bulle-tin uitgawe 8 2015

24
UITGAWE 8 Maart 2015 SAP TIN VETERANE BOND SIELSKOS Deur: Ilana Loubser

Upload: ilana-loubser

Post on 31-Jul-2016

241 views

Category:

Documents


1 download

DESCRIPTION

Die amptelike nuusblad van die SAP TIN Eenheid Veterane Bond

TRANSCRIPT

Page 1: Bulle-TIN uitgawe 8 2015

UITGAWE 8 Maart 2015

SAP TIN VETERANE BOND

SIELSKOS

Deur: Ilana Loubser

Page 2: Bulle-TIN uitgawe 8 2015

Die Heilige Gees

Johannes 14:27 (NV)

Die lewe is vol verrassings. Sommige verrassings verwelkom jy, en ander nie. Die een

somer gaan hou jy vakansie by die see, die volgende somer is die strand vol olie. Die

een maand styg jou aandele en jou beleggings groei, die volgende maand stort dit

alles in duie. En die mense wat jy gedink het aan die stuur van sake is, sê net

eenvoudig, "Ons het dit nie verwag nie."

Wees in jou pasoppens in daardie seldsame seisoene waarin jy dink dat jou wêreld tot

ruste gekom het! 'n Kwaadaardige gewas maak in jou kolon sy opwagting, 'n tornado

vernietig jou huis. Wat staan jou te doen? Toe Jesus aan sy dissipels genoem het dat

Hy hulle gaan verlaat, het hulle paniekerig geraak, dus het Hy vir hulle gesê,

"...wanneer die Raadgewer, die Heilige Gees, kom wat die Vader in my Naam sal

stuur, sal Hy julle in alle opsigte onderrig en julle ook herinner aan alles wat Ek vir julle

gesê het. Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die

wêreld gee nie. Julle moet regtig nie ontsteld of beangs word nie" (verse 26- 27 NLV).

Jy moet die teenwoordigheid van die Heilige Gees wat in jou woon herken, en 'n

verhouding met Hom bou. Hy is nie 'n 'dit' of 'n 'ding' of 'n hemelse gees wat buite jou

bereik is nie. Hy is Christus se verteenwoordiger. Hy is bereid om jou alles te leer wat

jy nie weet nie, en jou aan die dinge te herinner wat jy so maklik vergeet. Die beste

van alles is dat Hy sy vrede met jou sal deel, ongeag wat die lewe na jou kant toe

gooi.

Page 3: Bulle-TIN uitgawe 8 2015

Johannes 14:16 (NV)

In die Bybel maak Salomo 'n lys van die lewe se agt-en-twintig seisoene. Hier is hulle:

"...'n tyd om gebore te word en 'n tyd om te sterf. 'n Tyd om te plant en 'n tyd om uit te ruk

wat geplant is. 'n Tyd om dood te maak en 'n tyd om gesond te maak. 'n Tyd om af te

breek en 'n tyd om op te bou. 'n Tyd om te huil en 'n tyd om te lag. 'n Tyd om hartseer te

wees en 'n tyd om van vreugde te dans. 'n Tyd om jou saad te saai en 'n tyd om jou saad

terug te hou. 'n Tyd om te omhels en 'n tyd om weg te bly van omhelsing. 'n Tyd om te

soek en 'n tyd om te verloor. 'n Tyd om op te pas en 'n tyd om weg te gooi. 'n Tyd om te

skeur en 'n tyd om vas te werk. 'n Tyd om stil te bly en 'n tyd om te praat. 'n Tyd om lief te

hê en 'n tyd om te haat. 'n Tyd vir oorlog en 'n tyd vir vrede" (Prediker 3:2-8 NLV).

God bepaal elke seisoen van jou lewe. Wat moet jy doen wanneer jy 'n nuwe seisoen in

jou lewe betree? Vra die Heilige Gees om hulp, want Hy is 'n 'Raadgewer'. Jesus het aan

sy dissipels gesê, "...Ek sal die Vader vra en Hy sal vir julle 'n ander Raadgewer stuur om

vir altyd by julle te wees..." (vers 16 NLV).

Wanneer jy raad nodig het, is die Heilige Gees beskikbaar om jou te lei. Dit beteken dat

jy sensitief daarvoor moet wees wanneer Hy 'n spesifieke teksvers beklemtoon, of 'n

hardnekkige gedagte of idee in jou kop plaas. Raadpleeg net die 'Raadgewer' binne in

jou.

Page 4: Bulle-TIN uitgawe 8 2015

WERWING VAN NUWE LEDE EN ONDERSTEUNERS.

Almal word vriendelik versoek om nuwe lede vir die Bond te werf, bring die mense wat u

weet kwalifiseer aan boord sodat ons ons agtergrond en geskiedenis kan deel.

Ek het ook persoonlik onderneem om die ondersteunersgroep se werwing te hanteer

aangesien ek agtergekom het dat dit baie stadig groei.

Ek wil namens beide die uitgaande sowel as die nuwe bestuur elke lid bedank vir die

volgehoue ondersteuning en entoesiasme, sonder julle bestan ons Bond nie!

VORDERING EN STATISTIEKE

Aansoekvorms op aanvraag uitgestuur:- 494

Aansoekvorms teruggestuur en goedgekeur:- 101

Lede wat na goedkeuring betaal en as lede geregistreer is:- 82

Lede wat lidmaatskap vir 2015 hernu het:- 47

Aansoeke afgekeur wat nie aan toelatingsvereistes voldoen nie:- 5

UIT DIE PEN VAN DIE SEKRETARIS

Page 5: Bulle-TIN uitgawe 8 2015

DIE STERKTE VAN DIE BOND

Die totale sterkte van die bond is tans 67 na die draai van die TIN jaar en aansienlik

minder as voor einde Februarie. Dit word soos volg saamgestel:-

Bestuurslede 7

Erelede 4

Lede 47

Ondersteuners 10

Groete

Martin Loubser

Sittende, voor, van links na regs is

Willie Fouchè (voorsitter), Genl Johan Viktor en Ds

Jan du Preez (kapelaan).

Page 6: Bulle-TIN uitgawe 8 2015

VERSOEK VAN DIE REDAKTRISE

Ek wil almal vriendelik vra (ek sal selfs soebat as ek moet) om tog pen op papier te sit en julle

bosstories met ons te deel, ernstig of komies. Die maandblad sal niks anders as ‘n

inligtingsblad wees as dit nie vir die stories is wat lede maandeliks plaas nie. As jy nie ‘n

skrywer van formaat is nie, moet jy nie bekommer oor spelfoute en taalkonstruksies nie, die

regisseur (Martin Loubser), klap ‘n storie vinnig reg.

Vriendelike groete

Ilana Loubser

Page 7: Bulle-TIN uitgawe 8 2015

La CoC D’Or

Elnic Steenkamp

Rest and Recuperation Rhodesië en La CoC D’Or nugklub Salisbury.

Die R&R (Rus en herstel) tydperke wat die ouens van die ses en twaalf maande vrywilliger groepe

gedurende 1975 in Rhodesië kon geniet was vir lede ‘n groot uitkoms maar vir die bevelstrukture ‘n

ernstige kopseer. Die R&R was ingestel as ‘n “Rest and Recuperation” tydperk vir die lede wat

onder groot frustrasie tot hul basisse beperk was as gevolg van die omstandighede.

Gedurende die tyd was daar ‘n “skietstilstand” in Rhodesië en is die groepe in ‘n rondomtalie basis

so vir ‘n week op Salisbury losgelaat met R&R, gewoonlik met ernstige nagegevolge en wel in so ‘n

mate dat verskeie groepe se volgende R&R tye gekanselleer is en groepe selfs Salisbury belet is.

Tydens die R&R tydperke is groepe in barakke in en om Salisbury gehuisves. Alles was basies

verniet gewees vir die lede soos bv. daar kon verniet van taxi’s gebruik gemaak word, baie

restaurant asook die sogenaamde “country clubs” was ook verniet. Drank en sigarette moes egter

gekoop word, van die baie gasvrye Rhodesiërs het ook verniet slaapplek by hul huise aan lede

beskikbaar gestel maar ek dink nie daar is ooit van die aanbod gebruik gemaak nie aangesien die

“wanderlust” te groot by die lede was. Ongelukkig het van die SAP lede hul ware opvoeding gewys

en vandalisme het maar van tyd tot tyd plaasgevind. Kroeggevegte was egter aanvaarbaar en die

in ding, hier het menige SAP lede as oorwinnaar maar ook as verloorder uit die stryd getree.

STORIES UIT DIE BOS

Page 8: Bulle-TIN uitgawe 8 2015

Ek en nog van my pelle onder andere Pine Pienaar en ou Beuks was gelukkig om Salisbury en sy

klubs redelik goed te ken toe ons op ons eerste R&R gegaan het aangesien ons toe al Salisbury 'n

paar maal besoek het met rugbywedstryde wat ons vir die kompanie teen die BSAP en RLI gespeel

het. Onder andere was daar die La Coc D’Or nagklub wat baie gewild was. 'n Suid-Afrikaanse

orkes uit die Kaap het die musiek gemaak in die nagklub en die gewoonte was dat die “band” die

liedjie When the Saint go Marching in speel sodra ons SAP lede daar opdaag en ingaan.

Op die spesifike aand het ek Pine, Beuks met 'n RLI vriend van ons en nog 'n vriend van hom span

gegooi om die La Coc D’Or te besoek. Daar was ook ene Tiny Nortje wat van 'n ander kompanie

was en op ander besigheid in Salisbury was as wat ons was wat wou saamgaan. Die RLI vriend

van ons, ene George Coubrough en Tiny was egter ons probleem die aand. George, omdat hy kort

tevore in 'n landmyn voorval was was sy hele bolyf en regterarm in gips met die arm wat so 30

grade reg voor hom uitgestrek uitgestaan het. Ons was agter afhanklik van hom aangesien ons

ses met sy Renault motortjie moes ry. Ons problem met Tiny was dat hy 'n baie groot lid was en

daar nie eintlik vir hom plek in die karretjie was nie. Sonder hom kon ons egter ook nie gaan nie

aangesien hy ons paspoort was om nie op ons duiwel te kry nie as gevolg van sy spiere en grootte.

Stel jou nou voor, drie man voorin die Renault, George agter die stuurwiel met sy gegipste arm wat

by die venster uitsteek en sy linkerhand op die stuurwiel. Ek, wat die kleinste was in die middel om

die “gears te change” en Pine links voor. Die ander RLI ou, Beuks en Tiny agter in met Tiny wat te

lank was vir die karretjie en vooroor moes leun met sy gesig amper op my skouer om in te kom.

Maar nou ja, ons is vol brannas en vol moed en daar gaan ons!

Page 9: Bulle-TIN uitgawe 8 2015

Met die aankoms by La Coc D’Or word ons soos gewoonlik verwelkom met “When the Saint Go

Marching in” en dinge gaan lekker. Ek het 'n mooi meisie in die oog wat toevallig ook die “strip

tease” gedoen het en toe ek haar wou dwing om met my te dans hou die band op met speel. Ek

sou later hoor sy was die meisie van een van die orkes lede. Ek het op daardie stadium maar alleen

gevoel en voor ek pakslae kry het ek haar maar gelos en gelukkig het die orkes toe aangegaan om

musiek te maak. Die “meisie” van my was ons eerste fout. Die tweede fout was George met sy gips

arm. As die ou so 'n slag 'n draai op die dansbaan gemaak het het verskeie “Rhodies” dit ontgeld

soos wat die gips arm aan manne en dames gestamp en gestoot het, veral as hy draai. Ek kon

sien van die manne raak moerig daaroor! Ons derde fout het gekom toe ons as 'n groep, en ek

moet se, George en sy RLI vriend het bankvas by ons gestaan, die gekleurde liggies op die

dansbaan se vloer begin jaag en probeer vang het, ongeag wie voor ons is of wie en hoeveel

mense op die dansbaan was. Die optrede het 'n hele paar ongevalle te weeg gebring. Ek onthou

nog so met die jaery het ek gesien Pine jaag een liggie so teen 'n meisie se been op wat in hierdie

netkouse en kort mini gekleed was en dit het nie gelyk of haar metgesel eintlik daarvan gehou het

nie. Pine het later vir my vertel hy het gedink die meisie se kouse is geleer en hy wou maar net met

die leer opklip boontoe.

‘n Paar van die “Rhodies” het toe baie ongeskik met ons geword en ek weet tot vandag toe nog nie

hoekom nie. Gelukkig was ou Tiny by en met sy groot lyf en takt en behulp van 'n paar ander

“Rhodies” wat geen fout met ons gedissiplineerde en gemanierde optrede kon vind nie, is hierdie

potensiele “dodelike” situasie ontlont en kon ons vanaf die slagveld onttrek sonder enige ongevalle.

Ek moet se ek sou ook nie met Tiny argumenteer in daardie omstandighede nie want ek kon sien hy

is lelik moerig en dat hy nog lus was om liggies op die dansbaan te jaag.

Ek, Pine, Beuks en George het die volgende aand weer die La Coc D’Or besoek maar toe ons

instap en die orkes nie weer vir ons “When the Saints go Marching in” speel nie het ek baie

onwelkom gevoel en vir die manne gese ons moet liewers La Boheme toe gaan waar die mense

baie vriendeliker is.

Page 10: Bulle-TIN uitgawe 8 2015

Versoek deur Louis Lubbe

In Augustus 1966 het die die eerste skote geklap by Ongulumbashe in Ovamboland, wat allerweë

beskou kan word as die begin van die Bosoorlog, wat beteken dat

2015 die vytigjarige herdenking is.

Wat ek baie graag wil doen is om foto gedenkalbum uit te reik wat die 50 beste bosfotos bevat. Dit

sal suiwer ‘n foto album wees, slegs met toepaslike byskrifte maar dit moet foto’s wees wat nog

nêrens voorheen publiseer is nie – ook nie op Facebook nie.

Die oogmerk is dat elke foto van so aard is dat dit op dit maklik die voorblad van die Time tydskrif

kan haal – karaktervol en een wat sy eie storie sal vertel.

Ek heg hieronder twee foto’s aan (alhoewel uitlopend van aard ) wat ek dink sal werk. Duidelik sal

‘n foto waar die manne om die op hulle stretchers lê of waar hulle besig is om

‘n bietjie te drink waarskynlik nie die ideaal wees nie. Ek heg ook ‘n nota aan met tema’s waarna ek

op soek is asb.

Ek het geen twyfel dat daar polisiemanne is wat ongelooflike spesiale foto’s geneem het nie. Ek

sou graag van die foto’s in die boek “Van Ovamboland…..” wou gebruik maar hulle is alreeds

gepubliseer en daarom kan

ek dit nie gebruik nie. Dit sal wonderlik wees vir elkeen wie se foto in die boek opgeneem word.

Ek gaan ‘n soortgelyke versoek rig op die ander SAP Facebook blaaie.

Page 11: Bulle-TIN uitgawe 8 2015
Page 12: Bulle-TIN uitgawe 8 2015

Bosoorlog – ‘n foto uitbeelding

Foto’s waarna ek op soek is, is die volgende:

1. ’n tydelike basis/oornag basis basis wat die eenvoud en karigheid in ontwrigtende omstandighede uitbeeld (PATU/Kitbag Squad/Koevoet,TIN)

2. lede op patrollie met volle kit, verkieslik nie een wat ge”pose”posseer is(of lyk) nie.

3. uitspan aan die einde van ‘n voetpatrollie/ voertuigpatrollie.

4. patrollie deur die rivier.

5. bootpatrollie

6. ‘n lid wat in ‘n chopper ingelaai/afgevoer word

7. chopper wat in ‘n stofwolk land of opstyg

8. voertuig patrollie met manne agterop die voertuig

9. Dakota op ‘n landingstrook – wat land of opstyg

10 lede wat besig is om in ‘n vliegtuig in te klim op pad grens toe of uit te klim na landing.

11. lede wat op ‘n aanloopbaan iewers op die grens wag vir ‘n vliegtuig om op te daag.

12. Land Rover of ander patrollie voertuig wat in die modder vasgeval het.

12. patrollievoertuig wat deur die water ry

13. lid wat in die veld besig is om radiokontak te maak met ‘n TR 28 radio of soortgelyke radio

14. landmyn voorval

15. mooi natuurskoons

16. Kos “drops” uit chopper of Dakota (Rhodesië ?)

17. opservasiepos

18. geweer-inspeksie voor patrollie

19 basis-troeteldier

20. wapen opslagplek

21. PATU skild

22. spoorsny - met spesiale konstabels wat spoor volg (Koevoet veral)

23 lede besig om pont oor die Okavango rivier te trek by Bagani, Caprivi.

24. voertuig nadat landmyn afgetrap is.

25 swart SAP lede op patrollie

26. ‘n PB met ‘n “volstruis voet”/gesplete voet in die Kanyemba-omgewing Rhodesië.

27. kosmaak terwyl op 10 dae/week patrollie of selfs een-dag patrollie

28. voetpatrollie met swaarloop of LMG met patroonbande duidelik sigbaar oor die skouer.

29. PB of mede-lid wie se wonde besig is om versorg te word.

30 vreugde/uitgelatenheid of swaarkry op enige lid se gesig.

31 patrolliehond op patrollie, of op ‘n voertuig op pad iewers heen

32. enige spesiale bosfoto wat inpas by die “atmosfeer” hierbo

33. Tawwe foto’s uit die Zambezi –valley

Die kopiereghouer / fotograaf of eienaar van die foto(s) sal die nodige erkenning kry by elke foto wat in die boek opgeneem word.

Baie dankie by voorbaat.

Louis Lubbe

Page 13: Bulle-TIN uitgawe 8 2015

DITJIES EN DATJIES OP FACEBOOK

Page 14: Bulle-TIN uitgawe 8 2015
Page 15: Bulle-TIN uitgawe 8 2015
Page 16: Bulle-TIN uitgawe 8 2015
Page 17: Bulle-TIN uitgawe 8 2015
Page 18: Bulle-TIN uitgawe 8 2015
Page 19: Bulle-TIN uitgawe 8 2015

HIERDIE MAAND SE VERJAARSDAE

APRIL

2 Wayne Lotter

083 714 9907

22 Henk van Heerden

082 770 5574

29 Pieter Lombard

072 419 5068

Page 20: Bulle-TIN uitgawe 8 2015

HULDE AAN HULLE WAT DIE HOOGSTE

PRYS BETAAL HET

APRILErasmus LD Const. 1974-14-23

Ikgopoleng BA Const. 1973-04-20

Makwela MJ Sers. 1973-04-20

Mokwena SP Const 1984-04-21

Shointo J * 1973-04-20

Sibeko KE Const 1973-04-20

Sibeko RD Const 1973-04-20

Swart EP Luit 1974-04-17

Page 21: Bulle-TIN uitgawe 8 2015

STAANDE EN NUTTIGE INLIGTING VIR NUWE

LEDE

Dra van die seremoniele drag.

Soos vervat in die Grondwet Par 5.3

Page 22: Bulle-TIN uitgawe 8 2015

BELANGRIKE EN NUTTIGE INLIGTING

BESTUUR

Voorsitter: Willie Fouchè Sel: 083 654 8791 epos: [email protected]

Onder Voorsitter: Dicks Dietrichsen Sel: 082 875 0018 epos: [email protected]

Sekretaris: Martin Loubser Sel: 084 990 2025 epos: [email protected]

[email protected]

Tessourier: Sean Clayton Sel: 084 447 3487 epos: [email protected]

Kommunikasie: Henk van Heerden Sel: 082 770 5574 epos: [email protected]

Addisionele lede:

Elnic Steenkamp Sel: 072 184 7703 epos: [email protected]

Robbie Cooke Sel: 082 781 7571 epos: [email protected]

EREPRESIDENT

Johan Viktor (Genl) Facebook geslote groep (slegs vir TIN lede)

https://www.facebook.com/groups/535440839915941

Linkedin

http://za.linkedin.com/pub/tinveteraan-bond/a1/494/548/

Facebook Page

https://www.facebook.com/coinveteransleague

Page 23: Bulle-TIN uitgawe 8 2015

Indien daar enige iemand is wat in die boek belangstel en ‘n kopie wil aanskaf kan hulle die

skrywer direk kontak by:

[email protected]

082 859 0764

(011) 803 6348

Die prys van die boek is R 350.00

VAN OVAMBOLAND TOT MASJONALAND

Page 24: Bulle-TIN uitgawe 8 2015

Stuur insette, stories, foto’s en ander plasings

na [email protected] voor die 25ste van

elke maand.

Redaktrise – Ilana Loubser Sel: 084 579 1269

Regisseur – Martin Loubser