dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · danie visser 36...

22
1 Dorpers | In die nuwe eeu INHOU D Kopiereg ©: Dorper Skaaptelersgenootskap van Suid-Afrika Posbus 26 • Middelburg • Oos-Kaap 5900 • Suid-Afrika Tel: +27 (0)49 842 2241 • Faks: +27 (0)49 842 3589 E-pos: [email protected] Webblad: www.dorpersa.co.za Brosjure komitee: President en raadslede. Gekoöpteer: Dolf Lategan Outeur: Dolf Lategan Villa Sodètte 5 • Cilliersstraat 15 • Parys 9585 • Suid-Afrika E-pos: [email protected] ISBN: 978-0-620-42249-9 Produksie van publikasie: Charmainé Alberts Ontwerp & Bemarking Posbus 328 • Brandfort 9400 Tel: +27 (0)51 821 1783 • Faks: +27 (0)51 821 1267 E-pos: [email protected] artikels Voorwoord 3 Inleiding 5 Geskiedenis van die Dorper 6 Boerdery met die KOS konsep 9 Verskillende maniere om dekking toe te pas 13 Inteling in die stoetbedryf 15 Bepaling van die liggaamskondisie van skape 20 Algemene riglyne vir ‘n bestuursprogram 23 Rektale prolaps feite & flaters 30 Uitstaande kenmerke van die Dorper 33 Rasstandaard 37 Stoetteling 53 Dorper beoordeling 56 Dorper Genootskap & Klubs 57 Dorper mylpale 61 Voedingsbehoeftes van skape 62 Voerkraalafronding van lammers 67 Rekenaars & Prestasietoetsing in boerdery 71 Meganisasie & Tegnologie wêreldwyd 76 Brucella Ovis beheerskema vir Dorpers & Wit Dorpers 77 Vleisgehalte kenmerke 81 Opleidingsgalery 85 Ten slotte 99 Erkenning 99 Toets jou kennis 100 advertensies Albian Boerdery 31 CMW 4 Cronjé 32 Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies 8 KLK Landbou Bpk 66 Koenie Kotzé 58 - 59 NERPO 104 Nooitgedacht IFC Peet Cilliers 50 Swaarbou 26 UOVS 104 Woelewater 22

Upload: others

Post on 07-Oct-2020

14 views

Category:

Documents


3 download

TRANSCRIPT

Page 1: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

1Dorpers | In die nuwe eeu

I N H O U D

Kopiereg ©:Dorper Skaaptelersgenootskap van Suid-AfrikaPosbus 26 • Middelburg • Oos-Kaap 5900 • Suid-AfrikaTel: +27 (0)49 842 2241 • Faks: +27 (0)49 842 3589E-pos: [email protected]: www.dorpersa.co.za

Brosjure komitee:President en raadslede. Gekoöpteer: Dolf Lategan

Outeur:Dolf LateganVilla Sodètte 5 • Cilliersstraat 15 • Parys 9585 • Suid-AfrikaE-pos: [email protected]

ISBN: 978-0-620-42249-9

Produksie van publikasie:Charmainé Alberts Ontwerp & BemarkingPosbus 328 • Brandfort 9400Tel: +27 (0)51 821 1783 • Faks: +27 (0)51 821 1267E-pos: [email protected]

artikelsVoorwoord 3Inleiding 5Geskiedenis van die Dorper 6Boerdery met die KOS konsep 9Verskillende maniere om dekking toe te pas 13Inteling in die stoetbedryf 15Bepaling van die liggaamskondisie van skape 20Algemene riglyne vir ‘n bestuursprogram 23Rektale prolaps feite & flaters 30Uitstaande kenmerke van die Dorper 33Rasstandaard 37Stoetteling 53Dorper beoordeling 56Dorper Genootskap & Klubs 57Dorper mylpale 61Voedingsbehoeftes van skape 62Voerkraalafronding van lammers 67Rekenaars & Prestasietoetsing in boerdery 71Meganisasie & Tegnologie wêreldwyd 76Brucella Ovis beheerskema vir Dorpers &Wit Dorpers 77Vleisgehalte kenmerke 81Opleidingsgalery 85Ten slotte 99Erkenning 99Toets jou kennis 100

advertensiesAlbian Boerdery 31CMW 4Cronjé 32Danie Visser 36Famacha 10Gideon Vivier 2Hennie Human 54HerdMASTER 70John Dell OBCKasteel 60Klipkoppies 8KLK Landbou Bpk 66Koenie Kotzé 58 - 59NERPO 104Nooitgedacht IFCPeet Cilliers 50Swaarbou 26UOVS 104Woelewater 22

Page 2: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

3Dorpers | In die nuwe eeu

deur d ie Pres ident

Tegnologie bied tans nuwe uitdagings aan die Dorper bedryf.

Ons brosjure en handleiding word deur studente wat kursusse bywoon grappenderwyse “Die boek van Kennis” genoem. Die boek illustreer nuwe visuele metodes van opleiding.

Hierdie manuskrip is nou gevestig in baie lande en geniet erkenning as ‘n uitstaande handleiding in verskeie tale dwarsoor die wêreld. Dit beeld die Dorper op ‘n vars, nuwe wyse uit en selfs ander rasse het waardering daarvoor.

Die pioniers van hierdie pragtige ras sou besonder trots gewees het op die wyse waarop die nuwe generasie jaarliks steeds na groter hoogtes strewe.

Ons vertrou dat hierdie nuwe uitgawe net so suksesvol sal wees en selfs meer opwinding en belangstelling as die vorige uitgawes sal veroorsaak.

Die toekoms van die Dorper berus op die insamel van geloofwaardige in-ligting deur prestasie- en nageslagtoetsing.

Hierdie inligting sal van onskatbare waarde wees vir die kuddeboer en hom aanspoor tot groter ideale.

Meer inligting deur die stoetteler verskaf sal tevrede en ingeligte kliënte tot gevolg hê.

Korrekte seleksie deur kennis en praktiese ondervinding sal uiteindelik lei tot groot sukses.

Gideon VivierPresident

Page 3: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

33Dorpers | In die nuwe eeu

• Aanpasbaarheid: dit word gemeet aan hoe die dier fl oreer onder verskillende klimaat- en weidingsomstandighede en word bepaal deur: 1lae mortaliteit, 2produksie, 3groeisnelheid en 4die ooi behoort ook in ‘n redelike goeie kondisie te bly terwyl sy die lam grootmaak, om gereed te wees vir die volgende teelsiklus. Wees egter redelik teenoor u diere tydens droogte, swak weidingsomstandighede, en as ‘n ooi tweelinge of meerlinge moet voed. Laat die natuur u help

met hierdie belangrike aspek.

Soos die foto’s wys tus-sen rotse of op grasperke en waar u wil, pas die Dorper aan! Die Dor-per presteer ook goed in die voerkraal indien nodig.

Die uitstaande kenmerke van die Dorper is reeds genoem onder Seleksie. Ons hoef nie te wonder hoe om dit te verkry nie, omdat dit in die ras ingeteel is oor die afgelope 60 jaar. Ons moet egter versigtig wees om dit nie uit te teel of selek-teer nie. Die Dorper is primêr ‘n vleisskaap en daarom wan-neer u seleksie doen, hou die volgende in gedagte:

• Lam (Vleis) Produksie: ons moet bly selekteer vir 1optimum vleisgehalte, 2hoë produksietempo (vrugbaarheid d.i. lammers gebore per ooie gepaar), 3reproduksie of fekun-diteit (hoeveelheid kg lamsvleis geproduseer per ha.). 4Gewigstoename en 5karkasgehalte (vetverspreiding). In-dien u drie keer in twee jaar wil lam, neem kennis van die volgende:

1. Die ooi agtergrond is belangrik. Die vrugbaarheid van die ooi begin reeds met die voeding van die ooilam in haar eerste 12 weke van bestaan (Prof. van Niekerk Universiteit Pretoria).

2. Die voeding en kondisie van die ooi is belangrik voor en tydens paring.3. Bestuur, grootte van paringsarea en die persentasie ramme tot ooie.4. Die vrugbaarheid, kondisie, libido en gesondheid van ramme.5. Alhoewel die Dorper ‘n lang teelseisoen het is daar wel ‘n kort lae bronstigheid tydperk vir ooie wat verskil van area

tot area wat in ag geneem moet word.

van die Dorper

UITSTAANDEkenmerke

Neem kennis dat die ram reeds by die ooie is nog voordatlammers gespeen is.

Indien ons kyk na die uitstaande vorm en vetverspreiding is dit duidelik waarom hierdie kar-kasse as kampioene aangewys is. Dorper en Dorperkruisings oor-heers karkaskompetisies wêreld-wyd, soos die middelste foto ge-tuig uit Australië.

Ekstensiewe toestande Intensiewe toestande

Page 4: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

34 Dorpers | In die nuwe eeu

• Gehardheid: Die Dorper is geteel om aan te pas en te fl oreer onder verskillende toestande. Van die ergste droogte tot die koudste, natste en selfs onder sneeutoestande. Onder hierdie toestande moet die dier kan 1oorleef en 2weer-stand bied teen gesondheidsrisiko’s en siektes. Die Dorperooi sal onder 3swak toestande nog ‘n lam grootmaak aangesien dit een van die doelstellings was met die ontwikkeling van die ras. Selekteer hiervoor deur observasie en rekordhouding. Waarom fl oreer sekere diere terwyl ander onder dieselfde toestande op dieselfde plaas vertroetel moet word?

Dorpers in uitermate droogtes Dorpers doen selfs goed in sneeu Amerika & Switserland bevestig dit wat almal verbaas

Intensiewe weiding Vreet ook hoog

• Veldgebruik: Die Dorper is uitstekend in hierdie verband, en sal byna enigiets vreet. Hierdie feit kan van groot waarde wees om andersins onbenutte weiding te laat vreet. Daar word geglo dat die Dorper die veld vertrap, maar dit is nie waar nie. Die boer se bestuurstelsel is ‘n groter faktor in die beskadiging van die veld. Verseker dat u dra-kapasiteit (getalle in die veld, van kamp tot kamp) korrek is vir u veldgroei en kwaliteit weidingstoestande. Neem waar dat die Dorper ‘n nie-selektiewe vreter is en indien nodig ook hoog sal vreet.

• Goeie moedereienskappe: Dit is reeds bespreek en is ‘n baie goeie eienskap van die Dorper. Wanneer die ooie al-leen gelaat word sal hulle maklik lam, en sal die lammers behou en goed versorg word. Gee hulle genoeg ruimte met goeie weiding, skoon water ens. en hulle sal u goeie opbrengs op u belegging gee. Die Dorperooi gooi nie sommer lammers weg nie, selfs al word hulle hanteer kort na geboorte. Die ooi se melkproduksie is hoog en maak meerlinge maklik groot. Sien ook die melkproduksie-grafi ek onder voedingsbehoeftes. Die mortaliteit van die Dorper is baie laag.

Moedereienskappe

Page 5: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

35Dorpers | In die nuwe eeu

• Dorpervelle: *Dorpervelle word beskou as die beste ter wêreld. Dit het geen plooie nie en ‘n gladde grein. Dit word gebruik in die vervaardiging van hoë gehalte klere van leer en leerhandskoene. *Hierdie velle is ‘n gesogte uitvoerproduk, en min Dorpervelle word plaaslik in die Leerindustrie gebruik. Gepekelde Dorpervelle word meestal verkoop vir uitvoer teen goeie pryse. *Die grein van die vel neem helfte van die totale dikte van die vel op. Kliere is nie goed ontwikkel in die grein nie, omdat die grein bestaan uit ‘n netwerk van sterk kollageenvesels. Hierdie netwerk van kollageenvesels maak die leer besonder sterk. Kollageen is die materiaal wat die leer vorm. *‘n Skaapvel met baie hare lyk baie soos ‘n bokvel. Die vesels van ‘n Dorpervel is delikaat, maar die velstruktuur is digter as die van bokvelle of wolvelle. Die weefhoek van die Dorpervel is plat, ‘n kenmerk wat die leer verder versterk. *Die Dorper het ‘n dik vel wat hoog geag word en die skaap in strawwe klimaatstoestande beskerm. Dopervelle is sterk en word opgeraap deur die buiteland vir verwerking. (*Inligting verskap deur die Suid-Afrikaanse Vleisraad)

H5 H5/H4

• Dorpers met goeie bedekking is ook maklike sorg diere: Die Dorper is ‘n maklike ras om voor te sorg en benodig die minimum arbeid. Die ideale bedekking is ‘n mengsel van hare en wol wat sal afval as dit nie geskeer word nie om dit netjies te hou. Behalwe vir die uitstaande kenmerk spog die Dorper en Witdorper ook vir ‘n addisionele inkomste uit sy vel! Die ideale bedekking H5 en H4 is ook die gesogte vel in aanvraag.

• Algemene voorkoms: Die Dorper het ‘n baie rustige geaardheid, en dit is ‘n plesier om met hom te werk. Die voorkoms van die Dorper val in baie mense se smaak, en dit is natuurlik dat die mens omgee vir iets wat ‘n mooi voorkoms het. Soos u kan sien uit die foto’s is die diere onweerstaanbaar en ‘n bekoring vir kinders. Kinders is ons toekomstige telers . . .

. . . Liefde vir diere laat jou ook omsien na hulle . . .

Page 6: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

37Dorpers | In die nuwe eeu

Rasstandaard

Die dier word dan verder in verskillende afdelings geëvalueer:

• Bouvorm - Simbool “B” B5 baie goeie gehalte (ideaal) - stoet B4 goeie gehalte - stoet B3 gemiddelde gehalte - 1ste sel B2 swak gehalte - 2de sel B1 baie swak met foute - prul

• Grootte en groeisneldheid - Simbool “G” G5 groot skaap - stoet G4 gemiddelde groot skaap - stoet G3 ondergemiddeld - 1ste sel G2 klein - 2de sel G1 uitermate klein of groot - prul

• Distribusie van vet - Simbool “D” D5 goeie verspreiding oor die hele lyf - geen vetlokalisasie - stoet D4 goeie vetverspreiding - geringe lokalisasie - stoet D3: redelike mate van gelokaliseerde vet of droog - 1ste sel D2: gelokaliseerde vet of te droog - 2de sel D1: oormatige gelokaliseerde vet of baie droog - prul

NB: By die beoordeling van distribusie van vet word meer gediskrimineer teen vet by jong diere as by vol-wasse diere.

RASSTANDAARDDie ideale Dorper is ‘n dier wat homself kan onderhou,

vleis kan produseer en reproduseer tydens ondernormale omgewingstoestande

Definisie: Om die graad van voortreflikheid van die dier aan te dui deur middel van, en met ‘n puntetoekenning volgens sigbare voorkoms en prestasie. Hierdie waardes moet op so ‘n manier aangeteken word dat dit ‘n getroue weergawe vorm van die voortreflikheid van die skaap!

Uitstekend 5Bogemiddeld 4Gemiddeld 3Swak of ondergemiddeld 2Baie swak met prulfoute 1

PUNTE TOEKENNINGSTELSEL

• Kleurpatroon - Simbool “P” Kleur sal later volledig bespreek word vir die Dorper

en Wit Dorper met foto’s en sketse. Vir kleurpatroondoeleindes is die skeidslyn tussen die

bo- en onderlyn soos volg:a) Op die punt van die hakb) Op die onderkant van die kniegewrigc) By ramme tot agter by die aansluiting van die

skrotumd) By ooie strek dit deur tot by die geslagsorgane

e) P5, P4 en P3 kwalifiseer vir stoet, P2 kwalifiseer vir 1ste en 2de seleksie, P1 prul

• Haarbedekking - Simbool “H” H5, H4 en H3 kwalifiseer vir stoet H2 kwalifiseer vir 1ste en 2de seleksie H1 prul

• Bedekking sal ook soos kleur later bespreek word met sketse

• Tipe - Simbool “T” T5 - stoet T4 - stoet T3 - 1ste seleksie T2 - 2de seleksie T1 - prul

Die volgende terme wanneer gebruik in die Rasstan-daard moet soos volg vertolk word:

• Diskrimineer volgens graad: Dit beteken dat hoe erger die afwyking hoe laer word die punting. (M.a.w. neem kleur om die oë wat hoogstens ‘n P3 kan wees, dan erger P2 en baie erg ‘n P1 sal word).

• Ongewens: Met ontleding kan dit hoogstens ‘n “2” punt verdien onder enige afdeling, of “1” as ‘n prul wanneer teveel. (Bv. bruin op die gesig kan hoog-stens ‘n P2 wees en baie erg ‘n P1).

• Prul of foutief: Dit is wanneer funksionele doeltref-fendheid in gedrang kom onder bouvorm of uiterstes onder enige afdeling volgens Rasstandaard en moet geëlimineer word.

Page 7: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

38 Dorpers | In die nuwe eeu

Kudde (kommersieel) = Eerste Seleksie(S1) en Tweede Seleksie(S2)Onthou die groen lyn vir stoet diere - dan...- Een punt minder in B,G,D,P en H vir stoet is ‘n S1 (blou)- Twee punte minder in B,G & D is ‘n S2 (swart)- Onthou dat P en H enige punt behalwe ‘n 1 kan verdien vir S1 en S2 wanneer B,G en D die punting beheer vir

minder as stoet.- B4 kan ‘n T5 wees, maar ‘n B5 kan nie ‘n T4 wees nie, maar dan moet twee van B,G of D ‘n 5 wees, anders kan ‘n

B5 ‘n T4 wees, wat onwaarskynlik is.- Onder enige afdeling sal 1 ‘n prul beteken en ‘n 1 vir Tipe.

Antwoorde van die laaste tabel: Stem u saam?1ste lyn: B=5 omdat dit ‘n T5 is en D reeds ‘n 4 is.2de lyn: G=2 (2 minder as stoet in B,G of D is ‘n S2) 3de lyn: T=3 (Laagste van B,G of D beheer vir S1) 4de lyn: D=2 (Laagste van B, G of D vir T2 en S2)5de lyn: P=1 en Seleksie=prul (T1 identifiseer dit)6de lyn: T=4 & Sel = Stoet (2x4’s vir B,G, of D is T4)7de lyn: T=3 & Sel = S1 (D3 kan nie gestoet word nie)8ste lyn: T=3 (P2 is nie stoet en daarom word eerste keuse laer as stoet gebruik)9de lyn: T=3 (H2 is nie stoet nie en daarom word eerste keuse laer as stoet gebruik)10de lyn: T=2 (Omdat een van B, G of D beheer oorneem word H2 minder belangrik en word dan ‘n T2 in vergelyking met die stelling in vraag 9.

B G D P H T SEL‘n Paar Tipe 5 voorbeelde

5 5 5 5 5 5 Stoet4 5 5 3,4,5 3,4,5 5 Stoet5 4 5 3,4,5 3,4,5 5 Stoet5 5 4 3,4,5 3,4,5 5 Stoet5 5 5 3 3 5 Stoet

B G D P H T SEL‘n Paar Tipe 4 voorbeelde

4 4 5 3,4,5 3,4,5 4 Stoet4 5 5 3,4,5 3,4,5 4 Stoet4 5 4 3,4,5 3,4,5 4 Stoet5 4 4 5 5 4 Stoet4 4 5 5 5 4 Stoet

B G D P H T SEL‘n Paar Tipe 1 voorbeelde (Prul)

1 5 5 5 5 1 Prul4 5 5 1 5 1 Prul3 1 5 4 4 1 Prul5 5 5 5 1 1 Prul5 5 1 5 5 1 Prul

Opsomming van die puntingstelsel Bouvorm Grootte Distribusie Kleur- Bedekking Tipe Seleksie van vet patroon B G D P H T ST/S1/S2 4 of 5 4 of 5 4 of 5 3, 4 of 5 3, 4 of 5 4 of 5 ST 3 3 3 2 2 3 S1 2 2 2 2 2 2 S2 1 1 1 1 1 1 Prul

B G D P H T SEL‘n Paar Tipe 3 voorbeelde (1ste Seleksie)

3 5 5 2-5 2-5 3 S14 5 5 2 2-5 3 S15 5 5 2-5 2 3 S15 3 5 2-5 2-5 3 S15 5 3 2-5 2-5 3 S1

B G D P H T SEL‘n Paar Tipe 2 voorbeelde (2de Seleksie)

2 3 5 2-5 2-5 2 S24 2 5 2-5 2-5 2 S24 5 2 2-5 2-5 2 S22 5 5 5 5 2 S25 2 5 5 5 2 S2

B G D P H T SELVul in vraagteken se waardes

? 5 4 5 5 5 St4 ? 5 3 5 2 S23 5 5 4 3 ? S14 5 ? 5 5 2 S25 5 5 ? 5 1 ?5 4 4 5 5 ? St5 5 3 4 5 ? ?5 5 5 2 5 ? S15 5 5 5 2 ? S15 2 5 5 2 ? S2

Page 8: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

39Dorpers | In die nuwe eeu

Definisie van die kop: Lang, sterk kop met groot oë wyd van mekaar en beskermend geplaas. Sterk neus, sterk goed-gevormde bek met sterk gelykopmekaar passende kake. Vir T5, stoet of kudde, moet die boonste gedeelte van die binnekant van die snytande aan die boonste tandkussing raak. Die onderkaak mag 2 mm te kort wees op volwasse diere en 3mm op lammers. Wanneer ‘n skaap wissel en die kakebeen is geswel, moet die oorblywende melktande gebruik word as maatstaf. Die voorkop moet nie hol wees nie. Die grootte van die ore moet pas by die kop. ‘n Ontwikkelde horingbasis of klein horings is die ideaal. Swaar horings moet volgens graad teen gediskrimineer word.

1. KEELVEL: Dit kom van die Persie-ras en is gewoonlik ‘n indikasie van vetlokalisasie. Dit bederf die vorm van die ideale kop. Diskrimineer vol-gens graad teen ‘n oordrewe keelvel.

2. KORT KOP: As u die kort kop op die ideale lyf plaas, sal u besef dat dit net nie pas nie. Die definisie sê “sterk en lank”.

4. LANG KOP: Die definisie sê lank en sterk maar wees versigtig vir te lank. Dit sal lyk soos ‘n perd se kop, en dit pas nie ‘n aanvaarbare tipe nie.

5. PLAT NEUS: Dit lyk asof die skaap teen ‘n muur vasgehardloop het en be-derf tipe. Kyk in die opleidingsgalery onder KOP -03 vir ‘n voorbeeld.

3. SWAAR HORINGS: Swaar horings kom van die Dorset Horn ram. Die definisie bepaal dat swaar horings volgens graad teen gediskrimineer moet word.

7. KARAKTERLOSE KOP: Indien dit die kop van ‘n ram is, is dit ‘n prul. Wees versigtig om dit nie te verwar met ‘n jong kop nie.

8. JONG KOP: Hier sien u ‘n jong kop met karakter maar geen sekondêre ontwikkeling nie. Goeie voer by ramme verhoog sekondêre (plooi) ontwikkeling. Dit is deel van die veredelde kop soos gesien in die ideale kop, en is gewens.

6. KROONLOSE KOP: Die kroonlosekop of plat kop bederf tipe. Dit kom ook voor by diere waarvan die kroon bokant die ooglyn sit met vetloka-lisasie agter die ore. ‘n Kroon op ‘n ram se kop vorm deel van veredeling.

IDEALE KOP

Ve r s k i l l e n d e a s p e k t e v a n d i e ko p

Bouvorm Simbool “B” (KOP)Die kop val onder bouvorm, en alhoewel baie mense sê dat dit deel is van die afval, kan u verseker wees dat ‘n mens baie wys kan word uit die kop. Onthou u dat ons aan die begin gesê het dat ons die hele oefening as ‘n fabriek moet sien? Daarom, wees verseker dat die fabriek nie bevredigend sal funksioneer as daar nie aandag aan die kop gegee word nie. ‘n Dorperskaap met ‘n swak kop belemmer tipe.

Page 9: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

40 Dorpers | In die nuwe eeu

13. STERK NEUS: ‘n Sterk Roman neus met sekondêre ontwikkeling, breed soos in die volgende illustrasie, is die ideaal. Die donker ontwikkeling voor die oë word die oumansoog genoem.

14. GROOT OË, WYD EN BESKER-MEND GEPLAAS:Dit klink snaaks dat ons selfs konsentreer hierop, maar dit is deel van die dier-beskerming om sy kop in ‘n doringbos te druk en te eet, daarom die woord “beskermend”. U sal ook uit ondervinding leer dat, van voor gesien, die oë soms te naby aan mekaar is, soos ‘n bobbejaan sin, of hulle peul uit en dit bederf tipe. Let ook op die mooi breedte van die neus.

12. SWAK ONDERKAAK: Onthou ditis waar die fabriek begin. Die bek moet die dier vir jare van kos voorsien. Ons wil ook nie die onderkaak te swaar sien nie. Behou die balans.

Kom ons som op en sê dat die kop ‘nbelangrike deel is waar die verskillende aspekte mekaar moet komplimenteer om ‘n sterk veredelde tipe kop te ver-kry.

15. GROOTTE VAN DIE ORE: Die ore moet ‘n goeie grootte wees en by die grootte van die kop pas. Goeie grootte ore kan ook ‘n goeie temperament en tipe komplimenteer.

10. LANG ONDERKAAK: Dit word ook ‘n visbek genoem en is ‘n prul-fout. Wanneer diere wissel kan die aangrensende tande gebruik word as maatstaf. Bokant van die binnekant moet die tandkussing raak.

11. KORT ONDERKAAK: Dit word ook papegaaibek genoem. ‘n 2mm kortpassing is toelaatbaar op vol-wasse diere en 3mm op lammers. Die neiging by die onderkaak is om eerder langer te word en daarom die toelating van 2mm en 3mm.

9. HOL KOP: Wees versigtig dat u nie ‘n ram met ‘n oordrewe Roman neus en ‘n kroon sien as ‘n ram met ‘n hol voorkop nie. ‘n Hol voorkop is ‘n definitiewe hol gedeelte in lyn met die oë en u sal dit herken as u dit sien.

IDEALE KOP

Definisie: Die nek moet ‘n matige lengte hê, goed ge-vleesd wees en goed aansluit by die voorkwart. Skouers moet stewig, breed en sterk wees. ‘n Matige projeksie van die borsbeen voor die blaaie, matige breedte en goeie diepte is die ideaal. Voorbene moet sterk, reguit en goed geplaas wees met sterk kootgewrigte en kloutjies nie te ver gespleet nie. Swak kootgewrigte en X-bene moet volgens graad teen gediskrimineer word. Blaaie wat los vertoon, borsbeen wat te plat opsny met geen projeksie voor die blaaie, krom bene en swak loopvermoë is prulfoute.

Voorkwart en nek:Ons beweeg nou in die area wat vleis dra, en alhoewel dit ‘n swakker vleisdeel is, is daar belangrike punte, wat die ekonomie van u fabriek benadeel as dit oorgesien word.

Page 10: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

41Dorpers | In die nuwe eeu

X-Bene X-bene met gedraaide kootgewrigte

Kom ons kyk wat dit alles beteken:

Nek ‘n matige lengte, goed gevleesd, breed en ‘n goeie aansluiting. Die stelling lei ons na proporsie. Kyk ons na die ram dan wil ons die nek meer gevleesd en ‘n matige lengte sien. Vir die ooi meer vroulik, m.a.w. effens langer en dunner. Dit moet in beide gevalle mooi in die voorkwart invloei. ‘n U-nek aansluiting sal gewoonlik met los skouers gepaard gaan. Die kop moet effens vorentoe gedra word en nie te regop nie. Die ideale houding van die nek en kop komplimenteer tipe en temperament.

Skouers moet stewig, breed en sterk wees. Aangesien die Dorper in die eerste plek ge-teel was vir ekstensiewe toestande is ons baie streng op loopvermoë. Onthou dat daar geen beenkoppeling op die voorblad is nie, maar is slegs deur membraan gekoppel. Vir hierdie rede moet ons streng op los skouers wees aangesien dit net versleg met ouderdom. Los blaaie kan gesien word indien die blaaie bokant die skouer begin uitsteek en maal. Met oordrewe voorkwart (te breed) sal die blaaie los van die lyf be-weeg, veral in ‘n draaibeweg-ing waar dit maklik van voor of agter gesien kan word. Indien ons sê breed en sterk, verwys ons daarna dat die skouers in die liggaam moet invloei en nie agter die blaaie we-gval nie. Let op na die spierontwikkeling op die bo-arm en blad. Hierdie spierontwikkeling is ook direk gekorreleer met die oogspierontwikkeling. ‘n Matige projeksie van die bors voor die skouers, matige breedte en goeie diepte is die ideaal. Dit is ‘n baie belangrike aspek omdat dit twee belangrike aspekte beklemtoon. Die matige projeksie van die bors soos gesien vanaf die kant is deel van die been-plasing en vorm ‘n groot deel van loopvermoë. ‘n Plat bors of bors wat te skerp opsny is ongewens. Liewer ‘n effens uitstaande bors dan geen bors wat wys nie. Die matige breedte op die voorkwart is deel van om goeie loopver-moë te verseker. Oordrewe voorkwarte kan lam probleme veroorsaak. Dit is mos so dat wanneer die lam se kop en voorkwart uit is, die res van die geboorte maklik verloop. Moe-nie oorreageer nie want ons moet ook dink aan die voork-wart wat die hart, longe ens. huisves, en daarom hou dit ‘n realistiese breedte sodat die fabriek kan produseer.

Voorbene moet sterk, reguit en goed geplaas wees met sterk kootgewrigte en hoewe wat nie te wyd gespleet is nie. Ons

moet onthou dat die Dorper geteel was om te kan loop en presteer onder ekstensiewe toestande. Moenie dat krombene, X-bene, holbene, swak loopvermoë en bene wat aanmekaar raak die dier laat agterbly en nie presteer nie. Dit sal u fout wees want u moes dit nie toegelaat het in u seleksie nie. Wees verdag op hierdie foute en wees verseker dat indien ‘n “te” voor iets gesit word dit nie reg is nie. Moenie X-bene en ingedrukte (“tucked-in”) bene verwar nie. X-bene is wanneer die bene vanaf die knieë weer oopgaan. Ingedrukte voorbene is waar die bene vanaf die skouer na mekaar gaan en dan reguit af. Wan-neer beide van die toestande te veel is word daarteen gediskrimineer.

Sterk kootgewrigte is belangrik en swak kootgewrigte is hoogs inteelbaar. Let veral op die agterste kootgewrigte

want beide die ram en ooi dra meer gewig hier, veral in die dekproses. Verwys ook na die verskil tussen lang- en kort kootgewrigte asook skewe kote by die agterkwart be-spreking. Hoewe moenie te ver gespleet wees nie want dit kan die weefsel tussen die hoewe beskadig en infeksie veroorsaak.

Kom ons som op deur te sê swak kootgewrigte, Xbene, kootgewrigte wat uitdraai en gesplete hoewe moet vol-gens graad teen gediskrimineer word. Skouers wat los vertoon, bors wat te skerp opsny (plat bors), krombene, hol voorbene, te breë voorkwart en swak loopvermoë is prulfoute.

Daar moet ‘n goeie diepte in die voorkwart wees. Ons meet die diepte vanaf die skouer tot die onderkant van die bors. Wees versigtig dat die bors nie los vertoon en van vooraf lyk asof dit deurhang nie. Die prominente bors kom van die Persie en kan ‘n aanduiding van vet-lokalisasie wees. Besoek ook die Opleidingsgallery vir voorbeelde.

Page 11: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

42 Dorpers | In die nuwe eeu

Definisie: Die ideaal is ‘n lang, diep, breë lyf, ribbe goed gesprong met lende breed en vol. Die skaap moet ‘n lang reguit rug hê en nie geknyp agter die blaaie wees nie. ‘n Effense duik agter die skouer is toelaatbaar.

Manlike vorm Vroulike vorm

Idealeonderlyn

Diep

Geknyp agter die blaaie (prulfout)

Effense duik toelaat-baar (kolletjies)

Silindriesevorm

Definisie: ‘n Langwerpige breë kruis met ‘n lang dyspier is die ideaal. Diskrimineer teen ‘n opgetrekte kort dyspier met kaal skenkels. ’n Kort of hangkruis moet volgens graad teen gediskrimineer word. Die binne- en buitedye moet goed gevleesd wees tot laag af by volwasse diere. Die agterbene sterk en wyd geplaas, met sterk pote en kootgewrigte. Swak, skewe kootgewrigte en sekelhakke moet volgens graad teen gediskrimineer word. Die hakke moet sterk wees sonder ‘n neiging om na binne of buite te draai. Bakhakkigheid of loodregophakke is prulfoute.

Langmiddelstuk

Middelstuk

Ons beweeg nou in die meer waardevolle deel van die skaap. Hier is ons nou in die kamer waar die dinge ge-beur. Die kop (bek) neem die materiaal in, die voorkwart (hart, longe ens.) laat die fabriek werk, en nou moet hierdie afdeling die soms swak materiaal (voer) omsit in heerlike sagte lamtjops. Kom ons sien dus hierdie as ‘n belangrike deel en waarom.

Is dit nie ‘n kort definisie vir so ‘n groot area nie? Dit sê egter baie. Kom ons kyk na die sketse vir verduideliking.

Lang, diep en breë lyf. Die lengte word gemeet vanaf die heupbeen tot agter die blad. Dis hier waar daardie duur lende, rib en skouertjops uit-gesny word. Dit is die hart van die braai, en onthou indien ons lengte byvoeg word daar nie addisionele ribbes byge-voeg word nie, maar vleis. Onthou egter ons ooreenkoms om nie die “te” te misbruik nie. Dit is egter so dat baie gewen kan word in gewig met lengte wat geld kan verdien. Wees versigtig dat u nie ‘n si-lindriese vorm teel nie, maar dat diepte en die sprong van ribbe behoue moet bly.

Sprong van rib gee die mooi groot ovaal tjop. ‘n Goeie diepte of mooi onderlyn is belangrik. Sien foto 1 vir ‘n mooi bo-lyn en diepte. Die definisie maak voorsiening vir ‘n effense duik agter die skouers en dan meer so in die lang lyflengte as die kort lyf. Daar moet egter streng geselekteer word teen los blaaie (“devil’s grip”) wat waar-geneem kan word op die rug agter die blaaie. Dit kan ge-voel word deur die vingers agter die blaaie op die rug in te beweeg. Hierdie toestand word beskou as ‘n prulfout.

Lende breed en vol: Ons kyk na die optimum prysvlak area. Daar word ook verwys na die lendespier as die “oogspier”. ‘n Goeie oogspier ontwikkeling is belangrik omdat dit ‘n indikasie is van die grootte van die vleis in die rugstring. Goeie oogspierontwikkeling hou ook die dier aanmekaar. Die laaste aspek waaroor ons moet praat is die vorm van die dier. Indien ons na die natuur gaan kyk, kan ons baie wys word. Die wigvorm soos in die sketse links verduidelik word, is baie belangrik en vorm deel van manlikheid en vroulikheid wat deel is van vrug-baarheid. Kan ons ver verkeerd gaan indien ons die lesse van die natuur gehoorsaam?

Agterkwart

Sterk lende

1

Gedefinieerde dyspier agterkwart

Page 12: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

43Dorpers | In die nuwe eeu

KootgewrigteTeen swak kootgewrigte moet volgens graad gediskrimineer word. Onthou dat omgewingstoestande ook ‘n rol kan speel. So bv. groei die kloutjies onder nat en intensiewe toestande vinnig langer en kan die gewrig destabiliseer.

Hangkruis

Kort ronde kruis

Bakbene Regophakke

Kort kootgewrigte

Langkootgewrigte

Sekelhak in loopaksie

Sekelhak in staanposisie

Lang kruis

Lang dyspier engoed gevleesd

Sterk hakke

Indien ons na die foto’s kyk vul dit ‘n mens met ekstase. Hier is ons in die afdeling waar net duur vleis ter sprake is. Indien hierdie fabriek hierdie eindresultaat lewer kan ons maar voortgaan. Ons doelwit is maksimum vleis op minimum ouderdom en sekerlik kan dit in die agterkwart aangesit word!

‘n Langwerpige breë kruis: Dit bepaal die grootte van die lamsboud. Die lengte van die kruis word gemeet vanaf die heupbeen na agter. Die heupbeen is in lyn met die draai van die liesaansluiting by die liggaam. Die binne- en buitedye is gewoonlik areas waar vleis verloor word. Dit is ook nie maklik om hierdie areas te vul nie. Let op dat die vleis afgaan tot byna op die hak. Ons praat ook daar-van dat die skenkel nie kaal moet wees nie. Dit is die area net bokant die hak wat ook die vangplek is. Daar word gediskrimineer teen ‘n hangkruis of ‘n kort ronde kruis omdat dit ook ‘n verlies aan vleis is. Verkeerde kruisvorm kan loopvermoë en lamvermoë beïnvloed en moet na gekyk word. Die bene sterk en wyd geplaas, sterk hakke, ens. Die agterbene moet sterk wees, goed geplaas, met sterk hakke. Wanneer ‘n ram van 100kg ‘n ooi moet dek, sal sterk hakke help om die ooi suksesvol te dek. Dit is nog behalwe die loopvermoë om die ooie te agtervolg. Ons kyk verder na spasie tussen die bene vir die testikels, en by die ooi vir die uier. Verder is die posisie van die bene be-langrik om te weet dat die skaambeenboog mooi oop is vir makliker geboortes. Die ooi se hakke is ook belangrik wanneer die ram haar moet dek. Ons praat van regophakke, koeihakke, bakhakke en sekelhakke. Regophakke word ook beïn-vloed deur swak kootgewrigte. Regophakke is ‘n prulfout en kan nie aan die vereistes soos hierbo genoem voldoen nie. Sekelhakke is nie altyd maklik om te identifiseer nie aangesien dit meer in die loopaksie raakgesien word. Dit gebeur wanneer die dier met sy agterbene te ver vorentoe loop en moet volgens graad hanteer word. Bakbene is wat dit sê en is gewoonlik die gevolg van swak ontwik-keling a.g.v. tekorte. Die laaste gedeelte onder hierdie be-langrike afdeling is kootgewrigte. Die illustrasies regs is vir u saamgestel om meer duidelikheid te verkry.

Opgetrektekort dyspier,

lank in dieskenkel

Let op dat lang kootgewrigte ‘n groter neiging het deur te trap as korter kootgewrigte. Ons wil graag sien dat die dier op sy voete staan. Wanneer die klein kloutjies agter

Page 13: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

44 Dorpers | In die nuwe eeu

geleer dat die beter ontwik-kelde organe beter beset en makliker lam. Hierdeur sê ons nie dat die ander ooi nie sal lam nie, maar ons stel belang in reproduksie. Gaan ons verder en kyk na pigmentasie is dit baie be-langrik. Die Rasstandaard vereis ‘n 50% pigmentasie agter op die dier se anus en geslagorgane vir stoet wat nie die area waar die stert af-gesit is insluit nie. Dit is be-langrik op die ooi om haar te beskerm teen sonbrand, en moet nie teer wees wan-neer die ram haar moet dek nie. ‘n Aanduiding van pig-ment op die spene dui aan dat dit ‘n sterk vel is en haar beskerm teen die somtyds

skerp tandjies van die lam. Indien daar ‘n probleem met die ooi se spene ontstaan, vang gerus die lam en voel die skerp tand. Neem ‘n stukkie skuurpapier en maak die tande glad. Met drielinge gebeur dit dat die lammers baklei vir die speen en die een wat drink byt vas wanneer die ander probeer drink. Onthou dat die Wit Dorper slegs ‘n aanduiding van pigment vereis op die geslagsorgane en dit kan ook bruin wees in kleur. Moenie reproduksie prysgee vir ‘n tekort aan pigmentasie nie!

Die skrotum en skede van die ram moenie te lank wees nie want die skede kan deur struike en grasse beskadig word met infeksie die voorland. Die testikels moet die-selfde grootte wees met ‘n goeie omtrek en goeie kapa-siteit. Goeie gevormde testikels wat nie te laag hang nie is die ideaal. Volgens prof. Penney, ‘n navorser op die ge-bied by die Universiteit van Pretoria, moet daar ook nie te veel in omtrek toegelaat word nie en beveel aan dat oor 40 cm na gekyk moet word vir kneusing en moontlike infeksie. Daar behoort gekyk te word na die kwaliteit van die saad a.g.v. moontlike abnormaliteit. Vergroeisels en verharding beteken net moeilikheid en behoort nie aan-wesig te wees nie. Dit word aanbeveel dat die testikels goed ondersoek word en wanneer verdag, die ontleding van die saad. Onthou dat semen baie temperatuur-ge-voelig is, en dat die ram die temperatuur beheer deur die optrek van die testikels vir meer hitte of laat sak vir afkoeling. Indien ons dan toelaat dat die testikels bv. te laag hang en ons kry warm weerkaatsing vanaf die grond kan uself dink dat die temperatuur nie na wense sal wees nie. Moenie vergeet om die ram se penis vir infeksie na te gaan voor paartyd nie. Dit word beweer dat die ooi die draer van penisinfeksie is, en daarom moet deeglik hierna gekyk word sodat u sal weet dat indien die ram skoon was die infeksie vanaf die ooie ontstaan het. Ken u veearts en onthou voorkoming is beter as genesing.

Om die penis na te gaan is nie moeilik nie. Laat die ram op sy agterkant sit, neem ‘n lapband en plaas dit om die skede. Druk nou vanaf die testikels se kant die penis deur die skede vir inspeksie. Onthou om u ramlammers op ‘n

Skewe kootgewrigte

Definisie: ‘n Goed ontwikkelde uier en geslagsorgane is noodsaaklik by ooie. Die skrotum van ‘n ram moet nie te lank wees nie en die testikels moet ewe groot en nie te klein wees nie. Enige abnormaliteit in die testikels is prulfoute.• Minimum omtrekvereiste vir die testikels in ‘n sittende

posisie is:• 10 maande 30cm• 2 tand ram 32cm• 4 tand ram 33cm• 6 tand ram en ouer 34cm• By die skrotum van ‘n ram word ‘n spleet met maks.

diepte van 1,5cm gemeet vanaf die diepste punt tot gelyk met die twee onderste punte, toegelaat.

• Die projeksie van ‘n rektum of vagina prolaps is foutief.

Goeie gepigmenteerde spene

Geslagsorgane en rektum

Indien ons in die fabriek die produksielyn wil begin, sit ons ‘n skakelaar aan. Hierdie fabriek van ons is nie an-ders nie, en die proses begin by die geslagsorgane. Seker-lik een van die belangrikste afdelings maar glo my een van die afdelings wat nie die aandag kry wat dit verdien nie.

Kom ons begin by die ooi en kyk wat is belangrik. Moe-nie mislei word deur die grootte van die uier nie. Ja, in-dien dit ‘n mooi groot uier is en die resultaat is daar in die lammers se groei dan is dit goed. Dit het al egter gebeur dat die resultaat van ‘n kleiner ontwikkelde uier net so goed is as die groot uier. Ons sê dus vir mekaar dat die resultaat (lammers) moet die bewys wees. Verder moet ons ook weet dat die ooi eers met haar tweede of derde lam op volle melkproduksie kan wees. Ons het dus nie veel van ‘n keuse as om waar te neem en rekord te hou nie. Dit is egter ook waar dat indien die jong ooi met haar eerste lam nie die mas opkom nie, dit bevraagteken moet word. Kom ons gaan ‘n stap verder en kyk na die ontwik-keling van die geslagsorgane. Uit ondervinding het ek

die hoewe die grond raak, is dit beslis ‘n fout. Daar moet met ‘n kritiese oog na bene gekyk word.

Die foto van skewe kootgewrig op agterbene is ‘n probleem. Hierdie skewe kootgewrig is ‘n begin en word baie erger. Dit is nie duidelik wat dit veroorsaak nie. Die jongste opinie hieromtrent is dat dit meer voorkom onder nat toestande waar weiding nie die regte voedingswaarde het nie. Vinnige groei en die moontlikheid van oorerflike gene kan nie uitgesluit word nie en daarom vereis dit streng optrede. Diskrimineer volgens graad.

Page 14: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

45Dorpers | In die nuwe eeu

Definisie: Die skaap moet simetries en die liggaamsdele moet in verhouding tot mekaar wees. ‘n Kalm tempera-ment met ‘n lewenskragtige voorkoms is die ideaal.

vroëe ouderdom in te ent met Brucella (Rev1) entstof. Onewe testikels kan die gevolg wees van infeksie en moet dus goed dopgehou word. ‘n Rare verskynsel is 45 grade of gedraaide skrotum. Dit word die beste gesien wanneer die ram ontspanne is en die testikels hang. Die oomblik wanneer die ram loop of die testikels optrek lyk

dit normaal. Nog ‘n probleem is die van gesplete skrotum. Indien u wonder hoekom gesplete skrotum beperkings het verwys ons u na die oplei-dingsgallery om die moontlike eindresultaat van ‘n gesplete skrotum te wys. Onthou dat ons kan praat van gesplete testikels as die meervoud

maar dat een tes-tikel nie gespleet kan wees nie en daarom veiliger om te praat van gesplete skrotum volgens prof. Penney. ‘n Goeie pigment op die skede van die ram is die ideaal maar nie ‘n vereiste nie. Die twee ramme links is ewe oud en die verskil in grootte is

duidelik. Die testikels moet altyd klinies ondersoek word voordat dit net op die oog geprul word. Indien ons na die twee ooie van dieselfde ouderdom se geslagsorgane kyk sal ons sien dat die een beter ontwikkel is. Neem ook kennis van hoe die bene van die ooie geplaas is vir spasie in uierontwikkeling, en dit gee die indikasie dat die skaambene (sitbene soos baie dit noem) goed geplaas is vir die geboortekanaal-opening. Voorbeelde kan in die Opleidingsgallery gesien word.

Gesplete skrotum

Klein en groot testikels

Ideale grootte en vorm testikels

Links: Minder goeie ontwikkelde organe. Regs: Ideale ontwikkelde organe

Algemene voorkoms en balans

Algemene voorkoms is die laaste afdeling onder bouvorm en is die samevatting van al die karaktertrekke wat onder die Rasstandaard bespreek is. Indien ons na hierdie foto’s van die ram 1“Chips” en een van sy 2 dogter kyk vertel dit ‘n storie.

Die volwasse ram is ‘n streling vir die oog waar die ver-skillende aspekte mekaar aanvul en ‘n prentjie in die gedagte laat waarna om te streef. Die dogter is duide-lik meer vroulik en sag op die oog soos dit hoort vir al-gemene voorkoms in die ooi. Die Dorper het baie goed gedoen onder fenotipiese seleksie vir baie jare onder die Rasstandaarde. Die Dorper maak steeds vordering en is meer bedag op rekordhouding wat sekerlik die ras tot nuwe hoogtes in die nuwe eeu sal neem.

Onewe testikelsGedraaide skrotum

1

2

Balans

Balans

Page 15: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

46 Dorpers | In die nuwe eeu

Definisie: ‘n Skaap met ‘n goeie gewig vir sy ouderdom is die ideaal. Teen te groot of te klein diere in dieselfde omgewingstoestande moet gediskrimineer word.

2

3

1

Definisie: Te veel lokalisasie van vet op enige deel van die lyf moet volgens graad teen gediskrimineer word. (sien sirkels) ‘n Egalige verspreiding van ‘n dun lagie vet oor die hele lyf en tussen die spierweefsel is die ideaal. Die skaap moet stewig en gespierd hanteer. Nota: Vetverspreiding word omskryf soos aangetref onder normale ekstensiewe veldtoestande. Diere in voerkrale sal vet akkumuleer.

Grootte en Groeisnelheid (simbool G)

Grootte is seker een van die mees besproke afdelings van die ras en miskien ander rasse ook. Die gedagte van hoe groter die karkas hoe meer wins is betrokke, maak dit ‘n bespreekbare punt. Die definisie is egter goed saamgestel en die wat nie die maksimum groei vir minimum ouder-dom konsep gehoorsaam nie, sal gou uitvind dat ekono-miese aspekte die belangrikste is. Kom ons aanvaar die kort en kragtige definisie soos hierbo uiteengesit.

Vetdistribusie (simbool D)

Indien ons aanvaar dat die drie ooilammers gemerk 1, 2, 3 almal een jaar oud is kan ons tot die volgende gevolgtrek-king kom. Ooi nommer 1 is effens klein vir haar ouder-dom. Indien ons sê dat die ooitjies 6 maande oud is dan is ooi nommer 3 darem effens groot vir haar ouderdom. Dit beteken dat ooi nommer 2 eintlik ’n ideale grootte vir beide gevalle is.

Wees versigtig dat u nie vleiseienskappe inboet vir grootte nie maar behou altyd balans. Vir dieselfde rede moet ons ook nie ponies teel nie maar respekteer die definisie en verkry die ideale grootte vir ouderdom. ’n Karkas op die hoef van 40-42 kg, ongeveer 4-5 maande oud met die ideale vetverspreiding behoort die ideale inkomste vir grootte en groeisnelheid te wees.

Die vetdistribusie in die Dorper is so perfek dat min oor hierdie aspek gesê hoef te word. Die probleem begin wanneer telers die laaste 50 jaar se ondervinding ignoreer en weer Persie-ramme, Van Rooybloed-ramme ens. gebruik op suiwer Dorpers om meer vet aan te sit of te “verbeter”. Hulle mag die kruisteling-groei verkry, maar lammers word afgegradeer as gevolg van vetlokalisasie. Intussen word dit vergeet dat die afstammelinge van hierdie kruis nie weer in die kudde gebruik kan word nie omdat daar basies met ‘n nuwe ras begin is en 50jaar se opgradering verlore gaan. Indien u beter vetverspreiding benodig in u kudde, gebruik die korrekte tipe Dorper- of Witdorper-ram vir goeie resultate, en u kudde bly suiwer.

Onthou dat Bouvorm, Grootte en Vetdistribusie belangrik is vir die ideale slaglam. Slegs ‘n 4 of 5 punt word aan-vaar vir stoet van diere onder hierdie afdelings.

Dit is die enigste aspek waar verskillende standaarde vir die Dorper en Wit Dorper bestaan. Ons sal eers kyk na die Dorper (swart kop) en dan die Wit Dorper. Om die kleur te help verstaan, is daar ‘n afsnylyn, wat die dier in twee dele deel. Die rede hiervoor was aantreklikheid en intelingaspekte. Neem die uitdaging van kleur aan, en plaas die Dorper in ‘n klas van sy eie. Ter verduideliking sal ons voortdurend na die sketse verwys. Die afsnylyn is dieselfde vir Dorpers en Wit Dorpers.

Kleurpatroon afsnylyn:

Volg die /// strepe op die dier. (sien volgende bladsy)

a. Op die punt van die hak: vanaf die draai op die punt van die hak ondertoe word as die onderlyn beskou.

b. Onder die knie: hier word die onderkant van die kniegewrig en ondertoe beskou as onderlyn.

c. Die onderkant van die lyf tot by die haarlyn, aan beide kante. Wanneer u die dier sien is dit baie duide-lik gedefinieer en loop vanaf die lies vorentoe tot by die voorbene. Aan die onderkant loop dit terug tot die

Kleurpatroon

Page 16: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

47Dorpers | In die nuwe eeu

Kleurpatroon (simbool P)

Definisie - Dorpers: ‘n Wit skaap met swart beperk tot die kop en nek is die ideaal. Swart spikkels, tot ‘n beperkte mate aan die lyf en bene is toelaatbaar maar algehele wit skape en skape wat oorwegend of algeheel swart is, is foutief. Bruin of wit hare mag onderbroke om oë voorkom. Pienk spene, pienk onder die stert en wit hoewe is foutief. Bruin op die gesig is ongewens.

Aansluiting van dieskrotum (agter)

Punt van die hak

Onder die knie

P5: Ideale kleur.

a. ‘n Wit skaap met ‘n algehele aaneenlopende swart kop, of swart kop en nek.

b. Volledige pigment is ‘n vereiste.

P5

P4: Die volgende is toelaatbaar:

a. ‘n Wit skaap met swart beperk tot die kop en nek met los swart kolle op die nek wat nie aan die skouers of bors raak nie.

b. ‘n Gedeeltelike bles of enkele kol beperk tot die ag-terkop, strekkende nie verder vorentoe as die horing-basis nie.

c. ‘n Beperkte aantal spikkels op die onderlyn.

d. ‘n Kol nie groter as 10cm in deursnee onder die stert van ‘n ooi, asook by die opening van die skede en/of rektum van ‘n ram.

P4

P3 Inligting: Omdat dit die laaste puntetoekenning is wat toelaatbaar is vir stoet, is daar ‘n redelike toename in die hoeveelheid kleur wat toegelaat word. Neem kennis van die foto’s en kleur om die oë soos hierbo verduidelik wat onder “h“ van die definisie P3 beskryf word. Daar is ook nie ‘n P4 vir kleur om die oë nie. Die hele voorkwart kan swart wees, maar nie verby die skouer na agter en ‘n denkbeeldige lyn oor die rug. Die swart mag ook nie verder as die agterkant van die blad aan die onderkant van die bors strek nie. Slegs ‘n totaal van 10cm kol word op die onderlyn toegelaat. ‘n Kol van 10cm X 20cm word by die skede van die ram en die geslagsorgane van die ooi toegelaat, maar dan geen verdere kleur op die onder-lyn nie. Neem kennis dat die vorm van die kol langwer-pig is, en nie wyer as 10cm mag wees nie. Kyk ook na die verduideliking waar daar ‘n skeiding in kleur op die knie moet wees as die voorbeen swart is. Indien slegs die kop swart is met ‘n bles wat verby die horingbasis strek na vore met geen verdere swart enige plek nie, sal dit ‘n P3 wees. ‘n Deurlopende bles waar die swart kop

P2

P5

P1

P1: Oorheersend bruin of wit ononderbroke wat afloop op die gesig

P5: Ideaal

P3

P3: Wit of bruin (onderbroke)

P3: Matige bruin of witonderbroke

P3 P2

P2: Matig tot oorheersend ononderbroke om oog -

bruin of wit

agterkant van die aansluiting van die skrotum van die ram.

d. By ooie strek hierdie onderlyn verder op tot by die voortplantingsorgane van die ooi.

Page 17: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

48 Dorpers | In die nuwe eeu

P3

P3:

a. Swart beperk tot die kop, nek en voorkwart, strekkende nie verder as die knie of knieë nie en nie verder terug as die blad nie. Die knie sluit die hele gewrig in.

b. Los kolle op die voorarm en bokant die knie word beskou as op die voorkwart.

c. Los kolle op en onder die knie word beskou as aan die onderlyn en word beperk tot 10cm in deursnee wat deel vorm van die totale grootte toegelaat op die onderlyn. Kolle op die hak word beperk tot die onderlyn.

d. ‘n Dier met ‘n swart voorkwart mag verder swart dra aan die voorbene mits dit nie aaneenlopend is nie.

e. ‘n Beperkte aantal swart spikkels op die lyf en onder-lyn. (Dit is meer van toepassing op volwasse diere.)

f. Vir stoetdoeleindes moet ooie en ramme tenminste 50% pigment toon op die hoewe, geslagsorgane en anus. Daar moet ‘n aanduiding van pigment op elke hoef wees en op die spene van ooie. Pigment is nie ‘n vereiste op die skede van ramme nie.

g. Die swart kolle by diere se geslagsorgane hoef nie noodwendig geskei te wees van die swart kolle op die onderlyn nie, mits daar geen ander kolle of spikkels op die onderlyn is nie. In diegeval word ‘n 10 cm breë en 20 cm lang kol toegelaat.

h. Wit kolle aan die kop en nek behalwe om die oë waar swart hare verkies word. Bruin of wit hare mag on-derbroke om oë voorkom. Die ore moet gesamentlik minstens 50% swart wees. ‘n Bles wat nie deurlopend is nie word toegelaat.

Nota: Ramlammers (0/60kg) en ooilammers (0/50kg) moet ‘n aanduiding van pigmentasie toon op elke af-sonderlike liggaamsdeel waar dit vereis word vir skou-doeleindes.

P2:

a. Swart en wit behalwe soos toegelaat in P3 en P4.b. Skaap met ‘n deurlopende bles en/of meer as 50% wit

op die gekombineerde oppervlakte van ore.c. Oormatige bruin/wit om een of albei oë.

in twee verdeel word, word ‘n P2. Die swart op die twee ore tesame moet meer as 50% wees om te kwalifiseer vir P3. Indien ‘n ram swart haarkleur op sy skrotum vertoon val dit onder die onderlyn aangesien die onderlyn op die agterkant van die skrotum eindig maar slegs 10 cm in to-taal op onderlyn. Indien ons kyk na die ooi met ‘n 20cm X 10cm kol agter en die uier is swart hare, word dit ‘n P2 want geen verdere kleur word toegelaat op die onderlyn met so ‘n kol nie. Moenie kleur en pigmentasie verwar nie aangesien pigmentasie voordelig is.

P2

P1:

a. Heeltemal wit of swart skaapb. Skape met enige ander kleur behalwe wit of swart.c. Oormatige bruin/wit hare om oë wat afgaan op gesig.d. Geen pigment op enige deel waar benodige. Blou in albei oë

P1

Definisie: ‘n Wit skaap met volledige pigment om die oë, onder die stert, aan die uier en spene is die ideaal. ‘n Beperkte aantal anderkleurige spikkels is toelaatbaar op die ore en aan die onderlyf.

Kleurpatroon Wit Dorper (simbool P)

As u die volgende illustrasies oor die Wit Dorper volg, sal u vind dat dit baie maklik is. Nota: Bruin word as pig-ment beskou en kom voor op die ooglede. Geen pigmen-tasie kom voor as ‘n pienk kleur. (Foto 2 word beskou as ten volle gepigmenteer.) Dit geld ook vir pigmentasie op die reproduktiewe organe of die anus van die ooi en ram. Pigmentasie is belangrik om sonbrand te voorkom. Die sagte blootgestelde areas en ore kan kanker vorm as geen pigment teenwoordig is nie. Die bruin pigment op foto 3 word beskou as volledig gepigmenteer. Slegs ‘n aanduiding van pigmentasie op die geslagsorgane word vereis - een

Page 18: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

49Dorpers | In die nuwe eeu

1 3

2

van die kolletjies op foto 1 sou genoeg gewees het, en ook indien dit slegs bruin verkleuring was.

P5:a. ‘n Wit skaap met geen hare of wol van ‘n ander kleur

in die bedekking nie.b. Ooglede moet volledig bruin of swart gepigmenteerd wees.c. Daar moet ‘n aanduiding van pigment onder die stert

of om die geslagsorgane wees.d. Bruin of rooi ooghare is toelaatbaar.e. Kleur mag in hoewe voorkom.

P5

P4:

a. ‘n Wit skaap met ‘n beperkte getal swart, bruin of rooi kolletjies/spikkels in die haarbedekking beperk tot die ore en onderlyn.

b. Tenminste 50% van die ooglede moet pigment toon in beide ooie en ramme met ‘n aanduiding van pig-ment op elke ooglid.

c. Bruin of rooi ooghare is toelaatbaar.

P4

P3:a. ‘n Wit skaap met ‘n beperkte getal swart, bruin of rooi

spikkels in die haarbedekking beperk tot die kop, nek en onderlyn.

b. Bruin of rooi kolle op die kop, nek, en onderlyn, gesamentlik nie groter as 10cm in deursnee nie is toe-laatbaar.

c. Ten minste 25% van ooglede moet pigment toon in beide ooie en ramme en dit kan in een of albei oë voorkom.

d. Bruin of rooi ooghare is toelaatbaar.

Pigmentasie en kleuropsomming vir stoet:

P5: Geen kleur word in die bedekking toegelaat nie met 100% pigmentasie van die ooglede en ’n indikasie van pigment onder die stert of op die geslagsorgane.

P4: ’n Beperkte aantal swart, bruin of rooi spikkeltjies/kolletjies word toegelaat op die ore en onderlyn. Ten minste 50% van die ooglede moet pigment toon met ’n aanduiding van pigment op elke ooglid.

P3: Bruin of rooi kolle, gesamentlik nie groter as 10cm in deursnee word in die bedekking van die kop, nek en onderlyn toegelaat met ten minste 25% pigmentasie van ooglede in een of albei oë.

LW: ‘n Indikasie van pigment om die anus of reproduk-tiewe organe word slegs benodig vir P5. Meer bruin of rooi kleur soos beskryf onder P3 word ‘n P2. Meer swart spikkels/kolletjies soos beskryf onder P4 en P3 of swart kolle in die bedekking op die lyf, nek of voorkwart is foutief.

P3

P2:a. ‘n Wit skaap met spikkels of groter bruin of rooi kolle

soos beskryf onder P3 kan voorkom op die kop, nek, voorkwart, onderlyn en lyf.

b. Swart spikkels/kolletjies soos beskryf onder P4 en P3 word beperk tot die kop, nek en onderlyn.

c. Geen pigmentasie op die ooglede is aanvaarbaar.

P2

Page 19: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

51Dorpers | In die nuwe eeu

P1:a. ‘n Skaap met blou in een of albei oëb. ‘n Skaap in geheel bedek met enige kleur as wit.c. ‘n Skaap met meer swart kleur in die bedekking soos

beskryf onder P4, P3 ingesluit swart kolle op die lyf, nek en voorkwart.

Nota: Ram en Ooilammers onder 60kg en 50kg respektiewe-lik, moet ‘n indikasie van pigment toon op ooglede vir skoudoeleindes.

P1

H5

H5 H5

H5

Bedekking in geheel bruin of rooi

Blou in een of albei oë

Swart kolletjie op die nek, voorkwart of lyf

Haarbedekking

As ons kyk na mense sien ons dat klere die prentjie kan verander. Dit is ook so vir die Dorperras. Ons wil ‘n mooi, skoon dier hê waarvoor ons lief kan wees, en daarom beter kan versorg. Indien u belê in hierdie tipe bedekking sal u goeie verharing aantref en ‘n dier waar-van almal hou.

Definisie: H5Kort, los, ligte mengsel van hare en wol met ‘n natuurlike skoon steekhaar onderlyn. Die kop moet bedek wees met kort gladde steekhaar.

Nota: Het u opgemerk dat ‘n mens die onderlyn ook in be-dekking gebruik? Let ook op dat die blad en bo-arm verkieslik skoon is vir H5, soos op die foto’s. (“Steekhaar” is baie kort hare wat teen die lyf lê.)

Definisie: H4

Kort, los, ligte bedekking van hare en wol met wol oor-wegend op die voorkwart en met ‘n natuurlike skoon onderlyn. Wol bedekking op kop tot by die kroon toege-laat.

H4

Hierdie bedekking is ook baie gewens en sal perfek ver-haar, met effens meer wol op die voorkwart, maar steeds ‘n haarbedekking op die onderlyn wat nie daardie baie kort steekhaar is nie.

Definisie: H3

Kort, los bedekking van oorwegend wol of sagte, fyn hare met waarneembare steekhare op die buite dye. ‘n Sagte maanhaar en/of voorskoot word toegelaat. Wol be-dekking word voor die kroon op die kop toegelaat.

H3: Hierdie is die laaste bedekking wat toelaatbaar is vir stoetdiere. Neem kennis van hierdie bedekking, omdat verharing minder sal wees en die voorkoms daaronder begin ly. H3 kan eintlik in twee kategorieë verdeel word: die wollerige tipe en die meer harige tipe. (Sien die foto’s). ‘n Voorskoot kwalifiseer ook onder H3. Op ‘n praktiese noot is H3 aantreklik wanneer die bedekking geskeer is of baie kort gesny is - u kan egter teleurgesteld wees wan-

Page 20: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

52 Dorpers | In die nuwe eeu

H3 Voorskoot

H3 Wollerig

H3 Sagte fyn hare

Definisie: H2

a) Byna uitsluitlik growwe haar en dig.b) Byna uitsluitlik wol en baie dig.

Definisie: H1a) Uitsluitlik growwe steekhaar.b) Uitsluitlik wol (lank en dig).c) ‘n Growwe maanhaar.

H2: Hierdie gradering is slegs vir kudde diere en uit die definisie sal u sien dat dit ‘n minder aanvaarbare be-dekking is.

H1: Die terme spreek vanself en lyk nie goed nie. (Onthou dat dit lyk soos ‘n H2, maar daar is nou geen mengsel van wol en haar nie - H1 is óf heeltemal wol óf heeltemal growwe haar en baie dig.) By al die tipes verkies ons ‘n dik vel. ‘n Dun vel vertoon pienkerig en kan gevoel word aan die lies.

Diskrimineer by bedekking teen die volgende aspekte:

a) Digtheid en lengte van bedekking.b) Lang bedekking op die onderlyn by volwasse diere.c) Bedekking te yl. Indien die bedekking te yl is onder strawwe woestyntoestande, sal die vel op die ruggraat langs vinnig sonbrand en sal die bedekking nie weer in daardie area groei nie.

Nota: Wees versigtig met lammers: hulle kry hulle “reg-te” bedekking eers na hulle eerste volwasse verharing, wat op ongeveer 12 maande ouderdom gebeur. Dit is ook ‘n feit dat die Dorperras se bedekking aanpas vol-gens omgewingstoestande. Onthou ook dat dikte van die vel en goeie vetverspreiding help vir baie koue omstan-dighede.

H2

H2

Nota: Die woord “lig” is uit die definisie gehaal en die onderlyn is nie skoon nie maar wollerig of langer hare.

neer die bedekking weer uitgroei en ‘n onnet voorkoms die resultaat is! Hierdie aspek word dikwels oorgesien wanneer versorgde diere op ‘n veiling verkoop word.

Page 21: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

53Dorpers | In die nuwe eeu

Definisie: Tipe

Dit is die graad waartoe die skaap voldoen aan die Rasstandaard. Die algemene indruk moet die wees van goeie balans, bespiering en lewenskragtigheid, met man-likheid by die ram en vroulikheid by die ooi.

Tipe

Ons het die skaap van kop tot stert ontleed en nou kom ons by die belangrikste keuse om te maak. Ons praat al-tyd van hierdie of daardie tipe persoon, en nou wil ons die tipe dier bepaal. Dit is nie altyd maklik om tipe te bepaal nie, veral nie as u naby ‘n dier staan nie. Om tipe te bepaal, word dit aanbeveel dat u ‘n paar meter terug-staan en kyk na die prentjie voor u. Onthou dat u reeds die dier gepunt het vir moontlike tekortkominge, en die tipe moet getrou hieraan wees. U kan byvoorbeeld ‘n kort onderkaak hê maar ‘n pragtige tipe. Moenie dat tipe tekortkominge oorheers nie, maar wees konsekwent en presies op tipes. Kom ons kyk weer na die definisie en sien dat dit ‘n somtotaal van eienskappe is.

Tipe

StoettelingStoetteling is vandag ‘n hoogs gespesialiseerde onderneming en voordat ‘n voornemende teler

so ‘n projek aanpak moet baie deeglik oor ‘n paar aspekte besin word. Dit regverdig nie enigeen

om onbedagsaam in stoetteling te belê nie. As sekere faktore ongunstig is, sal dit miskien meer

raadsaam wees om eerder kommersieel met kuddediere te boer.

Punte vir oorweginga. Liefde en voorkeur vir die ras is noodsaaklik.

b. Die geskiktheid van ‘n plaas vir stoetteling, bv.:

1. Die ligging van die eiendom en roofdierbedreiging.

2. Die kwaliteit van weiveld, klimaat en reënval.

3. Aanvullende voedingspotensiaal en/of bron van beskikbaarheid.

4. Voldoende veesuipings in kampe.

5. Goeie hanteringsfasiliteite, bekraling, skuurfasiliteite, kampe en toestand van omheining.

c. Voorsiening vir aansienlike groot finansiële verpligtinge, veral vir die finansiering by die aanvanklike aankope van goeie teelmateriaal.

d. Stoetteling is ‘n langtermyn belegging met geen kits-formule vir vinnige resultate nie.

e. ‘n Stoetteler moet bereid wees om voortdurend sy kennis te verbreed en op hoogte te bly met die nuut-ste ontwikkelinge en tegnieke.

f. Die teler moet streef na ‘n teelprogram wat die mees ekonomiese raseienskappe in ag neem - ‘n lukraak teelbeleid moet vermy word.

Vir eksamendoeleindes sal die volgende waardes geld vir die toekenningvan punte vir die korrekte waarde gegee aan ‘n spesifieke kenmerk

Bouvorm 3 punte belangrik om korrek te wees Grootte 1 punt maklik om korrek te wees Vet 1 punt min variasie om te bepaal Kleur 2 punte belangrike voorkoms-eienskap Bedekking 2 punte ook ‘n ekonomiese eienskap Tipe 3 punte belangrik om korrek te wees Seleksie 3 punte belangrik om korrek te wees Totaal 15 punte wees seker u verstaan al die belangrike aspekte

Tipe

Page 22: Dorpers in die nuwe eeudorpersa.co.za/wp-content/...the-new-century.pdf.pdf · Danie Visser 36 Famacha 10 Gideon Vivier 2 Hennie Human 54 HerdMASTER 70 John Dell OBC Kasteel 60 Klipkoppies

85Dorpers | In die nuwe eeu

Breë neus

‘n Goeie voorbeeld van ‘n sterk neus met oë wyd uit-mekaar en goeie sekondêre ontwikkeling.

KOP-04Plat neus

Dit is nie ‘n ideale vorm van die kop nie, en is ongewens. Uit praktiese ondervinding en waargeneem in meer as een geval kom dit voor asof die dier nie maklik asemhaal nie.

KOP-03Hol voorkop

‘n Goeie voorbeeld van ‘n hol voorkop. Wees versigtig om dit nie te verwar met ‘n sterk roman neus nie. ‘n Pluspunt in hierdie voorbeeld is die goeie oogbeskerming en kroon.

OPLEIDINGSGALERY

KOP-01Af-tipe kop

‘n Uitstekende voorbeeld van ‘n af-tipe kop. Die kop is te kort, ‘n keelvel is teen-woordig, geen karakter, geen kroon en bek te fyn. In Dorpertaal ‘n dowwe kop en kan net ‘n prul wees!

KOP-02

Veredelde kop

‘n Goeie voorbeeld van ‘n veredelde ooikop met goeie karakter, sterk bek, en ro-man neus. Goeie lengte.

KOP-08Karakterlose kop

‘n Baie karakterlose kop en te veel wit rondom die oë. Daar is ook bruin in die ge-sig waarteen gediskrimineer word.

KOP-07Sterk breë neus

‘n Mooi roman neus soos in -05 word gekomplimenteer met die mooi sekondêre ontwikkeling en breë neus in -06. Goeie kroon en ore komplimenteer die lam se voorkoms.

KOP-05Sterk kop en bek

Kyk na die posisie van die skeiding tussen die bo- en onderkaak. Dit is ‘n mooi, sterk onderkaak. Wees ver-sigtig om die onderkaak nie te lig te teel nie.

KOP-06

Vroulike kop

Kyk na die sagte voorkoms van hierdie ooi, met goeie grootte ore om tipe en vrou-likheid te komplementeer.

KOP-12Breë neus

Hierdie ram se neus is baie breed en dit bederf al-gemene voorkoms. Onthou dat so ‘n geval ge-evalueer word deur op te let hoe die veskillende dele mekaar komplimenteer. Oogbesker-ming is nie goed nie.

KOP-11Sestand

Tande bepaal ook ouderdom.2-tand= 12-14 maande4-tand = 18-20 maande6-tand= 26-30 maande en8-tand (volbek) = 36 maande plus. Die slytasie van tande hang af van die tipe weiding.

KOP-09Veredelde kop (voor)

Dieselfde kop as in -08 van voor gesien. Die neus is net reg vir ‘n ooi om vroulikheid te behou.

KOP-10