charlie en die sjokoladefabriek -...

40
1 Charlie en die sjokoladefabriek Roald Dahl Handleiding Graad 8 Afrikaans Eerste Addisionele Taal © Jean Vermeulen

Upload: others

Post on 05-Jan-2020

8 views

Category:

Documents


1 download

TRANSCRIPT

Page 1: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

1

Charlie en die sjokoladefabriek Roald Dahl

Handleiding – Graad 8 Afrikaans Eerste Addisionele Taal

© Jean Vermeulen

Page 2: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

2

Inhoudsopgawe Inhoudsopgawe ......................................................................................................... 2  

Agtergrondinligting van die skrywer ........................................................................ 4  

Die rolprent ................................................................................................................. 4  

Hoofstuk 1 – Hier kom Charlie ................................................................................... 5  

Hoofstuk 2 – Meneer Willy Wonka se fabriek ........................................................... 6  

Hoofstuk 3 – Meneer Wonka en die Indiese Prins ................................................... 7  

Hoofstuk 4 – Die geheime werkers ........................................................................... 7  

Hoofstuk 5 – Die goue kaartjies ................................................................................ 8  

Blokkiesraaisel – Hoofstuk 1 – 5 .................................................................................. 9  

Hoofstuk 6 – Die eerste twee gelukkiges ............................................................... 11  

Hoofstuk 7 – Charlie se verjaarsdag ....................................................................... 12  

Hoofstuk 8 – Nog twee Goue Kaartjies gekry ....................................................... 13  

Hoofstuk 9 – Oupa Joe se dobbelspel ................................................................... 14  

Hoofstuk 10 – Die familie begin honger ly ............................................................. 14  

Blokkiesraaisel - Hoofstuk 6 – 10 .............................................................................. 17  

Hoofstuk 11 – Die Wonderwerk ............................................................................... 18  

Hoofstuk 12 – Wat op die Goue Kaartjie staan .................................................... 18  

Hoofstuk 13 – Die groot dag breek aan ................................................................ 19  

Hoofstuk 14 – Meneer Willy Wonka ........................................................................ 20  

Hoofstuk 15 – Die sjokoladesaal ............................................................................. 21  

Blokkiesraaisel – Hoofstuk 11 – 15 ............................................................................ 22  

Hoofstuk 16 – Die Oempa-Loempas ...................................................................... 23  

Hoofstuk 17 – Augustus Gloop gaan die pyp op ................................................. 24  

Hoofstuk 18 – Af met die sjokoladerivier ................................................................ 25  

Hoofstuk 19 – Die uitvindingsaal ............................................................................. 26  

Hoofstuk 20 – Die groot kougommasjien ............................................................... 26  

Blokkiesraaisel – Hoofstuk 16 – 20 ............................................................................ 28  

Hoofstuk 21 – Tot siens, Violet .................................................................................. 29  

Hoofstuk 22 – In die gang af ................................................................................... 30  

Hoofstuk 23 – Vierkantige lekkers wat rond lyk ..................................................... 30  

Page 3: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

3

Hoostuk 24 – Veruca in die Neutekamer ............................................................... 31  

Hoofstuk 25 – Die groot glashyser ........................................................................... 32  

Blokkiesraaisel – Hoofstuk 21 - 25 ............................................................................ 34  

Hoofstuk 26 – Die TV-sjokoladekamer .................................................................... 35  

Hoofstuk 27 – Mike Teevee word via TV gestuur ................................................... 35  

Hoofstuk 28 – Net Charlie bly oor ........................................................................... 36  

Hoofstuk 29 – Die ander kinders gaan huis toe .................................................... 37  

Hoofstuk 30 – Charlie se sjokoladefabriek ............................................................. 38  

Blokkiesraaisel – Hoofstuk 26 – 30 ............................................................................ 40  

Agtergrondinligting van skrywer vanaf Wikipedia Afrikaans: Roald Dahl.

Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory (film)

Page 4: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

4

Agtergrondin l igt ing van die skrywer Roald Dahl is gebore in Llandaff, Cardiff, Wallis in 1916. Sy ouers was Noorweërs, Harald en Sofie Magdalene Dahl wat in die vorige eeu se tagtigerjare soontoe emigreer het. Sy vader sterf aan longontsteking toe hy vier jaar oud is. Omdat hy lank was -- 1,98m as volwassene -- het hy goed presteer in sport op skool. Vakansietye is gewoonlik in Noorweë deurgebring.

Na skool begin hy werk by die Shell-maatskappy, en word na twee jaar se opleiding verplaas na Dar-es-Salaam, Tanganyika (nou Tanzanië). Dahl sluit aan by die Britse lugmag in November 1939. Hy doen vliegsendings in Afrika en in Irak. Op 19 September 1940 stort hy neer in Libië nadat hy nie ‘n landingstrook kon vind nie. Hy breek sy skedel en word tydelik verblind in die ongeluk. Nietemin herstel hy sodanig dat hy weer kan vlieg. Hy word in 1942 na Washington, D.C. verplaas as attaché, en verskaf intelligensie, met die goedkeuring van die Britse regering aan William Stephenson, 'n beroemde Kanadese spioen. In 1943 begin hy skryf en in 1964 kom Charlie en die sjokoladefabriek uit.

Op 2 Julie 1953 trou hy met 'n Amerikaanse aktrise Patricia Neal in New York. Hulle bly 30 jaar lank getroud, en het vyf kinders. Na sy egskeiding trou hy met Felicity ("Liccy") d'Abreu Crosland, twintig jaar jonger as hy. Hy sterf in 1990 in Buckinghamshire aan ‘n vorm van bloedkanker. Baie van sy boeke is al omskep in draaiboeke en die flieks was almal baie suksesvol.

Die ro lprent Daar is twee weergawes van Charlie en die sjokoladefabriek. Die eerste een het gedraai in 1971 en die tweede een onlangs, in 2005. In die laaste rolprent speel Johnny Depp die rol van Willy Wonka en is omtrent ‘n eienaardige karakter. Charlie word vertolk deur Freddie Highmore, wat onlangs ook in August Rush gespeel het. Hy was 13 toe hul die rolprent verfilm het. Die regisseur, Tim Burton, is bekend vir sy vreemde interpretasie van draaiboeke soos in The Nightmare Before Christmas en Corpse Bride.

Gedurende die produksie het hul van min spesiale effekte gebruik gemaak om die ervaring so eg as moontlik vir die jong akteurs en aktrises te maak. Hul het dus van oorgroot steldekor gebruik gemaak en alles probeer namaak soos hul dit verbeel het uit die boek. Die Oempa-Loempas word egter deur net een persoon gespeel en word deur met behulp van spesiale effekte gekopieer na meer as een klein mannetjie. Die rolprent het oor die algemeen baie goeie resensies gekry en het baie geld gemaak by rolprentteaters.

Page 5: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

5

Hoofstuk 1 – Hier kom Char l ie Opsomming

In die eerste hoofstuk van Charlie en die sjokoladefabriek word daar aan die leser agtergrondinligting gegee van Charlie en sy familie. Charlie Bucket is die hoofkarakter van die verhaal. Hy bly saam met sy ma en pa en hul albei se ouers. Daar is dus sewe mense wat in die klein houthuisie bly aan die rand van ‘n groot stad.

Charlie se grootouers is baie oud en lê net heeldag in die bed, al vier van hulle in een klein bed. Sy gesin kry swaar; sy pa is die enigste persoon in die gesin wat ‘n werk het. Hy werk by ‘n tandepastafabriek waar hy doppies op tandepastabuisies draai. Die lendelam huisie waarin hul woon is verskriklik koud in die winter. Hulle eet ook glad nie soos konings nie. Al wat hul kan bekostig is brood en margarien vir ontbyt, gekookte aartappels en kool vir middagete en bietjie koolsop vir aandete.

Die leser word ook voorgestel aan Charlie se liefde vir sjokolade en die sjokoladefabriek, Wonka se Fabriek, wat in die stad is. Charlie kry net een keer ‘n jaar sjokolade op sy verjaarsdag. Sy liefde vir sjokolade is egter so groot dat hy wens hy die fabriek kan binnegaan.

Charlie se gesin

Kontekstuele vrae

1. Wie is aan die woord in die verhaal? Watter tipe verteller is dit? 2. Wat is die hoofkarakter se naam? 3. Hoeveel mense bly almal in die huis saam met Charlie? 4. Hoekom slaap sy grootouers die heeltyd? 5. Watse werk doen sy pa? 6. Beskryf die huis waarin hul woon in twee vol sinne. 7. Gee ‘n karakterskets van Charlie Bucket.

Charlie Bucket

Charlie se ma

(Mevrou Bucket)

Ouma Georgina

Oupa George

Charlie se pa

(Meneer Bucket)

Ouma Josephine Oupa Joe

Page 6: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

6

8. Hoekom dink jy is Charlie so lief vir sjokolade? Waarvan hou jy baie?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) naastenby nearly vriesend freezing soggens mornings begeer desire opgestapel stacked marteling torture skoorstene chimneys

Hoofstuk 2 – Meneer Wi l ly Wonka se fabr iek Opsomming

Na aandete gaan sit Charlie by sy grootouers op die bed en gesels oor allerhande dinge. Dit is die hoogtepunt van sy grootouers se dag, hul is moeg en tingerig maar sien verskriklik uit daarna om met Charlie te gesels. Die gesprekke maak almal gelukkig en laat hul vergeet van hul bekommernisse.

Hierdie spesifieke aand vertel oupa Joe vir die eerste keer van die Willy Wonka se sjokoladefabriek, wat majestueus is en die grootste in die wêreld. Willy Wonka word ook voorgestel en daar word vertel dat hy die wêreld se slimste en beste sjokolademaker is. Oupa Joe vertel vir Charlie van al die wonderlike uitvindsels wat Willy Wonka al uitgevind het en Charlie is onmiddelik gefassineer daardeur.

Hy was nie net ‘n fantastiese sjokelademaker nie, maar het ook vele ander dinge van sjokolade gemaak...

Kontekstuele vrae

1. Met wat word Charlie se grootouers vergelyk (p. 8)? 2. Gee die korrekte spelling van die woord “rêrig” op p. 9. 3. Verduidelik hoekom Willy Wonka die beste sjokolademaker in die wêreld is. 4. Noem vier van die wonderlike uitvindsels van Mnr. Wonka.

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek)

Page 7: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

7

verrimpeld wrinkled beroemd famous behoed beware stafie bar malvalekkers marshmallows

Hoofstuk 3 – Meneer Wonka en die Indiese Prins Opsomming

Oupa Joe vertel vir Charlie van prins Pondicherry wat ‘n paleis van sjokolade wou gehad het. Prins Pondicherry wou daarin bly, maar nog voor hy kon het dit gesmelt. Charlie dink aan die feit dat hy nog nooit enigiemand gesien in- of uitkom het by die fabriek se hekke nie; dit is altyd gesluit. Oupa Joe vertel dat dit nog een van Willy Wonka se slimstreke is en dat hy die volgende aand vir Charlie daarvan sal vertel.

Kontekstuele vrae

1. Wat wou prins Pondicherry gehad het? 2. Hoe moes dit gelyk het? 3. Wat het met Willy Wonka se skepping gebeur? 4. Wat beteken die idioom in die volgende aanhaling?

“Die maltrap-prins was besig om ‘n uiltjie in sy sitkamer te knip...” 5. Hoekom het ‘n fabriek gewoonlik werkers nodig? 6. Hoe dink jy word al die sjokolade gemaak as daar nie werkers is nie?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) kolossale collosal enigiemand anyone geheimsinnig secretive

Hoofstuk 4 – Die geheime werkers Opsomming

Oupa Joe vertel uiteindelik vir Charlie die storie van die fabriek se werkers. Nadat spioene sy geheime resepte gesteel het en verkoop het as hul eie

Page 8: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

8

skepsels het Willy Wonka die fabriek gesluit. Dit was eers ‘n paar jaar later wat die fabriek weer in werking was. Niemand van die dorp werk daar nie en al wat die dorpsmense vandag nog sien is klein skaduwees in die vensters. Dit is dan wanneer Charlie se pa die koerant aanbring met die goeie nuus: “’n paar gelukkiges mag die Wonkafabriek besoek.”

Kontekstuele vrae

1. Hoekom het die fabriek gesluit? 2. Wie was hierdie spioene en wat het hul gesteel? 3. Wat sien die mense van die dorp binne die fabriek? 4. Hoe kom die sjokolade dan uit die fabriek uit as alles gesluit is? 5. Hoekom is Charlie se pa so opgewonde?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) spioen spy ruïneer ruin ketting chain verskyn appear

Hoofstuk 5 – Die goue kaart j ies Opsomming

Charlie se pa lees die berig in die koerant oor die kompetisie. Willy Wonka gaan vyf kinders toelaat om sy fabriek te besoek. Om dit te kan doen moet hul ‘n goue kaartjie in enige stafie sjokolade kry. Die persone wat dit wen sal ook ‘n leeftyd se voorraad van lekkers en sjokolade kry! Charlie se huisie wemel van opgewondenheid en sy grootouers praat oor hoe wonderlik dit sal wees om ‘n goue kaartjie te kan kry. Daar is net een probleem – Charlie kan net een keer ‘n jaar ‘n sjokolade koop en volgens oupa George staan Charlie geen kans om dit te kry nie.

Kontekstuele vrae

1. Hoe kan ‘n mens die fabriek besoek? 2. Hoeveel kinders gaan die fabriek mag besoek? 3. Wat wen die kinders saam met die toegang tot die fabriek? 4. Volgens Oupa Joe gaan die mense nou verskriklik baie sjokolade koop.

Hoekom dink jy is dit so ‘n gesogte prys? 5. Dink jy Charlie se gesin klink opgewonde? Hoekom?

Page 9: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

9

6. Oupa George dink nie Charlie staan ‘n kans om die kaartjie te kry nie. Dink jy Charlie gaan die kaartjie wen of nie?

Blokkiesraa ise l – Hoofstuk 1 – 5

Page 10: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

10

Page 11: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

11

Hoofstuk 6 – Die eerste twee gelukk iges Opsomming

Die nuus breek aan dat die eerste kaartjie ontdek is in ‘n sjokoladestafie. Die seun se naam wie dit gekry het is Augustus Loop. Hy is ‘n oorgewig seun wat eet as sy stokperdjie sien. Sy ma koop vir hom verskriklik baie sjokolade en sien geen fout daarin dat hy skoon verslaaf is aan sjokolade nie. Sy dorp is vol van opwinding en die kinders kry sommer ‘n skoolvakansie. Charlie se oumas dink Augustus en sy ma is verskriklike mense.

Die stafies sjokolade begin nou éérs te verkoop. Mense doen allerhande snaakse dinge om goue kaartjies in die hande te kry. Daar is selfs iemand in Rusland wat ‘n kaartjie vervals het! Die tweede kaartjie word uiteindelik gevind deur ‘n meisie genaamd Veruca Salt.

Veruca Salt is nie ‘n veel beter kind as Augustus nie. Sy word verskriklik bederf deur haar ouers. Sy is ook uiters veeleisend en het dit duidelik gemaak aan haar ouers dat sy ‘n goue kaartjie moet kry. Haar pa het natuurlik vir haar eise ingegee en het trokke vol sjokolade gekoop en na sy grondboontjie fabriek gebring sodat sy werkers die sjokoladepapier vir sy dogter kan afhaal. Uiteindelik, na dae se gekerm deur Veruca, het die werkers ‘n goue kaartjie gevind. Charlie se grootouers dink ook baie min van Veruca en glo sy is erger as Augustus.

Die volgende dag is Charlie se verjaarsdag en hy is opgewonde om sy enigste sjokoladestafie van die jaar te kry. Hopelik kry hy die derde goue kaartjie.

Kontekstuele vrae

1. Wie is die eerste kind wat ‘n goue kaartjie ontdek het? 2. Hoe het die persoon die kaartjie ontdek? 3. Wat het professor Foulbody ontwerp en watse tragiese insident het gebeur

met sy masjien? 4. Wie is Veruca Salt? 5. Hoe het meneer Salt dit reggekry om ‘n goue kaartjie in die hande te kry?

Dink jy dit is regverdig? 6. Hoekom dink jy sê Charlie se grootouers dat niks goeds sal kom van die feit

dat Veruca so bederf word nie?

Page 12: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

12

7. Teken ‘n tabel en vergelyk die karaktereienskappe van Veruca en Augustus.

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) tamaai weersinwekkende konsternasie vervals

Hoofstuk 7 – Char l ie se ver jaarsdag Opsomming

Charlie se verjaarsdag breek aan en uiteindelik kan hy ‘n sjokoladestafie kry. Dit is sy enigste geskenk. Hy kry ‘n Wonka Sjokofudge-Smulstafie, een van sy gunstelinge. Almal bespiegel of daar ‘n goue kaartjie binne-in gaan wees en is nie eintlik baie optimisties nie. Die gesin hou die sjokoladestafie met valkoë dop wanneer Charlie dit oopmaak. Hy kan nie meer wag nie en skeur sommer vinnig die papier af. Ongelukkig het Charlie nie ‘n goue kaartjie gekry nie. Sy familie is baie ondersteunend en laat hom beter voel, hy gee ‘n hartseer glimlag en wil die sjokolade met almal deel maar almal weier; dit is Charlie se geskenk en nét hy sal daarvan eet.

Kontekstuele vrae

1. Wat het Charlie gekry as sy verjaarsdagpresent? 2. Hoekom is almal so opgewonde oor sy geskenk? 3. Het Charlie gekry wat hy wou gehad het?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) sagkens spesifieke plooie

Page 13: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

13

Hoofstuk 8 – Nog twee Goue Kaart j ies gekry Opsomming

Op die aand van Charlie se verjaarsdag kondig meneer Bucket aan dat nog twee kaartjies gevind is. Die hele familie vergader natuurlik om die nuus te hoor. Die derde kaartjie is deur Violet Beauregarde ontdek. Violet is ‘n rare karakter. Sy is ‘n kougomkouer en kou al drie maande lank aan ‘n stuk kougom. Haar ma is nie baie beindruk met haar gedrag nie maar sy doen nie veel om dit te verander nie. Violet het die kaartjie gekry toe sy besluit het sy gaan ophou kou aan haar kougom en liewer sjokolade te koop omdat sy graag een van die gelukkige vyf wou wees.

Die vierdie kaartjie is gekry deur Mike Teevee. Mike is ‘n televisie-verslaafde kind en doen nie veel meer as om voor die televisie te sit en skopskietprogramme te kyk nie. Toe die pers gekom het om met hom onderhoude te voer het hy hul weggejaag omdat hul sy aandag van die televisie aftrek. Sy geweldadige persoonlikheid is skrikwekkend.

Natuurlik dink Charlie se grootouers dat hierdie twee kinders ook twee absolute nikswerde is wat glad nie die kaartjies verdien nie. Volgens hulle gaan die laaste kaartjie ook deur een of ander nare pes gevind word wat dit nie verdien nie.

Kontekstuele vrae

1. Wie het die derde kaartjie gekry? 2. Wie het die vierde kaartjie gekry? 3. Dink jy hierdie kinders is gehoorsame, goed opgevoede kinders? Hoekom

sê jy so? 4. Dink jy Mike Teevee word nadelig beïnvloed deur sy televisieverslawing? 5. Wat dink jy bedoel ouma Georgina wanneer sy vra of alle kinders

deesdae sulke ‘misbaksels’ is?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) verslaggewer ongepoets niksnuts vasgenael

Page 14: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

14

Hoofstuk 9 – Oupa Joe se dobbelspel Opsomming

Oupa Joe wil baie graag hê dat Charlie ‘n goue kaartjie moet wen. Hy het ‘n enkele silwer muntstuk wat hy al lank hou en gee dit vir Charlie om so gou as moontlik ‘n Wonka-stafie te gaan koop sodat hul darem nog een kans het om die goue kaartjie te wen. Oupa Joe is so senuweeagtig dat hy skaars die papier kan afhaal van die stafie. Op die ou end is daar toe nie ‘n goue kaartjie nie maar beide Oupa Joe en Charlie het die klein avontuurtjie verskriklik geniet.

Kontekstuele vrae

1. Waar het Oupa Joe sy muntstuk weggesteek? 2. Watter sjokolade het Charlie toe gekoop? 3. Was daar ‘n goue stafie in die sjokolade? 4. Hoekom dink jy het Charlie en Oupa Joe so lekker gelag na al die

opwinding?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) spaargeld poging senuweeagtig ritteltits

Hoofstuk 10 – Die fami l ie begin honger ly Opsomming

Dit word verskriklik koud. Die Bucket huisie is nie baie goed geïsoleer nie en die wind en weer kom maklik binne. Die gesin vries en is baie ongemaklik. Om dinge erger te maak het meneer Bucket sy werk verloor omdat die tandepastafabriek toegemaak het. Hy kry ‘n werk om sneeu uit die paaie te

Page 15: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

15

skraap maar dit bring nie naastenby genoeg geld in vir die familie om te kan oorleef nie. Hul moet oorleef op baie min kos. Charlie word verskriklik maer en wil nie van sy grootouers se kos neem nie. Hy is slim en probeer so min as moontlik doen sodat hy nie te moeg of honger word nie. Op pad huis toe een middag tel hy ‘n vyftig sent stuk op en hardloop dadelik winkel toe om vir hom ‘n sjokoladestafie te gaan koop. Die res van die geld sal hy gebruik om kos te koop vir sy gesin.

Kontekstuele vrae

1. Hoekom kry die Bucket gesin so koud in hul huis? 2. Wat eet hul nou vir ontbyt en middagete? 3. Wat doen Charlie om nie moeg te word nie? 4. Beskryf hoe Charlie lyk van die hongerte. 5. Wat het Charlie opgetel in die sneeu?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) skoffel bredies geraamte bleek

Page 16: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

16

Page 17: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

17

Blokkiesraa ise l - Hoofstuk 6 – 10

Page 18: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

18

Hoofstuk 11 – Die Wonderwerk Opsomming

Heel opgewonde koop Charlie vir hom ‘n sjokoladestafie by die winkel. Hy eet dit so vinnig op dat die winkeleienaar skoon bekommerd raak oor hom! Wanneer Charlie dit klaar geëet het besluit hy om sommer nog een te koop, hy kan homself net nie inhou nie. Charlie skeur die papier oop van die tweede stafie oop en vind die laaste Goue Kaartjie! Die winkelier is ekstaties en Charlie is geskok. Vinnig kom daar skares mense aan wat kommentaar lewer oor Charlie se geluk en begin hom geld aan te bied vir sy kaartjie. Die winkelier raai Charlie aan om die Goue Kaartjie so styf as moontlik vas te hou en so gou as moontlik terug te hardloop huis toe.

Kontekstuele vrae

1. Wat is die wonderwerk in hierdie hoofstuk? 2. Het jy gedink Charlie gaan ‘n Goue Kaartjie kry? Hoekom? 3. Hoekom dink jy het die mense vir Charlie geld aangebied vir die kaartjie? 4. Sou jy die kaartjie verkoop het of gehou het? 5. Haal ‘n frase aan op p. 50 dat die winkelier verskriklik opgewonde was oor

die Goue Kaartjie.

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) klam soliede verslind winkelier

Hoofstuk 12 – Wat op die Goue Kaart j ie staan Opsomming

Charlie storm by die huis is en wys in ekstase die Goue Kaartjie aan almal. Hul glo hom eers nie en wanneer hy die kaartjie vir almal wys is almal net so opgewonde soos hy. Oupa Joe is mees opgewonde, sy oue lyf spring skoon kiertsregop in die bed wanneer hy die kaartjie sien. Hulle lees wat op die kaartjie staan. Charlie sal ‘n leeftyd van lekkernye kry en ‘n begeleide toer deur die fabriek. Daar is ook vele ander verassings wat voorlê. Charlie het net betyds die kaartjie gekry want die groot toer is al op die volgende dag. Oupa

Page 19: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

19

Joe het ingestem op saam met Charlie te gaan. Nadat ‘n klomp joernaliste eers die familie gebombardeer het met vrae is die gesin bed toe. Die volgende dag gaan definitief baie opwindend wees.

Kontekstuele vrae

1. Haal een sin aan wat aandui dat Charlie baie opgewonde is oor die Goue Kaartjie. (p. 53)

2. Hoe het oupa Joe gereageer op die goeie nuus? 3. Beskryf die goue kaartjie. 4. Wat gaan alles plaasvind op die eerste Februarie? 5. Hoekom dink meneer Bucket dat dit die beste sal wees as Oupa Joe saam

met Charlie gaan?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) orkaan hordes besete

Hoofstuk 13 – Die groot dag breek aan Opsomming

Die groot dag breek aan en ‘n groot skare mense wag voor die hekke van die Wonka fabriek om te sien wat gaan gebeur en om die beroemde kinders te sien. Al die kinders met Goue Kaartjies se ouers is by hul, behalwe Charlie s’n. Die ander kinders is baie ongeduldig en ongehoorsaam. Die skare lewer kommentaar op die kinders en sê van elke kind iets negatief behalwe oor Charlie. Wanneer die hekke oopgaan staan almal in verbasing en kyk na die persoon wat verskyn.

Kontekstuele vrae

1. Hoe laat vergader die mense voor die hekke van die fabriek? 2. Hoekom is daar so groot skare mense? 3. Noem die vyf Goue Kaartjie houers. 4. Wie dink jy maak om tienuur ‘n verskyning?

Page 20: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

20

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) pistool skare skandalig

Hoofstuk 14 – Meneer Wi l ly Wonka Opsomming

Meneer Wonka maak sy verskyning. Hy is ‘n unieke mannetjie met ‘n vreemde styl. Hy lyk slim en maak die heeltyd vinnige bewegings. Meneer Wonka is opgewonde om die Goue Kaartjie-houers te ontmoet. Hy huppel skoon oor die sneeu om by hul uit te kom. Elke kind word individueel gegroet en hy is ewe opgewonde om elkeen te ontmoet. Meneer Wonka is vinnig om die toer aan die gang te sit en begin die kinders deur die rooi deur te lei. Die fabriek is warm aan die binnekant omdat sy werkers nie gewoond is aan koue nie. Almal wonder wie die werkers is maar Meneer Wonka verduidelik dat hul later ontmoet sal word. Die reuk van sjokolade en vele ander geure is in die lug, dit is voorwaar heerlik. Die kinders word deur gangetjies gelei wat afdraand loop, al die belangrikste vertrekke van die fabriek is ondergronds. Uiteindelik kom hul uit by die sjokeladesaal...

Kontekstuele vrae

1. Maak ‘n kopkaart wat Willy Wonka beskryf. 2. Hoe klink Meneer Wonka se stem? 3. Hoekom stoot en skree die skare nogsteeds buite? 4. Beskryf hoe dit is binne die fabriek nadat die groep die rooi deur

binnegaan. 5. Waar is die grootste deel van die Wonka fabriek en hoekom?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) plesier aanhoudend kapstok drentel

Page 21: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

21

Hoofstuk 15 – Die s jokoladesaa l Opsomming

Die sjokoladesaal is ‘n indrukwekkende, wonderskone vertrek wat bestaan uit ‘n vallei met ‘n rivier en pragtige grasvlaktes. Daar is pype wat die bruin water uit die rivier pomp. Meneer Wonka verduidelik dat die water in die rivier eintlik gesmelte sjokolade is. Alles in die vertrek is ook eetbaar en hy nooi die besoekers uit om dit te proe. Alles proe heerlik. Veruca Salt sien ‘n klein mannetjie in die verte en gil soos sy skrik daarvoor. Daar is vyf klein mannetjies en almal is baie nuuskierig oor wat en wie dit is. Meneer Wonka verduidelik dat dit wel mense is en hulle word Oempa-Loempas genoem.

Kontekstuele vrae

1. Beskryf die sjokoladesaal in ‘n kort paragraaf. 2. Waarvan is die gras gemaak? 3. Wat doen Violet Beauregarde met haar kougom? 4. Wat sien die besoekers wat hul so opgewonde maak? 5. Beskryf die mannetjies. 6. Wat word die mannetjies genoem?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) verafsku breë kruisement struike

Page 22: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

22

Blokkiesraa ise l – Hoofstuk 11 – 15

Page 23: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

23

Hoofstuk 16 – Die Oempa-Loempas Opsomming

Meneer Wonka vertel vir die besoekers hoe hy op die Oempa-Loempas afgekom het. Hul kom van Oempa-Loempaland en bly in groot bome omdat daar gediertes soos whangwhaddels, knotknotters en swatsadders is wat hul wil eet. Mevrou Salt, wat ‘n aardrykskunde-onderwyseres is, dink natuurlik Meneer Wonka praat ‘n klomp nonsens. Oempa-Loempas is mal oor kakaobone en kon dit nooit in die hande kry nie. Toe Meneer Wonka dit uitvind het hy hul dadelik oortuig om vir hom te kom werk. Hulle het ingestem en al die Oempa-Loempas het na sy fabriek verhuis. Die Oempa-Loempas hou van musiek, dans en om liedjies op te maak. In die liedjies kan hul baie snaaks wees. Die bederfde Veruca Salt begin karring aan haar pa dat sy nou ook ‘n Oempa-Loempa wil besit en die vraatsige Augustus Gloop begin stilletjies uit die sjokoladerivier te drink.

Kontekstuele vrae

1. Waar kom die Oempa-Loempas vandaan? 2. Hoe lyk dit in Oempa-Loempaland? 3. Watter gediertes vind ‘n mens daar? 4. Wat moes die arme Oempa-Loempas eet omdat hul nie op die grond kon

kom nie? 5. Waaroor is Oempa-Loempas gek? 6. Hoekom dink jy het meneer Wonka hul uitgenooi om in sy fabriek te kom

werk? 7. Hoe het meneer Wonka die Oempa-Loempas by sy fabriek gekry?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) ruspes boomhuis ingesmokkel ondeund

Page 24: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

24

Hoofstuk 17 – Augustus Gloop gaan die pyp op Opsomming

Terwyl Augustus Gloop al vraatsig aan die sjokoladerivier drink val hy daarin. Meneer Wonka is baie ontsteld omdat mense nie aan die sjokolade mag vat nie. Die Gloop ouers is verskriklik ontsteld maar wil nie agter hul kind in die rivier spring om hom te red nie. Skielik word hy opgesuig deur een van die groot glaspype wat die sjokolade na verskillende plekke stuur om verder verwerk te word. Meneer Wonka is nie gepla deur die gebeurtenis nie en dink dis snaaks. Die Gloops is natuurlik nie beindruk deur meneer Wonka se houding nie. Augustus sit in die glaspyp vas omdat hy te groot is. Skielik, na ‘n groot geluid, suig die pyp hom na die fudgekamer. Mevrou Gloop is bang dat hy in fudge verander gaan word maar meneer Wonka is nie gepla nie, hy roep ‘n Oempa-Loempa om seker te maak Augustus word uit die mengbak gehaal voordat hy ‘n klomp stukkies fudge word...

Nadat die Gloops die vertrek verlaat begin die Oempa-Loempas ‘n snaakse liedjie te sing oor Augustus wat ‘n vraat is en in fudge verander moet word. Meneer Wonka verseker die besoekers dat die Oempa-Loempas net spot en hul nie geglo moet word nie.

Kontekstuele vrae

1. Hoe het Augustus Gloop in die sjokoladerivier geval? 2. Hoekom wou meneer Gloop nie in die rivier spring nie? 3. Hoekom het Augustus in die pyp vasgesit? 4. Wat sal van Augustus word as hy nie vroegtydig uit die sjokolade gehaal

word nie? 5. Hoe roep meneer Wonka ‘n Oempa-Loempa? 6. Volgens die liedjie oor Augustus Gloop, wat wou die Oempa-Loempas met

hom gemaak het? 7. Hoekom wil hul dit nie doen nie? 8. In wat gaan hul hom eerder verander en hoekom? 9. Wat gebeur in meneer Wonka se fudgemasjien? 10. Hoekom is dit makliker om ‘n blokkie fudge te vergewe?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) kreet verruklik

Page 25: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

25

brandweer

Hoofstuk 18 – Af met die s jokolader iv ier Opsomming

Meneer Wonka begelei die besoekers na ‘n wonderlike roeiboot vol Oempa-Loempas wat dit roei. Die boot is gemaak van ‘n enorme uitgeholde gekookte lekker en dit lyk soos helderpienk glas. Die besoekers klim op die boot is verwonder daardeur. Veruca Salt wil natuurlik nou ook so ‘n boot hê. Meneer Wonka bied vir Charlie en oupa Joe ‘n heerlike koppie sjokolade aan om te drink omdat hul so honger lyk.

Die boot vertrek en meneer Wonka is heel gek. Niemand weet waarheen hul gaan nie en meneer Wonka begin sommer te praat in sy eie monoloog... Die besoekers dink hy is mal en almal het ‘n uitlating oor sy geestestoestand. Nadat meneer Wonka die ligte laat aanskakel het kan die besoekers sien waarheen hul gaan en wat hul omring. Hul is binne-in ‘n silwerskoon pyp met verskillende deure wat goed bevat soos klitsers en room.

Kontekstuele vrae

1. Waarvan is die boot gemaak? 2. Hoeveel Oempa-Loempas roei die boot? 3. Hoekom dink jy is Charlie so oorweldig deur die dag se gebeure? 4. Wat is die tonnel waarin die rivier vloei eintlik? 5. Haal ‘n strofe aan wat aandui dat die besoekers dink meneer Wonka mal

is. 6. Waarvoor dink jy word die haarroom gebruik in die een pakkamer?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) wasem kranksinnig tintel ontstoke

Page 26: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

26

Hoofstuk 19 – Die uitv ind ingsaa l Opsomming

Meneer Wonka beveel die Oempa-Loempas om die boot te laat stilhou by die deur “Uitvindingsaal – Privaat – Bly weg.” Die kamer is omtrent ‘n staatsgeheim en nie eers Oempa-Loempas word daarin toegelaat nie. Meneer Wonka hou al sy nuwe eksperimente en uitvindsels daarbinne en niemand kan dit steel as hul nie daar kan inkom nie.

Die kinders mag aan niks vat nie. Meneer Wonka is soos ‘n klein kind in die kamer en vat en peuter aan alles – mens kan sien dit is waarvan hy die meeste hou. Daar is verskillende uitvindsels soos Permanente Smoelstoppers en Haretoffies. Die Haretoffies is nog nie heeltemal stabiel nie en veroorsaak op die oomblik onbeheerbare haargroei, wat glad nie ideaal is nie.

Kontekstuele vrae

1. Waar beveel meneer Wonka die boot om te stop? 2. Wie is Fickelgruber, Prodnose en Slugworth en wat het hulle gedoen? 3. Hoekom lyk die vertrek soos ‘n heks se kombuis? 4. Noem twee uitvindsels waaraan meneer Wonka tans aan werk. 5. Wat gebeur as ‘n mens die Haretoffies eet op die oomblik? Wat is dit

veronderstel om te doen?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) uitvinding balie

Hoofstuk 20 – Die groot kougommas j ien Opsomming

Meneer Wonka wys vir die besoekers iets waarop hy geweldig trots is; ‘n groot masjien met klomp dun glasbuisies. Die masjien maak die glasbuisies vol

Page 27: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

27

vloeistof, elk van verskillende kleure. Die masjien meng dit dan en dit verander in skuim en is uiteindelik blou. Tot almal se verbasing kom daar na ‘n hele proses net ‘n stukkie kougom by die masjien uit... Violet Beauregarde is natuurlik totaal en al verheug oor die kougommasjien!

Kontekstuele vrae

1. Waarop is meneer Wonka baie trots? 2. Beskryf die masjien en wat dit doen. 3. Wat is die eindproduk van die masjien? 4. Hoekom is Violet Beauregarde so opgewonde oor die eindproduk?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) blink vloeistof skuim

Page 28: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

28

Blokkiesraa ise l – Hoofstuk 16 – 20

Page 29: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

29

Hoofstuk 21 – Tot siens , Vio let Opsomming

Meneer Wonka verduidelik vir die besoekers van sy wonderlike kougom wat hy uitgevind het. Wanneer ‘n mens dit eet is dit soos ‘n hele driegangmaaltyd in een klein stukkie kougom. Soos ‘n mens dit kou verander die geur en dit voel asof jy regtig kos eet, dit maak jou selfs versadig. Violet Beauregarde wil natuurlik die kougom kou omdat dit haar lewe is om kougom te kou. Meneer Wonka waarsku haar om dit nie te eet nie, tog gaan sy voort. Sy proe die wonderlike geure maar wanneer dit by die nagereg kom, wat bloubessies en room is, begin sy stelselmatig in ‘n bloubessie te verander met net haar armpies en beentjies wat uitsteek.

Meneer Wonka vra om verskoning en die Oempa-Loempas neem vir Violet na die Versapkamer waar hul die sap uit haar gaan uitdruk. Die Oempa-Loempas sing weer ‘n liedjie, die keer oor ‘n meisie soos Violet, juffrou Knaend Kou. Juffrou Knaend Kou het was so versot op kou dat sy naderhand enigiets begin kou het, later kon haar kake nie meer ophou kou nie en haar kake het saans self gekou aan niks. Een aand het sy haar tong afgebyt en is stom daarna en gestuur na ‘n tehuis. Die Oempa-Loempas wil sin in Violet inpraat sodat dieselfde nie met haar gebeur nie...

Kontekstuele vrae

1. Wat maak die kougom so uniek? 2. Wat het Violet alles geproe? 3. Wat het met Violet gebeur op die ou end? 4. Met hoeveel Oempa-Loempas het dit al van te vore gebeur? 5. Hoeveel besoekers is oor nadat die Beauregardes nie meer deel van die

toer is nie?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) versap inkopies swel

Page 30: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

30

Hoofstuk 22 – In die gang af Opsomming

Meneer Wonka lei die besoekers haastig in die pienk gange af na die volgende bestemming. Hul gaan verby ‘n klomp deure waarop interessante goed staan. Volgens meneer Wonka is daar is egter nie tyd om daar in te gaan nie en hy vertel vir die besoekers so op sy drafstap wat Eetbare Malvalekkers en Lekbare Plakpapier Vir Kleuterkamers is. Hul gaan ook verby Warm Roomys vir Koue Dae en Koeie wat Sjokolademelk gee. Een van die interessante uitvindsels is Gasdrankies Wat Jou Lighoofdig Maak. Wanneer mens dit drink maak die gas jou so lig dat jy opstyg. Een van meneer Wonka se Oempa-Loempas het so verlore gegaan. Uiteindelik stop die besoekers by Vierkantige Lekkers Wat Rond Lyk.

Kontekstuele vrae

1. Wat gaan met Violet gebeur op die ou end? 2. Hoe ignoreer meneer Wonka vir Mike Teevee? 3. Hoe lyk dit as meneer Wonka so vinnig loop? 4. Noem vier interessante vertrekke wat die besoekers verbygaan. 5. Is daar iets soos ‘n snozzbessie? 6. Waar stop meneer Wonka uiteindelik?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) fluweel verdwaal ongeduldig

Hoofstuk 23 – Vierkantige lekkers wat rond lyk Opsomming

Wanneer almal by die deur stop vertel meneer Wonka vir die besoekers oor die vierkantige lekkers wat op die tafel lê. Veruca Salt dink meneer Wonka is ‘n leuenaar omdat sy gedink het die lekkers sal rond lyk, soos wat op die deur staan. Meneer Wonka korrekteer haar egter en verduidelik dat hul rond kyk nie rond lyk nie en wys vir hul die bewyse deur die deur oop te sluit. Só staar die klein blokkies vir die besoekers. Hul gaan verby nog ‘n paar deure en

Page 31: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

31

Veruca begin kerm omdat hul te vinnig loop. Meneer Wonka loop egter net verder op sy eie pas, die groep moet maar net byhou!

Kontekstuele vrae

1. Lyk die vierkantige lekker regtig rond? 2. Wat is uniek aan hierdie lekkers? 3. Wat dink meneer Salt is meer interessant as die vierkantige lekkers? 4. Hoekom is die mense so uitasem uit?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) matroos betyds triomfantelik

Hoostuk 24 – Veruca in die Neutekamer Opsomming

Uiteindelik stop meneer Wonka by ‘n deur wat die Neutekamer genoem is. Hy verduidelik die besoekers dat hul nie mag ingaan nie en eerder moet kyk deur die venster hoe die eekhorinkies die okkerneute uitdop en uitsorteer. Die eekhorings inspekteer die neute om vas te stel of dit goeie neute is, indien dit nie goeie neute is nie word dit by die vullispyp afgegooi.

Soos gewoonlik wil Veruca Salt iets hê. Hierdie keer wil sy ‘n eekhorinkie hê maar meneer Wonka weier dat haar pa een van sy eekhorings kan koop. Ongehoorsaam soos wat sy is, betree sy die kamer en probeer om een van die eekhorings te vat. Meteens spring eenhonderd eekhorings op haar en hou haar vas terwyl die leier eekhorinkie toets of sy ‘n goeie neut is. Sy is duidelik nie ‘n goeie neut nie en só word sy dan by die vullispyp afgegooi. Na die Salts vir ‘n rukkie met meneer Wonka geredekabel het oor wat met Veruca gaan gebeur, is die Salts ook by die vullispyp af.

Die Oempa-Loempas sing hul volgende liedjie oor Veruca en haar gesin. Hul sing dat sy en haar gesin eintlik in die vullishoop hoort en dat dit haar verdiende loon is. Veruca is verskriklik bederf en die Oempa-Loempas glo dat dit haar ouers se skuld is.

Page 32: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

32

Kontekstuele vrae

1. Waar vind die besoekers hul nou? 2. Wat gebeur in hierdie kamer? 3. Wat wil Veruca Salt nou weer hê? 4. Watse troeteldiere het Veruca reeds by die huis? 5. Wat gebeur met Veruca wanneer sy ‘n eekhoring probeer gryp? 6. Wat dink die Oempa-Loempas van die Salt gesin? 7. Hoe kan die Salt gesin hul les leer volgens die Oempa-Loempas?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) snak brand hyg verderf

Hoofstuk 25 – Die groot g lashyser Opsomming

Die groep besoekers bestaan nou net uit Mike Teevee en sy ouers, Charlie en oupa Joe. Meneer Wonka vat die klein groepie besoekers na ‘n glashyser wat van bo tot onder vol klein swart knoppies is. Die besoekers mag enige plek kies waarheen hul volgende wil gaan maar daar is te veel keuses! Langsaan elke knoppie is ‘n klein etiket waarop staan waarheen die knoppie die hyser sal vat. Die hyser kan in enige rigting beweeg, nie net op en af soos normale hysers nie.

Uiteindelik kies Mike Teevee enige plek waar daar ‘n televisie is. Wanneer die knoppie gedruk word val almal meteens neer behalwe meneer Wonka omdat die hyser teen ‘n vreeslike spoed beweeg. Die hyser vlieg oor verskillende interessante areas van die fabriek soos ‘n fudgeberg en ‘n Oempa-Loempa dorpie. Mevrou Teevee raak heeltemal naar van die hyser se rowwe bewegings maar Charlie dink dit voel soos ‘n rit in ‘n pretpark. Die hyser stop net betyds voor die TV-sjokoladekamer voor mevrou Teevee naar word.

Kontekstuele vrae

1. Beskryf die glashyser.

Page 33: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

33

2. Waarheen kan die glashyser oral gaan? Noem 4 voorbeelde. 3. Wat is uniek aan hierdie glashyser? 4. Hoekom dink jy wil Mike Teevee ‘n televisiekamer sien? 5. Wat gebeur wanneer die hyser begin beweeg? 6. Wat sien die besoekers gedurende hul reis deur die fabriek? 7. Waar stop die hyser uiteindelik?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) verstar kielie hyser

Page 34: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

34

Blokkiesraa ise l – Hoofstuk 21 - 25

Page 35: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

35

Hoofstuk 26 – Die TV-s jokoladekamer Opsomming

Die TV-sjokoladekamer is baie helder aan die binnekant en meneer Wonka gee vir die besoekers donkerbrille om op te sit sodat hul nie verblind word deur die skerp lig nie. Selfs die Oempa-Loempas loop met ruimtepakke en donkerbrille rond. Meneer Wonka verduidelik vir die groep wat in hierdie kamer gebeur. Hy het ‘n masjien ontwikkel wat soos televisie werk, hy ‘neem iets af’ met die kamera en dit word verklein en gestuur na ‘n televisie wat dit opvang. Die besoekers glo nie dat dit moontlik is nie en so wys meneer Wonka vir die groep hoe hy ‘n groot stuk sjokolade kan stuur na ‘n televisie. Wragtig kom die stuk sjokolade in die televisie aan en Charlie smul aan die heerlike stukkie verkleinde sjokolade.

Kontekstuele vrae

1. Beskryf die TV-sjokoladekamer in jou eie woorde. 2. Wat is meneer Wonka se opinie oor televisie? Stem jy saam met hom en

hoekom? 3. Hoe werk televisie volgens meneer Wonka? 4. Wat doen die masjien in die kamer? 5. Wat beplan meneer Wonka om met hierdie masjien te maak?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) helder ruimtepak legkaart

Hoofstuk 27 – Mike Teevee word via TV gestuur Opsomming

Mike Teevee is baie opgewonde oor die idee om goed te stuur na die televisie en vra klomp vrae vir meneer Wonka daaroor. Hy vra selfs of mense gestuur kan word na ‘n televisie. Nog voordat meneer Wonka klaar verduidelik het dat hy dink dis moontlik, maar dit gevaarlik kan wees, stoot

Page 36: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

36

Mike die Oempa-Loempas weg, druk die knoppe en gaan staan voor die kamera om die eerste persoon te word wat gestuur word na ‘n televisie.

Die Teevee ouers is heeltemal oorweldig deur hul seun se aksie en is gespanne oor wat met hom gaan gebeur. Meneer Wonka is ook nie seker wat gaan gebeur nie en wag in spanning dat Mike op die televisie opdaag. Uiteindelik is hy in een stuk op die televisie en sy ouers gryp hom. Meneer Wonka verduidelik die Teevee’s dat hy gerek gaan moet word met ‘n masjien wat kougom rek en dat hy lank en maer gaan uitkom.

Die Oempa-Loempas het natuurlik iets te sing oor die gebeure in die kamer. Hul sing van die euwels van televisie en dat kinders weer moet lees. Hul glo dat ouers glad nie televisiestelle moet koop vir hul huise nie en dat televisie baie nadelig is vir kinders. Op die ou end sing hul ook dat Mike Teevee so sy les leer en dit sy verdiende loon is as hul hom nie kan help nie.

Kontekstuele vrae

1. Hoe word ontbytvlokkies gemaak volgens meneer Wonka? 2. Hoekom wil Mike Teevee gestuur word na ‘n televisie? 3. Wat gebeur met Mike Teevee wanneer hy gestuur word na die televisie? 4. Hoe beplan meneer Wonka om Mike weer terug na normaal te kry? 5. Wat doen vitamien Wonka aan mense? Hoe kan dit voordelig wees? 6. Wat gebeur met kinders as hul te veel televisie kyk volgens die Oempa-

Loempas? 7. Noem vier boeke wat die Oempa-Loempas opnoem in hul liedjie. 8. Wat moet ouers doen volgens die Oempa-Loempas?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) volk flits ongedeerd

Hoofstuk 28 – Net Char l ie b ly oor Opsomming

Op die ou end is dit net Charlie en oupa Joe wat oorbly van al die besoekers. Meneer Wonka wens Charlie geluk dat hy die wenner is, van wat weet hy nie. Meneer Wonka is dadelik besig om verder te gaan met sy planne en druk die ‘op en uit’ knoppie in die glashyser. Almal is ewe opgewonde en die laaste

Page 37: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

37

besoekers het geen benul oor wat volgende gaan gebeur nie. Die glashyser skiet soos ‘n vuurpyl in die lug op en breek deur die dak van die fabriek. Van hoog bo die fabriek sien hul hoe die ander besoekers die fabriek verlaat.

Kontekstuele vrae

1. Wie bly nou almal oor van die besoekers? 2. Hoekom wens meneer Wonka vir Charlie geluk? 3. Wat is meneer Wonka se planne verder? 4. Wat het gebeur toe meneer Wonka die “op en uit” knoppie gedruk het? 5. Hoekom is oupa Joe bang? 6. Met wat werk die hyser?

Hoofstuk 29 – Die ander kinders gaan huis toe Opsomming

Vanuit die hyser kan Charlie, sy oupa en meneer Wonka die ander besoekers sien. Almal het darem hul penaries oorleef maar het nie skotvry daarvan afgekom nie. Die trokke vol van hul lewenslange voorraad van lekkers agtervolg hul. Augustus Gloop is sommer maer gedruk en gesuig deur die pyp waarin hy vasgesit het. Violet Beauregarde is pers, maar lyk darem nie meer soos ‘n bessie nie. Die Salt gesin is die ene vullis en arme Mike Teevee is nou plankdun en so lank soos ‘n lamppaal. Meneer Wonka wil iets belangrik met Charlie bespreek en vat vir Charlie en oupa Joe na die volgende bestemming.

Kontekstuele vrae

1. Beskryf hoe Augustus Gloop lyk en hoekom hy so lyk. 2. Beskryf hoe Mike Teevee lyk en hoekom hy so lyk. 3. Beskryf hoe Veruca Salt lyk en hoekom sy so lyk. 4. Beskryf hoe Violet Beauregarde lyk en hoekom sy so lyk.

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek) lorrie leeftyd agtelosig

Page 38: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

38

Hoofstuk 30 – Char l ie se s jokoladefabr iek Opsomming

Meneer Wonka, Charlie en oupa Joe is nou hoog bo die stad in die groot glashyser. Meneer Wonka en Charlie is albei ewe mal oor die sjokoladefabriek en dit maak meneer Wonka baie gelukkig. Tot beide oupa Joe en Charlie se verbasing vertel meneer Wonka vir Charlie dat hy sý fabriek vir hom as present gaan gee. Meneer Wonka het juis die Goue Kaartjies uitgestuur om ‘n kind te vind wat eendag sy fabriek kan oorneem, dit moes ‘n kind wees sodat hul van kleins af alles geleer kan word van Wonka se wonderlike wêreld en Charlie is presies die kind waarna hy gesoek het.

Hy stuur die hyser na Charlie se huis om die res van sy familie te gaan haal en terug te vat fabriek toe. Hul land sommer deur die dak binne-in die huis dat die helfte van die huis amper uitmekaar uit val. Oupa Joe vertel vir die mense die wonderlike nuus en almal word eers teen hul wil in die hyser gelaai, bed en al. Al waaroor ouma Joe gespanne is is of daar kos gaan wees om te eet en Charlie weet dat dit van nou af die laaste ding is waaroor hul ooit oor hoef te bekommer.

Kontekstuele vrae

1. Wat is Charlie se prys? 2. Hoekom word dit vir Charlie gegee? 3. Hoekom wil meneer Wonka nie eerder die leisels oorgee aan ‘n

volwassene nie? 4. Wat is oupa Joe se eerste reaksie op die nuus? 5. Wat is die res van Charlie se gesin se reaksie wanneer hy hul kom haal met

die glasyster? 6. Hoekom sal kos van nou af hul laaste bekommernis wees? 7. Dink jy Charlie verdien dit om die groot geskenk te kry? Hoekom dink jy so? 8. Watter les het jy geleer deur die einde van die verhaal?

Woordeskat

Woord Engels Eie beskrywing (soek dit op in ‘n woordeboek)

Page 39: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

39

plooie verstom vent

Page 40: Charlie en die sjokoladefabriek - Weeblyonniesonline.weebly.com/uploads/1/4/3/0/14303232/charlie...Inligting oor die rolprent verwerk vanaf Wikipedia: Charlie and the chocolate factory

40

Blokkiesraa ise l – Hoofstuk 26 – 30