die doringtak 43

16
845 SÊ ASSEBLIEF JOU SÊ Die Doringtak is jòù nuusbrief. Dis ‘n nuusbrief oor ons familie. Dit gaan oor òns stories - vreugde-stories, seerkry- stories en sommer net wonderlike alledaagse stories. Die res van die familie wil graag hoor wat jy te sê het. Jou storie(s) raak ons almal en elkeen is dalk juis ‘n storie wat ander familielede prikkel tot die skryf van verdere lekkerlees stories. Skryf asseblief vir ons, of faks of e- pos. Ons familie het ‘n wonderlike voorreg om ‘n Familiebond te hê wat ons met trots, lojaliteit en liefde aanmekaar bind. Koester dit. Beskerm dit. Vertroetel dit. Onthou waar jy vandaan kom. ‘n Wêreld met ‘n persoonlikheid, ‘n plaas in die Karoo ... ‘n dorpie in die Bosveld ... ‘n stad op die Hoëveld, ‘n omgewing met karakters, stories, ervaringe. Kinderjare met nostalgiese onthou-jy-nogs. Wanneer die familie bymekaar kuier, word herinneringe, pret en gemeen- saamheid gedeel. Familie-gebeure ... geboortes, huwelike, sterftes opgedateer. Oor avonture, prestasies, vakansies, verhuisings, bevorderings, gradeplegtighede word berig. Interessante stokperdjies, bedrywig- hede, boerderye en belangstellings word gedeel ... drome wat uitgeleef is ... wat werklikheid geword het. Jy wat in die buiteland woon, hoekom is jy daar? Wat doen jy daar? Jy bly nog familie. Is daar baie Suid- Afrikaners daar? Hoe pas jy aan? Hoe is die klimaat? Die kultuur? Kom jy terug Suid-Afrika toe? Wat laat jou lag? _______________________________ Heimweë is nie meer wat dit altyd was nie. LEDEGELD Die Bestuur waak steeds teen styging van die intekengeld. Dis in 25 jaar net eenmaal verhoog - en dit 10 gelede. Die Doringtak Nr. 43 MEI 2008 Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND Posbus 3501, Pietersburg 0700 ( (015) 291 1421 083 377 7402 Faks (015) 295 7016 E-pos: [email protected] Bank besonderhede: J J Steinberg Bond, ABSA Spaarrekening No. 38065851803, 846 verpligtend nie; oorlewing ook nie. __________________________________ E-pos Kwessies Elkeen wat e-pos gebruik, bevestig asseblief jou korrekte huidige adres deur vir my ‘n e-pos te stuur. Mense verander nogal dikwels van adres en laat my soms nie van die verandering weet nie. Dis vinnig en doeltreffend om sover moontlik per e-pos met familielede te skakel. So van e-pos gepraat, ons e-pos deesdae graag Die Doringtak aan ons lede in die buiteland. Vir sommige is die dokument soms te groot om af te laai, maar die meeste laat weet dat dit hulle in orde bereik het. Onlangs het ons ook net vir die aardigheid die nuusbrief per e-pos gestuur aan ‘n klompie lede hier in Suid-Afrika. ‘n Hele paar het laat weet dat ons dit gerus voortaan net per e- pos hoef te stuur en sodoende kan bespaar op papier, ink en posgeld. Almal van julle wat daaroor beskik, e- pos asseblief vir my wat julle van so ‘n reëling dink. ________________________________ Soos sy politici en sy oorloë, het ‘n samelewing die tieners wat dit verdien. __________________________________ VOORSITTER NICO Ds Nico Steenberg, (b11.c5.d6. e1.f1.g2) voorsitter van die Familiebond, het darem nie uit die land van die lewendes verdwyn nie. Hy en Dorothea het egter einde November Dis steeds R20 p.j. (R15 vir pensioenarisse) en is einde Januarie jaarliks betaalbaar. As jy dalk nog nie daarby uitgekom het nie, dis nog nie te laat nie ... gee sommer nou dadelik aandag daaraan: JJ Steinberg Bond Posbus 3501 PIETERSBURG 0700 Of, as dit jou beter pas, deponeer jou geld direk in die Bond se rekening in: J J Steinberg Bond ABSA Spaarrekening Rek. No. 38065851803 Tak 632005 (Pos of faks dan asb. die betalingsbewys na die adres of faksnommer bo-aan hierdie nuusbrief. Skryf ook asseblief in elke geval u volle voorletters, van en posadres daarby. Anders weet ons nie altyd wie se geld ons ontvang het nie.) Groot dank aan almal wat sedert Doringtak 42 verskyn het hulle ledegeld betaal het en ook aan almal wat ‘n ekstra donasietjie bygesit het. Enkele welmenende lede het tjeks gestuur uitgemaak aan “Die Doringtak” of aan “Ron Steynberg”. Dit veroorsaak onnodige korrespondensie of ‘n omslagtige gesukkel om die geld eers in Ron se persoonlike rekening in te betaal en dan weer aan die Bond oor te betaal. Maak asseblief tjeks uit aan “Die J S Steinberg Bond”. Ons maak staat op u samewerking. ________________________________ Geleerdheid is nie

Upload: johann-steynberg

Post on 17-Mar-2016

292 views

Category:

Documents


7 download

DESCRIPTION

Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND

TRANSCRIPT

Page 1: Die Doringtak 43

845

SÊ ASSEBLIEF JOU SÊ

Die Doringtak is jòù nuusbrief. Dis ‘n nuusbrief oor ons familie. Dit gaan oor òns stories - vreugde-stories, seerkry-stories en sommer net wonderlike alledaagse stories. Die res van die familie wil graag hoor wat jy te sê het. Jou storie(s) raak ons almal en elkeen is dalk juis ‘n storie wat ander familielede prikkel tot die skryf van verdere lekkerlees stories. Skryf asseblief vir ons, of faks of e-pos. Ons familie het ‘n wonderlike voorreg om ‘n Familiebond te hê wat ons met trots, lojaliteit en liefde aanmekaar bind. Koester dit. Beskerm dit. Vertroetel dit. Onthou waar jy vandaan kom. ‘n Wêreld met ‘n persoonlikheid, ‘n plaas

in die Karoo ... ‘n dorpie in die Bosveld ... ‘n stad op die Hoëveld, ‘n omgewing met karakters, stories, ervaringe. Kinderjare met nostalgiese onthou-jy-nogs. Wanneer die familie bymekaar kuier, word herinneringe, pret en gemeen-saamheid gedeel. Familie-gebeure ... geboortes, huwelike, sterftes opgedateer. Oor avonture, prestasies, vakansies, verhuisings, bevorderings, gradeplegtighede word berig. Interessante stokperdjies, bedrywig-hede, boerderye en belangstellings word gedeel ... drome wat uitgeleef is ... wat werklikheid geword het. Jy wat in die buiteland woon, hoekom is jy daar? Wat doen jy daar? Jy bly nog familie. Is daar baie Suid-Afrikaners daar? Hoe pas jy aan? Hoe is die klimaat? Die kultuur? Kom jy terug Suid-Afrika toe? Wat laat jou lag? _______________________________

☺☺☺☺ Heimweë is nie meer wat

dit altyd was nie. LEDEGELD

Die Bestuur waak steeds teen styging van die intekengeld. Dis in 25 jaar net eenmaal verhoog - en dit 10 gelede.

Die Doringtak Nr. 43 MEI 2008 Nuusbrief van die JOHAN JOST STEINBERG FAMILIEBOND

Posbus 3501, Pietersburg 0700 ( (015) 291 1421 083 377 7402 Faks (015) 295 7016 E-pos: [email protected]

Bank besonderhede: J J Steinberg Bond, ABSA Spaarrekening No. 38065851803,

846

verpligtend nie;

oorlewing ook nie.

__________________________________

E-pos Kwessies Elkeen wat e-pos gebruik, bevestig asseblief jou korrekte huidige adres deur vir my ‘n e-pos te stuur. Mense verander nogal dikwels van adres en

laat my soms nie van die verandering weet nie. Dis vinnig en doeltreffend om sover moontlik per e-pos met familielede te skakel.

So van e-pos gepraat, ons e-pos deesdae graag Die Doringtak aan ons lede in die

buiteland. Vir sommige is die dokument soms te groot om af te laai, maar die meeste laat weet dat dit hulle in orde bereik het. Onlangs het ons ook net vir die aardigheid die nuusbrief per e-pos gestuur aan ‘n klompie lede hier in Suid-Afrika. ‘n Hele paar het laat weet dat ons dit gerus voortaan net per e-pos hoef te stuur en sodoende kan bespaar op papier, ink en posgeld. Almal van julle wat daaroor beskik, e-pos asseblief vir my wat julle van so ‘n reëling dink.

________________________________

☺☺☺☺ Soos sy politici en sy

oorloë, het ‘n samelewing die

tieners wat dit verdien. __________________________________

VOORSITTER NICO

Ds Nico Steenberg, (b11.c5.d6. e1.f1.g2) voorsitter van die Familiebond, het darem nie uit die land van die lewendes verdwyn nie. Hy en Dorothea het egter einde November

Dis steeds R20 p.j. (R15 vir pensioenarisse) en is einde Januarie jaarliks betaalbaar. As jy dalk nog nie daarby uitgekom het nie, dis nog nie te

laat nie ... gee sommer nou dadelik aandag daaraan:

JJ Steinberg Bond Posbus 3501 PIETERSBURG 0700

Of, as dit jou beter pas, deponeer jou geld direk in die Bond se rekening in:

J J Steinberg Bond ABSA Spaarrekening Rek. No. 38065851803 Tak 632005

(Pos of faks dan asb. die betalingsbewys na die adres of faksnommer bo-aan hierdie nuusbrief. Skryf ook asseblief in elke geval u volle voorletters, van en posadres daarby. Anders weet ons nie altyd wie se geld ons ontvang het nie.) Groot dank aan almal wat sedert Doringtak 42 verskyn het hulle ledegeld betaal het en ook aan almal wat ‘n ekstra donasietjie bygesit het. Enkele welmenende lede het tjeks gestuur uitgemaak aan “Die Doringtak” of aan “Ron Steynberg”. Dit veroorsaak onnodige korrespondensie of ‘n omslagtige gesukkel om die geld eers in Ron se persoonlike rekening in te betaal en dan weer aan die Bond oor te betaal.

Maak asseblief tjeks uit aan “Die J S Steinberg Bond”.

Ons maak staat op u samewerking.

________________________________

☺☺☺☺ Geleerdheid is nie

Page 2: Die Doringtak 43

847

verlede jaar uit Queenswood, Pretoria, verhuis na Kleinfontein, ‘n blanke veilig-heidsdorp op ‘n wildplaas 40 km oos van Pretoria en 10 km suid van Rayton. Hulle het vir hulle daar ‘n kleiner huis gebou - wat hy nogal self ontwerp en die plan voor geteken het. Hy reken ewe beskeie dat die uitkoms nogal “skoon van gestalte en mooi van voorkoms” is. Nico sê op Kleinfontein woon en werk net witmense en alles word deur wit hande gedoen, gevolglik is daar veiligheid en geen misdaad nie. Voor hulle huis is ‘n groen gordel waar mens heerlik in die veld kan stap. Hy het soos wyle Oom Jan (van Riebeeck) ‘n groentetuin aangelê waar hulle al boontjies, tamaties, eiervrug en aarbeie geoes het. Saans sit hulle op ‘n houtdek en bewonder die mooiste sonsondergange. As dit

donker is kan hulle ‘n honderd treë oor ‘n bult stap en dan

verweg die ligte van die grote Babilon sien. Alles is egter

nog nie die paradys nie want hulle erf was ‘n stuk rou veld wat hulle nog besig is om mak te maak; hulle buitegebou is ‘n dubbel-verdieping waar hy nog ‘n vloer moet insit om die bovertrek te kan benut vir al die noodwendige oorskot wat nie in die huis kon inpas nie. Hulle sukkel al vier maande sonder sukses met Telkom om ‘n landlyn te bekom. Dankie tog vir selfone! Alles in ag genome bly hulle baie lekker daar “ver van die stadsgeluide en die klinkende klank van geld” -

hoewel lg. nou nie juis te versmaaie is nie! Hulle huis in Pretoria verhuur hulle tans, hoewel dit nogal ‘n stryd is om elke maand die huur in te vorder. Dorothea het onlangs ‘n rug-operasie ondergaan in die Wilgers-hospitaal en

dit skyn ‘n groot sukses te wees. Sy sal vir so ‘n ses weke buite aksie wees en hulle vertrou dat dit goed sal afloop.

________________________________

☺☺☺☺ Die vroegste voëltjie

mag dalk die wurm kry,

maar dis die tweede

muis wat die kaas kry. __________________________________

IN MEMORIAM

Roland Mathew Jennings eggenoot van Anna “Ann” Jennings

848

vrou) se susterskind, Marisa Venter, is verlede jaar getroud met Gawie de Beer. In Desember kry hulle die berig dat Gawie se ouma Francis Schmidt oorlede is en hulle gaan woon die begrafnis by in Kroonstad waar sy in haar en haar man se dubbelgraf begrawe is. Daar kom hulle agter dat dié ouma ‘n nooi Steynberg was - wat Gawie self nie eens geweet het nie. Watter kind weet ooit wat sy of haar ouma se nooiensvan was? Sy ouma het die laaste jare in Welkom by haar oudste seun Michael en sy vrou Rina gewoon. Sy is egter in Kroonstad oorlede terwyl sy by haar jongste seun Piet gekuier het. Anton Wouter Steynberg van Jansenville (b11.c1.d1.e6.f6.g4.h1.) gebore 6 Februarie 1953, is op 18 Mei 2007 na ‘n kort siekbed oorlede. Anton was vir meer as 26 jaar betrokke by die sybokhaarbedryf en het ‘n paar winkels besit wat bokhaarprodukte verkoop, bv. kouse, komberse, serpe, breigare, en nog meer. Sy vrou Christa is ‘n tuisteskepper en hulle seun Morné gee onderwys in Port Elizabeth. Willem Landman, tweede oudste seun van wyle Anna Margaretha Landman (geb. Steynberg - b11.c7.d2.e4.f1.) en wyle F J (Frik) Landman van Carolina is na ‘n hartaanval oorlede op Saterdag 1 Maart 2008 te Ermelo waar hy baie jare gewoon het. Hy en Ron was klasmaats in Matriek aan die Hoërskool Carolina in 1954. Willem was in sy jong dae ‘n kranige losskakel en ook ‘n gevreesde bokser. Izak Jacobus Steynberg (b7.c6.d7.e5.f9.g4.), jongste seun van Rita Steynberg van Graaff Reinet, het op 19 September 2007 sy lewe verloor

(Geb. Steynberg - b11.c1. d4.e11.f8.), is op 5 Maart 2008

oorlede. Hy sou in Junie 85 geword het en hulle sou op 29 Julie 58 jaar getroud gewees het.

Sy mis hom vreeslik. Phillippus Albertus Steynberg (b11.c11.d13.e1.f4. - gebore 18 November 1920) is op 30 Desember 2007 in Witbank oorlede. Phillippus is op Buffelsdoorn gebore, was 21 jaar op die goudmyne, het later in Wes-Transvaal geboer, was ‘n aantal jare in die boubedryf en het daarna tot sy aftrede by Highveld Staal gewerk. Sy eggenote Neelie het hom met groot liefde en deernis tydens sy siekte tot sy afsterwe versorg. Hy is uit die AGS Gemeente van Witbank ter ruste gelê. Stephanus Johannes Hendrik “Fanie” Steynberg (b11.c1.d4. e9.f2.g3.) is op 29 Februarie op Hermanus oorlede. Fanie was onderwyser op Pinelands en het op Hermanus afgetree. Hy het geen kinders gehad nie. Hy was een van drie kinders. Sy broer Lodewikus Johannes (Vicus - g1.) is ongeveer 17 jaar gelede oorlede, en hy laat sy suster, Petro Vorster (g2.), agter. Francis Margaret Schmidt (geb. Steynberg op 25 Junie 1925 - b7.c5.d9.e5.f3.) is op 8 Desember 2007 oorlede. Issie Steynberg (Ron se

Page 3: Die Doringtak 43

849

in ‘n motorongeluk naby Pretoria waar hy die afgelope 4 jaar gewoon en gewerk het. Izak was 37 jaar oud en ongetroud. Blyde Maria Steinberg (geb. Van der Schyff - getroud met Willem Frederik Steinberg : b11.c7.d2.e4.f2.g1.) voormalige stadstesourier van Springs, tans van Brits, is op 21 November 2007 oorlede na ‘n beroerte die vorige dag. Hoewel sy vir baie jare aan ‘n vorm van sklerose gely wat haar selde sonder pyn gelaat het, was sy ‘n rustig blymoedige persoon wat beïndruk het met haar mens-liewendheid en veral haar toewyding aan haar gesin. Sy laat haar man, Willem, drie kinders en agt kleinkinders agter. Rudolf Steinberg (born 07.02.1924 in Hanover, Germany) was on Sunday 16th March unexpectedly called to be with the Lord. The funeral took place on Saturday 22nd March at the Bethel Chapel in Garstfontein, Pretoria. He leaves behind his beloved wife Inge, and their children, children-in-law and ten grandchildren: Carola and Garth, Bastin and Margret with Tim Ole, Liska and Viola, Amrei and Olaf with Julia and Bianca, Hannes and Ute with Miriam and Naomi, Edith and Simon with Sven, Saskia and Björn. Rudolf and Inge enjoyed Saturday 15th March 2008 at the golden wedding celebration of friends from Maldon Manor. Upon returning home they had another look at the DVD of their own golden wedding and enjoyed the memories. At 06h30 on 16th March Inge found Rudolf “kneeling” in front of a chair in their lounge. Presumably a massive stroke or cardiac insult precipitated the terminal event. See article on page 858.

____________________________

As a well spent day brings

happy sleep, so life well used brings happy death. - Leonardo da Vinci -

__________________________________

HARDE LEWE

Ds Nico Steenberg (b11.c5.d6.e1. f1.g2) se oupa, Nicolaas Jacobus Steenberg (b11.c5.d6. e1.) het op die plaas Welgelegen, Jansenville, gewoon. Hy en sy drie ander broers het elkeen ‘n kwart van die oorspronklike plaas “geërf”. Hulle pa het eenvoudig die plaas in kwarte gedeel en vir elke seun gesê: Daar’s jou deel - boer hom! Hierdie reëling is egter nooit op skrif gestel nie en hulle

het nie kaart en transport gekry nie. Na sy oupa se ma se dood is sy pa weer getroud en nie lank daarna nie, is hy self in

1904 oorlede en op Welgelegen begrawe. Die boedel het ‘n groot skok opgelewer, want die vier seuns het letterlik alles verloor en moes die plaas verlaat en elders ‘n heenkome vind. Die tweede vrou en haar kinders het die plaas behou. (Les vir almal, sê Nico, laat lees jou kop voor jy ‘n

tweede keer trou!) Nico se oupa het ‘n draadspan-onderneming begin om plase in die Karoo te

omhein. Later het jakkalssif op die mark gekom en sy onderneming was in groot aanvraag vir omheining en kampe.

850

plankvloer. Die voetstappe kom tot by hulle bed, stop ‘n wyle en toe sê die spook “Ffmm!” deur sy neus en stap verder ... dwarsdeur die muur! Die volgende oggend het hulle die muur ondersoek en gevind dat daar duidelik vroeër ‘n deur gewees het wat later toegebou is. Watter hedendaagse seun van sestien sal selfs vir twee weke volhou met so ‘n lewe? Nico se pa het dit vir sewe jaar gedoen, maar het besef daar is nie ‘n toekoms vir ‘n jongman daarin nie. Hy het toe by die polisie aangesluit en na sy basiese opleiding is hy na Kei-brug

polisiestasie gestuur waar ‘n nuwe hoofstuk begin het. Nico besit vandag nog ‘n draadspanner wat sy oupa uit stukke yster gemaak het waarmee jy ‘n draadheining soos ‘n kitaarsnaar kan span.

________________________

☺ Om idees van een persoon te steel is plagiaat, om van baie te steel is navorsing.

__________________________________

HELEEN’S PROGRESS

Three months have passed since Antony and Heleen left for Austral-ia. (See DD42, Page 832) They are living in the same house at Claros on the bank of the Hunter river and have been very well re-ceived and welcomed back. Heleen is being wonderfully enter-tained and supported by good friends since their return. This means a lot to Antony who walked

Nadat Nico se vader, Johannes Lodewicus, (b11.c5.d6.e1.f1.), standerd ses geslaag het aan die Meerlust South skool, is hy uit die

skool gehaal om sy pa met die

omheining te help - en so begin ‘n harde lewe ... Stel jou voor: ‘n seun van sestien jaar oud werk elke dag in die Karooveld, dikwels ‘n week of twee weg van die huis af, sonder beskutting in die bloedige warm son, of in die ysige winterwind; grawe gate, plant pale, span drade. Behalwe sy pa is daar geen ander geselskap nie. Wat eet jý vandag? Bad jý vanaand? Waar slaap jý? Van ligdag tot donker, elke dag dieselfde. Sy suster het vertel dat van die baie knielwerk op die barre Karoo-aarde waar gate gegrawe is, hy “duwwele” knieë gekry het. Hy het self vertel dat hy op ‘n dag so sat was van gate grawe dat hy ‘n ysterpaal se onderpunt met ‘n koubeitel korter gekap het - ‘n paal hoef mos nou nie so diep in ‘n klipbank ingeplant word nie - tot groot skok van Nico se oupa wat erg op sy werk gesteld was. Latertyd het sy oupa die “wysheid” daarvan ingesien en self gesê: “Bring die koubeitel!” Terwyl die twee eenmaal op ‘n plaas draadgespan het, het hulle in ‘n verlate huis geslaap waar dit blykbaar gespook het! Die eerste aand van hulle verblyf het die spook hulle besoek. Die kers was al doodgeblaas (geen lugreëling of TV nie, dit was 1920) toe hoor hulle voetstappe op die

Page 4: Die Doringtak 43

851

into a hectic schedule at work, but can get on with it since he has con-fidence that Heleen is in good hands. She has made great pro-gress and functions well. She manages the house, washes and cooks. Antony or a friend goes shop-ping with her but she organiz-es everything herself, just needs transport. She is not driving yet. Antony still takes her to an open spot without obstructions where she can practise. They both have to write formal exams to get Aus-sie driver’s licenses. Heleens’ English is improving slowly. She goes to a speech session once a week. An Afrikaans friend takes her which helps with the understanding. She also spends time with Heleen reading and working out words. It is going to be a gradual process. Antony has also started to speak only English at home to give Heleen more practise. Her arm and leg have improved. She attends a rehab gym and visits a heat-ed pool for hydro sessions. They have also started to train more at home to improve her strength. She still walks with a limp but is much more stable and she has been off all medication for more than 5 weeks. The astounding thing is that she has

retained her sunny person-ality in spite of everything. She visits a craneosacral therapist once a week, who has improved her very much, includ-ing stress re-

lief and allowing her to stop ALL her medication. They will be staying in that house until the end of May and by that time their

furniture should have ar-rived from SA and then they’ll move to another house. Next week it

will be just a year since their ill-fated return to SA.

________________________

☺ Die probleem met die gene-poel is dat daar

geen lewensredder is nie.

__________________________________

BRIEWE

Tannie Fienie Meiring (neé Steynberg—b11.c10.d5.e6.) skryf in haar kenmerkende netjiese en sterk handskrif en wys op enkele foute wat in Een Familie Geslagsregister ingesluip het. Haar broertjie Gerhardus is nie - soos op bladsy 57 vermeld - in ‘n hooimied verbrand nie. Hy is na ‘n blindederm-operasie oorlede.

Moontlik is hierdie brokkie inligting verwar met die ongeval waar klein Jacoba Susanna Steynberg (e9.) in ‘n ongelukkige voorval doodgebrand het.

Tannie Fienie sê dit sal wonderlik wees om weer ‘n Steynberg saamtrek te hê. Sy is totaal uit voeling met haar neefs en niggies. Miskien is daar nog

852

het hy in die Transvaal ‘n beesplaas naby Cullinan gekoop. Dit was Sybrandskraal, waar my oupa, Willem Frederik Steynberg, gebore en getroud is en geboer het en waar my Pa, ook Hendrik Coenraad (die oudste seun het altyd sy oupa se naam gekry), grootgeword het.

Gedurende die Anglo-Boereoorlog het die Britte in 1900 laer opgeslaan op Sybrandskraal. Oupa-grootjie Hendrik , toe 65 jaar oud, is gevang as verdagte spioen. Ouma-grootjie en haar kinders (ook my oupa Willem Frederik) is op ‘n kooltrok konsentrasiekamp toe gestuur in Pretoria. Die meubels is verbrand, hoenders en beeste geslag en die sluise oopgegooi sodat die lemoenboord oorstroom het. Na die oorlog was die opstal se mure gedeeltelik ingetuimel en moes oupa-grootjie van voor af alles opbou.

Oupa Willem Frederik Steynberg was op Kommando, het aan die geveg by Ladysmith deelgeneem, het in September 1900 by Modderspruit oorgegee, en was 7 maande in die krygsgevangenekamp in Groenpunt, Kaapstad.

My pa, Hendrik Coenraad, is in 1906 gebore. Hy was in Bronkhorstspruit in die Hoërskool Erasmus, waar hy my ma, Josepha Elma Doris Short, ontmoet het. (Jou ma is na haar vernoem.) Hulle is in 1933 getroud. Albei was sportief – Elma het korfbal gespeel en

van hulle wat lewe, en ook hulle kinders.

Ons stamvader Jost

Steinberg se eerste

twee huweliksmaats

hinder haar. Ons kan net sê is dat ons ons nie in sy posisie kan plaas nie. Hier beland hy derduisende myle van sy geboorteland in ‘n woeste land waar die getalle Europese mans die vrouens in 1749, ‘n jaar na sy aankoms, oortref met 337 teen 100. Feitlik dieselfde verhouding het bestaan vir feitlik enige jaar in die 18de eeu. Talle van hierdie vroue was van Bataafse en dergelike oorsprong, relatief ontwikkeld en beskaafd.

BRIEF AAN 'n KLEINKIND

Prof. Leonie Viljoen (neé Steynberg - b7.c6.d.e6.f1.g2) se kleinseun Francesco het ‘n opdrag gekry om ‘n skooltaak te maak oor sy familie. Omdat hy min weet oor sy moeder se

genealogie, het hy vir sy ouma geskryf vir ‘n bietjie

inligting. Hier volg haar brief aan hom.

Hallo Chico

I’m glad to have the opportunity to tell you something of my family, even though you probably don’t need so much information. It makes interesting reading! There is a brief family tree in the attachment which you can copy! I’ve saved it in rich text format as well as in MS Word.

My oupagrootjie, Hendrik Coenraad Steynberg, het op die plaas Witgatboom in die Camdeboo distrik naby Graaff-Reinet geboer. In 1874

Page 5: Die Doringtak 43

853

Hendrik het uitgeblink in rugby. In die personeelkamer van Erasmus Hoërskool hang vandag nog ‘n foto van hom as afrigter èn kaptein van die eerste rugbyspan in 1927!

Hendrik en Elma het eers in Pietermaritzburg gewoon. Alles was Engels, en hulle Engelse bure het gepraat van ‘Henry’ as ‘such a nice man, even though he is a dirty dutchman’! Later het hulle Pretoria toe verhuis, waar ek in 1942 gebore is. Toe ek 9 was, neem ek en jou oupa, Dawid Jacobus Frederik Viljoen, saam deel aan ‘n skoolkonsert by die Laerskool Nieu-Muckleneuk in Pretoria, ‘and the rest is history…’, soos hulle sê.

Elma was Engels en het in Johannesburg grootgeword. Haar stamvader William Frederick Short het in 1820 saam met die Britse Setlaars Oos-Kaap toe gekom. Hulle was ‘n hele paar broers. Almal was ambagsmanne – hoefsmede, grofsmede, ploeg-makers. William was altyd vooraan op kommando en was bekend vir sy waagmoed. Sy bynaam was ‘Intrepid Fred Short’! Elma se pa, my oupa Lambert Theodore Berry Short, was ‘n amalgameerder op die goudmyne in Johannesburg. Elma het vertel hoe hulle in Saratogalaan (Hillbrow) ‘n groot huis gehad het met perdestalle en ook ‘pointers en setters’ (jaghonde) geteel het. Sondag-aande het hulle musiek-soirées gehou en Elma en haar sussies en broer kon by die deur sit en luister. My ouma, Lavinia Maud (neé Scrooby), is vroeg dood en Elma is grootgemaak deur haar ouma Anne.

In 1952 is ons Ermelo toe, waar Hendrik stadsklerk geword het. Hy is in 1958 oorlede toe ek in Standerd 8 (graad 10) was. Ek het aan die Ermelose Hoërskool gematrikuleer, op Pretoria-universiteit studeer en ons is in 1965 getroud. Jou oupa Dawid het aan die Afrikaanse Hoër Seunsskool gematrikuleer en bedryfs-ingenieurswese studeer. Ek het later

verder studeer aan Unisa en die Universiteit van Kaapstad.

En die storie van ons vier dogters en ses kleinkinders

ken jy !

Love

Ouma

ROELOF JOOSTE STEYNBERG X 4ROELOF JOOSTE STEYNBERG X 4ROELOF JOOSTE STEYNBERG X 4ROELOF JOOSTE STEYNBERG X 4

Roelof Jooste (Mac) Steynberg (b7.c9.d6.e3.f2.g2.) skryf dat hy ‘n siviele ingenieur is en in Parkhurst woon. Uit sy huwelik met Jeanne Elize Poulton is twee seuns gebore:

1. Roelof Jooste Steynberg (die derde! - h1.) gebore 14 November 1975. Hy is getroud met Nicolene Beyers. Hy is besig met sy aktuariële studies en werk as ‘n finansiële analis by Momentum. Hulle het twee kinders, naamlik: (i) Anri, gebore 7 Augustus 2006; en (ii) Jooste (die vierde Jooste!) gebore op 16 Desember 2007.

2. Jan Ulrich Steynberg (h2.) is gebore op 17 Januarie 1977 en nog ongetroud. Hy het regte gestudeer en is geregistreer as ‘n prokureur, maar het besluit dis nie die beroep vir hom nie en het dadelik by die Reserwebank aangesluit. Daarna is hy na Standard Bank. Hy het deurentyd gespesia-liseer in eksotiese finansiële

854

twee kleingoed haar ingewag. Die oudste enetjie, Megan, nou al in Graad 1, het vir haar oumagrootjie verduidelik dat kleinsus Haley net eenvoudig vir haar mòét luister want sy is ouer as Haley en sy is al in die GROOT skool. Elsie se broer Barend Christoffel “Ben” Steenberg (g5.) en Elize is nou terug na ‘n aantal jare in Korea en hulle woon ook nou in die Montana Aftreeoord in Pretoria. Hulle het wyle Ds. Hendrik (g2.) se weduwee Mavis, wat ook daar woon, saamgeneem vir ‘n heerlike kuier by haar broer Johannes Joost en sy vrou Lena in Stilfontein. Met die terugkom besluit Mavis dat Elsie eenvoudig ook een van daardie kieries moes hê wat vir al die familie uitgedeel was tydens die des-tydse familiefees te Hennopsrivier. Nogal ‘n pro-bleem om in ‘n vliegtuig te vervoer - te lank vir haar tas of handbagasie. Al raad is toe om oop en bloot daarmee te loop, nogal so ‘n bietjie mank vir groter geloofwaardigheid. Dit was maar ver van die motor af. Broer Ben stoot haar bagasie op ‘n trollie en sy moet per kierie byhou. Gou besef

Ben dat suster Elsie (11 jaar ouer as hy) nie die pas kan volhou nie en hy gee die trollie oor aan Elize en hy verdwyn, net om oomblikke later met nog ‘n trollie te verskyn. Toe moes Elsie teen wil en dank opklim en Ben stoot haar verder! Sy moes net klou en terselfdertyd seker maak dat haar voete nie afgly tussen die trollie se openinge nie. So

vorder hulle toe tot waar hulle ‘n sitplek kon kry. Weer verdwyn Ben en kom oomblikke later terug met ‘n rolstoel en ‘n Zoeloe “taxidrywer” en so vorder sy toe heel gemaklik verder tot by die inweeg-area. Elsie glo toe dat haar handbagasie die gewigsgrens

instrumente soos sekuritisering en arbitrage (wat dit ookal vir ‘n gewone mens mag beteken.) Hy het besluit om te emigreer vir die gewone redes en woon tans in Dublin waar hy verbonde is aan ‘n regsfirma wat internasionale finansiële dienste aanbied. Hy is baie gelukkig daar en beveel sterk aan dat ander sy voorbeeld volg.

Arnolda van Zyl (neé Steynberg - kleindogter van Oupa Dirk Steynberg - b7.c6.d3.e6.) van Centurion skryf dat dit met haar en Chris nog goed gaan. Sy geniet Die Doringtak en waardeer die moeite wat ingesit word om dit, teen lae koste, voor te berei en versprei. Haar man het verlede jaar ‘n tweede knievervanging gehad. Na drie weke in die hospitaal het hy las van ‘n trombose gehad maar hy is nou weer so goed as nuut. Sy self het onlangs ‘n rug-operasie gehad waarna sy eintlik uitgesien het in die verwagting dat dit ‘n einde sou maak aan die konstante pyn wat sy verduur.

Agterkleinkinders, ‘n kierie en ‘n skêr

Elsie Ferreira (neé Steenberg - b11.c1.d5.e5.f3.g3) skryf sy is weer geseën met twee nuwe agter-kleinkinders. Haar kleindogter Adél en Quinton Ferguson van Midrand se seuntjie Alex is op 7 Januarie 2008 gebore. Haar ander kleindogter Karla en Chris van Niekerk van Durban se seuntjie Josh is op 6 Februarie gebore. Oumagrootjie Elsie het vir die ontmoeting Durban toe gevlieg en toe ook sommer vir Ria (Karla se ma) in Richardsbaai gaan kuier. Daar het Ria se seun Riaan se

Page 6: Die Doringtak 43

855

oorskry. Sy praat aanhoudend Zoeloe met al wat amptenaar is en so kom sy deur sonder dat haar handbagasie geweeg word. Toe word sy gestoot na waar die “gestremdes” moet wag, elkeen met sy eie oppasser, tot hulle verder na die vliegtuig vervoer sal word. Elize sê sy gaan water soek en kom terug met ‘n drasak vol koeldranke. Elke oppasser kry ‘n Coke en die ander wagtendes elkeen ‘n vrugtesap. Ben vra intussen of Elsie nie skerpgoed in haar handbagasie het nie. ‘n Vinnige soek in haar handsak lewer niks op nie. Toe moes hulle groet en Elsie se taxidrywer neem haar verder na die X-straal tonnel toe. Die toestel protesteer oor iets in Elsie se vanity case. Toe moes sy uitpak en onthou sy daar is ‘n klein naelskêrtjie in die vanity case se buitesak, netjies toegedraai in ‘n groot mans-sakdoek om te keer dat dit nie ‘n gat in die tassie steek nie. Sy praat nog steeds Zoeloe asof sy betaal word. Sy sê: “Haai nee, julle kan nie die skêrtjie vat nie! My man het hom vir my gegee. Hy is al baie lankal dood en net waar ek gaan, moet dit met my saam gaan.” “Nee,” sê die segsman, “reëls is reëls. Jy sal dié dingetjie moet inhandig.” Op haar vraag of sy dit dan weer later sal terugkry, antwoord hy beslis en ferm “Nee.” “Nou wie gaan dan met my saamgaan wanneer ek van die huis af moet weggaan?” vra sy. Die omstanders hou haar dop terwyl sy met die man in ‘n stortvloed van Zoeloe redekawel. Sy merk dat hy en sy kollegas begin kriewelrig raak. Sy

hou haar nog steeds hartseer, maar hy sê, “Gogo, jy sal dit maar moet ingee. Dit kan nie anders nie.” Daarop praat sy met die skêrtjie wat nog steeds op die wit sakdoek in haar handpalm lê: “Nouja Pa, dit kan nou nie anders nie. Ek moet jou nou afstaan en ek sal nou vorentoe maar alleen moet reis waar ek ookal gaan.” Die man se oë rek en hy word asvaal. Sy voor-vadergeeste kommu-nikeer duidelik met hierdie witvrou se oorle’ man en as die geeste praat mag hy nie die vrou se goed vat nie. Baie gespanne sê hy (die spelling mag ‘n bietjie onseker wees, Elsie se Zoeloe is spreektaal, nie skryftaal nie!): “Gogo, tata mpahla wako, hamba naye, hamba gahle!” (Ouma, vat jou dingetjie en gaan maar. Mooi loop!) Tuis vind sy uit dat daar nog drie ander skerp goed in die tassie was - ‘n groter skêrtjie, ‘n naelvyltjie en ‘n plukkertjie. So kom ‘n mens deur as jy met bygelowiges te doen het. Sy sê haar vlot Zoeloe het haar al verskeie male uit penaries gehelp. David (Dave) Johannes Steynberg (b11.c1.d1.e14.f5.g2.) van Witbank skryf oudergewoonte ‘n lekker geselsbrief. Hy betuig waardering vir Die Doringtak wat hy altyd interessant vind. Met kenmerkende Steynberg beslistheid verklaar hy dat SUSAN Perold (geb. Steynberg—b7.c6.d3.e9.f2.g2) en haar man Herman (sien DD42, bl. 825) die regte ding gedoen het om appelkose op hulle perseel met wingerdstokke te vervang. Hy onthou hoe hy as vakleerling vir vyf jaar elke dag toebroodjies besmeer met appel-kooskonfyt gekry het om by die werk

856

10 voet verder links bepaal jy punt C en slaan daar ook ‘n pen in. Vanaf punt C trek jy nou ‘n langerige lyn loodreg weg van die rivier se duskantste wal af. Dan stap jy ‘n ent links van die hierdie lyn af weg van die

rivier af, terwyl jy pen B en jou baken X in die oog hou. Beweeg stadig totdat punte X en B presies in lyn is en merk dan die punt waar die verlenging van lyn XB jou lyn weg van die rivier af sou kruis as punt D. Driehoeke ABX en BDC wat so gevorm

word, is dan kongruente driehoeke waarvan die ooreenstemmende sye dieselfde lengte sal wees. Nou kan jy veilig en droogvoets afstand CD afmeet. Dit is presies dieselfde as die lengte van lyn XA. Klip X Rivier C B A D XA = CD Loop net ‘n bietjie katvoet wanneer jy die penne daar by punte A, B en C gaan inslaan. ‘n Krokodil het ‘n manier om jou uit die vlak water te beloer en onverwags met sy stert in die water in te klap en dan is die speelveld nie meer gelyk nie en dan word die brug dalk nooit gebou nie.

VERHUISING

Elriza Pienaar skryf dat haar dogter,

te eet. Sindsdien wil hy niks van ‘n appelkoos weet nie. Daarenteen is ‘n laatmiddagwyntjie op sy voorstoep terwyl strome werkers huiswaarts keer en hy nie in die verkeer hoef te sukkel nie, vir hom baie spesiaal. Hy was as jong seun baie lief vir Wiskunde. Hy onthou met smaak ‘n wiskunde probleem waarmee ‘n onderwyser hulle gekonfronteer het. ‘n Boer wou ‘n brug oor ‘n rivier op sy plaas laat bou. Hy kry toe ‘n konstruksiemaatskappy om die werk te doen. Hy waarsku die bestuurder dat die rivier breed en vol krokodille is en dat die breedte op geen wyse met ‘n maatband bepaal kon word nie. Die leerlinge moes toe hulle lyf ingenieur hou en die rivierbreedte bepaal sonder om die krokodille te trotseer. Dave onthou nog met groot bevrediging hoe hy die probleem opgelos het op ‘n wyse wat jou in geen gevaar van krokodille of waagstukke op ‘n bootjie sou bring nie. Hy reken hy het net ‘n 4lb hamer, 4 staal penne en ‘n 20 voet maatband nodig om die rivier se breedte te bepaal. Die onderwyser het gesê die rivier is baie breër as 20 voet en die maatband sal ver te kort wees. Dave besef daar is seker meer gesofistikeerde metodes vandag, maar dit was lekker om destyds die enigste ou in die klas te wees wat ‘n werkbare oplossing kon gee. Sy oplossing was om te begin deur ‘n baken - ‘n klip, boomwortel of struik - op die oorkantse wal te identifiseer. Noem dit punt X. Dan merk jy ‘n punt A loodreg teenoor X op die duskantste wal en slaan daar ‘n pen in. Nou bepaal jy per maandband 10 voet links van punt A ‘n ander punt wat jy B noem en slaan daar ook ‘n pen in. Nog

Page 7: Die Doringtak 43

857

Sarien Gerritje Hibbert (geb. Steyn-berg - b11.c5.d1.e7.f1.g4.h1) en Dennis van Walvisbaai, Namibië, verhuis het na Windhoek. Aangesien Sarien nog aan die aansterk was na verskeie operasies, het Elriza en manlief Willie die gesin gaan help verhuis. Die dag voor die trek gelaai is, het Elriza en Willie ‘n gaping gesien en ‘n bietjie gaan kajak ry op die strandmeer in Walvisbaai. Sy is dankbaar dat Sarien nou mooi aangesterk het en weer begin skoolhou het. Sy is by die Delta skool in Windhoek en gee Engels terwyl Dennis Engels en Rekenaarstudie gee by St Paul privaatskool. Hulle huis in Walvisbaai is nog nie verkoop nie, maar hulle het darem nou huurders daarin. Na die verhuising, het Elriza haar man Willie geneem op ‘n toertjie na die Noorde van Namibië om vir hom te gaan wys waar sy grootgeword het sodat hy kan verstaan waarom sy soos ‘n verpiepte hoender sit as dit koud word. Hulle het die Vingerklip en die Brandberg in die Namib besoek waar die temperatuur gehuiwer het tussen 38,5º en 39,5º Celsius. Haar seun, Wilhelm, wat by ‘n gemeente in Amsterdam, Mpumalanga, betrokke was, het nou ‘n pos aanvaar by die Eden-gemeente in Bronkhorstspruit waar hy ook voortgaan met sy teologiese studies. Die huis op Amsterdam moet nou òf verkoop òf verhuur word. Wilhelm en sy vroutjie verwag hulle vierde kindjie in Junie wat hopelik die eerste seuntjie sal wees. Elriza en Willie het reeds vliegkaartjies gekoop om in Julie vir Willie se seun in Brittanje te gaan kuier. Sy sê sy bly net somme maak en planne verstel soos die Rand bly verswak - sy trek nou al amper by ryloop en ‘n tent!

Grada Coetzee is ‘n dogter van Petro Grada Vorster (geb. Steynberg - (b11.c1.d4.e9.f2.g2.), suster van Stephanus Johannes Hendrik (Fanie) Steynberg oor wie se afsterwe elders hierin berig word.

Grada vertel dat dit goed gaan met haar moeder wat al baie jare op Cradock woon. Petro is gebore op Graaff Reinet en was 13 toe haar ouers na Cradock verhuis het.

Wyle Fanie was haar jongste broer en was nog baie klein toe hulle Cradock toe getrek het. Grada se pa leef nog, maar haar ouers ouers is al baie jare terug geskei. Hy woon ook op Cradock waar hy gebore is en grootgeword het.

Grada het net ‘n broer wat ook van kindsbeen af op Cradock woon. Hy het twee seuns: Schalk Willem Vorster (18) wat die famieliename van die Vorster gesin dra, waarvan hy seker nou al die vyfde geslag is en nog 'n seun, Stefan wat nou 13 is.

Grada self het ook in Cradock gematrikuleer, toe aan die P.E. Technikon gaan studeer waar sy 21 jaar gelede by Sanlam begin werk het tot vandag toe. Sy het ‘n dogter, Janel (14) en ‘n seun genaamd Tiaan (9).

Haar moeder se ouer broer, Johannes Lodewikus Steynberg (g1.) wat in Pretoria gewoon het, is reeds + 1990 oorlede.

858

Sunday 16th March 2008 - see death notice on page ???). At a banquet for the South African Institute of Electrical Engineers in 1984 Rudolf introduced himself to someone as “Steinberg. Misunderstanding, this person then said, “It’s not me. It’s that chap over there.” “That chap” then proved to be one Ulrich Steinberg and they began chatting about their similar surnames and in the course of their conversation Rudolf heard of the book “Een Familie” and was instantly interested. They exchanged addresses and when shortly afterwards Rudolf was in Cape Town for business, he looked up Lieselore Steynberg, the author of the book. There he decided to become a member of the Bond which he remained for the rest of his life. Rudolf had a brother-in-law who researched the history of his Steinberg ancestry in Germany as far back as Johann vom Steinberg, born in 1644 near Hueckeswagen, Germany. Their efforts to find a link between his ancestors and those of Johan Jost Steinberg, our ancestor who came from nearby Niederaula were, however, fruitless. Rudolf was born on 7 February 1924 in Hanover, Germany. He obtained the academic qualification Abitur in 1942 in Germany. Abitur (from Latin abire = go away, go off) is a designation used in Germany, Fin-land and Poland for final exams that young adults (aged 18, 19 or 20) take at the end of their secondary educa-tion, usually after 12 or 13 years of schooling. In 1950 he acquired the Dipl. Ing. at the Technical University of Hanover. From 1942 to 1945 he was Lieutenant Engineer in the German Navy.

Haar Oom Fanie was vir hulle as kinders baie spesiaal. Omdat hy nie self kinders gehad het nie, was sy en haar broer maar eintlik sy kinders ook en hulle kinders sy kleinkinders. Hulle het ten minste een maal 'n week met hom geskakel, al was dit nou net om rugby te gesels - hy was 'n groot WP ondersteuner en sy 'n Blou Bul. Sodra die eindfluitjie geblaas het, het die selfoon begin lui!

Haar dogter, Janel, was vir hom baie spesiaal - seker omdat sy die enigste dogter was. Hulle het gereeld vir mekaar briewe geskryf en hy het dikwels sy posisie as onderwyser gebruik om seker te maak sy is 'n goeie leerder! Hy was 'n gebore onderwyser en het alles vir jou tweemaal gesê om doodseker te maak jy verstaan.

________________________

☺ As jy aanvanklik nie slaag nie, vernietig alle bewyse dat jy probeer

het. _________________________________

“Foreign” Steinberg

In DD40 of November 2006 we reported that there were only a handful of bearers of our surname that we were aware of who arrived in South Africa in other ways than through direct descendancy from Johan Jost. One of these became a member of the Familie-Bond. As he did not descend from Johan Jost, our common ancestor, he did not have a familiy register reference. He was Rudolf Steinberg of Garstfontein (who passed away on

Page 8: Die Doringtak 43

859

Rudolf was a “warrior” on many fronts. In Engineering he held the following positions: 1953 - 1958 : Project– and Senior Project Engineer, Siemens Schuckert Werke A. G., Bielefeld und Braunschweig. 1958 - 1964: Senior Project Engineer, Siemens (Pty) Ltd., Johannesburg, S. A. 1964—1967: Senior Engineer. 1969: Appointed as “Oberingenieur der Siemens AG”. 1967– 1979: Technical Manager 1979– 1988: Senior Technical Manager, Siemens Ltd, Johannesburg, South Africa Positions held in General: 1963: Founder member of

“ T h e B i b l e Band” (B.B.)

1964 - 1992 Chairman of the Board of B.B. 1964 Founder Member of

“ E v a n g e l i s c h e

Stadtmission Johannesburg”. 1965 1966 - 1997 Chairman of the Board

o f E v a n g e l i s c h e Stadtmission, Jhb. (intermittent.)

1979 Founder Member of “Evangeliums Rundfunk SA” (ERF-SA)

1974– Board (Council) Member of SIM SA 1988 - 1989 Chairman of the Board of SIM SA 1989-1998 Chairman of the Board of ERF-SA 1993 Founder Member of “Transworld Radio SA” (TWR-SA)

1993-1995 Chairman of the Board of TWR-SA 1993-1998 Board Member of TWR-Suid-Afrika. Rudolf was a member of the Waterkloof. Gideons camp. His son Johannes is a member of the Kruin Gideon camp in Bloemfontein and, strangely, he and your editor, Ron, both attended the last Gideons Presidents’ meeting in Bloemfontein without being aware of one another. Although he regularly read Die Doringtak and was much interested in the doings and goings of the family, Rudolf never sent any news about his own family because he felt that he wasn’t a descendant of our common South African

ancestor. Yet he said that out of the Doringtak contents he did discern certain characteristics which commonly occurred among his family members.

________________________

☺ 'n Skoon gewete is dikwels ‘n teken van ‘n

swak geheue. _________________________________

HET JY GEWEET?

860

hulle wedstryde.

• Die hoogste gehalte sybokhaar in die wêreld word geproduseer in die Kaapse Sybokhaarstreek.

• 90% van die sybokhaar wat wêreldwyd verkoop word is Kaapse Sybokhaar.

• Die plaaslike mark vir sybok-haarkomberse en kledingstukke het fenominaal gegroei in die laaste 5 jaar en het Johannes-burg die sybokhaarhoofstad van die wêreld gemaak.

_________________________

☺ Hoe gouer jy met jou werk agter raak, hoe meer tyd sal jy

hê om weer in te haal. _________________________________

ANTON STEYNBERG :

A TRIBUTE

By BLAKE HOBSON

The mohair community was shocked and saddened by the death of one of its stalwart officials. At the age of fifty-four, two weeks after being diagnosed with multiple cancer, Anton Wouter

In 1837 het ‘n Suid-Afrikaanse afvaardiging die Turkse owerhede oorreed om twee Angora ramme en ‘n ooi in te voer om ‘n sybokhaarbedryf hier te vestig. Toe die bokke arriveer is ontdek dat die ramme gekastreer was om die ontwikkeling van ‘n opposisie mark te probeer verhoed - maar gelukkig was die ooi dragtig met ‘n ramlammetjie, ‘n wankelmoedige begin vir die bedryf in Suid-Afrika. Oor ‘n lang periode is nog Angorabokke ingevoer. Hierdie bokke het gefloreer in die Karoo en teen 1900 was sybokhaarproduksie drie maal die huidige. Wêreldwye aanvraag vir hierdie vesel het uit die staanspoor afgehang van die modes van die tyd. Wisselende vraag en aanbod het groot prysskommelings meegebring wat produsente ernstig geraak het. 'n Hele aantal Steynbergs is betrokke by sybokhaarproduksie in Suid-Afrika. Uiters streng gehaltebeheer, hoë produksiestandaarde in die prosesserings– en vervaardigings-sfere, kreatiewe bemarkingstrategieë en ‘n swaai ten gunste van natuurlike vesels het Kaapse Sybokhaar hervestig in ‘n prominente plek in die wêreldmarkte. Vandag is Suid-Afrika die enigste betroubare produsent van gehalte sybokhaar en is verantwoordelik vir 60% van die wêreld se totale produksie. Die sneluitbreidende sybokhaar-industrie verskaf baie plaaslike werksgeleenthede en skeerders en klassers is gesogte werkers regdeur die Karoo. Plaaslike Angora-boere onthaal bokboere van regoor die wêreld en is betrokke by ontwikkeling en opleiding en bied skeerklasse aan belanghebbers van oral.

• Die Suid-Afrika krieketspan dra vir die laaste 6 jaar net sybokhaarsokkies tydens al

Page 9: Die Doringtak 43

861

Steynberg of Jansenville (b11.c1. d1.e6.f6.g4.h1.) lost his struggle with the disease on 18 May 2007.

Anton dedicated twenty-seven years of his life to the industry and left his mark in no uncertain terms.

In 1981, after serving as magistrate for a short period and then working for Vleissentraal, Anton was appointed as secretary of SAMGA and the Angora Ram Breeders Society, a post which was later upgraded to that of general manager.

In the case of the Stud Breeders’ So-ciety, the post involves the responsibil-ity of promoting and improving the breed. In terms of the Growers Associ-ation, the post demanded the general promotion, welfare and co-operation with branches as well as the planning of the Annual Congress and the imple-mentation of congress resolutions.

Over a period of twenty–six years, An-ton performed his duties with great ability and integrity. While doing the ewe and ram inspections he travelled widely and became a respected and loved member of the mohair communi-ty. With his strong but warm personali-ty, he formed many strong and lasting friendships

He spent his childhood years on Bar-oe, a farm in the Steytlerville district, and his natural affinity for animals ena-bled him to acquire the necessary skills and qualifications to become a breed inspector. It enabled him to pre-sent training classes to the students at Grootfontein Agricultural College. Over the years, he also played a role with the training and encouragement of emerging mohair farmers. Anton had a natural and easy affinity with people and he was very popular. He was a natural shot and gained provincial col-ours for clay pigeon shooting and some of his happiest hours were spent

in the veldt where he spent many hours in quiet contemplation with na-ture.

Friends and family will remember An-ton for his loving nature. Who will ever forget the picture of Anton, accompa-nied by his two tail-wagging Alsatians on the back of his Isuzu truck, on the way to his ageing mom to perform yet another deed of love or kindness? Of his proudest possessions were his

wife Christa, and his only son, Morné and his wife Vanessa.

At home, Anton and Christa were the perfect hosts. There was always enough time for a chat, a drink or two or a meal. In the kitchen. Anton was a master chef and enjoyed culinary crea-tivity .Those of us who had occasion to visit the office in Jansenville were often on the receiving side of his particular hospita-ble generosity. He took care of all our needs and delighted in doing so.

His untimely and sudden death left us speechless. The mohair industry has not only lost a competent official, but mourns the death of a true son and friend.

862

‘n Stuk of vier jaar later skryf Tannie Fienie Meiring weer ‘n slag vir Die Doringtak en ‘n foongesprek met Ron volg. Tannie Fienie - dis nou die tannie met die mooi handskrif (sien bl. ???) - vertel dat sy so ‘n interessante Steenberg raakgeloop het. Hierdie merkwaardige tannie (geb. Steynberg op 25 Junie 1925) neem self al etlike male deel aan die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans se jaarlikse poësie-kompetisie. Daar loop sy toe ‘n wenner in verskeie kategorieë en die algehele wenner van die 2006 en 2007 kompetisies raak - ‘n sekere Mnr Frik Steenberg ... van Naboomspruit nogal.

Soos dit ‘n waardige familiebondlid betaam, begin sy dadelik met hom oor familiesake gesels en stel tot haar verbasing vas dat hy nie van die Bond bewus is nie en nog nooit van die Geslagsregister of Die Doringtak gehoor het nie. Sy verneem ook dat, afgesien van sy tallose gedigte, hy ook die skrywer van twee boeke is.

Dadelik bel sy my om te sorg dat Frik ‘n eksem-plaar van die boek EEN FAMILIE kry. Ek pos dieselfde dag nog vir hom ‘n boek en ook die jongste Doringtak. ‘n Dag of wat later bel hierdie Frik my, opgewonde oor die boek Een Familie, en so besield oor die familie dat hy ‘n pen gegryp het en binne sowat 15 minute ‘n treffende gedig - Manne met Murg - geskryf het wat hy toe sommer in sy forse stem vir my oor die foon voorlees. (Sien elders in hierdie nuusbrief.)

‘n Naweek of wat later gaan besoek ek en Issie hom en sy vrou Ester daar op sy gedeelte van die plaas Grootvallei , wat hy noem Noggekans. Daar het hierdie veelsydige man, Frederik Johannes Steenberg (b11.c11. d13.e1.f1.g2) bewys het dat hy waarlik van elke kans gebruik maak. Ester is ‘n stil diep mens wat as skeikundige

The mohair family extends our most sin-cere condolences and prays for God’s comfort in the days ahead.

_________________________

☺ Leen altyd geld by ‘n pessimis - hy verwag dit nie

terug nie. _________________________________

MAN VAN KONTRASTE

‘n Stuk of vier jaar gelede lees ons iewers op die internet ‘n skrams verwysing na ‘n sekere Frik Steenberg wat ‘n treffende boek, Sandkorrels uit die Kalahari, geskryf het.

Soos dit ‘n soutwaardige nuusbriefredakteur betaam, spits ek wat Ron is my ore en begin ‘n soektog na die boek en sy hopelik verwante Steenberg-skrywer. Na verskeie koue spore doodgeloop het, tel ek weer ‘n vars spoor op en kry ‘n foonnommer in Naboomspruit se omgewing. ‘n Stem oor die foon bevestig dat dit skynbaar die regte Steenberg se huis is, maar hy is nie tuis nie.

Ek beduie dat ek graag met dié man wil gesels en ook graag ‘n kopie van die boek wil hê. Wat kos dit en is daar

nog beskikbaar? Sal vir Frik vra om my te bel.

Ek smaak die smaak van ‘n deurbraak en wag voorts op Frik se oproep - wat nie kom nie.

En toe, soos dit ‘n soutwaardige nuusbriefredakteur nie betaam nie, laat ek die spoor weer koud word en volg dit nie verder op nie.

Page 10: Die Doringtak 43

863

werk by ‘n laboratorium van Bayer Agrichem.

Waar om te begin gesels oor hierdie man met sy kleurryke agtergrond, is ‘n vraag. Daar is soveel fasette aan Frik Steenberg - net onder 6’3” in sy sokkies, bruingebrand met sy bos grys hare en priemende groen oë. Rustig en beskeie antwoord hy my vrae oor die G A Watermeyer– en Dirk Opperman-pryse vir poësie wat hy oor die afgelope twee jaar losgeslaan het. In al ses afdelings waarin hy meegeding het, het hy onder die eerste vier geëindig en met die hoogste gemiddeld is hy twee opeenvolgende jare by glans-geleenhede as algehele wenner aangewys.

Merkwaardig is dat Frik geen akademiese kwalifikasies het nie. Sy vrou Ester het aanvanklik sonder sy medewete ‘n klompie van sy gedigte ingeskryf en hy was baie verbaas toe hy later uitgenooi word na ‘n prysuitdeling, heel onbewus van wat aangaan.

Die GHA beplan ‘n bloemlesing, Stemme uit die Suiderland, waarin sestien van Frik se gedigte vervat word.

Hy het begin skryf nadat sy eerste vrou en drie kinders kort na mekaar in twee verskillende ongelukke oorlede is. Hy sê dit is vir hom ‘n inspirasie en

hy voel hy skryf die dood uit hom uit. Op 49-jarige ouderdom verloor hy op omstrede wyse alles wat hy besit en verval in algehele moedeloosheid. Vir 13 dae sluit hy hom in ‘n kamer toe en pleit by sy Skepper ‘n besitting af wat mense nie weer by hom kan wegsteel nie. 'n Week later vloei die eerste woorde uit sy pen ...

Hy is ‘n natuurlike woord-ontginner. Woorde kom vir hom gemaklik en rol uit hom uit om woord-juwele te skep.

Frik ervaar sy lewe as ‘n avontuur. Jare lank was hy onder meer boer, vee-spekulant en jagtogleier. Hy het plaaslike en oorsese jagters gelei na ver plekke in Suid-Afrika, Namibië, Angola, Botswana en Zimbabwe. Hy het die harde wêreld van die Noord-Kaap en die Kalahari en sy mense goed leer ken. So kon hy begin skryf.

Sy eerste boek was ‘n lekker

lewendige aksieverhaal, Jagkonsessie in Oos-Afrika. Hiervan het hy vandag nog net een eksemplaar oor, wat ek die voorreg gehad het om te lees. Dis ‘n boeiende verhaal oor beroepsjag-safari’s, avontuur, humor, aksie en romanse in Afrika met sy ryke dierelewe.

Frik is goed bekend met die moderne gejaagde lewe met tyd vir niks en die drang om alles gister reeds af-gehandel te wil hê. So het hy bly notas

864

pas die G A Watermeyer- en Dirk Opperman-pryse vir poësie gewen

het, ook sy eie biodiesel van hoendervet sou maak?

Hy koop die afval by ‘n nabygeleë hoenderplaas, maak dit gaar en werk dit in by sy varke se voedingsprogram. Toe hy merk hoeveel vet uit die binnegoed van hoenders kom, het hy begin dink en planne beraam om daardie vet positief te gebruik.

Met die hulp en raad van die gegradueerde Ester met haar

Skeikunde-kennis, het hy ‘n katalisator gebou waarin hy die vet wat uit die hoender-afval gekook word, omskep

in bio-diesel. Sy voertuie loop al jare op sy eie dieselbrandstof teen minder as ‘n derde van wat diesel tans by die pompe kos. Wanneer hy sy Ford bakkie aan die loop sit, herinner die uitlaatgasse se reuk jou beslis aan die kolonel se hoender!

‘n Mens wonder onwillekeurig met watter verrassing hierdie veelsydige man volgende vorendag sal kom.

_________________________

☺ Om in die politiek suksesvol te wees, is dit

dikwels nodig om bokant jou beginsels uit te styg.

_________________________________

MANNE MET MURG (‘n Geslagsregister)

Manne nimmer

met môre gekwel— Hulle kleding uit óer was van ysbeervel

Húlle het staal uit klip getem— Smeders van

maak wat uiteindelik in ‘n bundel van 40 verhale die lig gesien het met die titel Sandkorrels uit die Kalahari. Hierdie verhale is losweg gebaseer op ervaringe wat Frik oor ‘n tydperk van 40 jaar in daardie wêrelddeel beleef het. Frik se omswerwinge het hom langs talle kameelhout-kampvure na ‘n magdom van vertellings laat luister terwyl hy ook ‘n rykdom van insidente self ervaar het. Wat veral opval is Frik se ekonomiese en raak verhaaltrant waarin hy ‘n verskeidenheid van stof hanteer wat wissel vanaf humor in die aangesig van die dood tot hartseer soos in Die dood van ‘n Vriend. Van die verhale is meesterlik ‘n bietjie aangedik om die komiese meer treffend uit te beeld.

Frik het ‘n klompie eksemplare vir my gegee wat familielede en ander belangstellendes kan bekom teen R100 plus R30 posgeld. Hierdie 40 kort periodes van ligte leesgenot behoort ‘n plek te vind op elke versamelaar (en familielid) se boekrak.

Frik is ‘n vindingryke familielid. Toe die finansies in die beginjare op Naboomspruit maar geknyp het en die weer nie goed saamgespeel het nie, het hy ‘n bemarkings-offensief geloods in samewerking met ‘n stuk of vyftien swart donkiekar-eienaars wat om ‘n deel die groente gaan smous het wat Frik by die omliggende boere opgekoop het. Dit het hom en Ester help oorleef en binne ‘n ongelooflike kort tydjie het hy ‘n voertuig wat hy moes aankoop, se geld terug verdien.

Wie sou kon dink dat ‘n man wat met varke boer, boeke geskryf het en so

Page 11: Die Doringtak 43

865

die éérste lem

Hulle weë die was rigtingvas Deur sterrestand oor see en land

Vóórste vaarders

van sewe oseane Met skepe wat lyk

soos groteske swane

Éérste ontdekkers van vreemde lande—

Húlle met spaanbreek sterke hande

Hulle links en

regs was éweneens

goed— Diép geyk

in hand en bloed

Manne wat kon swéét

én van krygkuns weet

Wat ‘n boog kon span—

met ‘n swaard kon steek

Húlle was die manne uit oud-sherdag

Vreesloos van binne met stil-

sterk krag

Hulle klipaltare en rotspilare

Bewýs hulle swerftes uit die ééue se jare

� �

Manne met spanne

wat kettings laat knars Manne wat sélf ook

kan vat met ‘n bárs

Dis hulle wat bladvas met ‘n jaggeweer ‘n Leeu se aanloop

kan besweer

Manne wat voetvas oor hul braakland

loop Maar manne wat wéét

by wié is hul hoop…

Manne van yster wat stánd kan staan Húlle wat ‘n lied

uit die aambeeld slaan Manne wat vuisvas ‘n troffel kan hou

Manne wat ‘n muur kan rótsvas bou

Manne van kuns

én van rotshou faam Manne wat ‘n beeld uit ‘n rots kan slaan

Manne met kop vir besigheid

Manne wat verág lamlendigheid

Húlle wat stééds nog sorg

vir hulle eie mense Al strek dit ook

oor vréémde grense

866

wyle oom Piet Steinberg van Mooiplaas naby Hendrina se vier seuns, Willem (b11.c7.d2.e4.f6.g1 - boer naby Carolina), Jan (b11.c7.d2. e4.f6.g2 - geneesheer op Lydenburg), “Peet” Petrus Willem Steinberg (b11.c7.d2.e4.f6.g3 – wat sy vader opgevolg het en boer op Mooiplaas naby Hendrina) en Nico (b11.c7.d2.e4. f6.g4 - boer by Chrissiesmeer). Dit was hulle vier en hulle raakvat eggenotes se beurt om gashere te speel op hierdie erfplaas in samewerking met hulle neef Bok Steinberg van Levubu. (Lees berig in DD36 van Julie 2004, bls. 599 e.v.) Peet het in Die Doringtak No 8, Sept. ‘87, 'n oproep gedoen op sy neefs, niggies en ander verwante om hom te kontak met die oog op verstewiging van familie-bande. Hy was ook die heel eerste familielid wat vir Lieselore Steynberg geskakel het nadat ‘n uitsending deur Fanus Rautenbach gedoen is oor die stamboom wat in 1982 verskyn het. Hierdie groep is manne en vroue wat diep spore in hierdie familie se tradisies getrap het. Wat was my vreugde groot toe ek onlangs ‘n omskrywe van Bok Steinberg ontvang waarin hy begin met onderhandeling en reëlings vir ‘n kuier van dieselfde aard. Die voorlopige datum is Saterdag 13 September 2008. Daar word nog gewik en geweeg oor waar dit gehou gaan word, maar daardie groep kan daarop reken dat ek daar sal wees as niks ernstigs voorval nie. Julle sal D.V. nog weer hiervan lees. Eintlik wens ek meer vertakkinge van die familie wil soortgelyke byeen-komste reël, en my natuurlik nooi om dit by te woon. Ek is nou soos die hoenderhaan wat een van sy henne roep en vir haar ‘n volstruiseier wys, net sodat sy kan sien wat gedoen kan word!

Hulle is nét soos die Fenikslegende

Wat kragomgord om hulle lende—

Telkens wéér

uit die as herrys Om só hulle erfdwang

te bewys

� �

Húlle was mý sate

uit vergange se dag Hulle die wíl

van hul éie krag

Dit is húlle wat noú géén standbeeld verg Want húlle is gehou uit ‘n klipsteenberg…

© Frik Steenberg

________________________

☺ Ondervinding is iets wat jy bekom nadat jy dit nodig gekry

het. _________________________________

OM NA UIT TE SIEN

Soms beleef jy ‘n ervaring wat so spesiaal is dat dit jou met ‘n rusteloosheid agterlaat; dat jy hunkerend uitsien na ‘n herhaling daarvan.

Een so ‘n ervaring was die kuier saam met die Steinbergs, Landmans en Bredenkamps oor die Paasnaweek van 2004 daar op Bloubank naby Hoedspruit, die plaas wat die gesamentlike eiendom geword het van

Page 12: Die Doringtak 43

867

____________________

________________________

☺ I just got lost in thought. It was unfamiliar territory.

_________________________________

ERROL en EMMA STEENBERG

Emma Steenberg (geb. Hartzenberg), en getroud met Errol Steenberg (b11.c11.d4.e3.f.6.g1.) van George doen toe onlangs wat meer familielede gerus kan doen.

Sy blaai deur ‘n klompie ou Doringtakke om te sien hoekom hulle so sorgvuldig gebêre word en daar en dan besluit sy om met die res van ons ‘n klompie inligting te deel wat sy en Errol al so lank lus het om te doen en sy vul vir ons ‘n paar leemtes in ons geslagsregister.

Errol’s grandfather, Johnnes Jurie “Joe” Steenberg (f6. - born 28 April 1915) was married on 21st September 1941 to Ruby Madge Elizabeth Campbell (not “Capbell” as erroneously shown on p. 200 and in the names index p. 235 of EEN FAMILIE) who was born on 18 April 1915 in Cape Town.

From this marriage were born three sons: Errol (g1.), David (g2.) and Kenneth (g3.).

Errol’s father Joe passed away in 1993, followed by Errol’s youngest brother Kenneth in 1998. Joe and Ruby predominantly lived and raised their sons in the Johannesburg area. After the death of Ruby’s father at the age of 74 in 1958, Joe and Ruby with their three boys moved to Cape Town.

Errol, the eldest, (then 16 years old) recalls very vividly how they boarded a train at Johannesburg station at 22h00

on Saturday night the 16th December 1958. After travelling for two nights and a day, they arrived in Cape Town at 7h00 Monday morning.

Joe joined the family there later.

Joe earned a living as a painting contractor, but in Cape Town things were tough. So after five years they returned to the Transvaal and settled in Vanderbijlpark where Joe spent his last working years with ISCOR.

At the age of 78 Joe passed away on 10th April 1993. Ruby lived a healthy happy and contented life at the Pioneer House until her death on Friday 16th May 2007 at the age of 92.

Granny Ruby was popular with all who knew her. She lived for her children, grandchildren and her church until her death. She was deeply mourned by all her family and friends and will always be fondly remembered for the wonderfully happy person she was.

Their youngest brother Kenneth died at the young age of 48 on the 23rd July 1998. He was born on 19th July 1950 in Maitland, Cape Town. He married Bessie Rossouw on 31st March 1972. Out of this marriage were born two sons, Kevin (4th October 1972) and Trevor (7th July 1975), and a daughter Ilze (24th July 1979).

David was born in Durban on 4th February 1944. David married Heather Daniels on 27th March 1971 but unfortunately they were divorced. They have two daughters, Cindy (born 8th February 1973) and Tracey (born 18th April 1975).

David was remarried to Carole Wepener in 1980. Carole has two children of her own - a son Etienne and a daughter, Ruve. David and Carol also moved to George in 1995 and settled in Outeniqua Strand.

868

Lauro gewen. Pas nadat hulle vanaf Durban in Kaapstad aangekom het op die tweede dag van hulle vaart, word aangekondig dat alle passasiers op die dek moes gaan staan want ‘n boot was gestuur om klompie lede van ‘n ander groep aan boord (sy meen hulle was van Sanlam) te kom haal om die begrafnis van een van hulle maatskappy se direkteure by te woon. Dit was ‘n interessante belewenis want ‘n groot net is gespan vanaf die groot Achille Lauro na die kleiner boot en die persone het toe met die net langs oorgeklim na die kleiner boot.

Toe hulle in Kaapstad aankom, het hulle in die koerant gelees dat die oorledene wyle Ulrich Steynberg was. (Lieselore se man).

In daardie dae het sy en Errol nog nie selfone en e-posse gehad nie.

Die Achille Lauro was die luukse Italiaanse toer-skip wat bekendheid verwerf het toe dit met 400 passasiers en bemanningslede op 7 Oktober 1985 naby die Egiptiese kus deur vier terroriste van die Palestynse Bevrydingsfront (PLF) onder leiding van die kapings-meesterbrein, Mohammed Abbas, gekaap is. Hulle eis toe vrylating van 50 Palestynse gevangenes wat in Israel aangehou is. Na twee dae van drama - waartydens hulle ‘n gestremde Amerikaanse toeris, 69-jarige Leon Klinghoffer, doodgeskiet het en met rolstoel en al oorboord gegooi het, het Egiptiese President Hosni Mubarak die terroriste oorreed om oor te gee in ruil vir ‘n belofte van veilige vlug terug na hulle basis in Tunisië. ‘n Egiptiese straler met die vier terroriste aan boord, is egter in opdrag van President Ronald Reagan onderskep en gedwing om op ‘n Amerikaanse lugmagbasis in Sicilië te land. Die VSA en Italië het toe ‘n lang stryd oor jurisdiksie gevoer, maar

Errol was born in Randfontein but his birth certificate was issued in Krugersdorp on 4th September 1942.

Errol en Emma is getroud op 24 April 1971 in Sasolburg en het drie dogters; wat vir hulle groot plesier verskaf. Toe Errol en Emma in Oktober 1993 vanaf Vanderbijlpark verhuis het en hulle in George, Outeniquastrand gevestig het,

het hulle drie dogters hulle gaandeweg gevolg en vandag woon hulle almal in dieselfde dorp.

Hulle oudste dogter, Estelle (h1.) is met Carl Stammer

getroud en hulle het twee seuns, Raynard (geb. 20.01.2000, soos berig op bladsy 260 in Die Doringtak 30, die 50 bladsye dik Millennium-uitgawe), en Zander (geb. 01.08.2003).

Hul tweede dogter, Debbie, is op 18.09.2004 getroud met Michael Blank en het ‘n dogtertjie Emma wat gebore is op 27.11.2006.

Ma Emma was natuurlik verheug om ‘n naamgenoot te kry en ook verras om te hoor dat skoonseun Michael se ouers Ingo en Gesa se ouma’s aan albei kante ook Emma’s was.

Hulle jongste dogter, Beatrix, is op 21 April 2007 in die groot wit kerk in Courtneystraat, George, getroud met Durand de Waal. Beatrix is vandag saam met pa Errol betrokke in Errol Steenberg Estates in Grootbrakrivier.

Emma vertel sy en Errol was betrokke by ‘n Engen vulstasie in Vereeniging en in Desember 1993 het hulle as een van die top 20 handelaars in die land ‘n heerlike bootvaart op die Achille

Page 13: Die Doringtak 43

869

die duim en een vinger van sy linkerhand.

Sy verhaal van terugslae, moed en volharding, herinner my toe aan die ervarings van Heleen Steynberg wat haar

vader en twee kindertjies in ‘n motorbotsing verloor het, ook in die omgewing van Secunda, terwyl sy self baie ernstig beseer is. Ek praat toe daarvan en vra of hulle die dokter ken wat Heleen se toestand daar gestabiliseer het voordat sy na ‘n Randse hospitaal gestuur is.

Daar hoor ons ’n ander kant van hierdie hartseer verhaal.

Die dokter is Neels du Preez, ‘n kollega van Neville op Secunda. Neels is ‘n uiters toegewyde

ortopeed van ongeveer 60, en sy vrou Elmarie, ongeveer drie jaar jonger, was ‘n vrolike vriendelike

en baie kunstige persoon - Neels het haar sy gypsy genoem. Neels teel pragtige perde op sy

plaas tussen Secunda en Bethal.

Een oggend in September ‘07 het Neels van Elmarie afskeid geneem toe sy vertrek om vriende op ‘n naburige dorp te besoek

Dieselfde oggend na Heleen se ernstige ongeluk was Neels op hande om haar toestand te stabiliseer en te reël dat sy na ‘n beter toegeruste hospitaal op die Rand vervoer word.

Daarna het hy met sy dagtaak voortgegaan en eers heelwat later toe Elmarie diè middag onverklaarbaar nie terugkeer huis toe nie, begin navraag doen. By die vriende het sy toe nooit opgedaag nie en toe begin die soektog in alle erns.

Hy vind haar eindelik in die lykhuis en daar verneem hy dat sy die bestuurder was van die Golf wat met sulke noodlottige gevolge met Heleen se

Italië het geweier om die terroriste uit te lewer.

Abbas is onverklaarbaar vrygelaat en toegelaat om na Joegoslawië te gaan. Hy is later in absentia verhoor en tot 5 keer lewenslange gevangeskap gevonnis, wat hy egter nooit uitgedien het nie.

________________________

☺ You have the right to remain silent. Anything you say will be misquoted, then

used against you. _________________________________

_________________________

☺ A conclusion is the place where you got tired of thinking. _________________________________

DIE ANDER KANT In Die Doringtak 42 het ons die verhaal van Antony en Heleen se terugslae vertel. ‘n Paar dae gelede kom ek en Issie in Pretoria saam met ‘n klompie ou vriende byeen.

In die geselskap is Neville Mills, ‘n mediese dokter van Secunda, sy vrou Ria en hulle seun, Cival. Cival, self ‘n jong mediese dokter, is 8 jaar gelede in ‘n motorongeluk beseer en is vandag in ‘n rolstoel. Sy verhaal van ongelooflike vrees, frustrasie en moed, het hy opgeteken in ‘n boek This too will pass. Hierdie boek het hy geskryf, plat op sy rug, met ‘n spesiale tikmasjien met die gebruik van slegs

870

Vandag meen talle skynbaar dat die invlegting van Engels in hulle gesprekke en onderhoude, die indruk sal skep van belesenheid, beresen-heid of intellektualiteit of dalk byderwetsheid, salig onbewus daarvan dat dit eintlik ‘n vorm van kulturele en taalvaardigheidsbankrotskap verraai.

Ons uit die jaar her hoor onthuts hoe woorde soos challenging, awesome, accountable, jittery, scary, worry,

unlucky, whatever, (of nog erger: wat-ewwer - in Afrikaans uitgespreek!) wemel in ons spreektaal.

Dan kom sulke halfgebakte taal-mengsels soos “cut my heeltemal uit”, “op daai stage”,

“opsmash”, “'n cock-en-bull-storie” “’n geweldige experience”, ‘n fiksheids freak” en talle ander algemeen voor.

Groot sondebokke is veral Afrikaanse radio en televisiepersoonlikhede, sangers en komediante. Hierdie mense besef skynbaar nie watter geweldige invloed hulle op die mensdom het nie; ‘n invloed wat òf positief òf negatief kan inwerk, en hulle gee skynbaar nie om om verderflik in te werk nie.

Of dalk weet hulle dit juis en voel hulle goed oor die bly-wende invloed wat hulle op ons taal het!

Ek onthou hoe Wyle Tolla van der Merwe se “try weer” in sy bekende tandarts-storie ‘n nuwe “taal-vryheid” ingelui het waar Engelse woorde en uitdrukkings eers redelik beperk begin gebruik word het vir komiese effek, totdat ons Boere-skuldgevoel hieroor

vader se voertuig gebots het.

Neels is werklik half verlore sonder haar. Hulle het 2 volwasse seuns - een was in Engeland ten tye van die ongeluk.

________________________

☺ Always be modest and be proud of it!

_________________________________

WAT PRAAT JY? IS JY BANKROT?

Victor Emanuel “Vic” Steenberg (b11.c6.d1.e2.f1.g3) betreur die hedendaagse neiging - veral onder die jonger geslag - om hulle gesprekke te deurspek met Engelse woorde soos beautiful, nice, fab of fabulous, fantastic, song, show, entertainment, world-class, heavy, nice, amazing, funky, exposure - en ‘n duisend ander. Ek wat Ron is, deel hierdie sentiment heelhartig.

Jare gelede was dit gebruik onder sprekers wat hulle geleerd of gekultiveerd wou voordoen, om Franse of Latyn-se uitdrukkings in te gooi vir effek.

Page 14: Die Doringtak 43

871

stunning Afrikaanse omgangstaal van ons en hulle herkoms. Die herkoms van ‘n paar honderd interessante sleng-uitdrukkings is opgeneem sodat dit nie net as naslaanwerk gebruik kan word nie, maar ook ‘n aweregse soort leesgenot verskaf.

Hy raak ook aan sogenaamde uitspraak-sleng, iets wat my grensloos irriteer maar wat duidelik ook gekom het om te bly. Daar gaan nie ‘n dag verby nie of jy hoor oor die radio en TV sulke moeilik slukbare gebruike soos: “párlement”, “kòntaminasie”, “spèsifiseer” en “lègendaries”.

Ons moet besef dat Dr Prinsloo nie hierdie woorde en uitdrukkings geskep

het nie - hy boekstaaf net dit wat werklik op die taal-akker groei.

En nou, terwyl ek jou aandag het, hoe geniet jy die uitspraak van plekname - veral die nuweres? Mens wonder of die sprekers op ‘n ander planeet grootgeword het. Etienne Ludik van Radio RSG kwalifiseer

waarskynlik vir die Guinness Boek van Rekords vir die aantal verskillende sinnelose maniere waarop hy al Mokopane se naam uitgespreek het: Mòkopanie, Mòkopanê, Mokopânie, Mokopânê, Mòèkoepanie, Moekoepânie, Mòkopanie, en nog ‘n aantal meer wat net nou te veel moeite is om te reproduseer. En dan kom Marietta Kruger en plaas die seël daarop met Mokopaan! Kan een van hulle nie maar net eendag vir ‘n inwoner van dié pragtige bosveld-dorp vra hoe hulle dit eintlik uitspreek nie?

Dit lyk my ons ouens wat nog die taal suiwer en korrek probeer gebruik, sal maar moet aanvaar ons is “a dying breed”.

dermate verdoof is dat ons omgangstaal vryelik Engelse uitdrukkings begin insluit het. Naas Botha op TV het ook sy beskeie kant gebring om ou gerespekteerde Afrikaanse uitdrukkings - amper so erg soos Oubaas van Sewende Laan - op te koffie en aanvaarbaar te maak.

Ons moderne Afrikaanse sangers het vrede - “Sy dra te veel eye-shadow” en dergelike taal-armoedige liedjies - ekskuus: “songs” - weerklink in jou harspan soos ‘n eggo totdat vandag se kinders en jongmense aanvaar dis nou Afrikaans.

Ons meer behoudendes beleef waarskynlik dieselfde soort onrus wat die Nederlanders aan die Kaap ervaar het toe hulle merk dat die sprekers van hulle taal begin hand-uitruk en onbeheersd woorde uit Frans, Duits, Engels en verskillende inheemse tale in hulle omgangstaal begin opneem het totdat ‘n minderwaardige gebruiks-taal ontwikkel het - daardie taal wat ons eindelik trots ons huidige moedertaal gemaak het.

Vic, jy en ons ander ontsteldes moet egter maar vrede maak met hierdie wending. Jy kan netsowel die Vaalrivier met ‘n spitgraaf probeer opdam. Keer sal ons dit nie keer nie.

Laat ons eerder dankbaar wees dat ons taal gedy en nie uitsterf nie.

Daar het glad in 2006 ‘n boek genaamd “Sleng” (deur Dr Anton Prinsloo, ‘n voormalige voorsitter van die Taalkommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, die Komitee vir Taaladvies van die SAUK en die Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans) verskyn oor die woorde en uit-drukkings in hierdie

872

hier soveel e-posse op my gewag dat ek om een of ander onverskoonbare rede nie aan joune aandag gegee het nie. Vergewe my asseblief.

My naam is Willem Ronald (Ron) Steynberg. Ek is die sekretaris van die Steinberg/Steenberg/Steynberg Familiebond. Ek weet nie hoeveel jy van die familie weet nie. Ook nie of jy eers bewus is van die bestaan van die Familiebond en ons nuusbrief “Die Doringtak” wat so ongeveer drie keer per jaar verskyn met nuus oor die

familie nie. Ons het nog 'n klompie eksemplare van ons pragtige geslagregister-boek getiteld EEN FAMILIE. As jy meer daaroor wil weet, laat my asse-blief weet.

In ieder geval, op albei jou

vrae is die antwoord ja.

Alle Steynbergs, Steinbergs en Steenbergs in Suid-Afrika - op enkele uitsonderings na - is afstammelinge van Johan Jost Steinberg wat in 1748 uit die dorpie Niederaula in die provinsie Hesse in Duitsland in die Kaap aangekom het.

Johan Jost het 11 kinders gehad waarvan net drie seuns was.

In ons geslagsregister is Johan Jost dan a, sy kinders is b, hulle kinders is c, hulle s'n weer d, en so aan.

Johan Jost het sy 11 kinders gehad by vier opeenvolgende vrouens, wat een na die ander oorlede is. Die 11 kinders verskyn dan in die register as b1., b2., b3., en so aan tot by b11.

________________________

________________________

☺ Success always occurs in private and failure in full view. _________________________________

RIAAN WIL WEET Dit gebeur seker in ander families ook dat jy gevra word of jy “familie” is van een of ander prominente lid van die familie. In ons familie word jy dikwels gevra of jy familie is van die beeldhouer, Coert Steynberg. Die meeste van ons weet net so vaagweg dat ons wel verlangs familie is van hierdie of daardie persoon.

So kry my seun Coert, ‘n skilder, onlangs op die webblad waarop van sy werk bekend-gestel word ‘n navraag van Riaan Steynberg:

“Hi Coert, hoop jy kan my help. Is jy familie van oorlede Coert Steynberg, die beeldhouer? En is jy familie van Elsabe Steenberg, die skryfster? Ek wil net meer uitvind oor my familie-stamboom.” Ek skryf toe aan Riaan:

Hi Riaan

Jy sal verbaas wees om van my te hoor. My seun Coert, die skilder, maak van my e-pos adres gebruik. Jou e-pos het ingekom terwyl ek met vakansie was en by my terugkeer het

Page 15: Die Doringtak 43

873

Die skryfster Elsabe Steenberg was 'n nooi Brink wat getrou het met David Herculaas (Dawie) Steenberg (b11.c11.d5. e6.f10), wat later Professor in Afrikaans/Nederlands aan die Universiteit van Potchefstroom geword het.

Elsabe was dus aangetroude familie van my en Coert (en jou) en haar man Prof Dawie is ook van die nageslag van Jost se 11de kind, Willem Frederik. Elsabe het later baie siek geword en is 'n klompie jare terug oorlede. Prof Dawie het reeds afgetree en hy woon nou iewers langs die see in die Kaap.

Ek hoop hierdie inligting is vir jou interessant en dit sou gaaf wees as jy sou besluit om by die Bond aan te sluit. Die ledegeld is R20 per jaar. As jy dit doen, sal jy geregtig wees om 'n mooi volkleur A4 grootte Oorkonde teen R25 by my te kry. Dit is iets wat jy kan raam en met trots iewers in jou huis of kantoor kan hang.

As jy vir my jou pa se volle name laat kry en

jou moeder se nooiensvan, sal ek vir jou jou geslagregisterverwysing laat kry.

Ek sal graag meer oor jou wil weet, soos: waar woon jy, wat is jou beroep, belangstellings, ens.? Het jy broers en susters? Vertel 'n bietjie meer oor hulle.

As jy vir my jou posadres laat kry, stuur ek sommer so vir die interessantheid vir jou 'n kopie van Die Doringtak No. 42 wat in Januarie verskyn het. Ek hoop om binnekort No. 43 te voltooi en uit te stuur aan ons lede.

Dit was lekker om 'n bietjie met jou te gesels.

Die drie seuns was Frederik Johannes (b3.), Petrus (b7.), en Willem Frederik (b11) en gevolglik kon net hulle nageslag die familienaam voortdra. Die dogters se vanne het mos verander wanneer hulle trou en hulle kinders het dan ander vanne gehad.

Johannes (b3.)het net dogters gehad en hulle kon dus nie die familienaam voortsit nie.

Dit was dus net Petrus (b7.), en Willem Frederik (b11.) wat seuns gehad en almal van ons wat hierdie van dra - hoe ookal vandag gespel - stam af van die een of die ander een van hierdie twee manne. Die skryfwyse van die vanne het om verskillende redes oor die jare verskille begin vertoon, soos Steinberg, Steenberg en Steynberg, (met hier en daar ‘n Steynbergh en ‘n Steijnberg) maar ons is almal afstammelinge van Johan Jost.

My eie geslagregisterverwysing is b7.c6.d6.e6.f1.g1. Ek stam dus af van Jost se sewende kind. My seun Coert se verwysing is gevolglik presies dieselfde, met 'n h1. aan die einde. As hy sou kinders hê, sal hulle i1., i2., ens. wees.

Coert Lourens Steynberg, die beeldhouer, se verwysing is b11.c1.d2.e2.f1.g2. en hy was dus van die sesde geslag wat afstam van Jost se 11de kind, Willem Frederik. So, my seun Coert is dus wel familie van die beeldhouer, maar taamlik ver verwyderd.

874

Stuur asseblief direk - en so vinnig moontlik - vir my, Ron, julle voorstelle en versoeke, sodat die bestuur dit kan oorweeg en sover moontlik kan maak soos die familie graag wil hê.

Julle insette sal vir ons baie beteken.

______________________

NoujaNoujaNoujaNouja,

AAAApppprrrriiiillll hhhheeeetttt aaaallllwwwweeeeeeeerrrr ggggeeeekkkkoooommmm eeeennnn ggggeeeeggggaaaaaaaannnn.... DDDDiiiieeee ttttyyyydddd bbbbeeeewwwweeeeeeeegggg oooonnnnvvvveeeerrrrsssstttteeeeuuuurrrrbbbbaaaaaaaarrrr aaaaaaaannnn.... OOOOnnnnssss eeeennnn dddd iiii eeee nnnn aaaa tttt uuuu uuuu rrrr bbbb eeee gggg iiii nnnn gereedmaak vir die winter.gereedmaak vir die winter.gereedmaak vir die winter.gereedmaak vir die winter.

DDDDiiiieeee WWWWoooooooorrrrdddd rrrrooooeeeepppp eeeellllkkkkeeeeeeeennnn vvvvaaaannnn oooonnnnssss oooopppp oooommmm lllliiiigggg eeeennnn ssssoooouuuutttt tttteeee wwwweeeeeeeessss.... KKKK oooo rrrr tttt wwww eeee gggg bbbbeeeetttteeeekkkkeeeennnn ddddiiiitttt ddddaaaatttt oooo nnnn ssss ddddooooeeee llll tttt rrrr eeee ffff ffff eeeennnndddd mmmmooooeeeetttt wwwweeeeeeeessss eeeennnn ‘‘‘‘nnnn vvvveeeerrrrsssskkkkiiiillll mmmmaaaaaaaakkkk iiii nnnn oooo nnnn ssss oooommmmggggeeeewwwwiiiinnnngggg.... EEEEkkkk

vvvveeeerrrrttttrrrroooouuuu ddddaaaatttt eeeellllkkkkeeee ffffaaaammmmiiiilllliiiieeeelllliiiidddd ssssaaaallll vvvvoooooooorrrrttttggggaaaaaaaannnn oooommmm ‘‘‘‘nnnn vvvveeeerrrrsssskkkkiiiillll tttteeee mmmmaaaaaaaakkkk eeeennnn ‘‘‘‘nnnn aaaaaaaannnnggggeeeennnnaaaammmmeeee geur te versprei binne sy/geur te versprei binne sy/geur te versprei binne sy/geur te versprei binne sy/h a a r i n v l o e d s f e e r .h a a r i n v l o e d s f e e r .h a a r i n v l o e d s f e e r .h a a r i n v l o e d s f e e r . OOOOnnnnssss vvvveeeerrrrttttrrrroooouuuu ddddaaaatttt ddddiiiieeee sssseeeeiiiissssooooeeeennnn wwwwaaaatttt vvvvoooooooorrrrllllêêêê vvvviiiirrrr eeeellllkkkkeeeeeeeennnn ggggeeeesssseeeeëëëënnnndddd eeeennnn vvvvoooooooorrrrssssppppooooeeeeddddiiiigggg ssssaaaallll wees.wees.wees.wees.

SSSSoooo ggggrrrrooooeeeetttt eeeekkkk ddddaaaannnn mmmmeeeetttt ddddiiiieeee bbbbeeeeddddeeee

Hartlike familiegroete uit Polokwane (Pietersburg)

R S

________________________

☺ Tact is the art of making a point without making an

enemy. _________________________________

___________________________

☺ If you don’t believe in something, you’ll fall for

anything. _________________________________

BOND NOU 'n

KWARTEEU OUD

“Tydens die familiefees gehou op Graaff Reinet, 30 September tot 2 Oktober 1983, is die Johan Jost Steinberg familiebond gestig.”

So is in Die Doringtak No 42 berig.

Die laaste groot familiebyeenkoms is gehou in Graaff Reinet in April 2003. Sedertdien is daar enkele kleiner byeenkomste gehou van familiegroepe op verskillende plekke.

Dit is sekerlik gepas dat ons 25-jarige bestaan gevier moet word.

Die Bond se bestuur sal eersdaags vergader om hieraan aandag te gee.

Dit sal vir ons help as daar van die familielede self ‘n paar voorstelle kan kom t.o.v. ‘n geskikte datum, plek en vorm vir so ‘n familiefees.

Page 16: Die Doringtak 43

875

dat elkeen van u soos sout dat elkeen van u soos sout dat elkeen van u soos sout dat elkeen van u soos sout sal wees en ‘n verskil sal sal wees en ‘n verskil sal sal wees en ‘n verskil sal sal wees en ‘n verskil sal maak in die lewens van maak in die lewens van maak in die lewens van maak in die lewens van andere.andere.andere.andere.

Moenie vergeet om te skryf, eMoenie vergeet om te skryf, eMoenie vergeet om te skryf, eMoenie vergeet om te skryf, e----pos, faks of bel nie. Ek het pos, faks of bel nie. Ek het pos, faks of bel nie. Ek het pos, faks of bel nie. Ek het julle bydraes, kritiek, wenke julle bydraes, kritiek, wenke julle bydraes, kritiek, wenke julle bydraes, kritiek, wenke en steun nodig.en steun nodig.en steun nodig.en steun nodig.

Ron Ron Ron Ron

876