finaal - aardrykskunde v1 - november 2007 · nommer die antwoorde korrek volgens die...

22
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief PUNTE: 300 TYD: 3 uur Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 8 bladsy-addendum. GEOGRAFIE V1 NOVEMBER 2007 NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11

Upload: others

Post on 31-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

PUNTE: 300 TYD: 3 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye en 'n 8 bladsy-addendum.

GEOGRAFIE V1

NOVEMBER 2007

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

Page 2: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. 2. 3. 4. 5.

Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en AFDE-LING B. Beantwoord DRIE vrae, wat soos volg gekies moet word: EEN vraag uit AFDELING A EEN vraag uit AFDELING B 'n DERDE vraag uit óf AFDELING A óf AFDELING B (wat NIE reeds beant-woord is nie) Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. Lees AL die vrae aandagtig deur. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3

AFDELING A: BELANGRIKHEID VAN WATERMASSAS EN EKOSISTEME:

BIOTIES EN ABIOTIES Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 1 1.1 Vier moontlike opsies word as antwoorde vir die volgende vrae verskaf.

Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A of B of C of D) langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.5) in die antwoordeboek neer, byvoorbeeld 1.1.6 C.

1.1.1 Water en plante maak deel uit van die ... deel van 'n eko-

sisteem.

A

B C D

abiotiese biotiese abiotiese en biotiese karnivoor-

1.1.2 Die gebied waar 'n organisme leef, staan as 'n ... bekend. A

B C D

biosfeer bioom nis habitat

1.1.3 Die interaksie tussen twee organismes, tot albei se voordeel,

staan as ... bekend.

A

B C D

simbiose parasitisme selfhandhawing interverhouding

1.1.4 By 'n grondprofiel staan die ...-horisonte as die solum bekend. A

B C D

O en A A en B C en R O en R

1.1.5 Die ... van grond het betrekking op die verspreiding van die

grootteklasse, naamlik sand, slik en klei.

A

B C D

diversiteit kleur struktuur tekstuur (5 x 2)

(10)

Page 4: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4

1.2 Kies 'n term/woord uit KOLOM B om by 'n beskrywing in KOLOM A te pas.

Skryf slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.5) in die antwoordeboek neer, byvoorbeeld 1.2.6 H.

KOLOM A KOLOM B

1.2.1 1.2.2 1.2.3 1.2.4 1.2.5

Versonke gletservalleie Ontstaan omdat klein seediertjies in kolonies leef en sterf Ontstaan wanneer rivier-geërodeerde berglandskappe met valleie versonke is Ontstaan wanneer lawavloei die see bereik en sodoende die kus-gebied vergroot Ontstaan wanneer 'n sandbank bo seevlak opbou en dan 'n gedeelte van die seewater afsluit

A

B

C

D

E

F

G

lagune riaskus dalmatiese kus fjordkus deltakus koraalkus vulkaniese kus

(5 x 2) (10) 1.3 Bestudeer FIGUUR 1.3 en beantwoord die volgende vrae: 1.3.1

1.3.2 1.3.3 1.3.4 1.3.5

Definieer die term voedselketting. (1 x 2) Definieer die term voedselweb. (1 x 2) Illustreer FIGUUR 1.3 'n voedselweb of 'n voedselketting? (1 x 2) Gee 'n rede vir jou antwoord op VRAAG 1.3.3. (1 x 2) In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig om pasgebore diere te beskerm. Dit het 'n groot invloed op die ekosisteem gehad. Beskryf, met redes, hoe bevolkingsgetalle van al die diere op die laer trofiese vlakke sal verander. (4 x 2)

(2) (2) (2) (2) (8)

Page 5: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5

1.4 Bestudeer FIGUUR 1.4 wat 'n kaart van die verskillende oorgrensparke

(nasionale parke wat oor grense heen strek) in Suidelike Afrika voorstel en beantwoord die volgende vrae:

1.4.1

1.4.2 1.4.3

Wat beteken ekotoerisme? (1 x 2) Nommer 2 op die kaart is die Kgalagadi Oorgrenspark. Hierdie park strek oor dele van drie lande. Noem hierdie DRIE lande. (3 x 2) Van watter waarde is die stigting van oorgrensparke vir die natuurlike omgewing? (3 x 2)

(2) (6) (6)

1.5 Gewoonlik rig veldbrande enorme skade aan 'n ekosisteem aan. Maar in 'n

ekosisteem waar fynbos voorkom, word daar gesê dat 'n veldbrand in so 'n ekosisteem tot voordeel van die fynbos is.

1.5.1

1.5.2

Gee TWEE redes om bogenoemde stelling met betrekking tot fynbos te verduidelik. (2 x 2) Verduidelik waarom dit belangrik is om ons natuurlike eko-sisteme te beskerm. (3 x 2)

(4) (6)

1.6 Navorsers ondersoek die moontlikheid van alternatiewe energiebronne.

Die oseaan het die potensiaal om energie deur middel van getye, golwe en die verskil in temperatuur te verskaf. In Okinawa het die Japannese van die verskil in hoogte tussen die seevlak en die hoog-liggende kuslyn gebruik gemaak om elektrisiteit op te wek. Gedurende die nag word seewater na die boonste dam gepomp en wanneer die aanvraag na elektrisiteit op sy hoogste is, word water uitgelaat en val dit terug see toe en wek so elektrisiteit op. Suid-Afrika gebruik hoofsaaklik steenkool om elektrisiteit op te wek. Dit staan as termiese elektrisiteitsopwekking bekend. Bestudeer FIGUUR 1.6 om die volgende vrae te beantwoord:

1.6.1

1.6.2 1.6.3

Wat word hierdie manier van elektrisiteitsopwekking deur die Japannese genoem? (1 x 2) Beskryf kortliks die proses waarvolgens elektrisiteit in FIGUUR 1.6 opgewek word. (3 x 2) Vergelyk die metode van elektrisiteitsopwekking in FIGUUR 1.6 met dié van termiese elektrisiteitsopwekking (die gebruik van steenkool om elektrisiteit op te wek).

(2) (6)

(a)

(b)

Watter een is die goedkoopste metode? Gee 'n rede vir jou antwoord. (2 x 2) Watter een is die omgewingsvriendelikste? Gee 'n rede vir jou antwoord. (2 x 2)

(4) (4)

Page 6: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6

1.6.4 (a)

(b)

Behalwe oseane, noem EEN ander omgewingsvriende-like energiebron. (1 x 2) Verduidelik waarom dit belangrik is om elektrisiteit op omgewingsvriendelike wyses op te wek. (2 x 2)

(2) (4)

1.7 Bestudeer FIGUUR 1.7 wat mariene (see/kus)-landvorms aandui en be-

antwoord die volgende vrae:

1.7.1

1.7.2 1.7.3 1.7.4

Wat is vir die vorming van hierdie mariene landvorms verant-woordelik? (1 x 2) Identifiseer landvorme A en D onderskeidelik. (2 x 2) Verduidelik hoe landvorm D gevorm word. (3 x 2) Van watter waarde is strande vir mense en vir menslike ont-wikkeling? (3 x 2)

(2) (4) (6) (6) [100]

VRAAG 2 2.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar'

of 'onwaar' langs die vraagnommer (2.1.1 – 2.1.10) in die antwoordeboek neer.

2.1.1

2.1.2 2.1.3 2.1.4 2.1.5 2.1.6 2.1.7 2.1.8

Die atmosfeer is daardie deel van die aardoppervlak waar plante en diere leef. Die laag van gesteentes en grond op die aardoppervlak staan as die litosfeer bekend. Die fisiese en chemiese kenmerke van 'n ekosisteem word ook die abiotiese komponente genoem. Selfregulering verwys na die uitruil van materie en energie tussen die biotiese en abiotiese komponente van die eko-sisteem. Die natuurlike plek waar 'n spesie of gemeenskap leef, staan as die habitat bekend. Die term 'aried' beteken droog, met lae reënval. Saliniteit is 'n chemiese element soos koolstof en suurstof, wat deur lewende organismes benodig word. Die voorstrand is 'n tussengetygebied tussen die laagwater- en hoogwaterlyn.

Page 7: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7

2.1.9

2.1.10

Gronddeeltjies wat in 'n rivierkanaal saamgedra word, staan as vloedvlakke bekend. Slik verwys na die materiaal wat op die rivierbodem gedeponeer (afgesit) word. (10 x 2)

(20)

2.2 Bestudeer FIGUUR 2.2 wat 'n rivierekosisteem aandui en beantwoord die

volgende vrae:

2.2.1

2.2.2

Noem die bron van energie vir hierdie ekosisteem. (1 x 2) Identifiseer die volgende in die geïllustreerde ekosisteem:

(2)

(a)

(b) (c)

EEN produsent (1 x 2)EEN primêre verbruiker (1 x 2)EEN sekondêre verbruiker (1 x 2)

(2) (2) (2)

2.2.3 Toenemende gebruik van water in die opvangsgebied van

hierdie rivier het daartoe gelei dat die watertafel gesak het. Verduidelik die moontlike gevolge wat dit op die ekosisteem sal hê. (3 x 2)

(6)

2.2.4 Bespreek die moontlike uitwerking wat menslike vestiging in

hierdie gebied op die kwaliteit van die water, en daarom op hierdie ekosisteem, sal hê. (3 x 2)

(6)

2.3 2.4

Met verwysing na riviere, verduidelik DRIE maniere waarop die gevaar van vloede as 'n gevolg van effektiewe omgewingsbestuur beheer kan word. (3 x 2) Bestudeer die uittreksel in FIGUUR 2.4 en beantwoord die volgende vrae:

(6)

2.4.1

2.4.2 2.4.3 2.4.4

Verduidelik wat met 'n indringerplant bedoel word. (1 x 2) Waarom is dit vir indringerplante moontlik om duisende hektaar van die land se beste akkerbougronde en toerismegebiede oor te neem? (3 x 2) Hoe het die 'Werk-vir-Waterprogram' mense in hierdie gebied bevoordeel? (2 x 2) Waarom is die meeste mense wat by hierdie opruimings-program betrokke is, vroue en nie mans nie? (2 x 2)

(2) (6) (4) (4)

Page 8: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

8

2.5 Bestudeer die uittreksel in FIGUUR 2.5 en beantwoord die volgende vrae: 2.5.1

2.5.2 2.5.3 2.5.4

Wat is 'n vleilandgebied? (1 x 2) In watter provinsie is Margate geleë? (1 x 2) Verduidelik waarom konstruksie op die vleilandgebied daartoe gelei het dat die dorp, Margate, deur modder en vloedwater oorstroom is. (3 x 2) Beskryf TWEE funksies van vleilandgebiede (behalwe die be-heer van vloedwater). (2 x 2)

(2) (2) (6) (4)

2.5.5 Jy is 'n estuariese ekoloog (riviermondingekoloog) of 'n lid van

die KwaZulu-Natal Natuurbewaring of van die Eenheid vir Mariene- en Kusbestuur van KwaZulu-Natal. Skryf 'n verslag waarin jy jou teenstand teen die ontwikkeling van 'n behuisings-landgoed verduidelik en die redes aanvoer waarom jy die ont-wikkeling as ekonomies onvolhoubaar beskou. (4 x 2)

(8)

2.6 Die El Niño-verskynsel is oor 'n aantal jare goed bestudeer. Die invloed

van hierdie verskynsel kan vernietigend op die ekonomieë van baie lande inwerk. Verwys na FIGUUR 2.6 en beantwoord die volgende vrae:

2.6.1

2.6.2 2.6.3 2.6.4 2.6.5

Wat het met die Suid-Ekwatoriale Seestroom tussen normale en El Niño-toestande gebeur? (1 x 2) Waarom het bogenoemde gebeur? (1 x 2) Verduidelik waarom Peru hoë reënval en oorstromings tydens 'n El Niño-verskynsel sal ervaar. (2 x 2) Tydens 'n El Niño-verskynsel sal visvangste langs die kus van Peru afneem. Waarom is dit die geval? (2 x 2) Verduidelik die impak van kleiner visvangste op die ekonomie van Peru. (4 x 1)

(2) (2) (4) (4) (4)

Page 9: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

9

AFDELING B: ONTWIKKELING EN VOLHOUBAARHEID, MENSE EN HUL

BEHOEFTES Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. VRAAG 3 3.1 Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs 'waar'

of 'onwaar' langs die vraagnommer (3.1.1 – 3.1.10) in die antwoordeboek neer.

3.1.1

3.1.2 3.1.3 3.1.4 3.1.5

Ekotoerisme is 'n alternatiewe vorm van boerdery wat bedoel is om meer volhoubaar te wees. Biomassabrandstof is 'n ander tipe ru-olie. Die gasse wat tot aardverhitting bydra, word kweekhuisgasse genoem. Rook wat deur kragstasies geproduseer word, is 'n hoofoorsaak van lugbesoedeling. Suurreën is 'n breë term vir die sure wat in die lug vorm as gevolg van besoedeling. (5 x 2)

(10)

3.2 Bestudeer FIGUUR 3.2 en beantwoord die volgende vrae: 3.2.1 Voertuie kan 'die groot mobiele besoedelaars' genoem word. (a)

(b) (c)

Watter vorm van vervoer, getoon in FIGUUR 3.2, is die goedkoopste, omgewingsvriendelik en word in die meeste lande aanbeveel? (1 x 2) Kies DRIE gasse uit die onderstaande lys wat deur A (in FIGUUR 3.2) vrygestel word: suurstof; lood; koolstofdioksied; stikstofdioksied; kool-stofmonoksied (3 x 2) Na jou mening, verteenwoordig hierdie figuur 'n ekonomies-ontwikkelde of 'n ekonomies-minderontwik-kelde land? Gee 'n rede vir jou antwoord. (2 x 2)

(2) (6) (4)

3.2.2

3.2.3 3.2.4

Noem DRIE dinge wat deur motoriste gedoen kan word om voertuigbesoedeling te verminder. (3 x 2) Gee EEN chemikalie wat in reënwater oplos om suurreën te vorm. (1 x 2) Verduidelik waarom dit belangrik is om voertuigbesoedeling te verminder. (3 x 2)

(6) (2) (6)

Page 10: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

10

3.3 Kies 'n term/woord uit KOLOM B om by 'n beskrywing in KOLOM A te pas.

Skryf slegs die letter (A – G) langs die vraagnommer (3.3.1 – 3.3.5) in die antwoordeboek neer, byvoorbeeld 3.3.6 H.

KOLOM A KOLOM B

3.3.1 3.3.2 3.3.3 3.3.4 3.3.5

'n Omgewingsvolhoubare ekonomie Die vermoë van die mens om te lees en skryf Die morele beginsel wat mense se gesindhede teenoor hul werk beïnvloed en beheer Paaie, spoorlyne en lugweë, utiliteite en dienste, byvoorbeeld water, elektrisiteit, riolering, telefone Die toerekenbaarheid van lande of maatskappye teenoor mense, veral die minderbevoorregtes en die omgewing

A

B

C

D

E

F

G

geletterdheid infrastruktuur millennium maatskaplike verantwoordelikheid werksetiek buitelandse valuta eko-ekonomie

(5 x 2) (10) 3.4 Verduidelik elk van die volgende terme: 3.4.1

3.4.2 3.4.3 3.4.4 3.4.5

Hernieubare hulpbronne (1 x 2)Nie-hernieubare hulpbronne (1 x 2)Hulpbronontginning (1 x 2)Hulpbronuitputting (1 x 2)Hulpbronbewaring (1 x 2)

(2) (2) (2) (2) (2)

3.5 Lees die uittreksel in FIGUUR 3.5 en beantwoord die volgende vrae: 3.5.1

3.5.2

Noem DRIE redes waarom lewensverwagtingsvlakke verhoog het. (3 x 2) Hoekom word daar beweer dat 'n groot, ouer bevolking (afgetrede mense) 'n ekonomiese las op 'n land is? Gee TWEE redes vir jou antwoord. (2 x 2)

(6) (4)

Page 11: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

11

3.6 Bestudeer FIGUUR 3.6 wat die ontwikkelingsaanwysers vir sekere lande

van die wêreld aantoon en beantwoord die volgende vrae:

3.6.1

3.6.2 3.6.3 3.6.4 3.6.5 3.6.6

Verduidelik die verskil tussen die begrippe Bruto Binnelandse Produk (BBP) en BBP per kapita. (2 x 2) Identifiseer die lande met die grootste BBP en die BBP per kapita, onderskeidelik. (2 x 2) Gee 'n moontlike verduideliking waarom die land met die groot-ste BBP NIE die grootste BBP per kapita het nie. (3 x 2) Met verwysing na FIGUUR 3.6, verduidelik waarom daar na Kenia as 'n ontwikkelende land verwys word. (1 x 2) Bespreek moontlike ontwikkelingstrategieë wat ingestel kan word om Kenia se ontwikkelingsvlak te verhoog. (3 x 2) Verduidelik die verwantskap tussen welvaart en die:

(4) (4) (6) (2) (6)

(a)

(b) (c)

Sterftekoers (2 x 2)Vrugbaarheidskoers (2 x 2)Mediese dienste (2 x 2)

(4) (4) (4) [100]

VRAAG 4 4.1 Kies die korrekte woord/term tussen hakies vir elk van die volgende

beskrywings. Skryf slegs die korrekte woord/term langs die vraagnommer (4.1.1 – 4.1.5) in die antwoordeboek neer.

4.1.1

4.1.2 4.1.3 4.1.4 4.1.5

Om seker te maak dat die hulpbron bly soos dit is en nie ge-bruik word nie: (Bewaring/Behoud) Dié elektrisiteit word deur die krag van vallende water opge-wek: (Hidroëlektriese krag/Termiese elektriese krag) 'n Laag in die aarde se stratosfeer wat baie van die ultraviolet-bestraling wat die aarde vanaf die son bereik, absorbeer: (Osoonlaag/Biosfeer) Organiese materiaal wat as brandstof gebruik word, byvoorbeeld hout, hooi en diereafval: (Fossielbrandstof/ Biomassabrandstof) Die proses wat daartoe in staat is om progressief te vernietig gewoonlik deur 'n chemiese reaksie: (Erosie/Korrosie) (5 x 2)

(10)

Page 12: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

12

4.2 Bestudeer FIGUUR 4.2 oor hulpbronne en beantwoord die volgende vrae: 4.2.1

4.2.2 4.2.3 4.2.4 4.2.5 4.2.6 4.2.7 4.2.8 4.2.9

Identifiseer die tipes hulpbronne by A, B en C onderskeidelik. (3 x 2) Die osse sigbaar op die foto, word lasdiere genoem. Wat is 'n lasdier? (1 x 2) Is osse 'n voorbeeld van 'n hernieubare of 'n nie-hernieubare hulpbron? (1 x 2) Is hierdie metode van landbou algemeen in ekonomies-ontwik-kelde lande of in ekonomies-minderontwikkelde lande? (1 x 2) Sal jy die tipe boerdery wat in die foto waargeneem word as bestaans- of as kommersiële boerdery klassifiseer? (1 x 2) Gee TWEE redes, deur van bewyse uit die foto gebruik te maak, vir jou antwoord op VRAAG 4.2.5. (2 x 2) Verduidelik waarom die tipe boerdery wat in FIGUUR 4.2 ge-toon word, NIE tot die ekonomiese ontwikkeling van die land waar hierdie foto geneem is, bydra nie. (2 x 2) Die mense wat hier afgeneem is, het 'n lae lewenstandaard. Wat kan moontlik gedoen word om hulle lewenstandaard te ver-hoog? (2 x 2) Noem EEN ontwikkelingsorganisasie wat moontlik kan help om hierdie mense se lewenstandaard te verhoog. (1 x 2)

(6) (2) (2) (2) (2) (4) (4) (4) (2)

4.3 Trek 'n tabel en klassifiseer die volgende energiebronne as hernieubare of

nie-hernieubare hulpbronne: olie; hout; gas; wind; grond (5 x 2)

(10)

4.4 Bestudeer FIGUUR 4.4 wat die wêreld se geskatte fossielbrandstof-

reserwes aandui en beantwoord die volgende vrae:

4.4.1

4.4.2 4.4.3 4.4.4

Hoeveel jaar is nog oor voordat steenkool uitgeput sal wees? (1 x 2) Watter energiebron sal waarskynlik eerste uitgeput wees? (1 x 2) Wat, dink jy, sal met die prys van die hulpbron in VRAAG 4.4.2 gebeur as die reserwes skaarser begin raak? (1 x 2) Noem TWEE gebruike van steenkool. (2 x 2)

(2) (2) (2) (4)

Page 13: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou

13

4.5 Wette het mynmaatskappye geforseer om mynbougebiede te rehabiliteer. 4.5.1

4.5.2 4.5.3 4.5.4

Definieer die term rehabilitasie. (1 x 2) Verduidelik hoe mynmaatskappye ou mynbougebiede rehabili-teer. (2 x 2) Waarom is dit belangrik om ou mynbougebiede te rehabiliteer? (2 x 2) Gerehabiliteerde mynbougebiede kan goed aangewend word. Waarvoor, dink jy, kan hierdie gebiede gebruik word? (2 x 2)

(2) (4) (4) (4)

4.6 Ons gebruik verskeie kriteria, ook bekend as ontwikkelingsaanwysers, om

'n land se graad van ontwikkeling te bepaal.

4.6.1

4.6.2 4.6.3 4.6.4

Wat is 'n ontwikkelingsaanwyser? (1 x 2) Waarom is hierdie ontwikkelingsaanwysers ontwikkel? (1 x 2) Gee EEN voorbeeld van 'n ekonomiese ontwikkelingsaanwyser en EEN voorbeeld van 'n sosiale/menslike ontwikelingsaan-wyser. (2 x 2) Alle inwoners van 'n land sal nie altyd voordeel uit ontwikkeling trek nie. Waarom is dit die geval? (2 x 2)

(2) (2) (4) (4)

4.7 Lees die uittreksel in FIGUUR 4.7 van die Aardeberaad oor Volhoubare

Ontwikkeling, wat in Augustus 2002 in Johannesburg gehou is.

4.7.1

4.7.2 4.7.3 4.7.4

Verduidelik die verskil tussen ontwikkeling en volhoubare ontwikkeling onderskeidelik. (2 x 2) Waarom is dit, volgens hierdie verklaring, noodsaaklik om vol-houbare ontwikkeling te bewerkstellig? (2 x 2) Wat bedreig globale vooruitgang, sekuriteit en volhoubaarheid? (1 x 2) Een manier om volhoubare ontwikkeling te bewerkstellig, is om die stygende wêreldbevolking drasties te verminder. Verduidelik waarom dit so is. (3 x 2)

(4) (4) (2) (6) [100]

GROOTTOTAAL: 300

Page 14: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

14

Page 15: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Hierdie addendum bestaan uit 8 bladsye.

GEOGRAFIE V1

NOVEMBER 2007

ADDENDUM

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

Page 16: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2

[Bron: Focus on Geography Gr 11] FIGUUR 1.3

[BRON: Senior Aardrykskunde Standerd 10]

FIGUUR 1.4

Arend

Meerkat

Slang Padda

Kewer

Gras

Page 17: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3

[BRON: Look in Japan]

FIGUUR 1.6: SEE SLEUTEL: H.W.L: Die vlak van die water as dit hoog is L.W.L: Die vlak van die water as dit laag is

[BRON: OBE for FET Senior Geography Grade 11]

FIGUUR 1.7

Toegangstonneluitgang Bodam

Inname

Kragsentrale

Page 18: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4

FIGUUR 2.2

Miljoene bestee aan stryd om indringerplante wat die land se lewensbloed uitsuig, uit te roei

Indringerplante vervuil alreeds groot gebiede van Suid-Afrika, vanaf die sensitiewe fynbos van die Wes-Kaap, tot die grasvelde van KwaZulu-Natal en Mpumalanga. So word die lewensbloed van die land uitgesuig. Die indringers is die honderde uitheemse plante wat uit ander lande na Afrika gebring word. Weg van hulle natuurlike vyande in hul lande van oorsprong, het plante vinnig duisende hektaar van die land se beste akkerbougebiede en toeristegebiede oor-geneem en meer water as inheemse plante gebruik. (Elke boom gebruik tot 200 liter per dag.) Ten einde die verspreiding van die indringers te voorkom, het die Departement van Waterwese en Bosbou in 1995 die Werk-vir-Waterprogram geloods. Tot op hede is meer as R200 miljoen aan die opruimingsprogram bestee. Hierdie projek is daarop gemik om die land se opvangsgebiede van indringerplante te bevry. Na beraming is meer as 80 000 hekaar alreeds landwyd opgeruim sedert die begin van hierdie projek en werk is vir meer as 7 000 mense wat voorheen werkloos was, geskep, die meeste was vroue in landelike gebiede.

[UITTREKSEL VRY VERTAAL: The Star, 1998] FIGUUR 2.4

Page 19: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

5

In 1996 is 'n ligte nywerheidspark in 'n vleilandgebied agter Margate, 'n kusoord aan die suidkus van KwaZulu-Natal, opgerig. In Februarie was daar swaar reën in die binneland en besighede in die dorp het ernstige skade as gevolg van die modder en vloedwater wat deur die dorp gestroom het, gelei. Ondanks teenstand van KwaZulu-Natal Natuurbewaring, estuariese ekoloë en die Eenheid vir Mariene en Kusbestuur van KwaZulu-Natal, word 'n luukse behuisings-landgoed van 20 miljoen rand op die estuariese vloedvlakte tussen Port Shepstone en Shelley Beach ontwikkel.

[UITTREKSEL VRY VERTAAL: Geography for All] FIGUUR 2.5

FIGUUR 2.6

[Uit: The world in our hands]

[Uit: The Learning Generation – Geography Gr 11]

Page 20: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

6

[BRON: Shuter's Geography Grade 11] FIGUUR 3.2

Lewensverwagting (LV) is die gemiddelde aantal jare wat 'n individu leef. Wêreldwye lewensverwagting in 2000 was 66 jaar, alhoewel daar in verskeie Europese lande 'n lewensverwagting van in die hoë 70's was, was dit in verskeie Afrikalande in die lae 40's. 'n Hoër lewenstandaard, beter werksomstandighede, goeie voeding, goeie higiëniese toestande en goeie gesondheidsorg verhoog die lewensverwagting. 'n Hoër lewensverwagting dra tot 'n bejaarde wêreldbevolking by. In die jaar 2000 was die mense ouer as 60 jaar vir die eerste keer meer as dié van 14 jaar en jonger. 'n Groter, bejaarde bevolking sal druk op die nasionale ekonomieë plaas wanneer die getal afgetrede mense meer as die aktiewe werksmag is.

FIGUUR 3.5

Dink hieroor ... Doen die planeet 'n guns, ry 'n fiets!

Page 21: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

7

BBP in

VSA$

BBP per kapita in

VSA$

% stedel. bevolk.

GK SK TVK LV Gelet-terdheid

Dr. per persone

Voedsel-inname

Australië 623 md 30 630 85 12,8 7,4 1,8 79 100 1:345 3 150Brazilië 580 md 3 200 80 18,8 9,4 2,1 63 85 1:774 2 974Japan 4,79 bn 37 550 79 9,4 7,8 1,3 81 100 1:508 2 762Kenia 12 md 360 34 28,5 14,4 3,7 47 82 1:6 645 1 965Suid-Afrika 193 md 4 110 58 19,8 15,0 2,4 51 82 1:1 453 2 886Switserland 379 md 51 490 67 11,0 8,7 1,5 80 100 1:256 3 293Thailand 170 md 2 610 31 14,0 6,0 1,8 73 94 1: 3 553 2 506VSA 12,28 bn 41 530 77 14,7 8,7 2,0 75 99 1:341 3 772 Sleutel: BBP: Bruto Binnelandse Produk in VSA$ BBP per kapita: Bruto Binnelandse Produk per kapita (persoon) in VSA$ % stedel. bevolk.: Persentasie van die totale bevolking wat in stedelike gebiede woon GK: Geboortekoers per 1 000 bevolking SK: Sterftekoers per 1 000 bevolking TVK: Totale vrugbaarheidskoers – gemiddelde aantal geboortes per vrou in haar vrugbare jare LV: Lewensverwagting – gemiddelde aantal jare wat 'n persoon kan verwag om te lewe Geletterdheid: Persentasie van die totale bevolking ouer as 15 jaar wat kan lees en skryf Dr. per persone: Verhouding tussen die aantal dokters en pasiënte (1 dokter per ... pasiënte) Voedselinname: Daaglikse inname per persoon in kalorieë md: Miljard (duisend miljoen) bn: Biljoen (miljoen miljoen)

[DATA: Voorspellings vir 2005, The Economist] FIGUUR 3.6

[BRON: Kagiso Understanding Geography Grade 11]

FIGUUR 4.2

Page 22: FINAAL - Aardrykskunde V1 - November 2007 · Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie ... In baie boerderygemeenskappe is arende deur boere vergiftig

Geografie/V1 DoE/November 2007 NSS

ADDENDUM

Kopiereg voorbehou

8

FIGUUR 4.4 [BRON: Shuter's Geography Grade 11]

FIGUUR 4.4 Opsomming van die Johannesburgverklaring oor volhoubare ontwikkeling • Ons besef dat beëindiging van armoede, verandering van verbruiks- en

produksiepatrone en beskerming en bestuur van die natuurlike hulpbronbasis vr ekonomiese en sosiale ontwikkeling, oorkoepelende doelstellings van, en essensiële vereistes vir, volhoubare ontwikkeling is.

• Die lyn wat die menslike gemeenskap verdeel in rykes en armes en die steeds

toenemende gaping tussen ontwikkelde en ontwikkelende wêrelde, hou 'n groot bedreiging vir globale voorspoed en stabiliteit in.

[VRY VERTAAL UIT: Oxford in Search of Geography]

FIGUUR 4.7

Steenkool Olie Natuurlike Gas