graad 11 november 2015 landbouwetenskappe v2 · 1.1.3 plante wat aan ʼn fosfortekort lei: (i) het...

26
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT GRAAD 11 NOVEMBER 2015 LANDBOUWETENSKAPPE V2 PUNTE: 150 TYD: 2½ uur Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Upload: others

Post on 24-Mar-2020

3 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT

GRAAD 11

NOVEMBER 2015

LANDBOUWETENSKAPPE V2

PUNTE: 150 TYD: 2½ uur

Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK. 2. Begin ELKE vraag op ʼn NUWE bladsy. 3. Lees AL die vrae aandagtig deur en beantwoord slegs dit wat gevra word. 4. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in

hierdie vraestel gebruik is.

5. ʼn Nieprogrammeerbare sakrekenaar mag gebruik word. 6. Toon AL jou berekeninge, insluitend eenhede en formules waar van

toepassing.

7. Skryf netjies en leesbaar.

(EC/NOVEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.

Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

1.1.1 Een van die by (newe)-produkte van fotosintese is suurstof, wat in

die atmosfeer deur die… van die blare vrygestel word. A mesofil B stomata C chloroplaste D kutikels 1.1.2 ʼn Grondbewerkingsisteem waar grond klonte afgebreek word in

kleiner partikels, deur die gebruik van implemente soos byvoorbeeld harke om die grond gelyk en plat te kry vir plant, word … genoem.

A egging B deklaagbewerking C rysterploegwerk D skoonbewerking 1.1.3 Plante wat aan ʼn fosfortekort lei: (i) Het verswakte blomme, sade en vrugte en lewer swak oeste (ii) Raak verdwerg met dun, lang stamme (iii) Ouer blare word amper swart met rooierige of pers skynsels (iv) Gaan dood as lote verskyn Kies die korrekte kombinasie: A (i), (ii) en (iii) B (ii), (iii) en (iv) C (ii), (iii) en (v) D (i), (ii) en (iv)

4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.1.4 Faktore noodsaaklik vir die ontkieming van saad in hidroponika is … A grond, koolstofdioksied, lig en gunstige temperatuur. B kleigrond, humus, water en lig. C water, suurstof, gunstige temperatuur en lig. D organiese bemesting, donker grond, landboukalk en water. 1.1.5 Wortelvrot in groentegewasse word deur … veroorsaak. A stikstoftekort B beroking C hoë ysterkonsentrasies in die grond D oorbesproeiing of vloede 1.1.6 Vrugte wat ontwikkel uit of afkomstig uit blomme met baie ovaria is

... A vlesige, eenvoudige vrugte. B nie-oopspringende, droë vrugte. C byvrugte. D saamgestelde vrugte. 1.1.7 … verwys na die opbreek of krap van die saadhuid om dormansie te

onderbreek. A Afspening B Skraping C Ontkieming D Bestuiwing 1.1.8 ʼn Besproeiingsisteem waar water gelei word om te vloei in klein/nou

kanale tussen rye gewasse eerder as oor die hele area versprei word.

A Sprinkelbesproeiing B Leivore C Drupbesproeiing D Lugbesproeiing

(EC/NOVEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.1.9 Die diagram van die plant hieronder is ʼn voorbeeld van ... voortplanting.

A bol- B risoom- C gerokte knol- D uitloper- 1.1.10 Die seisoenale klimaatsveranderinge in Suid-Afrika beperk

akwatiese boere om met alle visspesies te boer. Dit kan wees ... A as gevolg van vloede en droogtes in die somer en winter

onderskeidelik. B omdat boere te lui is om in die winter met water te werk. C omdat watertemperature so erg fluktueer. D omdat baie plante verlep in winter en dan is voeding skaars.

(10 x 2) (20)

6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.2 Kies die beskrywing in KOLOM B wat die beste by die term/frase in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter (A–H) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld1.2.6 I.

KOLOM A KOLOM B 1.2.1 afspening A grondlose tegniek om plante te

groei 1.2.2 biotegnologie B langdurige effek op grond 1.2.3 stamper C helmdraad en helmknop 1.2.4 floëem D water en opgeloste nutriënte

vervoer van wortels tot blare 1.2.5 organiese bemesting E afval van blomme en vrugte na

bestuiwing F wetenskaplike tegniek om

organismes te verander G stempel, styl en vrugbeginsel H nutriënt vervoer na alle dele van

die plant (5 x 2) (10) 1.3 Skryf die landbou-term/frase neer vir elkeen van die volgende beskrywings.

Skryf slegs die term/frase langs die korrekte nommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK.

1.3.1 Organismes wat siektes of parasiete van plant tot plant oordra 1.3.2 Die middelste vleiserige gedeelte van vrugte wat ons gewoonlik eet 1.3.3 Stamme wat op die grondoppervlak of net onder die oppervlak groei,

wat deel vorm van die wortels by die nodes en nuwe plante wat by die knoppe voortspruit

1.3.4 ʼn Instrument wat deur boere gebruik word om direk die voginhoud te

meet of te bepaal hoe hard die plant moet werk om vog van die grond in te neem

1.3.5 Die kunsmatige verwydering van water uit die wortelsone van ʼn plant

uit die grond (5 x 2) (10)

(EC/NOVEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

1.4 Verander die onderstreepte woord(e) in elke van die volgende stellings om hulle waar te maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.

1.4.1 Aktiewe vervoer is die spontane beweging van molekules van ʼn area

met ʼn hoë konsentrasie, na ʼn area met ʼn lae konsentrasie. 1.4.2 Chemiese beheer sluit die gebruik van spesie-spesifieke insekte of

ander ongewerweldes en siektes, om onkruidgewasse te beheer. 1.4.3 In vloedbesproeiing word water stadig en presies in die vorm van

druppels, dun straaltjies of motreën toegedien. 1.4.4 ʼn Produksiesisteem waar plante in ʼn nutriënt-oplossing met of

sonder kunsmatige groeimediums vir meganiese ondersteuning gegroei word, word akwakultuur genoem.

1.4.5 Kelk (‘Calyx’) is die steriele kleurvolle blare van die blom wat diere lok,

om met bestuiwing te help. (5 x 1) (5) TOTAAL AFDELING A: 45

8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 2: PLANTVOEDING 2.1 Die stoororgaan is ʼn deel van die plant wat gemodifiseer is om water en

koolhidrate te stoor of berg. Die meeste stoororgane word gewoonlik ondergronds gekry waar hulle beskerm is.

2.1.1 Verskaf DRIE dele van ʼn plant wat as stoororgane gemodifiseer is. (3) 2.1.2 Verwys na EEN chemiese proses wat lei na die vorming en berging

van koolhidrate in plante. (1) 2.1.3 Gee TWEE vereistes vir die proses in VRAAG 2.1 genoem. (2) 2.1.4 Identifiseer EEN produk van die proses in VRAAG 2.1.1 aangedui

wat in plante geberg word. (1) 2.2 Die beweging van water vanaf die wortels na die stamme en blare is baie

belangrik. Water bevat broodnodige minerale elemente. Op hierdie manier word nutriënte na verskillende organe van die plant vervoer. Sommige van die prosesse vind plaas deur osmose en ander deur diffusie.

2.2.1 Lei af DRIE faktore wat die opwaartse beweging van water in plante

beïnvloed. (3) 2.2.2 Maak ʼn opsomming van die rol wat xileemvate in die opwaartse

beweging van water in plante speel. (2) 2.2.3 Lys TWEE funksies van water in plante. (2) 2.2.4 Onderskei tussen osmose en diffusie. (4)

(EC/NOVEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.3 Die volgende plantnutriënt tekort simptome is aanwesig in sommige groente-gewasse:

(a) Groei van die hele plant is vertraag en beperk (b) Blaarrande en punte word bruin en nekroties (c) Swak blaar- en wortelontwikkeling 2.3.1 Pas die mineraal-elemente in die tabel hieronder by die tekort

simptome in VRAAG 2.3 genoem. Swael

Kalsium Stikstof Kalium (3)

2.4 ʼn Boer het twee verskillende sakke saamgestelde kunsmis gekoop. Een

sak (Sak A) is 8:1:3 (30) gemerk. Die tweede sak (Sak B) was 1:2:7.(28) gemerk. Die boer wil graag blaaragtige groente soos byvoorbeeld blaarslaai en spinasie verbou.

2.4.1 Watter sak kunsmis sal jy aanbeveel wat ʼn beter opbrengs vir

blaaragtige gewasse vir die boer sal lewer? (1) 2.4.2 Regverdig jou keuse van die sak kunsmis in VRAAG 2.4.1 met

TWEE redes. (2) 2.4.3 Gee die implikasies van die getal “30” in hakies op die Sak A

8:1:3 (30) in VRAAG 2.4. (2) 2.5 Vier graad 11-leerders het navorsing gedoen op die oes-prestasie van

verskillende organiese bemestingstowwe. Die opbrengs van mielies op twee hektaar grond is gemeet. Die resultate van die navorsing vir opbrengs word hieronder getoon:

Bemestingstof Opbrengs in sakke Kompos 35 Groenbemesting 30 Plaasmis 45 Huishoudelike hope 25 2.5.1 Maak ʼn grafiese voorstelling van die resultate. Gee jou grafiek ʼn

gepaste opskrif. (5) 2.6 Gee ʼn uiteensetting van die verskille tussen aktiewe ioon-opname en

passiewe ioon-opname van nutriënte in plante. (4) [35]

10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3: PLANTREPRODUKSIE Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. 3.1 ʼn Boer het drie plantseisoene gebruik vir ʼn plant-teelproses. Na die eerste

seisoen het die plant ʼn klein kop geproduseer. Na die tweede teelseisoen was die kop groter met baie sade. Na die derde teelseisoen was daar twee groot koppe aan elke plant soos gewys in die prentjie hieronder.

3.1.1 Lei af die tipe plantteelsisteem in 3.1 gebruik. (1) 3.1.2 Regverdig jou keuse in VRAAG 3.1.2 met EEN rede as die

opbrengste van die mielies vergelyk word. (2) 3.1.3 Gee TWEE voordele van die proses in VRAAG 3.1.1. (2)

(EC/NOVEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V2 11

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.2 Die skets hieronder is ʼn tweesaadlobbige blom.

3.2.1 Identifiseer die dele gemerk 9, 3 en 4. (3) 3.2.2 Beskryf die hooffunksie van die deel gemerk 5. (1) 3.2.3 Voorspel DRIE klimaatstoestande wat tot die afspening van blomme

van ʼn vrugteboom kan lei. (3) 3.3 Boere gebruik verskillende metodes van plantvermeerdering op hul plase.

Twee van die plantvermeerderingmetodes word in die illustrasies hieronder vertoon.

3.3.1 Identifiseer die plantvermeerderingsmetodes in FIGUUR A en

FIGUUR B. (2) 3.3.2 Stel DRIE redes voor om opkomende boere te oortuig om hierdie

metodes in VRAAG 3.3 te volg. (3)

12 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.4 Die inligting in die tabel hieronder verwys na siekte-veroorsakende organismes.

Bakterieë

Fungi / Swamme Virusse Vektore

Kies die mikro-organisme uit die inligting bo wat die beste by die beskrywings

in VRAAG 3.4.1 pas. 3.4.1 (a) Die kleinste aansteeklike organisme wat siektes veroorsaak (b) Sapsuigende insekte (c) Veroorsaak abnormale groei soos byvoorbeeld galbulte (d) Veroorsaak meeste plantsiektes (4) 3.4.2 Gee DRIE maatreëls om die verspreiding van die organismes in

VRAAG 3.4.1 in plante te bekamp. (3) 3.5 Plantteling sluit die ontwikkeling van nuwe plantvariëteite/kultivars vir

gewasproduksie, en gebruik in. Dit word gedoen deur genetiese variasie van plante wat of natuurlike, of kunsmatig geskied. Sommige metodes sluit seleksie, hibridisasie, geen-mutasie of genetiese modifisering in. Genetiese modifisering het die produksie van BT (Bacillus thuringeinsis) gewasse tot gevolg gehad wat tot ʼn toename in uitvoere gelei het.

3.5.1 Verduidelik die onderstreepte konsep in VRAAG 3.5. (2) 3.5.2 Gee DRIE voordele van geenmutasie in plantteling. (3) 3.5.3 Noem TWEE belangrike BT (Bacillus thuringeinsis) gewasse in Suid-

Afrika. (2) 3.5.4 Identifiseer die teelsisteem uit die scenario hierbo wat beide

natuurlike en kunsmatig kan wees. (1) 3.6 Formuleer DRIE redes hoekom boere onkruid op hul plase behoort te beheer. (3) [35]

(EC/NOVEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V2 13

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

Begin hierdie vraag op ʼn NUWE bladsy. VRAAG 4: OPTIMALE HULPBRONNE 4.1 ʼn Moderne boerderysisteem maak gebruik van rekenaars, globale satelliet

posisioneringssisteme en afstand-waarnemingstoestelle om die korrekte omgewingstoestande vir optimale gewasproduksie te bepaal. Die boerdery sisteem gebruik ook tegnologies gevorderde toepassings soos GPS (Geographic Positioning System) (Geografiese posisioneringssisteem) en GIS (Geografiese Inligtingssisteem) om al die moontlike faktore wat die produksie kan beïnvloed, te bepaal.

4.1.1 Identifiseer die tipe boerderysisteem in 4.1 beskryf. (1) 4.1.2 Regverdig met TWEE redes die gebruik van rekenaars,

afstandbeheer-sisteme en satelliete in die scenario in 4.1. (2) 4.1.3 Verduidelik hoekom die volgende ultra-moderne tegnologie op

trekkers in presisieboerdery geïnstalleer word. (a) Geografiese Posisioneringssisteem (GPS) (1) (b) Geografiese Inligtingssisteem (GIS) (1)

14 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.2 In die diagram hieronder, vorm reënwater afloop wat na strome beweeg. Die strome vloei in groter riviere in en dit vloei weer na die oseane of mere. Boere kan sommige van die water vir vloedbesproeiing opdam.

4.2.1 Bepaal die beste waterbron vir volhoubare besproeiing uit die

illustrasie in 4.2. (1) 4.2.2 Identifiseer EEN waterbron wat nie goed vir besproeiing is nie. (1) 4.2.3 Gee TWEE kriteria om die waterkwaliteit vir besproeiing te bepaal. (2) 4.2.4 Noem EEN voorbeeld van vloedbesproeiing. (1)

(EC/NOVEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V2 15

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.3 Sommige plaaslike boere gebruik oop sugslote (oop dreine) om landbougrond te herwin. Kommersiële boere gebruik dikwels ander dreineringssisteme op hul grond. Die sketse hieronder verteenwoordig dreineringssisteme wat deur sommige boere gebruik word om landbougrond te herwin.

4.3.1 Identifiseer die dreinerigs-uitlegte gemerk A en B in VRAAG 4.3. (2) 4.3.2 Beveel TWEE faktore aan om te oorweeg voordat ʼn

pypdreineringssisteem geïnstalleer word. (2) 4.3.2 Lys TWEE nadele van oop dreineringsslote (sugslote) op ʼn plaas. (2) 4.4 Plantnutriënt-opname en siektebeheer in ʼn monokultuur en wisselbou

gewasproduksie-sisteme is nie dieselfde nie. Verskaf die mees gepaste verskille om die tabel in VRAAG 4.4.1 te voltooi.

4.4.1 Verskille Aspek Monokulture Wisselbou Plantnutriënt-opname (a) (b) Siektebeheer (c) (d) (4)

16 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.5 Onderskei tussen primêre en sekondêre grondbewerking. (4) 4.6 Akwakultuur is die beheerde produksie van akwatiese organismes. Dit

mag in die see of in varswater geskied. Gereelde toevoeging, voeding en beskerming teen predatore vorm deel van goeie bestuurpraktyke om produksie te verhoog.

4.6.1 Identifiseer TWEE akwakultuur bestuurpraktyke vanaf die scenario

wat tot verhoogde produksie in die akwakultuur-industrie kan lei. (2) 4.6.2 Lys TWEE algemene spesies van akwakultuur-spesies waarmee in

Suid-Afrika geboer word. (2) 4.6.3 Beskryf die oopvloei-sisteem van akwakultuur vir ʼn voornemende

boer. (2) 4.7

4.7.1 Identifiseer die struktuur in VRAAG 4.7. (1) 4.7.2 Gee TWEE omgewingsfaktore wat in ag geneem moet word

wanneer jy area oorweeg om die struktuur in 4.7 vir gewas- produksie op te rig. (2)

4.7.3 Stel TWEE materiale voor wat as die buitenste bedekking van ʼn

kweekhuis soos in 4.7 gebruik kan word. (2) [35] TOTAAL AFDELING B: 105 GROOTTOTAAL: 150

NATIONAL SENIOR CERTIFICATE

GRAAD 11

NOVEMBER 2015

LANDBOUWETENSKAPPE V2 MEMORANDUM

PUNTE: 150

Hierdie memorandum bestaan uit 10 bladsye.

2 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING A VRAAG 1.1 VRAAG 1.2 1.1.1 B √√ 1.2.1 E √√ 1.1.2 A √√ 1.2.2 F √√ 1.1.3 A √√ 1.2.3 G √√ 1.1.4 C √√ 1.2.4 H √√ 1.1.5 D √√ 1.2.5 B √√ (5 x 2) (10) 1.1.6 D √√ 1.1.7 B √√ 1.1.8 B √√ 1.1.9 D √√ 1.1.10 C √√

(10 x 2) (20) VRAAG 1.3 VRAAG 1.4

1.3.1 Vektore √√ 1.4.1 diffusie √

1.3.2 Mesokarp √√ 1.4.2 biologiese beheer √

1.3.3 Uitlopers (‘Stolons’) √√ 1.4.3 mikro/drupbesproeiing √

1.3.4 Tensiometer √√ 1.4.4 hidroponika √

1.3.5 Gronddreinering √√ 1.4.5 kroonblare √

(5 x 2) (10) (5 x 1) (5)

TOTAAL AFDELING A: 45

(EC/NOVEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V2 3

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

AFDELING B VRAAG 2: PLANTSTUDIES 2.1 2.1.1 Stoororgane in plante

x Wortels √ x Stamme √ x Blare √ x Knolle √ x Vrugte/sade/neute √ (Enige 3 x 1) (3)

2.1.2 Chemiese proses

Fotosintese √ (1) 2.1.3 Vereistes van chemiese proses

x Radiasie/sonenergie/sonlig √ x Genoeg koolstofdioksied √ x Water √ x Chlorofil pigment √ x Ideale temperatuur √ (Enige 2 x 1) (2)

2.1.4 Hoofproduk van die proses in organe gestoor

x Suikers/koolhidrate/organiese voedselstowwe √ (1) 2.2 2.2.1 Faktore wat opwaartse beweging van water beïnvloed

x Worteldruk √ x Kapillariteit √ x Adhesie en kohesie √ (3 x 1) (3)

2.2.2 Die rol gespeel deur xileem in waterbeweging

Water beweeg deur xileem √ om water verloor deur transpirasie te vervang. √ (2)

2.2.3 Funksies van water in plante

x Water vervoer nutriënte van grond na wortels en blare. √ x Water vervoer die produkte van fotosintese van blare na plant-

organe vir berging. √ x Water verskaf strukturele ondersteuning. √ x Water reguleer planttemperatuur. √ x Water verskaf die medium vir metaboliese prosesse soos

fotosintese en respirasie. √ (Enige 2 x 1) (2)

4 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.2.4 Osmose Die proses waar watermolekules beweeg van ʼn hoë water potensiaal na ʼn lae water potensiaal √ deur ʼn differensieel deurlaatbare membraan. √ (2) Diffusie Dit is die spontane beweging van molekules van ʼn area met ʼn hoë konsentrasie na ʼn area met ʼn lae konsentrasie, √ tot ʼn dinamiese ekwilibrium bereik word. √ (2) (4)

2.3 2.3.1 a = stikstof √

b = kalium √ c = kalsium √ (3)

2.4 2.4.1 Kunsmis wat beter opbrengs lewer

x Kunsmissak A/Die eerste kunsmissak √ (1) 2.4.2 Regverdiging vir Kunsmissak A

x Die verhouding stikstof in Sak A (8) is groter as die verhouding stikstof in Sak B (1). √

x Blaaragtige groente het meer stikstof vir vegetatiewe groei nodig. √ (2)

2.4.3 Implikasies van (30) op die sak

Die figuur 30 wys die persentasie massa van die kunsmis √ wat die element bevat. √

OF 30 wys die totale getal nutriënte √ in 100 kg van die mengsel. √

OF 30 wys dat die kunsmisstof ʼn 30% mengsel √ van N.PK is. √ (2)

(EC/NOVEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V2 5

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

2.5 2.5.1 Die prestasie van verskillende organiese kunsmis op die opbrengs van mielies.

Staafgrafiek √ 1 Korrekte opskrif √ 1 Korrekte plot √ 1 Opskrif en eenhede op Y-as √ 1 Opskrif en eenhede op X-as √ 1 (5)

2.6 Aktiewe ioon-opname

x Dit is die beweging van nutriënte teen ʼn konsentrasie gradiënt/van ʼn lae na hoë konsentrasie. √

x Dit word met behulp van ʼn draermolekule in die sel gebring. √ x Dit benodig metaboliese energie/energie word deur ATP verskaf en ʼn

geskikte ensiem. √ (Enige 2 x 1)

(4)

Passiewe ioon-opname x Ione beweeg van ʼn hoer konsentrasie na ʼn lae konsentrasie. √ x Dit benodig nie metaboliese energie nie / ATP nie betrokke nie. √ x Dit gebeur buite die kaspariese strook in die korteks. √ (Enige 2 x 1)

[35]

0

5

10

15

20

25

30

35

40

45

50

Kompos Groenbemesting Plaasmis Huishoudelikehope

6 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 3: PLANTREPRODUKSIE 3.1 3.1.1 Teel proses

x Hibridisasie/verbastering √ (1) 3.1.2 Regverdiging van die proses

FIGUUR 2 wys ʼn groter opbrengs √ as FIGUUR 1. √ OF

FIGUUR 3 wys ʼn beter opbrengs √ as FIGUUR 1 en FIGUUR 2. √ (2) 3.1.3 Voordele van hibridisasie

x Hibridisasie skep variëteite wat groter opbrengste lewer. √ x Hibridisasie produseer plante wat vinniger en beter groei. √ x Hibridisasie produseer plante wat meer weerstand bied teen

peste en siektes. √ x Hibridisasie produseer plante wat weerstand bied teen koue en

hitte / uiterste weersomstandighede. √ (Enige 2 x 1) (2) 3.2 3.2.1 Dele van plant

9 = saadknop √ 3 = stempel √ 4 = vrugbeginsel √ (3)

3.2.2 Funksies van die blomstam

x Hou die blom/vrug in plek/ondersteun die blom/vrug. √ x Die blomstam vervoer water en nutriënte vanaf die plant na die

blom. √ (Enige 1 x 1) (1) 3.2.3 Klimaatstoestande van tot afspening lei

x Lae temperature verhoed die ontkieming van stuifmeel en dus vorming van vrugte. √

x Ryp beskadig blomme. √ x Reën maak stuifmeel te vogtig dus kan dit nie versprei nie. √ x Sterk winde blaas insekte weg van stuifmeeldraende bome. √

(Enige 3 x 1) (3) 3.3 3.3.1 Metodes van vermeerdering

FIGUUR A – Enting √ FIGUUR B – Steggies √ (2)

3.3.2 Redes vir vegetatiewe voortplanting

x Plante wat nie sade produseer of bruikbare sade produseer nie, soos rose kan net vegetatief voortplant. √

x Plante wat vegetatief voortplant bly eg aan die oorspronklike. √ x Dit is makliker/vinniger/goedkoper om steggies te maak. √ x Plante wat vegetatief voortgeplant is, produseer vinniger

vrugte/blomme. √ (Enige 3 x 1) (3)

(EC/NOVEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V2 7

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

3.4 3.4.1 Siekte veroorsakende organismes (a) Virusse √ (b) Vektors √ (c) Fungi/swamme √ (d) Bakteria √ (4) 3.4.2 Voorsorgmaatreëls vir verspreiding van plantsiektes

x Gebruik slegs geregistreerde gesertifiseerde siekte vrye saad en ander voortplantingsmateriaal. √

x Ontsmet alle snoei-apparaat om te voorkom dat siektedraende organismes ander plante deur wonde besmet. √

x Selekteer kultivars wat weerstand teen bakteriese siektes bied. √ x Pas wisselbou toe en gebruik gewasse wat nie vatbaar vir siektes

is nie. √ x Berook stoorplekke en kweekhuise. √ (Enige 3 x 1) (3)

3.5 3.5.1 Seleksie

Dit is die proses waardeur omgewings of genetiese invloede bepaal of ʼn organisme, √ beter as ander organismes sal oorleef as ʼn faktor in evolusie. √ (2)

3.5.2 Voordele van geenmutasie

x Dit verskaf teelmateriaal vir konvensionele plantteling. √ x Dit dra by tot bewaring en gebruik van genetiese plant-

hulpbronne. √ x Dit dra by tot voedselsekuriteit. √ x Dit verskaf addisionele inkomste aan boere. √ x Verlangde kenmerke bv. siektebestandheid kan ingebring word.√ x Plante kan geskep word wat meer blomme/vrugte/sade dra om

produksie te vermeerder. √ (Enige 3 x 1) (3) 3.5.3 Twee belangrike Bt gewasse in Suid-Afrika

x Bt Mielies √ x Bt Katoen √ (2)

3.5.4 ʼn Natuurlike of kunsmatige teelmetode

x Seleksie √ (1) 3.6 Redes hoekom boere onkruid moet beheer

x Onkruid kompeteer vir spasie/lig/water en nutriënte. x Onkruid meng met die oes van gewasse in. √ x Onkruid dien as gasheerplante vir insekte en peste. √ x Onkruid met dorings is ʼn gesondheidsgevaar vir ander plante en diere. √

(Enige 3 x 1) (3) [35]

8 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

VRAAG 4: OPTIMALE HULPBRONNE 4.1 4.1.1 Boerderysisteem

Presisie boerdery √ (1) 4.1.2 Redes vir gebruik van rekenaars en globale satelliete

x Om die korrekte weersomstandighede te meet. √ x Om te bepaal of gewasse teen optimale effektiwiteit groei. √ (2)

4.1.3 (a) Geografiese posisioneringssisteem (GPS)

Om die presiese posisie op die aarde te bepaal. √ (1) (b) Geografiese Inligtingssisteem (GIS)

Rekenaars ontvang, bestuur en analiseer spesiale data wat gewasproduktiwiteit en veldinsette meet / Dit maak sin uit alle beskikbare data. √ (1)

4.2 4.2.1 Beste waterbron vir volhoubare besproeiing

x Riviere/groot riviere √ (1) 4.2.2 Waterbron nie geskik vir besproeiing nie

x Seewater √ (1) 4.2.3 Kriteria om kwaliteit van besproeiingswater te meet

x Die soutgehalte van die water, omdat plante kan nie te veel opneem nie, omdat dit die opbrengs affekteer / soutwater is toksies vir plante. √

x Bepaal die spesifieke elektriese konduktiwiteit van water/hoe meer sout opgelos, hoe hoër die spesifieke elektriese konduktiwiteit. √

x Bepaal die natriumbelasting / natrium absorpsie-verhouding/hoër hoeveelhede van natrium-ione (na+) het ʼn nadelige uitwerking op beide die grond en plante. √

x Bepaal toksiese ione soos chloor en litium. √ (Enige 2 x 1) (2) 4.2.4 Voorbeelde van vloedbesproeiing

x Beddingbesproeiing √ x Leivore-besproeiing √ x Kombesproeiing √ (Enige 1 x 1) (1)

(EC/NOVEMBER 2015) LANDBOUWETENSKAPPE V2 9

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.3 4.3.1 Dreinerings-uitlegte A – Parallelle/rooster dreineringssisteem √ B – Visgraatstelsel √ (2)

4.3.2 Faktore om in ag te neem voor installering van ʼn

pypdreineringssisteem x Grond inligting √ x Vleiland impak √ x Ekonomiese haalbaarheid ten opsigte van installeringskoste √ x Huidige en toekomstige gewasproduksiestrategieë √ x Omgewingsimpak geassosieer met dreineringsvrystelling √ x Serwitute en reg op toeganklikheid om enige potensiële konflik te

vermy. √ x Spasiëring van dreine √ x Pypgrootte √ x Drein se gradiënt/helling √ x Uitleg van dreine √ (Enige 2 x 1) (2)

4.3.2 Nadele van oop slote

x Hoë onderhoudskoste vir skoonmaak en uithaal van materiaal wat ingeval het. √

x Slote kan teelarea vir onkruid, peste en insekte word. √ x Verminder toeganklikheid vir voertuie. √ x Sommige aktiwiteite kan nie met swaar plaasmasjinerie gedoen

word nie. √ (Enige 2 x 1) (2) 4.4 4.4.1 Verskillende aspekte van monokultuur en wisselbou Monokultuur Wisselbou (a)

Dieselfde gewas word elke jaar geplant/Die plant neem dieselfde mineraal uit die grond elke jaar. √

(b) Verskillende gewasse word elke jaar geplant./Die plante neem elke jaar verskillende nutriënte uit die grond. √

(c) Siektes en peste maak hul tuis in grond en word moeilik om te verwyder. √

(d) Siektes en peste word makliker beheer omdat die siektes en peste van een gewas nie die ander affekteer nie. √ (4)

4.5 (a) Primêre bewerking Dis die eerste intensiewe bewerkings. Dit sny en dolwe grond om met

implemente wat relatief diep in grond inwerk. √ (2) (b) Sekondêre bewerking Geskied na die primêre bewerking/voorbereiding van saadbed √ bv.

fynmaak, gelykmaak en kompaktering van bo-grond, onkruidbeheer, verwydering van kors en kruine (operd). √ (2) (4)

10 LANDBOUWETENSKAPPE V2 (EC/NOVEMBER 2015)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

4.6 4.6.1 Bestuurpraktyke x Gereelde voorraadtoevoeging √ x Voeding √ x Beskerming teen predatore √ (Enige 2 x 1) (2)

4.6.2 Algemene spesies verbou in Suid-Afrika

x Blouvis (‘Bluefish’)/shad/elf √ x Forel √ x Perlemoen √ x Seewier √ x Oesters √ x Babers √ x Garnale √ x Mossels √ x Tilapia √ (Enige 2 x 1) (2)

4.6.3 Oopvloei-sisteem

Laat water toe om een keer deur die sisteem te vloei voordat dit wegvloei √ en kan gebruik word in binnehuise tenks, as daar genoegsaam en volhoubare kwaliteit waterbron is. √ (2)

4.7 4.7.1 Kweekhuis √ (1) 4.7.2 Omgewingsfaktore om in ag te neem

x Oggendson in die ooste √ x Helling / goed gedreineerde grond √ x Waterbron √ x Bron van elektrisiteit / kragbron √ x Toeganklikheid vir trokke en voertuie √ x Rigting van stormwater √ x Temperatuur √ x Plantsiektes en -peste √ (Enige 2 x 1) (2)

4.7.3 Materiaal vir kweekhuise

x Deursigtige / mikronplastiek / poli-eteen √ x Skadunette (“shade nettings”) / lap √ x Glas √ (2)

[35] TOTAAL AFDELING B: 105 GROOTTOTAAL: 150