bulletin tel no: 021 919 9253 - ng larochelle · 2021. 2. 19. · bulletin 21 februarie 2021 tel...

4
BULLETIN 21 Februarie 2021 Tel no: 021 919 9253 E-pos: [email protected] Web: www.nglarochelle.co.za Baie welkom by die erediens. Tema vir Februarie: Gebede vir Lig Psalm 43:3: Stuur u lig en u waarheid dat dié my lei en my bring na u heilige berg, na u woning! Preek program: 21 Feb. Dr. Annemarie de Kock-Malan 28 Feb. Ds. Wouter Olivier Baie welkom alle nuwe lidmate! Ons verwelkom alle nuwe lidmate wat die afgelope paar maande by ons gemeente aangesluit het. Ons sou julle graag in persoon op Sondag 21 Februarie by ons nuwe intrekkersgeleentheid wou ontmoet. Agv die pandemie is dit egter nie moontlik nie. Ons hoop van harte dat julle onder die huidige omstandighede La Rochelle gemeente reeds as ‘n geestelike tuiste beleef. Ons hoop en glo dat ons in die nabye toekoms mekaar in persoon sal kan ontmoet. Enige nuwe intrekkers of persone wat by ons gemeente wil inskakel word versoek om asb die kerkkantoor te kontak by 021 919 9253 of [email protected]. Kerkkantoor-ure Die volgende kerkkantoor-ure is in plek tot verdere kennisgewing: Maandae: 11:00-13:00 Dinsdae tot Donderdae: 08:00 tot 13:00 Covid-19 regulasies is in plek en sal geld wanneer u die kantoor besoek. Dit is vandag die eerste Sondag in Lydenstyd. In Lydenstyd dink ons na oor ons eie gebrokenheid en sondigheid as mense en ook aan Christus se lyding, sterwe en opstanding. Jaartema: Die lig waardeur ons Lewe Beleef liefde Groei in Christus Deel die Goeie Nuus NG Kerk La Rochelle, ABSA Bellville, Rek no: 1450580003, Tak: 632005

Upload: others

Post on 26-Mar-2021

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: BULLETIN Tel no: 021 919 9253 - NG Larochelle · 2021. 2. 19. · BULLETIN 21 Februarie 2021 Tel no: 021 919 9253 E-pos: info@larochelle.org.za Web: Baie welkom by die erediens. Tema

BULLETIN 21 Februarie 2021

Tel no: 021 919 9253 E-pos: [email protected]

Web: www.nglarochelle.co.za

Baie welkom by die erediens. Tema vir Februarie: Gebede vir Lig

Psalm 43:3: Stuur u lig en u waarheid dat dié my

lei en my bring na u heilige berg, na u woning!

Preek program: 21 Feb. Dr. Annemarie de Kock-Malan

28 Feb. Ds. Wouter Olivier

Baie welkom alle nuwe lidmate! Ons verwelkom alle nuwe lidmate wat die

afgelope paar maande by ons gemeente aangesluit het. Ons sou julle graag in persoon op Sondag

21 Februarie by ons nuwe intrekkersgeleentheid wou ontmoet. Agv die pandemie is dit egter nie

moontlik nie. Ons hoop van harte dat julle onder die huidige omstandighede La Rochelle gemeente

reeds as ‘n geestelike tuiste beleef. Ons hoop en glo dat ons in die nabye toekoms mekaar in persoon

sal kan ontmoet. Enige nuwe intrekkers of persone wat by ons

gemeente wil inskakel word versoek om asb die kerkkantoor te kontak by 021 919 9253 of

[email protected].

Kerkkantoor-ure Die volgende kerkkantoor-ure is in plek tot verdere

kennisgewing: Maandae: 11:00-13:00

Dinsdae tot Donderdae: 08:00 tot 13:00

Covid-19 regulasies is in plek en sal geld wanneer u die kantoor besoek.

Dit is vandag die eerste Sondag in

Lydenstyd. In Lydenstyd dink ons na oor ons eie gebrokenheid en sondigheid as

mense en ook aan Christus se lyding, sterwe en opstanding.

Jaartema: Die lig waardeur ons Lewe

Beleef liefde Groei in Christus

Deel die Goeie Nuus

NG Kerk La Rochelle,

ABSA Bellville,

Rek no: 1450580003,

Tak: 632005

Page 2: BULLETIN Tel no: 021 919 9253 - NG Larochelle · 2021. 2. 19. · BULLETIN 21 Februarie 2021 Tel no: 021 919 9253 E-pos: info@larochelle.org.za Web: Baie welkom by die erediens. Tema

Gebedsprogram 21 Februarie

Gebedsbediening Gedagte: Ps 13:2 Hoe lank gaan U my nog bly

vergeet, Here? Vir altyd? Hoe lank gaan U nog van my af weg kyk? “Die voorreg en genade om eerlik met God te kan wees oor ons gevoelens en emosies.”

Gebedsriglyne 2021. Bly asb. deurlopend bid aan die hand van die La Rochelle Gebedsriglyne 2021. (Beskikbaar op die gemeente se webtuiste)

Gebedsversoeke kan gestuur word aan [email protected]

Bid saam: Skakel in by ons zoom-gebedsgeleentheid op Woensdag 24 Februarie om 18:00. Kontak ds Wouter by [email protected] of 083 222 6018 as jy hierby wil inskakel.

Gebedsprogram

Ons tema die maand – Gebede vir LIG Ps 43:3 Stuur u lig en u waarheid dat dié my lei en my bring

na u heilige berg, na u woning. “Here dankie dat U, U Seun Jesus gestuur het om lig op

aarde te wees.”

Ons dank en loof die Here ...

vir Lydenstyd en spesifiek ook Aswoensdag, vir ‘n tyd in die kerklike jaar wanneer ons spesifiek met ons lyding na God kan gaan

vir die seniorbediening van ons gemeente en die werk wat hulle doen

vir die jeugbediening en hulle inisiatief om met die bediening aan die jeug te begin hierdie Sondag

vir nuwe lidmate wat die afgelope jaar by ons gemeente aangesluit het.

Ons doen voorbidding vir ... Die Gemeente:

dat ons opnuut hierdie lydenstyd sal besef watter lyding Jesus vir ons deurgemaak het hier op aarde

vir nuwe lidmate, dat hulle ‘n positiewe belewenis van ons gemeente sal hê en dat hulle sal inskakel

die seniorbediening van ons gemeente vir kreatiwiteit om ons seniors in hierdie uitdagende tyd te kan bedien

vir mense wat alleen is, veral in aftreeoorde en ouetehuise

vir die jeugbediening wat in alle erns met hulle bediening aan die jeug begin

vir mense wat ernstig siek is, kanker het en operasies ondergaan het, asook die wat direk deur die Covid pandemie geraak word, mense wat geliefdes aan die dood afgestaan het, dat God se genade vir hulle genoeg sal wees

vir mense wat deur persoonlike krisisse gaan itv werksuitdagings, finansies, verhoudings, huwelik, gesin, ens.

Die Breë kerk

dat ons as kerk werklik erns sal maak om mense pastoraal en geestelik te begelei in hierdie tyd

dat die kerk insig en wysheid sal kry om ware kerk in hierdie uitdagende tye te wees.

Die Gemeenskap:

vir die veiligheid van "frontline workers" en ook mense wat by gemeenskapsveiligheid betrokke is.

Die Land

dat elke landsburger steeds sy/haar klein deeltjie sal doen om ander en hulleself veilig en gesond te hou

vir reën in droogte geteisterde dele van ons land.

Kontak ds Wouter Olivier 083 222 6018 of

[email protected] as jy by die

gebedsbediening wil inskakel of meer inligting

soek rakende gebed.

Zoom Gebedsgeleentheid

Woensdag 24 Februarie 2021 om 18:00.

Kontak ds Wouter by

[email protected] of

083 222 6018 as jy meer oor hierdie

geleentheid wil weet.

Skakel in via die volgende skakel:

https://us04web.zoom.us/j/5588039429?

pwd=VXI4czEvcmhCc0FucU5JL042NjlNZ

z09

Ons hoop om jou daar te sien!

Page 3: BULLETIN Tel no: 021 919 9253 - NG Larochelle · 2021. 2. 19. · BULLETIN 21 Februarie 2021 Tel no: 021 919 9253 E-pos: info@larochelle.org.za Web: Baie welkom by die erediens. Tema

La Rochelle Jeug:

JY HET NOG KANS OM TE REGITREER

ALMAL moet registreer, al het jy reeds in

die verlede geregistreer, doen dit

asseblief weer. Ons het een skakel wat jou

neem na ons aanlyn inskrywingsvorm. Daar

registreer jy al jou kinders, peuters, Gr. R

– 4, Gr. 7 – 12 en natuurlik ons

jongvolwassenes wat reeds die skool

verlaat het. Dis nie ‘n jeug inskrywingsvorm

nie, maar ‘n gesinsinskrywingsvorm.

Hierdie skakel is beskikbaar op Facebook,

ons webtuiste en by jou kategese

koördineerder.

https://forms.gle/CU4qQkRz97ojK1VD8

Jeug 2020 – Hoe kan jy help? Enige tieners wat as klasassistente

betrokke wil raak by die Gr R-6

kategesegroepe kontak asb vir

Ds. Jana Dickason – 082 614 1728

Couch Convo - Ons aanlyn Aanddiens

Ons nooi jou uit om in te skakel vir “Couch Convo”. Die

skakel word elke Sondagaand om 18:00 uur beskikbaar

gestel. Maak seker jy kry ons gemeente Whatsapp of

gaan loer op ons Facebookblad of Youtube kanaal.

Dankoffers en Offergawes Deuroffer: Buitelandse Getuienis

Dankie dat jy as rentmeester erns met jou

offervaardigheid sal maak. Jy kan jou dankoffers en offergawes op die

volgende maniere gee:

Tydens kerkkantoor-ure by die kerkkantoor.

In ‘n koevert in die kerkkantoor se posbus plaas.

Elektroniese betaling: (EFT) Absa, NG Gemeente La Rochelle, Rek no:145 058 0003, Tak: 632005.

Via Snapscan. SNAPSCAN KODE:PMXP94484

Tiendemaand dankoffer Ons het tot en met einde Februarie 2021

geleentheid om ‘n Tiendemaand

dankbaarheidsoffer te bring.

Diegene sonder internet Indien jy bewus is van iemand wat nie internetfasiliteite of enige ander vorm

van verbinding met die kerk het nie, sal jy asb daardie persoon of huishouding

onder ons aandag bring via die kerkkantoor, of direk aan die predikante.

Ons wil graag die nodige inligting en preke by hulle besorg.

Page 4: BULLETIN Tel no: 021 919 9253 - NG Larochelle · 2021. 2. 19. · BULLETIN 21 Februarie 2021 Tel no: 021 919 9253 E-pos: info@larochelle.org.za Web: Baie welkom by die erediens. Tema

Doop 2021 Doopgeleenthede kan nou plaasvind. Ouers

wat hulle kinders wil doop kan gerus die kerkkantoor kontak by: 021 919 9253 of

[email protected] Doopgeleenthede vind die eerste Sondag

van elke maand plaas soos aangedui op die jaarprogram. Covid-19 protokol geld.

Baie geluk aan al ons gemeentelede ouer as 80 wat in Februarie verjaar.

Banie Bernardo - 22 Feb Dougie Müller – 26 Feb Ralph Mackrill – 27 Feb

Die predikante is bewus van mense wat siek is, asook

mense wat pastorale sorg benodig. Tydens die huidige vlak-3 regulasies sal ons ons bes doen om u pastoraal te versorg, hetsy telefonies, via

sosiale platforms soos Whatsapp of in ‘n fisiese ruimte indien u daarmee gemaklik is. Ons sal u voorkeur respekteer.

Daar is ook mense wat siek is of hulp benodig wat ons nie van weet nie en daarom vra ons u om asseblief die

predikante of die kerkkantoor te kontak.

Senior Bybelstudie

Skakel gerus in by ons Senior Bybelstudie

Whatsapp groep!

Tema (9 Februarie tot 2 Maart 2021):

“Die realiteit van die dood in ‘n Covid-19 tyd.”

Tema 23 Februarie: Die hantering van verlies en die proses van rou.

Indien jy nog nie deel is van hierdie Whatsapp groep nie en graag die Bybelstudie sal wil ontvang, stuur ‘n epos aan [email protected] of skakel die kerkkantoor.

Dit sal ook op La Rochelle se webtuiste by www.nglarochelle.co.za beskikbaar wees.

Sterfgeval Herman Lupke van Huis Sonop, Stikland is

Donderdag 18 Februarie oorlede. Die roudiens is Dinsdag om 15:00 by La

Rochelle Gemeente Die roudiens vind plaas op uitnodiging

van die familie. Ons bid vir die familie die troos van die

Here toe.

Verligting van Vlak 3 regulasies. Die verligting wat president Ramaphosa aangekondig het tov die Vlak 3 regulasies, maak kerklike byeenkomste van maksimum 50 persone moontlik. Soos ons al

voorheen verduidelik het, is dit vir ‘n gemeente van ons grootte nie prakties moontlik om met só ‘n beperking eredienste te begin nie. Ons gaan voort om u te bedien dmv die elektroniese media tot ons beskikking. Dankie dat u verstaan. Eredienste word vooraf opgeneem en sal, soos in die verlede, op ‘n Sondagoggend 08h00 beskikbaar gestel

word.