borskanker is die - | · pdf fileborskanker is die mees algemene kanker wat suid-afrikaanse...

34

Upload: lekhuong

Post on 05-Feb-2018

277 views

Category:

Documents


2 download

TRANSCRIPT

Page 1: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *
Page 2: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Borskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer

Page 3: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

SA Statistiek soos per Nasionale Kankerregister (NKR) 2005 *

*

Page 4: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Borskanker - wat is die simptome?

Vroeë borskanker toon gewoonlik nie simptome nie, maar soos die gewas groter word, kan die bors anders begin lyk of voel

Tipiese veranderinge sluit in:

• ’n Knop of verdikking in of naby die bors of in die armholte • 'n Verandering in die vorm of grootte van die bors • Kuiltjies of rimpels in die vel van die bors • ’n Tepel wat na binne inkeer • Abnormale afskeiding van die tepel • Skubberigheid, rooi of geswolle vel op die bors, tepel of areola (die donker

deel rondom die tepel) • Die vel van die bors lyk of voel soos lemoenskil

Page 5: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Vroeë opsporing van borskanker

Borskanker wat vroegtydig opgespoor word, kan meer effektief behandel word met 'n groter kans op herstel

Selfs al voel jy nou gesond, is jou kans om borskanker te kry groter net omdat jy ‘n vrou is en ouer word

Gereelde

ondersoeke gee

gemoedsrus

Vroegtydige opsporing van

borskanker kan jou lewe red!

Page 6: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Bespreek enige veranderinge

wat jy opmerk met jou

gesondheidspraktisyn

Vroeë opsporing van borskanker

Bors-selfondersoeke (BSO) behoort elke maand tydens ovulasie gedoen te word (verkieslik op dieselfde tyd van die dag)

Wees bewus van hoe jou borste lyk en voel

Knopperige klierweefsel is 'n normale deel van die borsweefsel

Gereelde bors-selfondersoeke gee waarskuwing aan enige veranderinge

Page 7: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

‘n Bors-selfondersoek is so maklik soos 1-2-3

1. Voor die spieël Voor 'n spieëI, kyk vir enige veranderinge in die normale voorkoms en hoe jou borste voel, soos klein kuiltjies, verskil in grootte of afskeiding van die tepel

Ondersoek op vier maniere: arms langs die sye; arms bokant die kop; hande ferm op die heupe geplaas en in ‘n vooroor gebukkende posisie

Page 8: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

‘n Bors-selfondersoek is so maklik soos 1-2-3

2. Lê plat Lê op jou rug met ‘n kussing onder jou regterskouer en jou regterhand onder jou kop

Maak klein, ferm sirkelbewegings met die vier vingers van jou linkerhand in 'n op-en-af patroon oor die hele bors area, onder die arms en op tot by die skouer

Herhaal met die regterhand op die linker bors

Page 9: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

‘n Bors-selfondersoek is so maklik soos 1-2-3

3. In die bad Met jou regterarm gelig, ondersoek jou regterbors met ‘n seperige linkerhand en plat vingers. Gebruik dieselfde metode wat by stap 2 (‘Lê plat’) beskryf word

Herhaal aan die ander kant

Page 10: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

As jy ’n verandering

in jou borste of

armholtes opmerk,

vra jou mediese

praktisyn om ‘n

kliniese

borsondersoek

(KBO) te doen

Vroeë opsporing van borskanker

‘n Kliniese Borsondersoek (KBO) is ‘n visuele en tasbare ondersoek van die hele bors - vanaf die sleutelbeen tot die bralyn en van die armholtes tot by die borsbeen

As jou roetine mediese ondersoek nie 'n KBO deur 'n mediese praktisyn insluit nie, vra daarvoor

Vroue 40 of ouer, of wat ander risikofaktore het, behoort elke 2 - 3 jaar vir 'n mammogram verwys te word

Page 11: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Loop jy ‘n risiko vir borskanker?

Page 12: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry indien...

Jy ouer as 50 is

• Die kans om borskanker te kry verhoog namate jy ouer word

• Alhoewel die meeste vroue ouer as 50 is wanneer hulle gediagnoseer word, word vroue in hulle twintigs en dertigs toenemend met borskanker gediagnoseer

Page 13: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry indien...

Jy 'n gesinslid met borskanker het

• Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry as jou ouma, ma, suster

of dogter bors- of ovariese kanker gehad het

• Jou risiko verhoog verder as hulle dit voor 50-jarige ouderdom gehad het

• Vra jou mediese praktisyn aangaande genetiese raadgewing

Page 14: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry indien...

Jy 'n persoonlike geskiedenis van kanker het en daarvoor behandel is

• Vroue wat voor die ouderdom van 30 hoë dosisse chemoterapie, of

bestraling van die borskas (insluitende die borste) ontvang het, het ‘n groter kans om borskanker te kry

• Studies dui daarop dat hoe jonger 'n vrou is wanneer sy hierdie behandeling ondergaan, hoe groter is haar kanse om later borskanker te kry

Page 15: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry indien...

Jou borsweefsel baie dig is

• Vroue wie se mammogramme toon dat hul borsweefsel digter is as

ander vroue van dieselfde ouderdom, het 'n groter kans om borskanker te kry

• Ultraklank mag benodig word aangesien digte borsweefsel dit moeilik maak om moontlike gewasse op te spoor

Page 16: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry indien...

Jy nog nooit geboorte geskenk het nie, of jy 35 of ouer was met jou eerste swangerskap

• Vroue wat nooit kinders gehad het nie het 'n groter kans om borskanker

te kry

• ‘n Moontlike verklaring hiervoor is dat swangerskappe die aantal menstruele siklusse in ‘n vrou se lewe verminder

Page 17: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry indien...

Jy tans geboortebeperkingspille (mondelike voorbehoed-middels) reeds vir etlike jare gebruik – of tot onlangs gebruik het

• Studies toon dat vroue wat mondelike voorbehoedmiddels gebruik

'n groter kans het om borskanker te kry as vroue wat dit nooit gebruik het nie

• Die risiko verlaag as jy dit vir meer as 10 jaar ophou gebruik het

Page 18: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry indien...

Jy post-menopousaal is en gekombineerde hormoonvervangingsterapie (HVT) gebruik (wat estrogeen en progestoroon bevat)

• Kombinasie HVT verhoog ook die kanse dat borskanker eers in ‘n gevorderde

stadium opgespoor word - moontlik omdat dit borsweefsel laat verdig wat mammogramme minder effektief maak

• Hoër dosisse kombinasie HVT verhoog borskankerrisiko meer as laer dosis kombinasie HVT

• Vroue wat kombinasie HVT gebruik se risiko vir borskanker verhoog aansienlik binne die eerste 2 tot 3 jaar van gebruik

• Vroue wat kombinasie HVT vir minstens 5 jaar ophou gebruik het, se risiko vir borskanker verlaag

Page 19: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Jy het ‘n groter kans om borskanker te kry indien...

Jy meer as een standaard sopie alkohol per dag drink

• Alkohol verhoog beslis vroue se kanse om borskanker te kry

• Die risiko verhoog namate meer alkohol gebruik word

• Diegene wat meer as een standaard alkoholiese drankie (sopie) per dag drink se risiko is bykans dubbel dié van vroue wat nie alkohol gebruik nie

• Oormatige gebruik van alkohol verhoog ook die risiko om mond-, keel-, slukderm- en lewerkankers te ontwikkel

Page 20: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Onthou...

Alhoewel baie skaars, kan mans ook

borskanker ontwikkel

Die meeste vroue met verskeie

risikofaktore het ontwikkel

nooit borskanker nie

Vroue wat vir minstens 18

maande borsvoed, kan

hul (en hul babas) se risiko verder verlaag

Wees fisies aktief, waak

teen oorgewig en beperk jou alkoholinname

Jy kan jou kanse om borskanker te kry, verlaag

deur 'n gebalanseerde lewenstyl te handhaaf en

deur omgewings- karsinogene

(kankerveroorsakende stowwe) te vermy

Page 21: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Wat doen KANSA om te help?

Ons help deur seker te maak dat Suid-Afrikaanse vroue toegang het tot Kliniese Borsondersoeke (KBO) wat potensieel hul

lewens kan red

Ons Mobiele Gesondheidseenhede reis na ver afgeleë plekke in Suid-Afrika om vroue te bereik wat nie andersins toegang tot ‘n

KBO sou hê nie

Page 22: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Limfedeembehandeling

Limfkliere en –vate word somtyds tydens kankerchirurgie verwyder, wat die risiko vir infeksie verhoog

As die oorblywende limfvate nie genoegsaam vloeistowwe kan dreineer nie, bou daar 'n oormaat vloeistof op en veroorsaak swelsel of limfedeem

Radioterapie kan ook limfklierskade veroorsaak

Wat doen KANSA om te help?

Page 23: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Wat doen KANSA om te help?

Verskeie KANSA Sorgsentra bied limfedeembehandeling aan

Terapeute (wat spesiale opleiding in die hantering van limfedeem ondergaan het), Gebruik volledige Ledigingsterapie (VLT) om hierdie simptome by kankerpasiënte te verlig

VLT-behandeling sluit in limfdreinering per hand, drukverbande, spesiale oefeninge en vel- en naelversorging

Page 24: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Pruike Kankerbehandeling lei dikwels tot haarverlies. Vra jou haarkapper om jou pruik (wat by ons Sorgsentra gehuur of gekoop kan word) na jou behoefte te stileer

Borsprosteses Borsprosteses word by ons Sorgsentra te koop aangebied, waar personeel en vrywilligers jou met kundige raad en advies kan bedien – sommige Sorgsentra verkoop ook onderklere wat saam met prosteses gedra kan word

Wat doen KANSA om te help?

Page 25: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

SureTouch

KANSA is ‘n pionier van die nuutste tegnologie vir veilige borsondersoeke Dit is nie 'n diagnostiese hulpmiddel nie, maar word gebruik vir vooraf-siftingstoetse Ondersoek en geverifieer deur KANSA, word die SureTouch siftingstoestel na stedelike, voorstedelike en landelike gemeenskappe regoor die land geneem, om sodoende maklike en veilige borsondersoeke te beskikbaar te stel

Wat doen KANSA om te help?

Page 26: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

KANSA het die afgelope jaar...

• 16 310 vroue ondersoek vir borskanker

• ‘n Verdere 1 726 Kliniese Borsondersoeke gefasiliteer in samewerking met die Departement van Gesondheid

• Spesialisondersteuning aan sowat 44 limfedeempasiënte per maand gebied

Page 27: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

KANSA het die afgelope jaar...

• Ondersteuning aan 7 493 individuele kankerpasiënte verleen deur middel van ons 110 ondersteuningsgroepe en met behulp van ons 2 950 opgeleide sorg- en ondersteuningsvrywilligers

• Ongeveer 3 045 pasiënte elke maand besoek en ondersteun terwyl hulle kankerbehandeling by onkologie-klinieke ontvang het

• 45 000 individue, wat deur kanker geraak is, met berading ondersteun terwyl 4 278 mense baat gevind het deur mediese hulptoerusting wat aan hulle geleen is

Page 28: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Kliniese borsondersoeke word landswyd by KANSA

se Mobiele Gesondheidseenhede of

Sorgsentra gedoen

Page 29: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Een van KANSA se Mobiele Gesondheidseenhede skep bewustheid en doen gratis siftingstoetse in die gemeenskap

Page 30: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Een van KANSA se Mobiele Gesondheidseenhede skep bewustheid en doen gratis siftingstoetse

Page 31: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Wees deel van die stryd teen borskanker...

Gaan gereeld vir siftingstoetse

Maak ‘n donasie

Sluit aan as ‘n lid

Word ‘n vrywilliger

Page 32: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Om KANSA te help om ons kankersiftingsprogramme uit te brei, oorweeg dit asseblief om 'n skenking by

enige van ons meer as 30 KANSA Sorgsentrums landswyd te maak

Page 33: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *

Kontak ons…

Skakel ons tolvry 0800 22 66 22, of e-pos [email protected]

Teken in op ons KANSA Nasionale Facebook-blad:

https://www.facebook.com/pages/CANSA-The-Cancer-Association-of-South-Africa/155894811261689

Word ook deel van ons Twitter-blad:

@CANSA - http://twitter.com/cansa

Besoek ons webtuiste

www.cansa.org.za

Page 34: Borskanker is die - |  · PDF fileBorskanker is die mees algemene kanker wat Suid-Afrikaanse vroue affekteer *