jacobsdal primêre skool · web viewaangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers...

26
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 5 16 - 23 Februarie 2018 OUERS: GRONDSLAGFASE: Die skool verdaag op Donderdag, 22 Februarie vir die gr 1 – 3 leerders om 11:00 as gevolg van ‘n verpligte Departementele kursus wat die leerkragte moet bywoon. Gr 4 – 7 kom gewone tyd uit. OUERVERGADERING: Neem asseblief deeglik kennis van die aangehegte inligting wat met die afgelope ouervergadering (gehou op Maandag, 12 Februarie) deur ons ouers bevestig is. Ouers het die skool ‘n mandaat gegee om dit toe te pas. Skool- en sportklere: Op bogenoemde vergadering is die volgende deur ons ouers besluit: Geen Drimac of sweetpakbaadjies mag by skooldrag gedra word nie. Slegs windjakkers of truie. Geen sportkouse mag by rokkies gedra word nie. Wit skoolhemde vir seuns is vanaf 2019 verpligtend. BEHEERLIGGAAMVERKIESING: Sien asseblief die kennisgewing van die verkiesing van ‘n nuwe Beheerliggaam op 16 Maart 2018 (Ouers). Neem asseblief ook kennis van die inligting oor hoe die verkiesing gaan plaasvind. GRAAD 7 VALENTYNSOKKIE: Die graad 7-klas bied op Donderdag, 22 Februarie om 18:00 ‘n lekker valentynsokkie vir graad 1 – 7 leerders in die skoolsaal aan. Toegang beloop R5 en verversings sal te koop aangebied word. Sien die advertensie en inligting wat by die nuusbrief ingesluit is! KLEREWINKEL: WINTERSKLERE- / SPORTSAKBESTELLING: [BESTELVORMS] Daar word slegs een bestelling vir 2018 se wintersklere geplaas. Ouers het tot Woensdag, 28 Februarie kans om windjakkers en sweetpakke vir hulle kinders te bestel. Voorbeelde van elke nommer is in die Klerewinkel beskikbaar en kan aangepas word by tannie Maryka. Bestel asseblief die klere met die bestelvorm wat by die nuusbrief aangeheg is. Kostes is as volg: ITEM: NR: BEDRAG: NR: BEDRAG: 1 Skoolbaadjie: (Opgestopte Windjakker) 22 - 32 R450,00 34 - 44 R470,00 2 Sweetpakbaadji e: 22 - 32 R315,00 34 - 44 R365,00 3 Sweetpakbroek: 22 - 32 R195,00 34 - 44 R225,00 GROOT ASSEBLIEF Ouers wat klere van hulle kinders het wat dalk te klein geword het, en bereid is om dit vir ons klerebank te skenk, kan dit boekstoor toe stuur. Ons sal dit baie waardeer! NS: Die Klerewinkel het kaartfasiliteite. Hou asb. u kwitansie as bewys van bestelling.

Upload: vuonghanh

Post on 26-Apr-2019

224 views

Category:

Documents


0 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 5 16 - 23 Februarie 2018OUERS:GRONDSLAGFASE:Die skool verdaag op Donderdag, 22 Februarie vir die gr 1 – 3leerders om 11:00 as gevolg van ‘n verpligte Departementele kursus wat die leerkragte moet bywoon. Gr 4 – 7 kom gewone tyd uit.

OUERVERGADERING:Neem asseblief deeglik kennis van die aangehegte inligting wat met die afgelope ouervergadering (gehou op Maandag, 12 Februarie) deur ons ouers bevestig is. Ouers het die skool ‘n mandaat gegee om dit toe te pas.Skool- en sportklere:Op bogenoemde vergadering is die volgende deur ons ouers besluit:

Geen Drimac of sweetpakbaadjies mag by skooldrag gedra word nie. Slegs windjakkers of truie.

Geen sportkouse mag by rokkies gedra word nie. Wit skoolhemde vir seuns is vanaf 2019 verpligtend.

BEHEERLIGGAAMVERKIESING:Sien asseblief die kennisgewing van die verkiesing van ‘n nuwe Beheerliggaam op 16 Maart 2018 (Ouers). Neem asseblief ook kennis van die inligting oor hoe die verkiesing gaan plaasvind.

GRAAD 7 VALENTYNSOKKIE:Die graad 7-klas bied op Donderdag, 22 Februarie om 18:00 ‘n lekker valentynsokkie vir graad 1 – 7 leerders in die skoolsaal aan. Toegang beloop R5 en verversings sal te koop aangebied word. Sien die advertensie en inligting wat by die nuusbrief ingesluit is!

KLEREWINKEL:WINTERSKLERE- / SPORTSAKBESTELLING: [BESTELVORMS]Daar word slegs een bestelling vir 2018 se wintersklere geplaas. Ouers het tot Woensdag, 28 Februarie kans om windjakkers en sweetpakke vir hulle kinders te bestel. Voorbeelde van elke nommer is in die Klerewinkel beskikbaar en kan aangepas word by tannie Maryka. Bestel asseblief die klere met die bestelvorm wat by die nuusbrief aangeheg is.

Kostes is as volg:ITEM: NR: BEDRAG: NR: BEDRAG:

1Skoolbaadjie:(Opgestopte Windjakker)

22 - 32 R450,00 34 - 44 R470,00

2 Sweetpakbaadjie: 22 - 32 R315,00 34 - 44 R365,003 Sweetpakbroek: 22 - 32 R195,00 34 - 44 R225,00

GROOT ASSEBLIEF Ouers wat klere van hulle kinders het wat dalk te klein geword het, en

bereid is om dit vir ons klerebank te skenk, kan dit boekstoor toe stuur. Ons sal dit baie waardeer!

NS: Die Klerewinkel het kaartfasiliteite. Hou asb. u kwitansie as bewys van bestelling.Langmou sporthempies is ook in die klerewinkel beskikbaar. Kostes:Nr. 22 – 32: R200 Nr. 34 – 44: R225

SPORTSAK: Ons stel ook ‘n goedkoper sportsak bekend wat u vir u kind/ers kan bestel. Vul die afskeurstrokie in en stuur dit met die geld terug na die klasonderwysers. Kostes: R280 Jacobsdal Primêre Skool word op die sak geborduur.

SMS-STELSEL:Daar is heelwat ouers wat nog nie hulle sms-geld betaal het nie. Alle ouers (ook ouers wat kwytskelding vir skoolgeld ontvang) moet by die sms-stelsel aansluit. R60 sal op u skoolgeldrekening geplaas word aan die einde van hierdie maand. Ouers moet elke jaar herregistreer en dit sluit die hele jaar se sms’e in.

KOSHUIS:Baie dankie aan ouers wat op ‘n gereelde basis groente en vrugte by die koshuis aflaai. Wees verseker dat ons dit baie waardeer!

LEERDERDEELNAME:FICHARDTPARK ATLETIEKBYEENKOMS:Baie geluk aan Jùhan Swanepoel wat ‘n 5de plek vir SG by die Fichardtpark atletiekbyeenkoms behaal het.

TWEEKAMP:Baie geluk aan die volgende twee atlete wat pragtig presteer het met die Suid-Vrystaat Tweekampkampioenskappe:Jaco de Waal: 1ste plek, seuns 0/9 (Nuwe rekord!)Leo Wilkinson: 3de plek, seuns 0/9

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek

MOTHEO/XHARIEP ATLETIEK:Baie sterkte aan al ons atlete wat vandag aan die Motheo/Xhariep Atletiekkampioenskappe deelneem.

SWEM: [AFSKEURSTROKIE]Die swemspan wat gekwalifiseer het om aan die Vrystaat Swemkampioenskappe op 20 en 21 Februarie deel te neem het inligtingsbriewe en die nuwe program ontvang. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om hulle vervoer te bevestig en op Maandag, 19 Februarie terugstuur na die klasonderwysers.

TENNISHEMPIES/-ROKKIES:Daar is nog enkele spelers wat nog nie hulle tennishempies/-rokkies, waarmee hulle die eerste proewe gespeel het, teruggebring het nie. Handig asseblief so gou moontlik by tannie Adéle in.

RUGBY- EN NETBALSPORTDAE:Ouers kan solank kennis neem van die volgende sportdae:Jacobsdal Primêr se sportnaweek:2 Maart: Tennis vir 0/9, 0/11 en 0/13 (gemengde dubbels) Skaak vir 0/10, 0/12 en 0/14 (6 spelers, 2 per ouderdom)3 Maart: Rugby en netbal (spanne sal nog deurgegee word)Staats sportfees: 8 Maart: 0/7 en 0/8 rugby en netbal9 Maart: 0/9, 0/11 en 0/13 rugby, 0/9, 0/10, 0/11, 0/12 en 0/13 netbalEureka sportdag: 15 Maart: 0/7 en 0/8 rugby en netbal16 Maart:0/9, 0/11 en 0/13 rugby, 0/9, 0/10, 0/11, 0/12 en 0/13 netbal

TOEROUERVERGADERING:‘n Toerouervergadering sal voorlopig op 26 Februarie 2018 om 7:30. plaasvind.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:Leneatta Weitz (arm gebreek)

Saricé Venter (siek)Mariska Marais en gesin

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek

BEHEERLIGGAAMVERKIESING VIR OUERSUiteensetting van die stemdag en stemlokaal vir u kennisname:

Verkiesing sal plaasvind as daar meer as 5 kandidate genomineer is. Nominasievorms is by sekretaresse beskikbaar.

Nominasies word ingewag en daar kan ook tydens die nominasievergadering nominasies inkom.

Indien daar nie 15% van ons ouers [ 66 van 411 ouers] op nominasievergadering teenwoordig is nie, kan die verkiesing nie voortgaan nie. Verkiesing moet dan uitgestel word en weer binne 21 dae plaasvind. Help ons asb. Teken presensielys vanaf 7:45. Vergadering begin om 8h00.

Op nominasievergadering kan genomineerde kandidate hulself voorstel en hul manifes, doelwitte, missie en visie vir ouers uitspel om ouers se keuse makliker te maak indien ouers nie die kandidate ken nie.

DATUM: Vrydag, 16 Maart 2018 TYD: 8:00 [Nominasievergadering]

8:30 tot 12:00 stiptelik [Verkiesing] PLEK: Skoolsaal te Jacobsdal Primêre Skool In die vierkant sal tee en verversings beskikbaar wees. Beweeg van skoolsaal se noordekant af in en verlaat lokaal aan die suidekant. Rapporteer eers by registrasietafel waar u ID getoon moet word en waar u ‘n

gestempelde stembrief ontvang. [Net ouers wie se name op die kieserslys verskyn mag stem en voogde moet bewys toon van voogskap.]

Kieserslys is vanaf Vrydag, 16 Februarie 2018 in voorportaal van skool beskikbaar vir u kennisname en kontrole.

Kleuterskool [Gr. R ouers] mag ook stem. ‘n Beampte wys stemhok vir ouer aan waar u vir 5 kandidate of minder mag

stem. Beampte sien toe dat ouer net een gestempelde stembrief in stembus gooi. Volg net die sigbare pyle of aanwysings vir die roete. Genomineerde ouers moet verkieslik bly totdat die stemme klaar getel is en

bekend gemaak is deur die hoofverkiesingsbeampte. [Mnr. H. Gericke van Landboudal]. Direk na die stemming om 12h00 word die stemme getel deur die verkiesingsbeampte en die verkiesingspan. Direk nadat die stemme getel en gekontroleer is, sal die stemme deur die hoofverkiesingsbeampte in die skoolsaal bekend gemaak word. Lede wat hulself verkiesbaar gestel het, mag die telling van stemme bywoon en wag vir die uitslag. {Ons sal dit so verkies}

Hierna word lede geluk gewens en die datum van die eerste BL vergadering word hier met die nuutverkose lede bevestig. Op Maandag, 19 Maart 2018, om 14h00 sal die vergadering plaasvind waar die ampsdraers verkies sal word en die amptelike oorhandiging van ou na nuwe beheerliggaam sal plaasvind.

Nadat u gestem het, kan u u kind op eie risiko en op eie verantwoordelikheid vir die naweek neem.

Page 4: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek

AFSKEURSTROKIE: SPORTSAK

OUER: _______________________________________

LEERDER: _____________________________ GR.: _____

WIL GRAAG ________ (AANTAL) SPORTSAK @ R280 BESTEL.

INGESLUIT ‘N BEDRAG VAN ________

HANDTEKENING: ___________________________

DATUM: ________________

BESTELVORM: WINDJAKKERS EN SWEETPAKKE

Naam van leerder:

GR: ___

Naam van leerder:

GR: ___

Nommer van Windjakker:(Opgestopte warm baadjie)

Bedrag: RNr. van sweetpakbaadjie:

Bedrag: RNr. van sweetpakbroek:

Bedrag: R

Totale bedrag ingesluit: R

Handtekening ouer: _________________________

Datum: _______________ (Leerders kan gedurende langpouse in die klerewinkel verskillende nommers gaan aanpas met die oog op bestellings – Tannie Maryka)

‘N AFBETALINGSOOREENKOMS KAN MET DIE SKOOL GEREËL WORD

Kaartfasiliteite by die Klerewinkel beskikbaar

Page 5: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek

MANS- EN DAMESPET: R80

BORDUURWERK: JAKKIES (in geel)

ONDERSTEUNERSHEMP: DAMES ONDERSTEUNERSHEMP: MANS

S/M/L: R250XL – 3XL (Dames) en XL - 4XL (Mans): R260

BORDUURWERK: JAKKIE ONDERSTEUNER (in geel)

AFSKEURSTROKIE: BESTELLING VAN PETTE EN ONDERSTEUNERSHEMPIES

OUER: ______________________________________

EKSTRA KLASSE:

Martelize Faber: 072 624 8327WISKUNDE

Page 6: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek

VALENTYNSOKKIE – 22 FebruarieINLIGTING:

AFSKEURSTROKIE: BESTELLING VAN PETTE EN ONDERSTEUNERSHEMPIES

OUER: ______________________________________

EKSTRA KLASSE:

Martelize Faber: 072 624 8327WISKUNDE

Page 7: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek

Alle leerders kan die naweek ‘n kreatiewe vis of valentynversiering maak om Donderdag teen die saal se muur op te sit.

Daar sal ‘n prys vir die beste poging wees!(Gee dit asb. Maandag by juffrou Delene in.)

LOOTJIES TE KOOP!!(Vanaf Maandag by juffrou Delene beskikbaar)

Teddiebeer - R5Geskenkpak (Blikaspaai) – R5JJRC Blue Crab Foldable Drone – R10

(Trekking vind by die sokkie plaas)

Tema van sokkie: “Put on your love glasses”(Prys vir die beste een!)

KOMPETISIE:

Mnr en Mej Valentyn (Jnr: Gr R - 3 en Snr: Gr 4 - 7)Inskrywingsfooi: R5Tema: “Island Style” – kaalvoet (Sien plakkaat vir wenke!)

Page 8: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek

JAKKIES OPWAARTS SENTRUM

wil al die Jakkies en hulle ouers bedank vir hulle ondersteuning tydens ons Valentynsverkoping.

Ons het ‘n fantastiese bedrag van R6 736.90vir ons Sentrum ingesamel.

Marinda van der Walt en Personeel

R10

AFSKEURSTROKIE: VRYSTAAT SWEMKAMPIOENSKAPPE (20 en 21 Februarie)

OUER: _______________________________________

SWEMMER: __________________________________

DINSDAG, 20 FEBRUARIE:

EK NEEM SELF MY KIND/ERS NA BLOEMFONTEIN

MY KIND BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN

WOENSDAG, 21 FEBRUARIE:

EK NEEM SELF MY KIND/ERS NA BLOEMFONTEIN

MY KIND BENODIG VERVOER NA BLOEMFONTEIN

HANDTEKENING: ___________________________

DATUM: ________________

Page 9: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek

JACOBSDAL PRIMêRE SKOOLNOTULE VAN DIE OUERVERGADERING GEHOU OP MAANDAG, 12 FEBRUARIE 2018.

Tema: “Jakkies vir Jesus” - Vriendelikheid

1. Opening: Mnr. Tait open die vergadering op ‘n gepaste wyse. Handel oor houding. “Attitude”

2. Verwelkoming: Mnr.Tait heet die ouers, nuwe ouers en personeel teenwoordig baie welkom en noem dat hy dankbaar is vir die goeie bywoning vanoggend.

Simpatiseer met mej. M. Marias wie se broer die afgelope week skielik oorlede is.

3. Konstituering: Teken die presensielys. Veskonings word aangebied deur: Mev. D. du Plessis, mnr. P. du Plessis en mnr P Janse van Vuuren

4. SAKELYS:4.1 Leerders:4.1.1 Skool se getalle = 290 en koshuis 125.

4.1.2 Ouers moet asb. toesien dat hul kinders se gedragskodes onderteken is en dit teruggestuur word na die skool. Ouers moet dit asb. saam met hul kinders deurwerk want kinders verstaan dit nie altyd nie. Die skoolhoof behandel die gedragskode elke Vrydag tydens saal met die leerders.

Mnr. Tait behandel die kernwaardes [dokument] met die ouers en vra die mandaat van die ouers om dit so te implementeer. Voorstel: Mev. C. Burger en sekondant, mev. C. Snyman.

4.2.3 Mev. van Zyl lig die ouers in rondom die gesondheidsvraelyste wat ouers moet invul, teken en terugstuur aan die skool. Departement verwag dat elke kind in die skool se ouers dit voltooi en teken.

4.2.4 HPV inenting: . Inenting is baie belangrik vir u kind se gesondheid en inenting sal nie deur die staat gedoen word as dit nie goed nagevors en wêreldwyd beproef is nie. Ouers kan teenwoordig wees as Dept. Gesondheid hul kinders inent. Sy noem ook dat geen kind enige behandeling of inenting ontvang as ouers nie toestemming gee nie.

4.2 Personeel:4.2.1 3 Nuwe leerkragte word aangestel deur die BL. 8 Van die 18 onderrigposte is beheerliggaamposte. Mnr. Tait bedank die beheerliggaam vir die aanstellings aangesien dit die las van die leerkragte verminder en kwaliteit onderrig ondersteun omdat daar minder leerders per klas is.

4.2.2 Eersdaags sal die beheerliggaam onderhoude voer met potensiële kandidate vir die Departementele Suid-Sotho pos vir GF.

4.2.3 Die Departement van Onderwys het ‘n addisionele pos toegeken aan die skool aangesien ons skool se getalle gegroei het. Beheerliggaam beveel mej. R. Meyer aan in die pos. Wag vir goedkeuring deur die Departement.

4.3 AKADEMIE:4.3.1 Slaagsyfer 2017 was 97,2% [ 8 Druipelinge]

4.3.2 Ouers moet kennis neem dat leerders wat in die week afwesig is met assessering, ‘n geleentheid kry om die eerste Maandag daarna die assessering onder toesig van die HOD kry. Indien weer afwesig, sal hy/sy tweede kans kry en indien weer afwesig sonder verskoning sal leerder ‘n “0” kry.

4.3.3 Klasse is vanjaar verdeel vanaf gr. 3 – 7. Pogings en planne word beraam om ook gr. 1 & 2 te verdeel.

4.3.4 Die skool bied ‘n groot verskeidenheid dienste aan en dit is in ‘n dokument saamgevat wat ook op die nuusbrief vir ouers beskikbaar gaan wees.

Page 10: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek

4.3.5 Mev. R. van Zyl lig die ouers in oor watter leerders sal geakkommodeer word vir konsessie. Sy bepreek ook die hele proses baie duidelik aan ouers. [Dokument sal op nuusbrief geplaas word vir ouer se kennisname]

4.3.6 Mnr. Tait herinner ouers aan die klasbesoeke vanmiddag met al die leerkragte.

4.3.7 Ouers wil weet of daar enige iemand is wat hulle kan kontak vir wiskunde ekstra klasse. Mnr. Tait sal navraag doen en inligting op nuusbrief plaas.

4.4 SPORT:4.4.1 Mevv. I. Wilkinson en A. Lübbe gaan tydens LO periodes begin by die Grondslag Fase om leerders aktief betrokke te kry en deelname te bevorder. Vaardighede word ook getoets en geëvalueer vir aanbevelings aan skool, afrigters en ouers.

4.4.2 Mev. C. Burger voel dat leerders tydens LO periodes [swem] te swaar gestraf word as hulle nie hul swemklere het of verskonings het hoekom hulle nie wil swem nie. Sy vra of daar nie ander maniere is nie.

4.5 OUERS EN FONDSE:4.5.1 Die OLK funksioneer tans baie goed en mnr. Tait vra ouers om hulle asb. te ondersteun. Hy rig ook sy opregte dank aan die gr. 1 & 2 ouers wat die afgelope gala’s die OLK so entoesiasties bygestaan het.

4.5.2 Elke ouer van die skool het ‘n gedragskode ontvang en moes dit onderteken. Dit is vir ouers ‘n riglyn hoe om langs velde en bane op te tree om waardigheid te behou en om aan ander skole te wys dat ons skool waardes het wat ons respekteer. Hy loof ons ouers wat hulle in die verlede puik langs velde en bane gedra het. Ons is trots op hulle. Hy spreek ook sy wens uit dat 2018 geen uitsondering gaan wees nie.

4.5.3 A.g.v. die groei van die skool is daar baie meer finansiële uitgawes en mnr. Tait versoek ouers vriendelik om hul finansiële verpligtinge stiptelik na te kom. Hy lig ouer ook in van die Dept. van Onderwys se bydrae tot die skool. R660.00 per leerder per jaar vir boeke, skryfbehoeftes, onderhoud, water en krag. Die Departement is tans agterstallig met betaling van die fondse. Verlede jaar se laaste paaiement asook vanjaar [2018] se eerste paaiement is nog nie in skool se rekening inbetaal nie.

4.6 BEHEERLIGGAAM:4.6.1 Mnr. Tait adverteer 2018 se verkiesing. Verkiesing en nominasievergadering sal plaasvind op Vrydag, 16 Maart 2018 om 8h00. Mnr Tait versoek ouers om asb. te kom stem en ‘n stempersentasie van 50% en hoër te handhaaf. Hierdie is ‘n baie belangrike verkiesing wat die rigting van die skool kan verander as ouers nie die verantwoordelikheid neem om hulself beskikbaar te stel en te kom stem nie.

Mnr. Tait bedank ook die ou span o.l.v. die voorsitter mnr. Riaan Jacobs vir puik werk verrig.

Mnr. Tait het ook ‘n pamflet onder die ouers versprei wat hul volledig sal inlig hoe ‘n beheerliggaam- verkiesing werk.

4.7 SKOOLDRAG EN VOORKOMS:4.7.1 Mnr. Tait versoek ouers om streng by die reëls te hou en hul seuns se hare volgens die skool se reëls te laat sny.

4.7.2 Die ouers neem ‘n besluit dat die dogters nie sportkouse saam met hul rokke mag dra nie.

4.7.3 Die ouers neem ‘n besluit dat die status quo gehandhaaf sal word en dat die dik windjakker skooldrag bly. Geen Drimac baadjies mag gedra word nie. Die windjakker is nie verpligtend nie. Kinders kan ‘n skooltrui met ander truie onderaan, aantrek i.p.v. die baadjie.

4.7.4 Ouers besluit dat die wit hemp vir seuns vanaf 2019 amtelike skooldrag sal wees. Gryshemp word dan finaal uitgefaseer.

Page 11: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek

4.8 KOSHUIS:4.8.1 Ouers moet asb. geduldig wees aangesien die dorp ‘n geweldige groot waterprobleem het. Die kinders gebruik 30 000 L water per week en die munisipaliteit kan nie daarin voorsien nie. Waterdruk is laag en die Koshuis moet van ‘n drukpomp gebruik maak om water in tenk te kry vir boiler om warm water te voorsien. As daar nie water is nie, kan dit nie gebeur nie.

Mnr. Tait spreek sy opregte dank uit aan ouers van ons skool wat die afgelope week drinkwater aan die Koshuis voorsien het.

4.9 ALGEMEEN:4.9.1 Ouers sal waarneem dat die gras en plante op die skoolterrein en die rugbyveld erg verdroog het. Die munisipaliteit kon nie water aan ons voorsien nie. Reën help dat gras en plante weer groei waarvoor ons dankbaar is. Dankie aan die beheerliggaam en mnr. Theuns en mev Retha Schutte wat ‘n watersuiweringtoestel vir die skool geïnstalleer het en instand hou sodat ons leerders suiwer water het om te drink.

Vergadering verdaag

Page 12: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek

4.1.2 Kernwaardes van …

Gehoorsaamheid, hulpvaardigheid, vriendelikheid, selfdissipline, eerlikheid,

respek en Christenskap:

Hierdie waardes is deur ons ouers, leerders en leerkragte aanvaar en ons vereenselwig ons daarmee.

Sonder waardes kan ons nie vooruitgaan en staande bly in ‘n tans karakterlose en selfsugtige wêreld nie.

Daarom moet ons vanoggend as BL en leerkragte u as ouers se onderneming of mandaat kry om die volgende by

ons skool te onderneem:

1. Geen verdraagsaamheid teenoor aggressie van leerkragte, leerders en ouers nie. Sal onmiddellik aangespreek

word en tugverhore sal volg.

2. Geen verdraagsaamheid teenoor slegte gewoontes soos diefstal, beskadiging van skool en ander se eiendom

nie. Tydelike skorsing hangende ‘n verhoor kan plaasvind.

3. Geen verdraagsaamheid teenoor boelies [verbaal, fisies of kuber].

Aangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om

hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek. Indien dit weer sporadies voorkom

sal tugverhore plaasvind.

4. Geen verdraagsaamheid teenoor huiswerk en opdragte wat nie gedoen of ingehaal word indien leerder/s

afwesig was nie. Dit bly die kind en/of ouer se verantwoordelikheid om die huiswerk te kry en in te haal.

{Huiswerk is in ‘n lêer by skool vir plaaslike ouers beskikbaar of by ‘n maatjie. Vêr ouers by ‘n maatjie of navraag

by onderwyser.}

5. Geen verdraagsaamheid teenoor volgehoue en gereelde afwesigheid van leerders tydens skoolure.

6. Geen verdraagsaamheid teenoor sosiale media waar die skool en of onderwysers bespreek en afgekraak word

en disrespek teen u kind se onderwyser. Ook wedersyds onderwysers van ouers.

7. Geen verdraagsaamheid teenoor vuiltaal deur kinders, onderwysers en ouers.

8. Geen verdraagsaamheid teenoor klaskamerontwrigting nie. Leerders wat klasse ontwrig sal gevra word om in

die deur van die klaskamer, of buite op die stoep waar die onderwyser/bord sigbaar is, te sit totdat hy/sy besluit

om swak gedrag te staak. Tugverhore kan volg as dit sporadies voorkom.

9. Geen verdraagsaamheid teenoor rassisme, seksisme en/of haatspraak deur leerders, leerkragte of ouers nie.

Opvoeders en ouers moet die voorbeeld stel en hul kinders help en leer om elke kultuur, taal, geloof en velkleur te

respekteer sodat ons ‘n positiewe bydrae lewer in ons gemeenskap en land. Wedersydse respek is noodsaaklik

vir die voortbestaan van die skool.

10. Geen verdraagsaamheid teenoor middelmisbruik. Onmiddellike skorsing sal plaasvind hangende ‘n

tugverhoor.

11. Die skool se kernwaarde komitee sal hierdie mandaat van die ouers gebruik om gemeenskaplike grond te

vind vir die toepassing van die mandaat, beter begrip en positiewe maniere vind om wedersydse respek en

deernis tussen verskillende kulture en etniese groepe en gemeenskappe te kweek om daarin te volhard.

JAKKIES BO!

Page 13: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek

Hierdie mandaat word uiteengesit in die gedragskodes van die leerders, ouers en onderwysers wat deur elkeen

onderteken is. Kom ons verbind ons vandag tot hierdie gedrag en sorg so dat ons skool en gemeenskap se beeld

gesond van binne en beeldskoon van buite bly.

Baie dankie vir u samewerking, so sal ons ons gesindheid kan verander tot ons eie voordeel.

……………………

PW TAIT

SKOOLHOOF

ONDERSTEUNINGSDIENSTE WAT DIE SKOOL AAN ONS KINDERS EN HULLE

OUERS BIED:

Page 14: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek

Die onderwysers van die skool gaan uit hulle pad om addisionele ondersteuning aan die kinders te bied

ten einde hulle gesindheid te verander teenoor hulself, hul skoolwerk, hul ouers, hul onderwysers, hul toekoms en die

samelewing.

Sommige ouers maak egter nie van hierdie geleenthede gebruik nie, terwyl sommige ongelooflik baie steun op die

leerkragte se ondersteuning en hulp. Geen onderwyser kry ekstra vergoeding of trek enige finansiële voordeel daaruit

nie.

Dit is soms uiters noodsaaklik dat leerders addisionele hulp moet kry indien hulle akademies en/of emosioneel sukkel

en daarom moet ouers ook begrip hê wanneer die personeel hulle daaroor inlig.

Indien u nie van die skool se dienste gebruik wil maak nie, staan dit u vry om u eie ondersteuning te kry op ander se

aanbeveling. In so ‘n geval moet u die skool van alle inligting voorsien en met die skool daaroor kommunikeer. Dit is

in die belang van u kind om die kommunikasiekanale oop te hou tussen u en die leerkragte.

Ek wil u graag inlig oor die dienste wat die skool aanbied. Die personeel is slegs daar as ondersteuning en is nie

professionele terapeute nie. Die personeel se kwalifikasies is beperk tot onderrig en ondersteuning maar hulle kan

soms baie goeie voorstelle en aanbevelings maak vir professionele hulp en bystand deur terapeute, sielkundiges, ens.

Ondersteuning:

Alle nuwe leerders word getoets om te bepaal op watter vlak hulle is en by watter graad hulle ingeskakel moet

word. Uitvalle word met ouers bespreek en indien leerders nie geskik is vir ‘n sekere graad nie, word dit met

ouers bespreek.

SO groep - Jakkies Opwaarts Sentrum. Vlak 4 & 5 leerders wat nie in die hoofstroom kan funksioneer nie.

RO [remediëring] -klasse tydens periodes en namiddae. 6 Maandelikse evaluering en verslag aan ouers.

Kleinklassie: Gr 4 en 5 vir Afrikaans en Wiskunde. [8 Leerders maksimum in die klas] Ouers word gekontak

en die aanbeveling word met hulle bespreek. Ouers moet toestemming daarvoor gee. Leerders word

uitgeskakel indien hulle gereed is om weer in die hoofstroom te beweeg.

Elke tweede Dinsdag vir 30 minute ekstra klasse vanaf gr. 4 – 7, slegs vir leerders wat nie koor sing nie.

Ekstra klasse waaroor onderwysers self besluit. Leerders moet daarvoor kwalifiseer en word op sekere tye

ingedeel. {Ouers kan ook self met leerkragte reël indien hulle ‘n billike versoek het}

Dertig minute nadat die skool verdaag het, bly gr. 1 – 3 koshuisleerders in klasse vir hulp. Daarna gaan hulle

terug koshuis toe waar ‘n toesigkrag spesiaal vir hulle aangestel is om hulle dan apart te neem sodat hulle

een-een aandag kan kry. {Middagstudie}

Huiswerklêers in elke klas is na skool vir ouers beskikbaar. Hierdie tuiswerk gaan ook koshuis toe. Indien

leerkragte probleme met koshuiskinders se werk ervaar, skryf hulle ‘n boodskap in die koshuisboek wat dan

vir koshuisouers en/of toesigkragte se aandag is. Koshuistoesigkragte skryf ook vir onderwysers ‘n boodskap

daarin om hulle in te lig as koshuiskinders probleme ervaar het.

Onderwysers verskaf ook aan leerders aan die begin van die kwartaal ‘n assesseringsrooster vir vroegtydige

en deeglike voorbereiding.

Huiswerkboeke word in die eerste kwartaal gratis aan die gr. 4 klas voorsien. Huiswerkboeke moet vanaf gr. 4

– 6 op ‘n sekere manier opgestel word om dit vir leerders maklik te maak om huiswerk af te skryf.

Page 15: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek

Huiswerk kan met ‘n reëling vir vêr ouers, wat ‘n probleem het om skriftelike huiswerk te kry, deur die

sekretaresse per epos gestuur word.

Kinders wat afwesig was, kry 2 kanse om op ‘n Maandag toetse of assessering te doen onder die HOD se

toesig.

Oriëntasie van Gr. 4-ouers vind plaas indien leerkragte sien dat gr. 4-leerders sukkel met aanpassing. Indien

gr. 4 -leerders aanpas, word dit nie gedoen nie.

Aansoek vir konsessie word op versoek van leerkragte/ouers gedoen. Indien die Departement van Onderwys

hulle getoets en aanbeveel het, pas ons toetse- en eksamenkonsessie toe op leerders wat kwalifiseer.

Didaktiese hulp word in klasse deur onderwysers vir leerders wat sukkel, gegee.

Die Wiskundeklub stimuleer die leerders wat sterk is in wiskunde op ‘n weeklikse basis.

Ons moedig leerders aan om deel te neem aan Amesa, Wêreldkennis olimpiades, Nautilus, spelkompetisies

en ATKV debat.

Stimilus Maksima rekernaarklasse word weekliks vir gr. 1 – 7 gegee in Afrikaans, Engels en Wiskunde.

Kwartaallikse ouerklasbesoeke vind plaas en ouers kan enige tyd afsprake met leerkragte maak vir probleme

of uitruil van inligting.

Aanmelding van leerders kan by Departementele terapeute en sielkundiges (wat beskikbaar is) gedoen word.

Die Jeugwerker en afgetrede maatskaplike werker, wat deur die jaar op ‘n weeklikse basis met kinders werk,

is tot ons kinders se beskikking. Hulle sien emosionele gevalle, nuwe leerders, druipelinge asook leerders wat

deur leerkragte gerapporteer word wat betref moeilike omstandighede by die huise. Kinders het ook die reg

om self by hierdie mense aan te meld vir hulp. [Ouers word eers gekontak voordat hulle kinders in gesprek

tree met die jeugwerker en/of maatskaplike werker.]

Opleiding van leiers en reël van kampe vind plaas om leerders toe te rus vir hulle verantwoordelikhede.

Personeel [SBST komitee] hou elke Donderdag vergadering om uitslae van terapeute, sielkundiges of enige

inligting van ouers asook uitslae van toetse en verslae te bespreek en so die onderrigpersoneel ten volle

ingelig te hou om ons kinders te help en te ondersteun.

Die skool voorsien kwartaalliks statistieke aan die koshuisouers om akademiese ondersteuning te gee aan die

leerders wat sukkel.

Personeel hou na elke eksamen ‘n puntevergadering en maak dan afsprake met ouers wie se kinders

onderpresteer, of grensgevalle / druipelinge is.

Die skoolhoof, asook die SMT, doen berading asook dissiplinêre verhore om probleme aan te spreek en

oplossings te vind.

Gr. R en 1 skoolgereedheidstoetse vind plaas om standaarde te bepaal en wenke te gee vir probleemgevalle.

Ons evalueer elke November die leesvaardighede van elke kind in die skool. Ouers word ingelig indien enige

probleem [bv: swak oë] opgemerk word.

BEPERKINGS STAAN NIE IN ONS PAD OM DIE BESTE ONDERSTEUNING VIR U KIND TE GEE NIE.

ONS GEE REGTIG OM VIR U EN U KIND SE WELSTAND EN ONTWIKKELING.

Page 16: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek

…………………………

PW Tait

SKOOLHOOF

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL

KONSESSIE - WIE EN HOE KWALIFISEER LEERDERS??

1. Die skool se beleid is om so lank as moontlik leerders onafhanklik te laat werk voordat hy/sy

aangemeld word vir konsessie. Dit word gedoen sodat leerders se inisiatief nie uit hul hande

geneem word nie en om tot hulle volle potensiaal te ontwikkel.

2. Leerders met leerprobleme, spelprobleme, leesprobleme, konsentrasie probleme, mediese

probleme, emosionele probleme, disleksie, ens. word geïdentifiseer, aangemeld en getoets.

3. Leerkragte rapporteer d.m.v. SNA 1 vorm aan personeel of SBST span dat kind aangemeld en

geëvalueer moet word.

4. Elke Donderdag bespreek die leerkragte die moontlike kandidate en besluit wie aangemeld

moet word.

5. Ouers word per skrywe in kennis gestel en moet toestemming gee vir toetsing om konsessie te

kry.

6. Kinders kan ook uitgeskakel word indien hulle ekstra hulp elders kry en die probleem verdwyn.

Page 17: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek

7. Verskillende soorte konsessies word toegestaan aan leerders nadat die skoolsielkundige

hom/haar getoets en die skool skriftelik in kennis gestel het.

8. Daar is 20 soorte konsessies wat aanbeveel en geïmplementeer kan word.

9. Dit is ‘n proses wat eers deur al die kanale moet gaan voordat konsessie uiteindelik in werking

gestel word.

10.Daar moet bewyse van intensiewe hulpverlening deur leerkragte wees. ‘n Kind se portfolio

moet in stand gehou word en op datum wees. Leerkragte moet die SBST van die nodige

bewyse voorsien en die SNA 1 vorm volledig voltooi en aan die komitee voorsien.

11. Indien leerder se aansoek goedgekeur is deur die skoolsielkundige, moet konsessie gegee

word volgens die skool se beleid en daar word ‘n nota aan die assessering [toetse, vraestelle,

rapporte] vasgestempel as bewys.

12.Leerders word nie bevoordeel deur antwoorde te verskaf nie. Die spesifieke konsessie word

presies en effektief toegepas.

13.Ouers behoort tuis [tuiswerk] ook dieselfde konsessie te gee as by die skool. Ouers is reeds

ingelig en weet dat hul kind/ers wel konsessie kry.

14. In taalwerk word spelfoute verkeerd gemerk maar nie in begrip- of kennisvrae nie.

15.Ouers moet weet dat hulle in gr. 8 weer aansoek moet doen vir konsessie. Alle verslae word

aan hoërskole gestuur vir rekordhouding. By Landboudal word ‘n verslag saamgestel wat dan

ook aan die SBST voorsitter versend word.

16.Goeie kommunikasie moet gehandhaaf word tussen die Hoërskool en die Primêre skool.

17.Soms is daar proefkonsessies om te sien of leerders nie hulself uitpresteer nie.

Page 18: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek

HUISWERK kan ‘n RILLER wees!Sukkel jou kind met huiswerk omdat hy/sy dalk niedie werk verstaan nie? Laat ek help. Huiswerkhulp

elke middag by die laerskool. Skakel my gerus vir meer inligting.

Leesprogramme ook beskikbaar om te verseker dat jou kind op sy/haar leesvlak is.

Moet nie die belangrikheid van lees by die agterdeur uitgooi nie – dit bepaal jou kind se prestasie in die klaskamer!

Miranda van der Walt - 083 7090 688 of [email protected]

Page 19: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL · Web viewAangesien dit indruis teen ons etos en gedragskode sal ouers onmiddellik geskakel word om hulle kinders te kom haal en die probleem aan te spreek