god s wat vir ons g idownload.branham.org/pdf/afr/afr52-0900 gods way thats...groter as wat hy is...

29
GOD SE W EG W AT V IR ONS GEMAAK IS Saam nou, hou dit omhoog, baie groot nou. Genade onbeskryflik groot! Hoe soet die klank, Wat ’n ellendeling soos ek gered het! Ek was eens verlore, maar nou is ek gevind, Was blind, maar nou sien ek. Laat ons ons hoofde nou buig. 2 Ons Hemelse Vader, ons dank U vir die groot voorreg wat ons het om na U toe te kom. Eerstens, ons kan nie kom behalwe deur Christus nie. So daarom plaas ons Sy Naam voor ons gebed. En dan weet ons, deur Sy Woord, dat U dit sal antwoord, want ons vra dit in Sy Naam. Geen geregtigheid van ons eie nie, niks wat ons besit wat ons kon doen nie; maar alleen deur genade kom ons, en vra in Christus se Naam. 3 Vader, daar mag baie mans en vroue hierbinne wees, rondom hierdie gebou vanaand, wat sondaars is. U het gesterf vir die sondaar. Mag hierdie die aand wees dat God sal praat met hulle hart en hulle roep deur Sy genade, in die Koninkryk in. Skenk dit, Vader. Miskien het hulle menige jaar vermors, deur rond te dwaal in sonde, maar mag hierdie die uur wees. 4 Dank U, Here, vir Billy Paul vanaand. My arme, klein moederlose seuntjie, rondgegooi. Dankie, Here, deur vir hom die Heilige Gees te gee, as versekering nou, sal ons een glorieryke dag weer vir mamma sien, alle dinge is reg, sal reg wees. O God, laat die Engele haar vandag laat weet. Sy het so gehuil by haar sterfte, dat: “Dien God…eendag sou Billy Paul ’n man wees en die Heilige Gees ontvang.” Gebede word beantwoord. God, seën die seun nou. Mag hy volg in die voetstappe van die Meester. Hoe sy klein stemmetjie gebewe het, toe hy gesê het: “Pappa, ek het pas die Heilige Gees ontvang. Ek is so bly.” 5 God, mag dit die ondervinding wees van—van elke onwedergebore persoon hier vanaand. Mag hulle vanaand die Heilige Gees ontvang. Ons enige sonde gedoen het, vergewe ons, Here. Genees die siekes. Troos die gebrokenes van hart. 6 En nou, Here, weet ek nie eens waar om te begin, om vanaand te praat nie, maar U sal voorsien. Ek glo U, en ek vra dat U ons iets sal gee wat die mense sal help, want ons vra dit in Sy Naam. Amen.

Upload: others

Post on 03-Jan-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

GOD SE WEG

WAT VIR ONS GEMAAK IS

Saam nou, hou dit omhoog, baie groot nou.

Genade onbeskryflik groot! Hoe soet die klank,

Wat ’n ellendeling soos ek gered het!Ek was eens verlore, maar nou is ek gevind,Was blind, maar nou sien ek.

Laat ons ons hoofde nou buig.2 Ons Hemelse Vader, ons dank U vir die groot voorreg wat ons het om na U toe te kom. Eerstens, ons kan nie kom behalwe deur Christus nie. So daarom plaas ons Sy Naam voor ons gebed. En dan weet ons, deur Sy Woord, dat U dit sal antwoord, want ons vra dit in Sy Naam. Geen geregtigheid van ons eie nie, niks wat ons besit wat ons kon doen nie; maar alleen deur genade kom ons, en vra in Christus se Naam.3 Vader, daar mag baie mans en vroue hierbinne wees, rondom hierdie gebou vanaand, wat sondaars is. U het gesterf vir die sondaar. Mag hierdie die aand wees dat God sal praat met hulle hart en hulle roep deur Sy genade, in die Koninkryk in. Skenk dit, Vader. Miskien het hulle menige jaar vermors, deur rond te dwaal in sonde, maar mag hierdie die uur wees.4 Dank U, Here, vir Billy Paul vanaand. My arme, klein moederlose seuntjie, rondgegooi. Dankie, Here, deur vir hom die Heilige Gees te gee, as versekering nou, sal ons een glorieryke dag weer vir mamma sien, alle dinge is reg, sal reg wees. O God, laat die Engele haar vandag laat weet. Sy het so gehuil by haar sterfte, dat: “Dien God…eendag sou Billy Paul ’n man wees en die Heilige Gees ontvang.” Gebede word beantwoord. God, seën die seun nou. Mag hy volg in die voetstappe van die Meester. Hoe sy klein stemmetjie gebewe het, toe hy gesê het: “Pappa, ek het pas die Heilige Gees ontvang. Ek is so bly.”5 God, mag dit die ondervinding wees van—van elke onwedergebore persoon hier vanaand. Mag hulle vanaand die Heilige Gees ontvang. Ons enige sonde gedoen het, vergewe ons, Here. Genees die siekes. Troos die gebrokenes van hart.6 En nou, Here, weet ek nie eens waar om te begin, om vanaand te praat nie, maar U sal voorsien. Ek glo U, en ek vra dat U ons iets sal gee wat die mense sal help, want ons vra dit in Sy Naam. Amen.

Page 2: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

2 DIE GESPROKE WOORD

7 Net vir ’n klein Skriflesing hier, in Jesaja 35, wil ek graag lees. Want, my woorde sal faal; God se Woord sal nooit faal nie. Daarom, is geen—geen diens volledig sonder die voorlesing van die Skrif eers nie.

Die woestyn…die dor lande sal bly wees, en die wildernis sal juig en bloei soos ’n narsing;

dit sal lustig bloei en juig, ja, in die gejuig…gejubel; en heerlikheid sal na Libanon toe kom…aan hom gegee, die sieraad van Karmel en Saron; hulle dáár sal sien die heerlikheid van die HERE, die sieraad van onse God.

Versterk die slap hande en maak die struikelende knieë vas. Sê aan dié wat vervaard is van hart: Wees sterk, moenie bevrees wees nie! Kyk, julle God kom met wraak, met goddelike vergelding; Hy Self sal kom en julle verlos.

…hy sal open,…die ore van die dowes ontsluit word.

Dan sal die lamme spring soos ’n takbok, en die tong van die stomme sal jubel; want in die woestyn breek waters uit en strome in die wildernis.

En die gloeiende grond sal ’n waterplas word, en die dorsland fonteine van water;… die plek van die drake waar hulle gelê en rus het, is gras met riete en biesies.

En dáár sal ’n grootpad wees en ’n weg… heilige weg; geen onreine sal daarop voorttrek nie, maar vir húlle sal dit wees; wie die weg bewandel, selfs die dwase sal nie dwaal nie.

Dáár sal geen leeu wees nie, en geen verskeurende dier sal daarop kom, of daar aangetref word nie; maar die verlostes sal daarop wandel;

en die losgekooptes van die HERE sal teruggaan en na Sion kom met gejubel en ewige vreugde sal op hulle hoof wees; vreugde en blydskap sal hulle verkry, maar kommer en gesug vlug weg.

8 Mag die Here Sy seën toevoeg tot die lees—lees van Sy Woord. Ek wil vanaand net ’n paar oomblikke met julle praat, as God wil. Ek sal my horlosie hier dophou, dat ek julle nie te lank hou vanaand nie.9 Nadat deur die dienste van hierdie week, mense probeer wys het dat daar geen rede is om bang te wees nie. Die ergste ding wat die duiwel op jou kan plaas, is vrees. As jy selfs ’n kanker gehad het en nie gevrees het nie, en geglo het God sou jou genees, sou jy nie in te ’n slegte toestand wees nie. God sorg

Page 3: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

GOD SE WEG WAT VIR ONS GEMAAK IS 3

daarvoor; as jy siek was, wat dit ook al is, as jy nie gevrees het nie. So vrees is een van die ergste dinge wat Satan op die persoon kan plaas.10 Nou, hierdie week het ek probeer bewys, deur die Skrif, dat die mens wat wedergebore is uit die Koninkryk van God, niks het om te vrees nie. Jy’s absoluut, veilig bewaar in Jesus Christus. “Almal wat die Vader My gegee het,” het Hy gesê: “sal na My toe kom. Geen mens kan kom behalwe as die Vader roep nie. Die Vader moet hom na My toe lei; en hy wat na My toe kom, sal Ek op geen manier uitwerp nie. En al die…Geen mens kan hulle uit My Vader se hand pluk nie; geen mens is groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe; sal nie in die oordeel kom nie, maar het oorgegaan uit Lewe…uit dood na Lewe. Hy wat My vlees eet en My Bloed drink, het,” nie sal hê nie: “maar het,” teenswoordige tyd: “ewigdurende Lewe, en Ek sal hom oprig in die laaste dag.”11 “Bedroef daarom nie die Heilige Gees van God, waarmee julle verseël is tot die dag van julle Verlossing nie.” Daar het julle dit. “Verseël tot die dag van julle Verlossing.” Nie net vanaf een herlewing tot ’n ander nie, maar tot die dag van julle Verlossing.12 Goeiste, hoe die Heilige Gees ingekom het vanmôre, en ons daarop geseën het! Ons gehou tot een dertig, vanmôre, van omtrent nege dertig af. Hoe Hy ons geseën het!13 Nou, vanaand, wil ek praat oor ’n…Jesaja het hier gesê: “Daar sal ’n grootpad wees, en ’n weg van heiligheid.” Nou ek wil praat oor: “God se weg,” God Se Weg Wat Vir Ons Gemaak Is.14 Nou, as ek na New York Stad sou gaan, is die beste ding vir my om te doen om nie te probeer vind, geografies, hoe ek geplaas is en noordwaarts wegspring nie. Maar die beste manier om te maak, is om ’n kaart te kry en die kaart te volg, (is dit reg?) ’n grootpad. As ek dit nie doen nie, raak ek in die moeilikheid.15 Daar is geen kortpaaie in God se Koninkryk nie. Julle weet, ons probeer ’n kortpad maak, ons gaan hier in ’n dammetjie iewers en word vuil. En dis wat ons doen wanneer ons die goeie ou hoofweg van God byster raak. God het ’n pad gemaak, ’n weg.16 Toe die kinders van Israel uit Egipteland uitgekom het, het hulle God se pad gevolg. Dit het gelei na die Rooi See. Vreemd, dat God Sy pad soontoe sou lei. Maar Sy pad het regdeur die see gegaan.17 So toe die tyd aangebreek het, en die konfrontasie, en Israel daar voor die see gestaan het, het God se pad oor die

Page 4: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

4 DIE GESPROKE WOORD

see gelei. So God het afgekyk deur die Vuurkolom, die see het bang geword en teruggetrek, en Israel het oorgegaan op droë grond. God se pad het daar deurgelei.18 Toe het Hy reg tot by die wildernis gegaan, tot in die fontein van Mara: “bitter” water. Is dit nie vreemd dat God Sy kinders deur bitter water sou lei nie? Maar dit gaan alles saam met die pad. Maar toe Hy daar was, het die oplossing vir die bitter waters op die oewer gestaan. Moses het ’n boom afgekap en dit in die water gegooi, en weer soet geword.

Party deur die waters, party deur die vloed,Party deur diep beproewinge, maar almal

deur die Bloed.19 Dis hoe God Sy kinders lei; God se pad, God se voorsiende weg. As die kinders van Israel sou probeer verbygaan, en rondom gaan, af hiernatoe, sou hulle in die moeilikheid beland het. Hulle moes die Wolk van Vuur, die Vuurkolom, volg wat hulle gelei het. Hulle het Dit gevolg.20 En as die Kerk, vanaand, net die Vuurkolom, die Heilige Gees, wou volg, sal julle by Kanaän uitkom, so seker soos enigiets. God het ’n weg, ’n voorsiende weg.21 Daar’s twee weë wat ’n man kan volg, en dis sy weg of God se weg, en dis die regte weg, of die verkeerde weg. En jou weg is altyd die verkeerde weg, en God se weg is die regte weg. En jy kan nie in jou eie weg en in God se weg wees, terselfdertyd nie, so jy moet uit jou eie weg uitkom, sodat God Sy eie weg in jou kan hê. Dis reg. God maak ’n voorsiende weg.22 Die mens wou altyd sy eie weg maak. In die tuin van Eden, het God ’n mens gemaak sodat hy nie hoef te werk vir enigiets nie. God het hom volmaak gemaak, maar die mens wou sy eie weg hê. Hy wou peuter. Hy wou uitvind. En toe, die oomblik toe hy geval het…Ons het daardeur gegaan hierdie week, in die studies van die Skrif. Hy het vir homself ’n godsdiens gemaak. Hy het nie vir God gewag om vir hom een te maak nie. Hy het self een gemaak, maar hy het uitgevind dat sy godsdiens, sy bedekking, nie sou werk nie. Dit was altyd die mens. Hy wil sy eie weg hê. Maar God het ’n weg. So die mens het vyeblare gemaak en hulle oor hom gesit, hy en sy vrou, maar, toe hy afgekom het om God te trotseer, het hy uitgevind dit sou nie werk nie.23 Ek sê julle, vriende, daar was menige man, en is vanaand, wat by die afkom na die einde van die pad, sal uitvind dat daardie klein vlak godsdiens waaraan julle vashou, nie sal werk nie. Niks minder as om wedergebore te wees, sal werk nie. Jesus het gesê: “Behalwe as ’n mens wedergebore is uit water en Gees, sal hy op geen manier in die Koninkryk ingaan nie.” Geen manier, maak nie saak of hy ’n Metodis, Baptis, Presbiteriaan is, wat hy ook al is nie, hy sal nie ingaan, totdat

Page 5: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

GOD SE WEG WAT VIR ONS GEMAAK IS 5

hy gebore is uit water en Gees nie. Gebore beteken “hy’s verander.” Hy moet sterf voordat hy gebore kan word. So jy moet sterf vir jouself, wedergebore word, weer, in Christus Jesus. Dis reg.24 Nou wil ek hê julle moet oplet, hy het homself bevind aan die probeer om sy weg te maak. Ons het gehad, vanmôre, hoe Kain sy weg probeer maak het. Hy het ’n paar appels en pere en perskes en pampoene, wat dit ook al was, afgebring, dit op die altaar gelê en gesê: “Nou daar, Here, ek het ’n altaar gebou. Ek het ’n kerk gebou. Ek’s ’n goeie kerklidmaat.” Sien? “Ek gaan elke dag kerk toe. Ek het hier gekom, die altaar gebou. Ek het die offer daarop gesit. Nou gaan ek neerkniel en bid. En nou, Here, wil ek hê U moet my ontvang.” Maar God het hom geweier.25 En daardie selfde ou godsdienstige gees lewe reg onder die kerk vandag, die einste ding, net so godsdienstig soos dit kan wees, en weet niks meer van God as wat die Hottentot sou weet van ’n Egiptiese ridder nie. Julle weet dis die waarheid. Godsdienstige geeste! Moenie dink dat Stalin die anti—chris is nie. Die Bybel het gesê: “Die twee geeste sou so naby mekaar wees, die einste Uitverkorenes sou mislei indien moontlik.”26 Ons vind uit dat Judas Iskáriot reg afgekom het, en uitgegaan het en gejuig het en die Evangelie gepreek het; teruggekom het, gillend en skreeuend, en ’n lekker tyd saam met die res van die dissipels gehad het. Matthéüs die 10de hoofstuk. Maar hy het saam met die dissipels gevolg, tog, die vleesgeworde duiwel, en reg saamgekom; soos Jesus die vleesgeworde God was; die Kain en die Abel uit die tuin van Eden. Maar toe dit tyd geword het vir hom om op te gaan na Pinkster, en die seëning te ontvang, het hy sy kleur gewys.27 En wanneer jy begin praat oor om wedergebore te wees, ontvangs van die doop van die Heilige Gees, sal daardie geeste nege uit elke tien keer, hulle kleure wys, wat hulle is. Hulle sê: “Dis ’n klomp fanatisme. Los dit uit.” Broer, dis God se voorsiende weg vir die mens vandag. Halleluja!28 Kyk, God het altyd ’n voorsiende weg gemaak. God is onder verpligting om ’n weg te maak. God maak ’n weg vir die natuur. Hoekom het ons hierdie groot vloede deur die land? Al die hout en dinge afsny soos daardie, haar laat wegspoel. Julle bou ’n dam hieronder en vul die rivierbodem op; daar gaan sy, die water. Julle meng in met die natuur. God het ’n voorsiende weg. Dis wat die vloed veroorsaak. Enigiets waarmee die mens peuter, wat God volmaak gemaak het, dan maak julle dit on—volmaak. Dis reg.29 Nou, net soos, byvoorbeeld, soos die—die eende. Ek hou daarvan om die eende dop te hou, van seisoene wanneer ek gaan jag bo in die berg. Ek sal daarbo wees in die herfs van

Page 6: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

6 DIE GESPROKE WOORD

die jaar. Wel, daar kom die eende almal uit Louisiana en daaronder, en onder in die moerasse. En gaan op noordwaarts en hulle vestig, maak ’n nes en maak hulle klein eendjies groot. Dan staan die klein kêreltjies op, word miskien rondom September, hierdie tyd van die jaar, of laat September. En dan die klein ou eendjie, klein mannetjies eend, hy was nooit van daardie dam af nie. Hy’s net reg daar in ’n dam.30 Naderhand vlieg die ryp daar bo—op die berg. ’n Bietjie sneeu tref daarbo, en ’n koue bries waai onder oor daardie berg. Daardie klein ou eendjie voel dit. Nou hy was nooit nêrens behalwe op daardie dam nie, hy is nog nie ’n jaar oud nie. Hy steek sy kop op in die lug, daardie klein trompetter, en hardloop uit in die middel van die dam, en gaan “honk—honk,” elke eend op die dam sal na hom toe kom. Elke eend op die dam weet dat hy ’n gebore leier is. En daardie ou eendjie sal opstyg van daardie dam af, sonder ’n kompas of enigiets anders, en net so reguit na Louisiana gaan, na die rysvelde, as wat hy kan gaan.31 Lyk asof Christene eendeverstand behoort te hê, in elk geval. Is dit nie? Dis reg. Reg.32 Hoekom? Jy sê: “Dis instink.” Nee, hulle gaan God se voorsiende weg. God het vir hulle ’n weg gegee, ’n instink om hulle soontoe te lei, en hulle glo dit.33 Maar, God het die mens die Heilige Gees gegee, en hy verwerp Dit, het sy eie weg. Maar God het ’n voorsiende weg vir ons. Halleluja! Ek voel soort van godsdienstig vanaand, hierna, en daardie paar aande van herlewing.34 Let op, daar is dit. Ja, meneer. Daardie klein eendjie sal soontoe gaan.35 En ek sal julle iets anders sê. Julle gaan hier uit na ’n koerant; sê: “Môre gaan dit mooiweer wees.” En julle gaan jag, en hou daardie konyne dop wat gaan sit in daardie gras. Julle moet nie geïnteresseerd wees in daardie koerante nie.36 Julle sien daardie ou sog die mielieblaar afbreek, van die noordekant van die heuwel, en hulle oorkant neem, na die suidelike kant van die heuwel toe, en vir haar ’n—’n bed maak oorkant op die suidelike kant van die heuwel. Sy weet meer daarvan as al die koerantkommentators in die wêreld. Reg. Sy het ’n instink. Sy gaan om op die suidelike kant, om te skuil van daardie koue noordewind wat afkom. [Broer Branham klop verskeie kere op die preekstoel—Red.] O, goeiste!37 As ’n vark genoeg verstand het om te skuil van die bries, wat van julle met die Heilige Gees? Halleluja! Dis jou instink. Ja, meneer.38 En God het vir hulle ’n instink gegee. Dis God se voorsiende weg vir hulle. Hulle lewe in God se voorsiende weg.

Page 7: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

GOD SE WEG WAT VIR ONS GEMAAK IS 7

39 Jy neem ’n blom, wanneer hy sterf en afgaan in die grond. Nie sy einde nie; hy lewe weer. God het ’n voorsiende weg vir hom gemaak, en hy glo daarin.40 God het altyd ’n voorsiende weg gemaak. Partymaal lei dit nie deur aangename dinge nie. Partymaal gaan dit deur die swaarkry, maar dis God se voorsiende weg. God maak dit, in elk geval.41 Eenkeer het Hy ’n man gehad in God se voorsiende weg, hy moes ingaan, deur ’n leeukuil, maar hy het God se voorsiende weg gegaan. God het hom weer uitgebring. Halleluja!42 Ek kan ’n paar Hebreeuse kinders daar sien sit in Babilon een oggend. Hulle het geweier om te buig voor ’n afgod. Dis reg. Hulle het gesê: “Ons sal dit nie doen nie. Maak al die musiek wat julle wil, en blaas julle kornette en trompette, maar ons sal nie buig voor julle afgod nie.” Halleluja!43 Gee ons nog Sadrag, Mesag, en Abednégo’s, (ja, meneer) wat nie sal buig voor julle wêreldse goed nie. Ons hoef nie daarvoor te swig nie. God het ons vrygemaak, deur die Heilige Gees. Halleluja! Ja, meneer.44 Nou kan ek sien daaronder, een oggend. Laat ons—laat ons—laat ons ons kameras soontoe draai ’n oomblik, en kyk en sien. Ek kan daardie seuns daaronder sien, een oggend. Hulle het gesê: “Nou kyk, die koning het gesê: ‘Elkeen wat nie neerbuig nie, hom gaan ons in die vuuroond gooi.’”45 En hulle het gegaan en deurgebid, een nag. Die volgende dag, toe die geklank gekom het dat hulle moes buig voor die beeld, wel, het hulle hulle rug daarop gedraai. So hy het verbygekom, gesê: “Kêrels, het julle dit gedoen?” “Ja.”46 “Wel, ons sal die vuuroond warm maak, sewe keer warmer as wat dit ooit was.”47 Nou is dit nie vreemd nie! Daar was ’n loopplank wat hierbuite gelê het, wat tot by die mond van die vuuroond gegaan het.48 Oral oor Babilon was rooi daardie oggend, die vuur wat raas. Ek kan Koning Nebukadnésar sien, soos ’n moderne man vandag, sit hy daarbuite en het gesê: “Nou sal ons net daardie Heilige Gees godsdiens uit daardie kêrels brand.”49 O, ja, moenie dink die duiwel sal jou nie brand nie. Hy sal beslis. Maar, onthou, die Heilige Gees is Vuur Self.50 Nou, wil hê julle moet dophou, God se weg het reg met daardie loopplank opgelei. Ek kan Sadrag, Mesag, Abednégo, die dodemars sien loop. Ek kan Sadrag hoor sê: “Abednégo, het jy deurgebid?” “Ja.”

Page 8: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

8 DIE GESPROKE WOORD

“Goed, dan.”

“Is jy seker jy’s in God se weg?”51 “Ja, meneer. En God het vir ons gesê in Sy Woord om nie te buig voor afgode nie, en ons sal dit nie doen nie. God is in staat om ons te verlos uit hierdie vuuroond. Maar as Hy dit nie doen nie, wat daarvan. Ons gaan nie buig nie. Ons gaan God se voorsiende weg.”52 Ek kan iemand hoor sê: “Is jy seker jy het God se voorsiende weg?”

“Ja.” Halleluja!53 Party sê: “Wel, dink julle nie al daardie mense kan moontlik reg wees, in plaas van julle nie?”54 “Nee, meneer. Die Bybel het so gesê en ons bly Daarby.” Reg op met die loopplank het hulle gegaan. Ek kan…Die hitte net so…Die intense hitte was amper…Dit het die manne doodgemaak wat hulle nadergebring het.55 Hulle is net omtrent gereed om in te stap. God het nie ’n woord gesê nie. Hulle bewandel steeds die voorsiende weg. Reg tot by die mond van die vuuroond geloop. Net omtrent tyd dat hulle gereedgemaak het om in die vuuroond in te stap…Julle weet, ek het nou ’n baie swart prentjie hier voor my. Mense wat getrou aan God probeer lewe, wandel in God se voorsiende weg; gereed om verbrand te word. Wat ’n prentjie!56 Let op, die heeltyd wat daar iets aan die gang is hieronder, is daar iets aan die gang Daarbo, terselfdertyd. Laat ons ’n bietjie Daarbo kyk, en sien wat aangaan. Ek kan Hom daar sien staan, en Sy prinslike mantels om Hom. Halleluja! Ek kan sien, die eerste ding, van die regterkant af, kom ’n yslike groot Engel, genaamd Migael. Hulle het Een daarbo. Het julle dit geweet? Ek kan Hom hoor ophardloop langs Sy sy daar, sê: “Meester!” Ek kan Hom Sy swaard sien uithaal uit Sy skild, soos hierdie, en sê: “Het U afgekyk na Babilon vanmôre? Daar is manne wat God se voorsiende weg bewandel. Daar is manne wat gewillig is om hulle getuienis te verseël vanmôre. Ons broers is net gereed om verbrand te word.” Ek kan Hom hoor sê: “Laat My afgaan soontoe! Ek sal die prentjie verander.” Ek glo Hy kon dit doen; ek glo.57 Ek kan Hom hoor sê: “Nee, kan jou dit nie laat doen nie. Gabriël, Jy was ’n…Of, Migael, Jy was ’n baie goeie Engel. Gaan, sit jou swaard terug, staan op aandag daar.”58 Hier kom nog ’n Engel. Hy word Alsem genoem; maak die waters bitter. Hier kom Hy op, het gesê: “Meester, kyk daaronder. Ek het al die beheer van die waters. U het dit aan My gegee in die sondvloed vernietiging, en ek het die hele

Page 9: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

GOD SE WEG WAT VIR ONS GEMAAK IS 9

wêreld weggewas, almal behalwe Noag en sy mense. Nou,” het Hy gesê: “laat My afgaan soontoe en Ek sal Babilon van die kaart afwas.”59 Ek kan Hom hoor sê: “Alsem, Jy kan dit doen, dis reg, maar Ek kan Jou nie laat gaan nie. Dis ’n werk vir ’n man.”60 O, ek kan Hom sien opstaan, soos dit. Hulle’s net gereed om die laaste treë te neem. Ek kan Hom sien oorreik daar en sê: “Kom hier,” aan ’n groot donderwolk wat daaragter hang. O, goeiste! Dit het Hom gehoorsaam.61 Ek kan Hom sien, om Hom te hoor sê: “Oostewind, Noord, Wes, en Suid, kom hier en dra hierdie donderwolk. Ek gaan julle dryf soos perde. Ek gaan op hierdie donderwolk sit, vanmôre, soos ’n strydwa. Ek gaan na Babilon toe, Self.” Halleluja!62 Ek kan Hom sien opreik en ’n sig—sag weerlig beetkry en dit laat straal oor die lug, soos daardie; net soos hulle hulle laaste treë neem, wandel in God se voorsiende weg. En omtrent die tyd wat hulle daarbinne getref het, het Hy verby die See van Lewe gegaan en ’n palm opgetel, en Hy het daaronder gestaan en die bries van hulle weggewaai. Halleluja! Hy is altyd daar wanneer mense God se voorsiende weg bewandel. Ja, meneer.63 Eenkeer was daar ’n ou “kamma” prediker, ’n ou heiligheidsprediker destyds, ’n lang tyd gelede, met die naam van Noag. Hy het gesê: “Julle weet, dit gaan reën, gaan ’n storm kom.”64 Ek kan die mense hoor rondgaan en sê: “Sê, hoor julle daardie ou holy—roller daarbo? Hy het gesê: ‘Dit gaan reën.’ Tog, dit het nooit gereën op die aarde nie. En dit gaan reën? Hoe, waar sal daardie water vandaan kom? Wel, laat ons die wetenskap gaan uithaal en uitvind of daar enige water daarbo is. Wel, nee, daar’s geen water daarbo nie. Wat’s die probleem? Daardie ou prediker is van sy kop af.”65 Maar God het so gesê! God het gesê: “Berei ’n ark voor, Noag, vir die redding van jou huisgesin, vir die redding van die mense.” En Noag het net genoeg verstand gehad om dit te doen. Dis al. Hy het gekom en die ark voorberei.66 En eendag, hoor ek party van hulle onder op die hoek, wat praat, onder by die besigheidshoek. Party van hulle sê: “Haai, wat van daardie reënstorie daarbo, daardie ou kammaprediker wat daarvan praat dat dit gaan reën daarbo? Het julle ooit van so—iets gehoor? En hy dink hy’s in God se voorsiende weg.” Hy was. Amen.67 Die eerste ding wat jy weet, daar kom ’n gedonder en ’n geblits. Ek kan die ou, groot, ou, mamma kameel daarbuite, sien opkyk en sê: “Pappa Kameel, het jy gehoor wat daardie

Page 10: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

10 DIE GESPROKE WOORD

was? Dit was donderweer. Dis wat Noag gesê het. Laat ons by die ark kom.” Onder oor die heuwels het hulle gegaan. En hier kom pappa perd en mamma perd, en al die res van die pare, reg in die ark in, een vir een. God het die deur toegemaak, die reën gestuur. Noag was in God se voorsiende weg.68 Party van hulle het op stompe geklim, gesê: “Ek sal deurdryf.” Maar ek sal julle sê, toe die storms begin woed, het die ark opgegaan. Halleluja! Hoekom? Hulle was in God se voorsiende weg. God sal altyd mense seën wat in die weg sal wandel wat Hy voorsien. Hy het nooit ’n stomp voorsien nie. Hy het nooit hierdie voorsien nie. Hy het ’n ark voorsien.69 En, vandag, my broer en suster, is daar ’n weg voorsien vir mans en vroue, dis deur Jesus Christus die Seun van God, Wie oorkant op Gólgota gesterf het, en deur Sy Bloed het ons vergifnis van sonde; en kan die doop van die Heilige Gees ontvang, as goedkeuring van God, dat Hy ons aanvaar het in Sy Seun, Christus Jesus. Veilig bewaar! Halleluja!70 Gaan my ’n holy—roller noem, in elk geval, so julle mag net sowel nou begin. Goed. Ek voel baie goed. Goed.71 Glo julle Daarin? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Dit is God se weg en die enigste weg. Dit is nie die Metodiste weg nie, is nie die Baptiste weg nie, is nie die Presbiteriaanse nie, is nie die Pinkster nie. Dis Christus se weg. Christus is God se voorsiende weg. Hy is God se voorsiende offer. Hy is Jehova—Rapha. Hy is Jehova—Jireh. Hy is Jehova—Menassa.72 Toe Abraham Isak geoffer het, het hy die plek daar Jehova—Jireh genoem: “die Here sal vir Homself ’n offer voorsien.” En daar is dit, die Seun van God. Amen. God maak altyd ’n ontsnappingsweg. Ja, meneer.73 Eenkeer was daar ’n ou prediker daaronder aan die preek, met die naam van Elisa. Hy het daarbo gekom en hy het uitgekyk oor die land, en hy het gesê: “Ek sê jou, dis die verskriklikste wat ek ooit gesien het.”74 Die ou koning daaronder het met ’n ou geverfde Isébeltjie gaan trou, genoeg verf op haar gesig om te maak…Die enigste vrou in die Bybel wat ooit haar gesig geverf het. En julle weet wat God met haar gemaak het? God het haar vir die honde gevoer. Dis die enigste een wat ek ken.75 Jy sien ’n vrou met ’n klomp verf op haar gesig, weet jy wat jy haar kan noem? Sê: “Hello, Mejuffrou Hondekos!” Dis wat sy is, soos hondekos. O, goeiste! Luister, broer, ek het pas teruggekeer van Afrika. Daardie goed kom uit die lyn van heidendom. Die heidene verf hulleself.76 O, broer, wanneer ’n vrou of man regkom met God, hoef jy hulle dit nie te vertel nie; beskaamd, hulself. Halleluja! Dis reg.

Page 11: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

GOD SE WEG WAT VIR ONS GEMAAK IS 11

77 “Man, die eerste ding waarvan jy weet, sal sy al hierdie Israeliete dit laat doen.” Elía het gesê: “Here, sluit die hemele. Doen iets daaraan.”78 God het van bo af gespreek en gesê: “Nou, Elía, sê jou wat jy doen. Gaan af en praat met Agab.”79 En hier kom ’n ou prediker, wat afloop daar met ’n groot stuk skaapvel om hom soos daardie, gesig wat uitsteek met baarde, soos ’n wollerige wurm. Opgeloop voor die koning en gesê: “Die dou sal nie eens vra…of val voordat ek daarvoor vra nie.” Halleluja! Hy was in God se voorsiende weg. Ja, meneer.80 “Ag, gaan weg van hier af, jou fanatikus. Goed, ons weet wat ons doen.”81 Ou Elía het gesê: “Here, wat moet ek doen? Voorsien U die res van die weg. Ek het dit gedoen.” Gesê: “Gaan oorkant toe by die spruit Krit en gaan sit.”82 “Goed, ’n baie slegte plek, maar ek sal boontoe gaan en gaan sit. U het gesê: ‘Gaan op soontoe.’ As U pad soontoe lei, sal ek soontoe loop.”83 Nadergeloop en gaan sit. Gesê: “Nou, Here, wat gaan ek hier doen?” “Sit daar. Bly net daar.”84 En die eerste ding wat jy weet, het hy begin honger word. Hy het gesê: “Here, ek word ’n bietjie honger.” En hier kom ’n kraai verby.85 Party van hulle het gesê: “Kyk na daardie ou holy—roller prediker wat daar bo—op die heuwel sit. Tog, is hy nie mal nie! Wel, daardie kêrel, wat daarbo in die son sit, sal sterf. Tog, hy’s ’n fanatikus.”86 En die eerste ding waarvan jy weet, het al die waters opgedroog. Daar’s geen water om te drink onderin—in die land nie. Maar elke keer wat Elía wou drink, het hy net afgebuk na die spruit Krit en gedrink. Toe, toe hy honger geword het, hier kom ’n kraai verby, met ’n toebroodjie in sy mond, gesê: “Hierso, Elía.”87 Julle sê: “Waar het die kraai gekry…? Jy bedoel jy glo dit, Broer Branham?” Ja, meneer. Ja, meneer. “Jy bedoel dat ’n kraai vir Elía iets gebring het om te eet vir drie jaar en ses maande?” Ek glo dit. Sê: “Waar het hy dit gekry?” Ek weet nie. Die enigste ding wat ek weet, die kraai het dit iewers gekry, hy’t dit na Elía toe gebring, Elía het dit geëet, en drie jaar en ses maande daarop gelewe. Dis reg. Ek glo dit.88 Dis dieselfde ding oor…Jy sê: “Wat maak jou so gelukkig? Wat laat jou jou arms skud?” Ek weet nie. Die enigste ding wat ek weet, Gólgota het Daarvoor betaal, die Bybel het Dit geleer, die Heilige Gees het Dit gebring, ek het Dit gekry. Halleluja!

Page 12: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

12 DIE GESPROKE WOORD

Ek weet nie eens waar Dit vandaan kom nie, maar ek het Dit gekry. Halleluja! Dis reg. Ek kan julle nie vertel waar Dit vandaan kom nie, maar Dit het hier gekom. O, goeiste! Dit laat jou jas jou beter pas. Sekerlik. Halleluja! Moenie opgewonde raak nie. Dit beteken “prys ons God.” Amen! Dit beteken “laat dit so wees.” O, goeiste! Sekerlik, dit is. Ek weet nie…89 En hulle het gesê hy was mal, om daarbo te sit? Goeiste! Kom ’n…Tyd geword om te eet, hier kom die gekleurde portier op, gesê: “Hierso, Elía. Hier’s jou ontbyt.” Tog, hy was beter daaraan toe as die helfte van die mense hierbinne vanaand. Ek reken daar’s nie veel hierbinne vanaand wat gekleurde dienaars het nie. Maar hy het ’n paar gekleurde dienaars gehad, ’n paar kraaie wat vir hom iets gebring het om te eet by elke maaltyd. Halleluja! Glorie! God het ’n eetkamer iewers gehad; Hy het dit gereedgemaak, dit gaargemaak, dit na hom toe gestuur. Halleluja! Daardie selfde God lewe en regeer vandag.90 Hy het gebly in Sy voorsiende weg. God het gesê: “Gaan soontoe en gaan sit,” so hy het dit gedoen. Dis al wat hy geweet het om te doen. Wat dink julle daarvan, glo dat dit waar is? Dit is. Amen. Ja, meneer.91 ’n Klein dogtertjie het met die straat afgegaan eendag, en sy het gesê…Uiteindelik, het die een gesê…“O, halleluja! Halleluja!” Sy het pas die Heilige Gees gekry.92 So daar was ’n ou ongelowige wat daar oorkant in die hoek gesit het, gesê: “Waaroor is jy so bly, jongeling?”93 Gesê: “O, Jesus het my pas gered en my gevul met die Heilige Gees.” Gesê: “Ek is so bly.” Gesê: “Kyk, wat’s daardie wat jy in jou hand het?” Gesê: “My Bybel.” Gesê: “Glo jy Dit?” “Beslis.” Gesê: “Glo jy alles Daarvan?” “Alles Daarvan.” Gesê: “Glo jy daardie storie van Jona?” “Ja.”94 Gesê: “Glo jy dat daardie walvis die man werklik ingesluk het?” “Ja, meneer. Ek glo dit.”95 Gesê: “Hoe gaan jy dit op enige ander manier as geloof bewys?”96 Sy het gesê: “Wel, wanneer ek in die Hemel kom, gaan ek net vir Broer Jona vra.” [Gemeente lag—Red.]

Page 13: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

GOD SE WEG WAT VIR ONS GEMAAK IS 13

97 Die ongelowige het vir haar gesê, gesê: “Wat as Broer Jona nie in die Hemel is nie?”98 Gesê: “Dan sal jy hom moet vra.” [Gemeente lag.] Halleluja! Net een plek oor vir hom, dis hel.99 As jy God se weg verwerp, moet jy hel toe gaan. Jy moet. Dis die enigste ander weg. So jy’s in die een weg of in die ander. Amen. Goed.100 Ek kan hom daaronder sien, wat daarbo sit en die kraaie wat vir hom iets bring om te eet.101 Weer daar afgeloop. Hy het met die heuwel afgegaan, eendag. En God het gesê: “Nou die poel is opgedroog. Ek wil hê jy moet afgaan daar na ’n weduwee se huis.” Wat ’n plek vir ’n prediker om na te gaan! God het vir hom gesê om te gaan. Dit was die voorsiende weg. Hy’t soontoe geloop. En sy was ook nie ’n Israeliet nie. Nee, sy was nie. En sy het daaragter geloop…En hy het afgegaan met die heuwel.102 En soos hy afgegaan het met die heuwel, het hy ’n ou weduwee ontmoet wat in ’n agterplaas staan, wat haar stok bymekaar breek. Gesê: “Gaan in, en gee my iets om te eet, en bring my ’n bietjie water.”103 Sy het gesê: “Soos die Here lewe en u siel nooit sterf nie, het ek net genoeg meel in die huis om een koekie vir my seun te kan maak. Ek neem twee stokkies dat ek hierdie koekie kan bak, en ek en hy dit eet en sterf.”104 Gesê: “Gaan kry eers vir my ’n bietjie water, en bak die koekie en bring dit vir my.” Halleluja!105 Wat gaan sy doen? Daar is God se voorsiende weg. “Soek jy eers die Koninkryk van God en al Sy geregtigheid.”106 Jy sê: “Broer Bill, my ma het weggehardloop van die huis. My man wil nie saam met my bly nie.”107 “Soek jy eers die Koninkryk van God en Sy geregtigheid,” halleluja: “al hierdie ander dinge sal bygevoeg word.” Dis reg.108 “Hoe gaan ek dit doen, Broer Bill?” Gaan net voort en doen dit. Jesus het gesê: “Volg My.” Dis reg. Hou jou oog gerig. Goed.109 En die eerste ding waarvan jy weet, gaan sy in, sy neem hierdie twee stokkies en breek hulle. Weet julle hoe die ou Indiaanse manier was om ’n stok te breek? Dit was die kruis, natuurlik. En in die kruis, brand hulle dit reg in die middel. Dis waar die vuur gebrand het, daardie roosterkoekoond.110 Daardie roosterkoek uitgebring en dit vir die prediker gegee, en hy het daar gestaan en dit geëet. Gesê: “Nou gaan terug en kry een vir jou en jou seun—seun. Want, SO SPREEK DIE HERE, die pot gaan nie leegraak, of die kruik droog nie, tot die dag wat God reën stuur op die aarde.” Halleluja!

Page 14: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

14 DIE GESPROKE WOORD

111 Wat? Omdat sy die Koninkryk eerste gesoek het, omdat sy in God se voorsiende weg gewandel het, het God haar beloon. Glo julle dit? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Ja, meneer.112 Daar was eenkeer ’n vrou wat haar broer verloor het. Sy naam was Lasarus. O, hy was ’n goeie seun; sy het gehaat om hom op te gee. En hy het gesterf. Sy het gestuur vir haar pastoor, of die evangelis, wat Jesus was. Sy het uit ’n kerk gekom, en sy het alles opgegee wat hulle gehad het. En sy het gestuur vir Jesus om te kom, bid, en Hy het net aangegaan. Weer gestuur, en Hy het net aangegaan. Hy het gesê: “Ek doen niks totdat die Vader My wys nie.” Die Vader het Hom alreeds gewys dat Lasarus sou sterf.113 Hy het gekom, later, na omtrent drie of vier dae. Hy het gesê: “Lasarus is dood, en om julle ontwil is Ek bly dat Ek nie daar was nie. Maar Ek sal hom gaan wakker maak.”114 So toe het sy gehoor dat Jesus aan die kom was, so toe het sy uitgegaan om Hom te ontmoet.115 Dit was God se voorsiende weg, gaan ontmoet Jesus. Dis reg, altyd. Wanneer jy verdriet in jou huis het, gaan ontmoet Jesus. Het siekte in jou huis, gaan ontmoet Jesus. Het hartseer in jou huis, gaan ontmoet Jesus. Halleluja! As jy ’n behoefte het aan enigiets, gaan ontmoet Jesus. Gaan ontmoet Hom. Hy het al die raat, alles daar; Hy’t nie die raat nie, Hy’t die geneesmiddel. Amen.

Toe het sy gegaan om Hom te ontmoet, en sy het neergeval aan Sy voete.116 En sy het ’n storie gelees, eenkeer, waar daar destyds ’n vrou in die Bybel was, en ’n Sunamitiese. Sy het baie omgegee vir ’n prediker, met die naam van Elisa. Daarom het sy ’n klein kamertjie aan die kant van haar huis daar gemaak, ’n bed en ’n kers en ’n stoel, sovoorts, neergesit. En Elisa het verbygekom en hy het al hierdie goedheid gesien wat sy aan die prediker gedoen het, haar tiendes betaal en alles, julle weet. So hy het gesê: “Gaan en vra, kyk wat ons kan doen, as ek met die koning of die hoofkaptein gaan praat.”117 Sy het gesê: “Ek bly by my mense en alles is reg.”

Gesê: “Goed, gaan vra haar wat ek kan doen.”

Gehási het gesê: “Sy is onvrugbaar. Sy het geen kinders nie.”118 Gesê: “Gaan sê vir haar, SO SPREEK DIE HERE: ‘Omtrent hierdie tyd van die jaar, volgens die lewe, dat sy ’n seun sal ontvang.’” En sy het.119 Die kind het omtrent elf of twaalf jaar oud geword. Eendag, rondom middag, was hy buite in die veld saam met sy pappa, ek dink hy het ’n sonsteek gekry. Hy het begin skree:

Page 15: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

GOD SE WEG WAT VIR ONS GEMAAK IS 15

“My kop! My kop!” Hy het een van die dienaars ingestuur saam met die baba, die klein seuntjie. Hom op sy moeder se skoot gesit. Teen middag het hy gesterf.120 Wat ’n geskikte plek! Sy het hom geneem en hom op die prediker se bed neergelê, waar die profeet gelê het. Goeie plek om na te gaan. Reg op die prediker se bed neergelê.121 Sy het gesê: “Saal nou vir my ’n muil op en gaan voort, en moenie ophou ry totdat ek jou sê nie.”122 Ek hou daarvan. Gaan voort en moenie stop nie! Hou net aan. Dis reg.123 Die probleem daarvan is, ons stop en praat met te veel mense. Ons stop vir te veel sosiale partytjies. Ons het soveel naaldwerk—en—naaldwerk en organiseer ’n naaldwerk partytjie, julle weet, stik—en—naaldwerk en praat oor Mejuffrou So—en—so. Julle weet hoe dit is. Al hierdie verskillende goed kom in die kerk in. Wanneer, julle al daardie gemors moet uitgooi, en ’n outydse, Godgestuurde herlewing moet hê; deurbid, totdat julle terug is, Hemel neergedaal het en die Heilige Gees soos ’n magtige rukwind kom en die plek en die mense vul. Amen. Dis wat ons nodig het. Sy het gesê: “Moenie stop nie.”124 En haar man het gesê: “Die man is nie by Karmel nie.” Gesê: “Hierdie is nie nuwemaan of sabbat nie.”125 Sy het gesê: “Alles is wel.” Sy wou by die profeet uitkom. So sy het reguit aangegaan.126 Elisa het uitgekyk en gesê: “Hier kom daardie Sunamitiese. Iets is verkeerd met haar; ek weet nie wat dit is nie.”127 Sy het nader gehardloop. En hy het gesê: “Is alles reg met jou en jou man, jou kind?”128 Sy het gesê: “Alles is wel.” Ek hou daarvan. Sy het God se voorsiende weg geneem. Gesê: “Alles is nou reg.” En sy het dit begin bekendmaak.129 Hy het vir Elía gesê, gesê: “Gaan, neem my staf en lê dit…” Of, vir Gehási gesê: “Gaan, neem my staf en lê dit op die kind.”130 Maar sy het gesê: “Ek gaan u nie verlaat nie.” So die profeet het weer teruggekom, gebid, op en af in die kamer geloop, sy liggaam op die dooie kind gelê en dit het weer lewendig geword.131 Die vrou, Martha, het geweet dat die Sunamitiese besef het dat God in Sy profeet was. En as God in Sy profeet was, was God sekerlik in Sy Seun. So as sy by Jesus kon uitkom, sou sy die oplossing hê. So sy hardloop en val voor hom neer. Sy het gesê: “Here, as…” Dis wat Hy was. “Here, as U hier was, sou

Page 16: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

16 DIE GESPROKE WOORD

my broer nie gesterf het nie. Maar, selfs nou, wat U God ook al vra, dit sal God doen.” O, ek hou daarvan. “Selfs nou, wat U God ook al vra, dit sal God doen.”132 Dis goed vanaand. Jy sê: “Ek’s ’n sondaar, Broer Branham.” Selfs nou, wat jy God ook al vra, dit sal God doen. “Wees my genadig, ’n sondaar,” en Hy sal dit doen. As jy siek is: “Wees my genadig, Here,” en Hy sal dit selfs nou doen. Jy sê: “Die dokter het my opgegee; maar, selfs nou, Here! Ek het nie geloop in vyf jaar nie; maar, selfs nou, Here! Ek het niks gehoor nie, vir ek weet nie hoe lank nie; selfs nou, Here. Ek het nie ’n woord gepraat, in ek kan jou nie sê wanneer nie, maar, selfs nou, Here,” wat jy God ook al vra, en Hy sit aan die regterhand van die Vader, en tree in volgens jou belydenis. Halleluja! Gesê: “Selfs nou, wat u God ook al vra, sal God doen.”133 Hy het Sy eie klein self reguit getrek, gesê: “Jou broer sal weer opstaan.”134 Gesê: “O, ja, Here, in die algemene opstanding in die laaste dag, sal hy weer opstaan.” Hy het gesê: “Ek is die opstanding en Lewe.” O, goeiste!135 Die Bybel het gesê: “Daar’s geen skoonheid om na Hom te kyk nie, skraal Kêreltjie.” Maar, Hy het gesê…Toe Hy Homself reguit getrek het, daar was God.136 Hy het gesê: “Nou jou broer sal weer opstaan.” Gesê: “Ek is die opstanding en Lewe,” sê God. “Hy wat in My glo, hoewel hy dood was, tog sal hy lewe. Wie ook al lewe en in My glo, sal nooit sterf nie. Glo jy dit?”137 Sy het gesê: “Ja, Here. Ek glo dat U die Seun van God is, wat na die wêreld moes kom.”138 Gesê: “Waar het julle hom neergelê?” Hier begin Hy gaan na die graf. Jesus het geween.139 ’n Vrou het my vertel nie lank gelede nie…’n baie goeie vrou, ’n Christenwetenskap, wat nie geglo het dat Jesus was die…en Goddelikheid. Sy het geglo Hy was ’n profeet. Sy het geglo dat Hy ’n goeie man was, maar Hy nie was—Hy nie maagdelik gebore was nie. Hulle ontken die maagdelike geboorte.140 Nie alleen dit nie, maar ’n opname het gewys dat vyf—en—tagtig persent van die Protestantse predikers van die Verenigde State, aanspraak maak dat die maagdelike geboorte ’n vervalsing was. Reg. Ek kan dit maklik doen, ek kon dit maklik dink volgens die manier wat julle dit lewe. Dis presies die waarheid, geglo dit was ’n vervalsing. En ’n groter persentasie as dit, het nie geglo dat Jesus weer sigbaar sou terugkeer nie. Geen wonder ons het ’n herlewing nodig nie!

Page 17: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

GOD SE WEG WAT VIR ONS GEMAAK IS 17

141 Broer, luister hier. Jy hoor soveel van herlewing, vandag. Ons het nooit ’n herlewing gehad nie.142 Ek het ’n ander man opgevolg, hier nie lank gelede nie, waar hulle oor baie hiervan gepraat het. Gesê: “Hy het na een stad toe gegaan en Hy het vyfduisend bekerings gehad.” Ons het reg opgevolg, (nie ek nie) ’n groep predikers, en die kaarte geneem, en hulle weer opgevolg, en in dertig dae se tyd, kon hulle nie dertig vind wat gesê het hulle was gered nie. Weet julle wat dink ek? Ek dink dis oortuiging in plaas van bekering, wanneer ’n man wedergebore is uit die Gees van God.143 Wat ons vandag nodig het, is nie ’n uitgerekte diens nie, maar ’n oudtydse, Godgestuurde, Heilige Gees herlewing; ’n oudtydse, hemel—blou, sonde—uitroeiende, Bloed—gewaste godsdiens. Amen. Laat jou ophou met daardie voorgee en belydenis doen. Dis reg.144 Sy het gesê, toe het sy gesê: “Wel, kyk hier, Broer Branham, ek kan jou bewys dat Hy niks anders as ’n mens was nie.”145 Ek het gesê: “Doen dit. As jy aan my kan bewys dat Hy nie God was nie, dan sal ek dit aanvaar.”146 Sy het gesê: “Nee, Hy was nie Goddelik nie. Hy was net ’n mens. En ek kan dit bewys, met die Bybel, dat Hy net ’n mens was.”147 Ek het gesê: “As jy dit kan bewys met die Bybel, dan sal ek dit aanvaar.” Sy het gesê: “Is jy gereed?” Ek het gesê: “Ek is.”148 Sy het gesê: “Toe Hy afgegaan het in Johannes 11, toe Hy gegaan het na die graf van Lasarus, het Hy geween.” Ek het gesê: “Wat het dit daarmee te doen?”149 Gesê: “Tog, dit het bewys Hy was niks anders as ’n mens nie, Hy het gehuil.”150 Ek het gesê: “Kyk hier, dame. Hy was ’n mens, waarlik. Maar Hy was meer as ’n mens. Hy was ’n God—Mens.”151 God was in Christus, die wêreld met Homself versoen. Ja, meneer. Hy het gekom om die wil van die Vader te doen. Hy het God se voorsiende weg gewandel. Hy het nooit na die regter of die linkerkant gekyk nie; Hy het gedoen wat God gesê het om te doen. Hy was God se voorsiende weg.152 En op die pad na Lasarus, het Hy geween. Hy was ’n mens toe Hy geween het.153 Maar toe Hy langs die kant van die graf gestaan het, waar ’n man vier dae dood was; en kruipende velwurms wat in en uit sy liggaam hardloop, en rondstink; toe Hy gesê het: “Lasarus,

Page 18: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

18 DIE GESPROKE WOORD

kom uit,” het ’n man wat vier dae dood was, op sy voete gestaan en weer gelewe. Dit was meer as ’n mens. Halleluja! Ja, meneer. Hy was ’n mens wat gehuil het, maar Hy was God in die opstanding.154 Hy was ’n man toe Hy van die berg afgekom het, daardie aand, honger, oral rondgekyk het, oor die bome, vir iets om te eet. Hy was ’n man toe Hy honger was.155 Maar toe Hy vyf broodjies en twee klein stukkies vis geneem het, en vyfduisend mense gevoed het, was dit meer as ’n mens. Dit was God in vlees. Halleluja!156 Hy was ’n mens toe Hy op die boot gelê het daardie nag, toe deug uit sy kleed uitgegaan het; totdat Hy so swak was, tot selfs, ’n magtige see wat gebrul het, tienduisend duiwels van die see gesweer het hulle sou Hom daardie nag verdrink; toe daardie klein ou bootjie, rondgegooi daarbuite, soos ’n bottelprop op ’n magtige see. Ek weet Hy was ’n mens toe Hy daar gelê het, aan die slaap, maar toe hulle gesê het: “Gee U nie om dat ons vergaan nie?”157 Hy’t Sy voet op die rant van die boot gesit, gesê: “Storm, wees stil,” en daar was ’n kalmte. Dit was meer as ’n mens. Halleluja! Dit was my God. Halleluja! Reg, Hy was; ja, is inderdaad.158 Hy was ’n mens toe Hy op Gólgota gehang het, toe hulle Hom die grootste eerbewys gegee het wat hulle ooit het. Toe hulle gesê het: “Hy het andere gered, Homself kan Hy nie red nie.” Wat ’n wonderlike eerbewys, of kompliment, het hulle vir Hom gegee. As Hy hierdie andere gered het, en Homself, kon Hy nie andere red nie. So, Hy het Homself gegee, om andere te red. Hy was ’n mens toe Hy geroep het vir genade, toe Hy gesê het: “My God, My God, waarom het U My verlaat?” Hy’t gesterf soos ’n mens. Ja.159 Maar toe Hy opgestaan het op Paasoggend, het Hy bewys Hy was God. Geen wonder die profeet het gesê nie:

Lewend, het Hy my liefgehad; sterwend het Hy my gered;

Begrawe, het Hy my sondes ver weggedra;Opgestaan, het Hy my vrylik geregverdig vir

altyd;Eendag kom Hy, O heerlike dag!

160 Halleluja! Ek het Hom lief. Het julle nie? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Wandel in God se voorsiende weg.161 Ek kan ’n paar wyse manne sien, eenkeer, wat na Sy geboorte toe gaan, om Hom te aanbid. Ek kan hulle almal sien gereedmaak. Hulle laai hulle kamele.162 Ek kan Jim Jones en al die ander van hulle, en John Doe, sien oppak. Ek kan hulle hierdie kaarttafels sien laai, gepak hier aan die kant soos daardie, en hulle het al die res

Page 19: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

GOD SE WEG WAT VIR ONS GEMAAK IS 19

opgelaai, en hulle was oppad om Jesus te gaan aanbid. Hulle het uitgevind, toe hulle daar gekom het, besluit die ou kamele kon nie loop nie.163 Dis net wat die probleem met die kerk vandag is. Julle het soveel wêreld daarmee saamgepak, dit draai julle terug. Dis reg.164 Ek kan hom sien uitgaan soos daardie, en almal van hulle. Hulle kom by die kant van die berg oorkant, hulle kan nie eens deurkom nie, want: “Nou is die poort en smal is die weg, en min sal daar wees wat dit sal vind.” Ja, meneer.165 Ek kan een oukêrel sien oppak, hy het homself lig gemaak, want: “Ek pak op, om Hemel toe te gaan.”166 Broer, ek pak nie op, om Hemel toe te gaan nie. Ek pak af, om Hemel toe te gaan. Halleluja! Dan, Wegraping, sny alles los. Die Bybel het gesê: “Lê elke las tersyde, en die sonde wat my so maklik omring, dat ons die wedloop mag hardloop met geduld.”167 Ek kan daardie oukêrel sien gaan, sien. Ek kan sy vrou daar sien, sê: “John, wat’s die probleem, jong? Waarnatoe gaan jy?” Gesê: “Ek gaan die Here aanbid.” “Hoe weet jy jy gaan?” “Wel, ek gaan.”168 “Wel, jy het nie eens ’n kompas nie. Jy het nie eens jou predikerslisensie nie. Wat op aarde is verkeerd met jou? Sal hulle jou ontvang? Jy gaan die Here aanbid?” “Ja.” “Neem jou kompas.” “Nee, ek het dit nie nodig nie.” “Het dit nie nodig nie? Hoe gaan jy daar kom?”169 Ek kan hom bo sien wys na die Môrester, sê: “Ek gaan God se voorsiende weg.” Amen. God het ’n Ster voorsien, om die wyse manne te lei. Hulle het nie ’n kompas nodig gehad nie. Hulle het God se voorsiende weg, die Ster nodig gehad. Glorie!170 En dieselfde God wat die wyse manne na Christus gelei het, deur die Ster, is hier vanaand in die vorm van die Heilige Gees, om jou na die Christus te lei, die nuwe Geboorte, die doop van die Heilige Gees, wat God se voorsiende weg is. “Tensy ’n mens gebore word uit water en Gees, sal hy nie eens die Koninkryk van God sien nie.” Mans en vroue, het julle Dit ontvang?171 My tyd is verby. O, goeiste, ek voel net asof ek op stryk kom. Sit my hand onderin my broeksakke, en preek soos ’n ou sassafras prediker. Hoekom? Ek hou daarvan. “Man, hou

Page 20: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

20 DIE GESPROKE WOORD

daarvan om roomys te hê,” maar jy moet ’n bietjie spek en boontjies hê om aan jou sy te klou. Iets om ons te voed, jou op te kikker. Dis wat ons nodig het. Glo julle dit? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Waarlik.172 God het ’n voorsiende weg. Is julle Daarin vanaand? Het julle die Heilige Gees ontvang, sedert julle geglo het? Nou julle goeie Baptiste vriende van my, en weet dat ek behoort het…Ek was ’n Baptis, en my pastoor hier is ’n Baptis. Maar ek wil vir julle iets vertel. Handelinge 19 sê: “Het julle die Heilige Gees ontvang, sedert julle geglo het?” Nie toe julle geglo het nie, maar “sedert” julle geglo het. Ja, meneer. As julle nie het nie, is Dit vir julle vanaand. God het ’n voorsiende weg.173 Broer, suster, moenie jou eie weg probeer gaan nie. Moenie deur vyeblare gaan nie. Moenie op ’n stomp gaan dryf, soos hulle probeer het om te doen in die sondvloed vernietiging nie. Moenie vyeblare oorsit, soos Adam het nie. Moenie koning Nebukadnésar se weg probeer gaan, om die Kerk van God te vervolg nie. Moenie al hierdie ander verskillende weë gaan, hierdie vorms en weë, dat ons kon no—…baie noem nie.174 Moenie gaan soos die Fariseërs het nie, ’n baie godsdienstige persoon, gesê het: “Nou kyk hier, ons is in ’n hoë posisie. En as daar enigiets aangaan, sal ons alles daarvan weet.”175 En God het daar uitgeglip, en ’n Kind gebore in ’n Bethlehemstal, Hom afgeneem na die wêreld; en uit die wêreld, doodstraf; en hulle het niks daarvan geweet nie. Reg! God se voorsiende weg.176 O, eenkeer was daar ’n vrou, sy het al die geld spandeer wat sy gehad het. Halleluja! Dokters kon haar nie help nie. En eendag het sy net omtrent flou geword. Sy het ’n bloedvloeïng gehad vir baie, baie jare. En eendag het sy ’n geraas in ’n boot gehoor. Sy het uitgekyk, en daar het God se voorsiende weg gekom! Dis…?…O, goeiste!177 Ek kan haar sien afkom na die hoë, klassieke Baptiste: “Die dae van wonderwerke is verby.” Sy het net reg tussen hulle bene deurgekruip. Hulle moes beweeg.178 Ek kan haar na Brigham Young en al sy vroue sien kom; sy’t net reguit deurgegaan. Wat het sy gesê?179 Ek hoor hulle sê: “Stop daar! Waarnatoe gaan jy, dat die geneesheer jou nie kan help nie? Waarnatoe gaan jy dan? Ek het jou daaronder gesien, met daardie bloedvloeïng.”

Sy het gesê: “Ek gaan God se voorsiende weg.”180 “Waar is dit? Jy bedoel nie daardie skynheilige daar oorkant nie?”

“Dis waar dit is. Ek gaan reguit in.”

Page 21: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

GOD SE WEG WAT VIR ONS GEMAAK IS 21

181 Sy het deurgedruk, en rondom, totdat sy by hierdie kêrel hier gekom het. En hy het behoort aan—aan hierdie soort van ’n kerk, en hierdie en daardie, en hulle het haar almal probeer terugstoot. Maar sy het haar weg gebaan na Jesus.182 Party van hulle het gesê: “Nou wag ’n oomblik, suster. As jy vleis eet, kan jy dit nie doen nie.” Sy het God se voorsiende weg gegaan.183 “As jy nie slange opgeneem het nie, kan jy dit nie doen nie.” Sy het God se voorsiende weg gegaan. Sy wou by Jesus kom. Dis reg.184 Ek dink aan Dawid van ouds. Halleluja! Ja, meneer. Toe hy gesê het daar is…Waar hy gepraat het oor…Hy het gesê: “Proe en kyk die Here is goed. Dit smaak soos heuning in die rots.” ’n Klein ou beskrywing wat ek altyd gebruik het, gedink het aan ’n ou sakkie wat hulle altyd aan hulle sy gedra het hier, ’n klein sakkie waarin hulle heuning gesit het, die ou skaapwagters. En wanneer die siekes sou gee…die skape almal siek sou word, sou hulle bietjie van die heuning uit die sakkie haal en dit op ’n kalkrots sit, en die siek skape roep en daardie skape laat lek aan daardie rots. En wanneer hulle die heuning van die rots afgelek het, het hy gegaan en ’n bietjie van die kalk ingelek saam met die lek van die heuning. En weet julle wat gebeur het? Die siek skaap het gesond geword.185 Nou kyk hier, broer. Ek het ’n hele sak vol Daarvan, vanaand. En ek gaan dit nie op die Baptiste kerk, Metodiste kerk, die Presbiteriaanse kerk, of die Pinksterkerk sit nie. Ek sit Dit op Christus Jesus, waar Dit hoort, en gaan lek julle skape en julle is verseker om iets Daaruit te kry. Ja, meneer. Lek aan Hom. Soos daardie ou man, word begrawe, en…?…Lek aan Hom; julle sal dit kry.186 Moenie aandag skenk aan wat julle kerk sê nie. Skenk aandag aan Christus. Volg Hom, want, in Hom, Hy is die Kerk! Ek sien, gaan God se voorsiende weg. Hy het nooit gesê die Metodiste was God se voorsiende weg nie, nóg het Hy gesê dat die Baptiste was, of enige ander kerk nie. Hy het gesê: “Ek is die Weg, die Waarheid, en die Lewe.”

Julle sê: “Wel, hoe weet Dit ek is in Hom?”187 “Deur een Gees word ons almal gedoop in een Liggaam, word lidmate van daardie Liggaam.” Eerste Korinthiërs 12, dis reg, onderhewig aan God se…188 Alles wat Hy het in Sy Koninkryk behoort aan ons. Hy neem net die hele Boek vol tjeks, en teken Sy Naam onderaan, sê: “Hier is dit, seun. Enigiets wat jy nodig het, gaan kry dit.” Amen.189 Moenie bang wees om dit in te vul nie. Vul dit in en handig dit in, sê: “Dank U, Here.” Halleluja! Dit sal gebeur.

Page 22: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

22 DIE GESPROKE WOORD

190 “Watter dinge julle ook al begeer,” Markus 11:24: “wanneer julle bid, glo dat julle dit sal ontvang, en julle sal dit kry.”191 Skryf uit die tjek, sê: “Here, ek het genesing nodig.” Skeur dit af, sê: “Daar het U dit, Here, ek vra dit in Jesus se Naam, vir genesing.” Sê: “Dank U, Here,” en loop reguit aan, glo vir die genesing. En dit kom reguit terug, soos daardie kraaie wat daardie kos afgestuur het na Elía. Daar is dit.192 Sê: “Ek het verlossing nodig vir my siel.” Wat sal jy maak? Skryf net uit en sê: “Gesê: ‘Kom na My toe, almal van julle wat vermoeid en belas is; Ek sal julle rus gee.’ Dis vir my, Here.” Skryf die tjek uit. “Ek het verlossing nodig. Gee dit vir my, Here.” “Hier is Dit.” “Dank U, Here.” Loop weg daarmee.193 Het die Heilige Gees nodig? Ja, meneer. “Bly julle in die stad van Jerusalem totdat julle toegerus is met Krag uit die Hoogte. Nadat hierdie, die Heilige Gees, op julle gekom het, sal julle getuienisse wees vir my in Jerusalem, Judéa, en Samaría, en die uithoeke van die wêreld.” Glo julle Dit? [Gemeente: “Amen.”—Red.] Vul die tjek in en stuur dit op, geteken, kyk wat gebeur. God sal Dit gee. God se voorsiende weg. Hy het vir jou ’n tjek—Boek voorsien, gaan voort en vul dit in. God het Dit belowe. Glo julle Dit? [“Amen.”] Sekerlik. God het altyd ’n voorsiende weg.194 Daar was ’n ou kêreltjie met die naam van Jaïrus eendag. O, hy het hom soort van aangesluit by ’n klomp ongelowiges.195 Soos ’n hele klomp predikers, hulle is dieselfde manier verbind vandag. Die Bybel het gesê: “Moenie aan dieselfde juk trek as die ongelowiges nie.” Goed. Die eerste ding waarvan jy weet… Wonder wie het dit gesê? Is jy?196 Wel, die Bybel het gesê: “Vir hulle wat geglo het, sal hierdie tekens volg. In My Naam sal hulle duiwels uitdryf, praat met nuwe tale, slange opneem, dodelike goed drink; hulle hulle hande op die siekes lê, sal hulle gesond word.” Preek jy Dit, in die helfte van die kerke, vandag, sal hulle jou by die deur uitskop. Dis reg. Dis reg. Ken nie God se voorsiende weg nie, maar dis wat Hy gesê het. Dis wat Jesus gesê het. Glo julle dit? [Gemeente sê: “Amen.”—Red.] Ja, meneer.197 En dan as Hy so gesê het, amen, glo ek dit. Ek dink Dis die Waarheid, en ek wandel in Sy weg, wat Hy gesê het om te doen. En Hy bevestig Dit met tekens, wonders, wat volg. Dis reg.198 So doen net dieselfde ding, loop reguit in. Dis vir elke…Wie ook al wil, laat hom inkom. Kom aan. God het jou geroep, jy moet kom, so kom reguit in. Moenie enigsins langer wag nie. Neem dit, vanaand.

Page 23: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

GOD SE WEG WAT VIR ONS GEMAAK IS 23

199 Ek sien hierdie ou kêreltjie; hy’t homself verbind. Hy’t Jesus liefgehad, maar hy was net soort van…Hy wou nie sy prestige verloor, julle weet, die seëninge nie. So het hulle uitgekom; hulle het.200 So die Here het gesê: “Nou kyk na daardie ou kêreltjie daaronder. Ek het hom voorbestem tot die Ewige Lewe, en daar is hy saam met daardie klomp ongelowiges. So Ek sal hom regkry.” Hy het net sy dogter laat siek word. Hy het gesê: “Wel, ek sal vir Dokter Doe roep.”201 Dokter Doe het haar deurgekyk. Hy het gesê: “Pols raak laag, Jaïrus. Sê jou wat ons sal moet doen; ons behoort dit, dat te doen.” En hy het haar al die medisynes, ensovoorts gegee. Sy’t reguit aangehou sterf.202 Toe het hy gesê: “Ek—ek—ek—ek wonder of God ’n voorsiende weg het?” O, goeiste!203 Die Man wat hy soveel gekritiseer het, oor Goddelike genesing! Of, gehoor van Hom, en hy het gesê: “Ja. Ja. Uh—huh.” “Jaïrus, dink jy nie Hy’s ’n skynheilige nie?”204 “Nee,” het die Heilige Gees gesê: “Hy’s nie ’n skynheilige nie. Glo jy in Hom.”205 “O, goed, ja. O, ek—ek—ek reken Hy is.”206 Sien, dis hoe party van hierdie grenslynpredikers is, dis reg, net bang. O, God neem die wensbeen uit julle uit en sit ’n ruggraat in julle!207 Ek hou van wat Buddy Robinson se getuienis is. Hy het gesê: “Here, gee my ’n ruggraat, die grootte van ’n saaghoutstomp. Sit ’n klomp geraas in die gewelkant van my siel. En laat my die duiwel beveg, solank as wat ek een tand oor het, en hom dan met my tandvleis byt totdat ek sterf.” Ek hou daarvan. Dis reg. Hy het gesê: “Ek het ’n ou wasbeerhond gehad. Sy het gesterf, oud. Sy het die wasbeer gebring totdat sy nie een tand oorgehad het nie, toe het sy net daardie wasbere met die tandvleis gebyt en geskree.” Ek hou daarvan. Reg! Halleluja!208 Julle sê: “Broer Branham, ek het skaars enige opleiding. Ek’s te klein. Die prediker sal my wegwys!”209 Laat ons net teruggaan na die storie. “Dit is nie die grootte van die hond in die baklei nie, dis die grootte van die baklei in die hond.” Dis wat dit is vandag! Staan daarbo! Ek vergelyk julle nie met ’n hond nie, maar staan daar.210 Soos die ou hoofman eendag gesê het, soos hy gereed gemaak het om te gaan. Gesê: “Hoe gaan jy aan, hoofman?”

Page 24: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

24 DIE GESPROKE WOORD

211 Gesê: “Ek wil jou sê, broer.” Gesê: “Daar is twee honde in my. Een is swart en een is wit. Die swarte wil hê ek moet verkeerd doen, en die witte wil hê ek moet reg doen.” Gesê: “Hulle stry en baklei altyd.” Ek het gesê: “Watter een wen, hoofman?” Gesê: “Hang af watter een hoofman die meeste kos gee.”212 En dis omtrent reg, ook. Ja, meneer. Goed, broer. Ek sê jou, wat die wêreld vanaand nodig het, is ’n goeie ou skudding.213 Jaïrus het gesê: “Nou wag ’n oomblik.” Die dogter het baie siek geword. Die enigste hoop wat daar was, om haar ooit te kry, was om na Jesus toe te gaan. Sy…Hulle het gaan soek na Jesus.214 Terwyl hy op die pad was…Ek sien hom opkom daar. En die vrou is pas genees van die bloedvloeïng. Hier gaan hy aan, het gesê: “My dogter lê nou…Ek gee nie om wat die priester sê, wat enigiemand anders sê nie. Sal U kom, U hande op haar lê? Ek glo U is God se voorsiende weg vir haar genesing. Sal u kom, U hande op haar lê, sodat sy gesond kan word?” Gesê: “Ek sal gaan.”215 Hier begin Hy gaan. Die eerste ding waarvan julle weet, hier hardloop ’n man van hulle huis, en sê: “Jaïrus, moenie die Meester pla nie, want, sy is alreeds dood.” O, o, goeiste! Ek kan sy hartjie sien spring in hom, soos daardie.216 Ek kan daardie lieflike, sagte oë van Jesus sien oorrol na hom, sê: “Het Ek nie gesê: ‘Moenie vrees nie, en jy sal die heerlikheid van God aanskou,’ nie?” Hy is God se voorsiende weg.217 Daar was ’n ou man met die naam van Blinde Bartiméüs, wat by die poorte gesit het eendag, aan die bedel vir aalmoese. Dit het koue weer geword, rondom Oktober. Hy het ’n geluid gehoor wat in die straat afkom. “Wat is dit?” “Wel,” het hy gesê: “dis die—die Jesus van Násaret.”218 Hy’t nooit gekyk nie…Hy het sy kleed uitgetrek. Hy’t dit nooit neergelê, en dit so opgevou, julle weet, sodat hy blindelings sy pad soontoe kon terugvind nie. Hy het sy kleed eenkant toe gegooi. God het ’n voorsiende weg gehad, en hy het daarna gesoek. Hy het afgehardloop soontoe.219 Party…?…sê: “Gaan sit! Gaan sit! Hy’t nie tyd om met jou te mors nie.”220 Hy het al hoe harder geskree: “Jesus, Seun van Dawid, wees my genadig! Wees my genadig!” Hy het deurgedruk. “Wees my genadig! Ek weet U is God se voorsiende weg vir my oë. O Here, wees my genadig!” Dis reg.221 Ek het die geskiedenis van Blinde Bartiméüs gelees, eendag, ’n klein storietjie. Hulle het gesê hy was blind vir baie jare. Hy’t ’n klein dogtertjie gehad wat hy nooit gesien het

Page 25: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

GOD SE WEG WAT VIR ONS GEMAAK IS 25

nie. Een aand…En hy’t altyd soontoe gegaan en daar by die straat gesit. Hy het ’n klein lammetjie gehad. Die lammers het die blinde mense gelei soos die honde vandag maak; die honde die blinde mense lei. Hulle het ’n opgeleide lam gehad om die blindes te lei. En toe het een gesê, eendag, dat…222 Hy het twee klein tortelduifies gehad wat klein bollemakiesies sou maak, soos daardie, om die toeriste se aandag te trek, wat in Jerusalem sou ingaan, of in die—die stad in, en hulle sou muntstukke in sy koppie gooi. Hy was blind.223 So een aand het sy vrou baie siek geword, so hy’t na die Here toe gegaan. Hy het gesê: “Here, ek het niks nie. Ek is ’n arm man. Ek is ’n blinde man. Ek het niks om U te gee nie. Maar ek glo U, Here. En as U net genade sal hê en my arme vrou laat lewe, sal ek môre my tortelduif vir U gee vir ’n offerhande.” Die Here het daardie aand sy vrou genees.224 Die volgende dag het hy teruggegaan, deur ’n priester, die twee tortelduiwe opgeoffer vir ’n offerhande. Toe het hy niks anders as die lam gehad nie.225 Nie lank daarna nie, het sy klein dogtertjie siek geword. Die dokters kon niks vir haar doen nie. Hy het gesê: “Here, ek het net een ding oor,” en gesê: “dis die lam. Maar as U my klein dogtertjie, wat ek nooit gesien het nie, as U haar net sal laat gesond word, dan sal ek U my lam gee vir ’n offerhande.” Toe het die Here sy klein dogtertjie genees.226 ’n Paar dae daarna, het hy begin opgaan met die straat, daardie lam wat hom lei. En Kajafas, die hoëpriester, het gekom, gesê: “Blinde Bartiméüs, waarnatoe gaan jy?”227 Hy het gesê: “Ek gaan, O hoëpriester, na die tempel. Die lam lei my na die tempel; om die lam vir ’n offerhande te offer.” “O,” het hy gesê: “jy kan nie dit doen nie.” Gesê: “Ja,” Bartiméüs.228 Gesê: “Hier, ek sal jou die prys van ’n lam gee. Gaan koop jy een.”229 Hy het gesê: “Ek het God nooit ’n lam belowe nie. Ek het Hom hierdie lam belowe, hierdie lam.”230 Gesê: “Blinde Bartiméüs, jy kan nie daardie lam neem nie. Daardie lam is jou oë. Jy kan nie sonder daardie lam sien nie. Daardie lam lei jou. Dis jou oë, Blinde Bartiméüs. Jy kan nie daardie lam offer nie.”231 Gesê, die ou man het ’n klein bietjie gebewe en gesê: “O hoëpriester, God sal ’n lam voorsien vir Blinde Bartiméüs se oë.”232 God seën sy hart! Toe hy dit hoor verbykom het; het God ’n lam voorsien. Daar is Hy.233 Hy is God se voorsiende Lam vanaand. Hy is die voorsiende Lam vir ons oë, jou geestelike oë. Hy is die

Page 26: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

26 DIE GESPROKE WOORD

voorsiende Lam vir jou siel. Hy is die voorsiende Lam vir jou ontsnapping van die hel. Hy is die voorsiende Lam vir jou heerlikheid in die Hemel.234 Sal julle Hom nie nou ontvang, terwyl ek bid, terwyl ons ons hoofde buig nie?235 O Here God, Skepper van hemele en aarde, Outeur van ewigdurende Lewe, gewer van elke goeie gawe; stuur U seëninge op hierdie mense. Hierdie arme klein goedjies, hulle het opmerkings voorberei, Here. Maar ek weet dat U ’n voorsiende weg het.236 U het gesê: “Soos dit was in die dae van Noag, so sal dit wees in die koms van die Seun van die mens.” ’n Voorbereidingstyd, ’n tyd wanneer…’n Plek wat voorberei moet word vir diegene wat die oordeel wou ontsnap. Ek bid, God, dat op hierdie oomblik, dat…daardie Lam van God wat voorsien is vir die blinde man se oë, of die vrou met die bloedvloeïng, wat die bloedvloeïng gestop het, die Lam wat voorsien was vir dooie Lasarus. God, wees genadig.237 Wanneer ek daaraan dink, is dit dieselfde Lam wat voorsien was vir my blinde oë, eendag. Toe Mayo Broers my drie jaar gelede gesê het, ek het nie ’n hoop om ooit weer gesond te wees nie. God het ’n Lam voorsien.238 Toe U U Engel ondertoe gestuur het, by Green’s Mill, en gesê het: “Gaan, doen dit,” hoe kon ek dit doen voor ’n groot wêreld van ateïste en ongelowiges? Maar God het ’n Lam voorsien.239 God, my arme klein kerkie hier, Here, soos ek daarna kyk! En ek dink, van baie duisende van myle oor die see, en gevriesde vlaktes en ysberge! Hoe ek baie keer daar gesit het, in ’n alleenkamer, aan die bid. Dink aan die kere wat hulle hier sou verbykom en my hand skud. Die ou saagsels wat uitsprei oor die vloer, die vensters wat skud wanneer die wind gewaai het.240 Ek dink hoe ek my eie liefling vrou gebring het, en, haar neergelê het aan die voet van die kruis, haar begrafnis gepreek het. Onthou hoe ek my klein babatjie gesien het, Here, wat op haar arm neergelê is.241 Ek onthou arme, klein Billy Paul, wat U gevul het met die Heilige Gees, ’n paar uur gelede. Wat afgekom het na haar graf daardie môre, om ’n Paasblom daarop te sit, en hy het begin huil; ek het my arm om die klein kêreltjie gesit, en gesê: “God het ’n Lam voorsien, ’n sonde—offer. Eendag sal hierdie graffie oopgaan; Mamma sal uitkom, en sussie sal ook. God het ’n voorsiende Lam.”242 Een van hierdie dae, God, wanneer my laaste preek gepreek is; mag my in ’n kamer uitlê, en ek sou die pols in my mou voel opkom, die koue doodsgety dryf in my kamer in, soos

Page 27: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

GOD SE WEG WAT VIR ONS GEMAAK IS 27

die venster oop is, die gordyne waai. Stoot die reddingsboot uit dan, Here. Ek sal my laaste rit neem. Ek sal net die laken uitsprei. Deksels sal toemaak, en die laken sal my toemaak.243 Ek wil afloop na die vallei van die skadu van die dood. Ek wil kom na die Jordaan: “Sprei uit my pad uit!” En skree: “Gee pad, Jordaan! Gaan oor!” Here, stoot die reddingsboot dan uit vir my. Ontvang my, sal U, Here? Ontvang my dan, sal U, Here? Nie net ek nie, maar elkeen hierbinne, mag ontvang word op daardie tyd, sal U, Here? Skenk dit. Van toe af, sal daar baie van ons wees wat oorgaan, en teruggaan na die Paradys, en dan vir altyd te lewe.244 Vader, as daar daardie man of vrou hier is vanaand, wat U nie ken nie, glad nie weet waaroor die waarde gaan nie, nooit wedergebore is nie, nooit God se voorsiende weg gevind het nie, mag hulle dit net nou vind, soos ons bid, deur Jesus Christus se Naam.245 Met julle hoofde gebuig, my sondaarvriend. God seën jou hart. Baie buitekant of binnekant. Die Heilige Gees is hier. Het julle ooit God se uitweg aanvaar, God se voorsiende weg vir julle? Niks wat julle kan doen om dit te verdien nie. God het dit vir julle voorsien. Sal julle dit nie kom ontvang nie? Sal julle nie, vanaand nie? As daar ’n sondaarvriend hier is, steek jou hand op, sê: “Broer Branham, bid vir my. Ek wil God se voorsiende Lam in my lewe hê.”246 Ons het nie plek hier rondom die altaar vir ’n altaaroproep nie. Daar’s nie plek nie, so julle net vra om julle hand op te steek. Sal jy dit doen, ’n sondaar? God seën jou, meneer. God seën jou, meneer. En God seën jou, sus. God seën jou, en jou. Agter in die agterkant, weer, enigiemand daar agter?247 Oorkant aan my regterkant nou? God seën jou. God seën jou. God seën jou. Iemand anders sou hul hand wou opsteek, sê: “Onthou my. O God, gee my vanaand genade, U Lam se Lewe.” God seën jou, suster. Ek sien jou, wat hier sit.248 Iemand aan die buitekant, loop nader en lê jou hande teen die skerm, en sê: “Broer Branham, onthou my. Ek wil God se voorsiende weg hê.”

Page 28: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

GOD SE WEG WAT VIR ONS GEMAAK IS AFR52-0900(God’s Way That’s Been Made For Us)

Hierdie Boodskap deur Broer William Marrion Branham, oorspronklik gelewer in Engels op September, 1952, by die Branham Tabernakel, in Jeffersonville, Indiana, V.S.A., is geneem vanaf ’n magnetiese bandopname en onverkort gedruk in Engels. Hierdie Afrikaanse vertaling is gedruk en versprei deur Voice Of God Recordings.

AFRIKAANS

©2013 VGR, ALL RIGHTS RESERVED

VOICE OF GOD RECORDINGS, SOUTH AFRICA OFFICEP.O. BOX 178, SOMERSET WEST, 7129 CAPE PROVINCE,

REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

VOICE OF GOD RECORDINGSP.O. BOX 950, JEFFERSONVILLE, INDIANA 47131 U.S.A.

www.branham.org

Page 29: GOD S WAT VIR ONS G Idownload.branham.org/pdf/AFR/AFR52-0900 Gods Way Thats...groter as wat Hy is nie. Hy wat My Woorde hoor, en aan Hom glo wat My gestuur het, het ewigdurende Lewe;

Kopiereg kennisgewing

Alle regte voorbehou. Hierdie boek mag gedruk word op ‘n tuisrekenaar vir persoonlike gebruik of om uitgegee te word, gratis, as ‘n middle om die Evangelie van Jesus Christus te versprei. Hierdie boek kan nie verkoop word, op groot skaal gereproduseer word, op ‘n webtuiste geplaas word, in ‘n opsoekstelsel geberg word, vertaal word in ander tale, of gebruik word om fondse in te samel, sonder die uitdruklike geskrewe toestemming van Voice Of God Recordings®, nie.

Vir meer inligting of vir ander beskikbare material, kontak asseblief:

VOICE OF GOD RECORDINGSP.O. BOX 950, JEFFERSONVILLE, INDIANA 47131 U.S.A.

www.branham.org