eldo-info nuusbrief 5 junie 2020 5 juni… · graad 8 tot graad 12 volg vanaf maandag, 1 junie...

7
Eldo-Info Nuusbrief 5 Junie 2020 www.hseldo.co.za Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne GEDAGTE VIR DIE WEEK WASGOEDGEBED Ek staan voor U Here met my bondeltjie geestelike wasgoed. My mandjie loop oor. Help my asseblief sorteer? Met U hoef ek nie vlekverwyderaars te koop nie, want U bloed was my witter as sneeu. U ken my hart, was my en hang my in U sonlig van geregtigheid, En al wapper ek soms teësinning in U winde van verandering, Moet my asseblief nie van U lyn afhaal voordat ek skoon en droog en bruikbaar in U diens is nie. Here stryk al die kreukels van depressie, selfbejammering, bitsigheid, En alle sonde uit met U strykyster van liefde, vergifnis en genade. En as U met my klaar is, hang my op sodat almal U in my kan sien... Amen. ELDO-INSPIRASIE Benodig jy ‘n emosionele opkikker? Gaan kyk gerus na die inspirerende video’s vir elke Eldo-leerder, ouer en die gemeenskap by: https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/249150239836994/ https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/903202896773774/

Upload: others

Post on 25-Sep-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Eldo-Info Nuusbrief 5 Junie 2020 5 Juni… · Graad 8 tot graad 12 volg vanaf Maandag, 1 Junie 2020, ‘n 12-dag siklus met ons bestaande rooster. Die dae is as volg ingedeel: Dag

ELDO-INFO 2017

Eldo-Info Nuusbrief – 5 Junie 2020

www.hseldo.co.za • Tel: 012 660 2066 • Christopherweg 26, Eldoraigne

GEDAGTE VIR DIE WEEK

WASGOEDGEBED

Ek staan voor U Here met my bondeltjie geestelike wasgoed.

My mandjie loop oor.

Help my asseblief sorteer?

Met U hoef ek nie vlekverwyderaars te koop nie, want U bloed was my witter as sneeu.

U ken my hart, was my en hang my in U sonlig van geregtigheid,

En al wapper ek soms teësinning in U winde van verandering,

Moet my asseblief nie van U lyn afhaal voordat ek skoon en droog en bruikbaar in U diens is nie.

Here stryk al die kreukels van depressie, selfbejammering, bitsigheid,

En alle sonde uit met U strykyster van liefde, vergifnis en genade.

En as U met my klaar is, hang my op sodat almal U in my kan sien...

Amen.

ELDO-INSPIRASIE

Benodig jy ‘n emosionele opkikker? Gaan kyk gerus na die inspirerende video’s vir elke Eldo-leerder, ouer en die

gemeenskap by:

https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/249150239836994/

https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/903202896773774/

Page 2: Eldo-Info Nuusbrief 5 Junie 2020 5 Juni… · Graad 8 tot graad 12 volg vanaf Maandag, 1 Junie 2020, ‘n 12-dag siklus met ons bestaande rooster. Die dae is as volg ingedeel: Dag

2

AKADEMIE

Ons herinner u dringend aan die skrywe wat in verlede week se Eldo-Info gepubliseer en op die D6-Communicator

geplaas is, rakende die akademiese inligting wat beskikbaar gestel is. Hiermee weer die skakel:

https://downloads.d6communicator.com/downloads/resources/93_resource_5ece8309a2e65968227576.pdf?1591350

812

Die volgende punte word weer onder u aandag gebring:

Graad 8 tot graad 12 volg vanaf Maandag, 1 Junie 2020, ‘n 12-dag siklus met ons bestaande rooster.

Die dae is as volg ingedeel:

Dag 1, Dag 2

Dag 1, Dag 2

Dag 3, Dag 4

Dag 3, Dag 4

Dag 5, Dag 6

Dag 5, Dag 6

Bogenoemde indeling is om sosiale distansiëring in die skool te kan handhaaf, soos wat die grade weer infaseer

skool toe.

Microsoft Teams klasse vind plaas volgens die 12-dag siklus.

‘n Nuwe tydrooster is vervat in Addendum A.

‘n Indeling van die dagskedule is vervat in Addendum B. (*datums onderhewig aan verandering)

Die infaseringsdatums van die verskillende grade verskil van die oorspronklike kommunikasie wat u ontvang het, weens

die Departement van Basiese Onderwys se verandering aan die datums wat oorspronklik aan skole gekommunikeer is.

Die voorgestelde datums van grade se infasering is as volg:

Graad 12 8 Junie 2020

Graad 10 en 11 6 Julie 2020

Graad 8 en 9 3 Augustus 2020

*Bogenoemde datums weereens onderhewig aan verandering.

Ons sal u dadelik in kennis stel van enige amptelike veranderinge. Wees verseker dat ons ten spyte van al die

onsekerhede wat heers, steeds voortgaan met die akademiese program, soos aan u gekommunikeer.

Ons vertrou dat alle moontlike vrae beantwoord is. Indien daar verdere navrae is, kan elke graad se fasehoof gekontak

word. Hiermee hul e-pos adresse:

Graad 8: Mnr. Dave du Plessis ([email protected])

Graad 9: Juf. Marié Joubert ([email protected])

Graad 10: Juf. Hester Swart ([email protected])

Graad 11: Juf. Anya Swanepoel ([email protected])

Graad 12: Juf. Carla Repsold ([email protected])

Ons sien uit om die Graad 12-leerders Maandag by die skool terug te verwelkom! Geniet die naweek wat voorlê.

Page 3: Eldo-Info Nuusbrief 5 Junie 2020 5 Juni… · Graad 8 tot graad 12 volg vanaf Maandag, 1 Junie 2020, ‘n 12-dag siklus met ons bestaande rooster. Die dae is as volg ingedeel: Dag

3

SPORT

PERDESPORT

By Hoërskool Eldoraigne spog on met ‘n klomp titaniese perderuiters! Daar word aan elke dissipline deel geneem en ons

spog ook met ‘n SA-ruiter in Mounted Archery! Jacques Horn is ons perdry-kampioen en sien uit na sy skouspelagtige

vertonings saam met sy perd, Sylvester. Kyk gerus na die volgende video om meer te sien van ons besonderse ruiters:

https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/894861954316110/

Jacques Horn

NETBAL

Hiermee herinner ons elke 0/13-dogter aan die wonderlike netbalkompetisie wat tans in proses is by Hoërskool

Eldoraigne. Gaan kyk gerus na die volgende video vir al die nodige details om in te skryf:

https://www.instagram.com/p/CAnWhciH32d/. Neem jou video en stuur dit aan juffrou Stephanie by:

[email protected]. Moenie hierdie geleentheid misloop nie!

Daar is wonderlike pryse op die spel!

3: ‘n Kaartjie na die netbalfunksie;

2: ‘n Wedstrydbal;

1: Volle Eldoraigne-netbaldrag!

Die eerste span dogters het ook ‘n spesiale video opgeneem om te vertel wat netbal by Hoërskool Eldoraigne beteken

en waarna hulle die meeste verlang. Ons kan nie wag vir vinnige gooie, doele wat keer na keer sink en die skare wat

luidkeels toejuig! Volg gerus die volgende skakel na die video:

https://www.instagram.com/p/CBDzfzTHqPB/

RUGBY

Die Cheetah-speler, Rhyno Smith, het vir ons Eldo-spelers ‘n video gestuur oor watter drills die spelers kan doen om

seker te maak hulle bly skerp en fiks gedurende die inperking. Kyk hier na die video:

https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/3920141108004921/

Maak ook seker jou liggaam beweeg instinktief korrek tydens afbreekpunte met behulp van die volgende oefeninge:

https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/636178667111227/

Page 4: Eldo-Info Nuusbrief 5 Junie 2020 5 Juni… · Graad 8 tot graad 12 volg vanaf Maandag, 1 Junie 2020, ‘n 12-dag siklus met ons bestaande rooster. Die dae is as volg ingedeel: Dag

4

KRIEKET

Ons krieketakademie, Cricket 101, het die volgende video’s vrygestel vir alle krieketspelers om seker te maak hulle

vaardighede bly op hoogte tydens die grendeltydperk.

Gaan besoek gerus ons webblad en kyk na die vier weke se video’s wat daar beskikbaar is.

Hiermee die skakel na die video’s: https://www.hseldo.co.za/cricket101

KULTUUR

DANS

Die Eldoraigne-dansers is hierdie week oorval met nostalgie. Om saam te kan dans, optree en hul passie uit te leef! Hulle

het ‘n baie oulike video saam gestel om die hoogtepunte van hul aktiwiteit uit te lig.

Volg die onderstaande skakel om (virtueel) meegevoer te word en kom ons hoop ons kan hierdie dansers gou weer in

aksie sien!

https://www.facebook.com/hseldoraigne/videos/612646189349266/

LEERLINGAKTIWITEITE

ELDO-ONLINE-STEIN

Weet jy hoeveel liter melk ‘n baba walvis per dag drink? Hoeveel harte ‘n seekat het? Of op watter datum Fortnite vrygestel is? Die grendeltydperk het nie die 2020 Akademiese komitee gekeer om die jaarlikse instelling van Eldo Einstein voort te sit nie! Eldo Onlinestein het die beskikbare tegnologie van Teams met Kahoot gekombineer sodat meer as 200 deelnemers kragte kon meet in ‘n aanlyn vasvrakompetisie. Die uitdunrondtes het op Vrydag, 30 Mei 2020, plaasgevind. Na drie rondtes van 45 minute is die Top 50 bepaal wat in Saterdag se Finale rondte deelgeneem het. Na 50 vrae is die Top 5 aangewys: 1. Nina Kriel – Graad 9

2. Anonymous – Graad 12

3. Abrie Kotze – Graad 11

4. Christiaan Roux – Graad 11

5. Leandre’ van Dijk – Graad 11 Nog ‘n verrassing was die Anonymous Championship – een verteenwoordiger uit elke groep het deelgeneem. Dankie aan oud-leerders Rigardt Bester en Stefan Oberholzer wie 2017 en 2018 verteenwoordig het en geluk aan Anonymous 2019 (David van Staden) wie koning gekraai het in die kampioenskap. Elke jaar is daar ‘n prys vir die beste kostuum - geluk aan ons eie Cupid, Francois Schutte, wie vanjaar se foto-kompetisie gewen het. Baie dankie aan die Akademiese komitee en Juffrou Simóne Grobler vir hul reëlings. Ons sien uit na nog baie aanlyn-pret

tydens die grendeltydperk.

Page 5: Eldo-Info Nuusbrief 5 Junie 2020 5 Juni… · Graad 8 tot graad 12 volg vanaf Maandag, 1 Junie 2020, ‘n 12-dag siklus met ons bestaande rooster. Die dae is as volg ingedeel: Dag

5

Page 6: Eldo-Info Nuusbrief 5 Junie 2020 5 Juni… · Graad 8 tot graad 12 volg vanaf Maandag, 1 Junie 2020, ‘n 12-dag siklus met ons bestaande rooster. Die dae is as volg ingedeel: Dag

6

FINANSIES

SKOOLGELDE

Baie dankie aan elke ouer wat in hierdie moeilike tyd getrou hul skoolfonds vereffen. Ons verstaan en het begrip vir die

huidige omstandighede, maar moedig u nog steeds aan om tog u skoolfonds te betaal, al is dit net ‘n gedeelte

daarvan. Elke bydrae word opreg waardeer!

Dankie ook aan die ouers wat bereidwillig is om ‘n bydrae te maak tot mede leerders se skoolfonds. Indien u ‘n

inbetaling wil doen t.o.v. ‘n mede leerder gebruik asb die volgende verwysing “910/470+skoolgeld borg”.

LIEF EN LEED

PERSONEEL VERJAARDAE

Baie geluk aan die volgende personeellede wat binnekort verjaar. Ons wens julle ‘n besonderse lewensjaar toe vol

vreugde en voorspoed!

Juf. Vinkie Schaap Me. Marthie du Toit

(10 Junie) (12 Junie)

Page 7: Eldo-Info Nuusbrief 5 Junie 2020 5 Juni… · Graad 8 tot graad 12 volg vanaf Maandag, 1 Junie 2020, ‘n 12-dag siklus met ons bestaande rooster. Die dae is as volg ingedeel: Dag

7

MYSCHOOL

Nou kan jy ons skool deur die MySchool App ondersteun. Laai vandag die MySchool App op jou selfoon af en registreer

Hoërskool Eldoraigne as die skool van jou keuse. Dankie vir die volgehoue ondersteuning van ons skool!