die groot trek - i-go-books

12
Robin Binckes & Adri Kotzé Die Groot Trek ONGESENSOR 30° South Publishers Verlos van Britse heerskappy: Eksodus van die Boere uit die Kaapkolonie, 1836

Upload: others

Post on 19-May-2022

4 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die Groot Trek - i-go-books

Robin Binckes & Adri Kotzé

DieGroot Trek

ONGESENSOR

30° South Publishers

Verlos van Britse heerskappy:Eksodus van die Boere uit die Kaapkolonie, 1836

Page 2: Die Groot Trek - i-go-books

11

Lys van kaarteSebastian Munster se kaart, ongeveer 1535Standaardkaart van Suid-Afrika, middel van die sewentiende eeudie Kaapse binneland, ongeveer 1770die omvang van wit vestiging, 1795die omvang van die Kolonie in 1805Waarnemingsposte by Cradock/Somerset, 1812–17, en forte in die

gesedeerde gebied, 1819-22omvang van die Kolonie in 1826landskap van vyandelikhede, 1834–5trekroetes, 1835–6Vaalrivier-moorde, 21-23 Augustus 1836Nege dae lange slag van Marico, November 1837Umgungundlovu: dingane se koninklike hoofstadPosisie van waens: Zulu-aanval op 17 Februarie 1838omvang van die Kaapkolonie in 1838die Slag van Bloedrivier, 16 desember 1838die Slag van die Wit Umfolozi, 27 desember 1838Republiek van NataliaSkets van Port Natal wat die aanval van die Britse troepe onder

kaptein Smith op die Boere toonGriekwa-, Basotho- en Pondo-statedie Slag van Boomplaatsdie trekkerrepublieke

21 43 97109143

156177200229247263293327352367382415

437471503519

Page 3: Die Groot Trek - i-go-books

12

Lys van illustrasiesn Boere-daggapyp van koedoehoring. Ntonyanine-museum

Johannes theodosius van der Kemp.Ngcika, hoofman van die Xhosa. Die Nasionale Argief in Kaapstadhintsa, opperhoof van die Xhosa. Die Nasionale Argief in Kaapstad Shaka, koning van die Zulu. Van n skets deur luitenant James King, n

handelaar van Port Natal.lord Charles Somerset, goewerneur van die Kaapkolonie, 1814-27. Nasionale

Biblioteek van Suid-Afrika, KaapstadKolonel henry Somerset, Charles se seun. Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika,

KaapstadSir Andries Stockenström. Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika, KaapstadKolonel harry Smith in 1835.Kolonel sir harry Smith, goewerneur van die Kaapkolonie 1847-52. Nasionale

Biblioteek van Bloedrivier. Maqoma, hoofman van die Xhosa. Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika, KaapstadSarel Cilliers.Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius. G. Hauser/Voortrekkermonument Gravering van Voortrekkers wat uitspan.die veld vandag waar die Slag van Vegkop plaasgevind het. Robin Binckesdie treffende monument vir die Slag van Vegkop. Robin BinckesSir Benjamin d’Urban, goewerneur van die Kaapkolonie, 1834-1838.dingane en sy hond, Marquillana.Umgungundlovu vandag. Robin Binckesn Gestileerde illustrasie van dingane deur R. Caton Woodville in 1847.

dingane se moordvelde by kwaMatiwane. Robin Binckesdie Voortrekker-gedenkteken vir Piet Retief en sy manne, kwaMatiwane.

Robin Binckesdingane se fontein waar die jong meisies water gekry het, foto geneem in 2011.

Robin Binckes die verdrag tussen Retief en dingane, gedateer 4 Februarie 1838. dit is tien

maande later in n saalsak naby Retief se oorskot gevind.die Slag van Bloedrivier.Bloedrivier. Robin Binckesdie rigting waaruit die trekkers Bloedrivier genader het. Robin Binckesdie Voortrekkerleier Andries hendrik Potgieter met sy tweede vrou, die

weduwee Van emmenis.

Page 4: Die Groot Trek - i-go-books

13

Lys van iLLustrasies

die rigting van die Zulu-aanval by Bloedrivier. Robin Binckesdie Boere-kanonne by Bloedrivier. Robin Binckesdie Boere se laer by Bloedrivier. Robin BinckesMajoor t.C. Smith, Durbanse Museumdie Britse kamp by Port Natal, Jardine-versamelinghMS Southampton bied dekking vir troepe wat by Port Natal aan land gaan, 25

Junie 1842. Jardine-versamelingn Straattoneel in Pietermaritzburg, ongeveer 1843-44. Van n potloodskets deur kolonel Coxon.

Regter Cloete, 1861.Richard King.die ontmoeting tussen Pretorius en Potgieter by Rustenburg, 16 Maart 1852.die eeufees van die Groot trek, 1938. dit was n seminale oomblik in Boere-

geskiedenis en het n belangrike bydrae gelewer tot die ontwaking van Afrikaner-nasionalisme.

hoewel die eeufees van die Groot trek regoor die land herdenk is, is die vernaamste feesvieringe dae lank by die Voortrekkermonument in Pretoria gehou, waar die deelnemers in kostuumdrag geklee was.

Altesame 2,000 mense het aan die Volkspele deelgeneem by die eeufees in Pretoria.

Page 5: Die Groot Trek - i-go-books

14

Erkenningsek is innig dankbaar teenoor my vrou, Margie, wat elke woord gelees en my met elke tree van die pad ondersteun het. ook my kinders het my op hierdie lang reis met hul kommentaar bemoedig. Bearnárd o’Riain, wat weet hoe baie ek daarvan hou om geprys te word, het al die regte dinge gesê om my te laat voortbeur elke keer wat ek wou tou opgee. insgelyks het tony o’hagan die moeite gedoen om my manuskrip te lees en terugvoer gegee wat my aangemoedig het om voort te gaan. Frank van der tas het die manuskrip gelees, daarop kommentaar gelewer en my geduldig gewys op foute wat ek gemaak het.

ek put my inspirasie uit Peter harris, aangesien hy n voortreflike Suid-Afrikaanse skrywer is. ek is dank verskuldig aan die personeellede van die Nasionale Argief in Kaapstad en die biblioteek van die Voortrekkermonument. Chris en Kerrin Cocks, wat my n kans gegee en my historiese roman, Canvas under the Sky, gepubliseer het, het my die wonderlike geleentheid gegee om Die Groot Trek te skryf, waarvoor ek hulle baie dankbaar is. ek waardeer die feit dat soveel vriende my ondersteun en bemoedig het toe Canvas under the Sky omstredenheid veroorsaak het. dankie dat julle almal vertroue in my gehad het. ek hoop dat hierdie boek aan jul verwagtinge sal voldoen en julle vertroue in my sal regverdig.

dankie aan Kate o’Connor, wat die manuskrip sorgvuldig geredigeer het.Aan Chris Gibbons, Jackie Grobler, Jacques Pauw, Mongane Serote, Jeremy

Maggs en Nick Binedell wat tyd gemaak en moeite gedoen het om nie net die manuskrip te lees nie, maar ook kommentaar te lewer en voorstelle te doen: dankie.

Aan die Voortrekkers, die mans, vroue en kinders wat die inspirasie was vir Canvas under the Sky en daarna Die Groot Trek, ek dank julle en bring hulde aan jul nagedagtenis. ek hoop dat julle, daar waar julle neerkyk op ons, meen ek het reg laat geskied aan jul storie en dat julle ewe trots is op my as wat ek op julle is.

Robin Binckes JohannesburgJanuarie 2013

Page 6: Die Groot Trek - i-go-books

15

Skrywersnota“Totdat die leeus geleer word om te skryf, sal die geskiedenis deur die jagters geskryf word”

– anoniem

die idee vir hierdie boek het ontstaan by Chris en Kerrin Cocks van 30º South, my uitgewers. toe ek hulle aanvanklik ontmoet het met my manuskrip Canvas under the Sky, n historiese roman oor die Groot trek, het hulle voorgestel dat ek sekere konsepte verder ontwikkel. die boek het dus geleidelik ontwikkel in n reis deur ons land se geskiedenis.

hoewel die klem op die Groot trek is, is dit onmoontlik om hierdie ongelooflike reis van vroeëre gebeure in suidelike Afrika te skei. eweneens is dit onmoontlik om die gevolge van die Groot trek van gebeure vandag te skei. hoewel hierdie storie in 1852 tot n einde kom, is dit inderwaarheid n verhaal wat steeds ontvou. die Groot trek was die middelpunt van n kulturele, ekonomiese, militêre en sosiale ontploffing wat regoor die land plaasgevind en n erfenis nagelaat het wat vir ewig gekoester moet word. die verhaal van die Voortrekkers is een wat dikwels met die Afrikaners geassosieer word. die reis van die Voortrekkers behoort egter aan alle Suid-Afrikaners – swart, wit, bruin en indiër. Vir vér te lank is die storie gesuiwer, met die karakters as kartonfigure uitgebeeld en die gebeure as tonele vanuit n verhoogstuk met swak akteurs. die storie is alles behalwe vervelig. dit behels passie, trots, geweld en meelewendheid sowel as heldhaftigheid. dit is stellig die mees opwindende verhaal in ons geskiedenis.

die kuns om stories te vertel, is een van die tradisies van ons mense. in Die Groot Trek het ek gepoog om n verhaal te bied wat die lesers sal geniet, maar ook ons geskiedenis vir toekomstige geslagte sal opteken. die storie en feite spreek vanself. om die boek te skryf, het ek egter van Kaapstad na die oewers van die Zambezi gereis, van die Wit Umfolozirivier na Bloedrivier en Maputo. ek was n geleier vir van ons grootste historici, onder wie Gustav S. Preller, G.e. Cory,

George McCall theal, G.B.A. Gerdener, e.J.G. Norval, Richard elphick, J.M. Soga, John Bird, Noel Mostert, J.B. Peires en, natuurlik, van die karakters se eie skrywe en dagboeke, soos dié van William Wood, Jan Bantjies, eerwaarde erasmus Smit, Allen Gardiner, louis trichardt, Sarel Cilliers, die hollandse ontdekkingsreisiger Robert Gordon, die Franse avonturier en ontdekkingsreisiger Adolphe delegorgue en vele ander.

ek het hul gedagtes en gevoelens probeer weergee en het baie feite ingesluit in n poging om te vermaak én in te lig. ek is gelei deur die styl en tegniek wat gebruik is in Philip Caputo se A Rumor of War, Antony Beevor se D-Day:

Page 7: Die Groot Trek - i-go-books

THE GREAT TREK

16

The Battle for Normandy, Martin Windrow se The Last Valley, Justin Cartwright se To Heaven by Water en Peter harris se In a Different Time. ek hoop dat hul invloed duidelik blyk in my werk. indien nie, het ek hulle n onguns bewys. oor die laaste drie jaar was hierdie skrywers se boeke my metgeselle en vriende. Soos gidse van die siel het hulle aan my geskiedkundige kleinode van belang geopenbaar.

ek het probeer om die drade bymekaar te trek van die werke van veel beter geskiedkundiges en skrywers as ek. hierdie ryk en helderkleurige drade van ons verlede weef die kleurvolle tapisserie van die hede. hierdie tapisserie verwoord die emosies en optrede van vele groepe in ons samelewing en sal hopelik op een of ander wyse bydra tot Suid-Afrika se voortdurende en soms pynlike proses van versoening en begrip.

terwyl ek hierdie boek geskryf het, het ek soms gevoel dat die geeste van groot mans soos Andries Pretorius, die kleurryke Gert Maritz, die vurige Piet Retief, diep gelowige Sarel Cilliers, vrolike Piet Uys en selfs die sture Andries Potgieter en louis trichardt my gedagtes lei. My bedoeling is om hulle te laat lewe vir die leser en om hul ongelooflike reis en ondervindinge en, bowenal, hul gevoelens, te deel.

daar is foute in hierdie boek – daaroor twyfel ek glad nie. ondanks elke moontlike poging om te verseker dat al die feite korrek is, het ek staatgemaak op uiteenlopende interpretasies van gebeure en mense. Waar twee of meer weergawes van dieselfde gebeurtenis anders beskryf is deur verskillende skrywers of bronne, moes ek n besluit neem oor wat ék gemeen het die korrekte interpretasie is. U, die leser, mag n ander besluit neem. hoewel baie datums ingesluit is, is die boek nie veronderstel om suiwer chronologies te wees nie. dit is eerder n boekstawing van n reeks gebeure en stories; die datums is bloot mylpale en nie van belang nie. Wat wel belangrik is, is die mense, hul vrese, gevoelens en drome.

ek het die gebruik gevolg om die terme “swart mense”, “Bantoe-sprekendes” en “Bantoetaalsprekers” verwisselbaar te gebruik. die term “bruin mense” word gebruik vir mense van gemengde afkoms en “wit mense” vir mense van europese herkoms. die term “Boere” is gebruik in die konteks van trekboere en emigrante-boere van hoofsaaklik europese herkoms. daar is nie eensgesindheid oor of die term “Boesman” of “San” meer aanvaarbaar is nie. ek het die term “Boesman” gebruik. dié groep het nie ‘n naam vir hulself gehad nie, maar die Khoikhoi het na hulle as “San” verwys, wat ‘n minderwaardige konnotasie gehad het. die term “Khoikhoi” word in die boek gebruik. hoewel daar ook soms voorspraak gemaak word vir die gebruik van die term “hottentot”, word dit vandag allerweë as kwetsend beskou.

Page 8: Die Groot Trek - i-go-books

SkrywerSnota

17

Sommige aspekte van die boek mag omstrede wees en debat ontlok. dít sal my gelukkig maak. tog het ek nie doelbewus probeer omstrede wees nie. ek het ook nie enige groep probeer verheerlik óf verneder nie. ek het hierdie boek uit hartstogtelike liefde vir hierdie land en haar mense geskryf. die feite sal u help om u eie menings te vorm oor die mense en gebeure wat ons land gevorm het.

Wat hoop ek om met hierdie boek te bereik? eerstens hoop ek dit help Suid-Afrikaners van alle kleure om ons gesamentlike geskiedenis te verstaan en om trots te wees op ons erfenis. tweedens hoop ek dat mense wat Suid-Afrika besoek of belangstel in die land, begrip sal kry vir ons verlede en hoe dit bepaal het wie ons vandag is. Bowenal hoop ek dat mense sal lag en huil wanneer hulle hulself inleef in hierdie ongelooflike tydperk in ons geskiedenis. Natuurlik hoop ek ook dat die resensente van die boek hou, dat boekwinkelbestuurders en die eienaars dit blootstelling gee in hul winkels en dat dit n blitsverkoper word!

Page 9: Die Groot Trek - i-go-books

18

HOOFSTUK 1

Die Portugese soektog na die land van melk en heuning

San—Priester Johannes—Bartholomeus Dias—ontdekkingsreise

—Khoikhoi—die dood van De Almeida

Kort en klein, met n geelbruin vel en n gesig soos leer wat deur 35 somers geskroei is, het die man ineengedoke op sy hurke gesit en twee stokke flink teen mekaar gevryf. hy was skaars 137 sentimeter lank. Sy bruin, beplooide vel het in voue gehang om sy ronde maag, wat in die laatmiddagson geblink het van die diervet waarmee hy homself ingevryf het.

eindelik het n dun wurmpie rook uit die hout gekrul. hy het die stokke ophou vryf en die koker op sy skouers, wat hom geskaaf het, verskuif. in die koker, wat hy met die bas van n kokerboom gemaak het, was 12 pyle met giftige beenpunte1. hy het die pylpunte in die gif van slange en ruspers gedoop. enige dier wat hy selfs net lig sou kwets, sou binne minute dood wees.

hy het die stokkies weer begin vryf. Sy klein, dog goed gevormde lyf het heen en weer gewieg van die inspanning en sy penis het onder die lendekleed van koedoevel uitgeswaai. Van tyd tot tyd het hy versit en sy kaal voete geskuif om meer wrywing te kry.

toe n klein vlammetjie eindelik flikker, het hy vinnig die brandende stokke met droë blare bedek. die blou rook het in sy gesig gedwarrel en sy oë laat water. hy het die vlam saggies aangeblaas totdat die vuur gevat en die vlamme vrolik gedans het.

!Xue !Xue die San, of Boesman, het sy diep gesonke oë geskreef teen die sakkende son. op die horison het wolke stof en vae figure oor n bult te voorskyn gekom. eindelik het hulle gestalte aangeneem. dit was herders wat hul vee aangejaag het, met dik rooi stof n beskermende wolk oor hulle.

!Xue !Xue het die spikkels dopgehou namate hulle groter geword het. hy het aangeneem hulle was sy veewagter-neefs, die Khoikhoi2 (regstreeks vertaal as mens der mense of manne van manne). tog het hy agter n paar droë bossies weggekruip. Van naderby kon !Xue !Xue sien hierdie was vreemdelinge. hy het nog nooit sulke lang mense gesien nie en het in verwondering na die groot swart figure gestaar. hulle was geheel en al anders as die Khoikhoi, wat klein en lig van gelaat was. die veewagter-Khoikhoi het van die hedendaagse Botswana getrek en in relatiewe vrede saamgewoon met die San, wat jagter-versamelaars

Page 10: Die Groot Trek - i-go-books

Die Portugese soektog na Die lanD van melk en heuning

19

was, hoewel die San soms hul vee en voorrade gesteel en hul vroue verlei het. die Khoikhoi het neergesien op die San weens hul nomadiese bestaan en omdat hulle nie beeste gehad het nie.

dit was die jaar 250 Ad en !Xue !Xue het die eerste Bantoesprekende mense gesien. oor die volgende paar honderd jaar sou baie meer Bantoesprekendes van Wes-Afrika na Suider-Afrika trek op soek na weiding.3

die mening word wyd gehuldig dat die Bantoe (wat beteken mense) afstammelinge is van die Bybelse twaalf Stamme van israel. Genetiese toetse het bevind dat mans van die Bantoe-sprekende lemba-stam, wat in Zimbabwe, Suid-Afrika, Mosambiek en Malawi voorkom, y-chromosome het wat Semities is in oorprong. een sub-groep, die Buba, het selfs dieselfde genetiese karaktertrekke as die Joodse priestersklas, die Kohaniem.

!Xue !Xue het sy kop geskud en soos n pyl uit n boog van agter die struike geskiet om die vlamme van sy vuur dood te trap. hy het sy boog en sy spies opgetel en op n vinnige, gemaklike drafstap koers gekies na sy mense aan die weste van die Visrivier, weg van die naderende herders en vee.

!Xue !Xue was gewoond daaraan om lang afstande teen n stewige pas af te lê. hy het twee dae lank gehardloop en net gestop om sy dors te les of kos te vind. Soos alle San-mense, was !Xue !Xue volkome tuis in die ongenaakbare omgewing. hy was bedrewe in die kuns om ondergrondse waterbronne te vind en het dan die koel water met n lang riet opgesuig. langs die pad het !Xue !Xue bessies, neute, wortels en mierlarwes bymekaar gemaak. toe die hongerpyne te erg raak, het hy n haas met sy spies deurboor en dit rou geëet om nie sy spoed te breek nie. hy was ook gelukkig genoeg om n heuningkoek te vind. hy het die helfte verorber en die res gehou sodat dit kon kristalliseer om later te eet.4

eindelik het !Xue !Xue by sy San-familie aangekom, wat saam met die klein groepie Khoikhoi bekend as die Gonakwa in hul nedersetting oos van die Visrivier gebly het. elk van die 73 hutjies van modder, gras, blare en takke was 1.2 meter in deursnee en 0.9 meter hoog. een of twee mense kon in n hut slaap. die grond is uitgehol en met gras gevul om sagte beddens te maak en daar was n vuurmaakplek by die ingang van elke hut.Soos die sowat 10,000 Khoikhoi in die streek, was die Gonakwa afstammelinge

van die hamkumkwa. die Khoikhoi was in groepe of stamme van die hoëveld tot by die kus versprei, met die meerderheid aan die suidoostelike kant van die skiereiland rondom tafelbaai gevestig.

Moeg en dors ná sy reis het !Xue !Xue suurmelk gedrink. Neffens hom het die vroue beesvel-sakke vol room geskud om n botter te maak waarmee hulle later hul lywe sou invryf. hulle het opgewek gebabbel in hul vreemde taal vol

Page 11: Die Groot Trek - i-go-books

die groot trek

20

klikklanke, /Xam, met hul stemme wat met tye óf soos die knal van droë stokke geklink het, óf soos die suig-geluid van n koei wat haar hoewe uit klewende modder lig. daarna het !Xue !Xue n stingel dagga opgetel en dit gekou.5 Met klapklanke en vele handgebare het hy aan sy mense die vreemde wesens beskryf wat hy anderkant die Visrivier gesien het. Aangevuur deur die dagga het !Xue !Xue waarskynlik die grootte en mag van die Bantoe-sprekende veewagters oordryf. die San en Gonakwa was bekommerd en bang en n koor van angstige klapklanke het opgeklink soos wat hulle hierdie potensiële bedreiging bespreek het.

Mettertyd het die Nguni-sprekende Bantoe teen die oostelike kus van suidelike Afrika af getrek. terselfdertyd het die Sotho-sprekende Bantoe die binneland in beweeg en hulle onder meer op die oop grasvlaktes gevestig.

Somers het winters geword en die winters het gewyk voor reënseisoene. oor die volgende duisend jaar het min verander. die golwende grasvlaktes, wat tot aan die oseaan gestrek het, het geil weiding gebied vir vele troppe olifante, buffels, springbokke, elande, zebras en koedoes. daar was n oorvloed kameelperde en renosters en groot katte soos leeus, luiperds en jagluiperds het hul prooi in die lang grasse bekruip. Só het ook die San jag gemaak op kleiner diere vir hul vleis en huide of velle.

die Khoikhoi- en San-bevolkings het geleidelik gegroei ten spyte van die oorloë wat van tyd tot tyd tussen hulle uitgebreek het. die konflik was gewoonlik oor gesteelde vee of vroue eerder as grondeienaarskap.6 die meeste van die tyd het die San egter in vrede saam met of naby die Khoikhoi gewoon. die San was lojaal aan die Khoikhoi en in ruil vir kos en vleis het hulle as soldate vir die Khoikhoi opgetree wanneer dié in konflik met ander San, Khoikhoi of die Nguni-sprekende Bantoe gewikkel was. die San was volkome natuurgebonde en het die aarde aanbid, maar die Khoikhoi het hul beeste vereer en selfs veldslagte op die rûe van die diere aangedurf.

Nie net het die Khoikhoi hul osse as vervoermiddel gebruik nie, hulle het die diere ook in die veldslagte as stormramme aangewend of as n lewende muur om agter te skuil. dié beeste is opgelei om te reageer op die bevele van die Khoikhoi, wat elke dier op sy naam genoem en op sagte toon en klapklanke met hulle gepraat het.

die hollanders het later die Khoikhoi ‘hottentotte’ genoem. Weens al die klik- en klapklanke in hul woordeskat, het die hollanders gedink die Khoikhoi het hortend gepraat en aan hulle die naam hottentot gegee, wat beteken “hakkelaar”.

Vroeë besoekers aan die Kaap het beweer dat “wanneer hulle vrolik is, spring hulle op en af en sing aanhoudend die woord hottentot en niks anders nie. daarom word hulle in die algemeen Khoikhoi genoem deur die hollanders.”7

Page 12: Die Groot Trek - i-go-books

Die Portugese soektog na Die lanD van melk en heuning

21

Geleidelik het die Nguni-sprekendes in die noorde en langs die ooskus die Zulu-koninkryk gevorm. (Zulu beteken mense van die hemele). die Xhosa was een van die koninkryke wat uit die Suid-Nguni na die suide – aangrensend aan die Khoi se gebied neffens die Visrivier – ontstaan het. (Xhosa is afgelei van n Khoi woord wat beteken die mans wat kwaad is). die Xhosa en Khoikhoi het heel gemaklik langs mekaar geleef en daar was slegs nou en dan skermutselings oor beeste en vroue. die Khoikhoi het die Xhosa bekend gestel aan dagga,8 wat welig in die gebied gegroei het, en die Xhosa het die Khoikhoi toegelaat om met hul vroue om te gaan.

die nabyheid van en ondertrouery tussen die Xhosa en Khoikhoi het daartoe gelei dat die Xhosa baie aspekte van die Khoikhoi se kultuur en taal opgeneem het. Vandag nog het die Xhosa n ligter gelaatskleur as hul Zulu-bure en die Xhosa-taal bevat talle Khoikhoi-woorde en -frases. tog was daar duidelike verskille tussen die Xhosa en die Khoikhoi wat betref fisieke karaktertrekke en gewoontes. die Khoikhoi was kleiner, meer seningrig en ligter van gelaat as die Xhosa en het gerimpelde gesigte en groot boude gehad. die Xhosa, daarenteen, was lank, donkerder van vel en met vlesige lippe en afgeplatte neuse. onder die Khoikhoi het individue beeste besit, maar die Nguni-sprekende Xhosa en Zulu het beeste gesien as die besittings van die stam of gemeenskap.