne Van Valery du Toit

gaan kattekwaad aanvang. Ons het baie maats op die plaas gehad en het altyd Vrydagaande, na die debat aand by die skool, iets kom aanvang het.” Die laaste deel rig hy aan Alida.“Hierdie einste Andries, en nog ‘n paar ander, was ook ‘n bondgenote in die kwaaddoenery. O, jong, my pa het ons ook maar lekker afgeransel as ons te ver gegaan het.” “Hulle het altyd gesê hulle vrees Vrydae se onheilighede.” Hulle lag tog te lekker. Jean draai die glasie pinotage in die rondte. Die son val op die glas, robynrooi gloei dit. Jean sê niks en net toe hy die glasie teen sy lippe hou, gaan daar ‘n rilling deur sy lyf. “Loop iemand nou oor my graf.” Hy skuif ongemaklik rond. Dis byna soos met loodglasvensters. Die gekleurde glas waardeur die son skyn. Die toneel op die vensters maak regtig eers sin as die son deur die glas skyn. Jy kry ook die idee as jy deur gekleurde lekkergoed papiertjies kyk. Soos mens as kind dikwels doen. Stilweg sit elkeen met sy eie gedagtes en dink aan ‘n tyd lank gelede. Skaak gespeel saam met pa en dan daardie kere as ons raakrugby met ons maats op die plaas speel en soms ook ‘n krieket wedstryd aanpak. Francois du Preez was ‘n harde man, wat hom nie veel aan die gerief van sy werkers gesteur het nie. Hulle lone was goed, maar die huisies was dikwels klein en ontoereikend. “Ek sal ook graag kinders wou hê, dan sou ek wil speel met hulle, see toe gaan, roomys gaan eet.” So mymer Jean.“Jy sal eers ‘n vrou moet vat, broer.” Skerts Jacques, saggies.“Ja, jong,ek weet hoe dit werk, maar waar gaan ek ‘n vrou kry wat bereid is om met my te trou.” Jean is baie kleinserig oor dié feit. Vir ‘n lang oomblik is dit stil tussen die mense.“Pa was al oud in ons oë. Ek dink hy was toe al so vyftig. Nie dat vyftig oud is nie, maar in enige kind se oë is veertig al oud.” Jean hou weer sy glas so voor hom in die lug teen die sonstraal, dis asof iets hom dryf om dit weer ‘n keer te doen. Daar skyn dié keer so ‘n reënboog van kleure deur die wynglas. Dis asof daar hoop te lees is in die gebaar.“Ek wonder of die mens ook soms so teen die lig gehou word om sy ware kleure te voorskyn te laat kom.”“Jy hoor ook nie wat ek sê nie, jy moet eers vrou vat voor jy kinders kan hê.” Lag Jacques en klap hom op sy skouer.“Ek hoor, ek hoor, maar dit is juis die probleem. Ek sê mos. Waar sal ek nou ‘n vrou kry wat in my belangstel. Ek bedoel nou maar, ek sit in ‘n rolstoel, as jy nog nie opgemerk het nie.” Jean klink effens bitter, en wil die gesprek liewer in ‘n ander rigting stuur.“Kom ons maak dan planne met ons werkershuise. Kom, jy ontwerp ‘n paar nuwe planne vir huise en ons maak die grond daar onderkant die wynkelder gereed en bou ‘n paar nuwe huise daar. Ons kan selfs die bestaande huise hier, netjies maak en gemakliker maak. Toe wat sê jy?”“Daag jy my uit?”“Ja, wel, as jy dit as ‘n uitdaging sien, dan daag ek jou. Hoe lyk dit, wanneer begin ons.”“Dit sal goed wees, dan sal hulle ook kan sê: Dis my huis daardie.” Voeg Alida by.

45

Page 46: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Ek dink ek het al ‘n verskil begin maak, toe ons die nuwe huise daar bokant die dam gebou het. Jy het nog nie die plekke gaan besigtig nie. Ek sal Andries vra om jou môre soontoe te vat. O ja, ek het gedink ons moet van hierdie groterige quad bikes koop, sodat jy dalk ook meer mobiel kan wees en op die plaas rondbeweeg.”“Die man maak planne, né, Alida?”“Ja, ons moét maar sulke planne beraam om jou te betrek. Onthou, ons gee om en ons is lief vir jou Jean.” “Jean, dis darem jammer van al die skilderye wat destyds met die brand in die slag gebly het, wonder nou meteens wie was die skilder, kan jy dit nog onthou?” die twee manne is nou regtig vandag besig om die verlede op te roep.“Ek kan onthou van die klomp skilderye. Baie mooi, en baie getrou aan die natuur. Dit was mos, meestal natuurtonele?” “Dit was, dit was een of ander familielid wat dit geskilder het. Almal was onderteken Val, en die datum. Dit het my nogal gefassineer. Toe ek heel klein was het ek altyd gedink dat die skilderye moet val. Dit was die persoon wat dit geskilder het, se skildernaam.”“O ja, dit kan wees. Ek het weer nooit sover gedink nie. Het moeder jou gesê?”“Jul moeder het vir my gesê dat haar naam Valery was, sy is oorlede.” Bevestig Alida hul vermoedens. Nou wonder Jean oor die geheimsinnige skilder wie se skilderye hul hele huis vol gehang het. Wie sou sy wees en wat was haar verbintenis met hul familie. Hoe wens hy nie dat hy méér met moeder gesels het nie. Haar uitgevra het na hul voorouers en familie en vriende van lank terug . Gedane sake.Jacques skink vir hulle nog ‘n glasie van die pinotage en vra vir Jean. “Ry jy nog saam Worcester toe? Ek wil by die heuningboer aangaan en olywe by die olyfboer se plaas gaan kry.” Jean wonder oor sy behandelings van die volgende dag en antwoord toe.“Ja, dit sal lekker wees, maar gaan jy nie saam nie, Alida? Jy ry mos gewoonlik saam.”“Nee dankie, gaan jy maar, ek wil môre ‘n paar ander dinge doen.”

Die oestyd was al in volle swang daardie jaar. Die wingerde is hoog swanger aan hul nuwe oes. In die Brandwagberg omgewing is daar ook sagtevrugte en die plaasmense is bedrywig in die wingerde en in die vrugte boorde. Dis groen net waar jy kyk. In die lug hang geure en kleure van ryp vrugte. Daar is ook ‘n sterk mosgeur in die lug. Die lug is droog en dis warm, so warm soos dit net in die Breederiviervallei kan word. Die teerpad bewe van die hitte hier voor hulle uit. Jean en Jacques maak ‘n draai by die Aftree oord se dienssentrum, sodat hulle vrugte kan aflaai. Hulle het ook al by die olyfplaas stilgehou en olywe aangeskaf. Die handwerk wat Alida se span handwerkers gemaak het, word ook afgelaai en versorg. Die Bordeaux-span boer nie net nie, hulle gee ook om vir mense wat minder het as hulself. Hulle reik elke seisoen uit na ‘n ander gemeenskap. Alida het baie van die inisiatief by Cecile oorgeneem. Sy doen dit omdat dit vir haar lekker is. Later het nog idees bygekom en tot uitvoer gekom.

God is ook ‘n boekhouervan ons sondes hou hy

46

Page 47: Bloedrobyne Van Valery du Toit

nie ‘n lys of boek of loer Hy nie oor ons skouer.

Die volgende dag ry die twee broers, ‘n ent agter die huis, met ‘n dowwe paadjie wat berg se kant toe loop. Jean het intussen met krukke begin loop, hy sien dus kans om ‘n ent saam met Jacques te stap, nadat hulle stilgehou het. Hulle kom op ‘n deel van die plaas, vér bokant die huis, waar niemand juis kom nie. Dis seker sowat 500meter verby die laaste deel van die werf wat gewoonlik gebruik word. Dis baie dig begroei daar. Die twee honde snuffel en snuif en gee kort klein blaffies van opgewondenheid. Skielik sien hulle ‘n deel van ‘n klipmuur en iets onder die blomstruike en rankrose, Jacques trek die bloedrooi Poultonii Bougainvillea lote weg. ‘n Doring prik sy hand liggies. “Eina, demmit.” Dis ‘n verrassing om hierdie muur met klip gebou, hier op te merk. Feitlik onaangetas deur die jare, ontbloot hulle ook ‘n platdak baksteen huisie se een muur, onder die geweldige dig begroeide blomstruike. ‘n Rankroos, pienk, bedek die hele huisie. Die wind kom skielik op en waai met ‘n dwarrel die rooi blomme van die bougainvillea in die lug op.“Bloedrobyne...” sê Jean saggies.

God is ook IngenieurHy maak nie net lig in die donker nie,Hy bou ook ‘n brug tussen jou en my, en danis Hy ook ons Vader en Heer.

Bo alles is God die groot Ek Is,al die beroepe in een, is Hy die Herder en Heer wat ons altyd wil Leer, dat Hy ons Heer en Verlosser is.

19 - Oor Liza – en dan bordeaux

Liza het die afgelope agt maande rondgery, artikels geskryf, foto’s geneem en besluit sy ken nou waarlikwaar elke hoekie en gaatjie van die ou Transvaal. Mpumalanga, die Limpopo provinsie asook ‘n deel van Noordwes, soos dit nou genoem word. Dit was die afgelope tyd haar tuiste, sonder vaste adres. Daar is nie ‘n wild vakansieplaas of visvangplek wat sy nie besoek het nie. Al die eienaars en kunstenaars wie sy leer ken het in die proses, is nou nie juis almal ewe gaaf of vriendelik nie, maar wel baie interessant. Sy kon ‘n boek skryf oor die eienaardighede wat sy soms gehoor het. Sy het selfs ‘n teks geskryf vir ‘n TV reisprogram. Sy was besig. Daar is ‘n hele program oor die eienaardige plaasname en die lodges se name. Sommige kere het sy op ‘n tentvloer geslaap, in haar slaapsak, langs ‘n rivier, waar die muskiete haar aangeval het. Sy is nou moeg van bed opmaak vir ryk toeriste. Sommige van hulle is plein morsig. Nee wat, dis nie vir haar nie. Op ‘n paar plekke, dit onthou sy nou, het sy so luuks gebly, dat sy selfs bedien is met die heerlikste wyn uit die Boland kontrei. Wyn,

47

Page 48: Bloedrobyne Van Valery du Toit

dit laat haar terugverlang. Dis snaaks dat dit haar nou laat dink aan die Boland boer. Ook eienaardig dat onlekker herinnerings mens wil laat teruggaan. “Ek is nou moeg hiervoor, nie heeltemal my scène om uit ‘n tas te lewe nie.” Een môre toe sy opstaan, besluit sy, dis nou tyd om haar goed te pak en na haar ouers se plekkie te gaan in die Suide. Toe sy naby Worcester ry, kom sy agter, dat sy eintlik al te vér is om direk na haar ouers toe te gaan. Sy sit by ‘n verkeerslig, in die linkerbaan en besef dat sy hier ‘n rigtingaanpassing kan maak. Sy draai instinktief van die N1 af en ry in die rigting van Villiersdorp. Sy dink skielik aan die mense wat saam met haar tee gedrink het by Bloemfontein. Daar was nie meer ‘n sitplek oor by ander tafels nie, en hulle loop reg op haar af. Nadat sy hulle genooi het om te sit, stel sy haarself voor aan die drie vreemdelinge. “Kan nou nie meer almal se name onthou nie, maar die man se naam was Dirk en sy vrou, o, nee, kan nie onthou nie, maar die ander dame was Gabby, of Gabrielle. Weet ook nie meer wat haar van is nie, maar sy het bietjie na ‘n uitlander gelyk. Tog het sy Afrikaans gepraat. Swart hare en die blouste blou oë, dit onthou ek baie duidelik.”Hulle wou by my weet of sy dink hulle moet in die Kaap ‘n draai gaan maak. Natuurlik, jy vra nie so ‘n vraag aan ‘n Kapenaar nie. Natuurlik moet hulle daar ‘n draai gaan maak.“Julle moet tog by die wynplase aanry, daar is soms oornag plek by die plase. Lekker wyn ook.”Liza onthou ‘n sekere deel van die gesprek met die mense. “Ons het ‘n jaar gelede ál ons besittings en ons kinders in ‘n storm verloor. Ons begin nou eers weer ons lewens aanmekaar sit. In ons soeke, het ons op Gabrielle ook afgekom.”Net dit, niks meer nie, nie waar en presies wanneer nie, maar Liza het geweet dat dit die mense is van wie Jean eendag vertel het. Sy het niks meer gesê nie en hulle het ook niks meer vertel nie.Plaas toe? Gaan sy weer plaas toe? Sou sy dit kon waag, na wat sy aan Jean en Nadia en al die ander gedoen het. Sou hulle regtig nog kwaad wees, regtig omgee. Liza dink meteens aan Jean, haar gevoel vir hom. “Is daar regtig iets tussen ons, iets om op voort te bou. Wonder of hy nog in die rolstoel sit. Nie dat ek gepla is daardeur nie. Die man styg uit bo ander, al kan hy nie staan of loop nie. Ek sou graag weer ‘n man wil vertrou, ‘n man met so ‘n sterk persoonlikheid en wie tog nie ‘n bedreiging inhou nie. “Ek het my al te lank afgesluit van mense. Te lank al kan ek nie myself vertrou om ‘n verhouding met iemand te begin nie. Selfs my familie, Alida, is al moedeloos met my.”Mens raak uiteindelik weer gewoond aan alleen oor die weg kom.Nadia het die afgelope tyd self hard gewerk om die plaas en sy produkte te adverteer en bekend te stel by die publiek. Binnelands sowel as op die buitelandse mark. Sy het ‘n B-Tek graad behaal in bemarking en toerisme. Intussen het sy haar plekkie, een van die drieling huise, ook mooi stylvol ingerig en meubels aangeskaf wat by die huis se styl pas. “Nou kan Liza maar kom kyk, ek het ook styl! Hoekom dink ek nou skielik aan haar. Ek mis haar, die lawwe ding. Ek verlang na haar geselsies.” Haar foon lui en ruk haar los van die gedagtes waarmee sy besig is.

48

Page 49: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Nadia, kom asseblief met die Jeep hier na die bokant van die plaas...” Jacques verduidelik aan Nadia hoe sy moet ry om daar te kom. “Bring vir Henk saam.”Nadia en Henk ry haastig na die plek waarheen Jacques beduie het. “Henk, wat sou gebeur het, Jacques het nogal angstig geklink. Dink jy Jean het geval of iets het gebeur met Jean.” Nadia is baie bekommerd, omdat Jean nou net weer begin inpas het op die werksaamhede van die plaas. Alles het net weer rustig begin verloop, nou dit. Wat?Hulle hou so naby moontlik aan die mans stil en spring uit. “Ek kan nie dink dat ek of Jacques al ooit die plek gesien het nie. Ons het baie op die plaas rondgespeel, maar was altyd vir die een of ander rede dié deel van die plaas verbied. Dis ook amper teen die berg en kan gevaarlik weer vir ‘n kind wees. Mens kan in elk geval nie eens die plaashuis of die kelder hiervandaan sien nie. So dis ook nie sigbaar vandaar af nie.”Henk probeer die gemoed van Jean vasstel. Jean wat intussen met krukke begin loop het, leun teen die huis se een muur.“Hier was net rankplante, ek en Jacques het dit so weggetrek en nou sien mens die deur. Hier is ‘n yslike slot aan, taamlik geroes.”“Kyk, dit lyk of daar water teen daardie rotswand afgeloop het. Ek dink dis die waterval waarvan Francois gepraat het, julle.” Henk bekyk die omgewing waarvan hy ook maar min weet. Daar is so ‘n gevoel van verlatenheid. So asof hulle oortree.“Nou kom ons maak die deur oop en kyk wat daarin is.” Sê Nadia, terwyl sy na die slot staar wat aan die deur hang.“Miskien word ons iets wys.” Nadia is ‘n praktiese mens, daar is nie tyd vir tierlantyntjies in haar boek nie. Sy mik om ‘n klip op te tel, maar Henk het haar voorgespring.“Goeie plan.” Henk stap met dié woorde nader.“Nee wag,” sê Jean. Die oomblik is skielik te groot. “Oom Johnny...ek wonder of hy nie dalk sal weet wie se plek dit is of was nie. Onthou, hy is seker die oudste bewoner hier op die plaas. Hy is wragtig seker al amper 100. Was nog saam met ons pa van die begin hier. Henk dink jy hy sal iets weet?”“Ek weet nie, ons kan probeer. Ek en Henk kan gou ry en hom gaan haal.”Jean loop nader na die plek waar hulle dink daar vroeër water geloop het. “Hier kan mens dalk weer water laat loop, ek sal moet gaan ondersoek instel. Sal Andries vra om my te help.” Henk het gesê dat hier ‘n kleinerige waterval was. Daar moes volgens hom, ‘n fontein hier bolangs gewees het, sou dit opgedroog het? Die honde snuffel en snuif en raak naderhand rustig en tevrede gaan hulle lê. Tevrede dat hier nie ‘n vreemdeling rondloop nie. “Jou ma se tuinery is hiervandaan besproei. Die water het hiervandaan gekom. Onthou sy het die mooiste tuin gehad., juis omdat daar genoeg water was.” Henk onthou skielik van die waterryke omgewing wat dit eens was. Jean wonder skielik weer oor die huisie. Nadia se foon lui en die oproep roep haar terug na die restaurant.“Verskoon my, ek gaan weer terug, hulle soek my.” Jean loop nader aan die huis om die deur en die slot te bekyk.

Wat is die doel met my lewe. Ek is nie regtig ‘n boer nie, ek kan darem wyn maak. Maar boer is Jacques se forté. Miskien moet ek weer gaan klasgee by

49

Page 50: Bloedrobyne Van Valery du Toit

die universiteit. Is ek werklik ‘n gelowige mens. Is ek godsdienstig, wat is godsdiens. Wie is God, of wat is God? Godsdiens is ‘n mensgemaakte iets. God is tog Heilig en heiliger as sommer net ‘n mensgemaakte kultus. Miskien het Moses ook gewonder hoe god gelyk het. Mens kan tog nie God verstaan nie, of verklaar nie. Ek wil nie God heeltemal verstaan nie, ek wil Hom vertrou. God kan ons lewens verander, Hy het ons uitgekies, ons is Syne.”

Dit voel meteens vir Jean of hy losstaan van die grond van sy geboorte. Hy is in ‘n doodloop straat van sy lewe. Miskien word hierdie die snelweg, of net ‘n deurloop. Hy wonder nog of hy opgewonde moet raak oor die plekkie. Hy voel ‘n warm lug om sy gesig, soos vingers wat aan sy wang raak. “Moeder? Wat is dit?” Terselfdertyd ruik hy iets bekend, haar parfuum, die bougainvillea blomme word deur ‘n effense wind gelig en dit waai in so ‘n klein tregtervormige beweging op en op en op... Jean beweeg vorentoe druk teen die deur. Die slot val af en die deur swaai oop. Hy is effens onkant gevang en gryp die kosyn vas. “Goeie genade, wat het ons hier?” dekades se stof en spinnerakke kleef aan hom vas. Hy kom in stomme verbasing tot stilstand. “Die tyd het beslis hier stilgestaan.” Die honde, Shiraz en Merlot, kom ook nader. Shiraz tjank effens en kyk nuuskierig na Jean.‘n Bekende stem praat skielik met hom. Sy brein wil nie dadelik die klank verwerk nie. Merlot en Shiraz begin onbedaarlik blaf.

Liza ry met die bekende pad en sien ook dadelik die afdraai na die dorp, sy draai terstond daar af. Toe sy oor die pas ry, trek sy haar asem in verwondering in en soek stilhouplek. Sy het amper vergeet hoe asemrowend mooi die vallei kan wees dié tyd van die jaar. Dit val haar ook by dat sy omtrent dieselfde tyd die vorige jaar die eerste keer hier aangekom het. Sy raak skielik haastig. Haar hart klop in haar keel. “Moet ek nie maar eers na mamma-hulle toe gegaan het nie?”

Stop! Kyk op!Kyk op, nie om.vanwaar sal my hulp dan kom?Dit wat verby is,was mooi en dis weg.Lewe vir die toekomslewe vir vandag‘dis die eerste dag vandie res van my lewe.’Elke dag kyk ons opNooit kyk ons dan om.

“Is dit om die plaas te sien of dalk sy baas? Moenie laf wees nie, Liza.” Betig sy haarself. Sy ry oor die bergpas, die eerste klompie huise verby, draai regs en ry stadig met die hoofstraat af. Sy bekyk die besighede met nuwe oë. Sy sien die huise, die kerk die mense, aldeur praat sy haarself moed in. Sy hou eers by die sjokolade winkeltjie stil om haar gedagtes agtermekaar te kry. Sy glo ook dat

50

Page 51: Bloedrobyne Van Valery du Toit

sjokolade ‘n goeie dosis serotonien om die selfvertroue en bewing in bedwang te hou. Sjokolade het my nog altyd selfvertroue gegee as ek op my senuwees is.” Sy ry met mening in Bordeaux se rigting. “Wat gaan ek op die plaas aantref? Mense kan in ‘n paar maande verander. Veral nadat ek op so ‘n, volgens hulle, omstrede manier daar weg is. Nee, ek moet deurdruk, ek ìs nou hier.” Sy draai by die bekende ou hekke van Bordeaux in en parkeer haar 4X4 op ‘n plek naby die kelder, in die skaduwee, want die son is nogal warm hier in die vallei. Sy moes vir haar dié voertuig aanskaf, aangesien al die paaie nie gebaande weë was waarop sy moes ry nie. Nadia kom net op daardie oomblik op die stoep uit en steek in haar spore vas toe sy Liza se bekende figuur herken.“Liza!” roep Nadia verheug uit. Sy hardloop haar tegemoet.“Nadia.” Die twee omhels mekaar. “Hoe gaan dit met jou?”“Goed, welkom, dit gaan goed. Kom, jy is seker moeg gery, waarvandaan kom jy nou?”“Ek het vanoggend van Bloemfontein af gery. Eintlik, sat gery.”“Kom, jy bly vanaand hier oor. Ons gaan gou ietsie drink.” Nadia praat eenstryk deur sonder om asem te skep, of soos haar vriende altyd sê. Sy praat sonder kommas en punte.Ten spyte van die lang end pad, lyk Liza so vars en glad nie eens moeg nie.Liza kyk om haar rond en vra. “Waar is almal?” “Jong, ek kom nou net van hulle af, Jean en Jacques, bedoel ek, hulle het ‘n vreemde ontdekking gemaak en is seker nou nog daar. Hulle stap die restaurant binne en Liza sê dat sy gou haar neus wil gaan poeier. In die kleedkamer steek sy vas toe sy Alida gewaar. Alida kyk verbaas na Liza. “Hallo sus, dis ‘n verrassing.” Sy loop na Liza en gee haar ‘n drukkie. “Hallo Alida, ousus. Ja, is dit nie, ek het nou net hier aangekom.” Alida is regtig bly om haar sus te sien en saam loop hulle na die restaurant toe terug.

20

“Het jy gekom om te bly?”“Ek weet nog nie, ek sal eers met die ander praat en dan sal ek besluit.”“Ek dink nie jy gaan probleme hê nie, jy kan by ons kom bly. Gaan jy na mamma-hulle toe? Hulle het baie verlang na jou.”“Die plan is om môre soontoe te ry. Sodra ek ‘n nag in ‘n lekker bed geslaap het, sal ek gaan. Ek sal hulle nou-nou kom bel. Ek is vroegoggend uit Bloemfontein en het dwarsdeur gery, net eenkeer brandstof ingegooi. Die twee susters loop tot by Nadia en Liza vra:“Waar is die ‘ontdekking’ waarvan jy gepraat het.” Nadia verduidelik en dan gryp Liza haar kamera en vòòr Nadia of Alida iets kan sê of keer, draf sy in die rigting wat Nadia beduie het.“Ek wonder of ek nie gaan verdwaal nie, hier is nogal baie bome en struike. Ek hoop ek sien iets wat my ‘n aanduiding gaan gee waar hul is.” Liza is op ‘n drafstappie en berispe haarself oor haar impulsiewe optrede. Na ‘n bietjie rondkyk en rondsoek, sien sy die dowwe paadjie soos Nadia beduie het. Sy sien ook voertuigspore. Sy voel skielik soos ‘n spoorsnyer. So asof iets haar jaag,

51

Page 52: Bloedrobyne Van Valery du Toit

slaan sy nou weer oor in ‘n drafstappie. Die joernalis in haar, die storie soeker, neem nou oor. Sy soek vir ‘n oomblik na ‘n opening in die muur, maar toe sy niks sien nie, klim sy oor die klipmuurtjie van lank terug en struikel half oor iets, dis krukke. Dis die teken waarop sy gehoop het. Daar sien sy nou ook die huisie. Sy loop angstig die huisie binne en sien vir die eerste keer vir Jean regop staan sonder hulp. Daar is twee honde wat aan die blaf gaan, Liza skrik, want sy ken nie die honde nie.“Jean?!” sê Liza sag verbaas. Hy draai sy kop en sien vir Liza, maar sy oë registreer nie. Die stem is bekend, maar dit neem ‘n paar sekondes voor Jean Liza herken. Die twee honde by hom blaf nog steeds. Jean praat met hulle.“Liza, is dit regtig jy? Ek bedoel, wat maak jy hier...e-e...aag, ek bedoel, kom nader.” Die honde gaan tekere en blaf al om Liza, Jean kry kans om hulle aan te praat. “Sjoes julle twee, dis Liza, moenie vir haar blaf nie, sy is ‘n vriendin.” Hulle bly dadelik stil en gaan lê. “Jean, jy staan, jy kan loop, dis wonderlik. Ek het na die plaas en hierna,” en sy wys na hom, “verlang.” Sê Liza verlig.“Welkom terug, Liza. Ja, ek sien nou eers – ek moes van pure opgewondenheid die krukke iewers gelos het.” Jean trek Liza in sy omhelsing in. Hy is opreg bly om haar te sien. Net toe hoor hulle stemme en Jacques en Henk kom aangestap na die huisie.“Sjoe, maar dis bedompig hier en donker – hoe het jy die plek oopgekry?” Jacques babbel aanmekaar en toe gewaar hy eers vir Liza. Henk sien dat Jean nie langer kan staan nie, en hy tree vorentoe en vang Jean voordat hy die grond tref. Jean is baie verleë omdat sy bene ingee.Almal klim in die voertuig en ry terug na die restaurant. Hulle drink ‘n heerlike glasie koel wyn en luister na Jacques se teorie oor die vrou Val, die skilder, dat dit dalk haar blyplek of werkplek was. Dit maak sin. Jean het persoonlike goed daar gesien.

“Hoekom sou dit so verwaarloos het rondom die huisie, wonder ek. Ek bedoel, dis duidelik dat sy ‘n ordentlike tuintjie daar gehad het, maar alles het met die jare verval en die hele plek laat toegroei. Wonder wat het van die vrou geword. Ek glo nie een van julle het haar ooit ontmoet nie.” Henk mymer oor die moontlikhede. Hy het haar ontmoet, hy het haar geken, haar sien skilder, maar sê nie ‘n woord nie, want dis nie sy verhaal nie. Pleks ou Johnny praat...“Jou moeder was ‘n kranige tuinier, Jean, kyk net haar rose. Dis nou nog pragtig. Kan wees dat jou moeder ook daar tuingemaak het.”“Ja, maar hoekom het sy dit verwaarloos? Ek bedoel nou maar, sy het nooit van daardie tuin of huisie gepraat nie. Die plek het ook nie skade gehad met die brand wat Bordeaux se opstal in puin gelê het nie. Terloops wat sê oom Johnny, waar is hy?” Liza kom in en wil net gou ‘n woordjie tussen-in gooi.“Haai, julle, mag ek gaan foto’s neem van die plekkie? Miskien is daar iemand wat nog iets weet van die plekkie, iemand wat ‘n berig in die koerant gaan lees.”Jean gee toestemming en Liza gaan gou weer na die plek.“Oom Johnny sê ons moet die storie uitlos, daar is mense wat gaan seerkry. Hy praat van hartseer en hofsake en wat nie nog als nie. Jy weet hoe hy kan brom.” Jean dink alweer aan die skilderye in die plek. Daar is een van Francois-Marchand du Preez, ‘n lewensgetroue skildery van hom.

52

Page 53: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Die skilderye moet skoongemaak word en iewers opgehang word. Daar is een van my pa wat nogal baie lewensgetrou is. Dis snaaks dat daar nie ook een van my ma is nie, van Cecile.”“Ek wonder of Liza nou hier gaan bly, Nadia, weet jy dalk iets.” Vra Jean“Sy wil nou eers na haar ma-hulle toe gaan, maar ek sal haar vra.” Na sowat ‘n halfuur, kom Liza weer by die restaurant aan. Jean sit nog steeds daar en werk op sy skootrekenaar. Liza sluit haar by hom aan.“Ek is nie eintlik seker wat ek wil doen nie, maar ek wil darem graag na my ouers toe gaan vir die vakansiedae. Siestog, hulle verlang seker en ek verlang na hulle ook.” Liza se hare is in ‘n poniestert vasgebind. Dit is heelwat langer as wat dit was toe sy hier weg is. Sy het ‘n pragtige kleur lipstiffie aan en haar grimering is vars. Die bruin oë is effens wasig. Sy is bruin gebrand sover mens kan sien. Sover Jean kan sien. Sy het ‘n driekwart kakie broek aan en ‘n moulose bloesie. Jean dink dat dit nogal lekker sal wees as sy nou net hier rond wil bly. Hy wil nie te gou bly word nie. “As ek in haar oë kyk, voel ek iets in my binneste wat ek nog nooit vantevore gevoel het nie.”“Voel jy nou beter, ek bedoel, sterker, na al die opwinding? Dis wonderlik om jou te sien loop. Dit voel seker goed.” Liza merk op dat Jean onbeskaamd na haar staar.“Jy staar, Jean.” “Ekskuus, ek...”“Kyk wat het ek hier, sjokolade! Daar is niks wat mens se selfvertroue meer kan opkikker as sjokolade nie.” Albei is effens ongemaklik, maar Liza het die mooiste stem. So heserig en baie sexy. “My thoughts, exactly.” Jacques se kommentaar.“Bring die whisky, sodat ons Liza se terugkoms kan vier.” Hy probeer sy effense ongemak wegsteek. Hy kyk rond of hy vir Alida of een van die kelners sien. Hy vertel vir Liza van die terapeut en die terapie wat hy nou al die afgelope jaar ontvang het. Hy het ‘n obsessie met gesond en sterk word en gesond eet. Alida kom sit by hulle en eet ook van die sjokolade en drink saam aan die ‘n likeur. Dis amper sluitingstyd vir die restaurant, so sy mag maar bietjie rus. “Ons het kelners nodig.” Sê sy en kyk skalks na Liza. “Jy kan so ‘n voltydse werk vir jou kom kry hier by ons.” Liza lag net sag en sê dat sy eers wil gaan groet.“Ek wil darem eers ‘n draai by mamma-hulle gaan maak. Kom julle ook bietjie soontoe, veral oor Kersfees en Nuwejaar?”“Ons kan seker ‘n plan maak. Sal met Jacques daaroor gesels.”“Jean, ons ouers is by die see, by Verestrand, naby Hermanus. Dit klink mos na ‘n lekker tyd by die see, al die jongmense daar, strandpieknieks en al die lekker dinge.”“Liza, gaan jy en neem vir Alida en Jacques en die kinders saam, ek sal hier die plek oppas. Gaan span uit en gaan geniet die vakansie, maar kom asseblief weer terug. Dis ‘n groot draai wat jy gery het om hier uit te kom, na jou reis, maar maak maar weer so. Dit is lekker om jou hier te hê.”Nadat Alida en Liza geloop het, sit Jean en dink aan die mooi vrou. Die vrolikheid self.

53

Page 54: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Hoekom sou sy die afdraaipad raakgesien het? Is dit regtig omdat sy haar sussie kom opsoek het, of het sy my, ons, kom opsoek.”Sy wens vir homself dié Kersfees en Nuwejaar is, dat Liza syne sal word in die Nuwe jaar. ‘n Vrou soos Liza... nie soos nie, Liza, ek wil so ‘n vroutjie myne maak.” Jean staan op van sy werkplek en stap buitentoe. Net betyds om te sien hoe Liza by die hek uitry. “Jy is te laat, as jy nog vir Liza wil sien.” Terg Alida.“Ek het nie...” Jean skud net sy kop toe hy agterkom dat Alida met hom gekskeer.“Ek gaan bietjie wyn skink, waar is Jacques, weet jy?”“Hier kom hy. Ek wil asseblief ‘n lekker witwyn hê, Jean.”“Goed, ek bring.”Dit voel of hy net alleen wil wees met sy gedagtes. Hy neem ‘n glas en tap vir hom ‘n glas koue water by die fonteitjie wat hulle laat insit het. Hy wil tyd hê om sy gedagtes te orden. Dit voel vir hom hy ken Liza al lank en baie goed. Hy wil weer en weer haar artikels gaan lees in daardie tydskrifte waarin haar goed gepubliseer is. Hy het al, maar wil weer elke letter gaan verslind. Dié nag het Jean ‘n baie eienaardige droom, oor ‘n wit hond en oor droom hy...

By ‘n ongelukstoneel is alles nog in rep en roer. Iets trek my aandag. Ek loop na die kind wat eenkant lê. Ek skat hom so tien jaar oud. Hy huil saggies. Ek wonder nog oor die erns van sy beserings, toe sien ek die bloed aan sy mond, op sy wang, en oral. Ek gooi ‘n kombers oor die seun en sien toe ook die hond. “Is dit jou hond. Wat is sy naam?”“Shiraz, hy’s dood.”sê die seun, skaars hoorbaar. Toe almal versorg is, stap ek na die bakkie toe. Ek kyk op daardie oomblik om en is baie verbaas om die kombers in die pad te sien lê. Die een wat ek oor die rooikop seun gegooi het. Ek kyk vir oulaas die ambulans agterna en word yskoud toe ek ‘n hond agter die ambulans sien hardloop. ‘n Wit hond, Shiraz.Ek ry na my rondawel toe en parkeer in die skadu van die Kameeldoring. Dis aandete op die plaas. Dis ‘n plaas op ‘n ander plek, nie myne nie. Dalk die een in die Noorde? Dit lyk soos die rondawel waarin ek daar gebly het. Ek en oom Johnny sit op die stoep en gesels. Elkeen het ‘n glasie klammigheid in die hand. Die oom gee net ‘n kekkellaggie toe ek die glas se inhoud begin drink, terwyl ek opstaan. Sjoe, derduiwels, driedubbele doringdraad!! Oom Johnny lag uit sy maag uit, dit sit oor in ‘n hoesbui. Nog steeds in die droom, ry ek vroegdag na ‘n wynplaas in die Boland vir ‘n ruskans. Terwyl ek in die koffiekroeg sit, sien ek iets wat vir my ‘snaaks’ voorkom. Ek knip my oë, maar dis tog hy, die seun van die ongeluk, maar... ek steek my hand uit om sy aandag te trek, maar dit lyk asof hy my nie eens raaksien nie.Later toe ek wegry, sien ek in die truspieël iets wat my weereens na my asem laat snak. Ek trap rem. In die stofpad sien ek ‘n seun en sy hond staan. ‘n Rooikop seun en ‘n wit hond. Jean word skielik wakker, sit die bedlig aan, dis tweeuur in die oggend. Hy skakel die lig af en raak dadelik weer aan die slaap. Dis asof die droom aangaan, daar waar hy wakker geword het. Hy droom oom Johnny sterf, alleen, van ouderdom. Sy vrou is lankal langbome toe. Kinderloos. Hy staan by ‘n graf. Net toe hy wegdraai van die graf, sien hy ‘n wit hond oor die plaaswerf draf. Ek staan doodstil toe ek nog iets

54

Page 55: Bloedrobyne Van Valery du Toit

gewaar. ‘n Rooikop seun wat na die huis se kant aanstap. Tussen oom Johnny se goedjies is daar ‘n heel paar bottels met, hy dink eers dis water, maar toe hy daaraan ruik, weet hy dis iets baie sterker. Duidelik staan daar op die etiket: WitHond.

Jean word weer wakker, sopnat gesweet en baie deurmekaar. Hy kyk na die horlosie op sy bedkassie. “Dis waarlikwaar nou eers tien oor twee. Wat sou die droom beteken?”

Hy val weer in ‘n rustelose slaap tot die volgende oggend.

21

Dis ‘n week na nuwe jaar en Jean gee opdrag dat die hele area waar die huisie staan, onder sy persoonlike toesig, skoongemaak word. Hulle sit ‘n nuwe deur en slot aan die kliphuisie. ‘n Paar skoonmakers het die binnekant van die huisie skoongemaak. Die skilderye het Jean self by ‘n kenner besorg om skoongemaak en geraam te word. “Dit sal nou regtig mooi lyk in die herboude huis. Ek moet die matte wat ek al so lank gelede in Turkye gekoop het, ook sommer ooprol op hulle plek.” Jean praat ingedagte met homself, terwyl hy die skilderye by die plek waar hul skoongemaak is, inlaai. Jaco, Jacques se seun, ry die oggend saam, Jean is dankbaar dat hy bekende geselskap het. Jaco is lekker geselskap. Terwyl hulle terugry plaas toe, dink hy weer aan die maand lange besoek wat hy aan Europa gebring het. Die laaste besoekpunt was Turkye. Hy vertel vir Jaco van die besoek.“My Moeder was baie bekommerd oor my besoek daar. Dis so ‘n mooi plek. Weliswaar totaal anders as die res van Europa. Dit is Europa, Oosters, maar so mooi. Baie oud, maar mooi. Ek het die mooiste matte daar gekoop. Persiese matte, soos ons altyd gesê het, Turkse matte.“Dis eintlik ‘n midde Oosterse kuns wat deur die Arabiessprekendes beoefen word. Moeder was net so gaande oor die matte. Sy het destyds twee saamgebring van hulle besoek aan Europa. Ek kan nie onthou waar sy dit gekoop het nie. Ek onthou wel dat ons altyd daaraan gevat het. Die een het teen die muur van die studeerkamer gehang. Ryk kleure, koningsblou, sag soos fluweel. Patrone rondom in swart, wit en goud. Ja die goud en blou onthou ek goed. Ek kan net nie meer die aard en betekenis van die randpatroon onthou nie. Die mat was ‘n mengsel van sy en wol.” Jean is so in vervoering dat sy hande saampraat en hy al stadiger ry. Jaco sê: “Oom Jean, ek dink jy moet stilhou dat ek kan bestuur, dan kan Oom praat en beduie.” Jean wat nog nie lank bestuur na hy weer aan die gang is en op die been is nie, is maar te dankbaar dat Jaco kan bestuur, hy het sy leerling lisensie nou die dag gekry.“Goed, dit sal seker veiliger wees.” Sê Jean terwyl hy ‘n veilige parkering soek. Nadat hulle plekke geruil het, sit hulle gesprek van vroeër voort. “Ek het soms met my seunsgladde wang, nog nie baard gehad nie, teen die mat geleun, dan het ek en jou pa gewonder of ‘n mens iets anders kry wat sò ruik en voel. Jy weet mos hoe ruik ‘n nuwe boek, uniek, ‘n bottel wyn, jy weet as jy dit ruik, daar is nie iets anders wat presies sò ruik nie.“Later het ek en jou pa net oor die mat gestreel en ons verbeel dat ons ‘n magiese krag voel uitstraal. Amper soos die Arabiese Nagte en Aladdin se lamp.

55

Page 56: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Ek en jou pa het altyd gedink ons is baie ryk, omdat ons so ‘n mat teen die studeerkamer muur het.” Jaco luister met oopmond en verwondering na Jean, hierdie nuwe Jean, se entoesiasme.“Die woestynmens het mos in die prente boeke op sulke kussings gesit-lê. Honderde van die goed en dan die matte. Daar was altyd matte in die tente. Teen die mure, of as afskortings, as ‘n mat so mooi is, wil mens mos nie daarop trap nie. Hierdie matte gaan ek gebruik en met ontsag hanteer. Ek en die Turk het hulle self uitgesoek. Hulle moet vir ‘n mens werk, dis nie muur matte nie, dis bedoel vir die vloer. Jy kan nie glo hoe groot daardie plekke is waar hulle die matte maak nie. Sommige van hulle is netjies, ander weer meer primitief. Maar die uiteinde – fluweelsagte weelde. Ek dink ons was almal bewus van die statigheid en die waarde van die matte.”“Het die matte regtig soos fluweel gevoel?”“Hulle voel almal soos fluweel. Jy en Francet moet my kom help dat ons die matte ooprol en besluit waar watter mat moet kom. Jy sal die gevoel vir die matte ervaar, ek hoop so.”“Oom, waar het die mense die idees vir die patrone gekry. Ek bedoel nou maar, die goed lyk nie een dieselfde nie.”“Die skilder en versierkuns van die Moslems is beperk. ‘n Streng tradisie van hul geloof is dat hulle onder geen omstandighede die menslike vorm mag weergee nie. Dis ‘n tradisie wat in die profeet Mohammed se leringe en lewe ontstaan het. Die mat kunstenaars van Turkye, Arabië en Persië is besonder vaardig in die skepping van ingewikkelde patrone. Dis gewoonlik gebasseer op abstrakte, geometriese ontwerpe. Die patrone is soms van blomme, takke en blare. Die soort versiering staan bekend as arabesk. Sommige van die arabesk patrone is van Griekse of Romeinse oorsprong. Arabeske is baie gewild om in te weef in die Persiese matte.” Met die woorde draai hulle by die Bordeaux hekke in. Jean maak seker dat al die skilderye veilig in die huis afgelaai word en loop om vir Francet en Nadia te gaan roep. Hy wil hê hulle moet raad gee met die skilderye en matte. Jaco is natuurlik ook daar om sy raad uit te deel.“Ek wil gaan kyk hoe ver die mense met die skoonmakery gevorder het.”“Jean, ja, ek het nog nie kans gehad om daar ‘n draai te gaan loop nie, maar ek reken hulle behoort klaar te wees.”Jean ry na die huisie van Valery toe en loop daar by die huisie rond, toe hy oor iets struikel en val.“Aag, my donner, wat is dit tog nou weer, as ek ook nie so lomp op my bene was nie...” hy sit weer regop en sien dat dit ‘n kopstuk van ‘n graf is. Nie ‘n formele steen nie, maar ‘n rots so ‘n meter by ‘n meter. “Dis ook so versteek onder hierdie spul plantegroei, hier is te veel van dié gemors.” Hy sien met die skoonvee, dat daar iets op uitgekerf is. Byna onleesbaar. Hy blaas te skoon, vee daaroor en spoeg op sy hande en vee weer daar oor. Hy neem ‘n stokkie en volg die letters, sodat hy dit skoon kan maak. Hy lees die letters wat voor hom staan.

Valery du Toit, Kunstenaar, Suster, Geliefde. Gebore:Januarie 1920 oorlede April 1961.

“Dieselfde jaar en maand toe ek gebore is, is sy oorlede – siestog dit moes ‘n slag vir my ma gewees het om die vrou ook te verloor. Wonder nou of sy siek

56

Page 57: Bloedrobyne Van Valery du Toit

was en waaraan sy so skielik dood is. Wie was sy?” Dis so geheimsinnig. Jean speel nog steeds met die idee dat die vrou siek moes wees. Dis alles so geheimsinnig. Jean begin vies word vir die storie. “Sou sy dalk iets soos TB gehad het of kanker. Iets ongeneeslik, waaraan die dokter niks kon doen nie.”“Jean..., Jean..., is jy hier?” dis Jacques en Jean roep hom nader. Jacques kyk met verbasing en byna ongeloof.“Dis Valery se graf! Ek het al die tyd gewonder waar sy begrawe is, niemand wou ons sê nie. Sjoe, die raaisel word al groter.” Jacques gaan sit skielik op sy hurke by die graf en vat aan die letters. Asof hy verwag dat hy iets van sy moeder sal kan sien of leer, as hy so na die kopsteen sit en kyk. ‘n Onbeskryflike deernis kom skielik in Jean op vir hierdie Jakkie wat hy sò goed ken. “Jean, jong, dis skielik yskoud hier.” Jean sien hoe die rooi Poultonii Bougainvillea blommetjies waai, geen wind andersins nie, net die blommetjies wat in so ‘n tregter vorm opwaarts waai. Skielik laat dit hom weer dink aan robyne, ‘n hand vol daarvan. As jy robyne kon gooi dat dit rol, wonder Jean of die robyne soos albasters rol. Hy ril skielik en Jacques sê terwyl hy Jean ophelp.“Kom ons gaan swem so ‘n bietjie in die warm swembad, sodat ons weer lekker verfris kan word. Ek is natgesweet en die spinnerakke in my kop kan dalk weggewas word.”“Ek dink ons moet hier ook bietjie laat skoonmaak. Dis darem naar dat die plek so toegegroei het. As dit nie vir die steen was nie en as dit nie vir die oorhangende rots was nie, was hierdie plek heeltemal ‘n geheim vir altyd. Dink jy ook wat ek dink? Dink jy ook dit was dalk jou ma se graf.” Jacques kyk vir ‘n lang oomblik na Jean, en antwoord dan stil.“Ja, ek dink ook so.” Om die onderwerp in ‘n ander rigting te stuur.“Ken jy al die name van die struike? Hier is heelwat Bougainvilleas. Verskillende kleure en soorte, maar meestal die rooi en perserige Purple Robe. “Watter soort is daai een?” Jacques wys na ‘n ander kleur rooi en goudkleurige struik.“Dis die Lady Mary Baring en die Golden Mc Clean. Dit was duidelik haar voorkeur struik. Soos moeder s’n die rose was. Die goed moet ook bietjie terugsnoei word.”

22

Alida lees terloops in die plaaslike koerant, ‘n week nadat Liza se berig en foto’s in die koerant verskyn het, dat ‘n ontdekking deur die polisie gemaak is, in ‘n huis op die dorp. Skilderye, wat vermoedelik gesteelde goed is, is in die huis gevind. Die liggaam van ‘n man, wat al in ‘n erg ontbinde stadium was, is ook onder rommel gevind. Die bure van die huis, beweer dat dit Johan Green se huis was. Die skilderye is deur Val geskilder in die laat veertiger en vyftiger jare. Alida se mond val oop van verbasing en sê Francet moet water bring, ”want ek dink ek het dit nodig.” Alida onthou iets wat sy iewers gelees het eendag. “Ek moet oppas en my woorde mooi agtermekaar kry en dan vir Jean en Jacques vertel.”Saam met die foto artikel oor die versteekte huisie, verskyn ook die volgende.

57

Page 58: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Leef voluit! Leef elke dag of dit jou laaste is! Geniet die lewe, pak dit aan met ‘n glimlag op jou gesig en in jou hart. Moenie ander se probleme joune maak nie, en moenie dat jou probleme jou onderkry nie. Doen wat jou hand vind om te doen. Moenie ledig sit nie, help waar jy kan, sonder om dit ‘n stryd te maak. Maak dit jou vreug – of los dit. Doen elke dag iets nuuts – iets wat jy nie gister gedoen het nie,of nie wou doen nie. Môre mag dit dalk te laat wees. Aanvaar jouself soos jy is – wees en bly positief. Komplimenteer iemand. Aanvaar kritiek – luister na raad, jou liggaam en jou God. Bou aan jou goeie eienskappe en leer die swakkes af. Hou introspeksie en kweek verdraagsaamheid aan; wees opgewek! Jy is tot enigiets in staat, deur Christus wat jou krag gee. Verbind jouself net positief daartoe en volhard in wat jy glo. Ken en vertrou jouself én ander: Dit behels selfopenbaring, selfaanvaarding, selfbeeld en mensekennis. Dis nie net reën wat van Bo af kom nie, seën kom ook van Bo af.

Daar is nie ‘n aanduiding van wie die stukkie waarheid geskryf het nie, maar dis nogal ‘n waar en sterk boodskap. Dis waarskynlik die redaksie of een of ander motiveringspreker se woorde. Liza se foto’s en artikel van die vonds op Bordeaux verskyn in dieselfde uitgawe. Die hele dorp lees hiervan.

23

Die nuwe seisoen hou nuwe beloftes in. Almal sien uit na nuwe uitdagings. Liza en Jean sit en gesels terwyl hulle tee drink en bespiegel en dink na oor die afgelope jaar se dinge.“Genugtig Jean, ek kan nie glo daar is soveel vakansie plase en oorde en privaat oorde nie. Elkeen maak ‘n bestaan. Die plekke is ook nie goedkoop nie. Party is so luuks, mens kan amper nie glo jy is in die bos nie. “Party is te luuks, ek glo nie dis die ideaal vir die gemiddelde Suid-Afrikaanse vakansieganger nie. Dis meer vir die oorsese reisiger. Party weer is so basies, dat dit nét vir mense is wat hou van in ‘n tent slaap en op die harde grond hul bed kan maak. Dis ongelukkig nie vir my nie. Ek het baie gesien, geleer en hope foto’s geneem. Ook maar goed ek het die artikels geskryf en dadelik vir die tydskrifte besorg, want ek sou dit nooit alles onthou nie. Met die nuwe tegnologie is dit ook so maklik.” Liza kyk direk na Jean en wag op sy kommentaar. Hy sê uiteindelik, nadat hy lank doodstil gesit het. Sy stem is effens skor. “Ek het al jou artikels gelees en selfs ingeteken op daardie tydskrifte, want ek was bang ek loop iets van jou mis. Ek het mos ‘n ruk lank in daardie omgewing gewoon en gewerk en het nogal van die plekke herken. Jy weet, so van die foto’s en beskrywings. Baie van die plekke het natuurlik heelwat verbeter en verander. Het jy dit darem geniet?” Jean kyk half ingedagte en afgetrokke na Liza, sy gedagtes is nou weereens by die tyd wat hy in die Laeveld spandeer het. Lekker dae, maar die herinneringe is nie altyd so aangenaam nie. Hy hoor Liza se stem tot hom deurdring.

58

Page 59: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Ja, wel, party dae was ek maar taamlik moeg na so ‘n lang dag in die veld of op die pad, maar na ‘n lekker bad en ‘n goeie bord kos, plus so ‘n klein likeurtjie en ‘n nag se slaap, sien mens weer kans vir die volgende dag! Ek moet jou vertel van die ongelooflike, maar vreesaanjaende, ondervinding een nag in een so ‘n privaat wildtuin. Ek het wakker geword van ‘n onheilige lawaai en kyk toe versigtig by die venster uit. Ek was egter so deur die slaap dat ek eers nie besef wat ek sien nie. Een van die wildbewaarders waarsku ons toe met sy megafoon, sommer so terwyl hulle ry, dat ons nie ons chalets moet verlaat nie. Nadat die orde herstel is, kom die mense wat in woonwaens bly, daar verby en vertel ons toe wat gebeur het. Dit was seekoeie wat uit die rivier gekom het en die woonwapark bestorm het. Dit was erg, verskriklik. Niemand is darem beseer of dood nie. Almal het natuurlik groot geskrik en baie skade aan die woonwaens en al hul toerusting, wat mos maar buite staan, opgedoen. Die lodge se bestuur het hulle nou wel vergoed, maar dit was chaos op daardie oomblik.” Sy bly stil en kyk na Jean, wat luister met groot belangstelling. Sy wonder skielik of hy luister, Jean luster, maar hy glimlag met so ‘n veraf uitdrukking op sy gesig.“Seekoeie maak meer mense dood as enige ander wilde dier in Afrika.” Sê Jean stilweg, en Liza weet nou hy luister tog. Jean neem haar hande en stil vra hy.“Wat gaan nou gebeur. Het jy oor ons aanbod gedink?” Jean is amper te bang om te hoor wat sy gaan sê.“Gedink ja, my ma sê natuurlik, ek moet nou begin standvastigheid kry. Hulle is nie bekommerd oor my rondryery nie, hulle wil net hê ek moet nou ‘n regte werk kry. Sy het haar voet behoorlik neergesit. Jean, jy weet dat ek en Alida susters is en dat ons nie juis baie goed oor die weg gekom het nie. Dis maar seker omdat ek en sy soveel in ouderdom verskil. Ek wil nie graag ‘n familietwis begin, deur hier te kom bly en werk nie.” Sê Liza en trek haar hand uit Jean se greep, toe hy sê:“Wel, hier is heelwat geraamtes, as jy my die woordspeling sal verskoon, waaroor jy kan skryf. Of anders, as jy lus het, hier is mos die nuwe kaasmakery en jy kan daarby inskakel. Jy kan net foto’s neem en skryf ook. Ons noem jou sommer ons media beampte, hoe’s daai? Ek is eintlik nie so ‘n slegte ou nie, ‘n regte mr nice guy. Was nie altyd so nie, maar die jare doen iets aan ‘n mens.” Jean dink aan die afgelope rukkie toe sy by haar ouers was. Dit was die langste vakansie van sy lewe. Toe sy gisteroggend hier aangery kom, kon hy uit sy vel spring van blydskap. Soos dit ‘n waardige heer betaam, het hy hom ingehou en gewag tot sy almal gegroet het, voordat hy nader gestaan het.Jean het die afgelope jare heelwat rustiger geword. Van die rebelsheid en rusteloosheid van sy jong dae, het nie veel oorgebly nie. Voordat Liza uit haar motor geklim het, het sy so ‘n opgewonde gevoel gekry toe sy Jean sien staan. Die man het so ‘n imposante voorkoms en dit maak nie eens saak of hy in ‘n rolstoel sit en of hy regop staan nie. Dit lyk in elk geval vir haar hy troon bo almal uit. Jy krap my lewe deurmekaar, Jean du Preez!“Ek dink nogal ek kan my kamera en rekenaar verruil vir die kaasmakery maar ek weet nie van die wynmakery nie, Jean, is dit nie ‘n man se werk nie?” soek Liza na woorde. Eintlik net om tyd te wen.“Aikona, glo jy dan nie aan die bemagtiging van die vrou nie? My ma was dan so ‘n kranige wynmaker. Jy kan enige dag haar skoene volstaan. As jy eers ‘n

59

Page 60: Bloedrobyne Van Valery du Toit

aanvoeling vir die wyn het, kan jy nogal vér kom.” Jean wil seker maak dat Liza dié keer hier bly.“Goed dan, ek sal nog dink wat ek wil doen, maar ek aanvaar voorlopig die werk.” Liza lag ietwat senuagtig, toe Jean skielik vorentoe tree en haar ‘n drukkie gee. Dié keer met meer spontaneïteit as ‘n vorige keer.“Dankie, Liza ek belowe jou, jy sal dit geniet. Jy moet by Nadia ‘n draai maak, sy sal jou kontrak met jou bespreek.” Albei is ietwat verleë oor die spontane gebaar van Jean. Liza kan nie besluit watter van al die lekker dinge sy gaan aanpak nie. Jean het so lank laas liefde ontvang, hy is nie seker hoe om dit uit te deel nie. Dis vir hom ‘n lank vergete aksie. Hier is hy heeltemal uit sy diepte.“Jean, weet jy iets van die Goudini Spa? Ek vra nou, want toe ek gister weer in daardie omgewing ry, val dit my by dat ek nog nooit daar was nie en nie weet waar kom die naam Goudini vandaan nie.” vra Liza, om ook by Jean se ongemak verby te praat.

“Ja, dis nou nogal ‘n verhaal. Dis die plek van Bitter Heuning, en is ‘n plek by ‘n warmwaterbron en die San mense het die plek geken. Eerste geken. Die Koisan was bewoners van die vallei by die Breede. Op die plaas Pokkraal, het hulle aan die pokke uitgesterf. In die du Toitskloof berge het daar Wilde Amandelbome gegroei, nou nog, en as die bye dan heuning maak van die nektar, is die heuning bitter. Kyk, die Wilde Amandelboom se vrugte is eintlik giftig. Dis ‘n toksiese gif. Dis hoekom Amandels mens altyd laat dink aan die gif. Ek het nog nooit bitter heuning geproe nie, maar wat ek wel weet is, dat die plek met die warmwater nog bestaan en besoek word. Die Koisan het dit in hulle taal ‘n naam gegee. Die latere bewoners kon die woord nie reg uitspreek nie en dit het Goudini geword. “As jy behoefte aan bitterheid het, kan jy van hierdie bittere soet heuning koop in Goudini. Die !Xau dene, Goudini – is die plek van bitter heuning.”“Sjoe, dis ‘n hele verhaal. Dalk het die San ook die gif, sianiede, gebruik om voor aan die pyle te smeer as hulle jag.” Liza is beïndruk met die nuwe inligting.

24

Alida is besonder doenig in die restaurant vandag, maar haar gedagtes is by alles behalwe die kos. Haar helpers en die kelners wonder wat aangaan, maar werk sonder verposing of vrae. Jacques kom staan in die deur van die kombuis en hou sy vrou dop. Hy weet daar is iets wat haar pla, maar hy durf nie eens vrae vra nie. Terwille van die vrede bly hy stil. Alida merk haar man op en vee haar hande met ‘n lap af en stap na hom toe. Sy lê haar hande teen sy bors en kyk op na hom toe. “Wat pla jou, my vroutjie? Moenie vir my sê dis niks nie, want dan jok jy.”“My man, ek bekommer my dood oor Jean. Hy is nog besig om te herstel. Hy het soveel hooi op sy vurk en hy het nie regtig iemand met wie hy sy gedagtes deel nie. Miskien moet ek sê, nog nie. Nou nog die ontdekking van Val du Toit se huisie. Jy weet, oor die vakansie dae, was hy maar stillerig. Wou nie eens saam met ons na mamma hulle toe gaan nie, nie eens Kersdag nie.” Alida is ingedagte voordat sy verder praat.“Jy weet mos van die berig wat in die koerant verskyn het van die man wat dood gevind is op die dorp in sy huisie? Nou ja, daar is glo allerhande gesteelde goed

60

Page 61: Bloedrobyne Van Valery du Toit

gevind, onder andere, ‘n klomp skilderye!” Jacques frons by die aanhoor hiervan en Alida vee met haar hand oor haar voorkop.“Die polisie vermoed dis skilderye wat hier in die ou plaasopstal gehang het. Hier op Bordeaux. Ek weet nie waar hulle daaraan kom nie. Hulle ken nog nie die identiteit van die oorledene nie.” Alida is skoon uitasem toe sy klaar gepraat het. Sy bly stil en sluit haar oë vir ‘n oomblik. Sy haal ‘n slag diep asem.“Het die huis dan nie met alles daarin, afgebrand nie. Dit lyk nou asof iemand die goed eers verwyder het...”“Dis bespiegelings, vrou, vergeet nou maar eers daarvan.” Jacques probeer om Alida met die woorde te troos. Hy sit sy arms om haar, sodoende wil hy haar beskerm teen iets.“Watter bespiegelings?” vra Jean van die deur se kant af. Hy hoor net die laaste deel van Jacques se sin. Nadat Jacques vir Jean ingelig het, sê Jean.“Dan moet ons dalk maar die polisie gaan vertel wat ons weet, of gaan vra wat hulle vermoed. Miskien kom daar ‘n oplossing vir ons raaisels ook. Dit het ten minste iets met die plaas te doen.” Jean trek sy asem diep in, staan hand in die broeksak na sy broer en sy vrou en kyk.“Jean, kom ons gaan kuier eers gou by Oom Johnny. Kom ons hoor wat hy van Valery en Jan Groen weet.” Voeg Jacques sag by.

Hulle wil alles wat hulle in die jongste tyd hier op die plaas beleef het en gesien het, van Oom Johnny weet. Hulle wil weet van Jan Groen of John Green, is dit dieselfde mens, en wie is of was hy.“So by my kool, Jak, dis dalk dieselfde mens, dis nooit anders nie. Loop julle nou na Oom Johnny toe, voor dit te laat is. Vat sommer hierdie pampoen en rys saam, ek weet nie of ou Knikkie eintlik nog kook nie. Hier is nog van vandag se gaar hoender ook, wag ek pak dit gou in, asseblief, dan vat julle dit vir hulle.”“Ons gaan sommer nou.” Die twee is daar weg, sonder dat hul weet wat om te verwag. Oom Johnny is al baie oud en behoort lig te werp op hul vrae.“As die ouman net wil praat.” Toe hulle daar aankom, is ou Knikkie, sy suster, ook daar, die bied vir hul tee aan en die twee gaan sit om die oom te takel. Jacques gee die kos wat Alida gestuur het, vir Knikkie. Sy gee dit weer aan haar kleindogter, wat na hulle omsien, om vir hulle die kos in te skep.“Julle manne krap nou aan dinge wat kon gebly het. John Green was ‘n regte lieplapper, ‘n skelm. Hy was baie glad met sy mond en ‘n regte blink Stefaans, ‘n charmer onder die vrouens veral. Sy groot liefde was natuurlik die Valery-vrou. Laat ek nou vandag vir jou ‘n ding vertel Jakkie, hy het dit sy lêplek gemaak. Sy het in daai ou huisietjie gebly wat julle ontdek het, nou die dag. Sy het daar geskiller en hy het daar rondgehang. Elke dag en heeldag. Hy wou nie werk nie, arme Francois moes al die werk doen, dit was nog voor julle se tyd, hy moes kamma vir Francois help, en vir my ok, ons is mos maar tydgenote, ek en Francois. Die sleg Jan was heelwat jongerder as ons, en hy moes eintlik harder gewerk het, vir ons behulpsaam gewees het, maar nee, hy was altyd moeg, en het kamma gehoes en dan was hy te vol skete om te werk. Valery, die mooie vrou, sy moes vir hom kosmaak en slaapplek gee. Toe Valery vertel dat sy ‘n kind verwag, toe maak hy dat hy wegkom, net spoorloos verdwyn, vir ‘n hele paar maande. Gedink ons gaat hom nout weer sien nie. Hy kon nout nie

61

Page 62: Bloedrobyne Van Valery du Toit

verantwoordelikheid aanvaar nie, die kind van...” Oom Johnny neem ‘n paar goeie suie aan sy ou stink pyp, en hoes dan. Toe hervat hy.“Verantwoordelikheid, responsibility, commitment, dis belangrik.” Oom Johnny hou daarvan om sy woorde gewig te gee, daarom praat hy graag sulke Engelse woorde tussen in. Hy beduie dan woes met sy ou kromsteel pyp. “Haai, oupa,” sê een van jonges in die huis. “Mens praat nie so van jou ...”“Wat, ek sal hom nog slegter sê as ek wil, hy wil mos sy lyf rondgooi, hy het ons bitterlik kwaad gemaak, die man.”“Hoekom het Francois du Preez hom geduld, oom, as hy dan so ‘n lieplapper was.” Oom Johnny begin ongemaklik rondskuif. Hy maak so as hy nie meer wil praat nie.“O jongie, ek weet nie – iets, iets het Francois gekeer om die man weg te ja. Ek kan raai, maar...toe haar baby gebore is, het ons haar almal gehelp waar ons kan. Die vrouens het oormekaar geval om haar te gaan help. Een het kos aangedra, een het die bottels gemaak, een het die wasgoedjies gedoen, so het elkeen maar ‘n deeltjie gedoen. Totdat John Green, die gladdebek meneer, weer op die toneel verskyn het.” Tant Knikkie maak keelskoon en Johnny begin weer te hoes. So erg dat die jongetjie naaste aan hom, opspring en vir hom die hoesstroop aangee en ingee. “Later het Mevrou Cecile die ou seuntjie kom haal en hom verder versorg, want Valery was weer in die ander tyd. Die eerste enetjie was skaars drie of vier maandjies oud.”Tant Knikkie knik-knik net en beduie dat hulle nou liewer moet gaan. Die ou Tante loop saam deur toe en die twee groet. Jacques loop en dink aan die grafsteen en hy dink ook aan Jean. Wie was die geheimsinnige vrou?John Green, Jan Groen, sommer ‘n vertaling of herbenaming. Green is hier gebore en het hier grootgeword. Hy het gevoel hy pas nie heeltemal hier in nie. Veral nadat hy by Oom Johnny ‘n storie gehoor het sy ma het Engeland toe gegaan, kort na sy geboorte. Oom Johnny praat ook maar van hoorsê, oor sy ma, want, nou ja, wie stel nou in sulke goed belang as jy self nog jonk en soekende is. John Green was natuurlik nuuskierig oor die vrou wat hom in die wêreld gebring het. Nooit oor wie sy pa eintlik is, bekommer nie. Green het as dekjonge op ‘n vragskip gewerk en so beland hy in Engeland. Na ‘n vrugtelose gesoek en die kennis van ‘n kroeg gespuis in Skotland, Ierland en Engeland, keer hy terug na sy geboorteland. Hier ontmoet hy die mooiste vrou op die plaas waar hy gebore is. Valery du Toit. Sy wou aanvanklik niks met die baster Engelsman te doene hê nie, maar hy is baie knaend met sy aandag en gee maar later toe. Weer is hy Engeland toe, die keer met geld wat hy kamma verdien het by Francois du Preez, maar al die tyd was dit geld wat hy gekry het vir die verkoop van Valery se skilderye. Hy gaan kamma sy ma soek, weer ‘n keer.

“Jy was amper ‘n jaar oud toe Valery oorlede is, Jacques. Maar kyk, haar van was ook du Toit, sou jy dalk regtig van haar familie wees. Ek dink ou Johnny weet, die wetter, hy of Knikkie kon iets gesê het. Dit maak my so kwaad as mense goed wil wegsteek. Of daaroor wil stilbly.”Jacques besef skielik, dat die mense moontlik van sy moeder praat. Hoewel hy deur Cecile en Francois grootgemaak is, het hulle altyd vir hom vertel dat hulle

62

Page 63: Bloedrobyne Van Valery du Toit

nie sy biologiese ouers is nie, maar dat hulle sy grootmaak en liefhê ouers is. Hy het dit altyd so aanvaar en vrede daarmee gehad. “Jakkie, ek wou jou nog vra, is Alida en Liza haaks, of hoekom het ek haar nooit voorheen by julle ontmoet nie.”“Nee hulle is nie meer haaks nie, hulle was ‘n lang ruk vir mekaar vies en het nie baie bymekaar uitgekom nie, maar darem nie meer kwaad vir mekaar nie. Sy reis ook so baie dat sy net nog nooit hier gekuier het nie. Sy was al hier, maar ek dink dit was in die tyd toe jy nie hier was nie, julle het mekaar nog altyd misgeloop.”“Ek is baie bly dat sy uiteindelik weer hier uitgekom het, want anders sou ek haar nie ontmoet het nie.”“Ek is ook bly dat jy so iemand kon ontmoet, ou broer, ek hoop regtig dat julle goeie vriende gaan word.”

25

Toe hulle by die kelder kom, wag die plaaslike polisie hulle in. “Goeiemiddag, Jean du Preez?” vra die geregsdienaar aan Jean en Jacques.“Dis ek, ja, wat kan ek vir u doen, inspekteur?” vra Jean. “Kom ons gaan sit hier binne, uit die wind.” Jacques stap na sy kantoor toe. “Meneer, kan ons asseblief privaat gesels.” Vra Herman Smit.“Ja, natuurlik, kom ons gaan na my kantoor toe.” Hulle stap Jean se koel rustige kantoor binne. “Sit asseblief, en noem my Jean.” Toe albei die mans gemaklik is en hulle na mekaar se welstand verneem het, vra Herman vir Jean.“Ken julle ‘n persoon met die naam Valery du Toit?” Jean voel skielik hoe sy ore suis, asof hy op heterdaad betrap is. Voordat hy iets kan sê, vra Herman weer.“Ken jy ‘n John Green?” die man is soos ‘n bulhond, hy los nie sommer nie. Jean besluit om ook ‘n speletjie te speel. Hy antwoord dus indirek. “Al van hom gehoor, maar wie het jou gestuur. Wat laat jou nou skielik dink ons weet iets van die mense. Of snuffel julle sommer net?”Die polisieman haal iets uit sy binnesak. Dis ‘n foto en hy gee dit aan Jean. Nadat Jean ‘n lang ruk stip na die foto gekyk het, kyk hy agterop. Daar staan

To my beautiful Valery, from John Green, your lover. Bordeaux. 1950

“John Green, ek dink dis die eerste keer dat ek die man se foto sien. Ek het hom nooit geken nie, ken hom nie. Al wat ek van Valery du Toit af weet is dat...wag, wag net ‘n bietjie,” hy skakel Jacques op die interkom en vra hom om soontoe te kom.

63

Page 64: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Wat was hulle twee, John en Valery se verbintenis, weet jy?” Jean is versigtig om te antwoord, maar sê dit nie, hy wil nie op hoorsê, dinge kwyt raak nie, hy wag vir Jacques sodat hulle maar saam kan besluit oor wat gesê moet word.“Jean, ‘n man is dood gevind in ‘n huis op die dorp en binne-in was heelwat van, vermoedelik, Val se skilderye. Ons vermoed dis die Valery,” en hy wys na die foto. “Dit lyk ook asof die huis ‘n soort stoorplek vir gesteelde goedere is.”Jacques kom die kantoor binne, en die mans maak aanstaltes om te loop. “Weet jy waar die mense is?” Nie Jean of Jacques is bereid om iets te sê nie. “Kom ons loop, ons gaan jou wys wat ons weet.”Al wat hoorbaar is, is die geknars van die mans se skoene op die gruis. Nie een praat weer voordat hulle by die graf van Valery du Toit te staan kom nie. Herman is skoon stom, terwyl hy die grafskrif lees. Hulle wys hom die huisie en die skildery daarin. “Ek wonder of julle die skilderye sal herken wat ons op die dorp gevind het.”“Ek dink so, want ons het grootgeword met die goed. Dis nou te sê as dit dieselfde is wat in die plaashuis gehang het. Kaptein, die plaashuis het intussen afgebrand, hoe rym dit? Die polisieman lyk bekommerd toe hy sê wat hulle vermoedens is. Ons vermoed dat Jan Groen, of John Green, die goed gesteel het, die brand gestig het om sy spore dood te vee. Toe uiteindelik die goed hier gestoor het. Totdat hy dit van die hand kon sit.”“Ja, dit kan nogal maklik so gebeur het, want ons ouers was ten tye van die brand nie in die huis nie, hulle was saam met my en my gesin in die dorpshuis.” Hulle ry in stilte na die huis in die dorp en hou stil te midde van heelwat belangstelling. Almal het ongetwyfeld al van die tragedie gehoor. Die weer het skielik verander. Dis so ‘n troostelose motreën wat nou uitsak. Beide mans herken onmiddellik die skilderye wat al die jare in die ou opstal gepryk het. Dis om soos na ‘n ou tuis film te kyk na goed uit jou verlede. Selfs die mooi blou muurmat is ook herkenbaar, ten spyte van die jare se stof. Jean onthou meteens wat hy by ‘n prediker gehoor het, terwyl hy nog in die kliniek aan herstel was.

As ‘n mens ‘n kompas gebruik om koers en rigting te vind in die wildernis, dan is daar sekere aanpassings wat gemaak moet word, voordat hy ware Noord kan bepaal, of net jou eie koers kan bepaal. Admiraal Piery het in 1909 verdwaal toe hy sy pad wou vind na die Noordpool. Die omgewing het sy rigting bepaling beïnvloed. Hy het op ‘n yslaag beland wat hom al hoe meer suid gedryf het. Hy dryf al hoe meer suid, al beur hy hoe hard om noord te trek. Daar is ‘n magdom goed wat almal altyd van koers af druk. Ons wil wegkruip en probeer om weg te kom van al die dinge wat ons van koers af druk, maar dit help alles niks, as jy nie die Stem van God kan hoor nie. Jy kan Hom ook nie hoor as jy jou ore toedruk vir geloof nie. God wil betrokke wees by ons. Ons het ‘n verantwoordelikheid. Admiraal Piery het toe uiteindelik, op 6 April 1909, wel die Noordpool bereik. Die seestrome het gedraai en hom soontoe gedryf. Staan dus ‘n oomblik stil en luister na God se stem!

26

64

Page 65: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Jean sê later die dag aan Jacques dat hy dink hy vermoed hoekom sy pa vir Jan Groen al die jare versorg het.“Hy wou jou seker nie sonder ‘n ouer los nie, want jou ma is mos toe ook nie daar gewees vir jou nie.” Jean sê dit ook maar halfhartig.“Gits, ek weet darem nie, Jean. Kan ‘n mens ‘n kind so willens en wetens aan so ‘n sleg ding oorlaat! Gelukkig het ek grootgeword by Cecile en Francois en nie by hom nie.” Jacques is skielik baie opstandig. Die reën het intussen opgehou. Die lug het afgekoel en so ook die gemoedere.“Haai, Jacques, ek is darem baie bly dat jy by ons gebly het, ek is seker ma-hulle ook.” Betig Jean hom kamma. Die polisieman kom die volgende dag weer op die plaas aan, maar die keer met privaat klere. Herman Smit, kan nie wag om die plaas se wyn uit te toets nie. Die vorige dag het Jean skink vir hulle elkeen ‘n glasie wyn van hulle keuse en Herman stem saam dat dit sommer ‘n uithaler wyn is die. Die manne sit heerlik en kuier en gesels oor watter wyn nou eintlik die lekkerste is. Wit of rooi. Jean het uiteindelik ‘n kompromie.“Drink wit as jy ‘n keuse het, half soet, as jy rooi moet drink, moenie die een kies wat nie jou smaak is nie.” “Dalk ‘n rosé, totdat jy geleer het om ‘n rooi wyn te waardeer en geniet.” Toe hulle hul weer kom kry, bring Alida vir hulle ‘n heerlike middagete. Die sake ter sprake is die weer, die wyn, kaas en sjokolade en die fees wat die dorp gaan tref. Daar is oral groot voorbereidings en bedrywigheid. Toe hulle klaar geëet het, sê Jean vir Herman dat hy sal moet ingaan op die saak van John Green. ‘n Mens weet nie eintlik waar om te begin nie en die twee het nie veel hoop dat die geheim ooit opgelos sal word nie. Jean en Jacques vertel vir Alida wat die polisie vermoed. Alida sê toe dat sy bietjie speurwerk gedoen het, en uitgevind het, dat Jan of John, dan, ‘n gereelde besoeker op die plaas was, nadat hy sogenaamd verdwyn het. “Hoe weet jy?” dis Jacques wat sy vrou troef.“Ek hoor by die mense wat daar op ons buurplaas bly, die Joubert’s. Hulle vertel dat hy gereeld vir hom kos gaan koop het daar. Hy het hom blykbaar vermom, baard gedra, sy rooi hare was lank, sy ou baard is ook rooi, maar eintlik al baie grys. Mense ken hom nie eintlik op die buurplase nie. En julle weet hy is ook nie meer so jonk nie, mense het hom dalk ook maar jammer gekry, vanweë sy ouderdom.” Voeg Alida ‘n bietjie huiwerig by.“Met geld wat hy waar kry, wonder ek? Seker gesteel of gebedel. Of dalk die gesteelde goed verkoop en die geld dan aangewend vir kos.” Sê Jacques. “Wag nou Jacques, die man het dalk gewerk daarvoor.” Jean is halfhartig gereed om die man te verdedig.“Nee Jean, dis nonsens, die man het nooit gewerk nie. Jy raak nou net soos moeder, saghartig. Die man het nooit ‘n eerlike dag se werk gedoen nie, jy’t gehoor wat oom Johnny sê.” Jean ril skielik en Jacques vra of hy koud kry. “Nee, nie koud nie, maar iets of iemand loop oor my graf.” Jean sê dit met sy gedagtes op die oomblik by die vonds daar op die dorp. Alida dink terug aan die dag toe sy en Jean se ma gesels het, en sy wat Alida haar gehelp het om ‘n briefie vir Jean-hulle te skryf. Moet ek hom nou-al daarvan sê?“Haai, kyk wie kom hier aan.” Sê Alida en kyk na Liza wat met haar denim en netjiese hempie, haar werksklere, steeds vroulik lyk.

65

Page 66: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“En die verwelkomingskomitee?” Dis ‘n heerlike koel dag, na die versengende hitte van die afgelope tyd.“Hallo, Liza, nee maar dit moet mos, ons is nou net aan die wonder wat ons vanaand eet.” Maak Jacques sommer iets op.“Kom Jacques, ons moet nog die kinders in die dorp gaan haal.” Sê Alida en sy trek aan Jacques se mou. So loop die twee hand aan hand na hul motor toe. So ‘n gelukkige paartjie, dink Jean, hy kyk hulle agterna en dink dat hy nou alleen met Liza is. Hy sou haar graag vir altyd by hom wou hê. Vir homself. Sou sy nou rus kon kry hier op Bordeaux? Hy sal moet gou speel om haar hart en hand te wen, voor sy dalk weer ‘n ander koers wil inslaan. Hy wonder hoe sy oor hom voel. Hy wil nie alleen oud word nie. Hy wil iemand hê om saam met hom voor die kaggel te kuier, nie net totdat die hout uitgebrand is nie, al die seisoene.“Kom ons gaan swem om die dag se stof en sweet af te spoel.” Jean soek ‘n rede om al meer tyd met haar te spandeer.“Dit sal lekker wees, maar gaan jy gerus, daar is iets wat ek nog wil doen, voor ek jou uitvat vir ete.”

27

Jean het ‘n gedeelte van die boonste vlak van die huis vir Liza laat inrig, sodat sy privaat kan wees en haar eie ding kan doen. Na ‘n heerlike verfrissende swem sessie, wat Jean soos ‘n tiener geniet het en heelwat later, gaan hy en Liza na ‘n restaurant op die dorp. Hulle is albei gemaklik maar deftig geklee en hulle ry met Jean se motor dorp toe. Hulle lag en gesels en Liza vertel vir Jean van haar vakansie by haar familie. Nadat hulle die hoofmaal genuttig het, het hulle nagereg bestel en Jean vra vir Liza.“Onthou jy die berig en foto’s wat jy van Valery se huisie in die plaaslike koerant laat publiseer het?“Net voor ek met vakansie is?”“Ja, min of meer, ek dink dit het so ‘n week of so voor Kersfees verskyn. Daar was toe nogal ‘n hele ketting reaksie daarop hoor.” Jean vertel haar van die dood van die onbekende man en die ontdekking van die gesteelde skilderye en allerhande ander goed. Sy het geweet van sommige van die dinge wat gebeur het, maar nie die detail, soos Jean dit nou aan haar oordra nie. Hy vertel van sy vermoedens en ook van Jacques se gevoelens en die polisie se ondersoek.“Sjoe, dis nogal ‘n storie, ek wed jou julle vermoedens is waar en dat Jan Groen wél John Green is. Dat hy wél die goed gesteel het en die plaashuis afgebrand het, of laat afbrand het. Miskien is hy betaal om dit te doen. Hy het dalk die berig gesien of iemand het dit aan hom gewys en hy skrik dalk toe so groot, dat hy toe maar ‘n einde aan alles maak.” Dis blote bespiegelings en Liza weet dit. Jean is egter geneig om saam te stem. Soos ‘n vasgekeerde muis, of wilde dier. ‘n Ou leeu of enige wilde dier word deur die trop eenkant toe gestoot om dood te gaan of selfversorgend te wees tot hy nie meer kan nie. dis naar om te dink dat die mens ook soms so deur sy soort eenkant toe gestoot word om so vir homself te sorg of nie. die man is mos ook al oud en het nie eintlik vriende gehad nie,net vyande.

66

Page 67: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Nou sê jy iets wat my laat dink aan die feit dat daar dalk nog iemand is wat iets weet van die raaisel. Dink jy die oorledene is John Green?’ Liza skrik half toe Jean dit noem.“Dis eintlik ‘n gevaarlike gedagte, Jean ons moet dalk net doodstil bly dat polisie hul ondersoek self doen. Dalk kan ‘n mens iets in hulle oor fluister.” Liza is bekommerd as sy dit sê.“Weet jy dat ons vermoed dat John Green Jacques se biologiese pa is?”“Wat, vertel, ek sal nou nie so-iets gaan publiseer nie, jy mag my vertrou.”“Jy moenie noual vir Nadia iets hiervan vertel nie. Dit kom dalk net by verkeerde ore uit.Jean haal diep asem, want wat hy nou gaan sê het hy nog nie self mooi verteer nie.“Valery du Toit is waarskynlik Jacques se moeder. Ons vermoed dat John Green sy pa is. Valery was ‘n beroemde skilder en vermoedelik ‘n suster van my ma. Ek sê aanmekaar vermoedelik, want dit is presies dit. Niemand behalwe daai ou oom Johnny het enige kennis hiervan nie. Jacques het maar altyd as my broer by ons in die huis grootgeword. Ek bedoel nou maar, toe ek my verstand gekry het, was Jacques maar my ouer broer. Hy is maar ‘n jaar ouer as ek maar nogtans. Almal het altyd gepraat van John Green asof hy ‘n bedreiging inhou vir ons. Hy was omtrent so oud of net jonger as my ma en het soms op die plaas aangekom, dan het iemand altyd my moeder kom waarsku en steek sy ons weg. Ons het altyd geraai daar is iemand wat ons nie mag sien nie. Dit het vir jare so aangehou, ons het die man nooit gesien nie en later het hy net verdwyn.”Jean en Liza kyk mekaar diep in die oë en toe hy weer begin praat, neem hy haar hande in syne. Liza onthou dat hy dit nou die dag ook gedoen het, dis sy manier van vertroue bou.“John Green was ‘n nikswerd en vir al wat ek weet ‘n krimineel. Ek voel nogal jammer vir die ou. Hy moes tog ‘n gewete gehad het. Daar was dus iets wat hom gepla het al die jare. As hy die brand gestig het destyds, was hy eintlik indirek verantwoordelik vir pa se dood...en vir moeder s’n.” Hy bly skielik stil, hy kry ‘n pyn in sy binneste. Nadat hulle die heerlike nagereg, malva poeding met likeur, genuttig het, keer hul huiswaarts.

Later die aand toe Jean al amper slaap, is hy skielik weer helder wakker. Hy skakel die lig aan. Sy gedagtes dwaal met hom en natuurlik kies dit koers na die pynlike tyd in die hospitaal. Die toetse, die skandering en x-strale. Die fisioterapie maar veral die skandering. Hy het nooit geweet dat ‘n mens soveel van jou binneste kan uitvind met ‘n MR skandering nie. Die aaklikste gevoel om so ingestoot te word in die tonnel, kop eerste of voete eerste, maar altyd met ‘n pyn en spanning. Die waarskuwing om stil te lê en te luister na die opdragte. As jy daar uitkom, voel dit of jy geen geheime meer oor het nie, hulle sien mos alles! Hy kyk na sy bene wat so dun geword het weens die feit dat hy vir lank nie kon loop nie.“Dit begin darem nou weer vorm kry. Met die oefen en behandelings en swem sessies.” Langs hom op die bed staan sy rekenaar. Hy het gou na sy e-pos geloer en sien dat daar ‘n e-pos van Jacques is. “Nou vir wat stuur hy vir my ‘n e-pos.”

67

Page 68: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Jean, ek wil jou net laat weet dat ek vandag by ons prokureur was. Ek en hy het oor ons familiesake gepraat, en sodra ek die finale antwoord het, sal ek vir julle vertel waaroor dit gegaan het. Ek sal hom dan hierheen laat kom, sodat jy ook hierin kan deel. Ek weet jy het my vanoggend gesien ry en nogal geklee in dorp toe gaan klere, jy het dalk gewonder. Ek is baie bly dat jy jou totaal ingeskakel het in ons plaasbedrywighede. Sê net vir my een ding, is jy nou hier om te bly? Ek en die res van die familie wil jou graag hier hê.Lekker slaap.”

Terwyl Jean nou nog wonder wat en waaroor Jacques met die prokureur gepraat het en ook wonder wat hy gaan doen t.o.v. sy verblyf op die plaas, lui sy selfoon.“Alida? Hoekom bel jy so laat, is daar fout?”“Nee, Jean, ek wil maar net sê dat jy nie bekommerd moet wees oor Jacques se besoek aan die prokureur nie. Ek weet jy sal dalk daaroor tob, maar dis onnodig. Ek wil net vir jou vra om asseblief of die plaas aan te bly. Jacques beplan baie nuwe dinge en dit sluit jou in. Hy het mos maar al die jare allerhande planne gemaak, maar kon nooit daarby uitkom nie, vanweë sy tientalle verpligtings. Bly asseblief.” Praat Alida saggies en dringend. Jean vermoed dat Jacques nie in die kamer by haar is nie.“Alida, toemaar, julle hoef nie te bekommer nie, ek sal bly. Dis mos maar ons erfgrond. Lekker slaap.”Jean besef nou eers dat hy ‘n passie het om wyn te maak. Daardie versnit wat hy nou die dag probeer het, het gewerk. Hy kán nog wyn maak en hy wil dit doen. Hy wil ook op die plaas aanbly, hy het regtig nou genoeg gehad van rondswerf. “Ek sal graag ook nog bome wil plant, tuin wil maak en daardie waterval se oorsprong gaan opsoek.”Hoe goed ken die twee broers mekaar regtig. Jacques het ‘n sterk gesig. Sterk kakebeen, sagte donker bruin oë, partymaal onpeilbaar. Breë skouers en ‘n lang lenige lyf. Sjarmant en ‘n warm persoonlikheid. Baie goeie maniere, intelligent, diep denkend, sonder om intimiderend te wees. So baie byvoeglike naamwoorde? “Dis die maat met wie ek ‘n leeftyd al saamkom, maar hoe goed ken ek hom. Niks gaan ooit ongesiens by hom verby nie. Hy sal so stil sit in ‘n geselskap en dan skielik opstaan, verskoning vra en uitloop. As iets hom nie aanstaan nie, sal hy hom net onttrek. Ek dink ek ken hom goed genoeg om te kan sê dat hy ‘n warm persoonlikheid het. Soos hy dit uitstraal moet jy dit maar ontvang!”Daar sal die volgende dag ‘n paar veranderings op Bordeaux plaasvind. Benewens die bietjie toesig wat Jean gedoen het, het hy meestal die administratiewe dinge op die plaas gedoen die afgelope tyd. Die plaas se elke dag besigheid het nou so uitgebrei, dat daar ‘n nuwe plan gemaak sal moet word. Daar is nou heelwat meer besoekers wat die plaas besoek.

28

Die volgende oggend staan Jean vroeg op en stap teen die berg agter die huis uit. Hy het sy nuwe stapskoene aan en voel elke tree met ‘n groot plesier. Hy gebruik ‘n soort kierie of stapstok, sodat hy gemakliker die bergpaadjie kan uitstap.

68

Page 69: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Terwyl hy so stap, dink hy aan die tyd in die Oos Transvaal se Laeveld. Die roetes in die Noordelike Drakensberge, die Blyderivier, die watervalle, die spoelgate, die wonderlike omgewing, was later net pure plesier.Dit was moeilike staproetes, maar lekker, veral met lekker stapmaats. Hy was altyd baie stapfiks, want dit was deel van sy dagtaak. Na ‘n dag se stap, het hulle dan in die rivier of ‘n dam gaan afkoel. Soms was die water so koud, dat jou tande pyn. Hulle het letterlik die Laeveld deurkruis. Hy het met sy eerste staptog ‘n paar skoene aangeskaf en dit so ‘n bietjie ingeloop by die werk. Daardie paar skoene is nou wie weet waar, weggespoel in die storm. Die rugsak ook. Nog heelwat ander persoonlike goed van hom het in daardie storm der storms weggespoel. Eendag sal ‘n ander argeoloog of iemand, of sommer net ‘n gewone ou, die goed uitgrawe en wonder wie die mens binne-in die skoene was.“Wonder wat het van almal geword. Tog goed om te weet dat sommige se liggame gevind is en herbegrawe is in gemerkte grafte. Dalk moet ek gaan kyk of hulle Gabrielle gekry het en herbegrawe het. Weet ook nie, want wie sou haar uitken. Het sy nog familie gehad, sy het nooit iets van familie gepraat nie. Hy het nie veel van haar persoonlike lewe geweet nie, net dat sy ‘n baie goeie geoloog was. Hy gaan sit op ‘n groterige rots en kyk uit oor die plaas. Dis ‘n oop helder dag, nie te warm nie. Hy onthou ‘n Bybelteks “...my erfdeel is vir my mooi...” Psalm 16. Hy onthou dat sy ouers graag die Psalm gelees het by huisgodsdiens. Later toe hy al gewerk het, het hy ook dit sy passie gemaak. Hy het sommige Psalms uit die hoof geken. As hy dus iets moois gesien het of baie gesukkel het, het hy gou in sy gedagtes gesoek na ‘n gepaste Psalm. Psalm 16 bly in sy gedagtes. “Here, U is my lewe, U sorg vir my. Wat ek ontvang, kom alles van U af. ‘n Pragtige deel is vir my afgemeet, ja, my erfdeel is vir my mooi.”Die feit dat hy weer loop, weet hy, is ‘n wonder van God. Hy wonder nou skielik weer oor Gabby – Gabrielle Martinez. “Ek weet niks van haar of haar familie nie. Al wat ek weet is, dat sy in Swaziland en Pretoria geswot het. Sy kom eintlik uit Mosambiek.” Jean gewaar vir Jacques. “Jy’s laat ou Jakkie, ek het jou vanmôre voorgespring!” sê Jean met groot plesier in sy stem. “Jean, dis wonderlik om jou hier bo te kry – dis waarlik ‘n wonderwerk.” Roep Jacques hom toe, die sonstrale laat sy rooi hare soos koper lyk, of goud. “Ag, Jacques, ek voel vanoggend so dankbaar en ek kon nie aan ‘n beter plek dink om die Here te kom dankie sê nie. Ek is bly dat jy ook hier is. Baie dankie vir jou en wat jy vir Bordeaux en ons familie doen.” “Broer, ek sou dit nie kon doen, as ek nie altyd kon glo dat jy na die plaas toe gaan terugkeer nie. Henk het my al die jare mooi bygestaan, want hy ken die plaas en die omgewing net so goed soos ek en jy.”“Jacques, wil jy en Alida nie maar plaas toe trek nie. Henk gaan nou aftree. Hy het my laat verstaan dat hulle graag hul oorblywende familie in Nederland wil besoek en as hy terugkom, wil hy bietjie gaan aftree. Ek het gedink dat ons die huis op die dorp vir hulle moet aanbied. Hier is genoeg plek op die plaas en in die nuwe huis dat julle almal hier kan kom bly. Dit sal nou baie lekker wees, soos in die ou dae.”

69

Page 70: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Dankie Jean, ek dink dit sal in Alida en die kinders se smaak val. Ons sal ook graag dat Henk-hulle in die dorpshuis gaan woon. Ons moet dit met die mense bespreek.”

29

Henk is dankbaar dat hy en sy vrou so ‘n lank op die plaas in die Boland kan bly. Hy en sy vrou het baie jare gelede na Suid-Afrika toe gekom met behulp van die Maatskappy vir Europese Immigrasie. Hy het sy vrou en klein baba dogtertjie hierheen gebring om op die wye Afrika vlaktes te kom werk. Hy beland toe hier in die Boland op hierdie plaas. Francois-Marchand du Preez het iemand in Holland gesoek wat iets ander wou kom doen op die Afrika Vasteland as wat hulle aan gewoond was in Europa. Hy was jonk en Tineke ook. Hulle het aansoek gedoen en in die onderhoud, wat een nat triestige aand in Amsterdam was, het ‘n lang gesellige aand met Suid-Afrikaanse wyn en gasvryheid geword. Aanvanklik het Francois du Preez ‘n ander persoon gekies, omdat hy nie getroud was nie en verbintenisse met Suid-Afrika gehad het. Uiteindelik het Cor van Vliet nie die aanbod aanvaar nie en Henk en Tineke van Dalen was baie bly daaroor. Henk was ‘n handige skrynwerker en Francois het iemand soos hy gesoek. Tineke het ook haar gewig ingegooi by die opbou van die plaas. Die werk en weer en nuwe Vaderland, het hulle soos ‘n handskoen gepas. Nou wil hulle gaan kuier. Hulle was weliswaar al heelwat kere na Nederland met vakansie, maar nou wil hulle aftree en dit gaan geniet soos nog nooit tevore nie. Hulle wil ook bietjie gaan toer in Europa. Soos die dag op Bordeaux begin het, so sluit dit af, bedrywig.Die aand, nadat hulle een van Alida se heerlike etes genuttig het en die du Toits huiswaarts gekeer het, kom Liza by Jean sit. Hulle gesels oor die dag en oor verskeie sake van die dag. Liza gaap lang gape en probeer nie eens om dit weg te steek nie. Sy het duidelik genoeg gehad van die dag.“Jean, ek dink ek gaan maar inkruip, goeienag, Ek is nogal moeg vanaand. Ek dink ek moet na ander verblyf gaan soek.”“Hoekom, dis mos nie nodig nie, jy het dan nou net ingetrek. Alida-hulle gaan ook nog hier kom bly. Waarvoor het jy nou sulke planne.”“Jean, liewe Jean, jy is so ‘n goeie mens. Jy sien ook nie gewoonlik kwaad in ander mense nie, maar ek het al bietjie stories aangehoor van die werkers, hulle wonder oor ons saamblyery.”Hy kan hom nogal misgis met mense. Hy dink partymaal dat dit ‘n persoon sonder kwade gevoelens of dinge is en dan hoor mens heeltemal ‘n ander storie dan skok dit. “Jy bly mos in jou deel van die huis, Andries weet ook, ek sal met hom praat en...”“Nee, Jean, nee, wag nou. Die werkers gaan nie daarvan hou as hulle moet weet dat ek en jy daaroor praat nie. Andries weet goed dat ons twee nie saamwoon nie, hy kan vir hulle sê as hy wil. Jy hoef nie met hom of enigeen te praat nie.”“Nou steur jou dan nie aan die praatjies nie. Jacques-hulle gaan binnekort hier intrek en dan is die praatjies ook iets van die verlede. Ordentlike, bekostigbare blyplek is ook nie so maklik bekombaar nie. so wees asseblief rustig.”

70

Page 71: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Jean, daar is nog iets wat ek met jou wil bespreek. Ek wil nie verbind word deur ‘n kontrak nie. Ek werk hier omdat dit vir my lekker is, so ek wil nie nog ‘n kontrak teken nie. Jy weet ook mos dat ek graag reis, so ek sal my by die reëls hou, maar asseblief, as ek nou ‘n lus vir reis kry, wil ek dadelik gaan.” Sy sien op Jean se gesig dat hy seergemaak is. Sy ken al daardie trek om sy mond. Hy wil keer, toe is sy al by die deur uit.

Toe, wat het ek gesê? Die deure en venster is toe. Dis net die luik in die dak wat oop is. Dankie tog, die dakluik is oop! Jy moet opkyk om dit te kan sien! Kyk op, kyk vorentoe. Moenie rou nie, bou! Vaar voort!

30

Vroeg die volgende oggend, Jean is besig om koffie te maak, toe kom Liza by hom aan. “Koffie?” vra hy sonder om te wys dat daar gisteraand ‘n ongelukkigheid tussen hulle was.“Ja, dankie, dit sal lekker wees.” Liza is effe ongemaklik, maar wys dit nie. Jean gaan voort, sonder om op te kyk.“’n Tyd gelede toe ek in die hospitaal was, eintlik in die nasorg, na daardie tragedie in die noorde, het ek een nag iets eienaardigs beleef.” Hy vertel vir haar van die lig wat in die donker geskyn het en die stem wat hy gehoor het. ‘Wees Heilig, want ek is Heilig.” “Ek was seker dat die Here toe by my was. Party mense sal sê dat die Here met my gepraat het. Soms kyk jy dit mis of miskien wil jy dit nie erken of oorvertel nie.” Jean kyk vir die eerste keer op van sy koffie en bly skielik stil. Hy haal diep asem, hy kyk na Liza en sien die trane in haar oë.“Liza, ek hou baie van jou. Ek het oud geword met net my ouers se liefde en weet nie hoe om hierdie nuwe situasie te hanteer nie, maar ek weet dat ek jou nie as vriendin wil verloor nie.” Hy sit sy koffie neer en kyk Liza in die oë, hy sit sy hande op haar skouers, kyk onbeholpe, en afwagtend na haar.“Sal jy my kan vertrou?” Jean praat byna pleitend. Sy draai nie weer onder sy hande uit nie. Sy hou haar hande teen sy bors en lê ook haar kop op sy bors.“Jean, ek het baie respek vir jou en dankie dat jy so ordentlik is met my. Ek voel besonder geëerd dat jy soveel omgee vir my. Ek wil graag hier bly en ek hou ook van jou. Ek kom ook uit ‘n baie beskermde omgewing, my ouerhuis. Dis hoekom ek graag reis om die wêreld en die lewe te leer ken. Tien jaar terug het daar iets in my lewe gebeur, iets waarvan net my moeder weet en ek vermoed

71

Page 72: Bloedrobyne Van Valery du Toit

my pa ook.Alida het sekerlik ook daarvan by hulle verneem. Wees asseblief geduldig met my, ek sukkel nog met verhoudings.” Sê Liza baie saggies. “Ek sal voorlopig hier aanbly.” Jean soen Liza se hande, wat hy nog steeds vashou, terwyl hulle praat. “Dankie, Liza, dankie. Jy sal nie spyt wees nie. Ek sal bly wees as jy net hier wil bly.” Jean wou weet van die probleem, maar begryp toe tog dat sy nie nou daaroor gaan praat nie. Hy het waarlik die moed gehad om aan die mooie vrou te sê dat hy van haar hou, eintlik het hy haar lief, maar hy kan nie nou al sê hoe hy regtig oor haar voel nie, netnou skrik hy haar af, of bederf die verhouding. Liza is skielik baie verlig. Sy het jare terug ‘n verhouding met ‘n man gehad en nog nooit daaroor gepraat nie, behalwe haar ma, sy het die man liefgehad, maar dit was toe anders as nou.“Jean, vertel my nog iets, ek wil jou leer ken soos jy is.”“Ek wil jou vertel van die dag toe ek besluit het om die plaashuis weer te herbou. Ek het in die woonkamer van die dorpshuis gesit, in my rolstoel, ek was baie neerslagtig. Dit was kort na my terugkoms na die plaas. Ek hoor meteens ‘n fyn geluidjie en toe ek opkyk, staan hier ‘n klein seuntjie langs my met ‘n hasie. ‘n Angora hasie, in sy arms. Hy sit toe die hasie op my skoot en verdwyn weer net so skielik” Weereens praat sy hande saam. “Ek sit so met die haas op my skoot en weet skielik nie wat ek met die dinge moet doen nie. My gedagtes was so ‘n warboel, soveel so, dat ek ook nie die seun dadelik herken nie. Ek dink toe aan my ma wat hierdie boerdery begin het jare gelede. Sy het die angora hasies by iemand persent gekry en ‘n gemeenskapsprojek daarmee begin. Sy wou die vrouens op die plaas bemagtig. Hulle doen toe so goed en met die hulp en bystand van ‘n landbou raadgewer het hulle nogal naam gemaak vir hulself. Die wol van die hasies word geskeer en gespin en geweef en dan gebruik om allerhande gebruiksartikels te maak. Hulle maak inkoopsakke, tafeldoeke, komberse, matte. Dis pragtige goed. “Ewenwel, terwyl ek so met die ou hasie op my skoot sit, kyk ek op en sien skielik die skildery van die oorspronklike plaashuis raak. Dit hang al die jare teen die muur van die woonvertrek in die dorpshuis, maar ‘n mens sien dit mos later nie meer raak nie. Hoewel, ek moet erken, ek wou dit nie raaksien nie, dit was ‘n soort aanklag teen my gewete. Ek wou op ‘n manier nie die verantwoordelikheid van so ‘n projek op my skouers neem nie. Ek weet ek moet die huis laat herbou maar ek kon net nie sover kom nie. Skielik kyk ek met nuwe oë na die skildery en besluit net daar om die huis te laat herleef, so te herbou dat dit aan die buitekant net so lyk soos in die ou dae, maar binnekant moet dit heel modern en doelmatig wees. Toe hoor ek skielik ‘n gefluister en toe ek opkyk, sien ek Jacques en Alida en die seunskind met die groot bruin oë in die vertrek staan.“Ek vra vir Jacques om my te help om ‘n argitek te vind vir die nuwe plaashuis. Jacques het ook bietjie tekenopleiding gehad, aangesien hy baie kunssinnig is en altyd graag geteken het. Hy ken nogal ‘n paar argitekte en het sulke vriende. Jacques het trouens die buitegeboue van die plaas omtrent almal, behalwe die heel oues, self ontwerp. Hy stem toe in om die nodige mense hier te kry, want hy wil nie hê ek moet weer belangstelling verloor nie. Klein Lewis, die seuntjie, kom neem toe die hasie weer van my skoot af. Ek weet nie mooi wat hy wou hê ek daarmee moet doen nie, maar dit het ‘n doel gedien. Dit het my oë laat

72

Page 73: Bloedrobyne Van Valery du Toit

oopgaan. Hierna het ons aan die werk gespring met die planne, en nou ja, hier staan ons vandag in die herboude, herbeplande nuwe ou huis.”“Terloops, ek het laasnag baie lekker geslaap en besluit dat ek tog maar die plaas my hoof depot wil maak, want waar in die wêreld kry mens soggens sulke lekker koffie en soveel vars lug.”“O ja, klein Lewis, hy is so sewe of agt jaar oud, sy ma, Johaar, is die leier in die weef-afdeling en sy het al haar kinders en van die ander kinders ook, opgelei om die hasies te versorg in die middag na skool. Hulle moet die hokke skoonmaak, hulle kos gee en wat ook nog daarmee saamgaan.So leer sy hulle netheid en verantwoordelikheid.”

Skielik voel Liza ‘n gevoel van verset in haar. Die gevoel wat sy nou gedurig voel. Dis iets wat die eerstekeer gebeur het toe sy nog vir André gehad het. Dis al asof sy bang is iemand kom te naby aan haar. Is sy regtig bang dat Jean te naby aan haar sal kom? Sy wil hom net armlengte van haar af hé. Leer om òm te gee; leer om te glimlag, ook teenoor onbekendes; leer om te huil; leer om te gee; leer om te vergewe; leer om te deel; leer om te vertrou; leer om lief te hê.

31

Die aand na ‘n lekker bewolkte koel dag, begin dit saggies reën. Dis ‘n aand vir musiek, sop, brood en dalk ‘n bietjie sjerrie. Hulle sit na ete in die familie vertrek en gesels oor die gebeure van die dag. Later, nadat Alida en Jacques kamer toe is, sit Jean dans musiek op. Sy hou haar hand uit na Jean, en nooi hom uit na die dans. ‘n Deel van haar wil Jean na aan haar hê, maar ‘n deel wil hom wegstoot. Sy gaan probeer om hom naby haar te hou, en sê dan tog: “Kom dans met my Jean” dis Liza wat skielik in ‘n romantiese bui is. Sy voel dat sy nou saam met die musiek en hierdie man moet beweeg. Sy volg die bewegings van sy lyf. Sy lyf voel hard teen hare, maar al dansende volg sy hom. Hy stuur haar die hele vertrek vol. Sag maar beslis, beweeg die twee op die musiek se maat, totdat Liza opeens besef, dat sy meer vir hierdie Jean voel as wat sy wil erken. Sy is bang vir seerkry en boonop is sy bang vir seermaak.“Jean, die musiek is klaar, los my nou maar. Dankie dit was lekker. Ons kan weer ‘n keer so maak.” Liza los hom effe onwillig en beweeg na die bank waar sy gesit het. “Jy is seker ook moeg, kom ek gaan maak vir ons iets om te drink en dan gaan slaap ons. Dit was ‘n vermoeiende dag.”Toe hulle elkeen met ‘n koppie tee sit, stel sy voor dat hulle die komende naweek by haar ouers gaan kuier, Jacques en Alida gaan ook. “As dit nie te woes reën nie. Ek sal môre oggend die nodige reëlings tref vir ons besoek. Is dit reg , dan kom jy ook bietjie weg?”Sy wag nie op ‘n antwoord nie en staan op, neem sy leë koppie by hom en stap na die kombuisie toe om die koppies te gaan uitspoel. Sy wil nie hê dat Jean haar dalk ompraat om nog ‘n bietjie by hom te bly nie. Voordat sy iets

73

Page 74: Bloedrobyne Van Valery du Toit

agterkom, is hy agter haar, hy gee haar ‘n soen in haar nek en net so vinnig draai hy weg van haar. “Lekker slaap, meisie” Elkeen kies koers na hul kamers. “Gaan jy môre vroeg stap? Ek wil saam.” Jean kyk verbaas na haar en besef dan dat sy hom al soggens gesien stap het.“As dit nie te nat en koud is nie, ja. Wil jy saamgaan?”“Sal nog sien, hoe laat stap jy?”“Vroeg, net sodra dit lig is, so half sewe.”“Ek sal nog sien, ek staan nie gewoonlik so vroeg op nie.” lag Liza.“Ek daag jou uit!”

Skatte kom nie altyd in kleipotte.Diep uit die see se bloute,Haal hulle jou uit,So mooi so waardevol,So suiwerUit die diepte van die seeHaal hulle jou uitDie pêrel, Die vrou.

32

Kyk ‘n slag van binne na ‘n gebrandskilderde glas venster; die afbeeldings is gewoonlik van die heiliges uit die Bybel.,Die lig, die son, skyn nou daardeur. So moet ons wees;Die lig, Christus, moet deur ons skyn, ons, die heiliges.

Almal moet dit kan sien. Jy moet dus so leef – Heilig, met die lig van die Woord wat deur ons skyn. Leef Heilig...

Nadat Jean gestort en geskeer het, sy stapskoene by sy netjiese denim en maroen kleurige hemp vir die werkdag aangetrek het, stap hy by die agterdeur uit, om die berg aan te pak. Jean is ‘n baie netjiese mens en verwag ook van sy mense, al sy mense, om netjies en skoon die nuwe werkdag aan te pak. ‘n Jaar of wat gelede het die werkers besluit op ‘n eenvormige gholf hempie met die naam BORDEAUX daarop borduur. Een vir elke werksdag. Sommige van hulle dra oorpakke, wat ook die plaas se logo op het. Die kelners van die restaurant is meestal studente, maar almal dra een of ander vorm van uniforme drag. Dis òf die voorskoot of die hempie by ‘n mooi swart langbroek of denim. Daar is ‘n plaas logo op en almal kan sien waar en vir wie hulle werk. Dit was een van Nadia se voorstelle en Jean het haar hartlik daarin ondersteun. Jean het so honderd treë gestap, toe hoor hy iets agter hom kraak, voor hy nog kan omkyk, weet hy dis Liza. “Môre Liza, sjoe, maar jy is vroeg op vanoggend?” Hy terg haar want hy weet sy hou nie van vroeg opstaan nie.“Ja, ek het gedink ek moet maar vroeg aan die gang kom, want ek wil ons reëlings tref vir die naweek.”

Op die karoo vlaktes plat en grof,

74

Page 75: Bloedrobyne Van Valery du Toit

met koppies, klippe en stof,fossiel skatte ingebed,gegrawe en prospekteer,gedelf, gewas,nog ongeslyp en dof,soms waardevol,‘n diamant,die man..

“Liza, wil jy nou regtig hê ons, of ek dan, moet saamgaan die naweek. Moet jy nie maar liewer alleen gaan kuier nie.” Jean is nie gewoond hieraan nie, daarom probeer hy halfhartig uitdraai. Hy kan ook agterkom dat Liza dalk te gou gepraat het en dat sy hom nie regtig nou al wil saamhê nie. Tog sê sy:“Jean, moenie laf wees nie, ek wil my ouers vertel van die man in my lewe, jy moet by wees, want ek wil hulle wys ook.” Hulle asems jaag van die vroegoggend oefening en so skielik, hulle kom by die rots ‘troon’ aan. Dis ‘n wolklose dag, wat beloof om nog lekkerder te word. Die reën en koue van die vorige dag, skoon weg.“Hier is ons, Liza.” Liza trek haar asem vinnig in, want die panoramiese uitsig is pragtig. Die berge is vanoggend besonder mooi. Al die voue en plooie van die berge, word elke oomblik anders, en tog bly dit dieselfde berg. Soms is die berg vriendelik en soms uitnodigend en soms, wel, soms is die berg kwaai en vol streke. So mooi het dit nog nooit voorheen gelyk nie. Jean kyk stip na ‘n bos hier reg voor hulle. Hy wink vir Liza nader. “Kom kyk gou hier.” Liza kyk waar Jean wys. ‘n Vlinder is besig om stadig en elegant uit die papie te voorskyn te kom. Doodstil staar die twee in verwondering na die wonderwerk. Dis iets wat mens nie aldag sien nie en die oomblik is dus besonders. Jean buig die takkie versigtig af, hou dit in sy hand, sodat hulle die proses van naderby kan beskou. “Hou jou hand, dan sit ek dit in jou hand.” Jean sit die takkie op haar hand. “Ek weet nou hoekom jy so graag hierheen kom, al loop jy hoe moeilik of swaar, die uitsig en hierdie klein wonderwerkie vergoed daarvoor.”“Kyk hoe sit die skoenlapper met die vlerkies sonkant toe. As die vlerkies heeltemal ontvou is, sal hy wegvlieg.” Hulle hou die proses dop, totdat die skoenlapper wegvlieg en in die naaste boom gaan sitplekkie soek.“Hier lê ons erfgoed.” Jean sê dit met soveel gesag en ontsag, dat Liza hom aanstaar en vra: “Ons wat? Erfgoed?” Die uitsig is asemrowend, dit lyk of Jean nie eens hoor wat Liza sê nie. Die oggendson raak net-net aan sommige pieke en dit verf die berge in kleure van donker pienk tot donker blou. Dis ‘n prentjie wat ‘n mens in jou gedagtes wil vasvang en behou. Liza dink skielik aan die drie mense met wie sy daardie oggend in die Laeveldse restaurantjie gesit en tee drink het. Sy wil net vir Jean van hulle vertel, toe Jean se stem tot haar deurdring.“My en Jacques se speelplek en erfgoed. Kom ons vat hierdie dag af en ry na jou ouers toe.”“Regtig?”“Ja, hoekom nie.” Jean gaan gou reëlings tref met die kelder en Liza gaan gou vir Alida sê dat hulle nou gaan ry, hulle twee kan maar die naweek deurkom.“Alida, was dit regtig ons Jean, of droom ek?” Jacques is verwonderd.

75

Page 76: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Nee, my lief, jy droom nie. Dis onse Jean. Dit lyk asof Jean verlief is. Ek hoop nie Liza maak droog nie, sy moenie vir Jean seermaak nie.”Liza het haar ouers gebel en hulle voorberei vir die besoek. Net ingeval die oumense wil rondloop.Liza vertel vir Jean hoe hulle gesin een jaar by Hermanus gekamp het. In die namiddae het hulle kinders dan saam met hope ander, gaan mossels afhaal van die rotse. Dit was laagwater so teen vyfuur en die mossels kan dan maklik van die rotse gepluk word. Een dag het ‘n man vir hulle ‘n perlemoen gebring. Toe die skulp leeg is, het haar pa dit op sy kop gesit, so groot was dit. Dit was nog in die ou dae. Die perlemoen het nog tyd gekry om te groei. Onnodig om te sê dat ons in daardie dae gesmul het van die see se heerlikste disse. “Ons het hawe toe geloop, net na die bote ingekom het, dan het mens die heerlikste varsste vis te koop gekry. Rykmanskos, goedkoop en knuppeldik geëet.” Toe is dit skielik doodstil in die motor.

33

Toe hulle by die afdraai kom, hou Jean stil.“Liza, en nou, dit lyk asof jy jou piering room verloor het.”“Ek is skielik bang.”“Bang, hoekom Liza?” Jean is besorg. Hy sien die trane in haar oë. “Ek moet jou iets vertel. Ek het so bietjie meer as tien jaar gelede ook ‘n man saamgebring huis toe.” Liza se stem bewe van ingehoue emosie.“Wat het van hom geword.” Wil Jean angstig weet.“Hy – hy is dood.” Liza se stem breek en sy begin te huil. Jean is onkant gevang en weet nie wat om te doen of te sê nie. Hy is nie onverskillig nie, maar wel onbeholpe. Hy sit sy arm om haar skouers en trek haar teen hom aan.“Toe nou maar, toe maar.” Troos hy haar.“Skuus Jean, ek wou nie so reageer nie, maar ek ...” stamel Liza.“Ek weet nie wat die omstandighede was nie maar ek dink dat daar al genoeg water in die see geloop het sedertdien. Jy kan of mag maar weer ‘n ou huis toe bring. Al is dit ‘n ou vol krankemente. Lei u my Here, wees stil en weet – Hy is onse God. Neem my offers, maak my ontvanklik, Bid, mediteer, word stil en luister.Neem Sy hand. “Dankie Jean, dis net wat ek nou nodig het, ‘n positiewe uitkyk op die gebeure en die lewe. Ek dink ek is maar net bietjie opgewonde. Ek sal jou later van André vertel.” Jean skakel die motor aan en dink dat hy mos al vantevore die man se naam gehoor het, wonder regtig wat sy aandeel was tot die ongelukkigheid van Liza.

Op die bladmusiek van die leweword soms Andante aangedui.maar ek wil in Fortédie vriendskap uitbasuin.jy was altyd die musiek,

76

Page 77: Bloedrobyne Van Valery du Toit

die harmonie -die simfonie-van die lewe.maar as ons huil is ditin bittere kakofonie.ek hoor my laaste liriek,die orrel en viool se towerklankons huil sonder partituurin die donker, middernagtelike uur!

34

Die twee ou mense is so bly om weer hul kind te sien en is dus uitgelate om Jean te ontmoet. Die twee het Jean omtrent deurgekyk en vrae gevra en toe hulle meer op hul gemak lyk, Jean ook, toe gaan haal Jean van Bordeaux se wyn en kaas. Jean sit die koelhouer op die tafel neer. “Die kaas is nog baie jonk, maar die wyn is net reg. Beleë en drinkbaar.” Paul du Plessis kyk in sy skik na sy dogter se vriend wat so spontaan met die wyn en kaas tevoorskyn kom.“Ja, Jean, ek dink ek sal jou plaas se kaas en wyn geniet. Lizatjie, gaan haal glase my kind. Sommer ‘n paar bordjies en messe ook.” “Goed, maar ek dink moeder gaan liewer tee drink.” Toe hulle net lekker sit en gesels kom daar ‘n motor aan.“Dis Alida en Jacques. Hulle het vanoggend gesê hulle kom eers môre. Dis ‘n verrassing.”“Ja, ek het nou-nou net met haar gepraat toe sê sy hulle gaan vandag al kom.” Sê Susie. Die jongklomp groet net en toe is almal strand toe. Gewoonlik kan die klomp nie wag om by die see te kom nie.“Nou wie pas plaas op as altwee die boere hier is?” vra Paul vir Jacques.“Nee wat Pa, dis darem nie so erg nie, die manne daar kan die leisels styf vashou.” Antwoord Jacques op sy skoonpa se vraag.Alida fluister iets in Jean se oor en druk ‘n koevert in sy hempsak. Skielik bloos Jean bloedrooi.“Haai, Jean, wat laat jou so bloos?” terg Liza. Hy probeer sy verleentheid wegsteek, maar dis vir almal duidelik dat hier iets aan die broei is. Jean kyk na Liza en knipoog vir haar. Hy sien hoe sy opstaan en om die hoek van die huis verdwyn. Hy staan op en loop agterna. “As jy nou so vinnig verdwyn?” “Kom, volg my.”Die twee hardloop teen die sandwal af en val in ‘n bondel onder op die strand neer. Daar is op die oomblik niemand in sig nie, alhoewel die jonges almal see toe gestap het. Jean het half en half verwag om hulle daar te sien. Liza en Jean loop langs die branders af en probeer al lopende die brandertjies vermy. Dan

77

Page 78: Bloedrobyne Van Valery du Toit

meteens is daar ‘n brander wat hoër uitstoot as die ander, dus kan hulle nie die nattigheid vermy nie. Hulle lag en besluit om hoër op teen die sandduin te gaan sit.“Liza, vertel my ...”maar voordat Jean verder praat val Liza hom in die rede.“Ja, Jean, ek wil jou nou van André vertel, terwyl ek nou die moed het.”“Ja toe, dalk moet jy, sodat jy dit ook van jou gemoed kan afkry.” Liza begin praat, so asof sy nie eens van Jean bewus is nie.“André was ‘n vlieënier in die lugmag. Nadat hy sy diens daar beëindig het, het hy vir ‘n privaat maatskappy begin werk. Hulle het goedere van Johannesburg af na een of ander bestemming in midde Afrika vervoer. Hulle het enigiets van ‘n naald tot motoronderdele vervoer. Ons het so drie jaar uitgegaan.Miskien moet ek sê dat ons mekaar vir drie jaar geken het. Later het ek begin wonder of hy my broer of my kêrel is.Die familie het hom ook so-so leer ken. Glad nie te goed nie. Ek en hy was seker so vyf of ses keer hier by mamma hulle. Sy wou altyd weet wanneer kom werk hy in Suid-Afrika. Sy het ook nie baie van hom gehou nie, hoor. Sy wou eintlik glad nie hê ek en hy moet uitgaan nie. Hy was ‘n regte windbol. My ma het dit iets anders genoem. Hy het altyd te vinnig gery en dosyne boetes gekry daarvoor. My pa het altyd vir hom gesê dat hy nou op land is en nie in die lug nie. As hy homself die tyd gegun het, het hy deurnag saam met sy pêlle gekuier. Hy het baie keer gebel, dan weet ek nie eens hy is in die land nie. Hy wil dan hê ek moet gaan fliekkaartjies koop, dan kom hy my op die nippertjie haal en ek kry dood eenvoudig ook nooit die geld terug nie. Hy het dan ook baie keer na drank geruik. Dit het al erger geword, veral die laaste jaar. Ek werk op daardie stadium in Pretoria toe hy weer een aand, eintlik nag, want dit was al na twaalf, daar aankom. Hy het na drank geruik en het aan die deur gehamer. Ek maak oop, want ek was bang hy skop ‘n lawaai op en dat die bure sou hoor. Ek het eintlik al geslaap. Ek het hom gevra om te loop want hy...stink, na drank en rook en alles. Dit het hom net al meer aangespoor en hy druk my teen hom vas en loop met my kamer toe. Hy raap my op en gooi my op die bed neer. O, Jean, dit was vreeslik, ek kan nie, ek kan...” Hy hou haar vas en sy beleef weer daardie nag. Die stank van André se asem, sy lyf sy walglike voorstelle sy gesig wat so met ‘n grynslag vertrek is. Die hande wat onder haar klere ingedruk word en die afruk van haar klere, sodat haar intiemste lyf blootgestel word aan sy oë, sy hande en sy lyf. Jean wil nog troos, maar word ru weggestamp. Hy skrik, maar verstaan skielik wat gebeur het.“Jean, hy het my aangerand, my verkr...!” Sy smoor die laaste deel. Sy kan nie verdra om die woord te hoor nie. “Ek het in die proses my bewussyn verloor, want hy het my met sy vuis toegetakel, en my gepooitjie. Ek dink ek het my kop teen die deurkosyn gestamp. Toe ek wakker word, of bykom, is hy weg. My klere geskeur, en die stank in my neus, ek sal dit nooit ooit kan vergeet nie. Ek wou sterf van vernedering. Ek het opgestaan en gaan kyk of die deur toe is en toe ek in die badkamer kom toe besef ek...ek kan nie meer onthou op watter stadium ek wat gedoen het nie, maar ek is deur die opsigter, ‘n dame, na ‘n kliniek toe gevat.” Liza soek met haar oë in die niet, so asof sy daar wil lees wat sy moet onthou. Jean is te geskok om helder te dink. Hy wil ook nie weer aan haar raak nie, want hy is bang hy skrik haar af. Liza lê met haar kop op haar knieë. Sy kyk op en sien hoe Jean na haar kyk.

78

Page 79: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Ek is jammer Jean, ek is jammer dat ek so ‘n wrak is en jy my...”“Nee wag nou meisie, jy is nie ‘n wrak nie, jy is net ‘n pragtige vrou wat die slagoffer van ‘n gewetenlose wreedaard is. Vertel my wat het van André geword.”“Ek het nie die volgende dag gaan werk nie, maar later die aand, het daar ‘n man by die woonstel aangekom. Ek was natuurlik skrikkerig, maar toe hy my sê dat hy André se baas is, het ek vir hom gevra om in te kom. Ek dag ek gaan nou ‘n boodskap van hom kry. Hy vertel my toe dat André se vliegtuig vermis word. Hy het die vorige aand na sy bestemming gevlieg en die vliegtuig het nie daar aangekom nie. Blykbaar iewers in die Kongo.” Jean moes fyn luister om te hoor wat sy sê, die branders maak haar stem byna onhoorbaar. Daar gaan skielik ‘n wolk voor die son verby. Albei kyk op. “Ja, dit het so donker geword in my lewe.” Liza snik en vee haar trane af en blaas haar neus. “Ek het hom doodgewens, Jean, ek wou hom dood hê na die vorige aand se besigheid, maar ek het nie geweet dat my wens so gou waar sou word nie.” Al die nodige voorsorg is getref en toetse is gedoen, sodat Liza na ‘n maand vir haar moeder kon vertel wat met haar gebeur het, maar haar ook kon gerusstel dat sy niks oorgekom het nie. Nie die dodelike virus nie en ook nie swanger nie.“Het hulle toe ooit André se vliegtuig gekry?”“Net wrakstukke, oor die boomtoppe van die DRK versprei. O ja, op die bed het ‘n diamant halssnoer gelê, hy wou dit seker vir my gee...ek het dit vir my ma gegee om te bêre, ek wou niks van hom hou nie, nie eens die CD’s of enigiets wat my aan hom sou herinner nie.” Liza spring skielik op en hardloop in die rigting van die branders. Jean sit haar agterna en vang haar in sy arms toe sy skielik omdraai en in hom vashardloop.“Liza, kyk wat het ek vir jou.” Jean haal die koevertjie uit sy hempsak en skud daaruit in ringetjie wat van gras gevleg is. Hy neem haar hand en sit die ringetjie aan haar middelvinger. Dis nog steeds te groot, maar dit sal doen.“Jean, dis die kosbaarste ring wat ek nog ooit besit het. Dis wel bietjie groot, maar ek sal dit altyd bewaar. Vir altyd, nie net vir eers nie.”“’n Vriendskapsring..., ek wil niks op jou afdwing nie, as iemand sou vra. Dis nou nie van diamante nie, maar dis iets wat ek gemaak het. Kom hier, jou mooiste meisiekind.” Met die woorde vou hy haar in sy lang arms toe en druk ‘n lang innige soen op haar mond. Net toe hy haar los, bars daar ‘n toejuiging los. “Kom nader julle twee vryers.” Roep Jaco uit.“Die kos is gereed.”Bo by die huis sien hulle nog ‘n motor staan. Dis Dawid, Liza en Alida se broer.

35

“Dagsê Jean en Liza,” groet Dawid en Jean onthou dan so stadigaan hierdie vriend van universiteitsdae af. Dawid is ouer as Alida en Jean sukkel om hom te plaas. Omdat hy ouer is en met ‘n ander kursus besig was, het hy net van hom geweet en nie juis goed geken nie. “Kom nader, die vrou en kinders is ook hier,

79

Page 80: Bloedrobyne Van Valery du Toit

dis nou ‘n lekker verrassing om die hele familie vandag hier te hê sonder dat ons dit amptelik gereël het.”Dawid en Améli het twee seuns en ‘n dogter. Die seuns is werksaam in Caledon. Hul dogter is op kollege.“Dawid, sal jy asseblief vir ons bid, ons wil eet, sê oom Paul vir sy seun. Net voordat hy sy oë sluit, sien Jean vir Améli raak, hul oë ontmoet en sy glimlag. Op daardie oomblik weet sy waarvandaan sy Jean ken. Jean weet op daardie oomblik niks van die gebed nie, want hy wonder oor Améli.

Met ‘n grootse ompad loop ons lewens. Watter ompaaie of paaie moet ons soms loop, voordat ons by on bestemming aankom? Hoeveel voetpaaie loop ons nie dikwels nie, voordat ons op die snelweg van die lewe beland. Watter dinge moet ons nie alles beleef nie, om uiteindelik uit te kom by dit wat Hy vir ons bestem het. Ons bestemming is immers vir ons verseker en heerlik.

Die Pinotage, of soos hulle sê: Bordeaux Rooi, wat Jean saamgebring het van Bordeaux af, word vir dié wat graag ‘n droë rooiwyn wil drink. Die res drink waarvan hulle hou, Sauvignon Blanc, of weereens Bordeaux Wit, of Rosé. Elkeen hou by sy palet.

“Jean, kan jy dalk vir Connie en Dirk onthou, ek het nou hul van vergeet en vir Gabrielle Martinez. Die naam en van onthou ek omdat dit so ‘n buitengewone kombinasie is? Ek het hulle toe genooi om by die plaas aan te kom.” Liza het die vraag ongeërg gevra, maar skrik toe sy Jean se reaksie gewaar. Hy staan op en sit sy bord neer, terwyl hy die stoep verlaat. Liza gaan agterna, want sy kan sien dat die vraag hom ontstel het. Hy is egter weer onder beheer en loop terug om verder te eet. “Ekskuus, Jean. Ek het nie gedink dat dit jou so sou ontstel nie. Wie is die mense? Ken jy hulle?” Liza kyk na Jean wat net op die vloer bly kyk. “Ja, dis die mense op wie se plaas ek gewerk het toe die oorstromings plaasgevind het. Gabrielle was op daardie stadium ‘n kollega.” Jean se hande bewe en hy druk dit onder sy sitvlak in.

Later die aand, toe die meeste van die huismense al in die kamer is, sit-lê Jean op die bank in die TV kamer. Liza sit op die vloer op ‘n groot kussing. Jean het vir hulle ‘n likeur ingeskink en hulle proe-proe so aan die lekkerte toe Liza opstaan en die glasie uit sy hand neem en dit saggies op die koffietafel neersit. Sy buk vorentoe en soen Jean vol op sy mond, lank en innig. Hulle lippe proe na likeur en hul soene maak mekaar letterlik duiselig. Later sou nie een van hulle kan onthou wie het eerste begin soen nie.“Jean, hoe lank ken ons mekaar?” voordat hy kan antwoord, gaan sy voort.“Liza?” Voor hy verder kan praat sê Liza weer. “Jean, ek hou verskriklik baie van jou, ek kan nie vir jou sê hoe wonderlik dit is dat ek jou leer ken het, sodat jy weer my vertroue in die mens en in mans kon herstel nie. Jy is die beste ding wat nog ooit met my gebeur het.” Jean is duidelik uit die veld geslaan, maar hy reageer nog steeds nie."Voordat jy iets verder sê, wil ek jou vra om baie geduld met my te hê, jy weet van my trauma en ek weet nog steeds nie hoe ek gaan reageer op ‘n ernstige

80

Page 81: Bloedrobyne Van Valery du Toit

verhouding nie.” Liza se mond bewe en haar stem is baie onseker. Sy bly stil en sluk swaar en hou haar hand oor haar mond. Jean neem haar liggies in sy arms en fluister in haar oor dat hy wel geduldig sal wees. “Jy kan seker wees dat ek jou nooit sal seermaak of misbruik nie. Ek sal jou help om deur hierdie ding te kom.” Hy sit sy hande weerskante van haar gesig en dwing haar sodoende om hom in die oë te kyk. “Jean, ek...ek weet nie, ek dink nie ek kan langer op Bordeaux bly nie. Ek wil jou nie in die steek laat nie. Ek is nog steeds bang vir mans en ek weet nie of ek weer gemaklik in ‘n man se geselskap sal voel nie. Ek weet ek het nog berading nodig. Dis al so lank, ek het destyds berading gekry en ek het gedink ek is oor die ergste, maar in die laaste tyd pla alles my, ek slaap sleg en droom allerhande drome. Jean, ek wil jou nie seermaak nie en ek wil ook nie die onus op jou laai om vir my te sorg nie. Ek móét net regkom. Ek weet nie of ek ooit intiem met ‘n man sal kan wees nie, dis net vir my...op die oomblik, al is dit al so lank...Dis hoekom ek so baie reis en rondtrek. Ek is bang vir vaste verhoudings en komplikasies.”“Wees rustig, meisie, ek sal jou veilig hou ek belowe, as jy eers bietjie wil kuier, by jou ouers of oorsee, dan kan jy maar, maar asseblief, kom terug na my toe.Asseblief, Liza, moenie my los nie.” Jean glo nie wat hy hoor nie. Die meisiekind kan mos nie nou alweer wil weggaan nie. Het hy hom dan so misgis met haar. Was ek dan nie nog altyd ‘n mens wat in my medemens kon glo nie?“Ek dink ek gaan maar weg, ek sal my goed pak sodra ons op die plaas kom.”“Is daar nie nog iets wat jou pla nie, is daar iemand anders, dit kan mos nie nog altyd hierdie ding met...met...ag hemel tog Liza, nee.”

...as ons huil is ditin bittere kakofonie...Die tjello en trompet se skel klankHuil sonder partituurIn die donker middernagtelike uur!

36

Jean het gevoel sy kop bars en sy ore hoor nie mooi nie. Nadat Liza die aardskuddende nuus aan hom meegedeel het, het hy haar lank vasgehou om sy eie hartklop rustig te kry. Dis snaaks dat ‘n mens se gevoel vir iemand op so ‘n oomblik totaal en al verander. Handomkeer. Die een oomblik was dit die sagte gevoel van liefde tussen man en vrou en die volgende oomblik is dit totaal weg. Jean is nou nog op die oomblik verwonderd dat hy dit so kalm hanteer het. Dit is vir Jean ‘n vreemde verskynsel, hy was altyd so opvlieënd en toe heeltemal kalm. Op die manier kon hy vir Liza ook kalmeer. Hulle het net so bly sit, in mekaar se geselskap, met haar arm om sy skouers, later haar kop op sy skoot en hy teen die kussings. So raak hulle aan die slaap. Laat in die nag het sy hom saggies wakker gemaak en kamer toe gelei. Hy het net so met klere en al op die bed gaan lê, sy het sy skoene uitgetrek en hom toegegooi en langs hom gaan lê, onder haar geliefkoosde kombersie. Vroegoggend het sy uitgeglip, gaan stort en see toe gestap.

81

Page 82: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Jean het, toe hy wakker word, homself opgekrul en gewens dat dit wat gebeur het, net ‘n nare droom was.

Dawid en Améli se enigste dogter studeer toerisme en nog ‘n paar administratiewe vakke. Sy het die vorige jaar haar matriek geskryf. Sy doen haar prakties by ‘n wynplaas en soek op die oomblik na nog plase wat haar sal bystaan in haar praktiese termyn. Sy het ook al ‘n draai in Europa gemaak, vir ‘n gap jaar ná matriek. Sy is, soos alle meisies van haar ouderdom, baie wys, maar tog ordentlik. Sy dra haar hare kort. Die heuningblonde hare en ligblou, eintlik vaalblou, oë, laat haar dromerig en rustig lyk. Sy is lank en lenig en trek graag deftig, maar gemaklik aan. Sy is ‘n gelukkige mens wat baie lief is vir haar familie. Sy het ‘n groot deel van haar lewe op Stellenbosch en later op haar ouers se blomplaas grootgeword in die Overberg.Jean sit die oggend op die stoep by Paul en gesels. Hy wou weet hoe gemaak met ‘n nuwe wingerd.“Die grond moet eers getoets en reggemaak word. Dis ongelukkig iets wat tyd vat. Ons wil ‘n spesiale druif op ‘n sekere blok aanplant en ek wil die grond heeltemal reg kry daarvoor. Maar ek sal laat weet dat Oom hulle kan kom kuier en kom kyk.”“Kan ons almal kom kuier, Jean? Ons is mos maar ‘n klomp vrolike du Plessis bymekaar.”“Natuurlik julle is almal welkom. Julle moet net laat weet wanneer en ons is reg vir julle.”Die klompie jongmense is vanoggend baie bedees en sit ewe rustig en gesels. Hulle vertel elkeen van die soort wyn wat hulle verkies om te drink.“Verskoon my,” laat Dawid van hom hoor, “nie een van julle is al oud genoeg om soveel van wyn te weet, dat julle kenners kan wees nie, nie eens oud genoeg om die wyn te drink nie, maar nee, julle weet als.”“Pa, ons is darem nie meer kinders nie, ek bedoel nou maar nie klein nie, ons het al wyn gedrink en ons weet waarvan ons hou.” Dis René, Dawid en Améli se dogter, wat sommer namens almal antwoord.

Jean stap strand toe, want hy het Liza soontoe sien stap. Hy sien Liza op die sand sit en gaan sit langs haar. Sy sit met die ringetjie en speel. Sy kyk na hom toe op en glimlag vir hom. Sy wys met haar hand dat hy langs haar moet sit. Jean neem haar hand in syne. Hy druk dit saggies.“Liza, moenie weggaan nie, bly op die plaas. Ek sal nie iets van jou verwag nie, jy kan rustig daar bly, vind jouself. Gaan na ‘n sielkundige en praat met die persoon. Ek ken ‘n vrou op die dorp wat jou kan help. Asseblief?” Liza stry teen die trane en die oggendlig, hartseer en frustrasie kook binne haar. Ten spyte hiervan, spring sy op en sê dan.“Kom ons ry, Jean, ek wil by die huis kom.” Antwoord sy, asof sy nie eens hoor wat hy sê nie.

Net voor hulle ry begin Améli met Jean gesels. “Jean, onthou jy my? Ons was saam op Stellenbosch. Nie op maties nie, maar op die dorp. Onthou jy?”

82

Page 83: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Jean kyk stip na Améli, maar kan nie heeltemal sy vinger daarop druk nie. Het die trauma iets te doen gehad met sy vermoë om detail te onthou? Hoekom moet hy haar onthou. Jean kyk weer na Améli en toe sy praat, kom daar gedeeltes van onthou terug. “Jean, onthou jy, ons het altyd in die Biblioteek gesit en werk. Jy was nagraads en ek was besig met ‘n bykomende kursus van die kollege. Onthou jy toe dit so gereën het soms, dat ons in die bib. moes skuiling soek?” probeer sy weer ‘n keer, maar die reën in Jean se brein steek vas by ander gebeure in die reën. Hy skud sy kop. “Sal seker later my beval. Ja, ja, wag ek dink...”“Jean,” sê Liza hier neffens Jean, “Ons moet ry, kom groet gou, dan ry ons.”Dawid nooi Jean om by hulle te kom kuier in die Overberg. “Jy sal van die blomme hou, jy het mos geswot van die goed. Sien jou later, bel net. Kry by Alida die telefoon nommer.” Die twee groet almal en hulle ry stadig die hek uit en draai dan in die rigting van die Kaap.“Liza, was Dawid altyd met Améli getroud, hoekom kan ek dit nie onthou nie.”“Nee, Dawid was met die ma van sy twee seuns getroud. Sy is so vyf jaar gelede oorlede aan kanker. Toe trou hy ‘n jaar daarna met Améli. Sy was nie voorheen getroud nie, maar sy het ‘n dogter. Dié is ook al omtrent so twintig.”“Ja, jou pa het iets gesê van ‘n dogter wat op kollege is. René, is haar naam glo. Ek onthou dit, want my een naam is ook Ren锓Regtig, dis interessant. Is jy Jean René?” vra Liza met belangstelling.“Ja, met ‘n koppelteken.”“Ek dink ek begin die vrou nou so vaagweg te onthou. Ek het mos op my oudag, ek was al dertig plus, ‘n kursus by die universiteit gedoen oor rekenaar programme, kommunikasiekunde. Ek het die behoefte gehad om ‘n program te kon skryf om die hele plaas se bedrywighede op die rekenaar databasis te kry, sodat mens vanuit ‘n kantoor die hele plaas kan beheer. Die besproeiing, die monitering van die vogtigheid in die boorde, die watervloei van die water na die opgaarplekke, ensomeer. Ek het later die personeelprofiele ook daarop kon sit en so die salarisse en lone en bonusse beheer. Ek dink Bordeaux was die eerste plaas wat dit so kon doen. Ek het seker in daardie tyd vir Améli leer ken. Ek kan nie onthou waarmee sy besig was nie.”“Ek het haar ook nog nooit baie goed leer ken nie. Ek was baie erg oor Dawid se eerste vrou, Alet. Sy was ‘n regte ou moedertjie en my ma en pa se oogappel. Jy weet Dawid is die oudste en die enigste seun. Gelukkig het sy toe vir Dawid twee seuns gegee, Paultjie en Faantjie. Oulike seuns. Hulle werk op Caledon, ek dink hulle sal seker maar later die blom plaas erf. Hulle is ‘n tweeling.”In stilte ry die twee verder. Elkeen met sy eie gedagtes. Jean dink meteens aan die nuus van die vorige aand en hy word sommer opstandig. Kan die meisiekind nou nie maar net daar bly nie. Al wil sy nie trou nie, hy sal na haar omsien. Hy sal vir haar sorg, hy is bereid om dit te doen. Nou wil sy alweer weghol. Ai, ai.

Vrede? Man en Vrou. Kinders en ouers, Vrede? Dis ‘n opdrag van die Here. Gaan in vrede; Leef in vrede; stig vrede. Kinders van God is immers vredemakers. Gee eerder as om te verwag - ‘n toe hand kan nie gee nie!

83

Page 84: Bloedrobyne Van Valery du Toit

37

Jacques en Alida is opgewonde omdat die naweek volgens hulle so goed verloop het. Hulle weet nie wat met Jean en Liza gebeur het nie. Daarom is dit vir hulle albei ‘n skok om die volgende dag te verneem dat Liza gaan trek.“Jean, ek is klaar besig om planne te maak om te trek. Ek het mos nie ‘n kontrak nie, so ek vra jou nou om my van my pligte te onthef en dan gaan ek so gou moontlik spore maak. Ek is jammer oor alles. Ek is jammer dat ek die verhouding wat ons het, so moet los, verbreek. Ek wou dit eintlik nie so vér laat gaan nie. Ek gaan vir eers by mamma-hulle bly.”“Hoekom Liza, hoekom moet dit sò eindig?”“Jean, jy weet dat dit al jare is dat ek hiermee worstel. Ek kan nie vir jou sê hoe jammer ek is nie. Ek het net begin dink dat ek nou weer begin vertroue kry in ou waardes, maar ek is net bang dat ek jou later, nog seerder sal maak, daarom moet dit nou eindig.”“Dit lyk my dat jy my in elk geval...”“Vergewe my? Asseblief, Jean, vergewe my.”Toe Jean ‘n uur of so later uit die kelder kom, sien hy net die agterkant van Liza se motor by die hek uitry. Hy wonder hoekom het sy nou gery sonder om te groet.Jy groet nie, maar tog, het jy gegroetDis seer in my binneste, pynlik seerEk moet gaan, ek kan nie hier blyEk gaan om vir my ander werk te kry,Ek laat jou gaan; ons kan nie saam na dieToekoms toe gaan,Of totsiens sê of,vaarwel?

38

Vir die volgende twee weke is Jean ‘n dwalende wese wat skielik weer ongenaakbaar is. Hy hoor niemand en wil niemand sien nie. Die slaap ontwyk hom, al wat hy wil doen is swem, orrel te speel en te stap en tee te drink. Hy doen naslaanwerk as hy nie kan slaap nie en soms sit hy voor die rekenaar en dan weer in die laboratorium en eksperimenteer met versnitwyne. Tot een oggend toe Nadia die kantoor binneloop. “Jean, jy moet gou eers hier luister. Ons het ‘n versoek gehad van hierdie werkers,” sy gee hom ‘n vel papier met name op, “wat ‘n wingerd wil aanplant en dit vir eie gewin wil bemark. Weet jy iets hiervan.”Jean lees vir ‘n oomblik en gee die papier vir Nadia terug en sê dan.“Ja, ek wou jou al gevra het om ‘n grondkundige of wingerdboukundige te kontak by die departement van Landbou. Iemand moet kom om die toetse op daardie stuk grond kom doen. Ek wil ook weet watter soort druiwe die mense beplan om te plant en die kundige moet ook vir hul aanbevelings maak vir die kultivar wat daar geplant kan word. Daar sal gespring moet word, anders gaan die planttyd verby.”

84

Page 85: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Jean, dis eintlik wat ek vir jou kom sê het, daar is iemand van Elsenburg in my kantoor, kan ek maar deurstuur, iemand moes al gebel het.”Jean staan op en loop by Nadia verby en gaan na haar kantoor toe, sonder om langer te wag. Sy bene voel meteens soos jellie, sy mond droog en die bloed suis in sy kop. Die vrou wat voor hom staan is Gabrielle Martinez. Sy is net so geskok en stil staar sy hom aan.

Op die bladmusiek van die leweIs soms Andante aangedui,Maar ek wil in Forté Die lewe uitbasuin.Jy is altyd die musiek.die harmonie - die simfonie -van my lewe.

39

Gabrielle herwin eerste haar stem. “Jean, is dit regtig jy, ek het jou nie hier verwag nie, ek...” sy steek haar hand uit om hom te groet en terwyl hy haar hand in syne neem, voel hy hoe koel haar hand is en hoe ferm die handdruk.“Hallo, Gabrielle. Dis goed om jou te sien, en te sien dat jy nog net so mooi is soos wat ek onthou. Welkom op Bordeaux.”“Dankie Jean, ek het eintlik die naam Jacques du Toit oor die foon gekry, en jou nie met die plek geassosieer nie. Maar nou is ek bly ek sien jou. Ek is ook so bly om jou in lewende lywe te sien. Hoe gaan dit, my vriend?”“Dit gaan goed, onder omstandighede, ek bedoel, dit gaan goed.” Sê Jean effe uit die veld geslaan en vervolg dan.“Kom sit, Gabrielle, ek wys vir jou wat ek wil hê, kom sommer deur na my kantoor toe dan bestel ek vir ons iets te drinke. Wat sal dit wees, wyn of vrugtesap.”“Vrugtesap, dankie”“Werk jy nou hier in die Kaap, of is dit net ‘n vakansie...?”“Ja, ek werk nou hier. Ook dalk net vir ‘n rukkie. Ek het eintlik aansoek gedoen vir ‘n pos by Stellenbosch, maar was in elk geval van plan om hierrond ‘n draai te maak, toe ek op die werkie hier by Elsenburg uitkom. Weet nie vir hoe lank nie.” Die vrugtesap kom en terwyl hulle die koel sap drink, kry Jean die gegewens van die blok waar hy die wingerd wil laat aanplant.“Dis vir ‘n klompie mense hier op Bordeaux wat hulself wil bemagtig deur ‘n wingerd aan te lê, om wyn te kan produseer. Hulle besit alreeds ‘n blok, hoër op en dié stuk is feitlik aangrensend aan die nuwe deel. Die een deel, tussenin, wil ek ook aan hulle oormaak, na die seisoen. Hulle het vruggebruik daarop en kan

85

Page 86: Bloedrobyne Van Valery du Toit

dus intussen so ‘n bietjie geld daaruit maak om weer aan te plant. Dis mos nou maar die nuwe beleid, om die mense wat kan en wat weet van wingerd en wyn, te bemagtig. Hulle is goeie werkers en ek is heeltemal gerus om hulle hul deel te laat kry en doen.” Vertel Jean aan Gabrielle die agtergrond. Jean het ‘n groot skerm, wat aan sy rekenaar gekoppel is, teen die muur monteer. Hierop wys hy vir Gabrielle die uitleg van die plaas en die spesifieke blok waar hy wil hê hulle ondersoek gaan doen en die grondmonsters neem. Nadat hulle die vrugtesap klaar gedrink het en Jean die planne vir Gabrielle gewys het, loop hulle om na die grond te gaan kyk en ‘n grondmonster aan Gabrielle te gee. Hulle ry met een van die viertrek voertuie om sodoende gouer daar te kom. “Dis ‘n blok heeltemal aan die anderkant van die plaas. Ek wil graag weet watter kultivar die beste sal vaar en of die grond goed is vir Sauvignon blanc of wat. So gou as moontlik, planttyd gaan verby. Daar is reeds skoongemaak en gelyk gemaak ook.” Gabrielle is baie ingenome met die netjiese plaas en boerdery. Alles is op hul plek en daar is ook ‘n plek vir elke ding. Die werkershuise met hul tuintjies, blomme en groente, die inheemse bome en plante en die vriendelike mense wat sy oral sien. Gabrielle is lief vir die grond en kan nie wag om weer die grond tussen haar vingers te voel nie. Gabrielle buk en gaan sit op haar hurke en neem ‘n dubbele handvol grond in haar hande. Sy ruik daaraan en, tot Jean se verbasing, proe sy ook aan die grond. Jacques se jeep kom ook teen die steilte uit. Toe hy stilhou en hulle sien, kom hy nader.“Môre, wat doen julle?” wil hy sommer van daar af weet.“Kom laat ek jou voorstel. Dis Jacques, dr Gabrielle Martinez. Sy is die landboukundige van Elsenburg.” “Aangenaam, in my dae het hulle nie in sulke mooi pakkies gekom nie.” lag Jacques.“Ja, ek moet sê, die boere hierrond is ook nie te onaangenaam nie.” sê Gabrielle ook glad nie op haar mond geval nie. Gabrielle neem die bakkie met grond en sê grappender wys.“Jean, ek dink ek het genoeg grond hier om ‘n wingerd te plant, ons kan maar teruggaan.” Jean kyk na die bakkie vol grond en knik instemmend.“Sal jy omgee om saam met Jacques te ry, ek wil gou nog iets gaan kyk.” Gabrielle en Jacques ry terug restaurant toe, want dis al byna etenstyd.Jean staan die jeep en agternakyk, toe hy ook skielik buk en ‘n handvol grond optel. Hy druk dit ook teen sy mond en trek sy asem diep in, om die grond se geur in sy neus op te trek. Hy druk sy tong teen die grond en kry lag vir homself. Hy gooi die grond neer en vee sy hande teen mekaar af. Jean dink aan die dae in die Noorde. Hy wonder wat van die grond van Connie en Dirk oorgebly het. Ek moet haar vra of sy weer daar was. Hy hoor iemand na hom roep. Dis Andries.“Jean, Jean, waar is jy?”“Hier is ek, wat maak jy hier bo, Jacques is terug restaurant toe, hy het Gabrielle saamgevat.”“Ek is op soek na jou. Is jy orraait, ek worry oor jou. Hoekom gaan... Ek hou nie daarvan dat jy so gestres is nie. Ek weet dis, jy-weet-wie, se skuld, maar ek voel

86

Page 87: Bloedrobyne Van Valery du Toit

verantwoordelik vir jou welstand.” Andries wou vra hoekom Jean nie bietjie vakansie neem en weggaan nie.“Moenie oor my kommer nie, Andries.Ek is piekfyn. Ek wil gou na my moeder se graf toe gaan. ”“Goed, wil jy alleen gaan? Dan kom drink jy iets, dis amper etenstyd.” Jean en Andries stap aan na die bakkie toe.“Jean, ek kan nie glo dat Liza alweer net weg is nie, ek het gedink dié keer gaan sy ‘n rusplek vir haar voet vind.”“Toemaar Andries, sy dra ‘n groot seer in haar rond, miskien vind sy tòg rus en kom sy dalk weer terug, gouer as wat ons dink.”Jean staan vir ‘n paar lang oomblikke stil by sy ouers se grafte. Hy het altyd gedink dat hulle verewig gaan lewe. Dat hy nooit by hul grafte sou hoef te staan nie. Hy soek nie sou ouers hier nie, hy soek antwoorde en rus.

40

‘n Heerlike kaasbord en beskuitjies saam met die nodige drinkgoed, wag vir hulle. Die vriende en Gabrielle sit in die lekker gemaklike familiekamer voor ‘n kaggelvuur. Dis al lekker koud as die son gesak het. Dis skielik baie gou kouer as wat verwag is. Net toe Jean die vertrek binnestap, hoor hy Gabrielle vir Jacques vra: “Hoe maak julle die grond gereed vir die aanplant van die wingerd.”“Laat ek jou nou ‘n lesing gee.” Jacques geniet dit. “As jy nou vir ons sê daai stuk grond is reg vir ‘n sekere soort wyn, dan spuit ons sulke rye skoon. Daar is mos nou lusern geplant. Nou ons spuit dan sulke plant rye skoon, die wingerd word een en ‘n half meter of twee meter uit mekaar geplant. Dit moenie droogte kry nie, hoewel ons nie eintlik gesproei nie.” Verduidelik Jacques aan Gabrielle. “Hoe maak julle dan met die res van die lusern wat nou op die land staan.” “Dit word platgesleep met ‘n motorband wat ons agter aan die trekker vasmaak en dan getrek word. Dit vorm ‘n mat so tussen die rye.” Jacques is ywerig aan die verduidelik, want hy wil Jean ook kans gee om sy deel van die ‘lesing’ te gee. Jean maak ook ‘n bydrae, want dit lyk vir hom asof Gabrielle effe skugter is om met hom in die geselskap te praat.“Jou toetse gaan bepaal watter kultivar op daardie grond gaan aard. Die bo-stok bepaal eintlik die kultivar. Dan koop ons daardie spesifieke onderstokke wat in die grond kom en die bo-stok word daarop geënt.” Antwoord Jean en Jacques knik ingenome met die verduideliking en voeg ook by.“Ons koop die stokke van goedgekeurde wingerdstok verskaffers.”“En dan, wat gebeur dan op daardie stuk grond?”“Ek het mos gesê hoe ver uitmekaar die stokke geplant word, maar nou moet daar draad gespan word waarteen die lote opgelei word. Dis baie belangrik dat die stokke nie droogte ly nie anders bot dit nie. In September begin die botsels. Sodra die lote begin uitstoot, word alles afgesny.”“Alles, afgesny?” Gabrielle klink bekommerd.“Ja, die lote trek te veel krag uit die stok en die stok groei dan nie na wense nie. Sodra daar weer lote uitstoot, sny ons alles behalwe drie lote per stok af. Kies die drie sterkste lote. Hulle word dan gelyk opgelei teen die kordondraad.”

87

Page 88: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Die kordondraad? Wat is dit?”“Dis die draad aan die onderkant by die wingerd. Onthou, die wingerd word later nog hoër opgelei.” Alida raak nou bietjie moeg van die werkpraatjies en staan met ‘n gemompelde verskoning op.“Dis baie arbeidsintensief, né. Is hier ooit genoeg hande.” Die keer is Gabrielle op en wakker en lewer sy ook kommentaar.“Dit is erg arbeidsintensief, ja, maar almal help. Die lote word met die hand om die drade gedraai en ek sal jou sê, daardie hande is goed geoefen, hulle het nog tyd vir gesels ook tussenin.”“Dan groei die wingerd verder so?”“Nee, die jaaroud oormatige groei word dan weer afgesny. Die volgende stel drade word nou bo-langs gespan en die lote word weereens opgelei tot heel bo. Die wingerd het sy eie natuurlike manier om vas te groei, gelei. Drie aan elke kant. In die tweede jaar word al die druiwe afgeknip. Dit verseker ‘n sterker groei van die totale druiweplant. Die plant verloor sy krag in die produsering van die trosse, daarom word dit weggesny, sodat daar in die toekoms ‘n sterk wingerdstok kan vorm. Jy moet maar gereeld kom ogie gooi, dan wys ons jou hoe lank dit vat voordat jy van daai wingerd lekker druiwe en wyn kan kry.”“Dit lyk en klink na baie werk. Ek moet nou ry, aangesien dit so lank vat vir die hele proses, moet ek seker gaan begin met die toetse.” Lag Gabrielle. Jacques en Jean stap saam met Gabrielle na haar motor toe sy ry. Jean staan nog ‘n rukkie die motor agterna en kyk.“Was dit goed om dié vrou weer te sien?”“Ja, ek is nogal verras dat sy heeltemal ‘n ander rigting ingeslaan het. Ek bedoel, sy is immers ‘n gekwalifiseerde argeoloog. Nou is sy by ‘n kollege en in ‘n landbourigting. Ek het altyd gewonder hoekom so ‘n fyn mens sulke ruwwe werk wil doen, ek bedoel nou die argeologie. Sy het ons destyds verstom met haar energie. Ek is natuurlik baie verras. Kon nie glo dat sy nog lewe nie. Ek verneem ook by haar van Dirk en Connie. Hul nageslag is deur die storm uitgewis.Hulle moes ook maar weer hul lewe van voor af begin. Sy het my destyds verstom met haar energie. Dis warm daar en om so die hele dag in die hitte te werk, vat aan ‘n mens.”Nadia het by die venster gestaan en kyk na Gabrielle, en wonder toe oor haar rol in Jean se lewe. Skielik voel sy effens jaloers. Die vrou wat so na aan Jean gewerk het, hoeveel voel hulle vir mekaar. “Ek wonder watter rol gaan Gabrielle in Jean se lewe speel.”

41

Nadia kan nog nie mooi glo dat Liza weg is nie. Sy dink nie eens met deernis aan die vriendin van haar nie. Sy het Jean seergemaak en hulle in die steek gelaat. Dis ook nie die eerste keer nie. Laat een aand sit Jean by die kaggelvuur en luister na mooi musiek. Hy probeer lees, maar die gedagtes is nie mooi by wat hy probeer lees nie. As hy homself betrap elke keer as die gedagtes dwaal, dan moet hy die blad oorlees. Hy klap die boek toe en smyt dit eenkant. Hy staan op en stap na die drank kabinet toe. Hy haal ‘n bottel Pinotage uit en twee glase. Hy gooi net ‘n mondvol in die een glas en vul die ander glas met wyn. Hy neem die twee glase en stap nader na die

88

Page 89: Bloedrobyne Van Valery du Toit

vuur. Sy gedagtes is vér, in die noorde, by Gabrielle? Nee, by Liza. Hy lig die glas met die mondvol wyn, “Gesondheid” en smyt die glas met geweld binne in die vuur. Die vlamme staan vir een oomblik hoog op,vanweë die alkohol, hy draai om en gaan sit diep in die gemakstoel. Toe ledig hy die ander glas met drie groot teue.

Gabrielle het meteens ‘n gereelde besoeker op die plaas in Franschhoek geword. Eers was dit net om die uitslag van die toetse te bring, later sommer net om na die ander bedrywighede op die plaas te kom kyk en soms hand bysit.“Jean wil jy my nie bietjie meer vertel van die versorging van die wingerd, nadat al die oplei en eerste jaar se sorg agter die rug is nie. Asseblief, ek moet weet, dis nou my werk en navorsing ook.” Vra Gabrielle aan Jean, toe sy een dag weer op die plaas aankom.“Ek weet nie of ek jou vertel het, dat die tweede jaar se druiwe ook alles afgeknip word nie. Dit verseker ‘n sterker groei van die totale druiweplant. Die plant verloor krag in die produsering van die trosse, daarom word dit weggesny, sodat daar in die toekoms ‘n sterk wingerdstok kan vorm. In die volgende groeityd, September, word daar ‘n klein stukkie van so 10mm gelos, dit word ‘n tappie genoem, en hieraan groei die uiteindelike druif. Daar word dan in die seisoen, drie trosse per stok gelos om tot wasdom te groei. Die lusern tussen die rye en sommige groei tussen die druiwestokke, word bespuit, sodat dit skoon kan wees tussen die stokke. Hulle gebruik so ‘n kontrepsie wat die spuitwerk doen. Ons gebruik sommer ‘n scrambler motorfiets hiervoor. Besproeiing en bemesting word net heel aan die begin gebruik en later baie spaarsamig. Die druif, het ek mos al gesê, is ‘n natuurplant, en moenie te mak gemaak word nie.” Gabrielle luister met bewondering of is dit iets anders wat sy skielik vir die boer van Bordeaux voel. Sy voel op die oomblik verplig om te reageer op sy vertelling. “Wat van peste en ellendes wat die wingerd aanval? Spuit julle of wat doen julle om dit te bestry?”“Ja, dis nogal ‘n ding. Daar is filloksera, dis ‘n virus, sulke wit knoppe wat die blare aanval. Dis ‘n swamsiekte. Wit roes is ‘n siekte wat deur miere veroorsaak word. Ons moet dus die wingerd mier-vry hou. Ons behandel en spuit en doen alles wat ‘n mens mag om al die peste in toom te hou. Weet jy dat ons al vir baie jare onderstokke invoer en dan ons kultivars daarop ent? Dis juis omdat ons wingerde al lank terug besmet is met die virus en om algehele besmetting te voorkom, moet ons dit doen.” Gabrielle wil nog net weet van die gis en die suur en alkoholgehalte. Hoe dit bepaal word. Gabrielle luister,maar hoor nie alles nie, want sy sien ‘n baie aantreklike en forse man hier voor haar. Die stemmetjie binne haar vermaan haar. “Asseblief jy mag nie, jy moenie...dink jy dit jou gaan help om...”Sy hoor hom praat sy probeer intelligent na hom luister. Sy voel ongemaklik in sy geselskap, so asof hy haar gedagtes kan lees.“Die wynmaker toets die suikergehalte, suur en PH. Die wynmaker ontwikkel deur die jare ‘n aanvoeling vir die smaak van sy wyn. Hoe dit proe en hoe wil jy hê dit moet proe. Druiwe word met die hand gesny. Teen hierdie tyd is 80% van die wynproduksie reeds gedoen en bepaal. Die witwyn word onmiddellik van die dop geskei. Die gis word op die wyn geënt wat op die suiker inwerk. Die gisproses duur 14 tot 21 dae. Hierna kom dit in ‘n vlekvrye staal tenk.

89

Page 90: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Temperatuur word deur koue water beheer. Ons pomp dit in die kompartement rondom die tenks en laat dit sirkuleer. Jy kan verstaan, dat gisting hitte laat ontstaan.”“En met rooi wyn?” Gabrielle is verplig om nou geïnteresseerd na hom te luister en is vies vir haarself dat sy haarself nie kan keer nie. “Die wyn word na die pars op die doppe gelos en dan word die gis ook ingeënt. Elke dag word daar 3 tot 4 keer onttrekking van die mos gedoen sodat dit ookkan sirkuleer. Die rooi kleur word bepaal deur die ‘rowwe’ werk. Dit word dan in houtvate van Franse Eike hout vir twee jaar gelos, sodat dit kan verouder. Weereens kom die wynmaker se aanvoeling vir die smaak hier ter sprake. Jy moet maar proe en proe totdat jy tevrede is met die resultaat. Jy ontwikkel later ‘n smaak in jou kop en dan probeer jy by daardie smaak uitkom.” Jean sluit sy relaas af deur vir Gabrielle te sê dat die Suid-Afrikaanse wyn mos die beste in die hele wêreld is.“Jean, ek kan sien dat dit ‘n passie by jou en Jacques is. Julle is waarlikwaar so toegewyd aan julle werk, of dit nou in die wingerd en of dit in die kelder is. Ek sê vir jou baie dankie dat jy my so goed ingelig het en so baie geduld met my gehad het. Ek wil daar by die skuur ‘n draai gaan loop, ek sien Alida is ook daar. Dis mos julle craft-werkwinkel daardie. Ek sien die bord met die veelkleurige naam van hier af. Ek is nuuskierig om te sien wat en hoe elkeen sy ding doen.” Dis eintlik net om haar gewete te sus en om weg te kom van hierdie man, hierdie effe-grys-om-die-slape man met sy vaalblou oë hier by haar. ‘n Lenige donkerkop man. Skielik ruik sy sy naskeermiddel, sy voel duiselig, dis so ‘n aangename reuk.

42

Alida is verras om Gabrielle te sien. Hulle gesels onophoudelik, terwyl Alida vir Gabrielle die talentvolle mense se pragtige handwerk wys.“Hierdie is ‘n nuwe projek. Hier maak ons papier. Van alle afval goed wat die kinders op die werf optel, wat fyn verwerk kan word, word daar papier gemaak. Meestal maar plantaardige goed. Dan word dit in verskillende kleure aangebied. My broer en skoonsuster in Caledon omgewing het ‘n blomuitvoer plaas, sy het my die idee gegee. Hulle maak ook papier, wat hulle dan in hul winkel verkoop. Die mense maak dan kaartjies van hulle papier en verkoop dit ook.”

Hoe lank neem dit mens om die gevoel te kry? ‘n oomblik? ‘n dag? ‘n week? Dis meteens, en tog...dis lank en tog so kort, dis meteens. ‘n moment, dis lekker.

Na ‘n week se wegbly van die plaas af, kom Gabrielle en ‘n vriendin weer een Saterdag op Bordeaux aan. Sy kan nie met haarself huishou nie. Sy het skielik ‘n behoefte aan geselskap. Iets waarna sy nooit uitgesien het nie. Sy het haarself oortref, die geselskap opsoek. ‘Dis om die halsbandjie, nie die hond nie.’ So sê die stem binne in haar. ‘Jy is besig met verkeerde dinge.’“Gaby! Dis ‘n verrassing. Ek het jou nie so gou weer hier verwag nie.” Gabrielle se bewondering vir Jean is darem noual die begin stadium verby. Hy is nog net so aantreklik, hoewel hy effe grys by die slape is, skraler, maar die lag op sy gesig, maak sulke klein plooitjies langs sy oë en dit maak hom onweerstaanbaar

90

Page 91: Bloedrobyne Van Valery du Toit

aantreklik. Glad nie goed nie, dink Gabrielle heimlik. Sy voel hoe haar gesig gloei, toe Jean skielik afbuk en haar ‘n piksoen op haar voorkop gee. Sy stel vir Lesley aan Jean voor. Jean steek nie sy hand uit om te groet nie en Lesley wend ook nie ‘n poging aan om hand teskud nie.“Kom jy werk, of kom jy kuier? Kom ons gaan sit dan bestel ek vir ons iets.” Sê Jean sonder om op ‘n antwoord te wag.“Vertel my nou eers, waar woon jy deesdae. En wat doen jy, en wat het jou beweeg om by die landbou kollege te gaan werk.” Jean ignoreer die vriendin van Gabrielle, want hy hou nie van haar nie, iets aan haar sit hom af, hy kan nie sy vinger daarop lê nie, maar iets is nie reg nie. Sy kom hom effe mannetjiesagtig voor, soos sy ma sou sê. Hy wil nie onbeskof wees nie, maar hy hoop nie sy kom baie hier nie.“Ja, ek het na die Noorde se oorstromings, bietjie rondgeval by verskillende plekke en besluit dat ek nie jonger word nie, en dalk ‘n rustiger werk moet doen. Daar lees ek toe ‘n kennisgewing in die Sondagkoerant, van die landboukollege, dat hulle iemand soek met my kwalifikasies, nogal. Toe doen ek aansoek, siedaar, ek trek toe en nou woon ek op die terrein. Daar is ook sulke lekker woonplekkies soos hier. Ek woon in een van hulle. Toe ek eers in die werk is, sien ek ‘n opening by ‘n afdeling in die laboratorium, waar ek eintlik graag wil werk. Ek vra toe vir ‘n oorplasing en nou doen ek maar navorsing in verskillende aspekte van die landbou. Dis toe ek die oproep van Bordeaux af ontvang het. Ek het so half en half gehoop ek loop jou ook raak, maar was nie seker nie.” Gabrielle sit effe terug toe die wyn voor hulle neergesit word, saam met kaas en beskuitjies.“Dankie, Francet, dit sal heerlik wees. Gaby, ek is so bly ons kon mekaar weer sien en ‘n klomp onsekerhede oor die oorstromings uit die weg ruim. Ek het sedert daardie tyd baie gewonder oor jou, julle. Die ander mense, ek weet nie hoeveel nie, het daar omgekom. Ek wou baie dink, maar die geheue en ek kon net nie onthou nie, die beraders was later raadop met my.” Jean het sommer Gabrielle se gedagtes ook hardop uitgespreek. Lesley het gou ‘n draai gaan loop en dit laat dus vir Gabrielle en Jean ‘n oomblik alleen. Jean sit sy hand oor Gabrielle se hand op die tafel tussen hulle. Hy kyk na haar, sy laat sak haar blik en kyk na hul hande. Sy kyk weer op, sy voel haar hande bewe. Jean neem skielik haar hande en druk dit teen sy lippe. Gabrielle wil haar hande uit sy greep losmaak maar, Jean behou sy greep en vra vir Gabrielle:“Wie of wat is dié Lesley?” hul skrik albei uit hul gedagtes op toe Lesley stilweg by hulle aansluit. Nou trek Gabrielle haar hande uit Jean se greep wat verslap het. Sy sit haar hand voor haar mond om te keer dat haar gevoelens sigbaar is. Francet kom ook by hulle tafel aan en Jean skuif op, sodat Francet langs hom kan inskuif. Francet wonder vir ‘n oomblik wat die twee bespreek het dat Gabrielle se oë skielik so tranerig lyk. Sy sit haar hand plat op die tafel sodat Gabrielle dit kan volg. In haar hand het sy ‘n briefie waarop Jean se naam staan. Dis in Liza se handskrif. Jean is meteens kortasem en ontsteld. Hy neem die briefie uit haar vingers en steek dit in sy hempsak. Hul gesels ‘n bietjie oor ditjies en datjies en word geroep om te kom eet in die restaurant. Dis eintlik wat Francet moes doen, hulle kom roep het. Die oomblik het haar laat vergeet wat sy daar moet doen. Gabrielle gaan nog baie middagetes daar kom eet en wyn drink by hulle, so sy

91

Page 92: Bloedrobyne Van Valery du Toit

wat Francet is, sal moet ophou om jaloers te voel oor die oom van haar en Gabrielle. Wie is die vrou wat saam met Gabrielle daar is, sy lyk so...’n bietjie vreemd. Sy wou so graag hê dat daar iets tussen Liza en Jean kon wees.

Die aand na ete sit Jean luilekker en musiek luister, toe hy skielik die voorval in die wynkelder onthou en besluit om sy gedagtes in Gabrielle se rigting te stuur.

Die partituur op my hartLees vriendskapDit laat my singSoms sag soms hard.Probeer ek om selfAan die hoër note vas te klou.

43

Jean dink aan die dae in die Noorde. Hy en Gabrielle sal nog daaroor praat. Die een het nie besef die ander lewe nie en het nie eintlik geweet waar om te begin soek nie. “As ek nie vir so lank in die hospitaal was nie, sou ek waarskynlik gaan soek het, maar nou ja, sy en Dirk en Connie het gelukkig bymekaar uitgekom, of so het ek gehoor. Blykbaar ongedeerd, behalwe die kinders. Hulle is dood. Gabrielle wou ook nie weer teruggaan Noorde toe nie en kon ook nie weer haar voete vind nie. Dirk het nie net sy kinders nie, maar ook sy broer en hulle gesin verloor. Ek dink Gabrielle was hartseer en geskok daaroor. Sy moes haar loopbaan van voor af begin. Ek wonder wie de hel die Lesley is, dit lyk nie na goeie nuus nie, sal nog uitvind.”Later toe hy in die kamer is, gereed om te gaan slaap, dink hy weer aan die brief wat Francet hom gegee het.Hy haal die briefie uit sy hempsak en vou dit oop, bang vir wat hy gaan lees.

Jean, my liewe vriendEk wens ek kon ‘My liefste’ sê. Ek is so jammer oor ons verhouding nie uitwerk nie. Ek het glad nie ‘n goeie rekord met verhoudings nie. Ek het ook nooit baie lank op een plek gebly om ‘n verhouding te laat vlot nie. Op Tuks het ek ‘n verhouding gehad met iemand vir wie ek nogal respek gehad het, as dosent in sielkunde, ek het dit geniet om met hom uit te gaan, totdat ek uitgevind het dat hy gay is. Hierna was dit uit tussen my en verhoudings, totdat André in die prentjie gekom het. Ek het jou al vertel wat die uiteinde daarvan was. So, ek het nie goeie herinnerings aan verhoudings en mans nie. Ek het regtig gedink dat ons twee sal werk, maar ek is bang ek maak jou op die ou end nog seerder as wat nou die geval is.

92

Page 93: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Ek is so vreeslik jammer, ek is tog bietjie lief vir jou, my wynmaker, maar dit gaan nie hou nie. Ek dra te veel bagasie saam. Ek sal deur Alida van jou welstand verneem.Goeienag my vriendLiza

44

Herman Smit kom onverwags op die plaas aan. Jacques en Alida ontvang hom. Herman deel hulle mee dat hulle ‘n metaal kissie in John Green se huis gekry het, met ‘n klomp geld en artikels uit die ou plaashuis. Daar was ook ‘n briefie in wat deur Francois du Preez onderteken is.“Ek glo dit nie, laat ek sien.” Dis Jacques wat so vra. Die een getuie is vir almal bekend. Johnny de Waal.“Die ondersoek is nog aan die gang, maar ek weet nie of daar iets van gaan kom as julle nie ‘n klag gaan lê nie. Die vermoede is egter sterk dat Francois om een of ander rede vir John Green omgekoop het met die skilderye, om die opstal af te brand. Die huis waarin Green gewoon het, was mos ook op die oubaas se naam. Iets klink nie te lekker nie. Die motief hieragter is nie duidelik nie.“Ek wil by julle toestemming kry om van die ouer werkers hier op die plaas te ondervra. Dalk kan hulle lig werp op die ondersoek, sodat ons ‘n motief kan probeer kry vir die saak. Dis g’n wonder dat Johnny so gekant was teen enige navraag of ondersoek nie.”“Ag Herman, jy kan maar gaan ondersoek instel, maar ek kan jou nou al sê dat ek nie dink Francois du Preez enigeen sou omkoop om die plaashuis af te brand nie.”“Wat sou die motief kon wees, ek bedoel, dis soos om jouself te gaan besteel en dan die spore te laat brand, nee dit maak nie sin nie.” Laat Jacques van hom hoor.“Dit klink eerder of iemand julle ore wil aansit, Herman.” Sê Jean. Hy wonder terselfdertyd wat oom Johnny nog alles wegsteek. Hulle staan nogtans op om die polisieman te vergesel.

Werner, hoof wynmaker en verloofde van Nadia, het sy kursusse voltooi en besluit om te trou. Na ‘n maand in die buiteland, is die twee jonggetroudes uiteindelik terug op die plaas en nooi hulle almal vir ‘n lekker plaas opskop en braai. Die plaaswerkers sorg vir die joligheid. Die huismense se familie kom die naweek daar aan. Dit bly dus redelik bedrywig tot na ‘n week se pret en plesier.Jean sê een middag na die onthaal en gedans op die plaas, hy hoop nie daar is gou weer so ‘n troue op die plaas nie, want dit was darem baie bedrywig hier. “Ek wil net bietjie rustig kuier vir een naweek.”“Ja, dis nogal waar, ek wil ook net rustig saam met jou en Jacques kuier.” Laat Alida van haar hoor.

93

Page 94: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Ons nooi die jongmense om volgende Vrydagaand oor te kom.” Jean het besluit dat hy sy nuwe orrel behoorlik moet uittoets en speel nou al weer al die groot en bekende stukke uit sy repertoire. Dit klink so mooi hier in hulle huis. Hy speel juis nou weer na ‘n besige dag, die Trumpet Volantry. Dit weergalm behoorlik en klink of ‘n duisend en een trompette losgelaat is in die huis. Die huis het skielik ‘n tuiste geword en nie net meer ‘n slaapplek vir die baas van die plaas en sy familie nie.Jean het destyds ‘n opname ateljee langs die orrel laat inbou, maar nog nie eintlik daarvan gebruik gemaak nie. Henk en Tineke se dogters is bedrewe met hierdie deel van die ateljee, dus sal hulle daarvan gebruik kan maak. Marijke het onderrig gekry by die mense by wie sy op ‘n tyd loseer het. Hulle het ook so ‘n tuis ateljee gehad om opnames vir ‘n skool te doen. Sy sal dus haar kennis deeglik kan toepas. Dit was ‘n duur installasie, so sy en haar suster Hanneke, sal die besigheid binnekort moet begin. Die skole soek baie dikwels sulke ateljees en kundiges om die kore en soliste se opnames te doen.“Ek dink ek moet eers die ander dinge los en my bepaal by die talent van die omgewing.” Marijke en Jean bespreek dit saam met Hanneke en van die musiek onderwysers van die omgewing. Skielik is hulle baie opgewonde oor die idee. Dit voel of hulle oud kan word met die stokperdjie, wat dalk in ‘n goeie inkomste kan genereer.

45

Gabrielle se gemoed is glad nie so rustig as wat sy graag sou wou hê nie, of soos sy dalk voorgee nie. Sedert sy daar op Bordeaux vir Jean, na al die tydsverloop, raakgeloop het, weet sy dat sy daar in die Noorde van haar gevoelens wou wegloop,maar dit nie reggekry het nie. Sy het daardie tyd al geweet dat sy iets vir hom voel, maar sy kon nie toe ‘n naam daaraan gee nie. Dit was vir haar soos ‘n marteling om hom so naby maar tog so vér van haar af te hê. Sy wonder tog wat liefde is, hoe weet mens of jy lief is vir iemand.’Nee, nou jok jy, Martinez. Ek wonder altyd oor my vermoëns om iemand lief te kry.’ So redeneer die stemmetjie in haar binneste.Sy sit op die grasperkie buite haar huis en speel met haar klein katjie. Die kietsie raak skielik geniepsig en Gabrielle kan met haar saamstem. “Die enigste manier is om self ook geniepsig te raak, anders kry jy niks in die lewe reg nie. Ek gaan môre Bordeaux toe. Ek moet darem die blok nuwe wingerd gaan bekyk. Ek het immers vir hulle die aanbeveling gedoen.” Sy het verneem dat Jean ‘n ander wingerd bestuurder aangestel het en sy sal dit as verskoning aanwend om daar te wees. Sy staan op en tel vir Kietsie op. “Kietsie, ek moet môre oggend plaas toe ry en jy moet mooi soet bly, my mooiste kattie.” Die volgende oggend ry sy Bordeaux toe. Die dag kom vrolik oor die berg en op die plaas, net toe Gabrielle die plaashek bereik. Skielik is sy nie meer so seker van haarself nie en moet sy eers ‘n paar minute sit om haarself moed in te praat. Toe klim sy uit en stap na die imposante hoofgebou. Shiraz en Merlot, die twee hondjies blaf opgewonde toe hulle die nuwe aankomeling gewaar. Hulle word in ‘n groterige kampie aangehou, anders bestorm hulle al die mense op die parkeerterrein. Iemand praat met hulle. Hulle word deur ‘n afrigter, ‘n hondeprater, afgerig.“Onthou jou maniere, bly net ordentlik.” Herinner sy haarself.“Dis ‘n verrassing.” Groet Alida vrolik.

94

Page 95: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Kom sit dan drink ons tee of iets, ons bedien nog ontbyt, het jy al ooit geëet.?”“Dankie, ek het gedink ek moet bietjie kom gesels. Hier is ek nou.”Die twee dames sit lekker en gesels toe Nadia haar by hulle aansluit.“Goeiemôre julle, hoe gaan dit.”“Dit gaan goed, kan nie beter nie. Lekker dag vandag, nie meer so koud nie.”“Waar is jou vriendin?”“Les? Sy is al terug, haar verlof is verby, sy het al gery.”“O...”

46

‘n Naweek wat Jean liewer wil wegwens of nooit wou beleef het nie, was die naweek toe hy by Améli en Dawid gaan kuier het in die Overberg. Hulle het die blomplaas, eintlik fynbosplaas, Mikroloma, in die Caledon distrik. Vanaand word daar gesellig gekuier.“Ek en Ameli was so ‘n paar keer in Holland, met die blomskoue en eenkeer met die Chelsea blommeskou in Engeland, maar nog nooit daar waar jy en Chris was nie.”“Dit was ook al twintig jaar gelede. Dit was nog ‘n backpackers toer. Dit was destyds die goedkoopste manier van toer, en heel veilig. Niks deftig nie, in YMCA en allerhande jeugherberge oorgebly. Ons was in Spanje, in klein deel van die Camile de Santiago gestap, bietjie in die Spaanse platteland, Gibraltar die grotte daar en dis nogal ‘n vreemde maar lekker ervaring gewees. Ons was in Italië, sulke plekke.” “Ek dink ons moet dalk gaan slaap, ek wil die pakkers aansit om môre so ‘n ent weg te pak aan ‘n oorsee se bestelling.”“Môre hou die blomme ons net halfdag besig, Jean, jy kan gerus kom kyk.”“Goed, maar ek wil nie te laat ry nie, ek wil nog Hermanus toe ry ook.”Jean word die volgende oggend met die geur van koffie in sy neusgate wakker. Hy besluit om op te staan en ‘n ent te gaan stap. Hy verlang daarna om die fynbos aan te raak en die geure in te asem.“Kom sit,” Nooi Améli hom toe hy in die kombuis aankom. “Ek skink vir jou koffie, dis nog so vroeg, maar die koffie en beskuit is mos ‘n goeie verskoning om vroeg op te staan.”“Waar is Dawid?”“Hy is al skuur toe.” Améli skink die koffie en sit ‘n bord vol beskuit voor Jean neer.“Drink gou, ek wil hé jy moet saamstap.” Nooi Améli. “Ek wil jou iets vertel, maar ons moet eers tot daarbo stap.” Jean is byna onkant gevang deur die voorstel wat soos ‘n bevel klink, maar stap flink saam tot bo teen die grensdraad. Daar is sulke plat rotse waarop mens kan sit en uitkyk oor hierdie pragtige fynbos.“Jean, onthou jy nog van ons?”“Van ons?”“Jean, jy weet dat jy ‘n vrou beledig as jy nie kan onthou dat jy ‘n verhouding met haar gehad het nie.” Jean kry ‘n holkol op sy maag en wonder waar en wanneer het hy ‘n verhouding met Améli gehad, is dit waar dat hy sommige dinge in sy verlede vergeet het, sò vergeet het, dat hy nou uitgevang word?

95

Page 96: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Ek en jy het mekaar so af en toe in Stellenbosch raakgeloop en dan het ons gaan ontbyt eet of koffie gaan drink of sommer net in die biblioteek gaan sit en swot of gesels. Ons was albei besig met navorsing oor nagraadse vakke, of iets. Onthou jy nie meer nie.”“Bedoel jy daardie tyd toe ons saans gesit en luister het na die opkomende sangers, eeue gelede, die kroegsangers wat wou naammaak, of geldmaak.”“Einste. Dit was lank gelede, so twintig jaar gelede.”“Sjoe, ja, ek onthou daardie dae so vaagweg. Was daar ‘n spesifieke iets wat uitstaan in jou geheue of is dit net oor die algemeen wat jy nou praat.”“Nee, dis iets spesifiek. Ek en jy het mekaar geselskap gehou, ek het mos nog nie vir Dawid of enigiemand anders geken nie. Onthou jy, Dawid was met Alet getroud. Hulle het in daardie tyd op Stellenbosch getrou? Hy en Alet het daarna die tweeling gehad en Alet het later jare, toe die tweeling so tien of elf was, kanker gekry en is twee jaar daarna oorlede. Dis eers daarna dat ek en Dawid weer maats geword het en getroud is.”“Ja, noudat jy die hele verhaal vertel het, kan ek so-iets onthou. Ek wou sê, maar was nie seker nie, dat Dawid mos met iemand anders getroud was.”“Ek sal jou meer vertel, Jean-René du Preez.” Sê Améli skielik bitsig. Jean voel skielik dat hier moeilikheid aan die kom is en sy mond voel erg droog. Nie baie mense ken sy volle naam nie en die feit dat sy hom nou so op sy naam aanspreek, spel probleme. Hy kyk direk na Améli, hy wil seker maak dat sy nie vir hom lieg nie, nie vir hom stories vertel nie. Wat is dit wat sy wil hê hy moet onthou?“Ek was swanger en het ‘n dogtertjie gehad.” Jean kyk vraend na Améli. “Jy is die pa van my kind, Jean. Ek het haar alleen grootgesukkel. Gesukkel ja, want onthou, my ma-hulle het nie meer gelewe nie en ek het studieskuld gehad, ek het gesukkel.” Améli huil nou saggies.“Wat, wat sê jy my? Hoekom weet ek niks hiervan nie, hoekom het jy nooit iets gesê nie, hoekom het jy...”“Ek het nie, ek het jou in die hande probeer kry, maar jy was oorsee. Lekker oorsee gerits. Jou ma het vir my dit oor die foon gesê, nadat ek my gat af gesukkel het om ‘n foonnommer in die hande te kry. Jy het mos nooit gesê waar jy eintlik vandaan kom nie. Ek het nie eens geweet jy en Jacques is broers nie. Julle vanne verskil mos.” Sy is nou baie moedeloos en weet nie of sy verder met die verhaal moet aangaan nie, maar terwyl sy nou so vér is, kan sy maar net sowel deurdruk.“Waar en wanneer? Ek bedoel, waar het dit...” Améli blaas haar neus en kyk deur haar betraande oë na Jean.“Dit was daardie aand in tant Tokkie se losieshuis, nadat ons sopnat gereën het. Ek het jou ingenooi vir Milo en ‘n droë handdoek. Jean, ek sê nie dit was jou skuld alleen nie, ek wil net hê jy moet weet dat jy ‘n dogter het.”“Dit is nogal groot nuus vir my omdat ek nooit getroud is nie, nog nie. Ek kan net nie verstaan dat ons mekaar so misgeloop het, toe dit saakgemaak het nie. Ek is jammer Améli, ek is so jammer, ek wens ek kon die horlosie terugdraai, hoewel ek...”“Hoewel? Hoewel jy nie met my sou trou nie, is dit wat jy wou sê, Jean?”“Ja wel, ek kan nie van my hart ‘n moordkuil maak nie.Ek kan ook nie nou sê wat ek toe sou gedoen het nie. Ek onthou dat ek longontsteking opgedoen het nadat ek so natgereën het, ek was in die hospitaal en toe nog ‘n hele ruk op die plaas, om aan te sterk. Hierna is ek en Chris Venter oorsee. Na hierdie toer is ek weer kniediep in die studies gegooi. Ek moes klaarmaak met my studies, my promotor was al ongeduldig

96

Page 97: Bloedrobyne Van Valery du Toit

met my.” Dit voel vir Jean of hy besig is met ‘n toneel in ‘n sepie. Dit wil nie heeltemal waar wees nie. Sy ore suis, hy haal diep asem en voel hoe sy hart in sy keel klop. Hy onthou skielik die emosie en die koue. Selfs die smaak van die soet wyn wat hulle gedrink het daardie aand. Was hulle dronk? Was hy gekletter? Hy was definitief roekeloos. Geen beskerming gebruik nie, hulle was albei roekeloos en dit was verkeerd. Hy onthou nie hoe hy op die plaas gekom het nie. “Ek het die gebeurtenis uit my gedagtes gesit, die oomblik toe ek op die plaas aangekom het, want ek sou nooit my ou moeder met die nuus kon pla nie.”“Nie jou moeder met die ‘gebeurtenis’ pla nie, so ek skat dat jy haar ook nie sou pla met die ‘nuus’ nie, die nuus van ‘n swangerskap, bedoel ek. Jean, jy weet nie...ag toemaar wat, ek gaan jou nie eens vertel van my dae en maande en op die ou einde jare van hel nie, want jy sal tog nie verstaan nie.”

47

Jean besef dat hy iets vir Améli moet sê, vra of wat ook al. Die wind het intussen opgekom en die geure van die fynbos spoel oor hulle. Dis asof dit die atmosfeer sagter maak, maar nie die emosie nie. “Améli, vertel my toe, hoe het jy...julle, oorleef. Wat het jy gedoen?” Hy wens nog steeds dat hy sal wakker word uit die nagmerrie.“Jean, my goeie vriend. Soos ek gesê het, haar naam is René. Na jou vernoem. Sy is die einde Januarie van die volgende jaar gebore.” Die eens vol brawade Améli is skielik bewerig. “Ek het my studie jaar klaar gemaak en toe aangebly by my tant Tokkie. Ek het haar vertel van my dilemma en sy het nooit gevra wie of wat nie. Sy het my getroetel soos wat ‘n moeder sal doen. Sy het my hospitaal toe gevat en sy het my bygestaan met die geboorte. Sy het nie vrae gevra nie. Ek het die volgende jaar in ‘n restaurant ‘n werk as kelner gekry en later het ek die restaurant bestuur. Later het, ek het mos finansiële besigheidsbestuur geswot. Ek het geld geleen en die restaurant gekoop. Ek het nog ‘n rukkie daar gewerk, toe die restaurant verkoop. René was teen die tyd al sewe jaar oud. Tant Tokkie het skielik siek geword en is binne twee maande nadat sy ‘n beroerte gehad het, oorlede. Ek het die losieshuis geërf en al haar bates. Sy het mos nie eintlik familie gehad nie. Dit was vir my van groot hulp, want studente soek gedurig blyplek en ek kon die plek omskep in ‘n studente kommune. Dit was my lewenslyn, my inkomste, totdat ek en Dawid weer ontmoet het, na al die jare. René was teen daardie tyd in matriek. Gelukkig was sy ‘n goeie student en het haar eksamens met goeie gevolg geslaag. Jean, dit klink alles baie rooskleurig, maar laat ek jou liewer nie vertel van die skewe kyke en die skinderstories agter my rug nie. Al die lelike dinge van die lewe kom soms ooparms na mens toe aangeloop. Ek kon darem vir my en my kind sorg en het nooit vir aalmoese in ‘n ry gaan sit of staan nie.” Améli hou skielik op en kyk wyd oor die werf van die blomplaas.“Améli, het jy vir Dawid vertel wie die pa van jou kind is. Of weet...”“Nee, niemand, niemand weet nie, nie eens René nie.”“Het jy toe vir haar vertel dat haar pappie in die oorlog dood is?” vra hy snedig.“Nee, maar miskien moes ek. Ek het vir haar gesê haar pa is oorsee, in ‘n tronk!”“Améli! Hoe kon jy?” Jean is erg geskok.“Hoekom nie, die een liegstorie is so erg of so goed soos die ander. As ek gesê het die pa is in ‘n tronk in ons land, sou sy dalk wou weet waar en dan gaan kuier. Só, dit

97

Page 98: Bloedrobyne Van Valery du Toit

was beter so, sy het nooit weer gevra nie. Sy het die vraag gevra toe sy vier jaar oud was.” Jean dink ‘n ruk oor die toneeltjie. ‘n Klein dogtertjie wat net by haar ma wou weet waar haar pa is. Jean sit met sy kop in sy hande. Hy weet dat daardie jare toe sy kind ‘n dogtertjie was, was hy net so ‘n deurmekaar skepsel wat nie geweet het of hy in die suide op die plaas of in die noorde in ‘n wildernis wou wees nie. Hy dink ook aan die tyd baie onlangs toe hy so alleen gevoel het, al het hy ‘n hele familie om hom gehad. Dis egter nie ‘n verskoning vir sy gevoelens van hierdie oomblik nie.“Ek kan onthou toe ek berading ontvang het, het ek vir die dokter gesê dat daar iets is wat ek moet onthou, maar ek...”“Watter berading, waarvan praat jy?” wil Améli weet. Améli is nou besorg.“Jy weet natuurlik nie. Wag ek vertel.” Jean vertel kortliks van die oorstromings en die dinge wat daarna gebeur het. “Jean, wat het die sielkundige gesê?” wil Améli weer ‘n slag weet. Die gedagte aan Jean se gebroke liggaam wek meteens deernis in haar op. Sy is meteens spyt dat Jean nie met haar kon trou nie. Sy sou hom eerder wou vasdruk en troos en vertroetel dalk voel sy meer vir hom as wat sy ooit sou erken. Dalk moes sy weer en weer na hom gesoek het. Daar was dalk ook maar ‘n rede hoekom sy hom nie kon opspoor in die eerste plek nie. Sy is vies vir haarself omdat sy destyds die soektog sommer net opgegee het. Sy voel die troupand aan haar vinger en besef dat sy eintlik baie gelukkig getroud is, al is dit op ‘n later stadium van haar lewe. Sy het ‘n goeie man gekry. So asof die gedagte nou eers by haar opkom, nooi sy Jean om saam te stap huis se kant toe.

48

Terwyl hulle deur die effens natgedoude plantegroei terugstap, is elkeen se gedagtes by die gebeure van lank terug. Jean vertel aan Améli wat die sielkundiges met hom uitgerig het.“Améli, die sielkundige het gesê hy vermoed ook dat daar iets in my verlede gebeur het waaroor ek nie wil praat nie. Hoe kon ek met hom stry, ek het nie eens aldag geweet wie ek is nie. Ek het self nie eens geweet dat ek iets wegsteek nie. Die belangrikste was op daardie stadium, om die trauma en verlies van alles en almal rondom my te verwerk. Ek onthou dat ek vreesbevange was om in die swembad fisioterapie te ontvang. Dis nou net na ek terug was op die plaas. Later het dit beter gegaan. Ek was bang vir water. Die boerseun wat van kranse afgespring het en kaalbas geswem het en in mankoliekige kano’s op die plaasdam geroei het. So gaan dit nog as ek wil snorkel en kreef uithaal of perlemoen, ek durf nie my kop onder water sit nie. Améli, kan jy nou verstaan hoekom ek nie sulke detail kan onthou nie?” Hy kyk nie op nie. Hy vervolg sag.“Jy besit tog ‘n stukkie van my, besef jy dit?” “Jean, ek wou net hê dat jy weet. Ek was eers baie vies en wou jou met geweld laat weet, oorsee gaan soek en ek weet nie wat als nie, maar toe besluit ek, wat help dit, as jy my nie liefhet nie, wat help al die gesoek en ek trou met iemand wat nie sy kind of my gaan liefhê nie. Ek dink dis hoekom ek besluit het om dit toe te los, maar ook hoekom jy nou moet weet van jou kind. Al is sy een van die dae een en twintig.” Die twee mense staan doodstil en luister na die gesuis van die wind deur die fynbos. Vir ‘n oomblik luister elkeen na hul eie stemme binne-in hul koppe. Elkeen dink aan die dinge van lank terug, maar besef ook dat dit verby is, dat dit nie kon wees nie.

98

Page 99: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Ek besef nou dat ek al die jare ‘n deel van jou by my gehad het, maar ek moes vir jou sê van René, want sy werk nou op jou plaas.” Jean kyk geskok en vinnig op. “Ek het dit nie geweet nie.”“Ek wou hê dat jy moet weet, dat Alida vir haar werk aangebied het as ‘n kelner. Dis deel van haar praktiese werk. Sy is mos by die kollege.” Améli se bene voel soos jellie. Al die pad berg-af, wonder Jean hoe hy die hele gedoente moet verwerk.

Ek hoor my laaste liriek: Die orrel en viool se towerklankHuil sonder partituur in die donker middernagtelike uur.

49

Genugtig, dit voel of die son nooit weer sal skyn nie. Hy kry so koud dat hy hoendervleis het. ”Améli, wat kan ek doen om geldelik te vergoed. Ek wil graag ‘n bydrae maak”“Daaroor moet jy self besluit, Jean. Praat met René. Moet net niks sê van wat ek jou nou vertel het nie. Sy weet niks. Onthou wat ek vir haar gesê het van haar pa. Ek en jy kan op ‘n later stadium saam met haar gesels.” Améli se laaste woorde voel soos ‘n oordeel oor hom.Die flenters van my lewe,Lê oral rondgestrooi,Dit laat my dink, frons, bewe.Hier was al die jare ‘n deel van my,Onbewus van die flenter, het jy swaargekry...?Tussen die fynbos en wind, was jy die enigste kind...?‘n Flenter van my lewe, soos ‘n bewertjie, in die wind, wat bewe, bewe.

As dit waar is dat hy ‘n dogter het, een van byna een en twintig jaar, dan kan hy mos nie vies wees nie, nie omgekrap oor hierdie ‘n laat aankondiging van so ‘n wonderlike iets nie.Jean onthou skielik hoe dit gevoel het om Liza teen hom vas te hou. Haar liggaam was sag teen syne, hy kon die rondings van haar lyf teen hom voel. Hy onthou dit so goed. Hoekom is sy nie meer deel van sy lewe nie. Dis ‘n vreeslike lot wat hulle getref het. Hy voel seker dat die ding wat haar pla, oorkombaar is. As sy hom net wil toelaat om haar die hof te maak of met haar te praat hieroor. Hy sal sy sielkundige vriend gaan raad vra, vra wat hom te doen staan.“Dis nou nie eintlik ‘n naweek wat ek wil onthou nie.” Praat hy met homself. “Ek wil so gou moontlik hiervan vergeet. Ek het ‘n wrang smaak in my mond as ek daaraan dink. Ek het eintlik ‘n erge hoofpyn.”

“Ek wil so gou moontlik van die ding vergeet.” Hy en Jacques sit buite onder ‘n prieel. Hy vertel vir hom die gebeure van die naweek.“Ons verhouding was maar soos alle ander, altyd op ‘n vriendskaps basis en soms dan was dit intiem. Dit het toe nou maar daardie aand ook verder gegaan as wat ons gedink het dit sou. Mens is mos altyd op ‘n swak oomblik vasgevang deur hartstog of emosie. Ek dink dat ‘n man ook maar maklik kan vergeet van so ‘n gebeurtenis. Anders as ‘n vrou wat op die ou einde sit met die gebakte pere.”“Hoekom het sy dan nie vir jou gesê nie?” vra Alida, wat intussen bygekom het.“Ek was mos oorsee. Toe sy uiteindelik die nommer na die plaas toe in die hande gekry het, het iemand vir haar gesê dat ek oorsee is en eers wánneer gaan

99

Page 100: Bloedrobyne Van Valery du Toit

terugkom.Ook maar goed dat moeder nooit hiervan geweet het nie, of dat sy dit vir moeder vertel het daardie tyd nie.” “Vir haar was dit toe seker te laat. Dis nogal snaaks dat sy al die jare gewag het en toe met ou Dawid gaan trou het. Hoe oud was René toe.”“Ek weet glad nie. Ek weet nie hoe lank hulle nou getroud is nie. Ek reken maar dat René so twaalf of dertien was. Maar weet jy wat het sy vir haar vertel, toe René haar vra waar haar pa is? Sy was toe vier, sy sê toe dat haar pa in ‘n tronk oorsee is.” “Genugtig, hoekom doen sy dit?”“Sy het gereken, dan sal die kind nie weer vra nie en ook nie ‘n kans het om die pa te soek nie.”“Hoe gaan sy dit nou vir haar verduidelik wonder ek.”Jean vertel vir Jacques en Alida van Améli se oorlewingsresep, as mens dit so kan noem. Dat alles toe tog teen die end vir haar uitgewerk het.“Sy wou nooit net tròu omdat dit die regte ding is om te doen nie, sy wou seker maak dat dit liefde is, dis hoekom sy toe ook vir Dawid ‘n ware vrou en moeder vir sy seuns kon wees.” Jean vryf oor sy oë, hy het ‘n vreeslike hoofpyn.“Verskoon my, julle, ek wil gaan hoofpynpille soek.”“Nee sit, ek gaan haal vir jou, ek wil sommer vir ons tee bestel. Ek is so bly dat jy darem dié ding ook agter jou kan sit. Ek wil vir jou net dit sê: as daar iemand is wat liefde in sy lewe verdien, dan is dit jy.” Alida loop glimlaggend weg.Later, nadat hulle tee geniet het, en Jean die hoofpynpille gedrink het, voel hy hoe die spanning sy liggaam verlaat.

50

Die Sondagoggend, ná ‘n bykans slapelose nag, is Jean so gefrustreerd dat hy baie vroeg opstaan en kelder toe stap. Hy is kwaad en teleurgesteld in homself. Hy wil skielik hierdie dier in hom vermoor en ontslae raak van die frustrasie en teleurstelling. Dis ook ‘n vernedering. Hy kon, as hy nie so voortvarend was in sy jongdae nie, getroud gewees het en ‘n gesin gehad het. Hy voel diep in sy eer gekrenk.“Maar ek het die vrou nie lief gehad nie.” Dit voel of hy die tafels kan stukkend slaan. Hy gryp die sabel, wat gebruik word vir die seremoniële oopmaak van ‘n bottel wyn. Dis eintlik die Sabrage-kundige se werk, maar vanoggend voel dit of hy die ou se werk moet oorneem en ‘n paar bottels stukkend slaan. Hy onthou skielik wat sy moeder altyd gesê het. “Kyk op, my kind, kyk op as jy sò voel.” Hy kyk op en sien sy pa se ou orrel raak. Hy loop outomaties soontoe en ten spyte van die skemer, vind hy die skakelaar en skakel die orrel aan. Hy luister hoe die lug deur die pype trek en die masjinerie saggies begin dreun.Toe begin hy sag te speel, toets die note met sy vingers en sy voete, streel oor die note en krap in sy geheue rond vir ‘n gepaste stuk om te speel. Hy begin met die Halleluja lied, ‘Byna bewoë, Christen te wees...’ dan ‘Land of Hope and Glory’ en toe meer doelgerig die Toccata & Fugue in D mineur van JS Bach. Daarna volg die Brandenburg Concerto, sommer al die dele, al rustiger. Die 1812 Overture volg hierna en algaande speel hy met meer en meer selfvertroue al die ou meesters. Toe speel hy ‘He’s got the whole world in His hands.” Hy speel totdat hy voel hoe die rustigheid in hom kom lê. Uitgeput en leeg, kom hy agter dat sy voete lankal nie meer die voetnote speel nie. Sy rug is sò seer dat hy nie kan roer nie. Sy brein sê vir hom hou aan speel, maar hy moet opstaan. Hy speel die een Halleluja lied na die ander.

100

Page 101: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Doen slegs U wil Heer, U wil met my.” Hy kan egter nie roer nie. Hy hou op speel en die stilte is oorverdowend. Jean is nie bewus van wat om hom aangaan nie. Hy is net bewus van die intense pyn in sy rug en lende. Die Sondagoggend is René vroeg op en loop deur die roostuin en toe hoor sy orrelklanke. Sy wonder meteens hieroor en stap oor na die Restaurant, om die koffiemaker aan te skakel. Toe sy binne is, hoor sy dat dit die orrel in die kelder is. Sy sien vir Alida in die kombuis en sien ook dat sy luister. Hulle beweeg nader aan die geluid. Jean hoor iemand sy naam noem. Saggies, hy wil in daardie rigting kyk, maar hy kan nie roer nie.“Wie is daar?” Hy wonder of hy regtig iets gehoor het. Was dit sy verbeelding of is daar iemand daar.“Dr Jean, ekskuus, is oom okay?” Jean kry dit reg om in die rigting van die stem te kyk en sien ‘n meisie staan.“Ja.., nee.., wie is jy, waar kom jy vandaan?” Jean se gedagtes dwaal tussen werklikheid en pyn. Hy probeer die pyn ignoreer en ken ook nie die gesiggie nie.“My naam is René, oom, my naam is René du Preez.”

Toe Jean bykom, lê hy op die bed in sy slaapkamer. Die pyn is net ‘n vae herinnering.“Wat het gebeur?” sê Jean, sonder veel fut in sy stem. “Hoe het ek hier gekom, of was ek die heeltyd hier, hoekom die pyn in my rug?” Sy brein wil nie onthou nie.“Jean, lê stil,” dis Alida “Lê jy maar net rustig, die dokter is nou hier. Jy het my groot laat skrik.” Alida is erg besorg oor hierdie swaer van haar, maar probeer om dit nie te wys nie.“Wat het jou besiel om so lank voor die orrel te sit en speel? Jy weet mos jy kan dit nie doen nie. Moenie bekommer nie ek, Francet en René het jou daar in die kelder gehoor orrel speel. Jacques was gelukkig ook daar.” Jean onthou skielik van die René wat by hom was.“Is dit René van Améli?” vra hy versigtig.“Ja, Jean, dis Améli se dogter, René. Sy doen haar prakties saam met Francet. Sy is so ‘n jaar en ‘n half ouer as Francet.”“Het ek reg gehoor toe sy gesê het dat haar van du Preez is?”“Ja, het Améli nie vir jou gesê nie. Nie, dan is ek nou jammer dat jy dit so moes hoor. Maar ja, dit is haar van.” Alida vryf sy skouer om hom gerus te stel.“Alida, ek het gewonder...” net toe kom die dokter die vertrek binne.“Môre, Jean, genugtig, jy het jou mense die skrik op die lyf gejaag. Hoe voel jy nou. Ek het seker so vier uur gelede vir jou ‘n inspuiting gegee, ek wonder of jy reg is vir die volgende een.”

Het enigeen die reg om aanspraak te maak op geluk, of vrede of vreugde? Het enigeen die reg om iets van sy naaste weg te neem? Het enigeen die reg? Het enigeen die reg op geluk of vrede of vreugde? Dis nie wat mét jou gebeur nie, maar wat ìn jou gebeur, wat saak maak. Dis ‘n voorreg en genade.

51

101

Page 102: Bloedrobyne Van Valery du Toit

‘n Paar dae later, ná intensiewe fisioterapie en pamperlang en bederf, saam met die medikasie, is Jean so te sê weer perdfris. Al die pyn en spasmas uit die weg geruim. Jean stap een môre weer berguit. Effens styf, het hy ‘n stapstok by hom, sodat hy makliker oor die weg kan kom. “Jean, dis sò ‘n mooi oggend – dag. Dit voel of mens die lewe met albei hande moet aangryp.” Jacques is dankbaar dat hy hierdie dag aan Jean se sy kan wees.“Jacques, ek dank die Here elke keer as ek hier bo kom en oor die vallei kan kyk. Ek het ‘n ruk gelede nie gedink ek sou ooit weer kan loop nie. Laat staan nog bergklim. Jy, die plaas, is my inspirasie en God my krag.” Saam kyk hulle na die ongelooflike uitsig.

“Dames en here, die langnaweek is verby, kom ons bepaal ons by die werk.” Dis Alida wat die kelners in die restaurant goedig aanpraat. Sy probeer om dit streng maar goedhartig te laat oorkom.Werner en Nadia Wessels, het uit Australië ‘n aanbod gekry om daar te kom werk. Hulle kon nie die aanbod weier nie en is nou besig om op te pak vir ten minste vyf jaar. Die pos vir skakelbeampte is skielik vakant. Jean vra toe vir Francet om aansoek te doen, sodat hulle met haar kan werk en aangesien sy die hele opset goed ken, aanvaar sy die aanbod. Sy is mos by die kollege besig om haar as skakelbeampte te bekwaam. Sy is besig met haar finale eksamen en is dus die beste aansoeker. Sy is op die oomblik Jacques se persoonlik assistent. Sy behartig ook maar meeste van die dinge wat deur Nadia gedoen is en het meeste van haar praktiese kennis so opgedoen. Deur net vir Nadia dop te hou kon sy heelwat ondervinding opdoen. Marijke Jacobs is al mooi op dreef met die ateljee en die opnames. Sy het begin deur haar skool op die plaas se koor te laat sing en op te neem. Sy is al baie bekend en goed bekend met Bordeaux, aangesien sy ook daar groot geword het. Haar man is Dolf Jacobs, die onderhoudsman op die plaas. Haar pa is Henk van Dalen.“Ek dink ek en jy gaan ‘n goeie span wees met hierdie opname ateljee. Ek sien so daarna uit om groot dinge hier te doen.” Marijke is vol geesdrif en baie bly dat sy hierdie geleentheid gekry het.“Marijke, ek wil hê jy moet sonder my die dinge aanpak. Het jy nie ‘n vriendin of vriend of iemand wat saam met jou kan werk nie? Ek het die nuwe huise van die werkers waaraan ek aandag wil gee.”“Haai ja, ek kan natuurlik vir Hanneke vra. Sy sal dit ook geniet om hier te werk. Ek is nou spyt dat jy nie in my span gaan wees nie, maar Hanneke sal doen. Ek sal haar vra”“Baie wyse besluit, vriendin, ek sal julle alle ondersteuning wat julle mag nodig kry gee, ook geldelik ondersteun, maar ek moet regtig nou eers my pligte nakom.”“Ek sê solank dankie, ek gaan moeder ook vra om my by te staan met die admin pligte.My suster, ek en moeder hou van saamwerk.“Ons gaan eers die plaaslike mark ontgin. Ek is regtig beïndruk met die kapasiteit van die opname ateljee. Ek gaan ‘n bemarking loots soos nog nooit tevore in die dorp gesien of gehoor nie. Elke skool en elke koor en private musikante en soliste en wat ookal, gaan hiervan hoor. Ek sal my moet roer om dit op geoliede wiele te laat loop.” Marijke is angstig dat die opname ateljee homself moet adverteer, wie sal dit ook beter kan doen as Jean self.

102

Page 103: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Luister, Jean, jy moet sommer wegspring en vir my speel, terwyl ek ‘n opname maak, o ja, en Jacques ook. Hy speel mos die tjello, of hoe? Julle twee gaan self kan sorg vir die advertensie. Ek kan vir Hanneke vra om ‘n foto te neem van julle twee, en...”“Wag nou, ho nou, wat wil jy met ‘n foto maak?”“Reklame vriend, reklame.”

Dit het meegebring dat Jean en Jacques elke oggend vòòr ontbyt ‘n oefensessie ingepas het. Hulle oefen dat die plek dreun, maar oordoen dit nie, anders sit Jean weer met ‘n probleem. Hierna is hulle in die warm swembad om hul spiere soepel te oefen, daarna is dit volstoom aan die gang met die gewone werk in die kelder en elders.Een Sondag oggend is die hele gesin daar om te kom luister. Hulle sit almal so stil soos muise en luister met oorgawe na die twee manne se repertoire. Toe hulle klaar gespeel is, bars die toejuiging los. Daar moet ‘n standaard gestel word en as dit die standaard is, is dit redelik hoog op die stadium.Alida is verstom oor die mooi en die pragtige musiek wat sy die voorreg het om na te luister.“Jean en Jacques, ek het nooit besef dat julle so hard geoefen het die afgelope tyd nie. Dit is regtig ‘n plesier om julle so te hoor speel. Nou besef ek eers dat ons baie gelukkig is. Daar is nog nooit soveel klank uit die orrel gehaal nie, en ek praat nie eens van die tjello nie. Dis ongelooflik, die suiwerste klank.”“Toe nou, baie dankie, ek weet darem nie of ons al die lofsange werd is nie, maar dankie.” “Mensig vriende, ek is verstom. Waar kom al die note vandaan?” Dis Marijke wat ook gestaan en luister het. Sy het saam met hierdie twee manne grootgeword. Nooit het sy hulle so gehoor speel nie. Hierdie spel kom uit die hart en siel en wese. Sy hoor sommige hartseerklanke uit die orrel, maar tog, is daar baie, hope talent.“Mense, wat van lekker tee?” vra Jean.“Oom Jean, sal oom my ook weer bietjie touwys maak? Ek het die afgelope tyd op daardie ou orrel in die kelder begin speel, maar sal graag van oom iets wil leer.” Dis Jaco wat van hom laat hoor, terwyl hulle deurstap kombuis toe. Jean is verheug om te hoor dat Jaco speel. “Ek sal jou wys, maar ek is nie eintlik ‘n leermeester nie. Jou ma en pa moet maar dalk vir ou Meneer van Dijk kry om jou te leer. Ek...” “Oom Jean, oom...oom asseblief nie,” val Jaco hom in die rede. “ek soek nie vir oumeneer nie, asseblief nie oom.” Jaco smeek behoorlik.“Goed, ek kry jou punt, ek sal jou begin afrig, maar sodra een van ons kwaad word, dan pos ek jou na oumeneer toe.” “Goed oom, ek sal liewer by oom leer en ek sal my gedra.” Jean het ‘n baie sagte plekkie vir hierdie jongste kind van Jacques. Veral noudat hy gehoor het hy is ernstig om orrel te leer. Marijke bied ook aan om te help. Die dogters van Marijke en Hanneke, Barbara en Janet, is ook kranige musikante. Die een speel die klarinet en die ander die saksofoon.

Al voel mens hoe onbekwaam, en dink jy dalk dat daar nou nie eens een talent na jou kant toe gekom het nie, dink weer. Al het jy net een snaar,

103

Page 104: Bloedrobyne Van Valery du Toit

al is jy in jou oë ‘n wrak met pyn en lyding en hartseer, al het jy net één snaar, ten spyte van, as gevolg van of ter wille van. Voltooi daardie simfonie.

52

Jean het toegesien dat die paar nuwe huise, wat hy ontwerp het, gebou word. Hy gebruik sommer die bouers op die plaas. Die nuwer gesinne het nie regtig ‘n huis gehad wat hulle hul eie genoem het nie en met die aankoop van ‘n nuwe stuk grond, kon die nuwe huise ook ‘n staanplek vind.Die nutsspan van Bordeaux is ook heeltemal in staat om die fyner werke ook te doen. Daar is net elektrisiëns gehuur om die elektriese werk te doen. Toe almal min of meer gelukkig is en die huise amper klaar is, kry Jean ‘n aanbod van die universiteit af om af te los en te kom klas gee. Dis net vir twee dae in die week waarvoor sy dienste benodig word en hy neem die aanbod aan.Sy liggaam kan ook nie regtig meer die harde handearbeid verrig nie. Hy is dus bly vir die alternatief. Een môre op pad klas toe, stop hy vir koffie by Stoffels. Toe hy met die koffie omdraai, sien hy vir Gabrielle. Toe hy haar in die oë kyk, toe onthou hy hoe haar oë hom altyd gefassineer het. Dis die blouste oë wat altyd lyk asof dit dwarsdeur jou kyk. Jy voel asof die blou jou lyf deurdring soos ‘n spies.“Jean, wat doen jy hier?”“Dagsê, ek kan jou dieselfde vraag vra, Doktor Martinez.” Reageer Jean.“Ek werk hier, en jy, Doktor du Preez?”“Ja, ek ook, kollega. Ek het nog ‘n uur tyd, kan ons maar hier sit en gesels.”“Ja, ek darem ook. Waarmee treiter jy die studente?”Nadat hulle nog inligting uitgeruil het, besluit hulle om so te ontmoet, elke keer as Jean op Stellenbosch is. Hierna is elkeen klas toe.

Gabrielle vertel die oggend vir hom waarnatoe sy is daardie oggend toe die storm losgebars het. Sy het die storm grootliks gesystap, toe sy Groblersdal toe gery het, vroegoggend op Kersdag. Daarna is sy Nelspruit toe en het die vakansie dae by ‘n vriendin deurgebring.“Is dit die vriendin wat nou die dag saam met jou daar op Bordeaux was?”“Ja, ja dit was sy. Ons ken mekaar al baie jare. My ma en pa het toe ook nog daar in die omgewing gewoon.”“Ons sien mekaar weer Vrydag, lekker dag.”

Jean sit eendag op die strand, alleen, en dink aan die tye saam met Liza. Hulle het mekaar so goed aangevul en dinge sò lekker saam kon doen. Hy dink aan ‘n tyd, so ‘n maand gelede toe hulle ware terapeute vir mekaar was. Naweke ry

104

Page 105: Bloedrobyne Van Valery du Toit

hulle strand toe, begrawe mekaar se voete in die sand en jaag mekaar in die vlak brandertjies, totdat hulle uitgeput op die sand neerslaan. Hulle lag en drink koeldrank en gesels en leer mekaar so ken. Hulle gaan eet op die hawe by ‘n seekos restaurant. Hulle het mekaar leer waardeer, elke frons elke nuanse elke sug of vreugde-lag. Hulle leer wat dit is om mekaar te vertrou. Jean het weer geleer om te lag. Om mense te vertrou. Liza weet ook presies waarna om op te let as sy dink Jean is moeg. Jean weet weer as Liza geïrriteerd met iets is. Nooit sou hulle mekaar afjak nie. Jean is bang dat dit nie gaan hou nie. Eintlik het hy so ‘n hol kol op sy maag as hy dink aan nog ‘n uitstappie en dalk ‘n afjak. Hy was bang dat hierdie vennootskap nie gaan hou nie, dat alles te goed was om waar te wees. ‘n Luide gefluit laat hom na die werklikheid terugkeer, ‘n oomblik is hy verward en kan nie onthou hoe hy hier gekom het nie.Hoekom het sy hom nooit kans gegee om haar te bederf nie. Hy is seker dat as sy hom so goed leer ken het, sy nog by hom sou wees. As hy ‘n towerstokkie kon swaai en die tyd kon terugdraai, is daar iets wat hy anders sou doen?

Soggens vroeg voor werk op die plaas begin het, het Jean soms na foto’s gekyk van blomme en plante en sekere plante wat op die plaas voorkom. Dis dan ook waaroor sy lesing van die dag gegaan het. Dis in dié tyd dat René se een en twintigste verjaardag gevier word.Die viering is gereël deur ‘n groep wat gereeld partytjies en troues reël. Die geleentheid is ‘n buitelug funksie, gelukkig speel die weer saam. Jean het gedurende die aand gewonder of hy dalk nou vir René moet vertel dat hy haar pa is. Hy staan langs ‘n boom in die skaduwee en hou die jongmense dop, waar hulle in en om die swembad beweeg en vrugte eet en mekaar smeer met die skille. Hy glimlag en dink aan sy eie jongdae en studente dae. Alida kom langs hom staan en antwoord op sy gedagtes, asof sy weet waaraan hy dink.“Nee, Jean, jy gaan nie vanaand ‘n kans kry om haar die nuus mee te deel nie, wag nog so ‘n paar dae of ‘n week.”“Alida? Hoe op aarde het jy geweet dat ek nou net daaraan dink...?” Gedurende die dag sal die jong klomp in die restaurant se kombuis, onderlangs glimlag oor die nuwe belangstelling van Jean. Na Liza weg is, is dit die eerste keer dat Jean weer spontaan lag en gesels. Die musiek-liefde is natuurlik ‘n ou getroue liefde. Die aand sit Jean weer na sy geliefde klassieke musiek en luister. Soms kom Alida en Jacques en soms die kinders by hom sit in die gesellige familiekamer.

Vanaand is dit Gabrielle wat by hom kuier. “Gabrielle, weet jy, ek het so baie by jou die laaste tyd geleer. Van vergifnis en van verdraagsaamheid ensovoorts. Maar ek bly sinies, dit voel of ek nie mense, ander mense, kan vertrou nie, ek wil skielik niemand naby aan my hê nie. Ek hou almal op armlengte van my af.”“Jean, hoekom gaan jy nie bietjie weg met vakansie nie. Jy wou mos graag nog weer oorsee gaan reis, nou is jou kans. Jy is klaar met die universiteitsklasse, klaar met die huise en klaar met min of meer alles. Gaan reis nou bietjie, toe.”“Alleen?”“Juis alleen.”

105

Page 106: Bloedrobyne Van Valery du Toit

53

Op ‘n heerlike soel aand, sit die hele familie in die familiekamer en kuier. Jean strek hom behaaglik uit in die gemakstoel en sit sy voete op die gerieflike voetbank, toe die foon lui. Dis al nege uur. “Nou wie de joos...? ‘n Gesprek volg nadat Jean die foon beantwoord het.“Wie was dit?“Dit is ‘n prokureur van die Kaap. Hy het ‘n kliënt by hom gehad, laat middag. Die kliënt wil hê hy, Abe, moet ons kom sien.”“Nou?” “Nee, môre nege-uur. Julle moet ook maar insit, want dit klink na iets gewigtigs.”“Nou-ja, as ons sulke laataand oproepe oor ons program vir môre kry, dan beter ons nou bed toe gaan.” Alida is al besig om koppies en bekers bymekaar te maak en Jacques neem die skinkbord by haar.“Goeienag almal.” Jean onthou die kassie wat Alida hom die oggend gegee het en hy gaan haal dit uit sy kluis. Hy gaan sit by sy lessenaar en sukkel die ding oop. Hy wonder waarom dit gaan, wat sou hierin wees. “Ek wonder of dit iets met die prokureur se koms hierheen te make het. Ek weet nie hoekom ek so dink nie, maar dis beter om te weet as om in die duister te tas.”Toe Jean die kassie uiteindelik oop het, sien hy ‘n opgevoude papiertjie heel bo lê, ‘n brief aan hom gerig en twee afsonderlik toegedraaide pakkies. Op die een pakkie staan Jacques se naam en op die ander een syne. Binne-in die pakkie is ‘n naambandjie wat die hospitale gewoonlik aan ‘n pasgebore baba se arm of been sit. Op die een bandjie staan: Baba du Preez: gebore 1.4.53. Jean sit dit eenkant neer en op die ander een staan Baba du Toit gebore 30.4.52“Goed, nou weet ons darem ons is in ‘n hospitaal gebore. Miskien moet ek gaan kyk of Jacques nog wakker is.” Hy neem egter eers die koevert met sy naam daarop en gooi die inhoud op sy hand uit. Dis ‘n halsnoer – ‘n robynhalsnoer. Hoekom sou dit hierin wees, toe hy die halssnoer optel, sien hy dat daar iets soos poeier op sy ander hand agterbly. Hy ruik daaraan, droë bloed? Bloedrobyne?

106

Page 107: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Hier is nog ‘n brief vir my.” Dis ‘n brief van Cecile du Preez. Daarin staan nie veel meer as wat hy reeds weet nie. Die feit dat sy baie depressief was na vader se dood, dat sy na hom, Jean verlang en moeg is vir sukkel. Sy vertel in die brief hoe lief sy is vir sy pa, iets wat hy ook weet en toe lees hy iets wat sy verstand laat stilstaan:

“Ek en Vader het jou aangeneem. Jy is dus ons wettige kind, ek is baie lief vir jou. Ons het jou soos ons eie grootgemaak.”

Hierdie is die brief wat in die teenwoordigheid en met die hulp van Alida geskryf is. Dis eintlik die ander briefie wat hom laat regop sit. Nadat hy die brief gelees het, is Jean doodsbleek. Hy druk die papier in sy hand in ‘n bondel en steek dit in sy broeksak. Die wind waai meteens baie sterk, dit word al meer stormagtig. Dis die storm in sy binneste wat byna groter is as die storm buite.Jean loop uit in die stormwind en probeer die storm binne hom stilmaak.Op die tafel lê ‘n brief van Francois du Preez. Jacques het na Jean gaan soek, om te hoor of hy nie wil gesels nie, maar ook omdat hy die deur na buite hoor oopgaan het. Hy sien hoe die wind by die deur instorm en die losgoed rondwaai en van die lessenaar af wil vee. Hy gryp dit vas en sit ‘n boek daarop, sodat hy die deur kan toemaak. Toe hy weer na die goed op die lessenaar kyk wat byna weggewaai het, sien hy die brief van Francois.

54

Heil die leser, so begin Francois se brief.Ek weet daar is baie raaisels op Bordeaux. Daar is ook baie geeste en spoke. Maar een ding is seker: Ek het my vrou en die seuns baie lief. Die afbrand van die plaashuis is John Green se werk. Hy wou my afpers vir sekere inligting. Jacques, die seun van Valery, wat op 30 April 1952 in die wêreld gebring is, is John Green s’n. John wou nooit hê dat ek die seun wettig aanneem nie. Green wou nooit sy toestemming daartoe gee nie, want hy wou hê ek moes vir hom, Green, ‘n bedrag van £20,000(pond) gee in ruil vir die kind se naamsverandering. Eintlik om die kind te koop! Dis mos malligheid, mens verkoop nie jou eie kind nie. Ek wou hom laat aankla. Ek was bang hy maak amok en steel die

107

Page 108: Bloedrobyne Van Valery du Toit

kindjie. Enigiets was moontlik met die man. Die gereg kan nou maar sy gang gaan. John Green het my baie skade berokken. Volgens oorlewering is hy die seun van Johnny de Waal en ‘n Engelse vrou, Vivian Green. Blykbaar was albei nog omtrent kinders toe hulle die kind gehad het. Nie ouer as veertien en vyftien nie.Toe Vivian die kind gehad het, het sy die kind by Knikkie en Johnny se ma gelos om groot te maak. Vivian is terug Engeland toe.(sy het as geselskapsdame saam met ‘n Engelse dame in die Kaap aangekom en is so terug. Per passasiersboot, die Cape Town Castle.) Wat van haar geword het weet nugter. Die probleme het begin toe John Green moes begin werk. Hy het blykbaar ook maar min by die skool uitgekom. Ek twyfel of sy geboorte destyds geregistreer is. Toe dit later te warm word vir hom, is hy Engeland toe. Kamma om sy ma te gaan soek. Daar het ook niks van gekom nie. Toe ons weer sien, is hy terug op die plaas. Daarna weer net moeilikheid met die man. Hy wou nou eenmaal net vir Valery hê, hoewel, sy het ook maar lekker rondgel...nee wag, los maar. Green is ‘n nikswerd en ‘n skelm. Terloops, die huisie daarbo by die Waterval, was Valery se blyplek. (Ek hoop julle kry die plekkie)Geteken: FM du PreezNS Hy was ook onder die plaaslik mense bekend as Jan Groen. (Ek het ook ‘n vermoede dat hy Valery mishandel het. Kan ongelukkig nie iets bewys nie.)

Verslae sit Jacques na die brief en staar. “Waterval? Waar is die waterval?”

108

Page 109: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Dit maak Francois jonger as Oom Johnny. Johnny is seker so 85jaar oud. Die ou blikskottel, dat hy ook al die tyd weet wat aangaan en nooit iets wil sê nie. Wonder waar Jean is. Dat hy die brief gelees het, is seker. Maar waar is hy. Dit het hulle nie verwag nie. Jacques kyk of hy vir Jean sien of hoor, maar daar is geen teken van hom nie. Die wind storm voort. Hy het net ‘n ligte sweetpak aan en wil nie so in die nagdonker uitgaan nie. Hy weet Jean sal nie vér gaan nie, hy wag dus maar. “Tensy hy...”

55

Jean het nog steeds die ander brief, vasgeklem in sy vuis. Hy is feitlik onbewus van wat om hom aangaan. “Daardie brief is onderteken deur Francois du Preez, geskryf minder as ‘n maand voor sy dood. Dis ongelooflik. So ‘n verdomde oom Johnny en tant Knikkie en John Green.” Hy hoor iemand na hom roep.“Jean, jy kan niks doen hier buite nie, jy kan niks sien of sien waar jy loop nie, jy gaan val en seerkry.” Jacques probeer om die gebeure in sy binneste te ontleed. Na ‘n lang ruk kom Jean weer in sy studeerkamer, waar Alida en Jacques op hom wag met lekker warm sjokolade. Hy kyk nie na hulle nie. Hy tik met die teelepel op die tafel en heeltemal ingedagte begin hy lag, saggies, lag hy. Hy hou op en kyk dan na Jacques en Alida.“Die lewe is darem snaaks, dis hoekom ek lag. Ekskuus dat ek sommer geloop het, maar ek is bietjie ontsteld en ontnugter.“Kom sit bietjie by my en Alida, dis nog vroeg en jy gaan tog nie nou kan slaap nie.” Jean vertel vir hulle weereens van die oproep van die prokureur en die rede hoekom hy juis nòu die kluis oopgemaak het.

Stiptelik nege-uur die volgende môre is die prokureur, Abe Peters, op die plaas. Hy kom die trappe op, net toe Jacques die trappe afstap.“Goeiemôre, ek is Abe Peters. Ek is op soek na doktore Jean du Preez en Jacques du Toit.” Jacques staan ‘n oomblik stil en kyk stip na die man. Hy herken hom as ‘n ou skoolmaat. ‘n Ou met ‘n reputasie vir moeilikheid soek.“Môre, Abe, dis ek Jacques, onthou jy my nie meer nie.” Vir ‘n oomblik is die wind uit Abe se seile, maar hy herstel gou en herken toe ook vir Jacques.“My genugtig, Jacques, ek dag die naam klink bekend, maar nou ja, dagsê my vriend. Is hierdie Jean du Preez jou familie?”Jacques knik in die rigting van die bokant van die trap en stap verder die trap op, Abe agter hom aan.“Hier is ons, Jean, onthou jy nog vir Abe, hy was saam met ons op skool. Eeue gelede, of so voel dit.” Kondig Jacques die prokureur aan.Nadat hulle gegroet het, vra Jacques vir Francet om vir hulle iets te drinke te bestel. “Wat bring jou hier? Dit het gisteraand baie ernstig geklink.”“Ja-ek, dis nogal ‘n netelige saak. Ek moes na regte seker julle prokureur gekontak het, want my kliënt is eintlik besig om ‘n saak te maak teen julle.”“Wat? Watter saak.” Vra Jean verbaas. Hy en Jacques is albei uit die veld geslaan.

109

Page 110: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Ek wil julle nie ontstel nie maar dit gaan oor Valery du Toit se boedel. Die onlangse ontdekking in die dorp van die kunsskatte ensovoorts.” Abe praat terwyl hy die dokumentasie uit sy aktetas haal.“Is jou kliënt se naam dalk John Green?”Wil Jean dadelik weet. Dis ‘n klip in die bos, maar hy sien dat dit tref.“Jean, jy raai nou, maar dit is so. Dit is John Green.” “Ek dag die ou wat homself opgehang het was John Green. Wie is die oorledene dan? Weet die polisie dat dit nie John Green is wat sogenaamd dood is nie?”“Hokaai, ek weet nou nie daarvan nie, maar my kliënt is John Green. Wanneer en waar is die ander man dood?”“In die huis waarvan jy gepraat het, waar die skilderye en nog ander goed, gevind is. Daar is ‘n liggaam ontdek, wat niemand nog kon eien nie. Hoewel ons maar spekuleer dat dit Green kan wees. Dis in elk geval nog ‘n polisiesaak. Ons los dit nou eers. Vertel jy nou eers jou kant van die saak.”“John Green het my gevra om julle te dagvaar vir die skilderye wat in die huis was. Hy beweer dat dit sy eiendom is, dat Valery du Toit dit aan hom bemaak het en dat ek die saak moet ondersoek, so kom ons begin om die saak uit te sorteer.”“Nee, ek dink dit is ‘n geval van, kom ons kry ons prokureur hier en dan sorteer julle twee die saak uit. Ek weet in elk geval te min van die bewering dat Val du Toit die goed aan John bemaak het. Daar steek iets meer hier agter. Hoe seker is jy dat jou kliënt wel John Green is? Dis jare gelede se stories hierdie, ek bedoel nou maar, Valery du Toit is seker al 40jaar gelede oorlede.” Die prokureur is momenteel uit die veld geslaan. Hy sit skielik regop en kyk na Jacques en Jean. Sy lippe in ‘n reguit lyn. Ja jou ou blikskottel, dink Jean, jy het gedink jy het met morone te make.Jacques staan op en neem die skinkbord by Francet wat op daardie oomblik met die tee ingestapkom. Hy sit dit op die tafel neer.“Francet, skakel asseblief vir van den Heever, ons prokureur en vra of hy onmiddellik hierheen kan kom. Hier is ‘n baie dringende saak wat afgehandel moet word.” Vra hy, Francet draai op haar hak om, om te gaan skakel. Jacques skink vir hulle tee en terwyl Jean heerlik agteroor in die stoel gaan sit en die man oorkant hom beskou, raak Abe byna nie eens aan die tee nie. Jacques neem sy koppie en gaan ook behaaglik agteroor sit.“Menere, die prokureur is op pad.” Sê Francet van die deur af. Sy gebruik altyd die half formele aanspreekvorm as hulle gaste het.“Dankie, juffrou.” Abe Peters begin ongemaklik vroetel aan sy kraag. Dit lyk asof die man skielik baie warm kry of benoud is.Jean staan op om die teegoed weg te vat en die prokureur in te wag. Hy groet vir Daan van den Heever en lig hom net kortliks in waaroor die saak gaan. Daan is onmiddellik briesend.“Abe, jou ou jakkals, waarmee is jou nou weer besig.” Begroet Daan hom. Daan het ‘n baie harde stem en kan nogal menige mens afskrik.“Daan, wag nou, ek voer net ‘n opdrag van my kliënt uit. Ek...” Daan snork verontwaardig.“Dis soos ek jou ken ja, ‘n onbehoorlike opdrag. Gee die dokumentasie of dagvaar. Kom, ek het nie tyd om te mors nie.”

110

Page 111: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Laat ek jou liewer die verhaal skets, dan kan jy self hoor.” Daan waai met sy hand om vir Abe aan te jaag.“Menere, Green het na my toe gekom, met die brief van Valery du Toit en die opdrag wat ek alreeds aan julle gerig het. Oorhandig die skilderye of dagvaar vir diefstal van regmatige eiendom.” Abe oorhandig ‘n brief aan Daan. Hy lees dit in stilte en kyk dan reguit na Abe en dan om die beurt na Jacques en Jean. Toe bars hy uit van die lag. Die plek waar hulle sit, dreun behoorlik.“Hierdie is geensins ‘n wettige dokument of brief nie. Die ding is getik op, wat vir my lyk na ‘n taamlik nuwerwetse tikmasjien of rekenaar en as jy dink die dame is al hoeveel jaar oorlede, dan lyk dit na ‘n skelmspul. Die brief is ook nie onderteken, of herkenbaar onderteken nie. Die naam is ingetik met so ‘n krullerige gekrap daaroor. Dit kan enigiets wees. Jou kliënt het nie ‘n saak nie, my geleerde vriend, jy sal nooit by die staatsaanklaer verby kom met die lamlendige getuienis nie. Hoe seker is jy dat jou kliënt wel Green is. Hoekom sou dit nie dalk die man wees wat John Green doodgemaak het en dan self ‘n plan gemaak het om die skatte in die hande te kry nie. Sover my inligting, is John Green al redelik bejaard.” Daan hou die brief sodat Jean dit kan lees en staan dadelik op.“Wag, wag, Daan, julle, wat dan nou van die bewerings dat Green en Valery getroud was en dat sy die goed aan hom bemaak het? Skryf jy dit ook sommer net af?”“My liewe hemel, Abe, ek sê jou dan, die brief is ongeldig. Of dan die sogenaamde dokument. Gaan stel ondersoek is na: In die eerste plek, hoe oud die tikmasjien is waarop die brief getik is en in die tweede plek kan jy mos by Binnelandse Sake gaan vasstel of die twee wettig getroud was. Kom nou, moenie my tyd mors nie en ook nie die van my kliënte nie. Goeiedag.”

‘n Polisie ondersoek is onmiddellik begin om Green op te spoor vir ondervraging. As dit ooit Green was. Die polisie het ten minste ‘n foto van Green en sal gou genoeg weet waarmee hulle te doen het.‘n Verdagte word na ‘n week aangekeer en na ‘n deeglike ondersoek, aangekla vir ondermeer moord, bedrog en diefstal en nog ‘n paar ander kleiner aanklagte. Die man is nie Green nie en die liggaam in die huisie met die skilderye is ook nie Green nie. So blyk dit uit forensiese toetse wat in die staatslaboratoriums uitgevoer is. Die soektog na Green duur voort. Die feit dat John Green al by die 70 plus jaar oud is, word in berekening gebring. Hulle soek nou by skuilings en tehuise.

56

Die manne is lus vir braaivleis en hulle maak solank vuur, terwyl die dames die vleis en slaaie regkry. Daar word geredekawel en gesels en geskerts oor die

111

Page 112: Bloedrobyne Van Valery du Toit

nuwe wyn in die vate en in die bottels. Hulle wonder hoe die nuwe oesjaar se wyn gaan proe. Hulle terg mekaar op ‘n goedige manier. Later, nadat almal versadig geëet en gedrink is, gaan maak die jonges die koffie, terwyl Jean nog hout op die vuur sit. “Sommer net vir die kuier.” Almal beleef hierdie nuwe geur wat uit die vuur uit opslaan. “Ek het ‘n paar kameeldoringstompe op die vuur gesit wat ek by iemand gekoop het. Ruik julle hoe lekker maak die geur mens voel?”

Die kameeldoring houtstomp brandTot aan die verste anderkant

Van onthou, so trek die geurVan die rook deur my verstand.

Dit benewel en maak my lighoofdigTot ek weggevoer raak deur beelde en

Denke en ek al die tyd pronk en Saam met die geluid van vonk en

Geur uitasem na my sinne snak,Totdat die werklikheid in my knak.

Jean is op pad in die rigting van die huisie vanValery du Toit. Hy kyk eers na die grafsteen en die inskripsie op die steen. Hy verwag amper dat die wind weer in ‘n warrelwind die blommetjies moet oplig in die lug. Die bloedrobyne, of gees van Val du Toit, maar niks gebeur nie. Die ou waterval, soos sy pa daarvan gepraat het, het hy opgespoor en weer aan die gang gekry. Met die jare het die water ‘n nuwe loop gekry en die opvanggebied onderkant, heeltemal gemis. Nou loop die water weer en is dit ‘n lushof van plante. Dis eintlik nou ‘n heerlike piekniekplek.“Miskien rus Val nou, noudat sy weet ek weet. Ek weet nou dat dit werklik haar teenwoordigheid was, elke keer.” Hy het die robyne wat in die kissie was laat skoonmaak en sorgvuldig gebêre. Jean loop na die huisie, wat eintlik Val se ateljee was. Hy weet nie eintlik wat hy hier soek nie, maar krap rond en kom toe op ‘n pakkie af.Hy maak dit oop en sien dat dit ‘n klomp ou foto’s is. Hy voel skielik baie nostalgies. Hy kyk daardeur en skrik, toe hy ‘n foto van sy ma, of dan nou Cecile du Preez en Val du Toit, daarin kry. Dis onmiskenbaar hulle. Op die voorkant van die foto is hulle name met swart ink, al effe verbleik, aangebring. Val en Cecile, hulle lyk sò eenders. Hoe langer hy daarna kyk, hoe meer sien hy die ooreenkoms raak, want hulle is ‘n tweeling, identies. Al verskil op die foto is dat Valery ‘n halssnoer om haar nek dra. Dis ‘n sepia kleurige foto, maar dis ongetwyfeld die robyne. Bloedrobyne. Dalk gaan hulle nou rol, anders rol. Sonder bloed, rol sal hulle rol.Jean vind ook ‘n boek, wat hy eers dink aan Valery behoort het, maar by nadere ondersoek sien hy dis Cecile se naam wat voorin staan, dis ‘n dagboek, ‘n joernaal.Jean het nog nie die brief vir enigiemand anders gewys nie, nie eens vir Jacques nie. Hy wil dit eers weer ‘n slag lees. Hy moes die brief eers glad stryk en het dit tussen twee boeke ingedruk, totdat dit weer glad genoeg was om oop te vou en te lees. Hy haal dit nou uit sy hempsak en begin dit weer lees:

112

Page 113: Bloedrobyne Van Valery du Toit

57

13 April 1953Kindjie, jy is tien dae gelede gebore. Ons het jou vandag gaan haal. Jou moeder, Valery, is oorlede met jou geboorte. Sy was die laaste paar dae al nie lekker nie. Het aanmekaar gekla van pyn. Nou die aand toe ek haar tee kamer toe vat, het sy in erge pyn verkeer. Sy het vir my gesê dat sy dink sy gaan die baba verloor. Sy het my gewys waar John Green haar gelaan het. Ons het met haar hospitaal toe gejaag. Dis goed ‘n uur se ry, maar ons het dit in minder as ‘n uur gery. Toe ons by die hospitaal kom, was sy al onbewus van die drama en die pyn. Blykbaar moes jy eers oor sowat twee maande gebore word. Toe hulle haar by die teater instoot, was dit ook die laaste keer dat ons haar lewend gesien het. Toe kom sê die suster, dat julle altwee dood is. Valery, omdat sy te swak was en te veel bloed verloor het en jy, omdat jy te klein was en nie meer ‘n moeder gehad het nie. Sy vra ons toe om te wag sodat die dokter vir ons die nodige dokumente kon gee. Die verpleegster wat na jou omgesien het, kom roep toe die dokter en sê dat jy lewe. Die babatjie lewe, het sy geskree. Jy, my seuntjie, jy lewe. God is goed vir ons, hy het gesien hoe ons ineenkrimp by die slegte nuus en toe gee Hy jou vir ons terug. Ek sit nou hier met jou by my en skryf. Ek sal Valery, jou moeder, se robynsnoer saam met hierdie briefie vir jou bewaar. Sy het die snoer by iemand, as betaling vir ‘n skildery, gekry, sy het dit altyd gedra. Dit is Valery se wens dat jou naam Jean-René moet wees. Ek en jou vader, ja, Francois is jou vader, ons is jou wettige ouers, sal jou grootmaak met liefde en versorg met omsigtigheid. Valery se oorskot gaan ons hier op die plaas begrawe, langs haar ateljee waar sy so gelukkig was. Al mense by die begrafnis was ons, eerwaarde Nell en Johnny en ou Knikkie. Valery sal hier op Bordeaux rus. Hier waar sy haar beste werk gelewer het. Ek sal al hierdie gebeure in my joernaal opteken, net vir geval die briefie verlore gaan. Valery sal hier rus vind. Jy sal haar teenwoordigheid hier voel. Jy is nou myne, myne...ons s’n. Ons sal jou Jean-René noem. God is ‘n waarmaker, dit glo ek, ek het sò gebid vir jou. Ek sal vir jou bid, vir die res van my lewe.Cecile duToit-du PreezNS Jy het darem ‘n halfbroer, Jacques. Sy ma is ook Valery en sy pa is John Green. Hy is ook nog baie klein. Ons het hom gaan haal daar by Knikkie en Johnny, toe hy so ses weke oud was, want hulle kon nie baie goed na hom kyk nie en dit was altyd koud in hul huisie. Eintlik kon hulle nie regtig vir hom sorg nie. Hy is sò klein, en het altyd verkoue, ons sal julle tweetjies saam grootmaak. Cecile

Sy moeder se handskrif, hoe goed ken hy dit nie. My Liefste moeder. Cecile.

Is daar ‘n engel daar?Nie een wat swewe,Nie een wat skrikmaak Die een kan loop, praat,En doen.Soms ook aanraak ...soen.

Ek was ongetwyfeld nog nie aan die tegnologie van die moderne wêreld uitgelewer nie. Sy en vader het met God se hulp vir my en Jacques grootgemaak. Sy het my met haar liggaamshitte, liefde en die kaggelvuur warm gehou. Dankie

113

Page 114: Bloedrobyne Van Valery du Toit

moeder, dankie Cecile du Preez vir jou totale liefde, al het ek jou so vreeslik teleurgestel, sal jy bly wees om te weet dat ek nou tuis is, hier waar jy my altyd wou hê. Op Bordeaux.” Jean gryp die tafeltjie voor hom vas en voel hoe die opgekropte spanning in sy bors al groter en groter word, totdat dit uitbars in ‘n gil, snik en veroorsaak dat hy baie hartseer is, vir al die verkeerde paaie wat hy geloop het en vir al die hartseer wat hy sy ouers veroorsaak het. Hy vind ook op die oomblik verligting vir al die genoemde emosie. Al sien hy sy moeder se hartseer oë voor hom. Hy soek ‘n lekker koel sitplek onder die bome. Die blare roer, dis asof Cecile hier by hom staan en haar teenwoordigheid so werklik maak, dat die woorde in die dagboek lewend word en opspring uit die bladsye.

Ek, Cecile du Preez, het baie keer stilgestaan by die Oosterse Tapyt.Die wat ek en Francois destyds in Turkye aangekoop het. Daaraan kan ek soms dink en dan wonde wat het van daardie dae geword. Die matte laat so ‘n klein skrefie ‘onthou’ deurskemer. Ons was gelukkig om in daardie tyd so wyd te kon toer. Ek raak soms aan die muurtapyt en ruik die ou Oosterse mark daaraan. Ek kry sommer trane in my oë as ek na die skilderye van Val teen die muur kyk. Daar is so baie, dit lyk soms oordadig, maar waar anders kan ek dit hang, as net hier by my in die huis. Sy het omtrent net soveel van hulle verkoop. Dit was haar inkomste. Ek mis haar so, ek is weer vandag so tranerig. Ek kyk elke keer met verwondering na die sonsondergang en die silhoeët van ‘n ou boom in die voorgrond, dis een van haar beste skilderye. Die skilder se kleurpalet en die gebruik van sagte pastelkleure, is iets buitengewoon en besonders. Valery se Boheemse leefwyse het my baie keer bekommer, maar ek het gewoond geraak daaraan. Ek was ook ‘n kunstenaar op my manier. Ek het wyn gemaak. Ek het ook die weefsentrum begin. Ek soek dan self die kleure uit en wys aan die werkers, sommige my studente, hoe kleure ‘n sekere atmosfeer kan skep. Ek wonder soms wat sy in John Green gesien het. Hy is so ‘n verbrande nikswerd. ‘n Bullebak. Hoe lank is hy nou al weg. Wonder eintlik wanneer kom hy terug. Val se hart is deur hom aan flenters gebreek. Méér as net haar hart was gebreek, ek is seker hy het haar geslaan. Ek wonder oor my seuns en wat die lewe vir hulle inhou. Die twee seuns is ‘n handvol, maar ek is lief vir hulle. Dis so ‘n wonderlike voorreg om ‘n seun te kan grootmaak. C

Die bougainvilleas roer in die ligte bries en veroorsaak ‘n ritseling. Dit trek onmiddellik aandag en so sit hy vir ‘n paar minute na die blare en kyk en dink aan sy moeder, aan Cecile.

Vanoggend is die lug oortrekMet laventel blomme se geureEn ek ruik die malse persblouWat die hele tuin deurtrek.

58

Dis die enigste moeder wat hy geken het, en wil ken. Met die deurblaai van die dagboek, sien hy al kort-kort iets raak wat hy dan lees en kom agter dat dit nie juis ‘n biografiese boek is nie, maar eerder ‘n boek waarin sy haar gedagtes van tyd tot tyd neergeskryf het. Dinge wat haar gepla het of planne wat sy gemaak

114

Page 115: Bloedrobyne Van Valery du Toit

het, of iets wat die kinders kwytgeraak het. Die ding wat hom die meeste getref het, is dat sy ma baie na hom verlang het, toe hy so lank weg van die huis af was. Sy skryf ook, heel teen die einde van die boek,op ‘n los blad, dat John Green haar laat gril het. Sy het net mooi niks van die man gehou nie. Sy weet dat hy baie by Valery gekom het en dan lees Jean ook van die mishandeling waarvan hy in Cecile brief ook gelees het. John was baie ontevrede toe hy hoor dat sy weer swanger is en het haar laat verstaan dat hy weet dat dit nie sy kind is nie. Hy sou niks met dié kind te make wil hê nie. Hy het haar blykbaar gevloek en verskreeu en geskop. Dit het ‘n paar maande aangehou. Hy wou ook hê dat sy moes loop en ‘n ander blyplek soek. Dit het hy nie reggekry nie. Val was in elk geval teen daardie tyd al siek. ‘Sy het my vandag vertel dat hy haar so seer geslaan het en nie net met vuiste nie, maar ook met ‘n tak van ‘n bougainvillea, dorings en al. Hy het ook vir haar gesê dat hy haar en haar kind sal doodmaak as sy die aanval oorleef.’Hoe anders sou sy lewe nie gewees het nie, as dit nie vir Cecile en Francois was nie. Hy is baie dankbaar dat hy en Jacques by hulle grootgeword het.Jean sit die boek op die tafel voor hom neer en laat sy kop tussen sy hande sak. Hy staan op en neem die boek om dit weer in die huisie te gaan bêre.Toe hy die huis instap, oorval die magteloosheid en hartseer hom. Met woede slaan hy met sy vuiste teen die tafeltjie. Hy skreeu sy woede teen hier man wat Val so verniel het, uit. “John Green, God slaap nie, hy sluimer nie eens nie, jou straf sal jy kry.” Sy woede is teen die lewe self, omdat hy nog steeds voel hy is verneder en verneuk deur die lewe en deur...Liza.

Jacques wonder die heel oggend waar Jean is. Hy vra die twee dames om saam met hom te stap.“Kom ons stap na die nuutontdekte geheime huisie op die plaas. Ek glo julle sien kans om te stap, dis ‘n stywe ent.”“Die geheime wat?” vra Gabrielle. Sy ken nie die nuwe verwikkelinge nie.“Gabrielle, dis ‘n lang storie, maar kom ons stap en dan vertel ek jou wat aangaan.”“Julle sal my moet verskoon, ek het werk om te doen,” maak Alida verskoning. En groet die twee. Na so tien minute se stap, vra Jacques.“Sien jy daardie oorhangende rotse en dan, soos ons nader kom, die klipmuur? Dit was heeltemal oorgroei met ‘n Bougainvillea, ‘n Vera Blakeman plant en nog ander rankplante. Dis hoekom mens dit net nooit opgemerk het nie. Daar was nog ‘n waterval ook.”“Wonder waar Jean is. Dalk is hy daarbo by die huisie.” Jean het ook nog niks gepraat of iets te sê gehad, na daardie veelbewoë aand nie. Haar hart doef-doef in haar keel. Hulle loop nou reguit na die huisie en meteens hoor hulle iemand se hartseer en woede. Jacques en Gabrielle hardloop tot by die deur van die huis en krimp ineen toe hulle Jean se woede en pyn sien. Jacques sien die brief in sy hand en trek dit tussen sy vingers uit. Gabrielle neem die boek uit sy hande en gee dit ook vir Jacques. Dié lees die brief in stomme verbasing. Nou weet hy hoekom Jean so vreemd opgetree het die afgelope paar dae. Niemand anders het nog die waarheid gehoor nie. Hy sit sy arm om Jean se skouers en saam loop hulle na buite. Jacques ondersteun hom, totdat hy beter voel. Gabrielle het

115

Page 116: Bloedrobyne Van Valery du Toit

intussen agtergebly in die huisie om eers vir Jacques en Jean kans te gee om te gesels. Sy sluit na ‘n paar minute by hulle aan. Hulle stap na die stewige Houttafel en stoele en gaan sit. Hy sit met sy kop in sy hande. Gabrielle sê dat sy tee sal gaan haal. Nou eers sien Jean dat Gabrielle ook daar is.

“Nee, moenie bodder nie, hier is ‘n mandjie met verversings.”“Gabrielle, ekskuus, ek het nie geweet jy is ook hier nie. Goeiemôre, hoe gaan dit.” Jean probeer om sy verleentheid te verberg, deur met sy sakdoek oor sy gesig te vee.“Hallo Jean. Ek gaan jou nie vra wat jou so ontstel het nie, maar ek glo nie jy moet sleg voel oor die verleentheid nie, ek is ook maar net ‘n mens, soos jy. Ons ken mekaar mos. Onthou jy nog dat ek vir jou gesê het dat jy bietjie met vakansie moet gaan? Dalk moet jy ernstig daaraan begin dink.” Troos Gabrielle. Jean het hier ‘n lekker rusplekkie ingerig. Houttafel en stoele, van uitheemse bome se hout. Om te rus en ook om bietjie verversings te geniet en piekniek te hou as mens sou wou. Nadat hulle tee gedrink het en almal beter voel, wil Gabrielle verskoning maak om te ry. “Nonsens, jy kuier vandag hier.” Nooi Jean en Jacques. Gabrielle bedank hulle vir die aanbod en hulle sit in die buitelug en gesels totdat dit tyd is om te gaan middagete geniet. “Kom eet saam met my by die restaurant.”Later die middag toe hulle terugstap na die groot huis, sê sy.“Jean, Alida het my van die inhoud van die brief vertel. Net sodat ek kan verstaan. Sy het ook so hier en daar ‘n stukkie in die dagboek gelees. Ek verstaan nou hoekom die Green nooit weer sy gesig hier gewys het nie. Maar die man is al bejaard en ons moet hom maar sy alleenheid en dalk eensaamheid gun. Daar is nou weer vrede in jou hart, jy kan nou maar rustiger word?”Jean knik net sy kop. Gabrielle kyk na Jean wat vér loop en tuur, terwyl hy aan die gebeure van die dag dink.“Ek het jou gesê dat my ma en pa nou op Infanta woon? Hulle het vir hulle ‘n huisie daar laat bou; die plek in Swaziland verkoop en hiernatoe gekom. Hulle het gereeld noordkus toe gegaan, maar wou eintlik nader kom diekant toe. Toe ek nou hier woon, toe besluit hulle dat dit nou die tyd is.”

Jy bemoedig en beur opSonder om ooit te stopJou vriendskap was soos leef, Altyd daar, Altyd beskikbaar, As ons oë ontmoet, Dan lees ons mekaar se gemoed.

59

116

Page 117: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Toe Liza by haar ouers kuier, gaan sy een môre gou winkel toe, sy stap sommer, en net toe sy die winkel uitstap, sien sy die man. “Dis mos nie moontlik nie – dis dan André! Of anders sy dubbel. Wat gaan nou aan..?” Dis die polisie wat by die man stilhou en hom in die motor inboender. “Ek moet by die huis kom ek moet vir mamma en pappa gaan vertel.” Toe Liza tuiskom, is sy omtrent in ‘n toestand.“Jy moenie jou so ontstel nie my kind. Ek sal bietjie rondbel en uitvind. Intussen kan jy gerus doen wat jy die beste doen.” Stel Paul haar gerus.

Jacques kom by die nuwe wingerd aan en sien dat die mense hard en ywerig werk om die onnodige lote terug te sny en die grond los te maak en net lekker te gesels Hy gewaar iemand anders ook daar tussen die werkers. Dis eers toe hy by hulle kom, dat hy vir Gabrielle sien. “Haai, ek het nie geweet jy werk ook nou hier nie.” Groet Jacques vir Gabrielle. Sy kyk verras op en groet Jacques opgewonde. Stof kamma haar hande af en groet terug. “Ek sou nie omgee om bietjie moue op te rol nie, ek het vir jare in die buitelug met grond en klip gewerk. Dis lekker, ek verlang om weer so te kan werk.”“Dis goed om te hoor, ek kan dalk vir jou ‘n aanbod maak.” Later stap sy saam met Jacques na die restaurant om ‘n verversing te geniet.“Kyk vir wie kry ek daar buite in die wingerd.”“Hallo julle, ek het net bietjie in die grond kom krap, sodat ek my studente kan vertel hoe lekker dit voel om aan grond te vat en dit op jou vel te voel.” Gabrielle voel skielik baie tuis tussen die mense wat sy nou al goed leer ken het.Alida gee vir haar ‘n bord kos en bied die drinkgoed ook aan. “Ek leer by die ander hoe om uit te dun of af te knip, sodoende knip ek my hande en vingers raak, maar ek het darem nie gedink om hier te eet nie, Alida, ek wil net iets te drinke hê, asseblief.”“Jong, ek weet nie, jy moet maar eet, ander betaling gaan jy nie kry nie.” Sê Alida laggend aan Gabrielle. Intussen het Jean ook bygekom. Gegroet en Gabrielle beland op die ou einde teenoor hulle aan tafel. Gabrielle wil nie opkyk nie, sy is bang een van hulle sien die waarheid in haar teenwoordigheid. Haar helder blou oë verklap gewoonlik wat haar siel wil vertel.“Gabrielle, geniet jy nog die werk by maties? Wil jy nie liewer weer in die buitelug werk nie, of is jou buitelug geswoeg verby?”“Nee, ek geniet nog die varsity werk. Ek het vandag bietjie hier by julle eerstehands kom voel hoe dit is om regtig in ‘n wingerd te werk.”“Wat, het jy in die wingerd gewerk?” Vra Jean verbaas, toe hy hom by hulle aansluit. “Ja, kyk hoe stukkend is haar hande.”“Pure onhandigheid,” lag hy.“Ja, ek het net die behoefte gevoel om buite te werk en om met die grond een te word. Jy weet, ek het nogal verlang daarna.” Sê Gabrielle op ‘n ingetoë manier aan Jean. Hy kyk haar lank rustig aan en weet dat sy weer die ou Gabrielle is. Soos hy haar leer ken het in die noorde. Toe het sy ook so stil en rustig en ingetoë gepraat oor haar werk. Jean wonder nou of sy nie weer na daardie werk verlang en dit nie aan haarself wil herken nie. Sy vind dalk effe vertroosting in die werk hier in die wingerd. Hy kry meteens ‘n ingewing.

117

Page 118: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Gabrielle, jy is welkom om af en toe hier te kom werk as jy wil. As jy verlang na buitelug en grond, jy is regtig welkom.”“Haai, Jean, dankie, ek sal daaroor dink, maar ek is darem nie so lus vir hande arbeid nie. Maar ek sal daaroor slaap. My hande moet dalk net eers gesond word.” Gabrielle bloos skielik en klink meer uitgelate as wat sy regtig wil wys.“Wel die aanbod staan, dink daaroor. Ons het nie ander geoloë hier by ons in die wingerd nie, maar ons kan jou kennis gebruik.” Terg hy.“Ek sal eers moet fiks word, sjoe, dis harde werk die heel dag in die son, maar bevredigend.”“Kom ek gee eers salf vir jou hande. Kom saam.” Hulle stap na sy kantoor toe en vra vir Francet om vir hom die salf te gee. Hy vryf die salf aan Gabrielle se hande, op die stukkende plekkies en kyk na haar hande. Gabrielle kyk op na sy gesig.“Dankie, Jean, dit is reg, los nou maar.” Gabrielle ry in stilte terug. Haar kop maal van al die gedagtes.“Hoe gaan ek my gevoelens wegsteek vir hom. Hoekom moet ek my gevoelens wegsteek? Ek hou van hom en ek is seker hy voel ook so. Al is hy nog hartseer oor Liza. Ek wonder wat daar gebeur het. Hy sal daaroor kom, ek ken mos nie vir Liza nie.”

“Jean, telefoon, hier in die kantoor, kom gou.” Roep Alida na Jean.“Hallo.Dis Jean wat praat.”“Jean, hallo, dis Paul du Plessis hier. Luister, sonder om my in die rede te val. Jy weet mos van die man wat Liza destyds aangerand het, André, hy is deur die polisie aangekeer, hier op die dorp. Dis ‘n bietjie van ‘n deurmekaar storie, want ons het gedink dat hy dood is, maar klaarblyklik toe nie. Liza is in ‘n toestand, want sy was by die kafee toe sy die man gesien het. Die polisie het hom aangekeer, en sy het dit alles gesien. Hy is blykbaar aangekeer vir onwettige perlemoen handel, onder andere.” “Maar, was dit nie...”“Presies, dis hoekom Liza so ontsteld is. Sy het gevra dat ek jou laat weet en ook gevra dat jy die owerhede kontak en uitvind wat gebeur het, sy wil nie weer betrokke raak nie en jy moenie haar naam noem nie. Asseblief, Jean, as jy kan sonder om te veel dinge deurmekaar te krap. Kan jy ons laat weet, ek gee jou ons nommer.”“Ek het die nommer, ek sal gaan uitvind en ek sal laat weet, sodra ek weet wat aangaan.” Jean roep vir Jacques en saam besluit hulle om hul prokureur te kontak en hom te vra hoe om nou te werk te gaan.

Na weke se baie harde werk en beplanning, is dit skielik al weer amper tyd vir die jaarlikse kaas en wynfees op Bordeaux. Die kaasmakery het ‘n groot sukses geword onder die leiding van ‘n nuwe kaasmaker. Die bedryf is uitgebrei na ‘n werkskeppingsprojek en word passievol deur die plaaslike mense bestuur. Dis hul trots en dis regtig spog kaas wat uit die kaasmakery kom.

118

Page 119: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Ek het seker vir Gabrielle iewers ‘n sagte plekkie. Ek weet dis te gou na Liza. Seker meer as wat ek destyds aan myself wil erken. Ons het goed saamgewerk, maar toe gebeur die storm met ons en terwyl ek op die naat van my rug gelê het, kon ek nie aan haar dink nie, want ek het tog gedink sy is dood. Ek het haar reeds begrawe in my gedagtes. Ek kon nie dink dat ek en sy...” Jean wil weereens nie sy gedagtes in daardie rigting stuur nie, want hy het skielik ‘n geskiedenis met die vrou wat hy beter geken het as enige ander vrou in sy lewe. “Waarnatoe loop my gedagtes met my, waarnatoe wil ek nou gaan? Ek het vir René, wat ek beter moet leer ken. Ek moet vir Améli-hulle vra of ek haar moet sê dat ek haar pa is. Ek wonder nou net, hoekom op aarde het Améli haar as ‘n Du Preez geregistreer? Ek moet haar vra. Ek leer haar gelukkig nou ken, sonder dat sy iets hoef te weet.” Jean is besig met selfondersoek. Hy stap teen die berg uit om sy gevoelens uit te sorteer. Dan moet hy ook met Améli praat, hy kan dit nie langer opkrop nie en hy moet ‘n besluit neem in hierdie verband. Skielik voel dit alles vir hom net te veel. Hy neem skielik ‘n besluit. “Ek moet hierdie dinge van ‘n kant af probeer oplos.”

Daar is nog die saak met die man wat in aanhouding is en wat uitgesorteer moet word, voordat die polisie hom laat gaan. Hy moet agter die kap van hierdie byl kom. Dalk kan hy Liza sò weer terugwen.

Later die oggend ry hy Stellenbosch toe. Eers moet hy dié saak uitsorteer. Op Stellenbosch aangekom, soek hy na die adres wat Gabrielle hom gegee het.“Jean, dis ‘n verrassing.” Gabrielle is verbaas en bly en bekommerd, alles gelyk, om Jean te sien.“Gabrielle, kan ons bietjie gesels. Ek kan nie so aangaan nie. Ek weet ook nie of ek nou ‘n fool van myself gaan maak nie. Maak nie saak nie, ek wil weet of jy ook so voel? Jean neem ‘n tree nader aan Gabrielle en skielik is sy in sy arms. Na ‘n lang ruk, stoot sy hom saggies weg en tree terug.“Ek weet nie wat jy wil hê ek moet sê nie, maar...”“Hemel Gabrielle, ek is jammer. Ekskuus.” Jean voel aan sy lippe, wat skielik baie broos voel. Dit was iets wat hy so lank opgekrop het in sy binneste en nou het hy alles ingesit in daardie omhelsing en soen.“Jean, ek is...maar ek was so lank...h-mm...ek dink nie ons moet so in detail aangaan nie.” Gabrielle lag sag en kyk weg omdat sy nie haar stem en oë vertrou nie.“Gabrielle, ons was so lank in mekaar se lewe, deel van mekaar en noudat ons weer binne trefafstand van mekaar af woon, droom ek van jou.”“Ek droom van jou ook, Jean, maar ek dink nie ons is vir mekaar bedoel nie, ons moenie die gevoelens laat hand uit ruk nie. Ek dink dis net begeertes wat ons voel en nie enigiets dieper nie. Moenie kwaad wees nie, maar ons moenie weer nie, asseblief.”“Ja, die begeertes van die vlees, bedoel jy nou. Ek is jammer, maar dit was ‘n opgekropte begeerte.” Jean dink dat hy eintlik na Liza verlang, en nie na...

Jean kom eers teen skemer op Bordeaux aan.Niemand vra iets nie. Alida kyk hom net met ‘n bekommerde blik aan.“Kom ek skep vir jou in.”

119

Page 120: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Ja dankie, Alida, ek is regtig nou honger soos ‘n bees.”“Het Daan al iets laat weet, ek bedoel nou van die ou wat die polisie in hegtenis geneem het op Verestrand?”“Nee, ons het nog niks van hom gehoor nie.”Hy skink vir hom ‘n glasie wyn en nadat hy klaar geëet, staan hy op en gaan stort en slaap.“Nag almal.”

60

Die volgende môre nadat almal op hul pos aangemeld het, klim Jean in sy motor en ry. Hy ry nie vandag om klas te gaan gee nie en Alida wonder oor Jean se gedrag, waarnatoe sou hy ry, sonder om eers iets te sê. Wonder of Jacques iets weet.Jacques sien egter ook vir Jean ry, groet en gaan aan met wat hy doen. Jean ry elke dag net weg, sonder om iets vir iemand te sê. Soms met die motor, soms met sy 4X4. Een aand word dit baie laat. Almal het al geëet en almal wonder waar Jean is. Hy het ‘n afspraak met ‘n prokureur gehad, maar niemand weet waar hy nou is nie. Hy antwoord ook nie sy selfoon nie. Teen agtuur die aand daag Jean eers op.“Hallo julle, hoe...”“Waar was jy broer, my donner, jy het ons die hele dag in absolute angs en bekommernis gehad. Kan jy nie vir een van ons laat weet waar jy is nie?” Jacques is so kwaad, hy kan slange vang. As dit nie vir Alida en René was nie, het hy Jean bygedam. “Ek dag die sekretaresse van...” Dis nie in Jacques se aard om so op te tree nie. Jean het net sy hande in die lug gegooi en op sy hak omgedraai, kamer toe. Hy gaan later voor die orrel sit en speel die mooiste en die sagste musiek denkbaar. Almal los toe maar vir Jean, niemand het ‘n woord uit hom gekry nie. Skielik hoor René die ou bekende Halleluja lied. “Doen slegs U wil Heer.” Sy vee haar trane weg, want dit was nog altyd haar gunsteling lied. Sy wil graag na Jean toe gaan, maar sy is bang hy raas met haar. “Môre almal,” groet Jean die klomp aan ontbyttafel. “ek wil julle net inlig, dat die man wat in Verestrand in hegtenis geneem is, toe nie die André is, wie almal gedink het dit is nie. Die man se naam is Michael du Randt. Hy is ‘n ou skelm wat dan hier, dan daar opduik, ‘n paar kriminele dinge doen en dan weer wegglip. Die polisie het die saak deeglik ondersoek, nou is dit in die hande van forensies. Hy het ‘n vyf jaar vonnis wat hom in toom sal hou. Daar was eergister ‘n beriggie in die koerant. Blykbaar, dis net bespiegelings, het die man ‘n verband met André gehad, jare terug. Forensies is nou besig met die uitsorteer van die saak, kom ons hoop hulle los die raaisel op. Ek dink nie ons hoef verder bekommerd te wees oor die bedreiging wat hy ingehou het nie.”Alida en Jacques kyk stom van verbasing na Jean. “Waar kom jy aan al die inligting, Jean?”“Ek was elke dag in kontak met die saak en het saam met jou pa en ma hof toe gegaan gister, dis hoekom ek so laat was. Jammer julle. Terloops, Liza is okey, sy was nie by die hof nie, maar jou ma sê, sy is piekfyn.”

120

Page 121: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Jean, is mamma en pappa okey, ek bedoel, dit was nogal destyds ‘n groot ontsteltenis in ons gesin. Ek dink nie ek het vir Jacques hiervan vertel nie, maar dit lyk my jy ken die storie. Ek het daardie tyd al gedink dat ek die man wat so-iets aan my sussie gedoen het, kon vermoor. Ek bedoel nou maar, sy was nog so onskuldig.” Alida vee vinnig die trane af wat oor haar wange rol. Jacques tree vorentoe en gee vir Alida ‘n sakdoek.“Die ondersoek beampte het vir my gesê dat die man baie onsamehangend praat. In die getuienis wat hy gelewer het, het hulle hom onder andere uitgevra na sy eskapades van jare. Die saak van Liza het ook ter sprake gekom. Die Michael het vertel hoe ‘n man in ‘n parkeerterrein na hom toe gekom het met ‘n pakkie. In die pakkie was onder meer ‘n broek en ‘n hemp en ‘n diamant hangertjie. Daarby aangeheg was ‘n adres. Blykbaar die adres van Liza, daardie tyd. Hy het nie toe geweet wat dit beteken nie, maar het toe die adres in sy besopenheid besoek. Die res ken julle. Jou ma het later vir my en jou pa gewys hoe die hangertjie lyk. Liza het dit vir jou ma gegee om te bêre.”“Moes my ma of pa getuig?”“Nee, nee ons het maar stil gesit en luister. Die ondersoek beampte het ons gesê dat hulle nie ons getuienis nodig sal hê nie. Die ou deel van die saak was eintlik glad nie ter sprake nie. Dit wat hulle teen hom het, is in elk geval genoeg om hom in die tronk te laat sit. Hy het nog twee ander verkragtings op sy kerfstok.”Iets val Jean by.” Die man is familie van André. O ja, ek het gesê hulle het dieselfde van, Du Randt. Toemaar, dalk hoor ons nooit weer van hom nie.”Die oggend begin dus effens gedemp.

Wanneer het jy ‘n vriend?Dink tog net: ‘n vriend gee omdink daaraan: geen woord wat kwetsDink weer: wanneer is iemand ‘n vriend.

Die lente word altyd met oorgawe gevier op die plaas. Jean en Jacques probeer ook om die plaas se geskiedenis aan die mense oor te dra in die vorm van ‘n lentedag fees en ‘n terrein skoonmaakdag. Daar word ook pryse uitgeloof vir allerhande kategorieë. Dis ‘spring cleaning’ dag, soos die Engelsman sal sê. Elkeen bring sy beste in. Elke man vrou en kind bring idees na Alida en Francet. Hulle wil kompeteer op alle terreine en wil die buurplase en dorp se kinders uitdaag om deel te neem. Dis ‘n sportsdag, meer as sportdag. Die nutsmanne en onderhoudspanne laat ook die geboue skitter in die tyd. Alles word onder hande geneem. Daar is ‘n geverf en getimmer en die plek begin al hoe mooier en aanskouliker te lyk. Die tuine kry ekstra aandag en die talle roosbome word gesnoei en die werkery steek almal aan om hul bes te doen om die plaas, wat reeds ‘n spogplek is, nog meer te laat ‘blink’. Die vrouens sorg weer dat die huise in die binnekant blink skoon kom. Die planne van sommige van die jongklomp raak so baie, dat party van die planne sal moet oorstaan tot ‘n latere byeenkoms. In die week voor die kermis, skou, of wat hulle dit ookal wil noem, kom Gabrielle op die plaas aan. Alida en René is op die oomblik in die roostuin en sien Gabrielle se motor. Sy wink vir haar en nooi haar binne. “Hoe gaan dit? Lanklaas gesien, vreemdeling.”

121

Page 122: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Hallo julle, ja ek was lanklaas hier. Hoe gaan dit met julle?” Gabrielle se oë is vol vrae.“Waar was jy, of was jy net besig.?”“Nee, ek was maar nog altyd hier, ek het net getrek na Stellenbosch. Hoe gaan dit hier by julle?” vra Gabrielle terwyl Alida ‘n glas gemmerbier vir haar aanbied en haar eie ook inskink.“Jong, ons het so ‘n bedrywigheid hier aan die gang. Dis volgende week ons sportsdag, eintlik week. Elke dag is hier allerhande kompetisies. Jy moet ook kom. Ons sal nie dat jy betaal nie, jy is ons gas. Elkeen wat kom kyk, moet ook aan ‘n item deelneem, sodoende is dit jou toegang, maar ons sal jou verskoon. Eintlik moet jy die vorige aand kom oorslaap, dan is jy lekker vroeg hier.” “Dit klink lekker. Dankie vir die uitnodiging. Ek sal daaroor dink. Jy weet ek het darem nog my werk ook. Ek gee mos klas by Maties, geologie bly maar my eerste liefde.”“Van eerste liefde gepraat, Jean het vir René die mooiste kantoor ingerig. Ek moet jou gaan wys. René gaan nou ‘n ander rigting inslaan. Eintlik het sy al begin, maar ons moes eers voelers uitsteek om die belangstelling van die omgewing te peil. Marijke het René genader om as skakelbeampte van die besigheid te werk. Jy weet mos dat Jean en Marijke die opname ateljee begin gebruik het. Ons sit hier met ‘n ongelooflike klomp talent wat ontgin moet word. Die plek is gelukkig groot genoeg vir ‘n kleinerige konsert. As dit somer is, kan mens begin dink aan buitelug konserte. Ons gaan dit ook nou aankondig en adverteer met ons fees.” Die hele tyd wat Alida praat, kyk sy Gabrielle in die oë om sodoende agter te kom of haar gedagtes en oë nie dwaal nie. Kom sy om die hondjie of die halsbandjie. Sy is nog altyd half jaloers omdat Liza dalk nog gaan verloor in haar resies teen Gabrielle en dan die prys, Jean, gaan misloop.“Sjoe, dit klink na ‘n bedrywigheid. Sterkte vir julle projekte. Ek wonder nou net, dink jy ek kan na die blok wingerd gaan kyk. Die een daarb...”“Ja, natuurlik, wil jy alleen gaan of moet ek saam?”“Ek kan alleen gaan, moenie worry nie.”“Neem een van die quad bikes. Kom ek gaan wys jou waar die goed geparkeer is, as jy terugkom, gaan wys René jou die kantoor.” Gabrielle ry ingedagte na die boonste wingerd. Oral sien sy, op pad soontoe, hoe die bedrywigheid in die wingerd afgeneem het, sedert sy in Februarie laas hier was. Lente is voorwaar in die lug. “Kyk net al die blaartjies. Wonder waar Jean is. Ek moet hom sien.” Sy hou stil en kyk af na die wingerd, hier sien sy vir die eerste keer die begraafplaas tussen die blok net langs die nuwe een. In ‘n ouer deel van die wingerd is die ou begraafplaas duidelik sigbaar. Gabrielle neem haarself voor om daarna te gaan kyk. Dis nog deel van die plaas se geskiedenis. ‘n Volgende seisoen is op hande en daar sal nuwe kleur, nuwe lote en nuwe groei wees. “Ek het so ‘n nuwe loot, nuwe groei in my lewe verloor toe ek Jean laat gaan het. Daardie tyd in die verre noorde toe ons mense moes help om weer hulleself te kon help. Ek het vergeet wat dit is om enigsins romanties te wees. Ek wil nie vir Jean seermaak nie, nooit nie. Juis daarom moet ek met hom praat. Die dae en weke en maande op die vindplaas, was ek in beheer, hier nie. Die son was te warm en daardie soort hitte is nie bevorderlik vir...vir...wat ookal nie.” sy draai om, om maar terug te ry, toe sy ‘n motor hoor aankom. Dis Jean. Sy kan hom

122

Page 123: Bloedrobyne Van Valery du Toit

nie ontwyk nie. Sy kan probeer om tussen die wingerd weg te kruip. Alida het hom seker gesê dat sy hier bo is.

Die geure is anders hierBy die see ruik jy soutlug - Skoon vars seelugFynbos en sproei - Dit laat jou sinne gloei Jy haal asem met genot Want jy ruik die mos, dis die gis-vrot en die kaas - En jy weet jy is op ‘n plaas.

Hier, is die geure skielik andersGeure word reuke, die oomblike word breukeVan stank, klank en steurnis, Jy weet wat daardie reuk is.

“Goeiemôre, hoe gaan dit?” Jean loop na Gabrielle toe. “Hoekom bly jy so lank weg, mens mis jou.” Jean kyk haar in die oë, maar sy ontwyk sy oë die hele tyd.“Ag, ek was ook maar besig.” Jean loop tot by haar en druk sy wang teen haar wang en op haar hare. Sy hou haar hande teen sy bors sodat hy nie nader kom nie. “Netnou sien iemand ons, dan kry hulle die verkeerde indruk.”“Goed, kom jy ‘n koeldrankie drink?” nooi Jean.“Nee dankie, ek gaan net die ryding bêre, dan ry ek terug.” Gabrielle probeer om weg te kom van Jean, maar sy slaag nie heeltemal daarin nie. Hy hou haar hand vas terwyl hulle na die voertuie toe loop.“Los, ek sal iemand stuur om dit te kom haal, kom klim in, ek vat jou terug.”“Jean, ek wou by die familiegrafte ‘n draai gery het.” Sy sê dit bietjie huiwerig, want sy weet Jean sal dalk wil saamkom. Sonder om op ‘n antwoord te wag, neem hy haar aan die elmboog en laat haar inklim in die bakkie. Jean kyk skuinsweg na Gabrielle en vra:“Hoe gaan dit Gaby? Wil jy nie maar met my praat nie.” Jean vra met effense huiwering. “Is ek al vergewe of hou jy nog iets teen my?” Sy kyk net skerp na hom en hy vervolg met:“Kom ek gaan wys jou die grafte van Francois en Cecile en nog ‘n paar ander.”Toe hulle in die begraafplasie staan, is daar ‘n gewyde stilte tussen hulle. “Jou ma en pa het grootliks verskil in ouderdom?”“Ja, maar my pa het die grond aanbid waarop Cecile geloop het.”Later toe hulle weer in die motor sit, wil Jean weet wat haar gevoel teenoor hom is.“Jy is net bietjie te roekeloos, maar ek moet dadelik ry.”“Nee, Gabrielle, praat tog asseblief. Was daar nie iets tussen ons nie? Glad niks nie.”“Nee, Jean, ek is jammer as jy die indruk gekry het, maar nee, daar sal nooit iets tussen ons twee kan wees nie.”

Doen slegs U wil Heer, U wil met mySo maak ‘n pottebakker met die klei.Dit word bewerk, gedruk en gebrei,

totdat dit reg is om ‘n kleipot te maak, en ek

123

Page 124: Bloedrobyne Van Valery du Toit

die kleipot kan vul met die skat binne my.

Vorm my en maak my, net soos U wil’ek wil soms uitklim en skree,ek word gebak en gebrei en gekneemaar U hou my veilig,

soos U wilbeskerm teen sonde, en vulmy, bou my en hou myneed’rig en stilNet soos U wil.

Alida sien hulle uit die bakkie klim en roep hulle nader. “Dankie, ek wil nie nou iets kom drink nie, maar ek sien julle met die sportsdag.” Alida gee haar ‘n bottel vrugtesap en groet haar. “Mooi ry.”Terwyl sy terugry, dink sy aan haar kinderdae. Nadat haar ouers vermoor is, is sy deur Suid-Afrikaners aangeneem. Hulle het ook in Mosambiek gewoon en kon sy, wat toe pas twaalf was, haar skoolloopbaan by ‘n privaat onderwyseres voortsit. Die onderwyseres was ‘n suster van haar pa en sy het ook oral saamgetoer. So het Gabrielle nooit ‘n dag se les gemis nie, maar was sy in die bevoorregte posisie om die meeste en beste te maak van elke dag in die natuur. Teen die tyd dat sy klaar was met skool, het haar aanneem ouers al verhuis na Nelspruit en later het hulle ook Swaziland toe gekom. Om naby haar te kon wees. Gabrielle het in Swaziland gaan studeer. Na haar Bgraad, het sy by Tukkies ingeskryf. Sy was altyd ‘n bogemiddelde student. Al wat sy van haar ouers kon onthou, was die verskriklike krete wat hulle geuiter het in hul doodsuur. Sy kon nog nooit daardie tyd in haar lewe vergeet nie. Haar aanneem moeder het dit haar taak gemaak om vir Gabrielle van die omgewing te leer. Jody en Mark het geen ander kinders nie en was verheug toe hulle die klein dogtertjie kon aanneem. Hulle was lief vir die buitelug en die see en het haar oral met hulle saamgeneem. Sy het vir lank nog snags wakker geskrik van ‘n nagmerrie en dan angsvallig gegil. Hulle het haar gehelp waar hulle kon en het haar tuis onderrig. Die buiteluglewe het op die ou end vir haar groot betekenis gehad toe sy haar studie en werk in die buitelug moes verrig. “Ek dink ek het genoeg rondgeswerf in my lewe. Ek moet vir mamma en pappa gaan kuier. Ek wens net ek kon...nee wag nou Martinez, dis wensdenkery.” Haar gedagtes was natuurlik by Jean.

61

“René, jy moet asseblief nie vanaand uitgaan nie, hou die aand oop vir my.” Jean praat sag met René, daar waar sy in haar nuwe kantoor sit.“Ek sal boontoe kom, hoe laat moet ek daar wees?”“Jou ma hulle kom ook hiernatoe, en sy het gesê dat sy so vyfuur se kant hier sal wees.” Jean wonder hoe sy op die nuus gaan reageer.Kort na vyf kom Dawid en Améli op die plaas aan. Jean beduie vir hulle waar om hul motor te laat en stap, na die groetery, met hulle na die kuierplek.

124

Page 125: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Lig my hoog op uit die moerasJy sien die droë uitgebrande asin my raak. As ek lusteloos siten verveeld met die lewe raak.Dan trek jy my tot daar bo,Hoog op, waar die daghelder vir ons wag.

“Hoe gaan ons die storie begin. Het jy al iets met Dawid bespreek.”“Ja, Dawid het gesê hy sal die hele ding aan haar verduidelik, so van sy kant af, en dan kan ek en jy net invul en aanvul.”“Dis so ‘n mooi plek hierdie Jean, Dit pas pragtig by die omgewing, ek praat nou van die gedeelte wat nie wingerd het nie.” Kom Dawid by.“Ek het vrede gemaak met my lot, ek is heeltemal rustig en tevrede, noudat ek voltyds op die plaas en in die Boland is, dankie.”René kom in met ‘n bedieningstrollie met koffie en koek. Sy groet haar ouers en bedien hulle met die koffie en eetgoed. “Dis nou ‘high tea.’ So kom geniet.”“Dawid, waar is die seuns, het hulle nie saamgekom nie?” vra Jean.“Nee, hulle moet die plaas oppas terwyl ons uithuisig is. Buitendien is hulle glad nie meer geneë om saam met ma en pa te kuier nie.”“Sê my, wat is die plan van aksie.” Vra Dawid.“Jy en Améli kan vertel wie haar pa is, sonder om name te noem, en dan vat ek dit vandaar.” Net toe stap René die vertrek binne. “René, kom sit hier, meisiekind, ek en jou ma wil bietjie met jou gesels.” Nooi Dawid vir RenéJean gaan eenkant sit. Hy wil nie deel wees van dié deel van die gesprek nie. Hy sal later inval. Dawid sit sy arm om René se skouers toe sy langs hom gaan sit. Améli sê vir René: “Ek wil jou vandag vertel waar jou regte pa is. Onthou jy dat jy jare gelede vir my gevra het en omdat ek bang was dat ek jou gaan verloor, het ek ‘n storie uit my duim gesuig. Jy het ‘n pa wat ‘n baie goeie man is en op wie jy trots kan wees en hy is ook binne jou bereik.” Sonder baie omhaal gaan Améli voort met die vertelling.“René, sonder om jou te probeer mislei en sonder om jou pa se lof te erg te besing, wil ek vir jou vertel dat hy iemand is wat jou met ope arms sal ontvang. Ek en jou pa het mekaar op Universiteit geleer ken, goed leer ken. Ons het nie toe aan ‘n toekoms saam beplan nie en ek wou nie een van ons se spoed breek wat dit betref nie, daarom het ek ook nooit vir hom gesê dat ek swanger is nie. “Ek het reggekom, al het ons swaar gekry, het ons dit gemáák, my kind. Jy was nou die dag een en twintig en ek het gedink dat ons jou nou wil vertel.”Jean het doodstil gesit en luister na die twee mense se verhaal. “René, jy het ‘n baie brawe ma. Sy het jou alleen grootgemaak en ‘n baie goeie job gemaak daarvan.” Dawid voeg ook sy stuiwer in die armbeurs by. René kyk na Jean en wonder hoekom hy ook insit in hierdie privaat gesinsvergadering. Jean staan op en stap na die groepie toe. Hy gaan sit op die tafeltjie voor hulle. Hy neem René se hande in syne.

125

Page 126: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“René, ek is huiwerig, maar bevoorreg, om te kan sê dat ek en jou ma ons paadjie apart geloop het maar ons het een ding gemeen en dis jy. Wat ek dus daarmee wil sê is, dat jy my kind is. Ek is trots daarop. Dit het maar net nie uitgewerk tussen my en jou ma nie. Ons wou nie daardie fout maak nie, jy was geen fout nie, jy is ‘n groot plesier, ek wil jou baie goed leer ken. Al het ek nou-eers van jou verneem, is ek nogtans baie trots op jou. Ek is bewus daarvan dat jou ma jou by geboorte ook geregistreer het as René du Preez.”René se oë is vol trane, haar hande en mond bewe so dat sy nie ‘n woord uitkry nie. Sy sit haar arms om Jean se nek, hy staan op en trek haar saam. “Ek is so verras met hierdie aankondiging. Ek is egter vreeslik bly dat oom my pa is. Moet ek nou leer om pa te sê vir oom? Ek het nogal altyd gewonder oor my van.”“Ek gaan baie bly wees as jy my wil aanspreek as pa, maar ek gaan jou nie dwing nie.” Hiermee staan Dawid en Améli ook nader en sit hul arms om René. “Ek was bevoorreg om jou vir nege jaar as dogter te hê, ek gaan jou ook nie dwing om nié meer vir my pa te sê nie, maar ek is sò bly dat ek met jou ma getroud kan wees.”“Julle moet nou ophou, ek huil my grimering alles af, ek sal moet gaan opknap.”sê ‘n baie emosionele René.“Kom ons drink nou koffie of tee, of wat ook al, ek sien hier is ‘n bottel vonkelwyn ook. Ons het mos iets om te vier, of hoe?” Jean is baie opgewonde en ook emosioneel en probeer sy trane wegpraat.“Kom, hou julle glase, sodat ek vir elkeen ‘n doppie kan skink.” Dawid is ook bly dat alles in ‘n goeie gees geskied. Op hierdie oomblik kom Alida en Jacques ook by die familiekamer aan. “Drink julle al sjampanje? Dan het alles goed afgeloop. Ek is bly, baie geluk, Jean, en julle. René, baie welkom in die gesin, jy is mos al deel van die familie.”“Dankie oom Jacques, ek voel al baie welkom hier, dankie. Dis wonderlik om twee pa’s te hê en dan nog vir oom ook. Dis nie baie mense wat dit kan sê en dan nog baie gelukkig kan wees daaroor nie.” Améli kom na René toe en neem haar kind in haar arms en sê: “Dankie my kind, dat jy verstaan en my ondersteun al die jare en my nou ook nie verwyt nie. Baie geluk ook met jou ‘tuiskoms’ in die gesin.”“René, ek wil hê dat jy môre oggend by die vergadering moet wees. Ons gaan ‘n vergadering hou oor die nuwe werkverdeling. Ek wil hê dat jy ook daar sal wees, asseblief.” Jacques glimlag in René se rigting.“Ek wil ook net ietsie sê. Ek gaan jou ‘n aanbod maak, een van die dae, sò, jy moet maar mooi luister.”“Aanbod, watter aanbod, oom...ek bedoel...? stotter René“Wag maar tot met die vergadering.”

As iemand my sou vra,Kan ek jou sak help dra?Wat sou ek dan sêWat wil jy van my hê?Dan weet ek jy vertrouOp vriendskap tussen my en jouDan sê ek graag: kom jy meeDaar is ‘n sonkol vir ons altwee.

126

Page 127: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Daar is beslis plekkies in die son vir almal. Jean weet dat dit hom geensins sal pla as René sou besluit dat sy sy verantwoordelikheid moet wees nie. Hy moet geduldig wag vir haar om ‘n besluit te neem.Hy sal in elk geval die prokureur moet gaan sien. Jacques het hom gesê van sy planne en dus sal hulle maar na hul testamente moet laat kyk.

62

Jacques en Jean stap laat middag teen die berg uit. Met die gewone looppaadjie tot by die kliptroon, hul geliefde uitkykpunt.“Jean, dit was ‘n dramatiese tyd in jou lewe. Nou het jy ook ‘n kind, een van wie jy nou eers uitvind, maar tog familie. Ons is ook nou amptelik broers. Dis mos nou amptelik.” Jacques draai so dat hy na Jean kan kyk. Jean glimlag meteens. “Is jy bly? Ek is.”Skielik is albei weer seuns. “Ja, ons is soveel jare al broers, nou is ons ook maats, beste maats. Onthou jy hoe ons altyd gespeel het dat hierdie plek hier onder ons ons koninkryk is. Ons was die Prinse in hierdie koninkryk. Die bossies en rotse was ons onderdane. Onthou jy?”“Ja, ek onthou. Dis presies hoe ek nou voel. ‘n Oorwinnaar oor hierdie mooi plaas en die ‘onderdane.’ Uiteindelik is ons albei hier waar ma en pa ons wou hê. Op die plaas en saambouend aan die familiebande en ons lewens. Laat ons dan maar so voortgaan met die plaas en ons kinders.”“Jy het vroeër gepraat van ‘n prokureur en testament, wanneer het jy ‘n afspraak?”“Ja, ons moet die wiele aan die rol kry. Ek het toe sowaar ‘n nageslag sonder om ‘n vrou te trou!” onthou Jean van Jacques se vroeëre vermaning.“Ja, wragtig, jy is eintlik heel bevoorreg.”Al weet hulle ook hulle is nie Cecile se eie nie, is hulle nogtans bevoorreg om op die plaas met sy ryke erfenis te kon opgroei. Die bloedrobyne van Val du Toit is deel van hulle albei.

Kom uit die skadu na die ligSodat ons nie sal kwyn.Kom nou dadelik in sigAnders gaan jou skaduwee verdwynAs God jou sou vra: laat My jou las vir jou dra. (hoe laat jy jou skaduwee val)dankie Heer, sê ek hierdie keer, ek sal,en draai dadelik na die ligen ek sit my nie tee,want ek wil sienwaar laat val Hy my skaduwee.

63

127

Page 128: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Gabrielle en Jean se ontmoetings by die restaurant vir ontbyt, het gemaak dat die twee mekaar so goed leer ken het, dat dit vir hulle voel asof hulle mekaar al jare ken. Omdat Gabrielle baie op Bordeaux gekom het om die nuwe wingerd dop te hou en om te kuier, het sy sodoende die doen en late van elkeen leer ken. Sy het daarvan gehou om soms by die kaasmakery te vertoef, sodat sy van die kaas kon proe. Sy en Jean en sy familie het hegte bande gesmee. Uiteindelik het sy ook haar ouers oorreed om ‘n naweek by haar te kom kuier. Gabrielle neem hulle die Sondag uit plaas toe. Jody en Mark was in vervoering oor die plaas. Hulle het van die berg uitstappie gehou en Jean ook saamgevat, sodat hy vir hulle die plante kan identifiseer. Hierna is hulle na die restaurant toe om nog verder bederf te word deur Gabrielle. Die twee honde, Shiraz en Merlot het natuurlik saamgegaan. Hulle is nou al goed geleer en baie gehoorsaam en geniet sulke uitstappies berg toe.

Toe kom daar skielik ‘n keerpunt.

Gabrielle kom een aand laat op die plaas aan. Sy wil graag dringend met Jean praat. Gabrielle voel half senuagtig toe sy haar motor parkeer. Jean het haar gevra om naby die huis te parkeer, want dit lyk na reën en hy wil nie hê sy moet in die reën loop nie.“Wat bring jou dié tyd van die aand hier?” Gabrielle trek die reënbaadjie uit wat sy aangehad het.“Ek en jy moet gou bietjie gesels. Ek gaan die vakansie bietjie na my ma-hulle toe en ek hoor jy gaan nou tòg maar bietjie oorsee rondloop.”“Waar hoor jy dit?” stories versprei gou, maar die waarheid versprei nog gouer.“Toe nou maar, my vriend, ek dink jy verdien ‘n bietjie lekkerte in jou lewe.”“Kan ek gou vir ons ietsie warms kry, of iets wat warm maak?” Sê Jean en wys na die kaggel en die sjokolade drankie.“Dit sal lekker wees, dankie. Dis skielik koud weer vandag.” Gabrielle krul haarself op op die gemakstoel voor die kaggel.“Lekker so voor die vuur, hier is jou sjokolade drankie.”“Dankie, Jean, vertel my, waarheen is jy oppad. Wanneer en waarheen oral?”“Ek vertrek oormôre en ek vlieg oor Rome na Madrid en dan na Bilbao. Dan gaan ek ‘n gedeelte van die Camino de Compostella stap. Ek het al ‘n gedeelte van die roete geloop, jare gelede en ek het die sertifikaat om dit te bewys, nou gaan ek ‘n gedeelte in die Noorde van Spanje loop. Ek weet nie of ek dit sal kan doen nie, ek is nie baie stapfiks nie, maar ek gaan probeer. So algaande raak ‘n man darem fiks. Ek sal dit maar stadig vat en genoeg pleisters en salf saamdra. Dan is daar ‘n toertjie in Duitsland en Tsjeggië, met ‘n orrelkonsert wat ek wil gaan luister. Dis ook ‘n pelgrimstog om na die grootste kerkorrel in die wêreld te gaan luister. Hulle hou ‘n uitvoering op die orrel die dag dat ek beplan om daarnatoe te gaan. Dis in die dorpie met die naam Passau.”“Sjoe, dit klink gewigtig. Hierdie milo was heerlik Jean, dankie. Luister, ek wil hê jy moet dit gaan geniet. Neem jy iemand saam? Dis mos nie so lekker om alleen te gaan stap nie.?”“Nee, ek neem niemand saam nie, mens ontmoet soms goeie stapmaats so op die staptog en ek wil juis bietjie alleen wees. Jy het dit voorgestel, onthou?”

128

Page 129: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Jean, jy wonder seker wat ek hierdie tyd van die aand hier kom doen. Die sjokolade drankie is baie lekker, net wat ek nodig gehad het in die koue. Dis snaakse weer vir die tyd van die jaar. Ek ry môre na my ma-hulle toe. Ek wil sommer vir jou baie dankie sê vir alles wat ek by julle geleer het. Ek het nie geweet dat mens in staat is om nog so baie te leer as mens al verby die studente dae is nie.” Gabrielle staan skielik op en loop na die kaggel se kant toe. “Ek kom ook nie weer terug nie. Ek gaan ook nie sê waarnatoe ek oppad is, nadat ek vakansie gehou het by mamma hulle nie. Ek wil vir jou iets sê, maar dit moet asseblief tussen ons bly. Dis iets waarmee ek al jare worstel. Ek dink soms dis iets van die verlede, ek het dit oorkom, maar ag, dan gebeur daar weer iets en dan weet ek, dit sal nooit anders kan wees nie. Die beste is om dit maar net te sê.” Sy bly ‘n oomblik stil en kyk eers na Jean en slaan daar oë neer, “Ek is gay. My maat is Lesley, oor wie jy uitgevra het. Die rede hoekom ek Kaap toe gekom het, is om myself te toets en te sien of ek...” sy bly ‘n oomblik stil en vervolg dan, “...dit het nie gewerk nie, en ek gaan terug na my maat toe.”Daar is ‘n lang swanger stilte tussen hulle. Toe Jean opkyk, is dit in Gaby se oë. Weereens tref die blou van haar oë hom. Sy lyk so weerloos, nou, geensins ‘n bedreiging nie. “Gaby, ek glo dit byna nie. Maar as jy dit nou so sê, dan moet ek jou glo.”“Jean, ek moet nou ry, dit word al later. Ek gaan...”“Jy gaan nou nêrens nie. Dis al heeltemal te laat en dit reën. Kom, hier is baie plek, ons gaan kry jou goed in die motor, dan slaap jy hier oor en ry môre verder.”“Ek kan in die dorp oorbly.” Probeer Gabrielle walgooi.“Se voet! Kom ons maak gou vir jou ‘n bed reg en kry jou goedjies.”Die nodige word uit die kar gehaal en Jean parkeer haar motor in die motorhuis, waar dit veilig en droog is.

As God jou sou vra: laat My jou las vir jou dra.Heer, sê ek hierdie keer, ek sal,en draai dadelik na die ligen ek sit my nie tee,want ek wil sienwaar laat val Hy my skaduwee.

129

Page 130: Bloedrobyne Van Valery du Toit

64 In Europa - en elders

Jean kom in Spanje aan. Bilbao is die plek waarvandaan hy gaan begin stap. Die roete wat hy wil stap, is die roete wat mens uiteindelik gaan uitbring by die graf van die apostel Jakobus. Dit is die noordelike roete. Soos die mense van ouds en hedendaags, ‘n roete soek om soos ‘n pelgrim te stap en te mediteer, om jou binneste en jou kop skoon en oop te kry, so wil Jean ook die roete aanpak Aangesien Jean bang is dat sy rug nie ‘n swaar rugsak sal kan dra nie, het hy so lig as moontlik gepak en ‘n vierdag rugsak gepak. Met ‘n waterbottel en sy kamera en verkyker, begin hy dus met sy pelgrimstog.“Ek sal maar ‘n wasdag inwerk so met die stap. Soms is dit baie nat na ‘n reënbui en dan wil ek tog nie in die reën en modder rondploeter nie.”

Soos Jean, het Gabrielle ook ‘n Jacobsroete in haar lewe nodig. Haar tog na die Kaap, vanaf die Noorde, was haar pelgrimstog. Sy het hier vir haar vrede kom soek en eerlikheid. Sy wou haar gedagtes kom orden. Sy sal by haar ouers rus en dan weer koers kry, daar waar ‘n geliefde vir haar wag.

Gabrielle lees ‘n artikel en sien dat die outeur Liza is. Sy lees die artikel wat oor Thailand gaan. Dit gaan oor die verpletterende tsoenamie in die Ooste.

Welkom in Thailand! Daar’s orgideë, Lotusse en smaraggroen heuwels met kokospalmwoude, eilande met helder turkoois water, langpunt bootjies op waterkanale, Boeddha beelde,

tempels en titsels groen.So lui ‘n advertensie. En verder:

Phuket is die pêrel van die suide, en is Thailand se grootste en rykste eiland met sy sandstrande, tropiese plante en hoë kalkklip hange. En as die rooilig distrik nie jou styl is nie, is daar Patong. Dan is daar die eilandjies in die omgewing Phi Phi Don, met sy ape op

die strand… ensovoorts, ens.Maar toe gebeur 26 Desember. Die aardbewing en die tsoenamie wat daarna gevolg het. Ek hoef nie vir jou te verduidelik wat ‘n aardbewing of tsoenamie is nie, want ons almal weet wat daardie dag gebeur het. Ons is

130

Page 131: Bloedrobyne Van Valery du Toit

bewus van die geweldige lewensverlies van die mense van daardie plekke, sowel as die vakansiegangers, die mense wat op bogenoemde advertensie gereageer het. Dit was in die omgewing van 230,000. Verskriklik!

Moenie weggaan van die eilande af voor u nie die reuse aandmark, minstens tot elfuur saans oop – besoek het en inkope gedoen het nie. Moet ook nie weggaan voor jy nie ‘n tipiese Noord-Thaise noedelgereg geëet het nie. Dit word voorgesit met hoender en geurige kersiesous en plat koringnoedels. Dit het ook salotwiggies, gepekelde kool met soet speserye en ‘n dik rooi rissiesous.

Alles is intussen weggevee voor die vloedgolf. Al wat oorbly is ‘n hele boel rommel, mense liggame, dooie vis, nog rommel, en ‘n stank saam met die ontbindende lyke. Waar is die helder blougroen see nou? Dit het ook verander in ‘n gemaal van rommel en mens en dier. Dit is nie meer die idilliese strand wat dit eers was nie. Kinders, volwassenes, ou mense, inwoners en kuiergaste, almal het deurgeloop.Waar is die lotus lelies, die orgideë, die tempels, die groen, die toeriste en inwoners heen? ‘n Vloedgolf van verwoesting is hier verby. Na ‘n ruk is die rommel opgeruim, die hotelle herbou en die vakansie oorde min of meer herstel. Maar hoeveel mense het letsels oorgehou, saam met die verskriklike herinneringe van daardie tweede Kersdag. Party sit nou nog by die strande en staar die dieptes in. Party staan nou nog by grafte en wonder...Wat het gebeur, hoekom en waarom! ‘n Besoeker vertel dat sy ook meegesleur is, eintlik weggespoel is deur die grootste brander ooit. Sy het bo-oor alles gespoel en uiteindelik op ‘n vreemde strand uitgespoel. Toe sy tot verhaal kom, sien sy die klein kindjie wat saam met haar uitspoel. Sy tel die kind op en loop uit op die strand, waar ‘n huilende inwoner haar inwag. Met uitgestrekte arms neem hy die kind uit haar arms en bedank haar, want hy het sy kind teruggevind.

Liza het, nadat sy van Bordeaux af weg is, by haar ouers gaan bly. Sy het al vergeet hoe dit voel om wakker te word met die geluid van die branders se dreuning in haar ore. Dis alweer amper warm genoeg om te gaan swem, maar die water is nog te koud. Vanmôre het Liza langs die see gaan stap en haar gedagtes was byna die heeltyd by Jean en die pyn wat sy in sy oë gesien het. Sy gaan staan stil toe sy op die graswal kom net bokant die strand en sien skielik hoe ‘n walvis hom geheel en al uitlig bo die water! Dis een van die mooiste goed wat ‘n mens kan beleef. Net hier anderkant kan ‘n mens in die veld stap, langs die see, dan

131

Page 132: Bloedrobyne Van Valery du Toit

swem hierdie reuse van die see saam met jou. Draai jy dan later om, dan draai die reus ook om en swem saam met jou tot waar jy wegdraai huis toe. Liza voel ook lus om sulke baldadige spronge in die lug uit te voer, net soos die walvis!Sy het nou-al geleer om nie so dikwels aan Jean te dink nie. Sy stuur haar gedagtes telkens in ‘n ander koers. Sy weet diep binne hom is daar ‘n integriteit en ‘n waarde sisteem in plek. Dis omdat hy al soveel teleurstellings in die lewe beleef het. Liza gaan sit op hul huis se stoep en droom, totdat haar moeder haar by Liza kom aansluit. “My kleintjie se gedagtes is sò vér. Verlang jy my kind?” Sonder om op ‘n antwoord te wag, gaan sy voort om uit te brei oor die mooi helder dag. Die lug wat so skoon is en die see wat so kalm is.“Haai, Moeksie, natuurlik verlang ek, maar nie wat mamma dink nie. Ek verlang na die plaas en die mense in die algemeen. Maar ek is bly dat ek dié tydjie het om my gedagtes te orden en uit te sorteer. Ek en Jean het so goed klaargekom. Ek het nog nooit so ‘n man teengekom nie.Hy het soveel kennis van dinge en mense. Hy kan so onderhoudend gesels. Ek sal nooit weer so iemand in my lewe ontmoet nie. Ek het dit net alles opgemors. Ek kan dit nie verduidelik nie, ek voel net so oneindig hartseer.” Liza snik saggies. “Hoekom, Liza, hoekom het jy alles nou weer net so gelos?” klink Susie se bekommerde stem.“Moedertjie, as ek die antwoord gehad het, het ek nie nou hier gesit nie.”“Ek dink jy weet wat jy kan doen. Onthou net, ons is lief vir jou. Dink bietjie wat ek sê, doen wat jy die beste doen.” Susie staan op en stap die huis binne.

“Wat ek die beste doen – dis om te reis, bedoel my ouers dat ek moet gaan toer?” praat Liza met haarself.

Haar aankondiging oor die oorsee ganery is ook nie vir Paul en Susie ‘n te groot verrassing nie. “Ek gaan bietjie die Oos-blok lande besoek. Kroasië onder andere.” Sy onthou dat Jean haar op ‘n keer vertel het van die wonderlike orrel in ‘n domkerk in Passau, op die grens van Tsjeggië en Duitsland. “Dis ‘n vyfmanuaal orrel met 17,774 pype.Dis op vyf verskillende plekke in die katedraal ingebou. In die toring is die sogenaamde eggo-orrel.” Liza onthou so duidelik wat Jean haar vertel het. Hulle het die aand by ‘n vuur in die buite braaiplek gesit. Hy het so diep in die vuur ingestaar en toe hy skielik begin praat, het sy geluister.“Dis ‘n pragtige omgewing. Die berge, drie riviere, waarvan die Donau een is, omring hierdie dorpie. Die St Stephanus domkerk is in die Barokstyl en laat Gotiese boustyl gebou.” Hy raak toe baie opgewonde toe hy uitbrei op die geskiedenis van hierdie kerk.“Eers is net ‘n klein kerkie in 45vC en later,op dieselfde terrein, die St Stephanus Domkerk gebou. Dit het hoë gewelwe en beelde en so meer. Dit laat jou ekstra klein voel. Ek dink ek moet weer teruggaan na die plek.” Voeg Jean by, en Liza voel effens jaloers dat hy soontoe wil gaan en sy nie juis kan opspring en skree nie: neem my saam! Jean gaan rustig voort.“As mens dit vir die eerste keer sien, dan weet jy nie waar om te kyk nie. Kroasië het ook my verbeelding aangegryp. Die mere, van alle kleure blou,

132

Page 133: Bloedrobyne Van Valery du Toit

watervalle, looppaadjies, en ou-ou geboue. Van die geboue is tot 1,700 jaar oud. ‘n Paleis van een of ander koning, is nou ‘n blyplek vir al die armes van die omgewing. Die ryk mense van daardie tyd, ‘n tyd lank verby, se spogbuurt. Dis nou die paleis van die armes van die hedendaagse tyd. ‘n Regte Hillbrow woonkultuur. Elkeen het ‘n dak oor sy kop.” Liza onthou met innige deernis hoe Jean se stem geklink het daardie aand. Sy is verbaas oor die detail wat hy so duidelik onthou en beskryf. Die entoesiasme...Liza herinner haarself dat sy self jare tevore tussen die Griekse eilande op ‘n boot gewerk het. Sy het dit met Jean gedeel.“Ons het met ‘n bevare en ervare kaptein en stuurman en bemanning aan boord. Ons wou eintlik nie soveel tyd daar spandeer nie, maar die prag van die omgewing het ons albei betower. Ons het ook van die eiland Rhodos na die Mykonos eiland geseil. Daar is soveel eilande en die kleur van die water kan ‘n mens nogal hipnotiseer. Dis so seegroen-blou. Ek het myself belowe om dit weer te doen voordat ek te oud word om dit te kan geniet. Ek wil eintlik ook eendag op my eie toer, of dan alleen saam met ‘n toergroep.”

Die swerwer reis graag deur verre lande,Die mens soek rus op vreemde strande.‘n Bekwelde siel soek rus en vrede en ‘n maat,‘n Pelgrim kry dit op ‘n bedevaart.

65

Kroasië is ‘n plek wat ál gewilder word onder die toeriste. Mense word aangetrek deur die pragtige skoon water van die oseaan en die binnelandse waters. Die mere en strome en die baie looppaadjies. Jean het sy pelgrimsreis voltooi en wil net bietjie rustig kom bly hier in Kroasië. So sonder om gebind te word aan etenstye en slaaptye. Dis so heerlik dié tyd van die jaar, die dae is ongelooflik lank met die son wat so vroeg opkom en so laat ondergaan. In Spanje het hy party aande eers teen laataand, 9uur, 10uur by ‘n bestemming aangekom en dan was dit nog lig. Eers as die donkerte toesak het hy dan ook moeg omgerol in sy slaapsak om die volgende môre weer loom en lui op te staan vir nog ‘n dag se stap. Sommige dae het hy van vervoer gebruik gemaak, want dit reën so hard dat dit glad nie plesier is om deur modder te ploeg nie.Hy het gisteraand ‘n hoë toring teen die aandlig gesien. Hy wil vanmôre gaan kyk watter gebou dit is. Dit lyk soos ‘n toring, hoewel daar baie sulke torings is, is hy seker dat dit nie ‘n kerktoring is nie. Hy stap teen die steilte uit en hoe nader hy kom, hoe sekerder word hy dat dit nié ‘n kerktoring is nie. Daar is ‘n toeriste bus in die omgewing en ook ‘n winkeltjie onder in die toringgebou. Hy stap binne en hoor waarlikwaar mense Afrikaans praat. Hy hou hom egter eenkant en beskou die mense met ‘n glimlag. Die eienaar van die winkel beduie vir Jean, op sy navraag, dat hy kan gaan kyk wat in die toring is. Die ou man stap saam. Hy sluit die deur oop en Jean en die man klim die trap uit. Jean is verbaas om die pragtige uitsig te sien. Die man beduie hom waar om te sit en die uitsig op sy beste te beskou. Jean beduie die man dat hy bietjie alleen wil wees.

133

Page 134: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Later stap Jean terug, nadat hy die man gevra het of hy later die aand weer kan kom kyk. Dié aand berei die kok vir hulle heerlike vis voor in die gastehuis waarin Jean bly. Hy sit met sy rug teen die muur en beskou die mense voor hom. Dis regtig ‘n hele klomp Afrikaanssprekendes wat saamtoer. Dis lekker om sy taal te hoor, maar daar is niemand wat bekend is nie. Een dametjie, skaars uit die skool, het ‘n T-hemp aan met ‘n Afrikaanse spreuk daarop. Toe hy dit vir homself lees, onthou hy die hele gediggie. Lappa lei vir Bella koud in waboomskloof se geelbossies Lappa maak vir Bella stout met hanepoot se

natrossies, (en dan die deel op haar T-hempie) donkerrooi die wingerdblaar warmrooi die mond van haar . Boerneef! Die meisiekind dra Boerneef op haar lyf. Om haar en by haar. Agter op haar rug staan dit ook: BOERNEEF. Hy wil haar vra wat haar naam is, hy wil met haar gesels, maar iets keer hom. Toe hy weer sien, staan daar ‘n jongman by haar, met sy arm besitlik om haar lyf, haar Boerneef-lyfie. Warmrooi die mond van haar. Lappa maak vir Bella stout met hanepoot se natrossies!!

Vroegoggend, die volgende dag stap Jean af strand toe. Hy wil by die waterkant gaan ontbyt eet. ‘n Regte Europese ontbyt. Hy sien ‘n vrou aangestap kom en bots byna met haar, omdat hy vér oor die see uitkyk terwyl hy stap. Hy is verbaas om te hoor die vrou praat met hom. “Loop soontoe, jou buffel, kan jy nie sien dat ek ook op die sypaadjie wil loop nie.” uit die veld geslaan deur die vrou se onbeskofte woorde, antwoord hy. “Ekskuus, dame.” ‘n Baie verbaasde vrou antwoord verbouereerd. “Jammer, ek het nie besef..., ekskuus jy praat Afrikaans!” “Ja, dis die taal van my moeder.” Antwoord Jean met ‘n lag in sy stem. Hy geniet die vrou se verleentheid. Na nòg ‘n paar woorde, skei hul weë.Na sy ontbyt, stap hy langs die kaai af en kyk met onsiende oë na die water en na die visse wat mens sommer so deur die helder water van die hawe muur af kan sien. Daar staan ‘n paar hengelaars op die voorkant van die muur en praat hul eie taal. Nie iets wat hy kan verstaan nie. Hulle sal hom nie pla nie. “Waarvoor het ek die roete van bykans 200km gestap? Dit is om my kop skoon te kry, en in een oomblik is alles weer deurmekaar.” Jean gaan sit op die hawemuur, met sy voete oor die kant. Hy hoor voetstappe aankom, en die volgende oomblik hoor hy: “Hallo, handsome, kan ek maar hier by jou sit?” daar is net een mens se stem wat so klink. Sy hart slaan ‘n slag bollemakiesie en sy speeksel stol in sy keel.“Liza, ek is so bly jy is hier, sit hier langs my.” Sy gaan sit styf teenaan Jean en glimlag in sy gesig.“Hoe gaan dit?” Jean wonder of sy hom gehoor het, want sy stem is skielik baie onseker en sag.“Goed. Dink jy daar het al ooit iemand in hierdie see geswem, die water is so skoon.” Liza kyk vraend na Jean. “Hoe gaan dit met jou?’Hy sit sy hand op haar hand en kyk haar in die oë.“Nou, gaan dit goed. Dankie, Liza, dat ons mekaar, onafgespreek, hier ontmoet.”

134

Page 135: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Hulle sit vir lank so, sonder om te praat, elkeen in sy eie gedagtes versonke. Na ‘n ruk sê Jean: “Kom, ek wil jou iets gaan wys.” So maklik, so eenvoudig, so asof hulle net asemgeskep het, en noou voortgaan met die gesprek van so lank gelede. Hulle stap na ‘n afdakkie waar hulle snorkels en paddavoete verhuur en verkoop. Jean kyk na die goed en besluit om Liza se raad te vra.“Hoe lyk dit, sien jy kans hiervoor?”“Ja, natuurlik, ek is ‘n kampioen wat dit betref, wil jy hê ek moet jou leer? Gaan jy koop of huur.”“Ek dink ek moet ‘n stel koop, anders gaan ek dit nooit ernstig opneem nie.Gaan jy ook koop?”“Ek het al, ek gaan dit gou haal, besluit jy solank wat jy wil koop.”

Liza en Jean spandeer die hele oggend om te snorkel en te duik, sonder om te veel water te sluk. Jean sukkel bietjie, maar na ‘n ruk is hy heeltemal tuis met die toerusting. Liza is, soos sy gesê het, die kampioen. Dis alles so natuurlik.“Waar is jy tuis?” “Die res van die toergroep is al weg, ek het agtergebly, maar het nie blyplek nie.”“Kom, ek gaan wys jou iets, dan kry ek vir jou ‘n plekkie vir die nag.” Jean glimlag en kyk skuinsweg na Liza.Hulle eet ‘n heerlike meditereense dis by ‘n straatkafee. Hulle kyk uit oor ‘n prentjie mooi omgewing. Dis rustig en vredig, hier waar hulle sit.Na ete stap Jean en Liza na die winkel met die toring. Hy knik vir die eienaar, dié gaan sluit oop en die twee draf die trappe uit. Bo in die toring wys Jean vir Liza die heel mooiste uitsig oor huise en see en bote en stilwaters.“Hier is ‘n kombers. Die winkeleienaar het dit seker hier kom los. Kom sit hier by my en vertel my alles.”“Ons was dié keer in Slowakye, die Tjeggiese republiek, Praag, Hongarye en Zagreb, die Kroatiese hoofstad. Praag was die mooiste, met sy 34 teaters en 14 operahuise, wat almal gebruik word en onderhou word. So kan mens jou verkyk aan lande en stede wat eeue oud is en tog nog aantreklik is.” Hulle kyk na die seewater wat so blou is en skoon is. Die land van watervalle en terrasse. “Nie heeltemal onaangetas nie, o nee, daar was bloedige oorloë. Die kommunisme en die uiteindelike val daarvan. Almal is besig om hul stede en land weer op te bou en skoon te maak. Ek bedoel nou maar, die teaters van Praag wat almal gebruik en onderhou word, is nog net so mooi soos soveel eeue gelede. Mense gaan soontoe, ondersteun die kunste en die musiek. Hou dit aan die gang. Dis tog nie asof die mense vreeslik ryk is nie.” Liza neem ‘n sluk van haar water en Jean sê: “Hulle gee om vir hul goed. Die nasionale parke, die Weense woude waar mens kan oornag en dan vir jou verbeel jy hoor vir Strauss musiek maak. Die windjie wat al walsende suis deur die blare. Op die maat van Strauss se musiek wals en lees en speel almal sodat mens dit kan hoor en beleef.“Ons het Rome toe gevlieg en met ‘n veerboot na die Ilse of Capri gegaan. Hier beleef ons die oostelike kus van Italië, die land wat soos ‘n groot stewel lyk. Die voet van Europa. Die kuitkant van Italië. Die Amalfikus. Die name is klaar ‘n belofte van groot en mooi dinge.” Jean voel lus om iets by te voeg.

135

Page 136: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Zagreb, dit klink soos Zorba. Die groot Griek van lank terug.” Hy twyfel nou of Liza oud genoeg is om dit te onthou.“Hulle werk dat dit bars om die plek mooi te hou en aantreklik te maak. Praag is een van die mooiste stede. Sommige name is sinoniem met opstand en luide betogings. Vlae wat aan die brand gesteek is en luide slagspreuke wat geskreeu word. Klippe wat gegooi word, eintlik geslinger word na die polisie toe.”“Ek sou so dink, maar dink ook aan die bloedigestryd tussen mense wat daar geheers het en nog nie geheers het nie. Ons het altyd gedink: nee wat, ek is maar bly ons woon vér van hulle af.Later jare hoor mens van mense wat gevlug het vanagter die ystergordyn.” Liza luister na Jean en so voltooi hulle die oningevulde dele van die verhale in albei se lewens. Dié dele waar hulle getoer het sonder die ander. Jean luister op sy beurt na elke woord wat Liza vertel. Hy merk ook ‘n effense weemoed in haar oë as sy aangaan met haar vertelling. Met haar hand vee sy oor die kombers om kamma die voue gelyk te maak. “Deur die land van onder af deur te reis en dan later in Oostenryk te kom, was nogal ‘n belewenis van ‘n ander aard. Dis soos om van die voete se kant af teen ‘n reus op te klim en dan beland jy in die Weense woude en dan sê jy dankie, dat jy die voorreg kon hê om vir oulaas oorsee te kan toer en in die Somerpaleis, nou ‘n hotel, te kan oornag. ‘n Vriendin is nie lank na ‘n vorige oorsese reis nie, oorlede aan kanker.” Terwyl Liza hartseer herinneringe voor haar uit staar, begin Jean praat. Net om aan te vul en te bevestig wat Liza al weet.“Weenen, die musiekstad met pragtige paleise en geboue, wat in sagte pastelle geverf word en in stand gehou word. Die pastelkleure is selfs tot binne-in die opera huise te sien. Nie donker en swaar en morbied nie, maar lig en sag op die oog. Die musiek binne-in die operahuise is ook sag op die oor, hemelse klanke.” Jean het sy eie herinnerings.

Die twee dae wat volg deurkruis Jean en Liza die plekkies in die suide van Kroasië. Die laaste aand voordat hulle albei die volgende dag na Suid-Afrika vertrek, vat hy Liza se hand en stap weer met haar na die gebou met die hoë toring. Hy wys haar die mooi uitsig en die pragtige sonsondergang. Jean het weer ‘n kombers by die herbergier gekry wat hy nou op die vloer oopgooi. “Kom sit, ons hou vanaand piekniek hier. Dis wat ek die hele aand al saamdra, heerlike vars gebakte vis en vars gebakte brood, wyn en heerlike beleë kaas. Hier is ‘n paar olywe en tamatietjies en druiwe. Kom ons vier ons nuutgevonde vriendskap en die liefde.” Liza kyk glimlaggend na Jean en gaan sit op die kombers langs hom. Nadat hulle van die kos geniet het,vra Jean of hy met sy kop op haar skoot kan lê. “Ja, jy mag.” Daar is ’n oomblik van afwagting in die lug. Liza vra Jean wat hy gaan doen as hulle weer in die Vaderland terug is. “Ek weet nie, eintlik weet ek nie wat jy nou bedoel nie, maar ek weet nie.”“Kom ek sê jou wat ek gaan doen, ek gaan my weer op Bordeaux kom aanmeld vir werk. Ek het nie werk nie, ek is platsak en ek is seker dat die baas van die plaas my weer ‘n ou tydelike werkie kan aanbied.” Jean is so verbaas dat hy regop gaan sit. “Liza, ek sal natuurlik vir jou ‘n werk aanbied.” Jean is so verbaas dat hy regop bly sit, met Liza se oë kontak behou en ernstig met haar gesels. “Liza, ek sal natuurlik vir jou ‘n werk aanbied, sommer nou, ek bied jou ‘n werk aan, sê net wat jy wil doen en jy het dit.”

136

Page 137: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Jean, soen my?” Liza lag en gryp Jean om die nek. Sy dink vir ‘n oomblik dat sy effens lighoofdig en waaghalsig is na die bottel wyn wat hulle gedrink het, maar sy kom agter dat sy lighoofdig is van opgewondenheid. Jean soen Liza eers sag en innig en toe al meer dringend. “Ek bemin jou, Liza.”“Jy sê die mooiste goed.”Die toring draai om en om en die tyd staan meteens botstil. Hy en Liza het mekaar weereens gevind en hulle gee nie om dat daar nie vensters in die openinge van die toring is nie, want dis ‘n warm nag in Kroasië.

66 ‘n Fees op Bordeaux.

Daar is geen kaviaar of roosmarynOf perlemoen of droë wyn,Dis net tee en tert(vriende maak dit die moeite werd)ons lag en gesels en maak ‘n grap,en mors dan soms op die tafellap.

Die langverwagte en aangekondigde fees. Die oes is veilig ingebring en die mense van Bordeaux hou fees. Die werkers is in hoogste versnelling vir die pars in die kuipe. Die kuipe wat opgestel is vir die kompetisie. Elke span het ‘n kleur waarmee hulle uitgetof is in die feestelikste klere en kleure denkbaar. Die trappers in die kuipe moet ‘n sekere aantal bottels volmaak. As so ‘n ding begin, moet mens dit net laat loop. Die leisels styf vashou en die sweep, figuurlik, inlê. So is dit dan die derde fees van Bordeaux, in hierdie jaar en komende naweek. Vrolik en kleurvol en hope feesgangers is aan die juig op die plaas. Op hierdie dag besluit Alida om ook ‘n haas uit die hoed te trek en die Restaurant van Bordeaux ‘n nuwe naam te gee. Na al die veranderings en verbeterings, moet daar nou ‘n nuwe naam wees. Sy en die personeel van die restaurant het op hulle eie ‘n naambord laat maak en die hele storie geheim gehou, tot hierdie middag. “Jacques, julle moet gou naderstaan, ons wil hierdie naambord onthul.” Jacques en Jean is baie verbaas en Jacques sê: “Die wát onthul? Naambord?” Alida staan nader en Francet en Jaco en René het kamera, sjampanje en ‘n skêr, om die onthulling te doen.

137

Page 138: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Die Restaurant is nou uiteindelik gereed om onder sy eie naam te funksioneer, dames en here, ek bied aan u Die Hugenoot!” ‘n Luide applous bars los en verbasing oor die nuwe naam en netjiese naambord word luid uitgespreek.“Waarom die naam?”“Dis tog deel van die pret. Dis deel van ons geskiedenis en deel van ons stragtegie. Dit lok mense uit nuuskierigheid en as jy die dienste lewer, kom die mense omdat hy wil.”“Ja, almal in die omgewing is maar Hugenote. En hulle wil graag die eetplek van die Hugenote sien.” Francet en René is beide baie entoesiasties.Almal is dus ingenome met die nuwe toevoeging. Die wenners se trofeë sal ook ‘n plekkie in hul huise kry. Só sal die die sport en sports jaar na jaar gehou word en elkeen om ‘n trofee wil meeding.‘n Hele twee weke ná die fees, toe almal uitgerus is, gaan die werk weer voort. Die wynmakers is besig om te doen wat wynmakers doen. Die geur van mos hang swaar in die lug. Dis byna ‘n gewyde atmosfeer, na die feestelike gebeurtenisse. Elke man vrou en kind doen weer hul ding. Jean besluit om die deel van die grond rondom Valery se huisie, net onder die rotshang, in ‘n tuin te omskep. Hy wil die water weer herlei, sodat dit oor die rotse kan spoel, sodat dit weereens die waterval kan word wat dit lank terug was. Hy en Jacques het met die hulp van hul gereelde werkspan een naweek die waterval herlei, maar met die laaste goeie reën, het die loop van die waterval so breed geword, dat dit hand-uit geruk het. Hulle sal dit hierdie keer met behoorlike beplanning moet aanpak. Dit kos heelwat beplanning en sorgsame versorging, sodat die fynbos wat eens deel was van die ekosisteem weer kan bloei en ‘n lus vir die oog kan wees. Hulle ontdek nog ‘n water stroompie wat dalk die oorsprong van die eerste waterval was en herlei dit sodat dit koelte kan verskaf en voëls kan lok en ‘n lushof kan skep. Hulle gebruik ‘n pomp om die water vanaf die dammetjie, waarin die water val en opdam, te sirkuleer, sodat daar ‘n konstante vloei van water kan wees en sodat hulle die roostuin en ander blomme daarmee kan natlei. Daar is ook genoeg spasie, sodat op die gelykte agter die huisie, ‘n labarint of doolhof uitgelê kan word. Hiervoor het Jean ‘n kundige nodig. Dit sal ‘n groot labarint wees, wat deur een of meer persone op ‘n slag gebruik kan word. Alle bakstene en halwe stene en plat klippe word in opdrag van Dolf, vanoor die hele plaas aangedra en aangery. Dit gaan skielik oor in geestesterapie. Hierdie deel van die plaas, wat altyd niemandsland was en grootliks, verbode terrein, gaan nou baie druk besoek word. Alle bome en plante wat inheems is en vinnig groei, word hier geplant en gerangskik in die sirkels en draaie van die doolhof. ‘n Lieflike plek vir die moeë siel en uitgeputte gees. Hier moet die mens kan gesond word. Hier mag niemand weggaan en nog sleg voel nie.“Jean, weet jy wat dink ek nou skielik?” Jean kyk na Jacques waar hy staan en klippe sorteer. “Nee, ek weet nie, maar jy sal vinnig moet praat, want ek kry warm hier,” skerts hy. “Ons bou hier naby, so tussen die labarint en die waterval, ‘n houtdek waar ons eetgoed en drinkgoed kan bedien. ‘n Teetuin. ‘n Plekkie vir moeders en dogters, ‘n Opelug teedrinkplek!” Jean dink dis ‘n uitstekende idee en sê:“Dan sal ons hier ‘n ingang ook moet maak, jy weet, hier van die verbypad se kant af, hiernatoe, anders moet almal daar onder parkeer en op loop.” Hulle weet sommer dat dit gaan werk en saam bespreek hulle die moontlikheid van ‘n

138

Page 139: Bloedrobyne Van Valery du Toit

ekstra eet en drinkplekkie, op ‘n kleiner skaal as die groter restaurant. Die Hugenoot Restaurant, soos dit nou heet.Die nuwe teekamer sal ‘n verrassing wees. Hulle loop na die verbypad se kant toe, net bokant die roostuin.“Ek dink dit kan werk. Die mense kan hier onder die bome parkeer en ons kan die teekamer of wat dit ookal genoem gaan word, hier bou. Hier bokant die rotse. Die houtdek kan so gebou word dat dit lyk asof dit in die lug hang. Met ‘n stel trappe wat sò kronkel, dat jy die hele nuwe tuin daarvandaan kan sien. En as mens bo-op die houdek is, dan sien mens eers die hele tuin. Ons sal ‘n skuinslooppad ook hier bou, sodat gestremdes en ouer mense ook maklik hier kan opbeweeg.” Hulle is so entoesiasties, dis aansteeklik.“As mens die skuinste breed genoeg maak, dan hou ons een of twee van die golfkarretjies hier aan, sodat die mense boontoe vervoer kan word, as hulle wil.” Die plan word almeer ‘n werklikheid hoe langer hulle daaroor praat. “Ek het juis gesien dat daar ‘n behoefte is aan so-iets, toe ons die fees gehad het en daar nie genoeg plek in die restaurant was nie.”“Dis ook ‘n uitstekende geleentheid, om die kelners meer te maak, sodoende weereens werk te skep en die mense te laat roteer vir groter verskeidenheid van werk.” Dis ‘n werkbare gedagte. Almal is opgewonde daaroor en hulle werk dat dit gons. Die plante begin nou al gevestig raak. Dit gaan ‘n lushof word, voëls, water, plante en mooi sagte musiek vanuit die teekamer. Die teetuin moet ‘n naam kry. Hulle hou ‘n kompetisie op die plaas om die mees gepaste naam te kry. Die wenner is toe op die ou einde, terwyl die bouery nog volstoom aan die gang is, een van die leerders van die plaasskool. Daar is soveel uiteenlopende gedagtes rondom die teekamer of plekkie, dat hulle besluit om ‘n paar van die beste name te vat en dan ‘n stemming te hou. Die name wat uitgekom het in die kompetisie rondte is: Tee in die bos, La thé Salon, Die teekamer op Bordeaux, Salon de Thé, ‘n hele verskeidenheid.“O, gonna, wat doen ons nou? Gaan ons briefies druk en vir elkeen vra om maar net ‘n merkie langs die beste naam te maak, of wat?” Die een onderwyseres by die skooltjie vra raad. “Ja, ek dink so, dit sal in elk geval die beste wees. Ek dink ons maak ‘n groot kennisgewing wat ons dan in die werkplekke en by die skool opplak, sodat hulle daarna kan kyk en daaroor nadink. Dan hou ons die opening van ons labarint en die nuwe tuin en waterval, met ‘n piekniek, terwyl almal dan daar is, laat ons hulle die briefies invul. Dis verstommend dat dit omtrent almal Franse name is. Hoewel ek daarvan sal hou om ‘n Afrikaanse benaming ‘n kans te gee.”“Dis sekerlik die invloed van daardie Belgiese onderwyser wat hulle die Franse name laat kies het.”“Dis nooit anders nie. Gaston D’Pont. Hy is nogal ‘n aanwins.”René en Francet stap na die Die Hugenoot. Hulle loop Jean daar raak en hulle vertel hom van die name. “Dit klink goed. Ja, dit klink baie goed. Kom ons gaan vertel vir Alida. Dis amper middagete, dan is almal mos daar om te hoor. Hulle weet nou-al van die nuwe plekke en dit klink of hulle ook daarna uitsien soos ons.”“Ja ons kan dan ook vir hulle sê dat ons ekstra mense gaan aanstel, sodat hulle gaan roteer met die kelnerwerk.” Jean besef dat hy sal moet roer met die bouery.

139

Page 140: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Ek sal so gou as moontlik tenders aanvra vir die ontwerp en bou van die dek. Ek wonder of ons nie sommer ‘n behoorlike teekamer, ek bedoel nou, ‘n gebou wat kan toemaak as dit reën, daar moet oprig nie. In plaas van net ‘n dek. Jy weet hoe baie dit soms hier kan reën. Die houtdek is ‘n goeie idee, ek sal vra dat die argitek dit in gedagte moet hou. Daar kan nog steeds ‘n groot houtdek wees, vir buite sit, vir wanneer die weer daarna is.” Die dae word weke. Na sowat vier weke is die hele projek driekwart klaar en kan mens die atmosfeer van ‘n pragtige teetuin-piekniek- bymekaarkomplek- gevoel kry. Almal indie omgewing kom kyk na die waterval, die labarint en weet dat die Du Preez hier ‘n wenkombinasie het.

Ons lag en gesels en maak ‘n grap,En mors dan soms op die tafellapLekker is die spinasie quiche en biltong slaai,Vir nagereg, kan jy net raaiIs appeltert en roomJy kan maar vra, sonder skroom.By die Hugenoot is dit nie ‘n droom.

67

Die planne vanwaar die pad, wat verleng moet word en ‘n tweede ingang aan Bordeaux voorsien, is ook op dreef en daar is omtrent ‘n geskarrel om alles glad te laat verloop. René en Francet het die advertensie veldtog geloods sodat die teekamer behoorlik bekendgestel kan word. Die toeriste en inligtingsburo’s moet ook deeglik kennis neem van die hele projek en veral die nuwe projek. Die bouery is ook nie sonder probleme nie. Sommige dae reën dit en bring die hele projek tot stilstand en die hele projek loop later ‘n hele twee weke laat. Dit het ‘n invloed op Jean se humeur. Hy word kwaad vir die werkers wat staan en skuilings soek teen die fyn reëntjie en raas met hulle. Op hulle beurt stribbel hulle teë en as Jean dan vra dat hulle op Saterdae die ure en werk inhaal, dan is hulle eers omgekrap. Soms daag hulle op in ‘n staat van totale babalaas. Dan wil hulle aan mekaar slaan en as Jean dan ingyp, kom Jacques op hulle af en moet hy vrede maak.“Wat gaan vandag hier aan?” Kan julle nou nie maar net klaarmaak met daardie stuk werk, met die materiaal wat julle het nie?” wil Jaques dan weet. Die een werker haak toe mos af en slaan vir Jean met die vuis met ‘n goedgemikte regter, op sy ken.Omdat Jean dit nie sien kom het nie, steier hy agteruit, struikel oor ‘n kruiwa en val bo-op al die boumateriaal. Dit was die teken waarvoor die gereelde werkers en die gehuurde hande gewag het. Hulle spring aanmekaar en deel houe uit. Hulle gaan so luid tekere dat die ander plaaswerkers dit hoor en naderhardloop.Hulle sukkel om die vrede te laat daal op die omgekrapte klompie werkers. Jacques het intussen by Jean gekniel en op die oog af lyk dit nie asof hy nie erg seergekry het nie. Hy kyk vinnig rond en sien vir Japie, die betroubare werker en broer van Andries. Hy roep hom nader en Japie spring op nadat hy sien dat Jean regtig in pyn verkeer. Jean het ‘n geweldige hou teen die ken gekry, wat hom uitgeknikker het. Die ergste is eintlik, dat hy bo-oor ‘n

140

Page 141: Bloedrobyne Van Valery du Toit

kruiwa en op die boumateriaal geval het en uiteindelik op ‘n ander kruiwa te lande gekom het. Dit lyk asof sy rug seergekry het.“Kry die bakkie of 4X4. Meneer Jean het seergekry.” Japie doen die aankondiging oor sy selfoon en Alida wat die foon geantwoord het, spring aan die werk. Sy bel nooddienste en gee bevele aan René en Jaco wat byderhand is. Jean se beserings was geensins dramaties nie, maar die hou op die kennebak was ‘n uitklophou soos min. Sy lyf het seergekry en sy rug is gekneus, maar geensins blywend nie. Na ‘n paar x-straal plate en die nodige smeergoed en pille, is hy ontslaan. Sy ego het egter ‘n knou weg, hy is gedrewe om die skuldige aan die pen te laat ry.“Wat het die man makeer om Jean so lelik te betrek?” Alida wonder teenoor Jacques wat die man se motivering is. “Ek wonder.” Is al wat Jacques te sê het. Die hele span wat as ekstra tydelike helpers aangestel is, is betaal en gevra om maar te gaan. Dit was die werkers wie vaste personeel op die plaas is en deel van die onderhoudspan se wens dat hulle maar liewer moet loop. ‘n Week later het dit geblyk dat, dat die man wat so ywerig met sy vuiste was, ‘n verlangse familielid van John Green blyk te wees. Hy wou eintlik vir Jacques slaan, maar het duidelik nie geweet wie Jacques en wie Jean is nie. Die hele storie is onderdruk. Jean het daarvan te hore gekom, met sy navraag oor wie die man is. “Bring vir my die man, ek wil met hom praat.” Dit was Jean se bevel aan Japie en Ashwin, die twee manne wat hom gehelp het. Japie en Ashwin het aan hom kom verduidelik dat die man se naam James is en dat hy nie weer naby die plaas wil kom nie, want hy is ‘bang vir die mense daar.’“Hy sal meneer liewer in die dorp ontmoet. Maar meneer hoef nie bang te wees nie, ek en die manne sal daar rond wees om sake dop te hou.” Verklaar Ashsin ewe vernaam.“Goed, sê vir my waar en wanneer en dan gaan ons.”Ashwin het die volgende dag kom sê dat hulle mekaar in die hoofstraat, regoor die kerk moet kry, so “teen 10uur.” Jean parkeer die bakkie by die kerk en stap oor die straat vir die ontmoeting. Uit die hoek van sy oog sien hy hoe iemand ‘n teken gee na die plek van ontmoeting. Net toe Jean sy voet op die randsteen sit en hy effens van balans af is, duik twee manne hom van agter af. Die een se arm is stewig om sy nek, terwyl die ander een hom om sy heupe beet het. Hulle val almal in ‘n bondel op die grond, toe gebeur dinge vinnig. Die oomblik toe hulle die grond tref is die volgende golf bo-op hulle. Saam daarmee is daar ‘n paar luide gille en manne wat skree. Dit is so ‘n harwar, dat niemand eintlik weet wat volgende gebeur nie. Toe Jean weer sien, word die klomp in hegtenis geneem deur die plaaslike polisie. Ashwin help hom om op te staan van die grond af. Drie ander manne van Bordeaux sit ewe kordaat op die bakkie en klap hande. Hulle werk vir die oggend afgehandel. Jean ry terug plaas toe en ‘n klomp tevrede manne juig en sing. “Ashwin, wat het nou eintlik daar gebeur.”“Meneer, dit was organisasie. Ons het die polisie afge’tip’, hulle moes op ‘n afstand die besigheid dophou.”“Hoe het julle die polisie betrokke gekry? Hulle kom mos nie gewoonlik voor die tyd nie?”“Meneer, dis ook organisasie gewees, meneer ken mos vir Brian Cloete, my neef, hy is in die polisie. Hy het eintlik lankal sy oog op hulle. Hy soek toe ‘n

141

Page 142: Bloedrobyne Van Valery du Toit

kans om hulle te betrap. Hulle is ‘n klomp leegleërs, skollies wat net gedurig moeilikheid soek.”“Dankie manne, julle het my lewe gered. Ek sal julle ‘n bonus gee, as julle vanaand sal gaan eet op my rekening. Julle kan by die Spur gaan eet of op die plaas, ek betaal.”Dieselfde aand kom Herman Smit weer op die plaas aan. Hy bring net vir hulle die nuus van John Green se dood. Hy is opgespoor in die volgende dorpie. Hy het longontsteking gekry, en is in die hospitaal oorlede. Dié hoofstuk is afgehandel.Jean en Jacques het die volgende oggend vir Oom Johnny die nuus gaan bring.

68

Die radio en TV nuus konsentreer die aand op ‘n misdaad in die Magaliesburg omgewing, in die bosse, waar ‘n motor aan die brand gesteek is en totaal uitgebrand het. Die polisie en brandweer is ingeroep, die eienaar kon nie opgespoor word nie en geen leidrade is te vinde nie. Met die eerste oogopslag lyk dit asof die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het en toe die pad verlaat het.Later berig die radio dat hulle volgens die enjinnommer van die motor, kon hulle vasstel aan wie die motor behoort het, maar hulle kan nog steeds nie die eienaar opspoor nie. Al wat hulle kon vasstel, is dat die eienaar, ‘n vrou, die nag in ‘n gastehuis oorgebly het. Nog later is die berig uiteindelik meer volledig. Die brandstigters is nog op vrye voet, maar die eienaar is Gabrielle Martinez.

Dr Gabrielle Martinez is spoorloos. Dis haar motor. Almal sit in die familiekamer, na die dag se werk en doen nabetragting. Andries kom die vertrek binne en oorhandig ‘n faks aan Jean. Voor Jean dit kan lees, praat Andries. “Die motor was ‘n groot aantrekkingskrag, vir enigeen, maar hoekom die ding brandsteek. Dis een van die min ingevoerde modelle in die land. My kollegas meen dat die Doktor dit self gedoen het om haar spoor dood te vee. Haar persoonlike dokumente was nie in die motor nie.”Die huis telefoon lui op daardie oomblik. Jean steek sy hand uit om te antwoord, toe René hom voorspring. Sy luister ‘n paar minute lank sonder om ‘n woord te sê en plaas dan die gehoorstuk terug.

“Ek wou net bel om julle gerus te stel. Ek het niks oorgekom nie, net geskok. Ek het in die restaurant gesit toe ek gewaar my motor is nie meer op die parkeer terein nie. Ek is op pad na ‘n plek in die Sterkfontein omgewing: Maropeng. Dis daardie nuwe, eintlik oud, plek wat hulle die Wieg van die Mensdom noem. Ek wil my geologiese en argeologiese kennis daar gaan uitleef. Hopelik sal die plek nie ook wegspoel nie. Sterkte met julle projekte en met die lewe. Lief vir julle almal, en dankie, vir die nuwe opwindende kans op’n nuwe uitdaging. Ek sal nou eers ‘n motor moet koop, en ja, klere ook.”

René gaan sit by Jean, neem sy hand en soen dit.

142

Page 143: Bloedrobyne Van Valery du Toit

“Ek dink ek het nou net na ‘n lang bandopname geluister. ‘n Opname wat Gabrielle self opgeneem en voorgespeel het, dalk bang om self te praat of dalk bang ons vra vrae, of dalk kan sy nie self praat nie. Wie sal weet.” Jean lees die faks en gee dit vir René. Sy lees dit en frommel dit op.

Uiteindelik, begin Oktober, is die nuwe toevoegings tot Bordeaux se bates voltooi. Die naam is gekies en die wenner van die kompetisie moet aangekondig word. Die naamplaat moet ook onthul word. Dis ‘n privaat geleentheid en Alida het belowe dat hulle die nodige ondersteuning sal gee, net na die middagete in die Hugenoot agter die rug is. Dan sal almal boontoe stap en die verrigtinge bywoon. Die skool is uit en al die kleintjies van die kleutergroep is ook daar. Elkeen het ‘n laphoed gekry om op te sit. ‘n Mooi kakiekleurige hoed. Op die hoed is die woord, BORDEAUX aangebring. Almal kom dus by die nuwe gebou bymekaar en sit rond in afwagting. “Mense, dis die oomblik waarvoor julle en ons, almal gewag het.” Jean is opgewonde en kan nie wag om die naambord se onthulling te aanskou nie. Hulle plaaslike koerant se fotograwe is gereed by die hek en die voorkant van die teekamer om die onthulling te fotografeer. “Kan ons so ‘n bietjie stilte kry? Dan vra ons vir René om die naambord te onthul, die een by die hek sal ook nou onthul word deur Alida.”WATERVAL staan op beide borde. Die naam moes inderdaad inpas by die omgewing. Die WATERVAL is oop, almal kan binne toe gaan en gaan kyk hoe dit lyk. As julle uitkom, kan elkeen ‘n stuk koek neem en ‘n koeldrankie en dan na die Labarint toe aanstap.” Jean is opgewonde toe hy die voorste persone laat deurstap en die pragtige versierde teekamer besigtig. Almal is baie opgewonde oor die moderne, maar baie smaakvolle interieur. Dit skep ‘n rustige atmosfeer en die musiek wat ook sag deur die restaurant spoel, help om die koek en tee goed te verkoop. Dis ‘n moderne plek, van hout, glas en oop ruimtes. Die buitekant spoel deur die hele plek. In die tuin tussen die teekamer en die labarint, word ‘n uitstalling van handwerk en kuns gehou. Dis alles goed wat deur die werkers, groot en klein gemaak is. So kan hulle mekaar se werke bekyk en bewonder. Dis alles deur die werkers self gereël. Die entrepeneurs word deur almal geprys. Hulle tydsberekening was uitstekend. ‘n Gulde geleentheid om ‘n ekstratjie te verdien. By die labarint is ‘n deskundige besig om die opset te demonsteer en vir almal te vertel hoe om die maksimum voordeel uit die die labarint te haal. Die kinders is meer geìntresseerd om die waterval en die kleiner valle te bekyk, omdat dit ‘n hele plant- en water-doolhof is. Jy begin ook op ‘n gegewe plek te loop, maak ‘n draai voor die waterval, loop oor ‘n paar loopklippe wat op strategiese plekke in die water lê, sodat jy droogvoets anderkant kan kom, verby ‘n hele paar pragtige boomvarings, wat self ook die druppels vergader, en dan aan die verbygangers afgevee word. ‘n Reënwoud soos min. Dis verkwikkend en verrassend. Die fyn sproeireën is so fyn en lig, dat mens nie eens behoorlik nat word nie, want as dit ‘n lekker warm dag is, word jy droog om die volgende draai. Dan loop mens ‘n wye draai deur olifantsore en boomvarings. Hier kom mens af op die mooiste orgidië en net soos jy dink jy het dit alles gesien, loop mens deur die mooiste heide en protea eksemplare. Heel aan die einde van die roete, loop mens verby die daglelies en clivias. Daar is nie een oomblik dat jy wonder wat gaan volgende gebeur nie.

143

Page 144: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Dis een pragroete en ‘n spel van blomme en water soos mens nie sommer aldag sien nie. Dis ‘n opregte plesier tuin – et jardin d’agrément, c’est magnifique! In die woorde van Gaston D’Pont. Jean loop na René toe, sit sy arm om haar middel en trek haar eenkant toe. “René, hierdie plek, hierdie restaurant, is joune. Dis my geskenk aan jou. Jy is mos ‘n du Preez en my eie kind. Ek mag vir jou ook ‘n erfdeel skenk. Jy sal ook Ps 16 kan aanhaal en sê: Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi.” Jean haal die geliefde Psalm aan en gee haar ‘n drukkie. René se gemoed is baie vol en sy leun met haar kop teen Jean se bors.“Dankie, dankie...my pa, my pa-ste.”

69

Jean het baie mense vreugde verskaf met die tuin wat hy aangelê het. Dit was harde werk, maar die moeite werd. Sonder dat enigiemand weet, het hy vir Liza laat kom, waar sy by haar ouers kuier, en haar in ‘n gastehuis in die dorp laat intrek. Liza het op haar beurt met haar ouers en Dawid en sy gesin gereël, dat hulle die volgende dag plaas toe moet kom. Jean sê aan Liza, dat hulle twee die volgende dag ‘n belangrike afspraak het.

Op die bladmusiek van die leweIs soms Pianissimo aangedui,maar ek wil in Fortedie liefde uitbasuinJy is die musiek,Die harmonie –Die simfonie-Van my lewe.

Jean het dié oggend vir Jacques gesê wat sy planne die vir dag is. Almal kry opdrag dat hulle deftig moet aantrek vir ‘n spesiale funksie die middag. Namiddag kom Jean tuis en hy roep almal na die proelokaal, by die kelder. Alida is verbaas toe Jacques haar kom haal en vra om iets deftig aan te trek. Jean was die hele tyd, nadat hy uit Europa tuisgekom het, in ‘n geheimsinnige bui. Tog was hy vrolik en opgewek en weer die saggeaarde man wat hulle die laaste tyd leer ken het.Jean wag totdat almal wie hy geroep het, teenwoordig is en kondig aan:“Hier gaan ‘n bruilof plaasvind, eintlik net die voltrekking daarvan.” Jean is uitgevat in ‘n netjiese ligte grys broek met ‘n donderdergrys hemp, met ‘n hoë kraag, oopgeknoop, met ‘n onderbaadjie waarop daar in spierwit roos vasgesteek is. Hy gaan inderdaad die bruidegom wees. Hy het oral kerse aangesteek en almal gaan sit toe die ou orrel sag begin speel. Die bekende JS Bach stuk Jesu, joy of man’s desiring.

144

Page 145: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Iemand sê sag, ‘hier kom sy’ en ds Kas Roux kom ingestap. Agter hom volg Paul du Plessis met sy dogter aan sy arm. Jean dink aan sy erfdeel, soos die Psalmis sê: “Die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, my erfdeel is vir my mooi..”

Liza lyk soos ‘n droom. Dit lyk of sy swewe, die mooiste wat hy al ooit gesien het. Die oomblik toe sy die proelokaal binnestap, weet Liza dat sy die regte ding doen. Die haarstilis het piepklein klokkies in haar hare gesit saam met blink draadjies wat byna soos spinnerak draadjies lyk. Sy voel deel van die musiek wat speel. Sy voel ook deel van hierdie plek soos wat Jean voel, vandag is hy deel van die plaas en die Boland, soos nog nooit tevore nie.

Lenteweer in die hedeVul jou hart met vrede;Voel hoe koel die lentewind sag en lig soosdie aandwind oor jou spoel.Voel die vrede en liefdeslagWat mense bind soos ‘n spinnedraadMet die koelte waarin ons waad.

Nadat die seremonie afgehandel is en almal hul asems teruggekry het, is daar gelukwensings en trane van blydskap en ‘n mengelmoes van pratery.“Kom nou, wens ons geluk, moenie so verstom wees nie.” Hierna het Jean en Liza ook daar by die nuwe tuin besoek afgelê. Hy het haar aan die hand geneem en deur die hele labarint gelei, deur die tuin en heerlik natgeword in die sogenaamde reënwoud, weer drooggeword by die volgende paar draaie, toe anderkant uitgekom, haar gevra om net een dag op ‘n slag te leef en die beste te maak van elke dag.“Met my pelgrimstog in Spanje wou ek net al die oop ruimtes in my gemoed en my geheue laat vul met mooi en rustige gedagtes en herinneringe. Dis ‘n terapeut wat aanbeveel het dat ek so ‘n tuin aanlê en gedurig myself daarin lei en rustig word. Ek hoop jy aanvaar dit so en verstaan, liefste Liza.” Liza knik net. Jean lig haar ken met sy voorvinger en soen haar teer op haar mond.“Jean, Liza!” roep Jacques en Alida na hulle. Terwyl hulle nader aan mekaar loop, vra-sê Jacques “Is julle twee gelukkig?”“Moet ons antwoord?” lag JeanLater die aand gesels die broers en twee susters met hul kinders, rustig, terwyl die dogters na Liza se rok kyk en dit bespreek.“Hoe het jy hier gekom en waarvandaan, waar het jy aangetrek?” wil Alida nou weet. Liza glimlag net en sê toe geheimsinnig. “Sal later vir jou vertel.” Jean knipoog vir Liza en gee haar ‘n drukkie.“Terwyl ons nou rustig is na die dag se bedrywigheid, wil ek net gou aan julle die brief van ons prokureur wys. Ek wil nou nie julle dag steel nie, maar dis darem self ook groot nuus.” Jean frons effens, hy het al van die prokureur se opdrag vergeet. Ewe gewigtig haal Jacques die brief uit die koevert en

145

Page 146: Bloedrobyne Van Valery du Toit

oorhandig dit aan Jean. Hy lees die brief in stilte en kyk dan verras op na Jacques. “Wat het jou nou laat besluit om dit te doen, Jacques?” Jean se vraag maak Liza ook nuuskierig en sy leun oor om die inhoud van die brief te sien. “Wat moet ons nou doen Jean, hulle gelukwens of welkom heet?” Jean wonder ook.“Aangesien ons nou so met naamborde onthul te doene gehad het, moet ons maar weer ‘n nuwe naambord maak.” ‘n Dag of drie later is daar ‘n nuwe naambord by die ingang na die plaas.

DU PREEZ-BROERS - BORDEAUX - PRIVAAT WYNKELDER.

Jean en Liza het besluit om na ‘n hotel op die Waterfront in Kaapstad te gaan. Hulle reis met ‘n limousine, dieselfde een wat Liza van die dorp na die plaas in Franschhoek vervoer het. Die nuutgetroudes is deur die hotel personeel bederf. “Nou kan ons uiteindelik die plesiere van die getroude lewe geniet. Onthou jy wat ons mekaar belowe het in Kroasië?”“Ja, my lief, ek onthou en ek wil dit nooit vergeet nie, belowe jy, dat jy my altyd daaraan sal herinner. Kom my skat, kom lê hier in my arm, ek wil jou bemin.”

Hoe lank voor jy weet die liefde is in jou hart?Die gevoel het jou beet en ek weet,Ek weet ek het jou lief met my hele hart,Ek bemin jou en lief jouEn mag dit vir altyd wees.Dat ons mekaar vertrouEn wil vir altyd joune wees.

70

Die rustigheid het alweer oor die plaas en sy bedrywigheide gadaal en almal het al vergeet van die politiek in die midde ooste of Zimbabwe of in Amerika of op enige ander plek in die wêreld.

Een môre kry Bordeaux se mense ontstellende nuus. Die polisie bel vir Alida, net toe sy in die kantoor by Francet is.

“Haai nee, dis aaklig, o, my liewe hemel, ek glo dit nie.” Alida is vreeslik ontsteld. Toe sy die foon neersit, toe sak sy in die naaste stoel neer en begin saggies huil.

“Wat is dit, mamma? Wie was dit? Wat het gebeur?” Francet is dadelik by Alida en oorstuur met besorgdheid.

“Dawid was in ‘n vreeslike motorongeluk. Hy is in die hospitaal. Ernstig, eintlik is hy bedenklik.”

Jean besluit om op die plaas te bly, terwyl Jacques en Alida en Liza hospitaal toe gaan. Dawid se beserings was van so ‘n aard dat dit, menslik gesproke, beter is dat hy dood is.

Die verpletterde Améli het plaas toe gekom saam met Alida. Hy is half ongemaklik, maar Jean gaan haal vir René, sodat sy haar moeder kan ondersteun.

146

Page 147: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Vir die eerste keer hou hy sy eie kind vas om haar te troos. Sy is hartseer, aangesien Dawid vir haar die enigste pa was wat sy geken het vir ‘n lang tyd in haar lewe.

Is daar ‘n engel daar?Nie een wat sweweNie een wat skrikmaakDie een kan loop, praatEn doen. Dikwels ook soen.Aanraak, Liefhê.

Die lug is so blou soos ‘n helder saffier,Ons lag is vrolik want dis ‘n goeie kuur.

Die blomme en bome laat ons hoër opkyk.Positief dink, dit moet ons leuse wees

Die plaas in die Overberg met die blom-boerdery het nuwe base gekry. Die werkers van jare het ‘n groot aandeel in die plaas ontvang. Daar is ‘n vrou, ‘n ware voorslag, wat haar so goed bekwaam het as bestuurder van die bedryf, dat sy al geruime tyd die leisels kon oorneem. Sy was dus ook die natuurlike keuse om die leiding te neem. Die twee seuns het die beherende aandeel behou en sal dus hul lewe daar kan kom voortsit as hulle wil.

René is baie bly, want haar ma kan nou ook op Bordeaux kom bly, as sy sou wou, naby haar. Sy is al die jare nog baie geheg aan haar ma, aangesien sy ‘n groot deel van haar lewe haar ma vir haarself gehad het. Sy is ook terselfdertyd baie trots op die feit dat sy Jean in haar lewe het. Hy is ‘n goeie pa en plaasvervanger vir Dawid.

Jean het met huiwering van René verneem dat sy haar ma graag by haar op die plaas wil hê.

“Sal jou ma nie graag in die Overberg wil bly nie? Ek bedoel, dis tog waar sy ‘n baie lang tyd gewoon het.”

“Stel vir haar die keuse, Oom...Pa, asseblief, net sodat sy kan voel dat sy hier ook ‘n plekkie het, asseblief?”

“Goed, maar sy moet maar liewer self kies.”Hy staan op van sy lessenaar, steek sy hande diep in sy sakke, en stap na die

orrel toe. Hy speel vir almal wat wil hoor, ‘n gedeelte van Jesu bleibet meine freude. Hy wissel dit af met Händel se Sarabande en gedeeltes uit die Swanemeer van Tchaikovsky. Toe, uit die bloute speel hy, ‘He’s got the whole world in His hands...’

Namate die musiek deel van die groepie mense word, hoe rustiger word hul gemoedere.

Geloof in jouself, dan bou jy die beeldWat elke dag beter en mooier sal word

Dis aanhou en uithou en koers hou, my maat;Geloof in jouself laat jou lewe, en strewe.

147

Page 148: Bloedrobyne Van Valery du Toit

Die berge en see en die vlaktes die lok,Ons land is mooi en ons moet dit waardeer,

Ons moet streef na ‘n doelen dit nastreef en uitleef.

Kom laat ons lag, en sing en baljaarLiefde en lewe is werklik, voorwaar.

Met die oog op die toekomssal ons bly vertrou.

“Ons erfdeel is vir ons mooi, ‘n pragtige deel is vir ons afgemeet...”

Langenhoven het op ‘n keer gesê: ‘n kind kan ‘n blommetjie in sekondes breek, wat dit ‘n God gekos het om te skep.

Dis jou keuse of jy wil blom of kwyn,Ek sê aan elkeen: bid vir krag en wysheid,

Droom dan en doen elke dag jou bes,Kyk rond – sien die wonder van God

se handewerk. Kyk rond - sien die behoeftes vanAnder rondom jou.

Dis ‘n voorreg om ‘n Christen te wees,Om te kan blom, is genade!

Kom ons blom waar God ons geplant het.

Geskryf deur WelmaFebruarie 2009

148