jacobsdal primêre skool - web viewmartial arts” klasse: [afskeurstrokie] leerders wat...

5
JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOL NUUSBRIEF: 27 2 - 9 September 2016 OOG- EN OORTOETSE: Oog- en oortoetse deur “Vision for Change” vind op Maandag, 5 September plaas. Slegs leerders wat toestemmingsbriefies van hulle ouers ingehandig het, sal getoets word. SOMERSKLERE: Leerders mag vanaf Maandag, 5 September somersklere aantrek. SPELKOMPETISIE: Baie geluk aan die volgende leerders wat wenners van die spelkompetisie was: GR 1: Marizelle Swanepoel GR 2: Leilah Snyman GR 3: Nico van Zyl GR 4: Marizanne Jacobs GR 5: Anica Ueckermann GR 6: Magdelize van Zyl GR 7: Elzé Jacobs, Elizma Lambrechts, Cathrene van Heerden WISKUNDEKOMPETISIE: Die wiskundekompetisie vind op Maandag, 5 September op die volgende tye plaas: Graad 3: 13:15 – 14:15 (Graad 3-klas) Graad 4 & 5: 14:15 – 15:15 (Juffrou Elizna se klas) Graad 6 & 7: 14:15 – 15:15 (Mnr Schalk se klas) Deelnemersertifikate sal uitgereik word en pryse vir elke graad is op die spel. KOORFEES: Ouers en belangstellendes word uitgenooi na ons Koorfees wat op Donderdag, 8 September om 18:00 in die skoolsaal plaasvind. Ons Junior Koor tree saam met vier ander skole op en elke Junior Koorlid het ‘n inligtingsbriefie, met al die nodige reëlings, ontvang. Kaartjies kos R30 vir volwassenes en R15 vir Laerskoolkinders en is by die kantoor beskikbaar. Kaartjies sal ook die aand by die deure te koop wees. IDOLS: [AFSKEURSTROKIE] Ons IDOLS-kompetisie vind op Maandag, 19 September om 18:00 vir 18:30 plaas. Inskrywingsgeld vir deelnemers beloop R20 en sluit ‘n worsbroodjie in. Alle inskrywings en kaartjieverkope word by juffrou Delene gedoen. Vul die afskeurstrokie in en handig op vanaf Maandag, 5 September by haar in. Die liedjie wat jy wil sing moet op ‘n CD by juffrou Delene ingehandig word nie later as Vrydag, 9 September nie. Kaartjies kos R20 en sluit ‘n worsbroodjie in. Toegang die aand by die deure beloop R10 en sluit nie ‘n worsbroodjie in nie. Daar sal ook ‘n snoepie wees. BEKENDSTELLINGSDAG:

Upload: lammien

Post on 24-Mar-2018

245 views

Category:

Documents


15 download

TRANSCRIPT

Page 1: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewMARTIAL ARTS” KLASSE: [AFSKEURSTROKIE] Leerders wat belangstel om “Martial Arts” klasse te neem, kan kennis neem van die advertensie wat by

JACOBSDAL PRIMÊRE SKOOLNUUSBRIEF: 27 2 - 9 September 2016OOG- EN OORTOETSE:Oog- en oortoetse deur “Vision for Change” vind op Maandag,5 September plaas. Slegs leerders wat toestemmingsbriefies van hulle ouers ingehandig het, sal getoets word.

SOMERSKLERE:Leerders mag vanaf Maandag, 5 September somersklere aantrek.

SPELKOMPETISIE:Baie geluk aan die volgende leerders wat wenners van die spelkompetisiewas:

GR 1: Marizelle SwanepoelGR 2: Leilah SnymanGR 3: Nico van ZylGR 4: Marizanne JacobsGR 5: Anica UeckermannGR 6: Magdelize van ZylGR 7: Elzé Jacobs, Elizma Lambrechts, Cathrene van Heerden

WISKUNDEKOMPETISIE:Die wiskundekompetisie vind op Maandag, 5 September op die volgende tye plaas:Graad 3: 13:15 – 14:15 (Graad 3-klas)Graad 4 & 5: 14:15 – 15:15 (Juffrou Elizna se klas)Graad 6 & 7: 14:15 – 15:15 (Mnr Schalk se klas)Deelnemersertifikate sal uitgereik word en pryse vir elke graad is op die spel. KOORFEES:Ouers en belangstellendes word uitgenooi na ons Koorfees wat op Donderdag, 8 September om 18:00 in die skoolsaal plaasvind. Ons Junior Koor tree saam met vier ander skole op en elke Junior Koorlid het ‘n inligtingsbriefie, met al die nodige reëlings, ontvang.Kaartjies kos R30 vir volwassenes en R15 vir Laerskoolkinders en is by die kantoor beskikbaar. Kaartjies sal ook die aand by die deure te koop wees.

IDOLS: [AFSKEURSTROKIE]Ons IDOLS-kompetisie vind op Maandag, 19 September om 18:00 vir 18:30 plaas.

Inskrywingsgeld vir deelnemers beloop R20 en sluit ‘n worsbroodjie in. Alle inskrywings en kaartjieverkope word by juffrou Delene gedoen. Vul die afskeurstrokie in en handig op vanaf Maandag, 5 September by haar in.Die liedjie wat jy wil sing moet op ‘n CD by juffrou Delene ingehandig word nie later as Vrydag, 9 September nie.Kaartjies kos R20 en sluit ‘n worsbroodjie in.Toegang die aand by die deure beloop R10 en sluit nie ‘n worsbroodjie in nie. Daar sal ook ‘n snoepie wees.

BEKENDSTELLINGSDAG:Ons skool se Bekendstellingsdag vind op Vrydag, 23 September vanaf 9:30 plaas. Ons benodig epos-adresse van nuwe ouers wat dalk belangstel om hulle kinders na ons skool te stuur. U kan dit na die kantoor stuur.

LEERDERDEELNAME:MINI-KRIEKET:Ons 0/7, 0/8 en 0/9 Mini-krieketspanne neem op Saterdag, 3 September aan die Douglas Mini-krieketdag deel. ‘n Program vir die dag word by die nuusbrief ingesluit. Alle spelers moet om 7:45 by die afrigters aanmeld. Baie sterkte aan ons krieketspelers!

KRIEKET:Die 0/11 krieketspan speel op Donderdag, 8 September teen Douglas hier op ons veld. Die wedstryd begin om 14:00 en spelers mag om 13:30 verdaag.Baie sterkte aan die 0/11 en 0/13 Xhariepspelers wat die naweek wedstryde in Bloemfontein speel.

TENNIS: UITSLAE TEEN NEWTON (B-LIGA):0/13: Verloor 4 – 2, 0/11A: Wen 4 – 2, 0/11B: Wen 6 – 0, 0/9 Verloor 5 - 1Ouers kan solank kennis neem dat die Suid-Vrystaat Tenniskampioenskappe vir 0/10, 0/12 en 0/14 op 15 en 16 Oktober in Bloemfontein plaasvind. Sluitingsdatum vir inskrywings is 20 September 2016. Geen tennisoefening op Donderdag, 8 September as gevolg van die Koorfees se voorbereidings.

TWEEKAMP: Baie sterkte aan ons atlete wat op Dinsdag, 6 September aan die Suid-Vrystaat Tweekampproewe deelneem. Hardloopitems vind vanaf 14:00 by

Page 2: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewMARTIAL ARTS” KLASSE: [AFSKEURSTROKIE] Leerders wat belangstel om “Martial Arts” klasse te neem, kan kennis neem van die advertensie wat by

Pellispark plaas waarna deelnemers oorskuif na die Universiteit se swembad. Atlete wat nie vervoer na Bloemfontein het nie, moet dadelik vir mnr Hodgson laat weet, aangesien die bussie nie beskikbaar is nie.

GIMNASTIEK:Die Jacobsdal Gimnastiekklub hou hulle finale gimnastiekkompetisie op Vrydag, 9 September. Geluk aan ons gimnaste wat goed presteer het tydens die Sone-byeenkoms.

SKAAK:Skaakwedstryde teen Newton vind op Woensdag, 7 September om 14:30 hier in ons skoolsaal plaas. Spelers wat gaan wedstryd speel, is reeds aangewys.

TENNISTOERNOOIE: Ouers kan kennis neem van die volgende tennistoernooie wat eersdaags plaasvind:Riatra Bokkie Tennistoernooi: Afdelings vir 0/8 en 0/10, 9 en 10 September te Hopetown. Inskrywingsgeld R250 per speler Enslins Tennistoernooi: 15 – 17 September in Bethlehem. Inskrywingsgeld R330 per speler. Sluitingsdatum: 9 September.Novels Classic: 14 – 15 Oktober in De Aar. Inskrywingsgeld R390 per speler.Ouers wat verdere inligting benodig kan met mnr Alfred kontak maak.

“MARTIAL ARTS” KLASSE: [AFSKEURSTROKIE]Leerders wat belangstel om “Martial Arts” klasse te neem, kan kennis neem van die advertensie wat by die nuusbrief ingesluit is en kan die afskeurstrokie invul en by klasonderwysers inhandig.

ALGEMEEN:KOEKIEVERKOPING:Bring asseblief op Maandag, 5 September ‘n geldjie saam om die graad 6-klas se koekieverkoping te ondersteun.

…………………. PW TaitSKOOLHOOF

GEBEDSLYS:

Chané en Chalize Groenewald (oupa oorlede)

Mnr Schalk Meintjes (moeder Parkinsons)

GELUKWENSING:Geluk aan Nico en Carlé v Zyl wat ‘n babasussie ryker is!

Page 3: JACOBSDAL PRIMêRE SKOOL - Web viewMARTIAL ARTS” KLASSE: [AFSKEURSTROKIE] Leerders wat belangstel om “Martial Arts” klasse te neem, kan kennis neem van die advertensie wat by

AFSKEURSTROKIE: IDOLS

OUER: ________________________________________________

LEERDER: _______________________________ GR.: ______

WIL GRAAG VIR DIE IDOLS-KOMPETISIE OP MAANDAG, 19 SEPTEMBER INSKRYF.

INGESLUIT MY R20 INSKRYWINGSGELD.

HANDTEKENING: ___________________ DATUM: _____________

Handig asseblief alle strokies en inskrywingsgeld by juffrou Delene in.Kaartjies ook by juffrou Delene te koop!

AFSKEURSTROKIE: “MARTIAL ARTS”

OUER: ________________________________________________

LEERDER: _______________________________ GR.: ______

STEL BELANG IN “MARTIAL ARTS” KLASSE.

HANDTEKENING: ___________________________________

KONTAKNOMMER: __________________________________