Download - OKG Nuusbrief vir nov 2014
ORANJE KWILTERSGILDE
ORANJE QUILTERS`GUILD
Since 1989
Bloemfontein & Omgewing/ Surroundings
November 2014 Nuusbrief / Newsletter November 2014
KWILTUITSTALLING
PENTZPLAAS - BULTFONTEIN
26 NOVEMBER 2014
Moenie hierdie besonderse dag mis nie.
Ons het baie nuwe kwilte om te wys en
heerlike eet en drinkgoed, alles vir slegs
R40p/p.
Neem die dag vir jouself en kom kuier vir
ons.
Oop 9vm – 4nm
van die voorsitter… …sommer so, tjoef tjaf… 1,2,3 .. in `n oogwink! … maak nie saak hoe jy dit sê of sien nie, die jaar lê op sy rug! Dit was voorwaar `n jaar vol van gebeurlikhede en ook kontras – opwinding oor die maak van nuwe kwilte, insiggewende kursusse, pragtige kwiltuitstallings, `n heelike “patch jol”, lekker groepiedae vol inspirasie saam met medekwilters, lekker lag en kuiers saam met familie en vriende … maar helaas ook die hartseer om afskeid te neem van `n dierbare of `n traumatiese ervaring soos ons groepleidster Wilna Geel van die Rotary cutters, wat haar huis in `n brand verloor het! Asook ons lede rina v Straaten, Mari Styrdom en Beatirice Carshagen wat die nodige en baie belangrike mediese behandelings ontvang het, en Karin de Villiers se dogter wat vroeër vanjaar in `n motorongeluk was – ons gebede is met julle, en wens julle alle sterkte en beterskap toe. Dit is die realiteit van die lewe – maar danksy kersfees kan ons elke dag vol moed aanpak en uitsien na die onbekende! Ek is `n bietjie nostalgies oor hierdie “tyd” van die jaar – soos die digter Ita , dink ek ook aan Kersfees in die volgende trant –
“my voet trap versigtig spoor
terug na kindwees nooit verloor
dis kersfees in ouma se kombuis roosmaryn-skaapboud en trifle poedingreuke vul die huis grootoog loer ek na die kersboom deur die ruite
sien die jesusengel blinkoog vir my loer van hier buite
verjaag vanwaar ons snuffel al om die geskenke so mooi toegedraai en droomvol hoop op al ons wenke
in briefies geskryf met dik vetkryt vir kersfeesvader voor die blinkdag nader
ons sien oupa sit met bybel klaar oop om na ete van die stal te vertel met ons ogies blink van hoop om te ontvang jesusliefde wat saam loop
en vandag nog my voet volg aan my sy om weer die kindwees kersfees terug te kry”
Mag dit vir julle almal `n Kersseisoen vol van vreugde en vrede wees! Kwiltgroete tot ons weersien Frances
Kwiltprogram 2014/2015
26 November Kwiltuitstalling – Pentzplaas - Bultfontein
2015
7 Feb – Rafels/Kwetter Kwilters – “Crazy Patch” 14 Maart – Nasionale Kwiltdag – Heeldag lank!
Kwilt- en Stikdag/vendors/uitstalling/kursusse – Altonasngl. 8 Mei –Sterre/ Vingerhoede – Appliekwerk
3- 6 Julie – “Creative Energy” Kwiltfees 9 Augustus – Teeparty/Antieke modeparade i.s.m die
Oorlogsmuseum 14 Augustus – Uile/Gouedrade – “quilt as you go”
5 September – Lente -Uitstalling –Venue sal bevestig word 7 November –N & P/Laslappies – “Borders and bindings”
Of Voorlopige spreker – Louise Rheeder
.... besprekings open
15 November 2014.
Feesprogram/ “lectures”
beskikbaar aanlyn. by…
http://festival.quiltsouthafrica.co.za/
NB: besprekings word aanlyn gedoen via bg. webblad!
*Quilters` Newsletter Magazine - Maart 1988
Helen Kelly 1927 -2008
Besoek gerus quiltershalloffame.net en lees meer oor
hierdie uitstaande en gerespekteerde kwilter.
Recipe…
Creamy Green Salad Place in a glass bowl – in layers – in the following order:
Shredded lettuce Blocks of avocado
Green grape Slices of celery
Slices of kiwi fruit Chopped green pepper
English cucumber “Young and Tender” frozen peas
Dressing: 250ml fresh cream 40 ml Mayonnaise Mix together, spoon on top of salad and garnish with chopped chives. * The more time to quilt Cookbook – National QF 2000
Friendship – Amanda Palvie se pa is oorlede.
Mari Strydom is opgeneem vir behandeling.
Maureen se skoonsuster is oorlede.
Anna Gropp se man het `n operasie ondergaan.
Gouedrade - Rina van Straaten word behandel vir
beenmurgkanker.
Marie Coetzee se seun presteer uitsonderlik. Lees meer in hul
groepienuus daaroor. Baie geluk!
Goedharte - Rene Hodgson verlaat Bloemfontein.
Rafels - Beatrice se gesondheid is nie na wense en
ondergaan eersdaags `n operasie sodat `n diagnose met
sekerheid gemaak kan word.
LHParkies – Ritha Swanepoel se man is baie skielik oorlede.
Tolbosse - Hantie Vorster se dogter is gekies tot prefek vir
die skool sowel as die koshuis van Hoërskool Sentraal.
Veels geluk!
Rotary Cutters:
Rika vd Merwe se ma is oorlede.
Wilna Geel se huis is deur `n brand verwoes.
Die kwilter op wie ons vandag fokus is Mari
Strydom. Sy is voorwaar „n inspirasie vir
elkeen van ons. Ons het bietjie met Mari
gesels oor haar „Uile -kwilt‟ en sy het die volgende op ons vrae
geantwoord.
Waar het jy die idee/inspirasie vir die kwilt vandaan gekry?
Dit is my eie breinkind wat ek uitgedink het vir 'n klas. Ek het lank
rondgeloop met die idee van 'n 3D -kwilt wat gebaseer is op my
templaat motief metode. Jy kry 'n paar basiese vorme en kan dan
self jou eie voorwerpe bou. Die uile is die tweede in die reeks. Die
eerste een was die Funky Houses.
Wat se storie vertel jou kwilt? Die uile versinnebeeld die mense
in jou daaglikse wandel. Elkeen het 'n karakter en kan geassosieer
word met iemand wat jy ken. Dit maak elkeen uniek en lewendig.
Het jy enige nuwe tegnieke geleer/gebruik met die maak van die
kwilt? Ek het my eie 3d-tegniek ontwikkel. Dit het omtrent 'n
gestoei afgegee totdat ek die gewenste resultate verkry het en ek
kon begin klasgee daarin.
Is die kwilt met die masjien en/of hand gemaak en gekwilt?
Die kwilt is met die masjien gestik en met die masjien gekwilt.
Hoe lank het jy aan die kwilt gewerk? Die hele proses het
ongeveer 2 jaar geneem. Nadat ek die tegniek uitgesorteer het,
het dit my omtrent 3 maande geneem om dit te maak.
Het jy dit geniet en sal jy hom weer maak? Oe, dit was die
lekkerste lekker. Ek kon elke dag uit my maag lag vir die karakter
wat te voorskyn gekom het. Ek kon nie wag om met die volgende een
te begin nie. Ek sal sommer môre weer een begin.
Enige iets wat jy graag oor jou kwilt wil sê? As jy iets wil maak
wat ontspanne, flopvry en lekker is, is die uile net vir jou!
Vertel my bietjie meer oor jouself:
Ek was 'n natuurwetenskap leerfasiliteerder vir die Vrystaatse
onderwysdepartement. Nadat ek die onderwys verlaat het weens
chemoterapiebehandeling, het ek 14 jaar gelede begin kwilt.
Die onderwys was maar nog in my bloed en toe dit beter begin gaan,
het ek begin met kwiltklasse. Die plaaslike kwiltklasse het uitgebrei
en ek gee nou landswyd klas op aanvraag en by feeste. Om my nog
verder besig te hou, besit ek ' n kwiltwinkel, Lappiesland.
Ek is getroud met Piet, `n sakeman, en het een seun (en 'n
skoondogter) wat 'n landbou-ekonoom is. Verder dood ek oor 'n
staffie en Mufasa lê permanent langs my (op die kwiltlappe) as ek
kwilt.
Die Lappoppe en die Friendshipkwiltgroep is my kwiltvriendinne en
hou my op my tone.
Tans is ek besig met die akkreditasie -kursus vir onderwysers en
wil graag volgende jaar begin met my
beoordelaarskursus. Dit is my groot
droom om nie net 'n meesterkwilter
te wees nie, maar ook vir my
studente 'n meesteronderwyser te
wees. Dit maak my gelukkig.
Ek hou van die kreatiwiteit wat
kwiltwerk my bied en wens dat ek
sommer 24 uur per dag kan kwilt. Ek
het nog so baie kwiltidees wat net
wag om gebore te word!
Die jaarlikse Bloemskou vind jaarliks so aan die einde van April op die Bloemfontein
Skougronde in Bloemfontein plaas. Na „n besonder suksesvolle Bloemskou 2014,
sien ons daarna uit om besoekers weer met „n wye verskeidenheid uitstallers,
kunstenaars en landbou-aktiwiteite te bederf.
Hierdie tiendae-lange skou besoekers van regoor die land, sowel as „n gemiddeld
van 450 plaaslike, nasionale en internasionale uitstallers – „n groot ekonomiese
inspuiting vir ons streek.
Wie sou ooit kon dink dat ons in die jaar en tyd nog ‟n groeiende Kreatiewe
Handwerk Afdeling op Bloemskou sou hê? Dit is asof almal weer ewe skielik
belangstel in hoe om konfyt te kook en in handwerk soos hekelwerk en breiwerk.
Om nie eers te praat van die pragtige kwiltwerk en kinderkuns wat amper soos
volwaardige kunsuitstallings uitgestal kan word nie.
Die Kreatiewe Handwerk- Afdeling groei steeds. Bloemskou is een van twee skoue
in die land wat nog oor die afdeling beskik en Bloemskou se Kreatiewe Handwerk-
afdeling is die grootste in die land!
Afdelings wissel van brei- en hekelwerk, masjienwerk, borduurwerk, stokperdjies,
spesiale onderwys, laslap en kwiltwerk, weef en spinwerk en teddiebere tot
Primêre skolekuns en Hoërskole kuns. Dan is daar ook die afdeling vir gebak waar
alle soorte bak en brou beoordeel word, van brode tot gebottelde vrugte en
konfyte - amper soos ons die skoue van ouds onthou. Volwassenes en skoliere
neem aan die afdelings deel.
Hierdie afdeling gee aan almal wat kuns of handwerk van die een of ander aard be-
oefen, die geleentheid om sy/haar handewerk of produkte uit te stal in die
Kreatiewe Handwerksaal.
Datums vir inskrywings sal in die Nuusbrief van Februarie bekend gemaak
word en ek sal julle, soos altyd, deur die proses help na die beste van my
vermoë. Hierdie geleentheid is altyd vir ons baie spesiaal om ons
pronkstukke ten toon te stel en behoorlik beoordeel te kry.
Ons kyk ook tans na meer opwindende en behoorlik geskeduleerde
demonstrasies by die Laslap en Kwiltwerk. Verder word die aanbied
van kwiltklasse tydens die skou op die Bloemskou-gronde oorweeg.
Indien daar enige lid van die Oranje Kwiltersgilde is wat hierby
betrokke wil raak, skakel asseblief vir my. Tydens die Kaleidoskoop
Kwiltfees het ek ongelooflike respek gekry vir my mede-kwilters en
glo ek kan weereens op julle staatmaak. Fondse op hierdie wyse
ingesamel gaan na die Gilde.
Baie dankie aan elke lid van die Oranje Kwiltersgilde wat hier betrokke is in die
vorm van hulp, inskrywings en deelname, demonstrasies en nog baie ander wat
agter die skerms gebeur.
Lekker kwilt tot April!
Iessie
082 7055 279
LHParkies se nuus…
Ons groepie het baie min amptelik bymekaar gekom as gevolg van
verskillende faktore, maar op kwiltvlak is `n hele paar van ons aan die
woeker met ons nuwe projekte. Ons het ook `n nuwe lid, Ansie Combrinck
wat by ons aangesluit het gedurende die afgelope kwartaal.
Op persoonlike vlak was dit maar 'n wipplank tydperk met lief en leed om
te deel. 'n Groot verlies was die afsterwe van Ritha se man en ons bid
haar sterkte toe vir die maande vorentoe.
Heelwat van ons het deurgeloop onder wintersiektes en ons hoop die
somer bring nuwe gesondheid. Ook het ons
kleinkinders ryker geword en nuus gekry
van nog kleinkinders wat op pad is. Hartlik
geluk aan almal!
Ons wens al ons mede-kwilters 'n
vreugdevolle feesseisoen toe!
Vriendelike groete
Lettie
…onthou jy kry`n “charm” elke keer as jy deel neem aan “Show and
Tell” asook die “challenges”.
Februarie 2015
Jou Kerskwilt of Kersversierings/geskenke soos
demo by Nov. Verg.
Mei 2015
“Crazy Pacth” – Kwilt of artikel
Augustus 2015
Appliekwerk – Kwilt of artikel
November 2015
My mooiste speldekussing – handgemaak deur
jouself.
Geskiedenis van
“Dorsetknope”.
Acknowledge/permission:
Anna Mcdowell
henrysbuttons.co.uk
*Kwilters gebruik dikwels die tegniek as “embellishment” vir kreatiewe projekte.
The four main categories of Dorset Button. There are
many variation of buttons within each category.
The birth of a Cottage Industry: Like a number of heritage crafts and skills, information was passed down from generation to generation. The Dorset Button industry was no exception. However, we do know that this cottage industry affected the lives of hundreds of families in Dorset for more than 200 years.
The story goes that Abraham Case, a native of the Cotswolds and a professional soldier, spent time in Europe where a religious war between Catholics and Protestants had started in 1618. Whilst in Europe Abraham is supposed to have seen how soldiers replaced buttons on their uniforms by twisting a piece of fabric over a form and fastening it with thread. Another school of thought is that he was influenced by the lace work buttons in Brussels lace.
On his return, around 1622, he married a local girl from Wardour near Tisbury in Wiltshire. They set up home in or near Shaftesbury, and started the Dorset Button industry.
This is largely hearsay as records of Abraham’s birth, marriage, death and other details about his life still remain a mystery.
With the wealth of local resources in the Dorset area where the Dorset Horn sheep roamed the Downs, Abraham set up his business in Shaftesbury.
Buttons were made from fabric, sheep’s horn and thread. The High Tops were said to be the first buttons. These were made from a thin disc of sheep’s horn as their base with a piece of linen pulled and twisted to form a firm conical shape. This shape was then embroidered over with a very fine stitch. A flatter version of these buttons, called the Dorset Knobs, followed and were made in the same way.
A Dorset family business for over 200 years: In 1699, an Act was passed preventing the making or selling buttons “made of cloth, serge, drugget, or other stuffs”. This Act caused great suffering as many thousands of poor people relied on the income from this industry.
Not much is known about the development of the business in the 1600s. However, between 1697 and 1698, there were a large number of hawkers and chapmen registered in Shaftesbury with virtually no other registrations in Dorset. This may have been a rush to buy up buttons, knowing the making of them was about to be banned, or it could have been sheer volume of distribution.
It appears that the 1699 Act remained in place for a considerable time. However it seems not to have deterred the making of buttons.
Abraham’s grandson Peter took over the business in the first half of the 1730s and the business continued to grow. It is thought Peter introduced the metal rings.
Peter brought in John Clayton, a businessman from York, to manage the business. John was instrumental in arranging for buttoners, mainly women, to work from home.
Materials were distributed by local agents and it was at this point that the wire rings were introduced. The wire was brought from Birmingham.
In the early part of the 1700s it is said that 700 women and children worked for the firm. By the end of the century, around 4,000 were employed making buttons. At its peak, the business had an average turnover of around £12,000.
William Hillier Case, the last member of the Case family connected to the button industry, died in 1912.
The decline of the Dorset Button industry: The decline of the Dorset Button Industry was gradual. Handmade buttons were replaced by the introduction of pearl, bone and cloth buttons made cheaper by machine.
During the early 1800s unemployment in Dorset was high, especially amongst the agricultural workforce. The average farm laborer was one of the poorest paid in the country. The combination of lack of work, poor pay and the demise of the Button Industry resulted in many families emigrating to America and Australia. Assisted emigration schemes were set up by individuals, charities and local communities to finance families wishing to start a new life overseas.
Buttoners were no longer needed and the skill of buttony was in threat of being lost. By the middle of the 1850s, many had moved to alternative occupations such as needlewomen and glovers.
In the early 1900s Florence, the Dowager Lady Lees, was responsible for saving the art of making Dorset Buttons. She visited farms and cottages all over Dorset to discover how these buttons were made and sought to revive the industry at Lytchett Minster. She set up a small business specializing in the production of “Parliamentary” buttons for Dorset MPs in their respective constituency colors. In 1908, these buttons were in full production. This revival was brought to an end by the outbreak of the First World War.
Today, making Dorset Buttons is a heritage craft and the skill of buttony continues. Many people still make these thread and fabric buttons for their own enjoyment. Artists are now using the technique of buttony in their works of art, generating new interest in the industry, and consequently in the lives of the original craftspeople who made them.
Ongoing Research: It is said that Charles I went to his execution wearing a waistcoat with Dorset Buttons.
Intrigued, I thought I would try and find this garment. After researching into this, I have found two possible garments, one held by the Museum of London, the other at Longleat House in Wiltshire. I contacted the curators of both collections and they very kindly sent me photographs of the garments. When I examined the photographs I was disappointed to find they were not Dorset Buttons.
So where did this misconception originate? Where is the garment with Dorset Buttons supposedly worn by Charles I at his execution? Does such a garment even exist?
How to make a Dorset ‘Cartwheel’ Button
1 x 16mm hollow brass brass ring (any hollow brass ring will do but
larger rings will use more thread)
Approximately 3 meters of thread for a 16mm ring
A tapestry or other blunt needle
Scissors1. Casting - This stage covers the outside of the ring and is
worked with a blanket stitch. Start with around 3 meters of thread
and blunt needle. Secure the thread with a knot. Hold the short end
securely and work a blanket stitch over it. Continue with the blanket
stitch until the ring is covered completely. Make certain the stitches
are kept very closely together. Finish by pulling the thread through the first
stitch if you can without force.
2. Slicking - The button will now have a neat ridge on the
outside. This ridge has to be worked to the middle of the ring
forming a nice neat finish on the outside. Alternatively, turn the
ridge to the back of the ring so it cannot be seen from the
front.
3. Laying -It is at this stage that the spokes are made.
Hold the ring with the front of the button facing you and the
thread at the top. Wind the thread down the back of the
button and up round the front so the thread divides the ring in
half. By turning the ring slightly, wind the thread around the
button, making certain it crosses the first thread at the
center point of the ring. Continue to do this about five to six times until you have
made between ten to twelve spokes .Once you have gained experience more spokes
can be added.
How to secure the spokes: - With the thread at the back of the ring, bring it
forward so it catches the last rounded spoke and hence secures it in place. Make a
cross-stitch so all the spokes are held securely in the center of the button. Do
not worry if this is not exact as the first round of rounding will help do this.
4. Rounding - This is as it sounds, as the thread is wound around each spoke
using a back stitch.
With the thread at the back of the ring, bring it forward
between two of the spokes. Take the thread to the back of
the ring around the first spoke and bring it up between the
next two spokes. Make certain that the thread is kept on the
outside towards the ring. Do this over each spoke until the ring
is filled.
Casting off - After completing the rounding stage cast off by
running the thread to the center of the back of the button so
it does not show in the front. Cast-off with a couple of over
stitches and cut thread.
Alternatively, leave enough thread to sew on at a later stage or
to make a shank. I tend not to use shanks.
The biggest challenge for any crafts person or artist is to accept
the constraints of their medium and make something beautiful
despite them.Ayelet Waldman, Novelist and Essayist
Die Friendshipgroep…
Ons kom elke 2de Vrydag van `n nuwe maand by Bernina in
Tweede Laan in hul werkslokaal bymekaar. Kontak Frances
078 803 4019
Ons moes die afgelope kwartaal afskeid neem van `n
baie geliefde kwilter – Tannie Magriet Bester. Sy
het Bloemfontein verlaat en woon nou in Somerset - Wes. Sy was een van die
eerste lede van ons groepie en ook `n tydlank groepleidster. Ons hoop sy is teen
die tyd al ingeburger in haar nuwe meenthuis. Ons mis veral die grappies wat sy
so graag met `n vonkel in die oog vertel het!... gewoonlik met `n groot geskater
van die res van ons.
…die val van die pragtige koek!
Elaine het haar verjaarsdag die afgelope kwartaal gevier en
ons bederf met `n heerlike “red velvet cake” – maar julle
sal nie glo nie – pas nadat hierdie foto geneem is – val die
pragtige koek toe per ongeluk op die vloer!
Gelukkig nie veel skade! … en het ons
lekker geeët!!!
Ons ruil nog steeds poskaarte – die rondtes
word minder en teen Feb. 2015 het ons `n
jaar lank ge- oe en aah! as die poskaarte
uitgedeel word.
Hierdie is Amanda se pragtige “log cabin” – gemaak
n.a.v. van `n kursus wat deur Mari by die
Clarensfees aangebied was.
Maureen spog met pragtige “free motion” -
blokke van `n klas wat sy by Iessie gedoen het.
Estelle geniet haar aftrede
en werk aan haar “Baby Jane” wat by die dag groei.
Tussen deur word daar aan “ufo`s” gewerk soos bv.
hierdie kwiltjie wat gemaak is van geskenkblokke wat
ons groepie `n jaar of wat gelede uitgeruil het.
Frances het Wilna de Beer se kursusse
bygewoon. Hierdie is die middelblok en een van
die ander blokke van die “Amazing 3D” -kwilt.
Amanda en Elaine werk ook aan hierdie klein
wol -kwiltjie – te pragtig.
Mari bly vir ons `n inspirasie – ten spyte van
gesondheidsprobleme het haar kreatiwiteit geen einde nie! Ons jongste
groeplid, Neline boer `n hond uit `n bos, maar het so tussendeur klas
geloop om haar Bernina behoorlik te leer ken. Die res van die groep het
almal ufo`s waaraan gewerk word, dit is nou wanneer daar nie
kleinkinders opgepas of gekuier word nie.
Ons groepie wens al die kwilters `n baie geseënde Kersfees toe…en mag
2015 vir almal voorspoed en `n goeie gesondheid inhou.
PFAFF
Naaldwerk-, Kwilt-, Borduur- & Omkapmasjiene
Besoek ons vir spesiale Kersfees aanbiedinge
gedurende November & Desember
op alle PFAFF masjiene!
Ons voorsien ook in al u kwilt behoeftes met ‘n wye reeks kwilt materiaal en ander kwilt
benodigdhede.
Baie dankie aan al ons kliënte vir julle ondersteuning gedurende die afgelope jaar. ‘n Geseënde Kersfees en ‘n Voorspoedige 2015 aan elkeen van julle. Neem asb kennis dat Marie’s Sewing Creations h/a PFAFF gesluit sal wees vanaf Woensdag, 24 November 2014 tot en met Saterdag, 3 Januarie 2015. Ons is weer oop Maandag, 5 Januarie 2015. Groete Marie & Marlene Marie’s Sewing Creations h/a PFAFF Bfn Bergstedtstraat 8, Fichardtpark, Bfn Tel: 051 5224554
E-pos: [email protected]
Gouedrade…
Groepleidster: Marie Coetzee
Ons groepie is baie bedrywig en ons is 'n
vrolike klompie vrouens.
Lede se doen en late:
Charlene: Sy is besig met ‘n kwilt vir haar seun.
Breggie: Katte -kwilt in wording en haar ‘memory’- kwilt is afgelewer.
Sonja: Sy maak vir haar vriendin 'n kwilt.
Petro: Sy werk aan twee kwilte vir haar kleinkind.
Kokkewiet: Maak 'n appliek- en borduur kwilt en is ook nog besig met 'n
dasse -kwilt.
Corine: Die plekmatjies waarmee sy besig is, is amper klaar. Sy is op 'n
dieet en het al 5 kilo’s verloor.
Rita: Besig met haar beginnerskwilt en sy is so opgewonde, want haar ma
kuier by haar.
Linda: Linda het weer ouma geword. Baie geluk ouma!
Connie: En nou vir die groot nuus, Connie gaan oumagrootjie word. Baie
geluk!!!!!
Bettie: Haar “free motion” -kwilt is amper klaar.
Marie: Sy werk aan al haar halwe projekte. Sy is ook baie trots op Christo,
haar oudste seun, wat gekies is as deel van Hoërskool FHP se leerderraad. Hy
het ook ‘n ambassadeurs -medalje gekry vir 0/18 seuns hokkie, wisseltrofee
vir beste senior seunsskut en is aangewys as Hoërskool FHP se ‘Sportman van
die jaar’.
Lief &Leed:
Rina: Haar beenmurgoorplanting (seloorplanting) is gedoen en dit gaan baie
goed met haar. Rina ons bid vir jou en bly positief.
Petro: Sy het haar knie se kraakbeen geskeur en het vir 'n operasie gegaan
maar kan darem al met behulp van die krukke loop.
Rita: Sy was vir 'n oogoperasie en dit gaan baie goed. Ons is baie bly.
Boodskap vanaf Rina van Straten aan elke kwilter:
Baie dankie vir elke gebed en elke boodskap. Dit beteken oneindig baie vir
my en word opreg waardeer. My oorplanting is gedoen en dit gaan regtig baie
goed met my. Ek is een van die dae weer terug by julle.
Wanneer 'n mens werk, is dit die mens wat werk, maar
wanneer 'n mens bid, is dit God wat werk.
Vingerhoede…
In die lente van hierdie jaar besef ons opnuut hoe dankbaar ons moet wees vir al die seëninge wat ons elke dag so onverdiend ontvang, en vir die groot voorreg om ons liefde vir Kwilt en mooi materiaal te kan uitleef. Ons kom elke laaste Maandag van die maand bymekaar en werk dan die hele dag aan dit wat ons hande en ons harte vind om te doen. Ons probeer minstens een kwilt vir n lid van ons groep ryg en so help ons mekaar om die slegte deel van Kwilt af te handel. Aan die einde van elke jaar het ons `n spesiale bymekaarwees. Ons het vir `n hele paar jaar deur die nag gewerk en gekuier en verlede jaar het ons `n baie spesiale kersete gehad waar ons om 'n mooi gedekte kerstafel met heerlike kos kon kuier.Die jaar sien ons uit om bietjie die pad te vat en `n aand in n gastehuis by Henneman te gaan kuier en te slaap. Ons wil die volgende dag die mooi plekkies daar besoek en dan weer vol inspirasie huistoe kom. Ons mis nog steeds vir Lore wat die jaar nie meer saam met ons sal wees nie. Baie dankie aan almal op Smithfield vir die lekker dag wat ons groep saam met julle kon gehad het en meeste van alles dat mens van voor af verlief is op al die mooi kwilts en handwerk. Ons sal nooit genoeg tyd he om al die kwilte te maak wat vir ons so mooi is nie, maar dit bly baie lekker om dit te sien en om saam met ander kwilters te kuier. Op die oomblik is elke lid besig met sy eie werk en sien ons hoe die een na die ander se projekte klaarkom. Ons is trots op Alta Bekker wat die mooiste Twister-kwilts gemaak het. Alta jy is `n ster om dit so te beplan en reg te kry. Die kombers wat Alta Wiggett vir haar kleindogter maak is ook amper- amper klaar. Ons wens vir elke Kwilter is `n tyd van LIG en dat jy ook LIG rondom jou sal aansteek en ander mense se lewe verlig. Steek jou arms in die Kerstyd uit om die LIG van bo af te ontvang. Mag dit `n geseënde en verligte tyd in jou lewe wees. Groete
Goedharte…
Die tyd snel verby en Kersfees kom vinnig nader. Die Goedharte wens al die kwilters 'n geseënde Kersfees en 'n voorspoedige nuwe jaar toe. Jolena beplan aan hul verhuising na Sewe Damme Aftree oord. Rina en Anne sit nooit stil nie en is voortdurend besig om onafgehandelde projekte te voltooi. Dalene is besig met die beplanning van haar dogter se troue en maak mooi goetertjies. Du Maurier het die mooiste babakwilt met spelende kindertjies op 'n "grasperk" gemaak en is verder besig met haar uitreikprojek. Sy het ook by Mariëtte haar mandjiekursus geneem en is besig om plekmatjies te maak.
Elsa verken tans Pole en sal weer met tonne inspirasie terugkom. Rene Schoeman-Hodgson het ook 'n lapkruik gestik nav Mariëtte se kursus asook 'n groot gevoeringde mandjiehandsak. Rene verhuis teen die einde van November na Kaapstad en wil graag al die kwilters bedank vir hul inspirasie en meelewendheid. Hoop om sommer baie Vrystaters vlg jaar by die kwiltfees in Durban te sien.
Totsiens Rene
Kreatiewe Lappies…
(Smithfield)
Na 'n suksesvolle Patchjol wat ons gehou het, wil ek net al ons lede, ons ere-gaste wat die demonstrasies ge gee het, en ons gaste wat van ver en plaaslike
gekom het asook ons borge, waarsonder ons dag nie 'n sukses kon gewees het nie, nogmaals baie dankie sê. Baie dankie ook aan Zaza Pieterse,wat vir ons die artikel vir die Volksblad en die Smiffie geskryf het. Tydens ons afgelope vergadering is Fabrice Rebouillat gekies as voorsitter, (0846000321), en Leigh Minnie, (0824534155), gaan aan as sekretaresse van Kreatiewe Lappies. Baie geluk aan hulle. Ons sien uit om onder hulle te werk. Vriendelike groete uit Smithfield. Luna Wilken
…..Kwetter Kwilters
Groepleidster: Lenie Lourens
“Most things in life require at least a modicum of courage. From day to day we become submerged in the patterns of routine, and yet, when we look back to the first time we drove that car, stepped onto a
train, entered the building in which we work, sent the children off to school or even turned on that new washing machine and held our breath in the hope that we didn't blow it up and burn out the entire electrical system in the process, just a dash of courage was called for! Whenever we make any decision to venture off the tried-and-true path of life and tackle something new- to set a fresh course- there is certainly the need for more than a little courage to be mustered. But if one chooses not to step out of the comfort zone and challenge the boundaries, habits and perceptions that have become safe and familiar, there is the real treat that life will never quire be lived to the full, and opportunities for success and happiness may never be experienced, and that one will never quite live up to one's potential.” A life lived in fear is a life half lived. Rick Rutherford. Met die Kwetter Kwilters gaan dit nog goed en die meeste kwilt nog lustig voort. Arina was in hospitaal met trombose, maar is ook nou terug by huis, en ons glo dit sal nou beter gaan. Ons wil aan al die gilde lede Gods rykste seën toebid vir hierdie Kersseisoen en ry asb veilig.
Nuus van die Needles & Pins…
So het nog „n jaar verby gesnel. Ek is
seker dit was vinniger as verlede jaar.
Diè jaar het die Needles & Pins verskeie
kort kursusse bygewoon as „n groep. By
Mariëtte het ons „n selfie gemaak terwyl
Iessie ons „n maklike metode van batik
geleer het. Ons het ook ons eie sterre
kwilte gemaak. Van die dames in die groepie het verskeie ander kursusse
bygewoon en dit baie geniet. Wessie en Rika het die allermooiste harte-
blokke gemaak by die “Have a Hart” kursus van Wilna de Beer.
Lorene se gevordere kwilt wat sy maak by Iessie is „n fees vir die oog.
Intussen vorder Marianne fluks met die “quilt teacher” -kursus. Sy werk
hard en dit gaan baie goed, well done! Ilze het lekker gekuier daar in
Amerika en was verstom oor die omvang van hul kwiltwinkels. Tussendeur
die kuier en lekker koek en tee, ruil ons elke maand kwiltblokkies onder
mekaar uit. Die groepie maak ook die allerpragtigste deurhangers vir
mekaar se verjaarsdae. Daar word ook ywerig gespook, een maal „n
kwartaal. „n Kwiltpresentjie bly maar die beste.
Elsa het ouma geword en gaan kuier gereeld vir die kleinding. Verder
probeer ons spaar en kan nie meer wag vir volgende jaar se fees nie.
Ons wens al die kwilters „n Geseënde en Voorspoedige 2015 toe.
Kwiltgroete
RAFELS…
Groepleidster – Christa Gouws Die laaste nuus van die Rafels vir 2014! Die jaar het behoorlik gevlieg. Soos die jaar voortgestoom het, het die Rafels al meer geword. Van 13 af het ons gegroei tot 17. Ons nuutste toevoeging is Magdaleen Pieterse. Baie
welkom by Rafels! So bars die saaltjie waar ons elke tweede Saterdag bymekaar kom byna uit sy nate uit. Ons is nooit voltallig nie en is daar altyd 'n gaatjie vir almal. Elkeen van ons is sy eie unieke persoon en wissel die ouderdomme van 42 tot 87, maar almal geniet almal se geselskap en is daar altyd iets te leer van die een langs jou of oorkant die tafel. Christa, ons leidster het die Rafels een hele Saterdag geleer om 'crazy patch' met die hand te doen. Amper so iets soos 'paint by numbers'. Wat 'n fees. Almal is begeesterd. En elkeen spog met haar eie lapkreasie en kleurkeuse. Party is nog steeds besig met kleiner en groter 'crazy patch' kwiltjies. Almal is gaande oor die borduurwerk op die kwiltjies. Tot geswore masjienkwilters sit ewe rustig met die hand en borduur. En tannie Rina, wat gesê het sy begin nie weer met iets nuuts nie, maak een met dasse. Kosbaar! Alta du Plessis s'n is klaar en is 'n meesterstuk en aansporing vir dié, wat nog sukkel om klaar te kry. Beatrice het sommer impromptu een Saterdag vir almal gewys hoe om 'n fotoraam-kwilt te maak. Elke blok lyk soos 'n fotoraam. Veral vir 'n kleuter kan interessante prentjie-lappe gebruik word. Annatjie het een vir haar kleinseun gemaak en vir die groep gewys. Beatrice self is besig met een vir haar kleindogter. Die Rafels is 'n groep met baie kwilt-idees en veroorsaak UFO's, wat net nie klaarkom nie! As iemand idees soek, kom kuier by die Rafels!!
Dankie vir al die mooie mussies!!!
Hier is Dr. Arina vd Bijl ( Pediatriese Neonatoloog - Universitas, Bloemfontein) en Christa
Gouws (sekretaresse OKG) met `n kartondoos vol van mussies en "booties"."
543 Mussies is verdeel tussen Universitas- en Pelenomi Hospitale.
Foto`s geplaas met toestemming van : Dr. Arina vd Bijl ( Pediatriese
Neonatoloog - Universitas, Bloemfontein) .
ROTARY CUTTERS …
Drie van die Rotary Cutters se lede het ‘n beginnerskwilt onder leiding van Sonja Snyman aangepak en het heelwat van die verskillende tegnieke en blokke geleer. Dan het ons ook ‘n vetkryt -batik kursus by Iessie gedoen wat baie interessant was. Van ons lede het die wêreld deurkruis om vir hulle kinders te gaan kuier en ander sommer net vir die lekker. Op die oomblik is Frances van Schalkwyk in Italië by haar seun en sy gesin. Dan moet ons ongelukkig ook afskeid neem van Dalene van der Colff wat aanstaande jaar Kaapstad toe trek. Jou plekkie gaan leeg wees, Dalene. Mag almal ‘n vredevolle Christusfees hê en ons hoop dat 2015 ‘n voorspoedige jaar sal wees vir ons Gilde. Groete
Hiermee wil ek en my gesin die Gilde en elke lid bedank wat
ons bygestaan het met die brand van ons huis.
Of jy geld geskenk het, of ‘n boodskap of klere gestuur het,
weet net ons waardeer dit verskriklik.
Dit was verstommend om te sien hoe selfs wildvreemde mense
ons te hulp gesnel het en moeite gedoen het om ons op te
spoor.
Baie, baie dankie.
Wilna
Tolbosse…
Soos die jaar voortsnel so word ons besiger, as dit
enigsins moontlik is.
Baie geluk aan Hantie se dogter Alri wat
gekies is tot prefek in skool en koshuis by Sentraal Hoërskool. Ons is
trots op haar.
Ons werk hard aan ons uitstalling vir 26ste November en ons hoop om
julle almal daar te sien. Daar gaan baie mooi kwilte wees asook mooi goed
om te koop. Kom doen sommer jul kersinkope by ons.
Elkeen van ons is besig met een of ander kwilt wat moet hang so
ons hande is glad nie stil nie.
Rina maak ook 'n kwilt vir haar kleindogter Monica se voorstelling, wat 'n
wonderlike geskenk van mens se ouma.
Marita se tuin is natuurlik alweer prentjie mooi en sy is besig om
Little love -kwiltjies te maak.
Mariëtte is ook besig met hulle aangesien sy die inisiatief begin het, sal sy
maar moet werk.
Santjie en Mariëtte het baie hard gewerk vir die mark by Vaalpark
en daar sal nog van hulle ware te koop wees by uitstalling.
Antoinette en Rina hou die heel jaar vakansie, of so voel dit vir die
res van ons.
Lynette het 'n baie mooi helder kwilt vir haar sus se dogter gemaak. Binne
drie dae was top klaar gestik. En Lynette het hom self gekwilt met haar
gewone masjien. Wel gedaan.
Pikkie se kinders kom kuier al die pad van Kanada en Susan brei
steeds die mooiste komberse.
Ons wens elkeen van julle 'n baie Geseënde Kerstyd met
baie Christusvreugde.
Lekker rus en kom terug met baie nuwe planne en`n kwilt of twee.
LITTLE QUILTS of Love
Soos julle in die vorige nuusbrief
gelees het, is daar wêreldwyd mense
wat piepklein kwiltjies maak vir
mamnas en pappas wat hul baba
verloor het.
Ek het met Rosepark se kraam-
afdeling kontak gemaak. Ons moet iewers begin en die
matrone daar is baie opgewonde. Ons vra net dat jy een of
twee klein kwiltjies maak wat ons vir hulle sal gee om uit te
deel. Dit is 'n deurlopende projek so julle kan maar kort - kort
so `n klein kwiltjie maak, wat ons vir hulle sal gee.
'n Liefdeskwiltjie om iemand se seer klein bietjie te
help gesond maak.
Kwiltjies se groote is 50x50cm of 50x70cm. Sit iewers 'n
hartjie op as jy wil.
Dit is absoluut vrywillig, maar ek ken kwilters se harte, so ek
hoor graag van julle.
Baie dankie
Mariëtte
082 337 3699
…`n laaste woord
Die meeste tye is die lewe net spesiaal as ons hulle so maak.
Die gemiddelde dag is net gemiddeld omdat ons nie iets besonders daarvan maak nie. Die beste manier om `n ervaring besonders te maak, is om ons bes daarmee te doen. Dit maak dit spesiaal. `n Gewone gesprek word iets beter as jy met groot aandag luister. `n Gewone verhouding verander heeltemal as jy buitengewone moeite daarmee doen. `n Alledaagse gebeurtenis word spesiaal as jy dit kreatief benader. Jy kan enigiets meer belangrik maak deur jou bes daarmee te doen. 25 Ways to Win with People – John C Maxwell
Dit is die dag wat die Here gemaak
het.
Laat ons daaroor juig en bly wees.
Ps 118.24
Hierdie nuusbrief word uitgegee vir die genot en gerief van die Oranje
Kwiltersgilde se lede. Dit is `n nie – winsgewende publikasie. Ons
bedoeling is ook nie die skending of oorskryding van enige kopiereg nie.