hoe om liggaamsvet te gebruik om koei vrugbaarheid … · maar onthou die res van die storie – na...

8
HOE OM LIGGAAMSVET TE GEBRUIK OM KOEI VRUGBAARHEID TE VERHOOG : ARTHUR DE VILLIERS, SEPTEMBER 2017 Baie boere frons en wonder hoekom ons op Arcadia ons bulle soveel later as die gemiddelde Hoëveld-boer by ons koeie sit. Sekere boere sit al op 1 September bulle in, party op 1 Oktober en die meeste op 1 November. Ons begin ons dekseisoen die laaste vyf jaar op 15 Desember dus heelwat later as ons medeboere. Ons het ook aanvanklik op 1 November bulle bygesit maar na 15 jaar op die Hoëveld het ons stelselmatig al later begin dek (ons is nou 27 jaar in die Hoëveld) - sonder om ons “uithaal-datum” aan te skuif. Dit was nie ʼn maklike besluit nie – een van die grootste bekommernisse is laer speengewigte. Elke maand wat ‘n kalf vroeër gebore word, is dit ‘n 25 - 30 kg swaarder kalf maar teen watter koste word hierdie speengewigte verkry? In meeste gevalle ruil jy net Rande vir Rande. Na baie oplees, deelneem aan ʼn besprekingsgroep en eie waarneming van die voordele van “later in die lente begin kalf” is ons dekdatum nou 15 Desember ons behoort eintlik op papiernog twee weke later te begin dek maar met al die vakansie dae tot en met 2 Januarie, werk “vanaf” 15 Desember vir ons goed. Ons kalfdatum is dus vanaf die laaste week in September. Ons almal weet hoe belangrik vrugbaarheid is vir ons finansiële oorlewing - hoe meer kalwers ons aankry, teen die goedkoopste koste hoe meer kan ons verkoop en hoe beter kan ons selekteer en hoe beter kan ons boerderye oorleef. Ek wil graag met u die konsep deel wat u besetting dramaties kan verhoog en terselfdertyd ook u kostes gaan verlaag. Dit is heeltemal natuurlik en dit gee vir u die beste van twee wêrelde. Hierdie konsep berus op “DIE KOEI SE LIGGAAMSVET (KONDISIE) MET EN NET VóóR KALWING. Dit is algemene kennis dat ‘n brandmaer koei (kondisietelling van 1 1,5 uit 5) gaan sukkel om beset te raak (vir ‘n koei om binne 365 dae te kalf het sy 82 dae tyd om beset te raak nadat sy gekalf het as die dragtigheidstydperk op 283 dae geneem word.) So ‘n maer koei kan tot 180 dae neem voor sy weer beset raak! Liggaamsvet met kalwing het ‘n groter effek op herkonsepsie as liggaamsvet met paring.

Upload: others

Post on 01-Dec-2019

0 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: HOE OM LIGGAAMSVET TE GEBRUIK OM KOEI VRUGBAARHEID … · maar onthou die res van die storie – na kalwing..... Dit werk – maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf

HOE OM LIGGAAMSVET TE GEBRUIK OM KOEI VRUGBAARHEID TE VERHOOG :

ARTHUR DE VILLIERS, SEPTEMBER 2017

Baie boere frons en wonder hoekom ons op Arcadia ons bulle soveel later as die gemiddelde

Hoëveld-boer by ons koeie sit. Sekere boere sit al op 1 September bulle in, party op 1 Oktober

en die meeste op 1 November. Ons begin ons dekseisoen die laaste vyf jaar op 15 Desember

– dus heelwat later as ons medeboere. Ons het ook aanvanklik op 1 November bulle bygesit

maar na 15 jaar op die Hoëveld het ons stelselmatig al later begin dek (ons is nou 27 jaar in

die Hoëveld) - sonder om ons “uithaal-datum” aan te skuif. Dit was nie ʼn maklike besluit nie –

een van die grootste bekommernisse is laer speengewigte. Elke maand wat ‘n kalf vroeër

gebore word, is dit ‘n 25 - 30 kg swaarder kalf – maar teen watter koste word hierdie

speengewigte verkry? In meeste gevalle ruil jy net Rande vir Rande.

Na baie oplees, deelneem aan ʼn besprekingsgroep en eie waarneming van die voordele van

“later in die lente begin kalf” is ons dekdatum nou 15 Desember – ons behoort eintlik op

“papier” nog twee weke later te begin dek maar met al die vakansie dae tot en met 2 Januarie,

werk “vanaf” 15 Desember vir ons goed. Ons kalfdatum is dus vanaf die laaste week in

September.

Ons almal weet hoe belangrik vrugbaarheid is vir ons finansiële oorlewing - hoe meer kalwers

ons aankry, teen die goedkoopste koste – hoe meer kan ons verkoop en hoe beter kan ons

selekteer en hoe beter kan ons boerderye oorleef.

Ek wil graag met u die konsep deel wat u besetting dramaties kan verhoog en terselfdertyd

ook u kostes gaan verlaag. Dit is heeltemal natuurlik en dit gee vir u die beste van twee

wêrelde.

Hierdie konsep berus op “DIE KOEI SE LIGGAAMSVET (KONDISIE) MET EN NET VóóR

KALWING.

Dit is algemene kennis dat ‘n brandmaer koei (kondisietelling van 1 – 1,5 uit 5) gaan sukkel

om beset te raak (vir ‘n koei om binne 365 dae te kalf het sy 82 dae tyd om beset te raak nadat

sy gekalf het – as die dragtigheidstydperk op 283 dae geneem word.) So ‘n maer koei kan tot

180 dae neem voor sy weer beset raak! Liggaamsvet met kalwing het ‘n groter effek op

herkonsepsie as liggaamsvet met paring.

Page 2: HOE OM LIGGAAMSVET TE GEBRUIK OM KOEI VRUGBAARHEID … · maar onthou die res van die storie – na kalwing..... Dit werk – maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf

Dit is ook interessant dat klein verskille in liggaamsvet ‘n groot verskil kan maak op

besettingspersentasies. So daar is dus ‘n groot korrelasie tussen liggaamsvet met kalwing en

vrugbaarheid by die tyd van paring.

Soos ons weet is koeie nie dadelik gereed na kalwing om “bul te vat” nie. Na kalwing is daar

‘n onvrugbare periode waarin die koei moet herstel van die kalwingproses – in hierdie tyd moet

die baarmoeder “gesond” word en terugkrimp na normaal, so ook is daar ander hormonale

afskeidings wat moet verander van voor kalwing tot by haar eerste hitte-siklus. Die lengte

(aantal dae) van hierdie onvrugbare periode hang af van hoe vet die koei was met kalwing.

Meeste mense glo verkeerdelik dat vrugbaarheid en toename in kondisie gedurende die

dekseisoen die grootste faktor is m.b.t. goeie konsepsie – dit speel wel ‘n rol – maar vêr meer

belangrik is hoeveel vet die koei gestoor het voor - en met kalwing.

Kyk gerus na die volgende werk wat gedoen is:

Kondisietelling by

Kalwing

Onvrugbare Periode

(in dae)

1-2 89 dae en langer

2.5 ongeveer 70 dae

3 ongeveer 52 - 59 dae

3.5 – 4 ongeveer 31 dae

Dit is ook bewys dat die eerste siklus na kalwing wel vrugbaar kan wees maar eintlik is die

tweede siklus – 21 dae later – jou beste siklus en kans vir konsepsie. Die aanbeveling is dus

dat jou teel seisoen moet begin na die onvrugbare periode plus een siklus. In die perfekte

wêreld – waarin niemand van ons is nie – word ‘n 42 dae dekseisoen aanbeveel (dit beteken

nie dat ons nie daarna kan strewe nie!). Dit kom daarop neer dat jou koeie so vroeg as

moontlik binne jou dektyd moet bul vat – die koeie wat later kalf het doodgewoon nie genoeg

tyd om beset te raak nie. Met ‘n dekseisoen van 60 of 90 dae geld dieselfde beginsel.

Werk wat gedoen is m.b.t. die persentasie koeie wat beset was 90 dae na kalwing het die

volgende gewys:

Page 3: HOE OM LIGGAAMSVET TE GEBRUIK OM KOEI VRUGBAARHEID … · maar onthou die res van die storie – na kalwing..... Dit werk – maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf

Kondisietelling by

Kalwing

% Besetting van

koeie

1-2 15%

2.5 30%

3 80%

3.5 – 4 95%

Sodra die kondisietelling 4,5 en 5 was (baie vet) het die konsepsies afgeneem tot 75% koeie

beset na 90 dae. So té vet is ook verkeerd.

Dit is nie die einde van die storie nie! Om bogenoemde resultate te verkry moet koeie ook

gewig toeneem net voordat hulle kalf. M.a.w. ‘n koei in goeie kondisie voor kalwing behoort

nie gewig te verloor in die dae voor en om kalwing nie omdat sy in hierdie kritieke tyd baie

meer energie nodig het. As sy net van haar gestoorde vet afhanklik is gaan dit nog steeds

langer vir haar neem om in eerste siklus te kom. Hierdie maak sin uit die feit dat liggaamsvet

‘n fantastiese bron is om te verseker dat die koei genoeg energie-reserwes het om haarself

“gesond” te kry, na haar kalf te kyk en weer dragtig te raak. As sy nou gewig verloor – gaan

haar instink inskop en sy eerder vir haarself en haar kalf sorg – voor sy weer gaan begin siklus.

Ons dink baie keer dat ons kan “regmaak” deur skraal koeie goed te laat optel voor die

dekseisoen – dit werk, maar nie SO goed nie! Onthou die horlosie begin tik as die kalf gebore

word – jy kan nie die horlosie terug draai nie. Die probleem hier is dat die koei die manier hoe

sy vet as energie gebruik, prioritiseer. Sy gebruik eers energie vir haar eie onderhoud en

baarmoeder involusie, dan gebruik sy geweldig baie energie om genoeg melk vir haar kalf te

produseer en ʼn goeie ma te wees. Eers as aan al hierdie energie behoeftes voldoen is – sal

sy begin gewig optel.

Terwyl die koei dragtig is, is dit redelik maklik vir haar om gewig op te tel. Dragtigheid gebruik

energie, maar nie soveel dat daar nie genoeg oor is vir haar om kondisie op te tel nie. As die

koei eers gekalf het – verander haar energie-balans drasties. Dit is dan amper onmoontlik

vir haar om genoeg kalorieë in te neem om melk te produseer en in gewig toe te neem. Om

hierdie behoeftes “uit ‘n sak” vir haar te gee – is glad nie winsgewend nie.

Dink maar gerus hoeveel energie- of produksie-lek gee ons vir die koeie wat voor die lente of

in die vroeë lente kalf (voor die gras begin groei het) – dit vreet aan ons wins! Dit is moeilik

om die balans te vind tussen vroeg kalf in ‘n goeie kondisie en nog steeds gewig op te tel na

Page 4: HOE OM LIGGAAMSVET TE GEBRUIK OM KOEI VRUGBAARHEID … · maar onthou die res van die storie – na kalwing..... Dit werk – maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf

kalwing. Hier dink ek aan boere wat oesreste het – die koeie kalf wel in ‘n goeie kondisie –

maar onthou die res van die storie – na kalwing..... Dit werk – maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae

koste koei/kalf stelsel nie. Na kalwing, as die reste op is, dan begin die probleem van kostes

aan die een kant en die “baklei” teen die natuur om die koeie in goeie kondisie te hou

(verkieslik gewig te laat toeneem) aan die ander kant.

Daar is ‘n ander strategie om oorwinteringskoste te sny, koeie goedkoop te laat gewig

toeneem voor hulle kalf, al die kalorieë te voorsien wat benodig word vir laktasie en om

vrugbaarheid en konsepsie te verhoog: sonder dat dit jou enige iets meer gaan kos aan

ekstra voer of lekke – inteendeel, dit gaan jou minder kos.

KALWING GEDURENDE DIE GROEIPERIODE VAN DIE GRAS – DIT IS DIE ANTWOORD

VIR LAE KOSTE KOEI – KALF PRODUKSIE.

As ons ons kalfseisoen net ‘n bietjie aanskuif – kom ons kyk wat gebeur:

As jou koeie 4 tot 6 weke NA die groeiseisoen begin kalf, is hierdie koeie in ‘n totaal ander

situasie as die koeie wat VOOR die groeiseisoen kalf. Hierdie koeie wat later kalf het ten

minste 6 weke van uitstaande kwaliteit, welige en goedkoop weiding beskikbaar voordat hulle

kalf. Omdat hulle nie lakteer nie – selfs al kom hulle skraal uit die winter uit – het hulle

heeltemal genoeg tyd en nie soveel energie nodig, om in ‘n 3,5 of 4 kondisie punt te kom voor

hulle kalf!

‘n Kondisie punt van 3,5 - 4 beteken ‘n korter onvrugbare periode. Konsepsie sal daarom baie

beter wees en jy sal nie ‘n fortuin bestee aan wintervoer om hierdie hoë konsepsies te bereik

nie.

Daar is dus ‘n groot voordeel m.b.t. vrugbaarheid as jy aanskuif na kalwing gedurende die

groeiperiode. Meeste van jou koeie gaan tussen 30 en 60 dae na kalwing beset raak. Jy kan

‘n meer eenvormige kalfgroep verwag omdat meeste kalwers binne twee maande van mekaar

gebore word. Beter bestuur m.b.t. observasie, onthoring, kastrasie, entings, bemarking ens.

is dus moontlik.

Soos vroeër genoem – beter konsepsie beteken beter seleksie en minder uitskot van oop

koeie. Meer kalwers beteken jy kan jou beste verse hou, dit teen ʼn laer koste produseer – en

dit gaan jou netto inkomste verhoog. Dit is al wat ons sal laat oorleef.

Page 5: HOE OM LIGGAAMSVET TE GEBRUIK OM KOEI VRUGBAARHEID … · maar onthou die res van die storie – na kalwing..... Dit werk – maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf

Melkproduksie gaan nie ernstig benadeel word nie – jy het nog die grootste gedeelte van die

somertyd oor. Kalwers gebore in welige veld is baie gesonder as kalwers gebore in klein

kampies waar hooibale gevoer word. Modder, koeie wat saamdrom om bale, laat snerpende

koues ens. is sleg vir ʼn jong kalf. Meer liggaamsvet by die koeie beteken meer biesmelk –

daarom is jou later gebore kalwers baie keer meer gesond as jou vroeë kalwers. Omdat die

koeie in goeie kondisie gekalf het – produseer hulle ook meer melk vir die volgende vier

maande. So jou kalwers groei vinniger – omdat jou koeie vetter is! Ek neem t.s.v. bg. stelling

tog waar, dat ons kalwers baie maagwerk het – dit is gewoonlik Rotavirus of Coronavirus.

Hierdie probleem het dalk te doen met ons obsessie om vir te veel melk te selekteer. Vroeër

kalwers in ʼn later kalfseisoen – bly nog jou beste. Die geboortemassas van ons kalwers is ook

hoër – maar nog steeds aanvaarbaar met die minimum kalwingsprobleme. Ek dink wel dat jou

verse vroeër kan kalf – voor die groen gras – om kalwingsprobleme by hierdie groep te beperk.

Hulle gaan genoeg tyd hê, voordat die bulle ingaan vir hulle tweede dekking, om in massa toe

te neem.

Omdat jou koeie tyd het om kondisie op te tel voor kalwing het jy minder oorwinteringskostes.

Ons koeie kom deur die winter sonder ‘n enkele baal voer (in hierdie koue Hoëveld – waar

voermaak aan die orde van die dag is). Met spaar veld wat ons laat rus vanaf einde Januarie

kry ons dit al vir jare reg – en net 14 dae later bulle insit maak ‘n GROOT verskil. Koeie kan

tot 20% van hulle liggaamskondisie verloor terwyl hulle dragtig deur die winter gaan – maar

dan moet jy weet waar en watter kampe hulle gaan vreet om daardie gewig weer aan te sit

voor hulle kalf. Ons het wel nou beperkte oesreste, maar later meer hieroor.

A.g.v. kompensatoriese groei is diere wat vir ‘n kort periode (3-4 maande) gewig verloor het

ongelooflik doeltreffend om nutriënte effektief te gebruik en terug te bons om na 6 weke van

goeie, groen, vars weiding hulle kondisie dramaties te verbeter. Ons sal wel as ons ‘n ernstige

koue front of sneeu sien aankom, bale uitsit op Arcadia – maar op die ander plase het ons nie

eers een baal hooi nie. As die front oor is – word daar nie weer bale uitgesit nie.

As jy gedurende die groeiseisoen kalf, kan jy later speen as die tradisionele metode. Soos

genoem – die koeie kan maar gewig verloor – hulle gaan dit mos weer optel in die somer

VOOR hulle kalf. Ons het ook begin om nie meer ons kalwers te speen nie (ons weeg wel op

die regte speen datum) maar jaag dan die kalwers weer saam met die koeie. Soos wat die

weidingskwaliteit afneem sal die dragtige koeie hulle kalwers self speen. Ons doen dit ook

reeds vir ‘n paar jaar – en dit werk! Geen speenskok, geen drade word gebreek, geen stres

op ma en kalf nie. Die koeie met bulkalwers moet geskei word van die koeie met verskalwers

(saam met hulle kalwers) – anders begin die bulletjies die verse te dek.

Page 6: HOE OM LIGGAAMSVET TE GEBRUIK OM KOEI VRUGBAARHEID … · maar onthou die res van die storie – na kalwing..... Dit werk – maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf

Soos Kit Pharo vir ons gesê het “Who wean the Kudu calf?” – of ons ander wildslammers?

Ons het al so laat gespeen (ons het nie geweet waar om met die speenkalwers heen te gaan

nie!) dat koeie al weer kalf terwyl haar vorige kalf nog by haar loop. Die koeie het soveel dae

terug geskuif m.b.t. hulle kalfdatum (20 tot 50 dae vroeër – maar gemiddeld skuif koeie 30 dae

terug). Ek het aktief self gekyk en laat kyk of die ouer kalf saam met die nuwe kalfie suip –

ons het dit nog nie een keer gesien nie. Hierdie dramatiese “terug skuif” gebeur meestal met

ons koeie wat in die herfs kalf – in baie goeie kondisie.

Ons beleid op Arcadia is “half a skip a life time” – so ʼn koei kan een maal in haar lewe oorgaan

van die somer na die winter of van die winter na die somer – maar nooit weer nie – anders

word sy uit geskot. Ons stel ons koeie vir 73 dae (15/12 tot 28/2) in die somer en 60 dae (1/5

tot 1/6) in die winter aan die bulle bloot. Dit is dus 133 dae in totaal. Wat ek nou die laaste

twee jaar doen is om die 133 dae aan mekaar te verbind. Ek het net gesien dat as ek bulle

28/2 uithaal en op 1/3 is daar ʼn koei op hitte – moet sy oorstaan tot 1 Mei voor sy weer bul

kry. In ons wêreld is Maart en April nog goeie maande en dit maak nie vir my sin om in hierdie

laat somer die bulle nie by die koeie te hê nie. Ons dek dus nou nog steeds net 133 dae –

maar hierdie tydperk strek van 15/12 tot 30/4. As ʼn koei nie in hierdie goeie maande beset

raak nie – het sy geen verskoning nie.

As jy later speen – kom jy later in die mark en jou speenkalf kan vir die Kersmark aan die

voerkraal verkoop word, teen ‘n beter prys. Indien jy genoeg weiding het kan jy die kalwers

nóg later speen – speen hulle wanneer die koeie in daardie wonderlike groen weiding ingaan.

Dan benut jy ook hulle kompensatoriese groei en jy verkoop hulle dan as 280 – 300 kilogram

goedkoop groot gemaakte “long weaners” wat reeds “ge-background” is vir die voerkrale. As

jy onderhandel met ʼn voerkraal – kan jy reeds die kalwers vir hulle ent en voorberei en

sodoende dalk nog ʼn ekstra premie verdien.

Soos bo genoem volg ons reeds hierdie praktyk met Arcadia Bonsmaras – dit werk verseker!

Dit werk veral beter met vroegryp beeste wat blitsvinnig vet aansit sodra die groen gras kom.

So die regte genetika speel verseker ook ʼn groot rol in hierdie bestuur milieu.

“Fertility is more a factor of fleshing ability than of anything else. Fleshing ability is more a

factor of low maintenance requirements than of anything else. Fleshing ability and

maintenance requirements are very heritable. Therefore, fertility is very heritable – Kit Pharo.”

Page 7: HOE OM LIGGAAMSVET TE GEBRUIK OM KOEI VRUGBAARHEID … · maar onthou die res van die storie – na kalwing..... Dit werk – maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf

Medium-raam beeste met goeie kapasiteit, matige bespiering, goeie aanpassingsvermoë en

wat vinnig op die veld vet word, werk oor die hele wêreld uitstekend in ekstensiewe dele.

Hierdie kalf is 8 maande oud, weeg 247kg. Sy Moeder is dragtig, in goeie kondisie en

reeds opgedroog.

Hierdie kalf is 9 maande oud, weeg 288 kg. Sy Moeder is dragtig, in goeie kondisie en

reeds opgedroog.

Page 8: HOE OM LIGGAAMSVET TE GEBRUIK OM KOEI VRUGBAARHEID … · maar onthou die res van die storie – na kalwing..... Dit werk – maar dit is nie ‘n resep vir ‘n lae koste koei/kalf

As ‘n koei in hierdie kondisie kalf behoort sy maklik voor 82 dae na kalwing beset te

raak.

Hierdie koei het haar kalfdatum met 32 dae terug geskuif – omdat sy in so ‘n goeie

kondisie van die veld af gekalf het.