hoërskool brackenfell · kode word met 'n qr-toepassing op ‘n slimfoon geskandeer wat ‘n...

4
Hoërskool Brackenfell Nuusbrief 2 Junie 2017 Oudleerder Christo Pienaar (foto bo), matriek 1988, is in Mei verkies tot voorsitter van die Suid- Afrikaanse Nasionale Wynskouvereniging. Hy is tans die wynmaker van die Nuy-kelder. Christo is ‘n Altiorum van ons skool. Uit die Skoolhoof se kantoor ... - JW Muller Met die wintervakansie op ons drumpel kyk ons terug na ‘n be- sige, maar baie suksesvolle 2de kwartaal. Dit was volgepak met aktiwiteite en die Brakkies het op vele terreine uitgeblink. Ons het die kwartaal afgeskop met ‘n akademiese funksie waar die Top 10- leerders van elke graad vereer is. Ons beplan om op hierdie wyse jaarliks die leerders se suksesse te vier. Dankie aan me. Potgieter vir haar reëlings. Ons kan hierdie jaar ook spog met 13 WP- en 3 Wes-Kaap- netbalspeelsters. Ons het ook 3 spanne wat deurgedring het na die 2de rondte van die Wes-Kaap Topspan-netbalkompetisie. Die o.14A-netbalspan dring deur na die nasionale Topspan-uitdaag! Die rugby beleef ‘n puik seisoen. Ons het reeds vele oorwinnings agter die rug en 4 spelers is nog in die wedloop om WP–kleure te behaal. Ons hokkiespanne presteer baie goed en almal sien uit na die voltooiing van die astro. Die brugbouspan, met mnr. Nieuwoudt in beheer, het weereens daarin geslaag om die 2017 Wes-Kaap SAICE-brugboukompetisie te wen. Die koor, onder leiding van mnr. Liebenberg en me. Marian Steyl, het die geleentheid gehad om in die Endlersaal in Stellenbosch op te tree. Dit was voorwaar besonders om na hulle te luister. Ons is trots op julle goud- toekenning! Lilitha Zibonda het aan die Nasionale Toneelfeeskompetisie by die Kunste- kaap Teater deelgeneem en het wonderlik gevaar deur met ‘n 3de plek landswyd weg te stap. Hy het ook ‘n rol in Getroud met rugby losgespeel. Susan Parman het onder die Top 16 geëindig en Simoné Smit en Enrique de Villiers was onder die Top 80. Dankie aan mee. G. de Jongh en D. Bester vir julle harde werk en ondersteuning aan hierdie leerders. Ons het ‘n baie suksesvolle wynveiling aangebied met mnr. Stofberg en sy komitee aan die stuur. Ons hoop om volgende jaar op hierdie sukses voort te bou. Baie dankie aan almal in die gemeenskap wat skenkings gemaak het. Ons waardeer u ondersteuning. Baie dankie aan elke lojale Brakkie wat help om hierdie ‘n skool van uit- nemendheid te maak. Oudleerder Courtnall Skosan, matriek 2009, is ons skool se eerste volwaardige senior Springbok-rugbyspeler en ook ‘n Altio- rum van ons skool. Ons is trots op jou, Courtnall! Foto: Courtnall Skosan

Upload: others

Post on 28-Jan-2020

1 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: Hoërskool Brackenfell · kode word met 'n QR-toepassing op ‘n slimfoon geskandeer wat ‘n mens in staat stel om die gedig op die Byderhandwebtuiste te gaan lees of luister. ‘n

Hoërskool Brackenfell

Nuusbrief 2 Junie 2017

Oudleerder Christo Pienaar (foto bo), matriek 1988, is in Mei verkies tot voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale

Wynskouvereniging. Hy is tans die wynmaker van die Nuy-kelder. Christo is ‘n Altiorum van ons skool.

Uit die Skoolhoof se kantoor ... - JW Muller

Met die wintervakansie op ons drumpel kyk ons terug na ‘n be-sige, maar baie suksesvolle 2de kwartaal. Dit was volgepak met

aktiwiteite en die Brakkies het op vele terreine uitgeblink.

Ons het die kwartaal afgeskop met ‘n akademiese funksie waar die Top 10-leerders van elke graad vereer is. Ons beplan om op hierdie wyse jaarliks die leerders se suksesse te vier. Dankie aan me. Potgieter vir haar reëlings.

Ons kan hierdie jaar ook spog met 13 WP- en 3 Wes-Kaap-netbalspeelsters. Ons het ook 3 spanne wat deurgedring het na die 2de rondte van die Wes-Kaap Topspan-netbalkompetisie. Die o.14A-netbalspan dring deur na die nasionale Topspan-uitdaag!

Die rugby beleef ‘n puik seisoen. Ons het reeds vele oorwinnings agter die rug en 4 spelers is nog in die wedloop om WP–kleure te behaal.

Ons hokkiespanne presteer baie goed en almal sien uit na die voltooiing van die astro.

Die brugbouspan, met mnr. Nieuwoudt in beheer, het weereens daarin geslaag om die 2017 Wes-Kaap SAICE-brugboukompetisie te wen.

Die koor, onder leiding van mnr. Liebenberg en me. Marian Steyl, het die geleentheid gehad om in die Endlersaal in Stellenbosch op te tree. Dit was voorwaar besonders om na hulle te luister. Ons is trots op julle goud-toekenning!

Lilitha Zibonda het aan die Nasionale Toneelfeeskompetisie by die Kunste-kaap Teater deelgeneem en het wonderlik gevaar deur met ‘n 3de plek landswyd weg te stap. Hy het ook ‘n rol in Getroud met rugby losgespeel. Susan Parman het onder die Top 16 geëindig en Simoné Smit en Enrique de Villiers was onder die Top 80. Dankie aan mee. G. de Jongh en D. Bester vir julle harde werk en ondersteuning aan hierdie leerders.

Ons het ‘n baie suksesvolle wynveiling aangebied met mnr. Stofberg en sy komitee aan die stuur. Ons hoop om volgende jaar op hierdie sukses voort te bou. Baie dankie aan almal in die gemeenskap wat skenkings gemaak het. Ons waardeer u ondersteuning.

Baie dankie aan elke lojale Brakkie wat help om hierdie ‘n skool van uit-nemendheid te maak.

Oudleerder Courtnall Skosan, matriek 2009, is ons skool se eerste volwaardige senior Springbok-rugbyspeler en ook ‘n Altio-

rum van ons skool. Ons is trots op jou, Courtnall!

Foto: Courtnall Skosan

Page 2: Hoërskool Brackenfell · kode word met 'n QR-toepassing op ‘n slimfoon geskandeer wat ‘n mens in staat stel om die gedig op die Byderhandwebtuiste te gaan lees of luister. ‘n

Oudleerders presteer

57 van ons oudleerders het einde 2016 aan die Universiteit van Stellenbosch gegradueer. ‘n Verskei-denheid grade is aan ons oudleerders toegeken en ‘n

mens kan nie anders as om baie trots te wees op hierdie suksesse nie. Onder die grade wat hulle

verwerf het, tel bv. 8 honnneursgrade, 10 meestersgrade, 2 mediese dokters, 2 doktorsgrade, ‘n

LLB-graad, 3 landbou-grade, 8 B.Rek-grade uit die-selfde jaargroep, 2 ingenieurs, 2 B.Com- en 2 BA-

grade. Ons is verseker dat ‘n blink toekoms vir hulle voorlê.

Wes-Kaap en WP-netbalspanne

Ons is oneindig trots op ons net-baldogters wat uitblink en 2017

Wes-Kaap– en WP-netbalspanne gehaal het. Baie geluk aan hulle én hulle ouers vir al die insette en

opofferings.

Wes-Kaapkleure: Anika Stander (o.18), Anuschka

Snyders (o.17) en Syntiche Kabuya (o.14).

WP-kleure: o.14: Camila Nkhama, Mirca van Dyk

en Saskia Smit o.16: Nokwazi Mkwebane,Keke Cha-ka, Micha Coenraad, Chloe Smith en

Rozanne Muller o.17: Madeleine Kruger, Kayla Voigt

en Nadine Liebenberg o.18: Nicole Fourie en Alexia Smit Drie van ons netbalspanne dring

deur na die tweede rondte van die Wes-Kaap Topspan-netbal-

kompetisie. Die o.14A-span dring deur na die finale kompetisie in

Gauteng.

Akademiese Funksie

Tydens ons Top Goud-geleentheid het ons die top 10-leerders van elke graad vereer. Mnr. Muller het hulle van die skool se kant af gelukgewens en gemotiveer om nog hoër te mik. Die top-leerders van elke graad het die geleentheid gekry om met hul medeleerders,

ouers en personeel hul geheime oor hul puik prestasies te deel. Elkeen het ook ‘n geskenkbewys van Spectra Stationers ontvang. Mag 2017 nog vele

puik prestasies oplewer.

Altiora Spero!

International World Scholar

Cup-kompetisie

O.l.v. me. Susan Potgieter het die 3 spanne wat sy ingeskryf het, 27 medaljes

gewen waaronder 9 goue en 18 silwer medaljes. Al drie spanne dring deur na die volgende rondte. Hulle het meegeding in Skryfkuns, Debat en ‘n Kuns- en Weten-

skapvasvra-kompetisie.

World Scholar Cup!

Page 3: Hoërskool Brackenfell · kode word met 'n QR-toepassing op ‘n slimfoon geskandeer wat ‘n mens in staat stel om die gedig op die Byderhandwebtuiste te gaan lees of luister. ‘n

Die Brakkies se Brugbouspan doen dit weer!

By 'n trotse mnr. Johan Nieuwoudt (IGO-Departe-mentshoof) , staan v.l.n.r. op die foto: Eugenie Groe-newald, Landon-J Olivier en Billy Human (al drie in gr. 11). Hierdie brugbouspan het daarin geslaag om die 2017 Wes-Kaap SAICE-brugboukompetisie te wen met hul bruggie en dring nou deur na die internasionale kompetisie in Augustus in Gauteng . Volgens mnr. Nieuwoudt is dit die sterkste bruggie wat 'n span van ons skool nog ooit gebou het. In dié straw-we kompetisie het hulle met hul bruggie 'n telling van 272 punte behaal. Die bruggie het 264 g geweeg met 'n spanwydte van 820 mm in totaal. By die inweeg kon die bruggie 295 kg dra.

Skeppings van die gr. 9 Re-modeparade ...

“ENTER TO LEARN” - JT Benadie

Die hooffokus van ons skool is akademie. Ongelukkig is daar gereeld klein ertjies onder die matras wat ongemak veroorsaak.

Ons is dankbaar dat die misbruik van selfone tydens klastyd drasties verminder het. Die Brakkies vertoon deesdae ook baie netjieser en met die nodige self-dissipline, tesame met ‘n skoolbaadjie gedurende saalperiodes, kan ‘n mens nie anders as om breed te glimlag van trots nie.

Ongelukkig het die nuutste ‘stresverligter’ die Brakkie-familie oornag oorval. Hierdie “fidget spinners” het ons klaskamers binnegedraai en die fokus weggeneem van akademie. Leerders beweer hul sielkundiges beveel dit aan en dat dit moontlik stres verlig en help met konsentrasie. Ons versoek egter dat hierdie wielietjie-draaiers nie die skoolgronde moet betree en ons leerders se aandag aflei van hul skoolwerk nie. Ons vertrou dat hierdie geldmaakgier ‘n stil dood sal sterf, sodat ons Brakkies liewer hul geld kan spaar om hul toekoms-drome te verwesenlik. Te danke aan me. Susan Potgieter beveel ons liewer aan dat ons leerders pouses onder ons nuwe bome en op ons nuwe tuinbankies kan sit om so hul stres te ver-lig en te ontspan. Sy organiseer die kiskarkompetisie en met die wins het sy bome aangekoop en in die vierkant laat plant. Daar is selfs bankies aangekoop en vir ons leerders staangemaak. Foto: Me. Susan Potgieter

Page 4: Hoërskool Brackenfell · kode word met 'n QR-toepassing op ‘n slimfoon geskandeer wat ‘n mens in staat stel om die gedig op die Byderhandwebtuiste te gaan lees of luister. ‘n

Met pikke, sae, harke en grawe is daar op Saterdag, 6 Mei by die Pionierskool vir Siggestremdes die eerste konkrete stappe geneem in die aanvang van twee opwindende projekte wat die skool saam met drie vennote onderneem. Twee bussies vol leerders en onderwysers van Hoërskool Brackenfell het die naweek opgedaag om die “grondwerk” te kom doen vir die een projek, naamlik die ATKV-Handevatprojek waarvoor die twee skole aan die einde van die jaar saam gaan

inskryf. Die doel van die naweek was om mekaar te leer ken, maar ook om te bepaal wat die be-hoeftes by Pionierskool is, voor die projek in meer detail uitgewerk kan word. Die besoekers is eers geblinddoek en toe deur die skool begelei. Gille en giggels het deur die gange weergalm. Later die aand was daar kenmekaar-aktiwiteite en die gaste is ook geleer om doelbal te speel. Doelbal is ‘n spel wat spesiaal vir blindes ontwerp is. Daar is drie spelers aan ‘n kant en ‘n doel word gekeer deur met jou hele lyf skuins op die vloer te val en te gly met jou arms en hande uitgestrek, amper soos die goalies in die sokkertoernooie. Daar is ‘n klokkie binne-in die bal wat die spelers dan kan hoor, maar die toeskouers moet tjoepstil wees: net soos by ‘n skaaktoernooi! Beide die onderwysers en leerders van Brackenfell het hulle laat blinddoek en ware sportsmangees getoon. Daar is lekker gelag toe twee van hulle onderwysers ‘n paar keer bo-op mekaar geval het toe hulle in dieselfde rigting duik. Die Saterdagoggend het die harde werk begin om die gedeelte waar die ou kruietuin was, gereed te kry vir die skep van ‘n multisensoriese tuin. Hierdie projek gaan in samewerking met die Karoo Woestyn Nasionale Botaniese Tuin aangepak word. In ‘n yskoue wind het die leerders begin werk. Die grond is geskoffel, bome en struike is uitgehaal en gesnoei en stukke los sement en bakstene is verwyder. In minder as twee-uur het die ywerige leerders die tuin reggeruk en is dit nou reg vir die volgende fase, waar die kundiges van die Karootuin hulp gaan verleen, plante gaan skenk en plant en ook in die toekoms gaan help met die instandhouding van die tuin. Na ‘n vroeëre besoek aan Kirstenbosch se geurtuin het die leerders van Pionierskool aangedui watter plante vir hulle lekker geruik het en interessant gevoel het. Die Karootuin het heelwat van daardie plante beskikbaar. Die skool sal weer van hulle kant af vir die Karootuin advies gee vir die herontwerp van húlle brailleroete. Die sensoriese aspek van die tuin gaan verder versterk word deur die aanbied van die Byderhand-tuinverseprojek. Hierdie projek is die inisiatief van die Vakgroep Skryfkuns en die ATKV-skryfskool van die Noordwes-Universiteit, Potchefstroomkampus. Prof. Bernard Odendaal het reeds in Maart 'n werkswinkel vir die skryf van gedigte by Pionierskool aangebied en leerders het gedigte wat betrekking het op die tuin, geskryf. Hierdie gedigte, asook bestaande kinderverse en gedigte van plaaslike digters, soos Floris Brown, gaan deur konkrete aanduidings met QR-kodes in die tuin aangebring word. Die kode word met 'n QR-toepassing op ‘n slimfoon geskandeer wat ‘n mens in staat stel om die gedig op die Byderhandwebtuiste te gaan lees of luister. ‘n Blinde persoon sal dus na die gedig kan luister en dit beleef op die spesifieke plek waaroor die gedig gaan. Daar word nou beplan om die tuin se uitleg te begin rondom ‘n paar bestaande gedigte. Leerders van Pionierskool het die Byderhand-tuinverseprojek by die Breytenbach Sentrum in Wellington gaan besoek en is baie opgewonde daaroor dat hierdie opwindende projek by hulle skool gestalte gaan kry.

Die verteenwoordigers van die NWU, prof. Franci Greyling en prof. Bernard Odendaal was die voorafgaande week in die Karootuin. Hulle het met die bestuur vergader om die moontlikheid te ondersoek om die Byderhandprojek ook by húlle beplande brailleroete te betrek sodat ieder en elk gedigte oor die omgewing op hulle selfone kan geniet.

Hoërskool Brackenfell Pionierskool

ATKV-Handevatprojek

2017