inhoud - sawis · 2012-01-17 · landbou, bosbou en visserye, een persoon genomineer deur die...

14
Weergawe 20120116

Upload: others

Post on 15-Jul-2020

2 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: INHOUD - SAWIS · 2012-01-17 · Landbou, Bosbou en Visserye, een persoon genomineer deur die Landbou Navorsingsraad asook een persoon aangewys deur die Minister. FUNKSIES Die Raad

Weergawe 20120116

Page 2: INHOUD - SAWIS · 2012-01-17 · Landbou, Bosbou en Visserye, een persoon genomineer deur die Landbou Navorsingsraad asook een persoon aangewys deur die Minister. FUNKSIES Die Raad

Hoo

fstu

k: In

houd

2

INHOUD

Inleiding ...................................................................................................................................................... 3

Wyn- en Spiritusraad .............................................................................................................................. 3

Samestelling ....................................................................................................................................... 3

Funksies .............................................................................................................................................. 3

Werking .............................................................................................................................................. 4

Wyn van Oorsprong-stelsel ........................................................................................................................ 6

Belangrikheid van Oorsprong ................................................................................................................. 6

Afbakening van Oorspronggebiede .................................................................................................... 6

Kriteria vir die afbakening van Oorspronggebiede ............................................................................ 7

Geografiese eenheid .......................................................................................................................... 7

Die rol van kultivar in Wyne van Oorsprong ...................................................................................... 7

Druifkultivars waarop die Wyn van Oorsprong-skema van toepassing is: ......................................... 8

Die rol van oesjaar as gids tot wyn se karakter .................................................................................. 9

Sertifisering van wyn as waarborg vir die publiek .............................................................................. 9

Helderheid: ......................................................................................................................................... 9

Kleur: .................................................................................................................................................. 9

Geur: ................................................................................................................................................. 10

Smaak: .............................................................................................................................................. 10

Gëintegreerde Produksie Van Wyn Skema (IPW) .................................................................................... 10

Sertifisering van landgoedbrandewyn ..................................................................................................... 11

Die amptelike seël van die Wyn- en Spiritusraad ..................................................................................... 11

Etiketvereistes .......................................................................................................................................... 12

Wyn van Oorsprong Produksiegebiede .................................................................................................... 13

Page 3: INHOUD - SAWIS · 2012-01-17 · Landbou, Bosbou en Visserye, een persoon genomineer deur die Landbou Navorsingsraad asook een persoon aangewys deur die Minister. FUNKSIES Die Raad

Hoo

fstu

k: In

leid

ing

3

INLEIDING

Met die stigting van ʼn verversingspos teen die middel van die 17de eeu aan die Kaap, is wingerde in 1655 aangeplant en die eerste wyn van Kaapse druiwe op 2 Februarie 1659 gemaak. Net soos in Europa het sekere gebiede en plase bekend geword vir hul wyne met ʼn eie besondere karakter. So het die Constantia-wyne byvoorbeeld wêreldroem verwerf en word die destydse Constantia-wyne vandag steeds gereken as van die bestes ooit.

Dié eiesoortigheid van Suid-Afrikaanse wynproduserende gebiede en plase het vir lank geen wetlike beskerming geniet nie. ʼn Amptelike Wyn van Oorsprong-stelsel het eers in 1972 beslag gekry toe wetlike voorskrifte geformuleer is. Hierdie nuwe stelsel sou nie net vir wyne van oorsprong geld nie, maar ook vir wyne wat gemaak is van spesifieke kultivars en oesjare.

Sekere basiese beginsels is in aanmerking geneem by die formulering van hierdie stelsel. So was dit byvoorbeeld noodsaaklik dat aan EU-vereistes voldoen moes word aangesien soveel Suid-Afrikaanse wyn na Europa uitgevoer word. Beginsels soos handelseerlikheid, feitelike benamings, betittelings, aanpassingsvermoë, plaaslike bemarkingsrealisme en vrywillige deelname is aangespreek. Suid-Afrika se stelsel van sertifisering van Wyn van Oorsprong het amptelik beslag gekry in 1973, ingevolge die Wet op Wyn, ander Gegiste Drank en Spiritualieë van 1957.

WYN- EN SPIRITUSRAAD

SAMESTELLING

Ingevolge die bepalings van die Wet op Drankprodukte van 1989 wat die vorige Wet van 1957 vervang het, setel die beheerfunksies betreffende Wyn van Oorsprong, kultivar, oesjaar, Landgoedbrandewyn en Geïntegreerde Produksie van Wyn by die Wyn- en Spiritusraad. Die Raad word deur die Minister van Landbou, Bosbou en Visserye aangestel en bestaan uit ‘n voorsitter en 12 lede. 8 van hierdie lede is persone met die relevante kundigheid, vaardigheid of bedrewenheid in wynbou, enologie, distillasie, regulerende omgewing van die drankbedryf, drankproduksie, voedselveiligheid of mikrobiologie; 3 amptenare van die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye, een persoon genomineer deur die Landbou Navorsingsraad asook een persoon aangewys deur die Minister.

FUNKSIES

Die Raad se primêre funksies is:

∗ Die bedryf en toepassing van die skemas vir Wyn van Oorsprong, Landgoedbrandewyn en Geïntegreerde Produksie van Wyn.

∗ Advies en aanbevelings aan die Minister van Landbou oor enige aangeleentheid waarop die Wet op Drankprodukte en sy ondergeskikte wetgewing betrekking het.

Page 4: INHOUD - SAWIS · 2012-01-17 · Landbou, Bosbou en Visserye, een persoon genomineer deur die Landbou Navorsingsraad asook een persoon aangewys deur die Minister. FUNKSIES Die Raad

Hoo

fstu

k: W

yn- e

n Sp

iritu

sraa

d

4

WERKING

Die werking van die Raad kan skematies soos volg uiteengesit word:

SAWIS(SA Wynindustrie Inligting & Sisteme)‘n nie vir Profyt Maatskapy ge-kontrakteer om sekere Administratiewe, sekreteriale en inpseksie dienste uit te voer vir vlak 2 operasies

2.

1.

RAAD

Sekretariaat

Bestuurskomitee

Tegniese Komitee

Etikettekomitee

Afbakenings-komitee

Regskomitee

Personeelkomitee

Geïntegreerde Produksie van Wynkomitee

Oudit Komitee

Ad-Hoc Werkgroepe

Wynbeoordelings-komitees

Gedesentraliseerde Beoordelingskomitees

- Stellenbosch - Paarl - Worcester - Robertson - Breedekloof - Klein Karoo

Die Komitees van die Raad word saamgestel uit persone benoem deur die instansies wat in die Raad dien en is dus ʼn weerspieëling van die samestelling van die Raad, alhoewel in kleiner getalle. Hierdie komitees funksioneer almal op ʼn basis van konsensus. Slegs die Raad mag besluite by wyse van ʼn gewone meerderheid neem, alhoewel só ʼn situasie so ver moontlik vermy word.

Die Bestuurskomitee funksioneer as die dagbestuur van die Raad en hanteer alle aspekte wat nie binne die bevoegdheid van die ander komitees val nie of waaroor die komitees nie konsensus kan bereik nie. Vertoë deur deelnemers aan die Wyn van Oorsprong-skema oor besluite van die ander komitees word ook deur die Bestuurskomitee hanteer. Die Bestuurskomitee staan sover moontlik in vir die Raad en slegs nie-konsensus aspekte en sake van beginselbelang word na die Raad vir besluitneming verwys.

Die Afbakeningskomitee ondersoek aansoeke vir die omskrywing en wysiging van produksiegebiede (geografiese eenhede, streke, distrikte, wyke) en eenhede vir die produksie van landgoedwyn en enkelwingerdwyn en doen aanbevelings daaroor aan die Bestuurskomitee.

Page 5: INHOUD - SAWIS · 2012-01-17 · Landbou, Bosbou en Visserye, een persoon genomineer deur die Landbou Navorsingsraad asook een persoon aangewys deur die Minister. FUNKSIES Die Raad

Hoo

fstu

k: W

yn- e

n Sp

iritu

sraa

d

5

Die Etikettekomitee oorweeg en keur etikette vir gebruik op gesertifiseerde wyn en landgoedbrandewyn.

Die Regskomitee is verantwoordelik vir die formulering van konsepwetgewing wat voortvloei uit die besluite van die Raad en die Bestuurskomitee.

Die Oudit Komitee hou ʼn wakende oog oor die geldsake van die Raad en doen aanbevelings daaroor aan die Bestuurskomitee.

Die Personeelkomitee hanteer alle personeelsake en vergoedingspakkette en doen aanbevelings daaroor aan die Raad via die Bestuurskomitee.

Die Sekretariaat hanteer die sekretariële en administratiewe pligte van die Raad, Bestuurskomitee, Finansiële Komitee, Personeelkomitee, Regskomitee en Werkgroepe. Voorts is die sekretariaat verantwoordelik vir alle finansiële aspekte.

Die Tegniese Komitee is verantwoordelik vir die sintuiglike beoordeling van wyn vir finale sertifisering, beoordeling van die analitiese gegewens van wyn bestem vir sertifisering en hantering van versoeke van deelnemers en verslae van ongerymdhede wat tegnies van aard is.

Die Wynbeoordelingskomitees is verantwoordelik vir die voorlopige sertifisering van wyn deur sintuiglike beoordeling. Hulle beoordeel ook wyn bestem vir uitvoer. Wyn wat deur hierdie komitee afgekeur word, word outomaties heroorweeg deur die Tegniese Komitee.

Gedesentraliseerde Beoordelingskomitees is verantwoordelik vir die voorlopige en finale sertifisering van wyn uit die gebied waarop aanspraak gemaak word deur sintuiglike beoordeling. Hulle beoordeel ook wyn bestem vir uitvoer afkomstig uit die spesifieke gebiede.

Die Geïntegreerde Produksie van Wynkomitee is verantwoordelik vir die administrering van die Skema vir Geïntegreerde Produksie van Wyn. Hulle maak gebruik van die nuutste beskikbare inligting en tegnologie ten opsigte van alle aspekte van produksie om sodoende die wyn industrie toe te laat om kwaliteit vrugte en wyn op 'n omgewingsvriendelike manier te produseer.

Samestelling van komitees. Die Tegniese- Wynbeoordelings- en Gedesentrali-seerde Wynbeoordelingskomitees is saamgestel uit kundiges met ‘n deeglike kennis van wynbeoordeling en is verteenwoordigend van alle sektore van die wynbedryf. So byvoorbeeld bestaan die Wynbeoordelingskomitees uit 60 lede met ʼn voorsitter wat op ʼn rotasiebasis wyne sintuiglik beoordeel.

SAWIS is verantwoordelik vir die dag tot dag toepassing, bedryf en funksionering van die skemas op persele van deelnemers. Dit behels inspeksies op hul persele, trek van monsters, rapportering van ongerymdhede, ontvangs en verwerking van aansoeke en kennisgewings en die uitreiking van sertifiseringseëls.

Werkgroepe word deur die Raad aangewys in gevalle waar versoeke vanuit eie geledere, maar ook van ander instansies vir die aanpassing en wysiging van wetgewing verlang word. Aangesien sulke versoeke dikwels verreikende implikasies het en verskeie belangegroepe raak, word werkgroepe aangewys om sulke sake te ondersoek en aanbevelings aan die Raad te maak. Hierdie werkgroepe word saamgestel uit kundiges op spesifieke gebiede en sedert 1990 is daar reeds meer as 80 sulke werkgroepe saamgestel.

Page 6: INHOUD - SAWIS · 2012-01-17 · Landbou, Bosbou en Visserye, een persoon genomineer deur die Landbou Navorsingsraad asook een persoon aangewys deur die Minister. FUNKSIES Die Raad

Hoo

fstu

k: W

yn v

an O

orsp

rong

-ste

lsel

6

WYN VAN OORSPRONG-STELSEL

BELANGRIKHEID VAN OORSPRONG

Omdat die rol van oorsprong so belangrik is, is daar reeds vir baie jare ʼn oorsprongkontrolestelsel in die tradisionele wynlande van Europa, wat beide aan die produsent en die verbruiker beskerming bied.

Die twee faktore wat die belangrikste rol speel in die bepaling van die karakter en kwaliteit van ʼn wyn is die natuur (grond, klimaat en ligging) en die mensehand (kultivar-keuse, wingerdboukundige praktyke en wynmaaktegnieke).

Van hierdie twee word die natuur as die belangriker faktor met ʼn groter invloed beskou. In sekere areas aard die wingerdstok beter en binne die Suid-Afrikaanse wynproduserende gebiede is daar verskille in grond, klimaat en ligging wat meebring dat streke se wyne verskil.

As ʼn wyn aanspraak maak op oorsprong is dit die wetlike bepalinge wat verseker dat die wyn werklik van die betrokke plek van oorsprong is.

Wanneer die uitdrukking “Wyn van Oorsprong” of die afkorting “W.O.” tesame met die naam van ʼn produksiegebied, byvoorbeeld Stellenbosch, Durbanville of Robertson op ʼn etiket verskyn, bevestig dit dat 100% van die druiwe waarvan die wyn gemaak is, uit die betrokke gebied afkomstig is.

AFBAKENING VAN OORSPRONGGEBIEDE

ʼn Produksie-eenheid kan enige afgebakende gebied wees wat wissel van ʼn enkel wingerd tot 'n geografiese eenheid. Die grense van alle produksie-eenhede, klein en groot, word deur die wet bepaal.

'n Eenheid vir die produksie van enkelwingerdwyn is die kleinste produksie-eenheid en mag nie 6 hektaar oorskry nie.

Die tweede produksie-eenheid wat so afgebaken word, is ʼn eenheid vir die produksie van landgoedwyn wat uit een of meer aangrensende plase kan bestaan, solank dit as ʼn eenheid geboer word en ʼn eie produksie-kelder op die landgoed het waar die wyn gemaak word. Waar die uitdrukking landgoedwyn op die etiket verskyn, bevestig dit dat die wyn geproduseer is van druiwe wat op die betrokke eenheid groei.

Die derde afgebakende produksie-eenheid is ʼn kombinasie van verskillende plase en staan bekend as ʼn wyk, soos byvoorbeeld Franschhoek en Constantia. Op bladsye 15 en 16 is daar kaarte van al die wyke.

Die term “wyk” het hier betrekking op ʼn klein afgebakende wingerdbougebied wat ʼn hele paar plase insluit en gewoonlik, maar nie noodwendig nie, deel is van ʼn distrik. Die Franschhoek-wyk is byvoorbeeld deel van die Paarl-distrik, maar die Cederberg- en Constantia wyke is nie verbonde aan enige bepaalde distrik nie.

Die vierde afgebakende produksie-eenheid is ʼn distrik, soos byvoorbeeld die Paarl, Stellenbosch en Robertson. Op bladsy 14 is daar 'n kaart van al die distrikte.

Die benaming “distrik” het hier betrekking op ʼn afgebakende wingerdboudistrik wat nie noodwendig die grense van die voormalige Afdelingsraad-distrik hoef te volg nie, alhoewel dit tog in die meeste gevalle ooreenstem.

Die vyfde afgebakende produksie-eenheid is ʼn streek, soos byvoorbeeld Klein Karoo en Kusstreek wat ʼn kombinasie is van verskillende distrikte of dele van distrikte. Op bladsy 13 is daar 'n kaart van al die streke.

Page 7: INHOUD - SAWIS · 2012-01-17 · Landbou, Bosbou en Visserye, een persoon genomineer deur die Landbou Navorsingsraad asook een persoon aangewys deur die Minister. FUNKSIES Die Raad

Hoo

fstu

k: W

yn v

an O

orsp

rong

-ste

lsel

7

Produksie in Suid-Afrika het deur die jare bewys dat oorsprongsgebiede eiesoortige karakter aan wyne gee en dat sekere gebiede beter gehalte lewer ten opsigte van spesifieke wynsoorte.

Die Boberg-streek sluit die Paarl distrik en ʼn deel van Tulbagh in en mag slegs in die bemarking van dessertwyne gebruik word.

Die Kusstreek is ʼn oorkoepelende streek wat omskryf is om produsente in staat te stel om wyne van verskillende distrikte te versny, maar onder een oorsprongsnaam te bemark. Dit sluit in distrikte van die Paarl, Stellenbosch, Swartland, ʼn gedeelte van Tulbagh en die voormalige afdelingsraad-gebied van die Kaap, waarin ook die wyke van Constantia en Durbanville geleë is.

KRITERIA VIR DIE AFBAKENING VAN OORSPRONGGEBIEDE

Met die omskrywing van ʼn wyk val die klem sterk op grond, klimaats- en ekologiese faktore aangesien dit ʼn duidelike invloed op die karakter van wyn het. Die voorgestelde gebiedsnaam moet ook die werklike geografiese pleknaam wees en daar moet omgewingsaanduidings bestaan dat die betrokke gebied wyn van ʼn eiesoortige karakter kan produseer.

Distrikte moet aan dieselfde kriteria as wyke voldoen, maar met ʼn wyer definisie van die betrokke gebied deur gebruik te maak van makro-geografiese kenmerke, soos berge en riviere as kriteria. Uiteraard word ʼn groter verskeidenheid van grondsoorte toegelaat as by wyke.

Streke word hoofsaaklik omskryf rondom die oorkoepelende gebiedsnaam van ʼn betrokke gebied wat in die geval van die naam van ʼn rivier kan strek van die oorsprong tot die monding daarvan.

By ʼn eenheid vir die produksie van landgoedwyn wat uit een of meer plase bestaan, moet aanvaar word dat die natuurlike faktore kan verskil, maar eiesoortigheid is teenwoordig weens die feit dat daar in die meeste gevalle slegs met een produsent te doen gekry word en dat die plase as ʼn eenheid bedryf word.

GEOGRAFIESE EENHEID

Op 2 April 1993 is die Wyn van Oorsprong-skema gewysig om voorsiening te maak vir die omskrywing van geografiese eenhede.

Daar is tans drie omskrewe geografiese eenhede naamlik: Wes-Kaap, Noord-Kaap en Kwazulu-Natal. Op bladsy 12 is daar 'n kaart van die geografiese eenhede.

DIE ROL VAN KULTIVAR IN WYNE VAN OORSPRONG

Al die kultivars wat in Suid-Afrika verbou word, behoort tot die vitis vinifera-spesie wat oorspronklik uit Europa ingevoer is.

Alhoewel die meeste van die kultivars wat vandag hier verbou word oorspronklik ingevoer is, is daar reeds verskeie plaaslike kruisings vrygestel. Die bekendste hiervan is die rooi variëteit Pinotage, ʼn kruising van Pinot noir en Cinsaut.

Nagenoeg 75 kultivars is goedgekeur vir die produksie van Wyne van Oorsprong. Elke kultivar besit spesifieke karaktereienskappe ten opsigte van sy aanpassings-vermoë by die grond en klimaat, en die geskiktheid van sy vrugte vir die maak van ʼn wyn met ʼn spesifieke styl of van ʼn spesifieke kwaliteit.

Daar is dus ʼn noue verwantskap tussen die kultivar, oorsprong en die wyn self.

Die gebruik van die naam van ʼn druifkultivar op ʼn etiket word in terme van die Wyn van Oorsprong-skema gemagtig en slegs die ondergenoemde kultivarbenamings mag gebruik word.

Page 8: INHOUD - SAWIS · 2012-01-17 · Landbou, Bosbou en Visserye, een persoon genomineer deur die Landbou Navorsingsraad asook een persoon aangewys deur die Minister. FUNKSIES Die Raad

Hoo

fstu

k: W

yn v

an O

orsp

rong

-ste

lsel

8

Die naam van ʼn druifkultivar mag gebruik word indien 85% van die inhoud van die wyn afkomstig is van daardie kultivar.

DRUIFKULTIVARS WAAROP DIE WYN VAN OORSPRONG-SKEMA VAN TOEPASSING IS:

Alicante Bouschet (Henri Bouschet) Auxerrois Barbera *Bastardo do Castello *Bastardo do Menudo Bukettraube Cabernet Franc Cabernet Sauvignon Carignan Chardonnay Chenel Chenin blanc (Steen) Cinsaut (Cinsault) Clairette blanche Colombar (Colombard) Cornifesto Crouchen (Riesling**; Cape Riesling; Kaapse Riesling) *Donzellinho do Castello *Donzellinho do Gallego Durif Emerald Riesling *Erlihane Fernão Pires Furmint Gamay noir Gewürztraminer Grachen Grenache (Rooi/Red Grenache) Grenache blanc (White/Wit Grenache) Harslevelü Kerner Malbec Merlot Meunier (Pinot Meunier) Morio Muscat *Mourisco tinto Mourvèdre (Mataro) Müller-Thurgau Muscat d’ Alexandrie (Hanepoot) Muscat de Frontignan (Muscadel; Muskadel)

Muscat de Hambourg Muscat Ottonel Nebbiolo Nouvelle *Olasz Palomino (White French; Fransdruif) Petit Verdot (Verdot) Pinotage Pinot blanc (Weissburgunder) Pinot gris (Pinot grigio) Pinot noir Pontak (Teinturier male) Riesling*** (Weisser Riesling; Ryn Riesling; Rhine Riesling) Roobernet Roussanne Ruby Cabernet Sangiovese Sauvignon blanc (Blanc Fumé) Schönburger Sémillon (Groendruif) Shiraz (Syrah) Souzào Sultana (Sultanina; Thompson’s Seedless) Sylvaner Tannat Tempranillo (Tinta Roriz) Therona *Tinta Amarella (Tinta Amarela; Trincadeira; Trincadeira Preta) Tinta Barocca Tinta Francisca Touriga Franca Touriga Nacional. Ugni blanc (Trebbiano) Verdelho Viognier Weisser Riesling (Rhine Riesling; Ryn Riesling) Zinfandel (Primitivo)

*Hierdie Skema is slegs tot 31 Desember 2010 van toepassing op hierdie cultivar **Hierdie naam (Riesling) mag slegs gebruik word vir wyn geproduseer van die Crouchen druifcultivar tot, en met insluiting van, die 2009 druiwe-oes

***Hierdie naam (Riesling) mag slegs gebruik word vir wyn geproduseer van die Weisser Riesling/ Ryn Riesling druifcultivar vanaf die 2010 druiwe-oes

Page 9: INHOUD - SAWIS · 2012-01-17 · Landbou, Bosbou en Visserye, een persoon genomineer deur die Landbou Navorsingsraad asook een persoon aangewys deur die Minister. FUNKSIES Die Raad

Hoo

fstu

k: W

yn v

an O

orsp

rong

-ste

lsel

9

DIE ROL VAN OESJAAR AS GIDS TOT WYN SE KARAKTER

Met verloop van tyd vind daar veranderinge in ʼn wyn plaas en daarom is kennis van die ouderdom van ʼn wyn met verwysing na die verklaarde oesjaar ook ʼn gids tot ʼn ander aspek van sy karakter.

Die oesjaar wat op die etiket van ʼn wyn verskyn, bevestig dat ten minste 85 % (85% vanaf 1 Januarie 2006) van die inhoud van die bottel afkomstig is van ʼn spesifieke jaar waarop aanspraak gemaak word. Oesjaar mag slegs op ʼn etiket aangedui word indien die wyn deur die Wyn- en Spiritusraad gesertifiseer is.

SERTIFISERING VAN WYN AS WAARBORG VIR DIE PUBLIEK

ʼn Sertifiseringseël is vir die publiek ʼn absolute waarborg dat die aansprake wat op die verpakking gemaak word omtrent die wyn, waar is en dat die wyn van goeie gehalte was toe dit deur die Wyn- en Spiritusraad beoordeel is tydens sertifisering. As sulks is ʼn sertifiseringseël vir wynliefhebbers van onskatbare waarde.

ʼn Wyn kan slegs gesertifiseer word indien daar aan die bepalings van die Wyn van Oorsprong-skema voldoen is.

Die Wyn- en Spiritusraad sal ʼn wyn sertifiseer indien daar aan alle vereistes van die skema met betrekking tot oorsprong (bv. Paarl), kultivar (bv. Riesling) en oesjaar (bv. 2005) voldoen is en die wyn ook sintuiglik beoordeel is deur een van die beoordelingspanele van die Raad en dit nie ʼn onaanvaarbare gehalte-eienskap soos hieronder uiteengesit, toon nie.

Monsters van alle wyne wat voorgelê word vir sertifisering word ook analities ontleed om te bepaal of daar aan die wetlike voorskrifte voldoen word. Indien daar dus aanspraak op oorsprong, kultivar of oesjaar gemaak wil word, moet ʼn wyn gesertifiseer word en word ʼn sertifiseringseël op die verpakking van sodanige wyn aangebring wat bevestig dat die wyn tydens beoordeling deur die Raad van ʼn goeie gehalte was en dat enige aansprake wat op die etikette verskyn, gekontroleer en die waarheid is.

Streng kontrole word uitgeoefen wanneer ʼn produsent ʼn betrokke wyn wil laat sertifiseer. Deur ʼn identifikasienommer wat op elke sertifiseringseël verskyn, kan alle inligting vanaf die pars van die druiwe, deur die wynmaakproses tot by die sertifisering van die finale produk, vasgestel word.

Kontrole word op die volgende stadiums uitgeoefen: wanneer aansoek gedoen word vir ʼn parsmagtiging om druiwe te pars, tydens die parsproses, vermenging en bottelering en ook wanneer voorlopige en finale goedkeuring gegee word.

Gedurende 2007 is 'n totaal van 376 miljoen liter wyn deur die Raad gesertifiseer.

Tydens sintuiglike beoordeling wanneer wyn gesertifiseer word, word na die volgende moontlike onaanvaarbare gehalte-eienskappe gesoek:

HELDERHEID:

Die wyn is nie blink nie aangesien dit swewende deeltjies of afsaksel bevat of oormatige korsvorming plaasgevind het en dit daarom as dof beskryf kan word.

KLEUR:

Die wyn het met inagneming van ouderdom, kultivar en tipe:

- Te veel kleur - ʼn Foutiewe kleur

Page 10: INHOUD - SAWIS · 2012-01-17 · Landbou, Bosbou en Visserye, een persoon genomineer deur die Landbou Navorsingsraad asook een persoon aangewys deur die Minister. FUNKSIES Die Raad

Hoo

fstu

k: W

yn v

an O

orsp

rong

-ste

lsel

10

- Te min kleur

GEUR:

Die wyn het met inagneming van ouderdom, kultivar en tipe:

- Geen of onvoldoende herkenbare wyngeur

- Soveel houtkarakter dat dit die wyngeur oorheers

- ʼn Onvoldoende of foutiewe kultivarkarakter

- ʼn Ongewensde geur (bv. dié van swaelverbindings, geoksideerd, fenolagtig, malva, vlugtige suur, muis, etiel-asetaat, swaweldioksied of dié van kurk, filtreermateriaal, olie, verf, muf, ens.)

- Die karakter van ʼn oorverouderde wyn

- ʼn Oormatige skerp spiritus- of brandewyngeur

- Het nie die vereiste eiesoortige geur nie

SMAAK:

Die wyn het met inagneming van ouderdom, kultivar of tipe:

- Geen of onvoldoende herkenbare smaak; dit kan as waterig beskryf word

- Soveel houtkarakter dat dit die herkenbare smaak daarvan oorheers

- ʼn Vrank smaak of persmos-, stingel- of dopkarakter oorheers die smaak

- ʼn Onvoldoende of foutiewe kultivarkarakter

- ʼn Ongewenste smaak (bv. te suur, te grof of tannienagtig, te bitter, of dié van swaelverbindings, geoksideerd, fenolagtig, malva, vlugtige suur, swaweldioksied, kurk, filtreermateriaal, etielasetaat, olie, verf, muf, ens.)

- Die karakter van ʼn oorverouderde wyn

- Nie die vereiste eiesoortige smaak nie

GEÏNTEGREERDE PRODUKSIE VAN WYN SKEMA (IPW)

Geïntegreerde Produksie van wyn (IPW) is ʼn vrywillige omgewingsvolhoubaarheid-skema ingestel deur die Suid Afrikaanse Wynbedryf in 1998. Die 2000 oes was die eerste om onder hierdie skema gesertifiseer te word. Sertifisering van die voldoening aan IPW vereistes val binne die jurisdiksie van die Wyn en Spiritusraad (WSB), met ʼn aangewese IPW kantoor verantwoordelik vir die administrasie van die skema sedert die ontstaan in 1998.

IPW voldoen aan internasionale wynbedryf omgewingsvolhoubaarheid kriteria, insluitende die ‘Global Wine Sector Environmental Sustainability Principles’ soos gepubliseer deur die ‘International Federation of Wine and Spirits (FIVS) en die ‘OIV. Guidelines for sustainable Viti- viniculture : Production, processing and packaging of products’ soos gepubliseer deur die ‘International Organisation of Vine and Wine (OIV)’. Guidelines for sustainable viti- viniculture : Production, processing and packaging of products’ soos gepubliseer deur die ‘International Organisation of Vine and Wine (OIV).’

Page 11: INHOUD - SAWIS · 2012-01-17 · Landbou, Bosbou en Visserye, een persoon genomineer deur die Landbou Navorsingsraad asook een persoon aangewys deur die Minister. FUNKSIES Die Raad

Hoo

fstu

k: W

yn v

an O

orsp

rong

-ste

lsel

11

Die produksiepraktyke op plase en/of kelders van persone wat aansluit by die skema word deur die raad evalueer en verifieer.

FUNKSIES VAN DIE SKEMA VIR GEÏNTEGREERDE PRODUKSIE VAN WYN (IPW) IS: - om as basis te dien vir die aanwending van die beginsels van geïnteresseerde produksie ten

opsigte van die kweek van druiwe en die produksie van wyn;

- om die registrasie van plase waar druiwe gekweek word vir die produksie van IPW wyn en kelders waar sulke wyn produseer word, te reguleer;

- om die juistheid van aansprake of aanduidings van geïntegreerde produksie ten opsigte van die verkope van sodanige wyn te bevestig;

- om vertroue in sulke aansprake te skep waar dit gebruik word.

GESAMENTLIKE, VRYWILLIGE SEËL VIR WYN VAN OORSPRONG (WO) EN IPW

ʼn Groot aanwins vir Suid-Afrika en ʼn wêreld eerste.

Suid-Afrika het visuele waarborg van, nie net die integriteit van oorsprong en/of oesjaar en/of kultivar nie, maar ook van volhoubare produksie en naspoorbaarheid tot op produkvlak.

Die Wyn-en Spiritusraad (Raad) bestuur tans twee Sertifiseringsstelsels: Wyn van Oorsprong (WO) en Geïnteresseerde Produksie van Wyn (IPW). Vir WO bestaan daar reeds vir baie jare ʼn sertifiseringseël, maar daar is geen seël vir die veel jonger IPW stelsel vir volhoubare, omgewingsvriendelike produksie nie. Na breedvoerige konsultasie is daar besluit op ʼn alternatiewe seël, wat beide WO en IPW insluit, vanaf die 2010 oesjaar.

Die bestaande WO seël, wat oorsprong, oesjaar en kultivar sertifiseer, sal steeds beskikbaar wees vir produsente wat nie van die nuwe seël gebruik wil maak nie of wie slegs aan Sertifiseringsvereistes voldoen en nie aan IPW vereistes nie.

Die nuwe seël is ʼn alternatiewe seël, wat beide IPW en WO sertifiseer. Dit beteken dat daar steeds slegs een seël op ʼn houer sal wees, afhangende van watter aspekte gesertifiseer word – slegs WO (huidige ou seël) of beide WO en IPW (nuwe seël).

SERTIFISERING VAN LANDGOEDBRANDEWYN

Gedurende 1993 is ʼn Skema vir Landgoedbrandewyn afgekondig wat voorsiening maak vir die sertifisering van brandewyn wat op ʼn eenheid vir die produksie van landgoedwyn/brandewyn produseer word.

Die Skema is van toepassing op potketelbrandewyn, brandewyn en vintage brandewyn.

DIE AMPTELIKE SEËL VAN DIE WYN- EN SPIRITUSRAAD

Hierdie seël verskyn op elke bottel wyn of landgoedbrandewyn wat deur die Wyn- en Spiritusraad gesertifiseer is.

Page 12: INHOUD - SAWIS · 2012-01-17 · Landbou, Bosbou en Visserye, een persoon genomineer deur die Landbou Navorsingsraad asook een persoon aangewys deur die Minister. FUNKSIES Die Raad

Hoo

fstu

k: W

yn v

an O

orsp

rong

-ste

lsel

12

Die seël waarborg die betroubaarheid van alle inligting wat betref oorsprong, kultivar en oesjaar wat op die

etiket verskyn.

Die identifikasienommers op die seël is ʼn aanduiding van die streng kontrole wat deur die Wyn- en Spiritusraad toegepas word vanaf die pars van die druiwe tot by die sertifisering van die finale produk.

ETIKETVEREISTES

Die Etikettekomitee moet alle etikette goedkeur alvorens dit op gesertifiseerde wyn of landgoedbrandewyn gebruik kan word.

Die besonderhede wat toegelaat word, word voorgeskryf by wyse van regulasies, die Wyn van Oorsprong-skema en die Skema vir Landgoedbrandewyn.

Alle verpligte besonderhede soos klasbenaming, alkoholinhoud, naam en adres of kodenommer van die verantwoordelike verkoper, die oorsprongbenaming of naam van die geografiese eenheid moet in dieselfde gesigsveld op een of meer etikette van ʼn bottel wyn of landgoedbrandewyn verskyn.

Verpligte besonderhede moet duidelik onderskeibaar wees van mekaar en van ander besonderhede op die etiket.

Die volgende mag slegs gebruik word in verband met die verkoop van wyn indien die Wyn van Oorsprong-skema dit magtig:

- Die naam van die gebied wat omskryf is as ʼn eenheid vir die produksie van landgoedwyn, wyk, distrik, streek of geografiese eenheid

- Name van druifkultivars

- Die aanduiding van oesjaar

- Die woorde “landgoed”, “wingerd”, “oorsprong”, en “oesjaar”.

- Die uitdrukking “Wyn van Oorsprong”.

Page 13: INHOUD - SAWIS · 2012-01-17 · Landbou, Bosbou en Visserye, een persoon genomineer deur die Landbou Navorsingsraad asook een persoon aangewys deur die Minister. FUNKSIES Die Raad

Hoo

fstu

k: W

yn v

an O

orsp

rong

Pro

duks

iege

bied

e

13

WYN VAN OORSPRONG PRODUKSIEGEBIEDE

Page 14: INHOUD - SAWIS · 2012-01-17 · Landbou, Bosbou en Visserye, een persoon genomineer deur die Landbou Navorsingsraad asook een persoon aangewys deur die Minister. FUNKSIES Die Raad

Hoo

fstu

k: W

yn v

an O

orsp

rong

Pro

duks

iege

bied

e

14