gemeentenuus - ngbhmoos.co.zangbhmoos.co.za/afkondigings 5 mei 2019.docx · web viewlaat weet...
TRANSCRIPT
HartKlop Die polsslag van Bethlehem-Oos
“Hier vir God, vir mekaar en vir die wêreld”
5 Mei 2019 NG Kerk Bethlehem-Oos
Webtuiste - www.ngbhmoos.co.zaBaie welkom by vanoggend se Jeugdiens.
BETHLEHEM-OOS VANDAG:ARBEIDSONDAG
08:30 Biduur in Gebedskamer 09:00 Jeugdiens Prediker: Ds Joe Müller Skriflesing: Handelinge 2 : 14 - 21 Tema: Sluit almal in Deurkollekte: Sin. Koll. Fonds vir Middestad- &
Arbeidsbediening
10:00 Kategese
GEEN JKJA en SKJA VANMIDDAG NIE (begin 12/5)
MEELEWING:*Gesondheid van: Johan Janse van Rensburg, Annatjie Noëth, Minnie Lottering, Hanlie Keller, JC Mostert, Jan Bester, Marietjie Allwright, Suzette Hagen & Meiring de Wit.*Ons innige meegevoel aan: Rina Oeschger (seun), Lorraine & Johan Pretorius en Michelle Oeschger (broer) met die afsterwe van Hein Oeschger.*Ons bid vir: Die verkiesing & vir Suid-Afrika.
Laat weet asb. die kerkkantoor of leraars as u in die hospitaal
opgeneem word. U kan ook seker maak dat die hospitaal weet u is ‘n
NG lidmaat.BETHLEHEM-OOS HIERDIE WEEK:
Maandag: 17:30 Vrouebiduur
Dinsdag: 08:00 Personeelvergadering18:00 Leiersgroep vergadering
JEUGDie Jeug se aktiwiteite op ‘n
Sondagmiddag vind om die beurt by Efrata- & Oosgemeente plaas.
TWEEDE KWARTAAL by Oos gemeente
15:30 – 16:30 GR 1 – 6 leerders16:30 – 18:00 GR 7 – 12
leerdersDatums:
12/19/26 Mei 2019AL DIE GEMEENTE-KINDERS WORD
UITGENOOI.
SONDAG – 12 MEI09:00 ErediensSpes. Koll. Fonds vir Vrouelidmate10:00 KategeseMOEDERSDAG
OOSFEES – VRYDAG 31 MEI 2019
VANAF 16:00 – 19:00 in KERKSAAL
Ouderlinge & dienswerkers is besig om in wyke om te gaan met
Oosfeeslyste. Lidmate woonagtig in die Oos- & Weswyk moet asb. self ‘n vorm
neem.Daar is vorms in die voorportaal
beskikbaar.Voltooide vorms moet voor of op 13 Mei by die kerkkantoor ingehandig
word.
VERJAARSDAEVolgens die kerkkantoor se
rekords verjaardie volgende lidmate in die
week.Stel ons asseblief in kennis
indien u naam nie op die verjaarsdaglys verskyn nie.
05 Mei: Johan Beneke, Pierre Hattingh, Marcel Jonker, Mada Koornhof, Dries Muller, Heili Pretorius, Nixie Scholtz (81 jr).06 Mei: Louis Martin Bekker, Chrizette de Jongh.07 Mei: Percy Jonker, Tiekie van Niekerk.08 Mei: Susan Badenhorst, Monique Crause, Arno Labuschagne.09 Mei: Jannie Potgieter.10 Mei: Paul Janse van Rensburg, Sonja Landmann, Johann Vermaak (Snr).11 Mei: Lana de Kock, Elizma Kühn.
BAIE GELUK EN DIE HERE SE SEëN WORD U TOEGEBID.
BYBEL-PER-LIDMAAT PROJEK
Neem ’n houertjie by die voordeur, maak jou beursie
ligter en vul die houer. Vir elke R55 word een Bybel
beskikbaar gestel.‘n Elektroniese oorbetaling kan
ook direk in ons kerk se rekening gedoen word met
BYBEL as verwysing.Ons gemeente wil met hierdie projek poog om een Bybel per
lidmaat te borg.Sluitingsdatum van hierdie
projek is 31.10.2019.
Ds Joe woon ‘n kursus in Alberton by vanaf 06 – 11
Mei 2019.
OUDERLINGE & BEDIENINGSGROEP VOORSITTERS
Neem asb die Leiersgroep agenda wat in jou rakkie in die
konsistorie geplaas is.LEIERSGROEP VERGADERING
7 MEI OM 18:00 IN PLOEGLAND
MY DANKOFFER VIR DIE HERE
Bethlehem-Oos is dankbaar om gemeentelede soos u en u gesin, in die goeie gees van die gemeente te herken. Dit bly vir
ons baie belangrik dat die Kerk en sy aktiwiteite volhoubaar voortgaan.
Dit is vir ons van uiterse belang om die Kerk in stand te hou. Ten einde die Kerk in alle
fasette te onderhou is ons geweldig afhanklik van dankoffers. Opbrengste van die
Oosfees, asook u Dankfeesbydrae, is die enigste ander bron van inkomste vir die
Kerk.Maandelikse bydraes van lidmate word ook nie op ’n gereelde basis geïn nie,
daarom hierdie vriendelike dog dringende versoek om gereeld
maandeliks ’n dankofferbydrae in te betaal.
Lidmate wat van aftrekorders gebruik maak word vriendelik versoek om die
bedrag jaarliks te verhoog.Dankoffers kan op een van die volgende
maniere gedoen word:*Internetbetaling (meld naam & wyk nr as
verwysing.*Dankofferkoevert (beskikbaar in voorportaal of by kerkkantoor – meld wyk nr en lidnaam.
*Aftrekorder.*Inbetaling by kerkkantoor.
Hierdie gereelde loodsing sal die maandelikse kontantvloei en die bestuur van
die uitgawes baie vergemaklik, en ons in staat stel om die Kerk se uitgawes op ’n
gereelde grondslag te kan betaal.Ons wil u nogmaals bedank vir die bydrae
wat u maak tot die Kerk se roeping. Ons wil u hartlik uitnooi om deel te
word van die aksieplanne wat tans van stapel gestuur word, om die gemeente en werksaamhede in ’n goeie gees in
stand te hou en uit te brei.Ons sien uit na u deelname en
ondersteuning.Skakel die kerkkantoor vir enige navrae.
BLOMBEURTEMei: Wyk 06Junie: Wyk 07Blomme kan om 07:30 op ‘n Sondagoggend
in die kerk gesit word.Vir hulp kontak Alta Steyl by 082 809 1371.
Marina Wessels 082 824 8511 & Ann van Heerden 083 639 0543 voorsien blomme vir
‘n maand teen R250-00.
AKSIE 72NOU BETREE JY DIE SENDINGVELD
U word uitgenooi om saam met ons die Woord van God te versprei in georganiseerde uitreik-aksies wat
elke kwartaal gaan plaasvind.Ons gaan opleiding ontvang en in groepe saamwerk om sodoende gewoond te raak aan die metodes wat
gebruik kan word.Die datums vir 2019 is 19 MEI,
18 AUGUSTUS en 10 NOVEMBER.Vir meer inligting kontak vir Lea 082 922 0785.
KOEKIES & BESKUITMEI WYK 5
Wyk 5 is in Mei verantwoordelik vir koekies en beskuit.
Dit kan afgegee word by die kerkkantoor.Dit gaan uitgedeel word aan Bergprag,
CTK Pikkewynhuis en Sonskyn Dienssentrum.
U ondersteuning van die projek word waardeer!
NUWE INTREKKERSOns hoop dat u gou tuis sal voel
en maklik sal inskakel by die gemeente.
Sal u asb. u besonderhede in die “NUWE INTREKKERSBOEK” in die ingangsportaal skryf. Neem ook ‘n inligtingsvorm vir voltooiing.
Dit kan afgegee word by die kerkkantoor of gefaks word na:
058-303 4583.
HET JOU BESONDERHEDE DALK VERANDER?
* Woonadres* Kontaknommer (Sel, huis of werk)* E-pos adresKontak asb. die kerkkantoor: tel/faks 058-303 4583
of e-pos na: [email protected]
GEMEENTE-BESONDERHEDELeraars:Ds André KoenigSel: 082 780 4021Tel: 058-303 [email protected]
Ds Joe MüllerSel: 082 337 6442Tel: 058-303 [email protected]
Sake-Bestuurder & Koster:Alta Smit: 058-303 4583 (Kantoor)Musiekdirekteur:Jeannette Jacobsz: 083 330 7346
Tel/Faks: 058-303 4583E-pos: [email protected] Adres: Posbus 497, Bethlehem, 9700Webwerf: www.ngbhmoos.co.zaFacebook: NG Kerk Bethlehem-OosGPS Koördinate: S28°14.642
O28°19.169Kantoorure: 10:30 – 13:00 Maandae
08:00 – 13:00 Dinsdae-VrydaeBankbesonderhede: NGK Bethlehem-Oos
Absa Bank Bethlehem Tjekrek. 770580072
Takkode 502233 Verw.: Naam & Wyk nr.
GEDENKMUUR / NISSIESNissies kan aangekoop word teen
R1 000-00 per nissie. Bring asseblief u Identiteitsdokument saam.
Kontak die kerkkantoor vir navrae.
KERKKANTOOR-UREGeliewe daarop te let dat kantoor-ure vir die
publiek as volg is:Maandae: 10:30 – 13:00Dinsdae tot Vrydae: 08:00 – 13:00
Kantoor is GLAD NIE vir die publiek in die middae oop nie!!!
Baie dankie vir u samewerking.
HARTKLOPEnige afkondiging wat u op die
Hartklop wil plaas moet voor of op ’n Donderdag 12:00 by die
kerkkantoor ingegee word om die betrokke Sondag te kan verskyn.
MOEDERSKAMERDie Moederskamer is net vir
MAMMAS. GEEN PAPPAS asb!
Pappas & Mammas wat wil saam sit gebruik asseblief die GESINSKAMER.
KLUB 70 (vir alle lidmate 65 jr en ouer)
WAT? ’n Uitstappie na een van
Bethlehem se voorstede ....!WANNEER? 29 Mei 2019VERTREK? om 10:00 vanaf die kerk
Vervoer word verskaf.TERUGKOMS? vóór 13:00KLEREDRAG? gemaklik, informeelANTWOORD? Helena Kriel (058-303 0249)
(084 553 3299)
Kerkkantoor (058-303 4583)
KOM ONS GAAN VERF PAUL ROUX ROOI!
TEESKINK BEURTETeedrink geleentheid vir die gemeente
direk na die erediens in Ploegland. Almal welkom!
05 Mei: Annette Wessels12 Mei: Zantel Swanepoel
VOORDEUR DIENSBEURTE05 Mei: Abrie Theron
Okkie Meyer12 Mei: Ben Jacobs
Piet RheederPieter BosmanHerman Wessels
SNR BYBELSTUDIEAlle Senior Burgers van die
gemeente word hartlik uitgenooi na die Senior Bybelstudie geleenthede.Woensdae om 08:30 in Ploegland.Kontakpersoon: Ds André 082 780
4021.
BETHLEHEM ROTARY CLUB PROJEKINSAMELING VAN BAADJIES & WARM
KLEREOns doen ’n beroep op die gemeenskap om ou
winterbaadjies en warm klere (mans & vroue) te skenk om aan minderbevoorregte mense die winter
uit te deel. Donasies kan afgegee word by:Bethlehem-Oos Kerkkantoor of by
Diesel Electric, Kerkstr 26, Bethlehem.Ons is ook bereid om donasies op te laai –
Herman Wessels – 082 572 0754.V R O U E B E D I E N I N
GVROUEBIDUUR
6 Mei 2019om 17:30 in PLOEGLAND
HUISWERKERSBIDUUR16 Mei 2019
om 15:00 in PLOEGLAND
OMGEEGROEPEWIL JY GRAAG MEER MENSE IN
DIE GEMEENTE LEER KEN?
Sluit aan by ‘n Omgeegroep.Kontakpersoon: DS JOE
082 337 6442.
HULP WORD BENODIGKathleen Mostert is dringend opsoek na
iemand om haar in die oggende te help om haar seun (55 jr) te help versorg.
Dit behels bed was en verskuif vanuit bed na ’n stoel.
Adres: Blesbokstraat 6A. Vir meer inligting skakel haar by
058-303 2774 of 078 399 8047.
KOSKOEPONSPersone en/of besighede wat koskoepons
(R24) wil aankoop word genooi om Justin of Hesta Hatting te kontak by 082 921 5420.
Koepons is ook by die kerkkantoor beskikbaar.
Die projek behels die uitgee van koepons aanbehoeftiges wie dit dan kan indien vir
wegneemetes by ’n plaaslike restaurant.KLUB 70
Dit is alle lidmate van ons gemeente bo die ouderdom van 65 jaar, wat afgetree is en die aktiwiteite wat
ons aanbied, kan bywoon.Kom geniet tee’s etes en uitstappies saam met ons. As jy enige voorstelle
of navrae het kontak asb. vir Helena Kriel by
084 553 3299.
MY DANKOFFER VIR DIE HEREDankoffer is ’n opdrag van God. Jesus leer ons in Markus 12:41-44 dat ons dankoffers en ons hart (ons verhouding met die Here)
by mekaar moet uitkom. In die Ou Testament is die beginsel ’n tiende van jou
oes (inkomste). In die Nuwe Testament, word ons in 2 Korintiërs 8 opgeroep om
volgens vermoë te gee. Mag ons offers getuig van ons
dankbaarheid teenoor die Here vir Sy sorg en voorsiening in ons lewens.
BAIE DANKIE VIR ELKEEN SE GETROUE BYDRAE.
DANKOFFERKOEVERTE IS BESKIKBAAR BY DIE DEURE.
DANKOFFERSDankoffers kan op een van die
volgende maniere gedoen word:*Internetbetaling (meld naam & wyk nr. as verwysing).*Dankofferkoevert (beskikbaar in voor- portaal of by kerkkantoor – meld wyk nr & lidnaam).*Aftrekorder.*Inbetaling by kerkkantoor.As u nie seker is oor u wyknommer nie,
skakel asb die kerkkantoor 058-303 4583.
BIBLIOTEEK (in Gebedskamer)Die biblioteek word ook as ‘n
Gebedskamer na die erediens gebruik. Indien deur toe is met ‘n “besig met
gebed” bordjie wag asb. net tot die deur oop is as jy boeke wil uitneem.Kom besoek gerus die biblioteek en
verryk jouself met interessante leesstof.
Navrae: Alida Vermeulen 082 625 4285.
ONDERSTEUNINGSGROEPEIs jy deur ‘n egskeiding of het jy iemand aan
die dood afgestaan?As jy voel jy het ondersteuning nodig kontak
asseblief vir Ds André (Divorce Care) by 082 780 4021 en vir Lea (Griefshare) by
082 922 0785.