jacobsdal primêre skool - web viewgaan my eie kind/ers na ... ’n demonstrasie/projek ......
TRANSCRIPT
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 24 28 Jul – 4 Aug 2017OUERS:VERWELKOMING:Baie welkom aan mev Linette Carbutt wat as graad 5 leerkrag by ons span aangesluit het. Ons hoop dat sy ‘n lang en suksesvolle verbintenis met ons skool sal hê.Baie welkom ook aan ons nuwe koshuisouers, Louis en Charmaine Fourie.Baie sterkte met julle groot taak by die koshuis. Ons hoop julle sal sommer gou tuis voel hier by ons.Baie welkom ook aan die ses nuwe leerders in ons skool.
OUERKLASBESOEK:Leerders het rapporte gekry vandag. Ouers moet dit asseblief deeglik bestudeer.Ouers het op Maandag, 31 Julie die geleentheid om al die leerkragte te kom spreek rondom die akademiese vordering van u kind, veral met betrekking tot verlede kwartaal se uitslae. Maak asseblief van hierdie geleentheid gebruik. Tye is as volg:Graad 1 & 2: 13:00 in hulle klasseGraad 3: 13:15 in die klasGraad 4 – 7: 15:00 tot 17:00 in die skoolsaalGeen buitemuurs op Maandag, 31 Julie behalwe skaak nie.
VRYWARINGSVORM – FOTO’S/BEELDMATERIAAL/VIDEO’S:Ouers word gevra om hierdie vrywaringsvorm in te vul en op Maandag,31 Julie na die klasonderwysers terug te stuur. Hiermee gee u as ouer die skool toestemming om foto’s, beeldmateriaal of video’s van u kind/ers te gebruik vir opvoedkundige projekte, webblaaie/sosiale mediaplatvorms, video-opnames vir tv uitsendings en gedrukte publikasies soos Jaarblad, tydskrif, koerantartikels, ens.
HERREGISTRASIEVORM: Huidige leerders wat in 2018 terugkom na Jacobsdal Primêre Skool se ouers moet asseblief die verpligte Departementele herregistrasievorm invul en op Maandag, 31 Julie terugstuur na die klasonderwysers.
KWARTAALPROGRAM & BUITEMUURSE ROOSTER:Die finale kwartaalprogram en buitemuurste rooster word by die nuusbrief ingesluit.
REDENAARS:Die finale Redenaarskompetisie word op 19 September om 17:00 gehou:Onderwerpe vir die kompetisie is as volg:GRAAD 4 & 5:
Telefone Dink voor jy jou mond oopmaak Omgee
GRAAD 6 & 7: Eenkant Haastige hond verbrand sy mond Kan boelies ooit gestop word?
Die volgende leerders (alfabeties) is deur na die finale Redenaarskompetisie:
GRAAD 4: GRAAD 5: GRAAD 6: GRAAD 7:Johané Brits Brinkie Bruwer Mariné Cloete Wynand BothaEwan Burger Anadia Coetzee JJ Engelbrecht Ninke JacobsDanique Jacobs Marisanne Jacobs Willandie Swartz Chrisna RoelofseIzeldi Jacobs Esna Marais Anica Ueckermann Miandi SteenkampJW Roelofse Carla Meintjes Kayla v d Linden Boeta van Rooyen
TOELATINGS - 2018:Leerderaansoeke vir 2018 sluit op 31 Augustus 2017. Indien u weet van ouers wat hulle kinders volgende jaar na ons skool wil stuur, kan u hulle daarvan in kennis stel. Ons Bekendstellingsdag vind op Vrydag, 22 September om 9:00 vir 9:30 plaas. Ouers kan vir ons kontakbesonderhede van voornemende ouers gee, sodat ons vir hulle uitnodigings kan epos.
KOSHUIS:Kennis geskied hiermee van ‘n Koshuisouervergadering wat gehou word op Maandag, 31 Julie om 7:30 in die eetsaal.‘n Koshuiskomiteevergadering vind om 9:00 plaas.
Die koshuis benodig dringend ‘n rekenaar om vir hulle administrasie te gebruik. Is daar dalk ‘n ouer wat vir die koshuis ‘n ou rekenaar kan skenk of teen ‘n billike prys beskikbaar kan stel?
Ons vra alle ouers wat al hierdie winter gejag het om ekstra wildsvleis of ander vleis, wat hulle dalk oor het, aan die koshuis te skenk. Vleispryse is baie op en die koshuis sukkel om hulle somme te laat klop. Enige iets sal waardeer word!
LEERDERDEELNAME:ATLETIEKKURSUS: [AFSKEURSTROKIE]Daar vind ‘n atletiekafrigtingskursus op 25 en 26 Augustus in Bloemfontein plaas waarvoor ouers, afrigters en atlete kan inskryf. Indien u belangstel, kan u die afskeurstrokie invul en op Maandag, 31 Julie na die klasonderwysers terugstuur. ‘n Inligtingsdokument word by die nuusbrief ingesluit.Sperdatum vir inskrywings: Maandag, 7 Augustus
GIMNASTIEK: Sterkte aan Louis-Harm Fourie wat die naweek aan die Gimnastiekkampioenskappe op Klerksdorp deelneem.
TENNIS: [AFSKEURSTROKIE]Die 0/9, 0/11 en 0/13 seunstennisspanne speel op Dinsdag, 1 Augustus om 14:30 teen Hartswater op Tuine se bane in Kimberley. Ouers moet asseblief die afskeurstrokie invul om hulle kinders se vervoer te bevestig. Busgeld van R30 is vooraf betaalbaar.
SKAAK:Sterkte aan Rian Steenkamp wat die naweek aan ‘n kwalifiserende Skaaktoernooi deelneem.
NAUTILUS:Graad 4 – 7 leerders wat aan die volgende Nautiluskompetisie op 12 Augustus wil deelneem, kan R160 inskrywingsgeld by die finansiële kantoor inbetaal.Sperdatum vir inskrywings: Maandag, 7 Augustus om voor 8:00.
VRYSTAAT / NOORDKAAP WISKUNDE UITDAGING:Leerders wat vir hierdie uitdaging ingeskryf het, moet op Woensdag, 2 Augustus om 14:15 in mnr Meintjes se klas aanmeld om die vraestel te skryf.
AMESA WISKUNDE:Die finale rondte vind op Woensdag, 2 Augustus plaas. Leerders moet om 14:15 in mnr Meintjes se klas aanmeld om die vraestel te skryf.
SKIET:Baie geluk aan CJ Oertel wat met die Baanskiet Kampioenskappe as volg presteer het:Veergeweer: 1ste plekGrootgeweer: 2de plek
Kleingeweer .22: 1ste plekHy is in die Vrystaat se 0/13-span opgeneem en neem aan die Nasionale Kampioenskappe op 11 – 12 Augustus in Bloemfontein deel.
ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Bring asseblief ‘n geldjie om die graad 3-koekieverkoping op Maandag,31 Julie te ondersteun.
…………………. PW TaitSKOOLHOOF
GEBEDSLYS:Piet Ludwick (hartaanval)
Johan Mostert (oogoperasie)
AFSKEURSTROKIE: ATLETIEKKURSUS (25 & 26 Augustus)
NAAM VAN OUER: ___________________________________
ITEM: _______________________________
NAAM VAN ATLEET: _________________________________
ITEM: _______________________________
WIL GRAAG VIR DIE ATLETIEKKURSUS INSKRYF.
OUER SE HANDTEKENING: __________________________
INSKRYWINGSGELD: R200 (ATLEET) R220 (OUER/AFRIGTER)
AFSKEURSTROKIE: TENNIS TEEN HARTSWATER (0/9, 0/11 en 0/13) (Dinsdag, 1 Augustus)
(OUER SE NAAM EN VAN) __________________________________
(SPELER SE NAAM EN VAN) ______________________________
GAAN MY EIE KIND/ERS NA KIMBERLEY VERVOER:
EK KAN ________ (AANTAL) ANDER SPELERS SAAMNEEM.
BENODIG VERVOER NA KIMBERLEY: (MERK DIE TOEPASLIKE BLOKKIE)
HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________
Bus/vervoergeld vir elke speler: R30
JACOBSDSDAL PRIMÊRE SKOOL VRYWARINGSVORM MET BETREKKING TOT LEERDERFOTO’S/-BEELDMATERIAAL/-VIDEO’S
Ek, (volle name in blokletters) ________________________________________________,
verleen hiermee toestemming aan JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL om
foto’s/beeldmateriaal/video’s van die kind(ers) hieronder te vertoon as deel van:
’n demonstrasie/projek/aktiwiteit in die loop van klaskameronderrig;
’n voorbeeldprojek/-aktiwiteit op CD wat vir gebruik in opvoedkundige werksessies,
klaskamers, advertensies, ensovoorts deur die skool geskep is;
die skool se webblaaie en sosialemediaplatforms (waaronder Facebook en Twitter);
voorbeelde wat aan programuitgewers gegee, of wedstrydinskrywings wat by borge
ingedien word;
video-opnames vir ’n program in verband met die skool wat op ’n televisiestasie uitgesaai
sal word; en/of
enige gedrukte publikasie, wat insluit, dog nie beperk is nie tot, koerante, tydskrifte,
jaarboeke, ensovoorts.
Deur hierdie toestemming te verleen, begryp ek dat die skool foto’s/beeldmateriaal/video’s van
die kind(ers) kan gebruik vir doeleindes soos om prestasies te vier en onderwysgeleenthede
bekend te maak, soos wat die skoolbeheerliggaam en die skoolhoof goeddink, en dat sodanige
gebruik vertoning in die skoolfotogalery kan insluit.
Ek verstaan voorts dat hoewel die skool wat met die foto’s/beeldmateriaal/video’s verbind word,
geïdentifiseer sal word, en volwassenes wat in foto’s/beeldmateriaal/video’s verskyn by die naam
genoem mag word, die naam/name of ander persoonlik identifiseerbare inligting van die kind(ers)
nie saam met enige foto/beeld/video gebruik sal word nie.
Ek onderteken hierdie vrywaringsvorm in die wete dat enige foto’s/beeldmateriaal/video’s wat op
die skool se webtuiste gepubliseer word, deur verskeie nuusorganisasies, waaronder gedrukte,
elektroniese en uitsaaimedia, bekom en gereproduseer kan word, en daarom vrywaar ek die
skool van enige aanspreeklikheid wat kan ontstaan uit die gebruik van
foto’s/beeldmateriaal/video’s van die kind(ers) in skoolwebpublikasies.
Daarbenewens begryp ek dat daar moontlike gevare bestaan in verband met die publikasie van
foto’s, beeldmateriaal en video’s op ’n webtuiste, aangesien wêreldwye toegang tot die internet
dit onmoontlik maak om te beheer wie toegang tot die inligting verkry.
Naam van oudste of enigste kind in gesin:
______________________________
Ek verstaan ook dat indien ek hierdie ooreenkoms wil herroep, ek dit in enige stadium kan doen
deur ’n brief aan die skoolhoof te stuur.
Naam/name van leerder(s): ________________________________________________
________________________________________________
Naam van ouer/voog: ________________________________________________
Adres: _______________________________________________________________
Stad: ___________________________________________ Poskode: _________
Telefoonnommer: ________________________________________________________
Handtekening van ouer/voog:* _____________________________________________
Datum: __________________
*Leerders van 18 jaar of ouer mag hierdie vrywaringsvorm self onderteken.
REGISTRASIE EN TOELATING VAN LEERDERSBY PUBLIEKE SKOLE IN 2018
OMSENDBRIEF: BYLAAG E
BEVESTIGING VAN INFORMASIE VAN ‘N LEERDER WAT REEDS BY HIERDIE SKOOL GEREGISTREER IS
Geagte Ouer/Voog
Maak asseblief seker van die korrektheid van die informasie wat by die skool van u kind beskikbaar is. Indien informasie soos u adres of telefoonnommer verander, moet u die skool daarvan verwittig sodat ons dit op die toelatingsregister (SA SAMS) kan verander.
Vul die onderstaande afskeurstrokie in en handig dit terug voor die volgende datum:
Dag: 31 Maand: Augustus Jaar: 2017
Indien u kind hierdie skool gaan verlaat, moet u ‘n oorplasingsvorm aanvra om toelating tot ‘n volgende skool te verkry.
Die uwe
_____________SKOOLHOOFJacobsdal Primêre Skool
____________________________________________________________________________
AFSKEURSTROKIE:
Voltooi asseblief en stuur asseblief voor bostaande datum terug na die klasonderwysers.
My kind/ers: (Name)
___________________ / ___________________ / ___________________/
__________________
Sal in 2018 terugkeer na hierdie skool:
Sal nie in 2018 terugkeer na hierdie skool toe nie:
Hiermee doen ek aansoek vir ‘n voorlopige oorplasingsertifikaat aan die einde van 2017:
OUER SE HANDTEKENING: ______________________
DATUM: _______________
(VOORSKRIFTELIKE DEPARTEMENTELE VORM)
VAKANTE BETREKKING JSM MAKELAARS - MODDERRIVIER
SEKRETARIëLE POSCV KAN BY DIE KANTOOR AFGEGEE
WORD OF KAN EPOS NA [email protected]
KONTAK RAMPIE NIEMANN : 078 607 1036
VIR ENIGE VERDERE NAVRAE
HONDJIES TE KOOP6-Weke oue Jack Russel hondjies
Ontwurm en 6 weke inspuitings toegedienKontak Caroline: 0838900736
HONDJIES TE KOOP6-Weke oue Basset-/ Rifrugkruisings
Ontwurm en 6 weke inspuitings toegedienKontak Caroline: 0838900736
Liewe Borg/Donateur/Ouer Datum: 30/05/2017
Kareehof Koshuis hou vanjaar, tesame met BKB, op Saterdag, 26 Augustus 2017 ‘n gholfdag te Jacobsdal Gholfklub. Ons beoog om baie noodsaaklike opgraderingswerk in en om die koshuis te doen. Ons benodig heelwat fondse hiervoor en neem graag die vrymoedigheid om u te versoek vir ‘n bydrae deur een of meer van die onderstaande opsies:
Borg R10 000 as hoofborg en ontvang vrye teuels vir die oprigting van u advertensiemateriaal, gratis natgat en 1 x 4-hand inskrywing, gratis.
Borg R5 000 – advertensiemateriaal mag opgerig word en 1 x 4-hand inskrywing gratis. Die borg van een gaatjie beloop R1 500 ‘n Natgat beloop R2 000, waarby u enige advertensiemateriaal mag oprig met die verversings van u
keuse wat u aan die spelers verskaf. ‘n 4-Hand inskrywing beloop R1 000 (Better Ball Scramble). Halfweg-ete en aandete ingesluit.
BEPERKTE AANTAL SPELERS!! Skenk enige artikel, item of geldjie wat aangewend kan word as pryse.
VIR DIE DAMES!!!!!.....BKB bied, tesame met Protek, ‘n damesoggend aan waar daar ‘n tuinbou- werkswinkel gehou sal word. Kom geniet gratis tee en verversings. Stel asb vir Henriëtte du Plooy by BKB in kennis indien u sou belangstel om dit by te woon. Daar is slegs ‘n beperkte aantal sitplekke.
Bring gerus die kinders saam…….daar gaan ‘n lekker springkasteel wees!
Ons hoor graag van u!! Kom geniet die dag saam met ons en ervaar plattelandse gasvryheid.
GroeteElderei Steenkamp Henriette Du Plooy076 790 4878 083 508 0115
Stuur asb. bewys van betaling na: [email protected]
Hiermee borg ek _____________________________________ namens _________________________
die bedrag van R __________ ten bate van Kareehof Koshuis Jacobsdal se Gholfdag.
Ek wil graag die volgende opsie borg: ____________________________________________________
Bank: Eerste Nasionale BankTakkode: 230303Rekening nommer: 52560006664Tipe rekening: TjekrekeningVerwysing: Borg Gholfdag
Posbus 107JACOBSDAL8710Tel. no.: 076 790 4878Faks: 086-6328467E-pos: [email protected]