boshoff visser plus

20
2010 BOSHOFF VISSER PLUS Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste Chartered Accountants and Financial Services

Upload: malossol-intelligent-brand-solutions

Post on 05-Feb-2016

297 views

Category:

Documents


0 download

DESCRIPTION

Boshoff Visser Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste / Chartered Accountants and Financial Services Annual Newsletter 2010

TRANSCRIPT

Page 1: Boshoff Visser Plus

2010BOSHOFF VISSER PLUS

Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële DiensteChartered Accountants and Financial Services

Page 2: Boshoff Visser Plus

01 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

Introduction / Inleiding 01News / Nuus 02Aftrekbaarheid vanwerkgewersbydraes totuittredingsannuïteitsfondse 02Oordrag van ’n primêre woningvanuit ‘n regspersoon 03Travel allowance 03Will the world survive therecession? / Sal die wêrelddie resessie oorleef? 04Beëindiging van die SIBW stelsel 05Online life insurance /Aanlyn lewensdekkingin 5 minute 05Stedelike Ontwikkelingsgebied-toelaag (”UDZ allowance”) 06Will the agricultural sectorexperience outages? /Gaan Eskom landbouse ligte afsit? 07Budget Highlights /Begrotingshoogtepunte 09Brick and concrete remain tops,just follow the rules /Bakstene en sement bly bobaas,volg net die reëls 11Voorlopige belasting 12Learnership allowances 12Risk in a nutshell / Risiko in’n neutedop 13Alternative products /Alternatiewe produkte:kontantkoei of bodemlose put? 14Oordraagbaarheid van ’nonbenutte boedelbelastingkorting 15Residential property inperspective / Residensiëleeiendomsmark in perspektief 16Social Pages / Sosiale Bladsye 17

CO

NT

EN

TS/

INH

OU

D

Geagte Klient / Dear Client

Hiermee ons nuusbrief vir 2010. Ek hoop u geniet dit.

Last year we started the drive to go a bit “greener” and weissued a first electronic copy of our newletter to clients. Thisyear we tried to improve on the quality of our electronic copyin order to make it more user friendly to our readers.

Benewens die normale artikels wat ons glo relevant is virons lesers, gebruik ons vanjaar die geleentheid om sekerevan ons dienste bietjie beter te bemark. U sal op elke blad

van hierdie uitgawe ‘n kort, geblokte paragraaf sien waareen van vele Boshoff Visser dienste uitgelig word.

As with previous issues, we have the following health warning:The articles in our newsletter are written by employees ofBoshoff Visser. We try our best to give the correct facts andtechnical information, but please do not act on any informationwithout checking it with one of our directors.

Baie dankie aan ons kliente, personeel en sakevennote watons elke dag help om ons besigheid te verbeter en uit tebou. Mag almal van julle ‘n wonderlike Wêreldbeker jaar hê.

INTRODUCTION/INLEIDING

Page 3: Boshoff Visser Plus

02 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

NEWS/NUUSIn June 2009 Boshoff Visser became involved and eventuallymerged the accounting practice known as HL Hayward &Associates in Bellville with the existing Boshoff Visser branchin Bellville. The business was moved from their EdwardStreet location and integrated successfully with our BoshoffVisser operation in High Street by the end of 2009. We thankall the staff and clients for their patience and assistance inthe merging process and welcome all of them to the BoshoffVisser Group.

Op 1 Maart 2010 het Erick Marx hom by Boshoff Visser Bellvilleaangesluit en spesialiseer in Belasting- en ander Regsdienste.Erick beskik oor die rekeningkundige kwalifikasies BRek (US)en Hons B Compt (Unisa) en het sy drie jaar rekenmeestersklerkskap by PWC se Bellville kantoor voltooi. Hy verwerfdaarna ook die regsgrade BProc, LLB en LLM (Belastingreg)deur Unisa terwyl hy as BTW ouditeur by SARS se Bellvillekantoor werksaam was. Hy verkry ook ‘n MComm (Belasting)deur Universiteit Stellenbosch en bedryf vir baie jare sy eiepraktyk as belastingspesialis. In Augustus 2008 sluit hy aanby PSG Konsult waar hy werksaam was tot 28 Februarie 2010as senior belastingadviseur.

Henk Venter joined the Grabouw branch in January 2010 asaudit manager. He holds a B.Comm (Unisa) degree and hascompleted his SAICA traineeship. Before moving to the Cape,he was employed by Futurus, a firm of Chartered Accountantsin Tzaneen for the past six years.

Boshoff Visser het tans 14 takke met ‘n totale personeeltalvan 215 soos aan die einde van Maart 2010.

MEDIESE FONDSGesondheid gebou op oordeelkundige mediese fondsadvies. Maak seker dat u lid is van die regte mediese fonds volgens ubehoeftes. Ons wye reeks produkte sluit die meeste Mediese Fondse in SA in.

Aftrekbaarheid vanwerkgewersbydraes totuittredingsannuïteitsfondse

‘n Wysiging aan die Inkomstebelastingwet maak daarvoorvoorsiening dat ‘n werknemer in die vervolg daarop geregtigsal wees om ook bydraes tot ‘n uittredingsannuïteitsfondsdeur sy / haar werkgewer namens hom / haar gemaak virbelastingdoeleindes te eis. Hierdie belastingaftrekking salegter beperk wees tot die bedrag van die werkgewer sebydrae wat as ‘n byvoordeel in die hande van die werknemerbelas moet word.

Sodanige gewysigde aftrekking sal ook ten volle in ag geneemmag word by die vasstel l ing van die maandel iksewerknemersbelasting wat ten aansien van die werknemeraan SARS oorbetaal moet word. Gevolglik behoort diehantering van hierdie aftrekking by vasstelling van dierelevante maandelikse werknemersbelastingaanspreeklikheiddie aftrekking se toegelate hantering tydens die jaarlikseinkomstebelastingaanslag te volg.

D ie te rsaak l i ke wys ig ing ten aans ien van d ieInkomstebelastingwet tree in werking vir belastingjareeindigend op of na 28 Februarie 2011, dit wil sê virbelastingjare wat op of na 1 Maart 2010 begin.

Artikel deur Erick Marx

Page 4: Boshoff Visser Plus

03 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

Die uitkering van bates (insluitende ‘n primêre woning) deur‘n regspersoon soos byvoorbeeld ‘n maatskappy behelsgewoonweg ‘n beskikking vir kapitaalwinsbelasting (BKW)– doeleindes wat die maatskappy betref. Voorts sal sodanigeverdeling neerkom op die verklaring van ‘n dividend metgepaardgaande sekondêre belasting op maatskappye (SBM)implikasies vir die relevante maatskappy.

Wysig ings ten aans ien van d ie Hereregte – enInkomstebelastingwet maak dit nou vir sekere maatskappyeen trusts moontlik om op ‘n belastingvriendelike grondslag‘n primêre woning uit te keer. Hierdie uitkering van ‘n primêrewoning sal vrygestel van BKW en SBM in die hande van diemaatskappy wees. In die geval van ‘n trust sal ‘n soortgelykeuitkering van BKW vrygestel wees. Verder sal geen Hereregtedeur die eiendomsverkrygende natuurlike persoon betaalbaarwees nie.

Die kernvereistes ten opsigte van die toepaslikebelastingverligting behels die volgende:

- Die belang wat oorgeplaas staan te word moet ‘n primêrewoning uitmaak;

- Sodanige primêre woning moet aan ‘n natuurlike persoonoorgedra word; en

- Die relevante natuurlike persoon moet die tersaaklike primêre woning voor of op 31 Desember 2011 verkry.

Indien ‘n toepaslike primêre woning in die naam van ‘nmaatskappy geregistreer is, moet die betrokke natuurlike

Oordrag van ’n primêrewoning vanuit ’n regspersoon

persoon regstreeks (alleen of gesamentlik met sy / haargade) die volle aandeelhouding in die maatskappy besit.Hierdie aandelebelang moes reeds teen 11 Februarie 2009in besit van die betrokke natuurlike persoon en / of sy / haargade gewees het.

Waar die toepaslike primêre woning in die naam van ‘ntrust geregistreer is word vereis dat die betrokkenatuurlike persoon:

- Die woning aan die trust by wyse van ‘n skenking, oormaking of soortgelyke beskikking oorgedra het; of

- Finansiering verskaf het rakende alle uitgawes wat deurdie trust ter verkryging van die woning aangegaan is.

Daar word ook vereis dat die betrokke natuurlike persoonen / of sy / haar gade reeds teen 11 Februarie 2009 in dieprimêre woning woonagtig moes gewees het.

Hierdie belastingverligting sal derhalwe van toepassing weesvir primêre woningsoordragte in hierdie verband met ingangvan 11 Februarie 2009 tot op of voor 31 Desember 2011.

In die laaste instansie behoort belastingpligtiges wat oorweegom van die belastingverligting gebruik te maak ag te slaanop enige verband-kansellasiekostes asook die kwessierakende die eiendomsverkrygende natuurlike person sekwalifisering vir ’n nuwe verband al dan nie.

Artikel deur Erick Marx

One of just a few tools left to use inthe structuring of a remunerationpackage, is the travel allowance.From 1 March 2010 taxpayers whowant to make use of this benefit willhave to prove their d istancestravelled for business purposes byway of a logbook. Gone are the daysof using the “deemed” kilometermethod previously catered for. Also,the amount included in remunerationfor purposes of calculating PAYE, isincreased from 60% to 80%.

Article by Pieter Wessels

Travel allowance BELEGGINGSKoop u produkte of ontvang u finansiële advies? Die wêreld vanwelvaartbestuur is gekompliseerd genoeg. Maak seker u adviseur verstaanen bestuur u behoeftes volgens ‘n volhoubare finansiële plan. BoshoffVisser Beleggings bied u die volgende opsies nl: Aandeleportefeuljes,Eiendomsportefeuljes, Buitelandse Beleggings, Effektetrustportefeuljesen Aftreebeplanning. Volgehoue stabiele langtermyn inkomstegroei is onswagwoord.

BELASTING-ADMINISTRASIEDie behoorlike administrasie van die onderskeie belastings wat in SAbetaalbaar is, is ongelukkig ‘n noodsaaklike euwel. SARS maak dievereistes vir nakoming al strenger en het oor die afgelope paar jaar almeer funksies afgeskuif op die belastingpligtige self, gepaardgaande metboetes indien vereistes nie nagekom word nie. By Boshoff Visser het onsopgeleide personeel en stelsels in plek om u persoonlike of besigheid seInkomstebelasting, BTW en Loonstaatbelasting te administreer wat versekerdat u voldoen aan SARS se nakomingsvereistes.

Page 5: Boshoff Visser Plus

04 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

WILL THE WORLD SURVIVE THERECESSION?/SAL DIE WÊRELDDIE RESESSIE OORLEEF?

Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit dieselfde.12 Maande gelede het almal gewonder of die wêreld dieresessie wat toe op ‘n byna hoogtepunt was sou oorleef.Baie maatskappye het dit nie oorleef nie.

Binne 12 maande het die JSE van ‘n laagtepunt van18 640.81 punte gestyg na 27 904.65 punte. Die mark isweliswaar nog nie naastenby by sy hoogtepunt van 33 309.82punte nie, maar is daar wel aandele wat weer ten volle inhul pryse herstel het. Die portefeulje wat Boshoff Visserbestuur namens sy kliënte is weer verby sy vorige hoogtepunt.Sovêr het landbou kommoditeite nog onder aan dieagterspeen gesuig en kommoditeitspryse het goed herstela.g.v. die vraag daarna uit die Ooste. Die meeste lande seBBP is weer positief en groei word vir 2010 voorspel. Diewêreld is wel op antibiotika gesit, en dit wil lyk of herstelinsig is, maar terugslae sal definitief nog steeds voorkom.Dit sal weereens afhang daarvan of beleggers saam met huladviseurs geleenthede, wat net voorkom met terugslae, salbenut.

Oor 10 jaar sal hierdie resessie ook net nog ‘n kurwe op diegrafieke wees. Hoe meer dinge verander,hoe meer bly dit dieselfde.

Artikel deurKobusLourens

FINANSIERINGMaak gereed vir die volgende eiendoms-opbloei.Virnommerpas finansiering as dit kom by huiskoop,skakel gerus ons finansiering-konsultante.

FINANCIAL STATEMENTSEach and every business entity (whether you trade as sole proprietor, company, close corporation or trust) needs to preparefinancial statements at least annually. Apart from SARS, the financial institutions from which you borrow money, will demandthat. It might even happen that you need to prepare interim financial statements in specific circumstances, e.g. when you haveto raise finance. Boshoff Visser has trained staff to assist you with this.

Page 6: Boshoff Visser Plus

05 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

ON

LIN

E L

IFE

IN

SUR

AN

CE

/A

AN

LY

N L

EW

EN

SDE

KK

ING

IN 5

MIN

UT

E Die internet is besig om die manier om besigheid te doen en dag-tot-dag aktiwiteite te verander.Soos die koste daal en die spoed styg sal dit al hoe meer deel van ons lewens raak. ‘n Maatskappysoos Amazon.com het in 2008 $147.8 miljoen se aanlynbesigheid gedoen. Dit is ‘n groei van 838%in tien jaar. Dieselfde tendense sal in SA sigbaar wees.

Dit is nie net boeke en ander verbruikersgoedere wat aanlyn verkoop word nie. ‘n Vraag na aanlynfinansiële dienste is ook identifiseer. Na ondersoek van die bestaande aanbiedinge tans aanlyn beskikbaarhet Boshoff Visser ‘n webwerf gestig wat suiwer op die verkoop van lewensdekking gemik is.

Die voordele vir u as kliënt is onder andere:

1. Met baie min moeite kan u kwotasies kry.

2. U hoef nie sleg te voel om nee te sê nie.

3. Dis maklik om bestaande dekking te vergelyk met nuwe kwotasies.

4. U kry kwotasies by verskeie maatskappye sonder ekstra moeite.

5. Dekking kan uitgeneem word sonder dat daar ander produkte aan u probeer verkoop word.

Dit neem slegs 3 minute om u besonderhede in te vul en binne 24 uur sal u kwotasies van die 7 voorstelewensversekeringsmaatskappye kry. U het dan geen verpligting om dekking uit te neem of enige fooi tebetaal nie.

Daar is gevoel ons kan meer aan ons kliënte bied.

1. Kwotasies by meer maatskappye. Die meeste aanlynmaatskappye doen hulle eie onderskrywing en ukry net een opsie.

2. Beter advies. U sal nooit advies vanaf ‘n telefoondienssentrum ontvang nie. U sal met ‘n gekwalifiseerde finansiële adviseur gesels.

3. Waarborg dat ons enige kwotasie sal klop.

4. Diens na die produk uitgeneem is sal vry van kostes verskaf word deur ‘n spesifieke kontakpersoon.

5. Addisionele dienste soos ‘n testament word gratis saam met die dekking aangebied.

Met die beter prys, groter keuse en die beste diens het u niks om te verloor deur ons webwerfwww.directlifecover.co.za te besoek en te toets of u dalk ‘n paar rand kan spaar nie.

Artikel deur Fanie Nel

Beëindiging van die SIBW stelsel

Die standaard inkomstebelasting op werknemers (SIBW)stelsel het gedurende die laat 1980’s in werking getree teneinde die hoeveelheid inkomstebelastingopgawes wat jaarliksingehandig word te beperk.

Administratiewe vernuwings asook die feit dat die persoonlikeinkomstebelastingdrempel vir belastingpligtiges jonger as65 jaar reeds baie naby aan die SIBW plafon ten bedrae vanR 60 000 is, het die nodigheid vir die SIBW stelsel uitgeskakel.

Daar word dus voorsien dat die SIBW stelsel met ingangvan 1 Maart 2011 herroep sal word.

Sodanige herroeping mag derhalwe meebring dat allebelast ingbeta lers wie se belasbare inkomste d iebelastingdrempel oorskry as belastingpligtiges moetregistreer.

Artikel deur Erick Marx

Page 7: Boshoff Visser Plus

06 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

StedelikeOntwikkelingsgebied-toelaag(”UDZ allowance”)

TRUSTSWanneer dit kom by bewaring van bates en erfopvolging,speel Trusts nog ‘n belangrike rol in die Suid-Afrikaanseregstelsel. Nie net kan ons u behulpsaam wees met dieoprigting van ‘n trust nie, maar ons kan u ook van hulp weesmet die administrasie daarvan en selfs met optrede as trusteeindien u dit so sou verkies.

‘n Verandering aan die Stedelike Ontwikkelingsgebied-toelaag(”UDZ allowance”) is tydens die 2010 begrotingstoespraakvoorgestel. Die begrotingsvoorstel in hierdie verband hetaangedui dat die oprigting van nuwe geboue in ‘nafgebakende stedelike ontwikkelingsgebied in aanmerkingsal kom vir ‘n belastingtoelaag van 20% van die gebou seoprigtingskoste gedurende die eerste belastingjaar wat volgop die gebou se voltooiing. ‘n Verdere belastingtoelaaggebaseer op 8% van sodanige gebou se oprigtingskoste perdie opvolgende 10 belastingjare sal ook van toepasssingwees.

Daar is ook afgekondig dat die oprigting van nuwe gebouerakende lae koste behuisingsprojekte wat in ‘n stedelikeontwikkelingsgebied onderneem word sal kwalifiseer vir ‘nbelastingtoelaag van 25% van die gebou se koste tydensdie eerste belast ingjaar na voltooi ing daarvan. ‘nBelastingtoelaag van 13% van sodanige gebou se kosteper die 5 belastingjare wat volg asook ‘n finale toelaag van10% van die gebou se koste gedurende die sewende jaarna voltooiing is voorgestel.

Verbeteringe aangebring ten opsigte van bestaande gebouewat deel uitmaak van ‘n lae koste behuisingsprojek in ‘ngeïdentifiseerde stedelike ontwikkelingsgebied behoortingevolge die tersaaklike begrotingsvoorstel in aanmerkingte kom vi r ‘n belast ingtoelaag van 25% van dieverbeteringskoste per belastingjaar.

Verder word klaarblyklik oorweging daaraan verleen omverhoogde belastingtoelae vir privaat ontwikkelaarsbeskikbaar te stel wat ander partye se grond binne sodanigestedelike ontwikkelingsgebied verbeter.

Kennis moet egter daarvan geneem word dat hierdiebegrotingsvoorstelle nog nie as wetgewing uitgevaardig isnie.

Artikel deur Erick Marx

Page 8: Boshoff Visser Plus

07 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

WILL THE AGRICULTURALSECTOR EXPERIENCE OUTAGES?/GAAN ESKOM LANDBOUSE LIGTE AFSIT?Na baie bespiegeling in die media is daar nou uiteindeliksekerheid oor die tariefverhogings wat deur NERSAtoegestaan is, naamlik 25% per jaar vir die volgende 3 jaar.Dit is darem minder as wat ESKOM aanvanklik aangevrahet, maar sal nog steeds ‘n reuse invloed op alle sektorevan ons ekonomie hê. Die vraag is hoe dit die landbou gaanraak?

Aanvanklik voel dit of dit nie ‘n groot effek op produsentesal hê nie aangesien slegs 4 tot 5 % van ‘n produsent seproduksiekoste uit elektrisiteit bestaan. Die netto effek van‘n 25% verhoging in elektrisiteit tariewe is dus maar ‘n 1%tot 1.25% verhoging in totale produksiekoste. Daar is egter‘n paar goed wat ons eers in ag moet neem voor ons tegerus raak.

Wat ons moet besef is dat die saamgestelde effek van die3 verhogings beteken dat ons oor 3 jaar byna dubbeld virons elektrisiteit gaan betaal (die effek is ‘n 95% styging oordie 3 jaar).

Ons moet ook onthou dat dit nie net op die plaasvlak is waar

ons elektrisiteit betaal nie, maar dat byna al ons produkteverdere verwerking, verpakking of verkoeling ondergaanwaar groot hoeveelhede elektrisiteit verbruik word. Dieverhoging in kostes by d ie wynkelder , pakstoor ,inmaakfabriek, bakkery, melkfabriek ens. sal uiteindelik maarnet teruggegooi word na die produsent toe as deel vanverwerkingskoste wat by sy opbrengs afgetrek word.Verder sal die verhogings verbruikers wat reeds vuisvoos isvan al die druk op die ekonomie verder verarm wat ‘nnegatiewe invloed op ons binnelandse markte sal hê. Dit isveral jammer met die huidige wisselkoers wat uitvoere minderaanloklik maak en waar baie bedrywe weer swaarder beginsteun op die binnelandse mark.

Op plaasvlak is daar gelukkig baie wat ons kan doen omelektrisiteit te bespaar. Eerstens sal produsente wat dit niealreeds gedoen het nie dringend daaraan moet dink om hulwerkers se huise op ‘n koopkragstelsel te kry. Daar is ‘naanvangskoste aan verbonde om die meters te installeer,maar op die lang duur bring dit ‘n reuse besparing teweeg.Die tweede plek waar produsente baie kan spaar is bywaterpompkoste. Elke produsent sal opnuut moet kyk waar

Page 9: Boshoff Visser Plus

08 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

hy dalk van gravitasie gebruik kan maak vir besproeiing.Weereens behels dit gewoonlik ‘n groot aanvanklikekapitaaluitleg, maar is dit meestal betalend oor die langtermyn.Daar is ook ‘n nuwe toestel beskikbaar wat die hoeveelheidelektrisiteit wat ‘n pomp gebruik reguleer volgens diehoeveelheid water wat gepomp word, sodat die pomp nieteen volle kapasiteit loop as dit nie nodig is nie. Volgensboere wat dit reeds gebruik word die aanvanklike koste vandie toestel baie vinnig verhaal deur besparings in elektrisiteit.Boere wat nie tans van ESKOM se RURAFLEX-tariewe(verlaagde tariewe buite spitstye, verhoogde tariewe inspitstye) gebruik maak nie kan ‘n ontleding laat doen om tekyk of dit dalk sinvol sal wees. Eskom het die koste om oorte skakel skerp verhoog wat dit dikwels nie meer die moeitewerd maak nie, en op sommige plase is dit praktiesonuitvoerbaar om slegs in nie-spitstye te besproei. Daar kanegter steeds gevalle wees waar dit lonend kan wees om oorte skakel.

Verder kan die gewone elektrisiteitsbesparingsmetodes watESKOM voorstel vir huishoudings in die eienaar, bestuurderen werkers se huise toegepas word. Die metodes is al wyd

publiseer in die media en is vrylik beskikbaar by ESKOM,dus sal ons nie in besonderhede daarop ingaan nie.

Wat die koste van elektrisiteit vir verdere verwerking,verpakking of verkoeling behels sal produsente wat dien opdie direksies van die betrokke Koöperasies of Maatskappyemoet besin oor moontlike besparings, soos om dalk soggensvroeër oop te maak en sodoende bv. koeler druiwe te ontvangwat minder verkoeling benodig.

Daar is reeds aanduiding gegee dat die regering dit oorweegom ‘n mate van verligting aan die landbou te gee in die vormvan subsidies of rabatte op elektrisiteit, maar of dit gaan realiseeren hoe groot die verligting gaan wees bly ‘n ope vraag. Al watprodusente in die verband kan doen is om so veel as moontlikdruk op die regering te sit deur hul landbouverenigings,produsente-organisasies en die media.As produsente hulingebore vindingrykheid en legendariese planmaakvermoë tenvolle benut behoort die prysverhogings (hoe absurd dit ook alis) nie die landbou se ligte af te skakel nie.

Artikel deur Arnand Stofberg

MONTHLY BOOKKEEPING& ADMINISTRATIONMany smal l bus inesses s t rugg le w i th theadministrative burden of keeping accounting recordsand books up to date and to comply with statutoryrequirements like submitting VAT returns etc, on time.You might consider outsourcing this important functionto us, leaving it to our staff to keep this function upto date while you concentrate on your core business.Even things like your Payroll preparation, submissionof VAT and other statutory returns can be left to us.

RISIKO VERSEKERINGDie pen is magtiger as die onvoorsiene. Maak seker urisikodekking is in plek vir enige onvoorsiene gebeurtenis.Om te beplan vir die onvoorsiene,maak seker dat udie hele prentjie verstaan. Boshoff Visser se produktev i r L e w e n s v e r s e k e r i n g , I n k o m s t e v e r v a n g i n g ,Ongeskiktheidsdekking en Traumaversekering sluit diebekendste handelsname in die Suid-Afrikaanse mark in.

Page 10: Boshoff Visser Plus

09 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

2010

BU

DG

ET

HIG

HLIG

HT

S/B

EG

RO

TIN

GSH

OO

GT

EP

UN

TE Individuals

PERSONAL INCOME TAX RATE AND BRACKET STRUCTURE

2010Taxable Income (R) Rates of Tax (R)R0 - R132 000 18% of each R1R132 001 - R210 000 R23 760 + 25% of the

amount above R132 000R210 001 - R290 000 R43 260 + 30% of the

amount above R210 000R290 001 - R410 000 R67 260 + 35% of the

amount above R290 000R410 001 - R525 000 R109 260 + 38% of the

amount above R410 000R525 001 and above R152 960 + 40% of the

amount above R525 000

2010 KortingsPrimêre korting R9 756Sekondêre korting R5 400

Belasting DrempelsPrimêre R54 20065 Jaar en ouer R84 200

Rente VrystellingPrimêre R21 00065 Jaar en ouer R30 000

2011Taxable Income (R) Rates of Tax (R)R0 - R140 000 18% of each R1R140 001 - R221 000 R25 200 + 25% of the

amount above R140 000R221 001 - R305 000 R45 450 + 30% of the

amount above R221 000R305 001 - R431 000 R70 650 + 35% of the

amount above R305 000R431 001 - R552 000 R114 750 + 38% of the

amount above R431 000R552 001 and above R160 730 + 40% of the

amount above R552 000

2011 RebatesPrimary R10 260Secondary R5 675

Tax ThresholdsPrimary R57 000Age 65 and over R88 528

Interest ExemptionPrimary R22 300Secondary R32 000

Die belasting vrystelling t.o.v. buitelandse rente en dividende verhoog van R3500 na R3700.

REISTOELAES

In die vervolg sal geen aftrekking geëis kan word indien daar nie ‘n logboek bygehou word nie. 80% vandie belastingpligtige se reistoelaag moet by die belasbare inkomste ingesluit word om maandeliks die LBSte bereken.

Waarde van voertuig (R) Vaste koste (R p.a.) Brandstof (c/km) Onderhoud (c/km)0 - 40 000 14 672 58.6 21.740 001 - 80 000 29 106 58.6 21.780 001 - 120 000 39 928 62.5 24.2120 001 - 160 000 50 749 68.6 28.0160 001 - 200 000 63 424 68.8 41.1200 001 - 240 000 76 041 81.5 46.4240 001 - 280 000 86 211 81.5 46.4280 001 - 320 000 96 260 85.7 49.4320 001 - 360 000 106 367 94.6 56.2360 001 - 400 000 116 012 110.3 75.2Over 400 000 116 012 110.3 75.2

Alternatiewe geagte koste per km (onderhewig 2009/2010 2010/2011aan voorwaardes) 292 c/km 292 c/km

MEDIESE UITGAWES

Die maandelikse belasting vrye gedeelte van mediesefondsbydraes verhoog van R625 na R670 vir diehooflid en die eerste afhanklike en van R380 na R410 vir elke daaropvolgende afhanklike vir die 2011belasting jaar.

Page 11: Boshoff Visser Plus

10 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

RETRENCHMENT PACKAGES

The R30 000 exemption for termination of services has notbeen adjusted for many years. It has been proposed thatthis exemption be merged into the retirement fund lump sumbenefit system and that the qualifying lump sums be taxedby applying the tax table for retirement fund lump sumbenefits.

VOLUNTARY DISCLOSURE PROGRAMME

Yet another tax amnesty has been proposed in order fortaxpayers to get their tax affairs in order. The window periodwill be 1 November 2010 until 30 October 2011.

Companies

CORPORATE INCOME TAX

Company Tax Rates 2009/2010 2010/2011Normal income tax 28% 28%Employment company 33% 33%SA Branches offoreign companies 33% 33%STC 10% 10%(12.5% before 1 Oct 2007)

KLEIN SAKE KORPORASIES

Die omset kerf bly op R14 miljoen.

Die belasting is as volg:2009/2010 2010/2011

0 - R54 200 0% -R54 201 - R300 000 10% -R300 001 en op 28% -

0 - R57 000 - 0%R57 001 - R300 000 - 10%R300 001 en op - 28%

VERY SMALL BUSINESSES

2010Turnover (R) Tax Liability (R)0 - 100 000 0%100 001 - 300 000 2% of each R above 100 000300 001 - 500 000 2 000 + 3% of each R above 300 000500 001 - 750 000 8 000 + 5% of each R above 500 000750 001 - 1 000 000 20 500 + 7% of each R above 750 000

2011Turnover (R) Tax Liability (R)0 - 100 000 0%100 001 - 300 000 1% of each R above 100 000300 001 - 500 000 2 000 + 3% of each R above 300 000500 001 - 750 000 8 000 + 5% of each R above 500 000750 001 and above 20 500 + 7% of each R above 750 000

BTW

Die jaarlikse omset kerf vir verpligte BTW registrasie bly opR1 miljoen. Die jaarlikse omset kerf vir boerderye wat elkeses of elke vier maande BTW opgawes indien bly op R1,5m.

ESTATE DUTY

Estate duty stays unchanged with an exemption of R3,5million per individual and the rate at 20%. It was proposedthat “Taxes upon death” (i.e. Estate Duty and Capital GainsTax) will be reviewed in the near future. Is this maybe theend to Estate Duty?

SKENKINGS BELASTING

Die jaarlikse skenkings belasting vrystelling bly onveranderdop R100 000 en die koers bly 20%.

CAPITAL GAINS TAX

The exclusion threshold for capital gains and losses remainsunchanged at R17 500.

The annual exclusion in the year of death remains unchangedat R120 000. The primary residence exclusion for residencesabove R2m stays at R1,5m. People selling their residencewith a gross value below R2m will pay no CGT.

TRANSFER DUTY

Transfer duty rates remain unchanged for the 2010 year.

FUEL TAXES

The fuel taxes on petrol and diesel will be increased by 25.5ca liter.

DISCLAIMER

Boshoff Visser accepts no liability whatsoever for any losses,damage or cost incurred which may arise from informationpublished in this document. Please contact anyone of thedirectors of Boshoff Visser before any decisions are maderegarding information published.

Page 12: Boshoff Visser Plus

11 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

COMPANY SECRETARIALWe assist clients with the creation of companies and close corporations as well as with the ongoing administration that islegally required in running a company or close corporation. Most clients find it a better option to outsource this function tous which include, amongst other things, the maintenance of share registers and minute books; submission of annual CIPROreturn etc.

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

BRICKS AND CONCRETE REMAINTOPS, JUST FOLLOW THE RULES/BAKSTENE EN SEMENT BLYBOBAAS, VOLG NET DIE REËLS

Na die euforie wat geheers het oor eiendomsbeleggings totmiddel 2007 is eiendom as bateklas soos die meeste anderbateklasse ‘n ordentlike bloedneus gegee. Oorsake van diedalings in eiendomspryse was hoofsaaklik ‘n sameloop vanomstandighede wat die instel van die nasionale Kredietwet,verhoogde rentekoerse en ‘n wêreldwye resessie insluit.Indien beleggers nugter na hierdie faktore kyk, is dit ‘nwonder dat ons eiendomsboom nie totaal uitgeval het nie.

By Boshoff Visser voel ons dat eiendom ‘n deel moet uitmaakvan enige belegger se langtermyn finansiële plan. Beleggersmoet egter sekere reëls volg indien eiendom as bateklasgebruik word. Vervolgens kortliks ‘n paar reëls wat ons voelslaafs nagevolg moet word:

Koop vir die medium - tot langtermyn.

Eiendom is nie ‘n bateklas vir spekulante nie. Korttermynwinstekan gemaak word, maar behoort eerder die uitsondering asdie reël te wees. Koop met die idee om nooit te verkoop nie.Onthou dat eksterne faktore die waarde van ‘n eiendomdeurlopend sal beïnvloed, maar op die langtermyn sal dit ‘nweglaatbare klein invloed op ‘n eiendomsbelegging hê.

Koop eiendom as gevolg van die inkomste en nie diekapitaalgroei nie.

Sekerlik die grootste fout wat beleggers maak is om ‘neiendom te koop wat nie genoegsame inkomste lewer nie.Fokus op die huurinkomste en kapitaalgroei sal oor tydvanselfsprekend wees. Hoe beter die huurinkomste hoegouer kan beleggers verdere beleggings ondersoek.

Bou ‘n gediversifiseerde portefeulje oor tyd op.

Gebruik jou tyd om aankope te doen. Niemand kan voorspelwanneer dit die regte tyd is om te koop nie. In enige markkan billike aankope deur geduldige beleggers gedoen word.

Eiendom as bateklas het ook ‘n verskeidenheid van sektoresoos bv. residensiële- , kantoor-, nywerheids-, kommersiële-en ontspannings eiendomme. Elke eiendomsektor het syeie voor - en nadele en kan bydra tot ‘n gebalanseerdebeleggingsportefeulje.

Maak vrede met die kostes.

Eiendoms-aankope bring kostes soos agentekommissie,oordragskoste en verbandreg is t ras iekostes mee.Beleggers moet hulself hieroor inlig en nie ‘n goeielangtermynt ransaks ie laat sk ipbreuk ly a .g .v . ‘nonbereidwilligheid om kostes te betaal nie. Gewoonlik iskostes onderhandelbaar.

Deurlopende probleme is eie aan ‘n eiendomsbelegging.

Onvoorsiene reparasies, verhoogde eiendomsbelasting enrentekoerse, wanbetalings van huurders en probleme methuurders is deurlopende probleme wat sal opduik. Weesbewus van hierdie uitdagings en hanteer dit as deel van ‘neiendomsbelegging.

Bostaande is slegs 5 aspekte wat beleggers in gedagte moethou indien eiendom as bateklas oorweeg word. Afhangendevan elke belegger se omstandighede kan verskeieeiendomsbeleggings soos eiendom as sulks, genoteerdeeiendomstrusts, eiendoms-effektetrusts of selfs buitelandseeiendom aangekoop word. Soos met die doen van enigebelegging moet beleggers hulle wend tot hul finansiëleadviseur of ouditeur om ‘n holistiese siening en advies vanhul situasie te kry voordat blindelings eiendom aangekoopword. Indien beleggers korrek te werk gaan met ‘neiendomsbelegging en bostaande 5 aspekte word verstaan,sal eiendom aan hulle ‘n standvastige langtermyn beloninggee.

Artikel deur Kobus Lourens

Page 13: Boshoff Visser Plus

12 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

Learnership allowances

The Income Tax Act gives an incentive to taxpayers fortraining employees. In order to qualify for the deduction,learnerships must be registered with a SETA or it must bean apprenticeship registered with the Department of Labour.Under the new rules the additional deduction comprises ofa commencement and completion allowance.

To illustrate this by way of an example: If you employ someoneand register him or her on a registered learnership orapprenticeship of 3 years, you wil get a commencementallowance of R30,000 in each of years 1, 2 and 3. Oncompletion of the learnership or apprenticeship in year 3,you will also get a completion allowance of R90,000. In totalyou will get a tax deductable allowance of R180,000 overthe 3 year period.

In case of an employee with disability, the deduction isR50,000 instead of the R30,000 above.

Article by Pieter Wessels

Voorlopige belasting

Ons het al in verlede jaar se nuusbrief gewaarsku dat voorlopige belastingpligtiges moetkennis neem van die verandering rondom die berekening van die tweede voorlopigebetaling (maw die een wat vir meeste belastingpligtiges in Februarie gedoen word).

Voorheen kon die berekening gemaak word op die kleinste van:- 90% van die werklike inkomste vir die jaar of- die basiese bedrag (wat normaalweg die vorige jaar aanslag was)

Vir die jaar wat geëindig het op 28 Februarie 2010 is die stelsel gewysig en werk nouas volg:Belastingpligtiges met ‘n belasbare inkomste van minder as R1m kan voortgaan op die“ou” reëls soos hierbo uiteengesit.

Vir belastingpligtiges met ‘n belasbare inkomste van R1m of meer geld die volgende:Die betaling moet geskat word op minstens 80% van die werklike inkomste vir diejaar. Die basiese bedrag kan dus nie meer gebruik word nie. Prakties komdit daarop neer dat ‘n belatingbetaler in die loop van Februarie ‘n skattingmoet maak van wat sy werklike inomste vir die jaar tot einde Februariegaan beloop. Die voorlopige betaling moet dan minstens 80% vanhierdie geskatte bedrag beloop. Indien dit met die indiening vandie finale opgawe blyk dat die tweede voorlopige skatting te minwas, gaan SARS ‘n boete van 20% op sodanige onderbetaling hef.

Artikel deur Pieter Wessels

Page 14: Boshoff Visser Plus

13 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

RISK IN A NUTSHELL/RISIKO IN ’N NEUTEDOP

1. Kontant in die bankKontant in die bank behels vaste bankdeposito’s,geldmarkfondse en beleggings soos ‘n Kredietrekening by‘n landboumaatskappy. Die risiko dat ‘n belegger se kapitaalkan verminder is byna nul, maar geen kapitaalgroei kanverkry word nie a.g.v. die aard van die belegging. Beleggersontvang slegs rente. Hierdie tipe belegging klop byna nooitinflasie oor ‘n 5 jaar periode nie.

2. StaatseffekteDie risiko is nog steeds laag, maar beleggers kan ‘nkapitaalverlies of -wins maak by die verkoop van hulbelegging. Hierdie tipe belegging kan inflasie soms oor ‘n 5jaar periode klop, maar dit sal eerder die uitsondering as diereël wees.

3. Eiendomstrusts en Korporatiewe effekteDit bied aan beleggers ‘n relatief hoë inkomste wat niegewaarborg is n ie . Be leggers kan ook rede l ikekapitaalverliese- of winste maak met die verkoop van hulbeleggings. Hierdie tipe belegging klop inflasie gewoonlikoor ‘n 5 jaar periode.

4. Direkte eiendomsbeleggings en aandele vangevestigde maatskappyeDie waardes van die beleggings kan baie volatiel wees oordie korttermyn, maar hierdie tipe beleggings is gewoonliknodig om inflasie oor ‘n 5 jaar periode te klop. Geduld beginhier ‘n groot rol te speel by beleggers.

5. Aandele wat hulself bewys het, maar nog hoëgroeipotensiaal hetHierdie is beleggings in maatskappye wat reeds ‘n tydbestaan, maar ook oor die potensiaal beskik om meer tegroei as ‘n gevestigde maatskappy. ‘n Tipiese aandeel indié sektor is Capitec Bank tenoor Standard Bank, wat ‘nmeer gevestigde bank is. Hierdie tipe beleggings kan inflasiewesenlik oor ‘n 5 jaar periode klop.

6. Fondse wat belê in klein maatskappye met hoëgroeipotensiaalHierdie beleggings is soos die tabel aandui, ‘n baie hoërisikobelegging, en is ‘n spreekwoordelike “six or a nix”.Uitsonderlike opbrengste kan behaal word, maar beleggerskan ook al hulle kapitaal verloor.

Artikel deur Kobus Lourens

1.Kontant

in die bank

2.Staatseffekte

3. Eiendomstrusts enKorporatiewe effekte

4. Direkte eiendomsbeleggings enaandele van gevestigde maatskappye

5. Aandele wat hulself bewys het,maar nog hoë groeipotensiaal het

6. Fondse wat belê in klein maatskappyemet hoë groeipotensiaal

Lae of Geen Risiko

Baie Hoë Risiko

KORTTERMYN VERSEKERINGOns korttermyn-makelaars adviseer kliënte alreeds meer as 10 jaar oor die mees geskiktekorttermyn-polis vir elke kliënt se behoeftes. Meer as 10 000 suksesvolle eise is die afgelope 10jaar suksesvol namens kliënte hanteer. Ons produkverskaffers sluit al die bekendeKorttermynversekeraars in SA in.

Page 15: Boshoff Visser Plus

14 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

ALTERNATIVE PRODUCTS:CASH COW OR BOTTOMLESS PIT?/ALTERNATIEWE PRODUKTE:KONTANTKOEI OF BODEMLOSE PUT?

Daar word deesdae al hoe meer in die landbou-media geskryfen deur boere gepraat oor alternatiewe produkte. Die grootvraag is of alternatiewe produkte ‘n kontantkoei is wat uitkomsbied uit die kosteknyptang en of dit ‘n bodemlose put iswaarin boere se kapitaal verdwyn.

Alternatiewe produkte sluit in vye, granate, bessies, boegoe,kankerbos, ghaap, suur lemoene en en ige anderlandbougewas wat nie tradisioneel op kommersiëleskaal verbou is nie. Die teikenmark is gewoonl ikgesondheidsbewuste verbruikers en verbruikers wat soekna iets buitengewoons.

Omrede alternatiewe produkte nie op groot skaal in dieverlede aangeplant is nie is die aanbod baie beperk en wordbaie hoë pryse per kg aanvanklik behaal. Dié pryse wordmet geskatte produksiesyfers vermenigvuldig en dui danastronomiese opbrengste in “rand per hektaar” terme aanwaarvan produsente van gevestigde bedrywe soos diewynbedryf, inmaakbedryf en vrugtebedryf net kan droom.Daar is egter ‘n paar probleme in die praktyk wat dikwelsopduik waarvan die belangrikste hieronder bespreek word.

1. Beperkte vraag: Aangesien daar nie ‘n groot gevestigdemark vir die produkte is nie is die vraag gewoonlik beperk.Sodra die aanbod merkbaar styg as gevolg van nuweaanplantings word ‘n ooraanbod-situasie gou bereik. Groeiin aanbod vind van ‘n baie klein basis af plaas met die gevolgdat ‘n paar nuwe toetreders aan die produksiekant maklikdie mark kan “toegooi”, met drastiese prysverlagings watnatuurlik volg.

2. Aannames oor produksie: Daar is nie ‘n “geskiedenis”van die verbouing van alternatiewe produkte nie enproduksiesyfers word meestal op skattings of ramings

gegrond. Dit gebeur dus dikwels dat produksieteikens niebereik word nie en die “rand per hektaar” opbrengs nierealiseer nie, selfs al daal pryse nie.

3. Gebrekkige tegniese kennis: Produsente het min ofgeen ondervinding van die produkte nie, in teenstelling metdie gevestigde bedrywe waar die meeste produsente as’tware “grootword” op ‘n plaas waar met die betrokke produkgeboer word en kennis van een generasie na ‘n volgendeoorgedra word. Die tegniese ondersteuningsdienste is ooknog nie so goed in plek soos by die gevestigde bedrywewaar organisasies soos Vinpro, DTD, IPV ens. produsentevan inligting en bystand voorsien nie.

4. Geen ekonomie van skaal: Anders as by die gevestigdebedrywe waar produksie-eenhede al groter word metgepaardgaande skaalvoordele, plant die meeste toetrederstot alternatiewe produkte relatief min hektare per produk aanmet die gevolg dat daar geen skaalvoordele is nie.

As gevolg van bogenoemde probleme gebeur dit dikwels datprodusente met groot drome investeer in alternatieweprodukte net om later te besef hulle het ‘n dooie perdopgesaal. Dit beteken egter geensins dat daar nie ‘n plek isvir alternatiewe produkte in die landbou nie of dat sommigeprodusente nie goeie winste realiseer uit alternatiewe produktenie. Dit vereis net van elke potensiële produsent vanalternatiewe produkte dat hy sy huiswerk (finansiëel entegnies) oor die betrokke produk deeglik sal doen, sal besinhoe dit inpas by sy huidige situasie en dan eers ‘n besluitsal neem. Nadat die besluit geneem is moet hy voortdurendprobeer om meer te leer oor die produk en aanvaar dat daar‘n mate van “skoolgeld” betrokke sal wees.

Artikel deur Arnand Stofberg.

Page 16: Boshoff Visser Plus

15 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

Oordraagbaarheidvan ’n onbenutteboedelbelastingkorting

SUCCESSION PLANNING AND WILLSIndividuals running their own businesses should do succession planning on a regular basis. What’s going to happen in caseof your sudden death should be planned and communicated to your immediate family members and senior management. AtBoshoff Visser we can assist you with preparing a succession plan and the drawing up of your will in order to give effect tosuch succession plan.

‘n Outomatiese boedelbelastingkorting ten bedrae van R 3.5miljoen is tans kragtens die Boedelbelastingwet beskikbaarvir aftrekking teen die netto belasbare waarde van ‘n bestorweboedel. In die verlede (voor 1 Januarie 2010) was enigeonbenutte gedeelte van sodanige R 3.5 miljoen – korting nieoordraagbaar aan die langslewende gade se bestorwe boedelnie.

Derhalwe is strukture soos byvoorbeeld die trustmeganismeaangewend om bates van nagenoeg R 7 miljoen (d.i. R 3.5miljoen per gade) boedelbelastingvry aan egpare se kindersbeskikbaar te stel. Instandhouding van trustmeganismes inhierdie verband kan egter wesenlike nakomingskostesmeebring.

Kragtens ‘n toepaslike wysiging van die Boedelbelastingwetsal oordrag van enige ongebruikte gedeelte van die R 3.5miljoen – korting in die vooroorlede gade se bestorwe boedelna die langslewende gade se bestorwe boedel moontlikwees. Dit volg dus dat die boedel van die langslewende gadein aanmerking kom vir ‘n dubbele aftrekking (R 7 miljoen =R 3.5 miljoen x 2) met die langslewende gade se afsterwe,minus enige gedeelte van die boedelbelastingkorting watreeds in die vooroorlede gade se boedel benut was. Enigebenutte gedeelte van die boedelbelastingkorting in dietersaaklike samehang sal nie R 3.5 miljoen te bowe maggaan nie.

Dit behoort ook in gedagte gehou te word dat die eksekuteurvan die langslewende gade se bestorwe boedel in hierdieopsig in staat sal moet wees om te kan bewys watter gedeelteindien enige van die relevante R 3.5 miljoen - korting in dievooroorlede gade se boedel benut was. Hiervoor sal ditnoodsaaklik wees om die boedelbelastingopgawe rakendedie vooroorlede gade se boedel byderhand te hou.

Wysiging van die Boedelbelastingwet in die onderhawigeverband geld dus vir die boedel van enige persoon wat opof na 1 Januarie 2010 tot sterwe kom.

Artikel deur Erick Marx

Page 17: Boshoff Visser Plus

16 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

RESIDENTIAL PROPERTYIN PERSPECTIVE/RESIDENSIËLEEIENDOMSMARK IN PERSPEKTIEFGedurende ons nuusbrief van 2009 is berig oor die geweldige druk waaronder die residensiëIe eiendomsmark verkeer. Redeshiervoor is ‘n verskeidenheid van faktore, maar wat grootliks aan die resessie, instelling van die nasionale Kredietwet, ‘nooraanbod van huisvesting en die opdroog van kredietverskaffing toegeskryf kan word.

Jaar

2000

2001

2002

2003

2004

2005

2006

2007

2008

2009

Bouplanne Goedgekeur

22.1%

3.0%

15.4%

13.5%

39.6%

44.0%

6.4%

4.4%

-17.8%

-36.5%

Bou-aktiwiteite

-4.9%

12.0%

28.8%

5.4%

33.7%

49.1%

-2.1%

22.5%

-8.9%

-18.0%

Prima Uitleenkoers

14.5%

13.75% - 13.0%

14.0% - 17.0%

15.5% - 11.5%

11.0%

10.5%

11.0% - 12.5%

13.0% - 14.5%

15.0% - 15.5%

14.0% - 10.5%

Tabel 1Bron: Statistiek SA

In tabel 1 kan u duidelik sien dat nuwegoedgekeurde bouplanne en bou-akt iwi te i te v i r d ie tweede jaar ‘ngeweldige afname toon. Hierdie afnameis desnieteenstaande die feit dat dieprima uit leenkoers die laagste dieafgelope 10 jaar is en die banke besigis om hul kredietverlening stadig maarseker te verslap.

Grafiek 1Die Eiendomshorlosie

Grafiek 1 dui ‘n eiendomshorlosie aanen poog om te verduidelik in watter sikluselke eiendoms-bateklas is. U kan siendat die residensiëIe eiendomsmarkvoorloop wat die herstel van pryse betref.Indien hierdie saamgelees word met tabel1 kan beleggers dit sterk oorweeg omresidensiële eiendomme te koop virverhuring.

Artikel deur Kobus Lourens

12

39

6

Oorverhitte Eiendomsmark

ResessieHerstel

Oormagtige Bou-aktiwiteite

Verlaging in Huurinkomste

Versadigde Mark

Inperking vanKredietvoorsiening

VerminderdeBou-aktiwiteite

VerlaagdeKredietvoorsiening

Minimale Bou-aktiwiteiteStygende Kopervraag

Stabiliserende Huurinkomste

Ooraanbod vanKredietvoorsiening

Toename inBou-aktiwiteite

KreditvoorsieningBeskikbaar

StygendeHuurinkomste

TAX ADVICEProper tax planning, whether it is Income Tax, VAT, Estate Duty, Capital Gains Tax or Transfer Duty, can save you a lot ofmoney. To enter into any business transaction without considering the full tax implications, can be very costly. At BoshoffVisser we can assist you on an ongoing basis to minimise your tax liability by doing proper planning throughout thefinancial year. When it comes to an important business transaction, please consult with us to assist in structuring the dealtax efficiently.

Page 18: Boshoff Visser Plus

17 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

SOCIAL PAGES/SOSIALE BLADSYE

NATIONAL BANDANA DAY!

ROLBAL DAE

RUGBY DAY!

Page 19: Boshoff Visser Plus

18 / BOSHOFF VISSER PLUS / 2010

Chartered Accountants and Financial Services / Geoktrooieerde Rekenmeesters en Finansiële Dienste

Events happening in 2010MAY:15 Rugby Day: Stormers VS Bulls22 Swellendam Primary School Sports Day

AUGUST:6, 7 Canola WAF21 Langenhoven Interschools Sports Day

SEPTEMBER:10 Bandana Day15-18 Megaweek in Bredasdorp

OCTOBER:2 Voet of Africa Marathon9 Cancer Relay in Heidelberg

NOVEMBER:6 4x4 Rally in Worcester27 Vlakte Marathon

KRIEKET DAG OP NEWLANDS!

BOSHOFF VISSER VLAKTE MARATHON

BOSHOFF VISSER STEAKHOUSEBY DIE MEGAWEEK

Page 20: Boshoff Visser Plus

CONTACT/KONTAK

Short-term InsuranceHeidelberg en WitsandFlip Groenewald | 028 514 8050Mossel Bay044 601 [email protected] van der Westhuizen | 021 872 5306RiversdaleAnton Stroebel | 021 853 2585StilbaaiBelinda Mostert | Bert Kleinhans028 754 2009StrandAnton Stroebel | 021 853 2585SwellendamMarco Jordaan | Kearney Theron028 514 1102Upington054 332 1912 | [email protected]

Mediese FondsKarin Theron by 028 514 1102,of epos [email protected];Anel Heyns by 028 514 1102,of epos [email protected]

Risiko versekeringFanie Nel by 021 914 9604,of epos [email protected] Snyman by 028 713 1072,of epos [email protected]

BeleggingsKobus Lourens by 028 514 8052,of epos [email protected] ;Guillaume Oberholzer by 028 514 1102,of epos [email protected] ;Eugene van Rensburg by 023 342 2374,of epos [email protected]

FinansieringKobus Wolmarans by 044 871 4519,of epos [email protected] ;Lappies Labuschagne by 044 871 4519,of epos [email protected]

BranchesBellville021 914 [email protected]

Bredasdorp028 424 [email protected]

Caledon028 212 [email protected]

George044 802 [email protected]

Grabouw021 859 [email protected]

Heidelberg028 722 [email protected]@boshoffvisser.co.za

Mossel Bay044 601 [email protected]

Paarl021 872 [email protected]

Riversdale028 713 [email protected]

Still Bay028 754 [email protected]

Swellendam028 514 [email protected]

Strand021 853 [email protected]

Upington054 332 [email protected]

Worcester023 342 [email protected]