easyfile : gebruikershandleiding ter verduideliking … · kliek op die laaste sertifikaat wat...

28
Bladsy 1 van 28 EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING VAN DIE INVOER VAN DATA EN DRUK VAN IRP5/IT3/EMP501 SERTIFIKATE 1. LOGIN deur u gebruikersnaam en wagwoord in te sleutel. Die volgende skerm verskyn: 2. Belangrik: Maak altyd eers ‘n rugsteun kopie van u databasis alvorens u kan voortgaan om die nuutste Easyfile weergawe af te laai. Dit mag dalk soos onnodige moeite voel, maar dink aan die moeite as die hele databasis verdwyn. Berg die rugsteun weg van die rekenaar af op iets soos Dropbox, Google Drive of OneDrive.

Upload: others

Post on 20-Aug-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 1 van 28

EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING VAN DIE

INVOER VAN DATA EN DRUK VAN IRP5/IT3/EMP501 SERTIFIKATE

1. LOGIN deur u gebruikersnaam en wagwoord in te sleutel.

Die volgende skerm verskyn:

2. Belangrik: Maak altyd eers ‘n rugsteun kopie van u databasis alvorens u kan voortgaan om die

nuutste Easyfile weergawe af te laai. Dit mag dalk soos onnodige moeite voel, maar dink aan die

moeite as die hele databasis verdwyn. Berg die rugsteun weg van die rekenaar af op iets soos

Dropbox, Google Drive of OneDrive.

Page 2: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 2 van 28

3. Kliek op: UTILITIES.

‘n Skerm word vertoon waar u kan kies: Database Utilities.

Kliek op: BACKUP (om rugsteun kopie te maak).

Kies die “folder” waar u die rugsteun kopie op die hardeskyf wil stoor en kliek op SAVE.

Die volgende suksesboodskap behoort te verskyn:

Gaan voort om die nuutste weergawe van Easyfile af te laai.

Page 3: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 3 van 28

Kliek op: HELP – Update.

Na suksesvolle aflaai van die nuutste weergawe van Easyfile, kan dit dalk nodig wees om die

rugsteun kopie wat gemaak is, te “restore”. MOET DIT ASSEBLIEF NIE DOEN AS U NIE

SEKER IS DAT DAAR WEL DATA VERLORE GERAAK HET NIE!

Kliek weer op: UTILITIES – Database Utilities.

Kliek op: RESTORE EASYFILE DB om die rugsteun kopie wat op u hardeskyf gestoor is, te

“restore”.

4. In gevalle waar meer as een besigheid op die Easyfile geregistreer is, sal die volgende skerm

opkom waar u die keuse kan uitoefen op watter besigheid u nou wil werk.

Page 4: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 4 van 28

Kies die regte besigheid, en kliek op: CONTINUE.

5. Maatskappy-besonderhede moet op datum gebring word, as volg.

Kliek op: EMPLOYER ADMIN – Add/ Edit Employer.

Die volgende skerm verskyn met die volgende hoofopskrifte:

o Employer Information

o Employer Address and Phone Information

o Employer Bank Information

o Employer Contact Details – Representatieve

o Employer Contact Details – Contact Person

o Employer Contact Details – Tax Practitioner

Page 5: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 5 van 28

Voltooi al die velde onder elke sub-opskrif en kliek op: UPDATE EMPLOYER.

6. Gaan voort om u “payroll file” in te trek, deur te kliek op: IMPORT – Import/Export Payroll File.

Page 6: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 6 van 28

Die skerm aan die regterkant gee vir u die opsies om van te kies.

Kliek op: IMPORT PAYROLL FILE

Let daarop dat slegs CSV lêers wat alreeds op u hardeskyf gestoor is, ingetrek kan word. Met

ander woorde, u moet eers die CSV lêer “create” (op Africlock) en die lêer op die hardeskyf stoor,

alvorens met hierdie proses voortgegaan kan word.

Die volgende skerm verskyn.

Kliek op: OK

Kies die lêer en kliek op: OPEN.

Page 7: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 7 van 28

7. ‘n Uitvoerlêer kan òf:

7.1 Suksesvol deurgetrek word; òf

7.2 Heeltemal verwerp word; òf

7.3 Kan validasie slaag met waarskuwings;

Page 8: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 8 van 28

‘n Uitvoerlêer wat validasie geslaag het met waarskuwings, kan wel steeds deurgetrek word, deur te

kliek op: IMPORT.

Kliek op: CANCEL, om die proses te kanselleer; of

Kliek op: EXCLUDE om die sertifikate waarop daar moontlik ‘n boete mag wees, uit die proses te

haal.

8. Om die status van die lêer wat ingevoer is, hetsy suksesvol of nie suksesvol nie, te sien , kliek op:

UTILITIES – Import Payroll File Log.

Page 9: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 9 van 28

In gevalle waar die lêer nie suksesvol ingetrek het nie, sal die status as “failed” aangetoon word.

“View” die lêer deur op die lyn waarin die lêer verskyn, te dubbelkliek. U kan die verslag van hier

uitvoer na ‘n .TXT lêer.

Kliek op: SAVE REPORT en stoor die lêer op u hardeskyf, vanwaar u dit kan uitdruk, indien nodig.

Page 10: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 10 van 28

“FAILED” beteken die lêer sal op geen manier ingevoer kan word nie.

“WARNINGS” beteken die lêer is ingevoer, maar met probleem-gevalle wat reggestel moet word,

soos byvoorbeeld ontbrekende Belastingnommers van werkers wat nog voltooi moet word.

“PASSED” beteken die lêer is suksesvol ingevoer.

In gevalle waar die lêer nie suksesvol ingevoer is nie, gaan terug na die Africlock betaalstelsel.

Maak die foute reg. Maak seker alle werkerinligting is volledig op Africlock se databasis, insluitend

persoonlike besonderhede, bankbesonderhede en belastingnommer (indien van toepassing), pos-

en fisiese adres.

7.1 Registrasie van werkers

‘n Moontlike probleem-geval is waar werkers nie oor belastingnommers beskik nie.

Registrasie van werkers en die verkryging van individuele belastingnommers, is van uiterste belang

ten einde suksesvolle invoer van die “payroll” lêer te bewerkstellig.

Om aansoek te doen vir belastingnommers, kliek op: EMPLOYEE ADMIN – View/Edit Employees

Page 11: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 11 van 28

Kies of die registrasie vir ʼn individuele werker of vir alle werkers is (“Add Employee” of “Bundled IT

Reg”).

Page 12: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 12 van 28

In geval van ‘n verskeidenheid van werkers, kies “BUNDLED IT REGISTRATION”. Kies dan verder

tussen: “ALL (on page)”, of “SELECTED (on page)”.

Kliek op: REGISTER.

U moet vir E-filing geregistreer wees om met hierdie proses voort te kan gaan.

Die volgende skerm verskyn:

Lees u gebruikersnaam en wagwoord in en kliek op Login.

Die volgende skerm behoort te verskyn:

Page 13: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 13 van 28

Kies die opsie: TAXPAYER INCOME TAX REGISTRATIONS.

Kliek op: SYNC.

Belastingnommers sal toegeken word.

7.2 Uitvoer van belastingnommers na Africlock betaalstelsel

Nadat al die werkers suksesvol geregistreer is, moet u die data (belastingnommers) terugvoer na

Africlock se betaalstelsel.

In Easyfile, kliek op: IMPORT – Import/Export Payroll File

Kies: EXPORT PAYROLL FILE.

Die volgende skerm verskyn:

Kies die besigheidnaam asook die periode.

Kliek op: EXPORT.

Gaan voort met die nodige stappe om die lêer uit te voer en te stoor op die hardeskyf, vanwaar dit

na Africlock uitgevoer kan word.

Sodra alle regstellings op Africlock se betaalstelsel op datum gebring is, sowel as die suksesvolle

registrasie van alle werkers vir belastingnommers, kan u voortgaan met die rekonsiliasie-proses

deur die hele proses van uitvoer na Easyfile van vooraf te doen.

Page 14: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 14 van 28

9. Indien die uitvoerlêer suksesvol ingetrek het, sal die volgende skerm verskyn (Verwys na punt 6.1

hierbo):

Kliek op: OK

Die Maatskappy-besonderhede moet op datum gebring word (Verwys na punt 4 hierbo).

Om dit te doen, kliek op: EMPLOYER ADMIN – Add/ Edit Employer, en voltooi soos nodig.

10. Ten einde die Rekonsiliasie te doen, kliek op: RECONCILIATION / DECLARATION:

Kies die maatskappynaam aan die regterkant, sowel as die belastingjaar waarvoor die

rekonsiliasie gedoen word .

Page 15: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 15 van 28

Sodra die maatskappynaam gekies is, sal die totale van die sertifikate op die “Declaration”

vertoon word:

11. Belangrik: In gevalle waar “Employment Tax Incentive” geëis word, moet die volgende

stappe ook met voltooiing van die “Declaration” gevolg word:

Merk die blokkie aan die onderkant van die skerm waar dit lees: “Does this Declaration require

ETI?”. (Sien voorbeeld):

Page 16: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 16 van 28

Kliek op: “Add ETI”.

Kliek op: JA, om te bevestig dat ETI wel van toepassing is:

‘n Daaropvolgende skerm maak oop waar u eers die opsie “CLOSE” moet kies sonder om

enige iets te voltooi:

Page 17: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 17 van 28

12. Belangrik: Kontroleer ETI bedrae op die werknemers se sertifikate deur dit te vergelyk met

die totale op die EMP501 Opgawe:

Kliek op: EMPLOYEE ADMIN : View/Edit Employees.

Kies die regte maatskappy en dui die belastingjaar aan. Die werkers vir daardie jaar sal

daarvolgens gelys word.

In die voorbeeld wat hier gebruik word, is daar op die “Declaration” verklaar dat daar vir die

periode Mei tot Februarie ETI geëis is vir die werker L. April. Gaan daarom na werker L. April

se naam toe en kliek op: VIEW om sy profiel oop te maak. Sien voorbeeld hieronder:

Page 18: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 18 van 28

Die werker se profiel maak oop en sertifikate voorheen uitgereik, word aan die regterkant van

die skerm vertoon. Sien voorbeeld:

Page 19: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 19 van 28

Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word.

Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar ETI vir ‘n spesifieke werker

verklaar en teruggeëis is, sal dit so op sy Sertifikaat Besonderhede aangedui word. Om die ETI

wat op sy Sertifikaat aangebring is, te vertoon, kliek op: “ADD ETI”. Sien voorbeeld hieronder:

Die volgende skerm maak oop waar die werker se maandelikse inkomste sowel as die ETI

bereken vir elke spesifieke maand, vertoon word:

Page 20: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 20 van 28

Kontroleer hier of die bedrae wat aangedui word as die “ETI Calculated”, ooreenstem

met die bedrae op die EMP501 wat vanuit AfriClock gedruk is. (Indien dit nie ooreenstem

nie, kontak AfriClock).

Maak die skerm toe deur op “SAVE” en daarna op “CLOSE” te kliek.

13. Indien die totale van die ETI gekontroleer en korrek is, kan daar nou voortgegaan word om die

“Declaration” volledig te voltooi:

Kies die maatskappynaam en belastingjaar en voltooi die nodige velde vir die PAYE, SDL en

UIF wat elke maand verklaar is, asook die totaal van elke maand wat in werklikheid oorbetaal

is.

Die bedrae wat ingetik moet word is slegs rande, en nie desimale nie. Rond die bedrae af na

die naaste RAND.

Die bedrae ten opsigte van LBS, SDL en UIF wat maandeliks verklaar is deur die druk van die

EMP201, word kan verkry word deur die EMP501 Opgawe Vorm uit AfriKlok te druk.

Kliek weer op: ADD ETI en dui aan dat ETI verklaar word.

Voltooi die skerm wat daaropvolgend verskyn. Die LBS wat op die “vorige skerm” voltooi is,

word outomaties oorgedra na hierdie skerm. Sien voorbeeld hieronder:

Page 21: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 21 van 28

Voltooi die kolom van die ETI wat elke maand bereken is (“ETI Calculated”) , sowel as die ETI

bedrag wat elke maand by die LBS verskuldig, afgetrek en dienooreenkomstig nie oorbetaal is

nie(“ETI Utilised”):

Page 22: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 22 van 28

Kliek op “SAVE” om voltooide skerm te stoor.

14. Die skerm keer terug na die “Declaration”; kliek op: SELF ASSESS (aan die regterkant onder van

die skerm) om die berekenings te finaliseer:

Indien die bedrae nie ooreenstem nie, sal u versoek word om ‘n rede te gee vir die verskil.

Verskaf die rede vir die verskil (indien daar wel enige was), en kliek op: OK.

Page 23: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 23 van 28

Kliek op: SAVE, om die “Declaration” eers te stoor en op ‘n latere stadium in te dien.

(Kliek op: READY TO FILE, indien u gereed is om in te dien).

Indien u die “Declaration op ‘n latere stadium wil indien, volg die volgende stappe:

Kliek op: SUBMISSION – Submit to SARS.

Die volgende skerm verskyn aan die regterkant:

Page 24: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 24 van 28

Kies die “Declaration” wat u wil indien en kliek op: SUBMIT (regs bo aan die skerm).

Kies die metode hoe u die rekonsiliasie wil indien:

Indien u geregistreer is vir E-FILING, kies: Via the Internet (efiling Login Required).

Kliek op: SUBMIT.

Sleutel u E-FILING gebruikersnaam en wagwoord in vir die submissie om voort te gaan.

Indien u nie geregisteer is vir E-FILING nie, kies: Via SARS Branch (Electronic medium).

Kies dan watter IRP5/IT3 lêer gestoor moet word.

Page 25: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 25 van 28

Kliek op: SUBMIT.

Kies waar op die hardeskyf die lêer gestoor moet word, en kliek op OK.

15. Die suksesvolle submissie van u rekonsiliasie kan gemonitor word, as volg:

Kliek op: UTILITIES – Status Dashboard.

16. Na suksesvolle submissie van die rekonsiliasie, kan daar voortgegaan word met die druk en

uitreiking van die IRP5 en IT3 sertifikate.

17. Om die IRP5 en IT3 sertifikate te druk, volg die volgende stappe:

Kliek op: UTILITIES.

Kies aan die regterkant die volgende opsie: Generate IRP5 / IT3(a) PDF’s:

Die volgende skerm verskyn:

Page 26: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 26 van 28

Kies vervolgens die dokumente wat gedruk moet word, deur die “tick box” te merk.

Kliek dan op: GENERATE:

Dui dan aan watter sertifikate gedruk moet word, en waar die sertifikate op u rekenaar se

hardeskyf gestoor moet word, en van waar dit gedruk kan word.

BELANGRIK: Ten tye van die ses maandelikse rekonsiliasie moet geen IRP5/IT3(a) sertifikate

aan werknemers uitgereik word nie. Daarom sal geen PDF sertifikate vir hierdie periode

genereer word nie.

‘n Finale sertifikaat vir ‘n werker wat byvoorbeeld reeds uit diens is, kan vertoon en gedruk

word, as volg:

Kliek op: “View/Edit Employees”:

Kies die regte werker en kliek dan op: VIEW:

Page 27: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 27 van 28

‘n Skerm met die werker se persoonlike besonderhede sal vertoon word. Aan die heel

regterkant van die skerm sal al die vorige sertifikate wat uitgereik is, gelys word. Sien

voorbeeld hieronder:

Page 28: EASYFILE : GEBRUIKERSHANDLEIDING TER VERDUIDELIKING … · Kliek op die laaste sertifikaat wat vertoon/oopgemaak moet word. Die werker se Sertifikaat Besonderhede word vertoon. Waar

Bladsy 28 van 28

Deur op “CREATED” te kliek, sal die sertifikaat details vertoon word:

Dan, om die volle sertifikaat te vertoon, kliek op “VIEW CERTIFICATE” aan die onderkant

van die skerm:

Die volledige sertifikaat sal vertoon word, van waar dit gedruk of op u hardeskyf gestoor word.