doppertjie · teks: johannes 6:1-14; 27-35 gebed god se wil: eksodus 20 sing: psalm 130:1,2...

12
. Oggend Liturgie Sing: Psalm 150:1,2 (2001) Votum: Lied 164:1,2 Groetseën Loflied: Psalm 149:1,2; Lied 175 Geloofsbelydenis: Rom 8:31-39 Gebed Kleuterbediening Skriflesing & prediking Teks: Johannes 6:1-14; 27-35 Gebed God se wil: Eksodus 20 Sing: Psalm 130:1,2 Offergawes Sing: Lied 253:1,2 Wegstuurseën Predikant Dinant Zwemstra [email protected] 083 601 8986/ 021 854 5456 Kantoor Hannelie Mostert [email protected] 021 854 4584 Kantoorure Maandag-Donderdag 08:00 13:00 Webwerf Kobus Buys/Chris Joubert www.gkstrand.co.za Wagwoord:GKStrand Facebook www.facebook.com/groups/strandgk Eredienste op Internet: Eredienstye 09:00 (oggend-somer) 18:30 (aand) 09:30 (oggend-winter) 18:30 (aand) http://kerkdienstgemist.nl Skriba Retha Oostenbrink [email protected] 079 884 0908 Redakteur Thys Ebersohn [email protected] 081 784 1904 Diakonie [email protected] KERKINLIGTING Aand Liturgie Sing: Psalm 145:1,4,10,11 (1936) Lied 199:1,3 Votum Seën Loflied: Psalm 95:1,3 (2001) Lied 197:1,2 Gebed Skriflesing & prediking Teks: 1 Tim 1:12-2-7 Lees ook: Sondag 39; NGB Art 36 Gebed Offergawes Sing: Psalm 72:1,6 (2001) Wegstuurseën Doppertjie Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Strand No. 03/2019 27 Januarie jJ

Upload: others

Post on 22-Oct-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

  • .

    Oggend Liturgie

    • Sing: Psalm 150:1,2 (2001)

    Votum: Lied 164:1,2

    Groetseën

    Loflied: Psalm 149:1,2; Lied 175

    Geloofsbelydenis: Rom 8:31-39

    Gebed

    Kleuterbediening

    Skriflesing & prediking

    Teks: Johannes 6:1-14; 27-35

    Gebed

    God se wil: Eksodus 20

    Sing: Psalm 130:1,2

    Offergawes

    Sing: Lied 253:1,2

    Wegstuurseën

    Predikant Dinant Zwemstra [email protected] 083 601 8986/ 021 854 5456

    Kantoor Hannelie Mostert [email protected] 021 854 4584

    Kantoorure Maandag-Donderdag 08:00 – 13:00

    Webwerf Kobus Buys/Chris Joubert www.gkstrand.co.za Wagwoord:GKStrand

    Facebook www.facebook.com/groups/strandgk Eredienste op Internet:

    Eredienstye 09:00 (oggend-somer) 18:30 (aand)

    09:30 (oggend-winter) 18:30 (aand)

    http://kerkdienstgemist.nl

    Skriba Retha Oostenbrink [email protected] 079 884 0908

    Redakteur Thys Ebersohn [email protected] 081 784 1904

    Diakonie [email protected]

    KERKINLIGTING

    Aand Liturgie

    Sing:

    • Psalm 145:1,4,10,11 (1936)

    • Lied 199:1,3

    Votum

    Seën

    Loflied: Psalm 95:1,3 (2001)

    Lied 197:1,2

    Gebed

    Skriflesing & prediking

    Teks: 1 Tim 1:12-2-7

    Lees ook: Sondag 39; NGB Art 36

    Gebed

    Offergawes

    Sing: Psalm 72:1,6 (2001)

    Wegstuurseën

    Doppertjie Nuusbrief van die Gereformeerde Kerk Strand

    No. 03/2019 27 Januarie jJ

    http://www.google.co.za/url?sa=i&rct=j&q=&esrc=s&source=images&cd=&cad=rja&uact=8&ved=0CAcQjRxqFQoTCJWS6oqqiskCFUu2FAodadQLmQ&url=http://www.bluebird-electric.net/bluebird_marine_jetstar_donald_campbell.htm&psig=AFQjCNHBE6DylLm0p36tmYvftU3kUzVMHQ&ust=1447398377162837mailto:dinant@mailto:[email protected]://www.gkstrand.co.za/http://kerkdienstgemist.nl/mailto:[email protected]:[email protected]:[email protected]

  • KERKRAAD AAN DIENS Vandag__________ 03 Februarie _____________

    Ouderlinge Ouderlinge

    Casper Schutte, Koos Stokes Pieter Wever, Dave Adendorff

    Diakens Diakens

    AC Botha, Tiaan Coetzee, Nicolene van der Walt

    Petro Kruger, Lisbé Wever Lourens Erasmus, Hennie Roos

    OFFERGAWES Vandag

    Binne: Plaaslike Bediening Deure: Barmhartigheidsdiens

    03 Februarie

    Binne: Sending & Evangelisasie Deure: Plaaslike Bediening

    KOFFIE EN TEE VANDAG: Vicky & Marius Swart, Lienka vd Berg, Grietjie

    van Aartsen, Louie van der Vyver 03 Februarie

    JP & Anel van der Walt, Gerna van der Walt, Wessie & Magdaleen van der Westhuizen,

    Trudie van der Westhuizen

    Sien instruksies vir koffiefles

    IN KOMBUIS VOOR DIENS

    DAGBOEK

    WOENSDAG, 30 JANUARIE

    09:00 Bybelstudie

    VERJAARSDAE

    Dinsdag, 29 Januarie

    Hendrik Kuhn

    071 128 1490

    Anel van der Walt 078 327 7150

    Magdaleen van der Westhuizen 082 801 7409

    Rina van Heyningen 084 585 7787

    Woensdag, 30 Januarie Ingrid Coetzee 082 726 7361

    Vrydag, 01 Februarie Rienie du Plessis

    083 708 5830

    Dorette Schutte 083 384 0876

    Saterdag, 02 Februarie Jan Dalhuysen

    082 338 5558

    Cindy Venter

    083 410 7248

    Ilze Beukes 072 711 1934

    Ons wens almal die seën van die Here toe op die

    nuwe lewensjaar.

    Veels geluk!

  • PREEKSKETS : OGGEND Om brood te vermeerder...

    Teks: Johannes 6:1-14; 27-35

    Inleiding

    Ons leer mense ken uit wat hul sê en wat hul doen. Dieselfde met Christus. Deur

    Sy woord en dade kan ons hom leer ken. Ons gaan Hom egter nooit volkome

    verstaan nie, want Hy is ’n perfekte mens, en vir ons as onperfekte mense, gaan

    dit uiteraard moeilik wees om onsself dit te kan indink.

    Johannes beskryf Jesus se wonderwerke as tekens – dis nie net lukrake bewyse

    van Sy krag nie; Jesus se wonderwerke was baie spesifiek, en het betekenis en

    doel gehad. Johannes noem die wonderwerke daarom tekens.

    Vandag ’n baie bekende wonderteken, die kos vir die 5000 mense. Hierdie is ook

    dan ’n wonderwerk wat in al vier die Evangelies beskryf word. Die verskil is dat

    Johannes vir ons neerskryf wat Jesus sê oor die wonderwerk. Jesus verklaar as’t

    ware self hierdie teken.

    Hoekom hierdie wonderwerk? Vers 35 sê vir ons: Jesus het die mense fisies

    gevoed, maar dis ’n simbool van die feit dat Jesus die brood van die lewe is.

    Ons gaan dus in ons tyd hier saam kyk na daardie verklaring van Jesus:

    • Ek is die brood van die lewe.

    • Ek is die brood van die lewe.

    • Ek is die brood van die lewe.

  • PREEKSKETS : AAND Kerk en regering?

    Teks: 1 Tim 1:12-2-7

    Lees ook: Sondag 39; NGB Art 36

    Hierdie jaar is verkiesingsjaar, en elke politieke ontleder het ’n ander ontleding van

    wat moontlik dalk gaan gebeur... Die vraag wat ons vanaand gewoon vra is: Wat

    is die kerk (ons) se taak ten opsigte van die owerheid?

    In ons teks is daar ‘n paar beginsels wat ons kan uithaal. Maar net eers bietjie

    konteks:

    • In hoofstuk 2 van die brief van Paulus aan Timoteus, wat leiding moet neem

    in die gemeente van Efese, handel Paulus oor sekere praktiese sake wat in

    die gemeente moet aandag kry.

    • Hierdie praktiese sake gaan dan oor dinge wat moet gebeur in die

    samekomste van die gelowiges (eredienste)

    • Paulus begin sy vermaning oor die gebed in die erediens deur daarop te wys

    dat daar vir ALLE MENSE gebid moet word.

    • Na die algemene vermaning gaan Paulus oor tot die noem van 'n groep mense

    waarvoor daar spesifiek gebid moet word nl. die wat regeer en gesag uitoefen.

    Die uitwerking van die gebed vir die owerheid is dat daar rus en stilte kan kom.

    Hiermee word bedoel dat daar nie onnodige hindernisse in die lewe van die

    gelowiges mag wees nie.

    Die doel van gebed vir die owerheid is dan nie rus en stilte in die sin van gemaksug

    nie, nee - en dit is belangrik - die eer van God self. Ook die owerheid staan in sy

    diens, hulle is slegs sy dienaars. Hulle moet, op hulle terrein, meewerk aan die

    uitdra van die Evangelie. Deur rus en stilte te verseker sodat die kerk van die Here

    sy taak kan uitvoer, dien hy God. Daarvoor moet ons bid.

    In ons land in die huidige omstandighede is hierdie sake so aktueel soos altyd!

  • LIEF & LEED

    Thys Ebersohn se suster Marietjie Jansen van Nelspruit is Maandag oorlede.

    Ds. V Bantim was ook in die hospitaal met ‘n infeksie maar is weer uit en

    dit gaan beter.

    KLEUTERKERK

    Ons beoog om hierdie jaar speel-speel saam deur God se woord te stap. Ons fokus is om julle

    bekend te stel aan die bekendste Bybelverhale van die Ou Testament en sodoende dan ook die

    bekendste Bybelkarakters uit die Ou Testament. In vandag se les gesels ons oor Eva. God het

    vir Eva gemaak om Adam se helper te wees. Ons bespreek in hierdie les Adam, Eva en die

    slang se straf vir hulle ongehoorsaamheid.

    Groete,

    Die Kinderkerk Tannies

    ’N GROEPIE (STILTETYD VAARDIGHEDE)

    Sören Kierkegaard, ‘n 17de eeuse filosoof en teoloog, het die volgende gesê:

    Hoe meer ek van gebed leer, hoe minder het ek te sê. Uiteindelik word ek stil.

    Heeltemal stil.

    Eers het ek gedink bid is praat, nou het ek geleer bid is nie net stilbly nie, dit is

    LUISTER

    Bid is nie om jouself te hoor praat nie, bid is om te wag tot jy God se stem hoor.

    In 1 Kon. 19 lees ons dat Elia net na sy kragtige vertoning by Karmel baie moedeloos en

    onseker geraak het. Eers nadat God hom die woestyn ingelei het en hy stil geword het, kon

    hy God se stem hoor waar Hy met hom in die stilte gepraat het.

    Om stil te word voor die Here is ’n vaardigheid wat ingeoefen kan en moet word. Ek nooi jou

    uit na ‘n uurlange oefensessie een maal ‘n week (ek weet nie watter aand die beste sal werk

    nie) by die kerk, om ons luistervaardighede te ontwikkel en te verbeter.

    Kontak my gerus by 076 271 1140

    Groete

    Lucia Streuderst

  • SOPKOMBUIS Die meeste van ons begin die jaar met ʼn kilo of 2 meer as aan die begin van

    Desember. Ons het heeltemal te veel om te eet!

    Dit is nou al vir ʼn geruime tyd dat die Gees met my besig is oor ons wat het en

    hulle wat nie het nie. Ek ry gereeld laatmiddag by die mense verby wat al heeldag

    wag vir werk. Hulle gaan leë hande terug huis toe, waar daar moontlik honger

    kinders wag. Dit het vir my duidelik geword dat die Here wil hê ek moet kos

    uitdeel om sodoende sy liefde aan honger mense te bewys.

    Prakties beteken dit dat ek een keer per week kos wil maak om vir hierdie mense

    ʼn bakkie kos te gee om huis toe te neem.

    Kom skud daardie ekstra kilo's af deur te help kos kook. Jy kan ook help deur die

    bakkies te versprei of deur bestanddele te skenk. Ek is baie opgewonde om van

    jou te hoor, sodat ons saam ʼn verskil kan maak.

    Ons vra ook dat u alle ongebruikte jogurt-, margarien- en roomyshouers sal

    skenk wat ons kan gebruik om die kos aan die mense uit te deel.

    Elbé van der Merwe 0829316494

    BREIPROJEK

    Nuwejaarsgroete aan al my liewe vriendinne!

    Ek het al na julle begin verlang, maar gelukkig sien ek julle almal weer en dit

    gaan besonder goed met julle. Ek hoop julle het dit waarvan julle baie hou baie

    geniet en sien, soos ek, uit na al die lekker onbekende dinge van die jaar. Ons

    moet Woensdag, 6 Februarie weer saam tee drink na Bybelstudie sodat ons weer

    kopstukke kan gesels en deel het aan almal se fees/vakansie wedervaringe. Maak

    `n merkie en ek sien baie uit daarna om julle almal weer te sien, te hoor en styf

    vas te hou.Vreugdevolle en geseënde week !

    Hermie

    083 300 8999

  • LUX MUNDI-OPLEIDING

    Lux Mundi Training is 'n eie inisiatief sonder enige staatsondersteuning. Vanweë die

    groot skool-uitvalsyfers en moeilike toegang van kinders van die Kaapse Vlakte tot

    naskoolse onderrig, het ons 'n gemeenskap kollege begin. Ons is ten volle geakkrediteer

    as 'n opleidingsentrum wat geakkrediteerde kursusse aanbied. Leerders maak 'n klein

    bydrae en die ander onkostes word deur skenkers gedra. Daar is groter getalle wat wil

    inskryf maar ons het nie genoeg rekenaars om hulle te akkommodeer nie. Indien ons

    groter getalle inskryf kan die klein bydrae van die studente 'n groter deel van die

    oorhoofse kostes dek en ons kan groter impak maak op die nood en ons vestig as 'n

    lokasie kollege. Ons stel in vooruitsig om net vakke aan te bied waarin mense vir hulleself

    werk kan skep en nie werk soekers te word nie. Ek wil ook die kerkplant- opleiding van

    Harvesters deel van ons opleiding maak.

    Ds. Rodney van Wyk

    Ons het ’n versoek van Ds. Rodney ontvang vir ten minste 10 tweedehandse

    skootrekenaars of gewone rekenaars vir Lux Mundi opleidingsdoeleindes. Indien

    daar lidmate is wat nuwe rekenaars gekoop het en hul ou rekenaars nie meer

    gebruik nie, laat weet asseblief die kerkkantoor.

    SUSTERSAAMTREK 2019

    Die jaarlikse Bolandse Sustersaamtrek vind DV op 9 Maart plaas en die Bellville

    gemeente bied vanjaar se saamtrek aan.

    Die koste beloop R 100-00 per persoon en mense wat belangstel om te gaan moet

    asseblief hul name op die lys aan die kennisgewingbord skryf.

    Die sperdatum vir voorlopige naamlyste is 24 Februarie en die finale getalle moet

    op 3 Maart aan Bellville deurgegee word.

    Die tema vanjaar is Omgee-wingsbewus. God se kinders gee om vir Sy skepping.

    (Genesis 1:28 en Psalm 8)

  • FONDSINSAMELING VIR VROUE-AKSIES Om die Vroue-Aksies vir 2019 te kan finansier, sal ons so een keer per kwartaal 'n

    Fondsinsamelings-aksie hê.

    Die idee is om fondse te genereer om die Vroue-aksies te kan finansier, maar ook sommer

    net lekker kuier-geleenthede te skep.

    Die eerste Fondsinsameling sal in die vorm van kosverkope wees.

    Datum: Vrydag 1 Maart 2019

    Kos te koop: Hoender-kerrie en rys @ R35 per bakkie

    Bestellings: Skryf asb van vandag af jul bestellings neer op die lys op die aansteekbord.

    Ons wil graag almal aanmoedig om daardie Vrydagaand hier by die kerk te kom eet.

    Ons sal gedekte tafels hê en daar sal ook iets te drinke verkoop word.

    VROUE-AKSIE Vir ons eerste Vroue-aksie van 2019, gaan ons 'n Valentynsdagtee by Huis Esparanza hou vir

    die bejaardes.

    Datum: Vrydag 15 Februarie 2019

    Tyd: 09:30-11:00

    Almal wat graag wil help met hierdie funksie, moet asb vandag na die erediens voor by die

    klavier / orrel bymekaarkom.

    VROUE GEBEDSAKSIE VIR JANUARIE 2019: Ons wil gedurende 2019 elke maand doelgerig vir 'n saak bid. Ons sal ook spesifieke punte in die Whatsapp groep en Doppertjie noem wat die gebed vir daardie maand gefokus kan maak. Tydens Januarie wil ons dan graag bid vir die bejaardes in:

    • die wêreld

    • ons land

    • ons gemeenskap en

    • ons kerk. Ons wil bid vir hulle fisiese versorging en gesondheid en vir hulle geestelike versorging en dat hulle die Here sal dien, en leer ken daar waar hulle Hom nog nie ken nie.

  • GEBED VIR DIE GEMEENTE

    Psalm 40:6

    Here my God, U het baie wonderlike dinge gedoen: U dink altyd aan ons: daar is

    niemand soos U nie. Ek sou daarvan wou vertel en daaroor praat, maar dit is te

    veel om op te noem.

    Ons dank ons Vader vir die wonderlike dinge wat Hy vir ons elkeen en ons

    gemeente doen, elkeen van ons ervaar Sy liefde op verskillende terreine en

    gebeure.

    Ons sê in besonder dankie aan ons Hemelse Vader dat ons Herdersgesin hierdie

    week so bevoorreg is om in hulle eie huis te kan intrek.

    Ons bid vir die veilige verhuising van Ds. Dinant en gesin en dat hulle gelukkig,

    vreugdevol en geseënd sal wees in hul nuwe aardse woning.

    Ons vra met smeking dat daar vir die Bantam-gesin sekerheid oor hul roeping en

    toekomsplanne sal kom en dat dit tot eer van God sal wees.

    Psalm 141:2

    Mag my gebed voor U wees soos ‘n wierookoffer, die uitstrek van my hande soos

    ‘n graanoffer in die aand.

    TER APPROBASIE: DIAKENS

    Die Kerkraad hou die volgende lidmate ter approbasie voor as diakens:

    Conrad de Bruyn; en

    Tjaart Venter Jr.

  • VERWELKOMING DIENSBEURTE

    Dit is nou al gebruik dat van ons gemeentelede elke Sondagoggend by die deur

    staan en almal verwelkom en Doppertjies uitdeel.

    Hieronder is die dienslys tot Junie. Dit sal van aanstaande Sondag af ook elke

    week saam met die ander diensbeurte gepubliseer word.

    Datum Naam Naas

    27 Jan Ina Fourie Cornel Fourie

    3 Feb Debbie Coetzee Ingrid Coetzee

    10 Feb Lucia Streuderst Lienka vd Berg

    17 Feb Rita Grobler Marieta Aston

    24 Feb Sanet Grönum Maritz Grönum

    3 Maart Estie Bam Ilse Kaspers

    10 Maart Clara de Villiers Louis Robbertse

    17 Maart Petro Kruger Gerrit Kruger

    24 Maart Millie Bronkhorst Sarah Badenhorst

    31 Maart Ferdie Wantenaar Marlida Wantenaar

    7 April Gerrit Earle Louis vd Vyver

    14 April Lisbe Wever Pieter Wever

    21 April Hannelie Mostert Ian Mostert

    28 April Anel vd Walt JP vd Walt

    5 Mei Anelise Ludeman Konrad Ludeman

    12 Mei Monene Wust Derek Wust

    19 Mei Anne Marie Baard Francois Baard

    26 Mei Elbie Bingle Dirkie Meyer

    2 Junie Caren Dalhuysen Jan Dalhuysen

    9 Junie Martha Pretorius Mathilda Oberhofer

    16 Junie Elbe vd Merwe Mieke vd Merwe

    23 Junie Petro Kruger Gerrit Kruger

    30 Junie Dave Adendorff Tanya Zwemstra

  • WOORDSOEK:GENESIS 47

  • OU ALMANAKKE BESKIKBAAR

    Daar het ‘n paar Almanakke van vorige jare oorgebly. Indien iemand van dit wil

    hê, kontak asseblief die kerkkantoor voor einde Januarie.

    KOEKSISTERS TE KOOP!

    Ons vrouens het weer fluks gebak en heerlike koeksisters kan weer gekoop word

    teen R 30-00 per dosyn! Kontak vir Debbie Coetzee vir bestellings - 0823512588

    ONDERSTEUN ONS LIDMATE! Gekwalifiseerde

    versorger beskikbaar

    Maandae tot Vrydae

    08:00 - 16:00

    Sandra

    079 885 4623

    *************

    Ek maak gordyne,

    romeinse blindings en

    kwilts. Skakel Antonia

    Cloete by

    073 006 0640

    ************

    Grafiese ontwerper

    doen logos, brosjures,

    besigheids- en produk-

    indentiteit en nog

    meer. Skakel Ian by

    084 720 9528

    *************

    Kiaat, Rooshout en

    Zimbabwiese Teak vir

    meubels asook

    vloerplanke.

    Kontak Thys

    081 784 1904

    *************

    Avroy Shlain

    Skoonheidsprodukte

    Sanet Grönum

    082 381 8854

    Vir Aluminiumgeute

    en afvoerpype

    skakel vir

    Hugh of Hermie

    Michler

    083 300 8999

    *************

    Kontak Miriam Barnard

    vir natuurlike

    gesondheids-produkte,

    Sportron Ascendis en

    handgemaakte

    produkte bv.

    tafelmatjies,

    inkopiesakke ens.

    083 744 6886

    *************

    Vir beter kennis oor

    grondgeskiktheid en

    doeltreffende

    besproeiing in jou tuin,

    kontak gerus vir Giel

    Streuderst MSc.

    (Agric.) by 082 388

    0064.

    *************

    Kom leer om jou eie

    Tiffany lampe te maak asook vensters en

    deure! Kontak Jetty Salomons op 082 320 6577 of

    021 856 0736.

    Kontak gerus vir Hermie

    as jy ‘n ou teddiebeer

    wil laat regdokter

    083 300 8999

    *************

    Oppas van huis en

    diere. Doen dagbesoeke of

    inslaapdiens. Johanna en

    Anton

    082 482 6777 /

    0218533745

    *************

    Vir alle verfwerk in en om

    die huis, skakel Jan van

    der Waals

    072 424 4653

    *************

    Vir enige elektriese

    herstelwerk of installasies,

    kontak Mossie Mostert

    072 910 8244

    ❖❖❖❖❖❖❖❖❖❖❖

    Kontak Gerrit Earle vir

    enige staal- en sweiswerk, hy kan ook klein vragte

    vervoer. Kontak Gerrit by 073 654 4345