die sensoriese evaluering - sawis information centre · 2016-03-18 · dit is belangrik om die...

7
Die SENSORIESE EVALUERING van wyn (Dee I 1) Die opleiding van personeel om die sensoriese beoordeling van wyn by hul onderskeie kelders te bestuur, kan baie waardevol vir die kelder se gehaltebeheer en produkontwikkeling wees. Deur Carla Weightman, Jeanne Brand & Helene Nieuwoudt SENSO RI ESE METODE S: 'N OO RSI G In hierdie artikel gee ons aan persone in die bedryf wat sensoriese panele moet lei 'n kort en grafiese oorsig van bruikbare sensoriese metodes, sowel as enkele riglyne oor watter faktore in ag geneem moet word by die kies van 'n geskikte metode. Dit is die eerste artikel in 'n reeks van vier en verskaf inligting oor Beskrywende analise, die klassieke metode waarvolgens elke wyn diepgaande beoordeel word, sowel as oor vinniger alternatiewe metodes. · Deel 2 sal fokus op die Sorteringsmetode, Deel 3 op Projeksiekartering en Napping• (PM), terwyl Deel4 handel oor die Merk-alles-van-toepassing-metode (CATA). Die reeks word in Deel4 afgesluit met 'n opsomming waar die fynere besonderhede van elke metode vergelyk word ten opsigte van die aantal paneellede en die tyd wat vir die proesessie benodig word, sowel as die moeilikheidsgraad van die onderskeie metodes.

Upload: danglien

Post on 10-Apr-2019

217 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Die SENSORIESE EVALUERING - SAWIS Information Centre · 2016-03-18 · Dit is belangrik om die regte metode te kies vir die doe! van die evaluering. Praktiese faktore wat in ag geneem

Die SENSORIESE EVALUERING

van wyn (Dee I 1)

Die opleiding van personeel om die sensoriese beoordeling van wyn

by hul onderskeie kelders te bestuur, kan baie waardevol vir die kelder se gehaltebeheer en produkontwikkeling wees. Deur Carla

Weightman, Jeanne Brand & Helene Nieuwoudt

SENSORI ESE METODES: 'N OORSIG In hierdie artikel gee ons aan persone in die bedryf wat sensoriese panele moet lei 'n kort en grafiese oorsig van bruikbare sensoriese metodes, sowel as enkele riglyne oor watter faktore in ag geneem moet word by die kies van 'n geskikte metode. Dit is die eerste artikel in 'n reeks van vier en verskaf inligting oor Beskrywende analise, die klassieke metode waarvolgens elke wyn diepgaande beoordeel word, sowel as oor vinniger alternatiewe metodes.

· Deel 2 sal fokus op die Sorteringsmetode, Deel 3 op Projeksiekartering en Napping• (PM), terwyl Deel4 handel oor die Merk-alles-van-toepassing-metode (CATA). Die reeks word in Deel4 afgesluit met 'n opsomming waar die fynere besonderhede van elke metode vergelyk word ten opsigte van die aantal paneellede en die tyd wat vir die proesessie benodig word, sowel as die moeilikheidsgraad van die onderskeie metodes.

Page 2: Die SENSORIESE EVALUERING - SAWIS Information Centre · 2016-03-18 · Dit is belangrik om die regte metode te kies vir die doe! van die evaluering. Praktiese faktore wat in ag geneem

il

Aan die navorsingskant van sensoriese evaluasie van kos en wyn is die hooffokus wereldwyd tans op metodes. 'n Vraag wat dikwels uit die bedryf gevra word, is: 'Wat is die beste metode om sensoriese toetse op wyn te doen?" Tyd is vandag baie duur en dit is dus geen wonder dat die ontwikkeling van koste- en tydseffektiewe metodes, wat volhoubaar op die lang termyn ingespan kan word, baie aandag geniet nie. Ontwikkeling van nuwe metodes en optimalisering van bestaandes is dan ook een van die fokusgebiede van die sensoriese navorsing wat tans by die lnstituut vir Wynbiotegnologie en Departement Wingerd- en Wynkunde (IWBT-DWW) en die lnstituut vir Druif- en Wynwetenskappe (IGWS), Universiteit Stellenbosch, gedoen word.

As mens na sensoriese metodes kyk, sluit dit nie net die beoordeling van die aroma en smaak van die wyn in nie, maar ook die hantering en statistiese verwerking van die metings of data . Die oogmerk is deurgaans om vera! die statistiese verwerkings so gebruiksvriendelik moontlik te hou en om die inligting op eenvoudige en treffende grafiese maniere voor te stel sodat dit maklik deur aile gebruikers ge·interpreteer kan word. Kortom, doelmatigheid, of soos hulle op Engels se, fit for purpose, is vera I op wynsensoriese evaluering van toepassing . Daar is 'n magdom metodes in die literatuur beskryf en dit kan verwarrend wees. Hierdie oorsigartikel probeer riglyne verskaf en toon ook die vordering a an wat by die IWBT­DWW en IGWS gemaak is ten opsigte van metodes vir wynevaluering in die besonder.

Met sensoriese evaluering is die 'meetinstrument' 'n groep mense of paneel wie se taak dit is om die wyne in 'n toetsstel te evalueer. Twee belangrike aspekte waaraan die paneelleier moet dink voor die toetse uitgevoer word, is wie op die pan eel gaan wees en watter toetsmetode gebruik gaan word . Riglyne oor hierdie keuses word in die volgende afdelings gegee.

WIE MOET OP MY PANEEL OlEN? Verskillende panele kan saamgestel word deur mense te kies wat verskillende vlakke van kennis en ervaring het van die produkte wat getoets moet word . Drie soorte panele word baie algemeen gebruik:

1. Gewone verbruikers (nie deskundiges of kenners van die produktipes nie);

2. Wynkenners (byvoorbeeld wynmakers of deskundiges uit die wynbedryf); en

3. Opgeleide professionele sensoriese proeers (nie noodwendig wyndeskundiges nie) .

Die keuse van paneellede sal grootliks deur die doel van die sensoriese evaluering bepaal word. As die doel byvoorbeeld is om uit te vind wat die uitwerking van 'n bepaalde wynmaaktegniek op die sensoriese profiele van die toetswyne is, sal wynmakers of ander deskundiges uit die wynbedryf 'n goeie keuse wees. As die doe! is om die aanvaarbaarheid of voorkeur vir 'n nuwe produk vas te stel, sal gewone verbruikers eerder in die paneel gebruik word . As dit is om 'n volledige lys van sensoriese eienskappe en hul onderskeie intensiteite in die wyne te verkry, sal die derde groep, naamlik professionele proeers, die beste keuse wees.

WATTER SENSORIESE TOETSMETODE MOET EK GEBRUIK? Wat die metode betref, kan die hele toetsstel wyne grondig beskryf word. Andersins kan slegs 'n vinnige manier om die vernaamste eienskappe te bekom, verkies

word. Vir eersgenoemde doelwit word elke wyn se volledige sensoriese eienskappe en hul onderskeie intensiteite, wat op lynskale gemeet word, deur die paneel saamgestel. Hierdie metode heet Beskrywende ana li se (Descriptive analysis, DA). Ander, vinn iger, metodes is weer gebaseer op eva luerings wat slegs verskille of ooreenkomste tussen wyne in 'n toetsstel moet uitwys.

Dit is belangrik om die regte metode te kies vir die doe! van die evaluering. Praktiese faktore wat in ag geneem moet word, sluit in die aantal persone in die paneel, die beskikbaarheid van die paneellede, die tipe paneel wat verlang word, sowel as die metode en keuse van data­analitiese tegnieke. Met laasgenoemde moet mens kyk na watter analises self gedoen kan word en waar daar ondersteuning van deskundiges nodig is. Die belangrikste aspek is egter dat daar eers baie duidelikheid verkry word oor wat presies die doel van di.e sensoriese evaluering is. Dan volg die keuses van paneel, toetsmetode en data­analise makliker. Enkele van die sensoriese toetsmetodes word in die volgende afdelings in groter besonderhede bespreek, asook in die reeks van drie art ikels wat op hierdie oorsigartikel volg.

BESKRYWENDE ANALISE (OA) VIR VOLLEDIGE SENSORIESE BESKRYWINGS VAN WYN DAis die bekendste en gebruiklikste metode om 'n gedetailleerde profiel van 'n stel wyne te bekom. Vir hierdie taak is 'n goed opgeleide paneel van professionele proeers deurslaggewend om die gehalte van die resultate te verseker. Die standaardprosedure vereis dat 'n paneel bestaande uit agt tot 12 persone eers opgelei word om die verskillende aromas en smake in die toetsstel te identifiseer en hul onderskeie intensiteite op 'n lynskaal aan te teken. Om hierdie rede word daar gewoonlik nie meer as 10 wyne in 'n toetsstel ingeslu it nie. Na die opleiding van die paneel volg 'n toetsfase waar dieselfde stel wyne deur die paneel beoordeel word. Die data wat verkry word, is numeries (intensiteite kan byvoorbeeld aangedui word as 'n syfer uit 'n totaal van 20 punte), sowel as beskrywend van aard en kan maklik met ander datastelle, byvoorbeeld chemiese ontledings wat op dieselfde stel wyne gedoen is, gekombineer word. Dit sou tipies die geval wees as daar korrelasies tussen sensoriese en chemiese komponente ondersoek word. Wereldwyd word DA beskou as die klassieke evalueringsmetode. Dit !ewer data van baie goeie gehalte, maar die opleiding van die pan eel neem heelwat tyd in beslag (na gelang van die kompleksiteit van die wyne en die aantal wyne wat getoets moet word) en is derhalwe duur.

VINNIGE METODES VIR SENSORIESE EVALUERING VAN WYN Die doel van die sensoriese evaluering kan egter ook wees om 'n groter aantal wyne vinniger en meer koste-effektief (as wat die geval met DAis) te toets. Dit kan byvoorbeeld nodig wees om die ontwikkeling en uiteindelike vrystelling van die finale produk te bespoedig. Om aan hierdie behoefte te voldoen, is daar die afgelope paar jaar vinnige sensoriese evalueringsmetodes as alternatiewe ontwikkel. Hierdie metodes maak nog steeds van paneellede gebruik, maar neem heelwat minder tyd in beslag (in sommige gevalle so min soos een uur). Verskeie van die vinnige metodes wat vandag in die voedselbedryf gebruik word, is nie oorspronklik vir wyn ontwikkel nie en

Page 3: Die SENSORIESE EVALUERING - SAWIS Information Centre · 2016-03-18 · Dit is belangrik om die regte metode te kies vir die doe! van die evaluering. Praktiese faktore wat in ag geneem

FIGUUR 1. Oorsig van vinnige sensoriese metodes vir wynevaluer ing. Die eenvoud iger metodes is in groen aangedu i, die meer komplekse metodes in pers en die metodes wat die meeste voorbereiding vereis, in rooi.

is ook nog nie deeglik op wyn getoets nie. Die sensoriese fasiliteit van IWBT-DWW en IGWS het derhalwe 'n paar jaar gelede met 'n navorsingsprojek begin wat ten doe I het om van die vinniger metodes op wyn te toets en, waar nodig, aan te pas, sod at hulle ook verder deur die bedryf geevalueer en gebruik kan word. Die resultate van hierdie projek wat met Winetech se geldelike steun aangepak is, word tel kens in hierdie reeks artikels gebruik om aanbevelings oor die vinnige metodes te maak.

Figuur 1 gee 'n grafiese oorsig van die vinnige metodes, wat breedweg in twee groepe verdeel kan word:

• Beskrywende of verbale metodes; en • Ooreenkomsgebaseerde metodes (groeperings).

Die twee hoofgroepe kan verder onderverdeel word in:

1. Vinnige profilering (Flash profiling, FP) ; 2. Merk-alles-van-toepassing (Check-all-that-apply, CATA); 3. Sortering (Sorting); en 4. Projeksiekartering (Projective mapping, PM).

Binne laasgenoemde vier groepe is daar oak nag talle variasies wat in moeilikheidsgraad en kompleksiteit wissel.

VRYEKEUSE- EN VINNIGE PROFILERING (FP) In die Vryekeuseprofileringsmetode (Figuur 2) gebruik die sensoriese paneellede, soos die naam aandui, hul eie woorde om die wyne in 'n toetsstel te beskryf. Paneellede word nie opgelei nie en daar word oak nie vooraf 'n lys van beskrywende woorde aan hulle verskaf nie. In die daaropvolgende fase, FP (Vinnige profilering, Figuur 2), rangskik paneellede die wyne op grand van die intensiteite van die onderskeie sensoriese eienskappe wat hulle in die eerste ronde ge.ldentifiseer het. FP is 'n goeie metode om te gebruik wanneer die doel van die sensoriese evaluering is om die belangrikste sensoriese eienskappe in 'n toetsstel wyne vinnig te identifiseer.

CATA-METODE Met die CATA-metode word daar vooraf 'n lys van beskrywende woorde offrases wat hulle tydens die sensoriese evaluering moet gebruik aan elke paneellid gegee. Die paneellid word gevra om die wyn se smaak en aroma te evalueer en daardie terme op die lys te kies wat hulle meen die wyn die beste beskryf. Frases soos "Ek hou van die wyn", "Ek hou nie van die wyn nie" en "Ek sal die wyn koop'; kan ook by die lys ingesluit word. Met CATA word die frekwensie waarteen die paneellede bepaalde woorde of frases meik as van toepassing op die wyne in die toetsstel aangeteken en in die analise va n die data gebruik.

Die CATA-metode werk goed, maar die aanname word gemaak datal die paneellede saamstem oor die betekenis van die terme op die lys, iets wat nie noodwendig die geval is nie. Om konsensus onder die paneellede te verseker voor die sensoriese evaluering gedoen word, is daar 'n variasie van die oorspronklike CATA-metode ontwikkel, waar daar eers 'n opleidingsfase van die paneellede is. Dit help die paneel om meer eenstemmigheid te bereik, die gehalte van die data word verbeter en die taak om die data te analiseer, word eenvoudiger. Hierdie variasie is baie onlangs eers tot die wynportefeulje toegevoeg en kan na verwys word as die Frekwensie-van-eienskapaanhaling-metode.

'n Goeie vertrekpunt by die opstel van 'n CATA-Iys is om die aromawiele en aromalyste wat reeds vir die bepaalde kultivar of wynstyl beskikbaar is, te gebruik. Die lys kan natuurlik na goeddunke deur die paneelleier uitgebrei word. Figuur 3 wys 'n voorbeeld van die volledige CATA­Iys wat tan s by die sensoriese laboratorium van DWW­IWBT vir wyn gebruik word. Dit is gebaseer op werk wat deur die navorsingsgroep van Dominique Valentin, AgroSup, Dijon, Frankryk, gedoen is. Een van die belangrikste faktore om in gedagte te hou met die opstel van 'n CATA-Iys is dat die volgorde waar in die terme op die lys verskyn die resultate kan be'lnvloed. Soos gesien kan

Page 4: Die SENSORIESE EVALUERING - SAWIS Information Centre · 2016-03-18 · Dit is belangrik om die regte metode te kies vir die doe! van die evaluering. Praktiese faktore wat in ag geneem

Vryekeuseprofilering

1. Skryf 3 - 5 sensoriese kenmerke wat elke wyn die beste beskryf neer.

1. 2. 3. 4 . 5. Hout Karamel Pomelo ---

6. 7. 8. 9.

' Vinnige profilering

' 2. Gebruik die kenmerke soos gegenereer, en rangskik die wyne van die hoogste intensiteit tot die laagste intensiteit.

_Hout __

_Karamel

IIJ[DIIJQ]IIIIJIIJITITJ mmmmiJIIJmiiiil DDo::JCIJDCD

FIGUUR 2. Vryekeuse- en Vinnige profileringsmetodes vir die sensoriese evaluering van wyn.

FRUITY VEGETATIVE I GREEN

WHITE FRUITS \ DRIED FRUITS VEGETABLES

~'"- r~., ~·~--Pear D~ed Apricot Asparagus Yellow Apple Dned Pear Cabbage

Green Apple Dried Apple Green Beans Oxidized Apple Dried Fig Green Pepper

Date Green Olive YELLOW FRUITS Prune

Raisin FRESH

§Apricot Peach NUTS r-Melon Herbaceous

§Almond Tomato Leaf CITRUS Hazelnut Celery

Walnut Green I Cut Grass

§Grapefruit Lemon Grass Lemon TROPICAL FRUITS Mint Orange

~"-~ DRIED

RED FRUITS Banana Guava El Hay I Dried Grass

~Che~ Passion Fruit Tobacco Raspberry Litchi Redcurrant Mango Strawberry Gooseberry

Coconut BLACK FRUITS

SWEET ASSOCIATED

§Blackberry Btackcurrant

~'~""" Blueberry Mannatade Honey Fruit Jam Glazed I Crystallized Fruit Artificial / Chemical Fruit Muscat Ctder

word in Figuur 3, is die lys van terme lank en die a an die bokant van die lys word dikwels meer deur paneellede gekies as die aan die onderkant van die lys. Om hierdie probleem te bekamp, is daar verskeie moontlikhede wat die paneelleier kan oorweeg:

1. Om die volgorde van die terme op die lys vir elke paneellid te verander; of

2. Om terme te groepeer en die lys dus so korter te maak; of

3. Om verskeie korter lyste te gebruik.

CATA-Iyste kan ook gebruik word in kombinasie met ander sensoriese toetse soos Sortering of Projeksiekartering, soos in die volgende afdelings bespreek word. Die lys van terme in Figuur 3 is 'n voorbeeld van die volledige CATA­Iys wat oorspronklik deur Dominique Valentin ontwikkel en deur die sensoriese fasilitei t van IWBT-DWW en IGWS vir Suid-Afrikaanse wyne en industriebehoeftes aangepas is.

SORTERING Sortering (Figuur 4) is 'n baie gewilde en bekende vinnige sensoriese evalueringsmetode wat goed op wyn getoets is. Die wyne in die toetsstel word gegroepeer volgens ooreenkomste of verskille; wyne met sterk sensoriese ooreenkomste word saam gegroepeer en wyne wat verskil in

TOASTED I WOOD

TOASTED

~'--" """""" Toffee Vanilla

Chocolate Roasted Coffee Toasted Bread

WOODY

§Pianky Oaky Burnt I Smoked Wood

ANIMAL

~'·~· Horsey I Sweaty Leather Meat Stock Musk/Civet Smoked ~at Wet Dog

FOREST FLOOR

§Humus I Earthy Mouldy Mushroom

OTHER

0Aicohol

Osutter I Lactic

Dchatky

O lodine I Salty

OMineral/ Flinty

DRubber

D Solvent I Chemical

Osulphur

Ostutfy I Fusty I Dusty

0Tar

OwetMop

Oveast

FIGUUR 3. Volledige aroma-CATA- (Ch eck-all-that-apply) lys vir wyn sensoriese eva luering. Die Afrikaanse lys van terme is beskikbaar va n die auteurs en verskyn ook in Dee! 4 va n hierdie reeks artikel s.

Page 5: Die SENSORIESE EVALUERING - SAWIS Information Centre · 2016-03-18 · Dit is belangrik om die regte metode te kies vir die doe! van die evaluering. Praktiese faktore wat in ag geneem

1.

rrr 2Yi rr r Groeg 1 Groeg 2 Groeg 3 Groeg 4

Pynappel Perske Hout Aspersies Suurlemoen Grenadella Karamel Groenboontjies Perske Piesang Gedroogde Pynappel

vrugte

FIGUUR 4. Wyne word met die Sorteringsmetode volgens sensoriese ooreenkomste en verskille in groepe op 'n vel wit papier gerangskik.

Y-koordinaat •

• ~ ~ 29y

I 3. Groen Pynappel

Sitrus Grenadella

X X X X

Aspersies

X -I 4. Groen

. Pynappel S1trus X Grenadella

--x--x---- ¥

Aspersies

X

I I I I I I

y X Grenadella Piesang

Hout Karamel

x x

X Grenadella Piesang

Hout Karamel

X x Oorspron~~~~:::::::::;:::::::::2----------------~

X-koo~dinaat

9 ~1 99

FIGUUR 5. Projeksiekartering. Elke vierkant stel 'n vel wit papier voor. Kruisies stel die posisies van glase voor, nadat hulle deur 'n lid van die sensoriese pan eel op die papier gerangskik is. •

Page 6: Die SENSORIESE EVALUERING - SAWIS Information Centre · 2016-03-18 · Dit is belangrik om die regte metode te kies vir die doe! van die evaluering. Praktiese faktore wat in ag geneem

1.

X X~ Pole ~

~ X

3. Groen

Sitrus

Xx X

X

4. G roen Sitrus __ x _x: x:

X I Y-koi::irdinaat • I

2

'99 9 >:;oen Sitrus

Pynappel Grenadella

x x x

Hout Karamel

X X

Pynappel Grenadella

· Hout Karamel

X X

Pynappel o 0 Grenadella

1 X 1

0 X Hout 1 Karamel

Oorsprong~•C::::;,:::::r----------------------------~

X-koi::ird inaat

FIGUUR 6. Gepolariseerde projeksiekarteringsmetode vir sensoriese evaluering van wyn. Elke vierkant stet 'n vel wit papier voor. Kruisies stet die posisies van die glase voor soos die paneellede dit na afloop van die proe gemerk het.

ander groepe. Elke paneellid ontvang aldie wyne gelyktydig en word gevra om die hele stel te sorteer in groepe wat vir hom/haar sin maak. Die lid stel daarna 'n lysie (drie tot vyf term e) op om die vernaamste sensoriese eienskappe van elke groep te beskryf. Hierdie tegniek kan gebruik word om aroma, smaak of visuele voorkoms, of al drie kategoriee tergelykertyd, te evalueer. Daar is twee eenvoudige reels wat vir Sortering gevolg moet word: die paneellid moet ten eerste meer as een groep skep en, ten tweede, geen wyn kan afsonderlik in sy eie groep geplaas word nie. Sortering kan gedoen word met 'n groot aantal wyne per sessie, met die ideaal tussen nege en 20. Die toets is vinnig (kan binne 'n uur afgehandel word) en kan deur opgeleide 6f onervare paneellede gedoen word

omdat dit nie konsensus van paneellede vereis en daar ook geen gradering van intensiteite is nie.

PROJEKSIEKARTERING {PM) EN NAPPING® Daar word ook in die literatuur na hierdie metode (Figuur 5) as Napping" verwys omdat die eerste toets op 'n tafeldoek (of nappe, in Frans) gedoen is. Met die PM-metode word wyne wat in glase geskink is op 'n groot vel wit papier (gewoonlik A2-grootte) gerangskik deur die twee sye van die papier as dimensies te gebruik. Paneellede kry opdrag om elke wyn in die toetsstel volgens hul onderskeie ooreenkomste en verskille op die

Page 7: Die SENSORIESE EVALUERING - SAWIS Information Centre · 2016-03-18 · Dit is belangrik om die regte metode te kies vir die doe! van die evaluering. Praktiese faktore wat in ag geneem

papier te rangskik. Wyne wat baie dieselfde is (ten opsigte van smaak, aroma en voorkoms) word naby mekaar op die papier geplaas. Hoe meer die wyne van mekaar verskil, hoe verder uitmekaar word die glase geplaas. As a! die wyne klaar geposisioneer is, merk die paneellid die posisies van elke glas op die papier. Paneellede skryf ook drie tot vyf beskrywende woorde vir elke groep neer. Tydens die data-analisestadium word die linkerkantse onderste hoek van die bladsy dikwels as oorsprong gebruik en die paneelleier bereken dan die X- en Y-koordinate van elke glas se posisie op die papier. Die afstande (in em) tussen die glase verteenwoordig die ooreenkomste en verskille tussen die wyne wat getoets is. Hoe groter die afstand tussen twee glase, hoe meer verskil die wyne. Hierdie metode is vinnig, kan binne een uur afgehandel word en word maklik deur gewone verbru ikers, sowel as opgeleide paneellede voltooi.

GEPOLARISEERDE PROJEKSIEKARTERING (POLARISED PROJECTIVE MAPPING, PPM) Gepolariseerde projeksiekartering (Figuur 6) is 'n soortgelyke metode as Projeksiekartering, maar met een belangrike verskil: een of meer van die wyne word vooraf deur die paneelleier, of deur die hele pan eel, as 'n verwysingspunt of pool gekies. Die ander wyne in die toetsstel word dan met betrekking tot die verwysingswyn op die vel wit papier gerangskik.

WATTER METODE IS DIE BESTE? DAis die aangewese metode in gevalle waar:

1. Gedetailleerde sensoriese inligting van die produkte verlang word;

2. 'n Omvattende lys van al die eienskappe wat deur die paneel waargeneem kan word en hul intensiteite vir elke wyn in die toetsstel benodig word; en

3. Spesifieke smaak- of geurverskille tussen 'n paar produkte gekwantifiseer moet word.

Hoewel D.(\ die gebruiklikste metode vir sensoriese evaluering is, is dit 'n lang en duur proses, soos voorheen genoem. Opleiding van 'n pan eel kan tussen 10 en 30 uur duur, na gelang van die kompleksiteit van die wyn en die

aantal wyne wat geevalueer moet word. Gewoonlik word nie meer as 10 wyne in een sessie deur die DA-paneel beoordeel nie. Die toetsdata kan egter gerieflik in bestaande programmatuur soos Compusense ingevoer en geanaliseer word.

Die CATA-metodes word aanbeveel waar die wyne in die stel baie dieselfde is en as die pan eel nie tussen die wyne suiwer op intensiteit kan onderskei nie. Vir die resultate om statisties geldig te wees, moet daar ongeveer 30 evalueerders wees (of 2 x 15). Die keuse van metode hang dus af van die grootte van die pan eel, die tydsraamwerk en die begroting. Die vinniger metodes het egter ook beperkings. Die data wat met 'n goed opgeleide DA-paneel verkry word, is gewoonlik baie akkuraat en ook numeries, eerder as beskrywend. Derhalwe kan, soos aangedui , die sensoriese data met ander numeriese metings op dieselfde stel wyne gekombineer word.

Projeksiekartering (PM of PPM) !ewer ook numeriese koordinate en het dus, soos aangedu i, die potensiaal om met ander metings op dieselfde stel wyne gekombineer te word. Aan hierdie aspek word daar tans in die navorsing aandag geskenk.

Met die FP-, CATA- en DA-metodes worc;% elke wyn individueel geprofileer en die byvoeging van wyne tot die toetsstel sal nie die resultate be'lnvloed nie. Sortering en PM is omvattende benaderings waar aldie wyne in toto (smaak, aroma en voorkoms) met mekaar vergelyk word en dan daarvolgens op die toetspapier gerangskik word. Met hierdie benadering moet mens in gedagte hou dat die wyne in verhouding tot mekaar gerangskik is; as die samestelling van die toetsstel verander word, sal die resultate ook anders daar uitsien. Met CATA en Sortering sal die paneel oor die algemeen net die groot verskille tussen wyne weergee en sa l die metode die dominantste eienskappe in die wyne identifiseer. Hierdie metodes is beperk in hul vermoe om te onderskei tussen wyne waar die sensoriese verskille net op intensiteit gebaseer is. In die geheel gesien, hou die vinniger sensoriese metodes die voordeel in dat minder paneelopleid ing nodig is omdat paneellede nie konsensus oor intensiteite en terme hoef te bereik, soos in die geval van DA nie. Die vinnige metodes neem beslis minder tyd van die pan eel in beslag, maar nie noodwendig van die paneelleier of data-anal is nie. Tans word daar wereldwyd heelwat navorsing gedoen om juis hierdie dee! van die proses te bespoedig.

Hierdie navorsing is moontlik gemaak deur geldelike steun van Winetech, projek IWBT W13/02: "Rapid descriptive sensory methods for wine evaluation -special focus on further optimisation of

rapid methods and streamlining of workflow'~

KONSULTASIEDIENSTE AANGEBIED DEUR DIE WYNSENSORIESE FASILITEIT, IWBT-DWW, UNIVERSITEIT STELLENBOSCH:

Keuse van geskikte sensoriese metodes. Raad oor keuse, opleiding en evaluering van paneellede. Eksperimentele ontwerp en praktiese protokol. Statistiese analise en interpretasie van data.

-Vir nadere inligting, kontak Carla Weightman by [email protected], Jeanne Brand by [email protected], Helene Nieuwoudt by [email protected] of die outeurs by winwynsen @sun.ac.za . •