1
18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5
Alle plasings
in die
Ligdraer
per epos
asseblief.
Spertyd vir
inhandiging:
Donderdae
voor 12h00
Oggenddiens 9h30 Aanddiens 18h00
(Kleuterbediening tydens oggenddiens: kleuters 3 – 7 jaar)
DOELWIT: Om God te verheerlik deur as bruid van Christus die blye boodskap van die Bybel in die wêreld te verkondig en dissipels vir
Christus in Roodepoort te maak! KERKWAARDES: Diepgaande kennis van Skrif en belydenis. Bybelse
leer en onderrig.
Hartlik welkom aan elkeen vanoggend
by ons ontmoeting met die Here
Ons nooi almal vriendelik uit om na
afloop van die diens saam met ons
’n koppie tee/ koffie in die saal te geniet.
Kom kuier lekker saam en leer mekaar ken.
Bybelstudie in die Kerksaal:
Maandae 19h00 Tema – Vreugdevol Vry
Woensdae 8h30 Tema – Vreugdevol Vry
Donderdae 9h00
Vroue Bybelstudie: Dinsdae 9h00
Bybelstudie by Ons Huis: Donderdae 15h00
Bybelstudie vir jong volwassenes:
Kontakpersone: Evert of Cherése Kleynhans -0847991709
Redaksie Ligdraer: [email protected]
Kerkkantoor: [email protected] (011) 6723810
2
18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5
OGGENDDIENS 9H30 TEMA: :
DIE EREDIENS
Ons vier die nuwe lewe in Christus!
Stemmingsliedere:
Sb 1-6: 1, 3 2.
Lb 513: 1, 3
Kategese: Op hierdie dag
ONTMOETINGSDIENS Votum/Seën
Lofsang: Ps.81:1+6+11 Geloofsbelydenis:
Apostolicum
VERSOENINGSDIENS Wet: Eks.20
Skuldbelydenis: Luk.18:13 Sing: Ps.51:1
Versoening: Rom.3:21-22 Sing: Lb.245:1+2
WOORDDIENS
Gebed Skriflesing: Nehemia 8:1-13
Fokus: Neh.8:11
ANTWOORDDIENS Gebed
Sing: Ps.118:10+12 Wegstuurseën
AANDDIENS 18H00 TEMA:
Watter beeld skep EK van God?
Stemmingsliedere:
Ps 119: 6, 11 2.
Lb 276: 1, 2
ONTMOETINGSDIENS Votum/Seën
Lofsang: Ps.34:1+6 Sing: Sb.3-2:1+4 (mel. Sb.18-
6)
WOORDDIENS Gebed
Skriflesing: Deut.4:13-19; 12:29-31
Fokus: Deut. 4:16 & 12:31 H.K. Sondag 34
ANTWOORDDIENS
Gebed Sing: Sb.9-2:1+2 Wegstuurseën
Aandgebed: Sb.10-1:1+2
3
18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5
4
18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5
PREEKSKETS: NEHEMIA 8:1-13
Die erediens is ‘n feestelike byeenkoms waar God se kinders die nuwe
lewe in Christus vier. As ons Jesus se eie woorde kan gebruik: “(O)ns kan
tog nie anders as om fees te vier en bly te wees nie” (Luk.15:32). Die
erediens is ‘n feestelike byeenkoms “IN DIE HERE”, want Hy is ons
beskutting. Omdat ons blydskap in die goedheid van God is, soos dit
gestalte kry in Christus, is dit ‘n blydskap wat nie geblus kan word nie.
Omdat die oorsprong van ons blydskap in God is, is die erediens aan
Hom gewy. Alles moet na Hom toe wys! In Nehemia 8 is daar vier
hoofmomente wat hoort in ‘n erediens.
Ontmoetingsdiens / toetrede tot God. In Christus kan ons met
vrymoedigheid toetree in die heilige teenwoordigheid van God. Hier pas
aanbidding, uitwysing wie God is, lofprysing en opregte harte wat hulle
geloof in die Drie-enige God bely. Let op dat die kinders van God daar by
die Waterpoort met hulle hele wese by die erediens op gedaag en deel
geneem het.
Versoeningsdiens. Die priesters het die “wet van God, voorgelees
en dit uitgelê”. Hulle het die wet verstaan want hulle het hulself daarin
raakgesien. Veral hulle sonde gebrokenheid. Sonde besef en belydenis
bring my altyd in die regte verhouding/gesindheid met God. Die wet vat
my aan die hand en bring my voor die kruis van Christus tot stilstand.
Woorddiens. God moet aan die woord kom deur sy Woord. Die
eerste rooilig dat ‘n “erediens” nie ‘n erediens tot eer van God is nie, is
wanneer God nie aan die woord kom nie. Biddend in afhanklikheid van
die Heilige Gees moet die “betekenis” van die Skrifgedeelte wat
voorgelees is “verduidelik” word. Elke hoorder moet die Skrif hoor en
verstaan.
Antwoorddiens God lei ons ons deur sy Gees en Woord tot ‘n
ontmoeting met Christus en met Hom. Vir ‘n oomblik kon ons iets beleef
wat ons eendag volmaak in die hemele gaan beleef. Daarom... hoe dan
anderste as dat ons met blydskap reageer. Al doen ons dit in trane omdat
ons getroos is, al doen ons dit belydend omdat die Gees ons sonde
5
18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5
uitgewys het, al doen ons dit met vreugde omdat ons soveel genade
ontvang het, maar ons antwoord met oorgawe.
Let fyn op: Deel van die volk se vreugde en reaksie op God se
genadewerk in die erediens, is die versorging van die armes en moet dit
nie miskyk nie... OOK die liefdevolle saam wees van God se kinders... die
liefdevolle gestalte gee aan God se liefde aan ons in Christus... Ons lees:
“Die hele gemeente het toe gaan eet, lekkernye uitgedeel en groot fees
gevier.”
Deur God se groot genade kan ons Sondag vir Sondag die opstanding
van ons Here vier. Inderdaad moet ons erediens ‘n feesdag wees aan
Hom toegewy. Ons het soveel rede om uit ons velle uit bly te wees en
God uit te wys vir sy goedheid.
VIR VÊRDERE OORDENKING! 1. Lees die doksologie (aanbiddingslied) in Rom.11:33-36. Hierdie lied
het Paulus neer gepen nadat Hy die Christetelike godsdiens in 11
hoofstukke verduidelik het. Na sy verduideliking van die goeie nuus
van die Bybel eindig hy met ‘n aanbiddingslied. Bespreek nou die
dieptesnit van die Nehemia boek: “DIE BLYDSKAP IN DIE HERE –
DIT IS JULLE BESKUTTING”.
2. In Nehemia 8 leer ons dat daar 3 partye aktief in die erediens
deelneem. Kyk na die skets en bespreek die volgende stelling: In die
erediens moet daar balans/harmonie tussen al drie die partye wees.
GOD
VOLK/GEMEENTE PRIESTER/LITURG
NB: Liturgie = dit wat ons doen in ons ontmoeting met God
Liturg = die een wat voorgaan/leiding neem in ons liturgie
3. Bespreek die 4 hoofmomente in die erdiens, nl: Ontmoetingsdiens,
Versoeningsdiens, Woorddiens; Antwoordiens.
4. Wat sal jy graag wil verander/vernuwe in die erediens terwyl jy die 4
hoofmomente in ag neem?
5. Wat is die een “take away” wat Nehemia 8 jou oor die erediens leer?
6
18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5
LIEF EN LEED
Weet jy van iemand wat siek is en ‘n besoek sal
waardeer, jyself dalk?
Bel asseblief vir Sonia Richards 0826331200 of
Martie Diederichs 084 011 6288. Hulle is die
bereidwillige voete vir die maand Februarie 2018.
DIAKONIEDIENSLYS
18 FEBRUARIE 2018 25 FEBRUARIE 2018
KERKNUUS BEROEPE ONTVANG Proponent JPL van Jaarsveld (Vickus) na Krugersdorp-Wes/ Magaliesburg-kombinasie.
BEROEPE AANVAAR
Ds PD Mqokolo (Piet) van Tshing na Ikageng Bophirima
OPLAAIBEURTE OPLAAIBEURTE
Ons Huis (1,2,3) Ons Huis (1,2,3)
Bettie Voges (2) 072 424 5942 Koos Richards (1) 078 883 2186
Nardus vd Walt (1) 082 453 3600 Petra Prozesky (2) 083 226 8824
D McDonald D McDonald
Nardus vd Walt (1) 082 453 3600 Koos Richards (1) 082 633 1200
Rita vd Merwe
Highway 9
011 472 0365
Klein Helderkruin:
Elize Coetsee
072 490 5402 Klein Helderkruin:
Elize Coetsee
072 490 5402
Middagdiens
Ons Huis 16:30
Middagdiens Ons Huis 16:30 Olga Venter
Rein Coetzee
0845870101
0721551690
7
18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5
Kerkraadsvergadering
20 Februarie – Ouderlinge vergadering 19:00
1 Maart – Ouderlinge en Diakens vergadering 19:00
Diensgroepverslae
Voorsitters van diensgroepe moet asseblief verslae instuur voor Sondag 18
Februarie 2018.
Liewe broers en susters, almal weet seker al dat oom Fanie
van Deventer baie siek is. Hy en tannie Lettie raak ontslae van
hulle goed met groot wiele. Hier word pryse genoem, maar ‘n
mens mag altyd meer bied.
- Ford Ranchero 2,5 l. 1973 bakkie, in lopende / werkende toestand R 25,000-00, - Twee (2) sleepwaens. Die ene is 'n grote wat 'n voertuig kan vervoer en die ander is 'n kleintjie R 10,000-00 & R 5,000-00, - 'n Karavaan, met gasstofie & -yskas in R 20,000-00. Al hierdie pryse is onderhandelbaar met die eienaars (0117606368)
Daar is nog 10 eksemplare van GKSA se Almanak 2018 beskikbaar teen R80-00. Lidmate wat belangstel kan die kerkkantoor kontak
Ons is in die mark! Enige lidmaat wat iemand aanbeveel en ons huis word daardeur verkoop, ontvang R5 000.00 as ‘n dankie-sê presentjie.
Oribistraat 8, Constantiakloof.
Edgar en Petra Prozesky.
8
18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5
Vandag vier ons susters
Val JOUBERT haar 80ste en op
die 21ste van die maand mag
Magriet HARTZER haar 82ste
verjaardag herdenk.
Residentia Ons Huis hou kermis. Baie stalletjies en Lekkernye te koop.
Stalletjie te huur teen R150 eie tafel en stoele R200 1 tafel en 2 stoele
ingesluit.3 Maart 2018.110 Madeline Straat, Florida Vir meer inligting of
om stalletjies te bespreek kontak Ronel/ Marita by
0116725018 of epos [email protected] Indien u
enige verdere vrae het moet asb nie huiwer om ons te
kontak nie.
9
18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5
Me, myself and I” - ons grootste vyande
Deur Stephan Joubert
Fransiskus van Assisisi (1182-1226) was ’n bekende kerklike wat sy lewe vir God
en vir ander mense gegee het. Daar word vertel dat as hy iemand raakgeloop het
wat nog armer was as hyself dat hy al sy klere uitgetrek het en dit vir daardie
persoon gegee het. Daarom dat sy volgelinge altyd sakke gereed gehad het sodat
Fransiskus nie keer op keer kaal moes wegstap nie. Ook was dit Fransiskus se
gebruik om, wanneer hy by kerke gepreek het, altyd eers uit te vind wie is op
skoonmaak-diens wat die toilette aanbetref. Gewoonlik was dit priesters se straf
om die kerk en klooster se toilette skoon te maak as hulle sekere reëls oortree
het. Dan het Fransiskus aangebied om eers hulle diensbeurt waar te neem
voordat hy gepreek het.
Fransiskus het die hartklop van geloof verstaan. Nog meer, hy het ook die wysheid
gehad om te besef dit kos ’n duur prys om ware geloofsgemeenskap te laat wen,
daardie soort wat die Nuwe Testament koinonia noem. Koinonia is om lewe saam
met mekaar te doen in Jesus se teenwoordigheid. Dit het egter ’n ander inhoud
en tekstuur as daardie soort gemeenskap wat die res van die wêreld hier in ons
dag beoefen. In die regte lewe is dit elkeen vir homself of haarself. Daar tel net
drie mense: “me, myself and I.” Daar stel mense net belang in “community”
solank as wat dit een vraag reg beantwoord: “what’s in it for me?”
10
18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5
As indiwidue geen voordeel uit hul lesaamwees met ander kry nie, dan stel hulle
nie meer belang nie. Helaas het hierdie selfsug-virus ook die kerk getref. Luister
maar net hoe praat mense oor kerke wat vir hulle werk: “Ek kry geestelike kos
daar.” Daar is soveel oulike mense.” “Die leiers is vriendelik met my.” “Hulle groet
my en gee vir my om.” Al klink sulke uitdrukkings mooi, is dit steeds maar net
geskoei op die vraag: “what’s in it for me?
Min Christene sien regtig kans om selfloos te lewe, of om hulle lewens vir ander
te gee. Die verbruikerskultuur van die dag het ons opgeslurp en ingesluk. Ons
almal is slagoffers. Ons het van ons geloof ’n verbruiksartikel gemaak met gebed
as dié manier om alles wat ons van God wil hê in die hande te kry. Ons geestelike
behoeftes en begeertes, ons “wants and needs,” is eindeloos lank. Geen wonder
dat egte geloofsgemeenskap tweede kom binne sulke omgewings nie Geloof laat
ons opkyk In Filippense 2:5 skryf Paulus dat ons die hart, die ingesteldheid, van
Christus moet hê. Dit beteken dat ons moet leer om op te kyk na ander. Ons leer
al hoe meer om deur die oë van Jesus na ander te kyk. Dan sien ons hulle foute
meermale mis en ontdek daardie unieke talente wat die Here in hulle lewens
ingebou het. O ja, en dan vier dit saam met hulle.
Geloof laat ons saam eet
Geloof gebeur; dit is nie teoreties van aard nie. In die vroeë kerk het mense hulle
gedeelde geloof sigbaar gemaak deur saam brood te breek van huis tot huis. Hulle
het in die teenwoordigheid van die Here feesgevier en mekaar se laste gedra.
Hulle het gewys dat hulle saam deel uitmaak van God se nuwe aardse familie.
Wanneer een lid gely het, het almal saam gely. En wanneer een bly was, was almal
saam bly. Leer by hulle en gaan doen dit agterna.
Gebedsversoek- afskeurstrokie. Plaas in kollektesak. Ek sal as
gebedskoördineerder dit na die diens insamel. Ja, jy kan anoniem bly of die
versoek onderteken
11
18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5
Radio Kansel se “Woord van vandag” . . .[DIE] HOëPRIESTER IS IEMAND ... UIT DIE MENSE...' HEB 5:1 NLV
Daar is vier Bybelse beginsels oor waardering vir jou leraar. Eerstens, '[Die]
Hoëpriester is iemand wat uit die mense aangewys word... hulle sake voor God
te behartig. 'Jou leraar is 'n mens, nie 'n hemeling nie. Tweedens, omdat hy mens
is, '[het hy] empatie...met die onkundiges en dwalendes omdat hy self aan
swakheid oderhewig is' (Heb 5:2 NLV) Jou leraar is ook in 'n stryd betrokke.
Charles Spurgeon het gesê "n Leraar wat nog nie beproef is en die littekens
daarvan dra nie, kan nie vir God ten volle nuttig wees nie.' Derdens, 'Hy is verplig
om nie net vir die volk nie, maar ook vir sy eie sondes offers te bring' (Heb 5:3
NLV) Jou leraar maak ook foute en het ook God se genade nodig.
Moenie dink dat net omdat hy 'n goeie prediker is, hy nie met sy gesin, finansies,
vrese en sy vlees worstel nie. Hy mag dalk nog meer worstel, want Satan sal
eerder 'n generaal as 'n honderd voetsoldate wil uitskakel. Wanneer jy misluk,
wend jy jou tot jou leraar, maar waarheen gaan hy? Vierdens, '...niemand kan 'n
hoëpriester word bloot omdat hy graag daardie ereposisie wil hê nie. Hy moet
deur God daartoe geroep word...' (Heb 5:4 NLV). God het aan jou leraar die
roeping gegee, nie hy self nie. Voor jy hom dus kritiseer, dink eerder of jy al vir
hom gebid het. Voor jy hom veroordeel, vra eerder of God miskien met hom
besig is. Jy en jou geliefdes sal soms jou leraar se raad en gebede nodig hê. Moet
dus nie vandag vernietig wat jy dalk môre sal nodig kry nie.
12
18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5
DIE BYBEL EN MY VRIENDE- deur Roedolf Botha
Baie mense soek vandag antwoorde maar hulle wil nie ‘n antwoord wéés nie.
Ander mense soek wonderwerke maar hulle wil nie ‘n wonderwerk vir ander
wéés nie. Sommige ander mense wil die boodskap van die Bybel deel sonder om
die boodskap van die Bybel te wéés vir mense. Om in ‘n Bybelstudie te sit saam
met vriende is natuurlik uiters noodsaaklik en ons sal nie maklik kan groei
daarsonder nie.
Vir vriende wat oop en ontvanklik is om die Bybel te wil verstaan is dit baie nuttig
om saam te dink oor sekere teksgedeeltes, saam te bid daaroor en dalk soms
saam uiting te gee aan die boodskap deur sekere liefdesprojekte saam aan te pak.
Maar wat as sommige vriende nie regtig so oop is hiervoor nie maar steeds die
boodskap nodig het?
Wel, Paulus sê in 2 Korintiërs 3:3:
Dit is tog duidelik dat julle 'n brief van Christus is, deur ons diens geskrywe, nie
met ink nie, maar met die Gees van die lewende God, nie op klip nie maar op die
harte van mense. Paulus sê hierdie gemeente is briewe deur Christus self geskryf.
Alhoewel die Korintiese Christene natuurlik nie altyd sulke goeie briewe was nie,
gee Paulus ‘n baie belangrike deel weer van Bybel-deel met mense: die ideaal is
nie om slegs die woorde te deel nie maar dat die woorde van die teks gestalte kry
in jou lewe. Mense moet jou kan lees! Trouens die slegte nuus is dat mense ons
in elk geval lees! Die vraag is egter of ons goeie briewe is, of ons ons vriende
voorsien van goeie “leesstof” en of ons lewens ‘n teks is wat vol is van Jesus se
oorweldigende liefde, onwrikbare geloof en vaste hoop! Dis die uitdaging van
enige Jesus-volgeling: om self die lewende boodskap van Jesus te wórd!
Jeug uitstappie 10 Maart 2018. Ons gaan lekker swem en braai vir die
dag by Lost Horizon Resort Almal
welkom. Bring jou pieniek mandjie of
vleisie. Ouers betaal self maar daar is n
groep afslag. RSPV asb voor 28 Feb. Ons
moet bespreek voor die tyd. Kom en
geniet die dag saam met ons jeug.
JC 0720870932 of Heleen 0833044812
13
18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5
Vergewe en vergeet
Daar het ’n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.
En eendag kom daarlangs
‘n ossewa verby,
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry.
“Jy het mos doringstruikie
my anderdag gekrap;
en daarom het my wiele
jou kroontjie plat getrap.”
Die ossewa verdwyn weer
agter ‘n heuweltop,
en langsaam buig die boompie
sy stammetjie weer op.
Sy skoonheid was geskonde;
sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur.
Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor sy wonde druppel
die salf van eie gom.
Ook het die loop van jare
die wonde weggewis –
net een plek bly ’n teken
wat onuitwisbaar is.
Die wonde word gesond weer
as jare kom en gaan
maar daardie merk word groter
en groei maar aldeur aan
TOTIUS SE DORINGBOOMPIE
14
18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5
Wat IS WAARHEID?
Kan jy onthou hoeveel keer die dominee die 10 gebooie voorgelees het? Lees julle
dit by die huis? Saam met pappa en mamma? Dalk saam met oupa of ouma?
Kyk hoe begin dit: “Ek is die Here jou God.” Dan spring ons na vers 16 toe. “ Jy
mag nie vals getuienis teen ‘n ander gee nie.” Hierdie woorde van die Here is
seker bedoel vir mense wat in die hof staan en nie mag lieg nie. Nee, dis nie net
vir hierdie mense bedoel nie. Hierdie wet van die Here gaan oor die mag van die
woord. Net mense kan praat, diere kan nie. Omdat ons ‘n verstand gekry het, kan
ons praat. Woorde met ander mense wissel. Deur te praat kan ons mekaar opbou
of afbreek.
“Maar ek moet tog altyd die waarheid praat?” Miskien is dit wat jy gehoor het
iets wat regtig gebeur het. Is dit nodig om daardie sappige brokkie nuus oor te
vertel? Veral as dit die ander seun of dogter skade aandoen? Deur dit wat ons van
ander mense vertel, oordeel ons. Is dit dan nog steeds die waarheid? Elkeen van
ons het die mag van die woord gekry. Ons moet dade oordeel, nie mense nie. Ons
is deur God as konings, priesters en profete aangestel. Ons het die voorreg om
onderkonings te mag wees. Ons werk is om regters te wees. Dit gaan oor die
manier waarop ons dit doen.
As ‘n gesprek by ‘n kuier
begin met “het jy gehoor wat
die en die gedoen het?” – is
die geselsie op die regte
spoor? Nee, dit word skinder
en nie ten gunste van die een
waaroor ons praat nie.
Sou dit nie beter wees om self
na daardie persoon toe te
gaan en met hom of haar te
praat nie? Hoekom moet ons
15
18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5
oor ander mense praat? Ons dien nie op so ‘n manier ons Koning in die Hemel
nie. Ons is besig om ander kinders van God af te breek.
Vra die Here om jou te help. Ek wil anders wees, meer betroubaar, maar voordat
ek dit besef val ek opnuut in hierdie ou sonde.
Skinder gebeur so maklik en om iemand anders ligtelik te veroordeel begin
vanself. Sonder Christus is hierdie gebod oor die leuentaal onmoontlik. Die goeie
nuus is dat Hy ook vir die sonder van skinder, dus vir my leuens gesterf het. Hy is
die Waarheid, die Weg en die Lewe. Vir ons het Hy gewillig die slagoffer van valse
getuies geword, sodat ons van Satan, die vader van die leuen bevry kon word.
Is dit nie ‘n verbasende liefdesdaad nie?
Daar is nog ‘n deel van die goeie nuus. Ons Here Jesus Christus het nog veel meer
gedoen. Hy vergewe nie net ons sonde nie, Hy verander en vernuwe ons.
In die boek Jakobus staan dat geen mens die tong kan tem nie. Dis soos ‘n wilde
dier wat niks kan leer nie. Daar is Een wat ons ‘wilde dier’ kan tem en dit is Jesus
Christus.
16
18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5
1. die Here sal ons harte . . . .
2. Lelike stories rondvertel noem ons . . .
3. Wat is ons wilde dier?
4. Met ons mond sing ons ook geestelike . . .
5. Wie is die Waarheid?
6. Wie het oor die gevaar van die tong geskryf?
7. ‘n Gesprek met die Here is ‘n . . .
8. Met ons woorde moet ons mense . . .
9. . . . . is die vader van die leuen.
10. Hoeveel gebooie is daar in die wet?
My God is so groot
My God is so groot, so sterk en so magtig daar's niks wat my God nie kan doen!
My God is so groot, so sterk en so magtig daar's niks wat my God nie kan doen!
Die berge maak Hy, die riviere daarby, die see en alles daarin. My God is so groot, so sterk en so magtig
daar's niks wat my God nie kan doen!
17
18 Februarie 2018 Jaargang 50 Nr. 5
GEBEDSLEIDING Daar is verskillende dinge wat jou gebedsgemeenskap met die Here kan kelder.
Kyk wat staan daar in Jesaja 59: 1 en 2 “Die arm van die Here is nie te kort om te
help nie en sy oor is nie te doof om te hoor nie. Dit is julle oortredinge wat
skeiding gebring het tussen julle en julle God, dit is julle sondes wat maak dat Hy
Hom nie aan julle steur nie.
Die profeet Jesaja het nie doekies omgedraai nie.
Kom ons begin met danksegging en lofprysing. “Geloofd sy U, Here, God van ons
voorvader Israel, van ewigheid tot ewigheid, glans, die roem en die majesteit
behoort aan U, ja, alles in die hemel en op aarde. Aan U, Here, behoort die
heerskappy; U is bo almal verhewe. Van U kom rykdom en eer. U heers oor alles.
Mag en krag word deur U geskenk en dit berus by U om enigiemand groot en
sterk te maak. En nou loof ons U, ons God, ons prys u glansryke Naam, want wie
is ek en wie is my volk dat ons die vermoë sou hê om sulke gawes te bring? Alles
kom tog van U af en ons gee aan U wat ons van U gekry het.
(2 Kron. 29: 10 – 14)
“Bewaar my siel en red my; laat my nie beskaamd staan nie, want by U skuil ek.
Laat vroomheid en opregtheid my bewaar, want U verwag ek.” (Ps. 25: 20-21)
Laat U my ‘n troue dienaar wees, oor die tyd wat ek uit U hand ontvang, laat my
verstandig met U gawes omgaan, die aardse dinge wat ek gekry het. Gee my
genoeg om ook my naaste daarmee te dien. “Elke mens moet hom onderwerp
aan die owerhede wat oor hom gestel is. Daar is immers geen gesag wat nie van
God kom nie, en die owerhede wat daar is, is daar deur die beskikking van God.
Wie hom teen gesag verset, kom dus in opstand teen die ordening van God; en
wie in opstand kom sal sy verdiende straf kry.” (Rom. 13: 1-2)
“Abba, Vader, ons het nie ‘n Gees van vrees by U ontvang nie, maar ons het die
Gees van aanneming ontvang. Hierdie Gees getuig saam met ons gees dat ons U
kinders is.” (vgl. Rom. 8: 15-16)
BEGIN JY JOU DAG REG? Dit is die dag wat die HERE gemaak
het; laat ons daaroor juig en bly wees
Dit het van die HERE gekom;
dit is wonderbaar in ons oë.
Psalm118:23 en 24