inleiding die week begin met n storie. die storie kan die ......week 4 se storie is puna gaan alleen...
TRANSCRIPT
1
Inleiding
(Al le werk kan in hul huiswerkboeke of op n bladsy voltooi word. ALLE werk sal wel
weer in die klas deeglik behandel word.)
1.) Afrikaans Bl. 2-6
Die week begin met n storie. Die storie kan die leerders, saam met hul
Afr. leesboeke vir ekstra leeswerk lees.
Week 4 se storie is Puna gaan al leen in die bos bly. wat volg met werk
vir Maandag tot Donderdag. Week 4 se werk fokus op sinonieme en
antonieme.
Al le skriftelike werk MOET in lopende skrif voltooi word in potlood.
2.) Wiskunde Bl. 7-1 1
Let asb. daarop dat al le Wiskunde werk voorbeelde by het. Indien u as
ouer dit nie verstaan nie, stel ons voor dat u dit asb. vir die
onderwyser los. ALLE werk sal in die klas weer verduidelik word.
Op b. 7 is daar n breukemuur aangeheg vir die breuke.
By sommige vrae is die laaste somme skeef (cursive) getik. Dit is ekstra
somme vir die leerders wat die werk onder die knie het en dalk meer
oefeninge wil doen.
Di leerders moet hul 2, 3, 4, 5, 10, 1 1 maaltafels ken.
Hul le moet ook vorentoe en agter toe kan tel in 2, 3, 4, 5, 10 en 1 1
vanaf enige getal le tussen 0 - 250.
Probeer om met die breuke soveel as moontlike praktiese voorbeelde of
prentjies te gebruik.
3.) Engels Bl. 12 - 14
Read the high frequency words on page 8 every day. Time yourself and
practice to read it faster each time. Remember that you also need to
understand the meaning of each word.
Read a story book of your choice. Read the story out loud to your cat
/ dog over and over until you can read it fluently.
Rewrite the sentences in your book and then complete the questions.
Read each sentence twice to understand each word in the sentence.
Prepared speech (p. 1 1): prepare the speech and make a mask. The due
date of the speech wil l be given when the school starts.
2
Lees die volgende storie:
Puna gaan al leen in die bos bly.
Puna is vies vir Ben en Zandile.
Ek gaan al leen in die bos woon, sê hy boos.
Dis te naar, sê Ma. Waar gaan jy kos kry in die bos?
Ek sal blare eet, gras en miere, sê Puna.
Goed. Dan is dit reg, jy kan maar gaan, sê Ma. Puna loop na die deur toe. Hy
gaan nou in die bos bly. Gaan jy nie n trui vat nie? vra Ben.
Nee, ek gaan kaal loop, sê Puna.
Goed. Dan is dit reg, jy kan maar, sê Ben.
Waar gaan jy slaap, Puna? wil Zandile weet.
In n boom. Ek gaan op n tak sit soos n voël, sê Puna.
Sal jy nie koud kry as jy so kaal op n tak sit nie?
Nee, ek sal tussen die blare skuil, sê Puna en gaan sit op die stoep.
Goed. Dan is dit reg. Jy kan maar gaan, sê Zandile.
Puna dink weer. In die bos sal niemand hom pla nie, maar hy sal ook nie n maat
hê nie. Wil hy blare, gras en miere eet? Hy wil liewers in n bed slaap. Hy loop gou
weer by die huis in. Nou goed, ek sal dan maar bly sodat jul le nie oor my moet
treur nie, sê Puna. Goed. Dan is dit reg, jy kan maar bly, lag Ma, Ben en
Zandile.
3
Maandag (Week 4) Antonieme of teenoorgesteldes
Dit is woorde wat teenoorgestelde betekenisse het, soos dag en nag, warm en koud,
op en af.
Hier is ‘n lys van antonieme om jou te help:
onder bo jonk oud
toe oop maklik moeilik
koud warm slaap wakker
mooi lelik reg verkeerd
skerp stomp goed sleg
treur juig baie min
binne buite siek gesond
sit staan helder dof
gehoorsaam ongehoorsaam vinnig stadig
vriendelik onvriendelik/nors lewendig dood
1) Soek die volgende woorde se antonieme in die leesstuk en skryf dit oor in jou
klaswerkboek.
a.) sleg
b.) juig
c.) verkeerd
d.) warm
e.) wakker
f.) staan
2) Skryf die volgende sinne oor in jou klaswerkboek en skryf die
geonderstreepte woorde se antonieme neer.
a) Puna gaan sit op die stoep.
b) Sy maats was baie vriendelik met hom vandag.
c) Puna wil in n boom gaan bly waar dit baie koud is.
d) Die seun se ma gaan treur as hy weggaan.
e) Die kinders is gehoorsaam teenoor die reëls.
4
Dinsdag (Week 4)
Sinonieme
Dit is woorde wat dieselfde betekenisse het, soos mooi en pragtig, kwaad en boos,
nar en hanswors.
Hier is ‘n lys van sinonieme om jou te help:
kwaad boos/vies treur huil/ween
mooi pragtig skoenlapper vlinder
gaps steel venster ruit
hardloop nael pot kastrol
verniet gratis koud ysig
wens begeer skuil wegkruip
kierie wandelstok skelm boef/dief/skurk
bly opgewonde praat gesels
babbel klets jaloesie afgunstig
slaap dut/rus gou vinnig
1) Soek die volgende woorde se sinonieme in die leesstuk en skryf dit oor in jou
klaswerkboek.
a.) kwaad
b.) ysig
c.) huil
d.) rus
e.) opgewonde
f.) wegkruip
2) Skryf die volgende sinne oor in jou klaswerkboek en skryf die woorde wat
geonderstreep is se sinonieme neer.
a) Zandile is bly dat Puna in die bos gaan woon.
b) Puna se Ma gaan treur oor hom.
c) Die kinders babbel al te lekker oor die bos.
d) Die seun is boos vir sy maats.
e) Die bos is koud die tyd van die jaar.
5
Woensdag (Week 4)
Antonieme en sinonieme
In jou klaswerkboek:
1) Pas die volgende antonieme bymekaar:
a.) skerp gesond
b.) verkeerd dof
c.) siek stomp
d.) helder reg
2) Pas die volgende sinonieme bymekaar:
a.) slaap ysig
b.) skuil huil/ween
c.) treur dut/rus
d.) koud wegkruip
Bywoorde - Hersiening
Dit is woorde wat jou meer van jou werkwoorde vertel, bv.
Bywoord van wyse Vraag: Hoe?
Voorbeeld: Die meisie lag hardop.
Vraag: Hoe lag die meisie?
Werkwoord: lag Bywoord: hardop
Bywoord van plek Vraag: Waar?
Voorbeeld: Die kat speel buite die huis.
Vraag: Waar speel die kat?
Werkwoord: speel Bywoord: buite
Bywoord van tyd Vraag: Wanneer?
Voorbeeld: Dit was gister baie koud.
Vraag: Wanneer was dit koud?
Werkwoord: was Bywoord: gister
6
1.) Skryf die sinne oor in jou klaswerkboek en doen die volgende:
Onderstreep die bywoorde in die sinne.
Verander die woord in hakkies na n antoniem of sinoniem (soos in hakkies
aangedui word)
a) Die kinders het gistermiddag (koud) gekry. Antoniem
b) Daar is (baie) diere in die woud. Antoniem
c) Laas Saterdag het ons rugbyspan baie (sleg) gedoen. Antoniem
d) Zandile (hardloop) vinnig oor die straat. Sinoniem
e) Die twee tannies gaan vandag lekker (babbel). Sinoniem
f) Die (skelm) het baie vinnig buitentoe gehardloop. Sinoniem
Donderdag (Week 4)
Klanke
1) Kies n eind-klank om die volgende woorde klaar te skryf.
-lm -rm
a.) wa___ b.) beske___ c.) swe___
d.) ske___ e.) pa___ f.) he___
g.) wu___ h.) fi___ i.) de___
Skryf
Spel ling
Lees die volgende paragraaf.
In die praragraaf is daar spelfoute, die spelfoute is klaar vir jou
geonderstreep.
Jy moet die paragraaf in jou klaswerkboek oorskryf en al die woorde
wat verkeerd gespel is regmaak en met n groen potlood oorskryf.
Arme ek is oupa uil
Puma hartloop in die tyn ront, sy foete raak skaars die gront. Hy huppel en wip oor
die blome en gras. Dit was n baaie koue dag en so ontdek Puma bo in die grood ou
eikebom vir yl wat sit en droom.
7
Wiskunde
Maandag (week 4)
Getal le bewerking en verwantskappe (verdeling)
1. Skryf elk van die herhaalde aftreksinne (aftreksom) as n delingsin (deelsom):
a.) BV: 24 - 8 - 8 - 8 =0 beteken dat 24 in agts gegroepeer = 3 of 24 ¸ 8 = 3
b.) 40 - 8 - 8 - 8 - 8 - 8 = 0 c.) 42 - 7 - 7 - 7 - 7 - 7 - 7 = 0
d.) 54 - 9 - 9 - 9 - 9 - 9 - 9 = 0 e.) 56 - 8 - 8 - 8 - 8 - 8 - 8 - 8 = 0
f.) 63 - 9 - 9 - 9 - 9 - 9 - 9 - 9 = 0 g.) 72 - 12 - 12 - 12 - 12 - 12 - 12 = 0
2. Gebruik herhaalde aftrekking om die volgende te bereken:
a.) BV: 48 ¸ 12 = 48 - 12 - 12 - 12 - 12 = 0
b.) 54 ¸ 6 = c.) 60 ¸ 5 = d.) 72 ¸ 9 =
e.) 56 ¸ 8 = f.) 45 ¸ 5 = g.) 49 ¸ 7 =
8
Dinsdag (week 4)
Getal le bewerking en verwantskappe (verdeling)
1. Gebruik die afbreek metode om te bereken:
Let daarop dat ons by nr. b gaan leen het om makliker te kan deel sonder n res
waarde.
a.) 48 ¸ 4 = 40 ¸ 4 = 10 b.) 48 ¸ 3 = 30 ¸ 3 = 10
= 4 ¸ 4 = 1 = 18 ¸ 3 = 6
= 44 ¸ 4 = 1 1 =48 ¸ 3 = 16
c.) 28 ¸ 2 = d.) 46 ¸ 2 = e.) 52 ¸ 2 =
f.) 74 ¸ 2 = g.) 39 ¸ 3 = h.) 66 ¸3 =
i.) 45 ¸ 3 = j.) 54 ¸ 3 = k.) 56 ¸4 =
2.) Halveer elk van die volgende onewe getal le:
a.) 23 = 20 ¸ 2 = 10
= 3 ¸ 2 = 1 res 1
= 23 ¸ 2 = 1 1 res 1
b.) 29 c.) 37 d.) 55
e.) 73 f.) 47 g.) 43
Woensdag (week 4)
Getal le bewerking en verwantskappe (woordsomme)
Bereken die volgende woordsomme:
1. Verdeel 84 albasters gelykop tussen 6 seuns. Hoeveel sal elke seun kry?
2. As drie identiese buitebande saam 93 kg weeg, wat sal een van die buitebande weeg?
3. Hoeveel sakkies benodig jy vir 98 perskes as 7 perskes in 1 sakkie pas?
9
4. By n veiling was 90 skape in 5 hokke geplaas. Hoeveel skape was daar in elke hok as daar
dieselfde aantal skape in elke hok was?
5. Mary het 94 lekkers wat eweveel in 7 sakkies, verpak moet word.
Hoeveel lekkers moet sy in elke sakkie pak?
Hoeveel lekkers is oor?
Donderdag (week 4)
Getal le bewerking en verwantskappe (Breuke)
1. Skryf neer watter breukdeel van die figuur ingekleur is.
Een kwart
2. Voltooi die volgende:
a.) Een half = twee kwarte of vier agtstes.
b.) een kwart = _____ agtste.
c.) Twee kwarte = _____ agtstes.
d.) Ses agtstes = _____ kwarte.
e.) Een derde = _____ sesdes.
f.) Twee derdes = _____ sesdes.
10
3. Plaas die <, > of = teken tussen elke paar breuke om korrekte bewerkings te
maak. Maak gebruik van n breuke muur / breuke kaart
a.) een derde ___ een half b.) een half ___ een sesde
c.) een kwart ___ een derde d.) een sesde ___ een vyfde
e.) twee kwarte ___ een half f.) twee sesdes ___ twee derdes
g.) twee sesdes ___ een derde h.) vier agtstes ___ twee derdes
i.) drie kwarte ___ twee derdes j.) vyf agtstes ___ vyf sesdes
4. Skryf die getal le in volgorde van grootte van die grootste na die kleinste neer.
a.) 0, 1, 1 kwart, 1 half b.) 1 derde, 2 halwes, 0, 2 derdes
c.) 1 sesde, 1 derde, 3 sesdes, 6 sesdes d.) 3 kwarte, 1 half, 2, 2 halwes
Vrydag (week 4)
Getal le bewerking en verwantskappe (breuke)
1. Voltooi:
a.) Een derde van 6 = 6 ¸ 3 = 2 b.) Een vyfde van 20 =
c.) Een agtste van 8 = d.) Een vyfde van 30 =
e.) Een kwart van 40 = f.) Een helfde van 26 =
g.) Een derde van 30 = h.) Een kwart van 32 =
2. Voltooi:
a.) Een derde van 24 = 24 ¸ 3 = 8 beteken twee derdes van 24 = 8 x 2 = 16
b.) Een kwart van 24 = _____ beteken drie kwarte van 24 = _____
c.) Een vyfde van 35 = _____ beteken vier vyfdes van 35 = _____
d.) Een vyfde van 25 = _____ beteken vier vyfdes van 25 = _____
e.) Een vyfde van 40 = _____ beteken twee vyfdes van 40 = _____
f.) Een derde van 18 = _____ beteken twee derdes van 18 = _____
g.) Een kwart van 16 = _____ beteken driekwart van 16 = _____
h.) Een half van 16 = _____ beteken twee halwes van 16 = _____
11
3. Watter breukdeel is:
a.) BV: 8 kg van 24 kg ? = een derde want 24kg ¸ 8kg = 3kg
b.) 6 minute van 12 minute ? c.) R5 van R30 ?
d.) 4c van 12c ? e.) 8 liter van 32 liter ?
f.) 6 maande van 1 jaar? g.) 3 maande van 1 jaar?
12
English
Monday (Week 4)
1.) Look at the words in the first column. Write a synonym and an antonym for
each. Use the words in the clouds.
2.) Write a sentence with all of the antonyms you wrote in question 1.
Tuesday (Week 4)
A synonym is a word that has nearly the same meaning as another word. Example:
Kind / nice
An antonym is a word that has the opposite meaning of another word. Example:
kind / mean
1.) Read each row and circle the two words that are synonyms.
a.) fun tall short exciting
b.) fast slow big speedy
c.) glad sad happy hungry
d.) slow smart angry intelligent
13
2.) Read each row of words and circle the two words that are antonyms.
a.) fast quick slow angry
b.) tall fast quick short
c.) fast upset big happy
d.) hungry slow fast short
Wednesday (Week 4)
above shut tiny bravery start
shout sick chilly difficult large
1.) Can your please close the door?
2.) It is cold outside, so I need to put on a coat.
3.) In the library we are not allowed to yell.
4.) The bird flew over the tree.
5.) Some insects are very small.
6.) I did not go to school today because I felt ill.
7.) My older sister helped me begin my homework.
8.) Learning to tie my shoes is very hard.
9.) The mailman delivered a big box.
14
Thursday (Week 4)