dinsdag 11 september 2018 3 welkom aan die wynkus! · ons die pad na teubes wines. hierdie...

1
3 Dinsdag 11 September 2018 Buite M aar ’n bewonderens- waardige wynstreek? Tot onlangs was die om- gewing meer bekend onder die berugte bokswynbende, eerder as ’n bestemming waar fynproe- wers neus in die glas vir me- kaar grootoë kon maak. Dink weer, ou maat. Die goeie nuus is egter dat die Namakwalanders nie op- stêrs geraak het oor hul wyn nie. Neem nou maar vir Jan Ponk van Zyl van Fryer’s Cove. Hy het ’n 30 km lange pyplyn tot by Doringbaai gelê sodat hy hier teen die kus kon wyn verbou. Gaan kuier egter in die ou ha- wegebou vir ’n wynproe en hy sal praat dat die spoeg spat oor allesbehalwe die pryse wat sy sauvignon blancs landwyd los- slaan. Vat van hier die pad binne- land toe verby Papendorp tot by die sendelingdorpie Ebenhae- ser, en ewe skielik ontdek jy ’n heel ander wynjuweel. Doornkraal se wynstokke word in stand gehou deur twee van die grootste gentlemen in Suid-Afrika. Jy sal tien teen een die ooms Henzil Love en Niklaas le Roux hier tussen die druiwestokke raakloop, waar hulle onder die wakende oog van Dirk de Bruyn van Namaqua Wines werk aan een van die land se nuutste gemeenskapsprojekte. Die wingerde word nog met ’n ou tuigperd geploeg, en loop oor van vrede, tradisie en rustig- heid. My wynproe begin in alle erns by Namaqua Wines se Die Keldery-restaurant. Ek was te oud vir die Jelly Tots-en-vrugte- sap-kinderpret, maar kon heel guitig aan die kampioenkulti- vars teug. En die kos is uit die boonste rakke – met alles van water- tandlekker seekos, pastas en ge- braaide espetada tot uitsonder- like biefstuk en slaaie. Ná ’n wyn-en-biltong-proe vat ons die pad na Teubes Wines. Hierdie familiewynlandgoed spesialiseer in prima organiese kultivars, en die gevoel wat jy kry is ’n mengsel van so ’n biet- jie Weskus met ’n titseltjie Provence en Toskane daarby. Een ding is seker: Moenie hier die Karoobossie Kap Klassiek misloop as jy ’n aanhanger van gehaltevonkelwyn is nie. Die laaste stopplek op pad te- rug na Kaapstad was die immer vriendelike Klawer Cellars. Dié plek bly een van die N7 se lek- kerste kuierplekke. Die rooibos- vermoet is legendaries as ’n sagmaakgeskenkie vir menige skoonma. ’n Nuutjie hier is die rooibos-en-wynparing, ’n streeklekker gourmet-ervaring en beslis die moeite werd. En dít, mense, is net die be- gin van die hope pret en wyn- plesier wat op jou wag hier aan die Namaqua-Weskus. ) Vir meer besonderhede, gaan loer by www.visitnwc.com. Kreef. Yskoue water. ’n Wildewragtigkuslyn. Verruklike rooivleis. Lekkerbekbokkoms. Wawyd oop vlaktes. Sonsondergange . . . dáár’s vir jou ’n paar dinge waarvoor die Namaqua-Weskus en sy mense ’n klop op die skouer verdien, skryf Jacques Marais. Niklaas le Roux en Henzil Love van Doornkraal. Foto’s: JACQUES MARAIS Marilize Retief en Sybrand Teubes van Teubes Wines. Kyk net hierdie uitsig van Fryer’s Cove. Die Teubes Wines Platter. ’n Unieke rooibos-en-wynparing by Klawer Cellars. Welkom aan die wynkus! 1 Bellpost Wines is weggesteek tussen Vredendal en Lutzville op die R362. Net ’n klein gedeelte van sy druiwe word gebruik om wyn on- der die Bellpost-etiket te produseer, maar die Thiart-familie wéét hoe om wyn te maak. Hul wyne, lekker- ste koffies in die kontrei en uitge- breide jenewerkroeg is beskikbaar by die ThiArt-restaurant in die Mas- kam Mall. ) Meer inligting: www.bell- post.co.za 2 Namaqua Wines se wyn- makers het oor dekades geleer hoe om die beste uit hul wingerde te kry. Elke wyn word sorgvuldig met noukeurige aandag gemaak en dus weet jy elke teugie gaan oor- loop van die spesifieke terroir. ) Meer inligting: www.namaqua- wines.com 3 Fryer’s Cove Vineyards se win- gerde is teenaan die R362 na Doringbaai, minder as 600 m van die Atlantiese Oseaan. Jy sal nie sommer op ’n lekkerder plek sit met ’n sauvignon blanc of pinot noir in die hand as op hierdie skil- deragtige hawe met sy prag- panorama oor die baai nie. ) Meer inligting: www.fryers- cove.co.za 4 Seal Breeze is teen die oewer van die Olifantsrivier, net verby Lutzville. Geniet wyne in die prag- tuin of kuier in die kelder met die wynmaker, Joan Wiggins. Unieke, eksklusiewe wyne word hier nog met die hand gemaak. ) Meer inligting: wined.co.za 5 Klawer Cellars is deel van die Rooibosroete en om jou rooi- bosavontuur te verbeter, bied Kla- wer nou ’n rooibos-en-wynparing. Die kelder het al talle pryse gewen en bied ’n uitsonderlike verskeiden- heid wit- en rooiwyne, asook des- sert- en vonkelwyn, en druiwesap. ) Meer inligting: www.klawer- wine.co.za 6 Doornkraal is ’n gemeen- skapswynbouprojek in ven- nootskap met die Namaqua-wyn- makery. Die klein wingerde in Ebe- naeser word steeds volgens eeue- oue landboutradisies bewerk. Die wyn is beskikbaar by Die Keldery asook by Namaqua se aanlyn win- kel. ) Meer inligting: www.namaqua- wines.com. 7 Teubes Wines is op die R363 net buite Vredendal en word reeds meer as drie dekades deur die Teubes-familie bewerk. Maak ’n dag daarvan; wandel of trap fiets langs die plaaspaaie en sluit jou dag af met ’n wynproe en puik kos. ) Meer inligting: www.teubes- wines.co.za ) Volg Jacques Marais op Twit- ter @jacqmaraisphoto of bel hom by 083 444 5369 met enige avontuurgebeurtenis of buitelug- nuus. Sewe Namaqua-Weskus-kelders om by te stop:

Upload: others

Post on 19-Sep-2019

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

3Dinsdag 11 September 2018 Buite

Maar ’n bewonderens-waardige wynstreek? Tot onlangs was die om-

gewing meer bekend onder die berugte bokswynbende, eerder as ’n bestemming waar fynproe-wers neus in die glas vir me-kaar grootoë kon maak. Dink weer, ou maat.

Die goeie nuus is egter dat die Namakwalanders nie op-stêrs geraak het oor hul wyn nie.

Neem nou maar vir Jan Ponk van Zyl van Fryer’s Cove. Hy het ’n 30 km lange pyplyn tot by Doringbaai gelê sodat hy hier teen die kus kon wyn verbou. Gaan kuier egter in die ou ha-wegebou vir ’n wynproe en hy sal praat dat die spoeg spat oor allesbehalwe die pryse wat sy sauvignon blancs landwyd los-slaan.

Vat van hier die pad binne-land toe verby Papendorp tot by die sendelingdorpie Ebenhae-ser, en ewe skielik ontdek jy ’n heel ander wynjuweel.

Doornkraal se wynstokke word in stand gehou deur twee van die grootste gentlemen in Suid-Afrika.

Jy sal tien teen een die ooms Henzil Love en Niklaas le Roux hier tussen die druiwestokke raakloop, waar hulle onder die wakende oog van Dirk de Bruyn van Namaqua Wines werk aan een van die land se nuutste gemeenskapsprojekte. Die wingerde word nog met ’n ou tuigperd geploeg, en loop oor van vrede, tradisie en rustig-heid.

My wynproe begin in alle erns by Namaqua Wines se Die Keldery-restaurant. Ek was te oud vir die Jelly Tots-en-vrugte-sap-kinderpret, maar kon heel guitig aan die kampioenkulti-vars teug.

En die kos is uit die boonste rakke – met alles van water-tandlekker seekos, pastas en ge-braaide espetada tot uitsonder-like biefstuk en slaaie.

Ná ’n wyn-en-biltong-proe vat ons die pad na Teubes Wines. Hierdie familiewynlandgoed spesialiseer in prima organiese kultivars, en die gevoel wat jy kry is ’n mengsel van so ’n biet-jie Weskus met ’n titseltjie Pro­vence en Toskane daarby. Een ding is seker: Moenie hier die Karoobossie Kap Klassiek misloop as jy ’n aanhanger van gehaltevonkelwyn is nie.

Die laaste stopplek op pad te-rug na Kaapstad was die immer vriendelike Klawer Cellars. Dié plek bly een van die N7 se lek-kerste kuierplekke. Die rooibos-vermoet is legendaries as ’n sagmaakgeskenkie vir menige

skoonma. ’n Nuutjie hier is die rooibos-en-wynparing, ’n streeklekker gourmet-ervaring en beslis die moeite werd.

En dít, mense, is net die be-gin van die hope pret en wyn-plesier wat op jou wag hier aan die Namaqua-Weskus. ) Vir meer besonderhede, gaan loer by www.visitnwc.com.

Kreef. Yskoue water. ’n Wildewragtigkuslyn. Verruklike rooivleis. Lekkerbekbokkoms. Wawyd oop vlaktes. Sonsondergange . . . dáár’s vir jou ’n paar dinge waarvoor die Namaqua-Weskus en sy mense ’n klop op die skouer verdien, skryf Jacques Marais.

Niklaas le Roux en Henzil Love van Doornkraal. Foto’s: JACQUES MARAIS

Marilize Retief en Sybrand Teubes van Teubes Wines. Kyk net hierdie uitsig van Fryer’s Cove.

Die Teubes Wines Platter. ’n Unieke rooibos-en-wynparing by Klawer Cellars.

Welkom aan die wynkus!

1 Bellpost Wines is weggesteek tussen Vredendal en Lutzville op

die R362. Net ’n klein gedeelte van sy druiwe word gebruik om wyn on-der die Bellpost-etiket te produseer, maar die Thiart-familie wéét hoe om wyn te maak. Hul wyne, lekker-ste koffies in die kontrei en uitge-breide jenewerkroeg is beskikbaar by die ThiArt-restaurant in die Mas-kam Mall.) Meer inligting: www.bell-post.co.za

2 Namaqua Wines se wyn­-makers het oor dekades geleer

hoe om die beste uit hul wingerde te kry. Elke wyn word sorgvuldig met noukeurige aandag gemaak en dus weet jy elke teugie gaan oor-

loop van die spesifieke terroir.) Meer inligting: www.namaqua-wines.com

3 Fryer’s Cove Vineyards se win-gerde is teenaan die R362 na

Doringbaai, minder as 600 m van die Atlantiese Oseaan. Jy sal nie sommer op ’n lekkerder plek sit met ’n sauvignon blanc of pinot noir in die hand as op hierdie skil-deragtige hawe met sy prag­-panorama oor die baai nie.) Meer inligting: www.fryers­-cove.co.za

4 Seal Breeze is teen die oewer van die Olifantsrivier, net verby

Lutzville. Geniet wyne in die prag­-tuin of kuier in die kelder met die wynmaker, Joan Wiggins. Unieke,

eksklusiewe wyne word hier nog met die hand gemaak.) Meer inligting: wined.co.za

5 Klawer Cellars is deel van die Rooibosroete en om jou rooi-

bosavontuur te verbeter, bied Kla-wer nou ’n rooibos-en-wynparing. Die kelder het al talle pryse gewen en bied ’n uitsonderlike verskeiden-heid wit- en rooiwyne, asook des-sert- en vonkelwyn, en druiwesap.) Meer inligting: www.klawer­-wine.co.za

6 Doornkraal is ’n gemeen-skapswynbouprojek in ven-

nootskap met die Namaqua-wyn-makery. Die klein wingerde in Ebe-naeser word steeds volgens eeue- oue landboutradisies bewerk. Die

wyn is beskikbaar by Die Keldery asook by Namaqua se aanlyn win-kel.) Meer inligting: www.namaqua-wines.com.

7 Teubes Wines is op die R363 net buite Vredendal en word

reeds meer as drie dekades deur die Teubes-familie bewerk. Maak ’n dag daarvan; wandel of trap fiets langs die plaaspaaie en sluit jou dag af met ’n wynproe en puik kos.) Meer inligting: www.teubes­-wines.co.za) Volg Jacques Marais op Twit-ter @jacqmaraisphoto of bel hom by 083 444 5369 met enige avontuurgebeurtenis of buitelug-nuus.

Sewe Namaqua-Weskus-kelders om by te stop: