indruk november 2013

52
GRATIS tydskrif NOVEMBER 2013 Karien Basson ‘Christenskap is asemhaalHOE SMAAK JY? Chris Chameleon in 104 FM-ateljee Idol-manne het ’n hart vIr Jesus ’n Hand vol flenter skulpies voordat jy besig raak

Upload: tiaan-theron

Post on 15-Mar-2016

314 views

Category:

Documents


2 download

DESCRIPTION

 

TRANSCRIPT

Page 1: Indruk November 2013

GRATIS

tydskrif

NO

VE

MB

ER

20

13

Karien Basson‘Christenskap is asemhaal’

Hoe smaak jy? Chris Chameleon in 104 FM-ateljee

Idol-manne het ’n hart vIr Jesus

’n Hand vol flenter skulpies

voordat jy besig raak

Page 2: Indruk November 2013

november 20132 november 2013 1

Page 3: Indruk November 2013

Inhoud - NOVEMBER 2013ty d s k r i f v a n R a d i o ty g e r b e r g

vir ander publikasies deur angus Buchan, skakel met maranatha record Company/Christian Publishing, 012 348 1891 – www.maranatha.co.za

Ingeanker

angus Buchan

Gereeld

1 Ingeanker – Uit die Woord2 My indruk – Redakteursbrief 29 In klank – Musiek30 Radio tygerberg-programme32 Kalender35 In beeld – DVD-resensie

In ons omGewInG

23 Vrouedagviering24 104% gesond25 Koue kafgedraf26 In Vuurvas -ateljeegaste 28 In Vuurvas - Chris Chameleon42 Skouspel van liggies

GesIn

38 In rat – Wiele44 In breë trekke – Om te deel en om te gee45 In die kombuis - Peer-en- camembert-slaai46 In verwondering – Man tot man48 Klein indruk – Heidi en Basjan

artIkels

4 In gesprek – Karien Basson10 In diepte – Die einde van ons aardse wedloop12 In breë trekke – leef en doen soos jy kan12 Inderdaad – Hoe smaak jy?36 Inderdaad – ‘Gejaagde hart’-sindroom

Interessant

9 is jy tussen 1930 en 1989 gebore? 14 Graad, ruggraat of hemelsaad16 ’n Hand vol flenter skulpies18 Bybel vir dowes19 Maak met My kontak20 laat ons hulle onthou

november 20132 november 2013 1

ons is in ’n volskaalse geestelike oorlog gewikkel soos nog nooit tevore nie. Dit is amper soos

die laaste geveg voor die wederkoms van ons Here jesus Christus, en Satan wil ons kaap. Oral waar ek gaan, sê almal met wie ek praat dieselfde ding, veral mans en vroue wat die leiding neem in die voorste linie van die geloof: Dit is gevaarlik om in daardie posisie te wees, maar deur die goeie stryd te stry en jou lewe en reputasie op die spel te plaas vir jesus, sal jy deur die vyand gewond word.

Hierdie wonde van eer is nie wonde waaroor ek en jy skaam hoef te voel nie. Dit verg moed om die evangelie te verkondig aan ’n generasie wat nie wil hoor wat ons te sê het nie. Baie van ons wonde is aan ons binnekant – hartseer. Miskien het ’n geliefde jou al teleurgestel. Miskien het die pastoor in die kerk waarin jy so hard werk jou teleurgestel. Miskien het hy egbreuk gepleeg of geld gesteel, of miskien het hy net heeltemal die pad byster geraak. Dit is moeilik om hierdie teleurstelling en verraad te verwerk, maar ons moet voortgaan; ons moet sterk staan en in God glo vir die oorwinning in jesus

Christus.Wil jy nie daar wees nie, my vriend?

ek wil jou vandag vermaan. Staan op! lig daardie slap arms op. Versterk daardie swak knieë. Wees deel van die wedloop. Vra jesus om jou wonde te verbind. Vergewe die mense wat jou seergemaak en teleurgestel het. Hulle het dit nie bedoel nie; hulle is mislei. Die wonde wat jy in die stryd om God se heerlikheid

opdoen, sal deur jesus beloon word. Hy sal jou naam roep en jou ’n wit kleed en ’n kroon van geregtigheid as beloning gee.

“En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus” (Fil 4:7). Die stryd is egter nog nie verby nie! Onthou, wanneer jesus aan jou kant is, behaal jy altyd die oorwinning.

Liewe Vader, ek is uitgeput en doodmoeg van baklei. Versterk my; gee

my groter geloof. Genees my wonde. Ek vra van U genesing en vrede.

Verleen my u gunsin die stryd wat

ek op die oomblik stry. Wys my hoe

om my probleme te hanteer, sodat ek dit

met behulp van u krag en genade kan oorwin.

Amen.

Wonde van eerlees Filippense 4:6-13

Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee – Filippense 4:13

Die wonde wat jy in die stryd om God se heerlikheid opdoen,

sal beloon word

Page 4: Indruk November 2013

my indruk

marius du Plooy

GRATIS

tydskrif

NO

VE

MB

ER

20

13

Karien Basson‘Christenskap is asemhaal’

HOE SMAAK JY? Chris Chameleon IN 104 FM-ATELJEE

IDOL-MANNE HET ’N HART VIR JESUS

’n Hand vol fl enter skulpies

voordat jy besig raak

november 20132 november 2013 3

redaksIeIndruk gebruik vrywilligers asverslaggewers en medewerkers– onafhanklike skrywers met onaf-hanklike menings. hoewel ons metgroot sorg te werk gaan, is die inhoudvan alle artikels nie noodwendig inooreenstemming met standpunte vanIndruk of radio tygerberg nie.

redakteur Marius du PlooyBeleidHardus Zevenstertaalversorging Riaan CruywagenSedrick taljaardontwerp tenille Swanepoelamor Designhooffotograweetienne janse van Rensburgadvertensies Charmaine [email protected] 066 5675uitgewer 104 PublicationsdrukwerkPaarlmedia Cape versPreIdInGOn the Dot – 021 528 7920

kommentaar & [email protected]

Permanente medewerkersangus BuchanCarl kritzingerettienne smithJeanette kritzingerlorrein katzkeluané Janse van rensburgreinier mattheeriana hanekomsedrick taljaardander medewerkers by artikels

radIo tyGerBerG 0861 104 104www.radiotygerberg.co.za

bl. 4

artikel op

marius du Plooyredakteur

Ek is op ’n internasionale vlug van Switserland terug na Suid-afrika. ek speel met die beheerknoppies

voor my en ‘blaai’ deur die flieke en tV-programme.

ek steek vas by ’n programtitel Dark matter, huiwer ’n oomblik, en besluit om eerder na iets anders te soek. ek is tog nie lus vir nóg ’n program wat onder die vaandel van die wetenskap die mens se mag oor die heelal probeer bewys nie.

Maar om die een of ander rede druk ek tog die “start”-knoppie.

ek kan nie naastenby al die verstom-mende besonderhede en feite onthou nie, en daarom raak ek net enkele punte aan wat ek my wel kan herinner.

Die een ding wat vassteek, is dat al die wetenskaplikes in die program erken dat die mens minder as 20% van die heelal verstaan en ken. Met ander woorde – aan al die slim wetenskaplikes van die wêreld is 80% van die heelal nog onbekend.

ná selfs die mees onlangse wetenskap-like teorieë, beste navorsing en miljarde rande wat al bestee is, kan daar slegs bewys word dat die heelal en sonnestel-sels grootliks uit ‘iets’ bestaan wat aan hulle onbekend is. Die ‘iets’ is onsigbaar en onaantasbaar, en bestaan uit niks wat aan die mensdom bekend is nie.

Hulle noem dit toe maar “dark matter” (seker omdat die oorsprong, inhoud en bestaan daarvan hulle geheel en al in die duister laat) ...

Dié “dark matter” vul glo die ruimtes tussen sterre en planete tot by die verste sonnestelsel.

Die wetenskaplikes in die program stem almal saam dat die heelal in sy huidige vorm, met sterrestelsels, planete en al, nie kon bestaan het as dit nie vir die “dark matter” was nie. Volgens hulle sou die sterre en planete sonder die “dark matter” uit hulle wentelbane die verste ruimtes ingeskiet het. Maar hulle het nie die vaagste benul van presies hoe dit deur die “dark matter” bymekaargehou en gestruktureer word nie, want hulle weet nie wat dit is of hoe dit werk nie.

Kortom, oor die eeue heen en etlike miljarde rande later het wetenskaplikes steeds nie ’n benul waaruit sowat 80% van die heelal bestaan nie, en erken voorts dat niks sonder die “dark matter” sou kon bestaan nie.

Dalk is dit omdat hulle dit die verkeerde naam gegee het – “dark matter”. Want vir my is die inhoud en bestaan daarvan nie duister nie, maar glashelder en so duidelik soos daglig.

Dis die lig van die wêreld.

hoe wIt Is pikswart?

25541_420x275_PrettyThings_Afr_FIN.indd 1 2013/10/23 10:24 AM

Page 5: Indruk November 2013

november 20132 november 2013 3

25541_420x275_PrettyThings_Afr_FIN.indd 1 2013/10/23 10:24 AM

25541_420x275_PrettyThings_Afr_FIN.indd 1 2013/10/23 10:24 AM

25541_420x275_PrettyThings_Afr_FIN.indd 1 2013/10/23 10:24 AM25541_420x275_PrettyThings_Afr_FIN.indd 1 2013/10/23 10:24 AM

25541_420x275_PrettyThings_Afr_FIN.indd 1 2013/10/23 10:24 AM

25541_420x275_PrettyThings_Afr_FIN.indd 1 2013/10/23 10:24 AM

25541_420x275_PrettyThings_Afr_FIN.indd 1 2013/10/23 10:24 AM

Elke keer wat jy minder betaal,

kry ander meer.

25541_420x275_PrettyThings_Afr_FIN.indd 1 2013/10/23 10:24 AM

Page 6: Indruk November 2013

In gesprek

marius du Plooy

Die Kaap klou soos kougom aan jou siel

Karien Basson

‘Christenskap is soos

asemhaal’

november 20134 november 2013 5

Sy skryf boeke, het ’n ‘kolwyntjiefabriek’ gehad, sou

vleuel wou wees as sy rugby gespeel het, is ’n pastoor se vrou, wil dalk Sielkunde studeer, en sê mans se breine verstaan minder as vroue s’n … Maar dít vertel nie die hele storie nie, en ’n halwe waarheid is ’n hele leuen. Daarom moet jy Karien Basson se hele storie lees.

luisteraars van Radio tygerberg ken Karien as ’n bondel energie en vrolikheid wat elke middag die program Vuurvas saam met anton treurnich aanbied. Haar kollegas kry elke dag ’n breë glimlag en in haar gemeente en gemeenskap ken hulle ook haar liefde vir jesus wat vloei uit haar omgeehart om ander se seer en swaar te probeer verlig.

hoekom Bly Jy In dIe kaaP?Dit was nie maklik nie. Ses jaar terug het ons as Gautengers ons vlerke gesprei en kom nesskop in die Kaap. Die Here het die woorde in jesaja 32 en Psalm 126 gebruik om hard en duidelik met ons te praat om die bekende agter te laat en na die land te trek waar Hy ons wil hê. Daardie land was in die suide,

met waterstrome, wingerde en ’n groot rots, net soos dit in die Skrif verduidelik is! Dit het ’n uitmergelende drie jaar geduur voordat ek rustig geraak het oor waar ons woon. ek kan nou terugkyk en glimlag oor my woestynjare. nou is dit my huis.

as Jy nIe hIer GeBly het nIe, waar anders In sa?

ek mis my familie in Gauteng, maar

twyfel of ek ooit weer sal terugtrek. Die Kaap – enige deel van die Kaap – is nou my voorkeur! ek wou dit nooit glo nie, maar wanneer die Kaap met sy nat, koue winters en wind en al onder jou vel ingekruip het, klou dit soos kougom aan die siel.

en waar In dIe BuIteland? ek glo verskeidenheid gee kleur aan

die lewe. ek kan myself in die euforie van ’n kommervrye eilandlewe in ’n grashut onder palmbome sien sit, met my eie yskoffiewinkel, tussen toeriste. Of in die hartjie van besige new York of ’n europese stad, kamera in die hand en rekenaar op die skoot, besig om die lewe vas te vang.

watter kInderrymPIe onthou Jy noG?

“Koos, Klaas, gelapte-broek-adonis. Makeree makeroonis, ken jy my dan nie ou man – agge nee hoe’s dit dan? ek’s Karel blikbroek-jan, die bottelary se man!” Of was dit nou ’n liedjie …?

het Jy self GedIGte oP skool Geskryf?

ek het van graad 1 tot graad 12 aan die atKV se poësie- en prosakunsfeeskompetisies deelgeneem. ek was ’n bietjie van ’n “overachiever”! ek wou alles doen en nooit iets misloop nie. ek het nooit uit vrye wil gedigte geskryf nie – net as daar punte ter sprake was. ek was in die Hoërskool Patriot, een van die sewe hoërskole in Witbank, wat hulle vandag ‘emalahleni’ noem.

wat het Jy alles oP skool Gedoen?

ek het nog altyd geglo – wees eerder spyt oor die dinge wat jy

Page 7: Indruk November 2013

november 20134 november 2013 5

wél gedoen het, as oor die dinge wat jy nié gedoen het nie! ek het sport geniet, alhoewel ek nie noodwendig ’n kandidaat vir provinsiale kleure was nie. Omdat ek so optimisties was, het ek baie keer die kans gekry om ’n span te lei; nie omdat ek die beste speler was nie, maar omdat ek die hardste gespeel het. Van hoogspring en spiesgooi tot hokkie en rasieleier! Kulturele aktiwiteite het van nature gekom. ek het jaarliks aan kunstefeeste deelgeneem, redenaars gedoen (net om op my seepkis te kon klim), koor gesing en aan opvoerings deelgeneem. ek was deel van die redaksie van ons skoolkoerant, en Vrydae het ek my platejoggie-hoed opgesit en pouses met ’n kassetspeler oor die luidsprekers musiek gespeel!

as Jy met vandaG se kennIs weer kon skoolGaan, wat sou Jy anders doen en hoekom?

ek sou vir seker dinge anders doen: miskien nie altyd so “Goody two-Shoes” wees soos ek was nie;

my definitief nie steur aan die etikette en stigmas verbonde aan ‘sosiale klasse’ nie en die kategorisering liewer vir Biologie los! Maar ek glo ’n

mens beweeg vorentoe en nooit terug nie; die Here

beloof aan ons ’n toekoms en vee ons verlede uit.

Wie is ek om dan nog te wil terugbeur? Wat verby is,

is verby ... Hy vergewe en herinner ’n mens nooit daaraan nie.

hoe lank teruG kan Jy onthou?

ek is ’n meester van korttermyngeheue, maar my langtermyngeheue laat my soms in die

steek. ek onthou net dít wat ek

BlaaI om ›

Page 8: Indruk November 2013

november 20136 november 2013 7

Wil onthou … en spaar myself só baie seer gedagtes. ek onthou vakansies in woonwaparke in die 1980’s, “seven singles”-plate, Datsun-bakkies en Chev Comodores wat die statussimbole was, “nibble Sticks”-skyfies, “Fire & ice”-parfuum, Beta-videomasjiene, verjaardagpartytjies in ons garage, en onskuld onder kinders.

was Jy BaIe Bederf? ek is die jongste van drie De Villiers-

kinders. My ouboet is tien jaar ouer en my sus vyf jaar ouer as ek. as húlle nou ’n spreekbeurt sou kon kry, sou hulle grinnik en bevestigend knik. Maar vra jy my, sou ek sekerlik net sê dis die voorreg van ’n jongste kind om bederf te word!

vertel ons van Jou GesIn.ek is die afgelope nege jaar gelukkig

getroud met Shawn Basson. Hy is my beste vriend en sielsgenoot, saam droom ons groot, leef 100% passievol deur dik en dun. Ons glo dat jy uiteindelik meer spyt is oor die dinge wat jy nooit gedoen het nie, as oor die dinge wat jy wel aangepak het! Ons het drie katte: elvis, Clapton en joplin. My ouers is al 43 jaar gelukkig getroud, en my skoonouers 36 jaar – ’n ware voorbeeld dat liefde werklik alles deurstaan. ek is tannie van my ouboet se twee pragtige tieners en my ousus se twee oulike dogtertjies. Familie is ons fondasie – jy sien dit nie, maar weet dit is daar, omdat geen huis staande kan bly daarsonder nie!

Jy skryf ook GraaG?Skryf is ’n hartsaak. ek was altyd

onder die indruk dat opleiding broodnodig is, maar dit kos soms net ’n wilsbesluit, deursettingsvermoë en jou eie lewensverhaal om jou eerste griffelsessie aan te spoor. Daarmee sê ek nie dat die skrywerspad sonder donderweer is nie, want kommentaar sal luidkeels uitgedeel word … Maar as die passie sterk genoeg is, kan jy dalk net die nuwe ‘geur van die dag’ wees. My eerste boek was oor komiese kerkstories uit die monde van dominees en pastore, wat soos werwelwesens met versteekte vlerke tussen ons beweeg.

tog hou hulle ons vanaf die kansel dop! Die tweede boek, Jy is goed Genoeg/You are Good Enough, is ’n dagstukkieboek en ’n 40 dae lange reis om te verstaan hoe groot God se genade en liefde vir ons is. ek was ’n spookskrywer vir manlief. ek skryf in my blog oor daaglikse gebeure wat my bene laat bewe of hart laat bons.

Is dIt waar dat vroue kan “multItask” en mans nIe?

Dit is ’n sielkundige en biologiese feit! ek wou altyd anders glo, totdat ek ’n kursus oor die brein voltooi het. Vroue kommunikeer op vyf tot sewe verskillende vlakke in verskillende stemtone; mans verstaan slegs tussen drie en vyf daarvan! Hoewel die breingroottes verskil, reageer die vrou se brein meer op klank en woorde, terwyl ’n man s’n homself beloon deur groot kanse te waag. Die Here het dit so beplan, nie om dinge te bemoeilik nie, maar om mekaar te komplementeer!

hoe, waar en wanneer het Jy In radIo BeGIn BelanG stel en uIteIndelIk omroePer Geword?

ek vier vanjaar tien jaar in die media. ek onthou nog hoe ek as klein dogtertjie langs Ouma se platespeler omroepers nageboots het en enigiemand wat wou luister se musiekversoeke luidkeels aangekondig het. elvis Presley, tom jones, Gé Korsten en Bles Bridges was tot my beskikking wanneer ons gesin musiekaande gehad het! as die jongste kind tussen ’n klomp volwassenes, was vrae vra vir my soos asemhaal. Radio was in my bloed, maar onbereikbaar, omdat dit as ’n ongewone werk gesien is wat net ander mense doen. ’n Driejaarkursus in toerismebestuur het beloftes van ’n goeie loopbaan op passasierskepe ingehou. Maar ná drie jaar van vlerke sprei en die wêreld

verken, het ek die Here se stem vertrou, van die rondritslewe afgesien en ’n kans gewaag met wat in my gees weerklink het – die media. Sonder enige ondervinding of opleiding het ek gretig met ’n radiostasie kontak gemaak en, ná ’n onderhoud en met Filippense 4 en hope selfvertroue aan my kant, het ek my agter die mikrofoon van ’n daaglikse jeugprogram bevind! Die geleenthede was legio; my onskuldige optimisme en vertroue in God het my die geleenthede bloots laat ry. Wanneer jy die Here toelaat om jou lewe te bestuur, gebeur joernalistieke-en radio-opleiding kosteloos! ek glimlag as ek terugkyk, want ek kan met reg sê dat ek in elke radiotydgleuf sekulêre én Christelike radio-ervaring opgedoen het. en die kroon daarop? ’n Mtn-prys vir jare se harde werk, soos wat jeremia 31 beloof.

Benewens omroePer ...?ek is ’n pastoorsvrou vir ’n man met

drie groeiende kerke! Kingdom light Church – in die Strand, op Durbanville én Malmesbury. Die lewe is selde vaal in

karIen word 33 Jaar oud en word Bederf met ‘n “zIPlIne”- eksPIdIsIe In Ceres..

Page 9: Indruk November 2013

november 20136 november 2013 7

die “Basson-mansion”, omdat dit gevul is met mense, vroue-oggende, uitreike, studente, musiek en als wat ’n uitdaging kan wees!

Is daar Iets wat Jy Glad nIe kan of wIl doen nIe?

ek is ’n baie logiese dog baie kreatiewe mens; ’n spanspeler wat goed alleen funksioneer. ek hou van roetine, maar verkies die buitengewone. ek sal alles altyd ten minste een keer op die proef stel … maar wanneer ek ’n besluit geneem het, wil ek nie gedwing word om dit weer te doen nie. ek weet vir seker dat ek nie ’n slagter, jagter, tandarts, balju, rioolwerker, mynwerker of maatskaplike werker kan wees nie. ek sal eerder Sielkunde wil studeer.

Jy Is nIe dIe tradIsIonele Pastoorsvrou nIe. wat maak Jou anders?

Waneer jou familie God se roeping in jou lewe verstaan, is verduideliking nie nodig nie en reëls met verwagtinge verdwyn. My seisoen in die media word ondersteun, ons geniet die voordele daarvan, en werk rondom die dinge wat ek nie aldag kan bywoon of doen nie.

hoe moeIlIk of maklIk Is dIt om ’n ChrIsten te wees?

jeremia 29:11 (1953-vertaling) sê: “Want Ék weet watter gedagtes ek aangaande julle koester, spreek die HeRe, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ’n hoopvolle toekoms te gee.” Hoe kan dit moeilik wees om ’n God lief te hê nadat Hy in die Ou testament reeds so ’n belofte uitgespreek het! as jy die Here ervaar en nie aldag alles probeer uitpluis nie, is Christenskap soos asemhaal.

hoe weet ’n mens of Jy lIef Is vIr dIe here?

1 johannes 4 verduidelik die boodskap van God in ons en sy liefde vir ons. Omdat Hy ons eerste liefgehad het, kan ons Hom liefhê. Die Heilige Gees kon enige plek gekies het om te woon, maar God het ons gekies … daarom voel ’n mens dit en ervaar jy Hom as jy Hom die kans gee.

hoe BelanGrIk Is BoekekennIs In dIe lewe?

Kennis is mag. jy hoef nie saam te stem met alles wat in boeke geskryf staan nie. neem die vleis en gooi die grate weg.

ByBelkennIs?Waneer ’n mens werklik in iets of

iemand belang stel, doen jy alles in jou vermoë om daardie persoon of onderwerp beter te leer ken en te verstaan. Wanneer jy weet daardie persoon of iets het waarde, belê jy tyd daarin, omdat jy weet die opbrengs daaruit sal jou lewe verryk. Wanneer ’n mens lief word vir iets, sal jy dit koester en beskerm. Hoeveel te meer dan nie jou Bybel en die versteekte geheimenis daarin nie? Die wete dat Hy liewer is vir jou as vir enigiets op aarde moet jou hart raak en jou laat wonder.

en as Jy nIe dIe ByBel Goed ken nIe, maak dIt van Jou ’n sleGte ChrIsten?

Daar is nie so iets soos ’n slegte Christen nie. net iemand wat nog nie die genade en liefde van God lekker verstaan nie. jesus self het in sy 33 jaar op aarde net verwys na ‘die Skrif’. Hy het nooit teksverse aangehaal nie, al was Hy slimmer as die meeste van die rabbi’s. Wanneer die Skrif op ’n mens se hart is, verander dit jou.

hoe lyk dIe hart van God vIr Jou?

God is liefde, genade. ’n Vurige leier wat sy kinders beskerm, maar steeds aan hulle ’n vrye wil gegee het. ’n Vader wat verwag dat sy seuns en dogters sal besef wie hulle in HOM is en wat hulle potensiaal en roeping is.

hoe BelanGrIk Is dIt om te laG en te huIl?

lag en huil – beleef alles 100%. Moenie iets onderdruk nie, maar lê wysheid en takt aan die dag in hoe en waar jy dit doen!

waarvoor laG Jy?ek vind skerpsinnigheid snaaks. ek lag

vir mense se eerlike, opregte reaksies en dierekaskenades.

Is Jy soms versPot? almal het seker hulle oomblikke.

Myne gebeur net agter toe deure …

as Jy PresIdent van suId-afrIka was, wat sou Jy alles Gedoen het?

Korrupsie blootgelê en die nekslag gegee het. ek sou die Here teruggebring het na die gange van die Parlementsgeboue en die harte van ons leiers. ek sou mishandeling van diere, kinders, vroue en ouer mense met ’n swaar straf van ononderbroke gemeenskapsverbeteringswerk ‘geseën’ het. ek sou wou sien dat elke mens

’n huis met elektrisiteit, sanitasie en lopende water het. Wanneer mense geliefd voel, kan hulle ook teenoor mekaar en hul diere liefde betoon.

kan Jy sInG? nee, op 33

weet ek wat my sterkpunte is …

wat maak Jou BaIe kwaad?leuens en onregverdigheid laat my

bloed kook. Dieremishandeling laat my rooi sien!

wat doen Jy as Jy kwaad Is?ek wens dit kon so skerp omlyn wees,

maar elke situasie verg sy eie oordeel. ek is superlogies en -analities. ek deurdink elke woord en daad deeglik –

Omdat Hy ons eerste liefgehad het, kan ons Hom liefhê. Die Heilige Gees kon enige plek gekies het om te woon, maar God het ons gekies … daarom voel ’n

mens dit en ervaar jy Hom as jy Hom die kans gee

Page 10: Indruk November 2013

november 20138 november 2013 9

selfs op die ingewing van die oomblik! ek het geleer dat woorde duur is, diep sny en lewens verwoes.

hoe kry Jy dIt reG om ‘oor’ dIe kwaad te kom?

Daar is niks beter as alleentyd met jouself en jou gedagtes nie. ek oefen ’n paar spiere, slaan ’n koek aanmekaar of begin huis skoonmaak. ek mediteer en haal asem totdat ek presies weet wat die antwoord is.

wat maak Jou ‘uIt Jou vel’ Bly en oPGewonde?

Bedagsaamheid. Dit kan enigiets wees – ’n telefoonoproep, ’n foto op die regte tyd, ’n onbeplande ‘ekspedisie’,

’n handgeskrewe brief, ’n verrassing, eerlikheid, ’n geheim, wasgoed wat vir my gewas word wanneer ek moeg is, ’n lekker bord kos … moeitelose moeite.

wat Is vIr Jou vreeslIk mooI?ek hou van die natuur en dierelewe ...

my man se hande en sy stem wanneer hy sing. My gesin se glimlagge en vriende se oë.

kan Jy skIlder?ek sal sekerlik nou nie geld verdien

met my skilderwerk nie, maar as die oomblik wel aanbreek, hou ek daarvan om ’n paar strepe op ’n doek te verf. ek hou van reguit lyne en sukkel maar soms om net die kwas neer te sit sonder dat ek vooraf ’n potloodprentjie met die regte proporsies geteken het. Maar soms ruk ek myself uit daai boks en verf ’n boom!

as Jy kon ruGBy sPeel, In watter PosIsIe sou Jy sPeel?

ek sou linkervleuel wou speel. ek word nie verniet van skooldae af “lucky legs 11” genoem nie!

met watter soort dIer verGelyk Jy Jouself?

Die kragtige voorkoms en majestueuse brul van ’n leeu laat my hart vinniger klop. ek verstaan waarom die Here

Homself die leeu van juda noem … Die leeu het ’n sekere teenwoordigheid wat geen ander dier het nie. en aangesien ek die Heilige Gees in my het, vergelyk ek myself met die kleinboetie van ’n leeu – ’n kat! Die lewe deur my oë gaan altyd oor keuses. nes ’n kat oefen ek ook keuses uit oor waar, wanneer en met wie ek my omring. en, soos ’n kat, is ek meer van ’n sielsgenoot as ’n reisgenoot … ek is dalk nie altyd daar

nie, maar ek sal altyd saam met jou glo, droom en bid.

Gesels met my oor eet en drInk.ek hou Baie van lekker kos, en glo

kos bring mense bymekaar! My palet verafsku sterk vleissmake, en dus vermy ek wildsvleis en vis. ek geniet pasta, poedings, brode, kaas, soetgoed en groentes. ek hou die meeste van ontbyt en aandete, net omdat dit ’n bietjie meer moeite verg. ek hou van ’n groot verskeidenheid bekende kos op een tafel, en as jy my wil bederf, laat my toe om iets van alles te proe! tot manlief se ergernis gaan ek deur fases van obsessiwiteit, en sal ek iets kies en dit ’n week lank sonder ophou eet, totdat ek met my kieste vol een aand halt roep en dan maande lank nie weer my mond daaraan sit nie.

ná ons verhuising Kaap toe het ek vir ’n jaar uit die media getree, omdat ek nog altyd ander drome ook op my lysie gehad het. ’n Kolwyntjie-onderneming “the Cat’s Whiskers” het die lig gesien en 12 maande lank het ek daagliks mense se kreatiewe koekdrome waargemaak! ek is die beter bakker en Shawn die bobaaskok!

karIen en shawn Basson By dIe BoekBekendstellInG van KErKstoriEs.

karIen saam met PetPals BesIG om dIere In dIe Informele nedersettInG mzamo kos te Gee.

Karien is onlangs deur die tydskrif Finesse as een van vier suid-Afrikaners aangewys om die projek “VroUE WAt GLo” momentum te gee. Dit is die grootste aanlyn gemeenskap vir vroue en het 3 188 lede. Die projek het ten doel om die grootste vrouegeloofsrevolusie in die geskiedenis te bewerkstellig, wat dan die deure na ’n beter en geestelik gesonde suid-Afrika sal open. Die drie vroue wat saam met Karien die inisiatief fasiliteer en as mediaverteenwoordigers vir die projek dien, is ds Liesel Krause-Wiid, vrouepredikant van Lynnwood-gemeente; Jana du Plessis, Finesse se inspirasie Vrou-wenner van 2013 en geloofsamptenaar in Bloemfontein, en Venessa schoeman, Finesse-redakteur.

Page 11: Indruk November 2013

november 20138 november 2013 9

First, we survived being born to mothers who took aspirin and ate blue-cheese dressing. then, after that trauma, we were put to sleep on our tummies in baby cribs covered with bright-coloured lead-base paints. We had no childproof lids on medicine bottles, locks on doors or cabinets, and when we rode our bikes, we had baseball caps and not helmets on our heads. Riding in the back of a pick-up truck on a warm day was always a special

treat. We drank water from the garden hose and not from a bottle.

We shared one softdrink with four

friends from one bottle, and no-one actually died from this. We ate cupcakes, white bread, real butter and bacon.

We drank Kool-

aid made with real, white sugar. and, we weren’t overweight. WHY? Because we were always outside playing ... that’s why! We would leave home in the morning and play all day, as long as we were back when the streetlights came on. no-one was able to reach us all day, and we were okay. We would spend hours building our go-carts out of scraps and then ride them down the hill, only to find out we forgot the brakes.

after running into the bushes a few times, we learned to solve the problem. We did not have Playstations, nintendos and Xboxes. there were no video games, no channels on DStv, no video movies or DVDs, no surround-sound or CDs, no cellphones, no personal computers, no internet and no

chatrooms.

We HaD FRienDS and we went outside and found them!

We fell out of trees, got cut,

broke bones and teeth, and there were no lawsuits from these accidents. We ate worms and mud pies made from dirt, and the worms did not live in us forever. We rode bikes or walked to a friend’s house and knocked on the door or rang the bell, or just walked in and talked to them. the idea of a parent bailing us out if we broke the law was unheard of. they actually sided with the law! these generations have produced some of the best risk-takers, problem-solvers and inventors ever. the past 60 years have been an explosion of innovation and new ideas. We had freedom, failure, success and responsibility, and we learned how to deal with it all.

Interessant

wonder wie-posser

To all the kids who survived the 1930’s, 40’s, 50’s, 60’s and 70’s!!

Page 12: Indruk November 2013

november 201310 november 2013 11

Paulus het kort voor sy dood sy geestelike reis deur die lewe opgesom met woorde wat terselfdertyd ’n paslike

grafskrif vir hom sou kon wees: “ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou. Verder is vir my weggelê die kroon van die geregtigheid wat die Here, die regverdige Regter, my in dié dag sal gee; en nie aan my alleen nie, maar ook aan almal wat sy verskyning liefgehad het” (2 tim 4:7-8).

Dít was deel van hierdie groot apostel se afskeidswoorde aan sy vriend, timoteus.

Hy het geweet dat die einde van sy pad op aarde aangebreek het; daarom het hy gesê “... die tyd van my heengaan is naby” (2 tim 4:6). nie lank daarna nie het Paulus as ’n martelaar vir sy geloof in Rome gesterf. Met die vrymoedigheid wat net ’n ware Christen kan hê, het hy gesê dat hy die goeie stryd gestry, die wedloop voleindig en die geloof behou het.

Dit is die kenmerke van ’n persoon wat sy hele lewe aan die Here gewy het, wat kragtig gestry het vir die waarheid, wat sy roeping as apostel sonder huiwering vervul het, en tot die einde toe op

die smal pad van geloof volhard het. as gevolg daarvan het hy reikhalsend uitgesien na die wederkoms van die Here jesus, wat ook die openbaring sal wees van die hemelse koninkryk waaraan Paulus sy hele lewe en bediening te midde van felle teëstand gewy het.

enige ernstige gelowige behoort daarna te streef om so ’n vrymoedige en oortuigende geloofsbelydenis af te lê. Kom ons kyk na die volle implikasies van die vier belangrike stellings wat Paulus gemaak het:

eerstens: ek het dIe GoeIe stryd Gestryjudas 1:3 sê dat ons kragtig moet stry vir die geloof wat

eenmaal aan die heiliges oorgelewer is. Vir die meeste mense is die eise wat gestel word ten opsigte van die ware evangelie van regverdigmaking deur wedergeboorte, sowel as heiligmaking deur vervulling met die Heilige Gees, heeltemal te hoog. ’n Deeglike sondebelydenis as deel van die proses van bekering (vgl 1 joh 1:8-9) is nie vir oppervlakkige soekers na saligheid aanvaarbaar nie, want hulle soek na ’n makliker pad hemel toe. Hulle wil met hulle sonde en al deur die hemelpoorte gaan; daarom moet die smal pad vir hulle so ’n bietjie breër gemaak word deur ’n vorm van toegerekende geregtigheid, waarvolgens daar nie ’n sterk aandrang op bekering en sondebelydenis is nie. Doopsaligheid sonder ’n getuienis van bekering en wedergeboorte is een van verskeie valse fondamente wat wyd voorkom onder diegene wat net ’n gedaante van godsaligheid het (vgl 2 tim 3:5). Dit is om redes soos dié dat die verkondiging van die ware evangelie nog altyd met stryd en teëspraak gepaardgegaan het.

Paulus het in sy eerste brief aan timoteus gesê: “Stry die goeie stryd van die geloof, gryp na die ewige lewe waartoe jy ook geroep is en die goeie belydenis voor baie getuies afgelê het” (1 tim 6:12). Paulus noem die stryd vir die behoud van die ware evangelie ’n goeie stryd. Daar is baie dinge in die lewe waarvoor mense ’n stryd, en selfs oorloë, voer,

maar daar is net een werklik eerbare stryd, en dit is die stryd vir die bekendmaking en verdediging van

die evangelie van jesus Christus. Dit is die enigste manier waarop ons die sout vir ’n bedorwe aarde

en die lig vir ’n donker wêreld kan wees.

In diepte

Prof Johan malan, mosselbaai – www.bibleguidance.co.za

Die einde van ons aardse wedloop

Page 13: Indruk November 2013

november 201310 november 2013 11

Die evangelie van Christus is die enigste oplossing vir ’n wêreld wat in immoraliteit, dubbele standaarde, wetteloosheid en geestelike dwalinge vasgevang is. Hoe langer hierdie boodskap van mense weerhou word, hoe dieper sal hulle in duistere dwaalweë verstrik raak. Die Bybel noem alle vorme van afwykende gedrag ‘sonde’, omdat dit in stryd is met die eise van God se heiligheid en geregtigheid.

tweedens: ek het dIe wedlooP voleIndIGDit is ongelukkig nie alle gelowiges wat met oortuiging

aan die einde van hulle lewe kan sê “ek het die wedloop voleindig” nie. Daar is baie dinge wat ons vordering kan vertraag en ons selfs heeltemal van die wedloop kan uitskakel, en om dié redes beklemtoon Paulus die noodsaaklikheid van voortgesette toewyding en volharding (Heb 12:1-2).

Daar is baie laste wat ons moet aflê as ons die Here van harte wil dien. laste is dinge wat nie op sigself sonde is nie, maar wat ons nogtans daarvan weerhou om die Here voluit te dien. Dit is dinge wat soveel van ons aandag, tyd, energie en geld in beslag neem, dat dit ons van die Here se dinge af weghou.

Ons leef in ’n hoogs mededingende samelewing wat baie van ons verg om finansieel te oorleef, akademies aan hoë verwagtinge te voldoen, en ook reg te laat geskied aan al ons verpligtinge. Ons kan onmoontlik nie alles doen wat kan of moet gedoen word nie; daarom gaan dit oor hoe ons ons prioriteite bepaal. as die Here en die verpligtinge van sy koninkryk nie regtig vir ons belangrik is nie, sal dit baie laag op ons prioriteitslys wees. Baie mense se sug na rykdom en sukses in die materiële wêreld is hulle belangrikste doelstellings.

Ons moet seker maak dat die magdom sekulêre verpligtinge nie laste word wat tussen ons en die Here kom nie. Maak seker dat jy nie net aardse skatte opbou nie, maar ook ’n skat in die hemel weglê wat nooit van jou af weggeneem kan word nie.

derdens: ek het dIe Geloof BehouSaam met volharding in die wedloop van die lewe gaan ’n

stryd om behoud van die geloof. ’n Ware geloof verwys na die geestelike band wat ons deur jesus Christus met God die Vader het. Mense wat nie deur die geloof aan die Here jesus verbind is nie, word as ongelowiges beskou (2 Kor 4:3-4). Ons moet egter onthou dat die duiwel nie net daarop ingestel is om ongelowiges van die aanvaarding van die evangelie af

weg te hou nie – hy is ook aktief besig om Christene se geloof aan te val en te probeer verswak of vernietig.

Paulus sê aan timoteus dat hy “aan die geloof en ’n goeie gewete moet vashou. Sommige

het dit van hulle weggestoot en aan die geloof skipbreuk gely” (1 tim 1:19). Reeds in die eerste eeu was daar al van hierdie geestelike skipbreukelinge, wat in ’n stadium geglo het, maar later afvallig geraak het. Paulus het sy gelowige tydgenote in israel ernstig teen geloofsverval gewaarsku (Heb 3:12).

Geloof moet dus opgebou en versterk word, anders verswak dit en kwyn later weg. Het jy ’n onwankelbare, sterk geloof, of het jou geloof deur twyfel en krisisse verswak? lees gerus Matteus 14:31, judas 1:20 en efesiërs 4:13-14.

Ons moet geestelik so sterk staan dat ons glad nie deur die storms en krisisse van die lewe tot twyfel of wanhoop gedwing word nie. Of dit goed of sleg gaan, ons moet ’n vaste vertroue in die Here hê. Die Bybel beskryf ’n sterk geloof in jeremia 17:7-8.

Ons moet voortdurend met die fontein van lewende water in verbinding bly; dan sal ons nooit geestelik verdor en ’n slagoffer van moeilike omstandighede word nie. Dít is waarom Paulus selfs te midde van lewensgevaar kon sê: “ek het die geloof behou”. Ons geloof sal ons help om alle aanslae te oorleef en geestelik sterker uit die stryd te tree.

vIerdens: ek het sy koms verwaGDit is noodsaaklik om sterk ingestel te wees op die

wederkoms van Christus en die openbaring van sy koninkryk wat tans nog verborge is omdat dit nie van hierdie wêreld is nie. Om sy koms lief te hê is n seker aanduiding daarvan dat jy verlang na die geregtigheid wat op aarde sal heers nadat jesus Christus as die Koning van die konings teruggekeer en sy regering van geregtigheid hier gevestig het. Dit help jou losmaak van die huidige, verdorwe wêreld waarin jy slegs ’n vreemdeling en bywoner is (Fil 3:20).

is die geregtigheid van Christus se koninkryk ook jou en my verlange, en bid ons ernstig dat sy koninkryk sal kom? Of is ons dalk met ons eie koninkryk hier op aarde besig en begeer nie regtig die koms van Christus se koninkryk nie?

Ons moet ook aktiewe lede van God se koninkryk wees. in die lig daarvan moet ons ’n sterk verwagting hê na die vestiging van Christus se regering van vrede en geregtigheid in hierdie verdorwe wêreld. Om in hierdie toekomstige koninkryk te deel, moet jy nou reeds, in hierdie lewe, ’n verhouding hê met jesus Christus, wat by sy tweede koms as Koning van die konings in die wêreld geopenbaar sal word.

Om Hom enduit te volg is ’n uitdaging – want daar is ’n stryd om teen sonde en geestelike dwalinge te stry, daar is ’n veeleisende wedloop om te voltooi, en daar is ’n vaste geloof in die onsienlike wat nie net behou moet word nie, maar ook gaandeweg versterk moet word. Slegs dan sal jy onder die oorwinnaars wees wat saam met die Here jesus in sy koninkryk sal regeer. Hy bemoedig sy getroue dissipels (Op 2:25-26).

Ons is verganklike mense wat in ’n verganklike wêreld woon. Dit behoort ons aan te spoor om onverganklike kenmerke aan ons lewe toe te voeg (2 Pet 3:11). Ons moenie net van die onsigbare, geestelike dinge bewús wees nie, maar ons ook vir die bevordering daarvan beywer, selfs al bring dit vir ons verdrukking mee (2 Kor 4:16-18).

Page 14: Indruk November 2013

november 201312 november 2013 13

Om sonder plan van een tV-kanaal na die ander oor te skakel kan soms ’n goeie ding wees. nou die dag kom ek op dié manier op ’n onderhoud met die

Suid-afrikaanse avonturier Mike Horn af. namate die gesprek vorder, word my asem weggeslaan deur die man se byna bo-menslike prestasies en die onbeskryflike goed wat hy al beleef het.

Bowenal tref die uniekheid van die mens en wat hy kan bereik my toe skielik die meeste van alles. Die Skepper van die oneindige heelal het élke mens baie, baie spesiaal aanmekaargesit. Ons is elkeen so geheel en al anders. Behalwe dat ons totaal verskillend lyk, het ons elkeen ’n eie, unieke wese, karakter, gawes, waardes, tekortkominge en lewensbeskouing. Ons is God se skape, maar ons is nie geskape om mekaar letterlik soos skape onnadenkend na te volg nie.

Mike Horn se leuse is: “ek gaan waar ander mense nog nie gegaan het nie.” Hy doen sy eie ding. in 1997 pak hy die magtige amasonerivier aan, vanuit die hoë andesgebergte tot waar dit 7 000 km verder in die atlantiese Oseaan uitmond. enkele jare later vermag hy wat geen mens nog het nie. Hy reis om die wêreld, al om die ewenaar, sonder enige gemotoriseerde hulp. Vir 17 maande stap, seil, vaar hy op ’n kano en trap hy fiets om die byna 47 000 km af te lê. Hy en die noorweër Borge Ousland word in 2006 die eerste mense om sonder honde of ander hulp in algehele duisternis na die noordpool te reis. Malligheid! Maar dis wat hý wou doen.

Dit sou die meeste gewone aardlinge met bitterheid en wraak vervul om 27 jaar in die tronk deur te bring en uiterste

swaarkry onder ’n onregverdige politieke stelsel te beleef. Maar wat doen Madiba? Hy bepleit vergewensgesindheid, toenadering en versoening. te midde van groot kritiek stel hy selfs ’n wit afrikaner in sy persoonlike lyfwag aan. Stroomop, maar om die regte redes. ’n Groot man.

niemand sou ooit daaraan dink om die magtige Katolieke Kerk, die Pous inkluis, die stryd aan te sê nie. Veral nie in die 16de eeu nie. Op 34-jarige leeftyd spyker Martin luther sy 95 stellings teen die kerkdeur van Wittenberg vas. Deur sy oortuigings op grond van die suiwer betekenis van die Bybel uit te leef, het hy teen die ‘establishment’ ingegaan en terselfdertyd ’n groot geloofshervorming teweeggebring wat vandag nog betekenis het.

in ’n ander trant: Watter kriekettoekoms kan ’n mens nou juis te wagte wees van ’n seningmaer ‘laaitie’ van Phalaborwa wat in die agterplaas tennisballe geboul het? Dale Steyn beklee al geruime tyd die plek as die wêreld se voorste bouler, en word as een van die spel se grootste snelboulers van alle tye beskou. Hy het aangehou om sý ding te doen, so goed as wat hy kon, maak nie saak hoe hy gelyk en waarvandaan hy gekom het nie.

terwyl hulle koshuismaats aan die Harvard-universiteit in die VSa ure lank rekenaarspeletjies gespeel en hulle tyd op die internet deurgebring het, het Mark Zuckerberg en vier van sy vriende eindeloos geëksperimenteer en ‘iets nuut’ met hulle talente en passie probeer. Dít het uitgeloop op ‘iets’ wat die manier waarop die wêreld sosiaal kommunikeer, vir goed sou verander. Hierdie jongmense het geglo hulle kan deur die ‘gewone’ breek. Vandag gebruik byna 1,2 biljoen mense

In breë trekke

en doen soos jý kanLeef

Page 15: Indruk November 2013

november 201312 november 2013 13

Facebook.Bogenoemde voorbeelde is

groot mylpale en prestasies van beroemdes. Gelukkig werk die Here op sý manier, en kan ons gerus wees dat ons elkeen vir Hom spesiaal saak maak. Ongeag hoe klein, die dinge wat vir Hom belangrik is, tel ewe veel. Hy het aan ons gawes gegee om deeglik te gebruik, ’n bestaan om met blydskap te vul, en ’n persoonlikheid om ten volle uit te leef: “ek het gekom sodat hulle die lewe kan hê, en dit in oorvloed,” sê johannes 10:10. natuurlik moet ons hierdie woorde, wat dikwels verdraai word, beskou in die lig dat God meen sy kinders moet ten volle vir Hom leef.

Baie maal word ons byna gebreinspoel om saam met die stroom te gaan, te maak wat almal maak, te doen wat die meeste mense as aanvaarbaar beskou. Dit voel net reg. Ons wil in elk geval nie ‘uit’ wees nie. Ons kan maklik ’n wanopvatting ontwikkel van wat belangrik en sinvol is as ons die stroom, die mens, volg. al wat tel, is God se wil.

God het jesus vir ons gestuur, nie net om ons te red nie, maar ook om

Hom na te volg. jesus het nie volgens menslike norme en gebruike opgetree nie. Waar dit nodig was, het hy die joodse reëls trompop teëgegaan, soos die eindelose wette oor die Sabbatdag, toe Hy verskeie wonderdade gedoen het. Hy het gemeng met die uitgeworpenes – van tollenaars en melaatses tot onreines en prostitute. teen die grein van die mens in het Hy die volmaakte wil van sy Vader gevolg.

net soos die beroemdes, het elkeen van ons sy eie ‘ding’, dít waarin jy bedrewe is of waarvoor jy ’n passie het. Wat is jou ‘ding’? is jy ’n boekwurm, musiekliefhebber, motorgeesdriftige, kok, of is jy eenvoudig mal oor sport, die

buitelewe, fliek of kinders? leef dit uit! en onthou, ons kan Hom hiermee dien of dit tot sy eer doen.

Belangriker nog is om te probeer vasstel wat ons spesifieke gawes is wat Hy aan ons gegee het om Hom mee te dien. Romeine 12:6 sê: “Ons het genadegawes wat van mekaar verskil volgens die genade wat God aan elkeen van ons gegee het.” Dan noem Paulus ’n rits voorbeelde op: om die boodskap te verkondig, te dien, onderrig te gee, mense te bemoedig, te gee, leiding te bied en ander te help.

Dankie tog dat ons verskil. “Oorspronklik, uniek en handgemaak deur God” is wat op ons etiket geskryf behoort te staan. Ons moet in onsself glo soos wat Hy in ons elkeen afsonderlik glo.

ek is ék, en op my manier kan ek ’n sinvolle lewe vir Hom leef.

Page 16: Indruk November 2013

november 201314 november 2013 15

Interessant

andré de villiers

Grade, diplomas, sertifikate en ander belangrike ‘papiere’, soos die ou mense sou gesê het, is vir die mens baie belangrik.

en met reg. Ons weet vandag dit verg meer as ’n ruggraat om jou doel in die beroepswêreld te bereik. Dis vir seker broodnodig om ons te bekwaam en vaardig te maak vir ’n beroep wat ons jare lank sal volg. in elke moontlike rigting word daar vandag opleiding aangebied – op die tegniese en die sosiale tot onderwys-, kuns- en ’n magdom ander vakgebiede is diplomas te bekom, om nie van die lang lys grade soos BCom, Ba, BSc, honneurs, magister, MBa, DPhil, ensovoorts te praat nie.

Die mens wat een van hierdie lettertjies agter sy naam kan skryf, het gewoonlik ’n onmiddellike voorsprong bo ander wat dit nié kan doen nie. jy is nou ‘amptelik’ voorbereid en bevoeg om ’n sekere beroep te volg. Dit kos sweet en deursettingsvermoë om hierdie ‘papier’ te kry. in die meeste gevalle was dit deur en deur die moeite werd, hoewel baie gekwalifiseerde mense natuurlik uiteindelik hulle heil in ander beroepe vind.

Dan wil die mens hom ook nog bekwaam om sy stokperdjies en plesiertjies so prettig moontlik te maak – van kook, naaldwerk en tuinmaak tot skubaduik, blomme rangskik en voëlkyk. Baie tyd en passie word daaraan bestee. jy kan deesdae vir byna enige ding onder die son ’n kursus volg.

Maar nou vir die onverklaarbare. Vir sekere aspekte van die lewe bestaan daar feitlik geen formele onderrig nie. en dis dinge wat geweldig belangrik is vir ons bestaan. Die enkele voorhuwelikse kursusse word deur bitter min paartjies bygewoon. Ons hoef maar net na die skokkende egskeidingsyfers in die land te kyk om te sien hoe nodig dit is. Die gevolge is hartseer, depressie, eensaamheid, gebroke gesinne en verwarde kinders. Ons praat hier van wat God as een van die pilare van die samelewing beskou. Daar is wel meer seminare en kursusse oor huweliksverryking vir getroude pare, maar ook dít beskou die meeste mense as onnodig.

Groot opgewondenheid kom as die eersteling in aantog is. Voorgeboorteklasse word gretig gevolg, ook deur die toekomstige pappa. nóg groter opgewondenheid heers as kleinding sy eerste skree gee. Dan kom die eerste aand tuis en die werklikheid sink in: baie snags opstaan en baie

doeke, maar min slaap. Hoe voorbereid was ons daarop?Dan volg die ander fases van kind grootmaak, wat ons

veral met die eerste kind in die gesin maar op die harde manier leer. Daar is wel deurlopende raad van ma’s, skoonma’s en oumas, maar dis meestal ‘outyds’ vir ons. Baie dae is jou raad én moed op. Gelukkig gee God ons liefde en geduld vir ons kinders, wat vir ons in elke stadium oulik is. en dan, ai, word hulle tieners – nou is hulle nie meer oulik nie; trouens, hulle is baie dae vir ons nie eintlik eens mense nie! Het ons maar méér geweet en êrens geleer hoe om hulle te hanteer.

Hierdie fases in ons lewens kom en gaan. Van kind word tot grootword. Van waardes en ’n roeping leer, tot ons kinders opvoed en in waardering saam met mekaar leef. Ons kan maar net wonder en hoop hoe en of ons dit alles reg hanteer het om ons én ons kinders die beste vir die lewe toe te rus.

Dis die lewe. Die tydelike. Die verbygaande. Maar wat van die ewige? Hoeveel dink ons aan die lewe wat vir altyd sal voortduur; die lewe wat ons glo ons so spesiaal saam met God sal deurbring? Belangriker nog, hoe voorbereid is ons op dít wat die absolute kern van ons geloof uitmaak, dít waarvoor jesus gesterf het? Soos johannes 3:16 dit verwoord: “God het die wêreld so liefgehad dat Hy sy enigste Seun gegee het, sodat dié wat in Hom glo, nie verlore sal gaan nie maar die ewige lewe sal hê.”

Ons sweet en “swot” jare lank vir ’n beroep wat ons sowat 40 jaar lank sal volg. natuurlik is dit belangrik, want die beloning van ’n behoorlike bestaan is groot. Hoeveel tyd en moeite belê ons egter in dít waarvan ons die jare nie kan tel nie; in die einddoel van ons lewens? “… en God self sal by hulle wees as hulle God. Hy sal al die trane van hulle oë afdroog. Die dood sal daar nie meer wees nie. Ook leed, smart en pyn sal daar nie meer wees nie ... elkeen wat die oorwinning behaal, sal dit alles kry” (Op 21:3, 4 & 7).

Ons sukkel maar almal om die betekenis en invloed van die dood te begryp, hoewel God dit reeds vir ons oorwin het. Ons oorwinning lê in die aanvaarding daarvan, en in volle geloof in Hom. Mag ons liefdevolle Verlosser ons help om ons prioriteite reg te kry om in die regte voorbereiding en onderrig van die groot leermeester te belê, want “wie op die akker van die Gees saai, sal van die Gees die ewige lewe oes” (Gal 6:8).

GRAAD, RUGGRAAT OF HEMELSAAD

Page 17: Indruk November 2013

november 201314 november 2013 15

YOUR LIFE is Jesus to someone, though tattered and torn it may be.

Though often times weak and unstable, you’re all of God someone will see.

YOUR TONGUE is Jesus to someone.

That idle, insensitive word reflects to at least one searching heart

an idle, insensitive Lord.

YOUR GOALS are Jesus to someone. What you put first, they believe,

are the goals of God for the Christian. Your life is all they receive.

YOUR FAITHFULNESS ... that’s Jesus

to someone. Their judgment of how God is true,

rests unquestionably in the faithfulness they see day by day in you.

YOUR LOVE is Jesus to someone –

that someone who is seeking to know that Jesus will follow and guide and be-

friend wherever in life they might go.

SO BEWARE lest others blaspheme God by what you say or do,

for the only Jesus that someone may see is the Jesus they see in you.

Inderdaad

wonder wie-posser

“I therefore, the prisoner of the Lord, beseech you that ye walk worthy of the vocation wherewith ye are called, with all lowliness and meekness, with longsuffering, forbearing

one another in love.” – Ephesians 4:1-2

“A man’s life is always more forcible than his speech. When men take stock of him, they reckon his deeds as dollars and his words as pennies. If his life and doctrine disagree, the mass of onlook-ers accept his practice and reject his

preaching.” – CH Spurgeon

Your life is Jesus to someone

“By this shall all men know that ye are my disciples, if ye have love one to another.” - John 13:35

Page 18: Indruk November 2013

november 201316 november 2013 17

Dis ’n pragtige wintersoggend op Mosselbaai. ek sit op ’n rots en woel met my vingers deur die magdom skulpies op die strand. Die kinders speel net ’n entjie weg en terwyl ek hulle dophou, voel ek hoe die vrede van die omgewing oor my spoel. Die seelug is verbasend warm en die klanke van laggende kinders, sagte branders en ’n seemeeu se geroep vul die stiltes.

’n Opgewonde labrador kom verbygebons en spring pens en pootjies binne-in ’n rotspoel. terwyl ek die bedrywighede op die strand dophou, maak ek ’n hand vol perfekte klein skulpies bymekaar. Die kinders kom nader gehardloop en my dogtertjie gee vir my ’n hand vol skulpies om te hou. ek vou my hand oop en kyk na dít wat sy bymekaargemaak het. Daar is miskien een heel skulpie, die res is alles stukkend. Party is verbleik deur die son en ander is glad gemaal deur die golwe.

“Kyk, Mamma!” sê sy, terwyl sy die skulpies een vir een op die rots langs my pak.

“Hierdie twee is pienk; dis my mooiste kleur. Die drie oranje skulpies is vir my niggies. Hierdie enetjie is grof

soos Pappa se baard, en die wittetjie is sag soos jy. Die bloue is vir Boetie, want dis sy mooiste kleur.”

Sy hou ’n verbleikte, verweerde stukkie skulp teen die lug en sê: “Hierdie ene is die mooiste ... Het jy gesien dis ’n hartjie, Mamma? ek dink die see maak partykeer hartjies van stukkende skulpies, en dan tel mense dit op en onthou dat jesus vir hulle lief is.”

Sy draai om en hardloop terug strand toe ...

ek kyk haar agterna terwyl ek my hand vol perfekte skulpies oopvou ...

Waarom streef ons so na perfektheid as dit eintlik nie bestaan nie?

Ons sloof ons daagliks af om te bou aan die illusie van ’n perfekte prentjie, die perfekte huis en die perfekte kinders, om maar net weer en weer teleurgestel te word deur die onbereikbare leegheid daarvan. Dis asof niks in die wêreld ’n mens vervul nie. in Kolossense 1:27 praat die Woord egter van ’n geskenk, ’n heerlike geheimenis, waarin daar perfekte vervulling is.

God het besluit om aan hulle bekend

te maak hoe seënryk en heerlik hierdie geheimenis vir die nasies is. Die inhoud daarvan is: Christus is in julle, Hy is julle hoop op die heerlikheid. Ons geskenk is die teenwoordigheid van Christus in ons. Dis so groot dat ons nie eens kan begin om dit werklik te verstaan nie.

ek het eendag gehoor dat die geskenk van jesus Christus in ons dieselfde is as om ’n diamantring in ’n Checkers-sak toe te draai. Die verpakking verminder nie die waarde van die inhoud nie. Om Christus in ons te hê verander nie wie God is nie, maar dit verander wel wie ons is. Dit verander wat ons doen, hoe ons praat en waarheen ons op pad is.

ek kyk weer na my hand vol perfekte skulpies en gooi dit toe oor my skouer.

My dogtertjie se verweerde en vernielde skulpies het soveel meer waarde as ’n hand vol perfekte skulpies. Haar skulpies het betekenis en vertel ’n storie van die liefdes in haar lewe.

net so is ons, ons tekortkominge en foute ten spyt, baie meer werd omdat jesus Christus in ons woon. ten spyte daarvan dat ons deur die lewe verbleik en verweer is, vertel ons ook ’n storie ...

Interessant

wonder wie-posser

’n Hand vol f lenter skulpies

Page 19: Indruk November 2013

november 201316 november 2013 17

’n Hand vol f lenter skulpies

Page 20: Indruk November 2013

november 201318 november 2013 19

‘omdat ek horend is, was ek blind vir die antwoord’

teen die einde van 2000 het ek die Here reeds 17 jaar lank gedien. ek het egter ’n tyd lank ernstig gebid en aan God vertel dat ek wil hê Hy moet die liefde van my lewe wees. ek wou hê dat my lewe bo alles om Hom moes wentel en dat sy wil in my lewe moes geskied. en met daardie woorde was die bal aan die rol.

in julie 2002 het ek reeds ses maande lank skoolgehou by ’n skool vir algeheel gehoorgestremde kinders in Observatory, Kaapstad, en het ek my eerste korttermyn-sendelinguitreikaksie in Franschhoek bygewoon. My gebed was dat God my na sy goeddunke sou gebruik. na afloop van hierdie eerste evangelisasie-uitreikaksie het ek besef wat my doel op aarde is: ek leef om te evangeliseer.

in 2004 het ek saam met CeSa (Church of england in South africa) na noord-namibië op ’n uitreikoptrede gegaan. terwyl ons daar was, het ek ’n skool vir dowe en blinde kinders ‘ontdek’. Dit was ook tóé dat ek besluit het om my drie jaar lank by die Bybelskool aan te sluit.

Die volgende jaar was ek saam met ’n dowe vriendin en haar man terug na die skooltjie in namibië. By ons terugkoms in Suid-afrika het die direkteur van ons uitreikaksie die belangrike vraag gevra: “Wat gaan ons vir die dowe gemeenskap van Suid-afrika doen?”

teen daardie tyd het ’n vriend van my wat vir “ambassadors in Sport” gewerk

het elke Vrydagmiddag met ’n span na my skool to gekom om met die kinders sport te beoefen. aan die einde van die sessie het hulle altyd ’n opvoerinkie met ’n verlossingsboodskap aangebied. ek het dan vir hulle die optrede in gebaretaal getolk. ek het besef dat ek ’n besondere passie het wanneer dit kom by die vertolking van die Woord van God aan dowe kinders.

ek het op daardie tydstip besef dat ek twee keuses het: ek kon as ’n sendeling in namibië werk (iets wat ek baie graag wou doen), of ek kon ’n bediening vi x die dowe gemeenskap van Suid-afrika begin. ek het daar en dan God se roeping vir my lewe aanvaar en besef dat dit die rede was waarom ek die dowe gemeenskap so ongelooflik liefhet en ’n passie het vir die dowes van Suid-afrika.

in 2006 het ek die bediening “talking Hands” begin. Ons visie was om ’n verskil te maak in die dowe gemeenskap van Suid-afrika en die aangrensende lande, maar ek het geen idee gehad hoe God dit sou bewerkstellig nie. ek het saam met ’n vriend van my, wat ook passievol vir God en die dowe gemeenskap is, begin om Bybelstudie vir ’n klein groep leiers in die dowe gemeenskap aan te bied.

ek het gou besef dat die Bybel wat vir hulle beskikbaar was, die ‘maklik-om-te-lees’- Bybel, nie geskik was vir dowes nie en selfs ook nie die Kinderbybel nie. Die dowe gemeenskap van Suid-afrika het

’n Bybel in Suid-afrikaanse gebaretaal nodig gehad. nie ’n geskrewe Bybel nie, maar ’n visuele Bybel in DVD-formaat. Dit was eintlik só voor die hand liggend, maar omdat ek horend was, was ek blind vir hulle behoefte – totdat God deur Sy Gees vir my die insig gegee het.

Daar het baie water in die see geloop, maar uiteindelik het ek en my vriendin, agnes,

besluit om met die vertalingsproses te begin. Ons geesdrif is egter gedemp toe ons nie meer finansiering vir ons projek kon kry nie. God het egter nóg ’n deur vir ons oopgemaak deur die betrokkenheid van ’n organisasie, Wycliffe Suider-afrika. So het ons projek vinnig stukrag begin kry.

tot dusver het ons die projek gefinansier deur ruim bydraes van kerke en individue, maar hoofsaaklik deur Wycliffe Vennote.

Ons werk tans vanuit die St. james-kerk in Kenilworth, wat ons bediening sterk ondersteun. Sedert november 2012 staan hierdie projek bekend as “Hands with Words”.

Ons weet dat dit God se hart is dat ’n gemeenskap wat so lank uitgesluit was as gevolg van hulle gehoorgestremd-heid, ook die Woord van God in die taal van hulle harte kan ontvang.

’n Deel van die Bybel waar jesus die dowe man laat hoor.

So sing mense wat doof is.

ByBelvir dowes

Interessant

Lisa Craye

Page 21: Indruk November 2013

november 201318 november 2013 19

Dit maak nie saak wat jou omstandighede is of hoe jy dit tot nou toe hanteer het nie. Dit maak nie saak wat jy gedoen

het of nie gedoen het nie. ek het jou lief. ek sien elke traan, ek hoor elke noodkreet om hulp.

ek voel jou pyn, jou seerkry en elke frustrasie wat jy dalk ervaar. ek ken al jou hartsbegeertes, ek sien binne-in en

deur jou hart, elke klop wat dit gee, elke dag, en ek het jou onvoorwaardelik lief, meer as wat jy ooit sal besef.

My kind, ek sien alles waarmee jy sukkel. Soms is die lewe een

groot gesukkel, maar dit kan soveel makliker gemaak word deur net met My kontak te maak.

ek beskik oor al die liefde, vrede en al die antwoorde

wat jy ooit sal nodig kry. ek is altyd reg langs jou. ek wag geduldig dat jy na My sal uitreik! ek kan jou verlos van al jou

bekommernisse.

ek wil jou trane afdroog sodat jy met helder oë sal kan sien hoe lief ek jou het.

Maak met My kontak – vandag nog.

Met liefde jesus

Interessant

deur marietjie roux-spangenberg

Maak met My kontak

Page 22: Indruk November 2013

november 201320 november 2013 21

Dis vanjaar die 200-jarige viering van die geboorte van David livingstone. Hierdie beroemde Skot word meestal onthou as die ontdekkingsreisiger wat die Victoria-watervalle ontdek het en teenoor wie Henry Stanley die bekende “Dr livingstone, i presume” gesê het toe Stanley hom in die middel van afrika raakloop.

as ’n man van God lê sy ware nalatenskap egter in sy onverskrokke pogings om die Christelike geloof na ongeredde afrika-nasies te neem, en sy byna lewenslange stryd teen slawehandel op die vasteland. Sy reise het die totstandkoming van verskeie Christelike sendingsinisiatiewe in afrika tot gevolg gehad, ook ná sy dood.

neil en agnes livingstone was maar arm mense uit die Skotse werkersklas, en het saam met hulle sewe kinders in ’n kamer gewoon wat aan ’n katoenfabriek in Blantyre, Skotland, gegrens het. Hiér het David as tienjarige knapie saam met sy ouer broer skofte van 12 uur lank gewerk. Hulle het hulle skoling saans en oor naweke ontvang. Hier het hy geleer vasbyt, wat hom later so goed te pas sou kom.

Die jong David het seker baie van sy pa geleer, wat ’n Sondagskoolonderwyser en toegewyde gelowige was. Hy het veral belang gestel in die verhouding tussen godsdiens en wetenskap. in 1836 het hy medies begin studeer in Glasgow, gevolg deur studie in die teologie in londen. Hy wou ’n sendingdokter word. intussen het hy ’n groot begeerte ontwikkel om sendingwerk in China te doen. Maar die Here sou hom in ’n heel ander rigting stuur.

Vroeg in 1841 kom livingstone in tafelbaai aan. Hy was op pad na verafgeleë Kuruman in die noord-Kaap om hom by die sendinggenootskap van

Robert Moffat aan te sluit. Moffat het hom oortuig hy is die regte man om die Christelike geloof in die noorde te gaan verkondig. enkele jare later trou hy ook met Moffat se dogter, Mary.

’noord’ was eintlik maar ’n vae begrip, veral in die onbekende, donker afrika, waar min europeërs dit tot in daardie stadium gewaag het. David was met twee goed gewapen: geloof

en durf. Deur die Kalahari het hy sy tog aangepak. ná duisende kilometers wat hom met talle inheemse volke in aanraking gebring het, kom hy in 1855 op Mosi-oa-tunya (“die rook wat donder”) af. Onmiddellik noem hy hierdie asemrowende watervalle na sy monarg, koningin Victoria. later skryf hy dat dit so pragtig was “asof deur engele in hulle vlug aanskou”.

Sy missie het intussen ietwat van ’n wending geneem. in plaas van suiwer sendingwerk, het livingstone geglo dat hy ’n geestelike taak het om

handelsroetes te vind wat slaweroetes sou vervang en die weg sou baan vir die oprigting van sendingstasies in Suider- en Sentraal-afrika.

Met sy terugkeer na engeland in 1857 het hy groot verering ontvang en ook Missionary travels and researches in south Africa gepubliseer. Hy is weer terug na afrika, dié keer om die Zambezi-rivier as handelsroete vir die

engelse regering te ondersoek. Die ekspedisie het baie haakplekke gehad en was onsuksesvol, en boonop sterf livingstone se vrou in dié tyd aan koors.

ná ’n kort rukkie in engeland het afrika hom weer geroep. Hy wou die oorsprong van die nyl vind. intussen het hy baie siek geword. Die buitewêreld het niks van hom gehoor nie, en daar is vir die ergste gevrees. Die New York Herald het besluit om ene Henry Morton Stanley te stuur om na livingstone te gaan soek. Op 10 november 1871 tref Stanley livingstone op die dorpie Ujiji aan die tanganjika-meer aan en groet hom met die nou bekende woorde.

livingstone het in 1873 aan malaria en interne bloeding gesterf. Sy omswerwinge het hom die eerste europeër gemaak om sekere goed te ontdek, maar hy het nooit die

nyl se oorsprong gevind nie, hy kon nie slawehandel keer nie, en hy het blykbaar maar min mense bekeer. tog is sy naam in die geskiedenis verewig. Heel moontlik omdat hy soveel ontbeer het vir dít waaraan hy geglo het, wat die weg sou baan vir diegene ná hom om sukses te behaal.

Op sy standbeeld wat vandag steeds voor die Victoria-watervalle pryk, lees ’n mens die volgende woorde: “Christianity, Commerce and Civilisation.” Sy visie vir afrika leef voort.

LAAT ONS HULLE ONTHOU: DAViD LiViNGstoNE (1813-1873)

Interessant

andré de villiers

Page 23: Indruk November 2013

november 201320 november 2013 21

Page 24: Indruk November 2013

november 201322 november 2013 23novemBer 201322

Kom ons kyk na die eienskappe van sout: Sout is oral.

Sout werk bederf teë.Sout maak dors.

jesus gee hier ’n opdrag – gaan wees sout, wat beteken gaan wees oral, daar buite, en nie in die kerk soos ek

en jy dalk dink nie. ek het onlangs ’n getuienis gehoor van ’n baie suksesvolle sakeman wat in opdrag van die Here sy ondernemings en eiendom verkoop het om in afrika sendingwerk te gaan doen. Hy vertel die mooiste verhale van wonderwerke wat plaasvind en hoe lewens verander word.

Ons lees en hoor elke dag van mense en organisasies wat ware sout vir die aarde is deur hul passievolle omgee en meelewing. ek was self dikwels

oorweldig deur die deernis en ware omgee van die verpleegpersoneel met my man se hospitalisasie, en kon sien die waarlik passievolle diens kom uit die hart …

Paulus maak die volgende stelling in 2 Korintiërs 3:1: “Dit is nie nodig dat ek vir julle ’n getuigskrif bring om te sê wie

ek is nie, en ek het ook nie ’n getuigskrif van julle nodig nie, julle is self my getuigskrif! Wat Christus vir julle gedoen het, kan almal duidelik sien, ek hoef dit nie vir myself êrens neer te skryf nie, want dit staan in my hart geskrywe … mense kan sien dat julle ’n brief is wat van Christus af kom – nie met ink geskryf nie, maar geskrywe deur die Gees van die lewende God in die harte van mense.” Mense wil dus deur my en jou optrede sien dat ons Christus leef!

“Our compassion is God’s passion released in us.” Maak ek en jy ’n verskil?

Sout maak dors. Hoe passievol en dors is ek en jy om sout en lig te wees? Wat beleef mense in my en jou teenwoordigheid? Beleef hulle Christus se liefde en omgee, sy genade en vreugde? ek het al persoonlik in

moeilike tye ervaar dat jy nie advies of raad uit die hoogte nodig het nie, maar soms net ’n hart vol begrip en ’n oor wat luister. Wanneer jy op so ’n plek kom, leer jy ook om net ’n skottel water te neem en ander se moeë voete te was, en om te luister sonder om te veroordeel, maar eerder met ’n hart wat verstaan.

Wees sout en lig. Hoeveel van jesus se gesindheid en hart sien mense in my en jou?

Matteus 5:13-14: “Julle is hier op aarde soos die sout wat ’n mens in kos gooi. Maar as sout sy smaak verloor het, hoe kan ’n mens dit weer die smaak teruggee? Julle is in die

wêreld soos lig wat in die donker skyn. Julle is soos ’n stad wat bo-op ’n berg lê dit kan nie weggesteek word nie …”

Hoe sMaaK jy?

Maak ek en jy ’n verskil? Sout maak dors. Hoe passievol en dors

is ek en jy om sout en lig te wees?

Inderdaad

Jean muller

Page 25: Indruk November 2013

november 201322 november 2013 23

In ons omgewing

dr Izanette van schalkwyk

D ie vroue van Delft en Blikkiesdorp het onlangs Vrouedag

as ’n ma-en-dogtergeleentheid gevier. Die skoolsaal van Hindle High in Delft (naby Blikkiesdorp) was getooi soos vir ’n bruilofsfees. Sommige dames het selfs gewonder of hulle by die regte plek is, want die tafels was versier soos vir ’n vername troue. Seuns van die BlouBusBediening (die “Blue Boys”) het as kelners opgetree en die spesiale gaste na hul tafels begelei. een van die dames vertel: “Dit was so lekker, ek het

sommer vier keer ingestap ... ek het so belangrik gevoel ... net soos ’n

film star!” Die program is gerig

deur die tema van die dag, naamlik

“Sterk vroue” (“Women

of strength”). Gasspreker Damaris Kiewiets het die dames herinner dat vroue gemaak is om triomfantelik te leef en “die challenges te vat met jesus se krag”. Sy het dogters ook gemaan om hul moeders se goeie raad te volg: “Vertrou jou ma as sy vir jou vertel dat daar trash in die garbage bin is ... jy hoef nie daar te gaan krap en stinkend anderkant uit te kom nie.” Hierdie vrou van God het al die dames aangemoedig om hulle geliefdes te salf, sodat hulle as geseëndes hul eie pad met oorwinning kan loop.

laat haar soos filmster voelVrouedagviering

Page 26: Indruk November 2013

In ons omgewing

luané Janse van rensburg

november 201324 november 2013 25

Dit is borskankerbewustheidsmaand en Radio tygerberg, KanSa, B-Well en netcare n1 Stad (Pathcare) wou seker maak almal is 104% gesond! Bloeddruk-, cholesterol-, suiker- en prostaat- en borskankertoetse is gratis by die

Willowbridge-winkelsentrum sowel as n1 Stad-sentrum aangebied. Mense het behoorlik tougestaan om saam met Vuurvas (wat regstreeks van daar af uitgesaai het) te wys hul harte klop pienk.

104% gesond!anton treurnich, mede-

aanbieder van Vuurvas (in pienk), en luané janse van

Rensburg, skakelbeampte van 104 FM (in blou), het die rye

saam met al die ander mense aangedurf om uit te vind of hulle

ook “104% gesond” is.

Page 27: Indruk November 2013

Koue kafgedraf

november 201324 november 2013 25

’n Mens kan nie vir elkeen wat honger is kos gee of vir elkeen wat koud kry jou trui uittrek nie. Daarom doen ’n mens die dinge wat binne jou bereik is, soos deelname aan die onlangse Cape Gate-

pretdraf vir liefdadigheid. ten spyte van die koue en sterk wind het duisende hardlopers vroegoggend die harte warm laat klop. Gesinne, vriende, paartjies,

enkellopendes en professionele sowel as eerstekeer-hardlopers het Cape Gate en Radio tygerberg se pretdraf kafgedraf. Die dag se inkomste is aan Shiloh Synergy en KFC add Hope geskenk, wat lank reeds wonderlike werk onder minderbevoorregtes doen.

In ons omgewing

karien Basson

Gesinne, vriende, paartjies, enkellopendes en professionele sowel as eerstekeer-hardlopers het Cape

Gate en Radio Tygerberg se pretdraf kafgedraf.

Page 28: Indruk November 2013

november 201326 november 2013 27

Bekende gaste in Vuurvas-ateljee

In vuurvas

karien Basson

lloyd Cele, oorspronklik ’n boorling van Kwazulu-natal, woon tans in Pretoria. lloyd het bekendheid verwerf in die idols-kompetisie van 2010 toe hy tweede en elvis Blue eerste geëindig het. Die finale uitslae het enkele persentasiepunte verskil, en uit suiwer respek vir mekaar se talent het elvis Blue sy idols-prysgeld met lloyd gedeel. lloyd het homself geleer om instrumente te bespeel. Hy is ’n sanger, liedjieskrywer, aanbiddingsleier, jeugleier en die ontvanger van ’n SaMa- prys. Hy is die seun van ’n enkelma, ’n eggenoot vir janice, pa vir levi en Zoë, en boonop ambassadeur vir die Hart- en

Beroertestigting, Quick trim Sa en toys for africa! nadat hy 20 kg afgeskud het, is hy ’n splinternuwe man wat boonop met ’n splinternuwe boek en CD spog. lloyd se boek Lloyd Cele – the dream of an idol en ’n sewesnit-gospelalbum is onlangs bekend gestel. Hy het op Radio tygerberg se middagprogram Vuurvas vertel hy was nog altyd lief vir God en het nog altyd gospelmusiek in sy are gehad. al wat nodig was, was om dit neer te pen. lloyd het die perfekte balans tussen gesinsman en vermaaklikheidskunstenaar gevind … en nou wys hy ook sy hart.

Idol-manne met ’n hart vir die Here

lloyd Cele In dIe VuurVas-atelJee

Page 29: Indruk November 2013

november 201326 november 2013 27

Bekende gaste in Vuurvas-ateljee

GIft Gwe het sy musiekloopbaan in die kerkkoor begin toe hy net twee jaar oud was, en met min aansporing van sy ma! Musiek het Gift op talle verhoë en by etlike sangkompetisies laat beland. Hy vertel dat hy na die idols-kompetisie van 2005 die lewe van ’n superster gelei het. Hy was op die kruin van sy lewe en loopbaan, ’n ware droom wat waar geword het vir dié jong man … totdat hy alles in sy lewe verloor het wat vir hom kosbaar was. ná sy egskeiding het Gift die musiekbedryf vir twee jaar verlaat en teruggekeer na ’n veilige hawe waar familie kon raad gee en ondersteun. Sy genesingstyd was ’n tyd van selfondersoek om vas te stel waarvoor hy staan. in daardie tyd het hy besef dat slegs God ’n mens se lewe kan heel.

dit blom op VuurvasdavId davIdson en ’n span

deskundiges van die Kirstenbosch Botaniese tuine is die kreatiewe meesters wat vanjaar nóg ’n goue medalje by die Chelsea-blommeskou in londen verower het. Dit bring hulle medaljeskat op 33 goues die afgelope 38 jaar te staan. Vanjaar is dit nie net die Chelsea-blommeskou se

100ste verjaardag nie, maar ook Kirstenbosch s’n. Vuurvas was bevoorreg om na die prototipe van die uitstalling in die ateljee te kon kyk. ’n Blommeprag van honderde plantjies, blomme en fynbos eg aan die Kaap. “God se kreatiwiteit is ongelooflik … om sy blomme mooi bymekaar te sit was moeitevry en slegs ’n voorreg,” het David gesê.

BlaaI om ›

“God se kreatiwiteit is ongelooflik … om sy blomme mooi bymekaar te sit was

moeitevry en slegs ’n voorreg”

GIft Gwe saam met karIen Basson

davId davIdson van kIrstenBosCh (mIddel) saam met anton en karIen

Page 30: Indruk November 2013

november 201328 november 2013 29

Chris Chameleon is vernuwend, produktief en eindeloos kreatief, en het in Suid-afrika en oorsee

bekendheid verwerf as ’n musikale verskynsel soos min. Met ’n eiesoortige styl, bekoorlike verhoogpersoonlikheid en ’n reputasie dat hy gehore met sy vieroktaaf-stem en stemtoertjies betower, het sy uitsonderlike talent hom al die afgelope agt jaar uitstekende resensies en vele pryse besorg. Pryse sluit twee SaMa’s en ’n erepenning van die Sa akademie vir Wetenskap en Kuns in.

agter die Vuurvas-mikrofoon was hy sy unieke self en het hy nie gehuiwer om sy kitaar nader te trek vir ’n spontane voorsmakie van sy nuwe gospelalbum nie.

Hulle noem hom ’n baanbreker, ’n kansvatter, ’n “hands-on” ou, nuuskierig en ’n perfeksionis.

Hy beskou vrees as een van die grootste kankers van die menslike siel. Dié gebore johannesburger was in ’n landbouskool in Magalies – vandaar sy liefde vir boer met nguni-beeste sowel as sy hart se punt: Vrystaatse sonsondergange.

Met matriek as sy hoogste kwalifikasie wil mense steeds graag hoor wat hy te sê het. Hy praat van “boere-sushi” en hou van toer, en hy ervaar graag die buitengewone dinge wanneer hy sy bestemmings kies, omdat hy “van sy bene hou” en dit graag gebruik om te stap, klim of nael! Hy vertel dat hy destyds verlief was op Zola Budd en hulle in sy geestesoog saam die

Comrades sien hardloop het …

Chris Chameleon is akteur én

musikant, en een van Suid-afrika se lieflingseuns. Selfs die engelse publikasies HEAt en GQ het hom al by hulle ‘top’-lysies ingesluit: Hy was in 2007 nommer ses op GQ se lys van tien bes geklede manlike sterre, en is tans nommer 36 op HEAt se jaarlikse lys van die land se 100 warmste sterre.

Oor sy alter ego lag hy en sê: “Ons

is almal maar verkleurmannetjies. jy is nie dieselfde persoon voor jou ma, baas, man of vrou, vriend, ouma of ’n vreemdeling op straat nie. Dis nie skynheiligheid nie; verskillende omgewings stel bloot verskillende eise

In Vuurvas

karien Basson

Chris praat en sing Vuurvas aan diE brand!

Page 31: Indruk November 2013

november 201328 november 2013 29

“Herleef, Psalms & Gesange” is Chris Chameleon se eerste gospelalbum, en volgens hom is dit die album met die meeste ‘skop’ wat hy tot dusver in afrikaans opgeneem het! “ek hoop die samebindende krag van musiek laat ons verby ons verskille kyk en eerder mekaar se harte raaksien,” sê Chris. in Gesang 36, “landpsalm”, sing bekende kunstenaars soos laurika Rauch, loyiso Bala, neville D, theuns jordaan, Bobby van jaarsveld en die Soweto Gospel Choir ook saam. Dit handel oor ’n land met talle wonde en uitdagings. Hierdie album, wat deur die teks van ou psalms en gesange geïnspireer is, is treffend, veral met Chris se besondere stem wat oor vier oktawe strek. ’n Moet vir alle Chris Chameleon-aanhangers.

Stass se eerste soloalbum heet “ek is te koop!”. nee, Onbeskaamd is nie uitmekaar nie. Met hierdie album sal jy jesus in sy liedjies raakhoor. Snitte soos “Godpad”, waar hy saam met Gerhard Steyn sing, en “Gebed van ’n vrou” saam met juanita du Plessis gryp jou werklik aan die hart. ’n Baie interessante album waarop Stass méér van homself wys en tong-in-die-kies op alledaagse kwessies kommentaar lewer.

In klank

ettienne smith

Chris kleur psalms en gesange in

dÍT is CHris CHaMELEOn!

Hy vertel sy verhouding met die Here is vir hom ’n baie persoonlike ding. Dus is die CD ’n weerspreking in die sin dat hy as kind die Bybel deurgelees het en glo die Bybelboodskap kan nie in satyn toegevou word nie. Sy nuwe CD begin by 1 Korintiërs 13, wat sy gunstelingverse oor die uitnemendheid van die liefde bevat.

Hy vertel hoe hy en kollega Riaan van Rensburg jare terug psalms en gesange in die kar op pad na of van optredes gesing het.

aan jou.” Hy glo alles van waarde kos niks,

en die mooiste woorde wat hy al ooit gehoor het, is dié oor die liefde in 1 Korintiërs 13.

Page 32: Indruk November 2013

november 201330 november 2013 31

Programmeonderworpe aan verandering

maandag - novemBer ’13

03:00 - 06:00 – Xhosa programme

06:00 - 09:00 – oGGendrooI anton Brink & rouchelle liede-mann

06:00 – oggendrooi begin06:20 – Gedagte vir die dag06:30 – hooftrekke uit die Burger06:40 – oordenking07:00 – nuus07:10 – sportkollig 07:20 – verjaardae07:30 – 104 nuushoof-trekke07:40 – storie van hoop08:00 – nuus08:20 – Christelike perspek-tief – etienne Piek08:30 – 104 nuushoof-trekke08:55 – Groet

09:00 - 12:00 – Bonanza Benescke Janse van rensburg

09:00 – nuus09:10 – enjoying everyday life - Joyce meyer10:00 – Bonanza moment10:40 – huwelik11:00 – nuus11:10 – meer as oorwin-naars

12:00 - 15:00 – lorrein katzke

12:00 – focus on the family12:30 – musiek13:00 – nuus13:05 – family time - angus Buchan13:30 – musiekmandjie14:00 – 104 kook14:30 – fokus op die woord - dr. raymond lombaard

15:00 - 18:00 – vuurvas karien Basson & anton treunich

15:00 – nuus15:05 – Groet15:15 – tema van die dag

15:25 – onderhoud16:00 – nuus16:05 – verkeer en weer16:14 – 1 minute leaders16:20 – motiveringspraatjie16:30 – verkeersverslag16:35 – man minute16:36 – vuurvas sport met arnold Geerdts16:48 – onderhoud17:00 – nuus17:05 – 1 minute leaders17:25 – your weekly health jab with dr m - dr. michael mol17:40 – financial minute

18:00 - 22:00 – richard de villiers

18:00 – nuus18:05 – hoe gemaak met geld19:30 – aandboodskap20:15 – wat sê die reg - frank raymond en rob mcCreath22:00 – kerk sonder mure - dr. hennie lubbe

dinsdag - novemBer ’13

01:00 - 06:00 – Xhosa programme

06:00 - 09:00 – oGGendrooI anton Brink & rouchelle liede-mann

06:00 – oggendrooi begin06:20 – Gedagte vir die dag06:30 – hooftrekke uit die Burger06:40 – oordenking07:00 – nuus 07:20 – verjaardae07:30 – 104 nuushoof-trekke07:40 – oggendrooi ritme08:00 – nuus08:20 – oordenking08:30 – 104 nuushoof-trekke08:55 – Groet

09:00 - 12:00 – Bonanza Benescke Janse van rensburg

09:00 – nuus09:10 – enjoying everyday

life - Joyce meyer10:00 – Bonanza moment10:40 – werksverskaffing & Gemeenskapsnuus11:00 – nuus11:10 – hoe maak mens? – deon van der Berg

12:00 - 15:00 – lorrein katzke

12:00 – focus on the family12:30 – musiek12:40 – help jou naaste13:00 – nuus13:05 – family time - angus Buchan13:30 – musiekmandjie14:00 – Gesondheidsfokus14:30 – sout van die aarde - Ingrid venter

15:00 - 18:00 – vuurvas karien Basson & anton treunich

15:00 – nuus15:05 – Groet15:15 – tema van die dag15:25 – onderhoud16:00 – nuus16:05 – verkeer en weer16:14 – 1 minute leaders16:20 – motiveringspraatjie16:30 – verkeersverslag16:35 – man minute16:36 – sports wrap with Gareth Burley16:48 – onderhoud17:00 – nuus17:05 – 1 minute leaders17:25 – wiele Blitz17:40 – financial minute

18:00 - 22:00 – richard de villiers

18:00 – nuus18:05 – hou my dop 19:30 – evangelie in aksie20:15 – Potpourri - richard de villiers21:30 – salt and light - dr. Peter hammond22:00 – Xhosa programme

woensdag - novemBer ’13

03:00 - 06:00 – Xhosa programme

06:00 - 09:00 – oGGendrooI anton Brink & rouchelle liede-mann

06:00 – oggendrooi begin06:20 – Gedagte vir die dag06:30 – hooftrekke uit die Burger06:40 – oordenking07:00 – nuus 07:20 – verjaardae07:30 – 104 nuushoof-trekke07:40 – hoekom?08:00 – nuus08:20 – oordenking08:30 – 104 nuushoof-trekke08:55 – Groet

09:00 - 12:00 – Bonanza Benescke Janse van rensburg

09:00 – nuus09:10 – enjoying everyday life - Joyce meyer10:00 – Bonanza moment10:40 – ouerskap 11:00 – nuus11:10 – vriendskapsklub

12:00 - 15:00 – lorrein katzke

12:00 – focus on the family12:30 – musiek13:00 – nuus13:05 – family time - angus Buchan13:30 – musiekmandjie14:00 – Jou geld maak saak 14:30 – hoor my!

15:00 - 18:00 – vuurvas karien Basson & anton treunich

15:00 – nuus15:05 – Groet15:15 – tema van die dag15:25 – onderhoud16:00 – nuus16:05 – verkeer en weer16:14 – 1 minute leaders16:20 – motiveringspraatjie16:30 – verkeersverslag16:35 – man minute16:36 – vuurvas sport met

arnold Geerdts16:48 – onderhoud17:00 – nuus17:05 – 1 minute leaders17:25 – Geldsake met hein kruger17:40 – financial minute

18:00 - 22:00 – denise williams

18:00 – nuus18:05 – ek en my kind19:30 – Boodskap20:15 – tygermedies - denise williams21:30 – shalom - esther kruger22:00 – Xhosa programme

donderdag - novemBer ’13

24:00 - 06:00 – Xhosa programme

06:00 - 09:00 – oGGendrooI anton Brink & rouchelle liede-mann

06:00 – oggendrooi begin06:20 – Gedagte vir die dag06:30 – hooftrekke uit die Burger06:40 – oordenking07:00 – nuus 07:20 – verjaardae07:30 – 104 nuushoof-trekke07:40 – wees veilig08:00 – nuus08:20 – oordenking08:30 – 104 nuushoof-trekke08:55 – Groet

09:00 - 12:00 – Bonanza Benescke Janse van rensburg

09:00 – nuus09:10 – enjoying everyday life - Joyce meyer10:00 – Bonanza moment10:40 – Gesondheid11:00 – nuus11:10 – Boekrak - Ingrid venter11:30 – versoeke

Page 33: Indruk November 2013

november 201330 november 2013 31

Programmeonderworpe aan verandering

12:00 - 15:00 – lorrein katzke

12:00 – focus on the family12:30 – musiek13:00 – nuus13:05 – family time - angus Buchan13:15 – diere en hul dinge13:30 – musiekmandjie14:00 – adventures in Oddessy14:30 – Program sal aange-kondig word.

15:00 - 18:00 – vuurvas karien Basson & anton treunich

15:00 – nuus15:05 – Groet15:15 – tema van die dag15:25 – onderhoud16:00 – nuus16:05 – verkeer en weer16:14 – 1 minute leaders16:20 – motiveringspraatjie16:30 – verkeersverslag16:35 – man minute16:36 – sports wrap with Gareth Burley16:48 – onderhoud17:00 – nuus17:05 – 1 minute leaders17:25 – Brandpunt17:40 – financial minute

18:00 - 22:00 – lisa truter

18:00 – nuus18:05 – wiele19:30 – Boodskap20:05 – motorsportfokus - neels rabe21:00 – anti-conformity - Pneumatix22:00 – Chip Ingram22:30 – Xhosa programme

vrydag - novemBer ’13

03:00 - 06:00 – Xhosa programme

06:00 - 09:00 – oGGendrooI anton Brink & rouchelle liede-mann

06:00 – oggendrooi begin

06:20 – Gedagte vir die dag06:30 – hooftrekke uit die Burger06:40 – oordenking07:00 – nuus07:10 – vuurvas sport met arnold Geerdts 07:20 – verjaardae07:30 – 104 nuushoof-trekke07:40 – your weekly health jab with dr m - dr. michael mol08:00 – nuus08:20 – Christelike perspek-tief – etienne Piek08:30 – 104 nuushoof-trekke08:55 – Groet

09:00 - 12:00 – Bonanza Benescke Janse van rensburg

09:00 – nuus09:10 – enjoying everyday life - Joyce meyer10:00 – mans 10110:40 – Plaaslike drama11:00 – nuus11:10 – naweek joernaal

12:00 - 15:00 – lorrein katzke

12:00 – focus on the family12:30 – musiek13:00 – nuus13:05 – family time - angus Buchan13:30 – musiekmandjie14:00 – wat sê jy? - marius du Plooy

15:00 - 18:00 – vuurvas karien Basson & anton treunich

15:00 – nuus15:05 – Groet15:15 – tema van die dag15:25 – onderhoud16:00 – nuus16:05 – verkeer en weer16:14 – 1 minute leaders16:20 – motiveringspraatjie16:30 – verkeersverslag16:35 – man minute16:36 – sportkollig16:48 – onderhoud

17:00 – nuus17:05 – 1 minute leaders17:25 – wie, wat en waar17:40 – financial minute

18:00 - 22:00 – Ivan siegelaar

18:00 – nuus18:05 – sportmanne vir Christus18:40 – naweekjoernaal19:15 – Praise and worship19:30 – fokus op die woord - dr. raymond lombaard20:15 – week wat was20:45 – Prontuit - dr. ettiene marais21:00 – draaipunt - lorrein katzke21:30 - versoeke22:00 – searchlight - Past. Jon Courson22:30 – Xhosa program – umntu omtsha necebo lika thixo - lumka leve

saterdag - novemBer ’13

03:00-06:30 – Xhosa programme

06:30 - 09:00 – Ivan siegelaar

06:30 – dagbreek06:40 – weerverslag07:00 – nuus07:05 – musiek08:00 – nuus08:05 – musiek08:45 – nuusoorsig van die week - merentia van der vent

09:00 - 13:00 – rosebud tsobane

09:00 – maranata land09:30 – kom braai - dewald visser en richard de villiers10:35 – alles en nog wat11:00 – nuus11:05 – Gospel top 1012:00 – meer as oorwin-naars - kobus theron12:15 – musiek

13:00 - 18:00 – ettienne smith

13:00 – nuus13:05 – musiek13:30 – kraakvarsklanke14:00 – musiek15:30 – kaapse klanke16:00 – wiele - Carl en Jeanette kritzinger16:30 – musiek

18:00 - 22:00 – andré de vos

18:00 – Groet19:00 – musiek19:30 - unshackled20:00 – saterdagaandver-soeke21:45 – Prontuit - dr. ettiene marais22:00 – Xhosa programme

sondag - novemBer ’13

03:00 - 06:30 – Xhosa programme

06:30 - 09:00 – Ivan siegelaar

07:00 – kerknuus07:30 – Grassroots – angus Buchan08:00 – wie is wie van die ou testament – elize Parker

09:00 - 13:00 – denise williams

09:00 – Praise and worship10:00 – oggendboodskap10:30 – net musiek / Just music11:30 – musiek

12:00 – kompas vir die lewenspad - riekert Botha en eben niemann12:30 – musiek

13:00 - 17:00 – louise silver

13:00 – etensuurklanke14:00 – stap deur die Bybel – dr. soon zevenster en marius du Plooy14:30 – musiek15:00 – Goeienuus - esther kruger 15:45 – storie van hoop16:00 – die Gebedswag16:45 – draaipunt - lorrein katzke

17:00- 20:00 – Ingrid venter

17:00 – musiek17:15 – hartsboodskappe – retha mcPherson18:00 – wie is ek? – lise swart &louis awerduck18:45 – Pitkos vir die siel19:00 – net musiek / Just music19:30 – aandboodskap

20:00 - 22h30 – dennis francis

20:00 – musiek en bemoe-diging20:45 – laataand oordenk-ing21:00 – lewe in oorvloed - dennis francis 22:30 – Xhosa programme

Page 34: Indruk November 2013

november 201332 november 2013 33

20 21

Ma

321

11 13 1612 1514 17

4 6 95 87 10

18 23

30

19 22

29

24

2725 26 28

Wo Vrdi do sa so

kalender

November

“Maar wie van die water gedrink het wat Ek hom sal gee, sal in alle ewigheid nooit dors kry nie. Nee, die

water wat Ek hom sal gee, sal in hom ’n fontein wees met water wat opborrel en vir hom die ewige lewe gee.”

jOHanneS 4:14

novemBer 201332

Page 35: Indruk November 2013

november 201332 november 2013 33

Page 36: Indruk November 2013

Omroepers & Program-aanbieders

merentia vd vent neville Goliath

nomahlubi msesi nosipho mahlanyana

moses swartbooi

dennis francis deon van der Berg esther kruger

ettienne smith

etienne Piek

sura swartoom soon zevenster

Pastor dlangalala raymond lombard

siyabonga ngoboza

richard de villiers

neels rabe

rosebud tsobane rouchelle liedemann

retah mcPherson

mrs. mbalimarius du Plooy

louise silver lumka levelorrein katzke

angus Buchanandré de vos

dr. ettiene marais

anton BrinkBenescke Janse van rensburg

denise williams

Cois de kock anton treurnich

hein kruger hennie lubbeJeanette en CarlkritzingerIngrid venter Ivan siegelaar

karien Basson kobus theron lisa truter

november 201334 november 2013 35

Page 37: Indruk November 2013

In beeld

Brettian Productions

Oom Karoolus en Lente

Die Moewie!

november 201334 november 2013 35

Oom Karoolus en lente is geen vreemdelinge in die afrikaanse kindermusiekbedryf nie. Met meer as twee dekades se ervaring is dié duo opgewonde om die vrystelling van hul jongste projek aan te kondig: Oom Karoolus en lente - Die Moewie.

dIe storIelyn ’n lang vergete pakkie in die pos vir Karoolsie sit ’n groot avontuur vir Oom Karoolus en lente aan die gang. Wanneer die ‘kroeks’, Grootoor (leon Ferreira) en Shorty (Steyn Fourie), die geleentheid aangryp en met Oom Karoolus (Cor Uys) se motor wegjaag, is daar groot moeilikheid, want lente (letitia Uys) lê agter op die sitplek en slaap. lente is egter koel en kalm, en verklap in haar onskuld dat sy en Oom Karoolus op pad is na sy oupa se plaas, waar hulle na ’n skat gaan soek. natuurlik stel die twee skelms baie belang en maak planne om die skat te kry, maar ’n groot verrassing

wag op hulle almal wanneer hulle by die skat uitkom. Met Ghapi as Piet Posman en Bouwer Bosch as kaptein Flits Venter van die Blue Chip-soekspan, is dit ’n fliek vir die hele gesin, met baie pret, spanning en ’n groot boodskap!

aGter dIe skerms Die grootste deel van die fliek is op die Springbokvlakte in limpopo rondom tuinplaas onder leiding van Corrie Uys verfilm. Die produksie het ongeveer tien maande geduur om af te handel, waarvan die span ’n maand verfilm het. Corrie sê: “Ons het ’n wonderlike span tydens die verfilming van die fliek gehad en die hele proses was

’n fees. Om saam met mense te werk wat jou passie vir die medium, die boodskap en visie van die projek deel is ’n voorreg.”

oom karoolus en lente – Die Moewie is nou op dvd by jou naaste dvd-

winkel beskikbaar. vir meer oor die vervaardiging van die fliek, besoek http://

oomkaroolusenlentemoewie.co.za.

wen 1 van 3Wen een van drie DVD’s

van Oom Karoolus en Lente – Die Moewie.

SMS ‘Kruis’ + jou naam + ‘Die Moewie’ na 33282.

Bepalings en voorwaardes geld.

Gratis en bondel-SMS-pakette is nie van toepassing nie. Die wenners sal op 1 NOVEMBER 2013 verwittig en op Brettian Productions se facebook-blad

aangekondig word.

oP dIe stel By Die Moewie

Page 38: Indruk November 2013

Inderdaad

stephan Joubert

november 201336 november 2013 37

Op ’n dag het ek agtergekom my een hond is die besigste hond in die geskiedenis. Heeldag het hy doelloos rondgehardloop. tog het die arme hond nooit iets reggekry nie. Hy was maar net verskriklik besig. Uitasem het hy elke aand neergeplons en doodmoeg aan die slaap geraak. te laat het ek besef ek moes my hond die Pareto-beginsel geleer het. Wikipedia (http://en.wikipedia.org/wiki/Pareto_princles) sê die Pareto-beginsel, wat ook as die ‘80–20-reël’ bekend is, beteken “that, for many events, roughly 80% of the effects come from 20% of the causes”.

nes my gewese hond, bestee 80% van gelowiges al hulle tyd aan 20% resultate omdat hulle dit met gejaagde harte doen en nie vanuit ’n diep innerlike rus in die Here nie. Geloof gaan oor die aangryp van die kans van ’n leeftyd om by jesus tot stilstand te kom, nie oor nóg aktiwiteite nie. Dit gaan oor minder, nie meer nie. Dit gaan oor stadiger, nie vinniger nie. Dit gaan regtig oor rus by jesus. Hoor dit asseblief, al julle doodbesige kerkleiers wat angstig planne maak vir die volgende strategiese beplanningsvergadering oor hoe om julle gemeente uit die rooi te kry. Hoor dit, al julle sendelinge wat wakker lê oor hoe om die wêreld vir die Here te bereik. Hoor dit, julle huisvrouens, kantoorwerkers, studente en wie nog wat wonder hoe Suid-afrika ooit omgedraai kan word. Hoor dit, julle almal wat dink die Here word deur

aksies en spoed beïndruk.jesus is ons lewe. Hy is ons suurstof,

ons asem, ons alles. Maar om sy rus te vind, moet ons tot stilstand kom. Ons moet ons fyn uitgewerkte planne laat staan. Ons moet by jesus hoor wat Marta daar in lukas 10:38-42 gehoor het, naamlik dat ons besorgde en bekommerde lewens leef. Ons moet by Hom hoor ons ly aan ‘gejaagde hart’-sindroom. Ons hardloop rond sonder om dag of nag tot rus te kom. Ons skakel

nooit af nie. ‘Sesde rat vorentoe, van vroeg tot laat’ is ons leuse.

Gejaagdheid lei nie tot meer effektiwiteit of beter resultate in die Here se diens nie. al wat dit doen, is om nog meer dinge op jou reeds oorvol dagboek te laai. ten spyte daarvan dat suksesvolle navolgers van jesus juis minder dinge meer effektief vir Hom doen, en konstant meer standhoudende resultate lewer, glo die meeste Christene dat hulle nog harder moet werk in

die Here se diens. insette tel vir hulle meer as uitsette. Daarom dat almal so moeg en oorlaai is. Daar’s veel meer rondskarrelende Martas as rustende Marias in ons dag. nóg vergaderings, nóg beplanningsessies, nog tien nuwe aksies – dít is vir hulle die ‘antwoord’. Daarom is sommige ontnugter dat hulle ná jare se ‘voltydse’ diens vir die Here nie juis in enige rigting gevorder het nie. Hulle het eintlik maar net mense tevrede gestel en godsdienstige sisteme

staande gehou. Voordat jy verkeerd verstaan:

Om besig te wees is nie op sigself reg of verkeerd nie. anders gestel, om net maar minder besig te wees sal jou nie outomaties rustig aan jesus se voete laat sit nie. Dan sou alle werkloses en niksdoeners die agtermekaarste mense op aarde gewees het. Dan sou alle niksdoen-Christene so ontspanne gewees het as kan kom. alles het te make met die uitgangspunte en oorwegings waarmee die lewe in jesus se naam aangepak word. Om besig te wees voordat jy daardie heel

eerste en belangrike vraag van die Here gehoor het is om te besig te wees. Hierdie vraag van die Here het te make met hoe jy by Hom rus vind, nie hoe jy dinge moet doen nie. O ja, ook wié jy voor Hom is. eers wanneer eerste dinge weer eerste in jou lewe is, kan jy jou aktiwiteite tot eer van die Here in plek sit. Dan sal jy algaande agterkom wat om te doen in sy naam, en wat nie. Rus by jesus is die enigste geneesmiddel vir ’n gejaagde hart.

só klop jy daardie

stephan Joubert

‘gejaagde hart’-sindroom

Page 39: Indruk November 2013

november 201336 november 2013 37

Page 40: Indruk November 2013

In rat

deur Carl & Jeanette kritzingerluister na Carl en Jeanette kritzinger se program wiele elke donderdag om 18:00 en saterdae om 16:00 op radio tygerberg.

november 201338 november 2013 39

&Jy is verskoon as jy nog nooit ’n

Porsche bestuur het nie en glo dat die 911 die enigste model is

wat dié naam waardig is. Dit kan egter nie verder van die waarheid wees nie! Vakmanskap en werkverrigting kan nie altyd aan die uiterlike gemeet word nie – ’n les wat ek vinnig weer geleer het met die nuwe Porsche Panamera.

Hoewel die Panamera op die oog af nie veel van die vorige model verskil nie, is daar wel ’n hele paar veranderinge aangebring. Die nuwe lyne sowel as veranderde luginlate en opsionele ligemissiediode- (leD-)ligte laat die ‘spoedkoets’ sonder twyfel meer aggressief vertoon, sonder om elegansie in te boet.

Die binneruim is ook nie afgeskeep nie. luuksheid word tot ’n volgende vlak gevoer, met gemak en funksionaliteit hoog op die prioriteitslys. Dit is duidelik dat ons Duitse vriende aan alles gedink het: nie net is die nuwe Panamera gerieflik en stylvol nie, maar die praktiese uitleg van die instrumentpaneel en plasing van al die verstellingsknoppies wat jou lewe vergemaklik, laat die bestuurder sommer gou tuis voel.

Die grootste verandering aan die nuwe Panamera is egter die werkverrigting. Met ’n keuse tussen diesel-, normaal-geaspireerde petrol- en turbo-aangedrewe petrolenjins (van 3,0 tot 4,8 l), is daar werklik iets vir almal se

smaak. Daar is selfs ’n hibriedmodel in die reeks beskikbaar. Porsche het dit reggekry om nie net meer krag uit die verskillende enjins te haal nie, maar ook die brandstofverbruik van die petrolenjins te verbeter. Die dieselenjin is groter as die vorige model, en daarom ’n bietjie dorser. tog kan ’n mens nie help om na al hierdie enjins se verrigtingsyfers te kyk en te wonder hoe dit moontlik is dat dit steeds so goed by die petrolpomp vaar nie. Om jou ’n idee te gee: Die Panamera turbo is ’n 4,8 liter wat 382 kW lewer met 700 nm; steeds beloof Porsche dat jou gekombineerde brandstofverbruik slegs 10,2 l/km sal wees – maar nie as jy heeltyd toets hoe hierdie turbo 0-100 km/h in slegs

elegansieSpoedkoets met woema

Hierdie maand kyk die Wiele-span na twee voertuie. Carl was by die bekendstelling van die nuwe Porsche Panamera – ’n motor waaroor enigeen droom. jeanette was by die bekendstelling van die nuwe Kia Cerato-luikrug –

oor hierdie een hoef jy nie te droom nie, jy kan hom maar kry!

Page 41: Indruk November 2013

november 201338 november 2013 39

Spoedkoets met woema

4,1 sekondes haal nie!Porsche se hoofdoel is om die

Panamera as ’n luukse sportmotor te bemark. Daarom is daar ook heelwat veranderinge aan die onderstel en veringstelsel aangebring om te verseker

dat die rit so gemaklik moontlik is, sonder om dié spoedkoets van byna 2 ton soos ’n skip te laat voel. Porsche het selfs aan die ratkas gepeuter om die rit onvergeetlik te maak.

Daar het jy dit nou! as spoed,

hantering en gemak jou hart vinniger laat klop en jy nié snags wakker lê oor jou finansies nie, is die nuwe Porsche Panamera net die doepa vir jou.

BlaaI om ›

Page 42: Indruk November 2013

november 201340 november 2013 41

Cerato laat koppe draai en bedreig kompetisie

Page 43: Indruk November 2013

november 201340 november 2013 41

die Kia Cerato is gebore uit die Kia Sephia, wat

in 1998 bekend gestel is. Sephia is ’n samesmelting van woorde soos ‘styl’, ‘elegant’, ‘kragtig’ en ‘ideaal’. Maar as ’n mens vandag na die foto’s van die destydse Sephia kyk, het die ontwerpers duidelik daardie dae ’n bril of twee nodig gehad, want die Sephia was allesbehalwe stylvol. Die eerste generasie Cerato het die Sephia in 2004 vervang, en vandag het die Cerato reeds tot by die derde generasie gevorder. Die Cerato-sedan is in Mei vanjaar bekend gestel, en nou kan verbruikers toustaan vir die nuwe Cerato-vyfdeur-luikrug ook. Feit: Die Kia Cerato gee nuwe betekenis aan kenmerkende stylvolle ontwerp, en herdefinieer die woord ‘transformeer’.

Met sy sportiewe ontwerp, afwerkings van gehalte en binneruimspasie sal die Kia Cerato-luikrug beslis

’n bedreiging inhou vir ander fabrikante in hierdie mededingende C-segment van die mark.

Die Cerato is beskikbaar met drie vlakke van toerusting en ’n keuse tussen twee enjins – die 1,6 eX, 2,0 eX en die 2,0 SX, wat kliënte ’n lang lys uithalergeriewe en -funksies bied wat jy nie gewoonlik in hierdie kompakte segment aantref nie.

Die inlyn-viersilinder-Gamma-enjin van 1,6 liter lewer 95 kW teen 6 300 opm, met 157 nm se wringkrag teen 4 850 opm. Vir ’n bietjie meer woema sal die 2,0 liter jou 118 kW bied teen 6 500 opm, en 194 nm wringkrag teen 4 800 opm. al die modelle is beskikbaar in ’n sesganghandrat- of outomatiese ratkas.

Die toetsrit tydens die bekendstelling was moeitevry en gemaklik. Sodra jy die 1,6 liter-Cerato-luikrug opwen om in die optimale toere te

begin hardloop, is daar geen keer aan hierdie sportiewe buksie nie. Die hantering is goed en neutraal, veral deur skerp draaie. en die voertuig spog met ’n lang lys veiligheidskenmerke wat die bestuurder te alle tye volle beheer gee.

nee wat, gaan loer maar met ’n geruste hart na wat hierdie nuwe, stylvolle Cerato-luikrug jou kan bied, en teen pryse vanaf R201 750, sal dit jou nie uitroei nie. terloops, as jy lus is vir lekker lag, gaan loer sommer ook hoe die Kia Sephia destyds gelyk het. Dit sal jou laat besef hoe ver Kia oor die jare gevorder het en hoe hierdie einste Cerato getransformeer het tot die motor wat dit vandag is – een wat jy met trots kan bestuur en wat vir seker die koppe sal laat draai.

Die Cerato-reeks kom standaard met ’n vyfjaar- of 150 000 km-waarborg en ’n vyfjaar- of 90 000 km-diensplan.

Met sy sportiewe ontwerp, afwerkings

van gehalte en binneruimspasie

sal die Kia Cerato-luikrug beslis ’n

bedreiging inhou vir ander fabrikante in

hierdie mededingende C-segment van die mark

Page 44: Indruk November 2013

Plumstead Rusoord, ’n program van BaDiSa, bied vanjaar 22 dae lank ’n Kersliggieskouspel aan. Die Rusoord-geboue word oortrek met duisende liggies wat die lewe van jesus

vanaf geboorte tot Hemelvaart uitbeeld. Benewens dié liggieskouspel tree daar elke aand een van ons land se topkunstenaars op, terwyl jy in die gasvryheid van die Plumrus-restaurant kan ontspan en heerlike, tradisionele kos geniet. Die geld gaan vir die versorging van ouer persone in gemeenskappe oor die hele Wes-Kaap wat nie so bevoorreg is om in een van die 48 BaDiSa-tehuise te kan woon nie. Die liggiefees is ’n familiefees vir oud en jonk, en is rolstoelvriendelik. Kaartjies is te koop by Computicket en alle Checkers-takke oor die hele Wes-Kaap.

november 201342 november 2013 43novemBer 201342

by Plumstead Rusoord

Skouspel van

liggies In ons omgewing

manie Bester

Page 45: Indruk November 2013

november 201342 november 2013 43

Page 46: Indruk November 2013

Om te deel en om te gee

november 201344 november 2013 45

In breë trekkewonder wie-posser

Page 47: Indruk November 2013

november 201344 november 2013 45

In die kombuis

freddie [email protected]

071 354 0030

Bestanddele1 knoffelhuisie, gekap100 g egiptiese dukkah of gekapte neutegrowwe sout en peper6 pere, met ’n aartappelskiller geskil, maar met die stingel aan1 camembertkaas, in stukke gesny2 pakke spekvleisrepies1 pak roketblare

metode• Sny die boonste derde van elke peer

af en hol die oorblywende deel uit. • Vul elke peer met die dukkah en

camembertkaas, en plaas die boonste derde van die vrug weer terug.

• Draai die pere in spekrepies toe wat met tandestokkies in plek gehou word.

• Bak in ’n warm oond vir 40 tot 60 minute of totdat die pere sag en gaar is.

• Bedien dit op roket- of babaslaaiblare en bedruip met balsamiese reduksie.

Genoeg vir ses mense

PeeR-en-CamemBeRT-

sLaaI

Page 48: Indruk November 2013

In verwondering

Jimi le roux Jimi is ’n geestelike en lewensbegeleier. – www.jimileroux.com

november 201346 november 2013 47

Die meeste van ons is hopeloos met goed baklei. in die huwelik, meen ek nou. Ons kry dié probleem van ons ouers. Kyk, vroeër jare was die pa die man, die hoof en die finale gesag – die ma (die hulp) het dikwels maar gedweë ingeval by wat hy besluit het. Daar was nie eintlik teëspraak nie. So ’n struktuur was natuurlik baie stabiel – die man was baas op sy terrein (en ook oorhoofs oor die hele terrein), en die vrou was (onder hom) baas op haar terrein, veral dan nou die huis, kombuis en kinders. Só kon daar vrede heers. (Vroue het mettertyd begin voel die vrede is ten koste van hulle, maar dis nou ’n ander storie.)

Die punt is dat ons ouers ons nie goed leer baklei het nie. en nou sit ons met ’n tekort in daardie afdeling.

Dit lyk my die meeste mense maak nog gebruik van die basiese twee konflikstyle: Die een is om uit ordentlikheid alle frustrasie of behoeftes te sluk en niks te sê nie (sommige het ’n gewoonte ontwikkel om daaroor te brom, maar dit word gerieflik geïgnoreer), en die tweede (wat volg as die eerste nie meer volgehou kan word nie) is om alle beheer te verloor en aan die skreeu en

skel te gaan. terwyl ons dan nou ontplof, kan ons dit

sommer ver gaan haal vir ekstra oemf en noag se

hele ark onder hom uitruk. ek glimlag as ek dink hoe

my pa en ma ‘baklei’ het (ag, en hulle het feitlik nooit nie):

Hulle sou stap 1 volg tot waar hulle nie meer kon nie, en dan skielik ’n bom van ’n stelling los

wat almal stomslaan, en summier die vertrek verlaat!

nee, dis maar my en jou taak om onsself te leer om ‘goed’ te baklei – of kom ons noem dit ‘onderhandel’. en ’n mens kan! ’n Mens kán jou behoefte vroeg reeds stel. jy kán ’n probleem bespreek sonder om persoonlik te raak.

jy kán luister wat jou maat sê sonder

om bedreig te voel. jy kán in die gesprek (en kamer) bly tot die saak

uitgepraat is. ja, ons moet

onsself dit maar

leer. Ook ter wille van ons

kinders, of hoe?

MANtot man

Jy kán ’n probleem bespreek sonder om persoonlik

te raak.

Page 49: Indruk November 2013

november 201346 november 2013 470861 333 777 • www.brights.co.za

Ons het hardewaardes.

Brights Hardeware is ‘n trotse ondersteunervan die Onbeskaamd Etiese-veldtog. Hardware store

www.intiem.co.za

Page 50: Indruk November 2013

klein indruk

deur lorrein katzkeskets alistair ackermann

november 201348 november 2013 49

die avonture van

Heidi en Basjan

O ral langs die pad en in die tuine is daar nou die mooiste blomme in allerhande kleure! Moenie dink omdat ek ’n hondjie is, kan ek nie die blomme sien nie, hoor. nou bly dit ook later lig saans, en soggens

skyn die sonnetjie sommer vroeg al op my bedjie op die stoep. Dis somer!

ek weet nie hoe ek dit weet nie, maar as dit begin somer word, voel ek sommer lus om rond te hardloop en iets te jaag. as daar nie ’n bal naby is nie, jaag ek sommer my eie stert! ek voel net lus om laf te wees. Het jy dit al agtergekom?

Dalk is daar ’n hele paar dinge van honde wat jy nie weet nie, en ek sal jou graag daarvan wil vertel.

Het jy geweet dat ons honde gras moet eet? ek weet nie hoe ek dit weet nie, maar as ek bietjie siekerig begin voel en ek eet ’n bietjie gras, voel ek sommer gou-gou beter. Hoekom dit help, weet ek ook nie, maar glo my, vir honde werk dit so goed soos medisyne.

nóg iets wat jy dalk nie geweet het nie, is dat ons honde ook menssiektes kan kry. Dis nou juis waaroor ek vanoggend wonder.

Vandat die blommetjies oral begin uitkom, nies ek my gedaan! My neus jeuk. ek krap aanhoudend met my twee voorpootjies oor my neus, en dan nies ek weer.

aaaaatiesjoe! aaaaatiesjoe!My ogies raak vol trane en my neus voel skoon toe. Dis glad

nie lekker nie.“jy het hooikoors,” sê slim Basjan en lag. “elke keer as jy

nies, lyk dit of jy gaan opstyg!”“Wat is hooikoors, Basjan?” wil ek weet en raak skoon bang

dat ek baie siek is.“nee, Heidi, wat dit is, weet ek nou nie,” sê Basjan, “maar

wanneer die blommetjies oral uitkom, begin ek ook nies en dan neem my baas my kliniek toe, waar hulle my sulke klein pilletjies gee wat ek moet eet. Dís waar ek daardie woord gehoor het, ‘hooikoors’.”

“Help die pilletjies, Basjan?”“Medisyne help net as jy dit elke dag drink, anders werk dit

glad nie,” sê slimjan Basjan, en ek weet ek kan maar luister na

wat hy sê, want Basjan het nog nooit vir my gejok nie.ek is baie gelukkig dat ek gereeld by die dieredokter ’n draai

maak. Hulle is almal so gaaf daar, en as ons daar weggaan, voel ek sommer gou weer gesond en lus om rond te hardloop.

“Wat doen ons vriende wat in die straat bly as hulle siek word, Basjan? Wie help hulle?” vra ek.

Basjan sê: “Vir die honde wie se base hulle nie dierekliniek toe neem nie is daar mos die kliniek wat rondry, onthou jy nog?”

“Dis waar, Basjan, nou onthou ek! Maar ek voel so jammer as ek sien hoe siek en maer die honde is wat so tussen die karre deur hardloop. ek is so bly dat daar goeie mense is

wat diere help wat niemand anders het om vir hulle te sorg nie!” sê ek en die hartseer wil-wil by my ogies uitloop.

Basjan sien dat ek hartseer word, en daarvan hou hy net mooi niks!“Kom, Heidi,” roep hy,

“die sonnetjie skyn nou so lekker en ons vriende wag in die parkie!”

ek nies nog een keer en dan sien ek hoe Basjan onder die draad deurglip. ek sal moet gou maak, anders haal ek hom nie in nie!

aaaaatiesjoe, hier kom ek!

Vandat die blommetjies oral begin uitkom, nies ek my gedaan! My neus jeuk. Ek krap aanhoudend met my twee voor-

pootjies oor my neus, en dan nies ek weer.Aaaaatiesjoe! Aaaaatiesjoe!

dIe Groot nIes

Page 51: Indruk November 2013

november 201348 november 2013 49

Page 52: Indruk November 2013