fase onderwysershandleiding intermediêre · - 2 - • in graad 4 deur die skryf van ’n...

39
Intermediêre Fase Onderwysershandleiding Graad 6 Sosiale Wetenskappe

Upload: duongtram

Post on 02-Aug-2018

262 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

Inte

rmed

iêre

Fas

e On

derw

yser

shan

dlei

ding

Graad

6

Sosiale Wetenskappe

Page 2: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 1 -

AARDRYKSKUNDE GRAAD 6 ONDERWYSERSGIDS

LET WEL: 1. Geskiedenis en Aardrykskunde moet elk 90 minute per week onderrig word. Dit word sterk

aanbeveel dat elke dissipline in sessies van een les van ’n halfuur en een van ’n uur lank verdeel moet word. Albei dissiplines moet elke kwartaal onderrig en geassesseer word.

2. Die drie Leeruitkomste (tesame met die toepaslike Assesseringstandaarde) word gedurende die onderrig-, leer- en assesseringsproses altyd saam gebruik.

3. Die kennisfokusraamwerk (inhoud) en die toepaslike Assesseringstandaarde (vaardighede) moet gedurende lesse onderrig en verduidelik word en deur die leerders in hulle werkboeke geoefen word.

4. Verduidelik nuwe begrippe aan leerders terwyl hulle deur die kennisfokusraamwerk vir

Sosiale Wetenskappe werk. Gebruik die terminologie wat in die assesseringstake gebruik gaan word.

5. Die Sosiale Wetenskappe-leerarea is berus op die ondersoekvaardighede-leerproses.

Die proses moet leerders aanmoedig om met bewyse te werk en die logika van argumente te oorweeg, en geleenthede bied om hulle eie waardes, menings en oordele te oorweeg in verhouding tot dié van hulle portuurgroep.

6. Die konstruksie van kennis en die ontwikkeling van interpretasievaardighede berus op die grondslag van ondersoek. Onderwysers en leerders word aangemoedig om altyd vrae te vra. Die gebruik van Sleutelvrae is belangrik vir die ontwikkeling van kritiese denke. Leerders moet aangemoedig word om hulle eie vrae te skep en te formuleer. Moedig kritiese denke aan deur die volgende te doen:

• Daag leerders uit om vrae te stel. • Ontwikkel die leerders se vraagstellingsvaardighede. • Vra leerders oor hulle eie begrip uit. • Moedig leerders aan om alternatiewe te probeer vind voordat hulle op ’n antwoord

besluit. • Moedig leerders aan om redes te gee vir sekere dinge wat hulle sê of aan die hand

doen. • Vra leerders om hulle keuses te motiveer. • Gee leerders geleentheid om te klassifiseer, te ontleed en te skep. • Betrek leerders in dialoog. • Skep geleenthede vir gefokusde gesprekke met hul klasmaats. • Bevraagteken stereotipes en partydigheid.

7. Wanneer dit ook al moontlik is, moet werklike goed (outentiekheid) in die klaskamer gebruik word: egte voorwerpe om te besigtig en te hanteer, egte dokumentêre en visuele bronne. Soek bronne waarby die leerders aanklank sal vind. Vind bronne wat die leerder, eerder as die onderwyser, interessant sal vind. In Geskiedenis kan items uit die verlede en vir Aardrykskunde kan veldwerkkaarte, foto’s en huidige koerante gebruik word.

8. Gebruik minder bronne in groter diepte. Bronne moet met sorg gekies word om seker te

maak dat daar genoeg inligting vir betekenisvolle werk is. Behandel kleiner onderwerpe in meer besonderhede. Ware leer vind plaas wanneer leerders die geleentheid gegee word om diepte-ondersoeke te doen, eerder as om ’n aantal onderwerpe slegs oppervlakkig te behandel.

9. Leerders moet hulle bevindings aan die res van die klas sowel as aan andere binne en

buite die skoolgemeenskap kan oordra:

Page 3: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 2 -

• In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat, kunswerk, drama, dans en musiek.

• In Graad 5 deur kort paragrawe, eenvoudige grafieke, kaarte, diagramme, die skepping van kunswerke, plakkate, musiek, dans en drama, projekte en bespreking.

• In Graad 6 deur gestruktureerde skryfwerk, bespreking en geleide debatvoering, grafieke, tabelle, kaarte en diagramme, kunswerk , dans en drama.

10. DAAR IS SES FORMELE ASSESSERINGSTAKE VIR SOSIALE WETENSKAPPE

Nr Kwartaal Datum/ week

Geskiedenis/ Aardrykskunde

Taak Minimum Punte-toekenning

1 1 Week 10 Geskiedenis & Aardrykskunde

Toets G = 20 A = 20

Totaal: 40

2 2 Week 13 Geskiedenis

Brongebaseerde en Uitgebreide Skryfwerk Werkopdrag

Bronwerk: 25 Uitgebreide

Skryfwerk: 15 Totaal: 40

3 2 Week 20 Aardrykskunde

* Projek (Navorsingswerk- opdrag/ Kreatiewe Respons)

40

4 3 Week 26 Aardrykskunde Kaartwerk en Datahantering Werkopdrag

40

5 3 Week 30 Geskiedenis

* Projek (Navorsingswerk- opdrag / Kreatiewe Respons)

40

6 4 Week 40 Geskiedenis & Aardrykskunde

Eksamen G = 40 A = 40

• Alle assesseringstake moet binne die konteks van die leerders ontwikkel word.

• Al drie leeruitkomste (met die toepaslike assesseringstandaarde) en die inhoud (kennisfokusraamwerk) word saam geassesseer.

• As die Projek in Geskiedenis ’n Navorsingswerkopdrag is, moet die projek vir Aardrykskunde ’n Kreatiewe respons wees, of omgekeerd.

• Die instruksies aan die leerders moet duidelik wees. Al die Formele Assesseringstake dra dieselfde gewig.

• Bewyse van al die inhoud, oefeninge en aktiwiteite (informele assessering) moet in die leerders se werkboeke verskyn voordat die formele assesseringstaak vir optekening en rapportering gedoen word. (Kyk in die Werkskedule.) ‘n Goeie praktyk om seker te maak dat leerders hulle eie werk doen, is deur hierdie take in die klas onder gekontroleerde omstandighede te doen. Hierdie praktyk kan verseker dat elke leerder sy eie werk doen. Dit kan dalk ook verseker dat al die leerders hulle take inhandig.

• Kaartwerk- en datahanteringvaardighede, tesame met die inhoud, moet voortdurend onderrig en elke kwartaal informeel geassesseer word. Formele assessering vir kaartwerk en datahantering vind gedurende die derde kwartaal plaas. Kaartwerk en datahantering moet ook in die eerste toets en die eksamen geassesseer word. Raadpleeg die Beleidsdokument oor Sosiale Wetenskappe vir die kaartwerkvaardighede en -begrippe vir elke graad – let op na die progressie.

Page 4: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 3 -

11. Verskillende soorte bronne. Die volgende diagram toon die verskeidenheid bronne wat binne Sosiale Wetenskappe in Geskiedenis sowel as Aardrykskunde gebruik kan word.

MONDELING

Onderhoude en Herinneringe Mondelinge tradisies Mites en legendes Gedigte Liedere Stories Vraelysantwoorde

SKRIFTELIK

Handboeke Boeke Koerante Tydskrifte Sensusdata Dokumente Briewe Joernale Dagboeke, Verslae Pamflette Advertensies Internet, CD ROM

VISUEEL

Foto’s Spotprente Kaarte en planne Atlasse Topografiese kaarte Lugfoto’s Satellietbeelde Skilderye en tekeninge Rolprent, televisie, video Standbeelde en snywerk Internet, CD ROM

MOONTLIKE BRON

ARGEOLOGIE

Ruïnes of begraafde terreine of geboue Stuifmeelspore Fossiele Artefakte (voorwerpe wat op terreine gevind word), bv. pottebakkerswerk, beendere, muntstukke, houtskool, gereedskap, werktuie, wapens

FISIES

Voorwerpe uit die verlede wat behoue gebly het, bv. pasboeke Geskiedkundige geboue Monumente Standbeelde en beeldhouwerk Houtsneewerk Alledaagse voorwerpe, bv. meubels, klerasie, juweliersware, voertuie

LANDSKAP

Nedersettings en planne daarvan Geboue en terreine Paaie, spore, paadjies Brûe, spoorweë, hawens Uitwerking van menslike aktiwiteite op die omgewing Lugfoto’s Fisiese landskaps-kenmerke, bv. passe, vlaktes, baaie, grotte

(Aangepas uit: Onderwysersgids vir die Ontwikkeling van Leerprogramme: Sosiale Wetenskappe 2003, bl. 27. Aardrykskunde-bronne op bl. 32.)

Page 5: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 4 -

GRAAD 6

WEEK 1 Metodologie Stap 1: Hersiening van vorige kennis deur gebruik van vrae en antwoorde en klasbespreking

• Stel die begrip van die wêreld bekend. • ’n Inleiding tot Aardrykskunde as ’n dissipline van Sosiale Wetenskappe.

Stap 2: Die onderwyser lei ’n bespreking deur die gebruik van toepaslike prente om die volgende vrae te beantwoord:

• Wat is Aardrykskunde? • Waar kan ’n mens Aardrykskunde in die werklike lewe toepas? • Wat gaan ons in Aardrykskunde leer? • Wat is ’n bron? • Hoekom is koerante, kaarte en atlasse in Aardrykskunde belangrik? • Wat is die ondersoekproses?

Stap 3: Die onderwyser skryf belangrike inligting op die bord sodat die leerders dit in hulle werkboeke kan afskryf.

Stap 4: Leerders beantwoord die volgende vrae: • Wat is fisiese kenmerke? (berge, riviere, valleie) • Wat is Aardrykskunde op ’n wêreldwye skaal? Die onderwyser gebruik prente en atlasse om, waar nodig, te verduidelik.

Die vrae bly grotendeels dieselfde as in Graad 5, hoewel ‘’n mens ’n beter verduideliking deur leerders en beter begrip verwag.

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe.

WEEK 2 Kaartwerk: Mercator se Projeksie en stel lengte- en breedtegrade bekend. Metodologie: Stap 1: Die onderwyser hersien rigting en verduidelik ons moet akkuraat wees wanneer ons ’n

dorp, stad, berg of land op ’n kaart vind, bv. noord, suid, oos, wes, ens. Stap 2: Die onderwyser verwys veral na Mercator se Projeksie en stel leerders ook aan ander

projeksies bekend om te toon hoe kaarte deur die jare heen ontwikkel het. Stel hulle ook bekend aan die aardbol as die mees gepaste voorstelling van ons planeet.

Stap 3: Die onderwyser stel die leerders aan die volgende begrippe deur vrae daaroor te stel, hulle aan hulle te verduidelik en ook prakties te demonstreer: breedtegrade, lengtegrade, halfrond, ewenaar, sfeer, Greenwich meridiaan, Internasionale Datumlyn, kaartprojeksie, mates in grade, vastelande, koördinate, Noord- en Suidpoolsirkels, as, Kreefs- en Steenbokskeerkringe.

Stap 4: Informele Assesseringstaak: Onderwyser gee vir leerders ’n blanko wêreldkaart. Leerders teken in hulle werkboeke die bogenoemde kenmerke op die kaart. Leerders kan ook, indien nodig, sleutelstede, streke en lande op die kaart vind en van byskrifte voorsien.

Stap 5: Die onderwyser kan verduidelik hoe om ’n atlas te gebruik en hoe gebiede op die aarde op ’n plat oppervlak geprojekteer word – wys vir hulle ’n voorbeeld van Mercator se Projeksie.

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe.

Page 6: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 5 -

WEEK 3 Kaartwerk: Hoe om die bogenoemde kenmerke op kaarte te verstaan en te gebruik Metodologie: Stap 1: Die onderwyser verduidelik dat ons 180 breedte- en 360 lengtelyne het en dat hulle almal

denkbeeldige lyne is. Breedtelyne is volledige sirkels, want hulle omkring ’n sekere gebied op die aardbol, terwyl lengtelyne almal semi- of halfsirkels is. Dit verklaar ook hoekom ons twee keer soveel lengte- as breedtelyne het.

Stap 2: Die onderwyser verduidelik dat breedtegraad verwys na hoe ver ’n plek noord of suid van die ewenaar (0°) is. Die onderwyser verduidelik dat lengtegraad verwys na hoe ver ’n plek oos of wes van die Greenwich Meridiaan is. Die onderwyser verduidelik ook die implikasies van die Internasionale Datumlyn by 180° lengtegraad.

Stap 3: Stel hulle bekend aan die noordelike en suidelike halfrondes – die aarde word by die ewenaar in twee verdeel. (Hersien rigting.)

Stap 4: Stel hulle bekend aan die Oostelike en Westelike halfrondes – die aarde word by die Greenwich Meridiaan en die Internasionale Datumlyn in twee verdeel. (Hersien rigting.)

Stap 5: Doen ’n mondelinge hersieningsoefening oor aspekte van breedte- en lengtegraad wat in afgelope weke gedek is.

Stap 6: Leer hulle van die koördinate (waar die breedte- en lengtelyne mekaar kruis). Gebruik ’n eenvoudige ruitenet totdat al die leerders dit verstaan.

Stap 7: Stel hulle bekend aan grade en minute. Verduidelik die wenteling van die aarde – hoe dikwels en hoe die aarde om sy as draai.

Stap 8: Sluit die les af met ’n oefening waarin die leerders koördinate moet gebruik om kenmerke op ’n kaart te identifiseer. Die atlas is gepas om vir hierdie oefening te gebruik. Gebruik ’n wêreldkaart.

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe.

WEEK 4 Verspreiding van wêreldbevolking en bevolkingsdigtheid: Sleutelstede (vergelykings) Metodologie: Stap 1: Die onderwyser stel ’n sleutelvraag (Hulle moet in hulle groepe werk om dit te beantwoord

en vir die klas terugvoering gee): Sleutelvraag: Hoekom woon daar op party plekke meer mense as op ander plekke? (Lei die leerders deur vrae wat hulle kan help.) • Kyk na ons eie land. In party provinsies woon daar meer mense as in ander. Hoekom? • Party provinsies is groter as ander, maar tog woon daar baie minder mense as in

kleiner provinsies, en omgekeerd. Hoekom? • Dieselfde geld in ander lande van die wêreld. Wat, dink jy, is die redes vir hierdie

verskynsel? Leerders werk in groepe, bespreek die vrae 10 minute lank en gee dan vir die klas terugvoering. Die onderwyser kan antwoorde op die bord skryf om te kyk hoeveel antwoorde dieselfde is of ooreenstem, of om te kyk hoe goed hulle die situasie verstaan.

Stap 2: Informele assessering: Gebruik ’n kaart van die wêreldbevolking wat die digsbevolkte stede toon. Die onderwyser gee die lengte- en breedtegraadkoördinate van digbevolkte stede. Leerders teken die verskillende sleutelstede op ’n blanko wêreldkaarte (patroonplaat) aan. (Doen Kaartwerk uit bronne. )

Stap 3: Informele assessering: Stel ’n lys op van redes vir die digte bevolking wat uit die vorige oefening geblyk het.

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe.

Page 7: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 6 -

WEEK 5 Bevolkingsverspreiding en -digtheid op ’n wêreldskaal: Streke (vergelyk) Metodologie: Stap 1: Die onderwyser begin met ’n sleutelvraag: Hoe kan klimaat bevolkingsverspreiding en

-digtheid beïnvloed? Bespreek die vraag hierbo met die hele klas. Die onderwyser help deur meer leidende vrae te stel. Wat is klimaat? Het die hele wêreld dieselfde klimaat? Hoekom nie? Verduidelik julle antwoorde.

Stap 2: Die onderwyser stel leerders bekend aan en verduidelik die volgende nuwe begrippe: pool-, droë-, middelbreedte-, tropiese, berg-, subtropiese streke.

Die onderwyser laat die klas hierdie streke op die wêreldkaart aandui. Die onderwyser help en verduidelik waar die leerders dit moeilik vind. Beantwoord die vraag: Kan ’n mens uit die naam van die streek enigiets aflei oor waar hulle in die verskillende dele van die wêreld geleë is?

Stap 3: Informele Assessering: Dui op ’n wêreldkaart van klimaatstreke aan waar die verskillende klimaatstreke gevind kan word. Leerders gebruik ’n sleutel en teken op ’n blanko wêreldkaart die klimaatstreke wat bespreek word, aan. Hulle kleur die streke, ooreenkomstig die sleutel, met verskillende kleure in.

Stap 4: Informele assessering vir leerders se werkboeke: Verduidelik hoe elkeen van die bogenoemde streke dalk ’n bydrae tot bevolkingsdigtheid lewer.

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe.

WEEK 6 Konteks: Bevolkingsverspreiding en -digtheid op ’n wêreldskaal: Lande (vergelyk) Metodologie: Stap 1: Die onderwyser begin met ’n skriftelike aktiwiteit wat op die kaartwerk van die vorige les

gegrond is. Stel ’n lys van die 10 digsbevolkte lande van die wêreld op.

Stap 2: Hoeveel van hierdie lande is ontwikkelde en hoeveel is ontwikkelende lande? Teken ’n tabel en skryf hulle onder die hofies "Ontwikkelde" en "Ontwikkelende".

Stap 3: Informele assessering: Kyk na die Pool-, Droë-, Tropiese- en Middelbreedtestreke en verduidelik hoekom daar in party streke meer mense woon as in ander. Vergelyk die vier streke deur minstens een paragraaf oor elkeen te skryf.

Stap 4: Die onderwyser verduidelik ongelykhede en verskille tussen lande wat om verskeie redes ryk of arm is.

Hou ’n dinkskrum en identifiseer ongelykhede en verskille in en tussen samelewings en streke. Klas- of groepbespreking: Wat kan ryk lande doen om arm lande te help?

Stap 5: Leerders kan ook politieke en klimaatkaarte vergelyk en afleidings maak oor die uitwerking van die verskillende soorte klimaat op bevolkingsverspreiding en -digtheid.

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe.

Page 8: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 7 -

WEEK 7 Bevolkingsverspreiding en -digtheid op ’n wêreldskaal Konteks: Bevolking van lande Metodologie: Stap 1: Onderwyser stel ’n sleutelvraag: Hoekom is sommige lande digter bevolk as ander?

Wat is die verskil tussen ’n ontwikkelde en ’n ontwikkelende land? Die onderwyser lei die boegenoemde bespreking en verduidelik die nuwe begrippe wat met die bespreking verband hou. Nuwe begrippe: lande, grense, ontwikkelde, ontwikkelende, rykdom, energie, tegnologie

Stap 2: Die onderwyser kan nou ’n wêreldkaart van bevolkingsdigtheid gebruik en vrae oor die bevolkingsdigtheid en -verspreiding in die wêreld stel, en hoe dit ontwikkeling in die verskillende streke raak.

Stap 3: Transparante kan gebruik word om leerders te help om die twee begrippe te verstaan – een transparant toon die bevolkingsdigtheid van die wêreld – die ander toon die lande van die wêreld.

Stap 4: Die onderwyser verduidelik hoe om ’n staafgrafiek te teken en te lees en hoe ’n mens die wêreldbevolking op so ’n grafiek kan uitbeeld. Informele assessering: Vergelyk die bevolkingsdigtheid van die tien top-lande deur met verwysing na die gegewe inligting, ’n staafgrafiek te teken.

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe.

WEEK 8 Bevolkingsverspreiding en -digtheid op ’n wêreldskaal: Streke (vergelyk) Konteks: Ontwikkelde en ontwikkelende lande. Metodologie: Stap 1: Die onderwyser hersien die vorige week se werk en gee vir die leerders ’n navorsingstaak

waar hulle die kenmerke van ontwikkelende lande, in vergelyking met dié van ontwikkelde lande, sal ondersoek en identifiseer. Tabuleer die bevindings onder twee hofies: “Ontwikkelde lande” en “Ontwikkelende lande”.

Stap 2: Informele Assessering: Gebruik die kriteria hieronder en teken ’n sektordiagram waarop al die ontwikkelende lande aangedui word. Hierdie aktiwiteite kan ook gedoen word met ’n staafgrafiek waarop die ontwikkelde en ontwikkelende lande aan die hand van die volgende kriteria vergelyk word: • Persentasie van die wêreldbevolking • Persentasie van die wêreld se rykdom • Persentasie van die wêreld se rykdom wat gebruik is.

Stap 3: Leerders werk in groepe en bespreek wat ontwikkelde lande kan doen om ontwikkelende lande te help om hulle armoede uit te wis. Hoekom, dink jy, is dit nodig dat ontwikkelde lande sulke hulp verleen? Gee na 10 minute vir die klas terugvoering.

Stap 4: Die onderwyser verduidelik die G8-Spitsberaad en die rol wat dit speel. Hierdie oefening kan ook as navorsingsprojek vir die leerders gegee word, waar hulle inligting moet vind oor die G8-lande en die rol wat hulle speel. Vervul die G8-lande hierdie rol? Hoe suksesvol is hulle in hulle vertolking van daardie rol? Leerders doen by die huis navorsing, waarna die onderwyser ’n klasbespreking kan inlei. (Onderwyser gee leiding.)

Stap 5: Leerders hou ’n klasdebat en evalueer die nakoming van beloftes deur die G8-spitsberaad krities. (Onderwyser gee leiding.) Hulpbronne: Atlasse, die aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe.

Page 9: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 8 -

WEEK 9 Kaartwerk Konteks: Ligging en afstande van lug- en handelsroetes Metodologie: Stap 1: Die onderwyser hersien die volgende kaartwerkvaardighede met die leerders:

breedtelyne, lengtelyne, grade, noordelike en suidelike halfrondes, vastelande, oseane, skale op kaarte, ens.

Stap 2: Die onderwyser verduidelik die volgende nuwe begrippe: Handel, kommunikasie, produkte, uitvoer, grondstowwe, industrieel, vervaardig, wissel, vervoerroetes.

Stap 3: Die onderwyser verduidelik weer wat ’n skaal is en hoekom dit nodig is dat elke kaart ’n skaal moet hê. ’n Skaal toon dat ’n sekere afstand op ’n kaart ’n sekere afstand in die werklike lewe verteenwoordig, bv. 1:50 000 Die onderwyser gee vir elke leerder ’n wêreldkaart en ’n stuk tou, 60 cm lank. Die onderwyser leer hulle hoe om die tou te gebruik om afstand op die kaart te meet en hoe om die afstand in die werklike lewe te bereken.

Stap 4: Bereken die werklike afstand in kilometers vanaf Londen na Kaapstad oor die kortste moontlike roete. Vergelyk die lugroete met die seeroete tussen dieselfde twee stede en bereken die verskil in die afstande.

Stap 5: Bereken die werklike afstand in kilometers tussen Johannesburg en Kaapstad per spoor. Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe. WEEK 10 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 1: Toets Metodologie Stap 1: Al drie LU’e, met die gepaste AS’e, moet geassesseer word. Stap 2: Die toets moet bestaan uit die volgende:

• Vrae om kennis te toets van onderwerpe wat gedurende die eerste kwartaal getoets is, en kaartwerk.

• Bronne moet gekontekstualiseer word. Stap 3: Onthou, toetse moet daarop konsentreer om die prestasievlak te meet met betrekking tot

die bepaalde leeruitkomste of assesseringstandaarde wat gedurende die kwartaal gedek is.

Stap 4: Toetse moet ’n verskeidenheid vrae bevat wat vaardighede en vlakke van kognitiewe begrip assesseer (sien bv. Bloom se Taksonomie) en moet nie op blote herroep gegrond wees nie.

Stap 5: Gebruik vrae met kort antwoorde vir ’n maksimum van 40% van die toets, byvoorbeeld noem, stel ’n lys op, identifiseer, klassifiseer, ens.

Stap 6: Die antwoorde op vrae wat met Waar/Onwaar beantwoord kan word, moet verder uitgebrei word, bv. Noem ’n rede vir jou antwoord.

Stap 7: Om items in twee kolomme bymekaar te pas, is ’n nuttige manier om begrippe te toets. Daar moet meer antwoordmoontlikhede as stimuli wees. Daar moet net ’n paar (5-6) van hierdie vrae gestel word.

Stap 8: Gebruik bronne vir langer antwoorde om kognitiewe vaardighede te toets, byvoorbeeld ondersoek, ontleed, klassifiseer, vergelyk, kontrasteer, ens.

Hulpbronne: Riglyne vir die Assessering van Sosiale Wetenskappe (Intermediêre en Senior

Fase) bl. 25 – 30.

Page 10: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 9 -

WEEK 11 Konteks: Klimaat- en plantegroeistreke van die wêreld Sleutelvraag: Wat is ’n bioom? Metodologie Stap 1: Die onderwyser verduidelik die volgende begrippe: biome, tropies en subtropies,

reënwoude, bladwisselende woude, grasvlaktes, savanna, temperatuur, seisoene, klimaatsones, ekostelsels.

Stap 2: Die onderwyser stel leidende vrae oor die verskillende biome in ons land. Die onderwyser moedig ’n klasbespreking aan deur meer vrae te stel, soos: • Het ons verskillende biome in ons land? • Hoe weet ons dit? • Noem enige area in ons land waar die plantegroei anders is as wat ons hier in die Wes-

Kaap het. Wat van die Suid-Kaap? Stap 3: Gebruik ’n wêreldkaart as hulpbron om die verskillende biome in die wêreld te identifiseer.

Informele Assessering: Leerders word ’n blanko wêreldkaart gegee waarop hulle die verskillende biome moet inkleur en van byskrifte moet voorsien.

Stap 4: Informele Assessering: Leerders word gevra om koördinate te gebruik om die ligging van sekere biome op ’n wêreldkaart te vind.

NOTA VIR DIE ONDERWYSER: ʼn Bioom is ’n streek met sy eie klimaat en ’n spesifieke plant- en dierelewe. Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe. WEEK 12 en 13 Klimaat- en plantegroeistreke van die wêreld Konteks: Tropiese reënwoude, gematigde woude en naaldwoude Metodologie: Stap 1: Die onderwyser stel ’n sleutelvraag om ’n klasbespreking in te lei: Wat is klimaat en hoe

raak dit plantegroei wêreldwyd? Die onderwyser stel hulle ook bekend aan die klimaatstreke hierbo.

Stap 2: Groepwerk: Leerders word gevra om navorsing te doen oor klimaatstreke (tropiese reënwoude, gematigde woude en naaldwoude). Hulle bring prente, kaarte en ander inligting wat in ’n bespreking met die klas gebruik kan word.

Stap 3: Die onderwyser verskaf ’n wêreldkaart en verduidelik die naam en ligging van elke streek. Die leerders verwys na skriftelike bronne, video’s en kaarte en ondersoek die verskillende klimaatstreke en plantegroei wat in die verskillende biome gevind word.

Stap 4: Opsionele aktiwiteit: Onderwyser kan, indien moontlik, ’n opvoedkundige uitstappie na die naaste botaniese tuin reël. Beplan dit goed en berei leerders goed daarop voor. Dit moet ’n bydrae lewer tot wat jy wil hê die leerders moet leer en ervaar. Gee vir hulle ’n vrae- of kontrolelys wat in die loop van die uitstappie voltooi moet word. Die onderwyser lei na die uitstappie ’n bespreking oor hulle bevindings in en vergelyk die antwoorde op hulle vraelyste. Antwoorde kan selfs op die bord geskryf word.

Stap 5: Nou dat leerders baie meer van klimaat, plantegroei en biome weet, werk hulle in groepe oor die volgende onderwerp: Wat is die negatiewe impak van ontbossing op ons aarde in die algemeen en hoe kan ons dit voorkom? Motiveer jou antwoorde duidelik. Werk in groepe en gee vir die klas terugvoering.

Stap 6: Onderwyser verduidelik ontbossing aan leerders en vra hulle hoekom dit na hulle mening in die meeste gemeenskappe in die wêreld plaasvind.

Page 11: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 10 -

Informele assessering: Leerders skryf nou minstens drie paragrawe oor die negatiewe uitwerking van ontbossing op ons aarde, hoe dit voorkom kan word en hoekom dit uiters belangrik is om dit te voorkom.

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe.

WEKE 14 en 15 Klimaat- en plantegroeistreke van die wêreld Konteks: Subtropiese savannas, Mediterreense streke, grasvlaktes en berge Metodologie Stap 1: Die onderwyser hersien saam met die leerders die klimaat- en plantegroeistreke wat hulle

tot dusver bestudeer het en stel hulle aan subtropiese savannas, Mediterreense streke, grasvlaktes en berge bekend. Die onderwyser illustreer ook op ’n wêreldkaart elke streek, in vergelyking tot die onderwerpe van die vorige week, geleë is.

Stap 2: Leerders verwys na verskeie bronne soos boeke, tydskrifte, prente, kaarte en video’s verskillende klimaatstoestande en plantegroei wat in die verskillende biome aangetref word. Leerders dra deur middel van vrae hulle bevindings mondeling aan die klas oor.

Stap 3: Informele assessering: Gebruik die hulpbroninligting en tabuleer die bogenoemde streke onder die volgende hofies: Klimaatstreek, plantegroei (verskillende soorte plante) en diere.

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe.

WEKE 16 en 17 Klimaat- en plantegroeistreke van die wêreld Konteks: Woestyne, halfwoestyne en toendra en poolkappe Metodologie: Stap 1: Die onderwyser hersien klimaatstreke wat reeds behandel is, mondeling en verduidelik die

volgende nuwe streke: woestyne, halfwoestyne, toendra en poolkappe.

Stap 2: Die onderwyser demonstreer op die wêreldkaart waar die nuwe klimaatstreke aangetref word en lei deur vrae en antwoorde ’n klasbespreking in, bv. Dink jy hierdie streke is dig bevolk? Noem ’n rede vir jou antwoord. Watter soort plantegroei sou jy hier aantref? Hoekom is dit daardie soort plantegroei?

Stap 3: Informele assessering: Verwys na die bronne en skryf ’n paragraaf van minstens agt sinne oor die ligging, plantegroei, dierelewe en bevolking in elke van die bogenoemde klimaatstreke.

Stap 4: Groepwerk: Leerders ondersoek die verskillende klimaatstoestande, plantegroei en dierelewe wat in die verskillende biome aangetref word. Gebruik skriftelike bronne, prente en kaarte en maak ’n plakkaat om in die klas op te plak. Die groep lê hulle plakkaat aan die klas voor.

Stap 5: Klasbespreking: Bestudeer die klimaat, plantegroei en dierelewe in die toendra en poolkappe. Dink jy daar is baie menslike aktiwiteit? Wat is die negatiewe uitwerking van menslike aktiwiteit op hierdie streek? Watter uitwerking, dink jy, sal die uitwerking van minerale op so ’n bioom hê?

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe.

Page 12: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 11 -

WEEK 18 Klimaat- en plantegroeistreke van die wêreld Konteks: Koppel biome aan lande en bevolking. Metodologie: Stap 1: Die onderwyser hersien klimaatstreke en verduidelik die volgende begrippe:

Bevolkingsdigtheid en hulpbronne. Stap 2: Informele assessering: Verwys na die bronne en bepaal die klimaatstreek, plantegroei,

dierelewe, natuurlike hulpbronne, bevolking en breedtegraad van die volgende steke en lande in die wêreld: Nieu-Delhi, Windhoek, Alaska, New York, Perth, Japan en Marion-eiland. Tabuleer dit in jou werkboek soos in die tabel hieronder. Die eerste een is reeds gedoen.

Land of stad

Klimaat-streek

Plantegroei Dierelewe Bevolking Breedte-graad

Natuurlike hulpbronne

Indië / Nieu- Delhi

Tropies

Tropiese reënwoud

Tiere, olifante

12 050 000

Tussen 0ْ en 23ْ N

Steenkool

Japan / Tokio

Nota: Die onderwyser kies lande met verskillende ekonomiese sterkpunte en ’n verskeidenheid klimaat- en plantegroeistreke. Bostaande is net ’n voorbeeld. Die onderwyser kan sy eie keuse doen.

Hulpbronne: Atlasse, die aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe.

WEEK 19 Klimaat- en plantegroeistreke van die wêreld Konteks: Koppel biome aan lande en bevolking. Metodologie Stap 1: Die onderwyser assesseer die vorige informele assessering mondeling. Stap 2: Klasbespreking: Die onderwyser lei die leerders in ’n bespreking in antwoord op die

volgende vraag: Wat sou, na jou mening, gebeur as ’n persoon olie of enige ander waardevolle mineraal sou ontdek in ’n gebied soos die Sahara-woestyn in Noord-Afrika wat baie ylbevolk is? Hoe sal dit die landskap, die mense en die ontwikkeling van die gebied raak? Werk in groepe en rapporteer binne 10 minute aan die klas terug.

Stap 3: As individue, identifiseer en teken in julle werkboeke aan hoe toegang tot verskillende soorte hulpbronne, soos minerale, ontwikkeling op verskillende plekke en in verskillende gebiede en streke sal beïnvloed.

Stap 4: Gebruik die tabel uit Week 18 in jou werkboek as hulpbron en ondersoek twee lande, bv. Japan (ontwikkelde land) en Indië (ontwikkelende land) om maatskaplike ongelykhede, bv. die kastestelsel in Indië, omgewingsongelykhede soos uiterse klimaatsomstandighede soos die moeson in Indië, tsoenami’s, ens.) en toegang tot hulpbronne te identifiseer.

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe.

Page 13: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 12 -

WEEK 20 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 3: Projek (Navorsingwerksopdrag OF Kreatiewe Respons) Indien die Geskiedenisprojek ’n kreatiewe Respons gaan wees, moet hierdie Aardrykskunde-projek ’n navorsingswerkopdrag wees, en omgekeerd. Hierdie assesseringstaak moet twee tot drie weke voor WEEK 20 uitgegee word en onder toesig in die klas voltooi word om te verseker dat leerders hul eie werkdoen, en ook om dit teen die einde van die kwartaal af te handel.. Die projek moet assesseer of die leerder navorsingsvaardighede kan gebruik om aardrykskundige en omgewingsbegrippe en -prosesse te ondersoek en of hulle sleutelinligting kan kies en redes vir hulle keuse kan verstrek. As die leerders ’n kreatiewe respons-projek voltooi, maak seker dat dit ’n leerervaring is, en nie net ’n kreatiewe taak nie. Gee vir die leerders riglyne. Navorsingswerkopdrag: Stap 1: Gee duidelike instruksies. Stap 2: Wanneer leerders ’n navorsingswerkopdrag voltooi, word daar van hulle verwag om die

ondersoekproses te volg. • Ons werk met bronne (bewyse) (LU 1) • Stel ’n sleutelvraag • Identifiseer inligting • Beantwoord vrae • Dra die antwoord oor

Stap 3: Die onderwyser moet ’n raamwerk vir die navorsingsprojek verskaf. Stipuleer wat gedek moet word, watter LU’e en AS’e gedek sal word, en watter vaardighede, kennis en waardes geassesseer sal word.

Stap 4: Bespreek die projek met die leerders. Bespreek wat die navorsing behels, gee vir die leerders die assesseringmatrkis waarop die kriteria vir die assessering aangedui word en bespreek dit met hulle.

Stap 5: Maak seker die taak is gepas vir die betrokke kriteria en ouderdom. Stap 6: Monitor die vordering van die leerders deur moniteringsdatums vir verskillende stadia van

die navorsingswerkopdrag te stel. OF Kreatiewe respons: Stap 1: Gee duidelike instruksies. Stap 2: Dit sluit die skepping van modelle, plakkate, collages en rolspel in. Stap 3: Die kreatiewe respons kan by ’n ander vorm van assessering, bv. brongebaseerde en

navorsing, ingesluit word. Stap 4: Wanneer ’n plakkaat gemaak word, beteken dit dat inligting oor ’n spesifieke onderwerp

op ’n logiese manier georganiseer moet word. Stap 5: Bespreek die projek met die leerders. Bespreek wat die plakkaat, model, kunswerk of

collage behels, gee vir die leerders die assesseringmatrkis waarop die kriteria vir die assessering aangedui word en bespreek dit met hulle.

Stap 6: Maak seker die taak is gepas vir die betrokke kriteria en ouderdom. Hulpbronne: Riglyne vir die Assessering van Sosiale Wetenskappe (Intermediêre en Senior

Fase) bls. 35 – 47.

Page 14: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 13 -

WEEK 21 Handel en Ontwikkeling Konteks: Maniere waarop primêre produkte en uitbuiting van hulpbronne en arbeid in ontwikkelende lande ekonomieë van die ryk, ontwikkelde lande ondersteun. Metodologie: Stap 1: Die onderwyser hersien die volgende begrippe deur vrae te stel oor werk wat reeds

gedoen is, bv. breedtegraad, lengtegraad, halfrondes, vastelande, oseane, rigtings, handel, ontwikkeling, ens. Die onderwyser verduidelik, waar nodig.

Stap 2: Die onderwyser lei ’n klasbespreking oor ryk en arm lande van die wêreld in. Die onderwyser stel sleutelvrae: • Wanneer verwys ’n mens na ’n land as arm of ryk? • Wat is die kenmerke van arm en ryk lande? Nota aan die onderwyser: Die onderwyser stel ’n lys op die bord op om tussen die twee te onderskei. Dit beteken nie dat daar in ’n ryk land geen arm mense en in ’n arm lande geen ryk mense is nie.

Stap 3: Informele assessering: Bestudeer die gegewe bronne (tabel met ryk en arm lande), identifiseer en kies al die ryk en arm lande op die wêreldkaart en vind hulle op die gegewe wêreldkaart. Kleur hulle in twee verskillende kleure in. Bepaal op watter breedtegraad hulle geleë is en dui aan hoeveel arm lande suid van die ewenaar en hoeveel noord van die ewenaar geleë is. Skryf jou bevindings onderaan jou kaart en vertel vir die klas daarvan.

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe.

WEEK 22 Handel en Ontwikkeling Konteks: Ontwikkelde en ontwikkelende lande Metodologie Stap 1: Die onderwyser hersien die vorige week se werk en verduidelik die verskil tussen

ontwikkelde en ontwikkelende lande. Dit hou verband met die arm en ryk lande wat verlede week behandel is. Wat is Eerste- en Derdewêreldlande? Die onderwyser verduidelik die begrippe en hoe hulle met ontwikkelde en ontwikkelende lande verband hou.

Stap 2: Verwys na die gegewe statistiek oor die twee soorte lande, en teken ’n staafgrafiek om die ongelykhede tussen ontwikkelde en ontwikkelende lande te toon. Die onderwyser gee leiding oor hoe om ’n staafgrafiek te teken.

Stap 3: Kyk na die kaart waarop ryk en arm lande aangedui word, werk in groepe en bespreek hoekom arm lande in die suidelike halfrond geleë is, OF hoekom baie lande in die suidelike halfrond soveel armer as lande in die noordelike halfrond is.

Stap 4: Informele assessering: Werk in groepe, hou ’n dinkskrum oor die volgende vraag en gee met behulp van ’n plakkaat vir die klas terugvoering: Watter uitwerking het armoede op ’n land se onderwys, gesondheid, misdaadsyfer en tegnologie?

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe.

Page 15: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 14 -

WEEK 23 Handel en Ontwikkeling Konteks: Ontwikkelde en ontwikkelende lande Metodologie Stap 1: Die onderwyser toets die leerders se vorige kennis deur vrae te stel.

Noudat jy verstaan wat die verskille en ooreenkomste tussen ontwikkelde en ontwikkelende lande is, tabuleer die kenmerke in jou werkboek. Trek twee kolomme.

Stap 2: Debateer die volgende kwessie: Suid-Afrika bevind hom voor die uitdaging van ’n hoë misdaadsyfer. Hoe sou jy die veiligheid van die toeriste by die Sokkerwêreldbekertoernooi in 2010 verseker? Hier vraag moet jaarliks herbewoord word sodat dit tersaaklik bly.

Stap 3: Informele assessering: Ontwerp ’n brosjure om ons burgers oor die belangrikheid van veiligheidsmaatreëls in ons land in te lig en hulle aan te moedig. Die brosjure moet kleurvol wees en ’n duidelike boodskap oordra: “Stop misdaad en red ons land”.

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe.

WEEK 24 Handel en Ontwikkeling Konteks: Handel in grondstowwe (vanaf die suide) en handel in voltooide produkte (vanaf die noorde) Metodologie Stap 1: Die onderwyser verduidelik die nuwe begrippe hieronder deur vrae te stel.

Die onderwyser verduidelik in besonderhede en skryf betekenisse op die bord. Die onderwyser laat die leerders toe om die volgende belangrike begrippe in hulle werkboeke te skryf: uitbuiting, kolonisasie, grondstof, ekonomieë, nywerhede, arbeider, landbou, dienste, verwerk, vervaardiging.

Stap 2: Die onderwyser vra die leerders hoe hulle enige handelsproses sou beskryf of verduidelik. Die onderwyser verduidelik dan hoe handel tussen die noordelike en suidelike halfrondes in die verlede plaasgevind het en wat dit moes gewees het. Stap 3: Lees die gegewe bronne oor die ekonomieë van die VSA en Tanzanië en vergelyk watter

persentasie van elke land se bevolking in die Landbou, Nywerhede en Dienste werk. Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe.

WEEK 25 Handel en Ontwikkeling Konteks: Handel in grondstowwe (vanaf die suide) en handel in voltooide produkte (vanaf die noorde) Metodologie Stap 1: Die onderwyser verduidelik die belangrikheid van handel oor honderde jare oor die wêreld

heen. Mense benodig mekaar, maar ook die vaardighede en hulpbronne van ander lande. Dit is hoe handel ontwikkel het. Dink terug aan jou eie geskiedenis met die ou samelewings van Suider-Afrika. Hulle het honderde jare gelede reeds hulle eie handelstelsel gehad.

Vandag ruil ons nie net een artikel vir ’n ander nie, ons gebruik ook geld. Honderde jare gelede het handel egter baie anders daar uitgesien.

Page 16: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 15 -

Stap 2: Teken ’n wêreldkaart en toon duidelik die handelsroete oor see tussen Engeland en Suid-Afrika. Identifiseer hoe hulle handel die lewens van mense langs hierdie spesifieke roete geraak het. Wat was die meeste van die dinge waarin hierdie twee lande sedert die 1600’s handel gedryf het? Dink julle die handel tussen hierdie twee lande was billik? Verduidelik jou antwoorde.

Stap 3: Doen die volgende aktiwiteit in julle werkboeke: Verduidelik waar, hoekom en hoe die meeste ontwikkeling in die wêreld plaasvind.

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe.

WEEK 26 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 4: Kaartwerk en Datahantering Werkopdrag Stap 1: Gee duidelike instruksies. Stap 2: Die taak moet die leerders die geleentheid gee om te toon dat hulle die vermoë het om

verskillende soorte kaarte te lees en te interpreteer en om met verskillende soorte data en grafieke te werk.

Stap 3: Leerders moet ook in verskillende kontekste afleidings kan maak. Stap 4: Leerders kry inligting uit kaarte deur kaartsimbole te lees, sketskaarte te teken en

afstande te meet. Stap 5: Leerders gebruik kaarte vir die ontwikkeling van spesiale oriëntering, kaartskaal, rigting,

kruisverwysings, ens. Stap 6: Leerders gebruik kaarte om impak in sekere kontekste te bepaal, bv. politiese,

omgewings-, menslike en ekonomiese impak. Hulle verken kwessies, verskaf moontlike oplossings vir probleme, ens.

WEKE 27 en 28 Ontwikkelingskwessies: Oorsake van armoede Konteks: Uitbuiting Metodologie Stap 1: Die onderwyser vra die leerders om die volgende begrippe te bespreek en te verduidelik:

uitbuiting, kinderarbeid, kindermishandeling, armoede, geleenthede, omgewing, werkloosheid, produksie, armoedegrens (broodlyn), volhoubaar en oorbevolking. Die onderwyser lei ’n klasbespreking in. Wat is armoede? Is Suid-Afrika ’n ryk of ’n arm land? Is ons ’n ontwikkelde of ’n ontwikkelende land? Verduidelik jou antwoord. Hoekom is party mense soveel armer of ryker as ander?

Stap 2: Werk in groepe en hou ’n dinkskrum: Die faktore wat tot armoede bydra en die strategieë wat in plek gestel kan word om armoede te verminder. Gee vir die klas terugvoering en verduidelik julle antwoorde. Die onderwyser kan sleutelantwoorde op die bord skryf. Die leerders skryf dan, na die terugvoering, die antwoorde in hulle werkboeke.

Stap 3: Verwys na die gegewe bronne en teken ’n sektordiagram wat toon hoe sekere Afrika-lande gedurende die afgelope paar honderd jaar deur Europese lande uitgebuit is. Kyk spesifiek na dinge wat van die Afrikane weggeneem is.

Stap 4: Groepbespreking: Wat is kinderarbeid en hoekom is dit verkeerd? Gee vir die klas terugvoering oor jou groep se mening. Wat is ons land se wetgewing oor kinderarbeid en skoolonderrig? Wat kan gebeur met werkgewers wat kinders as arbeiders in diens neem? Hoekom is daar so baie lande waar kinders gebruik word om goedkoop arbeid te verrig? Het jy al van die Handves van Kinderregte gehoor? Leerders skryf, nadat hulle terugvoering gegee het, minstens drie paragrawe oor hoekom kinderarbeid verkeerd is en doen voorstelle aan die regering waarin hulle verklaar op watter maniere hulle kinderarbeid oral ter wêreld kan voorkom.

Page 17: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 16 -

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe, EBW.

WEEK 29 Ontwikkelingskwessies: Oorsake van armoede en uitbuiting Konteks: Minagting van menseregte Metodologie Stap 1: Die onderwyser stel ’n sleutelvraag: Hoekom vind uitbuiting steeds plaas in ’n wêreld waar

elke persoon veronderstel is om van menseregte bewus te wees? Die onderwyser vra leerders om in groepe te werk en ’n dinkskrum te hou oor die volgende begrippe (elke hou ’n dinkskrum oor een of twee begrippe): minagting, menseregte, hongersnood, waardigheid, bemagtiging, herverdeling, uitbou van vermoë, geslagsgelykheid. Groepe gee aan die klas terugvoering en die onderwyser verduidelik waar nodig totdat daar duidelike begrip is.

Stap 2: Bespreek watter bydrae gesinne en gemeenskappe kan lewer om hulle lewenstandaard te verbeter. Die onderwyser kan ’n lys van hierdie bydraes op die bord skryf. Leerders kan hulle selfs in hulle werkboeke afskryf.

Stap 3: Wat, dink jy, kan die regering doen om die land se wanbalanse uit die verlede (armoede, werkloosheid, hongersnood, minagting, ens.) reg te stel? Hou ’n klasbespreking en skryf daarna die antwoorde op die twee vrae hierbo in jou werkboek.

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe, EBW.

WEKE 30 en 31 Ontwikkelingskwessies: Konteks: Oorsake van armoede / uitbuiting Metodologie Stap 1: Die onderwyser stel ’n sleutelvraag: Waarom vind uitbuiting steeds plaas in ’n wêreld waar

elke persoon veronderstel is om van menseregte bewus te wees? Die onderwyser verduidelik dat baie Afrika-lande deur die Europeërs uitgebuit is, Die onderwyser kan hierdie bespreking baie verder voer en die proses van slawerny deur die jare tot by apartheid kan as ’n uitgangspunt vir mondelinge navorsing gebruik word sodat die leerders uitbuiting beter kan verstaan.

Stap 2: Teken ’n kaart van Afrika waarop die lande wat negatief deur Europese uitbuiting geraak is, aangetoon, ingekleur of beklemtoon word.

Stap 3: Stel ’n lys op van al die dinge wat ander lande en organisasies kan doen om die omgewingsverwoesting wat gedurende die jare van uitbuiting in Afrika plaasgevind het, reg te stel.

Stap 4: Vergelyk die statistiek van die armoedegrense in die volgende lande: Suid-Afrika en enige ander Afrika-land. Werk in julle groepe en gee vir die klas terugvoering, Wat is die negatiewe gevolge van armoede in die bogenoemde lande en hoe moet Suid-Afrika hierdie probleme hanteer?

Stap 5: Leerders werk in hulle groepe, hou dinkskrums en gee dan vir die klas terugvoering oor die volgende vrae: Wat kan ons (die kinders) vandag, terwyl ons nog leerders is, doen om te voorkom dat ons werklose en arm volwassenes word? Dink julle dat julle, as individue. ’n verskil kan maak?

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe, EBW.

Page 18: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 17 -

WEKE 32 en 33 Ontwikkelingskwessies: Konteks: Gevallestudies van positiewe ontwikkelingsprojekte wat voorbeelde is van maniere om hulpbronne te deel en armoede te verminder Metodologie Stap 1: Die onderwyser verduidelik die volgende nuwe begrippe deeglik en herinner leerders

daaraan dat hierdie begrippe eintlik in EBW behandel word. Leerders word aangemoedig om die volgende begrippe te verduidelik of meer by die onderwyser se verduideliking te voeg: armoede, basiese behoeftes, ekonomiese groei, geleenthede, indiensneming, geleenthede, omgewing, opbou van rykdom, Masakhane (om saam te bou).

Stap 2: Die onderwyser verduidelik die veranderings wat ons regering na ons eerste demokratiese verkiesing op 27 April 1994 aangebring het. Die regering van ons land het na 1994 verskillende strategieë geïmplementeer om die probleem van armoede op te los en die wanbalanse van apartheid in ons land (werkloosheid, behuisingstekort, plakkerskampe, tekort aan grond, ens.) reg te stel. Die onderwyser gee vir elke groep een van die volgende onderwerpe waaroor hulle ’n dinkskrum hou. Leerders rapporteer na 10 minute terug. Die onderwyser skryf hulle bevindings op die bord. • Die Heropbou- en Ontwikkelingsprogram (HOP) • Strategie vir Groei, Werkverskaffing en Herverdeling (GEAR) • Waarheids- en Versoeningskommissie (WVK) • Regstellende aksie

Stap 3: Leerders moet verduidelik wat na hulle mening die voor- en nadele van hierdie strategieë vir die mense van die land is. Hoe het die implementering van hierdie strategieë al die mense van ons land geraak? (Dit is belangrik dat hulle dit vanuit verskillende oogpunte beskou.) Hierdie oefening kan die vorm van ’n klasdebat aanneem. Dit sal leerders ’n beter begrip van die regering van ons land gee en hopelik tot selfrespek en respek vir ander bydra.

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe, EBW.

WEKE 34 en 35 Omgewingskwessies: Die bydraes van samelewings tot die verlies aan biodiversiteit Konteks: Kwynende vleilande Metodologie Stap 1: Die onderwyser lei hierdie afdeling van die werk in met ’n sleutelvraag: Hoekom is dit

belangrik om ons vleilande te bewaar? Die onderwyser verduidelik die volgende nuwe begrippe (wat in die meeste gevalle beslis nuwe begrippe sal wees): vleilande, deurweek, moerasse, vleie, vleigrond, moeras, plasse, mere, aanpassing, riviermonding, varswater, soutwater, voëllewe, ekologie, ekotoeris, Wêrelderfenisterrein (St. Lucia-meer)

Stap 2: Wenk: Die onderwyser kan ’n video van ’n vleiland, bv. St. Lucia-meer, vertoon. (Video’s is by die EDULIST-biblioteke beskikbaar.) Die onderwyser kan selfs ’n National Geographic-program oor voël- en dierelewe in en om vleilande gebruik om te demonstreer watter ekostelsels vleilande bied. Die onderwyser moet ook aan die klas verduidelik wat ’n ekostelsel is, hoe dit werk en in watter mate mense, diere en voëls daarvan afhanklik is. Dit kan ook beskryf word as ’n ketting waar elke lewende organisme ’n skakel in hierdie ketting is.

Stap 3: Gebruik, nadat al die verduidelikings van vleilande en ekostelsels verduidelik is, die gegewe bronne en doen nog navorsing oor hierdie baie belangrike gedeeltes van ons land se natuurlike kenmerke.

Page 19: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 18 -

Werk in groepe en bespreek: Hoekom, dink jy, moet ons ten alle koste probeer om ons vleilande vry van besoedeling te hou? Hoekom moet hierdie gebiede onderhou word? Gee vir die klas terugvoering. Die onderwyser skryf belangrike punte op die bord terwyl groepe terugrapporteer.

Stap 4: Skryf minstens drie paragrawe in julle werkboeke, een onder elk van die volgende instruksies of vrae: • Gee ’n gedetailleerde beskrywing van wat na jou mening ’n vleiland is en hoe dit werk. • Hoekom is dit so belangrik dat ons na vleilande omsien en hulle vir toekomstige

geslagte bewaar? • Watter voordele hou vleilande vir ons as mense in? (vakansiegangers, boere,

voëlkykers, ens.) Stap 5: Om seker te maak dat dal die leerders goed verstaan wat vleilande is, kan hulle gevra

word om as ’n informele assesseringstaak hulle eie individuele vleiland te maak. Die onderwyser kan die voorbeeld op bladsye 15 tot 17 van die Riglyne vir Assessering vir Sosiale Wetenskappe gebruik. Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe, EBW.

WEEK 36 Omgewingskwessies: Die bydraes van samelewings tot die verlies aan biodiversiteit Konteks: Gronderosie Metodologie Stap 1: Die onderwyser begin met ’n sleutelvraag vir bespreking: Hoekom, dink julle, is

omgewingsbewaring uiters belangrik? Die onderwyser gee die leerders tyd om te antwoord en die vraag wat gestel is, te bespreek.

Stap 2: Die onderwyser skryf die volgende woorde op die bord of gebruik, indien moontlik, flitskaarte en vra leerders watter daarvan hulle ken en aan die klas kan verduidelik. Nuwe begrippe: gronderosie, ontbossing, droogte, oorbeweiding, oorverbouing of oorbewerking, bogrond, uitsterwing, vernietiging van plantegroei. Die onderwyser verduidelik waar nodig en skryf die betekenis van elkeen op die bord, wat die leerders in hulle werkboeke kan afskryf. Die onderwyser beklemtoon die betekenis van gronderosie en vra leerders om die nadele daarvan te bespreek.

Stap 3: Die onderwyser kan vir leerders ’n video of prente van die gevolge van gronderosie vertoon of wys.

Stap 4: Wat kan ons as mense, in die lig van die video’s en / of prente wat ons gesien het, doen om gronderosie of die verlies van ons vrugbare grond aan damme of die see te voorkom? Hierdie oefening kan eers in groepe en daarna, nadat dit met die klas bespreek is, in die leerders se werkboeke gedoen word.

Stap 5: Die onderwyser kan ook een van bogenoemde aktiwiteite vervang of, as daar genoeg tyd is, almal doen. Voltooi die volgende tabel oor gronderosie. Die eerste reël is reeds gedoen.

Page 20: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 19 -

Oorsake van gronderosie

Negatiewe reaksie Gevolg van negatiewe reaksie

Positiewe reaksie

Ontbossing Afkap van bome en verwydering van natuurlike plantegroei

Blootgelegde grond en gronderosie

Vervang afgekapte bome, voed die grond

Droogte Oor-beweiding Oor-verbouing Besoedelde vleilande

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe, EBW.

WEEK 37 Omgewingskwessies: Die bydraes van samelewings tot die verlies aan biodiversiteit Konteks: Ontbossing

Metodologie Stap 1: Die onderwyser stel die volgende sleutelvrae:

• Hoekom is bome vir ons so uiters belangrik? • Wat is ontbossing en hoe vind dit plaas? Die onderwyser verduidelik die vrae hierbo, waar nodig, asook die volgende nuwe begrippe: Waardevolle materiaal, biobrandstof, reënwoude, ekostelsel, atmosfeer, suurstof, koolstofdioksied, temperatuur, oorbevolking, vernietiging en watersiklus.

Stap 2: Dink jy daar is ’n ooreenkoms tussen vleilande en woude? As jou antwoord “ja” is, verduidelik aan die klas hoekom dit so is. Die onderwyser lei hulle in ’n klasbespreking. Daar is inderdaad ooreenkomste. Die onderwyser kan help verduidelik as die leerders dit moeilik vind om die ooreenskomste te sien. Dink aan die mikro-organismes, die ekostelsel, die voëllewe, die apies en ander diere, ens. Die bome bind ook die grond en voorkom gronderosie – en moenie vergeet van al die suurstof wat ons daaruit kry nie. Tropiese en subtropiese woude groei gewoonlik in die streke met ’n hoë reënval.

Stap 3: Het jy geweet dat daar in party dorpe in Suid-Afrika ’n reël bestaan dat enige persoon wat ’n boom afkap, dadelik ’ ʼn ander een moet plant om vervolging te vermy? Hoekom, dink jy, vier ons elke jaar Nasionale Boomplantdag en plant op dié dag bome? Skryf in julle werkboeke twee paragrawe oor die belangrikheid van bome en hoekom alle mense ontbossing ten alle koste moet voorkom.

Stap 4: Kyk na die wêreldkaart van klimaatstreke en identifiseer plekke waar ontbossing voorkom. Vir huiswerk: Vind, as voorbereiding vir ’n klasdebat, soveel as moontlik uit oor die kweekhuiseffek.

Stap 5: Die onderwyser lei leerders en lei ’n klasdebat oor die kweekhuiseffek en ontbossing in.

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe, EBW.

WEKE 38 en 39 Omgewingskwessies: Die bydraes van samelewings tot die verlies aan biodiversiteit Konteks: Uitsterwing van plante en diere Metodologie Stap 1: Die onderwyser stel ’n sleutelvraag: Wat is ’ ʼn inheemse plant of dier en hoekom moet ons

dit bewaar?’

Page 21: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 20 -

Die onderwyser lei ’n klasbespreking oor inheemse plante en diere in. Nadat die leerders verduidelik het wat hulle dink, verduidelik die onderwyser, waar nodig. Die onderwyser verduidelik ook die volgende nuwe begrippe en skryf die betekenisse op die bord sodat die leerders dit in hulle werkboeke kan aanteken: bedreigde, spesies, fauna, flora, uitheemse, uitsterwing.

Stap 2: Hoekom, dink jy, is daar oral ter wêreld bedreigde plante en diere? Die onderwyser verduidelik hoekom dit belangrik is om na dit wat ons – plante en diere – het, om te sien en dit vir die toekoms te bewaar. Omdat daar byna niks oor is nie, moet ons omsien na dit wat ons het. Dit sal baie hartseer wees as ons eendag vir ons kinders en kleinkinders net prente van sekere diere of plante kan wys omdat ons nie na die natuurlike omgewing omgesien het nie.

Stap 3: Informele assessering: Leerders verwys na gegewe en ander toepaslike bronne en skryf in hulle werkboeke drie paragrawe oor enige bedreigde plant of dier en hoekom ons dit vir toekomstige geslagte moet bewaar. (Noem moontlike oplossings.)

Stap 4: Informele assessering: Leerders ontwerp ’n bewusmakingsplakkaat of collage of kunswerk (wat uitgestal sal word) oor hoekom dit belangrik is om bedreigde diere of plantelewe in ons land te bewaar. Beklemtoon die lot van hierdie plante of diere in die aanbieding.

Hulpbronne: Atlasse, aardbol, handboeke, tydskrifte, video’s, prente, ens. Integrasie: Tale, Geskiedenis, Wiskunde, Natuurwetenskappe, EBW.

WEEK 40 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 6: Eksamen Die eksamens moet handel oor die werk wat gedurende die laaste 10 weke van die jaar gedek is. Dit moet uit ’n minimum van 40 punte tel. Gebruik ’n verskeidenheid vraagtegnieke: brongebaseerde vrae, basiese vrae soos "Wat is die ….?”, vrae wat ooreenkomste en verskille beklemtoon, vrae oor oorsaak en gevolg, en hoër-ordevrae. Stap 1: Gee duidelike instruksies. Stap 2: Die eksamen moet bestaan uit die volgende:

• Kennisvrae oor onderwerpe wat gedurende die afgelope kwartaal gedek is en kaartwerk.

• Bronne moet in die eksamen ingesluit word, bv. geskrewe bronne, prente, foto’s, kaarte, data.

Stap 3: Onthou, die eksamen moet daarop konsentreer om die prestasievlak te meet met betrekking tot die bepaalde leeruitkomste of assesseringstandaarde wat gedurende die kwartaal gedek is.

Stap 4: Sluit ’n verskeidenheid vrae in wat vaardighede en vlakke van kognitiewe begrip insluit, en nie net vrae wat bloot op geheue berus nie.

Stap 5: Gebruik kortvrae vir ’n maksimum van 40% van die eksamen, bv. noem, stel ’n lys op, identifiseer, klassifiseer, ens.

Stap 6: Vrae waarop die antwoord Waar/Onwaar is, vereis ’n verdere antwoord, bv. Noem ’n rede vir jou antwoord.

Stap 7: Die pas van twee items in twee kolomme is nuttig om begrippe te toets. Daar moet meer antwoordopsies as stimuli wees. Daar moet net ’n paar (5-6) van hierdie vrae gestel word.

Stap 8: Verwys na bronne om langer antwoorde te vra wat kognitiewe vaardighede toets, bv. takseer, ontleed, klassifiseer, vergelyk, kontrasteer, ens.

Hulpbronne: Riglyne vir die Assessering van Sosiale Wetenskappe (Intermediêre en Senior Fase) bls. 25 – 30.

Page 22: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 1 -

GESKIEDENIS GRAAD 6 ONDERWYSERSGIDS

LET WEL: 1. Geskiedenis en Aardrykskunde moet elk 90 minute per week onderrig word. Dit word sterk

aanbeveel dat elke dissipline in sessies van een les van ’n halfuur en een van ’n uur lank verdeel moet word. Albei dissiplines moet elke kwartaal onderrig en geassesseer word.

2. Die drie Leeruitkomste (tesame met die toepaslike Assesseringstandaarde) word gedurende die onderrig-, leer- en assesseringsproses altyd saam gebruik.

3. Die kennisfokusraamwerk (inhoud) en die toepaslike Assesseringstandaarde (vaardighede) moet gedurende lesse onderrig en verduidelik word en deur die leerders in hulle werkboeke geoefen word.

4. Verduidelik nuwe begrippe aan leerders terwyl hulle deur die kennisfokusraamwerk vir

Sosiale Wetenskappe werk. Gebruik die terminologie wat in die assesseringstake gebruik gaan word.

5. Die Sosiale Wetenskappe-leerarea is berus op die ondersoekvaardighede-leerproses.

Die proses moet leerders aanmoedig om met bewyse te werk en die logika van argumente te oorweeg, en geleenthede bied om hulle eie waardes, menings en oordele te oorweeg in verhouding tot dié van hulle portuurgroep.

6. Die konstruksie van kennis en die ontwikkeling van interpretasievaardighede berus op die grondslag van ondersoek. Onderwysers en leerders word aangemoedig om altyd vrae te vra. Die gebruik van Sleutelvrae is belangrik vir die ontwikkeling van kritiese denke. Leerders moet aangemoedig word om hulle eie vrae te skep en te formuleer. Moedig kritiese denke aan deur die volgende te doen:

• Daag leerders uit om vrae te stel. • Ontwikkel die leerders se vraagstellingsvaardighede. • Vra leerders oor hulle eie begrip uit. • Moedig leerders aan om alternatiewe te probeer vind voordat hulle op ’n antwoord

besluit. • Moedig leerders aan om redes te gee vir sekere dinge wat hulle sê of aan die hand

doen. • Vra leerders om hulle keuses te motiveer. • Gee leerders geleentheid om te klassifiseer, te ontleed en te skep. • Betrek leerders in dialoog. • Skep geleenthede vir gefokusde gesprekke met hul klasmaats. • Bevraagteken stereotipes en partydigheid.

7. Wanneer dit ook al moontlik is, moet werklike goed (outentiekheid) in die klaskamer gebruik word: egte voorwerpe om te besigtig en te hanteer, egte dokumentêre en visuele bronne. Soek bronne waarby die leerders aanklank sal vind. Vind bronne wat die leerder, eerder as die onderwyser, interessant sal vind. In Geskiedenis kan items uit die verlede en vir Aardrykskunde kan veldwerkkaarte, foto’s en huidige koerante gebruik word.

8. Gebruik minder bronne in groter diepte. Bronne moet met sorg gekies word om seker te

maak dat daar genoeg inligting vir betekenisvolle werk is. Behandel kleiner onderwerpe in meer besonderhede. Ware leer vind plaas wanneer leerders die geleentheid gegee word om diepte-ondersoeke te doen, eerder as om ’n aantal onderwerpe slegs oppervlakkig te behandel.

9. Leerders moet hulle bevindings aan die res van die klas sowel as aan andere binne en

buite die skoolgemeenskap kan oordra:

Page 23: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 2 -

• In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat, kunswerk, drama, dans en musiek.

• In Graad 5 deur kort paragrawe, eenvoudige grafieke, kaarte, diagramme, die skepping van kunswerke, plakkate, musiek, dans en drama, projekte en bespreking.

• In Graad 6 deur gestruktureerde skryfwerk, bespreking en geleide debatvoering, grafieke, tabelle, kaarte en diagramme, kunswerk , dans en drama.

10. DAAR IS SES FORMELE ASSESSERINGSTAKE VIR SOSIALE WETENSKAPPE

Nr Kwartaal Datum/ week

Geskiedenis/ Aardrykskunde

Taak Minimum Punte-toekenning

1 1 Week 10 Geskiedenis & Aardrykskunde

Toets G = 20 A = 20

Totaal: 40

2 2 Week 13 Geskiedenis

Brongebaseerde en Uitgebreide Skryfwerk Werkopdrag

Bronwerk: 25 Uitgebreide

Skryfwerk: 15 Totaal: 40

3 2 Week 20 Aardrykskunde

* Projek (Navorsingswerk- opdrag/ Kreatiewe Respons)

40

4 3 Week 26 Aardrykskunde Kaartwerk en Datahantering Werkopdrag

40

5 3 Week 30 Geskiedenis

* Projek (Navorsingswerk- opdrag / Kreatiewe Respons)

40

6 4 Week 40 Geskiedenis & Aardrykskunde

Eksamen G = 40 A = 40

• Alle assesseringstake moet binne die konteks van die leerders ontwikkel word.

• Al drie leeruitkomste (met die toepaslike assesseringstandaarde) en die inhoud (kennisfokusraamwerk) word saam geassesseer.

• As die Projek in Geskiedenis ’n Navorsingswerkopdrag is, moet die projek vir Aardrykskunde ’n Kreatiewe respons wees, of omgekeerd.

• Die instruksies aan die leerders moet duidelik wees. Al die Formele Assesseringstake dra dieselfde gewig.

• Bewyse van al die inhoud, oefeninge en aktiwiteite (informele assessering) moet in die leerders se werkboeke verskyn voordat die formele assesseringstaak vir optekening en rapportering gedoen word. (Kyk in die Werkskedule.) ‘n Goeie praktyk om seker te maak dat leerders hulle eie werk doen, is deur hierdie take in die klas onder gekontroleerde omstandighede te doen. Hierdie praktyk kan verseker dat elke leerder sy eie werk doen. Dit kan dalk ook verseker dat al die leerders hulle take inhandig.

• Kaartwerk- en datahanteringvaardighede, tesame met die inhoud, moet voortdurend onderrig en elke kwartaal informeel geassesseer word. Formele assessering vir kaartwerk en datahantering vind gedurende die derde kwartaal plaas. Kaartwerk en datahantering moet ook in die eerste toets en die eksamen geassesseer word. Raadpleeg die Beleidsdokument oor Sosiale Wetenskappe vir die kaartwerkvaardighede en -begrippe vir elke graad – let op na die progressie.

Page 24: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 3 -

11. Verskillende soorte bronne. Die volgende diagram toon die verskeidenheid bronne wat binne Sosiale Wetenskappe in Geskiedenis sowel as Aardrykskunde gebruik kan word.

MONDELING

Onderhoude en Herinneringe Mondelinge tradisies Mites en legendes Gedigte Liedere Stories Vraelysantwoorde

SKRIFTELIK

Handboeke Boeke Koerante Tydskrifte Sensusdata Dokumente Briewe Joernale Dagboeke, Verslae Pamflette Advertensies Internet, CD ROM

VISUEEL

Foto’s Spotprente Kaarte en planne Atlasse Topografiese kaarte Lugfoto’s Satellietbeelde Skilderye en tekeninge Rolprent, televisie, video Standbeelde en snywerk Internet, CD ROM

MOONTLIKE BRON

ARGEOLOGIE

Ruïnes of begraafde terreine of geboue Stuifmeelspore Fossiele Artefakte (voorwerpe wat op terreine gevind word), bv. pottebakkerswerk, beendere, muntstukke, houtskool, gereedskap, werktuie, wapens

FISIES

Voorwerpe uit die verlede wat behoue gebly het, bv. pasboeke Geskiedkundige geboue Monumente Standbeelde en beeldhouwerk Houtsneewerk Alledaagse voorwerpe, bv. meubels, klerasie, juweliersware, voertuie

LANDSKAP

Nedersettings en planne daarvan Geboue en terreine Paaie, spore, paadjies Brûe, spoorweë, hawens Uitwerking van menslike aktiwiteite op die omgewing Lugfoto’s Fisiese landskaps-kenmerke, bv. passe, vlaktes, baaie, grotte

(Aangepas uit: Onderwysersgids vir die Ontwikkeling van Leerprogramme: Sosiale Wetenskappe 2003, bl. 27. Aardrykskunde-bronne op bl. 32.)

Page 25: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 4 -

GRAAD 6 WEEK 1 Inleiding tot Geskiedenis

Metodologie: Stap 1: Stel lys van nuwe woorde aan die leerders bekend.

Stel die Sosiale Wetenskappe-leerarea bekend en verduidelik dat Geskiedenis een van die dissiplines van Sosiale Wetenskappe is.

Stap 2: Identifiseer en verduidelik die drie Leeruitkomste vir Geskiedenis: • Geskiedkundige ondersoek • Geskiedkundige kennis en begrip • Geskiedkundige interpretasie

Stap 3: Verduidelik die ondersoekproses en lê klem op die manier waarop ’n Historikus ’n sleutelvraag stel.

Stap 4: Verduidelik die belangrikheid van bronne wat as bewys van ‘n ondersoek dien, bv. geskrewe bronne, mondelinge bronne, oudiovisuele bronne en artefakte.

Stap 5: Verduidelik hoe elkeen van die bronne hierbo deur die Historikus gebruik word en laat die leerders in hulle werkboeke aantekeninge maak.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap. Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte.

WEEK 2 Organisasie van Afrika-samelewings: Mapungubwe, Thulamela en Groot Zimbabwe Konteks: Oorsprong van hierdie Afrika-samelewings

Metodologie: Stap 1: Lei hierdie afdeling in met ’n sleutelvraag: Waar, wanneer en hoe het hierdie Suider-

Afrikaanse samelewings ontwikkel? Lei leerders in ’n klasbespreking oor moontlike standpunte.

Stap 2: Verduidelik die volgende nuwe begrippe: toerusting, hulpbronne, argeoloog, artefakte, Suider-Afrika, ondersoek; en laat leerders aantekeninge in werkboeke skryf.

Stap 3: Gee vir leerders ’n politieke kaart van Afrika en vind waar hierdie samelewings ontwikkel het.

Stap 4: Groepbespreking: Leerders kry inligting uit bronne – hoe hierdie samelewings ontdek is. Stap 5: Verduidelik aan leerders die rol van water, vrugbare grond en minerale in die ontwikkeling

van hierdie samelewings. Stap 6: Stel leerders bloot aan artefakte (wat die onderwyser klas toe gebring het) en bespreek

watter moontlike geskiedkundige inligting uit elke item verkry kan word.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEEK 3 Organisasie van Afrika-samelewings: Mapungubwe Konteks: Oorsprong of Mapungubwe

Metodologie: Stap 1: Begin met ’n sleutelvraag: Kyk op jou kaart na die ligging van Mapungubwe, werk dan in

groepe en beantwoord die volgende vrae: • Hoe het hierdie samelewing ontwikkel? • Hoekom het dit op daardie spesifieke plek ontwikkel? Leerders werk in groepe, bespreek die vrae hierbo en gee vir die klas terugvoering.

Page 26: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 5 -

Stap 2: Leerders gebruik bronne en beantwoord die gegewe vrae oor die oorsprong en lewe van die mense van Mapungubwe.

Stap 3: Leerders gebruik die bronne en teken ’n tydlyn oor die oorsprong en ontwikkeling van Mapungubwe.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskappe Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEEK 4 Organisasie van Afrika-samelewings: Mapungubwe Konteks: Tegnologie en Handel

Metodologie: Stap 1: Lei klasbespreking in met ’n sleutelvraag: Was daar enige ontwikkeling en bewys van

handel in hierdie samelewing? Stap 2: Stel die begrippe Tegnologie en Handel bekend en verduidelik dit, asook hoe dit in

Mapungubwe tot uiting gekom het. Stap 3: Leerders gebruik bronne en skryf drie paragrawe oor die rol van natuurlike hulpbronne

(goud, ivoor en yster) in die maak en ontwikkeling van voorwerpe soos werktuie, wapens, juweliersware en huishoudelike toerusting. Let Wel: Die formaat van uitgebreide skryfwerk moet beklemtoon word (Inleiding, liggaam en slot).

Stap 4: Leerders gebruik gegewe bronne en verduidelik die prosesse ontginning, smeltery en smeewerk.

Stap 5: Groepwerk: Werk in groepe en bespreek hoe handel met ander samelewings plaasgevind het. (Gebruik beskikbare bronne.)

Stap 6: Leerders gee vir die klas terugvoering terwyl die onderwyser belangrike punte op die bord skryf wat in werkboeke aangeteken moet word.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEEK 5 Organisasie van Afrika-samelewings: Mapungubwe Konteks: Geloofstelsels

Metodologie: Stap 1: Begin met die sleutelvraag vir bespreking:

• Wat is ’n geloofstelsel? • Waaraan, dink jy, het hierdie mense geglo? Verduidelik hoekom?. • Hou dit enigsins verband met dit wat ons vandag glo?

Stap 2: Gee vir leerders verskillende bronne oor die geloofstelsel van die mense van Mapungubwe. Leerders skryf in hulle werkboeke twee paragrawe oor die geloofstelsel.

Stap 3: Leerders identifiseer uit gegewe bronne enige interessante simbool wat hierdie samelewing verteenwoordig en maak ’n tekening / plakkaat / model om in die klas uit te stal.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

Page 27: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 6 -

WEEK 6 Organisasie van Afrika-samelewings: Mapungubwe Konteks: Boerdery

Metodologie: Stap 1: Lei ’n bespreking met ’n sleutelvraag in: Gegewe die ligging en bewyse deur middel van

artefakte, hoe het boerdery in Mapungubwe na jou mening daar uitgesien? Onderwyser teken leerders se standpunte op die bord aan.

Stap 2: Leerders gebruik bronne en teken die boerderymetodes van Mapungubwe aan. Onderwyser help met die interpretasie van hierdie bronne deur vrae te stel.

Stap 3: Leerders werk in groepe en bespreek wat die boerderymetodes in Suid-Afrika is en gee vir die klas terugvoering.

Stap 4: Leerders tref ’n vergelyking (ooreenkomste en verskille) tussen die boerderymetodes van Mapungubwe en Suid-Afrika en gebruik die volgende hofies: boerderyprodukte, werktuie, vervoer, ens.

Stap 5: Lei ’n klasbespreking in oor die betaling van ’n tribuut (belasting) aan die koning in die vorm van oeste, goud, beeste, ivoor, ens. en vergelyk dit met ons stelsel waar ons belasting op ons inkomste betaal.

Stap 6: Leerders skryf die inligting hierbo in hulle werkboeke neer.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEEK 7 Organisasie van Afrika-samelewings: Mapungubwe Konteks: Samewerking en konflik

Metodologie: Stap 1: Lei ’n bespreking in met die volgende vraag: Watter rol het beeste, goud en ivoor in

handel en in hulle verhoudings met ander mense gespeel? Stap 2: Leerders gebruik bronne en selekteer inligting oor watter rol beeste, goud, ivoor en yster

in handel met ander mense gespeel het en teken dit aan. Stap 3: Groepbespreking: Hoe vergelyk dit met die hedendaagse wêreldhandel? Stap 4: Leerders teken hulle bevindings oor handel en die hantering van konflik in hulle

werkboeke aan. Stap 5: Begin ’n klasdebat. Twee teenoorgestelde standpunte oor die hiërargie van die koninkryk

van Mapungubwe: ten gunste daarvan en daarteen. Gee vir elke groep bronne wat teenoorgestelde standpunte stel.

Stap 6: Leerders gebruik bronne en teken die belangrike rol van beeste in die sosiale lewe van die samelewing aan.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEEK 8 Organisasie van Afrika-samelewings: Thulamela Konteks: Oorsprong

Metodologie: Stap 1: Begin met die sleutelvraag: Kyk op jou kaart na die ligging van Thulamela, werk in groepe

en bespreek die volgende vrae: • Hoe het hierdie samelewing ontwikkel? • Hoekom het dit op daardie spesifieke plek ontwikkel? Leerders werk in groepe, bespreek die vrae hierbo en gee vir die klas terugvoering.

Stap 2: Leerders gebruik bronne en beantwoord die gegewe vrae oor die oorsprong en lewe van die mense van Thulamela.

Page 28: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 7 -

Stap 3: Leerders gebruik die bronne en teken ’n tydlyn oor die oorsprong en ontwikkeling van Thulamela.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEEK 9 Organisasie van Afrika-samelewings: Thulamela Konteks: Tegnologie en Handel

Metodologie: Stap 1: Lei klasbespreking in met ’n sleutelvraag: Was daar enige ontwikkeling en bewys van

handel in hierdie samelewing? Stap 2: Stel die begrippe Tegnologie en Handel bekend en verduidelik dit, asook hoe dit in

Thulamela tot uiting gekom het. Stap 3: Leerders gebruik bronne en skryf drie paragrawe oor die rol van natuurlike hulpbronne

(goud, ivoor en yster) in die maak en ontwikkeling van voorwerpe soos werktuie, wapens, juweliersware en huishoudelike toerusting.

Stap 4: Leerders gebruik gegewe bronne en verduidelik die prosesse ontginning, smeltery en smeewerk.

Stap 5: Groepwerk: Werk in groepe en bespreek hoe handel met ander samelewings plaasgevind het. (Gebruik beskikbare bronne.)

Stap 6: Leerders gee vir die klas terugvoering terwyl die onderwyser belangrike punte op die bord skryf wat in werkboeke aangeteken moet word.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEEK 10 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 1: Toets

Metodologie Stap 1: Al drie LU’e, met die toepaslike AS’e, moet geassesseer word. Stap 2: Die toets moet uit die volgende bestaan:

• Vrae om kennis te toets van onderwerpe wat gedurende die eerste kwartaal gedek is. • Minstens drie bronne moet in die toets ingesluit word, bv. sensusdata, dokumente,

briewe, koerante, tydskrifte, dagboeke, verslae, pamflette, boeke, advertensies, foto’s, spotprente, kaarte, planne, lugfoto’s, satellietfoto’s, skilderye en tekeninge.

• Bronne moet gekontekstualiseer word en ’n sleutelvraag insluit. • ’n Uitgebreide skryfstuk bestaande uit minstens drie paragrawe en gebaseer op die

bronne wat verskaf is • Minimum puntetoekenning: 25 punte vir die bronwerk en 15 punte vir die uitgebreide

skryfwerk Stap 3: Onthou, toetse moet daarop konsentreer om die prestasievlak te meet met betrekking tot

die bepaalde leeruitkomste of assesseringstandaarde wat gedurende die kwartaal gedek is.

Stap 4: Toetse moet ’n verskeidenheid vrae bevat wat vaardighede en vlakke van kognitiewe begrip assesseer (kyk Bloom se Taksonomie) en moet nie op blote herroep gegrond wees nie.

Stap 5: Gebruik vrae met kort antwoorde vir ’n maksimum van 40% van die toets, byvoorbeeld noem, stel ’n lys op, identifiseer, klassifiseer, ens.

Stap 6: Die antwoorde op vrae wat met Waar/Onwaar beantwoord kan word, moet verder uitgebrei word, bv. Gee ’n rede vir jou antwoord.

Page 29: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 8 -

Stap 7: Om items in twee kolomme bymekaar te pas, is ’n nuttige manier om begrippe te toets. Daar moet meer antwoordmoontlikhede as stimuli wees. Daar moet net ’n paar (5-6) van hierdie vrae gestel word.

Stap 8: Gebruik bronne vir langer antwoorde om kognitiewe vaardighede te toets, byvoorbeeld ondersoek, ontleed, klassifiseer, vergelyk, kontrasteer, ens.

Stap 9: Die uitgebreide skryfwerk moet op alle bronne gebaseer wees. Leerders moet in hulle eie woorde skryf. Verskaf ’n assesseringsmatriks vir die uitgebreide skryfwerk. Let Wel: Die formaat van uitgebreide skryfwerk moet beklemtoon word (Inleiding, liggaam en slot).

Hulpmiddels: Riglyne vir die Assessering van Sosiale Wetenskappe (Intermediêre en Senior

Fase) bl. 25 – 30.

WEEK 11 Organisasie van Afrika-samelewings: Thulamela Konteks: Geloofstelsels

Metodologie: Stap 1: Begin met die sleutelvraag vir bespreking:

• Wat is ’n geloofstelsel? • Waaraan, dink jy, het hierdie mense geglo? Verduidelik hoekom?. • Hou dit enigsins verband met dit wat ons vandag glo?

Stap 2: Gee vir leerders verskillende bronne oor die geloofstelsel van die mense van Thulamela. Leerders skryf in hulle werkboeke twee paragrawe oor die geloofstelsel.

Stap 3: Leerders identifiseer uit gegewe bronne enige interessante simbool wat hierdie samelewing verteenwoordig en maak ’n tekening / plakkaat / model om in die klas uit te stal.

Stap 4: Leerders vergelyk die geloofstelsels van Thulamela en Mapungubwe, en teken dit aan.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEEK 12 Organisasie van Afrika-samelewings: Thulamela Konteks: Boerdery

Metodologie: Stap 1: Lei ’n bespreking in met ’n sleutelvraag: Gegewe die ligging en bewyse deur middel van

artefakte, hoe het boerdery in Thulamela na jou mening daar uitgesien? Onderwyser teken leerders se standpunte op die bord aan.

Stap 2: Leerders gebruik bronne en teken die boerderymetodes van Thulamela aan. Onderwyser help met die interpretasie van hierdie bronne deur vrae te stel.

Stap 3: Leerders werk in groepe en bespreek wat die boerderymetodes in SA is en gee vir die klas terugvoering.

Stap 4: Leerders tref ’n vergelyking (ooreenkomste en verskille) tussen die boerderymetodes van Thulamela en Suid-Afrika. Watter van Thulamela se metodes gebruik ons vandag nog? Skryf minstens drie paragrawe.

Stap 5: Leerders teken die vergelyking hierbo in hulle werkboeke aan.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

Page 30: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 9 -

WEEK 13 Organisasie van Afrika-samelewings: Thulamela Konteks: Samewerking en konflik

Metodologie: Stap 1: Lei ’n bespreking in met die volgende vraag: Watter rol het beeste, goud en ivoor in

handel en in hulle verhoudings met ander mense gespeel? Stap 2: Leerders verwys na bronne en besluit watter rol beeste, goud, ivoor en yster in handel met

ander mense gespeel het en teken dit aan. Stap 3: Groepbespreking: Hoe vergelyk dit met die bespreking? Hoe vergelyk dit met die

hedendaagse wêreldhandel? Stap 4: Leerders teken hulle bevindings oor handel en die hantering van konflik in hulle

werkboeke aan. Stap 5: Leerders gebruik bronne en teken die belangrike rol van beeste in die sosiale lewe van die

samelewing aan. Stap 6: Groepbespreking: Vergelyk die manier waarop die mense van Thulamela konflik hanteer

het met die manier waarop enige ander ontwikkelde land dit vandag doen. Stap 7: Leerders vertel vir die klas van hulle bevindings. Stap 8: Klasbespreking: Vergelyk die betaling van tribuut (belasting) aan die koning met

Mapungubwe.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEEK 13 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 2: Brongebaseerde en Uitgebreide Skryfwerk Werkopdrag.

Dit is belangrik om daarop te let dat ’n formele assesseringstaak in ongeveer Week 16 of 17 voltooi moet word. Dit moet ’n Brongebaseerde en Uitgebreide Skryfwerk Werkopdrag wees. Dit kan handel oor enige van die afdelings van die werk wat onlangs gedek is. Leerders moet die taak alleen en onder gekontroleerde omstandighede voltooi om outentisiteit te verseker. Stap 1: Gee duidelike instruksies. Stap 2: Die onderwyser moet gekontekstualiseerde bronne verskaf. Gebruik minstens drie

bronne, bv. sensusdata, dokumente, briewe, koerante, tydskrifte, dagboeke, verslae, pamflette, boeke, advertensies, foto’s, spotprente, kaarte en planne, lugfoto’s, skilderye en tekeninge.

Stap 3: Stel ’n verskeidenheid vrae oor die bronne. Hierdie vrae moet vrae uit die laer, middel- en hoër orde insluit. Vrae moet op die leeruitkomste en assesseringstandaarde gegrond wees – ons assesseer nie net begrip nie, leerders moet byvoorbeeld vrae uit geskrewe sowel as visuele bronne kan beantwoord; met chronologie en tydlyne kan werk; die verlede kan voorstel deur ’n breinkaart, ens. te teken; erken dat daar meer as een weergawe van ’n verhaal kan wees; redes en verduidelikings kan verstrek; ooreenkomste en verskille kan identifiseer; vrae wat op interpretasie van bronne en oorsaak en gevolg gegrond is, kan beantwoord.

Stap 4: Vra die leerders om die toepaslike bronne te gebruik om minstens drie paragrawe te skryf waarin hulle op die sleutelvraag konsentreer.

Stap 5: Minimum puntetoekenning: 25 punte vir werk met bronne en 15 punte vir die uitgebreide skryfwerk.

Page 31: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 10 -

WEEK 14 Organisasie van Afrika-samelewings: Groot-Zimbabwe Konteks: Oorsprong

Metodologie: Stap 1: Begin met die sleutelvraag: Kyk op jou kaart na die ligging van Groot-Zimbabwe, werk in

groepe en bespreek die volgende vrae: • Hoe het hierdie samelewing ontwikkel? • Hoekom het dit op daardie spesifieke plek ontwikkel? Leerders werk in groepe, bespreek die vrae hierbo en gee vir die klas terugvoering.

Stap 2: Leerders verwys na bronne en beantwoord die gegewe vrae oor die oorsprong en lewe van die mense van Groot-Zimbabwe.

Stap 3: Leerders verwys na die bronne en kry inligting om ’n tydlyn oor die oorsprong en ontwikkeling van Groot-Zimbabwe te teken.

Stap 4: Groepbespreking: Leerders bestudeer prente van oorblyfsels wat argeoloë naby Groot-Zimbabwe gevind het, bespreek hulle leefstyl en gee verduidelikings.

Stap 5: Leerders rapporteer aan die klas oor hulle bevindings.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEEK 15 Organisasie van Afrika-samelewings: Groot-Zimbabwe Konteks: Tegnologie en Handel

Metodologie: Stap 1: Lei klasbespreking in met ’n sleutelvraag: Was daar enige ontwikkeling en bewys van

handel in hierdie samelewing? Stap 2: Stel die begrippe Tegnologie en Handel bekend en verduidelik dit, asook hoe dit in Groot-

Zimbabwe tot uiting gekom het. Stap 3: Leerders gebruik bronne en skryf drie paragrawe oor die rol van natuurlike hulpbronne

(goud, ivoor en yster) in die maak en ontwikkeling van voorwerpe soos werktuie, wapens, juweliersware en huishoudelike toerusting.

Stap 4: Leerders verwys na gegewe bronne en verduidelik die prosesse ontginning, smeltery en smeewerk.

Stap 5: Groepwerk: Werk in groepe en bespreek hoe handel met ander samelewings plaasgevind het. (Gebruik beskikbare bronne.)

Stap 6: Leerders gee vir die klas terugvoering terwyl die onderwyser belangrike punte op die bord skryf wat in werkboeke aangeteken moet word.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEEK 16 Organisasie van Afrika-samelewings: Groot-Zimbabwe Konteks: Geloofstelsels

Metodologie: Stap 1: Begin met die sleutelvraag vir bespreking: Hoekom, dink jy, het die koninkryk van Groot-

Zimbabwe ’n geloofstelsel gehad en wat het dit alles behels? Stap 2: Gee vir leerders verskillende bronne oor die geloofstelsel van die mense van Groot-

Zimbabwe en verduidelik, waar nodig. Stap 3: Leerders skryf drie paragrawe oor die geloofstelsel in hulle werkboeke. Stap 4: Leerders vergelyk die geloofstelsels van Mapungubwe en Groot-Zimbabwe, en teken dit

aan.

Page 32: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 11 -

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEEK 17 Organisasie van Afrika-samelewings: Groot-Zimbabwe Konteks: Boerdery

Metodologie: Stap 1: Lei ’n bespreking in met ’n sleutelvraag: Gegewe die ligging en bewyse deur middel van

artefakte, hoe het boerdery in Groot-Zimbabwe na jou mening daar uitgesien? Onderwyser teken leerders se standpunte op die bord aan.

Stap 2: Leerders verwys na bronne en teken die boerderymetodes van Groot-Zimbabwe aan. Onderwyser help met die interpretasie van hierdie bronne deur vrae te stel.

Stap 3: Leerders verwys na bronne en tref ’n vergelyking (ooreenkomste en verskille) tussen die boerderymetodes van Groot-Zimbabwe en Mapungubwe aan. Watter van hierdie metodes gebruik ons vandag nog? Skryf minstens drie paragrawe.

Stap 5: Leerders teken die vergelyking hierbo in hulle werkboeke aan. Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEEK 18 Organisasie van Afrika-samelewings: Groot-Zimbabwe Konteks: Samewerking en konflik

Metodologie: Stap 1: Lei ’n bespreking in met die volgende vraag: Watter rol het beeste, goud en ivoor in

handel en in hulle verhoudings met ander mense gespeel? Stap 2: Leerders gebruik bronne en besluit watter rol beeste, goud, ivoor en yster in handel met

ander mense gespeel het en teken dit aan. Stap 3: Groepbespreking: Hoe vergelyk dit met die bespreking? Hoe vergelyk dit met die

hedendaagse wêreldhandel? Stap 4: Leerders teken hulle bevindings oor handel en die hantering van konflik in hulle

werkboeke aan. Stap 5: Leerders gebruikbronne en teken die belangrike rol van beeste in die sosiale lewe van die

samelewing aan. Stap 6: Groepbespreking: Vergelyk die manier waarop Groot-Zimbabwe konflik hanteer het met

die manier waarop enige ander ontwikkelde land dit vandag doen. Stap 7: Leerders vertel vir die klas van hulle bevindings. Stap 8: Klasbespreking: Wat, dink jy, was die redes en verduidelikings vir die agteruitgang van die

drie koninkryke? Onderskei tussen feite en menings. Onthou: ’n Historikus het altyd bewyse nodig om sy of haar teorieë / afleidings te steun.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEKE 19 en 20 Verkenning en Uitbuiting vanaf die veertiende eeu Konteks: Vroeë kartering van die Voorstelling van Afrika

Metodologie: Stap 1: Begin met ’n sleutelvraag: Hoekom, dink jy, is dit vir ontdekkers nodig om kaarte te

gebruik? Stap 2: Verduidelik nuwe begrippe: ontdekking, uitbuiting, vroeë kartering, voorstelling,

ontwikkeling, verbruiksartikels, verteenwoordiging, waargeneem en kartograwe.

Page 33: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 12 -

Stap 3: Verduidelik die geskiedenis van die ontwikkeling van kaarte en gee vir leerders ’n wêreldkaart om vroeë handelsroetes te identifiseer. Gee vir leerders ’n ou wêreldkaart wat hulle met ’n moderne wêreldkaart kan vergelyk.

Stap 4: Leerders vergelyk verskille tussen die verskillende kaarte, teken dit aan en werk in groepe om dit te bespreek.

Stap 5: Leerders identifiseer en vind verskillende roetes wat deur ontdekkers ontdek is. Stap 6: Leerders gebruik bronne en identifiseer hoe vroeë kartograwe, vanweë hulle gebrek aan

kennis en tegnologie, die wêreld waargeneem het, en teken dit op. Stap 7: Leerders werk in groepe en bespreek hoe die gebrek aan tegnologie ’n impak op die

verkenning van die wêreld sou gehad het. Stap 8: Leerders vertel vir die res van die klas van hulle bevindings.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEKE 21 en 22 Verkenning en Uitbuiting vanaf die veertiende eeu Konteks: Ontwikkeling van Wetenskap en Tegnologie Metodologie: Stap 1: Lei ’n bespreking in met ’n sleutelvraag: Wat was die uitwerking van nuwe uitvindings op

ontdekkingsreise? Onderwyser lei die bespreking deur verduidelikings en verdere vrae. Stap 2: Verduidelik die volgende begrippe: navigasie, instrumente, wetenskap, wetenskaplike,

verbeterde tegnologiese, uitvindings, argief, museum, ontdekkers. Stap 3: Leerders teken die bogenoemde begrippe en die betekenis van elkeen in hulle werkboeke

aan. Stap 4: Leerders verwys na hulpbronne en teken ’n tydlyn van die verskillende navigasie-

instrumente wat deur die jare ontwikkel is. Stap 5: Leerders teken / maak enige navigasie-instrument wat die ontdekkers in die veertiende

eeu gebruik het. Stap 6: Leerders werk in groepe en bespreek die belangrikheid van die verbetering van navigasie-

instrumente. Stap 7: Leerders gee vir die klas terugvoering en teken dit in hulle werkboeke aan.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskappe Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEEK 23 Verkenning en Uitbuiting vanaf die veertiende eeu Konteks: Bydraes uit Europa Metodologie: Stap 1: Lei ’n klasbespreking in met die volgende sleutelvraag: Wat was die uitwerking van die

ontdekking van nuwe uitvindings (uit Europa) op ontdekkingsreise (van die wêreld)? Onderwyser ondersteun, waar nodig.

Stap 2: Verduidelik die volgende begrippe: navigasie, instrumente, wetenskap, wetenskaplike, verbeterde tegnologiese, uitvinding, argief, museum, ontdekkers.

Stap 3: Stel ’n lys op van en verduidelik sommige van die belangrikste uitvindings uit Europa en hoe hulle navigasie vergemaklik het.

Stap 4: Leerders gebruik bronne, identifiseer alle nuwe uitvindings uit Europa en die positiewe uitwerking wat elkeen op ontdekkingsreise gehad het en teken dit aan. Onderskei tussen menings en feite.

Stap 5: Leerders teken ’n tydlyn oor die ontdekkingsgeskiedenis van enige Europese ontdekker en teken ’n kaart van die roete wat gevolg is, bv. Prins Hendrik die Seevaarder, Marco Polo, Vasco da Gama, Bartolomeus Dias of Christophorus Columbus, ens.

Page 34: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 13 -

Stap 6: Leerders beskryf, met verwysing na bronne en besprekings tot dusver, hoe die lewe op ’n ontdekkingskip na hulle mening verloop het – skryf minstens drie paragrawe. Leerders kan ook in groepe werk en hierdie aktiwiteit as rolspel doen.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEEK 24 Verkenning en Uitbuiting vanaf die veertiende eeu Konteks: Bydraes uit Asië Metodologie: Stap 1: Begin met ’n sleutelvraag om ’n bespreking in te lei: Wat was die bydraes van die Chinese

en Arabiere en hoe vergelyk dit met die bydraes van die Europeërs? Stap 2: Leerders verwys gebruik bronne en identifiseer nuwe uitvindings en tegnologie wat deur

die Chinese en Arabiere uitgevind is en teken dit op. Hoe vergelyk dit met Europese uitvindings?

Stap 3: Teken ’n tydlyn van die Chinese uitvindings en teken ’n kaart om die roetes wat gevolg is, aan te dui.

Stap 4: Leerders teken of bou ’n model van enige uitstaande navigasie-uitvinding van die Chinese.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEEK 25 Verkenning en Uitbuiting vanaf die veertiende eeu Konteks: Bydraes uit die Amerikas Metodologie: Stap 1: Begin met ’n sleutelvraag: Was die ontdekkingsreise en ekspedisies vanuit die Amerikas

tot voordeel/nadeel van daardie lande, bv. Afrika, Indië, ens? Stap 2: Leerders kies inligting oor die ontdekkings en bydraes vanuit die Amerikas, bv.

Christophorus Columbus, en doen verslag daaroor. Stap 3: Leerders gebruik bronne en skryf minstens drie paragrawe oor die ontdekkingsreise van

Christophorus Columbus. Stap 4: Leerders vind Christophorus Columbus se ontdekkingsroetes op ’n wêreldkaart.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEEK 26 Verkenning en Uitbuiting vanaf die veertiende eeu Konteks: Bydraes uit Afrika Metodologie: Stap 1: Verduidelik dat min ontdekkingsreise vanaf Afrika plaasgevind het, maar dat die vasteland

baie weens uitbuiting deur ontdekkers, bv. uit Europa en Amerika, gely het. Stap 2: Klasbespreking: Hoekom het Afrika so swaargekry? Stap 3: Leerders verwys na bronne, identifiseer die negatiewe impak van ontdekkers op Afrika-

lande en teken dit aan. Stap 4: Groepbespreking: Leerders bespreek en beplan rolspel as Afrikane wat in die 14de eeu

met Europese ontdekkers in aanraking kom. Konsentreer op taal, kleredrag, handel en die uitbuiting wat plaasgevind het.

Stap 5: Leerders skryf minstens drie paragrawe oor verhoudings tussen die inheemse volke van Afrika en ontdekkers. Onderskei tussen feite en menings.

Page 35: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 14 -

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskappe Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEKE 27 en 28 Geskiedenis van die medisyne Konteks: Inheemse medisyne en tradisionele genesing Metodologie: Stap 1: Lei klasbespreking in met ’n sleutelvraag: Watter gesondheidsorg was daar vir die vroeë

samelewings in Afrika beskikbaar voordat daar hospitale en klinieke was? Stap 2: Verduidelik nuwe begrippe: inheemse medisyne, tradisionele genesing, kwaal,

geneesmiddels, siektes, tegnologie, wetenskaplikes, inentings en argief. Stap 3: Groepwerk: Leerders moet ondersoek instel na verskillende tradisionele kruie wat vroeë

Afrikane gebruik het, hulle opspoor en uitvind waarvoor elkeen gebruik is (Ondersoek in die gemeenskap.)

Stap 4: Leerders moet ’n lys opstel van verskillende kruie wat mense in die verlede gebruik het, hulle opspoor en langs elke kruid neerskryf waarvoor dit gebruik is.

Stap 5: Leerders werk in groepe en maak ’n kruietabel waarop die naam en doel van elke kruid onder of bo elke kruid verskyn (minstens agt tot 10 verskillende kruie).

Stap 6: Leerders werk in groepe, verwys na bronne en bespreek hoe verskillende kulture steeds inheemse medisyne en tradisionele genesing gebruik.

Stap 7: Leerders skryf, nadat daar terugvoering gegee is, hierdie metodes in hulle werkboeke oor. (Onderskei tussen feite en menings.)

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEKE 29 en 30 Geskiedenis van die medisyne Konteks: Belangrike mediese ontdekkings Metodologie: Stap 1: Lei bespreking in met ’n sleutelvraag: Hoe het mediese ontdekkings deur die jare heen

ontwikkel? • Leerders noem en verduidelik enige belangrike mediese ontdekking waarvan hulle weet

en verduidelik watter bydrae dit gelewer het. Stap 2: Verduidelik die ontwikkeling van medisyne deur die klem te laat val op die groot deurbrake

gedurende die afgelope 100 jaar, bv. X-strale, penisillien, orgaanoorplantings, inentings, ens.

Stap 3: Leerders verwys na bronne en teken ’n tydlyn / maak ’n plakkaat om die geskiedenis van medisyne oor die afgelope 100 jaar te toon.

Stap 4: Leerders gebruik ’n wêreldkaart en bepaal waar die volgende mense wat ’n bydrae tot die mediese wetenskap gemaak het, gewoon het: Edward Jenner, Louis Pasteur, Alexander Fleming, Marie Curie en Chris Barnard.

Stap 5: Leerders verwys na bronne en beantwoord ’n vraelys met betrekking tot mediese ontdekkings, bv. • Wie het X-strale ontdek en watter impak het hierdie ontdekking op gesondheid gehad? • Wie het die eerste suksesvolle hartoorplanting ontvang en wie het dit uitgevoer? • In watter hospitaal, provinsie en land het hierdie oorplanting plaasgevind?

Stap 6: Leerders skryf ’n paragraaf oor die mediese bydrae deur elk van die volgende mense: Florence Nightingale, Marie Curie, Louis Pasteur en Chris Barnard.

Stap 7: Groepbespreking: Hoekom is dit belangrik dat wetenskaplikes voortdurend op die terrein van die medisyne navorsing doen?

Stap 8: Groepbespreking: Hoekom is dit belangrik dat die wêreld ’n geneesmiddel vir MIV/Vigs vind?

Page 36: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 15 -

Stap 9: Vra ’n plaaslike dokter om met die leerders te praat oor die beroep en hoe elke leerling ’n bydrae kan lewer om te voorkom dat vigs/siektes versprei.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

FORMELE ASSESSERINGSTAAK 5: Projek (Navorsingswerkopdrag OF Kreatiewe Respons)

Indien die Aardrykskunde-projek ’n Kreatiewe Respons was, dan moet hierdie Geskiedenisprojek ’n Navorsingswerkopdrag wees, of omgekeerd. Hierdie formele assesseringstaak moet twee tot drie weke voor WEEK 30 uitgedeel word en onder toesig in die klas voltooi word om te verseker dat leerders hul eie werk doen, en ook om dit teen die einde van die kwartaal af te handel. Die projek moet assesseer of die leerder ondersoekvaardighede kan gebruik om die verlede en hede te ondersoek en of hulle sleutelinligting oor die verlede kan kies en redes vir hulle keuse kan verstrek. As die leerders ’n Kreatiewe Respons-projek voltooi, maak seker dat dit ’n leerervaring is, en nie net bloot ’n kreatiewe taak is nie. Gee vir die leerders riglyne – die projek moet ’n tydlyn kreatief kan toon en moet beskrywings insluit. Navorsingswerkopdrag: Stap 1: Gee duidelike instruksies. Stap 2: Wanneer leerders ’n navorsingstaak voltooi, word daar van hulle verwag om die

ondersoekproses te volg. • Ons werk met bronne (bewyse) (LU 1) • Stel ’n sleutelvraag • Identifiseer inligting • Beantwoord vrae • Dra die antwoord oor

Stap 3: Die onderwyser moet ’n raamwerk vir die navorsing verskaf. Stipuleer wat gedek moet word, watter LU’e en AS’e gedek sal word, en watter vaardighede, kennis en waardes geassesseer sal word.

Stap 4: Bespreek die projek met die leerders. Bespreek wat die navorsing behels, gee vir die leerders die assesseringsmatrks waarop die kriteria vir die assessering aangedui word en bespreek dit met hulle.

Stap 5: Maak seker die taak is gepas vir die betrokke kriteria en ouderdom. Stap 6: Monitor die leerders se vordering deur moniteringsdatums vir verskillende stadia van die

navorsingstaak te stel. Kreatiewe Respons: Stap 1: Gee duidelike instruksies. Stap 2: Dit sluit die skepping van modelle, plakkate, collages en rolspel in. Stap 3: Die kreatiewe respons kan by ’n ander vorm van assessering, bv. brongebaseerd en

navorsing, ingesluit word. Stap 4: Wanneer ’n plakkaat gemaak word, beteken dit dat inligting oor ’n spesifieke onderwerp

op ’n logiese manier georganiseer moet word. Stap 5: Bespreek die projek met die leerders. Bespreek wat die plakkaat, model, kunswerk of

collage behels, gee vir die leerders die assesseringsmatrks waarop die kriteria vir die assessering aangedui word en bespreek dit met hulle.

Stap 6: Maak seker die taak is gepas vir die betrokke kriteria en ouderdom. Hulpbronne: Riglyne vir die Assessering van Sosiale Wetenskappe (Intermediêre en Senior Fase)

bls. 35 – 47.

Page 37: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 16 -

WEKE 31 en 32 Demokrasie in Suid-Afrika Konteks: Definisie en betekenis Metodologie: Stap 1: Lei die bespreking in met ’n sleutelvraag: Wat is demokrasie en hoekom is dit vir enige

land belangrik? Stap 2: Verduidelik die volgende begrippe: demokrasie, grondwet, verkose, apartheid, regering,

verkiesing, kiesbeampte, kandidate, kiesers, stembrief, ID-dokument, kieserslys. Stap 3: Leerders teken die bogenoemde begrippe en verduidelikings in hulle werkboeke aan. Stap 4: Verduidelik die demokratiese proses in Suid-Afrika en hoekom dit vir alle Suid-Afrikaanse

burgers belangrik is om ons grondwet te gehoorsaam. Stap 5: Leerders gebruik gegewe bronne om ’n tydlyn van die geskiedenis van Suid-Afrika vanaf

Apartheid tot Demokrasie te teken (vanaf 1910 tot 1994). Stap 6: Leerders teken die negatiewe gevolge van apartheid vir die meerderheid van die

bevolking aan (drie paragrawe). Stap 7: Leerders skryf ’n brief aan ’n vriend in ’n ander land en verduidelik hoe anders dit is om in

’n demokratiese land te woon, in vergelyking met die apartheidstelsel van die verlede.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEKE 33, 34 en 35 Demokrasie in Suid-Afrika Konteks: Hoe word Suid-Afrika regeer? Metodologie: Stap 1: Lei ’n groepbespreking in deur vir elke groep een van die volgende take te gee:

• Verduidelik hoe die skool bestuur word. • Verduidelik hoe ’n kerk bestuur word. • Verduidelik hoe ’n huishouding bestuur word. • Verduidelik hoe die dorp / stad regeer word.

Stap 2: Leerders hou dinkskrums oor die onderwerpe hierbo en gee vir die klas terugvoering terwyl die onderwyser belangrike feite op die bord aanteken.

Stap 3: Verduidelik dat ons land op ’n soortgelyke manier bestuur word en wys op die verskillende regeringsvlakke in Suid-Afrika (nasionale, provinsiale en plaaslike regering).

Stap 4: Leerders identifiseer die regeringsvlakke en teken dit in hulle werkboeke op, asook die rol wat elkeen in ons land speel.

Stap 5: Verduidelik die rol van die grondwet en die geskiedenis van hoe hierdie dokument opgestel is.

Stap 6: Verduidelik die verkiesingsproses en berei die leerders voor om ’n skyn-verkiesing te hou. Stap 7: Verdeel die klas in groepe om al die onderskeie rolspelers vir die skyn -verkiesing te

verteenwoordig. Stap 8: Leerders moet hulle vir die skyn -verkiesing voorberei en die verkiesing in die vorm van ’n

rolspel voorstel.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

Page 38: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 17 -

WEKE 36 en 37 Demokrasie in Suid-Afrika Konteks: Nasionale simbole Metodologie: Stap 1: Lei ’n bespreking in met ’n sleutelvraag: Hoekom het ons nasionale simbole nodig en wat

beteken hulle vir die burgers van die land? Stap 2: Leerders werk in groepe, identifiseer en bespreek alle nasionale simbole in Suid-Afrika en

gee vir die klas terugvoering. Stap 3: Skryf ’n lys van die nasionale simbole op die bord en verduidelik wat elkeen beteken. Stap 4: Leerders teken die nasionale simbole en teken ook die betekenis van elkeen in hulle

werkboeke aan (landswapen, volkslied, vlag, galjoen, sekretarisvoël, ens.). Stap 5: Verduidelik dat die landswapen inheemse plante, diere en taal uitbeeld. Stap 6: Leerders ondersoek die betekenis van elke simbool in die landswapen, teken dit in hulle

werkboeke aan en vertel vir die klas daarvan. Stap 7: Klasbespreking: Leerders verduidelik waar, wanneer en hoekom ons die landsvlag hys.

Onderwyser moet, waar nodig, verduidelik. Stap 8: Leerders ontwerp ’n vlag vir die klas en beskryf wat die vorm en kleure wat hulle gebruik

het, beteken.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskap Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

WEKE 38 en 39 Demokrasie in Suid-Afrika Konteks: Die Kinderhandves Metodologie: Stap 1: Lei ’n klasbespreking in met ’n sleutelvraag: Hoekom het ons land ’n grondwet? Stap 2: Verduidelik dat net soos die grondwet alle mense in die land beskerm, beskerm die

Kinderhandves kinders. Stap 3: Groepbespreking: Hoekom is dit belangrik om regte en verantwoordelikhede te hê? Stap 4: Leerders rapporteer hulle bevindings aan die klas. Stap 5: Leerders verwys na bronne, identifiseer die tien regte in die Kinderhandves en bespreek

dit. Stap 6: Leerders teken hierdie regte in hulle werkboeke aan en verduidelik wat die regering kan

doen om te verseker dat hierdie regte deur alle burgers geïmplementeer word. Stap 7: Bespreking: Wat is die Aardmanifes en hoekom is dit belangrik om so ’n dokument te hê? Stap 8: Groepbespreking: Gee vir elke groep een of twee regte uit die Aardmanifes wat hulle

moet bespreek en aan die res van die klas moet verduidelik. Stap 9: Vergelyk die Aardmanifes met die Kinderhandves en identifiseer die vergelykings. Stap 10: Leerders maak ’n plakkaat / collage / kunswerk wat die belangrikheid van die

Kinderhandves / Aardmanifes uitbeeld.

Integrasie: Aardrykskunde, Kuns en Kultuur, Tale, LO, Natuurwetenskappe Hulpbronne: Handboeke, atlasse, tydskrifte, koerante, prente, video’s, DVD’s, artefakte

Page 39: Fase Onderwysershandleiding Intermediêre · - 2 - • In Graad 4 deur die skryf van ’n paragraaf, bespreking, die samestel van ’n boek, ’n collage, die gebruik van ’n plakkaat,

- 18 -

WEEK 40 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 6: Eksamen

Die eksamen moet handel oor die werk wat gedurende die laaste 10 weke van die jaar gedek is. Dit moet uit ’n minimum van 40 punte tel. Gebruik ’n verskeidenheid vraagtegnieke: brongebaseerde vrae, basiese vrae soos "In watter jaar het ….?”, vrae wat ooreenkomste en verskille beklemtoon, vrae oor oorsaak en gevolg, en hoër-ordevrae. Stap 1: Gee duidelike instruksies. Stap 2: Die eksamen moet bestaan uit die volgende:

• Kennisvrae oor onderwerpe wat gedurende die afgelope kwartaal gedek is. • Bronne moet in die eksamen ingesluit word, bv. geskrewe bronne, prente, foto’s,

kaarte, data. Kyk Weke 2 en 3. • ’n Uitgebreide skryfstuk bestaande uit minstens drie paragrawe, gegrond op die bronne

wat voorsien is. • Minimum puntetoekenning: 25 punte vir die bronwerk en 15 punte vir die uitgebreide

skryfwerk. Stap 3: Onthou, die eksamen moet daarop konsentreer om die prestasievlak te meet met

betrekking tot die bepaalde leeruitkomste of assesseringstandaarde wat gedurende die kwartaal gedek is.

Stap 4: Sluit ’n verskeidenheid vrae in wat vaardighede en vlakke van kognitiewe begrip insluit, en nie net vrae wat bloot op geheue berus nie.

Stap 5: Gebruik kortvrae vir ’n maksimum van 40% van die eksamen, bv. noem, stel ’n lys op, identifiseer, klassifiseer, ens.

Stap 6: Vrae waarop die antwoord Waar/Onwaar is, vereis ’n verdere antwoord, bv. Gee ’n rede vir jou antwoord.

Stap 7: Die pas van twee items in twee kolomme is nuttig om begrippe te toets. Daar moet meer antwoordopsies as stimuli wees. Daar moet net ’n paar (5-6) van hierdie vrae gestel word.

Stap 8: Verwys na bronne om langer antwoorde te vra wat kognitiewe vaardighede toets, bv. takseer, ontleed, klassifiseer, vergelyk, kontrasteer, ens.

Hulpbronne: Riglyne vir die Assessering van Sosiale Wetenskappe (Intermediêre en Senior Fase)

bls. 25 – 30.