hoërskool die wilgers - - cum laude web view7.teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer...

16
Graad 12: LEWENSWETENSKAPPE (VRAESTEL 2) TYD: 2½ uur TOTAAL: 150 INSTRUKSIES : 1. Beantwoord AL die vrae. 2. Begin elke nuwe vraag bo-aan ʼn nuwe bladsy. 3. Nommer die antwoorde korrek volgens die numeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is. 4. Laat asseblief ʼn lyn oop tussen elke antwoord. 5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan. 6. Maak alle sketse met potlood en byskrifte in blou ink. 7. Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. 8. Diagramme in hierdie vraestel is nie noodwendig volgens skaal geteken nie. 9. Grafiekpapier mag nie gebruik word nie. 10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik. 11. Skryf netjies en leesbaar. ____________________________________________________________________________ ______ AFDELING A VRAAG 1 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer neer, bv. 1.1.8 D 1.1.1 Watter een van die volgende terme word nie geassosieer met geslagtelike voortplanting nie? A. Gamete B. Kloning D. Bevrugting C. Sigoot 1.1.2 Tydens gametogenese word . . . gevorm. A. somatiese selle B. diploïede gamete C. sigote D. haploïede gamete 1.1.3 Die naelstringaar /umbilikale vena vervoer . . . A. afvalstowwe na die plasenta. B. suurstof en voedingstowwe na die fetus. C. suurstof en voedingstowwe na die plasenta. D. suurstof en afvalstowwe na die fetus. 1.1.4 Watter een van die volgende seksueel oordraagbare siektes word deur ‘n bakterie veroorsaak ? A. Genitale herpes B. Genitale vratte

Upload: phungnhu

Post on 05-Feb-2018

254 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: HOËRSKOOL DIE WILGERS - - Cum Laude Web view7.Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. ... Kloning. D. BevrugtingC. Sigoot. 1.1.2 Tydens gametogenese word

Graad 12: LEWENSWETENSKAPPE (VRAESTEL 2)

TYD: 2½ uur TOTAAL: 150 INSTRUKSIES:1. Beantwoord AL die vrae.2. Begin elke nuwe vraag bo-aan ʼn nuwe bladsy.3. Nommer die antwoorde korrek volgens die numeringstelsel wat in hierdie

vraestel gebruik is.4. Laat asseblief ʼn lyn oop tussen elke antwoord.5. Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.6. Maak alle sketse met potlood en byskrifte in blou ink.7. Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word.8. Diagramme in hierdie vraestel is nie noodwendig volgens skaal geteken nie.9. Grafiekpapier mag nie gebruik word nie.10. Jy mag ʼn nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer gebruik.11. Skryf netjies en leesbaar. __________________________________________________________________________________AFDELING A

VRAAG 11.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer neer, bv. 1.1.8 D

1.1.1 Watter een van die volgende terme word nie geassosieer met geslagtelike voortplanting nie?

A. Gamete B. KloningD. Bevrugting C. Sigoot

1.1.2 Tydens gametogenese word . . . gevorm.

A. somatiese selle B. diploïede gamete C. sigote D. haploïede gamete

1.1.3 Die naelstringaar /umbilikale vena vervoer . . .

A. afvalstowwe na die plasenta. B. suurstof en voedingstowwe na die fetus. C. suurstof en voedingstowwe na die plasenta. D. suurstof en afvalstowwe na die fetus.

1.1.4 Watter een van die volgende seksueel oordraagbare siektes word deur ‘n bakterie veroorsaak ?

A. Genitale herpes B. Genitale vratteC. Gonorree D. Vigs

1.1.5 Klankgolwe word omgeskakel na impulse by die . . .

A. timpanum. B. ovale venster.C. ronde venster. D. koglea.

1.1.6 Bysiendheid word veroorsaak deur . . .

A. ‘n oogbal wat te kort is. B. draagligamente wat saamtrek. C. siliaarspier wat saamgetrek bly. D. ‘n lens wat te plat is.

Page 2: HOËRSKOOL DIE WILGERS - - Cum Laude Web view7.Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. ... Kloning. D. BevrugtingC. Sigoot. 1.1.2 Tydens gametogenese word

1.1.7 Wanneer kameelperde en rooibokke in dieselfde gebied voorkom en voed, is die saamleefverhouding ‘n voorbeeld van . . .

A. parasitisme. B. hulpbronverdeling.C. mutualisme. D. intraspesifieke kompetisie.

1.1.8 Primêre suksessie vind plaas as . . .

A. onkruide in ‘n mielieland begin groei. B. ligene op rotse begin groei.C. die alge in ‘n dam toeneem. D. varings in ‘n woud toeneem. (8 x 2) (16)

1.2 Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.1.2.1 DNS wat gebruik word vir die studie van menslike migrasie. 1.2.2 Die onttrekking van ‘n klein hoeveelheid amniotiese vloeistof en fetale

selle om chromosoomafwykings by ‘n fetus te identifiseer. 1.2.3 Die kliere by die manlike voortplantingstelsel wat ‘n vloeistof afskei

wat fruktose bevat om energie aan spermselle te gee.1.2.4 Die menslike embrio wat gedifferensieer het om triploblasties te wees.1.2.5 Die proses waardeur eierselle vervaardig word deur meiose.1.2.6 Ensiembevattende gedeelte van ‘n spermsel se kop.1.2.7 Tydperk van ontwikkeling van ‘n fetus vanaf bevrugting tot geboorte.1.2.8 Baba-hondjies se oë is na geboorte nog toe en hulle moet gevoed en

beskerm word. (8)

1.3 Dui aan of elk van die stellings in KOLOM I van toepassing is op slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen van die items in KOLOM II nie. Skryf slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer neer.

KOLOM I KOLOM II1.3.1 Tel van al die organismes in ‘n bevolking.

A. MonsternemingB. Vang-merk-hervang

1.3.2 Nakomelinge word lewend gebore na plasentale voeding.

A. OvoviviparieB. Viviparie

1.3.3 Koedoebulle veg om die guns van ‘n wyfie om mee te paar.

A. Intraspesifieke kompetisieB. Interspesifieke kompetisie

1.3.4 Planthormone wat saadontkieming stimuleer.

A. OuksieneB. Gibberelliene

1.3.5 Planthormoon wat voorkom dat okselknoppe in die winter uitloop.

A. GibberellieneB. Absissiensuur

(5 x 2) (10)

Page 3: HOËRSKOOL DIE WILGERS - - Cum Laude Web view7.Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. ... Kloning. D. BevrugtingC. Sigoot. 1.1.2 Tydens gametogenese word

1.4 Bestudeer die onderstaande grafiek wat die groeikurwe van ‘n bevolking meerkatte oor ‘n paar jaar in ‘n natuurreservaat voorstel. Beantwoord die vrae wat volg.

1.4.1 Noem die tipe groeikurwe wat hierdie bevolking meerkatte het. (1)

1.4.2 Verduidelik waarom die getal meerkatte by jaar een nog laag is. (2)

1.4.3 Benaam die deel wat B aangetoon is op die grafiek. (1)

1.4.4 Met hoeveel meerkatte het die bevolking toegeneem vanaf jaar 2 tot jaar 5? Toon die berekening volledig. (3)

1.4.5 Noem twee faktore wat in hierdie geslote gebied daarvoor verantwoordelik is dat die groeikurwe die patroon by C sal handhaaf. (2) (9)

1.5 Bestudeer onderstaande diagram van die mens se endokriene stelsel en beantwoord die vrae wat volg.

Diagram van ʼn fetus in die uterus 1.5.1 Benaam die volgende nommers: a) Nommer 2 b) Nommer 3 (2)

1.5.2 In watter genommerde deel vind bevrugting plaas? (1)

1.5.3 Noem kortliks twee funksies van nommer 5. (2)

1.5.4 Beskryf kortliks wat by nommer 1 gebeur as die baba gereed is om gebore te word. (2)

TOTAAL AFDELING A: 50

Tyd (jare)Get

al m

eerk

atte

(in

ho

nder

de)

Page 4: HOËRSKOOL DIE WILGERS - - Cum Laude Web view7.Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. ... Kloning. D. BevrugtingC. Sigoot. 1.1.2 Tydens gametogenese word

AFDELING B

VRAAG 22.1 Bestudeer die onderstaande diagram van ‘n orgaan in lengtesnee gesien en beantwoord die vrae wat volg.

2.1.1 Wat word die sakkie los vel genoem waarin die struktuur voorkom? (1)2.1.2 Wat is die funksie van die sakkie

los vel? (2)2.1.3 Gee die byskrifte by A, B en C. (3)2.1.4 Wat is die funksie van die

interstisiële selle wat tussen C voorkom. (1)

2.1.5 Noem die gamete wat in struktuur C vervaardig word. (1)

2.1.6 Teken ‘n benoemde skets van een gameet wat by 2.1.5 genoem is. (4)

(12)

2.2 Bestudeer onderstaande diagram van die brein en kliere en beantwoord die vrae wat volg.

2.2.1 Benaam A, B en klier Y onderskeidelik. (3)

2.2.2 Verduidelik hoe negatiewe terugkoppeling tussen klier Y en die tiroïed werk. (8)

2.2.3 Gestel ‘n persoon is gedehidreerd: a) Watter hormoon sal deur klier Y afgeskei word? (1) b) Na watter teikenorgaan sal die hormoon vervoer word? (1) c) Watter netto-effek het die hormoon se werking op dehidrasie? (2)

2.2.4 Noem twee nadele vir die mens as deel C beskadig raak in ‘n ongeluk. (3) (18)

[30]

B

Klier Y

A

C

Tiroïed

Page 5: HOËRSKOOL DIE WILGERS - - Cum Laude Web view7.Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. ... Kloning. D. BevrugtingC. Sigoot. 1.1.2 Tydens gametogenese word

VRAAG 33.1 Bestudeer onderstaande diagramme / foto’s en beantwoord die vrae wat volg.

A. Mosplante

B. Kanna-risoom

C. Liewenheersbesie

op blomme

D.Sonneblomsade

E.Garssaailinge

F.Hawerkoleoptiele

3.1.1 Gee die term vir elk van die volgende volgens die diagramme.a) Afwisseling van haploïede plantjies met diploïede plantjies in die lewensiklus by diagram A. (1)

b) Soort voortplanting by diagram B. (1)

c) Rol van die liewenheersbesie by die blomme se voortplanting in diagram C. (2)

3.1.2 Noem en bespreek die soort simbiose wat in diagram C voorgestel word. (4)

3.1.3 Waarom sal die nakomelinge van die sade in diagram D van mekaarvarieer? (2)

3.1.4 Skryf ‘n gesamentlike hipotese vir eksperimente wat met foto E en diagram F voorgestel word. (3)

(13)

Page 6: HOËRSKOOL DIE WILGERS - - Cum Laude Web view7.Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. ... Kloning. D. BevrugtingC. Sigoot. 1.1.2 Tydens gametogenese word

3.2 Bestudeer onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

Grafiek van lande se ekologiese voetspoorper persoon (g/ha)

Diagram A

Diagram B

3.2.1 Watter lande is ontwikkelde lande? Motiveer jou antwoord kortliksuit die grafiek. (5)

3.2.2 Verduidelik wat maak dat ‘n persoon se ekologiese voetspoor groot of klein is. (3)

3.2.3 Bespreek kortliks watter verband daar bestaan daar tussen diagram A en diagram B. (7)

3.2.4 a) Watter land se ekologiese voetspoor lê op die wêreldgemiddelde? (1)b) Wat is die wêreldgemiddelde ekologiese voetspoor per persoon? (1)

(17)[30]

TOTAAL AFDELING B: 60

Page 7: HOËRSKOOL DIE WILGERS - - Cum Laude Web view7.Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. ... Kloning. D. BevrugtingC. Sigoot. 1.1.2 Tydens gametogenese word

AFDELING C

VRAAG 44.1 Bestudeer die grafieke wat die verandering van bloed-hormoonvlakke en liggaamstemperatuur in ‘n vrou tydens die menstruele siklus aandui. Beantwoord die vrae wat volg.

D.

4.1.1 Hormoon A veroorsaak dat ‘n nuwe Graaf-follikel in die ovarium ontwikkel. Gee die naam van hormoon A. (1)

4.1.2 Gee hormoon B se naam en verduidelik sy funksie. (3)

4.1.3 Deur watter klier in die liggaam word beide hormoon A en B afgeskei? (1)

4.1.4 Wat word die proses, wat deur die blok tussen dag 13 en 15 aangedui word, genoem? (1)

4.1.5 Verduidelik wat gebeur tydens die proses in vraag 4.1.4 genoem. (3)

4.1.6 Watter effek het die proses by 4.1.4 genoem, op die vrou se liggaamstemperatuur? (1)

4.1.7 Gee die naam van hormoon C. (1)

4.1.8 Verduidelik watter effek hormoon C op die endometrium het en watter moontlike rol dit kan speel? (3)

4.1.9 Gee die naam van hormoon D. (1)

4.1.10 Wat is die effek van hormoon D op die endometrium. (1)

4.1.11 Volgens die grafiek, tydens watter dae van die siklus vind menstruasie plaas? (2)

4.1.12 Tydens watter dae van die siklus kan seksuele omgang tot swangerskap lei? (1)

A

B C D

Tyd (dae)

Liggaamstemperatuur

Page 8: HOËRSKOOL DIE WILGERS - - Cum Laude Web view7.Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. ... Kloning. D. BevrugtingC. Sigoot. 1.1.2 Tydens gametogenese word

4.1.13 Wat word die tydperk genoem dat ‘n ouer vrou onvrugbaar raak en nie meer menstrueer nie? (1) (20)

4.2

Ter inleiding: Wat stres is en hoe dit syslagoffers aftakel

MISKIEN trek jou maag gedurig op ’n knop, omdat jy die druk nie meer kan hanteer nie. Of knabbel jy knaend aan jou vingernaels tot op die nerwe van jou vingerpunte. Op sy ergste pluk jy straks selfs bosse hare uit jou harspan. Maar jy krop op en hou in, want jy is ’n weerlose slagoffer van die moderne lewe. Jy is ’n willose dissipel van die stres-draak. Spanningsdruk het jou in ’n drukgang.

Maar presies wat is stres eintlik? Op sy heel eenvoudigste kan ’n mens dit beskryf as die manier waarop jy voel wanneer druk op jou geplaas word. Matige druk kan produktief wees, jou die motivering gee om iets uit te rig en jou help om dit beter te doen. Die ironie is dus dat stres binne perke ’n goeie ding is, eintlik noodsaaklik is om die mens te laat presteer en te laat vooruitgaan in die lewe.

Dog te veel druk of langdurige druk kan erg ongesond wees vir die menslike gees en liggaam. In die geneeskunde word hierdie ongesonde stres gedefinieer as ’n fisieke, chemiese of emosionele ontwikkeling wat spanninge veroorsaak wat tot liggaamlike siektes kan lei. Verskillende stadiums word onderskei. Die alarm-stadium: Die liggaam erken die stres en maak gereed vir aksie—om óf te veg óf te vlug.

Bron: Uittreksel uit: http://www.mieliestronk.com/stres.html

Die mens oorleef deurdat inligting vanuit die eksterne omgewing aan die brein gestuur word, asook inligting vanaf die interne omgewing van die liggaam. Die inligting stel die liggaam instaat om die beste besluite te neem en liggaamsreaksies te koördineer vir oorlewing.

Lees die meegaande inligtingstuk oor Stres en beantwoord die vraag wat aan die einde van die leesstuk volg.

Page 9: HOËRSKOOL DIE WILGERS - - Cum Laude Web view7.Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. ... Kloning. D. BevrugtingC. Sigoot. 1.1.2 Tydens gametogenese word

Skryf ‘n opstel waarin jy die volgende verduidelik:

* Die wesentlike verskil waarvolgens die Senuweestelsel en Endokriene stelsel in die menslike liggaam funksioneer.

* Die endokriene afskeiding van ‘n hormoon onder ‘n stresvolle toestand en hoe die betrokke hormoon die liggaam voorberei vir aksie in die alarmstadium.

Inhoud (17)Sintese (3) (20)

Let wel: Geen punte sal toegeken word vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme of diagramme nie.

TOTAAL AFDELING C: [40]

GROOTTOTAAL: 150

GR 12 LEWENSWETENSKAPPE VRAESTEL 2: MEMORANDUM

AFDELING AVRAAG 1

1.1 1.2 1.31.1.1 B 1.2.1 Mitochondriale DNS 1.3.1 Geen 1.1.2 D 1.2.2 Amniosintese 1.3.2 Slegs B 1.1.3 C 1.2.3 Seminale vesikels 1.3.3 Slegs A 1.1.4 C 1.2.4 Blastula 1.3.4 Slegs B 1.1.5 D 1.2.5 Oögenese 1.3.5 Slegs B 1.1.6 C 1.2.6 Akrosoom 1.1.7 B 1.2.7 Gestasie 1.1.8 B 1.2.8 Altrisiële ontwikkeling

8 x 2 (16) 8 x 1 (8) 5 x 2 (10)

1.4.1 Logistiese groeikurwe (1)

1.4.2 Die meerkatbevolking is nog in die vestigingsfase / sloerfase, besig om by die habitat aan te pas / geslagsryp te word /wagtyd voor nakomelinge gebore word. enige (2)

1.4.3 Snelgroeifase / versnelde groeifase (1)

1.4.4 920 - 105 (aanvaar 900 tot 930 - 100 tot 110) = 815 (3)

1.4.5 Nataliteit / geboortes Mortaliteit / sterftes (2) (9)

1.5.1 a) Naelstring / umbilikale koord b) Plasenta (2)

1.5.2 Nommer 4 (1)

Page 10: HOËRSKOOL DIE WILGERS - - Cum Laude Web view7.Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. ... Kloning. D. BevrugtingC. Sigoot. 1.1.2 Tydens gametogenese word

1.5.3 Amiotiese vloeistof beskerm fetus teen skokke en stampe, Help om temperatuur konstant te hou in amnion, Keer dat fetus uitdroog. Enige (2)

1.5.4 Slymprop in serviks los op, Serviks ontsluit mom die geboortekanaal te verwyd. (2) (7)

[50]AFDELING BVRAAG 22.1.1 Skrotum (1)

2.1.2 Reguleer die temperatuur van die testisse vir spermatogenese by laer temperatuur as liggaamstemperatuur. (2)

2.1.3 A = vas deferens B = epididimus C = saadbuisie (3) 2.1.4 Vervaardig testosteroon (1)

2.1.5 Spermselle (1)

2.1.6 Die bou van ‘n spermsel

enige (4) (12)2.2.1 A = Serebrum

B = Hipotalamus Y = Hipofise / Pituïtêre klier (3)

2.2.2 Negatiewe terugkoppeling:Klier Y = Hipofise / Pituïtêre klier skei TSH af en Tiroïed skei tiroksien af.

As die hipofise/pituïtêre klier gestimuleer word om meer TSH af te skei, sal die hoër konsentrasie TSH in bloedstroom die tiroïed stimuleer om meer tiroksien af te skei. Die hoë tiroksienkonsentrasie sal die hipofise inhibeer om minder TSH af te skei. Die lae TSH-konsentrasie sal die tiroïed inhibeer en minder tiroksien word afgeskei. Die lae tiroksienkonsentrasie sal die hipofise weer stimuleer om meer TSH af te skei. Die siklus herhaal.(8)

Mitochondrium

Kop

Akrosoom

Nukleus

Stert

Selmembraan Middel-

stuk

Nek

Page 11: HOËRSKOOL DIE WILGERS - - Cum Laude Web view7.Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. ... Kloning. D. BevrugtingC. Sigoot. 1.1.2 Tydens gametogenese word

2.2.3 a) ADH / Antiduiretiese hormoon / Vasopressien (1)b) Niere / niernefrone (1)c) Waterkonsentrasie in die bloedstroom verhoog na normaal. (2)

2.2.4 Willekeurige spierwerking is nie glad en gekoördineerd nie, Persoon se balans is versteurd. (3) (18)

[30]VRAAG 33.1.1 a) Generasiewisseling (1)

b) Vegetatiewe voortplanting (1)c) Kruisbestuiwing van blomme vir genetiese variasie in sade. (2)

3.1.2 Mutualisme - beide partye word bevoordeel. Blomme raak bestuif vir geslagtelike voortplanting en Liewenheersbesie kry nektar vir voeding. (4)

3.1.3 Elke blommetjie se eiersel is met ‘n eie stuifmeelkorrel se sperm bevrug. Elke gameet het ‘n unieke DNS-samestelling. (2)

3.1.4 As saailinge eensydig belig word, sal saailinge positief fototropies na lig toe groei. (3) (13)

3.2.1 VSA, Kanada, UK, Mexico (enige 3 lande + 2 vir rede)Hulle oorskry die wêreldgemiddelde ekovoetspoor, omdat hulle baie elektrisiteit verbruik om

tegnologiese hulpmiddels te gebruik. (5)

3.2.2 Die hoeveelheid energie, hulpbronne en tegnologie ‘n persoon gebruik en die atmosfeer besoedel met CO2 en afvalstowwe. (3)

3.2.3 Die ekologiese voetspoor kan verklein word deur afvalstowwe te verminder, produkte soos plastiek, glas, papier en blikke te hersirkuleer vir hergebruik en hervervaardiging, sonder om nuwe grondstowwe daarvoor te ontgin. Hoe minder hersirkulering, hergebruik en vermindering van afval, hoe groter is ‘n persoon se ekologiese voetspoor. (7)

3.2.4 a) China (1)b) 2 g/ha per persoon per dag (1) (17)

[30] AFDELING B: 60

AFDELING CVRAAG 44.1.1 Follikel stimulerende hormoon / FSH (1)

4.1.2 Luteïniserings hormoon / LH Verander die leë Graaf-follikel na ovulasie in die corpus luteum. (3)

4.1.3 Pituïtêre klier / hipofise (1)

4.1.4 Ovulasie (1)

4.1.5 Die Graaf-follikel stel die ryp ovum vry uit die ovarium. (3)

4.1.6 Dit laat die liggaamstemperatuur met 0.5˚C styg. (1)

4.1.7 Estrogeen (1)

Page 12: HOËRSKOOL DIE WILGERS - - Cum Laude Web view7.Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. ... Kloning. D. BevrugtingC. Sigoot. 1.1.2 Tydens gametogenese word

4.1.8 Laat die endometrium verdik en bloedvatryk word, sodat ‘n embrio kan inplant en ontwikkel in ‘n fetus. (3)

4.1.9 Progesteroon (1)

4.1.10 Hou die endometrium in stand (dat dit nie afbreek nie) (1)

4.1.11 Dag 1 – 7 (2)

4.1.12 Dag 11 – 18 (1)

4.1.13 Menopouse (1) (20)

4.2 Opstel:Verskille in die werking van die Senuweestelsel en die Endokriene stelsel: Senuweestelsel werk elektries-chemies:Reseptore in sintuie word geprikkel en impulse ontstaan wat baie met sensoriese senuwees gelei word na die rugmurg en brein wat as beheersentrum dien. Impulse word geïnterpreteer en motoriese senuwees stimuleer die effektore (spiere of kliere) om te reageer deur die korrekte handeling uit te voer. Senuweestelsel gelei impulse baie vinnig, maar die werking is kortstondig.

enige (4)

Endokriene stelsel werk chemies:Endokriene kliere reageer op interne prikkels om hormone af te skei wat met die bloedstroom vervoer word na teikenorgane waar dit ‘n regulerende funksie verrig om homeostatiese balans te bring as daar ‘n oormaat of tekort aan stowwe is óf om siklusse te beheer. Hormone werk stadig maar die effek is langdurig. enige (4)

Streshormoon en voorbereiding van liggaam vir veg of vlug.Die adrenale kliere / byniere skei adrenalien* vry wat met die bloedstroom deur die liggaam sirkuleer en die liggaam voorberei om te veg of te vlug.

- Die hartklop versnel en asemhaling verdiep om meer O2 in te asem en CO2 vry te stel. Sodoende kan die selrespirasietempo verhoog om meer energie beskikbaar te stel vir spierwerking. - Glikogeen word omgeskakel in glukose sodat die bloedglukosevlak kan styg.- Meer tiroksien word deur die tiroïed afgeskei om die metaboliese tempo te verhoog / hoër respirasietempo.- Bloedvate in vel en spysverteringstelsel te vernou, maar na hart en spiere te verwyd, - Bloeddruk te verhoog, - Spiertonus verhoog vir kragtiger spiersametrekking, -Pupille verwyd om meer lig in die oë in te laat vir beter sig.

* verpligte punt + enige 8 = (9) Feite = 17 + Sintese = 3 = (20)Sintese : Beskrywing Punte

Geen poging aangewend / irrelevante inligting gegee 0

Een aspek aangespreek met sekere irrelevante inligting,swak insig en minder logiese vloei

1

Twee aspekte aangespreek, maar irrelevante inligting gegee, vloei soms onlogies

2

Al twee aspekte aangespreek, sonder irrelevante inligting, goeie insig en logiese vloei

3

Page 13: HOËRSKOOL DIE WILGERS - - Cum Laude Web view7.Teken diagramme en vloeidiagramme slegs wanneer dit gevra word. ... Kloning. D. BevrugtingC. Sigoot. 1.1.2 Tydens gametogenese word

[40] TOTAAL: 150